2015 - up · leer ken, het prof lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks...

64
2 1 ’n Nuwe Dekaan vir die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe 2015 Augustus Uitgawe 1 Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe www.up.ac.za ‘n Werkswinkel oor bestuiwing en bedreigings vir bestuiwers is by UP gehou. Lees meer op bladsy 51. ’n Wiskundige van internasionale statuur, die voormalige bekleër van die DWT/NNS se SARChI Leerstoel in Wiskundige Modelle en Metodes in Bioingenieurswese en Biowetenskappe, asook die voormalige Hoof van die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde. Dit is, in ’n neutedop, hoe die nuwe Dekaan van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe (NLW), prof Jean M-S Lubuma, beskryf word. Prof Lubuma het hierdie pos aanvaar met ingang van 15 Maart 2015 en het die leisels by prof Anton Ströh oorgeneem, wat as Viserektor: Institusionele Beplanning van die Universiteit van Pretoria (UP) aangestel ná ’n dienstydperk van tien jaar as Dekaan. Na ’n bietjie meer as 100 dae op kantoor sê prof Lubuma: “Die afgelope paar maande as Dekaan was uitdagend, maar interessant. Ek het my termyn as Dekaan na ’n oorgangsperiode van agt maande in die leierskapposisie van die Fakulteit begin. Dit was as sulks ’n bron van uitdagings. Sommige uitdagings was egter ernstiger van aard as ander, spesifiek in ag genome die grootte van die Fakulteit. Ek kan, sonder huiwering, sê dat die Fakulteit oor ’n bekwame leierskapspan beskik, bestaande uit die Dekaan en die twee Adjunkdekane wat die volle ondersteuning van die personeel geniet.” Prof Lubuma het beklemtoon wat hy by sy eerste vergadering met Hoofde van Departmente (HvD) en Direkteure as Dekaan gesê het betreffende sy deelnemende en konsulterende bestuurstyl binne UP se gedesentraliseerde model. “Ons staan nie in ’n ‘bevelstruktuur’ nie. Ek vertrou die HvDs en die Direkteure van sentra en institute om hul rolle te vervul en hul verpligtinge na te kom, ten volle verantwoordelik is vir die strategiese, akademiese en operasionale bestuur van hulle entiteite.” “Heel aan die begin van my aanstelling, is dit duidelik aan die Fakulteit gestel dat transformasie een van die die prioriteite van my dekaanskap is. Ons het die NLW Transformasie Lessenaar gevestig. Transformasie is ’n staande item op die agenda van die maandelikse vergaderings van die HvDs/Direkteure wat versoek is om transformasiekomitees in hul entiteite te inisieer.” Om bewys te lewer van sy onderneming om die Fakulteit beter te leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van Departmente en Direkteure van die onderskeie navorsingsinstitute en sentra. Alhoewel dit tydrowend van aard was en dit langer as Word vervolg op bladsy 3 Foto: Anton Pauw

Upload: others

Post on 24-Jul-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 21

’n Nuwe Dekaan vir die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

2015Augustus

Uitgawe 1

Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

www.up.ac.za

‘n Werkswinkel oor bestuiwing en bedreigings vir bestuiwers is by UP

gehou. Lees meer op bladsy 51.

’n Wiskundige van internasionale statuur, die voormalige bekleër van die DWT/NNS se SARChI Leerstoel in Wiskundige Modelle en Metodes in Bioingenieurswese en Biowetenskappe, asook die voormalige Hoof van die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde. Dit is, in ’n neutedop, hoe die nuwe Dekaan van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe (NLW), prof Jean M-S Lubuma, beskryf word.

Prof Lubuma het hierdie pos aanvaar met ingang van 15 Maart 2015 en het die leisels by prof Anton Ströh oorgeneem, wat as Viserektor: Institusionele Beplanning van die Universiteit van Pretoria (UP) aangestel ná ’n dienstydperk van tien jaar as Dekaan.

Na ’n bietjie meer as 100 dae op kantoor sê prof Lubuma: “Die afgelope paar maande as Dekaan was uitdagend, maar interessant. Ek het my termyn as Dekaan na ’n oorgangsperiode van agt maande in die leierskapposisie van die Fakulteit begin. Dit was as sulks ’n bron van uitdagings. Sommige uitdagings was egter ernstiger van aard as ander, spesifiek in ag genome die grootte van die Fakulteit. Ek kan, sonder huiwering, sê dat die Fakulteit oor ’n bekwame leierskapspan beskik, bestaande uit die Dekaan en die twee Adjunkdekane wat die volle ondersteuning van die personeel geniet.”

Prof Lubuma het beklemtoon wat hy by sy eerste vergadering met Hoofde van Departmente (HvD) en Direkteure as Dekaan gesê het betreffende sy deelnemende en konsulterende bestuurstyl binne UP se gedesentraliseerde model. “Ons staan nie in ’n ‘bevelstruktuur’ nie. Ek vertrou die HvDs en die Direkteure van sentra en institute om hul rolle te vervul en hul verpligtinge na te kom, ten volle verantwoordelik is vir die strategiese, akademiese en operasionale bestuur van hulle entiteite.”

“Heel aan die begin van my aanstelling, is dit duidelik aan die Fakulteit gestel dat transformasie een van die die prioriteite van my dekaanskap is. Ons het die NLW Transformasie Lessenaar gevestig. Transformasie is ’n staande item op die agenda van die maandelikse vergaderings van die HvDs/Direkteure wat versoek is om transformasiekomitees in hul entiteite te inisieer.”

Om bewys te lewer van sy onderneming om die Fakulteit beter te leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van Departmente en Direkteure van die onderskeie navorsingsinstitute en sentra. Alhoewel dit tydrowend van aard was en dit langer as

Word vervolg op bladsy 3

Foto: Anton Pauw

Page 2: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 22

RedakteurMartie Meyer (Redakteur)

[email protected]

012 420 5498 (kantoor)

012 420 5895 (faks)

Kamer 8-9 Landbouwetenskap GebouFakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

Uitleg en OntwerpKim Zimmerman

ReDzign

084 296 0884 of [email protected]

Taalversorging en VertalingMelodie Veldhuizen

UP Taaleenheid

Spesiale dank aan Louise de Bruin as akademiese skrywer

Stuur gerus kommentaar en terugvoer oor die fakulteitsnuusbrief en idees/voorstelle vir artikels na [email protected]

Die Fakulteit is nou ook op Facebook. Besoek asb die bladsy en ‘like’ ons.

Wees deel van die toekoms van wetenskap

3 22

As die nuwe Dekaan voel ek geëerd om vir die volgende paar jaar aan die hoof van so ’n diverse en hoogaangeskrewe Fakulteit te mag staan. Die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe (NLW) is een van die mees uitstaande Wetenskapfakulteite in die land en ek glo dat dit sal voortgaan om te groei en voorspoedig te wees met die ondersteuning van al die personeel en studente in die Fakulteit. My afgelope paar maande as Dekaan was uitdagend maar interessant. Sommige van die uitdagings was egter meer ernstig van aard as ander, veral in die lig van die grootte van die Fakulteit. Lees op bladsy 1 meer as oor die nuwe aanstelling van die nuwe Dekaan.

Die onlangse aankondiging van drie navorsers van NLW as wenners in die 2015 NWTS-BHP Billiton-toekenningseremonie het die Fakulteit se verbintenis tot uitnemendheid in navorsing bevestig. Die wenners is prof Nigel Bennett, prof Zander Myburg en dr Thulani Makhalanyane (bladsy 8). Die Universiteit, met die ondersteuning van Eskom en Sasol het ook die Laboratorium vir Atmosferiese Studies, wat by UP gebaseer is, bekendgestel (bladsy 52).

Een van die interessante navorsingsprojekte in die Fakulteit is die Marion-eiland Marine Soogdierprogram (MEMSP) van die Soogdiernavorsingsinstituut (SNI). Die MEMSP is reeds vir langer as 30 jaar besig met marinenavorsing en het fassinerende bevindings gedokumenteer. Hulle navorsing is hoofsaaklik daarop gemik om die ekologie van robbe en moordwalvispopulasies op die eiland te verstaan. (Lees meer hieroor op bladsy 25).

Navorsing oor die Wingerd-rolblaarsiekte deur prof Gerhard Pietersen, ’n plantviroloog het wynboere bygestaan om die winsgewendheid en die kwaliteit van wyn te verbeter. Wingerd-rolblaarsiekte affekteer wingerde wêreldwyd; dit verlaag die opbrengs en kwaliteit van geaffekteerde wingerde beduidend (bladsy 33). Navorsing deur prof Naushad Emmambux en sy kollegas het aangedui dat dit moontlik is om hoë GI-stysel in lae GI-stysel te verander deur die gebruik van vetsure. Dit beteken dat dit eersdaags moontlik behoort te wees om lae GI-voedsel te maak wat net so smaaklik is soos hoë GI-voedsel (bladsy 35).

Sedert die aanvang in Augustus 2013, werk die Suid-Afrikaanse Navorsingstoel- inisiatief (SARChI) Leerstoel in Wiskundige modelle en Metodes in Bio-ingenieurswese en Biowetenskap (M3B2) daaraan om die samewerking tussen wiskundiges en bioloë te versterk. ’n Mylpaal in hierdie verband was die Tweede Gesamentlike Universiteit van Suid-Afrika (Unisa)-Universiteit van Pretoria (UP) se Werkswinkel oor Teoretiese en Wiskundige Epidemiologie wat vroeër hierdie jaar gehou is (bladsy 45). ’n Suksesvolle werkswinkel oor

‘Besoedeling en Bedreigings vir Bestuiwers’, befonds deur die Nasionale Navorsingstigting en die Royal Society (VK), was onlangs ook deur die Universiteit aangebied (bladsy 51).

Soos altyd is ons baie trots op die uitstaande prestasies van ons personeel. By die jaarlikse Uitmuntende Presteerdersfunksie, het prof Don Cowan (bladsy 7) die Kanselierstoekenning vir Navorsing ontvang. Wat meer is, vier van ses van die UP Uitmuntende Akademiese Presteerders is verbonde aan die NLW, naamlik prof Wlady Altermann, prof Rashid Hassan, prof Marion Meyer en prof Clarke Scholtz. Dr Irene Barnes en prof Naushad Emmambux het ook erkenning ontvang as Uitmuntende Jong Navorsers (bladsy 4).

Prof Brenda Wingfield het die Christiaan Hendrik Persoon-medalje tydens die toekenningseremonie by die 49ste Tweejaarlikse Kongres van die Suider Afrikaanse Vereniging vir Plantpatologie ontvang (bladsy 10), terwyl prof Bob Millar verkies is as President van die Internasionale Federasie vir Neuro-endokrinologie (bladsy 12). Prof John Taylor is verkies as Erepresident van die Internasionale Vereniging vir Graanwetenskappe en Tegnologie (bladsy 13) en prof James Raftery het die Suid-Afrikaanse Wiskundigevereniging (SAWV)-toekenning vir Navorsingsonderskeiding by die 57ste SAWV se Jaarlikse Konferensie ontvang (bladsy 14).

Uitnemendheid in onderrig en leer is een van die vyf strategiese doelstellings van die Universiteit se Visie 2025. Twee dosente in statistiek, me Thea Corbett en me Christine Kraamwinkel het toekennings ontvang vir Onderriguitnemendheid en die Innoveringstoekenning in die Span-kategorie by hierdie jaar se Akademiese Presteerdersfunksie (bladsy 6).

Soos gewoonlik het ons studente ook baie goed presteer. Sanli van den Brink is vereer met die Visekanselier- en Rektor se Medalje vir uitmuntende voorgraadse akademiese prestasie, as die beste student in NLW, met ’n aangepaste gemiddelde van meer as 90% gedurende haar drie studiejare (bladsy 22). Yvonne Mashaba, ’n finalejaar meestersgraadstudent in Landbou-ekonomie, was gekies as Studente-ambassadeur van die Talloires-netwerk in April (bladsy 56).

Menige ander uitstaande prestasies deur ons personeel, studente en geaffilieerdes, op wie ons baie trots is, kan genoem word. Met hierdie nuusbrief beoog ons om sommige van hierdie prestasies ten toon te stel en ons hoop dat u hierdie nuwe opdatering van die jongste ontwikkelinge in ons Fakulteit sal geniet.

Prof Jean LubumaDekaan: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

Boodskap van die Dekaan

Page 3: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 23

45 dae geduur het vanweë die grootte van die Fakulteit (17 departemente en meer as 25 sentra/institute), was die voordele van onskatbare waarde om meer te wete te kom oor die Fakulteit en sy uitdagings. Sommige van die uitdagings wat gedurende hierdie vergaderings aan die lig gekom het, sluit die herstrukturering van sommige van die akademiese departmente, die behoefte aan die opgradering van navorsings- en onderriglaboratoria, asook die behoefte aan addisionele befondsing vir ruimte en laboratoria vir nuwe navorsingsinisiatiewe wat reeds eksterne befondsing vir toerusting bekom het.

Prof Lubuma sê verder: “My leerkurwe strek verder as die Fakulteit. Ek het waardering vir die voortdurende invloei van UP-ondersteuningseenhede na my kantoor om my bekend te stel aan sommige van die realiteite van ons instansie”. Hy beskou die besoek van die Interne Oudit-eenheid as een van die hoogtepunte van hierdie vergaderings.

Hy het onlangs die Fakulteitsprestasieverslag 2014 aan die Hoofbestuur voorgelê en het gesê: “Dit was nie ’n maklike taak nie, aangesien die werk nie onder my leierskap verrig is nie. Alhoewel ek egter die beginsel van kontinuïteit in die bestuurstelsel sterk ondersteun, was dit ’n bykomende geleentheid om die Fakulteit beter te verstaan.”

Betreffende die Fakulteitsplan 2016, het prof Lubuma gesê: “Volgende jaar is die einde van die eerste siklus van die implementering van die UP Strategiese Plan 2025. As ’n integrale deel van die Fakulteit se Strategiese Plan 2016, sal daar ’n SWOT-analise van die afgelope afgelope vier jaar gedoen word. Die doelwit is drievoudig van aard: om ons strategieë te herfokus ten einde ons tekortkominge aan te roer; om die strategieë te finaliseer wat reeds in ’n gevorderde stadium van ontwikkeling is; en om daardie strategieë wat suksesvol geïmplementeer is, na die volgende vlak te neem.

As die nuwe Dekaan van die Fakulteit sal prof Lubuma op spesifieke aktiwiteite fokus om die Universiteit se doel om ’n meer navorsingsintensiewe universiteit te word, te bereik. Hierdie aktiwiteite sluit onder andere die versterking van die kultuur van uitnemendheid in navorsing in. ’n Verdere aktiwiteit is ’n verhoging in die aantal aanhalings deur op geïdentifiseerde hoë-impak navorsingsgebiede en strategiese areas waarin die Fakulteit bewese vermoë en kundigheid het, te fokus. Dit sluit ook die najaag van uitnemendheid in onderrig in by wyse van ondersoek-geleide kurrikula ten einde studente beter toe te rus om te kan voortgaan met nagraadse studies en navorsing. Die behou en ontwikkeling van menslike kapitaal, asook die lok en werwing van nuwe kampvegters vir UP se visie vir 2025, is van die uiterste belang.

Die grondslag vir prof Lubuma as ’n erkende wiskundige, is gelê met sy studies aan die Universiteit van Kinshasa, DRK, waar hy sy BSc en

BSc(Hons)-grade verwerf het. Hy het die MSc en PhD-grade in Wiskunde aan die Université Catholique de Louvain in België verwerf.

Sy akademiese loopbaan het in 1985 afgeskop as Lektor en later Senior Lektor aan die Universiteit van Annaba, Algerië, voordat hy ’n tydperk as ’n Postdoktorale Studiegenoot by die Abdus Salam International Centre for Theoretical Physics (ICTP) in Italië deurgebring het. Daarna het hy as Medeprofessor en Professor aan die Universiteit van Kinshasa, DRK gedien, voordat hy Suid-Afrika toe gekom het vir ’n akademiese aanstelling by die Mamelodikampus van die voormalige Vista Universiteit, waar hy onderskeidelik as Senior Lektor, Medeprofessor en Professor gedien het. Hy is in 2000 by UP aangestel as Professor in die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde en word in 2004 as Hoof van die Departement en as Voorsitter van die voormalige Skool vir Wiskundige Wetenskappe aangestel. Hy was Hoof van die Departement tot 2013, waarna hy die SARChI Leerstoel in Wiskundige Modelle en Metodes in Bioingenieurswese en Biowetenskappe beklee het.

Hy is ’n NNS B-gegradeerde wetenskaplike wat studieleier was vir ’n aantal meesters en doktorale studente. Verder het prof Lubuma wyd gepubliseer in ’n groot aantal hoogaangeskrewe vaktydskrifte in ’n verskeidenheid wiskundige velde. Hy geniet wye erkenning as ’n toonaangewende navorser wat verskeie suksesvolle navorsingsprojekte van stapel gestuur het. Verder het hy aansienlike navorsingsbefondsing van nasionale en internasionale liggame bekom. Prof Lubuma het ’n aantal toekennings ontvang, insluitend UP se Toekenning vir Buitengewone Akademiese Presteerders, vir drie opeenvolgende jare. Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Wiskunde se Toekenning vir Navorsingsonderskeiding is in 2011 aan hom toegeken en in 2013 ontvang hy ’n Erepenning van die Bulgaarse Akademie vir Wetenskappe. Hy is die mederedakteur van drie wetenskaplike vaktydskrifte, ’n lid van talryke nasionale en internasionale wetenskaplike liggame op die gebied van wiskunde en ’n Studiegnoot van die Afrika Akademie van Wetenskappe (AAS), die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en die Akademie van Wetenskap van Suid-Afrika (ASSAf).

Prof Jean Lubuma

Page 4: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 24

Uitnemendheid in Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe beloon’n Universiteit, en daarom

ook ’n fakulteit kan nie in

onderrig en leer, navorsing en

gemeenskapsbetrokkenheid uitblink

sonder uitstekende personeellede

nie.

Die Universiteit van Pretoria

bied jaarliks ʼn galageleentheid

aan waartydens akademici wat

buitengewoon presteer het in

die voorafgaande jaar, vereer

word. Vanjaar is twee nuwe

kategorieë tot die Toekennings

vir Akademiese Presteerders

gevoeg, naamlik die Visekanselier

se Boek-toekennings, sowel as

’n toekenning om innoverende

gemeenskapsbetrokkenheid te

vereer.

Die Fakulteit Natuur- en

Landbouwetenskappe het van-

jaar weer skoonskip gemaak

met die toekennings. Prof Don

Cowan, Direkteur van beide die

Genomikanavorsingsinstituut

en die Sentrum vir Mikrobiese

Ekologie en Genomika het die

Kanseliersmedalje vir Navorsing

ontvang. Die Visekanselier

se Boektoekennings vir aka-

demiese boeke, monografieë en

versamelings is in die Natuur- en

Toegepaste Wetenskappe aan prof

Jan Boeyens toegeken vir sy boek,

The Chemistry of Matter Waves.

Die Fakulteit is ook trots daarop om

te kan aankondig dat vier van die

Universiteit se ses Uitmuntende

Akademiese Presteerders uit die

Fakulteit afkomstig is. Hulle is prof

Wlady Altermann (Departement

Geologie), prof Rashid Hassan

(Departement Landbou-ekonomie,

Voorligting en Landelike Ont-

wikkeling), prof Marion Meyer

(Departement Plantkunde) en

prof Clarke Scholtz (Departement

Dierkunde en Entomologie).

Twee akademiese personeellede

verbonde aan die Fakulteit is ook

as Uitmuntende Jong Navorsers

Uitmuntende Akademiese Presteerders

Uitmuntende Jong NavorsersVisekanselier se Boektoekennings

Prof Rashid Hassan

Prof Naushad Emmambux

Prof Wlady Altermann

Prof Marion Meyer

Dr Irene Barnes Prof Jan Boeyens

Prof Clarke Scholtz

bekroon, naamlik dr Irene

Barnes (Instituut vir Bosbou-

en Landboubiotegnologie) en

prof Naushad Emmambux

(Departement Voedselwetenskap).

Die Laureaattoekennings vir

Uitnemendheid in Onderrig en

Innovasie in die groepkategorie

is aan me Thea Corbett en me

Christine Kraamwinkel toegeken

as deel van die Verlengde BSc-

program op die Mamelodikampus.

Altesame 91 UP-navorsers het

nuwe of hernude graderings van

die Nasionale Navorsingstigting

ontvang. Dit sluit twee navorsers

in wat albei vir die eerste keer

A-graderings ontvang het,

naamlik prof Andries Engelbrecht

(Inligtingstegnologie) en prof

Yves Van der Peer, (’n deeltydse

professor in die Departement

Genetika).

Die erkenning van personeellede

in die Fakulteit Natuur- en

Landbouwetenskappe van die

Universiteit van Pretoria, is

weereens ’n bewys dat die Fakulteit

een van die toonaangewende

wetenskap-fakulteite op die

vasteland is.

Toek

enni

ngs

& P

rest

asie

s

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

Page 5: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 25

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

Erkenning en verering vir uitnemendheid in onderrig

Prof Lou Pretorius (regs) ontvang die toekenning van prof Marietjie Potgieter (Adjunkdekaan: Onderrig en Leer).

Die wenners van die gesaghebbende Toekenning vir Uitnemendheid in Onderrig, sowel as die Toekenning vir Toegevoegde Waarde in Onderrig vir 2014 is op die jaarlikse Bosberaad van die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde aangekondig. Dr Alta Jooste het die Toekenning vir Uitnemendheid in Onderrig van prof Izak Broere, Voorsitter van die Beoordelingspaneel ontvang. Hy het die volgende gesê tydens die oorhandiging:

“Die BSc Verlengde Program was geherstruktureer om vanaf 2014 funksioneel te wees. Dit was ’n omvattende proses wat die herbesinning oor ’n onderrigmodel wat van toepassing op ongeveer ’n duisend studente, versprei oor drie kampusse, moes wees. Dr Alta Jooste was instrumenteel in hierdie proses en sy was ook ’n toegewyde leier in die belangrike eerste semester pre-calculus module, WTW 133. Sy het die aktiwiteite van die WTW 133 module gelei en gemonitor in haar hoedanigheid as kursus-koördineerder. Dr Jooste het deurlopend tussen kampusse gependel, terwyl sy deurentyd die teuels van die akademiese aktiwiteite styf vasgehou het. Die uitnemende en grootskaalse verbeterde resultate van hierdie module is ’n bewys van haar leierskap en die rol wat sy gespeel het gedurende hierdie proses. Die Departement is lof toegeswaai vir die verbeterde model. Die sukses hiervan is ’n bydraende faktor tot die toegang wat groot getalle voorheen benadeelde studente hiertoe het. Alta se inspraak in die herstrukturering en leiding in hierdie belangrike toegangsmodule maak van haar ’n gewaardeerde ontvanger van die Toekenning vir Uitnemendheid in Onderrig vir 2014.”

Prof Lou Pretorius het die toekenning vir Toegevoegde Waarde in Onderrig van prof Marietjie Potgieter (Adjunkdekaan: Onderrig en Leer) ontvang. Sy het die volgende gesê tydens die oorhandiging:

“Lou Pretorius het oor ’n periode van amper vyf dekades waarde toegevoeg tot die onderrig van wiskunde. Hy het baie verandering by die Universiteit op die onderrigfront beleef, Hy het daarin geslaag om by hierdie veranderinge aan te pas en om dit te implementeer en het voortdurend in ’n leierskapsrol gefunksioneer. Lou is altyd bereid om te waag en te leer, hetsy in die onderrig van kleiner klasse, wat die norm was toe hy begin het, of die onderrig van studente in groot lesingsale, asook die vordering van tradisionele swartbord-onderrig tot die gebruik van die jongste tegnologie soos Tablet-rekenaars en aanlyn-tuiswerksisteme. Sy onderrig was op alle vlakke voortdurend vol entoesiasme en toewyding. Hy is bekend daarvoor dat hy ’n hoë premie plaas op die kultivering van wiskundige denke in studente en nooit het hy onder die druk geswig om toe te gee aan oppervlakkige onderrig nie. Hy het as mentor vir vele junior personeellede opgetree en het hulle begelei om waardevolle onderwysers van wiskunde te word. Lou het dikwels onderrig-inisatiewe aangevoer, waarvan die mees noemenswaardige die rol is wat hy gespeel het in die leiding van die Kwaliteitsonderrigkomitee, vanaf die komitee se totstandkoming tot waar dit ’n integrale deel van die Departement se struktuur en aktiwiteite vorm. Hierdie was ’n taak wat hy met doelgerigte toewyding aangepak het. Lou is ’n navolgenswaardige akademikus, wat navorsing en onderrig suksesvol kombineer, maar dit is veral die waarde wat hy tot die onderrig van wiskunde toegevoeg het wat verdien dat hy vereer word met ’n toekenning wat erkenning aan sy jarelange bydrae verleen.”

Prof Cheryl de la Rey (Visekanselier en Rektor) het die toekenning aan dr Alta Jooste oorhandig.

Page 6: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 26

Laureaattoekenning vir Statistiekdosente

Me Thea Corbett en me Christine Kraamwinkel

Die harde werk en toewyding van me Thea Corbett en me Christine Kraamwinkel, betrokke by die BSc Verlengde Program, is beloon met ’n Laureaattoekenning vir Uitnemendheid in Onderrig en Innovasie in die Spankategorie.

Die Laureaattoekennings word toegeken aan genomineerde projekte wat bewys lewer van onderrigpraktyke met duidelike doelwitte en sterk ooreenkomste tussen die verskillende elemente in die breër konteks, wat spesifieke behoeftes of gapings aanspreek en innoverende optimalisering van onderrig en leer ten doel het.

Me Thea Corbett en me Kraamwinkel onderrig studente in statistiek as deel van die BSc Verlengde Program op die Mamelodikampus. Die titel van hulle inskrywing is, Mamelodi-meriete: nie net trapklippe nie, maar ’n hoeksteen vir onafhanklike leer.

Die BSc Verlengde Program bied toegang tot wetenskap en wetenskapgebaseerde programme deur laer toelatingsvereistes te stel en intensiewe ondersteuning te bied om studente op verdere studie in hoofstroomprogramme voor te berei. Me Corbett en me Kraamwinkel bied die vakinhoud aan deur ’n verskeidenheid metodes toe te pas wat ontwerp is om moontlike leemtes aan te vul, om op begrip te fokus en om kritiese denke en praktiese vaardighede te ontwikkel. Vordering word deurlopend geassesseer om die vereiste akademiese prestasievlakke te bereik.

In die eerste fase van die program word die inhoud teen ’n stadiger tempo aangebied om baie geleenthede vir improvisasie en innovasie te bied en sodoende ruimte te laat vir ’n assesseringsmodel wat spesifiek op studente se benadering tot leer ingestel is. Dit word gedoen deur die toepaslike strukturering van ’n verskeidenheid assesseringsgeleenthede wat konstruktiewe ooreenkomste met gewenste leeruitkomste teweegbring wat op ’n gebalanseerde vermenging van idees, verbindings en uitbreidingsvlakke van leer en dink berus. Hulle glo dat hierdie model die potensiaal het om studente se benadering tot leer positief te beïnvloed en dat dit hulle sal aanspoor om indiepteleer te aanvaar, wat die sleutel is tot hoë vlakke van statistiese geletterdheid, redenasie en denke, en dat dit graduandi van ’n goeie gehalte lewer.

Ondersoekgebaseerde projekwerk is die kern van hierdie innovasie. Hierdie aktiwiteit lei uiteindelik tot oorwegend hoëvlakresponse, soos verbindings en uitbreidings, deur konstruktief gefokusde insette van omgekeerde klaskamer-grootgroeplesings, studentgedrewe kleingroepstudieklasse en rekenaargebaseerde praktiese gemengde leersessies. Studente se uiters bevredigende resultate, oorweldigend positiewe terugvoer en gesonde retensiesyfers getuig daarvan dat die eerste belangrike stappe geneem is om onafhanklike leer en ’n navorsingskultuur aan te moedig, wat ooreenstem met UP se status as ’n navorsingsintensiewe universiteit.

Me Corbett sê sy beskou dit as ’n voorreg om hierdie reflektiewe praktyk te lei wat deur deskundige navorsing oor onderrig- en leerteorieë beïnvloed word. Sy verleen erkenning aan me Bettie

Basson, wat reeds afgetree het, vir haar deurslaggewende rol in die bekendstelling van ’n hersiene kurrikulum in 2012, en loof me Kraamwinkel vir die geesdrif waarmee sy die innovasie en die volgehoue toepassing daarvan bevorder. Die span geniet die onwrikbare en geesdriftige steun van prof Andriëtte Bekker, Hoof van die Departement Statistiek, en dr Quenton Kritzinger, voormalige Direkteur van die Verlengde Program op die Mamelodikampus.

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

Page 7: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 27

Prof Don Cowan ontvang Kanselierstoekenning

Prof Don Cowan

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

Prof Don Cowan, ’n welbekende

internasionale navorser en die Direkteur

van die Navorsingsinstituut vir Genomika

(GRI) en van die Sentrum vir Mikrobiese

Ekologie en Genomika (CMEG) het tydens

’n glansgeleentheid in Mei vanjaar die

Kanselierstoekenning vir Navorsing vir

2014 ontvang. Die Kanselierstoekenning vir

Navorsing word jaarliks aan ’n maksimum

van twee personeellede op professionele

vlak, wat buitengewone prestasies behaal

het betreffende navorsingsuitsette en

internasionale erkenning van hul navorsing,

toegeken.

Prof Cowan is ’n A-gegradeerde weten-

skaplike, en het ook in 2014 die eerste plek

in die NWTF-BHP Billiton-toekennings vir die

kategorie Vaardigheidsontwikkeling met prof

Brenda Wingfield gedeel.

Prof Cowan het sy opleiding in Nieu Zeeland,

aan die Universiteit van Waikato ontvang,

waar hy ’n tydperk van postdoktorale studie

voltooi het, voordat hy in 1985 ’n pos as lektor

by die Universiteitskollege, Londen aanvaar

het. Na ’n tydperk van 16 jaar in Londen het

hy ’n pos as Senior Professor in Mikrobiologie

in die Departement Biotegnologie aan die

Universiteit van die Wes-Kaap, Kaapstad,

aanvaar. Gedurende sy verblyf daar was

hy ook die Direkteur van die Instituut vir

Mikrobiese Biotegnologie en Metagenomika,

bestaande uit 60 personeellede. Prof Cowan

het in Mei 2012 by die Universiteit van

Pretoria aangesluit.

Hy het meer as 250 navorsingsverslae,

oorsigartikels en hoofstukke in boeke

gepubliseer en is ’n lid van die redaksionele

rade van tien internasionale vaktydskrifte.

Die prestasies op prof Cowan se

indrukwekkende CV sluit onder andere in die

pos van Adjunkprofessor aan die Universiteit

van Waikato (NZ) en sy verkiesing as ’n

Studiegenoot van die Koninklike Vereniging

van Suid-Afrika (Royal Society of South Africa)

in 2007. Hy was ook verkies as ’n lid van

die Akademie van Wetenskappe van Suid-

Afrika in 2008, en ’n Ere-studiegenoot van

die Koninklike Vereniging van Nieu Zeeland

(Royal Society of New Zealand) in 2009. In 2008 het hy die Universiteit van die Wes-Kaap se Visekanselierstoekenning vir Navorsingsuitnemendheid ontvang en in 2009 die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Mikrobiologie se Silwermedalje. Prof Cowan is tans die President van die Koninklike Vereniging van Suid-Afrika (Royal Society of South Africa).

Prof Cowan se navorsingsaktiwiteite word aaneengeskakel deur die tema van omgewingsuiterstes. Sedert sy PhD-studies het hy steeds ’n belangstelling in die ekologie en ensimologie van ekstreme termofiele, organismes wat by die temperatuur van kokende water en in die hitte van die Namibwoestyn oorleef. Die afgelope dekade het hy aan die teenoorgestelde kant van die temperatuurskaal saam met Nieu Zeelandse, Chinese en Amerikaanse wetenskaplikes gewerk om die mikrobiese ekologie en die metagenomika van die Droë Valleie van Oos-Antartika te bestudeer. Hy doen saam met Suid-Afrikaanse en Spaanse navorsers navorsing oor bakterieë in omgewings met ’n hoë soutkonsentrasie en werk ook saam met ’n netwerk van plaaslike en internasionale navorsers op die gebied van mikrobiese ekologie van woestyne en landbougrond.

Page 8: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 28

Drie NLW-navorsers met NSTF-toekennings vereer Hul navorsingsbelangstellings strek van die genetiese verbetering van plantasies tot die tandmol-koninginne van die Kalahari en die lewe onder ʼn klip in Antarktika Maar deesdae het prof Zander Myburgh, prof Nigel Bennett en dr Thulani Makhalanyane iets belangriks in gemeen: Al drie was vanjaar wenners van Nasionale Wetenskap en Tegnologieforum (NWTF)-BHP Billiton-toekennings.

Altesame ses navorsers van UP vanuit ‘n wye reeks studievelde is vir vanjaar se toekennings genomineer. Die toekennings, wat uitnemende bydraes tot die Wetenskap, Ingenieurswese, Tegnologie en Innovasie (SETI) in Suid-Afrika vereer, word sedert die ontstaan daarvan 17 jaar gelede, hoog geag deur akademici. Net om as finalis genomineer te word, is reeds ʼn prestasie. Al drie die wenners is al drie verbonde aan die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe (NLW).

Prof Nigel Bennett

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s Die toekenning vir Navorsingskapa-

siteitontwikkeling aan prof Nigel

Bennettt erken die werk wat hy oor

die afgelope vyf tot tien jaar as individu

gedoen het. Hy beklee gesamentlike

Leerstoel in Soogdier-gedragsekologie

en -fisiologie van die Departement van

Wetenskap en Tegnologie (DST) en die

Nasionale Navorsingstigting, asook

die Austin Roberts-leerstoel in Afrika-

soogdierkunde. Sy navorsing fokus op

ekologie, dierefisiologie en -gedrag. Hy

gebruik die Afrika-tandmol as model.

Saam met sy kollegas het prof Bennett

die ekologiese en fisiologiese faktore

bestudeer wat voortplanting beheer en

die evolusie van sosialiteit by tandmolle

affekteer deur die aanpassing van ’n

multifasetbenadering.

Prof Bennett se navorsing het onder

meer bewys dat die Damaraland

tandmol-koninginne van die Kalahari in

staat is om die hormone wat ovulasie

en voortplanting in sogenaamde

‘vrouewerkers’ in die kolonie

veroorsaak, fisiologies te onderdruk.

Hy is tans besig met verdere navorsing

oor hoe dit kan gebeur. Sy navorsing

het ʼn maatstaf gestel vir kennis oor

soogdiere se voortplantingsukses en

sosiale evolusie. Hy word internasionaal

as een van die voorste kenners oor die

onderwerp gereken.

Page 9: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

Prof Zander Myburg

3 2 3 29

Toekennings en PrestasiesProf Zander Myburg het ‘n Special Photonics TW Kambule-toekenning ontvang ter erkenning van sy navorsing die afgelope vyf tot tien jaar as individu (getitel ter viering van Unesco se International Year of Light and Light-based Technologies). Hy is die bekleër van die Leerstoel in Bosbou-genomika en -biotegnologie en is aan die stuur van die hoogs suksesvolle Forest Molecular Genetics (FMG)-program, ʼn navorsingsprojek wat in 2003 deur UP, Sappi en Mondi op die been gebring is. 

 Saam met sy span het prof Myburg se werk gefokus op die genomika en molekulêre genetika van die houtontwikkeling in plantasiebome, met ʼn spesifieke fokus op die genetiese regulering van die biosintese van sellulose in Eucalyptus-bome.

Onder sy leierskap het die FMG-navorsingspan die weg gebaan vir die gebruik van populasiegenomika- en sisteemgenetika-benaderings om die genetiese beheer van houtvorming in Eucalyptus-bome te ontsyfer. Prof Myburg is die koördineerder van die internasionale Eucalyptus-genoomnetwerk (EUCAGEN) en was die hoofnavorser van die VSA se Departement Energie (DOE) se Eucalyptus-genoomprojek. Dit het gelei tot die publikasie van die volledige bloekomgenoom in die gerekende vaktydskrif Nature verlede jaar.

Prof Myburg fokus tans op die genetiese verbetering en ontwikkeling van plantasiebome vir ‘n verhoogde biomassa en groeitempo, asook die verbetering  van bio-polimeereienskappe vir bio-gebaseerde produkte.

Dr Thulani Makhalanyane het die TW Kambule-toekenning Opkomende Navorsers ontvang as erkenning vir die navorsing wat hy sedert die verwerwing van sy doktorsgraad gedoen het. Hy dien as Jong Ambassadeur vir die Internasionale Vereniging vir Mikrobiese Ekologie (ISME) en is een van UP se voorste jong navorsers wat gehelp het om die Universiteit ʼn leier in die veld van ekstremofiel-navorsing te maak.

Voor hy sy postdoktorale studie by UP aangepak het, het hy sy BSc-honneursgraad in mikrobiologie aan die Noordwes-Universiteit voltooi en daarna sy MSc (met lof in 2010) sowel as sy PhD (2013) in ʼn rekordtyd aan die Universiteit van die Wes-Kaap by die Instituut van Mikrobiese Ekologie en Genomika in die Departement Biotegnologie verwerf.

Sy navorsing het gefokus op die verstaan van die ekologie van mikrobiese gemeenskappe in die grond in uiterste klimaatsom-gewings soos die barre woestyne in die Antarktiese Droë Valleie en die Namib-woestyn. Hy spits hom toe op unieke organismes, genaamd Hipoliete, wat florerende gemeenskappe onder kwartsrotse in skynbaar dooie woestynomgewings vorm. Hy wil vasstel wat die interaksie tussen die organismes is en hoe hulle aan biologiese prosesse soos koolstof- en stikstoffiksering deelneem.

Dr Takhalanyane gebruik hoogs gesofistikeerde metodes, insluitend metagenomika en meer onlangs metaproteomika en metabolomika. Voortspruitend uit sy navorsing is ’n aantal van sy artikels in gerekende internasionale vaktydskrifte gepubliseer (bv. FEMS Microbiology Reviews, The ISME Journal, Molecular Ecology). Dr Makhalanyane het sy werk tydens verskeie internasionale vergaderings aangebied en het ook aan verskeie monsternemingskspedisies deelgeneem.

Minister Naledi Pandor (links) en dr Thulani Makhalanyane

Page 10: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 210

Prof Brenda Wingfield vereer

Prof Brenda Wingfield

Prof Brenda Wingfield, Adjunkdekaan: Navorsing en Nagraadse Studies in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe het tydens die toekenningseremonie van die 49ste Tweejaarlikse Kongres van die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Plantpatologie (SASPP) in Bloemfontein die Christiaan Hendrik Persoon-medalje ontvang. Sy is ook die eerste vroulike lid van die SASPP om só vereer te word.

Dié goue medalje is die hoogste eerbetoon wat die SASPP aan ’n lid kan toeken en is ter ere van die bekende mikoloog (swamkenner) Christiaan Hendrik Persoon (1761-1836) wat in die Kaapprovinsie, Suid-Afrika gebore is en op dertienjarige ouderdom Europa toe gestuur is om verder te gaan studeer. Hy is later erken as een van die ‘vaders’ van mikologie. Die wêreldbekende epidemioloog en lid van die SASPP, dr JE van der Plank, was in 1979 die eerste persoon om die Persoon-medalje te ontvang. Daarna het, onder andere, prof WFO Marasas (1987), prof MJ Wingfield (1999), prof PW Crous (2005) en prof ZA Pretorius (2009) dié gesogte medalje ontvang. Prof Brenda Wingfield is met die medalje vereer vir haar uitnemende bydrae tot Plantpatologie. Dit is slegs die sesde keer in 53 jaar dat die medalje toegeken is.

As ontvanger van die Persoon-medalje word prof Brenda Wingfield erken as ’n gerekende plantpatoloog wat wêreldwyd hoë aansien geniet. Sy is reeds die afgelope 20 jaar ’n aktiewe lid van die SASPP (wat met die Internasionale Vereniging vir Plantpatologie geaffilieer is). As ’n SASPP-lid lewer sy ’n beduidende bydrae tot Plantpatologie

in Suid-Afrika en regoor die wêreld. Haar bydrae blyk dalk die duidelikste uit die sukses wat die studente onder haar studieleiding behaal. Onder dié studente is daar talle wat as Suid-Afrika se aktiefste en voorste wetenskaplikes op die gebied van plantpatogene beskou word, en sommige van hulle, insluitend ’n voormalige president van die SASPP, werk tans in die buiteland.

Brenda Wingfield is ’n Professor in die Departement Genetika en die fokus van haar navorsing die afgelope 20 jaar is die globale beweging en evolusie van funguspatogene – in die besonder dié op bome. Sy is ten nouste betrokke by die ontwikkeling van hulpmiddels vir die bestudering van filogenetiese verwantskappe tussen boompatogene. Die afgelope paar jaar het sy haar fokus verbreed om ook die bestudering van fungi op bevolkingsvlak in te sluit. In die proses het sy die molekulêre hulpmiddels ontwikkel wat sodanige bestudering moontlik maak. Haar navorsingsgroep is wêreldwyd een van die aktiefste wat betref die gebruik van DNS-gebaseerde merkers vir die bestudering van die verspreiding en bevolkingsdinamika van boompatogene. Sy was en is steeds die studieleier van talle nagraadse studente wat plantpatogene bestudeer en saam het hulle reeds ’n aansienlike hoeveelheid navorsingsresultate oor plantpatogene in van die bekendste vaktydskrifte op dié gebied gepubliseer. ’n Bewys van die impak van hul werk is dat 373 van die publikasies in die ISI/Thomson-ranglys met ’n Hirsch-faktor (H-faktor) van 45 opgeneem is. Dit dui op ’n gemiddelde aanhalingskoers van 15,2 per publikasie (gelykstaande aan H=45 van Google Scholar).

Prof Wingfield geniet wêreldwye erkenning vir haar uitnemende werk in die natuurwetenskap en vir haar studieleiding aan studente. Sy het tien jaar agtereenvolgens die Universiteit van Pretoria se toonaangewende Prestasietoekenning vir Uitnemendheid ontvang.

Sy is een van slegs ’n paar Suid-Afrikaanse wetenskaplikes wat oor ’n A-gradering (die hoogste) van die Nasionale Navorsingstigting van Suid-Afrika beskik en sy geniet beduidende plaaslike en internasionale erkenning vir haar werk in Plantpatologie. Sy het al vele vername navorsingstoekennings ontvang, onder meer die Vroue in Water, Sanitasie en Bosbou-toekenning (in 2007), die Suid-Afrikaanse Departement van Wetenskap en Tegnologie se Uitnemende Vroue in Wetenskap-toekenning (in 2008) en Suid-Afrika se Nasionale Wetenskap en Tegnologie-forum se toekenning vir Mentorskap en Mensekapasiteitsontwikkeling (in 2014). As programleier gedurende die eerste vyf bestaansjare van die Sentrum vir Boomgesondheidstegnologie (een van Suid-Afrika se eerste sewe sentrums van uitnemendheid, geïdentifiseer deur die Departement van Wetenskap en Tegnologie en die Nasionale Navorsingstigting) het prof Wingfield ’n leidende rol in die ontwikkeling van dié Sentrum gespeel.

Prof Wingfield stel ’n voorbeeld van dít wat vroue in wetenskap kan bereik. Haar navorsingsprogram word wêreldwyd erken en haar nagraadse studente ding suksesvol op ’n wêreldwye vlak mee. Van haar studente het toonaangewende wêreldwetenskaplikes geword. Meer as tien vroue het al die voorreg gehad om haar as PhD-studieleier of -medestudieleier te hê en almal van hulle het uit eie reg suksesvolle wetenskaplikes geword. Heelparty van haar huidige PhD-studente is ook vroue. Daarbenewens tree sy as raadgewer van talle vroulike meestersgraadstudente op en sy is ook deel van die mentorskapspan van talle MSc-studenteprogramme. Prof Wingfield is onteenseglik ’n merkwaardige rolmodel vir die bevordering van wetenskaplike uitnemendheid en plantpatologie, nie net in Afrika nie, maar ook in die res van die wêreld.

Sy is ook een van die stigterslede van die Instituut vir Bosbou- en Landboubiotegnologie (FABI) en speel sedert die totstandkoming van dié Instituut in 1998 ’n daadwerklike rol in die opbou van die reputasie daarvan en die wêreldwye voetspoor.

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

Page 11: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 211

Prof Ferdi Meyer ’n baanbreker op landbougebied

Prof Ferdi Meyer

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

Prof Ferdi Meyer, wat einde 2014 deur die Landbouskrywers van Suid-Afrika as Landboukundige van die Jaar gekies is, word allerweë as ’n baanbreker in die landboubedryf beskou.

Hy het die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) gestig, waarvan hy tans die Direkteur is. Dié beleiddinkskrum, wat nou tien jaar oud is, is ’n eerste vir Suid-Afrika en lewer ’n waardevolle bydrae tot scenariobeplanning en risiko-ontleding in die bedryf.

Onder prof Meyer se leiding het BFAP gegroei tot ’n eenheid wat ontleders en navorsers byeenbring. BFAP publiseer die jaarlikse South African Agricultural Baseline, waarin die vooruitsigte van 44 landboukommoditeite en die gevolglike uitwerking van die vooruitsigte op boerderywinsgewendheid en die bekostigbaarheid van huishoudelike voedsel vir tien jaar vooruit gegee word.

Prof Meyer het ’n doktorsgraad aan die Universiteit van Missouri in Amerika behaal, waar hy ook die eerste markvooruitsig- en scenariobeplanningsmodel vir die Suid-Afrikaanse landbousektor ontwikkel het. In 2009 het hy begin met die uitbreiding van navorsingsbedrywighede en om uit te reik na ander navorsingsinstellings in Afrika en private maatskappye wat in Afrika belê.

As medeprofessor in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe tree prof Meyer as studieleier vir nagraadse studente op en doseer in die ontleding van kommoditeitsmarkte, gedeeltelike ewewigmodellering, beleidsontleding en scenario-nadenke.

Van die onlangse toekennings waarmee sy werk bekroon is, is die Graan SA se Inspirasietoekenning in 2015 vir die rol wat hy gespeel het in BFAP en sy bydrae tot die graanbedryf, die Toekenning as Buitengewone Presteerder van die Universiteit van Pretoria en verskeie toekennings vir die beste bydraende referaat by die jaarlikse Vereniging van Landbou-ekonomie van Suid-Afrika se vergaderings. Hy beskik ook oor ’n Y-gradering van die Nasionale Navorsingstigting as jong navorser.

Prof Meyer het ook in die Nasionale Komitee vir Oesraming gedien wat die ontwikkeling gesteun het van nuwe metodologie om oesramings te ondersoek en is ’n nie-uitvoerende Direkteur van Agrico Machinery en ’n raadslid van die Proteïennavorsingstigting.

Daarbenewens tree hy as ’n konsultant op vir die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie (VLO) en die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO), met spesifieke fokus op Afrika.

Met erkenning aan Rapport

Page 12: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 212

Prof Terry Aveling ontvang toekenning vir bydrae tot SA Saadnywerheid

Prof Terry Aveling

Bob Millar as President van Internasionale Neuro-endokrinologie Federasie aangestel

Prof Bob Millar

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

Prof Terry Aveling, verbonde aan die Departement Plantkunde, het die 2015 SANSOR-Bayer se Wetenskap vir ’n Beter Lewe-toekenning ontvang. Die prys word deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Saad-organisasie en Bayer CropScience toegeken om erkenning te gee aan leierskap, innovering en positiewe bydraes tot die saadnywerheid en landbou.

Sy is ’n saadwetenskaplike en doen navorsing oor swamme wat verband hou met plantsiektes. Prof Aveling is die tweede wetenskaplike verbonde aan die Universiteit van Pretoria (UP) wat hierdie toekenning ontvang het. Dr Wayne Truter, verbonde aan die Departement Plantproduksie en Grondkunde, het verlede jaar hierdie toekenning ontvang.

Prof Terry Aveling is die leier van die UP se Saadwetenskapgroep en is ook verbonde aan die Instituut vir Bosbou- en Landboubiotegnologie. Sy is vir baie jare betrokke by die Internasionale Saadtoetsvereniging (ISTA) en was Ondervoorsitter van die ISTA-saadbergingskomitee (2001 tot 2007), Voorsitter van die Saadgesondheidskomitee gedurende die tydperke 2007 tot 2010 en 2010 tot 2013 en is tans Ondervoorsitter van hierdie komitee (2013 tot 2016). Prof Aveling is in 2013 as Voorsitter van die Komitee vir Saadpatologie van die Internasionale Vereniging van Plantpatologie (ISPP) benoem en beklee steeds hierdie posisie.

Prof Robert (Bob) Millar, Direkteur van die Soogdier Navorsingsinstituut en die Mediese Navorsingsraad (MNR) se Eenheid vir Reseptorbiologie is onlangs as President van die Internasionale Neuro-endokrinologie Federasie (INF) verkies. Hierdie glansryke aanstelling verhoog die sigbaarheid en die profiel van die Universiteit van Pretoria (UP) en die onlangs gestigte Sentrum vir Neuro-endokrinologie by UP.

Hy het gedurende 2013 ’n Nasionale Wetenskap en Tegnologie Forum (NWTF) Lewenslange Presteerder-toekenning ontvang. Hierdie toekenning is vir sy buitengewone bydrae as individu tot Wetenskap, Ingenieurswese, Tegnologie en Uitvindings (WiTU) gedurende sy leeftyd. Prof Millar is ’n Genoot van die Royal Society (Edinburgh), ’n Genoot van die Royal Society of South Africa en ’n Genoot van die Akademie van Wetenskap van Suid-Afrika (ASSAf). Hy het meer as 400 artikels in internasionaal eweknie-geëvalueerde vaktydskrifte (met meer as 15 000 verwysings) gepubliseer en

het ’n H-indeks van meer as 60. Prof Millar is ook ’n NNS A-gegradeerde wetenskaplike.

Die INF is gestig om die ontwikkeling van navorsing en opleiding in basiese en kliniese neuro-endokrinologie te bevorder, om wetenskaplike inligting in hierdie en verwante velde te versprei, om die publisering van inligting wat die bevordering van die veld ten doel het, te reël, om die uitruil van idees tussen wetenskaplikes van alle nasies onderling te bevorder en om jong navorsers na die veld te lok.

Die Federasie organiseer elke vier jaar ’n Internasionale Neuro-endokrinologie Kongres en prof Millar sal as President by die volgende internasionale vergadering in 2018 in Toronto optree. Die Kongres voorsien ’n forum vir die aanbieding en bespreking van onlangse neuro-endokrinologie navorsing van wetenskaplikes van regoor die wêreld.

Die INF bevorder die uitruil van wetenskaplike inligting tussen wetenskaplikes onderling

deur borgskappe van vergaderings, werkswinkels, opleidingskursusse, nuwe neurowetenskappe-tegnologieë en besprekings in samewerking met nasionale neuro-endokrine groepe en verenigings. Ter ondersteuning van die bogenoemde aktiwiteite voorsien die INF reistoelaes aan wetenskaplikes en studente om die bywoning van vergaderings aan te moedig

Die amptelike vaktydskrif van die INF is Frontiers in Neuroendocrinology wat ’n impakfaktor van 7.58 (10.6 vir vyf jaar) het.

Page 13: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 213

Prof John Taylor ontvang internasionale erkenning

Prof John Taylor

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

Prof John Taylor, verbonde aan die Departement Voedselwetenskap, ’n navorsingstemaleier in die Instituut vir Voedsel, Voeding en Welstand, is verkies tot Erepresident van die Internasionale Vereniging vir Graanwetenskap en -tegnologie (International Association for Cereal Science and Technology (ICC)). Hierdie lewenslange presidentskap is aan hom toegeken ter erkenning van die uitmuntende en voortreflike diens wat hy sedert 1986 aan die ICC gelewer het, asook vir sy bydraes op die gebied van internasionale graanwetenskap en -tegnologie.

Onder die hoogtepunte van prof Taylor se betrokkenheid by die ICC was sy voorsitterskap van die wetenskaplike komitee van die ICC se Internasionale Graansimposium wat in 1993 in Pretoria gehou is en wat een van die eerste internasionale konferensies was wat na die beëindiging van apartheid in Suid-Afrika aangebied is. Vanaf 2009 tot 2010 het hy as President van die ICC gedien en vanaf 2011 tot 2012 was hy die Voorsitter van die Vereniging se Bestuurskomitee. Hy was veral aktief betrokke by die reël van vergaderings oor graanproduksie in ontwikkelende lande, byvoorbeeld in Indië in 2012 en in Brasilië in 2015.

Die ICC is ’n internasionale organisasie van kundiges van regoor die wêreld, wat in die verwerking van koring en ander graangewasse, broodbakkery en die vervaardiging van verskillende graangebaseerde voedsel spesialiseer. Hierdie onafhanklike, apolitiese forum spits hom ook toe op die verbetering van voedselgehalte, -veiligheid en -sekuriteit.

Die ICC is aktief betrokke by die bevordering van samewerking op internasionale, nasionale en streeksvlak. As Erepresident is een van prof Taylor se hoofdoelstellings die stigting van ’n verenigde liggaam om toesig te hou oor graanwetenskap en tegnologie . Die American Association of Cereal Chemists International (AACCI) funksioneer onafhanklik van die ICC, maar prof Taylor hoop om dié twee verenigings byeen te bring ten einde aan hulle groter seggenskap te gee in die vorming van wêreld- en regeringsbeleide. Dit sal ’n uitdagende taak wees, maar die voordele wat so ’n samesmelting kan inhou, kan nie onderskat word nie.

Hy is terdeë bewus is van die bydraes wat deur wetenskaplikes uit ontwikkelende lande gemaak kan word en is daarom ook vasberade om meer wetenskaplikes van regoor die wêreld te oorreed om by die ICC aan te sluit. Deur wetenskaplikes bymekaar te bring om saam te werk aan temas wat almal raak, sal dit moontlik wees om ’n duideliker en beter begrip van omstrede kwessies te ontwikkel.

In ’n wêreld waar voedselsekuriteit deur die voortdurend groeiende menslike bevolking bedreig word, moet die belangrikheid van graanverbouing dringend aandag geniet. Faktore soos die grootskaalse toename in verstedeliking en die veranderings in gemeenskappe se dieetvoorkeure plaas groot druk op voedselprodusente en op die beskikbaarheid van voedsel. Namate ontwikkelende lande verder ontwikkel, neem die vraag na spesifieke voedselsoorte toe. Mense eet kos wat die beskikbaarheid van meer grond vereis; sewe kilogram graan moet byvoorbeeld geproduseer word vir elke kilogram beesvleis wat geëet word. Suid-Afrika het vroeër voedsel uitgevoer, maar tans moet ons tot 40% van die graan wat benodig word invoer, wat in ’n mate toegeskryf kan word aan die groot paradigmaskuiwe in die hedendaagse landboubedrywe. Nog ’n rede tot kommer is dat grond wat tradisioneel vir landboudoeleindes gebruik is, tans vir mynbou gebruik word. Prof Taylor beklemtoon die feit dat die wêreld in werklikheid elke jaar minstens twee persent meer voedsel as in die vorige jaar moet produseer ten einde tred te hou met die toenemende bevolkingsgetalle en stygende lewenstandaarde. Op die lange duur sal dit nie volhoubaar wees nie.

Meer moet gedoen word, maar die werklikheid is dat Suid-Afrika tans minder jong voedselwetenskaplikes oplei as in die verlede. Tersiêre instansies moet hulle daarop toespits om meer te doen as bloot kennis genereer. ‘As akademici nie hul kennis toepas nie, het dit nie veel waarde nie,’ sê prof Taylor.

Oor een ding bestaan daar egter geen twyfel nie, en dit is dat graanwetenskap en -tegnologie ’n belangrike rol in die toekoms van voedelsekuriteit sal speel. Prof Taylor hoop dat die ICC en die AACCI saam ’n sterk en verenigende mag sal vorm en dat hulle, deur voedselwetenskaplikes van regoor die wêreld byeen te bring om sommige van die bedreigende uitdagings wat die wêreld in die gesig staar, aan te pak, daarin sal slaag om van die belangrike leemtes wat tans in voedselsekuriteit bestaan, te hanteer.

Page 14: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 214

Wiskundige deur Suid-Afrikaanse Wiskunde-gemeenskap vereer

Prof James Raftery

Grondfisikus ontvang toekenning vir uitnemendheid

Prof Keith Bristow

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

Prof Keith Bristow, ’n buitengewone professor verbonde aan die Departement Plantproduksie en Grondkunde het ’n Vadose Zone Journal (VZJ)-toekenning vir uitnemendheid ontvang as ’n Uitmuntende Mederedakteur van hierdie vaktydskrif. Die VZJ is ’n hoogaangeskrewe ISI-vaktydskrif op die gebied van Grondkunde.

Prof Bristow en drie ander het hierdie toekenning van die Redaksionele Raad van die VZJ ontvang vir uitnemendheid in die uitvoering van hul werk as mederedakteurs.

Hierdie erkenning is gebaseer op hul pogings om ’n hersieningsproses van hoë gehalte daar te stel – deur die manuskrip betyds en op ’n professionele wyse te redigeer, deur die regverdige en nougesette integrasie van die resensente se kommentare, en deur die algehele uitnemende wyse waarop hulle die professionele hersieningsproses bestuur het. Lede van die Redaksionele Raad van die VZJ het hulle diepste waardering uitgespreek, die teenoor hierdie mederedakteurs omdat hierdie vaktydskrif, die gemeenskap en die wetenskap baat gevind het by hul uitmuntende werk.

Hy is ’n grondfisikus/hidroloog met langer as 30 jaar ondervinding in wetenskaplike navorsing. Hy was ook betrokke by verskeie projekte wat die volgende insluit: die beplanning en leiding van strategiese en taktiese navorsingsaktiwiteite regoor Australië, in die besonder in die noordelike tropiese Australië; die bou van vennoot-skappe met gemeenskappe, nywerhede en staats-agentskappe; die leiding van belangrike nasionale navorsingsprojekte; en

die uitvoering van navorsing oor grondfisika, grondwaterhidrologie, besproeiingstelsels en geïntegreerde waterbestuur op nasionale en internasionale vlak.

Prof Bristow is tans die leier van die Statebond se Wetenskaplike en Industriële Navorsingsorganisasie (AWINO) (Common-wealth Scientific and Industrial Research Organisation (CSIRO) se ‘Polimere in Landbou’-projek. Hierdie projek behels die ontwikkeling van unieke sproeibare bioafbreekbare polimeer-membrane om die verdamping van water uit grond te verminder en om landbouwaterproduktiwiteit te verbeter.

Hy dien as ’n Navorsingswetenskaplike by die (AWINO) Landbouvlagskip ((CSIRO)) Agriculture Flagship) in Townsville, Australië. Hy is ’n Navorsingsgenoot van die Vereniging vir Grondwetenskap van Amerika en ook ’n Navorsingsgenoot van die Amerikaanse Vereniging vir Agronomie. Prof Bristow het ook in 2009 die Don en Betty Kirkham-toekenning vir Grondkunde van die Amerikaanse Vereniging vir Grondkunde ontvang.

Prof James Raftery, ’n Professor in die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde het die SAWV-toekenning vir Navorsingsonderskeiding ontvang tydens die 57ste Jaarlikse Konferensie van die Suid-Afrikaanse Wiskundevereniging (SAWV). Hierdie Toekenning is die hoogste verering wat die Suid-Afrikaanse Wiskundegemeenskap kan skenk ter erkenning van en stimulering van uitnemendheid in navorsing. Dit is die eerste keer in 1983 toegeken, en daarna gemiddeld een keer elke twee jaar.

Hierdie toekenning word slegs aangebied ter erkenning van belangrike navorsingsbydraes tot Wiskunde of die toepassing van Wiskunde op enige gebied. Die bedoeling van die Vereniging is dat hierdie toekenning deurlopende navorsing wat in Suid-Afrika gedoen word en wat krediet verleen aan Wiskunde in Suid-Afrika, moet erken en beloon. Hierdie toekenning neem die vorm aan van ’n silwer Möbius-band met ’n goue rand en toepaslike inskripsie. ’n Persoon mag slegs een keer hierdie toekenning ontvang.

Prof Raftery het sy PhD in Wiskunde in 1988 aan die Universiteit van Natal voltooi en was ook ’n Professor aan dieselfde Universiteit totdat hy in Julie 2013 by die Universiteit van Pretoria aangesluit het. Hy is tans in die B1-kategorie van die Nasionale Navorsingstigting gegradeer. Sy hoofnavorsingsbelangstellings is Logika, Algebraïese Logika, Algebra en Universele Algebra.

Page 15: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 215

Prof Johann Kirsten as redakteur van Agrekon aangestel

Prof Johann Kirsten

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

Prof Johann Kirsten, Hoof van die Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling is onlangs aangestel as die Redakteur van Agrekon, wat deur Taylor and Francis gepubliseer word en deur Scopus en Web of Science geïndekseer word. Hy volg prof André Jooste waarop sedert 2010 die redakteur van Agrekon was.

Agrekon is ’n kwartaallikse publikasie van die Landbou-ekonomiese Vereniging van Suid-Afrika (LEVSA) (Agricultural Economics Association of South Africa (AEASA)). Prof Johann Kirsten was sedert 1985 lid van LEVSA en het voorheen in verskeie ampte van die Vereniging gedien: Sekretaris vanaf 1992 tot 1994, Redaksionele assistent vir Agrekon vanaf 1998 tot 1999, President vanaf 2001 tot 2002; en Voormalige President in 2003 en 2004.

Hy is sedert 1997 Professor en Hoof van die Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling by die Universiteit van Pretoria. Hy het ook as skrywer en medeskrywer meer as 110 artikels in eweknie-geëvalueerde vaktydskrifte gepubliseer en was ook die mederedakteur van ses boeke. ’n Totaal van 68 meestergraadstudente en 22 PhD-studente het onder sy leiding hul studies voltooi. Hy het as ’n Raadslid van die Nasionale Landboubemarkingsraad in Suid-Afrika (National Agricultural Marketing Council in South Africa) gedien vanaf 2001 tot 2011 en is ook deur die Minister van Landbou aangestel as Voorsitter van Voedselpryskomitee vir die periode 2003/4.

Prof Kirsten het ook as die Visepresident van die Internasionale Vereniging van Landbou-ekonome (International Association of Agricultural Economists) aangestel vanaf 2006 tot 2009. Sy hoofnavorsingsbelangstellings is landboubeleid, grondhervorming en die ekonomie van plaaslike voedsel.

Die doel van Agrekon is om navorsing en besprekings betreffende landbou-ekonomiese kwessies wat verband hou met suidelike Afrika, te bevorder. Dit sluit dissiplinêre (verwant aan een spesifieke vakgebied), multidissiplinêre en probleem-geöriënteerde werk in. Prof Kirsten sê dat hy daarna uitsien om die uitdaging aan te pak om die status en van hierdie tydskrif te verbeter en om te verseker dat die inhoud verband hou met die kern-uitdagings in die voedsel-ekonomie, landbou, agribesigheid en natuurlike hulpbronne in die suider Afrikastreek.

Page 16: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 216

Dr Ikenna Mbakwe wen met “Die Verkleurmannetjie”

Dr Ikenna Mbakwe

Die Verkleurmannetjie is ’n nuwe en eenvoudige stukkie gereedskap wat boere help om te weet hoeveel water in die grond op hul plase teenwoordig is, sodat hulle plantwaterstres, of oormatige besproeing kan vermy. Dit vertoon verskillende kleure, afhangend van die grondwaterinhoud (blou = nat; groen = besig om uit te droog; rooi = droog).

Altech Jong Wetenskaplike-erkenning vir Marthie Nickols

Marthie Nickols

Dr Ikenna Mbakwe, ’n postdoktorale studiegenoot, verbonde aan die Departement Plantproduksie en Grondkunde het onlangs die eerste prys gewen in die Ope-kategorie in die 2015 Suid-Afrikaanse Agentskap vir Wetenskap en Tegnologiebevordering (SAAWTB)/Nasionale Navorsingstigting (NNS) (South African Agency for Science and Technology Advancement (SAASTA)/National Research Foundation (NRF)) se Jong Wetenskapkapkommunikeerders-kompetisie gewen met sy gedig getiteld “What the Chameleon Said”.

Dr Mbakwe werk saam met prof John Annandale en prof Richard Stirzaker, verbonde aan dieselfde Departement. Hulle het onlangs ’n eenvoudige stuk gereedskap ontwikkel om boere met beperkte hulpbronne te help om te weet hoeveel water in die grond op hul plase

voorkom, sodat hulle kan weet wanneer om te besproei Hulle het hierdie stukkie gereedskap “Die Verkleurmannetjie” genoem omdat dit van kleur verander opgrond van die hoeveelheid water wat in die grond voorkom.

In die SAAWTB/NNS nasionale kompetisie kon jong wetenskaplikes en navorsers tussendie ouderdom van 18 en 35 jaar hul wêreld op ’n opwindende manier aan ’n groter gehoor buite die wetenskap-gemeenskap oordra.

Marthie Nickols, ’n MSc (Produksiefisiologie)-student in die Departement Vee- en Wildkunde is onlangs met ’n medalje en eervolle vermelding in die Altech Jong Wetenskaplike-kompetisie in die Afrika-streek bekroon.

Die Altech Jong Wetenskaplike-toekennings het ten doel om die wêreld se slimste wetenskaplike denkers van kolleges en universiteite van regoor die wêreld byeen te bring.

Marthie het die erkenning gekry vir haar artikel getiteld Effects of feeding methods and exercise on the physiological status of captive cheetah (Acinonyx jubatus) in die nagraadse afdeling van die kompetisie.

Haar belangstelling in diere soos leeus en jagluiperds kom reeds ’n lang pad. Aan die einde van haar derde jaar BSc (Agric) Veekunde het Marthie vir ʼn paar weke op ʼn plaas naby Bloemfontein gaan werk. Sy wou haar navorsingseminaar doen oor die voedingsbehoeftes van leeus. Tot haar spyt is daar maar min navorsing gedoen oor leeus se voedingsbehoeftes. Prof Eddie Webb, Hoof van die Departement Vee- en Wildkunde, het voorgestel dat sy navorsing oor ʼn soortgelyke kwessie by jagluiperds doen. Marthie se voorgraadse artikel het oor die voedingstoftekorte, siektes en gebreke as gevolg van voedingstoftekorte en die invloed van daarvan op jagluiperds in aanhouding gehandel. Die projek aan die einde van haar vierdejaar is ingeskryf vir die voorgraadse

afdeling van die Altech Jong Wetenskaplike-kompetisie in 2013. Met dié artikel getiteld Nutritional Management and Feeding of Cheetah (Acinonyx jubatus) in Captivity het sy ʼn tweede plek in Suid-Afrika behaal.

Marthie hoop om ʼn positiewe verskil te maak in die lewens en die bestuur van jagluiperds in aanhouding. “Ons kan saamwerk om die bedreigde spesies te beskerm, te bewaar en te laat floreer,” beklemtoon sy ten slotte.

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

Page 17: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 217

Dr Forbes in SPIE Vroue in Optika-beplanner

Dr Patricia Forbes

3 217

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

Dr Patricia Forbes, verbonde aan die Departement Chemie, is te sien in die jongste Internasionale Vereniging vir Optika en Fotonika (International Society for Optics and Photonics (SPIE) se Vroue in Optika 18 maande-beplanner vir 2015-2016, waarin wenke en insigte gebaseer op die ondervinding van 27 suksesvolle vroue wat as navorsers, bestuurders, bemarkers en wetenskaplikes werk.

Kommentaar in die jaarbeplanner, wat deur die Internasionale Vereniging vir Optika en Fotonika (International Society for Optics and Photonics), verskaf insig vir diegene wat op die vakgebied werksaam is en inspirasie vir studente wat loopbane in optika en fotonika oorweeg. Meer inligting kan op die webtuiste http://spie.org/x111964.xml bekom word.

In die jaarbeplanner deel vroue in Wetenskap, Tegnologie, Ingenieurswese en Wiskunde (Science, Technology, Engineering, and Mathematics) (STEM))-beroepe wat wissel van universiteitsprofessor en laboratoriumnavorser tot entrepreneur hul stories van inspirasie en bespreek die uitdagings en belonings van loopbane in vakgebiede wat nie dikwels deur vroue beoefen word nie. Die beplanner is kosteloos verkrygbaar vanaf die uitgewer, SPIE, die Internasionale Vereniging vir Optika en Fotonika.

In die kalender word dr Forbes soos volg aangehaal: ‘In elke stadium van my loopbaan het ek voor verskillende uitdagings te staan gekom, waarvan die grootste dalk was om my PhD te voltooi terwyl ek voltyds gewerk het! Toe ek nog op skool was en aansoek gedoen het vir beurse om aan ’n universiteit te studeer, het ek nie besef watter impak chemie, wat deur die borgmaatskappy wat deur die borgmaatskappy verteenwoordig word (soos byvoorbeeld die fokus op organiese of anorganiese chemie) op my vroeëre loopbaan sou hê nie. Advies betreffende hierdie aspek sou baie nuttig gewees het. Indien jy ’n passie vir wetenskap het, beveel ek aan dat jy die uitdaging aanvaar en net jou beste gee. Daar bestaan baie opwindende geleenthede vir persoonlike groei en om ’n bydrae te lewer tot die samelewing, wat ’n loopbaan in wetenskap die moeite werd maak. Gaan daarvoor!’

SPIE Vroue in Optika bevorder persoonlike en professionele groei vir vroue deur gemeenskapsbou, geleenthede om te netwerk, en die aanmoediging vir jong vroue om loopbane in optika en fotonika te kies.

Vanaf 2005 het SPIE die Vroue in Optika-beplanner, wat vroue op die gebied van wetenskap en ingenieurswese in die kalklig plaas, gepubliseer. Hierdie beplanner sluit foto’s en interessante feite in oor vroue wat ’n verskil maak deur hul werk en ander bydraes tot die gebied van wetenskap, optika en ingenieurswese. Vyf duisend (5 000) kopieë van die beplanner word gratis gedruk en in meer as 25 lande wêreldwyd versprei.

Page 18: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 218

Genetika-personeellid in Top 10 van FameLab SA

Mnr Kishen Mahesh

Mnr Kishen Mahesh (tweede van links)

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

Kishen Mahesh, verbonde aan die Departement Genetika, het met trots die Top 10 van die 2015 FameLab Suid-Afrika Wetenskapkommunikasie-kompetisie gehaal.

FameLab SA is deel van die inter-nasionale FameLab-kompetisie – ’n “pop idols vir weten-skaplikes” wat wetenskapkommunikasie-talent uitsoek en koester. Interaksie tussen wetenskaplikes en die gemeenskap is noodsaaklik om ’n krities-ingeligte gemeenskap te bevorder en te verseker dat wetenskap relevant en sensitief is vir die behoeftes van die gemeenskap.

Hierdie kompetisie is ontwerp om die gemeenskap te vermaak en betrokke te maak deur wetenskap-, tegnologie- en ingenieurswese-terminologie te verdeel in drieminuut-lange aanbiedings. Deelnemers van regoor die wêreld ding mee, gewapen met slegs hul flink verstand en ’n paar visuele hulpmiddels wat hulle self op die verhoog kan dra. Die eindresultaat is ’n onvoorspelbare, leersame en opwindende manier om die gehoor se nuuskierigheid te prikkel en om die jongste navorsing te ontdek.

Die streekskompetisie is vroeg in Maart by Unisa aangebied. Deelnemers van regoor Gauteng het hul praatjies aangebied wat op verskeie vakgebiede in die wetenskap gebaseer is. Mnr Kishen Mahesh was een van die deelnemers en het saam met vier ander Gauteng-deelnemers na die streeksuitdunne deurgedring. Daarna het hulle na Grahamstad gereis waar die nasionale semi-finale en finale uitdunne by Scifest plaasgevind het.

Meestersklasopleiding deur die VK-gebaseerde wetenskap-aanbieder, dr Emily Grossman en Robert Inglis van Jive Media Africa het hulle gehelp om hul boodskappe te slyp en hul voor te berei vir interaksie met die media. Die opleiding is deur die Britse Raad ondersteun wat die versterking van bande tussen wetenskap in Suid-Afrika en wetenskap in die VK aanmoedig.

Kishen Mahesh sê dat FameLab aan deelnemers die geleentheid bied om die wonderlike werk wat op alle gebiede van die wetenskap gedoen word, te vertoon. Dit bied aan hulle ’n platform bied om aan die publiek te wys dat dit wat algemeen beskou word as ‘te swaar’ of ‘te moeilik’ nie werklik die geval is nie. Terselfdertyd toets die kompetisie

die manier waarop navorsers, wetenskaplikes en akademici hul wetenskap met ander persone kommunikeer. Hy sê dat wetenskaplikes soms so verlore raak in spoggerige vaktaal wat verband hou met die spesifieke werk wat hulle verrig dat hulle vergeet dat indien dit nie goed verduidelik word nie, hulle verlore kan raak in die vertaling van vaktaal.

Page 19: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 219

Intreerede van Hoof van Versekering en Aktuariële Wetenskap

Van links: Prof Anton Ströh (Viserektor: Institusionele Beplanning), me Marli Venter en prof Brenda Wingfield (Adjunkdekaan: Navorsing en Nagraadse Studies, Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe).

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

Aktuariële onderrig en die Universiteit van Pretoria se bydrae, was die titel van me Marli Venter se intreerede vroeër vanjaar. As ’n gesoute en ervare aktuaris wat ook oor ’n uitstekende akademiese rekord beskik, is me Venter met ingang van Januarie 2014 as die nuwe Hoof van die Departement Versekering en Aktuariële Wetenskap in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aangestel.

Volgens me Venter is dit wel bekend dat daar ’n aansienlike tekort aan analitiese vaardighede in Suid-Afrika is. “In die veranderende tye waarin ons werk en leef moet ons voortdurend die aktuariële hulpmiddele en die wyse waarop ons dit onderrig, evalueer. Die wyse waarop ons kennis beskou verander ook en terselfdertyd die vaardighede wat ons benodig om studente en aktuarisse te onderrig,” het me Venter gesê.

Sy het ook gesê dat sy in haar aanbieding aktuariële onderrig en die rol wat ons as die Universiteit van Pretoria speel, in ag neem. Sy het beklemtoon dat haar toespraak nie oor die aktuariële professie as sodanig handel nie, maar dat sy dit wel sal aanroer en daarna sal verwys. Sy het beklemtoon dat haar toespraak hoofsaaklik sal handel oor die aktuariële program by die Universiteit van Pretoria. Me Venter het ook die ontwikkeling van die aktuariële program, sommige van sy prestasies en haar visie vir die Departement bespreek.

Me Venter het haar BSc-graad en ook ’n honneursgraad in Wiskundige Statistiek aan die voormalige Randse Afrikaanse Universiteit verwerf. Daarna het sy ’n BCom (Honneurs) in Aktuariële Wetenskappe aan die Universiteit van Kaapstad verwerf. Sy het haar akademiese kwalifikasies uitgebrei terwyl sy in die aktuariële dienstesektor werksaam was en het haar MBA-graad aan die Universiteit van die Witwatersrand, en ’n Nagraadse Sertifikaat in Hoër Onderwys aan die Universiteit van Pretoria verwerf.

In 1990 het me Venter by Metropolitan Lewens in Kaapstad begin werk en deeltyds met haar aktuariële studies voortgegaan. In 1994 het sy as ’n aktuaris gekwalifiseer. Daarna het sy ses maande lank met ’n rugsak deur Europa getoer, waarna sy na Johannesburg teruggekeer het en by Sage Lewens begin werk het. In 2005 het sy as die Besturende Direkteur: Werknemervoordele bedank en begin klas gee, eers by die Universiteit van die Witwatersrand en later by die Universiteit van Pretoria. Gedurende hierdie tyd het sy as konsultant vir Absa gewerk en in 2009 as voltydse personeellid by Absa aangesluit.

Sy is tans ’n lid van die Opvoedkunde Raad van die Aktuariële Vereniging van Suid- Afrika, ’n lid van die Aktuariële Komitee van MMI en ’n trustee van die UP se pensioen- en voorsieningsfonds.

Page 20: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 220

Artikel oor graanproduksie deur SA Graan erken

Divan van der WesthuizenLindsay Trapnell

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

Divan van der Westhuizen en Lindsay Trapnell, albei Boerdery-

stelselsanalitici verbonde aan die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid

in die Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike

Ontwikkeling is onlangs deur Graan SA geluk gewens vir die beste

item van die maand, wat in die Februarie-uitgawe van hul vaktydskrif

gepubliseer is.

Die artikel is geëvalueer aan die hand van die kriteria van leesbaarheid,

korrektheid, verdienstelikheid, navorsing en die impak wat die artikel

op landbou sal hê. Aan die einde van die jaar sal hierdie artikel saam

met die ander 11 beste artikels geëvalueer word om te bepaal wat

die beste artikel van die jaar was.

Die titel van die artikel was ‘How do we compare with down under?

Measuring and comparing the competitiveness of the South African

wheat industry with Australia’.

Dit is geskryf in reaksie op die kommer oor die aanhoudende afname

in graanproduksie-areas in Suid-Afrika. Gedurende die afgelope 32

jaar het die graanproduksiegebied in Suid-Afrika vanaf twee miljoen

tot ’n halfmiljoen hektaar afgeneem.

Die afname was die gevolg van die effekte van klimaatsverwarming in die Vrystaat, met die gevolg dat graanproduksie te riskant geword. In plaas van graan het boere oorgeskakel na sojaboon- en oliesadeproduksie.

Die hoof-gevolgtrekkings van die artikel is dat Suid-Afrikaanse boere hoër opbrengste per hektaar en hoër pryse per ton geniet, met ongeveer soortgelyke koste per hektaar in vergelyking met Australiese boere, wat aan hulle hoër bruto winste per hektaar bied as boere in Australië.

Australiese boere het egter ’n baie groot vergelykende voordeel bo Suid-Afrikaanse boere gehad, afgelei uit die ekonomieë van skaal. Elke Australiese boer, het gemiddeld dubbel die hoeveelheid graan op ’n groter aantal hektaar, as die Suid-Afrikaanse boer geproduseer. Hulle graanproduksestelsels was meer winsgewend as die van Suid-Afrikaanse graanproduseerders omdat die Australiese boere in staat was om die oorhoofse koste oor ’n groter uitsettonnemaat te versprei. Terwyl area van graanproduksie in Suid-Afrika afgeneem het, het Australië area onder graanproduksie vanaf 9,2 miljoen hektaar in 1990 tot 13,8 miljoen hektaar in 2014 toegeneem.

Page 21: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 221

UP-studente verwerf top-huldeblyke in Madagaskar

Van links: Dr Mark Keith, me Lushka Labuschagne, dr Steve Goodman (Departement Soölogie, Die “Field Museum of Natural History: Chicago, VSA), prof Wanda Markotter en mnr Stewart McCulloch.

Vooraanstaande wetenskaplike van Kanada deur UP vereer

Prof Howard Alper

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

Uit meer as sewentig mondelinge en twintig plakkaatvoorleggings wat handel oor die erns van habitatverlies en fragmentering, indringerspesies en ontluikende soönotiese siektes, het twee studente van die Universiteit van Pretoria, me Lushka Labuschagne en mnr Stewart McCulloch, na vore getree as die beste in hulle kategorieë. Hulle het toekennings van die organiseringskomitee van die Afrika Klein Soogdiersimposium (AKSS) ontvang.

Vroeg in April hierdie jaar het meer as 100 van die top wetenskaplikes van regoor die hele wêreld toegesak op die eilandparadys van biologiese spesialisasie – Madagaskar. Hierdie samekoms van wetenskaplike uitnemendheid het sommige van die leidende denkers in die multidissiplinêre velde van Soönotiese siektes, Dierkunde en Ekologie byeengebring vir die 12de vergadering van die AKSS.

Ms Lushka Labuschagne, ’n MSc student onder die toesig van dr Mark Keith in die Sentrum vir Natuurlewebestuur het die plakkaat afdeling gewen en het ook die harte van die groot skare gewen met haar onderwerp, ‘Occupancy models and nest monitoring to quantify the Barn Owl (Tyto alba) presence and diet in an agricultural matrix’. Hierdie werk het nie slegs aangedui dat die reproduktiwiteit van die uilgemeenskap in die landboustreke suksesvol was nie, maar ook dat hierdie populasies ’n belangrike rol speel in die bio-beheer van knaagdierplaagspesies. Mnr Stewart McCulloch, ’n PhD-kandidaat in die Departement Mikrobiologie en Plantpatologie het onder die leiding van prof Wanda Markotter top-huldeblyke voor die neuse van Tsjeggiese en Duitse studentevoorleggings weggeraap met sy kruisdissiplinêre voorlegging getiteld ‘The Seasonal variation in Lagos bat virus neutralizing antibody levels present within a population of Rousettus aegyptiacus fruit bats in the Limpopo Province of South Africa’. Hierdie voorlegging het die ekologiese en omgewingsfaktore benadruk wat die voorkoms van soönotiese siektes in Suid-Afrikaanse vlermuispopulasies beïnvloed.

Hierdie konferensie wat internasionaal bygewoon is, het die wêreldklas navorsing ten toon gestel wat in die Fakulteit Natuur en Landbouwetenskappe beoefen word.

Prof Howard Alper is tans die Voorsitter van die Kanadese Regering se Wetenskap-, Tegnologie- en Innovasieraad (STIC) en ’n Professor aan die Universiteit van Ottawa. Die Universiteit van Pretoria het aan hom ’n eredoktorsgraad in wetenskap toegeken ter erkenning van sy omvangryke navorsing oor organiese en anorganiese chemie, onder meer betreffende die moontlike toepassings daarvan in die farmaseutiese, petrochemiese en kommoditeitchemiese bedrywe.

Deur van homogene, fase-oordrag- en heterogene katalise (byvoorbeeld, klei en dendrimere) gebruik te maak, het hy nuwe reaksies ontdek. Hy het daarin geslaag om waardevolle produkte in farmakologies aktiewe vorm voor te berei deur chirale ligande in metaal gekataliseerde sikloaddisie- en karbonilasie-reaksies te gebruik. Hy het 544 artikels

gepubliseer, is die eienaar van 37 patente en is die redakteur van verskeie boeke.

Prof Alper is die ontvanger van ’n hele aantal gesogte navorsingsbeurse en het ook al vele toekennings vir sy werk ontvang.

STIC, waarvan prof Alper sedert 2007 die Voorsitter is, is ’n raad wat Kanada se kabinet en Eerste Minister oor wetenskaplike, tegnologiese en innovasie-aangeleenthede adviseer. Daarbenewens reik dié raad ook tweejaarliks ’n staatsverslag uit wat ’n normbepaling van Kanada se globale prestasie bevat. Die Kanadese Regering het prof Alper in Desember 2012 vir ’n derde termyn as STIC se Voorsitter heraangestel.

Prof Alper het in sy ontvangserkenning van die eregraad deur die Universiteit van Pretoria gesê dat hy baie ingenome om hierdie erkenning te ontvang, gegewe die reputasie van hierdie Universiteit as een van Suid-Afrika se voorste opvoedkundige en navorsingsinstellings.

Hy het tydens die gradeplegtigheidseremonie die graduandi in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aangemoedig en gesê dat daar op die graduandi staat gemaak word om hoop in werklikheid om te skakel wat betref die gehalte van skoolonderwys en -opleiding, asook om aandag te gee aan wêrelduitdagings soos Vigs en die vermindering van armoede

Page 22: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 222

Jong wetenskaplikes word aangemoedig om die onmoontlike te doen

Liezl Ferreira en prof Jean Lubuma (Dekaan van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe).

Prof Roumen Anguelov (Hoof van die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde) en Sanli van den Brink.

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

“Jy kan die onmoontlike vermag. Jare gelede het dit onmoontlik gelyk vir mense om te kan vlieg – vandag reis ons regoor die wêreld per vliegtuig. As wetenskaplikes droom ons elke dag oor die onmoontlike. Ons as mense is gebore om die onmoontlike te doen.” Hierdie was die inspirerende woorde van prof Lyn-Marie Birkholtz tydens die Jaarlikse Funksie vir Toppresteerders wat gedurende Mei vir die studente van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aangebied is.

Prof Birkholtz, ’n Medeprofessor in die Departement Biochemie, wat die SARChl Leerstoel in Volhoubare Malariabeheer beklee, was die gasspreker by hierdie glansryke funksie. Sy staan ook aan die hoof van die Malariaparasiet Molekulêre Laboratorium en is ’n leier op die gebied van die ontdekking van antimalariateikens vir volhoubare malariabeheer.

Sy het die studente met haar entoesiasme aangemoedig en hulle daaraan herinner dat hulle enigiets kan doen wat hulle hulself ten doel stel. “Bly nuuskierig, passievol en weier om moed op te gee. Hou aan om grense te verskuif en julle sal die onmoontlike bereik.” Prof Birkholtz het ook van haar persoonlike suksesse en deurbrake tydens haar loopbaan tot op hede met die studente gedeel, met spesifieke verwysing na haar navorsing wat gefokus is op die opspoor van die Acilleshiel van die malariaparasiet.

Liezl Ferreira het die toekenning ontvang as die nommer-een student op die Dekaan se Merietelys, met ’n gemiddeld van 93%, en het ook die meeste toekennings tydens hierdie geleentheid opgeraap. Sy het vier toekennings ontvang wat almal deur FNB geskenk is. Die toekennings was vir die beste student in Finansiële Wiskunde, die beste tweedejaarstudent in die BSc (Aktuariële Wetenskap)-graadprogram, die beste student in Aktuariële Wiskunde, asook die beste student in Wiskundige Statistiek.

Sanli van den Brink is vereer as die ontvanger van die Visekanselier- en Rektorsmedalje vir haar uitmuntende voorgraadse akademiese prestasie as die beste student in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe,

met ’n gemiddelde prestasie van meer as 90 % tydens haar drie jaar van studie. Sy het ook tydens hierdie seremonie die Dewald Hattingh-boekprys as die beste derdejaarstudent in Wiskunde ontvang.

Die Dekaan se Merietelys vir 2014 is ook aangekondig (die lys sluit studente in met ’n gemiddeld van meer as 75%) en tydens die geleentheid is daar ook erkenning verleen aan die Top 30 voorgraadse studente op sy lys (met gemiddeld van 85% en meer). Die Dekaan het ook al die kandidate wat hul doktorsgrade tydens die onlangse Herfsgradeplegtigheid ontvang het, tydens hierdie seremonie vermeld en aangekondig dat hulle ook by die Dekaan se Merietelys ingesluit sal word.

Tydens hierdie glansryke geleentheid is meer as 60 pryse en trofeë aan die toppresteerders in die Fakulteit toegeken. Die Fakulteit is trots op sulke uitstaande akademiese presteerders en is ook baie dankbaar teenoor die borge van die pryse en trofeë.

Page 23: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 223

Nav

orsi

ng

Florerende lewe onder grondoppervlak Damaraland molrotte

3 223

Min van ons dink in die loop van ʼn dag aan die verskillende vorme van lewe wat onder grondoppervlak bestaan en nog minder van ons het enige idee dat daar kleikastele en florerende lewe in die grond onder ons is. Endemies aan Afrika se grond is die boeiende klein soogdier bekend as die molrot. Hy lewe ondergronds waar hy tonnels van meer as ʼn kilometer lank uitgrawe. In hierdie kleikastele is daar areas wat afgesonder is as slaapkamers, ander as spense om voedsel te berg en nog ander wat uitsluitlik as toilette gebruik word.

Die bekleër van die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel in Soogdiergedragsekologie en fisiologie, prof Nigel Bennett, het die grootste deel van sy loopbaan aan die bestudering van molrotte gewy. Hy fokus veral daarop om ʼn beter begrip te bekom van die maniere en meganismes waarop reproduksieonderdrukking in nie-reproduktiewe vroulike lede van verskeie spesies plaasvind.

Molrotte is boeiende diertjies – hul sosialiteit, diversiteit in liggaamstruktuur en hul vermoë om plantlewe bogronds te vermeerder in gebiede waar hulle ondergronds bly, is net ʼn paar van die eienskappe wat wetenskaplikes se aandag vasvang. Nuwe spesies word steeds ontdek en toegevoeg by die 32 wat reeds geïdentifiseer is, met die mees onlangs ontdekte spesie in Tanzanië. Die verskille tussen die spesies strek veel wyer as net hul grootte hoewel die kleinste volwasse spesie, die naakte molrot, skaars 20 gram weeg en die grootste, die Kaapse duinmolrot, meer as twee kilogram weeg.

Sommige molrotspesies is alleenlewend en sommiges sosiaal, maar hulle almal se voedsel kom van geofiete, die ondergrondse berg-organe van plante. Alleenlewende spesies kom kenmerkend voor in mesiese of vogtiger gebiede, terwyl die sosiale spesies by droë omgewings, bekend as xeriese gebiede, aangepas het. Die wonders van die natuur blyk uit hierdie voorkeurhabitats. In die mesiese gebiede is voedsel eweredig versprei met die gevolg dat die alleenlewende molrot nie ver hoef te grawe om by kos uit te kom nie. In droë gebiede moet die kolonie se werkers egter lang tonnels grawe om die voedselbron te bereik. Daar is ook net kort tydjies wanneer hulle dit kan doen, naamlik na ʼn periode van goeie

Page 24: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

Navorsing

Prof Nigel Bennett

3 2 3 224

reënval, wat sporadies en onvoorspelbaar is. Hoewel hul voortande deurentyd groei, kan die uitgrawing van tonnels met hul voortande tog die tande afslyt, maar met tot 30 werkers in ʼn kolonie kan voedsel gouer bereik word en tandslytasie dus beperk word. Voedsel word deur al die lede van die kolonie gedeel en die oorskiet in ʼn fyn geprakseerde spens gebêre.

Die spesifieke rolle van diertjies binne sosiale kolonies maak die molrot nog interessanter. In elke kolonie is daar duidelik onderskeibare werkafbakening gebaseer op reproduktiewe vermoë. Dit is nie duidelik hoekom sommige lede van ʼn kolonie in staat is om voort te plant en ander nie, maar vir prof Bennett is dit besonder interessant om te probeer naspeur hoe die koningin van ʼn kolonie dit regkry om reproduksie by nie-voortplantende werkers te onderdruk. Deur die bestudering van hormoonvlakke by die verskillende diere probeer hy die waar en die hoe van reproduksieonderdrukking ontrafel. Tans ondersoek hy die onderskeie hormoonkonsentrasies wat deur ver-skillende areas in die brein afgeskei word om ʼn moontlike verduideliking te vind vir die manier waarop die koningin reproduksie in sommige lede strem.

Die kompleksiteit van hierdie soogdiere word verhoog deur die groot verskille nie net tussen alleenlewende en sosiale spesies nie, maar ook tussen die onderskeie sosiale spesies. By die naakte molrot, wat in dele van Oos-Afrika woon, kom fisiologiese onderdrukking by nie-reproduktiewe manlike én vroulike diere voor. By die Damaraland molrot, wat in groot dele van suidelike Afrika voorkom, word ʼn heel ander patroon egter waargeneem: slegs nie-voortplantende vroulike diere toon fisiologiese onderdrukking. Die nie-voortplantende diere kan verdeel word in gereelde werkers (diere wat die meeste onderhoudwerk aan tonnels verrig) en nie-gereelde werkers (wat betreklik min werk verrig).

Prof Bennett werk saam met ʼn navorsingspan van Cambridge-universiteit om te bepaal hoe hierdie verdelings plaasvind. Die ondersoek word gedoen met die hulp van epigenetika (die studie van chemiese reaksies en faktore wat reaksies beïnvloed). Resultate het reeds uitgewys dat die twee groepe diere in ʼn kolonie, byvoorbeeld die gereelde en die ongereelde werkers, verskil wat metaboliese snelheid betref. Bennett en sy navorsingspan het

hierdie resultate in 2006 in die hoog aangeskrewe internasionale weeklikse wetenskaptydskrif Nature gepubliseer. Die artikel het navorsing en debat in hierdie studieveld versnel en daartoe aanleiding gegee dat ʼn groot aantal wetenskaplikes gretig is om hierdie evolusionêre vraagstuk van party diere wat onselfsugtig meewerk tot die welstand van die hele kolonie, op te los.

Alleenlewende spesies se reproduksiepatrone lyk heeltemal anders. Hierdie molrotte word as hoogs xenofobies beskryf. Dit lyk egter of paring deur hofmakery vooraf gegaan word. Die manlike dier maak sy bedoeling om te paar bekend by wyse van seismiese kommunikasie. Hy nader die vroulike dier met tromgeluide om te toon dat hy nie kwade bedoelings het nie. Onmiddellik na paring word die vroulike dier egter moeg vir hom en jaag hom uit haar gebied. Babadiertjies bly omtrent 45 dae lank by hul ma. Daarna gaan hulle uitmekaar in nuwe klein tonnels en bring hul eie tonnelsisteme tot stand.

Prof Bennett voer sy navorsing op dié terrein uit met behulp van ʼn merking-en-hergevangenemingstelsel. Hy vang die molrotte elke ses maande vir ʼn periode van ’ paar jaar en moniteer die verskille in die samestelling van die kolonie. Hy bestudeer die diere ook in die laboratorium waar hy hormoonkonsentrasies en immunohistochemiese verbindings in verskillende breinareas meet en ondersoek. Hy het ook oor ʼn tydperk van 13 jaar genetiese materiaal van meer as 2 500 diere uit een molrotbevolking in Namibië versamel en vasgestel dat die broeipaar geneties nie-verwant is. Prof Bennett en sy Londense kollegas het bevind dat daar meervoudige vaderskap van werpsels in kolonies kan voorkom, maar dat slegs een pa in die kolonie agterbly. Dit dui daarop dat party manlike diere kortstondig by die kolonie aansluit, met die koningin paar en dan weer weggaan voor hulle opgespoor en uitgegooi kan word. Prof Bennett se navorsing lewer ʼn betekenisvolle bydrae tot kennis van die sosialiteit en die reproduktiewe onderdrukking van hierdie boeiende wesentjies en hy word as ʼn toonaangewende kenner op dié terrein gereken.

Alhoewel daar steeds nuwe besonderhede oor hierdie interessante diertjies na vore kom, staan een ding vas: waar molrotte voorkom, is die grond baie ryker aan elemente soos kalsium, stikstof en fosfor. Dit lei tot ʼn baie diverse plantlewe. Molrotte is dus eko-ingenieurs en onontbeerlik vir ʼn gesonde en florerende omgewing.

Page 25: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 225

Lesse uit lewe in die waters

Kredit: Nico de Bruyn

Nav

orsi

ng

Stel jou ‘n eiland voor wat wemel van dierelewe, ver verwyder van

enige menslike indringing. So ‘n plek bestaan wel: dit word Marion-

eiland genoem en vorm deel van die Prins Edward-eilandegroep, wat

tussen Suid-Afrika en Antarktika geleë is. In terme van Suid-Afrikaanse

wetgewing word die eilandegroep deur Suid-Afrika administreer en

word as ‘n ‘Spesiale Natuurreservaat’ beskou. Dit besit die hoogste

vlak van beskermde status en word uitsluitlik vir die doeleindes van

biodiversiteitsbewaring en -navorsing gebruik. Marion-eiland is die

tuiste van unieke flora en fauna en hierdie onbelemmerde marine-

habitat is ‘n toevlugsoord vir broeirobbe, seevoëls en vir ‘n plaaslike

bevolking van moordvisse.

Die Soogdiernavorsingsinstituut (SNI) van die Universiteit van Pretoria

(UP) is in die bevoorregte posisie om navorsing op die eiland te

kan doen en sodoende waardevolle nuwe inligting oor die marine-

soogdiere en omgewingsveranderinge in die streek te verkry. Die

SNI se Marioneilandprogram oor Marine Soogdiere (Marion Island

Marine Mammal Programme, MIMMP) doen reeds meer as 30 jaar

marinenavorsing daar en het fassinerende bevindings gedokumenteer.

Hulle primêre navorsing is daarop gemik om ‘n beter begrip te kry

van die ekologie van die rob- en moordvisbevolkings by die eiland.

Huidige navorsing fokus daarop om vas te stel wat hierdie bevolkings

se wisselwerking met die veranderende omgewing is. Die navorsers

het internasionaal beduidende bevindinge met betrekking tot

spesiebiologie, bevolkingsdemografie, voedingsgewoontes, beweging

en ekostelselwisselwerking gepubliseer. Bykomende toevallig-

gelukkige waarnemings is buitengewoon, soos robbe wat probeer om

met pikkewyne te paar, terwyl ander navorsing onder meer verslag

doen oor massa-sterftes onder pelsrobbe en waarnemings van skaars

rondloper-robspesies op die eiland.

Marion-eiland is die landbasis van drie robspesies, naamlik die suidelike olifantrob, Mirounga leonina (SES), die sub-Antarktiese pelsrob, Arctocephalus tropicalis (SAFS), en die Antarktiese pelsrob, Arctocephalus gazella (AFS). Die MIMMP bestaan uit ‘n bekwame kernspan van navorsers wie se werk verband hou met die drie robspesies, sowel as die plaaslike moordvis Orcinus orca (KW) by die eiland.

Omdat die werk met moordvisse strandgebaseer is omdat hulle naby die kus beweeg, en dus inherent nie indringend is nie, het die UP-span maniere uitgedink om waardevolle inligting oor robbe te versamel sonder om van indringende metodes gebruik te maak. Meting van die diere se liggaamsmassa kan nuttige inligting oor die diere se gesondheid en hul omgewing voorsien, maar dit kan moeilik wees om te meet sonder om die diere te ontstel. Deur van gevorderde tegnologie gebruik te maak, het die MIMMP se hoofnavorser, dr Nico de Bruyn, ‘n minder indringende metode bedink om die gewig van olifantrobbe met behulp van fotogrammetrie te bepaal,. Die proses stel dr De Bruyn in staat om die gewig van die diere te bereken deur metings van foto’s te verkry. Die grootte en gewig van diere is belangrike veranderlikes in die bepaling van die bevolkingsprosesse, ekostelselveranderinge soos die beskikbaarheid van kos, asook oorlewing en voortplanting.

Alhoewel deeglike navorsing oor die teel- en verveltydperke van robbe op Marion-eiland gedoen word, bring suidelike olifantrobbe tot tien maande van hul jaarlikse siklusse op see deur. Geselekteerde robbe is ‘n paar jaar lank met nie-indringende sensors toegerus, wat inligting vanaf afgeleë en ysige plekke uitgestuur het. Deur marinediere soos olifantrobbe met opsporingstoestelle toe te rus, verkry navorsers insig in hul voedingsmigrasie en duikgedrag tydens hierdie migrasies. Omdat robbe in staat is om na plekke in die see te bereik wat vir mense ontoeganklik is (olifantrobbe kan dieptes van tot 2 000 meter

Page 26: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

Dr Nico de Bruyn

3 2 3 226

Navorsing

bereik) kan hulle inligting insamel wat andersins nie beskikbaar sou wees nie. Dr De Bruyn sê die toestelle het ook inligting oor die robbe se duik- en bewegingsgedrag op grond van geslag en ouderdom aan die lig gebring. Navorsers weet nou dat hul voedings- en duikgewoontes nou verwant is aan oseanografiese draaikolke (vloeidinamika), watertemperatuur en primêre produktiwiteit.

Die MIMMP het oor die afgelope 15 jaar meer as 150 toestelle wat met satelliet verbind is, ontplooi en danksy hierdie tegnologie, kan navorsingsresultate met die internasionale navorsingsgemeenskap gedeel word sodat ’n beter begrip en navorsingontwikkeling kan plaasvind. Die internasionale samewerking, Marine Soogdiere Verken die Oseane van Pool tot Pool (Mammals Exploring the Oceans Pole to Pole, MEOP), het aan die begin van Junie 2015 met ‘n dataportaal begin wat as ‘n platform dien om meer te leer oor robbe se voedingsgewoontes en migrasiepatrone, sowel as ander omvattende en waardevolle oseanografiese data. UP se MIMMP speel ‘n integrale rol in MEOP en hul data word met navorsers regoor die wêreld gedeel.

Die MIMMP se werk beteken meer as bloot die voorsiening van ‘n beter begrip van marine soogdiere. Soos dr De Bruyn opmerk, is hierdie is net ‘n deel van die groter legkaart’. Sub-Antarktiese eilande, soos Marion-eiland, is sensitief vir verandering weens hul betreklik eenvoudige ekostelsels. Hierdie eilande lê ook in ‘n deel van die wêreld waar snelle klimaatsverandering plaasvind. Marioneilandnavorsers het ‘n afname in reënval en ‘n toename in die frekwensie van windsnelheid waargeneem. Dr De Bruyn bring die bevindings van Marion-eilandnavorsers in verband met faktore wat saam met ‘n toename in sonskyndae, tot veranderende plantegroeipatrone lei, en ‘n uitwerking op die gebied se ekosisteme het.

Die werk van die MIMMP verbeter ons begrip van top marine-roofdierbevolkings, hulle verhoudings met die omgewing en ander spesies, en uiteindelik ons begrip van hoe veranderings in hulle omgewing ons as mense raak.

Page 27: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 227

Rese

arch

Navorsing ontsluit die geheime van ‘klaasneuse’

Ten spyte van die mens se indrukwekkende vooruitgang deur navorsing, wat ’n eksklusief menslike vermoë is, bly die natuur steeds ’n bron van onontdekte kennis. Navorsers in die Departement Dierkunde en Entomologie gryp die geleentheid aan om die kennispoel te vergroot deur antwoorde te vind op vrae wat lank onbeantwoord gebly het.

In hierdie geval het die vrae betrekking op die klaasneus (in Engels bekend as die ‘elephant shrew’ of ’sengi’). Dr Heike Lutermann, verbonde aan die Departement bestudeer reeds etlike jare lank hierdie klein soogdiertjies wat inheems in Afrika is. Groot bevolkings van verskeie spesies kom oor feitlik die hele land voor.

Gedurende die afgelope paar jaar is verskeie nuwe spesies geïdentifiseer en dr Lutermann vermoed dat nog meer ontdek sal word namate haar navorsing vorder. Die klaasneus is ’n fassinerende klein soogdiertjie, hoewel die naam verwarrend is. Dit is verwant aan die dassie, die olifant, die doegong en die gouemol. Hierdie vreemde klassifikasie is gebaseer op die genetiese verwantskap tussen dié diere, wat onder die oudste oorlewende soogdiere in Afrika is. Klaasneuse blyk monogaam te wees, wat vreemd is, aangesien

minder as 3% van alle soogdiere dié leefwyse toon. Dis egter nog vreemder as ’n mens in ag neem dat daar baie selde enige interaksie of selfs aanraking tussen pare voorkom. Hulle deel wel dieselfde leefomgewing, maar beweeg selde saam rond.

Hul morfologie is ook baie interessant: hulle het baie lang agterbene en tonge wat byna net so lank is as hul bene. Studies het getoon dat hulle, as hul grootte in ag geneem word, vinniger as jagluiperds kan beweeg! Kleintjies is heeltemal met hare bedek en hul ogies is wawyd oop wanneer hulle gebore word. Hulle is ook feitlik onmiddellik ten volle mobiel. Hulle groei baie vinnig en word minder as ’n maand na geboorte van hul moeders gespeen. Dr Lutermann se teorie is dat die kleintjies met ’n haarbedekking gebore word omdat klaasneuse in lang gras woon en nie neste het wat beskutting kan bied nie. Afhangend van die spesie kan dié diertjies se gewig van 45 gram tot twee kilogram wissel.

Klaasneuse wat in die veld leef het baie spesifieke pad- of spoorstelsels en is baie gesteld op die omgewing in dié stelsels. As daar enigiets is wat nie daar hoort nie, byvoorbeeld ’n ander klaasneus, of selfs ’n takkie of ’n klip wat die pad versper, sal hulle alles in hul vermoë

Foto: Heike Lutermann

Nav

orsi

ng

Page 28: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 2 3 2

doen om dit te verwyder. Die instandhouding van so ’n padstelsel is ’n plig wat hulle baie ernstig opneem. As ’n mens weet waarna jy moet oplet, is die padstelsels duidelik sigbaar, veral in die geval van spesies wat in grasveldgebiede leef. 

Die diertjies se fisiologie is ook baie interessant en hulle het die vermoë om hul liggaamstemperatuur aansienlik te verlaag om energie te bespaar. Wanneer hulle hul liggaamstemperatuur weer moet verhoog, lê hulle in die son sodat hulle nie onnodige energie hoef te gebruik nie. Alhoewel hulle algemeen as insekvreters beskou word, het dr Lutermann se dieetevaluasie getoon dat hulle omtrent enigiets – ten minste een keer – op die proef sal stel. Van haar kollegas het selfs vasgestel dat klaasneuse regte soettande is en graag aan die nektar van bepaalde plante smul, wat beteken dat hulle ook ’n belangrike rol as bestuiwers speel.

Dr Lutermann en haar navorsingspan het daarin geslaag om ’n deeglike basislyn vir hierdie klein oersoogdiertjies daar te stel en is nou gereed om met meer indringende en opwindende navorsing te begin. Sedert sy met haar navorsing begin het, het dr Lutermann nog altyd spesifiek in parasiete belanggestel, en behalwe dat die klaasneuse so verspot oulik is, is dit die feit dat hulle van bosluise wemel, eintlik die faktor wat haar belangstelling in dié diertjies gaande gemaak het. Die vel van ’n klein klaasneus [rock elephant shrew] wat ongeveer 45 gram weeg, kan maklik meer as 300 bosluise huisves!

Daar is drie stadiums in die lewensiklus van ’n bosluis, te wete die larf-, nimf- en volwasse stadiums. Volwasse bosluise kom op vee voor, en vanweë die ekonomiese waarde van vee is baie navorsing reeds oor volwasse bosluise gedoen, terwyl baie min oor die gashere van onvolwasse bosluise gedoen is. Baie van die klein soogdiertjies huisves bosluise wat, wanneer hul die volwasse stadium bereik, ’n

nadelige uitwerking op vee en gevolglik ook op die ekonomie kan hê.

Daarbenewens is bosluise die draers van ’n groot aantal siektes wat

sowel vee as mense aantas.

Volgens dr Lutermann is dit die rede waarom dit so belangrik is om

die volledige lewensiklus van bosluise te verstaan. Sy stel nie net in

die verwantskap tussen die parasiet en die gasheer belang nie, maar

ook in die faktore wat die dinamiek tussen hulle dryf. Sy kyk tans

na seisoenale dinamiek en omgewingsfaktore, asook na die verskille

tussen diere en die redes waarom sommige diere en individue van

dieselfde spesie, meer parasiete as ander lok.

Die resultate wat deur die navorsingspan verkry is, dui daarop dat

onverwagte en selfs onwelkome resultate verkry kan word wanneer

een spesifieke parasiet geteiken word. Nadat wilde klaasneuse

met Frontline™ behandel is (die produk wat plaaslik teen bosluise

en vlooie gebruik word) is bevind dat hoewel dit doeltreffend van

die bosluise ontslae geraak het, daar ’n drastiese toename in die

aantal myte was. Verdere toetse sal op hierdie uiters komplekse

gebied gedoen moet word, maar voorlopige uitslae dui daarop dat

dit noodsaaklik is om ’n holistiese benadering in die bestryding van

parasiete te volg.

Klaasneuse mag dalk klein en betreklik onbekende diertjies wees,

maar hul bydrae tot die handhawing van ’n gesonde ekostelsel

is beslis nie onbeduidend nie. Dr Lutermann se navorsing oor

klaasneuse sal nie net bydra tot ’n beter begrip van ’n spesie wat

nie voorheen deeglik bestudeer is nie, maar sal ook lei tot beter

aanbevelings met betrekking tot die beheer van parasiete. Hierdie

navorsing kan tot alternatiewe metodes lei wat veeboere minder

geld uit die sak sal jaag en die voorkoms van soönoses en ander

siektes wat deur bosluise oorgedra word, kan verminder.

28

Foto: Heike Lutermann

Navorsing

Page 29: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 229

Nav

orsi

ng

BioBlitz hoop om 1 000 spesies in 48 uur aan te teken

Talle kundiges van regoor die land het gehelp met die versameling en die identifisering van die verskillende spesies.

Besig om die data van die verskillende spesies aan te teken...

’n Span amateur natuurliefhebbers en studente van die Departement Dierkunde en Entomologie aan die Universiteit van Pretoria (UP) het 2015 se BioBlitz gereël wat gedurende Maart in die myndorp Lephalale (Ellisras) in Limpopo plaasgevind het. Die span was vol hoop om ten minste 1 000 spesies gedurende die 48-uur periode aan te teken. ’n Aantal personeellede, studente en medewerkers van die Departement het hul tyd afgestaan om deel te wees van die geleentheid en verskeie kenners (amateurs en professionele persone) van regoor die hele land het gehelp om voorbeelde te versamel en te identifiseer.

’n BioBlitz is ’n intense biodiversiteitsopname waartydens gepoog word om al die lewende spesies in ’n afgebakende gebied binne ’n voorafbepaalde tydsbestek aan te teken. Die hoofdoel van so ’n opname is om ’n idee te vorm van die verskeidenheid spesies wat in ’n bepaalde gebied aangetref word en om die plaaslike gemeenskap van die diversiteit in hul omgewing bewus te maak. Daar word ook gelet op die teenwoordigheid van bedreigde spesies.

Die opname het die insameling van data betreffende die teenwoordigheid van soveel moontlik verskillende spesies in soveel moontlik verskillende taksa (organismegroepe) ingesluit. Al die data was ten tye van die sperdatum vir die publikasie nog nie gefinaliseer was nie, maar beskikbare data sal nuttig wees vir spesialiste en ander persone wat by bewaring betrokke is. Een van die hoofredes vir die reël van die onlangse BioBlitz was om aan kundiges op verskeie gebiede ’n geleentheid te bied om meer van ander dieregroepe te leer.

Volgens Nina Parry, ’n MSc-student en een van die organiseerders van die geleentheid, kan ’n BioBlitz van uiterste belang wees vir iemand wat ’n bepaalde groep diere bestudeer en ’n begrip moet vorm van hul ekologiese interaksies, aangesien dit inligting verskaf oor hoe die teenwoordigheid van ander diere hul teenwoordigheid, voorkoms, algemene verspreiding en gedrag beïnvloed. Sy het ook daarop gewys dat alhoewel baie navorsers se kennis van areas buite hul

spesialisgebiede dalk beperk mag wees, hulle gretig is om meer te leer en baat kan vind by die inligting wat tydens ’n BioBlitz ingewin word. Sodra ’n volledige verslag opgestel is, sal die data ook aan die publiek en ander belangstellende partye beskikbaar gestel word.

Die eerste BioBlitz, wat in Maart 2014 in Lephalale gehou is, was uiters geslaagd en altesaam 619 spesies is in die betrokke gebied aangeteken. Parry reken dat as ’n mens in ag neem dat slegs nege mense (ses kundiges en drie vrywilligers) aan daardie oefening deelgeneem het, vanjaar se groter span in die 48 uur wat daarvoor beskikbaar is, minstens 1 000 spesies sal aanteken. Vanjaar se span sluit meer as 20 kundiges van regoor die hele land in, waarvan ses aan UP verbonde is. Die meestersgraad- en PhD-studente van UP wat deel van die span is, is Nina Parry (’n Diptera-spesialis), Arne Verhoef (’n spesialis in algemene entomologie), Deon Bakkes (’n Neuroptera-spesialis) en Dina Fagir (wat in klein soogdiere en parasiete spesialiseer). Ander spanlede wat die Departement verteenwoordig, sluit in Christiaan Deschodt, wat betrokke sal wees by die identifisering van die miskruiers wat versamel sal word, prof Mervyn Mansell, wat met die identifisering van gaasvlerkige insekte en vlieë sal help, en Ian Engelbrecht, ’n PhD-kandidaat wie se kundigheid ingespan sal word om skerpioene te help identifiseer.

Die 2015-BioBlitz het op dieselfde plaas as verlede jaar plaasgevind. Dié plaas is geleë in ’n gebied wat besonder spesiesryk is, maar waar betreklik min opnames tot dusver gedoen is. Nina Parry, wat daarvan oortuig was dat vanjaar se BioBlitz-span die spesies in die gebied suksesvol sal aanteken, het gesê dat ’n ander gebied waar nog nie baie navorsing gedoen is nie, waarskynlik vir die 2016-opname gekies sal word, sodat die data wat ingesamel word van groter waarde kan wees. Vanjaar se BioBlitz het die belangstelling van die vervaardigers van die televisieprogram 50/50 gewek en hulle het ’n span gestuur om oor die bedrywighede verslag te doen.

Page 30: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 230

Bill Gates befondsing help PhD-studente om landboubeleid in Afrika te verbeter

Sewe van die agt studente wat deur die toekennings van die Gates-stigting geborg word, saam met prof Kirsten (registrasiedatums in hakies). Van links: Charity Nhmechena (2012), Linda Mahlela (2015), Raphale Gitau (2014) en Colleta Gandidzanwa (2012). Agter van links: Melissa van der Merwe (2014), Deon Scheepers (2014), Danie Jordaan (2013) en prof Johann Kirsten, Hoof van die Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling. Afwesig: Thabo Sacolo (2014).

Danie Jordaan Onderwerp: Agribusiness value chain risk, fragility and coordination strategies: Case studies of South African lamb, pear and mohair value chains.

Melissa van der Merwe Onderwerp: Agent behaviour, governance mechanisms and incentives in the South African lamb/mutton supply chain

Deon Scheepers Onderwerp: A crop revenue insurance product for the South African agricultural industry.

Charity Nhemachena Onderwerp: Biological innovation in South African agriculture: A study of wheat varietal change, 1950-2012.

Colleta Gandidzanwa Onderwerp: The changing nature and

quality of physical capital inputs in South

African agriculture.

Raphael Gitau Kanyingi Onderwerp: Maize production, marketing

and the impact on the welfare of the rural

households in Kenya.

Linda Mahlalela Onderwerp: The economics of wetland

conservation and management in

Swaziland.

Thabo Sacolo Onderwerp: Stochastic dynamic

optimization and farm investment decision

in South African agriculture.Nav

orsi

ng

Een van die sleutel-uitkomste van die multimiljoen dollar toekenning deur die Bill en Melinda Gates-stigting aan die Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling in 2012 was om meer PhD-studente in landbou-ekonomie op te lei om te kan help met beter analise en navorsing vir beter beleidmaking in Afrika.

Die algemene redenasie is dat sommige van die belangrikste redes vir die swak prestasie van die Afrika-landbou swak geformuleerde beleide en ’n swak infrastruktuur is. Swak beleide is dikwels die gevolg van swak data, swak navorsing en gevolglike swak ontwerp. Die PhD-studente wat deur hierdie toekenning befonds word, is tans almal besig met navorsing oor onderwerpe (hieronder gelys) om die sleutel-afmetings van die landbousektor in Suid-Afrika en ander Afrika-lande beter te verstaan. Agt PhD-studente word tans deur hierdie toekenning befonds. Twee van hierdie studente sal waarskynlik hul proefskrifte teen die einde van die jaar indien vir eksaminering. Drie van die studente is Suid-Afrikaners, twee is Zimbabwiërs, twee is Swazi’s en een is ’n Keniaan.

Page 31: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 231

Verandering in die manier waarop Suid-Afrikaners aartappels beskou

’n Verbruikerbesprekingsessie waartydens opinies oor aartappels bespreek is.

Voorbeelde van verskillende klasse aartappels

Nav

orsi

ng

Navorsers verbonde aan die Universiteit van Pretoria

(UP) is deur “Potatoes South Africa” gekontrakteer om

behulpsaam te wees met navorsingstudies om die manier

waarop Suid-Afrikaners aartappels beskou, te verander.

Sedert 2006 ondersteun “Potatoes South Africa” (PSA)

verbruiker-spesifieke nagraadse navorsing by UP. Die

resultate van vorige navorsing het meegehelp met

die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse aartappel

klassifikasiesisteem wat in 2010 deur PSA ingestel is. Dit

het ten doel om die verskillende kultivars in groepe te

klassifiseer, gebaseer op die gaarmaakkwaliteite daarvan.

Hierdie drie klasse van aartappels, naamlik wasagtig,

meelagtig en was-/meelagtig is deur die nywerheid as ’n

waardevolle instrument gebruik om die geskiktheid van

die aartappel vir spesifieke resepte tussen produsente en

handelaars aan te dui.

Tans ondersteun PSA verdere navorsing om die

klassifikasiesisteem aan te wend om die behoeftes van ons

unieke verbruikersmark te bevredig. Carmen van Niekerk,

’n MSc Voedingkunde student onder die toesig van prof

Hettie Schönfeldt by die Instituut vir Voedsel, Voeding en

Welstand is besig met ’n ondersoek om te bepaal hoedat

verbruikers hulle ideale aartappel, geskik vir spesifieke

disse, sal beskryf. Hierdie inligting sal in verbruikeropleiding

en bemarkingsveldtogte gebruik word om verbruikers se

bevrediging te bevorder.

As deel van die navorsing is die persepsies van die lae tot

middel sosio-ekonomiese verbruikers (wat geag word ’n baie

belangrike marksegment te wees wat merkbaar bydra tot

die jaarlikse aankope van vars aartappels) deur middel van

fokusgroepbesprekings en teikenspesifieke interaktiewe

navorsingsmetodologieë ondersoek. ’n Verskeidenheid

van interessante lesse is geleer, insluitend dat kultuur

’n baie belangrike rol in hierdie verbruikerssegment se

aartappeleet-kultuur speel. Waarnemings wat gemaak is

sluit in dat tekstuur en sensoriese kwaliteite of leidrade

waarskynlik min bydra tot hulle aankoopbesluite, terwyl

knolgrootte en kleur twee baie belangrike faktore is

wanneer aartappels vir vanaand se maaltyd gekies word.

Die persepsies van hoër sosio-ekonomiese groepe is die

volgende wat ondersoek sal word.

Bykomende navorsing wat deur die PSA gekontrakteer is en

onder die toesig van prof Schönfeldt uitgevoer word, sluit in

die identifisering van die perfekte aartappel om die unieke

Suid-Afrikaanse “slap chips” te maak, en die ontwikkeling

van ’n snel-assesseeringmetode om die klassifikasie van

nuwe kultivars, soos wat hulle in die verbruikersmark

verskyn, te maak.

Page 32: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 232

FABI-navorsers ontrafel Eucalyptus boom genomika en biologie

3 232

Prof Zander Myburg

Nav

orsi

ng

Navorsers en nagraadse studente verbonde aan die Instituut vir Bosbou- en Landboubiotegnologie (FABI) en die Genomika Navorsingsinstituut (GRI) by die Universiteit van Pretoria het tot agt artikels in ’n spesiale uitgawe van die vaktydskrif, New Phytologist, bygedra. Hierdie artikels dek verskeie onderwerpe, soos byvoorbeeld genoomdiversiteit, vergelykende genomika, koolstofallokering, proteïen-evolusie, blom-ontwikkeling en houtagtige biomassa-produksie.

New Phytologist het ’n spesiale aanlyn-uitgawe [http://onlinelibrary.wiley.com/doi/10.1111/nph.2015.206.issue-4/issuetoc] gepubliseer ter viering van die voltooiing van die Eucalyptus-genoom, waarvan die resultate in Junie 2014 in die in toonaangewende vaktydskrif Nature gepubliseer is. Die spesiale uitgawe van New Phytologist (Junie 2015) bevat artikels wat verdere insigte in die unieke biologie van Eucalyptus bome, verkry deur die ontleding van die genoom bekend maak.

Prof Zander Myburg, prof Dave Berger, dr Eshchar Mizrachi en dr Steven Hussey van

FABI en GRI en hulle nagraadse studente het tot die agt artikels bygedra wat hieronder gelys is. Hierdie versameling artikels verteenwoordig ’n betekenisvolle vooruitgang in die verstaan van die biologie van die mees wyd-aangeplante hardehoutveselgewasse in die wêreld. Tesame met die voltooide genoom, Populus, sal hierdie genoom-hulpbron as ’n model en verwysing vir die bestudering van vinniggroeiende houtagtige plante dien, wat gebruik word as hernubare bronvoorrade vir ’n toenemende aantal bio-gebaseerde produkte, soos byvoorbeeld pulp, papier, sellulose, tekstiele, farmaseutiese produkte en bioenergie.

Strauss SH, Myburg AA. (2015) Plant scientists celebrate new woody plant genome. New Phytologist 206(4):1185-1187. 10.1111/nph.13053

Carocha V, Soler M, Hefer CA, Cassan-Wang H, Fevereiro P, Myburg AA, Paiva JAP, Grima-Pettenati J. (2015) Genome-wide analysis of the lignin toolbox of Eucalyptus grandis. New Phytologist 206(4):1297-1313. 10.1111/nph.13313

Kersting AR, Mizrachi E, Bornberg-Bauer E, Myburg AA. (2014) Protein domain evolution is associated with reproductive diversification and adaptive radiation in the genus Eucalyptus. New Phytologist 204(6):1328-1336. 10.1111/nph.13211

Hussey SG, Saïdi MN, Hefer C, Myburg AA, Grima-Pettenati J. (2014) Structural, evolutionary and functional analysis of the NAC domain protein family in Eucalyptus. New Phytologist 206(4):1337-1350. 10.1111/nph.13139

Mizrachi E, Maloney VJ, Silberbauer J, Hefer CA, Berger DK, Mansfield SD, Myburg AA. (2014) Investigating the molecular underpinnings underlying morphology and changes in carbon partitioning during tension wood formation in Eucalyptus. New Phytologist 204(6):1351-1363. 10.1111/nph.13152

Soler M, Myburg AA, Paiva JAP, Hefer CA, Savelli B, Clemente HS, Cassan-Wang H, Carocha V, Camargo ELO, Grima-Pettenati J. (2015) The Eucalyptus grandis R2R3-MYB transcription factor family: evidence for woody growth-related evolution and function. New Phytologist 206(4):1364–1377. 10.1111/nph.13039

Hudson CJ, Freeman JS, Myburg AA, Potts BM, Vaillancourt RE. (2015) Genomic patterns of species diversity and divergence in Eucalyptus. New Phytologist 204(6):1378-1390. 10.1111/nph.13316

Hefer CA, Mizrachi E, Myburg AA, Douglas CJ, Mansfield SD. (2015) Comparative interrogation of the developing xylem transcriptomes of two wood-forming species: Populus trichocarpa and Eucalyptus grandis. New Phytologist 204(6):1391-1405. 10.1111/nph.13277

Page 33: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 233

Plantviroloog se navorsing verhoog wynkwaliteit en winsgewendheid

Nav

orsi

ngGedurende die herfsseisoen verwonder talle mense hulle aan die massas bloedrooi wingerde wat die Kaapse Wynlande ophelder, min wetend dat die rooi kleur van die blare niks met die seisoen te doen het nie. Inteendeel, dit is ʼn teken van ʼn siekte wat al eeue lank nie net die druiwestok nie, maar ook wynmakers se lewens versuur.

Wingerd-rolblaarsiekte affekteer wingerde wêreldwyd. Dit verminder oes-opbrengs sowel as die vrugkwaliteit van geaffekteerde wingerde aansienlik. Dit word lank reeds beskou as ʼn onoorkombare probleem wat jaarliks kop uitsteek.

Prof Gerhard Pietersen, ʼn plantviroloog verbonde aan die Universiteit van Pretoria (UP) se Bosbou- en Landbou Biotegnologie Instituut (FABI), in samewerking met die ARC Navorsingsinstituut vir Plantbeskerming (ARC-PPRI), het nou ʼn oplossing hiervoor gevind.

“Omdat dit duidelik sigbaar is in die herfs is en omdat die virus so oud is soos landbou self, het die meeste mense bloot aanvaar dat rooi druiwestokke en wingerde ʼn gevolg van die veranderende seisoene is,” sê prof Pietersen.

Prof Pietersen se navorsing op wingerd-rolblaarsiekte is tans besig om groot opslae in druiwe- en wynindustrie te maak. “Rolblaarsiekte affekteer die hele wingerd, wat minder opbrengs en swakker druiwekleur en -geur tot gevolg het. Verder veroorsaak dit ook dat druiwe oneweredig ryp word, wat die oes van druiwe op die regte tyd, bemoeilik.”

Hy sê die feit dat hy as ʼn akademikus buite die wynindustrie staan, ʼn voordeel was omdat hy ʼn objektiewe epidemiologiese studie van die siekte kon doen. Hy het nie daarna as ʼn wynprobleem gekyk nie, maar as ʼn plantvirus.

“Ons kon sien dat wingerd-rolblaarsiekte stadiger as ander plantvirusse versprei. Dit stel ʼn mens in staat om die siekte te beheer deur middel van behoorlike voorkoming- en bestuurstrategieë,” sê prof Pietersen.

“Ons kan wanneer ons ’n siek plant in ’n gesonde wingerd gewaar, kan ons die geaffekteerde plant verwyder en die omliggende plante behandel deur middel van ʼn sistemiese insekdoder, wat voldoende is om verdere verspreiding te voorkom. As ʼn mens wakker slaap kan rolblaarsiekte voorkom word voordat dit die hele wingerd infekteer.”

Page 34: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

Prof Gerhard Pietersen

Wingerde met Rolblaarsiekte

n Voorbeeld van wynblare met Rolblaarsiekte

3 2 3 234

Navorsing

Dit is grotendeels te danke aan prof Pietersen se bydrae tot die bestryding van die siekte, dat Suid-Afrika die eerste land is wat wyn vanaf volkome siektevrye wingerde kan lewer.

Die Vergelegen Wynlandgoed in Somerset-Wes is die eerste wynplaas wat prof Pietersen se navorsing tot sy voordeel gebruik het. As gevolg van geweldige verbetering in die kwaliteit van hulle wingerde is hul wynpryse tot soveel as R1 000 per bottel.

Sy navorsing het ook internasionaal opslae gemaak – die wynindustrie in Nieu-Seeland het prof Pietersen die afgelope paar jaar ʼn paar keer vir konsultasies in hierdie land, laat oorvlieg. Gevolglik is ʼn handelsmerk binne die wyndistrik van Hawk’s Bay, Nieu-Seeland, ook so te sê rolblaarvry. Verder is prof Pietersen ook vir praatjies uitgenooi na Israel se Golan Heights-wyndistrik, sowel as na die Napa-vallei in die Verenigde State van Amerika.

Prof Pietersen is onlangs as Uitnemende Akademikus aan UP vereer tydens die Universiteit se Toekennings vir Akademiese presteerders. Hy is as ʼn graad C1-navorser by die Nasionale Navorsingstigting (NNS) gegradeer en is ook as ʼn Medenavorser van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Plantpatologie ingehuldig.

Sy gradering as navorser erken ook sy bydrae tot ʼn nuwe tegniek waar gevorderde DNS-opeenvolging gebruik word om bevolkings van verskillende stringe van die Tristeza-virus (wat sitrusbome affekteer). Dit maak dit makliker om die korrekte matige stringe waarmee bome in spesifieke gebiede ingeënt word, te identifiseer.

Prof Pietersen sê die Suid-Afrikaanse wynindustrie is ongelukkig heelwat stadiger as hul eweknieë in Nieu-Seeland as dit kom by die implementering van die beheermaatreëls teen wingerd-rolblaarsiekte.

“Ek dink dit is omdat Suid-Afrika se wynbedryf oud en tradisioneel is, dat hulle nie juis oop is vir verandering en vir die toepassing van nuwe metodes nie. Dit is ʼn jammerte omdat ons wel bewys het dat hierdie metodes werk en dat dit jou wingerd volkome vry sal maak van hierdie siekte,” sê prof Pietersen.

“Hoe vinniger wynboere hierdie metodes implementeer, hoe vinniger kan ons ʼn kwaliteit glasie op beter wyn klink.” 

Page 35: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 235

Smul sonder sorge aan (lae-GI-) koek

Die glisemiese indeks (GI)

van ’n gegewe voedingstof

dui die effek van daardie

voedingstof op die persoon

se bloedglukosevlak

(ook bekende as die

bloedsuikervlak) aan. Lae

GI-voedsel is voedsel met

’n lae glisemiese indeks,

wat stadiger verteer en

geabsorbeer word as

hoë GI-voedsel. Glukose

is een van die liggaam se

hoofbronne van energie.

Prof Naushad Emmambux

3 235

Nav

orsi

ng

Voedsel met ’n lae glisemiese indeks (GI) word in die algemeen gesonder as voedsel met ’n hoë GI indeks beskou, omdat dit stadiger verteer word en dus ’n volgehoue energievrystelling tot gevolg het. Baie mense verkies egter hoë-GI-voedsel, soos byvoorbeeld koek, omdat dit eenvoudig lekkerder smaak.

Navorsing deur prof Naushad Emmambux, medeprofessor in die Departement Voedselwetenskap, en sy kollegas het getoon dat dit moontlik is om hoë-GI-stysel met behulp van vetsure te modifiseer sodat dit ’n lae-GI-stysel word. Dit beteken dat dit binnekort moontlik kan wees om lae-GI-kossoorte te maak wat net so lekker soos hoë-GI-kos smaak.

‘Stysel kan op verskillende maniere met chemikalieë gemodifiseer word, maar deesdae verkies verbruikers “skoon etikettering”, dit wil sê hulle wil nie stysels gebruik wat met sintetiese chemikalieë gemodifiseer is nie,’ sê prof Emmambux.

‘Wat ons in die laboratorium bewys het, is dat ʼn mens vetsure, wat voedselvriendelike chemikalieë is en vir skoon etikettering kwalifiseer, kan gebruik om verskillende stysels wat die potensiaal het om hul GI te verlaag, te modifiseer.’

Stysel bevat twee molekules, naamlik amilose en amilopektien. Prof Emmambux se span het getoon dat wanneer sekere stysels saam met vetsure in water gekook word, die amilose met die vetsure reageer om amilose-lipiedkomplekse te vorm. Die teenwoordigheid van hierdie twee komplekse verander die funksionaliteit van die stysel.

‘Dit kan potensieel tot vier toepassings lei, waarvan die eerste is dat

die stysel stadiger deur ensieme verteer kan word – wat ’n lae GI tot gevolg het. Tweedens verhoed dit dat die stysel jel, wat beteken dat dit stabieler word wanneer dit gevries word. As jy pap wat met die gemodifiseerde stysel gemaak is in die yskas sou sit, sou dit nie soos gewone pap hard word nie, maar baie sag bly.

‘Derdens kan die gemodifiseerde stysel gebruik word as ’n plaasvervanger vir vet, soos byvoorbeeld in mayonnaise. Laastens het ons ook gevind dat die amilose-lipiedkomplekse, wat verteerbaar en bioafbreekbaar is, op die nanoskaal gevorm word en dus ’n eetbare, voedselgebaseerde nanomateriaal daarstel. Ons reken dat dit in die toekoms byvoorbeeld die eienskappe van bioplastiese films wat in voedselverpakkings gebruik word, kan verbeter.’

Prof Emmambux het hierdie proses in die laboratorium gedemonstreer met drie verskillende graanstysels (mielies, koring en tef). Sy span het geen in vivo-studies gedoen nie, dus moet die proses nog op diere en mense getoets word. Hy is egter vol vertroue dat die tegnologie volop potensiaal het.

‘Dit behoort moontlik te wees om lae-GI-koek met hierdie proses te maak, en die ander toepassings is ook baie belowend. Ons werk reeds met die plaaslike styselnywerheid saam om verskeie opsies vir bemarking te ondersoek.’

Prof Emmambux werk ook aan voedselvriendelike maniere om milopektienmolekules in stysel te modifiseer om dit ook minder verteerbaar te maak en die stabiliteit en vitamienvrystelling te verbeter deur hulle by wyse van omhulling teen die aggressiewe omgewing in

die maag te beskerm.

Page 36: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 236

Ons kan baie leer deur ag te slaan op intelligensie en emosies van olifante

Dr Yolanda Pretorius

Dr Yolanda Pretorius, verbonde aan die Sentrum vir Natuurlewebestuur in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe bestudeer baie jare lank olifante reeds. As ’n spesialis op dié gebied is sy die regte persoon om te raadpleeg betreffende die bestuur van olifante.

Volgens dr Pretorius is die eienskap van olifante wat sy die meeste bewonder hul vermoë om te wys presies hoe hulle voel. Tensy hulle te veel tyd tussen mense deurgebring het, jok hulle selde. Olifante sal altyd vir jou wys hoe hulle voel en daar is baie tekens waarna ’n mens kan oplet.

Vroeër vanjaar het twee olifantbulle uit Botswana die Limpopo-grens na Suid-Afrika oorgesteek en vir vier dae lank suidwaarts tot by die Mokolo-dam by Lephalale geswerf voordat hulle omgedraai en presies dieselfde roete terug na Botswana gevolg het. Dit was ’n buitengewone gebeurtenis – die enigste ander keer dat iets soortgelyks gebeur het, was meer as 70 jaar gelede! Alhoewel baie boere geneig is om drasties op te tree om van swerwende diere op hul grond ontslae te raak, veral wanneer hulle so groot soos dié twee is, kon dr Pretorius daarin slaag om die betrokkenes daarvan te oortuig dat die verskyning van die olifante nie net ’n uitsonderlike gebeurtenis was nie, maar ook ’n belangrike geleentheid om meer van die omgewing te leer, aangesien olifante ongetwyfeld hoogs intelligent is en die bron van belangrike inligting kan wees.

Dr Pretorius is ’n medestigter van die Olifantspesialis-adviesgroep (Elephant Specialist Advisory Group (ESAG)) wat leiding gee oor die hantering van verskeie kwessies rakende olifante. Sy vertel dat ’n boer haar gekontak het nadat die twee olifantbulle op haar plaas opgemerk is, en hoe bemoedigend dit was om die reaksie van die gemeenskap op dié voorval te beleef. Die boere het met natuurbewaringsbeamptes saamgewerk om

seker te maak dat die diere nie moles maak deur ’n woongebied binne te gaan of in ’n mielieland te gaan wei nie. Volgens haar was die bevredigendste deel van hierdie ondervinding die feit dat hulle al die betrokke partye daarvan kon oortuig dat dit ’n buitengewone en besondere gebeurtenis was, veral omdat daar dikwels gesê word dat boere nie kan wag om ’n olifant plat te trek om dit by hul lys jagprestasies te kan voeg nie.

Verdere ondersoek word nog gedoen om vas te stel waarom die twee bulle uit hul natuurlike omgewing weggedwaal het, maar dr Pretorius vermoed dat hulle ná die droë seisoen in Botswana op soek was na beter weiding. Sy glo ook dat Botswana se onlangse verbod op enige vorm van jag binne sy landsgrense kan meebring dat diere toenemend buite hul eie gebiede sal swerf, aangesien die verwydering van die virtuele grense wat deur jagkonsessies bepaal is, daartoe kan lei dat diere nou veiliger voel om groter gebiede te verken. Hierdie verwagting dat diere in die toekoms toenemend buite hul natuurlike gebiede sal swerf, het daartoe gelei dat dr Pretorius met die opstel van ’n protokol begin het wat aan boere die nodige leiding sal verskaf om te verseker dat olifante wat grense oorsteek nie onnodig aan gevaar blootgestel sal word nie. Sy is ook besig om ’n artikel oor geskikte habitatte vir olifante in Suid-Afrika te skryf.

Die voorval waarby die twee olifantbulle betrokke was, lig die verskil tussen Suid-Afrika en Botswana duidelik uit. In Suid-Afrika word die besit van wild aangemoedig, wat die oprigting van grensdrade regverdig. Alhoewel dit bepaalde voordele mag inhou, beteken dit dat diere in onnatuurlike omstandighede aangehou word. In die natuur is die bedoeling nie dat diere ingehok moet word nie, en veral nie groot diere soos olifante nie. Vanweë die finansiële voordele wat die besit van spesiale wildsoorte soos die goue wildebees en swart impala inhou, is eienaars geneig om die besit van hul wildplase as besigheidsgeleenthede te beskou eerder as pogings om wildbewaring toe te pas. Na raming is daar 9 000 wildplase in die land en word daar soveel aandag aan spesiale wild gegee dat ander wildlewe dikwels ’n sekondêre plek inneem.

’n Verdere probleem is dat baie van hierdie plase nie oor standhoudende riviere beskik nie, sodat die voortdurende beskikbaarheid van water ʼn probleem is. Aangesien diere nie kan migreer nie, word die plantegroei onder druk geplaas en gaan die habitat agteruit. Wildlewe- en plaasbestuur word dan gedwing om maniere te vind om voorsiening vir die diere te maak, wat gereelde monitering en voedselaanvulling tot gevolg het. In oop stelsels soos dié in Botswana is inmenging onnodig, aangesien die natuur reeds oor die oplossings beskik.

Dr Pretorius beplan om die meganisme van die migrasie van diere verder te bestudeer nadat sy befondsing van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) ontvang het. Haar navorsing sal toegespits wees op hoe die oprigting van grensdrade die natuurlike beweging van diere ontwrig en hul selfversorgingsvermoëns inkort. Faktore soos die tekort aan standhoudende riviere, asook die mededinging om ruimte en voedsel is nadelig vir ’n gesonde omgewing en het ’n negatiewe uitwerking op die ekostelsel in die geheel. Deur middel van haar werk hoop dr Pretorius om te wys hoe die vryer beweging van wild voordele vir mens en dier kan inhou.

Nav

orsi

ng

Page 37: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 237

Hoe Grondkunde kan bydra om landspoedrekord op te stel

Hakskeenpan

Plat aarde

BLOODHOUND supersoniese motor (SSC)

Wat het Universiteit van Pretoria (UP) Grondkunde-studente en die BLOODHOUND supersoniese motor (SSC) in gemeen? Wel, onder andere, ’n ernstige belangstelling in die plat oppervlakte van die aarde.

Agt BSc Grondkunde Honneursstudente van die Departement Plantproduksie en Grondkunde is tans besig met die insameling van spesifieke grondmineralogie-, fisika- en chemie-data vir Hakskeenpan in die Mier-distrik van die noordelike Kaapprovinsie.

Hierdie projek, getiteld die Hakskeenpan-uitdaging, is onder die leiding van dr Johan van der Waals (Terra Soil Science en deeltyds dosent in die Departement Plantproduksie en Grondkunde) en mnr Chris de Jager uitgevoer. Die die doel van die navorsing was om relevante data aan die BLOODHOUND SSC-projek te voorsien, asook vir navorsings- en opvoedkundige doeleindes.

Die BLOODHOUND SSC- span het ten doel om ’n landspoedrekord van 1 609 km/u by Hakskeenpan op te stel. Dr Van der Waals het gesê: “ ’n Baie spesifieke baan word benodig om hierdie spoed te kan bereik. Hierdie baan moet lank genoeg, gelyk genoeg en hard genoeg wees vir ’n 8 ton-voertuig, met soliede aluminiumwiele, om veilig te kan versnel om hierdie spoed te bereik, en ook om betyds te kan stop.”

Die BLOODHOUND SSC-projek se hoofdoel is ’n opvoedkundige rit wat op die stimulering van belangstelling in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde (STEM) by skoolleerders fokus. Hierdie rekordpoging vind in ’n baie spesifieke, biofisiese konteks plaas waaroor daar nog nie baie navorsing gedoen is nie. Die Hakskeenpan-uitdaging het ten doel om baie relevante en nuwe inligting oor die grondtoestande van die baan in te samel. Hierdie inligting sal aan die BLOODHOUND SSC-span, asook aan skole (UP with Science), en by wyse van populêre en eweknie-geëvalueerde publikasies gekommunikeer word. Een van die eerste doelwitte is om die chemiese, mineralogiese en fisiese parameter interaksie wat ’n baan lewer met ’n hoogteverskil van minder as 20 cm oor ’n afstand van 20 km, vanaf een kant van die pan tot aan die anderkant, te verduidelik.

Meer omtrent die BLOODHOUND SSCDie BLOODHOUND SSC is ontwerp om vinniger as die spoed van klank te beweeg. Dit word straalvliegtuig- en vuurpyl-metode aangedryf en het ’n slanke bakwerk, ongeveer 13, 4 m lank, met twee voorwiele in die bakwerk en twee agterwiele wat aan die buitekant van die bak gemonteer is in wielklappe. Dit weeg 7,5 ton en die enjins vervaardig meer as 135 000 perdekrag, wat ses keer meer is as die gekombineerde perdekrag van al die Formule Een-motors by die wegspringrooster! Die BLOODHOUND SSC verteenwoordig ’n kombinasie van motor- en lugvaarttegnologie: die voorste helfte bestaan uit ’n koolstofvesel skulpromp, soortgelyk aan die van ’n wedrenmotor, en die agterste helfte bestaan uit ’n metaalraamwerk en panele, soos wat in vliegtuie voorkom. Die motor sal onder die volle beheer van sy bestuurder, Andy Green, wees wanneer hy later vanjaar ’n poging gaan aanwend om ’n nuwe wêreldlandspoedrekord in die BLOODHOUND SSC op te stel. Green is ook ’n vegvlieënierloods in die Koninklike Lugmag.

Nav

orsi

ng

Page 38: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 238

Hoe om Afrika se sensoriese ervaring te bevredig

Prof Riëtte de Kock

Nav

orsi

ng

Het jy al ooit gewonder waarom mense een kossoort bo ‘n ander verkies? Die antwoord is natuurlik die smaak, maar dink ‘n bietjie – die tekstuur, klank, geur en voorkoms van kos speel ook ‘n fundamentele rol in ons keuse van kos. Saam met smaak staan hierdie vier elemente bekend as die sensoriese eienskappe van voedsel.

Prof Riëtte de Kock, verbonde aan die Departement Voedselwetenskap en die Instituut vir Voedsel, Voeding en Gesondheid (IFNuW) is al sedert 1990 betrokke by navorsing oor Sensoriese Voedselwetenskap. Die afgelope jare was die fokus van prof De Kock se navorsing gerig op die voedselsekerheidskwessies rakende Afrika suid van die Sahara. Sy pas die sensoriese wetenskap toe op inheemse en plaaslik relevante voedselbronne, insluitende graankosse, peulgewasse en dieretipes wat by die klimaat van Afrika aangepas is en wat potensieel voedsaam en bekostigbaar is.

Een voedingsuitdaging vir ontwikkelende Afrika is verstedeliking. Aan die een kant lei dit tot ’n welvarende stedelike lewenstyl, waar mense wegbeweeg van tradisionele stapelvoedsel na variante wat ’n meer bevredigende sensoriese ervaring bied. Ongelukkig is sulke dieetveranderinge geneig om lewenstylsiektes te veroorsaak, wat wissel van diabetes en kardiovaskulêre siekte tot hipertensie (hoë bloeddruk) en obesiteit (vetsug). Aan die ander kant bestaan baie arm stedelike huishoudings se dieet hoofsaaklik uit graangebaseerde pap, wat te min proteïene en noodsaaklike mikrovoedingstowwe bevat.

Prof De Kock se span het daarop gereageer deur moderne voedselsoorte te ontwikkel wat gebaseer is op tradisionele Afrikagewasse wat baie voedsaam en plaaslik beskikbaar is.

’n Uitdaging vir die span is egter dat, vergeleke met moderne alternatiewe, tradisionele Afrikavoedselprodukte oor die algemeen nie dieselfde bevredigende sensoriese ervaring as moderne voedselsoorte bied nie. Groen blaargroente van Afrika is byvoorbeeld ryk aan vitamiene en minerale wat noodsaaklik is vir groei en ontwikkeling, maar dit het dikwels ’n bitter smaak. ’n Stapelvoedsel wat goed groei, soos volgraansorghum is ook voedsaam, maar omdat dit meesal ’n sterk geur en korreltekstuur het, word dit dikwels met meer verfynde alternatiewe vervang. Navorsing toon ongelukkig dat as voedsel nie bevredigend is wat sensoriese eienskappe betref nie, dit nie verbruik sal word nie, ongeag hoe voedsaam dit is. Voedselprodukte moet daarom nie net voedsaam genoeg wees nie, maar ook aantreklik en aptytwekkend. Om die sensoriese ervaring van voedselsoorte van hierdie tradisionele gewasse te verbeter, gebruik prof De Kock en haar kollegas moderne voedseltegnologieë, soos om deur uitperskookmetodes en mikronisering, voedselprodukte te ontwikkel wat op tradisionele voedsel gebaseer is, maar aan die moderne smaakbehoeftes voldoen. Die span het byvoorbeeld nuwe, saamgestelde graan-peulgewasprodukte ontwikkel wat ’n hoër proteïeninhoud het, soos pappe en versnaperings.

Maar, soos prof De Kock opmerk: ‘Daar is baie min goeie wetenskaplike dokumentasie oor die smaakeienskappe van sommige van die tradisionele Afrikavoedselprodukte beskikbaar.’ Om moderne weergawes van hierdie tradisionele voedselsoorte te skep, moet navorsers gevolglik tyd in landelike gemeenskappe deurbring om toegang te kry tot tradisionele resepte van die ‘gogos’ van die gemeenskappe. Die span gebruik ook fasiliteite op UP se Mamelodikampus om ’n groter groep teikenverbruikers te bereik.

Die UP-span se visie is veelvlakkig van aard: Eerstens is die bedoeling om die diëte van Afrikagemeenskappe te verbeter. Tweedens fokus hul navorsing op die ontwikkeling van gereed-om-te-eet-produkte en produkte wat nie lank gekook hoef te word nie, om vir die verbruiker tyd en die gepaardgaande koste van hoë energieverbruik te bespaar. Boonop, deur moderne voedselsoorte te ontwikkel wat van plaaslik relevante bestanddele gemaak word, sal die vraag na produkte van kleinskaalse boere toeneem, wat die boere dan ook sal bemagtig en bevoordeel. Hierdie navorsingspan kry beslis lewensvatbare oplossings vir sowel die voedsel- as die armoede-uitdaging waarmee Afrika te doen kry.

Prof De Kock en haar sensoriese-evaluasienavorsingspan help toonaangewende voedselmaatskappye ook met die ontwikkeling van voedselprodukte. ’n Spesiale laboratorium, waar ’n groep opgeleide en ervare sensoriese paneellede voedselprodukte volgens gestandaardiseerde prosedures evalueer, is ’n belangrike deel van die navorsing. Die Afdeling Sensoriese Navorsing aan UP doen kontraknavorsing vir die voedselbedryf, konsulteer en ontwikkel en bied kortkursusse aan as deel van Business Enterprises at UP (Pty Ltd) (BE@UP).

Prof De Kock het ‘n C2-gradering van die NNS en is studieleier vir verskeie nagraadse studente. Sy is ook die skrywer van talle publikasies in internasionale eweknie-geëvalueerde vaktydskrifte, dien as die huidige Navorsingsvoorsitter van die Europese Sensoriese Netwerk (www.esn-network.com), en is lid van verskeie internasionaal erkende liggame.

Page 39: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 239

Mentorskap is noodsaaklik vir suksesvolle grondhervorming in Suid-Afrika

Dr Fanie Terblanche

Nav

orsi

ng “Effektiewe mentorskap van nuwe boere is ’n sleutelfaktor in suksesvolle grondhervorming. Ons kan nie enige verdere grondhervormingsmislukkings bekostig nie.” Dít is die mening van ’n kundige op die gebied van die mentorskap van boere, dr Fanie Terblanche, verbonde aan die Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling

“Omdat voedselsekerheid wêreldwyd ’n ernstige bekommernis is, en des te meer in Suid-Afrika, benodig ons suksesvolle en produktiewe boere wat ’n positiewe bydrae kan lewer.”

Dr Terblanche het onlangs navorsing oor suksesvolle grondhervorming en mentorskapprojekte in Suid-Afrika onderneem. Met die ondersteuning van verskeie rolspelers het is daar 15 mentors en 21 nuwe boere geïdentifiseer wat betrokke is by suksesvolle mentorskap. Hy het elke mentor en elke nuwe boer persoonlikbesoek en onderhoude met hulle gevoer. Die suksesverhale wat hulle met hom gedeel het is ’n duidelike aanduiding dat die mentorskap van nuwe boere ’n sleutelfaktor tot suksesvolle grondhervorming is.

Een van die interessante bevindings van die navorsing was dat dit ongeveer drie jaar, en in sommige gevalle selfs so lank as vyf jaar, geneem het vir die projek (plaas) om finansieel suksesvol te wees.

“Dit bevestig dat volhoubare boerdery as ’n besigheid nie ’n maklike pad is om te loop nie en dat mentorskap nie ’n kitsoplossing is nie. Die ontwikkeling van ’n volhoubare bedryfs-/sakeplan vir ’n boerdery, met die ondersteuning van ’n mentorskapprogram is ’n langtermynonderneming.”

Volgens dr Terblanche het die mentors en die nuwe boere bevestig dat geen grondhervormingsprojek en

mentorskapprogramme suksesvol wees sonder ’n uitvoerbare en volhoubare besigheidsplan (boerderyplan) nie. “Daar bestaan genoeg bewyse van grondhervormingsprojekte met mentorskapprogramme wat misluk het omdat hulle geen sakeplan gehad het nie, of omdat die sakeplan onrealisties (onuitvoerbaar) was. Mentors en nuwe boere, moet in samewerking met ander rolspelers, die sakeplan ontwikkel. Die mentors, sowel as die nuwe boere, moet dieselfde begrip hê van die sakeplan en moet ’n gemeenskaplike visie hê wat betref die toekoms van die boerdery-onderneming.”

“Verder is nuwe boere wat met ’n nuwe boerdery-onderneming met onrealistiese en onuitvoerbare verwagtings begin, tot mislukking gedoem. ’n Mens kan groot droom, maar moet realisties wees. Hoe meer gesofistikeerd en intensief die onderneming is, byvoorbeeld kweekhuisproduksie, hoe meer realisties moet dit wees. Top, ervare en opgeleide boere in die kweekhuisbedryf meen dat dit hulle ten minste vier tot vyf jaar geneem het om die kweekhuis-kultivering te bemeester.”

Die navorsing het ook bewys dat die beskikbaarheid van noodsaaklike infrastruktuur en die nodige toerusting ononderhandelbaar is ten einde ’n plaas suksesvol te kan bestuur. ’n Toegewyde plaaswerker na wie daar goed omgesien word, is ook onontbeerlik. Nog ’n belangrike element in effektiewe mentorskap wat in aanmerking geneem moet word, is dat geen plaas sonder finansiële steun bedryf en bestuur kan word nie. ’n Finansiële plan, wat deel uitmaak van die sakeplan, is noodsaaklik. Finansiële instellings (banke) moet nuwe boere ondersteun met lenings /krediet. Regeringstoelae moet betyds beskikbaar gestel word volgens die sakeplan en nie maande of selfs jare te laat nie.” Dr Terblanche het bevind dat nuwe boere toegang tot markte moet hê vir hul produkte. ’n Kontrak, gekoppel aan ’n mark is tot ’n mate ’n versekeringspolis vir sukses.

“In 85 persent programme, is mentorskapprogramme deur òf ’n nuwe boer, òf deur ’n mentor inisieer, en nie deur ’n buitestaander of ’n organisasie nie. In slegs 15 persent van die gevalle het ’n organisasienuwe boere en hul mentors by mekaar uitgebring.”

Dr Terblanche het afgesluit deur te sê dat in die meerderheid van die langtermyn mentorskapprogramme, mentors en nuwe boere vennootskappe gevorm het. “In sommige van die mees suksesvolle projekte het die mentor ’n Trust-lid geword met aandele in die familie-onderneming. Indien die nuwe boer geld verloor, dan verloor die mentor ook geld. Wanneer daar ’n wins is, dan deel hulle dit. Die nuwe boer bly egter steeds verantwoordelik daarvoor om die plaas te bestuur.”

Page 40: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 240

UP navorsing toon dat luiperdgetalle kwesbaar is Mnr Dave Powrie, mnr André Burger (Hoofuitvoerendebeampte van Welgevonden) en dr Lourens Swanepoel met ’n luiperd wat gevang is.

Nav

orsi

ng

Dr Lourens Swanepoel, onder leiding van prof Michael Somers en dr Fredrik Dalerum van UP se Sentrum vir Natuurlewebestuur, het ’n paar jaar gelede besluit om as deel van sy PhD die oorlewingsyfer, asook die oorsake van luiperdsterftes in suidelike Afrika te ondersoek. Voor dr Swanepoel se navorsing was daar weinig wetenskaplike kennis oor hierdie spesie se oorlewingskanse beskikbaar. Die enigste data wat beskikbaar was, het voortgespruit uit twee studies wat dateer uit die laat 1970’s en een gedurende die vroeë 2000’s. Dr Swanepoel is tans ’n Buitengewone Dosent aan die Universiteit van Pretoria.

Dr Swanepoel se versameling van inligting het ’n hartseer feit na vore laat kom – luiperds se oorlewingskanse is onder druk, hoofsaaklik as gevolg van menslike aktiwiteite. Die doelwitte van sy studie het onder andere ingesluit om te verstaan hoekom luiperds se oorlewingskanse so laag is, asook om die bestaande stelsels vir wildlewebestuur te ondersoek om die moontlike redes vir die lae oorlewingsyfer te bepaal. Hy het kort voor lank besef dat verbeterde bestuursingrypings noodsaaklik is om te verseker dat sy kinders en

toekomstige geslagte eendag die voorreg sal hê om wild wat vrylik in die veld rondbeweeg, te sien.

Daar is bevind dat die oorlewingsyfer van luiperds in beskermde, sowel as onbeskermde gebiede laag is as gevolg van verskeie redes, onder meer: trofeejag, die doodmaak van probleemluiperds en stropery vir velle. Dr Swanepoel beskou die wettige en onwettige doodmaak van sogenaamde ‘probleemluiperds’ as die mees kommerwekkende rede vir die afname in getalle. Luiperds se sosiale stelsels, wat baie kompleks en stabiel is, word telkens ontwrig as ’n luiperd doodgemaak word. Afgesien van die verlies van die dier, lei die ontwrigting van die sosiale stelsel tot hoë vlakke van intraspesifieke konflik, wat gewoonlik tot verdere sterftes lei. Die kompleksiteit van die probleem word vererger deur mense se diepgewortelde menings oor roofdiere. Groot karnivore word al jare lank beskou as ongediertes en is ’n ergernis vir vee- en wildboere en moet dus uitgeroei word. Omdat luiperds se habitat in beide beskermde en onbeskermde gebiede is, is hulle dikwels slagoffers van toevallige,

Page 41: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

Luiperds

3 2 3 241

Navorsing

sowel as nie-toevallige sterftes. Toevallige sterftes sluit strikke en padsterftes in. Nie-toevallige sterftes sluit doelbewuste pogings in om van hulle ontslae te raak deur middel van trofeejag of om die sogenaamde probleemluiperds op vee- en wildplase dood te maak.

Luiperds se jaggebied strek wyd en hulle beweeg dikwels oor vee- en wildplase waar kleiner diere ʼn maklike prooi is. Veeplase is gewoonlik makliker om te bestuur, en maniere om luiperds van die plase af te hou, sluit in waghonde en geskikte heinings in en is maklik om toe te pas.

Dieselfde geld egter nie vir wildplase nie en dit blyk dat die vinnige uitbreidingvan die wildplaasbedryf ʼn uiters negatiewe uitwerking op luiperdgetalle het. Wildplase is nie geskikte terrein vir waghonde nie, omdat waghonde nie wild, soos bokke, kan oppas nie. Wildplase is dikwels ook heelwat groter as veeplase en is dus baie moeiliker, maar nie onmoontlik om te bestuur nie. Dr Swanepoel voer aan dat ’n groot persentasie wildplase as sakeondernemings bedryf word en dat besluite op winsoorwegings gebaseer is. Dit is deesdae die algemene praktyk van wildboere om groot bedrae geld op rasse soos swart impalas en ander duur kleurvariante te spandeer. Boere neem hul toevlug tot drastiese maatreëls om hierdie ‘kommoditeite’ te beskerm. Om permitte te kry om van luiperds ontslae te raak, is nie te moeilik nie, omdat dit volgens wet as saakbeskadiging beskou word as ’n roofdier enige wilde dier doodmaak. Volgens dr Swanepoel, behoort boere wat miljoene rande aan eksotiese diere spandeer voldoende voorsorgmaatreëls te tref om hulle te beskerm. Helaas tref boere nie altyd voldoende voorsorgmaatreëls nie, wat daartoe lei dat luiperds dikwels onbillik as ‘skadeveroorsakend’ geklassifiseer word. Dieselfde geld vir die meeste groot karnivore in Suid-Afrika.

Dr Swanepoel se data toon dat die uitwissing van luiperds op wild- en veeplase, ʼn groot uitwerking op luiperds se oorlewingsyfer het. Volwasse wyfies ly veral swaar daaronder, wat weer ʼn dramatiese uitwerking op die lewensvatbaarheid van die populasie het – selfs

al beweer die publiek en boere dat die aantal luiperds besig is om toe te neem.

Die bestudering van luiperds is egter ’n reuse taak en data hieroor is beperk. Daar is ’n geweldige gaping tussen wetenskaplike navorsing en die toepassing daarvan op grondvlak. Die strekking van navorsers se werk is beperk en is gewoonlik op die publikasie van hul navorsing gemik. Hoe die navorsing versprei en ontvang word, is dikwels buite die navorser se beheer. Die ideaal is dat regerings betrokke is by die toepassing van behoorlike bestuur en implementering tot die aanvaarding tot wetenskaplike navorsing sal bydra.

Al die data wat voorgehou is in dr Swanepoel se studie, is verdedigbaar. Volgens hierdie data alleen skyn luiperdgetalle en -oorlewing kwesbaar te wees eerder as ’n saak waaroor daar die ‘minste kommer’ bestaan, soos wat voorheen aangevoer is. Dr Swanepoel meld dat daar ook ander faktore bestaan wat luiperdgetalle laat afneem, maar wat nie in sy studie ingesluit is nie. Dit sluit in: luiperdstropery vir moetie en vir die diere se velle. In Suid-Afrika het die Zoeloepraktyk om luiperdvelle by godsdienstige geleenthede te dra, ʼn groot uitwerking op die vermindering van luiperdgetalle.

Volgens dr Swanepoel se bevindings bestaan daar beslis rede tot kommer oor die oorlewingskanse van luiperds in suidelike Afrika. Die feit dat die geskikte habitat dikwels nie in beskermde gebiede geleë is nie, veroorsaak dat hulle getalle verder bedreig word. Onetiese jagters en boere voorspel ook niks goeds vir luiperds nie. Op hierdie stadium is een ding seker – die sterftesyfer van hierdie ontwykende dier is ’n direkte gevolg van mense se aktiwiteite. Dr Swanepoel se navorsing bied egter ʼn mate van hoop deur suksesvol aan te toon hoe roofdiere – en die luiperd in die besonder – kan aantoon waar wildbestuur tot probleme aanleiding gee. As hierdie bestuurskwessies aandag geniet, sal die luiperdbevolking heel waarskynlik herstel.

Page 42: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 242

In M

emor

iam

Bekende statistikus en voormalige UP-professor oorlede

Prof Leon Vivier

Afsterwe van prof Herbert Willy KunertDit is met diepe leedwese dat ons die afsterwe van prof Herbert Kunert (Departement Fisika) bekendmaak. Hy het kort voor sy afsterwe ’n nood-hartomleidingsoperasie ondergaan en is op 14 Junie 2015 oorlede nadat komplikasies ingetree het.

Prof Kunert is in 1943 in Poland gebore, waar hy ook sy universiteitsgrade behaal het. In 1986 is hy deur die Hoof van die Departement Fisika, prof Jan van der Merwe, as ’n senior navorsingsgenoot by die Universiteit van Pretoria aangestel. In 1989 het hy by die akademiese onderrigspan van die Departement Fisika van die Universiteit van Pretoria aangesluit as ’n senior lektor. In 2008 hy as medeprofessor in die Departement afgetree. Na sy aftrede is prof Kunert deur die Departement aangestel as ’n deeltydse navorser en studieleier vir nagraadse studente. Hy het oor ’n C-gradering van die NRF beskik.

Prof Kunert het die grootste deel van sy navorsingsloopbaan gewy aan die ondersoek

van die verskillende kenmerke van materiale

deur die gebruikmaking van groepteorie.

Gedurende die vroeë jare van sy loopbaan

het hy ondersoek ingestel na die kenmerke

van materiale wat vloeistofkristaltoepassings

vertoon. In daardie tyd het vloeistofkristalle

net begin bekend raak in die fisika en

aansienlike navorsing het op hierdie gebied

plaasgevind om die materiaal te vervolmaak

vir die vervaardiging van kommersiële

toestelle.

Sy samewerking met prof Jan van der Merwe

het die verskuiwing van sy navorsing na

soliede toestand epitaksie en die invloed

van wanpasontwrigtings tot gevolg gehad.

Toe die navorsing in die Departement

Fisika verander het na die bestudering van

ioonbestraling van halfgeleier materiale, het

Prof Kunert ondersoek ingestel na hierdie

effekte, wat ook optiese veranderinge insluit,

deur die gebruikmaking van groep-teoretiese

metodes. Van die mees opwindende

navorsing wat prof Kunert gedoen het, was

gedurende die laaste deel van sy loopbaan, toe hy begin ondersoek instel het na die fase-oorgange en tyd-omkeersimmetrie in magnetiese materiale. Prof Kunert het meer onlangs ook met navorsers by die WNNR saamgewerk om navorsing te doen oor na die praktiese toepassings van nano-materiale.

Baie van ons, kollegas en studente, onthou met groot geneentheid vir Herbert Kunert. Hy was ’n ware akademikus wat diep en wyd gedink het.

Prof Herbert Kunert

Prof Leon Vivier (77), ’n voormalige professor in Statistiek en Ekonometrie aan die Universiteit van Pretoria is op 9 April 2015 oorlede. Hy word oorleef deur sy vrou, Hendrien, drie kinders en vyf kleinkinders.

Leon Viviers was ’n professor in Statistiek en Ekonometrie vanaf 1986 tot met sy aftrede in 1999. Hy het in 1960 ’n BSc-graad in Statistiek en in 1963 ’n BCom-graad behaal. Voorts het prof Viviers in 1965 ’n honneursgraad in Statistiek, asook ’n MCom (Statistiek) in 1969 en ’n doktorsgraad in (Statistiek) in 1975 behaal. In 1977 het hy boonop ’n BCom (Hons) in Ekonomie behaal.

Prof Viviers het in 1961 sy loopbaan afgeskop as ’n navorser by die Sentrale Statistiekdiens, waarna hy onderskeidelik by die Mielieraad en Sasol gewerk het as statistikus. In 1969 het hy hom by die Universiteit van Pretoria aangesluit as lektor en is later tot Senior lektor bevorder. Prof Viviers was ook vanaf 1976 tot 1981 Hoofstatistikus by die Sentrale Statistiekdiens, waarna hy as Direkteur by die Sentrale Ekonomiese Adviesdiens aangesluit het. Vanaf 1986 tot 1999 was hy professor in Statistiek en Ekonometrie aan UP. Prof Viviers was studieleier en promotor vir etlike meestersgraad- en PhD-studente. Voorts was hy ook ’n stigterslid van STATOMET, die Buro vir Statistiese en Opnamemetodologie by die Departement Statistiek.

Vanaf 1999 tot 2002 was prof Viviers betrokke by die ekonomiese ontwikkeling van die Blaauwberg Munispaliteit en die Stad Kaapstad. Hy was ook tot onlangs baie bedrywig as konsultant en was veral betrokke by die opleiding by klein besighede en het ook daar as mentor opgetree.

Prof Vivier was baie betrokke by hoëprofielprojekte en publikasies soos onder andere die ontwikkeling van ’n inflasie-barometer vir Suid-Afrika.

Page 43: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 243

Finale totsiens aan prof Nathanaël Grobbelaar

Prof Nathanaël Grobbelaar

Prof Nathanaël Grobbelaar, is op 4 Januarie 2015 oorlede. Hy word deur sy vrou Hanneke, vier kinders en agt kleinkinders oorleef.

Prof Grobbelaar was ’n voormalige professor en ook Hoof van die Departement Plantfisiologie en Biochemie (1958 tot 1986) en later ook van die Departement Plantkunde aan die Universiteit van Pretoria. Hy het ook die Bertha Stoneman Leerstoel by die Universiteit vanaf 1959 tot 1985 beklee.

Prof Grobbelaar is op 27 Augustus 1928 gebore en behaal sy matriek aan die Pearson Hoërskool in Port Elizabeth. Hy ontvang ‘n beurs as beste leerling in die Oos-Kaap en behaal later die grade BSc in Chemie en Plantkunde aan die Universiteit van Rhodes cum laude en MSc in Plantbiochemie (1952), ook cum laude, aan die Universiteit van Pretoria. Hy ontvang die gesogte Rockefeller Navorsingsbeurs en vertrek na die VSA waar hy in 1954 sy PhD in Plantbiochemie aan die Cornell Universiteit. Die resultate van prof Grobbelaar se navorsing oor die biosintese van aminosure, asook sy eiesoortige werk oor stikstofgaswisseling van siaane bakterieë en plante, kom steeds in hedendaagse internasionale hoofstroomhandboeke voor. Hy word ook internasionaal erken vir sy werk op die gebied metaboliese regulasies van plantmetaboliete, veral giftige verbindings, sowel as vir sy navorsing oor broodbome.

Hy het op verskeie internasionale komitees en rade gedien, insluitend die American Assosiation for the Advancement of Science, die Association pour l’Etude Taxonomique de la flora d’Afrique Tropicale, die American Society of Plant Physiologists en The Botanical Society of America. Prof Grobbelaar was ook die president/voorsitter van verskeie organisasies insluitend The International Union of Biological Scientists, die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Wetenskap, die Professionele Raadgewende Raad van die SA Raad vir Natuurwetenskaplikes, die SA Genootskap van Plantkundiges, asook die Broodboomvereniging van Suid-Afrika. Hy was ook een van die stigterslede van die SA Tydskrif vir Plantkunde, wat tans as ʼn hoogaangeskrewe internasionale tydskrif erken word.

Prof Grobbelaar het ook verskeie toekennings en pryse vir sy navorsingsbydraes ontvang, onder andere die Junior Kaptein Scott-medalje en die Havenga-prys van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns. Hy is een van die min Suid-Afrikaanse navorsers wie se naam in die Marquis’ Who’s Who in the World opgeneem is. Hy was outeur en mede-outeur van meer as 185 artikels in wetenskaplike en algemene tydskrifte en van 12 boeke, insluitend die wydgelese Cycads: with special reference to the Southern African Species.

Sy logiese, nugtere, objektiewe en entoesiastiese benadering tot navorsing was ’n baie besondere gawe. Sy eerlike, reguit opinie oor sake was dikwels ’n besprekingspunt onder sy vriende en oud-kollegas is. Hy het dikwels vir sy kollegas poetse gebak en dit na die tyd met groot humor oorvertel. Prof Grobbelaar se geliefde aanhaling deur Louis Pasteur was waarskynlik:

“Op die gebied van waarneming, begunstig geluk alleenlik die voorbereide gees.”

Prof Nathanaël Grobbelaar was ’n uitsonderlike leidende figuur, rolmodel en inspirasie vir baie natuurwetenskaplikes, jonk en oud.

In M

emor

iam

Page 44: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 244

Prof Peter Best, walvis- en dolfynkenner, sal onthou word

Prof Peter Best

In M

emor

iam

Professor Peter Best, ’n buitengewone professor en voormalige hoof van die Universiteit se Walviseenheid by die Soogdiernavorsings-instituut, is op 22 April 2015 oorlede.

Prof Best, wat as die wêreld se vooraanstaande kenner van walvisse en dolfyne in die Suider-Afrikaanse gebied beskou was, is in 1939 in Londen gebore en het sy skoolloopbaan in 1957 aan Bradfield College in Berkshire, Engeland voltooi. Voordat hy met sy universiteitsopleiding begin het, het hy twee somers by die Antarktiese walvisfabriek Balaena as ’n skeikundige assistent gewerk, en een winter by die Saldanha-walvisstasie naby Kaapstad, waar hy biologiese monsters versamel het en veral volledige inligting ingesamel het oor die Bryde-walvis, waaroor min bekend is.

Nadat hy in 1962 ’n BA-honneursgraad aan Cambridge-universiteit voltooi het, is hy as ’n walvisnavorsingsbeampte by die Suid-Afrikaanse Visseryontwikkelings-korporasie in Kaapstad aangestel, waar hy tot in 1969 werksaam was. In 1971 is hy deur Cambridge-universiteit met ’n PhD beloon vir sy tesis getitel ‘Studies of South African Cetacea with special reference to the sperm whale (Physeter catodon)’. Dit was een van die heel eerste grade wat dié universiteit toegeken het vir veldwerk wat elders onderneem is (die graad wat Jane Goodall vir haar navorsing oor sjimpansees ontvang het, was nog een). Tussen 1969 en 1984 is hy opeenvolgend as ’n Professionele, Senior- en Hoof Professionele Beampte by die Navorsingsinstituut vir Seevissery in Kaapstad aangestel, waar hy in beheer was van navorsing oor seesoogdiere. In 1985 het hy by die personeel van die Universiteit van Pretoria se Soogdiernavorsingsinstituut aangesluit – eers as ’n Antarktiese/Senior Navorsingbeampte vanaf 1985 tot 2004, en daarna as ’n buitengewone professor.

Prof Best was ’n toonaangewende figuur op die gebied van seesoogdiernavorsing, nie net plaaslik nie, maar in die wêreld. Volgens sy internasionale kollegas was hy een van die beste setasee-veldbioloë ter wêreld – indien nie die heel beste nie. Sy ondervinding in die veld was omvattend en het die volgende ingesluit: die ondersoek van spesimens by walvisstasies in Suid-Afrika en in die see by Antarktika; die merk van walvisse aan die Suid-Afrikaanse kus en in die Indiese Oseaan; deelname aan opnames oor die waarneming van groot walvisse in die Antaktiese gebied en die Wes-Indiese Oseaan; en opnames van pelsrobbe wat vanaf skepe en uit die lug aan die Suid-Afrikaanse weskus en die Namibiese kus gedoen is.

Sy bekendheid berus egter waarskynlik hoofsaaklik op die omvattende lugopnames van suidelike noordkappers in die Suid-Afrikaanse kusgebiede, waar hy tussen 1969 en 1987 opnames vanuit vastevlerkvliegtuie gedoen het, en fotografiese opnames per helikopter tussen 1979 en 2004. Hy was tot in 2014 in ’n toesighoudende hoedanigheid by dié program betrokke. Hierdie navorsingsprogram, wat nou reeds 36 jaar lank bestaan, het die merkwaardige herstel van hierdie walvispopulasie gevolg. Dit is ook een van die wêreld se bronne van navorsingsinligting oor groot walvisse wat die langste tydperk gedek het. Sy belangstelling in die biologie

van die noordkapper het gelei tot die gebruik van fotogrammetrie en genetiese en satellietopsporingstudies. Met behulp van studente wat onder sy toesig gewerk het, het prof Best verskeie projekte van stapel gestuur, byvoorbeeld strandgebaseerde opnames van migrerende boggelrugwalvisse aan die oos- en weskuste van Suid-Afrika, ’n intensiewe foto-identifiseringsprojek oor Heaviside-dolfyne tussen 1999 en 2001, en meer onlangs ’n studie oor noordkappers wat hul voeding langs die Suid-Afrikaanse weskus vind.

Gedurende sy tyd by die Soogdiernavorsingsinstituut het prof Best as studieleier vir ses PhD- en vyf MSc-studente opgetree. Hy was ’n gerespekteerde en hoog geagte lid van verskeie navorsingskomitees en forums, onder andere die Wetenskaplike Komitee van die Internasionale Walviskommissie tussen 1971 en 1982, waarna hy ’n genooide deelnemer was (en in 1982 en 1983 as ondervoorsitter gedien het); die Internasionale Unie vir Natuurbewaring (IUCN) / Spesieoorlewingskommissie (SSC) se Groep Spesialiste oor Walvisse tussen 1971 en 1975; die IUCN/SSC se Groep Spesialiste oor Robbe tussen 1983 en 1986; en die IUCN/SSC se Groep Spesialiste oor Setasee vanaf 1985. Hy was ’n mederedakteur van Marine Mammal Science tussen 1985 en 1995, en ’n lid van die Vereniging vir Seesoogdierkunde se Komitee van Wetenskaplike Adviseurs vanaf 2003. Hy het meer as 160 referate in portuurbeoordeelde vaktydskrifte gepubliseer. Sy hoogs invloedryke boek getitel Whales and Dolphins of the Southern African Subregion is in 2007 deur Cambridge University Press gepubliseer. Dit was ook die jaar waarin hy as Konferensievoorsitter opgetree het tydens die 17de Tweejaarlikse Konferensie oor die Biologie van Seesoogdiere wat in Kaapstad gehou is.

Onder die talle toekennings wat prof Best ontvang het, was die Cape Times se Eeufeesmedalje (1993), die goue medalje van die Soölogiese Vereniging van Suider-Afrika (1998), the Gilchrist-gedenkmedalje (2005) en die Universiteit van Pretoria se Gedenkmedalje vir Navorsing (2008). In 2004 is hy verkies as ’n Genoot van die Koninklike Vereniging van Suid-Afrika.

Prof Best is in Junie 1974 met Margaret Ann Ralph (Maggi) getroud en word deur haar en hul twee kinders, Robert en Alison, oorleef.

Page 45: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 245

Geb

eure

en

Konf

eren

sies

Afbreek van mure tussen wiskundiges en bioloë

Van links: Prof Jacques Belair (Université de Montréal, Kanada), prof Eduard Lungu (Universiteit van Botswana), mnr Benjamin Lephodisa (Universiteit van Botswana), dr Justin Munganga (Unisa) en prof Roumen Anguelov (Hoof: Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde, UP).

Van Iinks: Dr Jeanine Mwambakana (UP), prof Pauline Van den Driessche (Universiteit van Victoria, Kanada), prof Jean Lubuma (Dekaan: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, UP), mev Stella Mugisha (Unisa) en prof Riette Maritz (Unisa).

Sedert die stigting daarvan in Augustus 2013 het die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel-inisiatief (SARChI), die Leerstoel in Wiskundige Modelle en Metodes in Bioingenieurswese en Biowetenskappe (M3B2), daarna gestreef en gewerk om samewerking tussen wiskundiges en bioloë te versterk.

’n Mylpaal in hierdie opsig was die tweede gesamentlike Universiteit van Suid- Afrika (Unisa)-Universiteit van Pretoria (UP) Werkswinkel oor Teoretiese en Wiskundige Epidemiologie wat vroeg in Maart by UP gehou is. Die doel van die werkswinkel was om te streef na die opbou van plaaslike kundigheid wat gevolg het op die eerste werkswinkel wat in 2014 gehou is. ’n Verdere doel was om unieke interdissiplinêre insigte te genereer betreffende nuwe en ouer vorme van siektes soos tuberkulose, MIV/VIGS en ander oordraagbare siektes, wat ’n groot bedreiging vir ontwikkeling in Suid-Afrika en ander Afrikalande inhou.

Die werkswinkel het op die formulering van gevorderde deterministies/stogastiese epidemie-modelle in verskillende situasies gefokus, soos byvoorbeeld vertragings-modelle, metapopulasiemodelle en vektor- en waterdraende siektes. Maar daar is ook op sommige gevallestudies, insluitend nuwe siektes en ouer vorme van nuwe siektes soos Ebola, Leishmaniase van die huid, Ingewandskoors, Tuberkulose (TB), Afrika-tripanosomiase en Lipodistrofiesindroom gefokus. Die werkswinkel het ook die impak van maatreëls wat in plek gestel is vir die beheer van die verspreiding van aansteeklike siektes, benadruk. Die in-diepte kwantitatiewe en kwalitatiewe analise van die modelle, asook die ontwikkeling van gesondheidsbeleide is ook benadruk.

Vier hoëprofiel-navorsers, professore Christopher Kribs (Universiteit van Texas in Arlington), Farai Nyabadza (Universiteit van Stellenbosch), Pauline van den Driessche (Universiteit van Victoria) en  Abdul-Aziz Yakubu (Howard Universiteit), wat onder die bestes gereken word as kundiges met internasionale reputasies in Wiskundige epidemiologie, het sommige van die werksessies aangebied. Die werkswinkel het ook aanleiding gegee tot die ontginning van ’n kritiese hoeveelheid van plaaslike kundiges en ontluikende navorsers in Wiskundige Biologie. Groepsprojekte is tydens die werkswinkel

aan die deelnemers uitgedeel en die voorlopige resultate is op die laaste dag van die werkswinkel aangebied. Die onderwerpe wat gekies is, was baie aktueel en relevant tot die huidige probleme in die Suid-Afrikaanse situasie.

Unisa en UP, twee van die grootste universiteite in die streek voeg hulle hulpbronne saam om probleme in epidemiologie wat van nasionale belang is, te bespreek. Die werkswinkel is gekenmerk deur integrasie en interdissiplinêre samewerking onder die deelnemers.

Die organiseerders en die deelnemers aan die Tweede Gesamentlike Unisa-UP werkswinkel

spreek hulle dank teenoor die borge uit: DWT/NNS SANLI, die M3B2 Leerstoel, die Universiteit van Pretoria, die Kantoor van prof Mamokgethi Phakeng, Viserektor: Navorsing en Innovasie, Unisa, die DWT/NNS Sentrum vir Uitnemendheid in Wiskundige en Statistiese Wetenskappe (WeSS) en die Universiteit van die Witwatersrand.

Vir verdere inligting besoek http://www.up.ac.za/unisa-up-workshop

Page 46: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 246

Besoekende professore van Iowa State University deel hulle kundigheid

Mev Mariette Smith (Verbruikerswetenskap), mnr Amukelani Muthambi (Verbruikerswetenskap), mev Bertha Jacobs (Verbruikerswetenskap), dr Esther van der Spuy (Verbruikerswetenskap), prof Lakshman Rajagopal (ISU), prof Catherine Strohbehn (ISU), dr Gerrie du Rand (Verbruikerswetenskap) en prof Alet Erasmus (Hoof: Verbruikerswetenskap).

Voedselsekerheidnavorsing, die gepaardgaande uitdagings en samewerkende uitbreiding was die onderwerpe wat professore Cathy Strohbehn en Lakshman Rajagopal met fakulteitpersoneel en nagraadse studente gedeel het wat ’n mini-simposium oor Voedselsekerheid, Uitdagings en Geleenthede gedurende die laaste week van Februarie bygewoon het.

Die mini-simposium is deur die Departement Verbruikerswetenskap en die Instituut vir Voedsel, Voeding en Welstand (IFNuW), aangebied.

Prof Cathy Strohbehn is ’n uitbreidingspesialis en Professor in Gasvryheidbestuur by die Iowa State University (ISU), Ames, VSA, wat die afgelope paar jaar verskeie lofbetuigings ontvang het vir haar internasionale samewerking. Sy het haar waardevolle kundigheid betreffende uitbreiding en uitreiking in die VSA gedeel. Dit is ’n belastingondersteunende entiteit wat kredietwaardige nuttige en relevante inligting aan verbruikers en praktisyns voorsien. Dit word deur die Voeding- en Welstandspan behartig wat voedselsekerheid-hulpbronne en -opleiding aan die kleinhandel, plaaslike voedselsisteme en skoolgesondheid verskaf. Dit geskied in noue samewerking met staatsagentskappe en handelsvereniging-medewerkers.

Prof Lakshman Rajagopal, ook vanaf die Iowa State University, het verskeie voorbeelde van voedselsekerheid-navorsing wat in die voedseldiensveld in die VSA en by ISU gedoen is, gedeel Hy het waardevolle insette gelewer en die feit benadruk dat om voort te bou op bestaande navorsingsprojekte geleenthede vir nuwe onderwerpe skep, soos die hantering van blaargroente in verskillende voedseldiens-omgewings. Daarná kan visueel-gebaseerde opleidingmateriaal ontwikkel word ten einde voedseldienswerkers in ander tale op te lei.

Die rol van die IFNuW is deur prof Sheryl Hendriks uitgelig, wat die voedselsekerheid-tema beaam het. Dit is verder deur verskeie aanbiedings deur fakulteitslede van die departemente Verbruikerswetenskap, Mikrobiologie en Voedselwetenskap ondersteun.

’n Oorsig oor voedselsekerheid in Suid-Afrika is deur prof Lise Korsten aangebied. Die institusionele gaping in voedselsekerheid is ook uitgelig. Verskeie Institusionele Navorsingstema-projekte in die onderskeie departement is bespreek en verskeie navorsingsgeleenthede en moontlike samewerking is beklemtoon. Prof Elna Buys van die Departement Voedselwetenskap het dit beklemtoon dat navorsing in voedselsekerheid in Suid-Afrika noodsaaklik is ten einde die geldigheid van voedselsekerheid-prosesse en -sisteme in Suid-Afrika te verseker. Dr Gerrie du Rand het verslag gelewer oor ’n studie betreffende verbruikers se persepsies van voedselsekerheid soos wat dit verband hou met varsprodukte in beide die formele en informele sektore.

Professore Strohbehn en Rajagopal se besoek aan die UP het voortgespruit uit die Memorandum van Verstandhouding tussen UP en ISU. Iowa State University het jarelange bande met die Departement Verbruikerswetenskap by UP en werk saam op verskeie inisiatiewe en navorsingsprojekte, insluitend personeel en studente-uitruilings en sodoende word UP se profiel versterk. Alhoewel van hulle kollegas UP al voorheen besoek het, was hierdie die eerste besoek deur hierdie twee akademici aan Suid-Afrika. Hulle het die geleentheid verwelkom om hulle kundigheid betreffende voedselsekerheid en

navorsing met personeel en voor- en nagraadse studente in die Departement Verbruikerswetenskap te deel. Tesame met verskeie inligting-uitruilsessies in die Departement Verbruikerswetenskap, het die besoekers ook die studentekoshuise en UP se Voedseldiens by TUKS MONATE besoek. Mnr Hennie Fisher en die finalejaar Gasvryheidsbestuurstudente het ter ere van die ISU- gaste ’n spesiale viergang vegetariese maaltyd voorgesit. Op die spyskaart vir hierdie geleentheid was disse wat verskillende Suid-Afrikaanse kulture verteenwoordig het. Van ons inheemse flora is op totaal nuwe maniere tentoongestel deur gebruikmaking van bestanddele wat uit UP se eie kruietuin is.

Die ISU-gaste is ook bederf met ’n besoek aan by ’n groot kleinhandelaar ten einde insae te verkry oor hoe logistiek en veiligheidsprosedures in Suid-Afrika toegepas word. Die uitstappie is afgesluit met ’n besoek aan ’n klein artistieke kaasfabriek net buite Delmas.

Die kennis en kundigheid wat professore Strohbehn en Rajagopal met UP-personeel en -studente betreffende uitreiking en uitbreiding, voedselsekerheid en werk met plaaslike kosse gedeel het sal ons goed te pas kom, en dit beloof om groot potensiaal in te hou vir die ontsluiting van nuwe navorsingsgeleenthede en verdere samewerking tussen ons twee inrigtings.

Kom ons gun ons besoekers die laaste woord: “Met die afsluiting van ons eerste besoek aan Suid-Afrika en die Universiteit van Pretoria, keer ons huiswaarts met die wete dat ons twee instellings baie in gemeen het. Die uitruiling was baie nuttig, nie net in terme van professionele ontwikkeling nie, maar dit was ook persoonlik bevredigend van aard. Die voortsetting van die verhouding met u en ander UP- personeel is teweeggebring deur die geleentheid vir aangesig tot aangesig- gesprekke. Om dankie te sê klink so ontoereikend om ons waardering uit te druk; sien asseblief raak dat ons u vriendskap en samewerking waardeer.”G

ebeu

re e

n Ko

nfer

ensi

es

Page 47: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 247

Internasionale projek oor impak van verkryging van grond op grootskaal

Voor van links: Bettina Wolfgramm (CDE, Universiteit van Bern), Eve Fouilleux (CIRAD), Camilla Adelle (UP), Sandra Eckert (CDE, Universiteit van Bern en Sara Mercandalli (CIRAD). Agter van links: Sheryl Hendriks (UP, IFNuW), John Annandale (UP Plantproduksie en Grondkunde), Markus Giger (CDE, Universiteit van Bern), Ward Anseeuw (CIRAD/GovInn), Magalie Bourblanc (CIRAD), Perrine Burnod (CIRAD) en Michael van der Laan (UP Plantkunde). Afwesig van foto: Lorenzo Fioramonti (UP, GovInn) en Johann Kirsten (UP, Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling) en plaaslike Afrika-medewerkers.

Die een miljoen Euro AFGROLAND-projek is hierdie week tydens ’n projekspan-werkswinkel van stapel gestuur. Hierdie ambisieuse projek (“African Food, Agriculture, Land and Natural Resource Dynamics”), in die konteks van wêreldwye stelselveranderinge in agro-voedselenergie is deur middel van ’n mededingende internasionale bodproses toegeken en word deur die Belmont Forum befonds. Die projek het ten doel om te analiseer hoe die wêreldwye gedrewe stelselveranderinge in agro-voedselenergie wat plaasvind, Afrika-landbou en voedselsekerheid affekteer.

Die transdissiplinêre en inter-institusionele projek betrek navorsers van die UP se Sentrum vir die Bestudering van Regeringsbestuur-innovasie (Centre for the Study of Governance Innovation, GovInn), die Instituut vir Voedsel, Voeding en Welstand, IFNuW) en die Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling, asook hulle kollegas van CIRAD (Frankryk) en die Universiteit van Bern se Sentrum vir Ontwikkeling en Omgewing (Centre for Development and Environment (CDE)) in Switserland.

Die projek sal van gevallestudies in Kenia, Madagaskar en

Mosambiek gebruik maak om die ekonomiese, maatskaplike en

omgewingsgevolge te ondersoek wat veroorsaak word deur die

veranderinge in grondverbruikpatrone, soos wat dit deur wêreldwye

ontwikkelingstendense aangedryf word.

Projekleier, dr Ward Anseeuw, verduidelik dat die innoverende

projek munt slaan uit die Belmont Forum se model wat nasionale

navorsingsfondse oor lande heen saamvoeg ten einde ’n

betekenisvolle belegging in beleid en navorsing in die sosiale

wetenskappe te maak. Elke land se span word deur sy eie nasionale

navorsingstelsel befonds (in Suid-Afrika vind die befondsing plaas

deur middel van die Nasionale Navorsingstigting).

Die projek het ten doel om broodnodige insigte betreffende landelike

en voedselstelselveranderinge te voorsien wat as insae kan dien vir

wêreldwye beleidsbestuur.

Geb

eure

en

Konf

eren

sies

Page 48: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 248

Ion Mini Cooper op Afrika-safari besoek Hatfieldkampus

Navorsers en student bewonder die innoverende Ion Mini van Life Technologies.

Hoë verwerkingskapsasiteitopeenvolging van inligting floreer by die Universiteit van Pretoria (UP) met die Ioonstroomopeenvolgingfasiliteit (Ion Torrent Sequencing Facility) wat navorsingsondersteuning aan alle Lewenswetenskappe-projekte verleen. Navorsers verbonde aan die fakulteite Natuur- en Landbouwetenskappe, Gesondheidswetenskappe en Veeartsenykunde het groot voordeel getrek uit die uitmuntende datagehalte en die ondersteuning wat hulle ontvang het.

’n Pret-geleentheid wat vroeër vanjaar deur die Fasiliteit aangebied is, was ’n besoek van die Ion Mini-voertuig en verteenwoordigers van Life Technologies. Die Ion Mini is ’n doel-aangepaste Mini Cooper wat ’n ten volle funksionerende hoë-kapasiteitopeenvolgerverwerker, ’n databediener en verwante instrumentasie bevat. Met die byvoeging van elektrisiteit en gas vanuit ’n gespesialiseerde sleepwa, kan hierdie

voertuig gebruik word om hoë-kwaliteit verwerkingsdata op enige plek beskikbaar te stel, selfs in die veld, ver weg van enige geriewe. Navorsers verbonde aan die fakulteite Gesondheidswetenskappe en Veeartsenykunde het ook ’n seminaar oor die innoverende aanbiedings vir opeenvolgingverwante dienste wat by UP aangebied is, bygewoon.

Besoekers het ook die geleentheid gehad om kreatiewe foto’s van ’n miniatuur-model Ion Mini in ’n unieke omgewing te neem, met die kans om opwindende pryse te wen. Die skouspel van hierdie kar, geparkeer op die pragtige grasperk voor die FABI-gebou het verskeie belangstellendes nader gelok. Die kar het vir ’n paar maande deur Afrika getoer, maar hierdie rare groot besoek is ’n groot bekragtiging van die uitnemende diens wat deur die Ioonstroomopeenvolgingfasiliteit (Ion Torrent Sequencing Facility) verskaf word.

Geb

eure

en

Konf

eren

sies

Page 49: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 249

UP Sentrum vir Natuurrampe weer bekendgestel

Hoofborge van die Sentrum. Van links: Prof Anton Stroh (Viserektor: Institusionele Beplanning), mnr Simon Chikumbu (HUB, Aon RE Africa), prof Andrzej Kijko (Direkteur van UP se Natuurrampsentrum), mnr Rudolf Britz (Hoofaktuaris, Momentum), prof Cheryl de la Rey (Visekanselier en Rektor van die Universiteit van Pretoria) en mnr Colin van der Meulen (Hoofrisikobeampte en Hoofaktuaris, Munich Re).

’n Nuwe model van die Universiteit van Pretoria se Sentrum vir Natuurrampe in Afrika (voorheen bekend as die Aon Benfield Natuurrampsentrum, Afrika) was aan die einde van laasjaar weer bekendgestel, met die doel om voorsiening te maak vir sy strategieveranderinge.

Die Sentrum is in Julie 2008 gestig en is ’n multi-borgskap samewerking tussen die Universiteit van Pretoria (UP) en vennote uit die nywerheid. Die vennote sluit Aon Benfield, MMI Holdings en Munich RE in.

Die Sentrum doen uitstekende werk op die gebied van natuurrampe en risikomodellering. Onder die nuwe borgskapmodel sal die Sentrum egter in staat wees om sy fokus uit te brei en dit te vergroot om ’n breër spektrum van natuurrampe in te sluit wat betrekking het op die hele kontinent van Afrika. Dit sal ook voortgaan om sy dubbele rol van navorsing en onderrig op die gebied van natuurrampe te vervul. Voorts sal dit ook dien as sentrale inligtingspunt vir die ingenieurs-, rampbestuur- en versekeringsbedryf.

Prof Andrzej Kijko, Direkteur van die Sentrum, reken dat die huidige status van buurte in Haiti en Indonesië wat onlangs deur natuurrampe, soos aardbewings en tsoenami’s verwoes is, net so gelaat moet word omdat daar nie professionele versekering bestaan nie. Hy sê dat dit daartoe aanleiding gegee het dat die Sentrum met die versekeringsbedryf begin saamwerk het, wat ’n belangrike rol in rampherstel vertolk deur die fondse te bestuur en dit toe te wys aan mense wat deur die ramp geraak is.

Hy glo ook dat die uitbreiding van die Sentrum in Afrika ’n aanduiding is van die groei daarvan. Die Sentrum is versoek om die omvang van die aardbewing-ramp en die risiko van toekomstige aardbewings in noordelike Afrika te bereken, om ’n sintetiese seismiese gebeurekatalogus vir die hele oostelike Afrika te ontwikkel en om die moontlikheid van ʼn seismiese ramp vir Harare, Zimbabwe te evalueer. Die Sentrum het ook noemenswaardige vooruitgang in die tsoenami-rampevaluering vir Chili en die Mediterreense streek. ‘Hierdie projekte, asook ander, is met groot sukses voltooi. Ons is bevoorreg om ’n klein rol te kon vertolk in hierdie finansiële uitbreidings in Afrika in en ons sien daarna uit om nog baie

meer te doen in die jare wat voorlê,’ het prof Kijko gesê.

Volgens die Visekanselier en Rektor van die Universiteit van Pretoria, prof Cheryl de la Rey, is die nuwe ontwikkeling van die Sentrum in lyn met die sleutelbeginsels van die Universiteit se langtermynstrategie, UP 2025, wat die nasionale prioriteite van Suid-Afrika in ag neem. ’Die Sentrum sal hom steeds wy aan die bevordering van navorsing deur nagraadse studente en sal ook verskeie ander akademiese departemente betrek. Die Sentrum het kundigheid ontwikkel met betrekking tot die behoeftes van die mynbedryf en ook die versekerings-, risiko- en rampbestuurbedrywe. Die doelwitte van die nuut-ontwikkelde Sentrum rig die toekomstige werksaamhede van die Universiteit van Pretoria, en ook vir die land en die Afrikastreek as ’n geheel,’ het prof De la Rey gesê.

Volgens haar is dit belangrik vir Suid-Afrika en die Afrikastreek as ’n geheel om oor kundigheid te beskik wat op die bestuur van natuurrampe, soos byvoorbeeld droogtes en vloede konsentreer. Die Hoofuitvoerende beampte van Aon, Simon Chikumbu, het gesê dat hulle ’n aantal projekte in samewerking met die Sentrum in Suid-Afrika en selfs oor die grense heen, onderneem het. Hy het gesê dat Aon Benfield ook graag op vloede en hael in die nie-

seismologiese gebiede sal wil konsentreer. ‘Ons het heelwat gedoen met betrekking tot seismologie-gevalle en sal graag na ander areas wil beweeg, insluitend die oorweging van gemeenskapsrampkwessies. Ons het byvoorbeeld onlangs gesien hoe 2 000 gesinne by Kya Sands, Johannesburg ontwortel is ná die massiewe verwoesting van plakkershuise deur brande. Die mense het nie versekering gehad nie en ek dink dit is waar ons graag in die toekoms hulp sal wil verleen,’ het hy gesê.

In Suid-Afrika het die Sentrum ook betekenisvolle werk gedoen met betrekking tot die evaluering van die effek van mynbedrywighede en suurwater op die grootste damme in die land.

Die Sentrum het, in vennootskap met akademici van 12 verskillende universiteite en instansies in vyf lande, 14 navorsingsartikels in van die mees toonaangewende vaktydskrifte van regoor die wêreld gepubliseer.

Ter voldoening aan sy akademiese verpligtinge die afgelope ses jaar hier by die Universiteit, was die Sentrum gasheer vir 18 nagraadse studente, insluitende PhD-studente. Die studente kom uit ’n wye verskeidenheid agtergronde, byvoorbeeld geologie, versekering en aktuariële wetenskap, fisika en geoïnformatika.G

ebeu

re e

n Ko

nfer

ensi

es

Page 50: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 250

Wiskundiges deel hul idees

Mnr M Fasondini ontvang die prys vir die beste PhD-aanbieding van prof Jean Lubuma, Dekaan: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe (links).

UP-dosent deel van UNESCO-geleentheid

Dr Patricia Forbes (tweede van links) saam met ander opleiers.

Die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde het vroeër vanjaar die 39ste

Simposium oor Numeriese en Toegelate Wiskunde (39th Symposium of Numerical and Applied Mathematics (SANUM)) aangebied. Die simposium het ’n lang tradisie as ’n geleentheid in die wetenskaplike milieu in Suid-Afrika.

Getrou aan hulle tradisie, het die omvang van SANUM 2015 die volgende ingesluit: Gewone Differensiële Vergelykings, Modellering, Geassosieerde Numeriese Analise; Gedeeltelike Differensiële Vergelykings, Numeriese Analise; Biowiskunde; Beeldanalise; asook Optimisering en Optimale Beheer.

Daar is ook spesiale sessies in spesifieke navorsingsvelde aangebied, naamlik Optimisering en Beheer met Toepassings; Risiko-analise en Kwantitatiewe Finansies; asook in Approksimasieteorie en -toepassings.

Die sprekers by die voltallige sessies, almal hoëprofiel navorsers Suid-Afrika en oorsee, het die 76 deelnemers met ’n verskeidenheid onderwerpe vermaak: Prof Montaz Ali (Universiteit van die Witwatersrand), prof Jacek Banasiak (Universiteit van KwaZulu-Natal), prof

Claude Brezinski (Lille Universiteit, Frankryk), prof Abba Gumel (Arizona State University, USA), prof Andrzej Kijko (Universiteit van Pretoria), prof Alfred Stein (Universiteit van Twente, Nederland) en prof Andre Weideman (Universiteit van Stellenbosch).

Die formele verrigtinge is met ’n gala-ete by die Sheraton Hotel afgesluit, waar nagraadse studente pryse in die volgende kategorieë ontvang het:

• Beste PhD-aanbieding: Eerste prys: M Fasondini (UFS), Tweede prys: C Dufourd (UP)

• Beste MSc-aanbieding: Eerste prys: L Janse van Rensburg (UP)

• Beste Plakkaat-aanbiedings: Eerste prys: MH Tshokotsha (US), Tweede prys: A Lau (UP)

’n Hartlike woord van gelukwensing aan die plaaslike organiseringskomitee, met as voorsitters prof Roumen Anguelov en prof Nic van Rensburg en in besonder, aan dr Inger Fabris-Rotelli, die hoofadministrateur van die simposium.

Dr Patricia Forbes, verbonde aan die Departement Chemie was een van die opleiers by die onlangse “Verlig Afrika met Lasers, Optika en Optiese Vesels” (Lighting Up Africa with Lasers, Optics and Optical Fibres” (LUPA)) werkswinkel wat gedurende Maart 2015 in Carthage, Tunisië aangebied is. Hierdie gebeurtenis is ’n amptelike UNESCO Internasionale Jaar van Lig-geleentheid (International Year of Light).

Die doelwitte van die werkswinkel, wat deur prof Mourad Zghal, verbonde aan die Universiteit van Carthage georganiseer is, was om navorsing oor optika en fotonika by wyse van praktiese aktiewe leer te bevorder. Prof Philip Russell, verbonde aan die Max-Planck Instituut vir die Wetenskap van Lig, in Duitsland en President van die Optiese Vereniging van Amerika, het ’n voltallige lesing oor gevorderde lig-materie-interaksies in fotoniese kristalvesels aangebied. ’n Aantal genooide aanbiedings, asook lesings en praktiese sessies wat onderwerpe, insluitend die geskiedenis van optiese navorsing, eiesoortige laser-ontwikkelings en data-oordrag, deur die gebruikmaking van veseloptika, het deel van die werkswinkel uitgemaak.

Dr Forbes het ’n lesing en eksperimente aangebied, gebaseer op die SpecUP, ’n opvoedkundige spektrofotometer wat sy saam met Towan Nothling, ’n UP- student ontwikkel het. Vyf en veertig persone, insluitende studente en akademici afkomstig uit twaalf verskillende lande het die geleentheid bygewoon. SpecUP-stelle is aan die persone wat die werkswinkel bygewoon het, uitgedeel vir gebruik by Universiteite in Egipte, die Ivoorkus en Turkye na die geleentheid.

Kommentaar deur die studente nadat hulle die SpecUP gebruik het, was onder andere: “Ek het werklik hierdie aktiwiteit geniet. Ek het nooit kon dink dat praktiese eksperimente so bevredigend kan wees nie.” “Dit was ’n interessante ervaring en ek het nooit geweet dat dit so maklik is om ’n spektrofotometer te bou nie.”. “Dit sou fantasties gewees het as alle nagraadse studente in chemie hier in Tunisië in hierdie eksperiment kon deel. Ons het meer sulke praktiese eksperimente nodig”. 

Die netwerk van SpecUP-gebruikers strek oor Suid-Afrika, Tunisië, Namibië, Lesotho, Botswana, Kenia, die Ivoorkus, Egipte, Turkye en Italië.

Geb

eure

en

Konf

eren

sies

Page 51: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 251

Suksesvolle Werkswinkel oor Bestuiwers deur UP aangebied

Verskeie bestuiwers’n Werkswinkel oor Bestuiwing en Bedreigings vir Bestuiwers, wat deur die Nasionale Navorsingstigting (NNS) en die Royal Society (VK) befonds is, is onlangs deur die Universiteit van Pretoria (UP) aangebied.

Die werkswinkel is deur prof Sue Nicolson (UP Departement Dierkunde en Entomologie) en prof Geraldine Wright (Instituut van Neurowetenskap, Universiteit van Newcastle) georganiseer. Uitstekende aanbiedings is deur ses sprekers van die Verenigde Koninkryk, een van Israel, een van Duitsland, ses van ander Suid- Afrikaanse universiteite en sewe van UP (hoofsaaklik lede van die Sosiale Insekte Navorsingsgroep) gelewer.

Die breë onderwerpe wat gedek is, was meganismes van aantrekkingskrag en beloning vir bestuiwers, die ekologie van plant-bestuiwer-interaksies, landskapkwessies en bedreigings vir bestuiwers, in besonder heuningbye.

Die hoofdoel van hierdie werkswinkels (wat as SA-VK Wetenskaplike Seminare bekend staan) is om samewerking tussen Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk te bevorder. Na verwagting sal verskeie nuwe samewerkende navorsingsprojekte oor bestuiwing uit hierdie werkswinkel voortspruit. Daar sal ook ’n spesiale artikel oor bestuiwing vir die vaktydskrif, Functional Ecology, geskryf word.

3 251

Foto: Chamanti Laing

Foto: Chamanti LaingFoto: Petra Wester

Foto: Anton Pauw

Foto: Steven Johnson

Geb

eure

en

Konf

eren

sies

Page 52: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 252

Eskom en Sasol belê in atmosferiese navorsing by UP

Van links: Prof Hannes Rautenbach (Meteorologie Eenheid, UP), dr Steve Lennon (Groep Uitvoerende Hoof: Volhoubaarheid, Eskom), prof Stephanie Burton (Viserektor: Navorsing en Nagraadse Studies) en mnr Rudi Heydenrich (Senior Visepresident: Navorsing en Tegnologie, Sasol).

Die Universiteit van Pretoria (UP), met die ondersteuning van Eskom en Sasol, het onlangs die Laboratorium vir Atmosferiese Studies (LAS) bekend gestel. Die laboratorium is by UP gebaseer en sal ’n nasionale sentrum van uitnemendheid wees, met ’n internasionale reputasie, wat infrastruktuur en opleiding van wêreldformaat vir studies in die atmosferiese wetenskappe sal bied.

Die bekendstelling is deur, onder andere, ’n aantal prominente akademiese en industriële kundiges van verskeie van die land se universiteite, Eskom en Sasol, die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWS) en die Nasionale Vereniging vir Skoon Lug (NACA) bygewoon.

Die totstandkoming van dié laboratorium spruit voort uit Eskom en Sasol se navorsingsamewerking vir die ontwikkeling van skaars vaardighede in wetenskaplike studies. Hierdie vennootskap sal ook die uitruil van data en inligting tussen die maatskappye bevorder.

Die partye het op verskillende vlakke aan talle navorsingsinisiatiewe saamgewerk om aandag aan omgewingskwessies van gesamentlike belang te gee, onder andere as- en pekelnavorsing, die uitwerking van atmosferiese vrystellings op ekostelsels, monitering van en verslagdoening oor kwik,

Geb

eure

en

Konf

eren

sies

die kwaliteit van omgewingslug en nat en droë afsettingskoerse van swael- en stikstofverbindings.

Prof Hannes Rautenbach, verbonde aan die Meteorologie Eenheid by UP, sê dis die eerste universiteit wat kundiges op verskillende gebiede, soos meteorologie en chemie, bymekaarbring om die omvang van atmosferiese studies te vergroot. Hy sê UP is ideaal geplaas om ʼn toegespitste entiteit vir navorsing oor atmosferiese sirkulasie, atmosferiese prosesse en lugkwaliteit te huisves.

”Met Eskom en Sasol as vennote sal die Laboratorium vir Atmosferiese studies (LAS) ’n nasionale sentrum van uitnemendheid, met ’n internasionale reputasie, wees wat infrastruktuur en opleiding van wêreldgehalte vir studies in die atmosferiese wetenskappe sal bied. Na verwagting sal die hulpbronne wat geskep word deur albei organisasies benut word en ook in die streek se dringende behoefte aan vaardighede voorsien,” het prof Rautenbacjh verduidelik.

Prof Stephanie Burton, UP Viserektor: Navorsing en Nagraadse Studies, het gesê dat samewerking met ander universiteite en met regerings- en privaatsektororganisasies vir UP belangrik is. Volgens haar geniet UP erkenning vir sy eksterne industriële vennootskappe. ”Dit is nogal interessant om te sien hoe die Universiteit betrokke raak by kreatiewe aktiwiteite soos hierdie nasionale navorsingsfasiliteit vir lugkwaliteit wat ons vandag bekendstel.”

Prof Burton het ook gesê die fasiliteit sal veral in die 21ste eeu relevant wees, as gevolg van die toenemende bewustheid van die broosheid van ons omgewing en ons planeet. Volgens haar kan hierdie globale kwessies deur middel van wêreldwye en samewerkende optrede aangeroer word.

”Dit is te danke aan groot konsortiums van navorsingspanne wat wêreldwye netwerke vorm dat die probleme van die 21ste eeu wat ons in die gesig staar, veral wat atmosferiese studies betref, aandag kan geniet. Ons beskou dit as baie belangrik en opwindend dat die Universiteit ʼn rol in ʼn wêreldwye inisiatief kan speel en op nasionale vlak ’n verskil kan maak,” aldus prof Burton.

Die LAS is in die Universiteit se Geografiegebou gehuisves. Dit beskik oor die heel modernste rekenaargeriewe, en tot 20 studente kan op ’n slag daar werk. Die laboratorium se deur staan oop vir mense van regoor die wêreld en op hierdie wyse dra dit tot die voortgesette ontwikkeling op die gebied van atmosferiese studies by.

Page 53: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 253

Ebola virus-uitbraak: Suid-Afrika se reaksieDie persoonlike belewenisse van twee UP studente – deur Terence Scott (PhD student)

“Ons land op die lughawe en soos die deure van die vliegtuig oopgaan, tref ’n golf van hitte en humiditeit ons, ten spyte daarvan dat dit winter is. Ons skoene tref die teer en ons word deur die lughawe personeel na die terminaal begelei. Soos wat ons binnestap, staan daar twee persone ten volle geklee in Persoonlike Beskermingstoerusting (PB) – ’n wit volledige oorpak, beskermende nitrile handskoene en ʼn bril. Hulle deel pamflette uit betreffende die gevare van Ebola en hoe die oordra van die siekte voorkom kan word. Soos wat ons paspoortbeheer nader, word ons voorsien van ’n watervrye handreiniger wat ons moet gebruik voor en nadat ons die vingerafdrukmasjien aanraak. Almal is somber en stil. Die laaste stap voordat ons amptelik die land binnegaan is om ’n temperatuurkontrole te ondergaan. ’n Ander man, ook geklee in volle PB blokkeer die deur. ’n Sombere uitdrukking verdonker sy gesig – hy is deeglik bewus van die belangrikheid van sy werk. Soos wat ons deur paspoortbeheer beweeg, is die lughawe maar spookagtig, met net 30 mense in die hele gebou – insluitend diegene wat saam met ons gevlieg het. Militêre personeel hou wag by die deur, aangesien die lughawe ten volle geïsoleer is. Welkome in Sierra Leone.

Twee studente – Stewart McCulloch en ekself, Terence Scott, verbonde aan die Departement Mikrobiologie en Plantpatologie, Universiteit van Pretoria is gekies om deel te vorm van die 6de Suid-Afrikaanse Ebola Mobiele Laboratoriumspan wat na Sierra Leone gestuur is gedurende die uitbraak van die siekte. Die geleentheid het hom voorgedoen na aanleiding van die samewerking tussen prof Wanda Markotter se Virale Soönosiese Groep (VSG) en prof Paweska van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes, se Sentrum vir Ontluikende Soönotiese Siektes (SOSS). Die SOSS het Suid-Afrika se reaksie op die Ebola uitbraak gekoördineer en was in Freetown, Sierra Leone gestasioneer – die area in die wêreld wat die ergste geaffekteer was – om ’n diagnostiese laboratorium in werking te stel ten einde vas te stel of pasiënte Ebola-positief of -negatief was. Hierdie werk het die lot van baie individue bepaal, om te beslis of hulle na ’n Ebola behandelingfasiliteit

Suid-Afrikaanse Mobiele Laboratorium Span 6 (van links): Terence Scott (UP), Stewart McCulloch (UP), Gunther Meier (SOSS), Prabha Naidoo (NIOS) en Mark Goosen (NIOS).

moes gaan, of na ’n ander hospitaal verwys sou word. Akkurate diagnose was noodsaaklik; een verkeerde interpretasie kon ’n doodsvonnis vir die geaffekteerde persoon en enigiemand met wie hulle kontak gehad het, wees. ’n Ebola-positiewe persoon wat na ’n ‘skoon’ hospitaal gestuur word, sou beteken dat ten minste dosyne ander ook blootgestel word, terwyl ’n Ebola-negatiewe persoon wat na ’n Ebola-behandelingfasiliteit gestuur word, waarskynlik sou sterf.

Die werk het deurlopende fokus en aandag geverg want ons was in die ‘warm kamer’ gestasioneer – ’n gespesialiseerde kamer vir die inperking van die virus. Ons het dikwels meer as ses ure per dag spandeer, geklee in beskermende oorpakke met ’n afsonderlike kraggedrewe lugvloeisisteem wat ons van gefiltreerde lug voorsien het, binne in die spesiale beperkingskamer onder negatiewe druk en beveilig met ’n dubbeldeursisteem. Sommige dae was moeiliker as ander. Nadat die dag se monsters getoets is, het ons die

hospitale gebel om hulle mee te deel wat die resultate was. Een dag, onderwyl ons gebel het, het ons ontdek dat ’n pasiënt wat ons pas positief getoets het, aan Ebola gesterf het net voordat ons gebel het. Menige ander mense is ook oorlede, en ons het by verskeie geleenthede die dapper begrawe-spanne gesien terwyl hulle liggame bymekaar maak om verdere oordrag van die virus te keer.

Om as ’n lid van die Suid-Afrikaanse Mo-biele Laboratorium deel van die uitbraak-reaksienetwerk te wees, was ’n ondervinding wat ek nooit sal vergeet nie. Dit demonstreer hoe mense saamkom en werk in die moeilikste situasies. Na afloop van ons vyf weke toer, was ons terug in Suid-Afrika. Die samewerkende pogings van verskillende spanne van regoor die wêreld het die mense van Sierra Leone weer hoop gegee, en die vriendelikheid van die mense met wie ons saamgewerk het, was verstommend gedurende hierdie tyd van swaarkry.”

Geb

eure

en

Konf

eren

sies

Page 54: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 254

Hoe om uit te blink in die aanbied van groot klasse

Wetenskap-kommunikeerder groet UP

Van links: Prof Marietjie Potgieter, dr Cor-Jacques Kat, prof Jan Verschoor, prof Ansie Harding and dr Lizelle Fletcher.

Mev Rudi Horak (Bestuurder: Sci-Enza), mev Irene Schoeman, mev Helga Nordhoff (Bestuurder: UP with Science) en prof Marietjie Potgieter (Adjunkdekaan: Onderrig en Leer).

Hoe om aansluiting te vind by groot klasse – verskillende perspektiewe, was die onderwerp van die onlangse SCITAL Forum (Science Teaching and Learning Forum) (Forum vir Wetenskaponderrig en -leer) van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe. Twee kundiges in die onderrig van groot groepe studente, prof Jan Verschoor (Departement Biochemie) en dr Cor-Jacques Kat (Departement Meganiese en Lugvaartingenieurswese) het die gehoor toegespreek.

Twee lede van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe se Studentehuis (NATHouse), Dipuo Tekane en Orielia Egambaram het ook hul menings gegee oor die eienskappe van ’n goeie dosent.

Dr Kat het op vyf beginsels van goeie onderrig gefokus: passie, teenwoordigheid, impak, inspirasie en vertroue. Prof Verschoor het dit volkome aan die “gees van onderrig” gelyk gestel en dit aan die vyf elemente gekoppel, naamlik lug, vuur, aarde, water en eter. Prof Verschoor het ook die akroniem QUINT gebruik as ’n herinnering aan sy boodskap: Q = Quality (Gehalte), U = Unity (Eenheid), I = Integrity (Integriteit), N = New (Nuutheid) en T = Titillating (Streling).

Volgens die twee studenteverteenwoordigers voorsien ’n goeie dosent voor-lesing notas aan studente, hy/sy het passie vir die onderwerp en

vir student en gebruik visuele hulpmiddels op ’n slim manier.

Die Adjunkdekaan: Onderrig en Leer in die Fakulteit, prof Marietjie Potgieter, het ook genoem dat daar tans hernude klem op en toewyding aan onderrig en leer by UP bestaan. Daar word meer fondse beskikbaar gestel en meer erkenning word gegee. Toekennings in Onderriguitnemendheid en Innovasie-uitnemendheid sal voortaan ’n jaarlikse instelling wees).

Die SCITAL Forum (Forum vir Wetenskaponderrig en -leer) van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe) is ’n professionele gemeenskap wat personeel byeenbring wat ’n besondere belangstelling het in die onderrig en leer van wiskunde en wetenskap op tersiêre vlak.

Mev Irene Schoeman het die Universiteit gegroet nadat sy vir sewe jaar as ’n Wetenskap-kommunikeerder by Sci-Enza Wetenskapsentrum van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe gewerk het.

Met haar entoesiasme en passie vir wetenskap het sy honderde studente, leerders en die algemene publiek bereik, en hulle gehelp om wetenskap op ’n nuwe manier te ervaar. Mev Schoeman het verskeie opwindende geleenthede inisieer en georganiseer. Hierdie geleenthede sluit die volgende in: Wetenskap Cafés; Stedeling-wetenskapsinisiatiewe; “Blitsaf-spraak met ’n wetenskaplike”; Wetenskapvertonings en -praatjies; poppekasvertonings; uitreikprogramme en honderde werkswinkels.

Mev Schoeman het ook haar werk by twee Internasionale en ses Nasionale Weten-skapsentrumkonferensies aangebied. In 2012 is sy deur die Departement Wetenskap en Tegnologie gekies om na Miami, VSA te gaan vir ’n studiebesoek oor Wetenskapsentrumvaardigheidsbou.  In 2013 het sy Suid-Afrika in Kenia verteenwoordig tydens hul Nasionale Wetenskap-week.

Geb

eure

en

Konf

eren

sies

Page 55: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 255

Fakulteit groet Ambassadeur vir Wetenskap

Van links: Prof Norman Duncan (Viserektor: Akademie), prof Wolf-Dieter Schubert (Waarnemende Hoof: Departement Biochemie), prof Debra Meyer, prof Jan Verschoor (Departement Biochemie), prof Jean Lubuma (Dekaan: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe) en prof Stephanie Burton (Viserektor: Navorsing en Nagraadse Studies).

Prof Debra Meyer

“Parting is such sweet sorrow, that I shall say good night till it be ‘morrow….” Met hierdie aanhaling van Shakespeare het prof Debra Meyer, voormalige Hoof van die Departement Biochemie by die Universiteit van Pretoria (UP) beklemtoon dat sy steeds bande met UP sal koester, selfs ná haar afskeid.

Prof Meyer is met ingang van 2015 as die Uitvoerende Dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe by die Universiteit van Johannesburg aangestel. Sy was sedert Januarie 2012 die Hoof van die Departement Biochemie by UP.

Die nuut-aangestelde Dekaan van UP se Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, prof Jean Lubuma, het bevestig dat daar samewerking sal wees tussen die twee universiteite (UP en UJ) en dat prof Meyer as ’n Buitengewone Professor by UP aangestel sal word.

Prof Stephanie Burton, UP Viserektor: Navorsing en Nagraadse Studies het prof Meyer se vermoë om in navorsing, onderrig en leer, asook in wetenskaponderrig te leiding te neem en te vernuwe, beklemtoon. Prof Burton, ook ’n biochemikus, het aan prof Meyer lof betuig as rolmodel wat ’n baie belangrike rol speel in die bemagtiging van vroue as wetenskaplikes.

Prof Jan Verschoor, voormalige Hoof van die Departement Biochemie het aan prof Meyer hulde betoon vir, onder meer, haar rol as ’n ambassadeur vir wetenskap by wyse van haar poging om wetenskap meer gewild en toeganklik te maak.

Sy het verskeie toekennings en lofbetuigings ontvang, insluitend die NWTF/NNS se TW Kambule Vooraanstaande Swart Navorser-toekenning in 2004 en weer in 2010. Prof Meyer het ook die Akademie vir Wetenskap vir die Ontwikkelende Wêreld se TWAS Belowende Jong Wetenskaplike-toekenning in 2005 ontvang. In 2007 het Rapport en City Press aan haar erkenning gegee as een van tien Suid- Afrikaanse ”Prestigevroue”. Prof Meyer was ook ’n besoekende wetenskaplike aan die Harvard Universiteit se Departement Virale Immunologie in 2004, asook ’n besoekende wetenskaplike aan die Universiteit van Kalifornië in San Francisco in 2010. Sy is ook sedert 2004 ’n NNS-gegradeerde wetenskaplike.

Prof Meyer is ook ’n bekende persoon op televisie – sy was vir langer as twaalf jaar die weeraanbieder op SABC 2. Sy het ook met ’n televisieprogram op KykNET, Debra Deel, begin. Die doel van hierdie program is om wetenskap meer toeganklik vir die breë publiek te maak. Die eerste reeks is in 2014 uitgesaai en ’n opvolgprogram, waarvan sy weer die aanbieder sal wees, word vir die nabye toekoms beplan.

Geb

eure

en

Konf

eren

sies

Page 56: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 256

Stud

ente

Crypto Giants bevorder Wiskunde-bewustheid

NLW-student as Ambassadeur van Talloires-netwerk gekies

Graad 12-leerders van die Reitumetse High School in Soshanguve vind meer uit oor die Onder-twintig Wiskundiges (UTW)-program by UP.

Yvonne Mashaba

Lede van die groep Crypto Giants, tesame met die stigter van die Onder-twintig Wiskundiges (UTW)-program, prof Jean Lubuma, Dekaan van die Fakulteit Natuur en Landbouwetenskappe het aan ’n Wiskundebewusmakingsinisiatief deelgeneem wat op hoërskoolleerders fokus.

Die doel van hierdie projek is om skole te identifiseer waar daar ’n tekort aan inligting betreffende tersiêre onderriggeleenthede en loopbane in Wiskunde bestaan en ook om leerders te identifiseer wat voorberei kan word vir ’n loopbaan in Wiskundige Wetenskappe.

Die implementeringsfase van hierdie projek het vroeër vanjaar in Soshonguve afgeskop met matrikulante van die Reitumetse High School. Die span was gashere vir graad 9 tot 12 leerders van toekomstige hoërskole in Limpopo. Prof Lubuma het die sessies ingelei met die bekendstelling van die Onder-twintig Wiskundiges (UTW)-program en ander geleenthede wat beskikbaar is vir die leerders, sou hulle besluit om ’n loopbaan in Wiskunde aan die Universiteit van Pretoria te volg. Hy het ook melding gemaak van ander inisiatiewe, byvoorbeeld die “Neem ’n dogter werk toe-dag”. Dr Mokhwetha Mabula het die Wiskundekompetisie en die Siyanqoba Streeksopleidingsprogram aan die leerders bekendgestel, wat beide deur die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde aangebied word.

Daarna het die Crypto Giants ook die

geleentheid gekry om die leerders te

motiveer om verlief te raak op Wiskunde

terwyl hulle nog op skool is en uiteindelik

’n loopbaan daarin te volg. Die onderwerpe

wat vir die leerders aangebied is, het die

volgende ingesluit: Die belangrikheid van

Wiskunde; Die toepassings van Wiskunde;

Loopbane in Wiskunde; Die lewe en

instellings by tersiêre instansies; en

Studiemetodes.

Benewens die bespreking van bogenoemde

onderwerpe is daar ook aan die leerders

leiding gegee rakende sommige van die

uitdagings wat gedurende hul matriekjaar

op hulle wag.

Hierdie sessies was vrugtevol en die

leerders was baie entoesiasties oor die reis

wat vir hulle voorlê. Die span wil graag hul

dank uitspreek teenoor die hoofde en die

onderwysers van die onderskeie skole vir die

tyd wat hul afgestaan het. Die belangrikste

van alles is dat hulle ook die leerders wil

bedank vir die beskikbaarstelling van hul

tyd – die beste lê nog voor.

Ons wil ook erkenning verleen aan

die Suid-Afrikaanse Agentskap vir die

Bevordering van Wetenskap en Tegnologie

(SAABWT) (South African Agency for Science

and Technology Advancement (SAASTA)) vir

hul ondersteuning en ons sien uit na ’n

voortgesette vennootskap.

Yvonne Sihle Mashaba, ’n finalejaar meestersgraadstudent in Landbou-ekonomie in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe (NLW), is vroeër vanjaar as ’n studente-ambassadeur van die Talloires-netwerk gekies. Die Talloires-netwerk is ’n internasionale vereniging van instellings wat tot die versterking van die burgerlike rol en maatskaplike verantwoordelikheid van hoër onderwys verbind is.

Yvonne het in Oktober 2014 aansoek gedoen vir ’n uitnodiging na die jaarlikse konferensie van die Talloires-netwerk in Kaapstad. Sy was baie ingenome met die goeie nuus wat sy in November ontvang het, naamlik dat sy uit ongeveer 40 studente van regoor die wêreld gekeur is om die internasionale konferensie in Desember 2014 by te woon. By die konferensie is sy uitgenooi om aansoek te doen vir die rol van studenteleier en -ambassadeur van die Talloires-netwerk.

”Ek het my aansoek in Maart 2015 ingedien en was ekstaties toe ek in April ’n e-pos ontvang wat my in kennis stel dat ek een van die agt gekeurde internasionale studente-ambassadeurs is,“ sê Yvonne. Wat Yvonne betref, gee hierdie rol haar die geleentheid om by te dra deur haar stem as ’n student te laat hoor en om seker te maak dat haar inset in die Talloires-netwerk van belang word, ”veral in soverre dit die suksesvolle implementering van beleidsveranderinge by universiteite wat by gemeenskapsdienste betrokke is, aangaan” sê sy.

Vir meer inligting oor die Talloires-netwerk, besoek asseblief http://talloiresnetwork.tufts.edu/

Page 57: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 257

Stud

ente

UP vier Wêreldwaterdag

NLW-studente wen StatsSA se kompetisie

Nagraadse studente vier UNESCO se Wêreldwaterdag.

Me Brenda Omachar en me Seite Makgai.

Nagraadse studente wat vir die honneurs-module in Omgewingsbestuur en Risiko-assessering in die Departement Geologie geregistreer is, het in Maart vanjaar UNESCO se Wêreldwaterdag gevier.

Altesaam 26 studente het dr Matthys Dippenaar, die dosent vir hierdie module, na die Laer Fonteine vergesel. Pretoria ontvang ’n deel van sy stedelike watervoorsiening uit natuurlike fonteine in die omgewing van die Groenkloof Natuurreservaat. Hierdie ekskursie het aan die studente gewys hoe belangrik dit is om waterhulpbronne te beskerm en om openbare bewustheid te bevorder. Die fonteine voorsien die stad al die afgelope 160 jaar van water sonder dat die vloei of gehalte van die water ooit verminder het. Die wyd uitgestrekte natuurreservaat wat die waterbron omring, beskerm die grondwater wat die fonteine voed, teen besoedeling.

’n Woord van dankbetuiging word aan Tshwane gerig vir hul deelname aan hierdie geleentheid, wat die viering Wêreldwaterdag 2015 ’n gesamentlike poging tussen UP en Tshwane gemaak het.

Vir meer inligting, besoek die webtuiste www.up.ac.za/water.

Twee studente van Departement Statistiek in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe (NLW) is die wenners van Statistiek Suid-Afrika (StatsSA) se gesaghebbende nagraadse verslagkompetisie. Alle Afrika-lande word uitgenooi om nagraadse verslag hierdie kompetisie in te dien. Me Seite Makgai en me Brenda Omachar is nagraadse studente by die Departement. Hulle het hierdie kompetisie gewen op grond van hul uitmuntende navorsing vir hul onderskeie meestersgraadverhandelings. Die prys wat hul gewen het is ’n volle borgskap, verskaf deur StatsSA om in Julie 2015 die 60 ste Wêreldstatistiekkongres van die Internasionale Instituut vir Statistiek in Rio de Janeiro, Brasilië by te woon.

Page 58: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 258

Stud

ente

Gasvryheidstudente spog met hul kookvernuf deur in ’n tent te kook

Gasvryheidstudente spog met hul kookvernuf deur in ’n tent kos te maak

Alhoewel dit altyd ’n uitdaging is om kos voor te berei vir meer as 90 mense, is dit presies die tipe uitdaging waaruit die vierdejaar Verbruikerswetenskap (Gasvryheidsbestuur)-studente aan die Universiteit van Pretoria geleer het om behae te put nadat hulle gedurende die afgelope paar maande al talle funksies van hierdie formaat aangebied het.

Gedurende April het die groep voor die uitdaging te staan gekom om moontlik ’n driegang-fyndinee in ’n tent by Canvas and Tent by Denel Business Park in Centurion te bedien. In plaas van om in die gemak van hul goed toegeruste kombuis op die kampus, met ’n eetkamer, nie ’n klipgooi ver nie, was dit deel van hul formele opleiding. Dit het intensiewe beplanning en inagneming van alle moontlike gebeurlikhede vereis, insluitend ’n aantal logistieke uitdagings, wat ’n buitengewone sin vir verantwoordelikheid en toegewyde leierskap genoodsaak het. Sommige van die elemente van die geregte was vooraf in die voedsel-laboratoria van die Departement Verbruikerswetenskap voorberei, terwyl ander elemente in Canvas and Tents se skuurdektent voorberei is, waar die studente die

geleentheid gehad het om vir die eerste keer die Turkse maatskappy

Ozti se veldkombuis aan militêre verteenwoordigers van regoor

Afrika ten toon te stel.

Die studentekokke het die geleentheid geniet die verskeie stukke

kosmaaktoerusting wat deel uitmaak van die veldkombuis, uit te toets.

Hulle het pampoenkoekies op die draagbare braaiplaat gemaak,

gerolde lamsboud in die oond gerooster en heerlike geroomde

stampmielies en ‘marogo’ in die diepbraaipanne gaargemaak. Terwyl

die groep gaste in afwagting buite vertoef het, is die skuurdektent,

wat vol rook gepomp is, onder die klank van luide musiek en nog

luider applous van die gaste, oopgemaak.

Die studente het hierdie unieke leergeleentheid funksie aan hulle

gebied het, baie waardeer. Dit het hulle met ’n gevoel van trots gelaat

omdat hulle ’n genotvolle ete aan ’n waarderende groep en ’n baie

beïndrukte kliënt voorgesit het. Almal wat by die projek betrokke was

moet gelukgewens word met die groot sukses wat hulle behaal het

met die eerste buite-geleentheid van 2015.

3 258

Page 59: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 259

Stud

ents

Leerders se belangstelling in Landbou-ekonomie geprikkel

UP with SCIENCE-leerders is in staat gestel om nuwe tegnologieë wat vir die landbou beskikbaar is vir die toename in voedselvervaardiging, te ondersoek, sodat hulle uiteindelik sal kan help om die groeiende bevolking te voed.

Vroeg vanjaar het sewe UP with SCIENCE-leerders wat gretig is om meer oor die vakgebied Landbou-ekonomie, oftewel ‘Voedselnomie’ van die personeel verbonde aan die Departement Landbou-ekonomie ontmoet. Hierdie personeellede was opgewonde om hul kennis te deel en het as mentors opgetree om jong verstande te vorm en om individue te skep wat ’n passie vir wetenskap het. Die oorkoepelende doelwit was om talentvolle student aan loopbane in Landbou-ekonomie bloot te stel en vir sodanige loopbane te werf.

Op die eerste dag van die ekskursie was Alex, Christo, Evadné, Juline, Lesego, Nadia en Sibongile geskok om te sien teen watter tempo die bevolking wêreldwyd groei. Volgens die wêreldbevolkingshorlosie is daar tans sewe biljoen mense op aarde en binne 200 jaar sal die syfer verdubbel. ’n Belangrike vraag van die sewe studente was – wie gaan vir al hierdie mense kos gee? Dit het die ideale geleentheid gebied om te wys wat landbou-ekonome doen. Landbou-ekonome speel ’n rol in die voedselproduksiestelsel as ’n geheel, vanaf veld tot vurk en hul doelwit is om te verseker dat die hulpbronne in die voedselketting so doeltreffend moontlik benut word.

Die belangrikste uitdaging wat wêreldlandbou in die gesig staar is om genoeg kos te produseer om ’n addisionele 2.4 biljoen mense teen 2050 te voed. Dit kan gedoen word deur gebruik te maak van skaars hulpbronne, deur aan te pas by klimaatsveranderinge, deur honger te

beveg en terselfdertyd die gesofistikeerde behoeftes van verbruikers te bevredig.

In die lig van hierdie uitdaging is die leerders bekendgestel aan ’n wêreld wat gekonfronteer word om meer met minder te produseer, en terselfdertyd die gesofistikeerde vereistes van ryker verbruikers, soos byvoorbeeld organiese en natuurlik-geproduseerde voedsel, in gedagte te hou. ’n Tonnel, geborg deur die Renlyn Group, en insette, geborg deur Sakata, het die leerders in staat gestel om nuwe tegnologieë wat vir die landbou beskikbaar is vir die toename in voedselvervaardiging, te ondersoek, sodat hulle uiteindelik sal kan help om die groeiende bevolking te voed. Die leerders het ook inisiatief geneem om twee proeflopies in die tonnel te doen, een organies en een op die gewone manier. Dit het hulle gehelp om die verskille tussen die onderskeie vervaardigingsmetodes te verstaan wat betref insetkoste, opbrengste en die moontlikheid van ’n potensiële voorkeur vir organiese produkte.

Volgens me Melissa van der Merwe, verbonde aan die Departement Landbou-ekonomie, was die doelwit van hierdie projek om hierdie UP with SCIENCE-leerders se belangstelling in en passie vir landbou en die ekonomie daarvan aan te wakker. Hierdie bekendstelling aan ’n landbouvoorsieningsketting het die verskillende produksiemetodes, die berekening van winsgrense en potensiële verkooppryse, asook verpakking, etikettering en varsprodukte ingesluit. Die student is ook aan die verskille tussen gewone en organiese produkte bekendgestel. Ons hoop dat hierdie aptytwekker hierdie skerp jong verstande sal aanmoedig om aan te sit vir ’n volledige maaltyd van ‘Voedselnomie’ deur vir ’n grad in Landbou-ekonomie in te skryf.

UP with SCIENCE is ’n wetenskap-verrykingsprogram vir senior sekondêre skoolleerders deur die Universiteit van Pretoria aangebied word. ’n Aantal leerders word jaarliks gekies om aan ’n driejaar-program (vanaf Graad 10 tot Graad 12) aan te bied. Dit sluit Saterdag-klasse een maal per maand in, asook ’n winterskool een maal per jaar. Die doel van hierdie program is om jongmense se kennis, belangstelling en vaardighede in wetenskap te verbeter.

Page 60: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 260

Stud

ente

Nog ’n geslaagde wyn- en dineepassing deur NLW-studenteWanneer finalejaar voedselkunsstudente hul Bacalaureus-graad in Verbruikerswetenskap (Gasvryheidsbestuur) in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe (NLW) verwerf, is hulle voldoende opgelei en ook ervare genoeg om byna enige geleentheid te kan aanbied.

Hierdie studente het onlangs nog ’n asemrowende dinee aangebied – gekenmerk deur goeie kos, uitstekende wyne en gemoedelikheid – hierdie keer met Saronsberg.

Daar word gesê dat alle sigbare en onsigbare dinge hul oorsprong in die bronne van lewe, naamlik vuur, aarde, water en lug het. Deur hul leidrade uit die natuur te kies, het dit gelyk asof Moeder Natuur self al die disse op die borde geskilder het. Hierdie elemente, hoewel uiteenlopend in hul voorkoms, kom in verskillende vorme voor, om by te dra tot die natuur se oorkoepelende siklus van volmaaktheid.

Die gaskok wat betrokke was by die mees

onlangse geleentheid was ’n alumnus van

die Departement, me Jeannie Schreuder.

Sy het met me Mia Swiegers, die geleent-

heidsorganiseerder saamgewerk om met

nougesetheid ’n spyskaart te skep wat

elke gang by ’n ander soort wyn, vervaardig

deur die Saronsberg Wynkelder, gepas het,

om die verskillende natuurelemente op ’n

gepaste wyse te weerspieël.

Water was die element vir die voorgereg

gekies het – vloeiende riviere, varsheid

en reiniging. Hierdie kenmerke is op ’n

baie oortuigende wyse in die forel ceviche

vasgevang, wat met Saronsberg Voigner

2013 is om by die pas-gevangde varsheid

van die gereg te pas.

Met die beweging na droë grond, is daar

met die tweede gang gepoog om die

koesterende vrugbaarheid van die aarde,

by wyse van ’n verskeidenheid soorte

sampioene en ’n tarentaaleier te weerspieël.

Hierdie gereg is met Saronsberg Grenache

2012 bedien, waar die delikate fynbos- en

spesery- ondertone die aardse geure van

die gereg beklemtoon het.

Ná hierdie rustige inleiding, het die tempo

aansienlik versnel. Vlamme is vining en

kragtig en kan kan maklik oorheers indien

dit nie versigtig benader word nie. Met die

hoofgereg – gesmoorde kortrib-biefstuk  –

is die gaste blootgestel aan vlae van geur

by wyse van geurige gemmer en chilli,

gekomplimenteer deur broccoli met ’n

geurige bordelaise-sous en ‘geskroeide’

preie, wat ’n gerookte geur aan die

dis verleen het. Hierdie gereg is met

Provenance Shiraz, wat dieprooi van kleur

is, met gladde tannien-ondertone en ’n

vrugtige afronding, geniet.

Die aand is op ’n rustiger noot afgesluit

met ’n nagereg wat deur lug, die element

van vryheid, veeragtigheid en ruimte

geïnspireer is. Al die elemente in die

nagereg het lug as tema gebruik om

sinspelings van soetigheid te reflekteer:

mascarpone mousse en donkersjokolade

Semifreddo, toffie-appel makrolletjies en ’n

ligte, vreugdevolle Italiaanse meringue het

3 260

Page 61: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

die gaste weggevoer. Die genieting van hierdie ligte soete bederfies wat by Saronsberg Brut MCC pas, het verseker dat die gaste die aand, alhoewel dalk ’n bietjie lighoofdig van al die borrels, op ’n elegante noot afgesluit het.

Die geleentheid is by EAT@UP, die dinee-fasiliteit van die Departement Verbruikerswetenskap, aangebied. Dit dien as ’n opleidingslokaal waar al die studente in die Voedselprogramme aan die hoogs mededingende uitdagings van die restaurant en fyndinee-industrie bekendgestel word. As deel van hul opleiding beplan studente en bied gereeld spesiale geleenthede vir kliënte aan. Met verloop van tyd het sommige kliënte lojale ondersteuners geword deur lank voor die tyd plek te bespreek om voordeel te te trek uit die uitmuntende diens wat die Departement bied.

Die vierdejaar-Gasvryheidstudente het weereens as ’n span saamgewerk om ’n wenner-maaltyd voor te sit, met die insig dat ’n verenigde geheel altyd staatmaak op verskeie elemente in perfekte harmonie met mekaar, om ’n pragtige geheel te skep.

3 2 3 261

Studente

Page 62: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 262

Stud

ente

Praatjie oor hoe water bestuur word wat internasionale grense oorsteek

Karen Villhoth, Shammy Puri, Collen Monokofalo, Terry Harck (Sekretaris: IVH-SA), Jude Cobbing (Voormalige Voorsitter: IVH-SA), Fortress Netili (Tesourier: GWA-GVSA) en Matthys Dippenaar (Voorsitter: IVH-SA en Senior Lektor in Geologie by UP).

Kwessies wat met internasionale waterregte en trans-grens waterdraers

te make het, is tydens ’n praatjie deur Shammy Puri bespreek en

verduidelik. Die geleentheid is gesamentlik deur die Departement

Geologie van die Universiteit van Pretoria (UP), die UP Waterinstituut,

die Grondwater-afdeling (GWA) van die Geologiese Vereniging van

Suid-Afrika (GVSA), en die Suid-Afrikaanse Tak van die Internasionale

Vereniging van Hidrogeoloë (IVH) aangebied.

Die praatjie is goed ondersteun deur meer as 50 persone wat die

geleentheid bygewoon het en het aanleiding gegee tot interessante

besprekings oor hoe water wat internasionale grense oorsteek, bestuur

word, aangesien daar geen internasionale geregtelike gesag is nie.

Shammy Puri dien vir ’n tweede vierjaar-termyn as Sekretaris-Generaal van die Internasionale Vereniging van Hidrogeoloë. Sy wetenskaplike, tegniese en beleidservaring oor grondwaterbronbestuur is die uitvloeisel van byna vier dekades se professionele werk op die gebied. Sy uitgestrekte praktiese ervaring spruit voort uit die feit dat hy vir ’n wye reeks programme verantwoordelik is. Dit sluit die wêreld se grootste waterputboorprogram in die Rum-Saq Waterdraer in, asook die voorbereiding van ’n strategie vir die herstrukturering van die steenkoolsektor in die Oekraïne en sy betrokkenheid as wêreldwye mede-koördineerder van die Internasionale Gedeelde Waterdraerhulpbronbestuursprogram (Shared Aquifer Resources Management Programme (ISARM)), (wat verantwoordelik was vir die publisering van ’n atlas van 273 waterdraers).

Page 63: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 263

Stud

ente

PhD-student deel ervaring tydens sy werk by FERA

Joel Dube

Joel Dube, ’n PhD-student onder die toesig van prof Jacquie van der Waals in die Departement Plantkunde, was die ontvanger van die Grace Waterhouse Britse Vereniging vir Plantpatologie (BVPP)-Suider-Afrikaanse Vereniging vir Plantpatologie (SAVPP) Studiebeurs (Grace Waterhouse British Society for Plant Pathology (BVPP)-Southern African Society for Plant Pathology (SASPP) Fellowship). As deel van die beurs het hy die geleentheid gehad om die Voedsel- en omgewingsnavorsingsagentskap (Food and Environmental Research Agency (FERA)) in York, Engeland, te besoek.

Joel deel sy ervaring:“Dr James Woodhall, ’n navorser by FERA in York was die gasheer van my maand-lange beursbesoek. Die hoofdoelwitte van die beurs was om praktiese ondervinding op die gebied van DNA-ekstraksiemetodes uit grondmonsters op te doen, asook om eerstehandse ondervinding in die gebruik en ontwikkeling van kwantitatiewe polimeriese kettingreaksie (qPKR) en lus-

bemiddelde isotermiese amplifikasie (LBIA) (LAMP) om sommige van die aartappel-patogene wat van belang is vir my studies in Suid-Afrika, te diagnoseer.

Gedurende my besoek het ek meer oor die ontwerp van nuwe qPKR en LBIV (LAMP)-toetse geleer. Terwyl qPKR ’n gevestigde hulpmiddel in die meeste plantpatologie laboratoria is, is LAMP ’n vinnige isotermiese amplifiseringstegniek wat ook oor die potensiaal beskik om op die gebied gebruik te word. LBIV (LAMP) is ’n redelike nuwe molekulêre diagnostiese hulpmiddel en gevolglik is betreklik min toetse vir aartappelpatogene ontwikkel. Daarom het ek as deel van my besoek by FERA geleer om LBIV (LAMP)-toetse te ontwerp en om deur die geldigheidsproses vir nuwe toetse te gaan.

Ek het ook oor verskillende DNA-ekstraksiemetodes geleer, spesifiek vir die ekstraksie van hoë gehalte DNA uit grootmaat-grondmonsters. Hierdie metode behels geoutomatiseerde isolering van hoë gehalte DNA uit grond, die vaslegging van DNA, en die verwydering van PKR-inhiberende verbindings soos humiensuur. Vir LBIV (LAMP)-toetse het ek geleer oor ’n vinnige DNA-ekstraksiemetode wat op die gebied van toepassing is.

My besoek aan FERA het my as ’n wetenskaplike bemagtig, omdat ek nuwe tegnieke geleer het, en dit waaroor ek reeds beskik het, versterk is. Om saam met VK-wetenskaplikes te werk en kennis in te win oor nuwe tegnieke het my selfvertroue en kennis ’n hupstoot gegee, wat my sal help met enige verdere navorsing wat ek gedurende my studies in Suid-Afrika sal aanpak.

Benewens my voorgestelde navorsing by FERA, was ek bevoorreg om meer omtrent die volgende geslag opeenvolging (sequencing) te leer deur die gebruikmaking van die MiSeq, en ek het selfs aan ’n eksperiment deelgeneem, vanaf die biblioteekvoorbereiding tot die uitvoering daarvan. Ek het ook die geleentheid gehad om aan ’n velduitstappie na Driffield deel te neem waar ons grondmonsters en geïnfekteerde plantmateriaal versamel hel. Voorts kon ek ook die 2014 ‘Fruit Focus’-geleentheid bywoon waartydens ek die geleentheid gehad het om ’n toer deur die ‘East Malling’ Navorsingsfasiliteite te onderneem en ek met ander wetenskaplikeste gesels het en terselfdertyd idees uitgeruil het.

FERA is in die wonderlike stad York geleë, wat die perfekte buitenshuise ervaring gebied het wanneer ons nie in die laboratoria werksaam was nie. Dit was werklik ’n seën om in die stad te toer en die Middeleeuse geskiedenis te ervaar. Ek het ook die geleentheid gehad om ander dorpe soos Leeds, Manchester en Londen te besoek, waar ek baie van die Britse geskiedenis verken het.

Ek wil graag almal by FERA, en in die besonder vir James Woodhall se onwankelbare toewyding en gasvryheid tydens my besoek bedank, asook vir Kate Perkins en Eder Samoza, vir hul onbesproke bystand in die laboratorium.

Ten slotte wil ek my dank teenoor die BVPP uitspreek vir die geleentheid wat hulle aan my gebied het om my laboratoriumvaardighede te verbeter en om my op hoogte te bring met nuwe tegnologie. Dit alles sal my help om wetenskap in Suid-Afrika te bevorder en ook om in my loopbaan tas wetenskaplike te groei.

3 263

Page 64: 2015 - UP · leer ken, het prof Lubuma slegs ’n week na sy aanstelling begin ... met ’n reeks van een-tot-een vergaderings met al die Hoofde van ... Word vervolg op bladsy 3 Foto:

3 264

Stud

ente

Opkomende jong wetenskaplike dankbaar teenoor UP-personeel

Bernard Smit

’n Graad 12-leerder en voornemende student in Mikrobiologie by die Universiteit van Pretoria (UP), Bernard Smit van Hoërskool Waterkloof, is met twee spesiale toekennings vereer by die 2015 Intel Internasionale Wetenskap- en Ingenieursweseskou (IWIS) in Pittsburgh. Maar sy pad na sukses het al baie vroeër begin… en met die hulp van vele UP-personeellede.

Bernard se verhaal het verlede jaar begin toe hy in Graad 11 ‘n finalis in sy skool se Wetenskap Ekspo was en moes voorberei om aan verdere kompetisies deel te neem. Sy projek het behels dat hy wou bewys dat ‘n elektriese stroom opgewek kan word wanneer magnetotaktiese bakterieë (dit is bakterieë met magnetiet-insluitsels) deur ‘n induksiebuis gepomp word. Hy het self sodanige bakterieë geïsoleer en die nodige stroombaan ontwerp. Hy het daarin geslaag om ‘n meetbare elektriese stroom op te wek.

In die lig van verdere deelname op provinsiale en nasionale vlak in die Eskom Ekspo vir Jong Wetenskaplikes, het hy mnr Alan Hall by UP se Mikroanalise Laboratorium gekontak ten einde elektronmikroskoopfoto’s van die bakterieë te verkry. Mnr Hall het Bernard na die Departement Mikrobiologie en Plantpatologie verwys om hulp te kry met die kweking van die bakterieë. Bernard het al die eksperimentele werk self gedoen, maar nie geskroom om kundiges te nader wanneer hy probleme ondervind het nie. Die uiteinde was dat Bernard verskeie goue medaljes tydens die Eskom Ekspo verower het, asook ‘n beurs van UP vir sy studies volgende jaar in die Fakulteit

Natuur- en Landbouwetenskappe. Hy is uiteindelik aangewys om Suid-Afrika by die Internasionale Wetenskap en Ingenieurswese Skou (IWIS) in Pittsburgh gedurende Mei 2015 te verteenwoordig.

As een van twaalf Suid-Afrikaanse deelnemers het Bernard uitstekend by IWIS presteer. Hy het twee spesiale toekennings verower – een van die American Society for Microbiology vir ‘n uitstaande mikrobiologie-projek en een van die China Association for Science and Technology vir die projek “Best reflecting originality and innovation in all scientific disciplines”. Daarby behaal hy ʼn algehele tweede plek in die kategorie Mikrobiologie. Bogenoemde is ‘n besondere prestasie as in ag geneem word dat daar meer as 1 500 internasionale deelnemers was. Asof dit nie genoeg is nie, is Bernard deur ‘n spesialis op die gebied van magnetotaktiese bakterieë, dr Christopher Lefevre van Frankryk, uitgenooi om ‘n artikel oor hierdie navorsing in samewerking met dr Lefevre te publiseer.

Verskeie personeellede van UP het insette van onskatbare waarde gelewer om Bernard te help met sy projekte: Prof Walter Meyer van die Departement Fisika het gespesialiseerde raad en apparaat verskaf. Mnr Alan Hall en me Antoinette Buys van die Mikroanalise Laboratorium het waardevolle hulp met elektronmikroskopie gegee en prof Marion Meyer van die Departement Plantkunde het gehelp met apparaat. In die Departement Mikrobiologie en Plantpatologie het prof Fanus Venter, prof JJ Joubert en dr Elritha van Zyl ook hulp van onskatbare waarde verleen. Ons is trots op hierdie vrywillige spanpoging.

Die berigte en foto’s aangaande die IWIS-toekennings is beskikbaar op http://mybroadband.co.za/news/industrynews/126538-south-african-teenagers-win-special-awards-at-isef.html