2017 graad 12-leerders lees en leer die o-vlok-h … · senior sertifikaat-eksamens. hierdie...

4
14 2017 Graad 12-leerders Hierdie is julle geleentheid om julle drome te bewaarheid Graad 12 is ’n uitdagende en veeleisende jaar vir leerders. Jy het bykomende ondersteuning en goeie advies nodig. Hierdie boekie poog om huidige graad 12-leerders te motiveer en aan te moedig deurdat hulle die suksesverhale lees van sommige van die leerders wat goed gevaar het in vorige Nasionale Senior Sertifikaat-eksamens. Hierdie leerders deel hulle verhale mee deur eers hulle agtergronde en die strategieë wat hulle gebruik het om goeie uitslae te verseker, te skets, en dan woorde van bemoediging en motivering te voorsien. Daar word vertrou dat wanneer jy die verhale van hierdie suksesvolle NSS-kandidate lees, jy aangemoedig en oortuig sal word dat, ongeag die omstandighede en die uitdagings wat jy in die gesig staar, jy sukses kan behaal as jy harder en slimmer werk. Lees en Leer Die O-VLOK-H-metode om ’n handboek te bestudeer Die O-VLOK-H -metode is ’n beproefde, stapsgewyse strategiese benadering om uit handboeke te leer. Waarom is dit suksesvol? Omdat dit jou help om die belangrike feite en idees in jou handboek te vind, en om daardie inligting te bemeester en te onthou sodat jy voorbereid is vir die eksamen. O-VLOK-H is ‘n afkorting wat jou help om die stappe te onthou en dit maak ook verwysings daarna makliker. Die letters dui die stappe wat gevolg word aan: (O = oorsig, V = vrae stel, L = lees, O = opsom/opskryf, K = kontrole, H = hersiening) Indien hierdie ses stappe toegepas word, sal dit jou studietyd meer doelgerig en doeltreffend maak. Alhoewel dit tyd verg en ingeoefen moet word, sal dit nie meer nodig wees om hoofstukke in jou handboek oor en oor te lees indien jy die metode aangeleer het en kan toepas nie. ’n Verdere voordeel van die O-VLOK-H-metode is dat jy dikwels jou eie vrae oor ’n toets kan opstel. Omdat baie onderwysers die handboek as ‘n oorsig van die vakinhoude gebruik, sal hul toetsvrae uit dieselfde bron kom as die een wat jy gebruik. As jy jou notas en tekste deurgaan, sal jy baie eksamenvrae kan voorspel en antwoorde daarop kan voorberei. Hieronder volg ’n beskrywing van elk van die stappe: 1. OORSIG: (voor die les) Hierdie oorsig behoort nie langer as 20 – 25 minute te duur nie, selfs vir die langste hoofstuk. Die doel van die hoofstuk- oorsig is om ’n geheelbeeld te kry waaroor dit handel, watter inligting die skrywer verskaf, in hoeveel sub-onderwerpe die inligting verdeel is en hoeveel tyd jy aan die lees daarvan sal bestee. Lees die volgende: À Titel van die hoofstuk À Inleiding À Doelwitte À Woordeskat À Opsomming À Hersieningsvrae À Vetgedrukte opskrifte À Grafika en byskrifte 2. VRA: (voor die les) Verander elke vetgedrukte opskrif in ’n vraag deur een van die volgende woorde te gebruik: wie, wat, waar, wanneer, waarom of hoe. À Die rede waarom ‘n vraag uit elke opskrif geformuleer word, is om ’n doel te stel waarom die materiaal in meer besonderhede gelees moet word. Indien jy lees om ‘n antwoord op ’n spesifieke vraag te kry, lees jy aktief. 3. LEES: (na die les) Lees die gepaardgaande teks onder die opskrif aktief om ’n antwoord te kry op die vraag wat jy in Stap 2 gestel het. Die antwoord sal gewoonlik bestaan uit die hoofidee(s) en die ondersteunende idees van die paragraaf/ paragrawe. Lees die gedeelte sodat jy die antwoord op jou vraag kan kry. Die rede waarom jy lees, is om die antwoord op jou vraag te kry. 4. OPSOM/ OPSKRYF: (na die les) Hierdie stap behels dat jy die werk neerskryf. Jy kan ‘n verskeidenheid opsommings volgens jou eie keuse maak: Gewone manier: Trek ’n aantal kolomme vir die aantal hoofgedagtes wat jy het en plaas dan al die kernwoorde onder die betrokke ooreenstemmende hoofgedagte. Vloeidiagram. Plaas die hoofgedagtes, verspreid onder mekaar, met lyne vanuit die hoofgedagte vir soveel kernwoorde (onder mekaar) as wat daar is. Visualisering - “sien”/dink in prentjies. Gebruik ‘n eenvoudige tekening/prentjie vir voorstelling, bv. roetine ****** (stel herhaling voor) Onthou: jy moet dit kan herroep. Kleur moet helder, kontrasterend en nie te veel wees nie. Geheuekaart. Plaas die blad dwars voor jou. Skryf/teken die onderwerp in die middel. Gebruik verskillende kleure. Trek lyne wat die hoofgedagtes kloksgewys vorm. Gebruik drukskrif. Vanaf die hoofgedagtes se lyne trek lyne vir soveel kernwoorde as wat daar is. Skryf die woorde bo-op lyne sodat dit leesbaar is. Hoofgedagtes word in hoofletters geskryf en kernwoorde in klein letters. Trek ‘n “wolk” om elke hoofgedagte, met sy kernwoorde. As jy iets wat jy gelees het, neerskryf, sal jou begrip en onthouvermoë verbeter. 5. KONTROLE: (voor die volgende les) Maak seker daar ontbreek nie inligting in jou handboek of notas nie, want jy gaan hierna slegs jou opsommings gebruik om te leer. 6. HERSIEN (voor die volgende les) Dit is die laaste stap waartydens jy gaan seker maak dat jy jou opsomming “in jou kop kry”. Hou jou antwoorde toe en stel dan die vrae aan jouself. Indien jy nie die vraag kan beantwoord nie, kyk weer na jou notas en toets jouself weer. Wanneer jy seker is dat jy die vraag en antwoord verstaan, kan jy dit afmerk. Die doel van hersiening is om jou te help om vir die eintlike toets voor te berei. Onthou dat baie min mense handboeke vir genot lees; handboeke word gelees om inligting te vekry en om daardie inligting te onthou en toe te pas. Hersiening help jou om die inligting te onthou.

Upload: trinhngoc

Post on 17-Apr-2018

297 views

Category:

Documents


12 download

TRANSCRIPT

Page 1: 2017 Graad 12-leerders Lees en Leer Die O-VLOK-H … · Senior Sertifikaat-eksamens. Hierdie leerders deel hulle ... Matriek 2016 Jy het seker al baie toesprake gehoor oor hoe jy

14

2017 Graad 12-leerders Hierdie is julle geleentheid om julle drome te bewaarheid

Graad 12 is ’n uitdagende en veeleisende jaar vir leerders. Jy het bykomende ondersteuning en goeie advies nodig. Hierdie boekie poog om huidige graad 12-leerders te motiveer en aan te moedig deurdat hulle die suksesverhale lees van sommige van die leerders wat goed gevaar het in vorige Nasionale Senior Sertifikaat-eksamens. Hierdie leerders deel hulle verhale mee deur eers hulle agtergronde en die strategieë

wat hulle gebruik het om goeie uitslae te verseker, te skets, en dan woorde van bemoediging en motivering te voorsien.Daar word vertrou dat wanneer jy die verhale van hierdie suksesvolle NSS-kandidate lees, jy aangemoedig en oortuig sal word dat, ongeag die omstandighede en die uitdagings wat jy in die gesig staar, jy sukses kan behaal as jy harder en slimmer werk.

Lees en Leer Die O-VLOK-H-metode om ’n handboek te bestudeerDie O-VLOK-H -metode is ’n beproefde, stapsgewyse strategiese benadering om uit handboeke te leer. Waarom is dit suksesvol? Omdat dit jou help om die belangrike feite en idees in jou handboek te vind, en om daardie inligting te bemeester en te onthou sodat jy voorbereid is vir die eksamen.O-VLOK-H is ‘n afkorting wat jou help om die stappe te onthou en dit maak ook verwysings daarna makliker. Die letters dui die stappe wat gevolg word aan: (O = oorsig, V = vrae stel, L = lees, O = opsom/opskryf, K = kontrole, H = hersiening) Indien hierdie ses stappe toegepas word, sal dit jou studietyd meer doelgerig en doeltreffend maak. Alhoewel dit tyd verg en ingeoefen moet word, sal dit nie meer nodig wees om hoofstukke in jou handboek oor en oor te lees indien jy die metode aangeleer het en kan toepas nie. ’n Verdere voordeel van die O-VLOK-H-metode is dat jy dikwels jou eie vrae oor ’n toets kan opstel. Omdat baie onderwysers die handboek as ‘n oorsig van die vakinhoude gebruik, sal hul toetsvrae uit dieselfde bron kom as die een wat jy gebruik. As jy jou notas en tekste deurgaan, sal jy baie eksamenvrae kan voorspel en antwoorde daarop kan voorberei. Hieronder volg ’n beskrywing van elk van die stappe:

1. OORSIG: (voor die les)Hierdie oorsig behoort nie langer as 20 – 25 minute te duur nie, selfs vir die langste hoofstuk. Die doel van die hoofstuk-oorsig is om ’n geheelbeeld te kry waaroor dit handel, watter inligting die skrywer verskaf, in hoeveel sub-onderwerpe die inligting verdeel is en hoeveel tyd jy aan die lees daarvan sal bestee. Lees die volgende:

À Titel van die hoofstuk À Inleiding À Doelwitte À Woordeskat À Opsomming À Hersieningsvrae À Vetgedrukte opskrifte À Grafika en byskrifte

2. VRA: (voor die les)Verander elke vetgedrukte opskrif in ’n vraag deur een van die volgende woorde te gebruik: wie, wat, waar, wanneer, waarom of hoe.

À Die rede waarom ‘n vraag uit elke opskrif geformuleer word, is om ’n doel te stel waarom die materiaal in meer besonderhede gelees moet word. Indien jy lees om ‘n antwoord op ’n spesifieke vraag te kry, lees jy aktief.

3. LEES: (na die les)Lees die gepaardgaande teks onder die opskrif aktief om ’n antwoord te kry op die vraag wat jy in Stap 2 gestel het. Die antwoord sal gewoonlik bestaan uit die hoofidee(s) en die ondersteunende idees van die paragraaf/ paragrawe. Lees die gedeelte sodat jy die antwoord op jou vraag kan kry. Die rede waarom jy lees, is om die antwoord op jou vraag te kry.

4. OPSOM/ OPSKRYF: (na die les)Hierdie stap behels dat jy die werk neerskryf. Jy kan ‘n verskeidenheid opsommings volgens jou eie keuse maak: Gewone manier: Trek ’n aantal kolomme vir die aantal hoofgedagtes wat jy het en plaas dan al die kernwoorde onder die betrokke ooreenstemmende hoofgedagte. Vloeidiagram. Plaas die hoofgedagtes, verspreid onder mekaar, met lyne vanuit die hoofgedagte vir soveel kernwoorde (onder mekaar) as wat daar is. Visualisering - “sien”/dink in prentjies. Gebruik ‘n eenvoudige tekening/prentjie vir voorstelling, bv. roetine ****** (stel herhaling voor) Onthou: jy moet dit kan herroep. Kleur moet helder, kontrasterend en nie te veel wees nie. Geheuekaart. Plaas die blad dwars voor jou. Skryf/teken die onderwerp in die middel. Gebruik verskillende kleure. Trek lyne wat die hoofgedagtes kloksgewys vorm. Gebruik drukskrif. Vanaf die hoofgedagtes se lyne trek lyne vir soveel kernwoorde as wat daar is. Skryf die woorde bo-op lyne sodat dit leesbaar is. Hoofgedagtes word in hoofletters geskryf en kernwoorde in klein letters. Trek ‘n “wolk” om elke hoofgedagte, met sy kernwoorde. As jy iets wat jy gelees het, neerskryf, sal jou begrip en onthouvermoë verbeter.

5. KONTROLE: (voor die volgende les)Maak seker daar ontbreek nie inligting in jou handboek of notas nie, want jy gaan hierna slegs jou opsommings gebruik om te leer.

6. HERSIEN (voor die volgende les)Dit is die laaste stap waartydens jy gaan seker maak dat jy jou opsomming “in jou kop kry”.Hou jou antwoorde toe en stel dan die vrae aan jouself. Indien jy nie die vraag kan beantwoord nie, kyk weer na jou notas en toets jouself weer. Wanneer jy seker is dat jy die vraag en antwoord verstaan, kan jy dit afmerk. Die doel van hersiening is om jou te help om vir die eintlike toets voor te berei.Onthou dat baie min mense handboeke vir genot lees; handboeke word gelees om inligting te vekry en om daardie inligting te onthou en toe te pas. Hersiening help jou om die inligting te onthou.

Page 2: 2017 Graad 12-leerders Lees en Leer Die O-VLOK-H … · Senior Sertifikaat-eksamens. Hierdie leerders deel hulle ... Matriek 2016 Jy het seker al baie toesprake gehoor oor hoe jy

15

Nur-Aini Benjamin, Claremont Hoërskool – Matriek 2016Jy het seker al baie toesprake gehoor oor hoe jy suksesvol kan wees, en ek glo nie ek kan jou enigiets anders as die gewone vertel nie.

Ideaal gesproke, is sukses die kuns van konstantheid. Sukses kan nie gedefinieer word deur een daad wat oornag in ‘n reuse prestasie verander nie. Veels geluk as dit wel so gebeur. Sukses word veel liewer bereik nadat ‘n mens elke dag klein dele van ‘n taak verrig het – daar is die moontlikheid dat jy kan misluk, maar jy probeer weer totdat jy sukses behaal. Daar is egter een belangrike element nodig om jou doelwitte te bereik: die WIL om te presteer.

As jy ‘n brandende begeerte het om te presteer, sal jy enigiets doen om suksesvol te wees.

Jy sal die opofferings wat jy moet maak, aanvaar en uitsien na die uitdagings op jou pad. Jy sal leer om jou uitdagings as geleenthede te beskou en nie as struikelblokke nie. Dit kan ‘n geleentheid wees om iets te bereik wat jy nog nooit voorheen bereik het nie, of die geleentheid om ‘n nuwe, waardevolle lewensles te leer.

Een van die uitdagende aspekte van ons menslike bestaan is dat ons ALTYD getoets sal word. Om tou op te gooi is seker die maklikste ding om te doen. Ons moet egter altyd onthou dat deursettinsgvermoë ‘n teken van dapperheid is. Dit kan jou uitput, maar om tou op te gooi is lafhartigheid wat vir ewig by jou sal spook.

‘n Lekker ding van menswees is dat ons baie maklik by veranderinge aanpas. Neem as voorbeeld die eerste keer dat jy in ’n yskoue swembad klim. Die angs vooraf is baie erger as die werklike koue. As jy een voet in die yskue water sit, is dit ondraaglik … maar jou liggaam pas gou by die temperatuur aan en teen die tyd dat jou ander voet in die water is, is jy al gewoond aan die temperatuur. Kort voor lank swem jy so lekker dat jy nie wil uitklim nie.

Die jaar wat voorlê, lyk baie uitdagend en daar is tonne werk om binne ‘n kort tyd te doen. Die vooruitsigte en geleenthede van 2017 en daarna lyk min, maar jy moet die vasberadenheid en moed hê sodat jy kan aanhou ongeag die uitdagings wat die jaar sal bied.

Dit is belangrik om te onthou dat die som van sukses bestaan uit jou wil plus jou werk, minus dit wat jou aandag aftrek.

Onthou die woorde van die bokslegende,

Muhammad Ali:

“I hated every minute of training, but I said ‘Don’t quit. Suffer now and live the rest of your life as a champion.’ ”

Sikhanyisiwe, Mondeor Hoërskool – Matriek 2016Matriek! ‘n Opwindende dog verskriklike jaar in jou lewe. Dit is jou laaste kans om dinge reg te stel. Dit is jou geleentheid om jou skoolloopbaan suksesvol af te sluit en besluite te neem wat die

res van jou lewe sal verander.

My naam is Sikhanyisiwe en ek is tans in graad 12. Die spanning bou op soos die eindeksamen naderkom, maar weet jy wat? ‘n Mens moet aanhou totdat jy die eindstreep bereik. Moenie tou opgooi nie; jy het vanaf graad 1 alreeds so ver gekom. As jy regtig wil, kan niks en niemand in jou pad staan nie.

Besluit wat die belangrikste is. Wees realisties daaroor. Beplan jou rooster versigtig en hou daarby. Om iets op ‘n stukkie papier te skryf en regtig te doen wat op die papier geskryf staan, is twee verskillende dinge. Ruim tyd in vir jou skoolwerk sowel as vir ‘n sosiale lewe. Gebruik al die emosionele, fisiese en sielkundige ondersteuning wat jy kan kry. Moenie huiwer om jou vriende te vertel dat jy minder tyd met hulle gaan deurbring nie. Vanjaar gaan oor jou en niemand anders nie.

Jou onderwysers is daar om jou te ondersteun; moenie huiwer om hulle hulp te vra nie. As jy ‘n fout begaan, mag jy daaroor huil, maar leer ook daaruit. Probeer altyd nuwe en opwindende maniere te vind om jou studies doeltreffend te maak.

Daar is baie lesse wat jy op hierdie reis sal leer. Dit hang van jou af of jy die lesse ter harte sal neem en of jy dit by jou verby sal laat gaan. Al wat jy hoef te doen is om in jouself te glo en om die Allerhoogste te vra om die stryd saam met jou aan te pak. Bly positief. Soos ‘n Engelse gesegde lui: “You choose which wolf to feed, the good wolf or the bad wolf.” Omring jouself met positiwiteit en glimlag, al is dit moeilik.

Help mekaar; jy kan baie daaruit leer. Moenie jouself blameer indien jy nie jou doelwit bereik nie. Probeer net harder. Hou aan werk, die beloning sal uiteindelik die moeite werd wees. Dit is ‘n moeilike pad; dit het struikelblokke wat sal toets hoe sterk jy is. Sê elke dag vir jouself dat KAN en dat jy SAL, onegag wat ook al!

Page 3: 2017 Graad 12-leerders Lees en Leer Die O-VLOK-H … · Senior Sertifikaat-eksamens. Hierdie leerders deel hulle ... Matriek 2016 Jy het seker al baie toesprake gehoor oor hoe jy

16

Matrikulante, dit is ook belangrik om te onthou om te rus. Jou liggaam kan net ‘n sekere aantal dinge doen. Eet gesond, oefen – dit bied jou ontvlugting en ‘n bietjie “ek-tyd” sodat jy kan besin. Dit sorg ook dat jy gefokus bly.

Ek wil julle elkeen en geseënde en suksesvolle jaar toewens. Onthou: Glo in jouself en jy sal onstuitbaar wees.

Lonwabo Notana, Chris Hani Kuns en Kultuur Hoërskool – Matriek 2016 "...Our deepest fear is not that we are inadequate. Our deepest fear is that we are powerful beyond measure. It is our light, not our darkness that most frightens us. We ask ourselves, Who am I to

be brilliant, gorgeous, talented, fabulous? Actually, who are you not to be?”

(Uit Marianne Williamson se boek A Return to Love: Refl ections on the Principles of A Course, Harper Collins, 1992)

Ek het hierdie aanhaling al talle kere gelees, gesien hoe mense dit toepas en andere het kunswerke daaruit geskep. Dit was egter eers vanjaar dat ek besef het dat ek nie die betekenis en krag daarvan ken nie, maar nou ken ek dit. In die lewe beland ons baie keer in situasies waar ons getoets word. Ons ervaar die wêreld as ‘n groot, koue plek waarin ons nie hoort nie en waarin daar geen geleentheid of sukses is nie.

As ‘n leerders kan ‘n mens soms so oorweldig word deur omstandighede dat jy vergeet dat elke donker wolk ‘n silwer randjie het. Dit lyk asof alles teen jou is, soveel so dat jy selfs bevraagteken of jy nog by jou positiewe is. Jy ervaar mislukking en jy wil tou opgooi. Dit is egter die tye wanneer jy moet wys hoe sterk jy is. Sulke tye leer jou ook dat daar nie iets soos EK KAN NIE of ONMOONTLIK bestaan nie, want alles wat jy as onmoontlik beskou, is wel moontlik.

In Maart 2015 het ek myself tydens ‘n Drama-voorbereiding beseer. Ek was in Graad 11 en toe die X-strale bevestig dat ek my tibia gebreek het, was ek verpletter. Ek het vreeslik gehuil en het gedink dat my skoolloopbaan verby is aangesien ek ook Dansstudies as vak geneem het. Ek dank die Allerhoogste dat ek steeds graad 11 kon slaag. Die werklike uitdaging was graad 12 waar daar soveel werk was. My breuk het nie herstel nie. Weens foute deur sommige dokters het dit eintlik vererger! Wat sou ek in die Dansstudies praktiese eksamen

doen? Met geen punte was daar nie ‘n kans dat ek ‘n matrieksertfi kaat sou verwerf nie. Sommige amptenare het aanbeveel dat ek liewer die volgende jaar moes terugkom om matriek te voltooi. Gebroke, verslaan en seer; ek kan nie verduidelik presies hoe ek gevoel het nie. Een ding wat deur my gedagtes gemaal het, is dat my been nooit weer gesond sal word nie. Dit was dus totsiens aan my toekoms en my drome.

Gelukkig het ek wonderlike onderwysers wat veel meer as die normale gedoen het om ‘n alternatief vir my praktiese eksamen te vind. Dit was egter die moeilikste taak ooit. Ek moes ‘n onderwerp navors en die navorisngsprojek inlewer; iets waarmee ‘n tersiêre student met al die bronne tot haar beskikking sekerlik sou sukkel. Verder moes ek my navorsingsprojek voor ‘n paneel eksaminatore aanbied. Die voorbereiding vir die projek was nie maklik nie. Op ‘n stadium het een van die amptenare gesê dat my eerste poging pateties is en dat ek sou druip. Dit het my moed gebreek.

Die belangrike is dat ek goeie verhoudings met my onderwysers moet hê. My Dansonderwyser was voortdurend daar om my te ondersteun. My Drama-onderwyser het gesê ek moet my kop bo die water hou en nie verdrink nie; ek sal slaag. Hy het my ook met die navorsingsprojek gehelp. Dit het my laat besef dat ek wel kan slaag.

Toe die eksamendag aanbreek, het baie onvoorsiene problemE opgeduik: die aanbieding het onder andere van ‘n geheustokkie verdwyn en wou nie uitdruk nie. Ek het egter kop gehou. Die terugvoer van die eksamenpaneel was fantasties. Sommige paneellede het in trane uitgebars; die gehalte van my werk was die beste wat hulle nog ooit gesien het! Sommige derdejaar-universiteitstudente sou nie beter kon doen nie!

Dit het my laat besef dat, as die lewe jou pooitjie, moet jy nie toelaat dat dit jou vermink nie. Ons toekoms het sterk jongmense nodig wat bereid is om op te staan en die reis te voltooi. Onthou dat daar altyd struikelblokke sal wees, maar jy is groter as dit.

VRA JOUSELF DUS WEER: WHO ARE YOU NOT TO BE WHAT YOU WANT??

Woon die skool elke dag by asook enige ekstra lesse wat aan jou gebied word.

Page 4: 2017 Graad 12-leerders Lees en Leer Die O-VLOK-H … · Senior Sertifikaat-eksamens. Hierdie leerders deel hulle ... Matriek 2016 Jy het seker al baie toesprake gehoor oor hoe jy

17

Om ’n beroep te kies …Weet jy …

• Wat jy graag eendag wil word? • Watter beroep jy beplan om na te streef?• Watter vakke jy sal moet neem?• Waar jy wil studeer?• Hoe jy vir jou studies sal betaal?

Is jy in staat om:

• Goeie beplanning vir jou toekoms te doen? • Ingeligte besluite oor ’n beroep te maak? • Goeie keuses te maak?

LAAT DIE WKOD JOU HELP …

Hierdie boek is vol inligting oor VOO-vakke en moontlike beroepe waarna jy kan streef indien jy hierdie vakke gekies het.

Die vakke wat jy gekies het, kan lei na ’n verskeidenheid beroepsvelde waarbinne jy ’n magdom beroepe sal vind waaruit jy kan kies, onder andere:

Tale en kommunikasie: uitgewer, skrywer, interpreteerder, joernalis, vertaler

Visuele Kunste en Ontwerp: kunsonderwyser, kunstenaar, advertensie, klereontwerper, tandtegnikus

Uitvoerende Kunste: akteur, komediant, platejoggie, grimeerkunstenaar, televisie-vervaardiger

Bemarking en verkope: advertensie, entrepreneur, mode-aankoper, toerisme en reis

Bestuur en Beplan: administratiewe amptenaar, geleentheidsbestuurder, projekbestuurder

Finansiële Bestuur: rekenmeester, ouditeur, tesourier, kredietkontroleerder, makelaar

Klerklik en Sekretarieel: sekretaris, ontvangsdame, datavaslegger, proefleser

Plante en Diere: toerleier, landboukundige, bioloog, tuinboukundige, dierkundige

Sport: biokinetikus, sportafrigter, fiksheidsfarigter, persoonlike afrigter, skeidsregter

Ambagte: landboukundige tegnikus, skrynwerker, kopersmid, slotmaker, sweiser

Ingenieurswese: lugverkeerkontroleur, tekenaar, siviele ingenieur, meganiese ingenieur

Wetenskappe: biogenetikus, kartograaf, apteker, fisikus, grondwetenskaplike, kerningenieur

Rekenaars: besigheidstelsels, stelselanaliseerder, rekenaar hardeware/sagteware ingenieur

Gesondheidsdienste: tandarts, dermatoloog, internis, mediese dokter, sielkundige

Gesondheids-ondersteuningsdienste: dieetkundige, gesondheidswerker, verpleegster, arbeidsterapeut

Sosiale Wetenskappe: ambassadeur, uitgewer, historikus, politieke wetenskaplike, maatskaplike werker

Wette: prokureur, advokaat, ondersoeker, buitelandse sake amptenaar, openbare beskermer

Opvoedkundige en Ondersteuningsdienste: au pair, beroepsvoorligter, onderwyser, bibliotekaris

Kreatiewe Dienste: spysenier, kok, graveur, haarkapper, hotelbestuurder, letterskilder

Algemene dienste: lugwaardin, haarkapper, motorbestuurder, skoonmaker, meterleser, huurmotorbestuurder

Wetstoepassing en beskermingsdienste: polisieman, soldaat, verkeersbeampte

Vind ’n beroep wat sal pas by die vakke wat jy gekies het. Indien jy onseker is of jou belangstellings en talente tot ’n beroep sal lei, is dit belangrik dat jy die belangstellingsvraelys or self-eksplorasie oefening voltooi wat deel is van die inligting in die PACE beroepsentrum se CD of die PACE Beroepsentrum se gids. Die PACE-inligting is by jou skool beskikbaar. Dit is belangrik dat jy die beroepe navors om antwoorde op al jou vrae te vind.

Die belangstellingsvraelys stel jou in staat om JA/NEE op 106 vrae oor jou belangstellings te antwoord. Dit is vrae oor dinge waarvan jy hou/nie hou nie, jou belangstellings, jou persoonlikheid, ens. Nadat jy die vraelys voltooi het, verskyn 'n profiel van die loopbaanrigtings waarin jy belang sal stel, gebaseer op jou antwoorde. Die loopbaangids bevat 'n lys van 21 loopbaanrigtings, maar daar kan meer wees. Die loopbaanrigtings is gerangskik vanaf dit waarin jy die meeste tot die minste belangstelling toon. Nou kan jy die rigting navors om vas te stel in watter loopbaan jy die meeste belang stel en daarna spesifieke beroepe navors.

Gesels met die Lewensoriëntering-onderwysers by die skool. Hulle is in staat om jou met meer inligting rondom moontlike beroepe te help.