ilse pauw kliniese sielkundige oor skoolgeweld, unisa, 2011/2012 24.4 28.2 33.3 29.9 36.1 31.5 32.3...

Post on 18-Mar-2018

293 Views

Category:

Documents

16 Downloads

Preview:

Click to see full reader

TRANSCRIPT

I L S E P A U W K L I N I E S E S I E L K U N D I G E

Boelies op skool

2013 in die nuus

— Allan Manuel (17), Kasselsvlei Hoȅrskool – vermoor deur matriekleerling

—Raylinn Fortuin (16), Beauvallon Hoȅrskool in Valhallapark – doodgesteek deur leerder

—David Hlongwane (16), Soshanguve – pleeg selfmoord n.a.v. boelie

—Gr 11-leerling van KwaZulu-Natal – selfmoordpoging n.a.v. boelie

—Bradley October (15), Gordonsbaai – aangerand by skool

Wat is boelie?

Doelbewuste, herhaaldelike mishandeling of aggressie wat

gebruik word om ’n magsbalans te versterk. (Oweus, 1993)

Vorme van boeliegedrag

Fisiek Verbaal

Emosioneel/Sosiaal Kuber

Presenter
Presentation Notes
Sluit in: Fisieke boelie (slaan, potjie, byt, stamp, gryp) Sosiaal/relasioneel (indirek, uitsluiting, skinder, manipulasie) Verbale boelie (spot, name noem, intimidasie)

Emosionele boelie

— Skinder, gerugte — Groepsdruk — Blaamverskuiwing — Heeltemal goed/heeltemal sleg — Oneerlikheid — Rugstekery — Manipulasie — Isolasie

Kuberboelie

Teikengerigte skade toegedien d.m.v. teks of prente via die internet, selfone of ander elektroniese toestelle. (Gerson & Rappaport, 2011)

— SMS/MMS — IM (Instant Messaging), bbm — Kletskamers (“chat rooms”) — E-posse — Webblaaie — Aanlynspeletjies (“gaming”)

Presenter
Presentation Notes
Kinders spandeer gemiddeld 53 ure / week met elektroniese media (Kaiser Foundation 2010). Gaming: “griefers”

Hoe dit verskil van tradisionele boelie

— Speelgrondboelie kan oorspoel in die kuberruimte — 24/7 — Omvang op ’n groter skaal: meer toeskouers — Indringend, kan nie ignoreer — Anoniem — Spoed — Permanensie — Geen volwasse toesig — Maklike wreedheid

Presenter
Presentation Notes
Individue of groepe. Nie meer veilige plek; nie meer rus; van verbaal na viraal; impak groter; vernederend; hertraumatiseer

Hoe groot is boelie in Suid-Afrika?

Studie oor skoolgeweld, UNISA, 2011/2012

24.4

28.2

33.3

29.9

36.1

31.5

32.3

32.2

33.6

42

Graad 12

Graad 11

Graad 10

Graad 9

Graad 8

Is jy gedurende die afgelope 2 jaar geboelie? Gauteng Wes-Kaap

UNISA: Hoe word kinders geboelie?

Gauteng

Wes-Kaap

Tipe boelie Jy Vriende

Fisiek 38.4% 40.3%

Emosioneel 55.3% 47.8%

Kuber 16.9% 19.5%

Tipe boelie Jy Vriende

Fisiek 35.9% 39.2%

Emosioneel 62.0% 58.2%

Kuber 9.1% 2.0%

— Fisiek = seuns; Emosioneel = meisies; Kuber = gelyk — Pre-adolessente: 9-13 jaar — Gesinsstressors: sieklike ouers, huweliksprobleme — Onveilige gehegtheid (negatiewe beskouing van self en ander,

wantroue) — Verwerking van sosiale inligting: maak negatiewe afleidings — Gebrek aan empatie — Persoonlik: bv. emosioneel gedisreguleer, beskuldigend,

impulsief, swak probleemoplossing, leerprobleme — Self geboelie of mishandel, of in krisis — Opbou van woede en frustrasie — Groepsdruk (goeie mense kan slegte dinge doen)

Wie is die boelie?

Presenter
Presentation Notes
Maklike vorm van boelie (fisiek sterk/social finesse). Anoniem + bekend. Troll: probeer reaksie uitlok – hoe kan jy dit s^e? Preadolessent: kompetisie om seun/meisies se aandag te trek; probeer sosiale dominansie; sterkte neem toe; eksperimenteer met nuwe rolle; verhouding met ouers verander Onsekure verbintenis: verdien nie liefde nie, verwag dat sosiale interaksies negatief sal wees Sosiale informasie verwerking: as onsekure verbintenis, sal so ‘n kind maklik verkeerdelik aanneem dat ‘n ander kind vyandig is. “doesn’t give him the benefit of the doubt”. MAAR party verwerk korrek maar het nie empatie nie. Vermaak

Wie is die slagoffer?

Sensitief, gee om vir sosiale aanvaarding Alleenlopers, introverte, gewild Gewoonlik dieselfde graad Kwesbare teikengroepe — Seksuele oriȅntasie — Ras of kultuur — Godsdiens — Gestremdhede — Akademies sukkel

(Berlan, 2010; Beaty & Alexeyev, 2008)

Presenter
Presentation Notes
Oppas: kan gewilde kinders wees

Rol van die gemeenskap

— Vriende met ander boelies — Beweeg in kringe waar boelie nie as verkeerd beskou word nie — Gewelddadige woonbuurt — Glo boeliegedrag is ’n normale deel van ’n lewensfase — Spesifieke boelieinsident word nie in hul definisie van

“boeliegedrag” opgevat nie — Kultuur van geheimhouding — Mites oor boelie, bv. slagoffers veroorsaak dit — Kultuur van disrespek vir self en ander — Volwassenes onbewus of weet nie hoe om dit te hanteer nie

Impak op die kind

Uitwerking van boelie (UNISA)

— Hartseer — Selfmoordgedagtes — Gefrustreerd — Dit affekteer my nie — Hulpeloos/magteloos — Waardeloos/lae selfbeeld — Skaam — Altyd bang (vrees kan net so erg wees as ware geweld) — Alleen/eensaam — Woede — Depressie — Verneder (42.3%)

Waarskuwingstekens

– Lyk ongelukkig, depressief, buierig en/of geȉrriteerd – Gebrek aan belangstelling in dinge wat voorheen genotvol was – Stiller & teruggetrokke – Angstig – Vermyding van skool en verwante aktiwiteite – Tekens van fisieke mishandeling – Konsentrasieprobleme – Afname in skoolprestasie – Slaapprobleme – Eetlusveranderinge (depressie / eetsteurnis) – Aggressief tuis – Substansgebruik – Isolasie – Psigosomatiese simptome

Presenter
Presentation Notes
Youth Internet Safety Survey, new hampshire: Dubbel soveel simptome van depressie as kinders nie geKB. Kan ook wees dat depr jeug, hulself meer tot internet keer – kanse groter KUBER: Spesifieke tekens: Vermy rekenaar of selfoon / angstig / onsteld Skakel vinnig rekenaar of foon af

Selfmoord

Presenter
Presentation Notes
Amanda Todd (15), Kanada, bostuklose foto versprei. ‘Then nobody liked me, I can never get that photo back.’

Impak op groep

Skadelik vir die hele groep Neem deel Neutraal Staan op vir slagoffer

Impak op empatiese kind

Presenter
Presentation Notes
Boelie gewoonlik wanneer ander kinders by is CHRISTINA SALMIVALLI – KIVA: NB vir slagoffer hoe die res van die groep reageer. Internasionale studies wat slagoffers langtermyn opvolg, wys dat mense se slegste herinnering is dat niemand omgegee het nie, dat almal gelag het, of geen waarde in die groep gehad het nie. Moet groep se gedrag verander sodat boelie nie ondersteuning/beloning kry nie.

Tragedie van Kitty Genovese (1964)

Presenter
Presentation Notes
Kitty: 38 New Yorkers toegekyk hoe sy vermoor is. Dikwels, as daar ander mense teenwoordig is, is die kans dat mense apaties is groter. As jy weet jy’s enigste, sal jy help.

Wat toeskouers kan doen

— Moenie ondersteun of deelneem nie — Konfronteer die boelie — Positiewe boodskappe — Ondersteun die slagoffer — Laat ’n volwassene en/of die skool weet — Net 1 genoeg om groep te swaai — Hoe sou JY gehelp wou word?

Presenter
Presentation Notes
Verander toeskouer Kuber: nie versprei nie

Kweek helde

Prof. Phil Zimbardo: Stanford-gevangenis eksperiment Abu Ghraib “Heroic Imagination Project” — Onder presies dieselfde omstandighede, kan mense óf wreed, óf

apaties, óf heroïes optree — Enigeen kan ’n held wees: “ordinary people doing extraordinary

things” — Wees ’n “held in opleiding/afwagting” — Tree op wanneer ander passief is; sosiosentriek, nie egosentriek — Dink vir self — Klein dinge geld, bv. laat iemand spesiaal voel, gunste

Presenter
Presentation Notes
Sielkunde van Euwel Hoekom wreed/euwel? Nie verwantwoordelikheid, mag en beheer, anoniminteit, dehumaniseer, nie respek Hoekom heldhaftig? Weet nie. Omgee vir medemens? Leierskap? Heldgeen? Oxytocin?

Lin Hao: ’n 9-jarige held

Wesley Autrey (50) “New York Subway Superman”

“I don’t feel like I did something spectacular; I just saw someone who needed help. I did what I felt was right. I did what anyone could do. I did what everyone OUGHT to do.” (2007)

Bekamping

Ouers

Maak jou kind boeliebestand — Moedig wye sosiale netwerk aan — Leer oor sosiale media en hoe jy jou kind kan beskerm — Bou selfbeeld en moedig selfgelding aan, nie oorbeskermd — Gesonde probleemoplossing Reageer — Veilige gespreksruimte — Neem ernstig op sonder om te oorreageer — Gee kind beheer: “Hoe kan ek help?” — Versamel bewyse — Kuberboelie: blok en rapporteer — Verwittig skool — Stel kind bloot aan liefdevolle, normaliserende omgewings

Presenter
Presentation Notes
Meeste KB buite skool plaas. Gebrek aan kuberkennis by ouers, maak kinders meer kwesbaar (Gerson en Rapp) Boelies voel ook kan nie in moeilik kom nie want ouers weet nie. Mxit: registrasie en toegang beheer. Monitor: manier om probleme op skool op te tel; kind voel veiliger. Nie kind se skuld nie; het nie beheer oor ander nie; fokus op eie ontwikkeling

Boeliebeleid

— Elke laer- en hoȅrskool het een nodig — Maak bewus onder leerders, ouers en personeel — Definieer die probleem — Skep kanale om te rapporteer — Stippel gevolge uit — Moedig die toeskouer aan om te rapporteer — Stel ondersoek in: wat, hoekom verkeerd, impak, hoekom

gedoen? — Leerdergedrewe intervensies

Presenter
Presentation Notes
Neem af met ouderdom, jonger ouderdomme meer kwesbaar Opv: kuberboelie, tekens, monitering. Goldstruck – persepsie. Optrede: Moeilike posisie vir skole. Regstappe. Versamel bewyse hersien gereeld; Rapporteer, nie klik – kry iemand UIT die moeilikheid; nie IN die moeilikheid

“I have come to believe that a great teacher is a great artist and that there are as few as there are any other great artists. Teaching might even be the greatest of the arts since the medium is the human mind and spirit.”

– John Steinbeck

Riglyne vir opvoeders

— Konkrete riglyne vir aanvaarbare gedrag — Boelie onaanvaarbaar en klas sal saamspan teen boelie — Reageer op elke insident — Verhoogde toesig in “gevaarsones” — Betrek kind & gesin: opvoeding oor bv. boeliebeleid; optrede teen

boelies; aanlyngedrag — Betrek ander hulpbronne (sielkundiges, maatskaplike werkers,

ondersteuningsgroepe) — Laat ander leerders weet dat daar opgetree word — Fokus op positiewe gedrag — Herhaal die temas op verskillende maniere, bv. klasprojekte, opstelle,

videos of plakkate

Optrede teen boelie

—Betrek boelie se ouers waar moontlik —Betrek hulpbronne —Verduidelik hoekom dit verkeerd is —Fokus meer op verandering van gedrag as op straf —Boelie moet leer om verantwoordelikheid vir gedrag en

nagevolge te aanvaar —Kweek ’n vertrouensverhouding met ’n volwassene —Maak dit duidelik wat nagevolge van heroortreding sou

wees —Spreek onderliggende redes aan

Nuttige vrae

—Wat het jy gedoen? —Hoekom was dit verkeerd om dit te doen? —Wie het jy seergemaak? —Wat wou jy bereik? —Wat sal jy in die toekoms doen, sonder om iemand seer te

maak?

Nie alle kinders praat nie

Wes-Kaap, 38.8

Gauteng, 51.6

Wes-Kaap

Gauteng

Antwoorde verbatim “I’m scared to tell my mother because she always yells at me” “I am scared they would bully me more” “I'm scared to make trouble at school “ “I’m scared to open up to my mom because she will think I’m a girl” “Because I was feeling like I am alone in this world” “They told me they will beat me up if I report on them”

Vinger op die pols

—Leerders moet weet na wie om te gaan —Posbusse —Skryf neer: wie is gawe/empatiese klasmaats; wie is boelies —Wys uit waar op die skoolterrein kinders veilig/onveilig

voel —Ouerbetrokkenheid

Presenter
Presentation Notes
Bishops voorbeeld

Gee om

Skep die klimaat

— Beskermde omgewing — Regverdigheid — Elke leerder is ewe belangrik — Bou selfvertroue en selfbeeld — Toleransie vir verskille en uniekheid — Versprei geleenthede — Barmhartige samaritaan — Onafhanklike denke — Beloon positiewe gedrag — Beskerm mekaar — Respek — Empatie

Presenter
Presentation Notes
Boelievoorkoming nie in vakuum.

top related