week hg graad 11 besigheid-d2zesjwqqxwkpt.cloudfront.net/2014/08/graad11.pdf · onder redaksie van...

1
Onder redaksie van Rikus van Rooy GRAAD 11 HG Besigheid- studies Week 23 FOTO: I GREATSTOCK/MASTERFILE; ISTOCKPHOTO 6 JUNIE 2013 huisgenoot.com Probleemoplossing en kreatiewe denke Elke saak het sy uit- dagings. Die bestuur moet uitwerk wat dit is en oplossings vind I N ONS uitgawe van 7 Februarie het ons gesien dat ondernemings uitda- gings ervaar binne die mikro-, mark- en makro-omgewing. Dié uitdagings moet uitgeken word; daarom is dit so belangrik dat ’n onderneming ’n goeie bestuurspan het. Die topbestuur is ver- antwoordelik vir strate- giese beplanning. Hulle moet die omgewings bestudeer, uitdagings uitken en so gou moontlik met krea- tiewe strategieë vorendag kom om die uitdagings die hoof te bied. Die bestuur weet ’n goeie strategie sal die onderneming geld bespaar sonder dat produktiwiteit daaronder ly. Die bestuur moet sekere stappe doen om probleme (uitdagings) in die onderneming op te los B Ken die probleem uit. B Omskryf die probleem volledig deur te verwys na al die moontlike oorsake wat vir die probleem verantwoordelik is. B Samel alle moontlike inligting en data daaroor in. Ontleed dié data om seker te maak die probleem is reg uitgeken. B Bedink soveel moontlik oplossings vir die probleem. Weeg dan alle sterk en swak punte van elke oplossing op. B Kies die geskikste oplossing en formuleer ’n strategie. B Voer die strategie in. B Monitor die strategie. B Evalueer die proses. Kreatiewe denke word gebruik word om met nuwe idees vorendag te kom. Die be- stuur moet innoverend (vernuwend) dink sodat hulle die onderneming in ’n mededin- gende sakewêreld suksesvol kan bestuur. Dit is ook vir jou, as ’n individu, belangrik om in jou loopbaan kreatief te wees, want ’n werkgewer verwag oorspronklike idees van werknemers. Oorspronklikheid is belangrik, want dit verseker doeltreffendheid en pro- Delphi-tegniek Dis ’n gewilde tegniek om konsensus te be- reik oor spesifieke vraagstukke deur mense se kreatiewe idees aan te wakker. ’n Paneel deskundiges in ’n spesifieke vakgebied word saamgestel. Geen groepbesprekings van aan- gesig tot aangesig vind plaas nie. Vraelyste word gestuur aan elke lid van dié groep deskundiges (mense wat ervaring het en direk betrokke is by die saak) om hul me- ning in te win. Daar word ook van oop vrae gebruik gemaak om hul reaksies te kry. ’n Tweede vraelys word dan uitgestuur met ’n opsomming van die bevindinge van die eerste vraelys om sodoende nog meer in- ligting van ervare mense in te win. Dit kan herhaal word tot al die lede van die paneel saamstem. Die voordele van dié tegniek is: B Terugvoer word beheer. B Daar is geen kans dat mense mekaar kan beïnvloed nie. Die nadele van dié tegniek is: B Dis tydrowend. B Dit behels ’n geweldige administratiewe las. Kragveldanalise Hierdie tegniek is ook bekend as die dryf- krag-ontledingsmetode. Dis wanneer daar na die voor- en nadele van verandering ge- kyk word. Dit word veral gebruik waar daar weerstand teen verandering is. Al die invloede ten gunste van verandering word in een kolom gelys en die invloede teen verandering in die ander kolom. ’n Telling word aan elke invloed (vir en teen) toegeken: ’n Invloed wat nie ’n groot impak gaan hê nie, kry byvoorbeeld ’n tel- ling van 1 en iets wat wel ’n groot uitwerking gaan hê, kan die hoogste telling van 5 kry. As die voordele (dryfkragte) se punte meer is as die nadele (remkragte) s’n, is verande- ring ’n goeie plan. Daar word dan gesê daar is in die ontleding bevind die verandering sal “lewensvatbaar” wees. duktiwiteit, wat weer lei tot winsgewend- heid. In die sakewêreld word kreatiewe denke ingespan om: B nuwe strategieë (oplossings) te bedink om uitdagings die hoof te bied; B koste te besnoei en sodoende die uitgawes te verminder sodat die winsgewendheid van die onderneming kan toeneem; B nuwe produkte en/of dienste te ontwikkel wat die verbruiker se onbeperkte behoeftes sal bevredig; B nuwe bemarkingstrategieë te bedink om die firma se markaandeel te vergroot; B die gehalte van die onderneming se pro- dukte en/of dienste te verbeter; en B konflik in die werkplek op te los. Daar is verskeie struikelblokke wat kreatiwiteit kan pootjie: B Letterlike struikelblokke soos geraasvlakke en ’n ongemaklike werkomgewing. B Sosiale struikelblokke soos die vrees vir die afkeuring van idees en die leierskapstyl van die onmiddellike toesighouer. B Te min tyd om ’n taak te voltooi. Verskeie probleemoplossingstegnieke kan ingespan word om die kreatiewe proses aan te wakker en mense te motiveer om met kreatiewe idees vorendag te kom. As jy ’n kreatiewe op- lossing soek, help dit om eers wyd te dink en jou idee later te verfyn. Probleemoplossing en kreatiewe denke is noodsaaklike vaardighede waaroor ’n goeie bestuurspan moet beskik Tegnieke vir probleemoplossing B Bestuur sluit topbestuur, middelvlak-bestuur en laevlak- of operasionele bestuur in. B Kreatiwiteit is wanneer feite, konsepte en beginsels nuut en oorspronklik saamgevoeg word. B Strategiese beplanning is langtermyn-beplanning wat onder meer die ontwikkeling van ’n visie en missie insluit. B Konsensus is ’n ooreenstem- ming tussen al die betrokke partye. Edward de Bono is in 1933 in Malta gebore, maar het later ’n Brit geword. Hy is ’n bekende in die krea- tiwiteitswêreld. Hy het die term “laterale denke” vir die eerste keer gebruik, en ook bekendheid verwerf vir sy boek Six Thinking Hats (1985). Dit word van- dag nog deur baie ondernemings gebruik. Elke “dinkhoed” stel ’n ander soort denkstyl voor en pro- beer laterale denke en kreatiwiteit by bestuurders en eienaars aanmoedig. TERMINOLOGIE SKRYWER: ORNETTE DUNBAR; BRONNE: BEDRYFSTUDIE (GR. 11) — VIA AFRIKA, VERKEN BESIGHEIDSTUDIES (GR. 11) — MASKEW MILLER LONGMAN Edward de Bono: vader van laterale denke en kreatiwiteit Wit hoed Hiermee ont- leed jy data, feite en inlig- ting en bly objektief. Rooi hoed Jy gebruik gevoelens, intuïsie en emosie in jou besluitneming. Swart hoed Met die hoed van oordeelkundigheid speel jy duiwels- advokaat – jy probeer die nadele van elke besluit uitken. Geel hoed Die hoed van optimisme. As jy dit opsit, kyk jy vanuit ’n goeie hoek na sake. Watter voordele sal dit vir die onderneming inhou? Groen hoed Dit is jou kreatiewe hoed en jy kom met nuwe idees vorendag. Blou hoed Dit stel die “proses” voor. Die voorsitter van ’n verga- dering sal dié hoed dra; hulle is rasioneel en vat saam wat gesê is. ‘Intelligensie is iets waarmee ons gebore word. Om te dink is ’n vaardigheid wat jy moet aanleer’ EDWARD DE BONO huisgenoot.com 6 JUNIE 2013

Upload: others

Post on 25-Jan-2020

1 views

Category:

Documents


1 download

TRANSCRIPT

Page 1: Week HG GRaad 11 Besigheid-d2zesjwqqxwkpt.cloudfront.net/2014/08/graad11.pdf · Onder redaksie van Rikus van Rooy HG GRaad 11 Besigheid- studies Week 23 foto: I GREA t S to CK/MAS

Onder redaksie van Rikus van Rooy

GRaad 11HG Besigheid- studies

Week 23

foto

: I G

REAt

Sto

CK/

MA

StER

fILE

; IS

toC

KPH

oto

6 junie 2013 huisgenoot.com

Probleemoplossingen kreatiewe denke

elke saak het sy uit-dagings. Die bestuur moet uitwerk wat dit is en oplossings vind

In ons uitgawe van 7 Februarie het ons gesien dat ondernemings uitda-gings ervaar binne die mikro-, mark- en makro-omgewing. Dié uitdagings moet uitgeken word; daarom is dit so belangrik dat ’n onderneming ’n goeie

bestuurspan het.Die topbestuur is ver-

antwoordelik vir strate-giese beplanning. Hulle moet die omgewings bestudeer, uitdagings uitken en so gou moontlik met krea-t i ewe s t ra teg ieë voren dag kom om die uitdagings die hoof te bied. Die bestuur weet ’n goeie strategie sal die onderneming

geld bespaar sonder dat produktiwiteit daaronder ly.

die bestuur moet sekere stappe doen om probleme (uitdagings) in die onderneming op te losB Ken die probleem uit. B omskryf die probleem volledig deur te

verwys na al die moontlike oorsake wat vir die probleem verantwoordelik is.

B samel alle moontlike inligting en data daaroor in. ontleed dié data om seker te maak die probleem is reg uitgeken. B Bedink soveel moontlik oplossings vir die

probleem. Weeg dan alle sterk en swak punte van elke oplossing op.B Kies die geskikste oplossing en formuleer

’n strategie.B Voer die strategie in.BMonitor die strategie.B Evalueer die proses.

Kreatiewe denke word gebruik word om met nuwe idees vorendag te kom. Die be-stuur moet innoverend (vernuwend) dink sodat hulle die onderneming in ’n mededin-gende sakewêreld suksesvol kan bestuur.

Dit is ook vir jou, as ’n individu, belangrik om in jou loopbaan kreatief te wees, want ’n werkgewer verwag oorspronklike idees van werknemers. oorspronklikheid is belangrik, want dit verseker doeltreffendheid en pro-

delphi-tegniekDis ’n gewilde tegniek om konsensus te be-reik oor spesifieke vraagstukke deur mense se kreatiewe idees aan te wakker. ’n Paneel deskundiges in ’n spesifieke vakgebied word saamgestel. Geen groepbesprekings van aan-gesig tot aangesig vind plaas nie.

Vraelyste word gestuur aan elke lid van dié groep deskundiges (mense wat ervaring het en direk betrokke is by die saak) om hul me-ning in te win. Daar word ook van oop vrae gebruik gemaak om hul reaksies te kry.

’n Tweede vraelys word dan uitgestuur met ’n opsomming van die bevindinge van die eerste vraelys om sodoende nog meer in-ligting van ervare mense in te win. Dit kan herhaal word tot al die lede van die paneel saamstem.Die voordele van dié tegniek is:B Terugvoer word beheer.B Daar is geen kans dat mense mekaar kan

beïnvloed nie.Die nadele van dié tegniek is:B Dis tydrowend.B Dit behels ’n geweldige administratiewe

las.

Kragveldanalise Hierdie tegniek is ook bekend as die dryf-krag-ontledingsmetode. Dis wanneer daar na die voor- en nadele van verandering ge-kyk word. Dit word veral gebruik waar daar weerstand teen verandering is.

Al die invloede ten gunste van verandering word in een kolom gelys en die invloede teen verandering in die ander kolom.

’n Telling word aan elke invloed (vir en teen) toegeken: ’n Invloed wat nie ’n groot impak gaan hê nie, kry byvoorbeeld ’n tel-ling van 1 en iets wat wel ’n groot uitwerking gaan hê, kan die hoogste telling van 5 kry.

As die voordele (dryfkragte) se punte meer is as die nadele (remkragte) s’n, is verande-ring ’n goeie plan. Daar word dan gesê daar is in die ontleding bevind die verandering sal “lewensvatbaar” wees.

duktiwiteit, wat weer lei tot winsgewend-heid.

In die sakewêreld word kreatiewe denke ingespan om:B nuwe strategieë (oplossings) te bedink om

uitdagings die hoof te bied;B koste te besnoei en sodoende die uitgawes

te verminder sodat die winsgewendheid van die onderneming kan toeneem;B nuwe produkte en/of dienste te ontwikkel

wat die verbruiker se onbeperkte behoeftes sal bevredig;B nuwe bemarkingstrategieë te bedink om

die firma se markaandeel te vergroot;B die gehalte van die onderneming se pro-

dukte en/of dienste te verbeter; en B konflik in die werkplek op te los.

Daar is verskeie struikelblokke wat kreatiwiteit kan pootjie:B Letterlike struikelblokke soos geraasvlakke

en ’n ongemaklike werkomgewing.B sosiale struikelblokke soos die vrees vir die

afkeuring van idees en die leierskapstyl van die onmiddellike toesighouer.B Te min tyd om ’n taak te voltooi.

Verskeie probleemoplossingstegnieke kan ingespan word om die kreatiewe proses aan te wakker en mense te motiveer om met krea tiewe idees vorendag te kom.

As jy ’n kreatiewe op­lossing soek, help dit om eers wyd te dink en jou idee later te verfyn.

Probleemoplossing

en kreatiewe denke

is noodsaaklike

vaardighede

waaroor ’n goeie

bestuurspan

moet beskik

Tegnieke vir probleemoplossing

B Bestuur sluit topbestuur, middelvlak-bestuur en laevlak- of operasionele bestuur in.

BKreatiwiteit is wanneer feite, konsepte en beginsels nuut en oorspronklik saamgevoeg word.

B Strategiese beplanning is langtermyn-beplanning wat onder meer die ontwikkeling van ’n visie en missie insluit.

BKonsensus is ’n ooreenstem-ming tussen al die betrokke partye.

Edward de Bono is in 1933 in Malta gebore, maar het later ’n Brit geword. Hy is ’n bekende in die krea­tiwiteitswêreld. Hy het die term “laterale denke” vir die eerste keer gebruik, en ook bekendheid verwerf vir sy boek Six Thinking Hats (1985). Dit word van­dag nog deur baie ondernemings gebruik. Elke “dinkhoed” stel ’n ander soort denkstyl voor en pro­beer laterale denke en kreatiwiteit by bestuurders en eienaars aanmoedig.

TeRmInOlOGIe

SkrywEr: OrnETTE DunBAr; BrOnnE: BEDryfSTuDiE (gr. 11) — ViA AfrikA, VErkEn BESigHEiDSTuDiES (gr. 11) — MASkEw MillEr lOngMAn

edward de Bono: vader van laterale denke en kreatiwiteit

Wit hoed Hiermee ont-leed jy data, feite en inlig-ting en bly objektief.

Rooi hoed

Jy gebruik gevoelens, intuïsie en emosie in jou besluitneming.

Swart hoed

Met die hoed van oordeelkundigheid

speel jy duiwels-advokaat – jy probeer

die nadele van elke besluit uitken.

Geel hoed

Die hoed van optimisme. As jy dit opsit, kyk jy vanuit ’n goeie hoek na sake. Watter voordele sal dit vir die onder neming inhou?

Groen hoed

Dit is jou kreatiewe hoed en jy kom met nuwe idees

vorendag.

Blou hoed

Dit stel die “proses” voor. Die voorsitter van ’n verga-dering sal dié

hoed dra; hulle is rasioneel en vat saam wat

gesê is.

‘Intelligensie is iets waarmee ons gebore word. Om te dink is ’n vaar digheid wat jy moet aanleer’EDwArD DE BOnO

huisgenoot.com 6 junie 2013