2015/16 - up brochures 2015 201… · direkteure en uitvoerende hoofde van groot maatskappyeʼ soos...

16
2015/16 www.up.ac.za Opvoedkunde Voorgraadse fakulteitsbrosjure

Upload: others

Post on 28-Jul-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 2015/16 - UP Brochures 2015 201… · direkteure en uitvoerende hoofde van groot maatskappyeʼ soos Harmony Gold, Sasol, KPMG en Absa sal ontmoet wat deur die loop van die kompetisie

2015/16

www.up.ac.za

OpvoedkundeVoorgraadse fakulteitsbrosjure

Page 2: 2015/16 - UP Brochures 2015 201… · direkteure en uitvoerende hoofde van groot maatskappyeʼ soos Harmony Gold, Sasol, KPMG en Absa sal ontmoet wat deur die loop van die kompetisie

ii Fakulteit Opvoedkunde 2015/16

Boodskap van die Dekaan

Die Fakulteit Opvoedkunde op die Groenkloofkampus lok die beste en knapste studente wat oor die potensiaal beskik om ’n betekenisvolle impak op die Suid-Afrikaanse opvoedkundige gebied te maak.

Ons studente is leiers met selfvertroue en hulle is toegerus met ’n uitnemende stel opvoedkundige en professionele vaardighede. Hierdie ‘stel vaardighede’ is egter nie hul belangrikste eienskappe as gegradueerdes van die Fakulteit Opvoedkunde nie. Hul ingesteldheid op kundigheid wat ’n verskil maak, hul vakkundigheid, hul totale betrokkenheid as landsburgers en hul hoë vlak van wetenskaplike geletterdheid is die eienskappe wat hulle in staat sal stel om ’n verskil in die onderwys te maak.

Die Groenkloofkampus is die tuiste van meer as 3 500 voorgraadse onderwysstudente, en uit hierdie groep gradueer ongeveer 500 tot 800 studente jaarliks wat die onderwysberoep betree. In Suid-Afrika toon studies dat slegs 7% van alle matrikulante toegang tot openbare hoër onderwys verkry, slegs 12% ander vorme van verdere en hoër onderwys betree, slegs 30% ’n werk kry en 51% van die jeug werkloos is. Dit is duidelik dat onderwys ’n prioriteit is.

Dit is die Fakulteit Opvoedkunde se verantwoordelikheid om topgehalte-gegradueerdes vir die onderwyssektor te lewer en dit word as ’n saak van erns beskou. Ons leef in ’n tyd waar die eeueoue beginsels van doeltreffende onderwys selfs meer belangrik vir vooruitgang en ontwikkeling geword het – en ons gegradueerdes speel ’n noodsaaklike rol in hierdie verband.

Die onderwys is ongetwyfeld die sinvolste manier waarop ons ons tyd kan bestee. Dit is vir enige volk, gemeenskap, gesin of individu die kortste roete op die pad na langtermynsukses. As ’n professionele vakgebied, is dit die sektor waar ’n mens daagliks ervaar dat jy in staat is om ’n verskil te maak. Hierbenewens

beskik die onderwys oor die eienskap dat dit oor alle wetenskaplike vakgebiede strek.

Dit is die sektor wat ’n indruk sal maak op die lewens van toekomstige dokters, ingenieurs, rekenmeesters, prokureurs, onderwysers, filosowe, kunstenaars, musici, sporthelde, presidente en koninklikes. Om hierdie rede moet ons

na uitnemendheid streef in alles wat ons doen.

Ons glo dat ons as Fakulteit baie kan bied om die onderwys in Suid-Afrika te versterk. Ons streef daarna om studente te help om toegang tot die onderwys te verkry en om inspirerende, sorgsame en kundige onderwysers te lewer.

Prof Irma Eloff Dekaan: Fakulteit Opvoedkunde

Page 3: 2015/16 - UP Brochures 2015 201… · direkteure en uitvoerende hoofde van groot maatskappyeʼ soos Harmony Gold, Sasol, KPMG en Absa sal ontmoet wat deur die loop van die kompetisie

Universiteit van Pretoria 1

Inhoud

Boodskap van die Dekaan ..................................................................................................................................................................................iiVoorgraadse studieprogramme ........................................................................................................................................................................ 2Fakulteitshoogtepunte ....................................................................................................................................................................................... 3Fakulteit Opvoedkunde ...................................................................................................................................................................................... 5Doel van die Baccalaureusgraad in Opvoedkunde ......................................................................................................................................... 5Voorbereiding vir ’n beroep in opvoedkunde ................................................................................................................................................. 5Voorgraadse studieprogramme: Baccalaureus Educationis (BEd) ............................................................................................................... 5Algemene inligting .............................................................................................................................................................................................. 9

- Universiteit van Pretoria kampusse en kontakinligting ....................................................................................................................... 9- Toelatingsvereistes ................................................................................................................................................................................... 9- Aansoek om toelating ............................................................................................................................................................................... 9- Taalbeleid en onderrigmedium ............................................................................................................................................................. 10- Beurse, toekennings en lenings (finansiële ondersteuning).............................................................................................................. 10- Spesiale aanbod aan akademiese presteerders ................................................................................................................................. 11- UP-bankbesonderhede .......................................................................................................................................................................... 11- Verblyf ...................................................................................................................................................................................................... 11- Veiligheidsdienste ................................................................................................................................................................................... 12- Internasionale studente ......................................................................................................................................................................... 12

Uitgegee deur die Kliëntedienssentrum in November 2014. Kommentaar en navrae kan gerig word aan [email protected] of tel: +27 (0)12 420 3111.

Vrywaring: Hierdie publikasie bevat inligting oor reëls, beleide, onderriggelde, kurrikula en programme van die Universiteit van Pretoria soos van toepassing ten tye van die druk daarvan. Wysigings aan of bywerking van die inligting in hierdie publikasie mag van tyd tot tyd sonder vooraf kennisgewing geskied. Die akkuraatheid, betroubaarheid of geldigheid van die inligting vervat in hierdie publikasie word derhalwe nie deur die Universiteit op enige gegewe tydstip gewaarborg nie en is onderhewig aan verifiëring. Die gebruiker word versoek om deurgaans die korrektheid van die gepubliseerde inligting met die Universiteit te bevestig. Versuim om dit te doen, sal nie aanleiding gee tot enige eis of aksie van enige aard teen die Universiteit deur enige party hoegenaamd nie.

Page 4: 2015/16 - UP Brochures 2015 201… · direkteure en uitvoerende hoofde van groot maatskappyeʼ soos Harmony Gold, Sasol, KPMG en Absa sal ontmoet wat deur die loop van die kompetisie

2 Fakulteit Opvoedkunde 2015/16

Voorgraadse studieprogramme

Belangrike inligting met betrekking tot voorgraadse studieprogramme vir 2016

• Ten einde te kan registreer vir die graadprogramme moet NSS/IEB/Cambridge-kandidate voldoen aan die minimum vereistes vir graadstudie asook aan die minimum vereistes van die betrokke studieprogram. • Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die TPT. • Voornemende studente met ʼn TPT van 26-29 moet die Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) aflê. Finale toelating sal deur die Toelatingskomitee van die Fakulteit bepaal word, afhangende van die uitslag van die NBT. • Sodra kandidate tot die BEd-graad toegelaat is, sal hulle in kennis gestel word dat hulle in Januarie van die volgende jaar by die Universiteit moet registreer. Dit is in ʼn voornemende student se eie belang om so spoedig moontlik aansoek te doen, veral met betrekking tot finansiële bystand en/of koshuisverblyf.

Universiteit van Pretoria-webwerf www.up.ac.zaNasionale Normtoets (National Benchmark Test)-webwerf www.nbt.ac.za

StudieprogrammeDuurSluitingsdatumsBeroepe

Minimum vereistes vir 2016

Prestasievlak

TPTAfrikaans of Engels

NSS/IEB HIGCSE AS-

LevelA-

LevelBEd (Vroeë Kinderontwikkeling en Grondslagfase) – Voorskool tot Graad 3[4 jaar]Sluitingsdatums: SA – 30 SeptemberNie-SA – 31 Augustus

4 3 D D

30(26–29 toelating

op grond van die NBT)

Beroepe: Onderwysers en opleidingsbeamptes in preprimêre of primêre skoleBEd (Intermediêre Fase) – Graad 4 tot 6[4 jaar]Sluitingsdatums: SA – 30 SeptemberNie-SA – 31 Augustus

4 3 D D

30(26–29 toelating

op grond van die NBT)

Beroepe: Onderwysers en opleidingsbeamptes in primêre skoleBEd (Senior Fase) – Graad 7 tot 9[4 jaar]Sluitingsdatums: SA – 30 SeptemberNie-SA – 31 Augustus.

4 3 D D

30(26–29 toelating

op grond van die NBT)

Beroepe: Onderwysers en opleidingsbeamptes in primêre of sekondêre skoleBEd (VOO) (Algemeen) – Graad 10 tot 12[4 jaar]Sluitingsdatums: SA – 30 SeptemberNie-SA – 31 Augustus

4 3 D D

30(26–29 toelating

op grond van die NBT)

Beroepe: Onderwysers en opleidingsbeamptes in sekondêre skoleBEd (VOO) (Menslike Bewegingskunde en Sportbestuur) – Graad 10 tot 12[4 jaar]Sluitingsdatums: SA – 30 SeptemberNie-SA – 31 Augustus

4 3 D D

30(26–29 toelating

op grond van die NBT)

Beroepe: Onderwysers en opleidingsbeamptes in sekondêre skole

StudieprogrammeDuurSluitingsdatumsBeroepe

Minimum vereistes vir 2016

Prestasievlak

TPTAfrikaans of Engels Wiskunde Fisiese Wetenskap

NSS/IEB HIGCSE AS-

LevelA-

LevelNSS/IEB HIGCSE AS-

LevelA-

LevelNSS/IEB HIGCSE AS-

LevelA-

LevelBEd (VOO) (Natuurwetenskappe) – Graad 10 tot 12[4 jaar]Sluitingsdatums: SA – 30 SeptemberNie-SA – 31 Augustus

4 3 D D 5 3 C C 5 3 C C

30(26–29 toelating

op grond van die NBT)

Beroepe: Onderwysers en opleidingsbeamptes in sekondêre skoleBEd (VOO) (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) – Graad 10 tot 12[4 jaar]Sluitingsdatums: SA – 30 SeptemberNie-SA – 31 Augustus

4 3 D D 4 3 D D -

30(26–29 toelating

op grond van die NBT)

Beroepe: Onderwysers en opleidingsbeamptes in sekondêre skole

Page 5: 2015/16 - UP Brochures 2015 201… · direkteure en uitvoerende hoofde van groot maatskappyeʼ soos Harmony Gold, Sasol, KPMG en Absa sal ontmoet wat deur die loop van die kompetisie

Universiteit van Pretoria 3

Fakulteitshoogtepunte

Fakulteitshoogtepunte � Die Fakulteit Opvoedkunde verskyn in die top 150 ter wêreld op die ‘QS World

University’-ranglys vir opvoedkunde. � Die Fakulteit word as die top-opvoedkundefakulteit in Suid-Afrika gereken

met betrekking tot die getal NNS-gegradeerde navorsers. � Die Fakulteit word internasionaal vir sy akademiese aansien, goeie reputasie

as werkgewer en navorsingsitate erken. � Netwerke bestaan met sowel plaaslike as internasionale universiteite,

insluitend universiteite in die VSA, China, Australië en Europa.

KontakinligtingProf Irma EloffTel +27 (0)12 420 5721E-pos [email protected]

Wanique Williamson is ʼ’n gebore leierDie opheffing van gemeenskappe en sterk leierskap het belangrike faktore geword vir die opbou van ʼ’n welvarende Suid-Afrika.

Wanique Williamson, ʼ’n BEd-student in haar finale jaar in die Fakulteit Opvoedkunde, het verskeie talente en is ʼ’n presteerder op vele gebiede.

Sy is gekies om deel te neem aan leierskapprogramme soos die Golden Key International Honours Society, Tuks Topjunior en Topsenior, en UP Enactus, ʼ’n wêreldwye niewinsgewende organisasie. Studente wat by die Enactus-program aansluit, word aangemoedig om programme te ontwikkel vir behoeftes wat hulle in gemeenskappe geïdentifiseer het. Wanique ervaar haar betrokkenheid by leierskapprogramme as lonend omdat dit haar in aanraking bring met mense wat haar liefde vir die verbetering van gemeenskappe deel.

Die UP Enactus-groep het die jaarlikse nasionale Enactus-kompetisie gewen en sal Suid-Afrika by die Wêreldbekerkompetisie in Mexiko verteenwoordig, waar hulle die direkteure en uitvoerende hoofde van groot maatskappyeʼ soos Harmony Gold, Sasol, KPMG en Absa sal ontmoet wat deur die loop van die kompetisie as beoordelaars opgetree het.

Wanique was in 2011 die topstudent in die Fakulteit Opvoedkunde, en is tans die ambassadeur vir ʼ’n niewinsgewende organisasie in haar gemeenskap. Sy is ‘ʼn gebore leier op die gebied van gemeenskapsbetrokkenheid.

Page 6: 2015/16 - UP Brochures 2015 201… · direkteure en uitvoerende hoofde van groot maatskappyeʼ soos Harmony Gold, Sasol, KPMG en Absa sal ontmoet wat deur die loop van die kompetisie

4 Fakulteit Opvoedkunde 2015/16

Voorgraadse studieprogrammeStudent se merkwaardige prestasies erkenAnnél Terblanche het die hoogste toekenning van die Universiteit, die Toekenning van die Visekanselier en Rektor, ontvang. Dit is by die Herfsgradeplegtigheid aan haar oorhandig.

Die toekenning bestaan uit ʼ’n silwer medalje, asook ʼ’n kontantprys en sertifikaat, en word aan kandidate toegeken vir uitstekende akademiese prestasie in al die voorgraadse studiejare van enige eerste baccalaureusgraad.

Annél het ook die toekenning vir die beste prestasie in die BEd Verdere Onderwys en Opleiding: Algemeen ontvang, asook die Onderrigpraktyktoekenning, wat aan die student met die hoogste gemiddeld in al die jare van Onderrigpraktyk toegeken is.

Page 7: 2015/16 - UP Brochures 2015 201… · direkteure en uitvoerende hoofde van groot maatskappyeʼ soos Harmony Gold, Sasol, KPMG en Absa sal ontmoet wat deur die loop van die kompetisie

Universiteit van Pretoria 5

Fakulteit OpvoedkundeDie Fakulteit Opvoedkunde by die Universiteit van Pretoria is een van die grootste en mees diverse fakulteite in Suid-Afrika vir die aanvanklike en gevorderde opleiding van professionele opvoedkundiges van regoor die wêreld. ’n Onderskeidende kenmerk van die Fakulteit is dat nie net voordiensonderwysers opgelei word nie, maar ook opvoedkundige sielkundiges, skoolhoofde, navorsers, programevalueerders, kurrikulumontwerpers, spesialiste in rekenaaronderrig, -opleiding en -assessering, onderwys-beleidanaliste, gemeenskapsontwikkelingswerkers en onderwysregsadviseurs wat in nasionale en internasionale agentskappe en organisasies werksaam is.

Doel van die Baccalaureus-graad in OpvoedkundeDie doel van die kwalifikasie is om onderwysers op te lei wat bevoeg is om onderwys in ’n spesifieke leergebied of fase te gee soos gespesifiseer deur die verskillende kwalifiseerders.

Voorbereiding vir ’n beroep in opvoedkundeDie toekoms van Suid-Afrika lê in die opvoeding van sy mense. Onderwys bly ’n loopbaan wat nie net uitdagend en vervullend is nie, maar ook lewensnoodsaaklik vir die groei en ontwikkeling van die bevolking. Ten einde onderwysers,

opvoedkundige sielkundiges, bestuurders en beleidmakers vir hierdie reuse-uitdaging voor te berei, bied die Fakulteit Opvoedkunde by die Universiteit van Pretoria kwalifikasies aan wat innoverend en relevant is.

Studente word toegerus vir die nuwe uitdagings van die onderwysberoep. Daar is min loopbane wat so vervullend soos die onderwys is en daar is nie ’n beter plek om jou loopbaan te begin as by die Fakulteit Opvoedkunde by die Universiteit van Pretoria nie. Opwindende voorgraadse studieprogramme in onderwyseropleiding word aangebied.

Voorgraadse studieprogramme: Baccalaureus Educationis (BEd)Fundamentele modules in al die studie-programme � Akademiese Diensleer � Akademiese Inligtingsbestuur � Geletterdhede vir die Onderwys

Voorgraadse studieprogramme: Baccalaureus Educationis (BEd)

Golden Key-toekenning vir derdejaarstudentDie Fakulteit Opvoedkunde is trots op Keamogetswe Mekgwe, ʼ’n derdejaarstudent in die Fakulteit. Hy het die gesogte Golden Key-toekenning ontvang, tesame met ʼ’n beurs om die Internasionale Leierskapsberaad van 31 Julie tot 3 Augustus in Boston, Massachusetts, by te woon.

Keamogetswe sal omring wees met akademiese uitnemendheid by ’n geleentheid waar akademici met dieselfde belange byeenkom om verskeie onderwerpe op internasionale skaal te bespreek en leierskapsvaardighede te ontwikkel.

Hy gaan luister na inspirerende sprekers soos Ethan Zohn, Justin Jones-Fosu, Juliette Mayers, Stacey Shipman, Bruce Poon-Tip en Jerry Greenfield van Ben & Jerry’s Ice Cream. Hy sal ook die geleentheid hê om deel te neem aan verskeie werkswinkels wat deur lede, alumni en beroepsmense aangebied sal word. Die onderwerpe wissel van vaardighede vir onderhoudvoering, stresbestuur en beroeps- en/of nagraadsestudie-voorligting.

Page 8: 2015/16 - UP Brochures 2015 201… · direkteure en uitvoerende hoofde van groot maatskappyeʼ soos Harmony Gold, Sasol, KPMG en Absa sal ontmoet wat deur die loop van die kompetisie

6 Fakulteit Opvoedkunde 2015/16

Voorgraadse studieprogramme: Baccalaureus Educationis (BEd)

Vroeë Kinderontwikkeling- en Grondslagfase

Kernmodules KeusemodulesEen taal as keusemodule tot op tweedejaarsvlak

� Opvoedkunde � Vroeë Kinderontwikkeling- en Grondslagfasestudies � Leerondersteuning � Lewensvaardigheidsmodules � Geletterdheidsmodules � Gesyferdheidsmodules � Navorsingsmetodologie � Praktiese Onderwys

� IsiZulu � Sepedi � IsiNdebele � Afrikaans � Engels

Intermediêre Fase

Kernmodules KeusemodulesTwee eerstejaarsmodules waarvan een tot op tweedejaarsvlak geneem word

Addisionele keusemodules Geneem vanaf die tweede jaar

� Opvoedkunde � Leerondersteuning � Professionele

Studies � Navorsing-

metodologie � Praktiese Onderwys

� Een van drie Afrikatale/Engels/Afrikaans � Wiskunde (ten minste 4 in Graad 12 word vereis) � Geografie/Geskiedenis � Sielkunde � Godsdiensstudies � Fisika (voorvereiste vir Natuurwetenskap en Ontwerp en Tegnologie) � Chemie (voorvereiste vir Natuurwetenskap en Ontwerp en Tegnologie)

� Kunsopvoeding � Musiekopvoeding � Lewensoriëntering � Natuurwetenskap � Ontwerp en Tegnologie � Intermediêre Wiskunde � Geletterdheidspraktyke

Sfiso Sokhela ten gunste van verandering“Jy moet die verandering wees wat jy in die wêreld wil sien. As ʼ’n toekomstige onderwyser, sê dit vir my dat ons die toekoms van die land vorm deur die eenvoudige takies, soos om vir ander om te gee, hulle te versorg en te leer. Ek het elke oomblik van my studiejare op die Groenkloofkampus geniet en ek is ontsaglik dankbaar daarvoor,” sê Sfiso Sokhela, ʼ’n dinamiese leier en student in die Fakulteit Opvoedkunde.

Sfiso is baie positief oor die Fakulteit en sê: “Die Fakulteit Opvoedkunde is soos geen ander nie. Die dosente is baie meer bereid om jou te ondersteun en in staat te stel om ʼ’n goeie onderwyser te word. Dis soos ʼ’n familie – en hulle weet hoe om jou beste na vore te bring. Jy maak saak vir elke liewe dosent.”

Sommige van Sfiso se persoonlike prestasies sluit in dat hy die Voorsitter van Huis Kiaat en ʼ’n lid van die Huiskomitee was, asook die Voorsitter van die Edu-Cantare-koor. Hy het verder gedien as die Tesourier van STUKU, die studentekultuurtak van die Verteenwoordigende Studenteraad (VSR). Hy is entoesiasties en geniet elke oomblik van sy studentelewe.

Hy sê die volgende oor sy toekomsplanne: “My plan is om deel te bly van hierdie familie deur my honneurs- en meestersgrade te voltooi – en hopelik ʼ’n doktorsgraad terwyl ek onderwys gee. Ek hoop dat my kinders ook eendag by hierdie wonderlike plek kan kom studeer. Onderwys is die sleutel tot die wêreld en onderwysers is die slotmakers wat die sleutels vorm.”

Page 9: 2015/16 - UP Brochures 2015 201… · direkteure en uitvoerende hoofde van groot maatskappyeʼ soos Harmony Gold, Sasol, KPMG en Absa sal ontmoet wat deur die loop van die kompetisie

Universiteit van Pretoria 7

Voorgraadse studieprogramme: Baccalaureus Educationis (BEd)

Senior Fase

Kernmodules KeusemodulesDrie eerstejaarsmodules waarvan twee tot op tweedejaarsvlak geneem word

Addisionele keusemodules Geneem vanaf die tweede jaar

� Opvoedkunde � Leerondersteuning � Professionele Studies � Navorsing-

metodologie � Praktiese Onderwys

� Een van drie Afrikatale/Engels/Afrikaans � Wiskunde (ten minste 4 in Graad 12 word vereis) � Geografie � Geskiedenis � Godsdiensstudies � Sielkunde � Fisika (voorvereiste vir Natuurwetenskap en Ontwerp en Tegnologie) � Chemie (voorvereiste vir Natuurwetenskap en Ontwerp en Tegnologie) � Rekenaarwetenskap en Informatika (voorvereiste vir

Rekenaartoepassingstegnologie) � Grafiese Kommunikasie en Wiskunde (voorvereistes vir Ingenieursgrafika

en -ontwerp)

� Kunsopvoeding � Musiekopvoeding � Lewensoriëntering � Rekenaartoepassingstegnologie � Natuurwetenskap � Ontwerp en Tegnologie � Geletterdheidspraktyke � Ingenieursgrafika en -ontwerp � Molekulêre en Selbiologie � Dierkunde en Entomologie � Plantkunde

Onderwysstudent ontvang Golden Key-toekenning vir gemeenskapsdiens’n Onderwysstudent in haar vierde jaar, Talita Delport, is een van slegs twee persone wat die Golden Key International Honours Society se Gemeenskapsdienstoekenning ontvang het. Sy het prysgeld ter waarde van $1 000 ontvang.

“Dit is net ’n vreugde om by die gemeenskap betrokke te wees,” sê Talita. “Ek voel baie dankbaar en geëerd om die toekenning te ontvang, maar ook trots.”

Golden Key se Gemeenskapsdienstoekenning erken lede vir hul merkwaardige diens aan die gemeenskap. Dit moes ’n daadwerklike impak gemaak het en hulle moes ook meer as 100 ure se diens gelewer het. Talita het haar liefde vir kinders, onderwys en hulpverlening aan gemeenskapsprojekte gekombineer deur saam met Tuks Kreatief, ʼ’n vereniging van die Universiteit van Pretoria, te werk. Hierdie vereniging, wat aktief is in die gemeenskap, stel haar in staat om elke naweek met kinders te werk: sy verf gesigte, vertel stories en doen selfs towerkunsies. Tuks Kreatief gee die studente die geleentheid om na plaaslike gemeenskappe uit te reik en ʼ’n diens te lewer aan dié wat in nood verkeer.

So ver het Tuks Kreatief in 2014 drie gemeenskapsprojekte aangebied en daar word nog drie beplan.

Talita hoop dat die toekenning die mense rondom haar sal inspireer om ook aan gemeenskapswerk deel te neem – nie net vir die erkenning daarvan nie, maar om die vreugde te ervaar as jy ʼ’n verskil maak. Haar leuse vir 2014 is “maak ʼ’n verskil”.

Page 10: 2015/16 - UP Brochures 2015 201… · direkteure en uitvoerende hoofde van groot maatskappyeʼ soos Harmony Gold, Sasol, KPMG en Absa sal ontmoet wat deur die loop van die kompetisie

8 Fakulteit Opvoedkunde 2015/16

Voorgraadse studieprogramme: Baccalaureus Educationis (BEd)

Verdere Onderwys en Opleiding (VOO)

Kernmodules Graadkeuses en keusemodulesDrie eerstejaarsmodules waarvan twee tot op tweedejaarsvlak en een tot op derdejaarsvlak geneem word

Addisionele keusemodules Geneem vanaf die tweede jaar

� Opvoedkunde � Praktiese Onderwys � Professionele Studies � Navorsingmeto-

dologie

Algemeen (ALG)

� Een van drie Afrikatale/Engels/Afrikaans � Wiskunde (ten minste 4 in Graad 12 word vereis) � Geskiedenis � Geografie � Erfenis- en Kultuurtoerisme � Godsdiensstudies � Sielkunde � Informatika en Rekenaarwetenskap (voorvereiste vir

Rekenaartoepassingstegnologie) � Ondernemingsbestuur � Statistiek (voorvereiste vir Wiskundige Geletterdheid) � Grafiese Kommunikasie en Wiskunde (voorvereiste vir Ingenieursgrafika

en -ontwerp)

Algemeen (ALG)

� Lewensoriëntering � Rekenaartoepassingstegnologie � Wiskundige Geletterdheid � Kunsopvoeding � Musiekopvoeding � Ingenieursgrafika en -ontwerp

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW)

� Statistiek (let op voorvereistes*) � Ondernemingsbestuur � Toerismebestuur � Finansiële Rekeningkunde (tot en met die tweede jaar) � Ekonomie (let op voorvereistes*) � Rekenaarwetenskap en Informatika (voorvereiste vir

Rekenaartoepassingstegnologie)

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW) � Rekenaartoepassingstegnologie

Menslike Bewegingskunde en Sportbestuur (MBK)

� VERPLIGTEND: Menslike Bewegingstudies en Sportbestuur � Dieselfde keusemodules as by VOO (ALG)

Menslike Bewegingskunde en Sportbestuur (MBK) � Dieselfde keusemodules as by VOO (ALG)

Natuurwetenskappe (NW)

� Wiskunde (ten minste 5 in Graad 12 word vereis) � Plantkunde � Molekulêre en Selbiologie (voorvereiste vir Biochemie) � Dierkunde en Entomologie � Chemie (voorvereiste vir Biochemie) � Fisika � Genetika

Natuurwetenskappe (NW)

� Biochemie

* ’n Minimum van 4 (50%) vir Wiskunde in Graad 12

Kontakinligting vir voorgraadse navrae

Adel TaljaardTel +27 (0)12 420 5582Faks +27 (0)12 420 5933E-pos [email protected]

Hannie de WeerdTel +27 (0)12 420 5644Faks +27 (0)12 420 5933E-pos [email protected]

Monicca MakenaTel +27 (0)12 420 5546Faks +27 (0)12 420 5933E-pos [email protected]

Thandi MngomezuluTel +27 (0)12 420 5615Faks +27 (0)12 420 5933E-pos [email protected]

Page 11: 2015/16 - UP Brochures 2015 201… · direkteure en uitvoerende hoofde van groot maatskappyeʼ soos Harmony Gold, Sasol, KPMG en Absa sal ontmoet wat deur die loop van die kompetisie

Universiteit van Pretoria 9

Algemene inligting

1. Universiteit van Pretoria kampusse en kontakinligting

Kliëntedienssentrum (KDS)Tel +27 (0)12 420 3111E-pos [email protected] www.up.ac.za

LiggingUniversiteit van Pretoria, hv Lynnwoodweg en Roperstraat, Hatfield, Suid-Afrika

PosadresUniversiteit van Pretoria, Privaatsak X20, Hatfield 0028, Suid-Afrika

GPS-koördinate van kampusseHatfield S25˚45’ 21” E28˚13’ 51”GIBS S26˚07’ 46.2” E28˚02’ 46.788” (56 km van Hatfieldkampus)Groenkloof S25˚46’ 10” E28˚12’ 34” (3.5 km van Hatfieldkampus)UP-sportkampus S25˚45’ 10” E28˚14’ 46” (1.2 km van Hatfieldkampus)Mamelodi S25˚43’ 22” E28˚23’ 56” (12 km van Hatfieldkampus)Onderstepoort S28˚10’ 54” E25˚38’ 52” (22 km van Hatfieldkampus)Prinshof S25˚43’ 57” E28˚12’ 10” (6 km van Hatfieldkampus)

2. Toelatingsvereistes

Die statutêre minimum vereistes vir graadstudie is ’nʼ Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) met ’nʼ minimum prestasievlak van 4 (50%–59%) in vier erkende NSS 20-kredietvakke uit die aangewese vaklys hieronder: � Rekeningkunde � Landbouwetenskap � Besigheidstudies � Verbruikerstudies � Dramatiese Kuns � Ekonomie � Ingenieursgrafika en -ontwerp � Geografie � Geskiedenis � Inligtingtegnologie � Tale* � Lewenswetenskappe � Wiskundige Geletterdheid � Wiskunde � Musiek � Fisiese Wetenskap � Religieuse Studies � Visuele Kunste

*Weens die tale wat as onderrigtaal by die Universiteit van Pretoria gebruik word, is dit raadsaam dat studente Engels en/of Afrikaans as ʼn Huistaal of as ʼn Eerste Addisionele Taal, tesame met enige ander taal van keuse, moet hê. Bykomende vereistes mag deur fakulteite en/of sekere studieprogramme gestel word.

Voornemende studente in Graad 12 (finale skooljaar) moet hulle finale Graad 11-jaarpunt (promosiepunt) gebruik om aansoek te doen. Geen Graad 12-punte sal vir voorwaardelike toelating oorweeg word nie. Let daarop dat voornemende studente wat reeds die skool verlaat het, hul NSS/IEB*-sertifikaat moet gebruik om aansoek te doen. Verwys ook na Hoër Onderwys Suid-Afrika (Higher Education South Africa op bladsy 13). Addisionele keuringskriteria is van toepassing op aansoeke vir keuringsprogramme.

Voorlopige toelating word toegestaan op grond van die uitslae van die finale Graad 11-eksamen (promosiepunt). Let daarop dat die finale Graad 12-uitslae deurslaggewend is vir toelating. Let asseblief ook daarop dat voldoening aan die minimum toelatingsvereistes nie noodwendig toelating tot enige studieprogram waarborg nie.

Die berekening van ʼn Toelatingspunttelling (TPT) is gebaseer op ʼn kandidaat se prestasie in enige SES erkende NSS-20-kredietvakke (insluitende vakke van die nie-aangewese vaklys, bv RTT, Toerisme, Gasvryheidstudies en Siviele, Elektriese & Meganiese Tegnologie, ens), deur gebruik te maak van die NSS-sewepuntgraderingskaal. Lewensoriëntering is ʼn 10-kredietvak, en word nie vir die berekening van die TPT ingesluit nie. Lewensoriëntering is ook nie ʼn fakulteitspesifieke vakvereiste nie.

*Onafhanklike Eksamenraad (Independent Examination Board – IEB)

Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-sewepuntgraderingskaal

Prestasievlak Beskrywing Persentasie

7 Uitstaande prestasie 80–100%

6 Verdienstelike prestasie 70–79%

5 Wesenlike prestasie 60–69%

4 Voldoende prestasie 50–59%

3 Middelmatige prestasie 40–49%

2 Elementêre prestasie 30–39%

1 Nie behaal nie 0–29%

Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT)Die NBT is nie verpligtend vir alle studieprogramme nie. Verwys asseblief na die toepaslike studieprogramme in hierdie brosjure. Let asseblief daarop dat die Akademiese Geletterdheidstoets nie die NBT vervang nie.

KontakinligtingTel +27 (0)21 650 3523Webwerf www.nbt.ac.za

3. Aansoek om toelating

� Aansoeke open op 1 Maart van die jaar wat die studiejaar voorafgaan. Aansoekvorms moet die KDS bereik voor die sluitingsdatum.

� Ons beveel aan dat jy aanlyn aansoek doen by www.up.ac.za/aansoeke. Sodra jou aansoekvorm verwerk is, sal jy ʼn agtsyfer UP-studentenommer ontvang. Jy is ook welkom om ʼn aansoekvorm van die webwerf af te laai.

Page 12: 2015/16 - UP Brochures 2015 201… · direkteure en uitvoerende hoofde van groot maatskappyeʼ soos Harmony Gold, Sasol, KPMG en Absa sal ontmoet wat deur die loop van die kompetisie

10 Fakulteit Opvoedkunde 2015/16

Algemene inligting

� Dit word sterk aanbeveel dat jy ook ʼn tweede keuse studieprogram op jou aansoekvorm aandui. Verwys na www.up.ac.za/toelatingsinligting. Dit is nie raadsaam om vir twee keuringsprogramme as ʼn eerste en tweede keuse aansoek te doen nie. Keuringsprogramme is studieprogramme met vervroegde sluitingsdatums en beperkte aantal plekke en moet verkieslik as eerste keuse op jou aansoekvorm aangedui word.

� ʼn Nie-terugbetaalbare aansoekheffing van R300 moet elke aansoek vergesel.

� Die volgende dokumente moet jou aansoek vergesel:- ʼn Afskrif van jou finale Graad 11-eksamenrapport

waarop jou promosiepunt voorkom- ʼn Afskrif van jou ID of jou geboortesertifikaat

� Aansoekvorms wat gefaks, geskandeer, of per e-pos gestuur is, sal nie aanvaar word nie. Elke student moet slegs een aansoekvorm voltooi.

� Jy kan die vordering van jou aansoek aanlyn volg by die UP Portaal (Student Centre). Besoek www.up.ac.za/portal.

4. Taalbeleid en onderrigmedium

Die Universiteit maak in sy algemene bedrywighede van twee amptelike tale gebruik, naamlik Afrikaans en Engels. By formele onderrig is die onderrigmedium óf Afrikaans óf Engels óf albei tale, indien daar ’n aanvraag is en dit akademies en ekonomies regverdigbaar is. Dit bly egter steeds ’n student se verantwoordelikheid om jaarliks vas te stel in watter taal ’n module en alle verdere vlakke van die module aangebied word. Wat administratiewe en ander dienste betref, is ’n

student daarop geregtig om te kies of die Universiteit in Afrikaans of Engels met hom of haar moet kommunikeer. Waar die Universiteit oor die vermoë beskik, word Sepedi addisioneel as ’n kommunikasietaal gebruik.

5. Beurse, toekennings en lenings (finansiële ondersteuning)

Universiteitsbestuurde beurse en leningsDoen aansoek tussen 1 Augustus en 30 September van die jaar wat jou studies voorafgaan by www.up.ac.za/feesfunding. Let asseblief daarop dat aansoekers vir sportbeurse ook ʼn aansoekvorm moet voltooi wat verkrygbaar is van die Sportsentrum, [email protected], +27 (0)12 420 6060 of www.up.ac.za/sport.

Universiteitsbestuurde toekenningsLeerders doen nie aansoek vir hierdie toekennings nie. Hulle word outomaties na registrasie toegeken. Vir die spesiale kriteria, verwys asseblief na www.up.ac.za/feesfunding.

Ander finansiële ondersteuningsopsies � Edu-loan: www.eduloan.co.za � The Bursary Register:

Tel +27 (0)11 672 6559E-pos [email protected] www.gostudy.mobi

� www.bursary.hcifoundation.co.za

Prestasietoekennings – nuweling-eerstejaarstudente: 2015*Gewaarborgde voorgraadse prestasietoekenningsLeerders doen nie aansoek vir die onderstaande prestasietoekennings nie. Hierdie toekennings word gebaseer op akademiese prestasie.

Kwalifiserende gemiddelde persentasie

Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie

Fakulteit Gesondheidswetenskappe

Fakulteit Veeartsenykunde

Ander fakulteite

75%–79.99% R6 000 – –

80%–89.99% R15 000 R6 000 R15 000

90%–100% R40 000 R20 000 R40 000*Bedrae sal aangepas word vir 2016.

Let wel: Die Universiteit van Pretoria behou die reg voor om waardes te wysig sonder vooraf kennisgewing. Sien asseblief www.up.ac.za/feesfunding vir die kriteria wat van toepassing is op die bogenoemde prestasietoekennings.

Page 13: 2015/16 - UP Brochures 2015 201… · direkteure en uitvoerende hoofde van groot maatskappyeʼ soos Harmony Gold, Sasol, KPMG en Absa sal ontmoet wat deur die loop van die kompetisie

Universiteit van Pretoria 11

Algemene inligting

6. Spesiale aanbod aan akademiese presteerders

Die spesiale aanbod aan akademiese presteerders is gebaseer op gemiddelde persentasies behaal in die eindeksamen van die finale skooljaar. Hierdie spesiale aanbod mag gewaarborgde toekennings, plasing in studieprogramme en/of koshuisplasing insluit. Vir meer inligting oor die Universiteit se spesiale aanbod aan nuweling-eerstejaarstudente, besoek www.up.ac.za/toelatingsinligting.

Gewaarborgde toelating tot ʼn nie-keuringstudieprogram van die student se eerste of tweede keuse

Voorwaardes � Aansoeke moet voor of op 1 Mei van die jaar wat die aanvang van studie voorafgaan, ontvang word. � Die minimum vereistes vir toelating tot die gekose studieprogram moet nagekom word met die uitslae wat in die

eindeksamen van die finale skooljaar behaal is. � Daar moet voldoen word aan die minimum Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT)-vereistes vir die betrokke

studieprogram.

Let asseblief daarop dat toelating tot keuringstudieprogramme nie gewaarborg kan word nie.

Plasing in ʼn koshuis van die Universiteit van Pretoria

75%–89.99% 90%–100%Oorweging vir plasing in ʼn koshuis van die Universiteit van Pretoria berus op die volgende:

Die voornemende student moet: � aansoek doen voor 1 Mei van die jaar wat die aanvang van

studie voorafgaan; � ʼn gemiddeld van tussen 75% en 89.99% behaal het in die

eksamen waarmee die student aansoek doen om toelating by UP; en

� voorlopig toegelaat wees tot ʼn studieprogram.

Let asseblief daarop dat die akademiese gemiddelde persentasie gebaseer is op ʼn berekeningsformule van die Universiteit van Pretoria.

Gewaarborgde plasing in ʼn koshuis van die Universiteit van Pretoria berus op die volgende:

Die voornemende student moet: � aansoek doen voor 1 Mei van die jaar wat die aanvang van

studie voorafgaan; � ʼn minimum gemiddeld van 90% behaal het in die eksamen

waarmee die student aansoek doen om toelating by UP; en � voorlopig toegelaat wees tot ʼn studieprogram.

Let asseblief daarop dat die akademiese gemiddelde persentasie gebaseer is op ʼn berekeningsformule van die Universiteit van Pretoria.

7. UP-bankbesonderhede

ABSA Standard BankTak: Hatfield

Takkode: 632005

Rekeningnommer: 214 000 0054

Depositoverwysing: Agtsyfer-studentenommer

Vir internasionale transaksies: SWIFT-KODE: ABSAZAJJCPT

Tak: Hatfield

Takkode: 011545

Rekeningnommer: 012 602 604

Depositoverwysing: Agtsyfer-studentenommer

Let wel: � Gebruik altyd jou agtsyfer UP-studentenommer as

verwysing wanneer jy betalings maak. � Laat ten minste vyf werksdae toe vir die verwerking

van die betaling deur jou bank en behou die bewys van betaling (depositostrokie).

� Moenie jou depositostrokie na UP faks nie, tensy dit spesifiek van jou gevra word. Dit sal NIE die tyd bespoedig

wat dit UP neem om jou betaling te verwerk óf diens op dieselfde dag verseker nie, veral nie tydens die registrasietydperk nie.

� As jy Absa se aanlyn-bankdienste wil gebruik, besoek www.up.ac.za vir bystand om aanlyn-bankdienste vir die eerste keer op te stel. Doen ʼn soektog met “UNI” as begunstigde en kies die “students”-opsie. UP se bankrekeningnommer, 214 000 0054, sal op die skerm verskyn wanneer die betaling gemaak word en jy sal toegelaat word om jou studentenommer as verwysing te gebruik.

8. Verblyf

Slegs ʼn beperkte aantal plekke is beskikbaar in die Universiteit se koshuise. Koshuisplasing word gedoen op grond van akademiese prestasie (TPT) in Graad 11 en die datum waarop jy aansoek doen. Gevolglik word jy sterk aangeraai om vir koshuisplasing aansoek te doen in Maart van die jaar wat jou studie voorafgaan. Let asseblief daarop dat die vraag na koshuisverblyf die beskikbaarheid oorskry en toelating tot ʼn studieprogram kan daarom nie plasing in ʼn koshuis waarborg nie. Gewaarborgde plasing in ʼn koshuis is slegs van toepassing op studente wat voldoen aan die minimum vereistes van die UP-spesiale aanbod aan akademiese presteerders.

Page 14: 2015/16 - UP Brochures 2015 201… · direkteure en uitvoerende hoofde van groot maatskappyeʼ soos Harmony Gold, Sasol, KPMG en Absa sal ontmoet wat deur die loop van die kompetisie

12 Fakulteit Opvoedkunde 2015/16

Algemene inligting

Aansoek vir koshuisplasing word gedoen op die aansoekvorm vir ʼn studieprogram. Koshuisplasing vind dan plaas NADAT ʼn voornemende student voorwaardelik toegelaat is tot ʼn studieprogram. ʼn Voorgeskrewe reserveringsfooi vir koshuisplasing is betaalbaar nadat jy skriftelik kennis ontvang het dat jy in ʼn koshuis geplaas is. Besoek asseblief www.up.ac.za/toelatingsinligting of www.up.ac.za/accommodation.

PrivaatverblyfDie Universiteit kan ongelukkig nie verblyf aan alle aansoekers verskaf nie aangesien die aanvraag die beskikbaarheid oorskry. Vir meer inligting, verwys asseblief na www.up.ac.za/accommodation.

9. Veiligheidsdienste

Die Departement Veiligheidsdienste skep en verseker ʼ’n 24-uur veilige omgewing, verskaf toegangsbeheer tot alle kampusse sowel as 24-uur geslotebaan-televisiemonitering deur die UP Operasionele Bestuursentrum.

Kontakinligting24-uur Operasionele Bestuurder +27 (0)83 654 047624-uur UP Operasionele Bestuursentrum +27 (0)12 420 2310/276024-uur krisislyn +27 (0)80 000 6428 (tolvry)

10. Internasionale studente

Alle nie-Suid-Afrikaanse burgers moet voor registrasie by die Afdeling Internasionale Studente aanmeld in die Kliëntedienssentrum op die Hatfieldkampus. Nie-Suid-Afrikaanse burgers moet bewys van hulle amptelike status in Suid-Afrika, asook ʼn bewys van voldoende mediesefondsdekking by die Afdeling Internasionale Studente in die Kliëntedienssentrum indien voordat hulle sal kan registreer.

KontakinligtingTel +27 (0)12 420 3111E-pos [email protected] www.up.ac.za/ISDLigging Kliëntedienssentrum

Hatfieldkampus

Stawende dokumenteAlle nie-Suid-Afrikaanse burgers moet hul oorspronklike dokumente toon en twee afskrifte van elk van die volgende dokumente indien:

� Die Internasionale Studente-inligtingsvorm, voltooi en geteken

� ’n Geldige paspoort of ID (in die geval van studente met permanente verblyf in Suid-Afrika)

� ’n Geldige studiepermit geëndosseer vir studie aan die Universiteit van Pretoria, of een van die volgende:- ’n Studie-visum - ’n Asielversoekerstransit-visum- Vlugteling – Artikel 24-permit - ’n Diplomatieke visum

� Bewys van mediesefondsdekking (mediesefondsdekking moet vir ’n jaar vooruit betaal wees, van Januarie tot Desember)

Bogenoemde dokumente moet by ’n internasionale konsultant ingedien word en die inligting moet ingelees word voor jy kan registreer.

Mediesefondsdekking vir studiepermithouersNie-Suid-Afrikaanse burgers wat studiepermithouers is, of wil aansoek doen om ʼn studiepermit moet, in terme van die Suid-Afrikaanse Immigrasiewet, oor voldoende mediesefondsdekking beskik vir die duur van hulle verblyf in Suid-Afrika. Nie-Suid-Afrikaanse burgers wat van voorneme is om aan die Universiteit van Pretoria te studeer, kan aansluit by een van die volgende mediesefondsskemas:

Momentum Health (Ingwe-opsie)Lidmaatskapgelde is jaarliks vooruitbetaalbaar.Tel +27 (0)12 671 8749 (Centurion-kantoor) of +27 (0)86 010 2493 E-pos [email protected] Webwerf www.ingwehealth.co.za

BestMed Mediese Skema (Blueprint-keuse vir studente)Lidmaatskapgelde is jaarliks vooruitbetaalbaar.Tel +27 (0)12 339 9800 of +27 (0)86 000 2378 of +27 (0)86 000 BEST Faks +27 (0)12 323 4106 of +27 (0)12 339 9900 E-pos [email protected]

Hoër Onderwys Suid-Afrika (Higher Education South Africa – HESA)ʼn Volle of buitelandse voorwaardelike vrystellingsertifikaat is ʼn voorvereiste en van toepassing op nie-Suid-Afrikaanse burgers en studente wat nie oor ʼn Suid-Afrikaanse Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-kwalifikasie of die Onafhanklike Eksamenraad (Independent Examination Board – IEB)-kwalifikasie beskik nie en vir voorgraadse studie by die Universiteit van Pretoria wil inskryf. Hierdie sertifikaat kan slegs van HESA verkry word.

KontakinligtingTel +27 (0)12 481 2821Faks +27 (0)12 481 2843/50E-pos [email protected] www.hesa.org.zaLigging Unisa Sunnysidekampus Gebou 3 Vlak 1 hv Rissik en Steve Bikostrate Sunnyside Pretoria

Page 15: 2015/16 - UP Brochures 2015 201… · direkteure en uitvoerende hoofde van groot maatskappyeʼ soos Harmony Gold, Sasol, KPMG en Absa sal ontmoet wat deur die loop van die kompetisie

Universiteit van Pretoria 13

Algemene inligting

Toelatingspunttelling (TPT)-omskakelingDie volgende tabelle kan gebruik word om jou punte/simbole na ʼn toelatingspuntteling (TPT) om te skakel wanneer aansoek gedoen word vir studie by die Universiteit van Pretoria (UP).

Toelatingspunttelling (TPT)-omskakelingstabel

TPT(vereiste vlak

vir vakke sowel as algehele TPT)

NSS/IEB SC HGM-telling

SC SGM-telling

HIGCSENSSC HL AS-Level IB SL

IGCSE/GCSE/

NSSC OL/O-Level

Graad 11*

IGCSE/GCSE/

NSSC OL/O-Level

Graad 12**7 7 (80–100%) A 1 A 7 A

6 6 (70–79%) B A 2 B 6 B

5 5 (60–69%) C B 3 C 5 C A

4 4 (50–59%) D C 3 D 4 C B

3 3 (40–49%) E D 4 E 3 D C

2 2 (30–39%) F E 2 E D/E

1 1 (0–29%) G F 1 F F/G

* TPT-omskakeling vir Graad 11-gelykstaande kwalifikasies alleenlik en vir voorwaardelike toelating en keuringsdoeleindes** TPT-omskakeling vir Graad 12-gelykstaande kwalifikasies – nie vir finale toelating nie en moet saam met Advanced Subsidiary

Level en Advanced Level geneem word vir vrystelling

Toelatingspunttelling (TPT)-omskakelingstabel alleenlik vir Cambridge Advanced Level en IB Higher Level

TPTA-Level IB HLVereiste vlak

vir vakkeVereiste vlak

vir algehele TPT7 10 A 7

6 8 B 6

5 7 C 5

4 6 D 4

3 5 E

2 4

1 3

NSS Nasionale Senior Sertifikaat (Graad 12 voltooi gedurende of na 2008) IEB Onafhanklike Eksamenraad (Independent Examination Board – IEB)SS HG Senior Sertifikaat Hoërgraad (Graad 12 voltooi voor 2008)SS SG Senior Sertifikaat Standaardgraad (Graad 12 voltooi voor 2008)HIGCSE Higher International General Certificate of Secondary EducationA-Level Advanced LevelAS-Level Advanced Subsidiary LevelIB International Baccalaureate Schools (Higher Levels and Standard Levels) IGCSE International General Certificate of Secondary EducationGCSE General Certificate of Secondary Education NSSC Namibia Senior Secondary CertificateO-Level Ordinary Level

Page 16: 2015/16 - UP Brochures 2015 201… · direkteure en uitvoerende hoofde van groot maatskappyeʼ soos Harmony Gold, Sasol, KPMG en Absa sal ontmoet wat deur die loop van die kompetisie

14 Fakulteit Opvoedkunde 2015/16

Notas