@agri julie 2012

46
@agri Jou no.1 aanlyn tydskrif Noord-Kaap Suid-Vrystaat Uitgawe 6 • Julie 2012 Bospoort: Bospoort: die beste die beste beskuit ooit! beskuit ooit! Bospoort: die beste beskuit ooit! Skaapboerdery – meer lammers met kruipvoeding Skaapboerdery – meer Skaapboerdery – meer lammers met kruipvoeding lammers met kruipvoeding Skaapboerdery – meer lammers met kruipvoeding Hoofartikel: NK kort Hoofartikel: NK kort bykans R6 miljard bykans R6 miljard vir paaie vir paaie Hoofartikel: NK kort bykans R6 miljard vir paaie Hoofartikel: NK kort Hoofartikel: NK kort bykans R6 miljard bykans R6 miljard vir paaie vir paaie Hoofartikel: NK kort bykans R6 miljard vir paaie Departement se onvermoë kniehalter grondhervorming Departement se onvermoë Departement se onvermoë kniehalter grondhervorming kniehalter grondhervorming Departement se onvermoë kniehalter grondhervorming Eienaars vertel van lang pad na sukses

Upload: lees-agri

Post on 21-Mar-2016

308 views

Category:

Documents


58 download

DESCRIPTION

@agri - Uitgawe 6 - Julie 2012

TRANSCRIPT

Page 1: @agri Julie 2012

@ a g r iJou no.1 aanlyn tydskrif

Noord-KaapSuid-Vrystaat

Uitgawe 6 • Julie 2012

Bospoort:Bospoort:die bestedie beste

beskuit ooit!beskuit ooit!

Bospoort:die beste

beskuit ooit!

Skaapboerdery – meerlammers met kruipvoedingSkaapboerdery – meerSkaapboerdery – meerlammers met kruipvoedinglammers met kruipvoedingSkaapboerdery – meerlammers met kruipvoeding

Hoofartikel: NK kortHoofartikel: NK kortbykans R6 miljardbykans R6 miljardvir paaievir paaie

Hoofartikel: NK kortbykans R6 miljardvir paaie

Hoofartikel: NK kortHoofartikel: NK kortbykans R6 miljardbykans R6 miljardvir paaievir paaie

Hoofartikel: NK kortbykans R6 miljardvir paaie

Departement se onvermoëkniehalter grondhervorming

Departement se onvermoëDepartement se onvermoëkniehalter grondhervormingkniehalter grondhervorming

Departement se onvermoëkniehalter grondhervorming

Eienaars vertel vanlang pad na sukses

Page 2: @agri Julie 2012

Tupperware en Avan-produkte. Skakel Tania Wiid vir 'n katologus by 082 457 2708. Voorraad is ook

beskikbaar by Die Pershuis in Jacobsdal.

Wil jy graag jou dienste of produk adverteer? Advertensies soos hierde in die“Dit-en-dat”-afdeling kos R60.

Stuur u inligting na [email protected].

Wil jy graag van iets ontslae raak of is jy opsoek na ‘n winskopie? Advertensies soos

hierde in die “Koop-en-Verkoop”-afdeling kos R100 (foto ingesluit) en verskyn ook

op @agri se webwerf. Stuur u inligting na [email protected].

Wil u graag hier adverteer?

Skakel Clivé by 053 591 0761 /083 708 3974 of stuur e-pos aan

[email protected].

DES GNSSPM

G R A P H I C | W E B D E S I G N

DES GNSSPM

Stephan Vorster 082 655 3278 • [email protected] • www.spmdesigns.co.za

• brochures• flyers • posters

• banners • stickers• web page design• e-mail stationery

• business cards• letterheads

• logo’s

Page 3: @agri Julie 2012

Uitgawe 6: Julie 2012

@agriClivé Burger ‐ Redakteur 083 708 3974 [email protected]

Stephan Vorster ‐ Grafiese [email protected]

14 Hoë grondpryse nie vanweë “gewilligekoper, gewillige verkoper” nie

2 Redaksie

Julie 2012 1

Foto: Clivé Burger

3 @agri Dagboek

4 Alfa & Omega

4 Uit my Inbox

6 Altesaam R5,8 miljard nodigvir agterstand op NK paaie

8 Bospoort‐beskuit se sukses loop wyd

13 Grondonteiening blysteeds 'n kwessie

18Monsanto maak massiewelappieskombers ter vieringvan Dekalb se verjaarsdag

20 Watertariewe nie só veel opsoos aanvanklik verwag

22 Reserviste is nie die antwoord

24 Rooivleisbedryf beleef onsekertye, maar posisioneer jou besigheid

27 Hou meer ooie aan danksy kruipvoeding

28 Kwaliteit gee deurslagin karkaskompetisies

30 PPR ‐ a disease risk to small stockthat is creeping closer

32 Nuwe boek sal poog omkleinboere te bemagtig

35 Pre‐primêre skool in Petrusvillehou hul dorp skoon

38 Department supports SA Wineindustry's planned ethical seal

39 Ek kan mos my MAN staan

Ewan Burger (4) van Jacobsdal hier by sy hanslam. Dit is sommer lekker koud hier in die laaste week van Junie.

Page 4: @agri Julie 2012

Die opinies wat deur persone in hierdie publikasie geopper word, is persoonlik en weerspieël nie noodwendig dié van die redaksie of medewerkers nie.

2 Julie 2012

'n Mens dink nie elke dag oor hoeveel ons het om voor dankbaar te wees nie. En dit is dikwels die klein dingetjies, wat so onbelangrik blyk te wees, wat ons so maklik miskyk.

Volgens die Voedsel en Landbouorganisasie van die Verenigde Nasies (FAO) weet een uit elke sewe persone in die wêreld nie waar hul volgende bord kos vandaan gaan kom nie. Daar is sowat 7 biljoen mense op aarde. Dit beteken dat sowat 1 biljoen mense nie kos het nie.

Dit is verskriklik om so daaraan te dink. Dink ons ooit daaraan? Dat daar elke nag mense is wat nie kos gehad het voordat hulle gaan slaap nie. My ma vertel van die dogtertjie by haar skool, om en by 9 jaar oud. In hierdie verskriklike koue kom sy skool toe sonder 'n trui of 'n baadjie. Net 'n kortmouhempie onder haar skoolrok. Geen sokkies by die skoene.

Dit maak nie saak of sy wit of swart is nie, sy bly net 'n kind. Wat is haar huislike omstandighede? Het sy ooit 'n bed om op te slaap? Genoeg komberse? Dit is maar een voorbeeld in ons dorp. Hoeveel ander is daar nie reg oor die wêreld waarvan ons nie eens bewus is nie. Dit is nie iets waaraan ons elke aand dink wanneer ons in ons warm beddens inkruip nie.

Ons het daagliks kos op die tafel, ons het klere om aan te trek. 'n Huis om in te bly. Dan dink ek aan my vierjarige se gebed saans wat so eenvoudig is, maar tog vir so verskriklik baie dankie sê: “Dankie Liewe Jesus vir 'n pappa en 'n mamma, vir 'n bedjie om in te slaap en vir kos en klere...”

Monsanto se mooi gebaar verlede maand met Deka lb se 100- ja r ige bes taans jaa r i s noemenswaardig. Altesaam 600 komberse (wat die mooiste kleurvolle prentjie uit die lug gemaak het) het een groot laslappieskombers gevorm – net om weer aan diegene wat dit so nodig het, uit te deel.

Vandeesmaand is ons tydskrif propvol nuus oor verskeie aspekte van die landbou. Vanuit die wetgewers word daar belowe dat paaie in die Noord-Kaap en Vrystaat aandag gaan kry. Wel dit is te hope, want kyk soos die toestand van ons paaie

nou daar uitsien, weet ek nie of daar enigsins iets is wat dit kan red nie. Boonop is die geld wat net in Noord-Kaap benodig word bykans R6 miljard. En die nuwe begroting gaan nie eens voorsiening maak om 'n kwart van al die (slag)gate wat daar is, toe te maak nie.

Verder het grondhervorming die laaste ruk weer baie aandag (en baie onnodige uitsprake) gekry. Daar word weer eens van die ANCYL se kant af gepropageer dat grond wat hulle toekom (bid jou dit aan!) teruggevat moet word. Uitsprake deur snuiters wat wil voorgee dat hulle deel van die “struggle” was! Daar word verkondig dat sou dit nodig wees vir oorlog dit dan maar moet gebeur, maar hulle grond (wat hulle van wie gekoop het?) sal hulle met geweld terugneem.

Dit is nie net vir kom vat nie! Dit is jammer dat veral ouer landbouers die slagoffers van hierdie lafaards word. Hulle word koelbloedig doodgeskiet sonder dat daar veel uit die huise gesteel word. Ek hoop president Jacob Zuma sal begin insien dat die kunswerk wat van sy bates gemaak is, nie die einde van die wêreld beteken nie. Daar is baie belangriker dinge as dit waaraan hy sy tyd bestee. Dit is nou te sê as hy en sy “comrades” n i e op p r i vaa t s t r a l e r s r ond r i t s me t belastingbetalers se geld wat miljoene rande beloop nie.

Dit terwyl sy mense nie kos en klere het nie. En ons wat daagliks moet toekyk hoe nog 'n onskuldige persoon se lewe geneem word.

Ek hoop regtig dat hier iewers spoedig uitkoms sal kom.

Geniet die rooiwyn, biltong en goeie geselskap in die lekker koue aande voor die kaggel of verwarmer. Een van die dae is dit weer warm dan kla ons weer daaroor!

Warm wintergroete

Clivé

Page 5: @agri Julie 2012

@agri

Sluitingsdatum vir die Augustus 2012-uitgawe van @agri vir kopie, foto's en advertensiemateriaal: 25 Julie 2012.

Dorpe in die Noord-Kaap en Suid-Vrystaat word versoek om asseblief alle belangrike datums aan @agri deur te gee vir plasing. Stuur die

inligting na [email protected].

Julie 2012 3

Julie17 Julie Griekwastad. VLV. 10:30. Potpourri. Oppersaal,NG Kerkgebou.Navrae: Hanna van der Linde (voorsitter) 083 391 8821.

17 JulieDouglas. VLV. Opvoeding en kultuur en leefstyl.NG Kerksaal. 15:00.Navrae: Linzetta Smit by 053 298 1203 of 082 338 7326.

27 JuliePrieska. Kuiermark en fees ten bate van Huis Frank du Toit-ouetehuis. Van 09:00 tot 17:00 by ouetehuis. Mariëtte Crafford is die gasbesoeker. Navrae: Rina Coetzee by 082 948 2354.

28 JuliePrieska. Sonskynkafee met Mariëtte Crafford. 11:00 tot 13:00 – Inspirasie met omgewingsprodukte. 14:30 tot 16:30 – Betowering met sjokolade. Plek: Likkewaanwerf. Uitstallers welkom. Ten bate van Huis Frank du Toit-ouetehuis.Besprekings en navrae: Rina Coetzee by 082 948 2354.

Augustus7 AugustusVolop. Agri Hay landbou-unievergadering. 14:30.Navrae: Joe Scholtz by 082 324 9600.

10 tot 12 AugustusPrieska. Vrouefees met Dalena Ferreira en Wilna Cilliers.Temas: Agter Maskers, Die rêrige jy en Die mooi jy. Demonstrasie van Carmien Tee. Ten bate van Huis Frank du Toit-ouetehuis.Navrae: Rina Coetzee by 082 948 2354.

14 Augustus Griekwastad. VLV. Openbare sake. 10:30. Praatjie: Maak 'n belegging in jou toekoms, respekteer jou omgewing. Demonstrasie: soete verleiding. Opper-saal, NG Kerkgebou. Navrae: Hanna van der Linde (voorsitter) 083 391 8821.

14 AugustusDouglas. VLV. Openbare sake en landbou en tuinbou.NG Kerksaal. 15:00.Navrae: Linzetta Smit by 053 298 1203 of 082 338 7326.

15 AugustusGriekwastad. Griekwastad-Grootrivier boereverenigingvergadering. 15:00.Navrae: Deon du Toit by 083 658 9283.

September4 September Griekwastad. VLV. Potpourri. 10:30. Brokkies met interessante inligting en kort demonstrasies. Oppersaal, NG Kerkgebou. Navrae: Hanna van der Linde (voorsitter) 083 391 8821.

11 SeptemberDouglas. VLV. Leefstyl, gesondheid en kunste en handvlyt.NG Kerksaal. 15:00.Navrae: Linzetta Smit by 053 298 1203 of 082 338 7326.

12 SeptemberGriekwastad. Noord-Kaap Veldramveiling. Skougronde.

15 September Griekwastad. NG Kerkbasaar.

Oktober9 OktoberDouglas. VLV. 'n Vrolike gebeurtenis.NG Kerksaal. 15:00. Navrae: Linzetta Smit by053 298 1203 of 082 338 7326.

23 Oktober Griekwastad. VLV. Miniskou – blommeskou.Oppersaal, NG Kerkgebou.

November7 November Griekwastad. Griekwastad-Grootrivier boereverenigingafsluiting. 15:00Navrae: Joe Scholtz by 082 324 9600.

7 NovemberGriekwastad. Agri Hay landbou-unie se afsluiting. 14:30. Navrae: Joe Scholtz by 082-324-9600.

10 November Griekwastad. NG Kerk se gemeenskapsafsluiting.

13 NovemberDouglas. VLV. Opvoeding en kultuur, openbare sake, landbou en leefstyl. NG Kerksaal. 15:00. Navrae: Linzetta Smit by 053 298 1203 of 082 338 7326.

Desember2 Desember Griekwastad. Kerssangdiens 19:00 in NG Kerkgebou.

Page 6: @agri Julie 2012

Dis nie viraltyd nie

he great violinist, Yitzahak Perlman, Thad polio as a child and walks with crutches and callipers. Instead of

arranging to be seated on stage at the beginning of his performance, he chooses to walk across the stage methodically and slowly until he reaches his chair. Then he sits down, puts his crutches on the floor, undo the clasp on his legs, bends down, picks up the violin, nods to the conductor and proceeds to play.

During a 1995 concert, a string of Perlman's violin suddenly snapped and everyone in the audience could hear it. The great virtuoso stopped and gazed at the broken string as those in attendance that night wondered what he would do. Perlman closed his eyes and after a moment of reflection, signalled the conductor to begin again.

Though anyone who knows music understands that it is impossible to play a symphonic work with just three strings, Perlman was undaunted. Apparently you could see this superb artist actually recomposing the piece in his head as he went along, inventing new fingering positions to coax never-before-heard sounds from his three string violin.

The sophisticated New York audience watched and listened in awe, knowing they were witnessing a ground breaking performance. When the piece was over, they exploded into appreciative applause. Mr Perlman smiled, wiped the sweat from his brow, and said in a soft, reverent tone, “You know, sometimes it is the artist's task to find how much music you can still make with what you have left”.

4 Julie 2012

Klaagliedere 3:32-33 – As Hy beproewing oor 'n mens gebring het, ontferm Hy Hom weer, want sy liefde is groot. Dit is teen sy sin dat Hy mense in ellende en beproewing bring.

Die Here is goed, dit is goed, lees ons in Klaagliedere 3:25-27. Nee, die man wat hierdie dinge sê, het nie 'n geweldige ervaring van gebedsverhoring beleef nie. Inteendeel. Jeremia roep uit: “Al roep ek en al smeek ek om hulp, Hy weier om my gebed te verhoor” (Klaagliedere 3:8).

Hy het nie 'n betroubare ondersteuningstruktuur in die gestalte van getroue vriende en volksgenote nie. 'Ek word uitgelag deur my hele volk; hule sing heeldag spotliedjies oor my' (Klaagliedere 3:14).

Sy leed word nie versag deur gerief en welvaart nie. 'Hy het alle rus van my af weggeneem; ek het al vergeet van voorspoed' (Klaagliedere 3:17).

Hy het dit reggekry om die geloof te behou: 'Ek het gedink dit is klaar met my en met my hoop op die Here' (Klaagliedere 3:18).

In hierdie omstandighede skryf Jeremia:

'Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop ... dit is goed om geduldig te wag op die hulp van die Here ... dit is goed vir 'n mens om sy las in sy jeug te dra'. (Klaagliedere 3:25-27)

Hoe kry Jeremia dit reg om so 'n belydenis in hierdie omstandighede te kan skryf? Bedoel hy dit? Natuurlik bedoel hy dit, want hy het uitgevind dat God, in sy liefde, altyd weer ontferming openbaar nadat Hy beproewing oor die gelowige gebring of toegelaat het. Hy het uitgevind dat dit teen God se sin is om mense aan ellende en beproewing te onderwerp.

Die God van liefde wil ons eerder vreugde as smart laat ervaar; Hy wil ons eerder troetel as tugtig; Hy wil eerder verbind as om wonde te slaan. Hierdie wete help Jeremia oorleef.

Het jy al daaraan begin vashou wanneer die lewe bitter is?

God is liefde, weet Jeremia. Hy is liefde, al begryp ek Hom nie. En wat myself betref – dis tyd dat ek in die spieël kyk. Dalk is dit nodiger dat ek van my sonde ontslae raak as van my probleme:

'Wat kla 'n mens oor sy lewe? Hy moet liewer sy sonde oorwin. Laat ons doen en late deeglik ondersoek en ons tot die Here bekeer.' (Klaagliedere 3:39-40)

Het jy die afgelope tyd in die spieël gekyk?

Dankie Here dat U vir ons die versekering gee dat geen beproewing in ons lewe vir altyd is nie. U ontferm U oor ons. Amen

(Uit: Gee My Liefde, Here! – Maretha Maartens)

Page 7: @agri Julie 2012

R30

@ a g r i Noord-KaapSuid-Vrystaat

www.leesagri.spmdesigns.co.za

G A S T E H U I S EAdverteer jou gastehuis!Veenwouden Gastehuis, Jacobsdal: Egte, plattelandse atmosfeer en vriendelikheid. Skakel Miranda van der Walt by 083 7090 688 of 053 591 0757 (ná 15:00)

Veenwouden Gastehuis, JacobsdalEgte, plattelandse atmosfeer en vriendelikheid. Skakel Miranda van der Walt by 083 7090 688of 053 591 0757 (ná 15:00). Ervaar die platteland, sonder enige pretensies, net soos dit is.

R60

R15001/8ste blad advertensie+ link na volbladpdf-advertensie in beide tydskrif en op@agri se webwerf.

Vir enige navrae kontak Clivé Burger by053 591 0761, 083 708 3974, stuur ‘n faks na

086 502 3941 of e-pos na [email protected].

R2500

Het jou gastehuisal sy eie webwerf?In vandag se tyd kan jy dit niebekostig om nie een te hê nie!

Stephan VorsterGraphic / Web Designstephan spmdesigns@ .co.za

spmdesignswww. .co.za

DES GNSSPM

DES GNSSPM

082 655 3278

Page 8: @agri Julie 2012

6 Julie 2012

ie onderskikte paaie in Noord-Kaap, wat sowat D37 000km lank is, is in 'n baie swak toestand. Ook omdat dit vir jare vanweë te min fondse nie ordentlik in

stand gehou is nie. Meer as die helfte van die provinsie se ongeteerde paaie kort dringend aandag en moet 'n bolaag kry. Dit geld vir sowat 12 371km. Om hierdie agterstand in te haal, sal dit die departement van paaie en openbare werke sowat R5,8 miljard kos.

Die department sal R2,2 miljard in die nuwe finansiële jaar op padinfrastruktuur en ontwikkeling bestee. Ekstra fondse is vir die provinsie bewillig nadat baie skade aan paaie gedurende die vloede aangerig is. Die fokus van die departement sal egter verskuif van konstruksie en rehabilitasie na voorkoming en roetine-instandhouding om te verseker dat die bestaande paaie se toestand nie verder agteruit gaan nie.

Só het Dawid Rooi, Noord-Kaapse LUR vir paaie en open-bare werke, onlangs in sy begrotingsrede bekendgemaak. Rooi het bygevoeg dat die instandhouding van grondpaaie nie langer die verantwoordelikheid is van die distriksmunisi-paliteit nie, maar wel dié van sy departement. Die department het dié funksie oorgeneem om die optimale benutting van fondse te verseker.

“As 'n lid van die uitvoerende raad (LUR), het ek as voor-ganger inisiatief geneem om die paaiefunksie van distriks-munisipaliteite oor te neem en deel te maak van die daaglikse operasionele dienslewering van die departement paaie en openbare werke. Sedert 1 Julie 2011 is amptenare van die distriksmunisipaliteit wat verantwoordelik was vir die vervulling van die paaiefunksie in ons department opge-neem.”

Rooi het gesê die “agterstand wat die onwettige apartheids-regering gelaat het” sal deur die departement vervul word danksy 'n nuwe geelvloot van R103 miljoen, wat bestaan uit trokke, trekkers, padmerkingsmasjiene en stootskrapers.

'n Groot finansiële uitdaging vir die department is die stygen-de koste van boumateriaal. Ander opsies van finansiering is ondersoek en is vennootskappe met verskeie rolspelers gesluit om die paaie te rehabiliteer en in stand te hou, het hy gesê.

Herstelwerk aan die pad tussen Kuruman en Hotazel is ‘n voorbeeld van só 'n vennootskap waar verskeie myne betrokke geraak het. Die pad word wyer gemaak en word ook herseël. Die koste beloop R67 miljoen, waarvan die myne altesaam R59 miljoen bewillig het.

Ook die N14 by Postmasburg sal vir 15km rehabilitasie ontvang. Die kostes word gedeel deur Kumba Ore en Assmang-myn. Die konstruksie op die pad tussen Carnarvon en Vosburg wat einde 2010 begin het, sal na verwagting teen Januarie 2013 voltooi wees. Die totale koste vir hierdie projek beloop R183 miljoen.

Volgens Rooi sou die departement kyk na die ontwikkeling by Hondeklipbaai en die omliggende gemeenskappe deur die opgradering van die verbygaande pad, maar hoewel die ontwerp voltooi is, is daar 'n finansiële inkorting en kan die proses nie voltooi word soos beplan is nie.

Die bou van die pad sal in fases plaasvind volgens die huidige belyning van die pad. Sodoende bespaar die departement in terme van die konstruksie-onkoste, aldus Rooi.

Oppervlakherstelwerk, die vervanging van die bolaag en herseël van oppervlaktes het wel plaasgevind by Steinkopf, Prieska/Spitskop, Mothibistad/Maphiniki; Dithakong, Calvinia en Williston, Witsand en Upington/Askham.

Die vloedskade aan die padnetwerke en brûe het sowat R367 miljoen beloop. Altesaam R61 miljoen is in die vorige finansiële jaar begroot vir herstelwerk by Driekloofpas, Kanoneiland, Barkly-Wes en Williston/Calvinia.

Vir die nuwe jaar is R124 miljoen begroot. Die meeste projekte se fokus is op werkskepping in die gemeenskappe waar die skade plaasgevind het. 'n Bedrag van R563 miljoen is vir 2012/13 begroot vir padinfrastruktuur en ontwikkeling, terwyl R145 miljoen begroot is vir die opgradering van asbespaaie, en die paaie tussen Vosburg en Carnarvon, Hotazel en Tsineng en Hopetown en Douglas.

Die volgende paaie is geoormerk vir rehabilitasie en herstelwerk teen R33 miljoen: Hartsrivier/Daniëlskuil/ Post-masburg en Hotazel/Kuruman. 'n Verdere R250 miljoen is bewillig vir instandhoudingsprojekte.

Rooi het gesê hoewel dit die departement se doel is om werk te skep en veral ook aan jongmense wat armoede in hul gemeenskappe kan verlig, sal daar nie toegelaat word dat werk nie na wense is nie.

“Ons dring aan op waarde vir ons geld. Dit is nie aanvaarbaar dat 'n slaggat vandag herstel word en 'n paar dae later is dit maar net weer 'n slaggat nie!”

Altesaam R5,8 miljard nodigvir agterstand op NK paaie

Clivé Burger, redakteur

Page 9: @agri Julie 2012

Julie 2012 7

ie LUR vir polisie, paaie Den vervoer in die Vrystaat, Butana

Komphela, het beloof dat slegte en onrybare sekondêre grondpaaie en onbegaanbare teerpaaie in die provinsie binnekort aandag sal kry.

“Ek het regtig groot simpatie met boere en wil hulle graag bystaan omdat landbou en die vervoer van produkte negatief

hierdeur geraak word.”Volgens Komphela het die regering reeds begin met skraapwerk aan sekondêre grondpaaie in die provinsie wat plase met hoofroetes verbind.

Daar is reeds vroeër vanjaar bevestig dat 70% van die provinsie se paaie swak is. Kontrakteurs sal voortaan hul tenders volgens die bepaalde internasionale kostestandaard

moet aanpas. Boere in die Vrystaat en Noord-Kaap kla oor paaie wat haas onbegaanbaar is. Dit is vol slaggate en mens kan skaars vir een uitswaai, want dan beland jy in die ander baan ook in een.

Die vervoer van produkte en diere word al hoe gevaarliker en vervoerkontrakteurs weier soms om met hul vragmotors op sekere paaie te ry.

Vrystaatse LUR maak beloftes oor paaie se toestand

Page 10: @agri Julie 2012

8 Julie 2012

Clivé Burger, redakteur

Bospoort-beskuitse sukses loop wyd

s jou oggend begin het Amet 'n koppie boeretroos sonder Bospoort-beskuit,

het jou dag nie reg begin nie.

Bospoort-beskuit het verseker ons ou gunsteling, Ouma Beskuit, ore aangesit. Maar al hierdie dinge kom nie sommer net so op 'n skinkbord nie...nie eens met 'n bakkie beskuit nie.

Nee dit verg harde werk, en net jou beste is goed genoeg. Christa van der Merwe van Postmasburg en haar man, Johan, die beskuitkoning en –koningin van die Noord-Kaap, vertel dit het bloedsweet gekos om te kom waar hulle vandag is. Dit is nou twaalf jaar later en as

hulle terugkyk sien hulle daar was baie lewenslesse en opofferings om te maak.

Die besigheid het egter só uitgebrei dat jy selfs vir familie in Gauteng kan gaan kuier en jy gaan die bekende Bospoort-beskuit op die rakke vind. Wat 'n lekkerte wat jou sommer trots maak oor die egte Noord-Kaapse produk wat ver paaie ry om mense se koffie-ervarings dieper en ryker te maak.

Bospoort is landwydBospoort verskaf aan 25 permanente arbeiders werk en almal woon met hul gesinne op die plaas. Altesaam 25 ton droë beskuit word per maand aan

sowat 300 winkels landwyd verskaf. Dit is 'n allemintige klomp beskuit!

Groter kettingwinkels wat Bospoort-beskuit verkoop, sluit in Pick 'n Pay, Checkers en Spar. Daar word afgelewer in die Noord-Kaap, Noordwes, Pretoria, Gauteng en selfs 'n bietjie in Mpumalanga en dele van die Vrystaat. Daar word ook besendings gestuur na Limpopo, die Oos- en Suid-Kaap. Twee vroulike personeellede help met oproepe, bestellings en fakture.

Bospoort het sy eie vragmotors wat sowat 15 000km per maand aflê om die beskuit na die onderskeie winkels te vervoer.

Page 11: @agri Julie 2012

Juis omdat die bakkery aan groot kettingwinkels verskaf, moet dit aan baie streng voed-selveiligheidstandaarde voldoen. Jaarliks word 'n inspeksie en oudit uitgevoer deur 'n onafhanklike maatskappy, FSA (Food Safety Assessment).

Voedselveiligheid en naspeurbaarheid is van groot belang, en kos 'n klomp geld. En dan is daar nog kort-kort elektrisiteitsverhogings wat getrotseer moet word en 'n uitdaging vir die besigheid bly.

Christa vertel arbeid is nogal 'n tameletjie. Geweldig baie vorms en papierwerk moet daagliks afgehandel word. Dit moet só opgestel word dat iemand met Graad 4 tot 6 dit kan verstaan en voltooi. En dan natuurlik kom maandeinde wanneer soms tot ses werkers eenvoudig net nie opdaag nie.

So ja, elke dag het sy eie uitdagings.

Waar die verhaal beginDie mooi verhaal van Bospoort-beskuit het eintlik al in 1988 begin toe Christa en Johan, wat mekaar op universiteit ontmoet het, getrou het. Daarna het hulle

in Nelspruit gaan woon, waar Johan as landbou-ekonoom by die Laeveld Koöperasie gewerk het. Hul dogter, Chris-Mari is in 1991 gebore. Die gesin het voor 'n moeilike besluit gekom - 'n

baie goeie pos of terug plaas toe ter wille van die gesin se geluk. “Dit het alles net na 'n gejaag na wind gevoel. Johan was baie op die pad en het lang ure gewerk”, sê Christa.

Die plaas (by Postmasburg waar Johan grootgeword het) het geroep en al wat hulle gehad het was 'n motor en Johan se klein pensioen, vertel sy. Op die plaas het die boerdery begin met groente en hulle het geld geleen om vee te koop. “Finansieel het dit baie swaar gegaan, maar ons was ten minste gelukkig!”

Bykans twee jaar ná Chris-Mari is Christiaan gebore. Christa het vir 'n agent bokke aangekoop teen kommissiebetaling.

Die dae was maar lank, want sy moes ry - veral met twee klein kindertjies was dit maar moeilik. Later is die kinders skool toe by

“Niks behalwe jou

beste is goed genoeg

nie!”

Die vooraansig van die fabriek.

Julie 2012 9

Page 12: @agri Julie 2012

Volop, sowat 130km van die plaas af. Dit het nuwe onkostes gebring.

“Ons moes planne maak. Ons was bekommerd.”

In 1999 het hulle 800 olyfbome op die plaas aangeplant – dit sou voorsiening maak vir later jare. Op twee na het al die bome in een nag doodgeryp. “Ons was moedeloos... en ons bankbestuurder ook. Hoeveel slegter kon dit gaan? Ons het begin praat oor werk soek en net naweke boer”, sê Christa.

'n Keerpunt komDaardie aand met die ryp het die Here gesien Hy sal moet help, want dié mense sukkel om op te staan, voeg sy by.

Maar die Here sorg op wyses wat ons nie altyd insien of verstaan nie. Christa vertel haar pa het gebel en wou hoor of hulle nie 'n industriële oond wil koop en begin beskuit bak nie. “Ons moes reeds 07:00 die volgende oggend laat weet wat ons besluit was. Ons het niks geslaap nie en heelnag daaroor gepraat. Op die ou end het ons besluit ons het niks om te verloor nie.”

En dit is hier waar die pragtige verhaal van Bospoort eintlik begin...

Christa en Johan het geld by haar pa geleen, 'n bakskou in Bloemfontein besoek en drie weke later is die oond afgelaai.

Hulle het 'n tweedehandse menger gekoop en 'n buite-geboutjie reggemaak...reg om te begin beskuit bak.

“Toe my skoonma hoor ons gaan beskuit bak, het sy net haar kop geskud en gewonder of die kind ooit weet hoe 'n koekroller werk”, vertel Christa laggend. Hierdie gedeelte het sy natuurlik eers baie later gehoor!

“My ma en skoonma het kom help. Dit was Oktober 1999. Ná vele probeerslae, vroeg opstaan, seer voete en heelwat trane, het ons uiteindelik 'n resep gehad.” Dit het maar kopkrap gekos sê sy, want hulle moes vinnig uitwerk hoe om 'n eweredige pakkie droë beskuit te pak wat 1kg weeg sonder om 'n beskuitjie of twee uit te haal. 'n Paar somme was nodig!

In die beginjare is die beskuit net in Postmasburg, Kathu, Kuruman en Douglas bemark. Die prys moes hulle laag hou om in die mark te kom, en dit het weer lae winste beteken. Baie pakkies beskuit moes verkoop word om die skuld te delg.

Dit het egter al hoe beter gegaan met die besigheid en hulle moes begin uitbrei, maar daar was geld nodig vir dit.

Die beskuit word in hierdie massiewe oonde gebak.

Obstacles are those frightful things you see when you take your eyes off your goal. – Henry Ford

Hier word die pakkies beskuit verpak.

10 Julie 2012

Page 13: @agri Julie 2012

“Ons het toe besluit om deur die nag beskuit te droog. Ons het soggens 04:30 opgestaan en begin bak en dan die res van die 24 uur gedroog. Die voornag tot 00:00 het ek elke drie ure gaan trollies ruil en dan was dit weer Johan se beurt van ná 01:00 tot 04:30. Die volgende twee jaar was baie, baie harde werk. Ons het saans tot 18:00 of 19:00 in die bakkery gestaan. Naweke was ons om die beskuittafels met die kinders.”

Christa vertel dat die opoffe-rings, veral met die lang en harde ure, baie opofferings geverg het. Een naweek het een van die kinders met 'n opstel huis toe gekom. Daar het gestaan: “Juffrou ons het niks die naweek gedoen nie, dit was net beskuit, beskuit, beskuit.” Sy sê dit het haar baie laat dink, want dit was tog die geld wat die klere en skoolgeld betaal het.

“Ek het maar gehoop hulle sou eendag verstaan.” Vandag is Chris-Mari 'n derdejaarstudent in grondslagfase-onderwys in Bloemfontein, en Christiaan studeer meganiese ingenieurswese aan die Potchefstroomse Universiteit.

Om die kinders te akkommodeer en meer tyd te hê om aan hulle te spandeer, het hulle langer ure in die week begin werk.

In 2000 het hulle twee groot oonde, wat elk 80 brode per slag kan bak, gekoop. In 2002 is die

gebou groter gemaak. “Ons was eintlik maar deeltydse boere wat voltyds op die plaas gewoon het. Tans bestee ons ook sowat 90% van ons tyd aan die bakkery en 10% aan die boerdery. Johan is baie gelukkig tussen sy Bonsmara-beeste. Hy hanteer ook 'n klein gedeelte besproeiing en het Damara-skape. My groot liefde is my Boerbokke. Ons boer op sowat 3 000ha grond.

“Ons is trots op Bospoort-beskuit, maar dit verg baie harde werk, baie lang ure, groot opofferings van almal in die gesin, aanhou, vasbyt, uithouver-moë en onder-steuning en hulp aan en van me-

kaar. Glo in jou-self en leef jou droom. “Glo en vertrou op jou Hemelse Vader. Dit is Hy wat jou dra in tye van swaarkry en wanneer jy moedeloos word. Hy was ongelooflik goed vir ons.

“Ons kan net sê: dankie!”

Só sê ons koffiedrinkers ook!

Hier is Christa saam met die fabriekspersoneel.

Die beskuit word in bokse verpak, gereed vir versending.

Christa en Johan.

Julie 2012 11

Page 14: @agri Julie 2012

12 Julie 2012

Page 15: @agri Julie 2012

olitici is somtyds geneig om op Pverskillende platforms verskillende menings te lig. Só het minister van

landelike ontwikkeling en grondher-vorming, Gugile Nkwinti, vroeër saam-gestem dat dit nie die “gewillige koper, gewillige verkoper”-konsep se skuld is dat grondpryse dikwels baie hoog is nie.

Net voor sy begrotingsrede in die parlement enkele weke gelede, het hy weer aan die media gesê onteiening sonder vergoeding kan nie algeheel verwerp word nie, want sekere omstandighede noop 'n regering om hierdie pad te volg.

Nkwinti se departement en die departement van openbare werke herbesin oor die onteieningswetsontwerp. Hy het dit duidelik gemaak dat die onteieningswet gewysig moet word.

Ter verduideliking waarom onteiening sonder vergoeding ook moet voorkom, het Nkwinti vertel van 'n Noorweër wat grond in Grahamstad gekoop het met geld wat hy van 'n Noorweegse munisipaliteit gesteel het. Die Noorweegse regering soek nou sy geld terug en die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming moet dit terugkoop.

Dit het die vraag laat ontstaan of hierdie grond wat met gesteelde geld gekoop is, onteien moet word.

“Ek het besef dat ons nie 'n instrument het om hierdie soort kwessies te hanteer nie. 'n Mens kan nie sê dat jy nooit sonder vergoeding sal onteien nie.”

Net só groot geraas het die ANC Jeugliga onlangs gemaak toe hulle op 'n werksessie daarop aangedring het dat die Grondwet gewysig moet word om die onteiening van grond sonder vergoeding toe te laat.

“Al ons kwessies is daar vasgesluit in seksie 25 van die Grondwet,” het Ronald

Lamola, adjunkpresident van die ANCYL, aan verslaggewers in Centurion, Pretoria, gesê.

Die ANCYL het beleid bespreek by 'n werkswinkel waar hulle besluit het 'n “minister van grondonteiening sonder vergoeding” moet aangestel word.

Seksie 25 van die Grondwet verwys na eiendomsregte en stippel voorwaardes uit vir die onteiening van grond met vergoeding.

Lamola het gesê die ANC moet nie jammer daarvoor sê dat hulle die grondwet verander nie – wat 'n tweederdes meerderheid in die parlement benodig.

“Die ANC moet seksie 25 wysig sonder om omverskoning te vra aan enige belegger of enigiemand. Die ANC moet sy eie grondwet wysig wanneer dit nodig is,” het hy gesê.

As wit Suid-Afrikaners nie grond aan arm swart mense oorhandig nie, kan grond gegryp word soos in Zimbabwe, het hy gewaarsku.

“Die aard van die ongelykhede... hulle skep 'n situasie waar dit onmoontlik is vir ons om stabiliteit vol te hou,” het Lamola gesê.

Die ANCYL is nie ten gunste van 'n jeugloonsubsidie nie en het gesê hy wil eerder 'n werksoek-subsidie sien.

Hy het gesê die nasionalisering van verskeie sektore van die ekonomie is onafwendbaar.

“Die hele wêreld beweeg in die rigting van nasionalisering. Dit is onafwendbaar. Elke samelewing wat ernstig daaroor is om ongelykhede te verander, is besig om te nasionaliseer.”

(Bron: Beeld)

Grondonteiening blysteeds 'n kwessie

Julie 2012 13

Page 16: @agri Julie 2012

Hoë grondpryse nievanweë “gewillige koper,gewillige verkoper” nieurige debatte is onlangs in Vdie Parlement gevoer oor bewerings deur politieke

amptenare oor “buitensporige pryse” wat vir grond in Suid-Afrika betaal word juis omdat grondeie-naars daarop aandring.

Die president van Agri SA, Johan-nes Möller, het in reaksie hierop gesê die “gewillige koper, gewillige verkoper”-proses word dikwels misverstaan en verkeerdelik getei-ken as rede vir die buitensporige pryse wat die regering soms vir grond betaal.

Agr i SA s tem saam da t d ie stelsel/proses waarvolgens grond verkry word, bevraagteken moet word wanneer markverwante pryse oorskry word, maar verwelkom die siening wat Gugile Nkwinti , minister van grondhervorming, in die Parlement geopper het, naamlik dat rolspelers tussen boere en die staat vir dié hoë pryse geblameer moet word eerder as boere.

Volgens Möller is “gewillige koper, gewillige verkoper” 'n bekende konsep wat gebruik word vir belas-ting- en rekeningkundige doelein-des om transaksies wat op 'n armlengte grondslag tussen onver-wante partye geskied, te beskryf.

Dié konsep vind wye toepassing as basis vir transaksies in 'n mark-verwante ekonomie. “Buitenspori-ge pryse wat vir grond betaal word kan dus nie as 'n swakheid van hierdie konsep beskou word nie maar moet eerder toegeskryf word aan faktore soos bedrog, uitermatige invloed wat sekere partye in die mark kan uitoefen, 'n ondeursigtige

grondmark, waardasies wat nie behoorlik uitgevoer word nie of 'n kunsmatige vraag wat geskep word deur, byvoorbeeld, regeringsbetrok-kenheid. Die feit dat Nkwinti hier-mee saamstem, gee ons die vertroue dat oplossings vir die ware pro-bleme gevind en geïmplementeer sal word.”

Na Agri SA se mening moet daar nie van individuele boere verwag word om opofferings vir openbare doeleindes te maak sonder billike vergoeding nie. “Ingevolge die Grondwet sal dit neerkom op ontneming of selfs onteiening en behoort dit onderhewig te wees aan billike en regverdige vergoeding wat tans net aan markwaardes gemeet kan word ondanks ander faktore wat veronderstel is om in ag geneem te word ingevolge artikel 25 van die Grondwet - waaraan geen inhoud tot dusver gegee kon word nie”, het Möller gesê.

Agri SA erken dat regerings-betrokkenheid in grondhervorming en spesifiek grondrestitusie inder-daad die staat as 'n nuwe speler tot die mark gevoeg het en dat dit heel waarskynlik 'n “kunsmatige” vraag geskep het. Aangesien die regering 'n “verpligte” eerder as 'n “vry-willige” grondkoper is, kan dit wel aanleiding gee tot bevraagtekening van die “gewillige koper, gewillige verkoper” bedeling.

“Agri SA glo dat dit nie so hoef te wees nie aangesien die grondmark dinamies genoeg is om te verseker dat waardeerders 'n objektiewe en markverwante bron van inligting het waarop hulle waardasies kan baseer, dit wil sê egte markwaardes wat

vergelykbare verkoopsyfers verskaf waarop waardasies gebaseer kan word. Agri SA is ook van mening dat kwessies soos bedrog, swak waar-dasies en 'n gebrek aan markdeur-sigtigheid tot die mate waar dit sistemies geword het, aangespreek kan word deur 'n omvattende her-siening van die stelsel. Ons glo dat dit presies is wat die Groenskrif op Grondhervorming wil bereik.”

“Belanghebbendes wat betrokke is by die evaluering van die Groenskrif moet 'n redelike geleentheid gebied word om ook die sogenaamde probleme met die “gewillige koper, gewillige verkoper”-bedeling aan te spreek.

Instellings soos voorsien in die Groenskrif, naamlik die Grond-bestuurskommissie en die Waar-deerder-Generaal, kan na ons me-ning grootliks daartoe bydra om die kritiek teen hierdie bedeling aan te spreek deur billike en regverdige pryse te verseker, dit wil sê mark-pryse wat deur onbelemmerde markkragte bepaal is.

“'n Waardeerder-Generaal wat veronderstel is om 'n oorsigrol te speel ten opsigte van waardasies asook met die ouditering en kon-trolering daarvan behoort 'n geleent-heid gegun te word om die prysbe-palingsmeganisme op 'n gesonder voet te bring en om die bogenoemde probleemareas aan te spreek.

Ons glo dat hierdie benadering aanvaar moet word en dat daar nie van die “gewillige koper, gewillige verkoper”-bedeling in sy korrekte vorm afgesien moet word nie”, het Möller benadruk.

14 Julie 2012

Page 17: @agri Julie 2012

Onvermoë in departementkniehalter grondhervorming

Ten spyte daarvan dat verskeie senior ANC leiers, “waaronder minister van grondhervorming, Gugile Nkwinti, self sy erkenning van kapasiteitstekorte en

probleme met korrupsie en onvermoë in die departement uitgespreek het, word die skuld vir mislukte grondher-vorming en transformasie in landbou steeds deur politici en amptenare voor die deur van kommersiële landbou gelê”, aldus Theo de Jager, adjunk-president van Agri SA.

De Jager het reageer op 'n uitspraak van President Jacob Zuma op 31 Mei 2012 soos vervat in sy presidensiële begrotings-debat wat in Kaapstad gelewer is waarvolgens hy boere daarvan beskuldig het dat plase wat oorgedra word in terme van die restitusieproses oor die algemeen in 'n verwaarloosde toestand is.

“Dit is swak administrasie en gebrekkige implementering van grondhervormingsprogramme in die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming wat veroorsaak dat produksie op grondhervormingsplase misluk en nie verwaarlosing deur vorige grondeienaars nie”, het hy gesê.

Volgens De Jager is die administrasie van die herverdelings-proses beroerd - in só 'n mate dat selfs 'n suksesvolle swartboer, vanweë grondbesetting sy plaas sonder kompensasie verloor het en meer as 'n jaar wag vir 'n

vervangende plaas, soos deur Nkwinti aan hom belowe is. Daar bestaan verskeie gevalle in veral die Mooketsi en die Tzaneen-omgewing waar transaksies reeds vir meer as 'n dekade onafgehandel is. Voorts word grondeienaars in die restitusieproses net 60% van die markwaarde van hulle grond aangebied as hulle bereid is om hulle plase te verkoop, wat enige verdere ontwikkeling op sodanige plase inhibeer. Onder sulke omstandighede kan dit van geen regdenkende persoon verwag word om verdere investering aan te gaan nie, want daar bestaan uiteraard geen sekerheid dat kompensasie hiervoor sal geskied nie. Dit is gewoon irrasioneel om van boere te verwag om verdere investerings aan te gaan.

Volgens De Jager het die departement bitter min kundigheid en is daar nie amptenare met die nodige kwalifikasies of ervaring as boer, landbou-ekonoom, grond- en weiding-kundige of finansiële bestuurder in landbou wat begunstigdes van grondhervorming van hulp kan wees nie. Daar is wel oud-aktiviste in oormaat in senior posisies in die departement aangestel. Dit is die belangrikste rede waarom grondher-vorming tot dusver misluk.

“Totdat korrupsie en onvermoë in die departement uitgewis en bekwame administrateurs aangestel is, het grondher-vorming in Suid-Afrika nie 'n kans om te slaag nie”, het De Jager gesê.

It is all about the right attitude!

Julie 2012 15

Page 18: @agri Julie 2012

ie landboubegroting vir Suid‐Afrika is Dverhoog en beloop vir die volgende finansiële jaar R5,8 miljard. Dié aankon‐

diging is gemaak tydens Tina Joemat‐Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, se begrotingsrede in die parlement.

Agri SA se president, Johannes Möller, het egter gewaarsku dat gegewe die hoë premie wat op landbou geplaas word rakende die doelstellings van die Visie 2030, soos verhoogde werkskepping, daar in die toekoms nog meer fondse in die landbou, en veral in besproeiingsinfrastruktuur en ‐produksie, belê sal moet word. Dit beteken dat daar drastiese styging in die begroting sal moet kom.

Dié organisasie het gesê hulle het Joemat‐Pettersson se begrotingsrede as positief ervaar en dat daar 'n aantal sake is wat die regering se doelstelling van samewerking vir voedselsekuriteit ondersteun.

Die minister het haar kommer uitgespreek oor die impak wat stygende insetkostes, veral gead‐ministreerde pryse, waaronder brandstof en elektrisiteit, op voortgesette produksie in die landbou en gevolglik op voedselpryse sal hê. Hiermee stem Agri SA saam en is dit hul missie om volhoubare voedselproduksie te verseker. Hulle sal graag saam met die minister wil werk om 'n manier te vind om alle produsente te help om voedsel teen bekostigbare pryse volhoubaar te produseer, het Möller gesê.

Agri SA het ook die reservering van fondse vir die verlening van hulp aan vloedgeteisterde gebiede verwelkom aangesien die landbousektor die laaste paar jaar uiters negatief geraak is deur natuurrampe, soos die vloede van Desember 2010 en Januarie 2011. Agri SA sien met verwagting uit na die implementering van die vloedhulpskema.

Die uitbrake van dieresiektes het 'n geweldige negatiewe impak op die totale ekonomie van die land en dus is die beoogde uitbou van kapasiteit binne die departement ten opsigte van die beheer van hierdie tipe uitbrake 'n stap in die regte rigting, aldus Möller. Die fondse wat hiervoor bewillig is, word dus verwelkom, veral die wesenlike verhoging in die toedeling van fondse vir navorsing in dié verband.

Möller het egter gemaan dat, gegewe die positiewe geluide wat in die begroting gemaak is, die regering nie die waarde van kommersiële landbou uit die oog moet verloor nie. Die positiewe bydrae wat die primêre landbousektor tot die ekonomie en die regering se doelstellings vir werkskepping kan lewer, sal vereis dat kommersiële landbou voldoende steun van die minister en haar departement, sowel as ander staatsdepartemente, moet kry.

Gegewe toenemende verstedeliking behoort daar meer klem op kommersiële landbou geplaas te word, aangesien die landbousektor die mees geskikte sektor is om 'n positiewe bydrae te maak tot landelike ontwikkeling en armoedeverligting.

Landbouminister sebegrotingstoespraakword positief ervaar

16 Julie 2012

Page 19: @agri Julie 2012

ie totale landboubegroting vir 2012/13 vir die DNoord‐Kaap is R730 345 miljoen. Dit is 'n toename van sowat 105%.

Die begroting vir 2011/12 was R357 084 miljoen. Dié geweldige toename is primêr vanweë die toelae wat geallokeer is na die vloedverligtingskema.

Norman Shushu, Noord‐Kaapse LUR vir landbou en grondhervorming, het in sy begrotingsrede in die wetgewer gesê ondanks positiewe graanproduksie die afgelope finansiële jaar in die provinsie, word voedselsekureit op huishoudelike vlak steeds bedreig deur hoë voedselpryse.

Die kwartaallikse voedselprysmonitor van Februarie 2012 het getoon dat die verbruikersprysinflasie tot 6,3% jaar‐op‐jaar toeneem. Dit het ook getoon dat nie‐alkoholiese drank en kosinflasie met 10,7% jaar‐op‐jaar toeneem en met 11,1% net tussen November en Desember 2011 toegeneem het.

Die enigste manier wat die departement kan help, is om kleinskaalse boere by te staan en beleggings in die agro‐presesseringsbedryf te vergroot.

Hoewel verlede jaar gekenmerk is deur vloede veral langs die Oranjerivier, was daar steeds areas soos in die Pixley ka Seme en Namakwa‐distrikte wat laer as die gemiddelde reënval gekry het. Dit lei tot probleme veral gedurende die winter en streke sal sukkel met genoeg kos vir die diere. Hierdie situasie sal deur die departement dopgehou word aangesien dit tot droogtetoestande kan lei wat weer diereproduksie nadelig kan beïnvloed.

Ook skaapgetalle in die provinsie het drasties afgeneem weens predatore, diefstal en siektes.

Talle boere het ook oorgeskakel na wildboerdery. Dit is 'n saak van kommer. Statistieke toon dat lamslagtings afgeneem het van 600 000 diere tot260 000 diere. Dit het ook 'n groot impak op die prys as minder skape deur abattoirs geslag word.

Wat grondhervorming betref, is die fokus steeds daarop om ondersteuning te gee aan projekte waar grond reeds oorhandig is, maar ook om grond te bekom vir begunstigdes – mense wat hul grond verloor het in die apartheidsera.

Na verwagting sal 'n verdere nege grondeise afgehandel word in die nuwe finansiële jaar, sowel as 20 eise wat agter is en 10 ander infasseringseise. Dit laat die Noord‐Kaap met 153 uitstaande eise.

Sedert 1994 is reeds meer as 550 000ha grond goedgekeur vir grondhervorming en sowat471 827ha is aan eisers oorhandig.

'n Wingerdontwikkelingsprogram is aan die gang om sowat 40 000 ton druiwe te produseer om die tekort aan druiwe vir wyn, sap en rosyntjies aan te vul. 'n Sesjaarplan is opgestel vir hierdie projek.

Veterinêre dienste het R34 miljoen ontvang. Dit sal hoofsaaklik gebruik word om meer veeartse in die provinsie te ontplooi asook vir die skaapbrandsiekte‐veldtog in die Namakwa‐distrik waar plaasinspeksies baie aandag sal ontvang.

Navorsing en ontwikkeling het R44,7 miljoen van die begroting ontvang. Hiervan sal net meer asR9 miljoen spandeer word aan die kommersialisering van bokke en R1,67 miljoen sal gaan aan die Nguni‐inisiatief, aldus Shushu.

Landboubegroting vir NKfokus steeds op beginnerboere en

welstand van gemeenskappe

Julie 2012 17

Page 20: @agri Julie 2012

Monsanto maak massiewelappieskombers ter vieringvan Dekalb se verjaarsdagMet Monsanto se DEKALB® se 100-jarige bestaan vanjaar, is dié groot gebeurtenis nie net wêreldwyd gevier nie, maar ook hier in Suid-Afrika is besluit om dit iets besonders te maak wat terselfdetyd ook in baie mense se lewens 'n verskil kon maak. Met die winter hier is besluit om sommer harte ook warm te maak, het Magda du Plessis, korporatiewe kommunikasie-bestuurder van Monsanto SA gesê.

Vroeër vanjaar het personeel van die onderskeie afdelings/streke binne die maatskappy komberse uit hul eie sakke geskenk. Met die ingesamelde komberse wou Monsanto kyk hoe groot lappieskombers hulle kon maak.

Die bekendstelling van die besondere lappies-kombers het plaasgevind in Mei op die aanloop-baan van 'n vliegveld naby Cullinan. Daar is die 600 komberse uitgepak en aanmekaar gesit om een groot lappieskombers te vorm. Dit het die spanne sowat vier en 'n half ure geneem om al die

komberse uit te pak en vas te maak. Op die ou end was die kombers sowat 150m lank en 10m breed.

Die meeste van die afsonderlike komberse sal as deel van ons sosiale verantwoordelikheidstrategie aan OFM geskenk word vir hul jaarlikse komberse-projek waar hulle komberse aan die minderbevoorregtes skenk. 'n Klompie komberse is ook aan 'n ouetehuis in Coligne geskenk, het du Plessis gesê.

Monsanto se vennoot in die projek was die Suid-Afrikaanse Kwiltersgilde wat sowat 230 lappieskomberse en kwilts gemaak het en gehelp het om die groot lappieskombers aanmekaar te sit.

Bayer Crop Science het ook besluit om deel te neem aan die uitdaging en het 100 komberse bygedra vir die groot lappieskombers!

Personeel van Monsanto hier met 'n paar “stukke” van die laslappieskombers wat hulle gemaak het.

18 Julie 2012

Page 21: @agri Julie 2012

Só het die laslappieskombers

gelyk op 'n aanloopbaan in Cullinan. Die

komberse is geskenk om mense warm te hou hierdie winter.

Julie 2012 19

Page 22: @agri Julie 2012

Watertariewe nie só veel opsoos aanvanklik verwaggri SA het sy tevredenheid uitgespreek oor sekere Aaspekte in die nuutvrygestelde watertariefbedeling soos dat die maksimum toelaatbare stygings nie

deur die departement van waterwese toegepas is nie. Die hersiening daarvan sal spoedig gedoen word om groter deursigtigheid na vore te bring.

Volgens Agri SA se ontledings styg die waterinfrastruktuur-kostes by sommige staatswaterskemas tot so veel as 20%. In gevalle waar die onderhouds- en bedryfskostes nog nie ten volle verhaal word nie, kan dié kostes volgens ooreenkoms met die departement met soveel as 50% jaarliks verhoog word.

“In hierdie gevalle het Agri SA se onderhandelinge met die departement dus 'n wesenlike voordeel tot gevolg gehad van tot soveel as 30%. Alhoewel die waterhulpbron-bestuurskostes in sommige van die 19 wateropvang-bestuursgebiede hoë persentasie stygings toon, is die werklike omvang van dié kostes in die meeste gevalle nominaal”, het Johannes Möller, president van Agri SA, in 'n verklaring gesê.

“In dié gevalle waar die waterinfrastruktuurkoste reeds ten volle verhaal word, is die verhogings van so veel as 20% egter buitensporig en nie in pas met die jaarlikse inflasiekoers nie”, aldus Möller. “Die landbou is uitgelewer aan en kwesbaar vir geadministreerde pryse soos water- en elektrisiteitstariewe wat die bedryf se ekonomiese lewensvatbaarheid bedreig, welke kostes nie regstreeks aan die waardeketting deurgegee kan word nie. Volhoubare produksie en voedselsekerheid word ernstig hierdeur bedreig.”

Hy het genoem dat die departement volgens wetgewing veronderstel is om die prysstrategie elke vyf jaar in hersiening te neem. Die prysstrategie is die laaste keer in 2005 hersien en effektief in April 2007 in plek gestel. Agri SA het reeds verskeie voorstelle aan die departement gedoen oor hoe om die bekostigbaarheid van water aan te spreek aan die hand van internasionale beste praktyk. Na wat verneem word, is die tender om die hersiening van die prysstrategie te fasiliteer, nog hangende.

“Wat egter bemoedigend is, is dat die watertariewe by sommige skemas drasties gedaal het, wat daarop dui dat die verfyning van die departement se berekenigsmetodieke begin vrugte afwerp”, het Möller gesê.

Die watertariefbedeling is vir die landbou van groot belang aangesien sowat 1,3 miljoen hektaar deur kommersiële besproeiingsboere benut word en 120 000 permanente werksgeleenthede asook 'n onbekende aantal seisoens-werkers van die besproeiingsbedryf afhanklik is.

Sowat 250 000 tradisionele bestaansboere, waarvan die meerderheid deur vroue verteenwoordig word, is ook deel van dié bedryf. Sowat 'n kwart van landbou se bydrae tot die Bruto Binnelandse Produk is van besproeiing afkomstig.

Möller het bygevoeg dat met die inligting tot Agri SA se beskikking, dit blyk dat die tariefberekeningsmetodiek nie deurgaans konsekwent toegepas word nie. Daarom moet met die hersiening van die prysstrategie toegesien word dat hierdie probleem aangespreek word om groter deursigtigheid in dié verband te bring.

20 Julie 2012

Page 23: @agri Julie 2012
Page 24: @agri Julie 2012

Reserviste is nie die antwoordClivé Burger, redakteur

'n Groep boere het vanjaar Rietrivier Boerevereniging se jaarvergadering bygewoon. Van links is Gerhard Krause, Frikkie Botha, Alan Brooks van die SAPD Speurdiens, en Pieter Cronjé, almal van Jacobsdal.

ede van Rietrivier-boerevereniging by Jacobsdal Lwat goeie nuus rakende die saak oor Suid-Afrika se reserwemag verwag het, het totaal die teenoor-

gestelde gekry toe kapt. Shaun Fry van die reserwe-polisiemag van Bloemfontein 'n taamlike donker prentjie aan hulle geskets het.

Met die afskaffing van kommando's 'n paar jaar gelede het daar veral by boeregemeenskappe 'n groot leemte onstaan rakende veiligheid. Landbouers het gehoop dat hul betrokkenheid as reserviste sou help, maar ongelukkig blyk dit nie so maklik te wees nie.

Fry het gesê 'n nuwe nasionale instruksie rakende die reserwemag is reeds goedgekeur maar nog nie afgekondig nie. Huidiglik mag geen nuwe reserwes in die polisiemag aangestel word nie, aangesien die regering gesê het daar is geen fondse om hierdie mense te betaal nie.

Die nasionale kommissaris sal besluit hoeveel reserviste aangestel mag word in watter streke nadat oorleg met die provinsiale kommissarisse van Polisie gepleeg is. Die vereistes vir mense wat by die reserwemag wil aansluit, sal ook verander, het Fry gesê. Die reserviste sal fiksheids-, geestelike en psigometriese toetse moet aflê.

Die probleem met reserviste en waarom hulle nie werklik 'n beduidende rol sal kan speel in die bekamping van misdaad op plase nie, is dat hulle nie uitsluitlik aangewend sal kan word om buite dorpe diens te doen nie. Die stasiebevel-voerder sal besluit waar hulle aangewend moet word.

Kapt. Isaack Ntoyi, stasiebevelvoerder van Jacobsdal Polisie, wat ook die vergadering bygewoon het, het egter sy samewerking aan lede van die boerevereniging belowe. Hy het gesê hoewel die Polisie hul bes doen om tussen die plase diens te doen, 'n tekort aan mannekrag, veral oor naweke, 'n probleem is. Hy het egter toegegee dat sektorpolisiëring opnuut weer na gekyk sal moet word, om te help met die probleem.

Ntoyi het sy dank teenoor landbouers in die distrik uitgespreek vir hul samewerking met die Polisie wat reeds misdaad op só wyse kon voorkom.

Die uiteinde was duidelik, reserviste sal nie die antwoord op misdaadbekamping op plase wees nie.

Christie de Wet, voorheen kommando-bevelvoerder van Jacobsdal, het in reaksie op die probleem gesê dit is duidelik dat landbouers op hul eie beskerming aangewese is.

22 Julie 2012

Page 25: @agri Julie 2012

Die nuutverkose bestuur van die Rietrivier Boerevereniging is van links Christie de Wet, Kempen Nel, sekretaris, Jannie du Plooy, Nico Jacobs, voorsitter, Elmar du Plessis, Albertus Pienaar en Reggie Sibley. Afwesig tydens die

neem van die foto was Niekie du Plooy, John Roelofse, Stanley Sibley en Hanke du Toit (gekoöpteerde lid).

Gedurende die middag het die mans bietjie die son buite opgesoek. Van links is Gert Mostert, bankbestuurder van ENB in Jacobsdal, Hannes Mostert, kliënte-finansieringsbestuurder van OVK by Rietrivier, Stevie Opperman en

Hannes Maartens, albei verteenwoordigers van Microbial Solutions in Bloemfontein.

Julie 2012 23

Page 26: @agri Julie 2012

Freek Robinson praat reguitFreek Robinson, bekende televisie‐

aanbieder en nuusleser van Kyknet Nuus, was vanjaar die gasspreker op die Noord‐

Kaapse Rooivleisprodusente‐organisasie (NKRPO) se kongres in Kimberley. Sy boodskap was kort en kragtig: “dit is tyd om opofferings te maak. Elkeen moet dit maak werk in hierdie land.”

Freek het prontuit gesê die verontmensliking van anderskleuriges vroeër jare was die uitvloeisel van apartheid. “Die afskaffing van apartheid was wonderlik, want dit het die wêreld se persepsie van Suid‐Afrika verander.”

Suid‐Afrika het 'n groot taak om te verrig. Elke individu kan 'n verskil maak. Suid‐Afrikaners moet “bond” op grond van die waardes wat

ons het. Ons is saam gebonde in een land en toekoms – ons moet dit maak werk, was sy boodskap.

Freek Robinson (links), bekende op televisie en aanbieder van Robinson Regstreeks, was gasspreker op die Noord‐Kaapse

Rooivleisprodusente‐organisasie se jaarkongres. By hom is Henk van Wyk van Calvinia, president van Agri Noord‐Kaap.

n onsekere ekonomiese tye, is dit die Ibeste om 'n bestuursbenadering te volg wat 'n volhoubare strategie

behels ten einde langtermyn wins te realiseer.

Dit was prof. Johan Willemse van die Vrystaatse Universiteit se boodskap aan veeprodusente op die Noord-Kaapse Rooivle isprodusente-organisas ie (NKRPO) se kongres vanjaar.

Dit is vir niemand moontlik om te sien wat hou die toekoms in en wat vleispryse later vanjaar gaan doen nie, maar dit is wys om te fokus op dit wat bestuurbaar is, aksieplanne te hê en doelwitte te stel. Lees die mark en tree daarvolgens op. Onthou net die ekonomie bestaan uit siklusse. Goeie pryse gaan ons onder-vind, maar dinge sal draai en swakker pryse sal weer aan die orde van die dag wees. Speel die mark daarvolgens, was sy raad.

“Weet jy waar jy oor vyf en tien jaar in jou boerderybesigheid wil wees”, wou hy van die produsente weet. “As jy nie weet waarheen jy oppad is nie, gaan jy

verseker die pad byster raak. Die een met 'n plan, is die produsent wat sy fokus gaan hou en op die ou end suksesvol sal wees.”

Die faktore wat hy genoem het vleispryse beïnvloed, is: ekonomie, internasionale markte, reënval, voerkoste en kompe-tisie. “Alles werk in siklusse. Ons sien nie altyd die dinge in perspektief nie. Ons moet dit verstaan anders beïnvloed dit ons besigheid negatief. Posisioneer jou besigheid. As dinge verkeerd loop, wat dikwels gebeur, staan terug, stof dit af en probeer weer regmaak.”

Willemse het voorgestel dat produsente die drywers bepaal en identifiseer die uitkomste wat na verwagting sal realiseer. Dit is belangrik om 'n plan te hê.

Hy het verder gewaarsku dat die wêreld-ekonomie nie goed lyk nie en dat Spanje en Griekeland reeds aanduiding gegee het dat hulle uit die Euro-era gaan uittree. 'n Moontlike resessie is weer aan die kom. In die volgende jaar gaan die rand/wisselkoers groot onsekerheid meebring. Europa en Amerika gaan vir

die volgende 10 jaar sukkel om hul skuld te delg. China en Indië is die groot moondhede.

Die verbruik van hoendervleis word voorspel gaan in die volgende 10 jaar met 40% groei. Dit is nie goeie nuus vir die rooivleisprodusent nie, want soos invoere ook toeneem, neem die rooi-vleispryse af. Die mielie-oes is kleiner en hy het voorspel dat Suid-Afrika weer in 'n posisie gaan wees waar 'n mielietekort ondervind word. Dit gaan mieliepryse weer opstoot. Maart is gewoonlik die piek in die mielieprys. “Hou dit maar dop.”

Reënval was ook die afgelope seisoen minder wat daartoe gelei het dat die mieliepryse op was, vee is verkoop en dit het beesvleispryse ook onder druk geplaas. Hy glo egter dat die prys na Desember toe weer kan optel. Die speenkalfpryse kan beweeg in die rigting van R18,50.

“Moet egter nie te negatief raak nie. Posisioneer jou besigheid in die siklus-se”, het Willemse gesê.

Clivé Burger, redakteur

Rooivleisbedryf beleef onsekertye, maar posisioneer jou besigheid

24 Julie 2012

Page 27: @agri Julie 2012

Prof. Johan Willemse (tweede van links), bekende landbou-ekonoom verbonde aan die Vrystaatse Universiteit in Bloemfontein, het kongresgangers toegespreek. By hom van links is Adriaan de Klerk van Kimberley, 'n NKRPO-hoofbestuurslid, Albert Vorster van Modderrivier, en Ronald

Samuels van Sutherland, 'n afgevaardigde van die Beerfontein Landbou-unie.

'n Groep jong boere van Calvinia en omgewing wat die kongres bygewoon het, is van links De Witt Hodgson van die Williston Landboukoöperasie, Willie Esterhuyse van Calvinia Landbou-unie, GD van Schalkwyk, ook van Calvinia LU en bestuurslid van die RPO, en Hannes Esterhuyse, sekretaris van die Calvinia Boerevereniging.

Julie 2012 25

Page 28: @agri Julie 2012

it is 'n gegewe – rooivleisverkope is onder Ddruk en so ook pryse. Dit is 'n gevolg van minder verbruikers wat rooivleis koop. Dit

blyk ook of dit so die res van die jaar gaan wees. Uitgawes soos brandstof, vervoer en elektrisiteit maak die prentjie net donkerder.

Die rooivleisbedryf is kwesbaar. Dit is gesien vroeër vanjaar weer toe bek-en-klouseer in Mpumalanga en KwaZulu-Natal uitgebreek het. Ek hoop egter die Regering sien dat rooiligte vir ons bedryf flikker.

Só het James Faber, voorsitter van die Noord-Kaapse Rooivleisprodusente-organisasie, op hul kongres in Kimberley aan afgevaardigdes gesê. Hy wou egter verder weet of landbouers se veegesondheidsplanne in plek is.

“Die uitbreek van brandsiekte in die Namakwaland, Boesmanland en Calvinia-distrikte is net weer eens 'n bewys dat ons produsente sal moet saamwerk om siektes te beheer. Siektes oor provinsiale grense bly 'n groot probleem. Die provinsiale veeartsenydepartement is betrokke by die beheer van brandsiekte.”

Die NKRPO is ook getaak om die werkgroep oor peestersiekte te bedryf. Faber het egter opgemerk dat dit frustrerend is dat almal binne die werkgroep nie die saak met die nodige erns dryf nie. Die werkgroep, wat ook uit wetenskaplikes bestaan het, het toe ontbind en

'n nuwe een onder leiding van dr. Koos Louw van die NKRPO se hoofbestuur is gevorm.

Faber het ook sy kommer uitgespreek oor die tekort aan staatsveeartse in die provinsie wat kritiese afmetings aanneem. 'n Tekort aan dieregesondheidstegnici is ook 'n probleem. @agri kan egter berig dat Norman Shushu, Noord-Kaapse LUR vir landbou en grondhervorming, in sy begrotingstoespraak verlede maand gesê het sy departement gee aandag aan die probleem en die moontlikheid word ondersoek om Kubaanse veeartse, wat hul gesondheidsjaar in Noord-Kaap doen, te ontplooi om juis so die probleem aan te spreek.

'n Beroep is egter op veeprodusente gedoen om hul vee in te ent teen siektes wat van belang is en ook die nodige voorsorgmaatreëls te tref om juis die siektes te bekamp. Siektes kan 'n baie groot negatiewe ekonomiese impak op rooivleisproduksie hê, het Faber gesê. Dit blyk ook dat staatsveeartse in die provinsie se kilometers ingeperk is en die nuwe laboratorium in Kimberley is heeltemal onderbefonds.

Omdat veediefstal saam met predatore die twee enkelgrootste bedreigings vir die rooivleisbedryf in die Noord-Kaap is, het Faber weer eens 'n beroep op produsente gedoen om alle sake aan te meld. Die NK veediefstal- en landelike veiligheidskomitee word juis deur die NKRPO behartig.

26 Julie 2012

Page 29: @agri Julie 2012

Dr. Jasper Coetzee, tegniese direkteur: Voermol Voere

Kan kruipvoeding die drakrag verhoog?Deur die voorsiening van kruipvoer aan lammers kan hulle vanaf 60 dae ouderdom vroeg gespeen word, mits hulle minstens 25kg weeg. Deur die lammers dan in 'n voerkraal af te rond, word weiding gespaar en gevolglik kan tot 20% meer ooie aangehou word. Hierdeur kan vleisproduksie per hektaar verhoog word met 'n gevolglike hoër wins uit skaapboerdery.

Voordele van kruipvoeding Lammers kan tot 50 dae vroeër gespeen word omdat

hulle tot 100g/dag vinniger groei. Meer lammers kan direk van die ooie bemark word wat

'n hoër uitslagpersentasie (> 50%) en dus groter wins tot gevolg het.

Danksy vroeër speen herwin ooie gouer hulle liggaamsmassa en kondisie wat 'n hoër lampersentasie volgende lamseisoen verseker.

Kruipvoeding verseker dat die ooie minder kondisie en massa gedurende vroeë laktasie verloor wat meer tweelinggeboortes in die daaropvolgende lamseisoen tot gevolg het.

Lammers ervaar geen speenskok nie. Help om koksidiose te beheer.

Is kruipvoeding koste-doeltreffend?Kruipvoeding is die betalendste vorm van voeding. Goeie gehalte lammers vreet sowat 3,1kg kruipvoer om 1kg massa aan te sit wat 'n terugbetaling van bykans R3 realiseer vir elke sowat R1 aan kruipvoer gespandeer.

Kruipvoeding van sogende lammers Kruipvoeding van sogende lammers moet binne

7 tot 14 dae ná geboorte 'n aanvang neem. Weens die hoë essensiële aminosuurbehoefte van

groeiende lammers, moet hoë gehalte

deurvloeiproteïenbronne teen hoë insluitingspeile in kruipvoerrantsoene ingesluit word. Gevolglik moet afrondkorrels; ooi- en lamkorrels; ramkorrels; droogtekorrels of sjokoladegraan nie as 'n kruipvoer gebruik word nie weens hulle lae deurvloeiproteïeninhoud.

'n Hoë gehalte kruipvoer (550kg fyngemaalde mielies + 150kg Voermol SS 200 + 150kg Voermol Procon + 50kg Voermol Melassemeel) moet ad lib. aan sogende lammers gevoer word. Om die inname van die kruipvoer aan te moedig, kan 75kg fyngemaalde lusern (± 10mm) baie deeglik met die aanbevole kruipvoer gemeng word. In plaas van hierdie kruipvoermengsels kan Voermol Superlamkorrels (V17425) as 'n kruipkorrel gebruik word.

Wenke Lammers se groeitempo moet gemonitor word. Indien dit

minder as 300g/lam/dag is, moet seker gemaak word of die lammers voldoende kruipvoer inneem. Die gemiddelde kruipvoerinname varieer tussen 300 tot 350g/lam/dag (De Villiers et al., 2002). Die welslae van kruipvoeding hang daarvan af of die lammers voldoende kruipvoer vreet en daarom moet kruipvoerinname ook voortdurend gemonitor word. Afhangend van die ouderdom waarop lammers gespeen word, varieer die totale kruipvoerinname van 25 tot 30kg/lam (Brand et al., 1999; De Villiers et al., 2002).

Om 'n goeie respons met kruipvoeding te verseker, moet daar voldoende vreetspasie wees. Indien daar onvoldoende vreetspasie is, sal 'n groot persentasie van die lammers nie kruipvoer vreet nie. Die aanbevole vreetspasie is 5cm/lam (Alcock, 2006; Schoenian, 2007) met die absolute minimum van 2,5cm/lam. Mates en foto's van kruiphokke is op aanvraag beskikbaar.

Hou meer ooie aandanksy kruipvoeding

Kruipvoeding is ononderhandelbaar. Dit is 'n moet vir winsgewende kommersiële skaapboerdery!

(Tel no.: 0833 86 83 82; [email protected])

Julie 2012 27

Page 30: @agri Julie 2012

Kwaliteit gee deurslagin karkaskompetisies

Lubbe Jacobs, Lubern Voere

m 'n karkaskompetisie te wen moet daar verskeie Odinge in plek wees hoewel geluk ook 'n groot rol speel. Dit is maklik om 'n kalf te voer maar om dit

presies reg te kry vir 'n spesifieke dag moet alles perfek wees. Die grootste invloed op sukses is die kwaliteit van die kalf, voer wat gebruik word en die vetheidgraad wat die kalf aan die haak behaal.

Die kwaliteit van die kalf speel by verre die grootste rol. 'n Swak kalf sal nooit goed gevoer kan word nie en sal ook nie die nodige bouvormeienskappe hê wat nodig is nie. Kalwers wat goed presteer aan die haak is die kalf wat reeds van vroeg af die beste bouvorm vertoon. Om die regte bouvormpunt aan die haak te behaal, moet die volgende aspekte, hieronder bespreek, aandag kry.

Die kalf moet goeie breedte in die borsvloer hê. As dit die geval is, beteken dit dat die kalf goeie vleis dra. Dit is ook gewoonlik 'n aanduiding dat die kalf goeie breedte regoor sy lyf sal hê. Die volgende punt van belang is die voorbeen van die kalf. Indien die kalf se voorbeen vol gevul is met vleis is dit ook gewoonlik 'n aanduiding van goeie bespiering regdeur die kalf. Die kalf moet ook goed gevul wees agter die blad.

Goeie sprong van rib is 'n vereiste, want dit gee aan die kalf goeie kapasiteit en ook verseker dit dat die kalf 'n goeie bespiering op die rug het. Die twee rugspiere moet goed ontwikkel wees. Die lengte van die lyf speel 'n baie belangrike rol, want hoe langer die lyf, hoe meer duur snitte is daar vir die slagter beskikbaar.

As ons by die agterkwart kom, is daar verskeie punte waarna opgelet moet word. Die kalf moet 'n goeie lengte van heup tot sitbeen hê. Dit verseker dat daar plek is vir duur snitte. Die afstand tussen die sitbene moet ook wyd wees. Dit verseker dat die kalf goeie breedte in sy agterkwart het. Die kalf moet goed gevul wees in sy binne dye en ook wil ons goeie buitedye hê. Die binne- en buitedye moet ook laag afkom. Dit alles verseker dat die kalf meer vleis dra.

Dit is egter baie belangrik dat daar altyd onthou moet word dat alles in balans moet wees. Die kalf moet nie uit drie verskillende stukke bestaan nie en moet ook nie uit verhouding hoog op die been wees nie.

Alhoewel die kwaliteit van die kalf die grootste rol speel in die sukses van 'n karkaskompetisie, is die voer wat gebruik word ook van belang. Die voer verseker dat die kalf die regte vetheidsgraad slag en ook dat die kalf die nodige kilogramme groei om in die massakategorie te val.

Die kwaliteit van die grondstowwe van die HPK of volvoer wat gebruik gaan word, is van kardinale belang, want dit het 'n effek op die spiergroei asook die vetneerlegging. Indien die HPK of volvoer nie korrek gebalanseer is nie, kan dit veroorsaak dat die kalf nie goed uitgroei nie en ook dat die vetneerlegging gelokaliseer is. Dit gaan veroorsaak dat die kalf tydens die metings nie die regte vetverhouding het nie. Byvoorbeeld kan daar aansameling van vet rondom die stertwortel wees en dan is daar geen vetneerlegging op die boud nie. Dit sal veroorsaak dat die kalf dan op die vetverspreidingsmeting gepenaliseer word.

Lubern Voere is trots daarop om met die nasionale karkaskompe-tisie vereenselwig te word. Lubern Voere het ook 'n uitstekende rekord as dit by skou- sowel as nasionale wenners kom. Lubern Voere is vanaf 2005 betrokke by kliënte wat voer vir die karkaskom-petisie. Al die kliënte word op 'n afsonderlike manier bedien om te verseker dat die beste uit elkeen se grondstowwe en diere verkry word.

Dit is dan ook nie vreemd om te sien dat elke kl iënt 'n ander rantsoen voer nie. Lubern Voere se agente is betrokke by die uitkeer van die kalwers en verleen ook hulp met die prosesserings- en voedingsprogram.

Die skoue waar Lubern Voere nou betrokke is, is: Stella Beesfees, Piet Plessis Expo, Vergeleë Expo, Jakkalskop Slagoskompetisie, Kalahari Slagoskompetisie, Koop-mansfontein Slagoskompetisie, Vryburg Skou en Boshof Skou. By hierdie skoue het Lubern Voere al verskeie kere die wenners op die hoef en aan die haak gevoer.

Die rede vir die sukses lê in die HPK wat Lubern Voere voorskryf aan die kliënte. Almal gebruik die Lubern Vryburg HPK. Dit is 'n HPK wat korrek geformuleer is om spiergroei te bevorder en indien dit korrek vermeng is met ander grondstowwe, sal dit die vetver-spreiding verbeter.

Hier volg die uitslaevanaf 2006 tot 2010:Al die skoue in die Vryburg‐omgewing (Stella Beesfees, Piet Plessis Expo, Vergeleë Expo, Jakkalskop Slagoskompetisie en Vryburg Skou) voer Lubern Voere hetsy die enkel os op die hoef of die groep osse op die hoef.

Vanaf 2008 voer Lubern Voere by bogenoemde skoue die enkelkarkas of groep van karkaskampioene.

Vanaf 2007 voer Lubern Voere die nasionale enkelkarkaskampioen of nasionale groepkarkaskampioen.

Vanaf 2008 voer Lubern Voere die nasionale enkel‐ en groepkarkaskampioene.

LUBERN VOERE WAAR KWALITEIT, KWALITEIT ONTMOET.Vir enige verder navrae, skakel Lubbe Jacobs by 082 610 7491.28 Julie 2012

Page 31: @agri Julie 2012
Page 32: @agri Julie 2012

este des petits P ruminants (PPR) is a highly contagious viral

disease of predominantly goats, but also sheep and some captive wild ruminant species.

This disease is of increasing importance in Africa where there is heavy reliance on subsistence farming for food supply. During 2009 PPR outbreaks were reported in Tanzania, leaving only one country, Mozambique, between a PPR affected country and South Africa.

There is therefore a serious risk that PPR may spread to South Africa. PPR does not currently occur in South Africa and our small stock herds are therefore completely susceptible to this disease. The virus spreads by means of aerosol, as well as objects whereby the virus may be transmitted from one animal to another.

Clinical signsAll animals in a flock may be affected during a PPR outbreak, and between 20 to 90% of animals may die.

Clinical signs include: Fever, depression, loss of

appetite. Discharges of the nose and

eyes that are clear, but become yellow (purulent) due to secondary bacterial infections.

Crusting around the nose resulting in the blocking of nostrils and difficulty in breathing.

Matting together of the eyelids.

Reddened mucous membranes of the eyes and mouth, followed by the development of ulcers on the gums, dental pad, palate, lips, inner sides of the cheeks, and the top of the tongue.

Salivation with a bad smelling breath.

Diarrhoea that starts off as soft faeces that becomes watery, bad smelling, with blood streaks and dead pieces of the lining of the intestines.

Pneumonia that presents as an increased breathing rate,

outstretched neck and head, nostrils that are widely opened, a tongue that hangs out of the mouth, abnormal breathing sounds, and coughing.

Later in the disease, raised skin lesions develop on the lips and around the muzzle.

Abortion (loss of pregnancy).

Death within seven to ten days.

Effective control of PPR, should this viral disease spread to South Africa, will only be possible if the disease is quickly diagnosed and control measures are put in place to prevent the spread of the disease.

If any of your small stock shows any of the above signs, immediately contact your private veterinarian or state veterinarian. The veterinarians will assist in taking samples from both live and dead animals in order to diagnose the cause of the clinical signs.

Rinderpest of small ruminants (Peste des petits ruminants) - a disease risk to small stock that is creeping closer

Dr Sunelle Strydom (BVSc), Sub-directorate of Epidemiology, Directorate Animal Health, Department of Agriculture, Forestry and Fisheries

For any further enquiries contactDr Sunelle Strydom on email [email protected]

30 Julie 2012

Page 33: @agri Julie 2012

TLU SA stel nie belangin gesprekke met ANC

roeër in Mei vanjaar Vhet senior ANC-lede met 'n uitgelese groep

Afrikaanssprekendes verga-der in 'n poging om hulle na die regerende party te lok. Talle was positief oor die gesprekke wat gevolg het, hoewel ander weer bietjie skepties was en gesê het daar moet nog baie dinge in Suid-Afrika gebeur voordat die sogenaamde “lam by die leeu gaan lê”.

In 'n verklaring het TLU SA gesê hulle het kennis geneem van die ANC-leierskap om met Afrikaanse groepe in gesprek te tree oor maniere om Afrikaanses nader aan die ANC te kry. Dit is benadruk dat TLU SA homself egter meer verbind voel tot die

Afrikaner-groepering en die waardes wat hul voorstaan.

Die president van TLU SA, Louis Meintjes, het gesê sy organisasie probeer reeds 'n geruime tyd met regerings-leiers in gesprek tree oor sake wat landbou in Suid-Afrika raak. Daar word gepoog om onder meer met die president, Jacob Zuma, sowel as die ministers van waterwese, vervoer en die kommissaris van polisie in gesprek te tree. Die doel van die gesprekke is om knelpunte te hanteer wat boere ondervind.

“Ons pogings tot hierdie soort gesprekke was tot dusver vrugteloos, en lei noodwendig daartoe dat daar 'n gevoel by georganiseerde landbou ont-

staan dat die regering geen gevoel vir die landbouers en hul probleme het nie. As daar vervreemding ontstaan het, is dit te danke aan die ANC self, en moet hy sy rol as verant-woordelike regering begin nakom. Dit sal die eerste stap wees vir die herstel van vertroue,” het Meintjes gesê.

“Solank die regering nie met ons wil praat oor landbousake nie, stel ons nie werklik belang in gesprekke agter geslote deure met ander ANC-rol-spelers nie.

“Daardeur sal ons net ons eie mense van ons vervreem. TLU SA se primêre doel is om op te staan vir sy lede en die land-bougemeenskap in die alge-meen,” aldus Meintjes.

Advertensiesvanaf

R100

V E I L I N G SAdverteer jou veilingop @agri se webwerf

Besoek vir meer inligting.www.leesagri.spmdesigns.co.za

Page 34: @agri Julie 2012

Nuwe boek sal poog omkleinboere te bemagtig

Van die eregaste tydens die boekbekendstelling was van links Malaika Matlhabe van Noordwes se landboudepartement, prof. Aad van Tilburg van die Wageningen Universiteit in Nederland, dr. Pieter Mulder, adjunkminister van landbou, bosbou en visserye, prof. Herman van Schalkwyk, rektor van die NWU se Potchefstroom‐kampus, en prof. Ajuruchukwu Obi van die Universiteit van Fort Hare.

'n Boek om kleinboere te bemagtig in terme van produksie, bemarking, landbou‐instellings, volhoubaarheid en om toegang tot markte te kry is onlangs op die Potchefstroom‐kampus van die Noordwes Universiteit bekendgestel.

Dié boek, Unlocking markets to Smallholders: Lessons from South Africa, is 'n produk van 'n navorsingsprojek wat reeds in 2004 begin het.

Een van die redakteurs van die boek, prof. Aad van Tilburg van die Wageningen Universiteit in Nederland, het tydens die bekendstelling gesê die boek werp lig op die diverse faktore wat toegang tot uitsetmarkte vir Suid‐Afrika se kleinboere beïnvloed waar hulle die nodige insette en plaasdienste kan bekom.

Die rektor van die NWU‐PUK en landboukundige, prof. Herman van Schalkwyk, is ook een van die boekeredakteurs. Hy het gesê die boek beoordeel die institusionele, tegniese en markstruikelblokke, asook geleenthede vir kleinboere, veral opkomende boere in agtergeblewe gebiede soos die vroeëre tuislande van Suid‐Afrika.

Die adjunkminister van landbou, bosbou en visserye, dr. Pieter Mulder, het gesê die balans tussen klein‐ en ontwikkelende boere en kommersiële boere is belangrik vir politieke bestendigheid en voedselsekuriteit en dat dit belangrik is dat die twee groepe mekaar ondersteun. “Ontwikkelende boere moet eindelik ook in kommersiële boere ontwikkel.”

32 Julie 2012

Page 35: @agri Julie 2012

Malaika Matlhabe van Noordwes se landboudepartement het tydens die bekendstelling gesê die swak toestand van paaie in dié provinsie is een van die faktore wat opkomende boere kniehalter. Nog struikelblokke is 'n tekort aan bestuursvaardighede en beperkte kennis van markte. Groter markte is meestal ver van landelike gebiede geleë.

“Opkomende boere eindig daarom dikwels op om verkope by plaashekke te doen en hulle verloor voeling met werklike markeise.”

In die opsomming van die boek skryf die redakteurs dat daar allereers vereis word dat opkomende of kleinboere van vaardighede voorsien moet word om toegang tot kennis rakende landbou‐ en ondernemerspraktyke te verkry. Om goeie boere te word, benodig hulle ook toegang tot geskikte landbougrond en voldoende water vir besproeiing en om hul vee te voer.

Uitvoerbare boerderybedrywighede soos bemarking‐ en diensinstelling om krediet te

verskaf vir insette en beleggings, insetmarkte vir boerderymasjinerie, implemente, bemestingstowwe en saad van goeie gehalte, is van die faktore waartoe dié boere ook toegang behoort te hê.

Van Schalkwyk het gesê die boek ontwikkel 'n beleidsraamwerk en moontlike institusionele response om die toepaslike markte vir kleinboere te ontsluit.

Die boek is in 2004 as 'n projek van SANPAD (South Africa Netherlands Research Programme on Alternatives in Development) aanvaar en verskeie redakteurs, medewerkers en nagraadse studente van die Vrystaatse Universiteit en die Universiteit van Fort Hare het ook hieraan deelgeneem.

Die boek is geredigeer deur proff. Herman van Schalkwyk, Ajuruchukwu Obi, Aad van Tilburg, Jan Groenewald en Gavin Fraser.

Die uitgewers van die boek is die Mansholt Series of Wareningen Academic Publishers.

CBlivé

FOTOGRAFIEurgerCB

livéFOTOGRAFIEurger

053 591 0761 • 083 708 3974

Laat my toe omjou mooiste dag

se herinneringe met'n kamera vas te lê.

Page 36: @agri Julie 2012

Die ou houtkruis in Vanderkloof, wat deur weerlig beskadig is, het plek gemaak vir 'n nuwe kruis, wat saans met pragtige liggies skyn.

Die materiaal van die staalkruis is aangekoop van 'n skroothandelaar wat die ou kapasitorstasie op Luckhoff afgetakel het, waar dit as twee

aardtorings gebruik was vir die beskerming teen weerlig.

Die kruis is 18,3m hoog, het 120 ligte en gebruik 1380 watt (ongeveer die helfte van 'n 150 liter geyser). – Ethel van der Walt

Nuwe kruis in Vanderkloof

34 Julie 2012

Page 37: @agri Julie 2012

Pre-primêre skool in Petrusvillehou hul dorp skoon

ie Renosterberg Pre-primêre DSkool in Petrusville het onlangs 'n georganiseerde

fondsinsamelingsprojek en omgewingsbewusmakingsveldtog geloods waar ouers, familie en vriende die kleuters se voetjies geborg het om deur die strate van Petrusville te loop en al die rommel op te tel.

Hulle het by die Rob Roos Diensstasie begin en al met die hoofingangsroete gestap sowel as die systrate om rommel op te tel wat die dorp so lelik en vuil laat lyk. Hulle het by die Vanderkloof Slaghuis gestop vir 'n welverdiende blaaskans waar hulle koeldranke en worsbroodjies ontvang het.

Agt ouers het gehelp en die Polisie het ook saamgery en gehelp met voertuigbeheer om die veiligheid van die kleuters en helpers te verseker.

Almal het plastiekhandskoene aangetrek om te sorg dat die goeie werk nie hul gesondheid benadeel nie. Hulle het weer tot by die skool gestap wat in Raasstraat geleë is.

(Die gebou wat die Renosterberg Pre-primêre skool huisves was die gebou wat die eerste skool en kerk in Petrusville gehuisves het meer as 100 jaar terug. Daarom is die straat se naam Raasstraat.)

– Ethel van der Walt

Julie 2012 35

Page 38: @agri Julie 2012

36 Junie 2012

Reünie gehou viroud-Petrusville en

Vanderkloof-leerlinge'n Reünie is onlangs by Vanderkloofdam gehou vir kinders wie se ouers die Vanderkloofdam (voorheen bekend as die PK le Roux-dam) gebou het. Hierdie kinders het hul laerskooldae in Vanderkloof deurgebring maar moes later na Petrusville gaan vir hul hoërskoolopleiding. Albei skole was baie groot en het die fondasie van baie van die besoekers wat die naweek saam deurgebring het, stewig gelê.

Daar het sowat 36 jaar verloop vandat die meeste van diegene wat die reünie bygewoon het, mekaar laas gesien het. Daar is egter steeds heerlik saamgekuier. Die naweek is gereël deur Lynn de Beer (néé Scholtz) en Louise Smal. Danksy die elektroniese era kon hulle mekaar kontak per e-pos en op Facebook 'n blad geskep met die naam PETRUSVILLE EN VANDERKLOOF MEMORY LANE.

Die meeste besoekers het by Pride Rock Lodge gebly

waar die gesellighede ook gehou was. Die groep is na die Vanderkloof-damwal geneem waar hulle dit van binne kon besigtig. 'n Besoek is ook gereël na die museum waar die modelle van die dam asook foto's en ander interessanthede van die tydperk van die damboujare en die vroeë jare van Vanderkloof uitgestal is. Die museum is nog in sy babaskoene.

Die NG Kerk in Vanderkloof het goedgunstiglik die ruimte verskaf waar dit verder uitgebou kan word. Die museum benodig egter fondse en daarom is daar gereël dat al die ou foto's, wat nog nie uitgestal kon word nie, elektronies op CD gesit is wat weer tydens die naweek aan besoekers verkoop is ten bate van die museum. Op die CD is 'n versameling van foto's geneem tydens die bou van die dam asook verskeie klas-, sport- en skoolfoto's. Daar is selfs 'n hele nuusbrief uitgegee daardie jare - Die Patriot. Die skoollied en ander nuusgebeure van daardie tyd is vir die

interesantheid ook op die CD gesit.

Die oudleerlinge het gebraai, gedans, gesing en gekuier tot laatnag. 'n Orkes van De Aar wat bestaan uit die Croucamp-broers en een se kleindogter, Anneri, het ook opgetree.

Die Renosterberg Toerismeforum doen 'n beroep op enigiemand

wat ou foto's of dokumente het oor die tydperk wat die dam gebou is, om dit aan hulle te verskaf. Alle nuus

van die dambou-tydperk is van groot belang en daar word ook gesoek na die name van enige vorige

inwoners. Die inligting kan gestuur word naEthel vd Walt by

[email protected] of sy kan geskakel word by

082 6071194.

Diegene wat in Petrusville en Vanderkloof, of in die omgewing, in die 1960's en 70's gewoon het, word ook gevra om by die Facebook-blad soos hier bo genoem, aan te sluit. Daar word beplan om gereeld reünie te hou.

Ethel van der Walt

Page 39: @agri Julie 2012

Toegang: Gratis • Etekaartjie: R50Plek: Britstown Skougronde • Tyd: 19:00

Datum: Vrydagaand, 22 Junie 2012

aangebied deur

VatVyf Jag, Britstown

ritstown se Vat Vyf Jagnaweek Bvind vanjaar op 21, 22 en 23 Junie plaas. Die veeveiling vind plaas Donderdag, 21 Junie om 11:00. Vir enige verdere navrae kontak Willie Human by083 274 4615.

Vrydagaand gaan daar sommer lekker geskoffel word saam met Tuesday's Gone, 'n studenteband van Stellenbosch. Dit begin om 19:00 en etekaartjies kos R50, toegang is gratis.

Die jagkompetisie vind Saterdag in die omgewing plaas en begin reeds om 07:00. Die aand om 19:00 is die prysuitdeling met 'n ete.

Vir enige navrae oor die Vat Vyf-naweek, skakel gerus vir Sypie Strauss by 083 657 2199, Amanda van der Merwe by 072 607 0462 of Jacques Esterhuizen vir jaginskrywings by 082 334 8109. Besoek ook hul webwerf by www.britstownvatvyf.org.

Vat Vyf byBritstown

Page 40: @agri Julie 2012

abour and producers in South Africa's wine L industry and the Department of Agriculture, Forestry and Fisheries (DAFF) are united in their backing of a programme to fast-track the implemen-tation of fair labour practices on wine farms and in cellars.

The fair labour initiative envisages the creation of an ethical seal that will testify to reasonable working conditions, based on rigorous and closely monitored qualification criteria. This is believed to be a world-first amongst wine-producing countries.

Steve Galane, Director: Communication Services of the Department of Agriculture, Forestry and Fisheries, says in a press release that only those producers who meet the criteria set by the Wine Industry Ethical Trade Association (WIETA) will be entitled to use the seal on their wines. It is anticipated that the first seals will be granted later this year to currently compliant producers.

The fully traceable seal was being modelled on South Africa's sustainability seal developed to promote awareness of the production integrity followed at every stage of the supply chain from vineyard to bottle.

The WIETA code of good practice is premised on the base code of the International Labour Conventions' Ethical Trading Initiative and also incorporates South African labour legislation.

It precludes the use of child labour, asserts that employment should be freely chosen and that all employees should have the right to a healthy and safe working environment. Amongst the conditions it sets are that workers should have the right to freedom of association, a living wage and to be protected from unfair discrimination. Worker housing and tenure security rights should also be respected.

The ethical programme will be fast-tracked and will be implemented in three phases, starting with the simul-taneous training of workers, owners and management in labour law and the WIETA code of fair trading principles.

DAFF notes and supports this very important develop-ment in the wine industry that will acknowledge and accredit wineries and farms that follow ethical practices; that will address the abuse of human rights in the longer term and will recognise that the ethical treatment of workers is both a moral and a legal obligation, according to Galane.

Department supports SA Wineindustry's planned ethical seal

38 Julie 2012

Page 41: @agri Julie 2012

Ek kan mosmy MAN staan

ie meeste van ons vrouens wil glo ons is Donafhanklik in sekere opsigte en het nie altyd 'n man se hulp nodig nie. Ons kan mos 'n

voertuig se band self omruil, al beteken dit dat ons pikswart gesmeer is en dalk sonder 'n paar naels moet wees.

En ja ons kan mos self daardie bottel ingelegde perskes oopmaak – kom wat wil. Ons kap die deksel teen die grond, hou dit onder die warm water, gryp 'n nat vadoek en draai... en probeer weer. Totdat

manlief inkom en die bottel neem en met een draai die bottel, wat al 'n goeie tien minute weier om oop te gaan, losskroef. “Ag ek het al die bottel so te sê oopgemaak, jy het net die laaste draai gegee”, skram ons weg van die waarheid.

Ons klim self teen die mure op, sit 'n boorpunt in en boor 'n gat in die muur. Hy wil mos nou al weke lank nie hoor as ek vra ek wil die foto's (wat al 'n jaar weggepak, toe onder die stof is) ophang. En wanneer jy dan terugstaan om jou handewerk te bekyk, tot jou

Clivé Burger, redakteur

Julie 2012 39

Page 42: @agri Julie 2012

spyt (maar stilswye) ontdek dat dit nie gelyk hang nie.

En ja ons weet mos hoe om ons eie polisse uit te neem en watter een die beste opsie is. Die makelaar het mos verduidelik hoe dit werk en hoeveel duisende rande oor 'n paar jaar sal uitbetaal.

Ek weet hoe om my pensioen van my vorige werk te belê en watter plan die beste sal wees vir die grootste opbrengs. Daar is mos nie 'n probleem om te kies watter die beste verf is vir die huis se dak nie. Die verkoopsman het mos gesê die bruin sal beter werk en al is dit eintlik muurverf sal dit ook werk. As hy so sê, dan is dit mos so. En dan 'n jaar later moet ons dit oorverf, want dit dop af! En dan trek ons maar net skouers op. Die verkoopsman het mos so gesê.

Die gif wat op die potplante gegooi moet word vir luise is die heel beste vir jou plante. Dit staan so geskryf op die pakkie. En as jou wederhelf vertel dat daar ander baie goedkoper is wat dieselfde werk doen, skud jy net jou kop. Jy weet mos die beste. (En 'n week later het jou pragtige blommetjies gevrek.)

As ons vroue nou moet erken, is daar baie kere al tye gewees wat ons eintlik maar net moes geluister het... na manlief se goeie raad. Face the facts! Soms is daar dinge waarvan mans net beter weet... en ons wou nie luister na goeie raad nie. Ons is mos nie hulpelose wesens wat nie self goeie (wyse!) besluite kan neem nie.

Maar as ons nou moet eerlik wees: pleks ons maar net geluister het!

Ek het al self sulke stupid foutjies in my lewe gemaak! Ek is mos wêreldwys en weet wat die beste in watter situasie is.

Die ergste van alles is, ons kry nie altyd weer die geleentheid om die foute van die verlede reg te maak nie. Ek moes my pensioen eerder só belê het, maar ek was slim en het nie geluister... die gevolg? 'n Plan wat my nie die beste opbrengs gebring het nie, en ek het baie geld verloor.

Ek het self besluit watter voertuig teen watter rentekoers die beste koop sou wees. Die gevolg? Die verkoopsman het my sien aankom en my motor teen 'n reswaarde aan my “afgesmeer”. Noudat my voertuig klaar betaal moet wees, sit ek met 'n hoop

skuld waaraan ek vir nog 'n paar jaar sal moet afbetaal.

Die plek waar ek my foto's teen die muur wou ophang, was toe nie die regte plek nie. Teen my man se goeie raad dat die plek uit rou steen bestaan het, sit ek nou met gate in die mure... en die foto's lê weer op die grond. Maar man, ek wou mos nie nog sien dat die prente op die grond agter die deur vir die volgende twee jaar staan nie. Hoe dan gemaak as manlief nie altyd so lus is om te help nie.

Maar natuurlik as dit by hulle eie goed kom, dan word daar 'n hele Saterdag hard gewerk om die gewere skoon te kry en nuwe patrone te laai. Die jagseisoen lê mos voor! Ja en die bakkie word silwerskoon gewas – al gaan hulle net stofpaaie ry. My arme karretjie het al vergeet hoe seepwater proe en die ruitveërwater is al ‘n jaar gelede op. En dan doen ek dit tog maar op die ou end self – en dan is dit weer die verkeerde seep, of te veel of te iets, maar net nie reg nie! Pleks hy mos maar net gehelp het, dan was daar geen probleme nie.

Nou wonder ek ook sommer oor hoeveel geld ek al verloor het, deurdat verkoopsmense of diensamptenare 'n vrou sien aankom het. Gou-gou word die duurste produk aan jou afgesmeer, want vir hom beteken dit kommissie. En my beursie ly daaronder!

Hoeveel keer is die parte wat nodig was om op my voertuig vervang te word, regtig met die produk vervang waarvoor ek betaal het? Is dit ooit vervang? Is dit nie sommer 'n ander ou se part wat die man by die garage vir my met 'n glimlag in die kattebak laai nie.

Liewe aarde, as ons mooi gaan dink is daar baie skuiwergate, waarin veral vrouens, goedsmoeds in kan trap. En wie moet ons bedank?

Seker kan ons maar baie van die skuld voor ons eie deure lê, maar tog wil ek my verstout om te wonder, of manlief se hulp en bystand nie baie kere al kon gehelp het nie.

Dit laat my dink aan 'n waspoeieradvertensie van jare gelede...

“Komaan, sit 'n bietjie handjie by!”

40 Julie 2012

Page 43: @agri Julie 2012

Verhit oond tot 180ºC.Kook aartappels tot sag in soutwater.Maak die aartappels fyn met melk en botter tot glad.Gooi die maalvleis in 'n pan en braai tot gaar.Sodra die maalvleis gaar is, roer die koekmeel, beesaftreksel, Worcestersous en gemengde kruie by en kook vir sowat 2 minute.Gooi die wortels en water by en laat dit prut vir 20 minute.Gooi die ertjies by en laat dit prut vir 'n verdere 5 minute.Skep die maalvleis in 'n oondvaste bak en smeer die aartappels bo‐oor. Gooi gerasperde kaas bo‐oor.Bak vir 25 tot 30 minute tot bruin.

60g Cheddar‐kaas (gerasper)1kg aartappels (geskil en in kwarte gesny)250ml water2 wortels (geskil en gesny)5ml Robertsons gemengde kruie15ml Worcestersous30ml tamatiepaste1 Knorr blokkie beesaftreksel30ml koekmeel400g maalvleis (nie te vetterig)1 ui (fyngekap)15ml kookolie45ml melkStuk margarien250g gevriesde ertjies

Page 44: @agri Julie 2012

Horisontale Banner(19 x 5,4cm)

1 maand: R575 elk3 maande: R525 elk

Tariewe vir advertensies

Volblad(21 x 29,7cm)

1 maand: R1 950 elk3 maande: R1 800 elk

BTW nie betaalbaar.

Ontwerpkoste is ingesluit by prys.

Page 45: @agri Julie 2012

Volblad (21 x 29,7cm)

Smalls (9 x 2,0cm)

1/4 Blad(9 x 13,4cm)

1 maand: R595 elk3 maande: R550 elk

1/8 Blad(9 x 6,3cm)

1 maand: R425 elk3 maande: R400 elk

R60 vir 5 reëls

SMALLSvanaf R60

1 maand: R995 elk3 maande: R900 elk

Smalls + 1 foto: R100

Page 46: @agri Julie 2012

NUUT!!!U eie Mini webblad op

@agri webtuiste‘n Kliek op u advertensie neem besoeker na u eie persoonlike

PDF blad op @agriR750 vir opstel

(een blad)Daarna R100 p/m

“Static” bannersKlein (260x100 px) R100 p/mGroot (260x200 px) R150 p/m

“Animated” banners (3 frames)Klein (260x100 px) R150 p/mGroot (260x200 px) R200 p/m

1 sien voorbeeld gemerk “1" op webwerf

Advertensiekostes op @agri webbladwww.leesagri.spmdesigns.co.za

2

sien voorbeeld gemerk “2" op webwerf2

Kliek op voorbeeld gemerk “3" op webwerf

3

3

Kontak vir enige [email protected]

besoek vir voorbeeldewww.leesagri.spmdesigns.co.za

1