€¦  · web viewaan die einde van die les moet leerders ... om regverdig te wees moet die geld...

7
Grade 8 Lesson Plan: 1+4 Intervention – Term 1 WHOLE NUMBERS: Solving problems (Lesson 4)Page 1 of 5 (Draft) PROVINSIE: DISTRIK: SKOOL: NAAM VAN OPVOEDER: DATUM: TYDSDUUR: 1 Uur 1. ONDERWERP: HEELGETALLE: Probleem oplossing (Les 4) 2. BEGRIPPE EN VAARDIGHEDE WAT BEREIK MOET WORD: Aan die einde van die les moet leerders weet en in staat kan wees om probleme wat heelgetalle behels kan oplos, insluitende: vergelyking van twee of meer hoeveelhede van dieselfde sort (verhouding) vergelyking van twee hoeveelhede van verskillende soorte (koers) deling in ‘n gegewe verhouding waar die hele gegee is WISKUNDE LES PLAN GRAAD 8 KWARTAAL 1: JANUARIE – MAART

Upload: doanhanh

Post on 22-May-2018

217 views

Category:

Documents


2 download

TRANSCRIPT

WISKUNDE LES PLAN

GRAAD 8

KWARTAAL 1: JANUARIE MAART

PROVINSIE:

DISTRIK:

SKOOL:

NAAM VAN OPVOEDER:

DATUM:

TYDSDUUR:

1 Uur

1. ONDERWERP: HEELGETALLE: Probleem oplossing (Les 4)

2. BEGRIPPE EN VAARDIGHEDE WAT BEREIK MOET WORD:

Aan die einde van die les moet leerders weet en in staat kan wees om probleme wat heelgetalle behels kan oplos, insluitende:

vergelyking van twee of meer hoeveelhede van dieselfde sort (verhouding)

vergelyking van twee hoeveelhede van verskillende soorte (koers)

deling in n gegewe verhouding waar die hele gegee is

vermeerdering en vermindering van n getal in n gegewe verhouding

3. HULPMIDDELS:

DBO werkboeke, Sasol-Inzalo boek, Handboeke, Sakrekenaar

4. VORIGE KENNIS:

Eienskappe van heelgetalle insluitende verhouding en koers

5. NASIEN EN VERBETERING VAN TUISWERK (Voorgestelde tyd: 10 minute)

Tuiswerk bied n geleentheid vir onderwysers om leerders se vordering in die bemeestering van wiskunde konsepte te kan nagaan en om probleem areas wat onmiddelike aandag benodig te kan identifiseer. Dit word dus aanbeveel dat fokus geplaas moet word op die hantering van foute gemaak deur leerders wat later tot wanbegrippe kan lei.

6. INLEIDING(Voorgestelde tyd: 10 Minute)

Hersien die konsepte deur Hoofrekeninge wat die volgende tipe vrae insluit:

vermenigvuldigings tafels tot 12 x 12

verhouding en koers.

afstand , spoed en tyd.

7. LES AANBIEDING / ONTWIKKELING (Voorgestelde tyd: 20 minute)

Onderrigaktiwiteite

Leeraktiwiteite

(Van leerders word verwag om:)

Aktiwiteit 1

Onderwyser gebruik die inligting en voorbeelde om die begrippe aan leerders te verduidelik:

Die konsep van Verhouding

verskillende kleur krale kan vir halsnoere in n spesifieke verhouding gebruik word

in die onderstaande patroon is daar 5 rooi krale vir elke 4 geel krale.

PATROON A PATROON B PATROON C

vra leerders om patroon B en C op dieselfde wyse te beskryf.

in patroon A is die verhouding van geel tot rooi krale 4 tot 5. Dit word geskryf as 4:5. In patroon B is die verhouding tussen geel en rooikrale 3:6. In patroon C is die verhouding 2:7

patrone B en C te beskryf.

hier vergelyk ons hoeveelhede van dieselfde soort. In patroon A is daar 4 geel krale vir elke 5 rooi krale, die verhouding van geel krale tot rooi krale is 4 tot 5.Dit word as 4:5 geskryf. In patroon B is daar 3 geel krale vir elke 6 rooi krale, die verhouding van geel krale tot rooi krale is 3 tot 6.Dit word as 3:6 geskryf. In patroon C is daar 2 geel krale vir elke 7 rooi krale, die verhouding van geel krale tot rooi krale is 2 tot 7.Dit word as 2:7 geskryf.

Ons gebruik verhouding om te wys hoeveel meer of minder een hoeveelheid dan die ander is.

Werk saam met die leerders deur die volgende probleme:

a) Nathi, Paul en Tim werk in Mnr Setati se tuin. Nathi het vir 5 ure, Paul vir 4 ure en Tim vir 3 ure gewerk. Mnr Setati het vir die seuns R 600 vir hul werk betaal. Hoe moet hulle die R 600 tussen hulle opverdeel?

Besprekking: Verduidelik dat die aantal ure wat Nathi, Paul en Tim gewerk het, in die volgende verhouding is: 5:4:3. Om regverdig te wees moet die geld in dieselfde verhouding verdeel word. Dit beteken dat Nathi 5 dele, Paul 4 dele en Tim 3 dele van die geld moet kry. Daar was 12 dele in total, wat beteken dat Nathi moet van die getal kry: , Paul moet van getal kry: en Tim moet van die getal kry :. Maak seker dat:

b) Verdeel 840 in die verhouding 3:4 te verdeel.

Klaar enige wanbegrippe uit

c) Vermeerder 40 in die verhouding 2:3

Bespreking: Om 40 in die verhouding 2:3 te vermeerder, beteken dat die 40 verteenwoordig twee dele en moet vermeerder word sodat die nuwe getal 3 dele voorstel. As 40 twee dele en 20 een deel verteenwoordig sal die vermeerderde getal 20 x 3 = 60 wees.

OF

Vermeerder 40 in die verhouding 2 : 3 = = 60

d) Verminder 72 in die verhouding 4: 3 te verminder

Bespreking: Dit beteken dat die 72 verteenwoordig 4 dele en moet verminder word sodat die nuwe geta 3 dele voorstel. As 72 vier dele verteenwoordig, sal 18 een deel verteenwoordig = 18. Die verminderde geta sal dan 18 x 3 = 54 wees.

Aktiwiteit 2

Die Konsep Van Koers

Stel bekend die begrip koers in die volgende konteks:

Die prys van brandstof is tans R 8,34 per liter

Die prys van n lang afstand telefoon oproep is R1,85 per minuut

Die spesifieke massa van n sekere nateriaal is 3,4 g per cm3

Teen 16:00 uur op n sekere dag het motors teen n koers van 840 per uur deur n sekere dorp gery.

Water word in n dam teen n koers van 7485 liter per uur gepomp.

Met koers beskryf ons hoeveel van een hoeveelheid (bv. prys,massa,getal motors, hoeveelheid water) stem ooreen met een eenheid teenoor n ander hoeveelheid (bv. volume, tyd)

Neem kennis: Leerders moet weet dat die gebruik van teen(per)n belangrike element is om die konsep van koers te verstaan. Die woord teen(per) word dikwels gebruik om n koers te beskryf en kan, vir, vir elke, in, uit,of elke beteken.

Aktiwiteit 3

Tyd, Spoed En Afstand

Bespreek die volgende problem met die leerders:

n Motor ry n afstand van 180 km in 2 ure op n reguit pad. Hoeveel kilometres sal dit in 3 ure teen dieselfde spoed kan ry?

Bespreking: In een uur ry die motor . In 3 uur sal dit . Dit sal 270 km ry. Dit kan in een stap gedoen word: . Dit sal 270 km reis

die probleem te bespreek en een of meer maniere te vind om die probleem op te los.

in die groepe hul oplossing met die klas te deel.

in pare aan (a) te werk.

antwoorde met die klas te bespreek

in groepe aam (b) te werk

te anwtoord en in die klas te bespreek

te reageer op die vrae wat deur die onderwyser gevra word.

8. KLASWERK (Voorgestelde tyd: 15 minute)

1. Skryf elk van die verhoudings in hul eenvoudigste vorm.

a) 10:15

b) 6:18:24

c) 3 minutes minute : 600 sekondes

2. Kies die korrekte antwoord: n Verwer word per uur betaal. As hulle hom R360 vir 12 ure se werk betaal, hoeveel sal hy vir 9 ure se werk betaal word?

A. R120

B. R18

C. R270

D. R480

3. Mark reis tussen twee dorpe, A en B teen n gemiddelde spoed van 70 kilometer per uur vir 4 ure. Op sy terug rit van dorp B na A het hy teen n gemiddelde spoed van 90 kilometer per uur gereis. Hoe lank het die reis hom geneem?

4. In 1996 het Penny Heyns van Suid Afrika die wreld record in die 100 meter borslag in n record tyd van 1 minuut 7,02 sekondes gebreek. Bereken haar gemiddelde spoed in meters per sekonde.

9. VASLEGGING/ SAMEVATTING & TUISWERK (Voorgestelde tyd: 5 minute)

a) Benadruk dat:

verhouding is n vergelyking van twee of meer hoeveelhede van dieselfde soort

Koers is n vergelyking van twee hoeveelhede van verskillende soorte

Jy moet altyd spesifiseer watter eenhede gebruik word vir koers

Die formule wat ons gebruik om spoed, afstand en tyd te bereken is:

b) Die primre doel van tuiswerk is om aan elke leerder die geleentheid te gee om die bemeestering van Wiskunde vaardigheid wat in die klas onderrig is, te demonstreer. Dus moet tuiswerk doelgerig wees en die beginsel van Minder is meer word aanbeveel, met ander woorde gee leerders n paar ho orde aktiwiteite wat n verskeidenheid vaardighede verskerp eerder as baie aktiwiteite wat nie leerders se begripsvermo bevorder nie.

Kies geskikte aktiwiteite noukeurig uit die Sasol-Inzalo boeke. Die gekose aktiwiteite moet die verskillende kognitiewe vlakke aanspreek.

Grade 8 Lesson Plan: 1+4 Intervention Term 1

WHOLE NUMBERS: Solving problems (Lesson 4)Page 1 of 5

(Draft)

Page 2 of 5

Grade 8 Lesson Plan: 1+4 Intervention Term 1

WHOLE NUMBERS: Solving problems (Lesson 4)

(Draft)