web viewverskaf is kan gesien word dat huispryse sterk gegroei het tussen ... {investec /business...

26
Mark & Ekonomiese Verslag

Upload: truonghanh

Post on 06-Mar-2018

238 views

Category:

Documents


14 download

TRANSCRIPT

Page 1: Web viewverskaf is kan gesien word dat huispryse sterk gegroei het tussen ... {Investec /Business Report} ... ver-ander die banke gewoonlik hul uitleen- en

Mark & Ekonomiese Verslag

•// Anton Kok • 082 900 0059 • [email protected] •// Inus van Rooyen • 082 444 1061 • [email protected]

Page 2: Web viewverskaf is kan gesien word dat huispryse sterk gegroei het tussen ... {Investec /Business Report} ... ver-ander die banke gewoonlik hul uitleen- en

b l a d s y | 2

•// SA Markindikators

Plaaslike indikators% groei in

20101ste kwartaal

2011FTSE/JSE Alle Aandele Indeks (ALSI) 19.0% 0.01%All Bond Indeks (ALBI) 15.0% -1.6%SA genoteerde eiendomsektor 29.6% -2.2%Internationale indikatorsMSCI Ontwikkelde wêreld Indeks - VSA$ 12.3% 3.3%MSCI Ontluikende Markte Indeks - VSA$ 19.2% -0.9%MSCI Suid Afrika Indeks – VSA $ {Beste van ontluikende markte in 2010} 34.2% -6.2%MSCI Sjina Indeks – VSA $ {Swakste van ontluikende markte in 2010} 4.8% 0.5%Rand Versterk teen groot geldeenhede in 2010VSA $ 11.8% -3.9%Euro 18.7% -9.3%VK pond 15.1% -6.8%

{Bloomberg.com}

Die groei in 2010 was merkwaardig, veral Suid Afrika se vertoning as die bes presterende ontluikende/ontwikkelende mark onder die bekende MSCI indekse. In die eerste kwartaal van 2011 het die SA markte en geldeenheid egter verswak.

INVESTPORT

Page 3: Web viewverskaf is kan gesien word dat huispryse sterk gegroei het tussen ... {Investec /Business Report} ... ver-ander die banke gewoonlik hul uitleen- en

b l a d s y | 3

•// Bul- en Beermarkte (FTSE/JSE Alle Aandele Indeks - 36 jaar)Wat lang termyn markopbrengs betref, is die JSE (soos in grafiek) die wêreld se 2de beste presterende aandelebeurs oor die afgelope 100 jaar. Ongelukkig is dit juis ons groot opponent, die Australiërs, wat die hoogste opbrengste gelewer het. Die reële opbrengs van die JSE oor hierdie tydperk was +-6.5%. Dit moet ook genoem word dat die SA mark een van

INVESTPORT

Page 4: Web viewverskaf is kan gesien word dat huispryse sterk gegroei het tussen ... {Investec /Business Report} ... ver-ander die banke gewoonlik hul uitleen- en

b l a d s y | 4

die meer volatiele markte in die wêreld is en oor die korttermyn ‘n baie riskante belegging kan wees. {Ou Mutual}

•// Bateklasse: 5 Jaar opbrengsteMeeste beleggingshuise is dit eens dat dit baie onwaarskynlik is dat die SA belegger sy opbrengste oor die afgelope 5 jaar in die volgende 5 jaar sal herhaal. Dit wil dus voorkom dat die belegger meer konserwatiewe

verwagtinge moet hê.

Kontant & staatseffekte opbrengste behoort in die kort na medium termyn laag te bly.

Genoteerde eiendom het ‘n baie sterk lopie gehad in 2010 en het terug gesak in die eerste deel van 2011.

Aandele: Om positiewe reële opbrengste oor die medium na langtermyn op beleggings te lewer sal die belegger waarde in die aandelemark moet vind. Buitelandse markte: Meeste beleggers is van opinie dat daar potensiaal in die buiteland is agv. die relatiewe sterk Rand, relatiewe

INVESTPORT

Page 5: Web viewverskaf is kan gesien word dat huispryse sterk gegroei het tussen ... {Investec /Business Report} ... ver-ander die banke gewoonlik hul uitleen- en

b l a d s y | 5

goedkoop markte in ontwikkelde lande en meer liberale valuta beheermaatreëls in SA. Kwaliteit aandele blyk relatief goedkoop te wees, maar die groot uitdaging mag wees om opbrengste in hierdie markte te vind. {Investec / Ou Mutual - Riaan le Roux}

•// JSE TOP 40, Dow Jones en S&P 500 (1995 – 2011)Die afgelope 10 jaar staan bekend as die “verlore dekade” vir baie ont-wikkelde wêreldmarkte. ‘n Voorbeeld hiervan is die S&P 500 (witlyn) en Dow Jones GT50 (oranjelyn) wat geen nominale groei sedert 2000 getoon het nie. Die JSE Top 40 (geellyn) het egter ‘n reële opbrengs van 17.2% gelewer sedert 2000.

INVESTPORT

Page 6: Web viewverskaf is kan gesien word dat huispryse sterk gegroei het tussen ... {Investec /Business Report} ... ver-ander die banke gewoonlik hul uitleen- en

b l a d s y | 6

‘n Interessante waar-neming is dat die S&P 500 en Dow Jones die JSE Top 40 tussen 1995 en 2000 merkbaar uitpresteer het {Bloomberg/Investec}.

•// FTSE/JSE alle Aandele Indeks & MSCI Ontwikkelde Markte Indeks (in US$)

Dit is interresant om te sien dat die JSE en die MSCI Ontwikkeldemarkte Indeks ‘n hoë korrelasie tussen 1986 en 1996 gehad het. Dit is gevolg deur ‘n 5 jaar tyd-perk waar die Ontwikkelde markte SA uitpresteer het. Die ontwikkelende markte (waaronder SA) het weer die afgelope 10 jaar baie sterk vertoon en veld gewen teen ontwikkelde markte. Die BRICS (Brazillië, Rusland, Indië, Sjina en Suid Afrika) het die weg

INVESTPORT

Page 7: Web viewverskaf is kan gesien word dat huispryse sterk gegroei het tussen ... {Investec /Business Report} ... ver-ander die banke gewoonlik hul uitleen- en

b l a d s y | 7

gebaan met hoë ekonomiese groeikoerse te midde van die resessie in die ontwikkelde lande. {I-Net Bridge / Investec}

•// Prys/Verdienste Verhoudings (PV): Dow Jones; S&P 500 & JSE TOP 40Die prys/verdienste (PV) verhouding is die mees algemene maatstaf om aandelemarkte of indekse te beoordeel. Deur historiese PV verhoudings te evalueer kan ‘n indeks as relatief goedkoop of relatief duur geklasifiseer word. Die JSE het tans ‘n PV van 16 wat beteken dat ‘n belegger bereid is om 16 keer die jaarlikse verdienste, of 16 jaar se inkomste in ‘n lompsom, te betaal om in die indeks te belê. Die JSE (+-16) is tans duurder as die S&P 500 (+-15) en die Dow Jones (+-13). Dit is ook bo die JSE se 20 jaar gemiddeld van 14.56. Die JSE was relatief goedkoop in 2003 toe die Alle Aandele Indeks en JSE TOP 40 se PV’s 8 en 10 onderskeidelik

INVESTPORT

Page 8: Web viewverskaf is kan gesien word dat huispryse sterk gegroei het tussen ... {Investec /Business Report} ... ver-ander die banke gewoonlik hul uitleen- en

b l a d s y | 8

was. Om die JSE met ander wêreld markte te vergelyk moet alle faktore wat die mark beinvloed in ag geneem word soos bv. Ekonomiese groeivooruitsig, produktiwiteit, inflasie, wisselkoers, winspotensiaal ens. {I-Net Bridge / Investec / Sanlam iTrade.}

INVESTPORT

Page 9: Web viewverskaf is kan gesien word dat huispryse sterk gegroei het tussen ... {Investec /Business Report} ... ver-ander die banke gewoonlik hul uitleen- en

b l a d s y | 9

•// Huispryse in SA Vir Suid Afrikaners is ‘n huis ‘n baie emosionele bate en beleggers het in die verlede goeie kapitaalgroei uit residensiële beleggings- eiendom gekry. Dit is egter baie moeilik om dit met ander bateklasse te vergelyk aangesien dit nie op ‘n beurs verhandel nie en dit maande kan neem om ‘n verkoopstransaksie te beklink om

die gewensde prys te behaal. Data oor die verkoop van aandele is egter baie deursigtig en word daagliks bepaal deur die mark. Prysfluktuasies van residensiële eiendom lyk dus laag as daar na verkoopsdata gekyk word.

Volgens die ABSA huisprysindeks het residensiële eiendomme uitstekende reële groei getoon tussen 2000 en 2006. In hierdie tyd en selfs in 2007 en 2008 het baie beleggers in beleggingseiendomme belê.Negatiewe groei soos in 2008 en 2009 lyk op papier nie so dramaties nie, maar aangesien ‘n groot hoeveelheid huiseienaars verbande het beteken dit dat hulle ekwiteit in die eiendom met veel meer as die 6.3% in 2008 en 6.9% in 2009 gedaal het. {ABSA}

INVESTPORT

Page 10: Web viewverskaf is kan gesien word dat huispryse sterk gegroei het tussen ... {Investec /Business Report} ... ver-ander die banke gewoonlik hul uitleen- en

b l a d s y | 10

In hierdie grafiek wat deurhousepricesouthafrica.comverskaf is kan gesien word dat huispryse sterk gegroei het tussen 2001 en 2006. Hierdie groei is in lyn met wat in die VSA en VK gebeur het toe die “huismarkborrel” gebars het wat verreikende gevolge gehad het. Die SA huismark het ook baie momentum verloor wat groot on-sekerheid tot gevolg het. Al het die huismark ‘n dekade (1996-2006) van sterk reële groei beleef wys die data dat die jaarlikse saamgestelde groeikoers vir reële SA huispryse sedert 1981 slegs 1.2% was (nominaal 10.6%). {housepricesouthafrica.com}

INVESTPORT

Page 11: Web viewverskaf is kan gesien word dat huispryse sterk gegroei het tussen ... {Investec /Business Report} ... ver-ander die banke gewoonlik hul uitleen- en

b l a d s y | 11

•// Regeringsskuld as % van BBPDie versigtige bestuur van SA se finansies het regeringskuld as persentasie van Bruto Binnelandese Produk (BBP) laat daal van 49.9% in 1999 tot 22.2% aan die einde van die 2009 belasting Jaar. Die resessie het die belastingbasis van die staat verminder wat stygende skuldvlakke tot gevolg gehad het en tans is skuldvlakke rondom 37% wat na raming sal styg na 43% in 2013.

SA skuldvlakke lyk gesond relatief tot die res van die wêreld, maar met infra-struktuurbesteding en die impak van die beplande NHI (National Health Insurance scheme) kan SA se skuld aansienlik verhoog in die volgende 5 jaar.

SA se huishoudelike skuld as persentasie van BBP is naby aan 80% van jaarlikse inkomste wat relatief hoog is veral as die rentekoers siklus opwaards gaan neig. {Investec /Business Report}

INVESTPORT

Page 12: Web viewverskaf is kan gesien word dat huispryse sterk gegroei het tussen ... {Investec /Business Report} ... ver-ander die banke gewoonlik hul uitleen- en

b l a d s y | 12

•// SA Verbruiker Prys Indeks / Inflasie / RentekoerseNet ses maande gelede het baie markkenners deflasie as ‘n groot bedryging vir die wêreldekonomie gesien.Nou is inflasie terug en al het die SA Verbruikers Prys Indeks (VPI) in die nuutste syfers onveranderd gebly op 3.7% blyk dit dat daar op-waartse druk op inflasie is. In September 2010 het die VPI sy onderste draaipunt van 3.2% bereik en het sederdien stelselmatig gestyg. Die Rand is nou een van die sleutelfaktore wat moontlik die rigting van inflasie kan bepaal, gesamentlik is brandstofpryse; ander kom-moditeitspryse en besteding ook belangrike faktore. {sake24.com/housepricesouthafrica.com }

INVESTPORT

Page 13: Web viewverskaf is kan gesien word dat huispryse sterk gegroei het tussen ... {Investec /Business Report} ... ver-ander die banke gewoonlik hul uitleen- en

b l a d s y | 13

Die impak van inflasie op verskillende bateklasse kan as volg opgesom word:

Kontant Effekte Aandele EiendomLae Inflasie -Negatief

(Rentekoerse daal)Neutraal (Mark in ekwilibrium)

+Positief (Ekwilibrium=>Bul)

Neutraal

Hoë Inflasie +Positief (Rentekoerse Styg)

-Negatief (Hoë inflasie premie)

-Negatief +Positief (Hoër opbrengs&waardes)

Deflasie -Negatief (Neig na 0% rentekoerse)

+Positief (koopkrag styg)

-Negatief (Daling in welvaart)

-Negatief (Daling in eiendomspryse)

{Managing investment portfolios, A Dynamic Process by Maginn, Tuttle, Pinto & Mcleavey 3rd Edition}

Die SA Reserwebank (SARB) gebruik die Repokoers om inflasie te beheer. Na ‘n Repokoers verandering, ver-ander die banke gewoonlik hul uitleen- en depositokoerse. Die prima uitleenkoers is tans 9% wat die laagste in 37 jaar is. As die druk op inflasie egter voortduur sal die SARB weer die Repokoers moet verhoog.{I-Net Bridge / Investec}

INVESTPORT

Prima Uitleenkoers1990 - 2011

Page 14: Web viewverskaf is kan gesien word dat huispryse sterk gegroei het tussen ... {Investec /Business Report} ... ver-ander die banke gewoonlik hul uitleen- en

b l a d s y | 14

•// Japanese Mark - Nikkei 225 (40 Jaar) Met die onlangse aardbewing en tsoenami in Japan is daar hernude fokus op die Japanese mark. Tot 1990 het Japan 20 jaar van ongekende groei beleef en het wêreldwye beleggingsvertroue in die Japanese mark die

hoogte in geskiet, dit was egter ‘n “ekonomiese borrel” wat gebars het en baie waarde is sederdien vernietig. Die Japanese aandele indeks, die Nikkei, het 21 jaar gelede ‘n hoogtepunt van 38 957 bereik en is tans op 9 500 punte - 75.6% laer as die piek. As jy dus ‘n ¥1 000 000 in 1990 in die Nikkei belê het was dit vandag slegs ¥243 902 werd. Die ramp in Japan het die Nikkei ‘n verdere knou toegedien, maar Japan het in die verlede gewys dat hulle ‘n besondere vermoë het om te herbou na krisistye (soos na die 2de Wêreld Oorlog). Baie beleggingsbestuurders sien die relatiewe goedkoop mark as ‘n beleggingsgeleentheid. {Investec/Ou Mutual}

INVESTPORT

Page 15: Web viewverskaf is kan gesien word dat huispryse sterk gegroei het tussen ... {Investec /Business Report} ... ver-ander die banke gewoonlik hul uitleen- en

b l a d s y | 15

•// Kriteria wat gebruik kan word om markonsekerhede te verminder en beleggingsgeleenthede te benut

Korrekte Bate-allokasies binne beleggingsportefeuljes:o Aandeleo Effekteo Eiendomo Kontant

Diversifikasie van beleggingsportefeuljes: o Oor verskillende bateklasse.o Binne verskillende bateklasse.o Oor ‘n wye geografiese area (Plaaslik en Internationaal).

Aanstelling van kwaliteit batebestuurders.

Gereëlde hersiening van beleggingsstrategië.

INVESTPORT

Page 16: Web viewverskaf is kan gesien word dat huispryse sterk gegroei het tussen ... {Investec /Business Report} ... ver-ander die banke gewoonlik hul uitleen- en

b l a d s y | 16

•// Investport Spesialiseer in die volgende:

Onafhanklike Beleggingsadvies

Die Samestelling van Beleggingsportefeuljes:

o Diskresionêre portefeuljeso Lewens-Annuïteiteo Aftree Annuïteiteo Bewaringsfondseo Pensioenfondse

Aftreebeplanning

Buitelandse Beleggings

INVESTPORT

Page 17: Web viewverskaf is kan gesien word dat huispryse sterk gegroei het tussen ... {Investec /Business Report} ... ver-ander die banke gewoonlik hul uitleen- en

b l a d s y | 17

•// BeleggingsspanAnton Kok het meer as 20 jaar ondervinding in die beleggingsmark en batebestuursindustrie. Anton se bloodstelling aan verskeie beleggingsinstansies stel hom in staat om kundige beleggingsstrategieë te formuleer. Anton se ondervinding sluit onder andere die volgende in:

Dien op advieskomitee van Minister van Finansies. Voorsitter van Suid Afrikaanse Effekte Trust Vereniging vir 2 termyne. Besturende Direkteur van Coronation Unit Trust. Hoof van Investec Welvaartsbestuur Wes-Kaap met totale bates onder bestuur

R6 Miljard. Stigter en hoof van die Investec Wynlandkantoor in Stellenbosch.

Anton het B Th and M A grade aan die Universiteit van Pretoria behaal.

Inus van Rooyen het 12 jaar se finansiëledienste ondervinding by Investec, Nedbank en BoE. Hy het ‘n M Comm graad aan die Universiteit van Pretoria en Nagraadse Besigheidsstudies as uitruilstudent aan die Universiteit van Queensland in Australië voltooi. Inus het ook vlak een van die CFA program voltooi en ‘n Bestuursprogram met die fokus op die Finansiële Industrie by WITS Besigheidsskool gedoen.

Voorheen was hy ‘n Kommersiële Bankier by BoE en ‘n Besigheidsbestuurder by Nedbank Korporatief. In 2008 was Inus deel van die span wat ‘n nuwe Investec kantoor in Stellenbosch begin het.

INVESTPORT

Page 19: Web viewverskaf is kan gesien word dat huispryse sterk gegroei het tussen ... {Investec /Business Report} ... ver-ander die banke gewoonlik hul uitleen- en

b l a d s y | 19

Kontakbesonderhede

•// Anton Kok • 082 900 0059 • [email protected]•// Inus van Rooyen • 082 444 1061 • [email protected]

•// www.investport.co.za

Maatskappybesonderhede

•// Investport (Edms) Bpk•// Reg. No: 2001/018386/07

•// Geregistreerde finansiële diensverskaffer: No.38550

INVESTPORT