evolusie: graad 12
DESCRIPTION
Evolusie: Graad 12. Inleiding. Onderskei tussen ‘n hipotese en ‘n teorie. Hipotese bestaan uit die volgende kern- konsepte Afhanklike veranderlike Onafhanklike veranderlike Verhouding tussen die twee veranderlikes Toetsbaar - PowerPoint PPT PresentationTRANSCRIPT
Evolusie: Graad 12
Inleiding
Onderskei tussen ‘n hipotese en ‘n teorie
• Hipotese bestaan uit die volgende kern- konsepte– Afhanklike veranderlike– Onafhanklike veranderlike– Verhouding tussen die twee veranderlikes– Toetsbaar
Opsommend: ‘n Ingeligte stelling/ raaiskoot (twee veranderlikes) wat toetsbaar is
NIE ‘n VRAAG NIE
Tydends ‘n ondersoek wat jou hipotese toets, mag die bevindinge of resultate een van die volgende tot gevolg hê:
Jou hipotese word ...1. nie verwerp nie / aanvaar
2. verwerp, of
3. aangepas (skep nuwe of meer vrae)
NIE BEWYS NIE
Skep van nuwe wetenskaplike kennis
‘n Aantal aanvaarde/nie-verwerpte, verwante hipoteses wat gewoonlik komplekse afleidings en verduidelikings verskaf ...
konstrueer/skep nuwe wetenskaplike kennis.
Lei tot teorieë
Onderskei tussen ‘n hipotese en ‘n teorie
• Teorie bestaan uit die volgende kern- konsepte– Oorkoepelende verduidelikings van verwante
aanvaarde hipoteses – Hierdie goed gesubstansieerde
verduidelikings sluit feite, wette, afleidings en getoetsde hipoteses in
– Stel wetenskaplikes instaat stel om geldige voorspellings/ gevolgtrekking te kan maak
‘n Teorie handel hoofsaaklik oor
• hoe aspekte (prosesse en meganismes in lewe)
• in die natuurlike wêreld werk.
Sekere basiese definisies
• Feit: ‘n Waarneming wat herhaaldelik oor jare bevestig of geverifieër is
• Wet: ‘n Beskrywende veralgemening oor hoe die fisiese wêreld reageer onder sekere toestande
• Hipotese: ‘n Toetsbare stelling wat gebruik kan word om afleings en verduidelikings te kan maak
EVOLUSIE
• Geskiedenis
• Voorouers met modifisering
• Natuurlike seleksie
• Spesiasie
• Bewyse vir evolusie– Fossielrekords - Oorgangstadia– Modifikasie van voorouer – Biografie– Genetika
Geskiedenis van die ontwikkeling van vroeë teorieë oor evolusie
Vier persone het veral ‘n rol gespeel in die
ontwikkeling van vroeë evolusie-teorieë, naamlik,
1. Erasmus Darwin (1731-1802 Oupa van Charles) se idees:
• Alle lewe ontwikkel van eenvoudige vorme• Daar is ooreenkomstes tussen verskillende
organismes• Kunsmatige seleksie en metamorfose illustreer
hoe veranderinge moontlik plaasgevind het
Geskiedenis: Lamarck
2. Jean Baptiste de Lamarck (1744–1829) Sy twee idees:1. Gebruik en onbruik• Veranderinge in die omgewing skep nuwe
behoeftes wat veroorsaak dat organismes hul bestaande organe modifiseer om aan die behoefte te voldoen. Herhaalde gebruik van die orgaan sal veroorsaak dat dit vergroot en meer doeltreffend word. Onbruik van ‘n orgaan sal veroorsaak dat dit degenereer.
Lamarck
2. Oorerwing van kenmerke wat gedurende die organisme se leeftyd gemodifiseer is
– Die modifisering wat die organisme gedurende sy leeftyd ondergaan het, kan aan die nageslag oorgedra word.
Lamarck: Voorbeelde
Voorbeelde van die toepassing van Lamarck se idees
(bv. Langnek van kameelperde of the ledemate van slange)
OnbruikOnbruik
• Ledemate van slange Ledemate van slange verdwyn/disentegreer verdwyn/disentegreer omdat hulle nie gebruik omdat hulle nie gebruik word tydens hul word tydens hul glybewegings nie.glybewegings nie.
• Hul liggame raak dun en Hul liggame raak dun en lang sodat hulle deur smal lang sodat hulle deur smal openinge kan ‘kruip’.openinge kan ‘kruip’.
• Pikkewyne het nie meer vlerke nie, maar vinne, omdat hulle dit nie meer gebruik het nie en eerder geswem het.
• Eende moes so beur om te swem dat hulle tone later groter en groter velflappe gekry het.
Lamarck DarwinIndividue wil verander (determinisme, interne dryfveer)
Geen wil om te verander nie (geen interne dryfveer nie)
Individue in bevolking verander
Bevolking verander as gevolg van omgewingsfaktore
Variasie as gevolg van die individue wat verander
Nakomelinge vertoon variasie
Veranderinge wat verkry word gedurende ‘n leeftyd word vanaf die ouer aan die nageslag oorgedra
Tydends natuurlike seleksie word geskikste kenmerke van ouer na nageslag oorgedra
VERSKILLE
Lamarck: Verwerping Redes vir die verwerping van Lamarck se
idees:• Teorie is deterministik. Alle organismes
het ‘n interne dryfveer om die leer van ontwikkeling te klim gedurende evolusie. Stel evolusie in ‘n leervormige stelsel voor en nie as ‘n boomvormige stelsel nie.
Lamarck: Verwerping (vervolg) Redes vir die verwerping van Lamarck se
idees:• Oorerwing van verworwe kenmerke
(fenotipiese kenmerke) kan nie plaas vind nie. Geen genetiese basis nie - genotipes van organismes verander nie
• Omgewingsfaktore alleen kan nie evolusie veroorsaak nie/dryf nie
Geskiedenis: Charles Darwin
3 Charles Darwin (1809-1882)Teorie van evolusie deur natuurlike seleksie onder die volgende opskrifte:
– Darwin se seevaart van 5-jaar rondom die wêreld in die HMS Beagle, versamel voorbeelde en maak aantekeninge van sy waarnemings omtrent plante, diere en die geografie van die lande besoek.
– Die historiese ontwikkeling. In 1858 was hy bewus van Wallace se werk. Huiwerig om sy idees te publiseer. Bang dat mense sal dink dat hy Wallace se idees ‘gesteel’ het.
– Darwin se artikel, word saam met dié van Wallace tydens die “Linnaean Society Conference” op 1 Julie 1858 aangebied.
– Publikasie van “On the Origin of the Species” in 1859
Geskiedenis: Charles Darwin (vervolg)
Die waarnemings waarop Darwin sy teoriegebaseer het:
– Organismes van ‘n spesie produseer ‘n groot aantal nakomelinge
– Die nakomelinge vertoon groot mate van variasies
– Van die groot hoeveelheid nakomelinge oorleef slegs enkeles
– Kenmerke word van ouers wat oorleef na nakomelinge oorgedra
Geskiedenis: Wallace
4 Alfred Wallace (1823-1913)
Wallace en Charles Darwin het afsonderlik natuurlike seleksie as as ‘n verduideliking vir evolusie beskryf.