afrikaans huistaal graad 4 hersiening: week 8 12 … - 12...stuur gerus ʼn e-pos, indien leerder nog...
TRANSCRIPT
1
Afrikaans Huistaal Graad 4
Hersiening: Week 8 – 12 Junie 2020
Algemene inligting:
Hersiening word gedoen met die oog daarop om alle werk wat gedurende die
inperking met leerders behandel is, in te oefen.
Gaan gerus terug na die PowerPoint- aanbiedings om jou geheue te verfris.
Voltooi alle werk na die beste van jou vermoë en merk dan jou werk volgens
die memorandums wat voorsien word.
Stuur gerus ʼn e-pos, indien leerder nog steeds nie die werk verstaan nie.
Afrikaans huistaal hersiening vir graad 4 strek slegs oor 4 dae en daar is ʼn
laaste PowerPoint-aanbieding (voornaamwoorde) om na te kyk, voordat daar
met hersiening begin word.
Lekker werk Graad 4’s!
2
Hersiening 1: Woordvorming:
Gaan kyk weer na die volgende PowerPoint-aanbiedings om jou geheue te verfris.
18 – 22 Mei: Aanbieding 2 en 3.
Basisvorme
Voorvoegsels
Agtervoegsels
Samestellings
Afleidings
Vraag 1:
Skryf die basisvorm/basisvorme van elkeen van die volgende woorde neer. Die
eerste een is vir jou gedoen.
1.1 karretjie kar____________________
1.2 plante ______________________
1.3 sleutels ______________________
1.4 skoolskoene ______________________
1.5 gedoen ______________________
1.6 tuinier ______________________
1.7 aarbeie ______________________
1.8 herken ______________________
1.9 pratende ______________________
1.10 werker ______________________
Vraag 2:
Gebruik voorvoegsels en agtervoegsels om van elke woord 2 nuwe woorde te
vorm. Die eerste een is vir jou gedoen.
2.1 werk gewerk, werker________________________
2.2 skool ____________________________________
2.3 huis ____________________________________
2.4 droom ____________________________________
3
2.5 ken ___________________________________
Vraag 3:
Dui aan of die volgende woorde samestellings of afleidings is deur ʼn regmerkie in
die regte kolom te maak.
Woord
Samestelling
Afleiding
gekuier
skooltas
blompot
werkloos
kinders
speelgrond
gebêre
fietspomp
verander
skilpaaie
Vraag 4:
Vorm samestellings deur die basisvorme met mekaar te verbind.
4.1 lap + pop = _______________________
4.2 hond + hok = _______________________
4.3 dame + jas = _______________________
4.4 kind + kamer = _______________________
4.5 vy + boom = _______________________
4
Vraag 5:
Voltooi die ontbrekende gedeeltes in die blokkiesraaisel deur die woorde na hulle
verkleining te verander.
Hoe vul ek ʼn blokkiesraaisel in?
Grys potlood
Drukskrif
Hoofletters
Een letter per blokkie.
Dwars – links na regs.
Af – bo na onder.
5
Hersiening 2: Woordsoorte:
Gaan kyk weer na die volgende PowerPoint-aanbiedings om jou geheue te verfris.
11 – 15 Mei: Aanbieding 2 en 3.
Voorsetsels
Telwoorde
Voegwoorde
Vraag 1:
Kyk na die prentjie en voltooi die volgende sinne deur gepaste voorsetsels uit die
blokkie in te vul.
langs op onder tussen in agter deur bo-op
1.1 Een kat rol _______________ die bed.
1.2 ʼn Kat lê ________________ die stoel.
1.3 ʼn Kat sit __________________die tafel.
1.4 ʼn Kat lê _______________ die mandjie.
1.5 ʼn Kat lê ______________ die boeke.
1.6 ʼn Kat loer ________________ die gordyne uit.
1.7 ʼn Kat spring ________________ die venster.
1.8 ʼn Kat sit _______________ die kussings.
6
Vraag 2:
Verbind die enkelvoudige sinne met die voegwoorde tussen hakies om
saamgestelde sinne te vorm. Onthou om mooi na die woordorde te kyk. Onthou ook
die komma voor die voegwoord.
2.1 Die seun speel met die fietspomp. Hy staan in die kantoor. (terwyl)
______________________________________________________________
______________________________________________________________
2.2 Dit sal moeilik wees om in die dorp te kom. Die plaas is ver. (aangesien)
______________________________________________________________
______________________________________________________________
2.3 Sy weet. Hy het nog nie ʼn fiets nie. (dat)
______________________________________________________________
2.4 Hy kan nie die werk doen nie. Hy het nie ʼn fiets nie. (omdat)
______________________________________________________________
______________________________________________________________
2.5 Hy het ʼn fietspomp. Hy het nie ʼn fiets nie. (al)
______________________________________________________________
Vraag 3:
Lees die storie en onderstreep die hooftelwoorde met blou en die rangtelwoorde met
pers.
Abu Ali tel sy donkies
Eendag stap Abu Ali dorp toe om ʼn paar donkies te gaan koop. Hy koop nege
donkies en ry op die voorste een huis toe. Die ander donkies loop agterna.
Na ʼn rukkie sê Abu Ali by homself: “Ek moet seker maak dat al my donkies hier is.”
Hy draai om en begin sy donkies tel.
Hy tel net agt donkies. “Een, twee, drie, vier, vyf, ses, sewe, agt. O, gits! Waar is
die negende donkie?” roep Abu Ali uit.
Hy spring van sy donkie af en soek na die negende donkie. Hy soek agter die bome
en rotse, maar hy sien die donkie nêrens nie. “Ek sal hulle weer tel,” sê Abu Ali.
7
“Een, twee, drie, vier, vyf, ses, sewe, agt, nege. Nou is daar nege! Die donkie het
seker teruggekom!” Hy klim toe maar weer op die donkie en ry verder. Na ʼn rukkie
draai hy weer om en tel die donkies: “Een, twee, drie, vier, vyf, ses, sewe, agt.
Daar’s net agt donkies!” Hy spring van die donkie af en soek weer agter die bome
en rotse na die negende donkie. Hy kry die donkie nêrens nie.
“Ek sal weer tel,” sê hy. Hierdie keer is daar weer nege! Hy klim op die donkie en ry
verder. Hy sien sy vriend Musa, langs die pad en roep uit: “Musa, help my om my
donkies te tel, asseblief. Daar’s elke keer een te min. Wanneer ek stop om hulle te
tel, is daar net agt donkies, maar as ek afklim om na die negende een te soek, is hy
weer daar. Dan is daar nege!”
“Wel, ek sien tien donkies,” lag Musa. “Ek sien die donkie waarop jy ry en ek sien
agt donkies agter jou.” “Natuurlik, lag Abu Ali. Maar waar is die tiende donkie?”
“Hy ry op die negende donkie se rug,” sê Musa, “en sy naam is Abu Ali!”
Vraag 4:
Kyk na die prentjies hieronder. Dink aan ʼn woord wat op ʼn -d/-t eindig vir elke
prentjie. Skryf dan die meervoud en verkleining van elke woord neer. Die eerste
een is vir jou gedoen.
8
Woord
Meervoud
Verkleining
1. kind
kinders
kindjie
2.
3.
4.
5.
6.
9
Hersiening 3: Woordsoorte:
Gaan kyk weer na die volgende PowerPoint-aanbiedings om jou geheue te verfris.
27 – 30 April: Aanbieding 3 en 4.
4 – 8 Mei: Aanbieding 4.
8 – 12 Junie: Aanbieding 1.
Byvoeglike naamwoorde
Werkwoorde
Bywoorde
Voornaamwoorde
Vraag 1:
Verbind elke intensiewe vorm met die prentjie wat by hom pas.
Vraag 2:
Vul die regte intensiewe vorme in.
Eendag loop die __________jong prins in die kasteel se tuin. Hy het die vorige dag
ʼn __________skone meisie gesien op wie hy __________verlief is. Hy soek die
mooiste ___________rooi rose in die tuin. Dit is stil, behalwe vir ʼn paar insekte se
gefladder. Hy sien ʼn pragtige roos en steek sy hand daarna uit. Skielik is daar ʼn
gezoem en hy skrik hom ________lam! Sy oë is __________rond, sy gesig is
__________vaal en sy mond is _________droog! Die rose se dorings is
__________skerp en sy vinger begin bloei. Gelukkig is hy nie allergies nie en voel
10
hy weer dadelik _________fris. ______________vinnig pluk hy ʼn klomp rose tot sy
arms ________vol is en loop gou-gou kasteel toe.
Vraag 2:
Voltooi die trappe van vergelyking in die volgende tabel.
Stellende trap
Vergrotende trap
Oortreffende trap
goed
die
mooi
die
leeg
die
vroeg
die
moeg
die
droog
die
slim
die
groot
die
Vraag 3:
Dui aan of die volgende bywoorde in die volgende sinne ʼn bywoord van tyd, plek of
wyse is.
3.1 Sy stap vinnig na die juffrou se klas toe. _______________________
3.2 Die klein voëltjie piep saggies. _______________________
3.3 Maak jou bed soggens op. _______________________
3.4 Hou altyd by die reëls. _______________________
3.5 Hy sit daar alleen. _______________________
3.6 Mamma gaan vinnig winkel toe. _______________________
3.7 Was jou hande gedurig. _______________________
3.8 Hy maak nooit sy eie bed op nie. _______________________
11
Vraag 4:
Voltooi die volgende sinne deur die korrekte werkwoord in te vul.
4.1 Katte _____________ hulle ore om geluide van voor en agter te hoor.
4.2 Katte kan in die nag ____________, omdat hulle baie goed in die donker kan
______________.
4.3 Katte kan in die lug ______________ as daar gevaar naby is.
4.4 As katte ontspanne is, ______________ hulle hul naels in.
Vraag 5:
Vul die korrekte voornaamwoorde in.
5.1 My ma sê ___________ hou daarvan om trein te ry.
5.2 Pappa sê __________ hou daarvan om te vlieg.
5.3 Ek pak _______ eie tas.
5.4 Jy moet __________ eie tas dra. Die tas is mos __________.
5.5 Sy het ʼn pienk tas. Die pienk tas is __________.
5.6 Ons moet ____________ kaartjies vroeg bespreek.
Vraag 6:
Onderstreep die byvoeglike naamwoorde in die sinne hieronder.
Vraag 7:
Kyk hoeveel selfstandige naamwoorde jy kan vind.
12
13
Hersiening 4: Sinsleer:
Gaan kyk weer na die volgende PowerPoint-aanbiedings om jou geheue te verfris.
11 – 15 Mei: Aanbieding 1.
25 – 29 Mei: Aanbieding 2.
Ontkenning.
Direkte- en indirekte rede.
Vraag 1:
Skryf die volgende sinne oor met die regte leestekens. Kan jy onthou watter
leestekens by die direkte rede hoort? (handjie)
1.1 Lindie sê Ma ek is honger
_____________________________________________________________
1.2 Ma antwoord My kind die kos is op die tafel
_____________________________________________________________
1.3 Paul vra Ben kom jy nog môre saam met my swem
_____________________________________________________________
1.4 Ben antwoord Ja ek kom beslis
_____________________________________________________________
Vraag 2:
Skryf die volgende sinne oor in die indirekte rede.
2.1 Sara sê: “Ek gaan by my maat speel.”
_____________________________________________________________
2.2 Daniel sê: “Ons gaan netnou winkel toe.”
_____________________________________________________________
2.3 Anke vra: “Het jy onthou om jou masker te was?”
_____________________________________________________________
2.4 Miecke sê: “Mamma, hierdie boek is nie myne nie.”
_____________________________________________________________
14
2.5 Lienke vra: “Pappa, moet ons regtig so vroeg opstaan?”
____________________________________________________________
Vraag 3:
Skryf die volgende sinne oor in die ontkennende vorm. Onthou die dubbele “nie” en
kyk uit vir woorde wat heeltemal verander!
3.1 My kat lê graag bedags in die son op die stoep.
_____________________________________________________________
3.2 Sy was al hier.
_____________________________________________________________
3.3 Hulle is altyd by die huis.
_____________________________________________________________
3.4 Iemand het die kraan oopgelos.
_____________________________________________________________
3.5 Dit was ʼn pragtige wedstryd.
_____________________________________________________________
Vraag 4:
Watter van die woorde in die volgende sinne moet met ʼn afkappingsteken geskryf
word? Skryf slegs daardie woorde reg oor.
4.1 Hier is twee fototjies van my oumas en oupas.
___________________________________________________________
4.2 Hierdie klein radiotjie werk uitstekend.
__________________________________________________________
4.3 Die straat staan vol BMWs.
___________________________________________________________
4.4 Die graad viertjies mag na die videos kyk.
___________________________________________________________
4.5. Die pas en mas voel dat taxis te gevaarlik is.
__________________________________________________________
15
Vraag 5:
Voltooi die lettergrepe en klankgrepe van die volgende woorde.
Woord
Lettergreep
Klankgreep
melkskommel
boekrakke
saggies
swembaddens
rooibokramme
Vraag 6:
Voltooi die blokkiesraaisel met woorde wat op –d of –t eindig.
Dwars:
2. Jy moet ____________ betyds wees.
4. Die vuur ____________ lekker.
5. Ek bad elke ____________ voor ek gaan slaap.
6. Slaan die vlieg ________!
10. Mamma skep kos in my ________.
12. Ouma is al baie lank ___________.
13. In die vakansie slaap ek __________ .
14. Dit is hoog ___________ dat jy leer.
Af:
1. ʼn Reus is baie _______.
3. Mense wat kamp, slaap in ʼn ________.
7. Maak jou mond _______ oop vir die tandarts.
8. Juffrou _________ met die klas.
9. ʼn Verkeerde antwoord is ʼn _____________.
16
10. Die bome __________ in die lente.
11. Die vorm van ʼn bal is ________.
Baie dankie vir jou harde werk!
17