deliktereg del 314 - learning - homelearning.ufs.ac.za/del314_off/resources/resources/study...noem...

64
1 DELIKTEREG DEL 314 2012

Upload: others

Post on 19-Jan-2020

53 views

Category:

Documents


7 download

TRANSCRIPT

Page 1: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

1

DELIKTEREG DEL 314

2012

Page 2: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

2

INHOUDSOPGAWE ___________________________________________________________________ Leereenheid 1: Inleiding tot die deliktereg 5 Leereenheid 2: Handeling 10 Leereenheid 3: Onregmatigheid: Basiese beginsels 13

Deel 1: Inleiding; handeling en gevolg; die basiese toets vir onregmatigheid (boni mores ) 14

Deel 2: Onregmatigheid as skending van 'n subjektiewe reg 17 Deel 3: Onregmatigheid as verbreking van 'n regsplig 18 Deel 4: Onregmatigheid as die redelikheid om die verweerder aanspreeklik te stel 22 Leereenheid 4: Onregmatigheid: Regverdigingsgronde 23 Deel 1: Inleiding; noodweer as regverdigingsgrond 24 Deel 2: Noodtoestand as regverdigingsgrond 25 Deel 3: Provokasie as regverdigingsgrond 26 Deel 4: Toestemming as regverdigingsgrond 27 Deel 5: Statutêre bevoegdheid, amptelike bevoegdheid, uitvoering van 'n amptelike bevel, tugbevoegdheid 30 Deel 6: Misbruik van reg en burereg; oorlas 33 Leereenheid 5: Skuld en medewerkende skuld 34 Deel 1: Algemeen, toerekeningsvatbaarheid; opset 35 Deel 2: Nalatigheid 37 Deel 3: Medewerkende skuld 45 Leereenheid 6: Kousaliteit 49 Deel 1: Algemeen en feitelike kousaliteit 50 Deel 2: Juridiese kousaliteit 51 Leereenheid 7: Skade 55

Page 3: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

3

Leereenheid 8: Remedies op grond van delik 61 Leereenheid 9: Mededaders 63

Page 4: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

4

KURSUSOORSIG 1. INLEIDING Leereenheid 1. 2. ALGEMENE BEGINSELS VAN DIE DELIKTEREG: Leereenhede 2-7: Die elemente van die delik.

DELIK Leereenheid 8: Remedies op grond van delik. Leereenheid 9: Mededaders. BESONDERE VERSKYNINGSVORME VAN DELIK: Besondere verskyningsvorme van damnum iniuria datum. Besondere verskyningsvorme van iniuria; en Besondere verskyningsvorme van skuldlose aanspreeklikheid word in die kursus VBR 324 gedoen.

Page 5: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

5

LEEREENHEID 1: INLEIDING TOT DIE DELIKTEREG Die handboek waarna in die studiegids verwys word is Neethling, Potgieter en Visser (2010) Deliktereg 6de uitgawe. Die regspraak waarna verwys word is vervat in die Vonnisbundel vir Deliktereg (2007) deur Neethling, Potgieter en Scott. LEERUITKOMSTE Hierdie leereenheid dek hoofstuk 1 van die handboek. Na afhandeling van hierdie gedeelte behoort u instaat te wees om die volgende te kan doen: � omskryf die rol van die deliktereg; � verduidelik die betekenis en gevolg van die res perit domino-beginsel; � noem en omskryf die gevalle wanneer die res perit domino-beginsel nie

aanwending sal vind nie; � dui aan waar die deliktereg in die regsisteem inpas; � verduidelik waarom die deliktereg onder die verbintenisreg tuishoort; � definieër ‘n delik; � noem die elemente van ‘n delik; � onderskei tussen die generaliserende en die kasuïstiese benaderings tot die

deliktereg; � noem die belangrikste deliksaksies en onderskei volledig tussen hulle; � noem die ooreenkomste/verskille tussen kontrakbreuk en ‘n delik; � noem die ooreenkomste/verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad; � beskryf die historiese ontwikkeling van die aksie weens pyn en lyding.; � verduidelik hoe die Handves van Regte (vervat in hoofstuk 2 van die Grondwet)

die deliktereg beïnvloed en daarop van toepassing is. 1. ONREGMATIGE DAAD (DELIK): ALGEMENE AARD EN PLEK IN DIE REG Bestudeer

• Paragraaf 1 van hoofstuk 1 in die handboek en voetnote 5, 6, 9, 12, en 14. • Die eerste 11 reëls van hoofstuk 7 en voetnoot 3 op daardie bladsy.

Page 6: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

6

Die volgende diagram toon aan waar die deliktereg in die regsisteem inpas:

‘n Delik word in die handboek gedefinieer as “’n handeling van ‘n persoon wat op onregmatige wn skuldige wyse nadeel aan ‘n ander ve roorsaak”. Dit beteken dat al vyf die elemente van die delik in ‘n spesifieke geval teenwoordig moet wees om iemand aanspreeklik te kan hou. Indien enige van die elemente (die handeling, onregmatigheid, skuld, kousaliteit of skade) afwesig is, kan daar geen deliktuele aanspreeklikheid wees nie. (Skuldlose aanspreeklikheid (sien voetnoot 12) vind slegs aanwending in ‘n paar uitsonderlike gevalle). Elkeen van hierdie elemente word breedvoerig in die volgende 6 leer-eenhede bespreek. Hier is ‘n voorbeeld van wat die relevante paragrawe van ‘n gekombineerde dagvaarding in die geval van byvoorbeeld aanranding (aantasting van ’n ander se fisies psigiese integriteit) moet bevat:

1 (Bevat besonderhede van die eiser: naam adres ens.)

2

(Bevat besonderhede van die verweerder) 3

Op die 1ste Januarie 2005 te Bloemfontein het die verweerder onregmatig en opsetlik die eiser met die vuis geslaan .

4

As gevolg van hierdie optrede van die verweerder, het die eiser skade ten bedrae van R5 000 gely .

Herken u die elemente van die delik?

Positiewe Reg

Materiële Reg

Formele Reg

Privaatreg

Publiekereg

Vermoënsreg

Personereg

Familiereg Persoonlikheidsreg

Verbintenisreg

Erfreg

Sakereg

Immateriëlereg

Deliktereg

Kontraktereg

Verryking, negoriorum gestio (ex variis causarum figures)

Prosesreg

Bewysreg

Page 7: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

7

In die deliktereg – as algemene reël – sal ‘n persoon slegs ‘n eisoorsaak teen ‘n ander hê indien al vyf die elemente van die delik teenwoordig is. Die elemente is dus die facta probanda van ‘n delik (die facta probanda is al die feite wat die eiser moet beweer en bewys om sukses met sy eis te behaal.) Die volgende diagram bevat ‘n kort maar volledige onderskeid tussen die drie belangrikste deliksaksies en jy moet dit verbatim ken (en verstaan)

Actio legis Aqualiae

Actio Iniuriarum Aksie weens pyn en lyding

Aangewend wanneer onregmatigheid geleë is in die aantasting van:

� saaklike regte � vorderings-

regte � immaterieel-

goederegte (vermoënskade)

� persoonlik-heids regte: corpus fama en dignitas

� persoonlik-heidsreg: corpus

Skuldvereiste Opset/nalatigheid Opset Opset/nalatigheid

Tipe skade waarvoor geëis word

Skadevergoeding Genoegdoening Kompensasie

Oordraagbaar -heid van aksie (1ste par hoofstuk 7 + vn 3)

Aktief en passief oordraagbaar voor en na litis contestatio

Aktief en passief oorerflik na litis contestatio

Aktief en passief oorerflik na litis contestatio

Aktiwiteit 1 1. Verduidelik waarom die elemente van ‘n delik ook die facta probanda van ‘n

delik genoem word. 2. Noem die elemente van ‘n delik. 3. Die element kousaliteit bestaan eintlik uit twee afsonderlike elemente. Noem

hulle. 4. Verduidelik die voordele wat die generaliserende benadering tot deliktuele

aanspreeklikheid bo die kasuïstiese benadering het. 5. Die generaliserende benadering is aan ‘n belangrike kwalifikasie onderworpe:

daar word onderskei tussen twee kategorië delikte. Noem die kategorië. 6. Gee die betekenis in Afrikaans van: damnum iniuria datum en iniuria. 7. Onderskei volledig tussen die drie grondpilare (belangrikste deliksaksies) van

die deliktereg (by wyse van ‘n diagram of andersins). 8. Verduidelik die verskil tussen aktiewe en passiewe oordraagbaarheid van ‘n

deliksaksie. (Sien hoofstuk 7, voetnoot 3). 9. Noem drie voorbeelde van delikte in die kategorie damnum iniuria datum en

vyf voorbeelde van delikte in die kategorie iniuria.

Page 8: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

8

2. ONREGMATIGE DAAD EN KONTRAKBREUK Bestudeer paragraaf 2 van die handboek. Aktiwiteit 2 1. Wat is die ooreenstemming tussen ‘n delik en kontrakbreuk? 2. Waarom is dit noodsaaklik om te onderskei tussen ‘n delik en kontrakbreuk? 3. Kan dieselfde handeling beide ‘n delik en kontrakbreuk daarstel? Verduidelik

met verwysing na ‘n voorbeeld. 3. ONREGMATIGE DAAD EN MISDAAD Bestudeer paragraaf 3, van die handboek. Aktiwiteit 3 1. Wat is die ooreenkoms tussen ‘n delik en ‘n misdaad? 2. Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide ‘n delik en ‘n misdaad wees? Verduidelik met

verwysing na voorbeelde. (Sien voetnoot 30-32.) 4. HISTORIESE ONTWIKKELING VAN DELIKTUELE AAN- SPREEKLIKHEID Lees paragrawe 4.1 to 4.3. Hierdie paragrawe is nie vir eksamendoeleindes nie. Bestudeer paragraaf 4.4 Let op die verskil tussen die Romeinse reg, Romeins-Hollandse reg en die Suid- Afrikaanse reg met betrekking tot die beskerming van die fisies-psigiese integriteit van ‘n persoon. Aktiwiteit 4 1. Beskryf die historiese ontwikkeling van die aksie weens pyn en lyding. 2. Noem die persoonlikheidsnadele waarvoor kompensasie met die aksie weens

pyn en lyding in die Suid Afrikaanse reg geëis kan word.

Page 9: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

9

5. DELIKTEREG, DIE GRONDWET EN FUNDAMENTELE REGTE Bestudeer � Paragraaf 5 en voetnota 147 en 161 van die handboek. � Fose v Minister of Safety and Security 1997 3 SA 786 (CC). � Dendy v University of the Witwatersrand Johannesburg 2005 5 SA 357 (W). � Carmichele v Minister of Safety and Secutiry 2001 4 SA 938 (CC). Die inleidende gedeelte van paragraaf 5 word breedvoerig in die publiekreg gedoen. Weens die groot belang daarvan vir die deliktereg, word ook kortliks in hierdie kursus daarmee gehandel. Aktiwiteit 5 1. Is Hoofstuk 2 (die Handves van Regte), soos vervat in die Grondwet van

Suid-Afrika, ook op die deliktereg van toepassing? Verduidelik kortliks. 2. Langa HR sê die volgende: “the Bill of Rights in this respect merely

emphasises the .... principles already at play in the common law”. Verduidelik hierdie stelling kortliks.

3. Kan ’n fundamentele reg regmatig ingeperk word? Verduidelik. 4. Wat is die howe se rol by die ontwikkeling van die gemenereg in die lig van

die Grondwet? Verwys na toepaslike regspraak. 5. Verduidelik die verskil tussen die direkte vertikale en direkte horisontale

toepassing van die Grondwet. 6. Noem die fundamentele regte vervat in Hoofstuk 2 van die Grondwet wat

relevant vir die deliktereg is. 7. Gee ’n voorbeeld van ’n botsing tussen twee fundamentele regte en

verduidelik hoe dit hanteer behoort te word. 8. Wat is die waarde daarvan indien ’n fundamentele reg in die Handves van

Regte erken word? 9. Word die reg op die goeie naam (fama) in die Handves erken/verskans?

Verduidelik kortliks. (sien vn 147) 10. Is ‘n inbreukmaking op ‘n fundamentele reg per se ook ‘n delik? Bespreek en

verwys na toepaslike regspraak. 11. Verduidelik die indirekte toepassing van die Handves van Regte op die

deliktereg.

Page 10: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

10

LEEREENHEID 2: HANDELING

DELIK 1. LEERUITKOMSTE Hierdie leereenheid dek hoofstuk 2 van die handboek. Na afhandeling van hierdie gedeelte behoort u die volgende te kan doen: � definieër ‘n handeling; � noem die vereistes (kenmerke) van ‘n handeling en pas dit op feitelike situasies

toe; � verduidelik die aard van ‘n verweer van outomatisme; � onderskei tussen ‘n positiewe optrede (commissio) en ‘n late (omissio). 2. AARD EN KENMERKE VAN ‘N HANDELING Bestudeer paragraaf 2 en voetnoot 2, 7 en 11 van die handboek. ‘n Handeling is ‘n voorvereiste vir ‘n delik.

Page 11: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

11

Aktiwiteit 1 1. Kritiseer kortliks die standpunt in Gijzen v Verrinder, dat ‘n handeling nie ‘n

vereiste vir deliktuele aanspreeklikheid is nie. Noem ook die voorbeeld waarna die hof verwys. (Sien voetnoot 2.)

2. Noem die kenmerke van ‘n handeling. 3. Nadat A sy hond beveel het om B te byt, byt die hond vir B. Is hier ‘n

handeling (vir doeleindes van deliktuele aanspreeklikheid) teenwoordig? 4. Kan ‘n regspersoon handel en deliktuele aanspreeklikheid opdoen?

Verduidelik. 5. Watter reël kan volgens Neethling et al gebruik word om te besluit of ’n

menslike handeling aan ’n regspersoon toegedig kan word vir doeleindes van ex delicto aanspreeklikheid?

6. Wanneer sal ’n handeling willekeurig wees? 7. Beteken ‘n willekeurige handeling dat die dader sy gedraging moes gewil of

begeer het? Verduidelik met verwysing na ‘n voorbeeld. 8. Kan ‘n infans of ‘n geestesversteurde willekeurig optree?

3. VERWEER VAN OUTOMATISME Bestudeer Paragraaf 3 en voetnoot 21 en 24 van die handboek. Molefe v Mahaheng 1999 1 SA 562 (SCA) (Vonnisbundel). Lees voetnote 18, 22-38. Aktiwiteit 2 1. Wat is die betekenis van ‘n "verweer van outomatisme"? 2. Noem die toestande wat kan veroorsaak dat ‘n persoon nie willekeurig handel

nie. 3. Verduidelik die verskil tussen absolute dwang (vis absoluta) en relatiewe

dwang (vis compulsiva) met verwysing na voorbeelde . (Sien voetnoot 21.) 4. Skryf kort verklarende aantekening oor die begrip actio libera in causa. 5. X is reeds die afgelope 20 jaar ‘n diabeet. Hy weet presies hoe om sy

bloedsuikervlakke te beheer deur met gereelde tussenposes te eet en sy medikasie te gebruik. Hy versuim om te eet en bestuur toe sy motor. Hy verval in ‘n koma as gevolg van lae bloedsuiker en bots met Y se motor. Kan X deliktuele aanspreeklikheid opdoen?

6. Wie dra die bewyslas in geval van ‘n verweer van outomatisme? Verwys na toepaslike regspraak.

7. Watter element van die delik word uitgeskakel deur outomatisme? Gee die standpunte van Van der Merwe en Olivier en Neethling et al.

Page 12: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

12

4. DOEN (COMMISSIO) EN LATE (OMISSIO) Bestudeer paragraaf 4. Aktiwiteit 3 1. Waarom is dit belangrik om tussen ‘n doen en ‘n late te onderskei? 2. Wat beteken die term culpa in faciendo? 3. Onderskei tussen ‘n late en culpa in faciendo met verwysing na ‘n voorbeelde

uit die regspraak.

Act

Omission

Commission

Handeling

Commissio

Ommissio

Page 13: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

13

LEEREENHEID 3: ONREGMATIGHEID

(BASIESE BEGINSELS)

DELIK Hierdie leereenheid dek ongeveer die eerste helfte van hoofstuk 3 van die handboek. Onregmatigheid is waarskynlik die mees sentrale element: dit bevat die essensie van ‘n delik, naamlik dat die delikpleger op ‘n regtens ongeoorloofde of onredelike wyse opgetree het. Leereenheid 3 bestaan uit: Deel 1: Inleiding. Handeling en gevolg. Die basiese toets vir onregmatigheid (boni mores). Deel 2: Onregmatigheid as skending van ‘n subjektiewe reg. Deel 3: Onregmatigheid as verbreking van ’n regsplig. Nie-nakoming van ‘n statutêre voorskrif.

Page 14: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

14

DEEL 1: INLEIDING; HANDELING EN

GEVOLG; DIE BASIESE TOETS VIR ONREGMATIGHEID (BONI MORES)

1. LEERUITKOMSTE Na afhandeling van deel 1 behoort u in staat te wees om die volgende te kan doen: � Omskryf die tweeledige ondersoek betrokke by die vasstelling van

onregmatigheid; � Verduidelik die verhouding tussen onregmatigheid, die handeling en die

skadelike gevolg; � Verduidelik waarom die begrippe "boni mores" en "die regsgevoel van die

gemeenskap" as sinonieme gebruik word; � Omskryf die kenmerke van die boni mores-toets en hoe dit werk; � Omskryf wanneer die boni mores-maatstaf direk toegepas sal word. 2. INLEIDING Bestudeer paragraaf 1 en voetnoot 4 en 8 van hoofstuk 3. Om onregmatigheid vas te stel, moet ‘n tweeledige ondersoek gedoen word: � Het die handeling ‘n nadelige gevolg veroorsaak? � Is die skade op ‘n regtens ongeoorloofde wyse veroorsaak? Slegs indien die antwoord op beide vrae JA is, sal onregmatigheid teenwoordig wees. ‘n Nadelige gevolg alleen is nie voldoende om onregmatigheid daar te stel nie. Voorbeeld: X breek die venster van Y se huis sodat hy ‘n bejaarde wat ‘n hartaanval daarbinne gehad het, kan red. Natuurlik is ‘n nadelige gevolg teenwoordig: die venster is gebreek, maar X het nie onredelik opgetree nie en ontbreek onregmatigheid. X sal nie aanspreeklik wees vir die skade aan Y se venster nie. (Hierdie is ‘n voorbeeld van noodtoestand wat in leereenheid 4 behandel sal word). Regsnorme word toegepas om die 2de vraag te beantwoord. Aktiwiteit 1 1. Verduidelik hierdie stellings: 1.1 "Die vraag na onregmatigheid behels in beginsel ‘n tweeledige ondersoek." 1.2 “Onregmatigheid behoort objektief, ex post facto beoordeel te word.”

Page 15: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

15

3. HANDELING EN GEVOLG Bestudeer � Paragraaf 2 van hoofstuk 3. Hierdie paragraaf handel oor die eerste stap van

die tweeledige ondersoek na onregmatigheid. � Road Accident Fund v Mtati 2005 6 SA 215 (SCA). Die hoofpunte van hierdie paragraaf is die volgende: � In die deliktereg kan ‘n handeling slegs onregmatig wees met verwysing na ‘n

bepaalde gevolg. � ‘n Handeling en sy gevolg is altyd in tyd en ruimte geskei. � Die aanwending van bogenoemde beginsels in regspraak. Aktiwiteit 2 1. X jaag teen 120 km/uur in Bloemfontein se hoofstraat, maar veroorsaak geen

skade aan enige persoon nie. Het X onregmatig opgetree wat die deliktereg betref? Verduidelik kortliks.

2. Veronderstel dit was in Pinchen v Santam Insurance Co Ltd 1963 2 SA 254 (W) bewys dat die ongebore baba se breinskade feitelik deur die motorongeluk veroorsaak is. Sou dit dan nodig gewees het om die nasciturus-fiksie aan te wend ten einde ‘n deliksaksie aan die kind te verskaf? Verduidelik kortliks en verwys na onlangse regspraak.

4. DIE REGSOPVATTINGS VAN DIE GEMEENSKAP ( BONI MORES) AS DIE BASIESE TOETS VIR ONREGMATIGHEID Bestudeer paragraaf 3 van die handboek en voetnote 20, 24, 36-39, 42, 57 en 60. Hierdie paragraaf handel oor die tweede stap in die tweeledige ondersoek na onregmatigheid. Die hoofpunte van paragraaf 3 is: a) Die omskrywing van die boni mores-toets. b) Die afweeg van belange (par 3.1). Hierdie paragraaf is uiters belangrik, dit beskryf hoe die boni mores –toets werk. � ex post facto (na die gebeurtenis, ‘n terugkyk);

� AFWEEG VAN BELANGE; � Alle tersaaklike omstandighede word in ag geneem; � faktore wat die afweegproses beïnvloed; � oortuigings van ‘n spesifieke gemeenskap; � op ‘n gegewe tyd.

Page 16: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

16

c) ‘n Delikteregmaatstaf (par 3.2). d) ‘n Objektiewe maatstaf (par 3.3). Die rol van die beoordelaar en van

subjektiewe faktore. e) Praktiese toepassing van die boni mores-maatstaf (par 3.4). � Vae toets en selde nodig om direk toe te pas . Redes: 1. Belange-aantasting as aanduiding van onregmatigheid: (a) feitelike aantasting is prima facie onregmatig; (b) regtens ongeoorloof? ‘n Verdere ondersoek kan aantoon dat die belange aantasting geregverdig word. 2. Bestaande regsreëls en–leerstukke: presieser metodes het ontwikkel. � Die boni mores-toets as aanvullende kriterium (wanneer direk toegepas?) 1. Die handboek verklaar dat hierdie basiese toets selde direk toegepas word, maar moenie mislei word nie, selde in hierdie paragraaf beteken elke keer wanneer onregmatigheid in geskil is ! 2. Dit is hoofsaaklik op twee wyses van toepassing. (Sien handboek (a) en (b) en die voorbeelde gegee in par 3.4 van die handboek.) 3. Onthou die boni mores -toets word toegepas in geval van beide: 3.1 positiewe optrede (‘n commissio). (Normaalweg sal die vraag wees of ‘n subjektiewe reg geskend is), en 3.2 ‘n late (‘n omissio). (Die vraag sal wees of daar ‘n verbreking van ‘n regsplig was). Die onregmatigheid of die regmatigheid van die handeling blyk nie duidelik uit die feite nie - ‘n belange afweging moet dus gedoen word. Op die oog af lyk dit of die

skaal in hierdie posisie is:

Aktiwiteit: 3 1. Omskryf kortliks die basiese toets vir onregmatigheid. 2. Verduidelik hoe die boni mores- toets werk (par 3.1). 3. Noem die faktore wat die afweging van belange kan beïnvloed by die

bepaling van onregmatigheid. 4. Verduidelik wat die invloed van die Grondwet en die Handves van Regte op

die boni mores-kriterium is. Verwys ook na voorbeelde in regspraak. 5. Kan die Grondwet as die uitsluitlike beliggaming (aanduiding) van die

regsopvattings van die gemeenskap beskou word? 6. "Wanneer die boni mores-toets toegepas word, word ‘n deliktereg maatstaf

gebruik." Verduidelik kortliks. 7. Omskryf die rol van die beoordelaar by die toepassing van die boni mores –

maatstaf.

Page 17: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

17

8. Speel subjektiewe faktore ‘n rol by die vasstelling van onregmatigheid?

Verduidelik met verwysing na voorbeelde. 9. In watter gevalle sal ’n belange-aantasting prima facie onregmatig wees?

Noem en verduidelik ook hoe die toepassing van die boni mores-toets hierdeur geraak word.

10. In watter gevalle is ’n feitelike belange-aantasting nie prima facie onregmatig nie? Noem en verduidelik ook hoe onregmatigheid in so ’n geval bepaal word.

11. Is belange-aantasting wat prima facie onregmatig is noodwendig onregmatig? Verduidelik kortliks.

12. Waarom is dit selde nodig om die boni mores-toets direk toe te pas? Noem en verduidelik kortliks die redes hiervoor. (Sien aantekeninge en par 3.4.)

13. Wanneer sal die boni mores-toets direk toegepas word? Verduidelik en verwys na voorbeelde (par 3.4)

DEEL 2: ONREGMATIGHEID AS

SKENDING VAN ‘N SUBJEKTIEWE REG 1. LEERUITKOMSTE Na afhandeling van deel 2 behoort u in staat te wees om die belang van die leerstuk van subjektiewe regte in die vasstelling van onregmatigheid te verduidelik. 2. ONREGMATIGHEID AS SKENDING VAN ‘N SUBJEKTIEWE RE G Bestudeer Paragraaf 4 van die handboek en voetnote 89, 92 en lees voetnote 96 en 97. Universiteit van Pretoria v Tommie Meyer Films (Edm s) Bpk 1977 4 SA 376 (T) (Vonnisbundel). U is eintlik bekend met die inhoud van hierdie deel, in die eerste studiejaar het u reeds ‘n dieptestudie van die subjektiewe regte-leerstuk gedoen. Dit is egter noodsaaklik dat u u geheue hieromtrent verfris. Paragraaf 4.5 is veral belangrik en moet goed bestudeer word as aanvulling tot hierdie aantekeninge. In die vorige eenheid (par 3.4) het ons gesien dat die boni mores-toets selde direk toegepas word omdat presieser metodes ontwikkel het om die regopvattings van die gemeenskap vas te stel. Een van hierdie metodes is die aanname dat onregmatigheid teenwoordig is indien ‘n subjektiewe reg geskend is. In die praktyk word onregmatigheid die heel meeste volgens hierdie metode vasgestel. Meestal word dit stilswyend vasgestel en hierdie

Page 18: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

18

metode veroorsaak ook die minste probleme in die praktyk. Die rede: in hierdie gevalle is onregmatigheid nie IN GESKIL NIE! Normaalweg sal die geskil handel oor die vraag of die volgende element naamlik skuld teenwoordig is.

Met betrekking tot onregmatigheid is die skaal in hierdie posisie: Hierdie metode vir die vasstelling van onregmatigheid word gebruik wanneer daar ‘n duidelike skending van ‘n subjektiewe reg deur ‘n positiewe handeling is. Die tweeledige ondersoek moet steeds gedoen word. – bestudeer dit in par 4.5. Onthou in elke geval moet vasgestel word of onregmatigheid teenwoordig is of nie. In hierdie geval word dit net stilswyend gedoen – omdat onregmatigheid nie in geskil is nie, maar feit is onregmatigheid moet steeds vasgestel word. Aktiwitieit 1 1. Wat is die uitgangspunt van die leerstuk van subjektiewe regte met betrekking

tot onregmatigheid? 2. Is skending van ‘n subjektiewe reg die enigste manier om onregmatigheid vas

te stel? Verskaf regspraak as gesag vir u antwoord. (Sien voetnoot 89.) 3. Beskryf kortliks die tweërlei verhouding wat elke subjektiewe reg kenmerk. 4. Die subjek-objek verhouding gee aan die reghebbende sekere bevoegdhede

met betrekking tot sy objek. Noem hulle. 5. "Elke subjektiewe reg waarvan iemand die reghebbende is, het as teenkant ‘n

plig wat op iemand anders rus." Verduidelik hierdie stelling. 6. Noem die verskillende kategorië waarvolgens subjektiewe regte ingedeel

word en dui (met verwysing na ‘n voorbeeld in elke geval) die objek van elke kategorie aan.

7. Bespreek kortliks die belang van Universiteit van Pretoria v Tommie Meyer Films (Edms.) Bpk 1997 4 SA 376 (T) vir die vasstelling van onregmatigheid.

8. Verduidelik in watter gevalle onregmatigheid vasgestel sal word deur te vra of daar skending van ’n subjektiewe reg was.

9. Beskryf die tweeledige ondersoek om vas te stel of ‘n subjektiewe reg gekrenk is.

DEEL 3: ONREGMATIGHEID AS DIE

VERBREKING VAN ‘N REGSPLIG 1. LEERUITKOMSTE Na afhandeling van deel 3 behoort u in staat te wees om die volgende te kan doen: � verduidelik die verhouding tussen subjektiewe regte, regspligte en

onregmatigheid;

Page 19: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

19

� verduidelik die beginsels van toepassing wanneer vasgestel moet word of ‘n late onregmatig is of nie en pas dit op ‘n gegewe feitestel toe;

� noem en omskryf die uitgekristalliseerde faktore wat ‘n rol kan speel by die vasstelling van die onregmatigheid van ‘n late;

� verduidelik hoe onregmatigheid vasgestel word in geval van nie-nakoming van ‘n statutêre voorskrif.

2. ALGEMEEN Bestudeer � Paragraaf 5.1 van die handboek. � Telematrix (Pty) Ltd t/a Matrix Vehicle Tracking v Advertising Standards

Authority SA 2006 1 SA 461 (SCA). In die vorige deel (in par 3.4: bestaande regsreëls en -leerstukke) het ons gesien een van die metodes om onregmatigheid vas te stel is om te vra of daar ‘n skending van ‘n subjektiewe reg was en die ander metode is om te vra of daar ‘n nie-nakoming van ‘n regsplig was om positief op te tree . Deel 3 handel met laasgenoemde. Par 5.1 bevat ‘n verduideliking van die gevalle waar onregmatigheid vasgestel word met verwysing na die nie-nakoming van ‘n regsplig. Aktiwiteit 1 1. Verduidelik waarom dit soms doelmatiger is om onregmatigheid te bepaal aan

die hand van die vraag of ‘n regsplig nie nagekom is nie as om te vra of ‘n subjektiewe reg gekrenk is. Verwys na regspraak.

2. Is die bepaling van onregmatigheid, deur te verwys na die nie-nakoming van ‘n regsplig, ‘n nuwe toets? Verduidelik kortliks.

3. Verskeie beslissings beskryf die regsplig by onregmatigheid as “a legal duty not to act negligently”. Lewer kortliks kritiek hierop.

3. AANSPREEKLIKHEID WEENS ‘N LATE Hierdie is ‘n belangrike paragraaf met baie addisionele leeswerk (voorgeskrewe hofsake). Bestudeer Paragraaf 5.2 (insluitend subparagrawe 5.2.1 tot 5.2.9) van die handboek. Bestudeer voetnote 151-156, 160, 164, 168-173, 175, 177, 179, 195-197, 208 en 215. � Minister van Polisie v Ewels 1975 3 SA 102 (A). (Sien par 5.2.1 plus voetnote.) � Cape Town Municipality v Bakkerud 2000 3 SA 1049 (HHA). Hierdie saak is

belangrik, die HHA het riglyne met betrekking tot die aanspreeklikheid van munisipaliteite hierin neergelê. (par 5.2.1).

� Administrator, Transvaal v Van der Merwe 1994 4 SA 347 (A). (Sien par 5.2.2 en voetnote 168 tot 171.)

� Minister of Safety and Security v van Duivenboden 2002 6 SA 431 (SCA).

Page 20: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

20

� Minister of Safety and Security v Carmichele 2004 3 SA 305 (HHA) (relevant vir lates in die algemeen, sien par 5.2.8).

� Van Eeden v Minister of Safety and Security 2003 1 SA 389 (HHA). Hierdie deel is baie belangrik – in die regspraktyk is onregmatigheid dikwels in geskil in gevalle van ‘n late. Die rede is dat aanspreeklikheid op grond van ‘n late uitsonderlik is. Paragraaf 5.2 benadruk eerstens die algemene reël naamlik dat ‘n dader nie deliktueel onregmatig handel waar hy versuim om te verhoed dat ‘n ander skade ly nie. Tweedens word die manier waarop onregmatigheid in geval van ‘n late vasgestel word, bespreek. Gewoonlik sal die boni mores- toets – die afweging van belange – toegepas moet word, want onregmatigheid sal in geskil wees. Met die eerste oogopslag sal die

skaal in hierdie posisie wees. . Dieselfde boni mores-toets waarmee julle teen hierdie tyd (so!) bekend is, moet toegepas word. Die vraag is nou egter nie of ‘n subjektiewe reg geskend is nie, maar of daar ‘n regsplig op die verweerder gerus het en hy/sy dit nie nagekom het nie. (Hy/sy nagelaat het om positief op te tree om skade vir die eiser te voorkom.) Wanneer die onregmatigheid van ‘n late vasgestel moet word, is daar sewe sogenaamde uitgekristalliseerde faktore wat kan dui op die bestaan van ‘n regsplig om positief op te tree om nadeel aan ‘n ander te voorkom. Hierdie faktore word bespreek in par 5.2.1 tot 5.2.7. Onthou dat die faktore genoem in eenheid 1 van hierdie module (par 3.1) aanvullend gebruik word tot die uitgekristalliseerde faktore. Soms is daar geen uitgekristalliseerde faktore in ‘n feitestel nie, maar die late kan steeds onregmatig wees. Die samevatting in par 5.2.9 verduidelik die posisie waar slegs die faktore in par 3.1 gebruik word in die afweging van belange. Alles hang van die omstandighede van die geval af: Wanneer onregmatigheid in

dispuut is, lyk dit of die skaal in hierdie posisie is: Derhalwe moet ‘n belange-afweging geskied. In ‘n ander geval is een of meer van die uitgekristalliseerde faktore teenwoordig en onregmatigheid is dalk nie in geskil

nie. (Die skaal is in hierdie posisie: .) In die geval van ‘n late, is onregmatigheid gewoonlik in geskil en word eerstens die uitgekristalliseerde faktore (indien daar enige teenwooordig is) en ook die ander faktore genoem in par 3.1, sowel as die subjektiewe faktor: wete/subjektiewe kennis inag geneem tydens die belange-afwegingsproses. Sien die Bakekrud-; Van Eeden- en Carmichele –sake.

Page 21: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

21

Aktiwiteit 2 1. In Minister van Polisie v Ewels 1975 3 SA 590 (A) 596 is die volgende

verklaar: "As uitgangspunt word aanvaar dat daar in die algemeen geen regsplig op ‘n persoon rus om te verhinder dat iemand anders skade ly nie”. Bespreek hierdie stelling kortliks.

2. Noem sewe uitgekristalliseerde faktore wat aanduidend kan wees van ‘n regsplig om daadwerklik om te tree om skade aan ‘n ander te voorkom.

3. Omskryf die hooftrekke van die historiese ontwikkeling van die sogenaamde "prior conduct"-vereiste vir aanspreeklikheid in geval van ‘n late met verwysing na regspraak .

4. Bespreek die belang van Cape Town Municipality v Bakkerud 2000 3 SA 1049 (HHA) met betrekking tot die aanspreeklikheid van munisipalitieite op grond van ‘n late.

5. Bespreek kortliks die rol wat die volgende faktore in die vasstelling van deliktuele aanspreeklikheid op grond van ’n late speel. Verwys na voorbeelde en toepaslike regspraak.

(a) Beheer oor ‘n gevaarlike voorwerp. (b) Regsvoorskrifte. (c) ‘n Besondere verhouding tussen die partye. (d) Bekleding van ‘n bepaalde amp. (e) Kontraktuele onderneming vir die veiligheid van ‘n derde. (f) Verwekking van ‘n skyn dat ‘n ander beskerm sal word. 6. Die howe gebruik toenemend die wisselwerking van meerdere (grondwetlike

en gemeenregtelike) faktore om in ‘n gegewe geval te bevind dat daar ‘n regsplig om benadeling te voorkom, bestaan. Verduidelik hierdie wisselwerking aan die hand van ’n hofsaak met vermelding van die tersaaklike faktore.

7. Is grondwetlike imperatiewe onontbeerlik en/of deurslaggewend ten einde ‘n regsplig op die staat te plaas? Verduidelik kortliks met verwysing na voorbeelde uit hofsake.

8. X, ‘n kampioenswemmer stap langs ‘n rivier en sien ‘n kind wat besig is om daarin te verdrink. Hy versuim egter om die kind uit te haal. Weens sy versuim doen die kind ernstige breinskade op en word ‘n kwadrupleeg. Was daar ‘n regsplig op X om die kind te red? Bespreek en verwys na regspraak.

9. Die Provinsiale Administrasie beheer verskeie wildreservate in die provinsie. Aangesien dit ‘n natuurlike hulpbron is, word die publiek aangemoedig om die reservate te besoek. Kampeerterreine is langs die hengeloewers aangelê. Op die reservaat loop verskeie wildsoorte, ook gevaarlike diere soos buffels en renosters. Daar is geen heining wat die kampeerterrein by die hengeloewers van die res van die reservaat skei nie.

Een naweek kampeer Piet Pieterse (PP) en sy gesin langs die oewer. Laat die aand stap PP na die toiletblok en loop in ‘n bufffel vas, wat onmiddellik op hom afstorm. PP kom gelukkig met sy lewe daarvan af, maar word ernstig beseer. Hy eis sy mediese uitgawes van R300 000, asook vir pyn en lyding, van die Provinsiale Administrasie.

Gestel die Provinsie se versuim om ‘n heining op te rig, is ‘n late . Die enigste element in geskil is onregmatigheid .

(a) Hoe sal die feit dat hier ‘n late teenwoordig is die toets vir onregmatigheid beïnvloed? Verduidelik.

Page 22: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

22

(b) Toepassing : Identifiseer vyf "faktore" in die bovermelde feitestel wat moontlik op onregmatigheid kan dui, al dan nie. Motiveer elkeen se relefansie in die lig van die feite en verskaf ook stawende gesag by elk.

10. Bestudeer die voorgeskrewe regspraak in die vonnisbundel. 4. NIE-NAKOMING VAN ‘N STATUTÊRE VOORSKRIF Bestudeer paragraaf 5.3 van die handboek. Aktiwiteit 3 1. X, wat in die omgewing van ‘n mynkampong handel gedryf het, het ‘n interdik

aangevra teen Y wat dieselfde soort handel op kleimgrond by die ingang van die kampong gedryf het. X baseer sy aansoek onder meer op die feit dat dit statutêr verbode was om, soos Y gedoen het, op kleimgrond handel te dryf. Wat moet X volgens Mckerron bewys om aan te toon dat B se optrede onregmatig was?

5. ONREGMATIGHEID AS DIE REDELIKHEID OM DIE VERWEERDER AANSPREEKLIK TE STEL Lees paragraaf 6 van die handboek. ‘n Kort klasbespreking sal oor hierdie gedeelte gedoen word.

Page 23: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

23

LEEREENHEID 4: ONREGMATIGHEID:

REGVERDIGINGSGRONDE Die leereenheid oor regverdigingsgronde dek ongeveer die laaste helfte van hoofstuk 3 in die handboek. In die vorige leereenheid het u kennis gemaak met die verskillende metodes waarvolgens vasgestel word of onregmatigheid in ‘n gegewe feitestel teenwoordig is. Hierdie leereenheid handel ook oor onregmatigheid. Die verskillende regverdigingsgronde sal bestudeer word. Regverdigingsgronde is spesiale omstandighede wat aantoon dat oënskynlik onregmatige optrede (omdat feitelike belande-aantasting aanwesig is) in werklikheid regmatig is (omdat normskending ontbreek). Verfris jou geheue deur weer die inleiding van Leereenheid 3, deel 1 in die aantekeninge te lees. Indien ‘n regverdigingsgrond teenwoordig is, word o nregmatigheid uitgesluit en dus ook aanspreekliklheid. Leereenheid 4 bestaan uit: Deel 1: Inleiding. Noodweer. Deel 2: Noodtoestand. Deel 3: Provokasie. Deel 4: Toestemming. Deel 5: Statutêre bevoegdheid; amptelike bevoegdheid; uitvoering van ‘n amptelike bevel. Deel 6: Tugbevoegdheid. Deel 7: Misbruik van reg; oorlas en burereg.

Page 24: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

24

DEEL 1: INLEIDING; NOODWEER

AS REGVERDIGINGSGROND 1. LEERUITKOMSTE Na afhandeling van deel 1, behoort u die volgende te kan doen: � Verduidelik die begrip regverdigingsgrond met verwysing na ‘n voorbeeld; � Omskryf die verband tussen die boni mores- of redelikheidstoets en

regverdigingsgronde; � Definiëer noodweer en gee ‘n voorbeeld. � Noem en pas die vereistes vir noodweer op ‘n feitestel toe. 2. INLEIDING Bestudeer paragraaf 7.1 en voetnote 325 en 332 van die handboek. Aktiwitieit 1 1. Wat is ‘n regverdigingsgrond? Verduidelik kortliks met verwysing na ‘n voorbeeld. 2. Wat is die verband tussen die boni mores- (of redelikheidstoets) en regverdigingsgronde? 3. Op wie rus die onus om die teenwoordigheid van ‘n regverdigheidsgrond in die deliktereg aan te toon?

3. NOODWEER Bestudeer Paragraaf 7.2 en voetnote 333, 334, 361, 365, 368 en 398. Ex parte Die Minister van Justisie: In re S v van Wyk 1967 1 SA 488 A soos weergegee in voetnoot 398 en Vonnisbundel.

Aktiwiteit 2 1. Definiëer noodweer en gee ‘n voorbeeld. 2. Waarom sal dit verkeerd wees om die term “selfverdediging” as ‘n sinoniem

vir “noodweer” te gebruik? 3. Lewer kortliks kritiek op die wyse waarop noodweer in Mugwena v Minister of

Safety and Security 2006 4 SA 150 (HHA) beoordeel is. 4. Noem/bespreek die vereistes waaraan die aanval by noodweer moet voldoen

en ook twee oorwegings wat nie vereistes vir noodweer is nie. 5. Sal ‘n afweerhandeling teen ‘n aanval deur ‘n hond noodweer daarstel?

Verduidelik.

Page 25: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

25

6. B rig ‘n vuurwapen op A met die oënskynlike bedoeling om A te skiet, waarop A sy eie rewolwer te voorskyn haal en B verwond. Agterna blyk dit dat B net vir A wou skrikmaak en dat dit net ‘n waterpistool was wat hy op A gerig het. Het A in noodweer opgetree? Verduidelik. (Sien vn 361).

7. A dreig B dat hy eendag vir B gaan doodmaak. B oorweeg dit om vir A te gaan doodmaak.

8. 8.1 Sal B slaag met ‘n verweer van noodweer indien hy vir A gaan doodmaak?

8.2 Wat sal u advies aan B wees indien hy so gedreig word? (Sien p 93 en vn 365).

9. Noem/bespreek die vereistes waaraan die afweerhandeling by noodweer moet voldoen.

10. A kan sy belange beskerm deur te vlug. Hy besluit egter om nie te vlug nie, maar om homself te verdedig. Behoort hy te slaag met ‘n verweer van noodweer?

11. Is dit ‘n vereiste vir ‘n verweer van noodweer dat die bedreigde belang en die aangetaste belang eweredig moet wees? Bespreek.

12. Mag ‘n mens in noodweer sy besittings beskerm deur die aanvaller selfs te dood? Bespreek met verwysing na gesag. (Sien ook vn 398).

DEEL 2: NOODTOESTAND AS

REGVERDIGINGSGROND 1. LEERUITKOMSTE Na afhandeling van deel 2, behoort u die volgende te kan doen: � Definiëer noodtoestand en gee ‘n voorbeeld; � Onderskei tussen noodweer en noodtoestand; � Noem en pas die riglyne om die aanwesigheid van noodtoestand te bepaal op

‘n gegewe feitestel toe; � Onderskei tussen noodtoestand en onmoontlikheid. 2. NOODTOESTAND Bestudeer paragraaf 7.3 en voetnote 410, 423, 429, 430, 443 en 447. Aktiwiteit 1 1. Definiëer noodtoestand. 2. Lewer kortliks kritiek op die wyse waarop noodtoestand in Crown Chickens v

Rocklands Poultry & Rieck 2007 2 SA 118 (HHA) beoordeel is. 3. Onderskei tussen noodweer en noodtoestand. 4. Noem al die riglyne om die aanwesigheid van noodtoestand te bepaal. 5. X se kleuter sluk ‘n aantal pille in. X dink sy kind se lewe is in gevaar en jaag

Page 26: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

26

hospitaal toe. Op pad stamp hy Y se motor. Agterna blyk dit dat die pille skadeloos vir die kind was en op geen manier enige skade kon veroorsaak nie. Sal X suksesvol ‘n beroep op noodtoestand as ‘n verweer kan doen teen Y se eis om skadevergoeding, weens beskadiging van sy motor? (Sien riglyn (b) en voetnoot 423.)

6. Geld die beginsel van eweredigheid van belange by noodtoestand? (Sien riglyn (g) en vn 443.)

7. Mag ‘n persoon iemand anders se lewe neem ten einde sy eie te beskerm? Bespreek en verwys na regspraak.

8. Indien die dader die noodsituasie kan ontkom deur te vlug, is hy verplig om te vlug of sal hy geregtig wees om noodtoestand as ‘n verweer te gebruik indien hy besluit om nie te vlug nie en inbreuk op ‘n ander se belange maak?

9. “Die begrip onmoontlikheid kan by verskillende elemente van die delik …’n rol speel om aanspreeklikheid uit te sluit”. Verduidelik hierdie stelling en verwys na voorbeelde.

DEEL 3: PROVOKASIE AS

REGVERDIGINGSGROND 1. LEERUITKOMSTE Na afhandeling van deel 3, behoort u die volgende te kan doen: � Definiëer provokasie; � Verskaf ‘n mening oor die korrekte teoretiese grondslag van provokasie as

verweer; � Onderskei tussen noodweer en provokasie; � Noem en verduidelik die vereistes vir provokasie as verweer in geval van

onderskeidelik liggaamsaantasting, laster en belediging. 2. PROVOKASIE Bestudeer Paragraaf 7.4 en voetnote 461, 465, 466, 469, 473, 486. Winterbach v Masters 1989 1 SA 922 E in die Vonnisbundel. Bester v Calitz 1982 3 SA 864 (0) in die Vonnisbundel en vn 466. Daar is geen eenstemmigheid rakende die korrekte te oretiese grondslag van provokasie as verweer nie. Die drie standpunte is die volgende: 1. Provokasie moet as ‘n skulduitsluitingsgrond gesien word. Gesag vir hierdie

standpunt kan verkry word in vn 465, onder andere die saak van Winterbach v Masters en die outeurs Van der Merwe en Olivier. Volgens hierdie standpunt sal provokasie slegs ‘n verweer kan wees indien dit ernstig genoeg is om die

Page 27: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

27

dader se geestesvermoëns te beïnvloed. Dit beteken provokasie sal slegs in ag geneem word wanneer die dader “blind van woede” was, so kwaad dat hy/sy nie meer toerekeningsvatbaar was nie. Skuld word dus uitgesluit.

In die strafreg kan provokasie as volkome verweer slegs in hierdie

omstandighede suksesvol wees. 2. Provokasie dien bloot om die vergoedingsbedrag wat die eiser mag

verhaal te verminder (of selfs te kanselleer). Volgens Boberg is dit wat in die praktyk gebeur, maar hy bied geen teoretiese verklaring hiervoor nie. Alhoewel die praktiese posisie korrek weergegee word, is dit onbevredigend om nie ‘n teoretiese verklaring te gee nie en om die teorie en praktyk op hierdie wyse te skei.

3. Provokasie kan ‘n regverdigingsgrond daarstel en dus onregmatigheid

uitskakel. Hierdie standpunt word deur Neethling et al verkies en is nagevolg in die saak van Bester v Calitz (sien vn 466).

Volgens hierdie standpunt kan daar omstandighede wees waar weerwraak

redelik sal wees in die lig van die provokatiewe optrede. In par. 7.4.2 en 7.4.3 word die vereistes weergegee waaraan voldoen moet word om ‘n regverdigingsgrond daar te stel.

Aktiwiteit 1 1. Verduidelik die begrip provokasie deur na voorbeelde te verwys (sien vn 461). 2. Wat is die korrekte teoretiese grondslag van provokasie as ‘n verweer?

Bespreek. (Sien die aantekening hierbo omtrent die drie standpunte). 3. Verduidelik die verskil tussen provokasie en noodweer. Verwys na

voorbeelde uit die regspraak. (Sien p.107 en vn 469.) 4. X klap Y omdat Y vir X gevloek het. Kan X op provokasie as ‘n volkome

verweer staatmaak? Verduidelik. 5. X slaan Y met ‘n vuis in sy gesig omdat Y vir X met ‘n elmboog in die ribbes

gestamp het en een van sy ribbes gekraak het. Sal X se optrede voldoen aan die vereistes vir provokasie as ‘n volkome verweer? Bespreek.

6. Noem die vereistes vir provokasie as ‘n verweer by laster en belediging. 7. Verduidelik die beginsel van compensatio met verwysing na provokasie.

DEEL 4: TOESTEMMING AS

REGVERDIGINGSGROND 1. LEERUITKOMSTE Na afhandeling van deel 4, behoort u die volgende te kan doen:

Page 28: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

28

� Definiëer toestemming; � Verduidelik die spreuk volenti non fit iniuria; � Onderskei tussen die twee verskyningsvorme van toestemming met verwysing

na voorbeelde; � Verduidelik die terminologie wat gebruik word by toestemming en verwante

begrippe; � Noem die kenmerke en vereistes vir regsgeldige toestemming en pas dit op ‘n

gegewe feitestel toe; � Onderskei tussen toestemming en ‘n pactum de non petendo. 2. TOESTEMMING Bestudeer Paragraaf 7.5 en voetnote 502, 505, 511, 513, 514, 518, 523, 529, 530, 532, 536, 539. � Esterhuizen v Administrator, Transvaal 1957 3 SA 710 (T) soos bespreek in vn

529 van die handboek. � Castell v De Greeff 1994 4 SA 408 (C) soos bespreek in vn 530 van die

handboek. � Santam Insurance Co Ltd v Vorster 1973 4 SA 764 (A) soos bespreek in

voetnote 532 en 539 van die handboek. � Boshoff v Boshoff 1987 2 SA 694 (0) soos bespreek in vn 536 van die

handboek. Al hierdie sake, word in die Vonnisbundel (wat in die biblioteek beskikbaar is, sake 19, 20, 21 en 22) bespreek en kan geraadpleeeg word. Vir toets/eksamendoeleindes is die inligting in die voetnote voldoende. Hierdie regverdigingsgrond word met groot omsigtigheid toegepas - daar word nie maklik aanvaar dat iemand toegestem het om benadeel te word nie.

Page 29: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

29

Die volgende diagram onderskei tussen die verskillende begrippe en moet in samehang met paragraaf 7.5.1 en voetnoot 502 bestudeer word. 1. Violenti non fit iniuria. 2. Vrywillige aanvaarding van risiko. 3. Bydraende nalatigheid.

Aktiwiteit 1 1. Omskryf die twee verskyningsvorme van toestemming en gee ‘n voorbeeld

van elk. 2. Verduidelik die betekenis van die volgende begrippe en hul verband met

mekaar, asook die effek van elkeen as ‘n verweer (by wyse van ‘n diagram of andersins).

2.1 Volenti non fit iniuria. 2.2 Toestemming tot benadeling. 2.3 Toestemming tot die risiko van benadeling. 2.4 Vrywillige aanvaarding van die risiko. 2.5 Bydraende opset. 2.6 Bydraende nalatigheid. 3. Noem die kenmerke van toestemming as regverdigingsgrond. 4. Noem die vereistes van toestemming as regverdigingsgrond . 5. A, ‘n werknemer van B, oortree by die werk. B gee haar die keuse: of sy stem

toe tot ‘n pak slae of sy word ontslaan. Sy kies die eerste en B gee haar ‘n pak slae. Sy stel ‘n eis teen B in. Sal B suksesvol wees met ‘n beroep op toestemming as verweer? Bespreek kortliks. (Sien vn 523).

6. Die Provinsiale Administrasie beheer verskeie wildreservate in die provinsie. Aangesien dit ‘n natuurlike hulpbron is, word die publiek aangemoedig om die reservate te besoek. Kampeerterreine is langs die hengeloewers aangelê.

Toestemming tot benadeling:

� Onregmatigheid

uitgeskakel. � Volkome verweer.

Volenti non fit iniuria Vrywillige aanvaarding van risiko

Toestemming tot risiko van benadeling:

� Onregmatigheid uitgeskakel. � Volkome verweer.

Medewerkende opset:

� Skuld (nalatigheid van verweerder uitgekansel-leer).

� Volkome verweer.

Bydraende nalatigheid: � Eiser se eis verminder in verhouding met

die graad van sy bydraende nalatigheid (uitgedruk in persentasie).

� Nie volkome verweer nie.

Page 30: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

30

Op die reservaat loop verskeie wildsoorte, ook gevaarlike diere soos buffels en renosters. Daar is geen heining wat die kampeerterrein by die hengeloewers van die res van die reservaat skei nie. Een naweek kampeer Piet Pieterse (PP) en sy gesin langs die oewer. Laat die aand stap PP na die toiletblok en loop in ‘n buffel vas, wat onmiddellik op hom afstorm. PP kom met sy lewe daarvan af, maar word ernstig beseer. Hy eis sy mediese uitgawes van R300 000, asook vir pyn en lyding, van die Provinsiale Administrasie.

Gestel daar was ‘n kennisgewing by die ingang van die reservaat wat lui: “Wildediere is gevaarlik.” Op grond hiervan beroep die Provinsiale Administrasie homself op die verweer van toestemming tot die risiko van benadeling . Verwys na die vereistes vir so ‘n verweer en verduidelik of so ‘n verweer in hierdie feitestel behoort te slaag.

7. Bespreek en verduidelik die belang van die volgende hofsake vir die deliktereg:

7.1 Esterhuizen v Administrator, Transvaal 1957 3 SA 710 (T). 7.2 Castell v De Greeff 1994 4 SA 408 (C). 7.3 Santam Insurance Co. Ltd. v Vorster 1973 4 SA 764 (A). 7.4 Boshoff v Boshoff 1987 2 SA 694 (O). 8. Definiëer pactum de non petendo en onderskei tussen ‘n pactum en

toestemming tot benadeling. Verskaf regspraak.

DEEL 5: STATUTÊRE BEVOEGDHEID; AMPTELIKE BEVOEGDHEID;

UITVOERING VAN ‘N AMPTELIKE BEVEL EN TUGBEVOEGDHEID

1. LEERUITKOMSTE Na afhandeling van deel 5 behoort u die volgende te kan doen: � Verduidelik die beginsels van toepassing ten einde vas te stel of ‘n statuut

belange-aantasting veroorloof. � Verduidelik die beginsels onderliggend aan amptelike bevoegdheid as

regverdigingsgrond. � Verduidelik in welke omstandighede uitvoering van ‘n onregmatige bevel wel ‘n

verweer kan wees. � Bespreek kortliks tugbevoegdheid as ‘n regverdigingsgrond. 2. STATUTÊRE BEVOEGDHEID Bestudeer paragraaf 7.6 en voetnote 557, 560 en 561.

Page 31: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

31

Aktiwiteit 1 1. Noem die riglyne wat deur die howe toegepas word om te bepaal of die

wetgewer bedoel het om ‘n aantasting van belange te veroorloof. 2. Watter oorweginge word in ag geneem om te bepaal of die veroorloofde

handeling binne die grense van die magtiging geval het?

3. AMPTELIKE BEVOEGDHEID Bestudeer � Par. 7.7 en voetnote 568 en 570 in die handboek. � Telematrix (Pty) Ltd t/a Matrix Vehicle Tracking v Advertising Standards

Authority SA 2006 1 SA 461 (SCA). Aktiwiteit 2 1. Is daar ‘n noodsaak vir amptelike bevoegdheid as regverdigingsgrond? (Sien

vn 568 en Telematrix-saak.) 2. Wanneer sal ‘n regterlike amptenaar sy/haar amptelike bevoegdheid oorskry?

Verskaf regspraak. (Sien vn 570.) 4. UITVOERING VAN ‘N AMPTELIKE BEVEL Bestudeer paragraaf 7.8 en voetnoot 579 in die handboek.

Page 32: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

32

Die volgende diagram gee ‘n opsomming van hierdie regverdigingsgrond:

Aktiwiteit 3

1. Verduidelik of die uitvoering van ‘n onregmatige “amptelike” bevel ‘n regverdigingsgrond kan daarstel.

5. TUGBEVOEGDHEID

Bestudeer paragraaf 7.9 en voetnote 588, 590, en 602.

Aktiwiteit 4

1. A, die ouer van B, skryf ‘n brief aan C, die skoolhoof en verklaar dat A toestemming aan C verleen om lyfstraf aan sy seun B toe te dien. B is baie stout. Sal C regmatig optree indien hy vir B ‘n pakslae gee?

2. A, die ouer van B, skryf ‘n brief aan C, die skoolhoof en verklaar dat C nie vir B mag dwing om sy oortreding te erken en verskoning aan die skool te vra tydens saalbyeenkoms nie. C dwing B om dit te doen. A stel ‘n eis namens sy seun in op grond van inbreukmaking op sy reputasie en waardigheid. Kan C slaag met ‘n verweer dat hy regmatig opgetree het in die uitvoering van sy tugbevoegdheid of is C se tugbevoegdheid uitgesluit deur A se brief aan C?

3. Noem die faktore wat in aanmerking geneem word by die bepaling of die tug matig en redelik was.

Amptelike Bevel

Regmatig Onregmatig

Beroep op amptelike bevoegdheid as regverdigingsgrond

S v Banda Drie vereistes

a) b) c)

Nie absolute plig: Twee benaderings

Kompromie (vn 579) Onregmatig is altyd onregmatig

Gehoorsaamheid aan klaarblyklik onregmatige

bevele is onregmatig

Gehoorsaamheid aan nie klaarblyklik onregmatige

bevele is regmatig

(Oordeel van die redelike persoon)

Page 33: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

33

DEEL 6: MISBRUIK VAN REG

EN BUREREG; OORLAS 1. LEERUITKOMSTE Na afhandeling van deel 6, behoort u die volgende te kan doen: � Verduidelik die grondslag van die sogenaamde leerstuk van misbruik van reg. � Verduidelik waarom die begrip “misbruik van reg” bevraagteken kan word. � Verduidelik waarom verklaar kan word dat dit by die leerstuk van misbruik van

reg steeds handel oor die basiese vraag of onregmatigheid teenwoordig is. � Verduidelik die begingsels wat op die gebied van burereg en misbruik van reg

ontwikkel het en pas dit op ’n feitestel toe. � Bespreek toepaslike regspraak. � Verduidelik die begrip “oorlas”. 2. MISBRUIK VAN REG Bestudeer Paragraaf 8 en voetnote 606, 609, 619, 623, 629 en 631 van die handboek. Gien v Gien 1979 2 SA 1113 (T) soos bespreek in voetnoot 631.

Aktiwiteit 1 1. Wat is die grondslag van die sogenaamde leerstuk van misbruik van reg? 2. Waarom kan die begrip “misbruik van reg” op teoretiese gronde bevraagteken

word? Verduidelik kortliks. (Sien vn 606). 3. “Dit gaan by die leerstuk van misbruik van reg steeds om die basiese vraag of

die dader onregmatig opgetree het of nie.” Verduidelik. 4. Noem en verduidelik die basiese beginsels wat oorweeg moet word om vas te

stel of daar ‘n misbruik van reg in ‘n gegewe feitestel was. 5. Verduidelik die rol van ‘n onbehoorlike motief in die vasstelling van die

redelikheid van die dader se optrede by die sogenaamde leerstuk van misbruik van reg. Verwys na voorbeelde uit die regspraak.

6. Bespreek Gien v Gien 1979 2 SA 1113 (T). 3. OORLAS Bestudeer paragraaf 9. Aktiwiteit 2 1. Omskryf die begrip “oorlas” en gee ‘n paar voorbeelde uit die regspraak.

Page 34: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

34

LEEREENHEID 5: SKULD EN MEDE-

WERKENDE SKULD Hierdie leereenheid dek hoofstuk 4 van die handboek. Hoewel onregmatigheid waarskynlik die mees sentrale element van ‘n delik is, is skuld die element waarmee u die meeste in die praktyk te doen gaan kry. Dit is derhalwe noodsaaklik dat u elke aspek van hierdie hoofstuk ken en verstaan. Hierdie leereenheid bestaan uit:

DELIK Deel 1: Algemeen. Toerekeningsvatbaarheid. Opset. Deel 2: Nalatigheid. Deel 3: Medewerkende skuld.

Page 35: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

35

DEEL 1: ALGEMEEN; TOEREKENINGS-

VATBAARHEID; OPSET 1. LEERUITKOMSTE Na afhandeling van deel 1, behoort u die volgende te kan doen: � Onderskei tussen die twee verskyningsvorme van skuld; � Verduidelik waarom dit vir die deliktereg belangrik is om te onderskei tussen

opset en nalatigheid; � Definiëer toerekeningsvatbaarheid en verduidelik waarom dit as die grondslag

van skuld gesien kan word; � Noem en omskryf die faktore wat toerekeningsvatbaarheid beïnvloed; � Definiëer opset en identifiseer die twee elemente waaruit dit bestaan; � Onderskei tussen die verskillende vorme van opset en verduidelik elkeen deur

na ‘n voorbeeld te verwys; � Bepaal of opset (en welke vorm daarvan) in ‘n gegewe feitestel teenwoordig is; � Verduidelik die rol van dwaling in die vasstelling van opset se teenwoordigheid; � Onderskei tussen opset en motief; � Verduidelik of opset teenwoordig is indien die dader met betrekking tot die

kousale verloop van die gebeure dwaal. 2. ALGEMEEN Bestudeer Paragraaf 1 en voetnoot 6 in die handboek. Gouda Boerdery BK v Transnet 2005 5 SA 490 SCA. � Skuld is ‘n algemene vereiste vir deliktuele aanspreeklikheid. Daar is egter

enkele uitsonderings waar daar wel skuldlose aanspreeklikheid bestaan. Laasgenoemde word in die laaste hoofstuk van die handboek bespreek.

� Daar is uiteenlopende standpunte oor die ware aard van skuld. Met betrekking tot: • Opset: Ons volg die siening van De Wet en Swanepoel (voetnoot 2) dat

dit “die laakbare gesindheid is waarmee ‘n persoon handel” (subjektiewe toets );

• Nalatigheid: Ons volg die siening van Van der Merwe en Olivier (voetnoot 2) dat dit: “’n verwyt van regsweë is wat ‘n persoon tref” (objektiewe toets ).

� Skuld kan slegs teenwoordig wees as ‘n persoon onregmatig opgetree het; Derhalwe, word eers vasgestel of onregmatigheid teenwoordig i s en daarna of skuld teenwoordig is . (Sien voetnoot 6).

Page 36: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

36

� Waarom is dit nodig om te onderskei tussen opset en nalatigheid in die deliktereg?

Actio legis Aquiliae Nalatigheid is voldoende vir Aksie weens pyn en lyding aanspreeklikheid Actio iniuriarum Opset word oor die algemeen vereis (Sien diagram in leereenheid 1) Nalatigheid is die mindere skuldvorm en makliker om te bewys (objektiewe toets) as opset (subjektiewe toets). In praktyk, hoef die eiser slegs nalatigheid te bewys in geval van die eersgenoemde twee aksies. Slegs in geval waar met die actio iniuriarum ageer word vir persoonlikheidskrenking, word opset vereis. Opset speel daarom ‘n meer beperkte rol in die deliktereg en nalatigheid is die belangriker skuldvorm. In die strafreg is dit net andersom. Aktiwiteit 1 1. Onderskei tussen die twee verskyningsvorme van skuld. 2. Waarom is dit nodig om te onderskei tussen opset en nalatigheid in die

deliktereg? Verduidelik. 3. Wat word eerste bepaal: nalatigheid (skuld) of onregmatigheid? Verduidelik

en verwys na regspraak. (Sien voetnoot 6 en hofsake op leeslys). 3. TOEREKENINGSVATBAARHEID Bestudeer paragraaf 2 en voetnoot 10. Aantekening: Vir die strafreg het die Child Justice Act, Wet 75 van 2008 die gemeenregtelike posisie verander. ’n Kind wat ’n misdaad pleeg terwyl hy/sy onder die ouderdom van 10 jaar is, is nie krimineel toerekeningsvatbaar nie en kan nie vir die misdaad veroordeel word nie. ’n Weerlegbare vermoede van kriminele ontoerekeningsvatbaarheid geld vir ’n kind van 10 jaar of ouer, maar onder 14 jarige ouderdom. Hierdie Wet het nie die gemeenregtelike posisie – soos wat in Neethling et al uiteengesit word – verander ten opsigte van die deliktereg nie. Aktiwiteit 2 1. Definiëer toerekeningsvatbaarheid, en verduidelik waarom dit as die

grondslag van skuld gesien kan word. 2. Wanneer moes die verweerder toerekeningsvatbaar gewees het? 3. Noem en bespreek kortliks elke faktor wat toerekeningsvatbaatheid

beïnvloed.

Page 37: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

37

4. OPSET Bestudeer paragraaf 3 en voetnote 50 en 51. Aktiwiteit 3 1. Definiëer opset en dui ook die twee elemente daarvan aan. 2. Onderskei kortliks tussen die verskillende vorme van opset. 3. Onderskei tussen dolus eventualis, nalatigheid, en luxuria. 4. X plaas ‘n kragtige tydbom in ‘n besige winkel. Dit ontplof ‘n uur later en vyf

persone word beseer. Het X met opset ten aansien van die slagoffers se beserings gehandel? Verduidelik.

5. X neem Y se motor omdat hy verkeerdelik dink dat Y toestemming verleen het. Het X opsetlik opgetree?

6. “Daar is teenstrydige beslissings oor welke vorm van dwaling opset uitskakel.” Bespreek hierdie stelling kortliks.

7. Onderskei tussen motief en opset . 8. A veroorsaak skade aan B op ‘n ander wyse as wat hy hom dit voorgestel

het. Tree A met opset op?

DEEL 2: NALATIGHEID

1. LEERUITKOMSTE

Na afhandeling van deel 2, behoort u die volgende te kan doen:

� Gee die toets vir nalatigheid soos neergelê in Kruger v Coetzee 1966 2 SA 428 (A) verbatim;

� Omskryf en pas elke aspek van die toets vir nalatigheid op ‘n gegewe feitestel toe;

� Verduidelik verwante apekte: • of nalatigheid en opset kan oorvleuel, • die verskil tussen nalatigheid en ‘n late, • die sogenaamde “duty of care”-leerstuk, • bewys van nalatigheid en die spreuk res ipsa loquitur; en

� Onderskei volledig tussen die toets vir nalatigheid en die toets vir onregmatigheid.

2. NALATIGHEID

Bestudeer paragraaf 4 en voetnote 98, 99, 101, 105, 106, 108, 116, 120, 121, 122, 126, 136, 142, 143, 144, 145, 148, 149, 155 en 171. (Voordat jy verder gaan, merk nou eers hierdie voetnote in jou handboek.)

Page 38: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

38

Hofsake

Bestudeer die volgende:

Kruger v Coetzee 1966 2 SA 428 (A). Weber v Santam Versekeringsmaatskappy Bpk 1983 1 SA 381 (A). Durr v ABSA Bank 1997 3 SA 448 (HHA). Eskom Holdings Ltd v Hendricks 2005 5 SA 503 (HHA). Minister of Safety and Security v van Duivenboden 2002 6 SA 431 (HHA). Carmichele v Minister of Safety and Security 2001 4 SA 938 (CC). Gouda Boerdery BK v Transnet 2005 5 SA 490 (HHA) Minister of Safety and Security v Mohofe 2007 4 SA 215 (HHA). (nie in Vonnisbundel). Road Accident Fund v Grobler 2007 6 SA 230 (HHA). (nie in Vonnisbundel). Hawekwa Youth Camp and Another v Byrne 2010 6 SA 83 (SCA) (nie in Vonnisbundel). Transnet Ltd t/a Metrorail and Another v Witter 2008 6 SA 549 (HHA). (nie in Vonnisbundel). Checkers Supermarket v Lindsay 2009 4 SA 459 (HHA). (nie in Vonnisbundel). Holm v Sonland Ontwikkeling (Mpumalanga) (Edms) Bpk 2010 6 SA 342 (GNP) (nie in Vonnisbundel). Met verwysing na die eise van die praktyk, kan gesê word dat hierdie eenheid en die volgende eenheid (medewerkende skuld) waarskynlik die belangrikste gedeeltes oor die deliktereg bevat: hierdie aangeleenthede kom die meeste in die praktyk voor. Eerstens moet u ‘n geheelbeeld van die verskillende aspekte betrokke by die toets vir nalatigheid kry. Tweedens behandel ons elke aspek individueel. 3. REDELIKE PERSOON-TOETS Bestudeer paragraaf 4.1, die toets vir nalatigheid (soos neergelê in Kruger v Coetzee). Ken hierdie toets verbatim. Bestudeer Kruger v Coetzee in die Vonnisbudel. Wanneer daar vir nalatigheid in ‘n gegewe geval getoets word, word die volgende werkswyse voorgestel (dit hoef nie in dieselfde volgorde te wees nie, solank as wat daar met al die aspekte gehandel word): Eerstens gee u die toets soos neergelê in Kruger v Coetzee en handel dan met die vier aspekte daarvan: 1. Die diligens paterfamilias/redelike persoon (bespreek in paragraaf 4.5) 2. In die posisie van die verweerder (in paragraaf 4.7 nalatigheid word beoordeel vanuit die omstandighede) 3. Voorsienbaarheid van skade (paragraaf 4.6). 4. Voorkombaarheid van skade (ook paragraaf 4.6). Onthou daar is net een manier om vir nalatigheid te toets (anders as by onregmatigheid), en die redelike-persoon toets soos neergelê in Kruger v Coetzee word gebruik.

Page 39: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

39

Voordat ons by die toets kom, is daar eers drie voorafgaande aspekte waarna Neethling verwys: 4. - KAN NALATIGHEID EN OPSET GELYKTYDIG TEEN- WOORDIG WEES?

- GEWONE EN GROWWE NALATIGHEID EN - NALATIGHEID EN ‘N LATE

Bestudeer paragrawe 4.2, 4.3 en 4.4 Aktiwiteit 1 1. Kan nalatigheid en opset gelyktydig teenwoordig wees? 2. Is dit wat die deliktereg betref, van belang om tussen gewone en growwe

nalatigheid te onderskei? 3. Wanneer sal ‘n dader grof nalatig bevind word? Verwys na regspraak. 4. Onderskei tussen nalatigheid en ‘n late.

5. DIE TOETS: DIE REDELIKE PERSOON: EIENSKAPPE Bestudeer Paragraaf 4.5.1. Weber v Santam Versekeringsmaatskappy Bpk 1983 1 SA 381. Aktiwiteit 2 1. Is die redelike persoon-toets vir nalatigheid staties van aard? Motiveer

kortliks. 2. Bespreek die algemene kenmerke van die redelike persoon en verwys na

regspraak.

Redelike persoon-toets

1. Algemene kenmerke 2. Kind betrokke 3. Deskundige betrokke

Voorsienbaarheid Voorkombaarheid (vier faktore)

In die posisie van die verweerder (omringende omstandighede)

Abstrakte benardering

Konkrete benadering

Page 40: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

40

� KINDERS: Bestudeer Paragraaf 4.5.2 en voetnote 98, 99, 101, 105, 106 en 108. Weber v Santam Versekeringsmaatskappy Bpk 1983 1 SA 381. Eskom Holdings Ltd v Hendricks 2005 5 SA 503 SCA. Word die toets vir nalatigheid beïnvloed deur die feit dat die dader ‘n kind is? Hierdie vraag is net relevant by kinders van sewe jaar en ouer. ‘n Kind onder die ouderdom van sewe word onweerlegbaar vermoed ontoerekeningsvatbaar (culpae incapax) te wees. (Sien ook die aantekening met betrekking tot strafreg onder “Toerekeningsvatbaarheid”.) Nota: ‘n vergelyking tussen strafreg die deliktereg omtrent nalatigheid by kinders: Strafreg Die redelike kind-toets word toegepas. S v T 1986 2 SA 112 (O) (voetnoot 100). Redelike persoon Standaard Redelike kind Standaard Kritiek Toerekeningsvatbaarheid en nalatigheid word nie volkome uit mekaar gehou nie. Deliktereg (paragraaf 4.5.2) Voor 1965: die redelike-kind toets is toegepas. Na 1965: die redelike persoon-toets word toegepas, ook in geval van ‘n kind. Vier Appelhof-uitsprake bevestig die standpunt: 1. Jones v Santam Bpk: (sien teks en voetnote 98 en 99). (Die hof het egter foutiewelik eerste vir nalatigheid getoets en daarna vir toerekeningsvatbaarheid. Dit moet net andersom wees.) 2. Roxa v Mtshayi: die hof bevestig dat die redelike persoon-toets toegepas moet word. Die hof toets tereg eers vir toerekeningsvatbaarheid en daarna vir nalatigheid.

Standaard afwaarts aangepas

Page 41: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

41

3. Weber v Santam Versekeringsmaatskappy Bpk (NB: sien teks en voetnoot 105). Die hof sit ook die stappe wat gevolg behoort te word, uiteen:

1. Eerstens, toets vir toerekeningsvatbaarheid – SUBJEKTIEF . Neem die spesifieke situasie inag en ook al die relevante eienskappe van die spesifieke kind : intelligensie, ouderdom, agtergrond, opvoeding, vermoëns, impulsiwiteit, en onverantwoordelikheid, en dat daarteen gewaak moet word om nie “an old head on young shoulders” te plaas nie (voetnoot 105).

Indien die kind toerekeningsvatbaar bevind word, dan : 2. Toets vir nalatigheid – OBJEKTIEF - met die redelike persoon -toets, en

ignoreeer die feit dat ‘n kind betrokke is. 4. Eskom Holdings v Hendricks (sien teks en voetnoot 108). Kritiek 1. Volgens Neethling sal die redelike kind-toets meer aanvaarbaar wees (sien

handboek). 2. Die probleem met bydraende nalatigheid – sien voetnote 101 en 106. In die meeste gevalle waar die nalatigheid van ‘n kind ter sprake kom, het ‘n motoris ‘n kind raakgery. ‘n Eis word teen die bestuurder ingestel. Indien die bestuurder nalatig bevind word, opper hy/sy die verweer van bydraende nalatigheid aan die kant van die kind. Daar moet dan vasgestel word of die kind bydraend nalatig was en indien dit die geval is, word die skadebedrag wat geëis word, verminder ooreenkomstig die grade van nalatigheid van die betrokke partye (bestuurder en kind). Ons sal in deel 3 met bydraende skuld handel. Aktiwiteit 3 1. Hoe word die nalatigheid van ‘n kind vasgestel? Verskaf regspraak ter

ondersteuning van u antwoord. 2. Bespreek Eskom Holdings v Hendricks 2005 5 SA 503 SCA.

� DESKUNDIGES Bestudeer Paragraaf 4.5.3 en voetnoot 116. Sien voetnoot 110 vir voorbeelde. Durr v ABSA Bank 1997 3 SA 448 (SCA). Aktiwiteit 4 1. Hoe word die nalatigheid van ‘n deskundige bepaal? Verskaf regspraak ter

Page 42: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

42

ondersteuning van u antwoord. 2. Skryf kort verklarende aantekeninge oor die stelreël imperitia culpae

adnumeratur. 3. Bespreek Durr v ABSA Bank 1997 3 SA 448 (SCA).

6. NALATIGHEID, VOORSIENBAARHEID, EN VOORKOM- BAARHEID VAN SKADE Bestudeer Paragraaf 4.6, voetnote 120, 121, 122, 126, 136, 142, 143, 144, 145, 148 en 149. Minister of Safety and Security v Carmichele 2001 4 SA 938 (CC).. Eskom Holdings Ltd v Hendricks 2005 5 SA 503 SCA. Minister of Safety and Security v Mohofe 2007 4 SA 215 SCA. (nie in Vonnisbundel). Hawekwa Youth Camp and Another v Byrne 2010 6 SA 83 (SCA) (nie in Vonnisbundel). Transnet Ltd t/a Metrorail and Another v Witter 2008 6 SA 549 (HHA). (nie in Vonnisbundel). Checkers Supermarket v Lindsay 2009 4 SA 459 (HHA). (nie in Vonnisbundel). Holm v Sonland Ontwikkeling (Mpumalanga) (Edms) Bpk 2010 6 SA 342 (GNP) (nie in Vonnisbundel). Hierdie paragraaf handel oor die kern van die toets vir nalatigheid soos neergelê in Kruger v Coetzee, naamlik die voorsienbaarheid en voorkombaarheid van skade.

Let op dat nalatigheid aan die kant van die verweerder teenwoordig sal wees indien die redelike persoon in sy/haar posisie skade/nadeel sou voorsien het en stappe sou geneem het om die skade te voorkom en die verweerder het nie voorkomende stappe geneem nie. Daar mag gevalle wees waar die redelike persoon wel skade sou voorsien het, maar tog nie voorkomende stappe sou geneem het nie. Daar sal dan geen nalatigheid teenwoordig wees nie – beide voorsienbaarheid en voorkombaarheid moet teenwoordig wees.

Met betrekking tot (a) voorsienbaarheid is daar twee uiteenlopende sieninge:

1. Abstrakte benadering

• Was benadeling van andere in die algemeen redelikerwys voorsienbaar? • Is dader vir ‘n spesifieke gevolg aanspreeklik? Beantwoord met verwysing

na juridiese kousaliteit (en voetnote 120, 121, en 122).

2. Konkrete benadering (relatiewe)

• Dader is slegs nalatig met betrekking tot ‘n spesifieke gevolg as daardie spesifieke gevolg redelik voorsienbaar was (en voetnoot 126).

• Ondersteuners van hierdie benadering het (tradisioneel) verklaar dat juridiese kousaliteit onnodig is.

3. Neethling et al. se standpunt

Konkrete benadering met behoud van juridiese kousaliteit. Sien die handboek vir redes waarom die konkrete benadering gesteun word.

Moenie van (b) voorkombaarheid vergeet nie! Sien handboek.

Page 43: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

43

Aktiwiteit 5

1. Verduidelik kortliks die verskil tussen die abstrakte en konkrete benaderings met betrekking tot die toets vir nalatigheid.

2. Watter benadering behoort nagevolg te word – die abstrakte of die konkrete benadering? Bespreek.

3. Wat is die algemene en breë riglyn met betrekking tot die voorsienbaarheid van nadeel?

4. Bespreek die faktore wat normaalweg in aanmerking geneem word om te bepaal of die redelike persoon stappe sou geneem het om skade/nadeel te voorkom. Illustreer elke faktor deur te verwys na ‘n voorbeeld uit die regspraak.

5. Bespreek Eskom Holdings v Hendricks 2005 5 SA 503 (HHA). 6. Bespreek hoe die nalatigheidselement in die Carmichele-saak hanteer is. 7. Bespreek die volgende hofsake:

Minister of Safety and Security v Mohofe 2007 4 SA 215 SCA. (nie in Vonnis bundel).

Hawekwa Youth Camp and Another v Byrne 2010 6 SA 83 (SCA) (nie in Vonnisbundel). Transnet Ltd t/a Metrorail and Another v Witter 2008 6 SA 549 (HHA). (nie in Vonnisbundel). Checkers Supermarket v Lindsay 2009 4 SA 459 (HHA). (nie in Vonnisbundel). Holm v Sonland Ontwikkeling (Mpumalanga) (Edms) Bpk 2010 6 SA 342 (GNP) (nie in Vonnisbundel).

7. NALATIGHEID BEOORDEEL VANUIT DIE OMSTANDIGHEDE Bestudeer Paragraaf 4.7 en voetnote 155 en 171. Aktiwiteit 6 1. Nalatigheid moet beoordeel word vanuit die omstandighede Noem en

verduidelik kortliks die faktore wat in ag geneem behoort te word in hierdie beoordeling.

2. Is ‘n handeling in stryd met ‘n statutêre bepaling per se nalatig? Bespreek. 3. Kosie is ‘n tienjarige seun. Hy het ‘n goeie oordeel en presteer goed op

skool, waar hy veral belangstelling in algemene wetenskap (skeinat) toon. Kosie en sy vriende besoek Oom Niek (ON) en sy vrou, ‘n kinderlose egpaar

gereeld. Wanneer hulle ON besoek, kry hulle die geleentheid om in sy swembad te swem. ON bêre die chloor en soutsuur (wat hy gebruik om die swembad mee skoon te maak) onder die swembadpomp se afdakkie.

Kosie weet dat ‘n mens ‘n “bom” kan maak deur stukkies sink in ‘n bottel met soutsuur te gooi. Een Saterdagmiddag terwyl die volwassenes slaap, neem Kosie ON se soutsuur en maak ‘n “bom“. Terwyl hy met die prop van die bottel sukkel, ontplof die bottel in sy hande. Kosie is erg beseer.

Die bottel soutsuur het ‘n waarskuwing (in groot rooi letters) op die buitekant wat aandui dat soutsuur gevaarlik is en buite bereik van kinders gehou moet

Page 44: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

44

word. Kosie se vader stel ‘n eis vir mediese uitgawes teen ON in en namens Kosie

‘n eis vir inbreukmaking op sy persoonlikheid wat hy na bewering gely het. Beantwoord die volgende vrae: 3.1 Het ON nalatig opgetree? Dui volledig aan hoe u hiervoor sal toets. 3.2 Namens ON word ‘n verweer van bydraende nalatigheid geopper.

Verduidelik kortliks hoe Kosie se moontlike (bydraende) nalatigheid vasgestel sal word.

4. Bespreek: Road Accident Fund v Grobler 2007 6 SA 230 (HHA). (slegs meerderheidsuitspraak).

8. “DUTY OF CARE” Bestudeer � Paragraaf 4.8. Aktiwiteit 7 1. Verduidelik die inhoud van die sogenaamde “duty of care”- leerstuk en lewer

kritiek teen hierdie leerstuk. 9. BEWYS VAN NALATIGHEID Bestudeer paragraaf 4.9. Aktiwiteit 8 1. Op wie rus die onus om nalatigheid te bewys? 2. Verduidelik die betekenis en rol van die spreuk res ipsa loquitur.

10. RELEVANSIE VAN NALATIGHEID Lees paragraaf 4.10. 11. ONREGMATIGHEID EN NALATIGHEID Bestudeer paragraaf 4.11. Dit is baie belangrik om te let op die verskille tussen die toets vir onregmatigheid en die toets vir nalatigheid. Die verskille word in paragraaf 4.11 aangedui. ‘n verdere verskil wat met die handboek s’n saamhang, is die volgende: (f) Onregmatigheid is ‘n ex post facto toets. Dit behels ‘n terugkyk nadat die

gebeurtenis plaasgevind het en word dus ‘n diagnostiese toets genoem. Nalatigheid is ‘n voorsienbaarheidstoets: ‘n vooruitkyk, daar word gevra wat redelikerwys voorsienbaar sou gewees het. Dienooreenkomstig word dit ‘n prognostiese toets genoem.

Page 45: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

45

Aktiwiteit 9 1. Onderskei tussen die toets vir onregmatigheid en nalatigheid. Noem en

omskryf al die verskille. 2. Verduidelik die verskil tussen die toets vir onregmatigheid en die toets vir

nalatigheid in geval van ‘n late deur na toepaslike regspraak te verwys.

DEEL 3: MEDEWERKENDE SKULD

1. LEERUITKOMSTE Na afhandeling van deel 3, behoort u die volgende te kan doen: � verduidelik die verskil tussen skuld en bydraende skuld en die belang van

bydraende skuld; � Beskryf die gemeenregtelike posisie met betrekking tot bydraende skuld; � Verduidelik die inhoud en effek van art 1 van die Wet op Verdeling van

Skadevergoeding, 34 van 1956 , en pas die bepalings op ‘n gegewe feitestel toe;

� Verduidelik die verskillende betekenisse van “vrywillige aanvaarding van die risiko”;

� Verduidelik die vereistes vir bydraende opset met verwysing na regspraak; � Toon die verband tussen die leerstuk van vrywillige aanvaarding van die risiko

en die sogenaamde “rescue cases” aan en verwys na regspraak . Hierdie eenheid is baie belangrik vir die regsprakt yk – soos reeds vermeld in deel 2. 2. INLEIDING; DIE GEMEENREGTELIKE POSISIE EN DIE WE T OP VERDELING VAN SKADEVERGOEDING Bestudeer paragraaf 5.1, 5.2, en 5.3.1. Aktiwiteit 1 1. Verduidelik die verskil tussen skuld en bydraende skuld en toon die belang

van bydraende skuld vir die regspraktyk aan. 2. Omskryf die gemeenregtelike posisie rakende bydraende skuld. 3. Die Wet op Verdeling van Skadevergoeding, 34 van 1956 , het die

gemenereg verander en reël nou bydraende skuld in ons reg. Gee kortliks die inhoud van artikels 1(1)(a) en 1(1)(b), en dui die effek daarvan op die gemeenregtelike posisie aan.

Page 46: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

46

3. DIE WET OP DIE VERDELING VAN SKADEVERGOEDING Bestudeer paragraaf 5.3.2–5.3.12 van die handboek en voetnoot 264. � General Accident Versekeringsmaatskappy SA Bpk v Uijs 1993 4 SA 228 (A). Paragraaf 5.3.2 handel oor die betekenis van skuld. Die verskillende kombinasies van skuld en bydraende skuld soos weergegee in hierdie paragraaf sal waarskynlik makliker onthou kan word by wyse van die volgende diagram. U moet egter ook u handboek raadpleeg vir meer besonderhede in die verband.

EISER VERWEERDER 1. Bydraend nalatig

Artikel 1 van Wet 34/1956 vind toepassing; nie ‘n volkome verweer nie, maar eiser se skadebedrag sal verminder word.

Nalatig

2. Bydraend nalatig

Geen verweer vir verweerder (opset kanselleer nalatigheid uit volgens die gemeenregtelike reël).

Opset

3. Bydraende opset

Eiser het geen eis nie (opset kanselleer nalatigheid uit volgens die gemeenregtelike reël)

Nalatigheid

4. Bydraende opset

Volgens Minister van Wet en Orde v Ntsane, is daar twyfel of ‘n verweer van bydraende opset in terme van die wet geopper kan word. In Greater Johannesburg Transitional Metropolitan Council v ABSA, beslis die hof dat artikel 1(1)(a) van toepassing is indien daar opset aan beide kante is.

Opset

Page 47: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

47

Aktiwiteit 2 1. Noem die verskillende kombinasies van skuld en bydraende skuld en verskaf

ook kortliks die regsposisie in elke geval. 2. Jan nooi sy vriend, Piet, vir ‘n toetsvlug in sy nuutgerestoureerde Tiger Moth

vliegtuig. Piet, lief vir avontuur, neem die uitnodiging aan. In die lug besluit Jan om Piet die avontuur van sy lewe te gee deur ‘n paar toertjies met die vliegtuig te probeer doen. Jan se vliegkuns skiet egter tekort, die vliegtuigie se vlerk tref ‘n boom skrams, ploeg etlike meter oor die grond en kom – wonder bo wonder nog in een stuk tot stilstand. Jan doen geringe beserings op, maar Piet, wat uit die vliegtuigie geslinger is toe dit die grond tref, is ernstig beseer. Piet spreek vir Jan deliktueel aan en eis R150 000 vir die nadeel wat hy as gevolg van die voorval gelei het.

Jan opper twee verwere: 2.1 Jan se eerste verweer is dat hy nog nie sy vliegopleiding voltooi het nie

en dus nog nie al die kennis het nie. Kan so ‘n verweer slaag? 2.2 In die alternatief opper Jan die verweer van bydraende nalatigheid: a) Piet het homself nie vasgegespe soos Jan hom versoek het om te

doen nie. Namens Jan word aangevoer dat Piet nie uit die vliegtuig geslinger sou gewees het indien hy wel vasgegespe was nie en volgens getuienis sou sy nadeel dan slegs R100 000 bedra het. Lugvaartreëls vereis dat ‘n persoon vasgegespe moet wees. Kan so ‘n verweer slaag? Verskaf regspraak ter ondersteuning van u antwoord.

b) Gestel Jan se tweede verweer slaag en die hof bevind dat Piet 30% nalatig was. Is Jan outomaties 70% nalatig? Verduidelik deur na regspraak te verwys.

c) Gestel die hof bevind Jan dat 70% nalatig is (en Piet 30%). Bereken Piet se skadevergoeding.

3. Op wie rus die onus om bydraende nalatigheid te bewys? 4. Hoe word skadevergoeding tussen ’n bydraend nalatige eiser en mededaders

verdeel? Verduidelik die twee benaderings in die Suid-Afrikaanse reg. 5. Vind die Wet op Verdeling van Skadevergoeding toepasssing in geval van

kontrakbreuk? Verwys na ‘n voorbeeld uit die regspraak. 6. Waarom is dit noodsaaklik om vas te stel of die eiser se nalatige optrede voor

of na die skadestigtende gebeurtenis plaasgevind het?

Page 48: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

48

4. VRYWILLIGE AANVAARDING VAN RISIKO EN MEDE- WERKENDE SKULD (OPSET) Bestudeer paragraaf 5.4 en voetnoot 293. Dit is baie belangrik dat u die terminologie moet bemeester. U het reeds met hierdie begrippe kennis gemaak toe u toestemming as regverdigingsgrond in die vorige leereenheid bestudeer het. Aktiwiteit 3 1. Jan nooi sy vriend Piet vir ‘n toetsvlug in sy nuutgerestoureerde Tiger Moth

vliegtuig. Piet, lief vir avontuur, neem die uitnodiging aan. In die lug besluit Jan om Piet die avontuur van sy lewe te gee deur ‘n paar toertjies met die vliegtuig te probeer doen. Jan se vliegkuns skiet egter tekort, die vliegtuigie se vlerk tref ‘n boom skrams, ploeg etlike meter oor die grond en kom – wonder bo wonder nog in een stuk tot stilstand. Jan doen geringe beserings op, maar Piet, wat uit die vliegtuigie geslinger is toe dit die grond tref, is ernstig beseer. Piet spreek vir Jan deliktueel aan en eis R150 000 vir die nadeel wat hy as gevolg van die voorval gelei het. Jan opper die volgende verweer:

Vrywillige aanvaarding van die risiko: 1.1 Verduidelik die betekenis en effek van so ‘n verweer (of verwere). 1.2 Noem die vereistes van so ‘n verweer (of verwere), en verduidelik of dit

in hierdie omstandighede moontlik kan slaag. Verwys na relevante regspraak.

2. Onderskei tussen toestemming tot die risiko van benadeling, bydraend e opset en bydraende nalatigheid deur te verwys na die feite in:

2.1 Lampert v Hefer 1995 2 SA 507 (A), en 2.2 Netherlands Insurance Co of SA Ltd v Van der Vyver 1968 1 SA 412

(A). 3. Verduidelik die argumente ten gunste van die erkenning van medewerkende

opset as verweer. 4. X steek ‘n huis nalatig aan die brand. Y hardloop die brandende huis binne

om sy baadjie te red. Y word deur die vlamme beseer. 4.1 Sal X aanspreeklik wees vir Y se beserings? Verduidelik. 4.2 Sal u antwoord verskil van dié in 3.1 indien Y die brandende huis

binnegegaan het om ‘n baba te red? Verduidelik.

Page 49: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

49

LEEREENHEID 6: KOUSALITEIT

DELIK Hierdie leereenheid dek hoofstuk 5 van die handboek en handel oor die vierde element naamlik kousaliteit. ‘n Kousale verband tussen die handeling en die skade is ‘n vereiste vir ‘n delik. ‘n Persoon kan nie aanspreeklik wees as hy die skade nie veroorsaak het nie. Leereenheid 6 bestaan uit: Deel 1: Algemeen. Feitelike kousaliteit. Deel 2: Juridiese kousaliteit.

Page 50: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

50

DEEL 1: ALGEMEEN EN

FEITELIKE KOUSALITEIT 1. LEERUITKOMSTE Na afhandeling van deel 1, behoort u die volgende te kan doen: � Onderskei tussen die begrippe feitelike en juridiese kousaliteit; � Verduidelik die inhoud van die conditio sine qua non-teorie en illustreer die

werking daarvan deur dit op ‘n voorbeeld toe te pas. � Verduidelik die kritiek teen die conditio sine qua non-teorie; � Verduidelik of die conditio sino qua non-teorie ook toegepas kan word om

kousaliteit in geval van ’n late vas te stel. � Verduidelik die standpunt van Neethling et al oor wat die korrrekte metode is

om feitelike kousaliteit vas te stel. 2. ALGEMEEN Bestudeer paragraaf 1 van die handboek en voetnoot 3. Aktiwiteit 1 1. Onderskei tussen feitelike en juridiese kousaliteit.

3. FEITELIKE KOUSALITEIT Bestudeer Paragraaf 2 van die handboek. Aktiwiteit 2 1. Verduidelik die conditio sine qua non-teorie en illustreer die werking daarvan

deur dit op ‘n voorbeeld toe te pas. 2. Verduidelik die kritiek teen die conditio sine qua non-teorie. 3. Kan die conditio sine qua non-teorie in geval van ’n late toegepas word?

Verwys na toepaslike regspraak en gee ook Neethling et al se standpunt. 4. Moet die hipotetiese positiewe gedrag (by die toepassing van die conditio sine

qua non-teorie in geval van ‘n late) objektief of subjektief beoordeel word? Verduidelik kortliks.

5. Neethling et al verklaar dat “die howe gewoonlik ‘n feitelike kousale verband korrek bepaal.” Hoe bepaal die howe ‘n feitelike kousale verband?

6 Volgens Neethling et al is kennis en ervaring nodig vir die vasstelling van ‘n kousale verband. Verduidelik kortliks.

Page 51: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

51

DEEL 2: JURIDIESE KOUSALITEIT

1. LEERUITKOMSTE Na afhandeling van deel 2, behoort u die volgende te kan doen: � Beskryf die funksie en werking van juridiese kousaliteit; � Verduidelik waarom dit verkeerd sou wees om juridiese kousaliteit as die

enigste aanspreeklikheidsbegrensingsmaatstaf by ‘n onregmatige daad te beskryf.

� Noem en gee kortliks die inhoud van die bekendste juridiese kousaliteitsteorië. � Verskaf ‘n volledige omskrywing en verduideliking van die soepel benadering en

illustreer die werking daarvan deur na voorbeelde uit die regspraak te verwys. � Verduidelik die betekenis en funksie van ‘n novus actus interveniens en pas dit

op ‘n gegewe feitestel toe. � Verduidelik die betekenis van die sogenaamde eierskedelgevalle en hoe

aanspreeklikheid in hierdie gevalle vasgestel word. � Bespreek die voorgeskrewe regspraak. 2. JURIDIESE KOUSALITEIT Bestudeer paragraaf 3 en voetnote 82, 85, 87, 100, 130, 139, 155, 223, 232, en 237. Regspraak S v Mokgethi 1990 1 SA 32 (A). Smit v Abrahams 1994 SA 1 (A). Standard Chartered Bank of Canada v Nedperm Bank 1994 4 SA 747 (A). Minister of Safety and Security v Carmichele 2004 3 SA 305 (HHA). Paragraaf 3.2 moet baie goed bestudeer word – die h ele paragraaf. Die soepel benadering sowel as die verband tussen die soepel benadering en die ander teorië word in hierdie paragraaf verduidelik. Die hoofpunte van paragrawe 3.3 tot 3.6 wat u moet ken, is aangedui in die opsomming hieronder. U moet die handboek raadpleeg om die kern-aantekeninge beter te verstaan.

Page 52: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

52

Adekwate veroorsaking (paragraaf 3.3) � Omskrywing – die gevolg moet in “adekwate” verhouding tot die handeling

staan. � Dit is adekwaat indien die handeling volgens, menslike ervaring die algemene

neiging het om die gevolg te laat intree. � Van Duitse oorsprong (voetnoot 118). � Regspraak (voetnoot 119): R v Laubser; S v Daniëls. � Skrywers Joubert, Snyman (voetnoot 120). � Snyman: ‘n objektiewe prognostiese toets - ’n mens kyk vooruit vanaf die

oomblik van die handeling en vra jouself af of so ‘n soort gevolg te wagte was. ‘Direct consequences’ (paragraaf 3.4) � Omskrywing – verweerder is aanspreeklik vir al die direkte gevolge (direct

consequences) van sy nalatige optrede – dus nie beperk tot die voorsienbare gevolge nie.

� Die oorsaak en gevolg kan in ruimte en tyd geskei wees en nogtans ‘n direkte gevolg wees.

� Van Engelse oorsprong – Polemis–saak voetnoot 130. � Begrensing (p.207 en voetnoot 139) (baie wye aanspreeklikheid). � Verwerp in The Wagon Mound No. 1- saak (Engels). � SA regspraak: slegs aanvaar in Frenkel & Co v Cadle 1915 NPA 173 en

Fourway Haulage SA (Pty) Ltd v SA National Roads Agency Ltd 2009 2 SA 150 (HHA).

� Van der Walt en Midgley redeneer dat dié teorie in die sogenaamde eierskedelgevalle aanwending vind.

� Skrywer: McKerron. Skuld (paragraaf 3.5) � Omskrywing: Verweerder slegs aanspreeklik vir daardie gevolge ten opsigte

waarvan hy skuld gehad het. Sien voetnoot 155 (Boberg). Aanhangers van hierdie teorie verklaar dat juridiese kousaliteit as afsonderlike delikselement onnodig is. Dit sou in besonder geld wanneer die KONKRETE benadering vir nalatigheid toegepas word. (NB: sien leereenheid 5, deel 2.) Opset en nalatigheid kan NIE as juridiese kousaliteitskriteria gebruik word nie; daar is ‘n fundamentele verskil tussen juridiese kousaliteit en die twee vorme van skuld.

Page 53: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

53

� Opset: Van der Merwe en Olivier: ’n dader is aanspreeklik vir die gevolge wat by sy opset inbegrepe is: “intended consequences … can never be too remote”.

Dit kan egter gebeur dat die voorsiene gevolg presies so intree soos deur die dader beoog is en opset nie daarin slaag om aanspreeklikheid binne perke te hou nie. Sien die voorbeeld op p 210. Sien ook waar opset aanspreeklikheid uitsluit, waar dit nie moet nie: Brown v Hoffman op p 211.

Nalatigheid: p. 213: Abstrakte vs. konkrete benadering. p. 213: Onderskeid tussen die vraag na onregmatigheid en skuld aan die een kant en juridiese kousaliteit aan die ander kant, moet nie uit die oog verloor word net omdat laasgenoemde vraag meestal binne die raamwerk van eersgenoemde afgehandel word nie. By verwyderde gevolge staan dit reeds vas dat die dader verwytbaar is en is dit onlogies om weer te gaan vra of hy anders moes opgetree het; die vraag is nou net “vir welke van die verdere gevolge moet hy aanspreeklik gehou word?”. Dus: hou die begrippe apart p 214-215. � Skuldlose aanspreeklikheid:

Die onderskeid tussen skuld en juridiese kousaliteit word beklemtoon in gevalle van skuldlose aanspreeklikheid. Thandani-saak – bevestig juridiese kousaliteit as ‘n selfstandige delikselement .

Redelike voorsienbaarheid (paragraaf 3.6) � Speel nou ook ‘n ondergeskikte rol. � Inhoud onseker. � Omskrywing: Van Rensburg – die dader is normaalweg vir al die gevolge van sy

skuldige, onregmatige handeling aanspreeklik, buiten die gevolge wat besonder onwaarskynlik was.

� Die voorsienbaarheids - en voorkombaarheidstoets vir nalatigheid verskil van die voorsienbaarheidstoets vir juridiese kousaliteit.

Paragrawe 3.7 en 3.8 moet volledig in die handboek bestudeer word .

Page 54: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

54

Aktiwiteit 1 1. Omskryf die funksie en werking van juridiese kousaliteit. 2. Waarom sal dit verkeerd wees om juridiese kousaliteit as die enigste

aanspreeklikheidsbegrensingsmaatstaf by ‘n onregmatige daad te beskryf? 3. Verduidelik die soepel benadering volledig en illustreer die werking daarvan

deur te verwys na voorbeelde uit die regspraak. 4. Noem die bekendste teorië ter bepaling van juridiese kousaliteit. 5. Vergelyk die wyse waarop juridiese kousaliteit vasgestel is in die volgende

hofsake: Smit v Abrahams 1994 4 SA 1 (A), en Standard Chartered Bank of Canada v Nedperm Bank Ltd 1994 4 SA 747 (A). In u antwoord hoef u slegs na relevante feite te verwys. 6. Hoe is die vraag na kousaliteit in Minister of Safety and Sercurity v

Carmichele 2004 3 SA 305 (HHA) hanteer? 7. Skryf kort verklarende aantekeninge oor die volgende teorië: 7.1 Adekwate veroorsaking; 7.2 Direct consequences ; 7.3 Skuld-teorie; 7.4 Redelike voorsienbaarheid. 8. Verduidelik die betekenis en funksie van ‘n novus actus interveniens deur die

feite van Mafesa v Parity Versekeringsmaatskappy te gebruik (sien voetnoot 83).

9. A word ernstig in ‘n ongeluk beseer wat deur die nalatige optrede van B veroorsaak is. Mediese getuienis toon aan dat A aan ‘n skaars beensiekte ly en dat sy beserings baie erger as gevolg van die siekte is as wat normaalweg die geval sou gewees het. Sal B in beginsel vir hierdie nadeel van A aanspreeklik wees? Verduidelik kortliks.

U weet ten hierdie tyd dat die kousaliteitselement eintlik uit twee verskillende elemente bestaan: 1. Feitelike kousaliteit Het die dader se handeling die ter sake skadelike gevolg veroorsaak ?

VESTIG AANSPREEKLIKHEID 2. Juridiese kousaliteit Vir welke van die skadelike gevolge wat deur sy (onregmatige en skuldige) handeling veroorsaak is, moet die delikpleger aansp reeklik gehou word ?

BEPERK AANSPREEKLIKHEID Dit is die manier waarop u die verskil tussen feitelike en juridiese kousaliteit moet kan aantoon.

Page 55: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

55

LEEREENHEID 7: SKADE

DELIK Hierdie leereenheid dek hoofstuk 6 van die handboek. Skade is die vyfde en laaste element van die delik. Daar moet een of ander nadeel wees voordat daar ‘n delik kan wees. Die hoofvraag van ‘n eiser in ‘n deliksaksie is: “Hoeveel gaan ek kry?” Hierdie leereenheid is dus baie belangrik vir die toekomstige regspraktisyn. Die skade-element is wyd en ingewikkeld genoeg om ‘n vak op sy eie te wees! Hoofstuk 6 handel oor die basiese beginsels van skade en die bepaling van ‘n geskikte bedrag sakdevergoeding/genoegdoening.

Page 56: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

56

1. LEERUITKOMSTE Na afhandeling van hierdie leereenheid, behoort u die volgende te kan doen: � Omskryf die verskillende vorme van vergoeding; � Omskryf skade; � Verduidelik die omvang van die skadebegrip; � Verduidelik waaruit die vermoë in juridiese sin bestaan ; � Onderskei tussen die verskillende vorme van vermoënskade; � Verduidelik hoe die bestaan en omvang van vermoënskade bepaal word; � Noem die vorme van toekomstige vermoënskade en die vereistes waaraan

voldoen moet word vir die verhaal daarvan; � Verduidelik die “once and for all”-reël en die implikasies daarvan en pas dit op

‘n gegewe feitestel toe; � Noem die uitsonderings op die “once and for all”-reël; � Verduidelik die betekenis van “eisoorsaak”; � Skryf kort verklarende aantekeninge oor voordeeltoerekening; � Verskaf volledige inligting oor die positiewe reg met betrekking tot watter

voordele res inter alios acta is en watter nie; � Verduidelik die basiese beginsels rakende die mitigasieplig van die eiser; � Verduidelik die aard, doel en vorm van skadevergoeding; � Verduidelik die beginsels by die bepaling van die omvang van skadevergoeding

by vermoënskade; � Verduidelik of skadevergoeding vir verlies van inkomste of onderhoud wat uit

onregmatige bedrywighede verdien is, gedingsvatbaar is; � Verduidelik die beginsels met betrekking tot die bewyslas; � Noem die vorme van persoonlikheidsnadeel in verband met die fisies-psigiese

integriteit wat in die praktyk erken word; � Verduidelik die beginsels soos neergelê in regspraak, met betrekking tot die

bewustelose eiser se eis vir inbreukmaking op sy persoonlikheidsgoed; � Noem die vier aspekte relevant by die bepaling van die omvang van vergoeding

by inbreukmaking van die fisies-psigiese integriteit (nie-vermoënskade); � Skryf kort verklarende aantekeninge oor die verhaal van genoegdoening in

geval van ‘n iniuria. 2. DIE VERGOEDINGSFUNKSIE VAN DIE DELIKTEREG EN DIE BEGRIP SKADE Bestudeer paragrawe 2 en 3 (3.1 en 3.2) van die handboek. Lees paragrawe 3.3, 3.4, en 3.5. Aktiwiteit 1 1. Verduidelik die volgende begrippe: 1.1 Skadevergoeding; 1.2 Genoegdoening. 2. Omskryf skade. 3. Sluit skade beide vermoënskade en nie-vermoënskade in? Verduidelik.

Page 57: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

57

3. VERMOËNSKADE Bestudeer paragraaf 4 en voetnote 82, 85, 101, 123, 153, 163, 205, 241, 266, 275, en 279 in die handboek. Hofsake Bestudeer Rudman v Road Accident Fund 2003 2 SA 234 (HHA). Die nuutste regspraak oor res inter alias acta is: • Erasmus Ferreira & Ackermann v Francis 2010 2 SA 228 (HHA). • Makhuvela v Road Accident Fund 2010 1 SA 29 (GSJ) (U hoef nie hierdie sake te bestudeer nie!)

Aktiwiteit 2 1. Verduidelik waaruit die vermoë in juridiese sin bestaan. 2. Onderskei tussen die volgende: 2.1 Damnum emergens en lucrum cessans. 2.2 Saakskade en suiwer ekonomiese verlies. 2.3 direkte en gevolgskade. 2.4 Algemene en spesiale skade. 3. ‘n Vergelykingstoets word gebruik om skade te bepaal. Verduidelik die verskil

tussen die sommeskadeleer en die konkrete vergelykingsmetode en motiveer welke metode gevolg behoort te word.

4. Wat is die tydstip van skadebepaling? 5. Noem die verskillende vorme van toekomstige skade. 6. Watter vereistes moet nagekom word vir die verhaal van skadevergoeding vir

toekomstige skade? Verskaf ‘n voorbeeld. 7. Gee die formulering en die praktiese implikasies van die “once and for all”-

reël. 8. Noem die uitsonderings op die “once and for all”-reël. 9. Bestudeer die voorbeelde van eisoorsake en die “once and for all”-reël in

paragraaf 4.7.4 nog ‘n keer. Elke voorbeeld kan die basis van ‘n eksamenvraag vorm. Dit is ook die voorbeelde wat die meeste in die praktyk voorkom.

10. Skryf kort verklarende aantekeninge oor voordeeltoerekening en illustreer die problematiek hieromtrent met ‘n voorbeeld.

11. Noem die voordele wat die eiser ontvang wat res inter alios acta is (en wat nie in ag geneem word ter vermindering van die eiser se skadevergoeding nie).

12. Noem die voordele waar voordeeltoerekening wel sal plaasvind (waar die bedrag skadevergoeding verminder sal word weens die voordeel).

13. Is die volgende voordele res inter alios acta? Motiveer kortliks jou antwoord: a. Siekverlofvoordele en voordele uitbetaal deur ‘n mediese skema b. Versekerings- of pesioenvoordele wat aan afhanklikes uitbetaal word

weens die dood van hulle broodwinner (Sien (d) en voetnoot 163.) c. Die aanneming van ‘n kind (wat weens onderhoudsverlies na sy

broodwinner se dood eis). 14. Wat behels die mitigasieplig in die deliktereg? 15. As gevolg van Jan se nalatige bestuur, word Piet beseer en sy motor

Page 58: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

58

beskadig. 15.1 Hoeveel eisoorsake is daar in die bogenoemde feitestel? Verduidelik. 15.2 Verduidelik kortliks hoe die omvang van die skadevergoeding ten

opsigte van Piet se motor bepaal sal word. 16. Verduidelik waarom dit vir die eiser belangrik kan wees om te onderskei

tussen verlies van verdienste en verdienvermoë. 17. Verduidelik die beginsels rakende die bewyslas. 18. Bespreek Rudman v Road Accident Fund 2003 2 SA 234 (HHA).

4. NIE-VERMOËNSKADE Bestudeer Paragraaf 5. Collins v Administrator Cape 1995 4 SA 73 (K). Paragraaf 5.3 kan as volg opgesom word:

Algemene aard van nie-vermoënskade

Nadeel bestaan nie primêr in persoon se bewussyn nie. Voorbeeld: Laster: aansien daal Verkorte lewensverwagting (Persoon se gevoelens van sekondêre belang)

Derde kategorie

Objektiewe en subjektiewe elemente is meer in ewewig Byvoorbeeld: misvorming

Verlies van lewensgenietinge Paragraaf 5.6 kan as volg opgesom word: Persoonlikheidsnadeel in verband met fisies-psigiese belange.

OBJEKTIEWE ELEMENT (Uiterlike manifestasie van

versteuring)

SUBJEKTIEWE ELEMENT Nadeel bestaan in persoon se bewussyn (sy reaksie)

Fisiese krenking Pyn & lyding

Affektiewe krenking Ongelukkigheid

Verontregting, moedeloosheid, verbittering

Page 59: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

59

A. Watter vorme van persoonlikheidsnadeel in verband met die fisies-psigiese belange(integriteit) word in die praktyk erken?

Bestudeer paragraaf 5.6.1 (daar is vyf). B. Hierdie belange word in twee kategorieë ingedeel: 1. Subjektiewe “groep”: * Pyn en lyding. * senuskok. Persoonlikheidsnadeel bestaan slegs in die bewussyn waar dit ervaar word. 2. Objektiewe “groep”: * Ontsiering. * Verlies aan lewensgenietinge. * Verkorte lewensverwagting. Verlies kan objektief vasgestel word sonder om navraag oor die emosies van die benadeelde te doen. Die bewussyn van die benadeelde speel ‘n sekondêre rol. C. Teorieë in verband met die aard van ‘n fisies-psigiese nadeel: paragraaf 5.6.2 in die handboek. (Lees). D. Die persoon is bewusteloos. Kan hy vir inbreukmaking op sy persoonlikheids-

belange eis? (Paragraaf 5.6.3.) (Persoon is in ‘n permanente vegetatiewe toestand – “cabbage”-geval. Daar moet onderskei word tussen die sg “cabbage”- en “twilight”-gevalle. In laasgenoemde gevalle is ‘n mate van kommunikasie met die persoon soms moontlik).

1. Southern Ins Ass v Bailey 1984 1 98 (A) Die HHA staan ‘n soepel benadering voor. Die funksie en doel van die toegekende bedrag is een van die faktore wat in ag geneem moet word. 2. Gerke v Parity Ins. Co. 1966 3 SA 484 (W). Reyneke v Mutual & Federal Ins Co 1991 3 412 (W). * Engelse reg nagevolg (Wise v Kay ). * Streng funksionele benadering is verwerp. (Die persoonlike funksionele teorie beteken dat ’n nadeel net bestaan vir sover dit deur ’n geldbedrag gekompenseer kan word. Kompensasie word slegs toegeken as dit tot voordeel van die beseerde persoon self is.) Die howe het die volgende beginsels nagevolg: a) * Pyn en lyding. * Senuskok. Geen kompensasie. Nadeel bestaan slegs in die persoon se bewussyn en hy ervaar dit nie.

Page 60: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

60

b) * Misvorming. * Verlies aan lewensgenietinge. * Verkorte lewensverwagting. Kompensasie word toegeken: nadeel is objektief vasstelbaar, maar die kwantum sal minder wees omdat die nadeel nie ook subjektief ervaar word nie. 3. Collins v Administrator Cape 1994 4 SA 73 K � ‘n Streng funksionele benadering is gevolg. � Gerke- en Reyneke-sake is verwerp. � Geen kompensasie indien dit nie tot die voordeel van die beseerde persoon self

is nie. � Volgens die hof sal die toekenning van enige bedrag op ‘n tipe straf neerkom. 4. Volgens Neethling et al: � Die bestaan van ‘n persoonlikheidsnadeel moet nie met die kompenseer-

baarheid daarvan verwar word nie. � In die Suid-Afrikaanse reg het ons volgens sekere uitsprake ook objektiewe

genoegdoening, wat dui op ‘n simboliese herstel van die nadeel (soos in Duitsland en Australië).

� Bewusteloosheid behoort derhalwe slegs die kwantum te beïnvloed. � Boberg steun ook hierdie standpunt. Bestudeer paragraaf 5.7 in die handboek. Aktiwiteit 3 1. Noem die verskillende persoonlikheidsregte. 2. Met verwysing na die algemene aard van nie-vermoënskade

(persoonlikheidsnadeel) is daar objektiewe en subjektiewe elemente. Verduidelik.

3. Watter vorme van persoonlikheidsnadeel in verband met die fisies-psigiese belange (integriteit) word in die praktyk erken?

4. A is ernstig in ’n ongeluk beseer, wat veroorsaak is deur die nalatige optrede van B. A is bewusteloos en sal volgens geneeshere, nooit weer sy bewussyn herwin nie. ‘n Delikseis word namens A ingestel. Sal ‘n eis vir inbreukmaking op sy persoonlikheidsregte suksesvol wees? Verduidelik met verwysing na regspraak.

5. Noem en omskryf kortliks die vier aspekte relevant by die bepaling van die omvang van vergoeding by inbreukmaking van die fisies-psigiese integriteit (nie-vermoënskade).

6. Skryf kort verklarende aantekeninge oor die toekenning van genoegdoening in geval van ‘n iniuria.

Page 61: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

61

LEEREENHEID 8: REMEDIES OP

GROND VAN DELIK Hierdie leereenheid dek hoofstuk 7 van die handboek en handel oor die remedies op grond van delik. Gelukkig het julle alreeds met die drie belangrikste deliksaksies (ook bekend as die drie grondpilare van die deliktereg) in leereenheid 1 kennis gemaak. Ter verfrissing van jou geheue moet jy weer gaan kyk na die diagram in leereenheid 1 waarin daar onderskei word tussen die drie belangrikste deliksaksies. (Jy is in elk geval veronderstel om die diagram uit jou kop te ken en te verstaan!) 1. LEERUITKOMSTE Na afhandeling van hierdie leereenheid, behoort jy die volgende te kan doen: � Verduidelik die vereistes vir die toepassing van die drie belangrikste

deliksaksies; � Omskryf die toepassingsgebied en verskillende vorme van die amende

honorable-remedie; � Onderskei tussen die deliksaksies en ‘n interdik; � Verduidelik die verskillende vorme van ‘n interdik en die vereistes daarvoor; � Verduidelik die betekenis van “sameloop van remedies”; � Verduidelik die sameloop van die drie belangrikste deliksaksies en verskaf

voorbeelde uit die regspraak; � Verduidelik die sameloop van elk van die deliksaksies en die kontraksaksie; � Verduidelik die betekenis en rol van aanspreeklikheidsuitsluitingsbedinge; � Verskaf die regsposisie rakende die verjaring van ‘n deliktuele skuld. 2. ALGEMEEN EN INTERDIK Bestudeer paragrawe 1 en 2 van die handboek en voetnote 3, 18, 20 en 21. Aktiwiteit 1 1. Verduidelik die betekenis van “oordraagbaarheid” van deliksaksies. 2. Omskryf kortliks die toepassingsgebied en verskillende vorme van die

amende honorable-remedie. Verwys na toepaslike gesag. 3. Onderskei tussen die deliksaksies en ‘n interdik. 4. Verduidelik die verskillende vorme van ‘n interdik en die vereistes daarvoor.

Page 62: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

62

3. SAMELOOP VAN REMEDIES EN VERJARING Bestudeer Paragrawe 3 en 4. Lees voetnote 87 tot 97. Die nuutste regspraak oor troubreuk en die sameloop van die actio iniuriarum en die kontraksaksie is Van Jaarsveld v Bridges 2010 4 SA 558 (HHA). (U hoef nie die saak te bestudeer nie!) Aktiwiteit 2 1. Verduidelik die sameloop van die volgende remedies: 1.1 Actio legis Aquiliae en die actio iniuriarum. 1.2 Actio legis Aquiliae en die aksie weens pyn en lyding. 1.3 Actio iniuriarum en kontraksaksie. 1.4 Aksie weens pyn en lyding en die kontraksaksie. 1.5 Actio legis Aquiliae en die kontraksaksie. 2. Noem en verduidelik kortliks die faktore wat ‘n rol speel by die uitoefening van

die benadeelde se keuse of hy ex contractu of ex lege Aquilia wil ageer. 3. Wat is die betekenis en funksie van ‘n aanspreeklikheidsuitsluitingsbeding? 4. Skryf kort verklarende aantekeninge oor die verjaring van ‘n deliktuele skuld.

Soos reeds vermeld in leereenheid 1, is dit noodsaaklik om te weet wat die toepassingsveld van elk van die drie belangrikste deliksaksies is. Die interdik is ‘n spoedeisende remedie en daar kan dringend daarvoor aansoek gedoen word, selfs na-ure by ‘n regter in kamers. Dit is dus ook ‘n baie belangrike remedie in die regspraktyk.

Page 63: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

63

LEEREENHEID 9: MEDEDADERS

Hierdie leereenheid dek die kort, kompakte hoofstuk 8, maar moet asseblief nie hierdie paar bladsye onderskat nie! Elke woord is belangrik en van praktiese betekenis.

1. LEERUITKOMSTE Na afhandeling van hierdie module, behoort u die volgende te kan doen: � Definiëer mededaders. � Verduidelik die algemene beginsels rakende mededaders soos omskryf in

artikel 2 van die Wet op Verdeling van Skadevergoeding en pas dit op ‘n gegewe feitestel toe;

� Verduidelik die beginsels van toepassing waar een eggenoot nadeel ly deur die optrede van die ander eggenoot en ‘n derde in geval van: 1. ‘n huwelik in gemeenskap van goed.

2. ‘n huwelik buite gemeenskap van goed. � Verduidelik die beginsels waar nadeel gely word deur ‘n persoon (gewoonlik ‘n

afhanklike) as gevolg van die dood of besering van ‘n ander (die broodwinner) deur die optrede van die oorlede of beseerde (broodwinner) en ‘n derde.

2. ALGEMEEN EN BESONDERE GEVALLE Bestudeer hoofstuk 8, paragrapwe 1 en 2 en voetnote 4, 11, 12, 13 en 14 van die handboek.

In ABSA Brokers (Pty) Ltd v RMB Financial Services and Others 2009 6 SA 549 (HHA) is die belangrikheid van die artikel 2(2) kennisgewing weereens beklemtoon. (Sien bl. 281 en voetnote 12 en 13).

Aktiwiteit 1

1. Definiëer mededaders. 2. As gevolg van die nalatige optrede van beide Jan en Thabo, word Thabo en

sy vriendin, Susan, beseer. Thabo ly na bewering R100 000 nadeel en Susan R150 000. Beide Thabo en Susan stel eise teen Jan vir die nadeel wat hulle gely het, in. Adviseer Jan, en verduidelik die regsposisie aan hom met betrekking tot:

2.1 Thabo se eis van R100 000. 2.2 Susan se eis van R150 000. 2.3 Veronderstel die feite is soos bo uiteengesit, behalwe dat Thabo en

Susan nie vriende is nie, maar in gemeenskap van goedere getroud is. Verduidelik die regsposisie met betrekking tot Susan se eis van R150 000 volgens:

(a) die gemeenregtelike posisie, en (b) die huidige posisie.

Page 64: DELIKTEREG DEL 314 - Learning - Homelearning.ufs.ac.za/DEL314_OFF/Resources/RESOURCES/Study...Noem die verskille tussen ‘n delik en ‘n misdaad. 3. Kan dieselfde handeling beide

64

3. As gevolg van die nalatige optrede van beide Vuyo en Piet, word Piet gedood. Piet was met Bettie getroud. Bettie stel ‘n eis vir verlies aan onderhoud teen Vuyo in.

3.1 Wat sal die regsposisie wees volgens: (a) die gemenereg; (b) die Wysigingswet op die Verdeling van Skadevergoeding , 58 of 71 (die huidige posisie)? 3.2 Wat sal die regsposisie wees indien Piet nie gedood is in die bovermelde feitestel nie, maar slegs beseer is?