2811 sondag pretblaaie - cdn.24.co.za

6
Blokraai -PRET saamgestel uit vandag se koerante Maklik om uit te druk! 28 November 2021

Upload: others

Post on 28-May-2022

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 2811 Sondag pretblaaie - cdn.24.co.za

Blokraai-PRET

saamgestel uit vandag se koeranteMaklik

om uit te

druk!28 November 2021

Page 2: 2811 Sondag pretblaaie - cdn.24.co.za

Blokraai

Naam......................................................................... Tel...................................... Faks of e-pos.............................................................Vul jou naam en adres in, neem ’n foto van jou voltooide raaisel en e-pos dit na [email protected]. Skryf asseblief die nommer van die blokraaisel in die onderwerpveld.

Pretblad1 uit 5

502Twee kanse om R500 te wenVersteek in die sirkels, afwaarts gespel, is die naam van die ongewilde Franse koningin wat blykbaar nooit regtig van die honger, brood-lose gepeupel gesê het “laat hulle koek eet” nie. SMS die woord BLOK gevolg deur jou antwoord na 34581. Die lyn sluit op 4 Desember om 12:00 en elke SMS kos R1,50. Gratis SMS’e geld nie en foutiewe SMS’e word verreken. Die wenner word op 19 Desember aangekondig.

28 November 2021

Page 3: 2811 Sondag pretblaaie - cdn.24.co.za

BlokmakierieIn die geel blokkies is ’n koddige sin versteek wat op die rooster sal verskyn nadat jy die Blokmakierie korrek voltooi het (jy lees die sin van bo af ondertoe).

Pretblad2 uit 5 28 November 2021

Dwars1. Wat woorde doen, terwyl voorbeelde trek3. Mirakels (Die woord mirakel is nie ’n anglisisme nie.)10. Meer van die reeds genoemde13. Hulle word gesing14. Rooibruin ertjie-agtige saadjies (gekook vir sop)18. Redes wat baie keer tevergeefs gesoek word19. Onmenslik wreed21. Nors, nukkerig of pruilmond23. Groot vertrek vir opskoppe, maar ook vir formeler passies26. Sy gebied is ’n emiraat27. ’n Dubbelbollens is wel een, ook iemand wat aandik!28. Iedere leek? (anagram)30. Oorgegaan in die ander toestand wat genoem word32. Tersaaklikheid36. M en M en M en M!37. Efesiërs (afk.)38. Apparate waarmee uitgesaai word43. Goeddunke is optrede volgens eie . . .45. ’n Ou een lus glo mos ook ’n groen blaartjie46. Betrekking hê op47. Einste, dis nes tevore49. Verhinder50. Behoort hierdie diep gate dan aan die uwe?

Af2. Lofbetuiginge of grafredes4. Die gryse verlede was in die dae hiervan5. Onwillekeurig lug uit die neus laat plof6. ’n Steen . . . aanstoots7. Edisie (afk.)8. In hoë . . . gesweef (het oor ingewikkelde dinge gepraat)9. Graderingsuitgang by die vergrotende trap11. Verskuldig gewees12. Studie van kanker of van gewasse15. Hulle Eksellensies word afgekort as HH . . .16. In hierdie mate17. Afgehandel of voltooi word20. Gifslange (hul anagram is ’n woord vir mense wat dinge gedoen kry)22. Geskrewe vorm van die gewone taal, teenoor poësie24. Gloeiend warm metaal bewerk en vorm gee25. Digterlike byvoeglike naamwoord afgelei van die woord vir ’n wit edelmetaal, om bv. die glans van die maan te beskryf27. Toeslyk29. Dorp in Mpumalanga wat moreel verwar is?!30. Onstoflike deel van die mens, volgens die religieuse beskouing31. Beskadigings of gebreke33. Wat die minste styf vassit34. Lekker is net ’n . . . lank35. Waarde39. Naam op euro’s wat in Dublin gemunt word40. Iets wat aan die . . . van die dag is, gebeur gereeld41. . . . hiertoe en nie verder nie42. Laaibrief (afk.)44. Dit verbind kop en skouers48. Verby

Page 4: 2811 Sondag pretblaaie - cdn.24.co.za

Junior blokraaiKompetisieHet jy die junior blokraai geniet? Stuur vir ons ’n selfoonfoto van jou met jou voltooide blokraai (sowel as jou naam en jou ouderdom) na [email protected] en jy kan ’n kontantprys van R250 wen. Die antwoorde van jou blokraai hoef nie alles sigbaar te wees nie.

Pretblad3 uit 5 28 November 2021

Page 5: 2811 Sondag pretblaaie - cdn.24.co.za

Vasvra

Woordslim met die WAT

MoeilikSudoku

Maklik

Pretblad4 uit 5 28 November 2021

1. Watter “wonder” wat deesdae in omtrent elke huis gebruik word, maak gebruik van soortgelyke beginsels as dié wat die rolprentster Hedy Lamarr al in die Tweede Wêreldoorlog ondersoek het? (a) Radio; (b) Televisie; (c) Elektrisiteit; (d) WiFi.2. Watter land het die meeste voëlspesies? (a) Suid-Afrika; (b) Indonesië; (c) Colombië; (d) Brasilië.3. Hoe lank sal die vinnigste bemande ruimteskip, Apollo 10, van die Aarde af reis om die Son te bereik? Net meer as . . . (a) 5 dae; (b) 5 weke; (c) 5 maande; (d) 5 jaar.4. Met watter van die volgende families verbind ’n mens elk van dié motormaatskappye? (1) Porsche; (2) Chung; (3) Quandt; (4) Agnelli. (a) Fiat; (b) Volkswagen; (c) Hyundai; (d) BMW.5. Wie was die eerste Amerikaanse president wat in sy ampstermyn noord van die Noordpoolsirkel was? (a) Barack Obama; (b) Joe Biden; (c) George W. Bush; (d) Donald Trump.6. Van watter vasteland kom aartappels oorspronklik? (a) Asië; (b) Afrika; (c) Europa; (d) Suid-Amerika.7. Soek vir elke president van Suid-Afrika die regte presidentsvrou(e). (1) Nelson Mandela; (2) Thabo Mbeki; (3) Kgalema Motlanthe; (4) Jacob Zuma; (5) Cyril Ramaphosa; (a) Zanele Dlamini; (b) Tshepo Motsepe; (c) Mapula Mopate; (d) Nompumelelo Ntuli; (e) Graça Simbine; (f) Gertrude Sizakele Khumalo.8. Watter land het die naasgrootste landoppervlakte in die wêreld as alle watermassas in lande uitgesluit word? (a) China; (b) Australië; (c) Brasilië; (d) Indonesië.9. In watter deelstaat van die VSA is die Pentagon, die Amerikaanse verdedigingshoofkwartier? (a) New Jersey; (b) New York; (c) Virginië; (d) Washington DC.10. Watter land se hoofstad is die laagste onder seevlak? (a) Beiroet in Libanon; (b) Kiëf in die Oekraïne; (c) Ndjamena in Tsjad; (d) Bakoe in Azerbeidjan.

Wat beteken die woord

stoepa? (a) bewustelose toestand (b) graftombe (c) breë serp

Page 6: 2811 Sondag pretblaaie - cdn.24.co.za

Oplossings

Sudoku

Woordslim

Vasvra

MoeilikMaklik

Junior blokraai

Pretblad5 uit 5 28 November 2021

Blokmakierie Versteekte sin: Ek wonder nog hoekom die klip dan ál groter word – en toe tref dit my.Dwars: 1. Wek, 3. Wondere, 10. Nog, 13. Liedere, 14. Lensies, 18. Hoekoms, 19. Dierlik, 21. Diklip, 23. Danssaal, 26. Emir, 27. Vergroter, 28. Elke, 30. Geword, 32. Relevansie, 36. Emme, 37. Ef., 38. Sendtoestelle, 43. Insig, 45. Bok, 46. Betref, 47. Ditto, 49. Keer, 50. Myne.Af: 2. Eulogieë, 4. Olim, 5. Nies, 6. Des, 7. Ed., 8. Regione, 9. Er, 11. Geskuld, 12. Onkologie, 15. EE, 16. So, 17. Klaarkom, 20. Adders, 22. Prosa, 24. Smee, 25. Silwere, 27. Verslib, 29. Ermelo, 30. Gees, 31. Defekte, 33. Losste, 34. Vinger, 35. Nut, 39. Eire, 40. Orde, 41. Tot, 42. LB, 44. Nek, 48. Om.

(b) graftombeDie woord stoepa verwys na ’n antieke argitektoniese struktuur met ’n koepel van klipmesselwerk, wat as ’n Boeddhistiese graftombe of tempel dien. (WAT)

1. (d) WiFi. Hedy Lamarr (in 1914 as Hedwig Kiesler in Wene, Oostenryk, gebore) was ’n aktrise wat haar rolprentdebuut op 17 gemaak het en in 1937 Hollywood toe is. Sy het ook ’n voorliefde vir tegnologie en uitvindings gehad danksy lang gesprekke met haar pa, ’n bankdirekteur. Lamarr het in die Tweede Wêreldoor-log saam met die komponis George Antheil ’n elektroniese kommunikasiestel-sel voorgestel wat gebruik kon word om geleide missiele se radiofrekwensies te bly verander terwyl die ontvanger met die sender gesinchroniseer bly, wat dit vir die Duitsers onmoontlik sou maak om die missiele op te spoor. Dié tegnologie is nie in die oorlogstyd gebruik nie, maar Lamarr word as ’n pionier in die kommunikasietegnologie beskou. Haar veranderendefrekwensie-spektrum-tegnologie sou lei tot die tegnologie wat in WiFi of die GPS gebruik word. Selfone gebruik ’n verspreide-spektrum-tegnologie wat draadlose kommunikasie moontlik maak terwyl steurings vermy word. Lamarr, in 2000 in Casselberry, Florida, oorlede, is in 2014 in die Amerikaanse eregalery vir uitvinders opgeneem.2. (c) Colombië. In die wêreld is meer as 10 000 voëlspesies, 1 884 daarvan in Colombië. Peru (1 861), Brasilië (1 817) en Indonesië (1 723) is volgende. In Suider-Afrika is 962 voëlspesies, waarvan 856 in Suid-Afrika voorkom (volgens die verslag The State of South Africa’s Birds van 2018).3. (c) 5 maande. Die vinnigste bemande ruimtetuig tot dusver was Apollo 10, wat in Mei 1969 ’n snelheid van 39 897 km/h gehaal het. Met daardie snelheid sal dit die 149 597 870 km tot by die Son in 156,25 dae of net meer as 5 maande aflê. Op 12 Augustus 2018 het Nasa die Parker Solar Probe aan boord van ’n vuurpyl gelanseer. Dit behoort teen 2024 die maksimum snelheid van 692 000 km/h te bereik. Met dié snelheid sal dit die afstand na die Son in ongeveer 9 dae kan aflê.4. (1b) Porsche – Volkswagen; (2c) Chung – Hyundai; (3d) Quandt – BMW; (4a) Agnelli – Fiat. Volkswagen word nog beheer deur afstammelinge van Ferdinand Porsche, wat die eerste Volkswagen-produkte ontwerp het, en die Piëch-familie, wat ook baie betrokke by die maatskappy se groei was. Chung Ju-yung het in 1947 die Hyundaigroep as ’n konstruksiemaatskappy gestig. Die eerste motor wat dit vervaardig het, was die Pony van 1975. Karl Rapp het BMW in 1916 gestig om vliegtuigenjins te vervaardig. Die halfbroers Herbert en Harald Quandt het die maatskappy later oorgeneem en gehelp om BMW se status wêreldwyd te vestig. Giovanni Agnelli het Fiat in 1899 gestig.5. (a) Barack Obama het in September 2015 die eerste Amerikaanse president geword wat noord van die Noordpoolsirkel gereis het. ’n Dag voor sy vertrek het hy verklaar dat Noord-Amerika se hoogste piek, die 6 190 m hoë berg McKinley in Alaska, herdoop word na Denali, wat in een van die plaaslike tale “die hoë een” beteken.6. (d) Suid-Amerika. Aartappels kom oorspronklik uit Peru, maar alle gekweekte aartappels wêreldwyd is afstammelinge van ’n subspesie wat inheems aan Chili is. Aartappels is in die 1530’s in Europa bekendgestel. Daar was min variëteite, en hulle was baie vatbaar vir siektes. In 1845 het ’n plantsiekte wat aartappeloeste in Europa laat misluk het, gelei tot honger-snood in Ierland.7. (1e) Nelson Mandela – Graça Simbine; (2a) Thabo Mbeki – Zanele Dlamini; (3c) Kgalema Motlanthe – Mapula Mopate; (4d en f) Jacob Zuma – Nompu-melelo Ntuli en Gertrude Sizakele Khumalo; (5b) Cyril Ramaphosa – Tshepo Motsepe.8. (a) China. Rusland is met 17 miljoen km² die wêreld se grootste land, gevolg deur Kanada (9,99 miljoen km²), die VSA (9,8 miljoen km²) en China (9,6 miljoen km²). Dit sluit land- én wateroppervlaktes in. Kanada het die grootste binnelandse wateroppervlakte van alle lande (891 163 km²). As net die landoppervlakte bereken word, is China die naasgrootste land, gevolg deur die VSA en dan Kanada.9. (c) Virginië. Die Pentagon is die hoofkwartier van die VSA se departement van verdediging. Dit lê in Arlington County, Virginië, aan die oorkant van die Potomac-rivier vanaf Washington DC. Die Pentagon is sedert 1943 in gebruik en is die wêreld se grootste kantoorgebou. Sy oppervlakte is meer as 604 000 m², waarvan 344 000 m² as kantore gebruik word. Daar is 23 000 militêre en burgerlike werknemers. Die Pentagon se gange strek oor ’n afstand van 28,2 km.10. (d) Bakoe in Azerbeidjan is met 28 m onder seevlak die hoofstad én die grootste stad wat die laagste onder seevlak is. Dit lê aan die suidkus van die skiereiland Absjeron aan die Bakoebaai.

Blokraai [498 31 Oktober]