antidotes in the critically ill patient - learning -...

22
TOKSIKOLOGIE OORSIG Dr. P.M. van Zyl Departement Farmakologie 2012

Upload: dangtruc

Post on 25-Apr-2019

222 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

TOKSIKOLOGIE OORSIG

Dr. P.M. van Zyl

Departement Farmakologie

2012

Braking

• Vinger in die keel

• Ipecacuana (15-30 ml) + water (500-1000

ml).Kontroversiëel: VERSIGTIG:

Kardiotoksies, uitgestelde reaksie

• VERSIGTIG:

Moet nie braking induseer in die

teenwoordigheid van SSS onderdrukking,

konvulsies of na inname van sterk sure,

alkaliëe en petroleum produkte nie.

Gastriese lavage

• Hoe gouer, hoe beter – Oor algemeen van waarde tot 6 uur na inname

maar self langer periodes (tot 12 uur) na salisilate, antidepressant oordosering en oordosering met groot hoeveelhied kapsules en tablette

Gastriese lavage: VERSIGTIG

• Risiko vir aspirasie:

– Beskerm lugweg

– Gebruik endotrageale buis in pasiënte met

onderdrukte bewussyn.

– Moet nie G/lavage uitvoer na inname van

petroleum koolwaterstowwe nie

• Risiko vir perforasie:

– Moet nie G/lavage uitvoer na inname van

korrosiewe gifstowwe nie behalwe in geval van

hoë dosisse en dan slegs nadat esofagoskopie

uitgevoer is.

Geaktiveerde Koolstof

• Hoeksteen van terapie

• Bind meeste chemiese substanse

• Dikwels as alleen modaliteit gebruik

Geaktiveerde Koolstof

• Enkel dosering: Bind middel in lumen

• Herhaal dosis: – effektief vir teofillien, fenitoiën, TAD, ens.

- Absorbeer oorblywende middel/tablette veral die stadige vrystellende preparate, - Absorbeer enige middel in die gal (voorkom enterohepatiese sirkulasie)

- Bind middel deur kontak met derm wand (intestinale dialise)

Hemodialise

• Effektief vir middels met lae proteïen

binding, klein volume van distribusie.

Bruikbaar in dodelike dosisse van

litium, salisilate, etanol en etileen glikol.

TEENMIDDELS

• ” Die behandeling mag erger wees as

die siekte ”

• Slegs aangedui in enkele gevalle van

vergiftiging

• Teenmiddels het hul eie indikasies,

kontra indikasies en newe effekte.

TEENMIDDELS

A Kompeterende antagonis

• Naloksoon vir morfien;

• Flumasenil vir bensodiasepiene

• Atropien vir organofosfaat vergiftiging

B Antiliggame

• Digoksien spesifieke antiliggame

(Digibind) vir digoksien oordosering

C. Ensieme

• Pralidoksiem vir organofosfaat vergiftiging

D. Antimetaboliete

• Vitamien K vir “super warfarin” rotgiwwe;

warfarin

• Etanol vir metanol en etileen glikol

vergiftiging

• Natrium tiosulfaat vir sianied vergiftiging

E. Antioksidante

• N-asetielsisteïen vir parasetamol

oordosering

F. Chelerende agense

• protamien vir heparien

• desferrioksamien vir yster oordosering

• dimekaptosuksiniel suur (DMSA) vir

swaar metaal vergiftiging

• penisillamiene vir lood vergiftiging

SSS STATUS + VITALE TEKENS

Fisiologiese eksitasie

SSS stimulasie

• pols

• BD

• RR en diepte

• temp

• Meestal veroorsaak deur

anticholinergiese,

simpatomimetiese, sentraal

hallusinogeniese middels, of

deur

geneesmiddelonttrekking

Fisiologiese onderdrukking

Onderdrukkte bewussyn

• pols

• BD

• RR en diepte

• temp

• Meestal veroorsaak deur

cholinergiese, simpatolitiese,

opiate, of sedatief-hipnotiese

middels, of alkohole.

TOKSIKOLOGIE

LABORATORIUM

• Sifting vir parasetamol, salisilate en TADs word

sterk aanbeveel vir pasiënte met ‘n onsekere

geskiedenis van opsetlike vergiftiging

• Min vroeë tekens mag teenwoordig wees na

dodelike dosisse van hierdie middels

– spesifieke behandeling beskikbaar en hoogs effektief

indien betyds begin

NB: Parasetamolvlak eers 4h na inname

(Bloedmonster)

UITGEBREIDE KWALITATIEWE

TOKSIKOLOGIESE SIFTING (“tox screen”)

• Duur

• Tydrowend

• Voorspel dikwels nie en kan ook nie graad van vergiftiging aantoon nie

• Tel onverwagte middels op in slegs ‘n minderheid van pasiënte

• Min invloed op pasiënthantering

• Onwaarskynlik dat dit pasiëntuitkoms gaan beïnvloed • By uitsondering nodig pasiënte met nie-bedoelde inname wat

asimptomaties is of met kliniese bevindings wat ooreenstem met die mediese geskiedenis.

• SLEGS IN ERGE OF ONVERKLAARDE TOKSISITEIT

• (Urinemonster)

“DRUGS OF ABUSE" SIFTING

• Kombinasie van metodes

– Gas chromatografie

– Ensiem immunoassay: Dagga, kokaïen,

amfetamiene, opiate,barbiturate.

• Positiewe en negatiewe siftings vir middels

kan nie absoluut diagnoses bevestig of

uitsluit nie; bevestigings metodes mag

nodig wees.

• (Urinemonster)

KWANTITATIEWE ASSAYS

• Nuttig om die hantering van sekere

vergiftigings te rig wanneer dit

geïnterpreteer word saam met die kliniese

beeld en die tyd van blootstelling.

• Slegs beskikbaar vir ‘n beperkte aantal

middels:verskil van lab tot lab

• Voorbeelde: Anti-epileptiese middels,

parasetamol, salisilate, TADs

• (Bloedmonster)

ANDER LABORATORIUM

ONDERSOEKE

• Simptomatiese pasiënte en die met onbetroubare of onbekende geskiedenis: urine ondersoek, serum elektroliete, kreatinien, glukose.

• Bepalings van serum osmolaliteit, ketone, kreatienkinase, lewerfunksie toetse, amilase, kalsium, en magnesium behoort gedoen te word op alle pasiënte met beduidende aantasting.

• Roetine urine swangerskapstoets word sterk aanbeveel

ANIOONGAPING METABOLIESE

ASIDOSE: ALGEMENE OORSAKE

GENEESMIDDELS EN

GIFSTOWWE

• Alkohol

• Metanol

• Etileenglikol

• Yster

• Isoniasied

• Salisilate

METABOLIES

• Uremie

• Diabetiese

ketoasidose

• Melksuurasidose

DIE EINDE