baanbreker administratiewe handleiding · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die...

166
BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING Wêreldkonferensie Jeugbedieninge Departement 2004 Hersiening

Upload: others

Post on 23-Aug-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

BAANBREKER

ADMINISTRATIEWE

HANDLEIDING

Wêreldkonferensie Jeugbedieninge Departement

2004 Hersiening

Page 2: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

2

Inhoud

Inleiding Filosofie 3 Doelstellings 4 Leierskap 5 Om die Baanbrekers en Personeel te Verstaan 8 Afdeling A – Baanbrekerklubstruktuur Organisasie Baanbrekergelofte, Wet en Embleem Betekenis van die Baanbrekerklubembleem Stappe in die Organisering van ʼn Baanbrekerklub Baanbrekerklubgrondwet Verkiesing van Ampsdraers en Personeel Pligte van Ampsdraers en Personeel Baanbreker Area/Distrikköordineerder Komiteelede Lidmaatskap Baanbrekerklubaansoek Goedkeuring Deur Ouers/Voogde Uniform Baanbreker Voortreflikheidstoekenning Merietestelsel – Filosofie van Merietestelsel Merietepunttoekenning Algemene regulasies Afwesighede, Traagheid en Terugbetalings Eenheidverslag Finansies Fondsinsamelingsbeleid Baanbreker Inkomste- en Uitgawejoernaal Voorbeeld van Baanbrekerklubbegroting Verslagdoening Afdeling B – Administrasie Bedryf van die Baanbrekerklub Dissipline Openbare Verhoudings Versekering

Page 3: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

3

Afdeling C – Programme Baanbrekerklasse Inskrywingsaand Spesiale Dienste en Seremonies Jaarprogram Beplanningsgids Bekledingsdiens Afdeling D – Aktiwiteite Sosiale Ontwikkeling – Filosofie van Sosiale Onderrig Ontspanning Stappe om ʼn Suksesvolle Handwerkprogram te Bou Natuuraktiwiteite Kampering Getuig Afdeling E – Konferensie Aanbiedinge Baanbrekerkermis Baanbrekersaamtrek Baanbrekerkamp Baanbrekerdag Ander Aanbiedinge wat deur Konferensie gereël word

Filosofie Die Sewendedag-Adventistekerk is daartoe verbind om jongmense te verstaan en die jeug vir leierskap en diens aan die mensdom op te lei. Die Baanbrekerklub is ʼn kerkgesentreerde geestelike-ontspannings-aktiwiteitsprogram wat ontwerp is vir jongmense van 10 tot 15 jaar oud. Baanbrekers vind aanklank by hierdie ouderdomsgroep omdat die program aktiwiteite aanbied wat in hulle behoeftes voorsien en hulle belangstellings bevredig. Baie van die Baanbrekerklubprogram is gebou rondom fisiese aksie. Dit is omdat jeug van 10 tot 15 jarige ouderdom in ʼn vinnig-groeiende fisiese stadium van ontwikkeling is. Dit is gevul met aksie, avontuur, uitdaging, groepaktiwiteite, en voorsien geleenthede vir die ontwikkeling van nuwe houdings en vaardighede wat persoonlike groei, span- of gemeenskaplike gees en ʼn gevoel van lojaliteit en respek vir God, Sy Skepping, en Sy kerk, skep. Terwyl die Baanbrekerklub hoofsaaklik vir jeug bestaan, is een van sy basiese doelstellings ook om ouers en kerklidmate byeen te bring deur aktiewe betrokkenheid by die klub en sy lede. Hier verdwyn die sogenaamde generasiegaping deurdat oud en jonk dieselfde ervaring van aanbidding, werk en speel deel. Betekenisvolle verhoudings word gevorm terwyl leiers en raadgewers saam met Baanbrekers werk om te deel, vertroue te bou, en dinge saam te doen.

Page 4: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

4

Die hele filosofie van Baanbrekers word gebou op die stelling dat “kinders die beste leer deur voorbeeld eerder as deur voorskrif.” Terwyl hulle sien hoe leiers en ouers geestelike en sosiale waardes uitbeeld, sal hulle ook die begeerte hê om hoë morele beginsels te handhaaf, liefdevolle houdings te ontwikkel en vasberade wees om in al hulle verskeie ondernemings te presteer. Jongmense leer die beste in ʼn positiewe, gelukkige en geborge atmosfeer. Die houding van die klubleiers is dus ʼn noodsaaklike bestanddeel om die sukses en doeltreffendheid van hierdie bediening aan die jeug te verseker. Om na te laat om na die behoeftes van die jongmense te luister en dit te verstaan, sal slegs hindernisse oprig vir ware geestelike groei en ontwikkeling en kan ʼn bydraende faktor wees om die kerk en sy sending vir die jeug onaantreklik te maak.

Doelstellings Hierdie filosofie is ʼn integrale deel van die klub. Die Baanbrekerklubleerplan van ses klasse en byna 250 Vakhonneurs vorm die kern van die program. Die volgende doelstellings kan bereik word terwyl die klubleiers daarna streef om dit te vervul.

1. Help die jongmense om te verstaan dat God en Sy kerk hulle liefhet, vir hulle omgee, en hulle waardeer. Wanneer Baanbrekers aanvaar en aangemoedig word, sal hulle begin om die liefde van God, wat deur die kerk en sy bediening openbaar word, te waardeer en ʼn behoefte voel om meer toegewyd en betrokke te wees by die kerk se program.

2. Moedig Baanbrekers aan om hulle eie Godgegewe potensiaal te ontdek en om hulle gawes en vermoëns te gebruik om aan God se verwagtinge vir hulle te voldoen en die deel te doen wat hulle kan vermag in die groot plan van verlossing.

3. Inspireer jongmense om persoonlike uitdrukking te gee aan hulle liefde vir God deur hulle in verskeie uitreikaktiwiteite saam te verenig.

4. Maak die hoofprioriteit van u klubprogam die persoonlike verlossing van elke Baanbreker. Die Baanbrekerouderdom is ʼn tyd wanneer baie besluite gemaak word wat die jeug se toekomstige verhoudings en sy of haar eie persoonlike ontwikkeling sal beïnvloed. Die beste tyd om God te ontdek en ʼn verhouding met Hom aan te knoop, blyk rondom 12-jarige ouderdom te wees.

5. Bou in ʼn Baanbreker se lewe ʼn gesonde waardering en liefde vir God se skepping deur buitemuurse aktiwiteite te geniet (kampering, natuuruitstappies, natuurvakhonneurs, ens.) Baanbrekers sal ʼn gevoel van verwondering en aanbidding ervaar terwyl hulle die prag, die majesteit en die skeppingskrag in die natuur waarneem en ontdek. Samesyn met God sal baie meer betekenisvol word.

6. Leer Baanbrekers spesifieke vaardighede en stokperdjies wat hulle lewens meer betekenisvol sal maak en hulle tyd met opbouende prestasies sal besig hou. Jongmense ervaar bevrediging en geluk terwyl hulle hulle hande gebruik om bruikbare artikels uit hout, plastiek, staal, klei, vilt en lyn te maak terwyl hulle ontdek hoe dinge werk.

Page 5: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

5

7. Moedig die Baanbrekers aan om fisies fiks te bly. Dit is ʼn belangrike manier om hulle te weerhou van ledigheid en verveeldheid. Leer kinders om vir hulle liggame te sorg en gewoontes aan te kweek wat vir hulle toekomstige geluk en bruikbaarheid sal voorsien (verwys 2T 536, 537; Opvoeding 195).

8. Gee geleentheid vir die ontwikkeling van leierskap deur klublede aan te moedig om saam te werk en te deel in leierskapverantwoordelikhede. Dit sal hulle leer om die lesse van gehoorsaamheid, dissipline, vindingrykheid, patriotisme en die verwerking van groepdinamieke te leer.

9. Streef na die harmonieuse ontwikkeling van die fisiese, sosiale, intellektuele en geestelike lewe van die Baanbreker. Die versterking van verstand en liggaam, die koestering van ʼn onselfsugtige gees, die aandag aan ontspannings- en kulturele aktiwiteite, sal stimulering voorsien vir persoonlike groei en dien as ʼn uitlaatklep vir daardie rustelose energie wat so dikwels ʼn vernietigende bron van gevaar vir die jong persoon is.

Leierskap Adventiste jeug verdien leierskap. “Hy wat met die Goddelike voorneme saamwerk om ʼn kennis van God aan die jeug oor te dra, en die karakter tot ooreenstemming met Syne te fatsoeneer, doen ʼn verhewe en edel werk. Na gelang hy ʼn begeerte wek om Gods ideaal te verwesenlik, bied hy ʼn opvoeding aan wat so hoog soos die hemel en so breed soos die heelal is.” Opvoeding bl. 19. Met so ʼn uitdaging voor ons moet ons ʼn paar basiese leierskapeienskappe ernstig oorweeg. ʼn Leier moet: 1. ʼn Christusgesentreerde lewe leef. Dit neem Christenleiers om Christen manne

en vroue te maak. Meer as dit, Baanbrekerleiers behoort manne en vroue te wees wie se lewens gekenmerk word deur Christusgesentreerde lewens. Hulle moet demonstreer dit wat hulle verwag dat die jeug moet word. Hierdie ondervinding sal bevestig word in die opgewekte uitvoering van alle pligte en ʼn gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde.

2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste geldige motief om in die Baanbrekerklub

te dien, is liefde vir die opgroeiende jeug. Hierdie liefde sal nie soveel in woorde uitgedruk word as in dade nie. Dit word maklik aan die hart van die Baanbreker oorgedra wanneer die volwassene sy tyd, energie en kameraadskap blymoedig met die vormende jeug deel. Dit word maklik deur die jeug verstaan deur die programme wat vir hulle beplan word en die geduldige begrip wat openbaar word wanneer hulle probleme in die gesig staar. Daar sal met hierdie liefde volgehou word, selfs wanneer die junior jeug onwaarderend is en skynbaar nalaat om die raad wat gegee word toe te pas.

3. Optimisties en entoesiasties wees. ʼn Lewendige en aangename

persoonlikheid is ʼn groot bate vir die Baanbrekerleier. Entoesiasme is aansteeklik, en seuns en dogters volg vinnig optimistiese leierskap. Die

Page 6: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

6

suksesvolle leier beklemtoon die positiewe en ondersteun die program ywerig en voer dit uit.

4. Meester van sy emosies wees. Die ware leier is in beheer van sy emosies. Sy

persoonlike buie toon ʼn balans. Dit kan vermag word deur selfdissipline, matigheid in alles, geloof en vertroue in God, en ʼn sin van verantwoordelikheid. Enige uitbarsting van humeurigheid, woede, of depressie sal die fatsoenlike beeld van die leier wat die seun en meisie behoort te hê, vernietig.

5. Die buitelug lewe geniet. Baie van die aktiwiteite van die Baanbrekerklub kan

in die buitelug voltooi word. ʼn Suksesvolle Baanbrekerleier sal die klubprogram organiseer om elke geleentheid te gebruik om klublede voor te stel aan nuwe ondervindings wat in die berge, valleie, strande, en langs die mere en strome gevind kan word. Beplande natuurontdekking, kampering, en staptoer ekspedisies sal nuwe en vars vaardighede aan die klub bring.

6. Die karaktertrekke van junior jeug verstaan. Die Baanbreker ouderdom het te

doen met pre-puberteit en vroeë puberteit kinders. Dit is belangrik dat ʼn suksesvolle leier die faktore en druk moet verstaan wat junior jeug ervaar en die karaktertrekke wat eie aan hierdie ouderdomgsgroep is. Hulle moet die eienskappe van leierskap onthou wat die meeste deur die jeug verlang word, wat beteken om geestelikheid, kundigheid, en persoonlikheid, te verstaan. Dit sal nuttig wees om boeke te lees, waarnemings te maak en te probeer om saam met aanvaarde heersende neigings te werk eerder as direk in opposisie daarmee.

7. Verskeie vaardighede bemeester. Elke vaardigheid wat deur ʼn leier bemeester

word, is ‘ʼn bykomende sleutel wat ʼn geslote hart mag ontsluit. Dit is van onskatbare waarde om veelsydig en afwisselend te wees in ervarings sodat ʼn persoon altyd iets nuuts het om vir sy groep aan te bied. Dit is wenslik dat die leier hom verder sal bekwaam as net die aktiwiteite waarin hy sy Baanbrekers lei. ʼn Leier bly altyd voor in die ontwikkeling van vaardighede. In elke Baanbreker Personeelopleidingskursus behoort ʼn leier in staat te wees om die vreugde van nuwe ervarings te ontdek.

8. Weet hoe om te organiseer. Enige leier wat presteer moet weet hoe om te

organiseer. Die organiseerder stel sy doel, evalueer dan al die faktore wat hom kan help om sy doel te bereik. Daarna lê hy sekere definitiewe stappe uit wat geneem moet word in die bereiking van sy taak. Hy delegeer dan verantwoordelikheid aan diegene wat bekwaam is, en gebruik soveel as moontlik persone en gunstige faktore wat tot sy beskikking is. Hy koördineer dan al hierdie bondgenote en moedig stap vir stap vooruitgang aan totdat hy die doelstellings bereik het. Dit is organisasie.

9. Behou aangename verhoudings met medewerkers. Die kwessie van

persoonlike verhoudings is van uiterste belang. Die geheim is broederlike liefde, om die ander persoon bo jouself te stel. Die raadgewer moet leer om aangename verhoudings met diegene te hê wat sy gelyke is en wat op dieselfde vlak dien. Hy moet in staat wees om bly te wees oor die sukses, bevordering, of eer wat sy mederaadgewers ontvang. Welke sukses of eer ookal aan hom toegeskryf word, moet met nederigheid en selfbeheersing aanvaar word. Die

Page 7: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

7

leier moet aangename verhoudings met sy meerderes hê. Dit maak nie saak waar ons vandag is nie, daar is altyd diegene wat ons meerdere is in verantwoordelikheid. Ons moet alles in ons vermoë doen om lojaal teenoor hulle te wees en om in harmonie met hulle saam te werk. Indien ons idees het wat verskil, moet ons die saak persoonlik met ons meerdere uitpraat in plaas daarvan om met ons mederaadgewers of Baanbrekers te praat. Wanneer ʼn leier homself in ʼn toesighoudende posisie bevind, behoort hy aangename verhoudings te hê met diegene wat onder hom is. Hy moet geen jaloesie of partydigheid toon nie. Sy pogings moet daarop gerig wees om elke leier onder sy toesig, te versterk. Hy behoort te onthou dat die sukses van elke ondergeskikte sy sukses is. Hy behoort ook te onthou dat hy verantwoordelik is vir die opleiding van diegene onder hom om sy plek in te neem.

10. Besit ‘n Imponerende persoonlikheid. In ʼn Baanbrekerklub behoort ʼn leier ʼn

imponerende persoonlikheid te besit. Dit beteken dat hy ʼn waardigheid moet hê wat dit vir die Baanbrekers maklik sal maak om hulleself te dissiplineer. Terselfdertyd behoort die leier ʼn warmte uit te straal wat vertroue bevorder en vriendskap skep. Dit is rampspoedig om vriendelikheid sonder fermheid te hê. Dit is heeltemal onvanpas om fermheid te hê sonder vriendelikheid. ʼn Baanbrekerleier behoort “liefde verpersoonlik met die fermheid van ʼn sersant” te wees.

11. ʼn Sin vir humor ontwikkel. Elke leier wat jeug hanteer, moet ʼn Tiener sin vir

humor hê. Daar is baie insidente wat neig om ʼn leier te irriteer of te ontstel. Die jeug is geneig om met sommige volwasse maniere die spot te dryf. ʼn Leier met ʼn sin vir humor sal dit gelate aanvaar. ʼn Koddige Wiking gedig sê:

“’n Gemiddelde wyse man sal nie te handig en slim wees nie. ʼn Hoogsgeleerde man se hart lui selde met vreugde.”

12. Kundig en kreatief wees. Dit is belangrik dat ʼn leier in staat sal wees om sy

doelstellings te bereik selfs te midde van hindernisse en probleme wat in die weg kom. Kundigheid sal hom in staat stel om planne te verander wanneer die meer gunstige weg versper word. Hy sal vinnig wees om waar te neem, logies in sy denke. ʼn Leier is ʼn man of vrou wat ʼn manier vind, of een maak en gewillig is om God toe te laat om Sy plan deur hulle uit te voer.

13. Samewerking verkry. As die leier van ʼn groep, sal u vind dat u sukses gaan

afhang, nie slegs van uself nie, maar van die samewerking van elke persoon wat saam met u werk. Indien hulle nie saamwerk nie, sal u niks bereik nie, ongeag hoe briljant u ookal mag wees. U probleem is dan om te leer hoe om hulle samewerking te verkry. Hoe kan dit gedoen word?

a. Wees vriendelik. b. Wees vrygewig met lof. c. Vra mense se raad. d. Laat mense belangrik voel. e. Moet nooit iemand in die verleentheid stel nie. f. Lei, moenie dryf nie. g. Leer om name te onthou.

Page 8: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

8

h. Kom jou beloftes na. i. Wees opgewek en optimisties. j. Moenie spog nie. k. Moenie ʼn besluit maak wanneer u emosioneel ontstel is nie. l. Hanteer enige seerkry onmiddellik. m. Kies vaardige helpers. n. Wees ʼn persoon van aksie. o. Wees gewillig om saam met andere te werk.

“Gesag sonder wysheid is soos ʼn swaar byl sonder ‘n kant: eerder geskik om seer te maak as om te poleer.” - Ann Bradstreet

Om die Baanbrekers en Personeel te Verstaan

VROEË KINDERJARE (1-6) Vroeë kinderjare is ʼn tyd van intense aktiwiteit. Ons is voortdurend verbaas oor die mate van energie wat die kind kan kry uit die voedsel wat hy eet. Hy leef in ‘n droomwêreld, en beman dit met vreemde en dikwels fantastiese skepsels. In opeenvolgende volgorde kan hy ʼn padda, ʼn perd, of selfs ʼn brandweerwa word. Hy is nog nie in staat om te onderskei tussen die werklikheid en die denkbeeldige nie, en glo waarlik dat die groot swart hond ʼn beer is. Die probleem om te onderskei tussen die onwerklike wêreld van fantasie en die werklike wêreld, gee aanleiding tot die sogenaamde leuens wat op hierdie ouderdom voorkom. Hy is nuuskierig en vra gedurig, “Waarom?” en “Vir Wat?” Hy is uiters nabootserig, en sal slegte woorde en maniere aanleer sonder om die betekenis daarvan te verstaan. Hy wil sy tyd deurbring met aktiewe speletjies eerder as om vermaak te word, geniet stories met rymelary, en dring daarop aan dat dit weer vertel moet word. Hy is uitermate goedgelowig en glo onvoorwaardelik in wat sy ouers en ander vriende wat vertrou word vir hom vertel.

MIDDEL KINDERJARE (7-9) Gedurende middel kinderjare is daar voortgesette intense aktiwiteit, maar dit is meer beheersd, en doelgerig. Hy is nog steeds nuuskierig en het baie vrae, wat direk beantwoord moet word, maar rede begin nou ontwikkel en hy maak afleidings van sy eie waarneming en denke. Ou dinge neem nuwe betekenisse aan, en sy wêreld vergroot daagliks. In plaas van fantasie, wil hy stories hê van wat kon gebeur het. Nou boots hy die dader na, eerder as die daad. Hy wil die ingenieur wees eerder as die masjien. Hy wil nou maats hê, eerder as om alleen te speel, maar is nog steeds indiwidualisties. Sy aandagspan mag baie kort wees wat gereeld ʼn ander aktiwiteit vereis.

PRE-PUBERTEIT (10-12) Die junior ouderdom is vol geraas en onophoudelike aktiwiteit, stadige groei, en ongekende gesondheid. Meisies neig om fisies, verstandelik en selfs

Page 9: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

9

ietwat emosioneel meer ontwikkeld te wees as seuns. Teen die ouderdom van 12 het hierdie gaping twee jaar bereik, maar daarna begin die seun bykom en is op gelyke vlak teen ongeveer 18-19 jaar oud. Daar is ʼn groepsneiging vir onafhanklikheid en selfhandhawing. Op skool leer die kinders vinnig, en het ʼn verbasende vermoë om dit wat hulle gehoor of studeer het, te onthou. Hulle het nou ʼn groot bewondering vir mense wat in staat is om “dinge te doen”, en floreer op stories van helde. Dit is gedurende hierdie periode dat kinders ʼn lewendige belangstelling het in godsdiens. Hulle vind dit natuurlik om hulle na Christus te wend en wy hulleself aan Hom en Sy manier van lewe toe.

Verstandelike Karaktertrekke: 1. Pre-puberteit is die goue jare van herinnering. Die verstand is soos was vir ontvanklikheid en

soos brons vir vashoudendheid. Die pre-adolessent leer vinnig en kan maklik memoriseer. 2. Die juniors op hierdie ouderdom is op en wakker, en baie ywerig om ondersoek in te stel en te

leer. Hulle hou daarvan om goed uitmekaar te haal en te sien hoe hulle gemaak is. Hulle hou daarvan om modelle te bou.

3. Hulle is lief vir stories en goeie boeke, en hou gewoonlik daarvan om te lees. 4. Hulle het ʼn ware belangstelling daarin om dinge bymekaar te maak. Sommige opvoeders reken

dat 90 persent van alle kinders van hierdie ouderdom een of ander iets bymekaarmaak. Hulle mag vier of vyf verskillende dinge gelyktydig bymekaarmaak. Hierdie is ʼn uitstekende tyd om vakhonneurs te bestudeer.

5. Hierdie is nie die ouderdom van spesialisering nie, maar die Baanbrekerklub behoort verskeie kanale van belangstelling te voorsien vir die klublede. Aangesien nuwe belangstellings vir hierdie ouderdom noodsaaklik is, is ʼn drie-maande program oor een handwerk of vakhonneurstudie voldoende.

6. Hulle aandagspan is nog steeds taamlik kort en hulle raak gou verveeld met programme met min

aktiwiteit.

Fisiese Karaktertrekke:

1. Hierdie is die gesondste periode van lewe. 2. Die liggaam en verstand is goed gebalanseer vir koördinasie. Speletjies, marsjering en

vaardigheid word maklik geleer. 3. Hierdie is ʼn rustelose periode wanneer ʼn kind nie kan “stil sit en soet wees nie.” Hy het ʼn

ongekende begeerte om sy longe te oefen, wat die konvensionele en ingeperktheid van ʼn kamer te klein maak vir sy onbeperkte en uitgelate aktiwiteite.

4. Iemand het gesê, “Dit lyk asof daar nooit enige aangename ontspanne middelweg in ʼn kind se

gedrag is nie. Hy hardloop altyd teen ʼn vinnige spoed of gaan doodstil staan – en beide veroorsaak vrees in die hart van ʼn ouer.”

Sosiale Karaktertrekke: 1. ʼn Baanbreker van die pre-puberteit ouderdom hou van geheime kodes en avontuur. 2. Hy leer spanwerk, maar behou ʼn onafhanklike gees.

Page 10: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

10

3. Swerflus is ʼn natuurlike neiging van hierdie ouderdom, nie ʼn morele pligsversuim nie. Dit is ʼn ouderdom van ondersoek instel, en verbeelding wat wilde diere nabootsings en tonele van wilde avonture uit vorige eeue sal voortbring.

4. Hierdie is ʼn ouderdom van groot heldeverering en groot goedgelowigheid. 5. Belangstelling in die teenoorgestelde geslag is minimaal. Seuns hou daarvan om op hulle eie te

wees, en meisies kies hulle eie “groepe”.

Geestelike Karaktertrekke: 1. Hierdie is ʼn ouderdom van intense belangstelling in geestelike dinge en in die werk van die kerk. 2. Hierdie is die klimaksouderdom vir doop (12). 3. Die Baanbreker van hierdie ouderdom hou van Deel Jou Geloof aktiwiteite en geniet die ontvang

van toekenningspeldjies, linte, ens. 4. Die kwaliteit van goedgelowigheid maak hierdie ʼn maklike ouderdom waarin godsdienstige en

morele instruksies gegee kan word.

VROEË PUBERTEIT (13-15) Daar is nou vinnige groei, wat dikwels ʼn ongemaklikheid meebring, as gevolg van swak koördinasie van verstand en liggaam. Dit veroorsaak ook verleentheid vir die jongmense, omdat sekere liggaamsdele, soos die neus, mond, en voete vinniger groei as die res van die liggaam, wat hulle “lelike eendjies” maak en onuitgesproke vrese meebring dat hulle altyd so sal bly. Die “bende” ouderdom bereik nou sy hoogtepunt en begin afneem, en word vervang deur ʼn belangstelling in seks, met bykomende skuheid, op hierdie stadium. Verstandelike ontwikkeling neem toe en veroorsaak dat die jong persoon krities sal wees eerder as goedgelowig soos in die verlede. Hy spandeer baie tyd aan dagdromery en dink aan wat hy gaan wees en wat hy later gaan doen. Hy is definitief onbaatsugtig en word uitgedaag om dinge in die wêreld te doen wat die moeite werd is. Godsdienstige belangstelling hou nog steeds aan en geestelike dinge raak ʼn saak van ondervinding, eerder as die aanvaarding van ʼn klomp feite.

Verstandelike Karaktertrekke: 1. Jeug is op en wakker, maar onderworpe aan periodes van dagdromery. 2. Jeug leer vinnig. 3. Jeug begin in spesiale areas belangstel.

Fisiese Karaktertrekke: 1. Die gesondheid is uitstekend, slegs ondergeskik aan die pre-adolessente periode. 2. Fisiese groei is baie vinnig, met ʼn gesonde eetlus wat met hierdie groei gepaardgaan. 3. Spierontwikkeling of koördinasie hou nie tred met beenstruktuur groei nie, en veroorsaak ʼn

neiging tot ongemaklikheid of lompheid. 4. Seksorgane ontwikkel, wat vinnige biologiese veranderinge meebring. Nuwe hormone wat

seksuele instinkte ontwikkel, beïnvloed gedrag. Rousseau het gesê: “Ons word tweekeer gebore, die eerste keer om te bestaan en die tweede keer om te lewe; die eerste keer ʼn lid van ʼn ras en die tweede keer as ‘n man of ‘n vrou.”

5. Meisies is gemiddeld langer as seuns teen 12 tot 13, effens langer op 14, minder op 15, en 5cm

korter teen 16.

Page 11: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

11

Sosiale Karaktertrekke: 1. Hierdie is ʼn ouderdom van lojaliteit aan “bendes”, met ʼn vrees om anders as die groep te wees.

Die Jeug soek die goedkeuring van die groep vir alle aktiwiteite. 2. Hy soek meer persoonlike vryheid met ʼn nuwe onderskeiding van die innerlike kwaliteite van

indiwidue. Weigle merk op: “Sy visie penetreer die uiterlike daad en vang die gees binne ʼn man. Hy begin om innerlike kwaliteite te onderskei en om die werklike waarde van waarheid, geloof, en selfopoffering te voel. Hy is vol ambisie en maak planne vir die toekoms.”

3. Daar is gereelde verandering van gemoedstemming. Eenkeer sal aksie plaasvind terwyl op ʼn

ander keer daar apatie sal wees. In die oggend kan die vroeë adolessent impulsief optree, terwyl hy in die namiddag teësinnig mag voorkom. Op een stadium is hy verbasend selfverwaand en op ʼn ander tydstip heel bedees.

4. Hierdie eienaardighede manifesteer hulleself op baie maniere:

a. Sterk voorkeure en afkeure van kosse; sekere geliefkoosde kosse in oormaat. b. Groot liefde vir atletiek, met ʼn neiging om te oordoen. c. ʼn Onbeholpe sin vir humor; meisies neig om te giggel.

5. Diegene in hierdie ouderdomsgroep het ʼn aantrekkingskrag vir die teenoorgestelde geslag.

Hierdie is ʼn gevaarlike ouderdom vir seksuele en sosiale versoekings, aangesien die jeug nie voorbereid is vir individuele verhoudings nie. Groepaktiwiteite behoort aangebied te word vir diegene van hierdie ouderdom. Sorgvuldige toesighouding MOET tydens alle Baanbreker uitstappies voorsien word, bv. Velduitstappies, kampe, ens.

Geestelike Karaktertrekke:

1. Die belangstelling in geestelike dinge neem ietwat af op hierdie ouderdom, maar die jeug word

beïnvloed deur die houdings van die groep saam met wie hy is. 2. Dertien is die ouderdom wanneer die tweede grootste groep jeug gedoop word. 3. Hierdie is die ouderdom wanneer die keuse van ʼn persoon se lewenswerk dikwels gemaak word.

Om hierdie jeug die belangrikheid te laat besef van hulle deel in die voltooiing van die werk van die evangelie, is dus duidelik.

4. Hierdie ouderdomsgroep is minder geneig om hulle gevoelens oor geestelike sake of oortuigings

te toon.

5. Daar is dikwels konflikte met die gewete. 6. Belangstelling in diensprojekte ontwikkel gedurende hierdie ouderdom.

MIDDEL PUBERTEIT (16-17) Groei vind steeds vinnig plaas en die jong persoon bereik dikwels sy volle lengte teen die einde van hierdie periode. Waar hy in die verlede deur ʼn periode van selfontdekking gegaan het, begin die jong persoon nou ʼn invididualiteit ontwikkel en word ʼn persoon in sy eie reg.

Verstandelike Karaktertrekke: 1. Hy is op ʼn ouderdom waar hy waarskynlik alles bevraagteken en bewyse wil hê voordat hy dit

aanvaar.

2. Hy het ʼn groot respek vir “geleerdheid” en is dikwels geneig om ʼn antwoord te aanvaar indien dit as die waarheid deur iemand met ‘n welbekende naam weergee word.

Page 12: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

12

3. Sy ideale begin nou vorm aanneem en hy beplan noukeurig hoe hy dit gaan bereik.

Fisiese Karaktertrekke: 1. Seksuele ontwikkeling, ʼn mag om mee rekening te hou.

2. Lengte en gewig is nou 85 persent van sy volwassenheid. 3. Spiere ontwikkel en hy hou van fisiese fiksheid programme.

Sosiale Karaktertrekke:

1. Hy hou van klieks en wil omring wees deur sy spesiale vriende. 2. Krities, dikwels onmenslik eerlik in sy uitdrukking van ‘n opinie oor andere. 3. Baie sensitief, en dikwels word hy gelei deur openbare opinie en wat sy sosiale groep dink die

regte ding is om te doen. 4. Geldmaak neem dikwels besit van jongmense van hierdie ouderdom en veroorsaak die

aanvaarding van advies om die skool te verlaat.

Geestelike Karaktertrekke:

1. Hy gaan óf vooruit, as ʼn erkenning van sosiale en geestelike waardes wat oorheersend word, óf

as gevolg van verkeerde maats, verloor hy belangstelling. 2. Wat nie gedoen was om hom ʼn grondslag te gee waarop hy sy denke kan baseer nie, word nou

moeilik om te doen. 3. Hy begin die proses om sy eie benadering tot godsdiens te bepaal. 4. Diensprojekte fokus op waaroor die lewe gaan.

Later Puberteit (18-24) Fisies is hierdie ʼn tyd van stadige groei; diegene wat stadig is om volwassenheid te bereik, haal nou die ander in. Die persoonlikheid verskyn en karakter word vasgelê. Die groepgevoel vind nou uitdrukking, nie in bendes of omskrywings nie, maar in klubs, broederskappe, skuilplekke en die kerk.

Welke twyfel daar ookal bestaan het oor godsdiens, is óf deurdink en ʼn bevredigende basis vir geloof

is gevind, óf daar is ʼn wegbreking van godsdiens as ʼn oorblyfsel van die verlede, met ontnugtering

wat in sinisme ontwikkel. Belangstelling in seks het uitdrukking gevind in liefde en die huwelik, en die totstandkoming van ‘n tuiste.

Volwasse Lewe Vroeë volwassenheid word gekenmerk deur goeie gesondheid en die genot van die lewe. Daar is die veeleisende taak van om ʼn gesin te versorg, die stryd vir sosiale aanvaarding, en die drang vir ekonomiese sekuriteit. Daar is die begeerte vir meer verantwoordelikheid met die vooruitsig vir kreatiewe arbeid, en die vreugde van groter prestasies. Baie word gedryf deur ambisie om mag te

verkry en oor hulle kollegas te heers. Die godsdienstige lewe, soos bepaal deur vorige opleiding, is óf

een van getrouheid en waardige diens óf een van belangeloosheid, met ʼn voorkeur vir persoonlike

ontspanning. Gedurende die middel volwasse jare is daar vele wie se gesondheid begin agteruitgaan. Daar is toenemende bekommernis en spanning, miskien as gevolg van groot verantwoordelikhede of uit vrees om ʼn werk te verloor. Baie volwassenes raak neerslagtig as gevolg van onvervulde hoop, en omdat daar besef word dat dit te laat is om enigiets daaraan te doen, word die aandag nie op self en

Page 13: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

13

sy lewe toegespits nie, maar liewer op die verwagting van wat hulle kinders kan bereik. Aan die ander kant begin sommige wat stadig was om volwasse te word, nou hulleself “vind”. Vir hulle lê sukses nie in die verlede nie, maar in die toekoms. Baie studies is gedoen wat die verskeidenheid van temperamente ontleed wat onder mense gevind word. Verskeie pogings is aangewend om hierdie in verstaanbare eenhede te katagoriseer. Een baie bekende poging is bekend as die Temperament Inventaristoets wat ʼn persoon in ʼn kombinasie van vier hoofde plaas: Choleries, Sanguinies, Flegmaties, en Melankolies. Enigeen wat verlang om ʼn leier te wees wat met ʼn groep volwasse vrywilligers werk, sal wys wees om een van hierdie tipe toetse te doen en om andere uit te nooi om dieselfde te doen ter wille van beter begrip van jou eie sterk punte en swakhede sowel as om te begryp waar andere in hulle werksverhoudings staan.

Begrip van die Emosies Alle mense soek na erkenning/aanvaarding, toegeneentheid, prestasie, nuwe ervarings, en sekuriteit. Die resultaat daarvan of dit gevind is of nie, word deur die emosies getoon. Ons is nou bekend daarmee waarom mense optree soos wat hulle doen, en kyk nou na die verskillende emosies en leer hoe hulle voel. Daar is baie emosies; maar slegs die belangrikstes sal bespreek word; want alle emosies is baie belangrik, omdat hulle die dryfkrag is wat keuses tot gevolg het, optredes laat geskied, en dienste voorsien. Dit is maklik genoeg om dinge te glo, maar slegs wanneer mense ernstig voel oor hulle oortuigings, word hulle gelei om iets daaraan te doen.

Haat Haat mag ontstaan weens afguns, jaloesie, hebsug, vooroordeel, vrees, onregte verduur, of ʼn gevoel van frustasie. Dit is ʼn boosaardige, driftige emosie, wat wil doodmaak, en dit sal doen tensy, deur vrees vir die gevolge, daarvan weerhou word.

Vrees Dit kan ontwikkel as gevolg van ʼn besorgheid oor ʼn persoon se veiligheid, of die welsyn van andere. Daar mag ʼn vrees wees vir verlies van gesondheid, geld, reputasie, siel of baie ander minder belangrike dinge. Dit kan ʼn goeie ding wees, op voorwaarde dat dit nie toegelaat word om ‘n kompleks te raak wat ʼn verlammende invloed op liggaam en verstand kan hê nie. Vrees vir die onbekende het altyd ʼn skrikwekkende invloed op mense. Onder die oningeligte neig dit tot bygelowigheid, en kan noodlottige gevolge hê. Onder die opgevoede het dit die neiging om aktiwiteit te vertraag of heeltemal te dwarsboom. ʼn Jongman met ʼn goeie persoonlikheid, wat gewoond was om die publiek op ʼn besigheidsmanier te ontmoet, het die leier van ʼn jong getroude persone se klas geword en het uitgegaan om besoeke te doen. Hy het niks hiervan gehou nie, en soos hy dit gestel het, “Die afstand vanaf die motor tot by die deur het soos ʼn kilometer gevoel.” Waarom? Dit was vrees vir die onbekende. Watter soort mense lewe agter daardie deur? Sou hulle vriendelik met hom wees of sou hulle sy besoek nie waardeer nie? Nadat hulle egter die deur oopgemaak en hom verwelkom het, was hy bly dat hy die onbekende aangedurf het.

Woede Dit is gewoonlik die gevolg van a.) frustrasie, soos om nie jou sin te kry nie, nie te kry wat jy wil hê nie, of die gebrek aan gehoorsaamheid aan jou opdragte; b.) geprikkeldheid, wat slegte gesondheid aanhelp; c.) ʼn poging om ʼn gevoel van minderwaardigheid, ergernis, of nederlaag, weg te steek; d.) geregverdigde verontwaardiging, wat voorspruit uit ʼn gevoel dat ʼn onreg aan hom/haar gedoen was. Om uiting te gee aan woede is nie ʼn aangename ding om te sien, of ʼn teken van krag nie. Salomo het gesê, ”Die lankmoedige is groot van verstand, maar die kortgebondene behaal sotheid” en “Die lankmoedige is beter as ʼn held; en hy wat sy gees beheers, as een wat ʼn stad inneem.” (Spr. 14:29; 16:32).

Blydskap Vreugde is ʼn kortstondige ondervinding wat kom en gaan saam met die gety van menslike ervaring, maar blydskap is ʼn blywende kwaliteit van die lewe. Jesus het blydskap gehad en het verlang dat Sy dissipels dit ook moes hê. “Dit het Ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan word.” (Johannes 15:11), en bid die Vader dat dit geval sal wees.

Page 14: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

14

Droefheid Hierdie mag kom as gevolg van ʼn gevoel van skaamte oor verkeerde dade, teenspoed wat jouself of andere oorgekom het, of die verlies van ʼn geliefde deur die dood. Christene het ʼn Trooster in die Heilige Gees, wat hulle help om die aanslae van die lewe te oorwin en versag hulle droefheid deur die hoop wat in Christus gevind word. Die goddelose bevind hulleself dikwels oorweldig, en swig onder die las wat hulle nie gewillig is om te dra nie.

Jaloesie Hierdie kan die produk van selfsug wees, wat maak dat ʼn persoon andere beny vir hulle talente of sukses. In die gesin spruit dit uit wantroue, gebrek aan geloof, of dwaasheid. Gepaardgaande hiermee is die vrees om iemand wat baie vir die jaloerse maat beteken het, te verloor. Jaloesie word gevoed deur suspisie, en maak ʼn persoon totaal ongelukkig. Dit kan baie maklik lei tot haat, en selfs moord.

Pret Hierdie spruit voort uit ʼn sin vir humor en om die lagwekkende kant van dinge te sien. Gelukkig is die groep wat so ʼn persoon teenwoordig het om die spanning te breek met ʼn tikkie gevatheid wat mense sal laat lag. Gelukkig is die persoon wat, te midde van die lewe se verwarring, in staat is om vir die huidige geamuseerd te voel, en weier om onderdruk te word deur bekommernis oor wat nie verhelp kan word nie. “Diegene wat indiwidualiteit verswak of vernietig, neem ʼn verantwoordelikheid op hulle wat net kwaad tot gevolg kan hê.” Opvoeding, bl. 288 Elke kind ontwikkel dinamies op sy eie kenmerkende manier. Indien ʼn leier enigiets wil bereik, moet hy elke kind se karaktertrekke ken, sy belangstellings, vermoëns, vriende, en ambisisies. Met sodanige kennis en begrip kan hy wondere verrig! Hy kan Marie verander van skaam bedeesdheid na leierskap in ʼn voorheen onontdekte vaardigheid, James verander van ʼn rebel tot ʼn helper, of Henry die leiding en stimulasie bied wat jare later van hom ʼn prominente persoon in sy gemeenskap sal maak, met dankbaarheid teenoor sy leiers. Een jong persoon het geskryf dat “kinders wil nie troeteldiere, besittings, laste, verantwoordelikhede wees nie, maar indiwidue.” Hy het voortgegaan om te sê dat kinders deur baie volwassenes slegs as kinders gesien word, en wat hulle sê, dink of doen nooit belangrik is nie. Hulle word gesien as jong kinders wat in ‘ʼn sandkas speel om onderbreek te word deur die gril van ʼn volwassene om slegs sy bril te gaan haal. In ooreenstemming met hierdie behoefte sal ʼn bekwame leier aktiwiteite vind waarvan een of meer by elke lid van die groep byval sal vind. Hy sal ʼn pad na elke kind baan en die klubkamer vul met klippe, groeiende dinge, wat ookal dit sal neem om vir elke indiwidu van sy groep te voorsien.

Sosiale Aanvaarding Sielkundiges is dit eens dat sosiale aanvaarding een van die kragtigste magte is waardeur persoonlikheid en gedrag bepaal word. Elke persoon hunker daarna om as ʼn gewone persoon beskou te word en deur sy portuurgroep aanvaar te word. Hy voel dat dit ʼn verskriklike ding is om ʼn sosiale mislukking te wees en baie min het die moed om dit te hanteer. Soms versoek ouers, onderwysers, en jeugleiers kinders om op ʼn manier aan te trek of te handel wat heelwaarskynlik die afkeur van hulle portuurgroep sal uitlok. Terwyl hulle baie graag die goedkeuring en kameraadskap van volwassenes wil hê, sal hulle dit selde aanvaar ten koste van die afkeur van hulle eie groep en sodoende sosiale mislukkings word. As gevolg hiervan is dit baie belangrik dat goedgekeurde gedrag van lede deur die hele groep aanvaar moet word.

Verlange na Nuwe ondervinding Hierdie strewe sluit nuuskierigheid in – ontdekking van nuwe dinge, belangstelling in die vreemde, die onlangse en die onbekende. Dit voed op verrassings, verandering, verandering, verandering!

Page 15: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

15

Kinders word gou moeg van ʼn vaste roetine – hulle kan dit slegs vir ʼn kort tydperk volg, aangesien die drang na nuwighede nie onderdruk kan word nie. In samewerking met hierdie kragtige begeerte sal die bekwame leier ʼn opwindende, altyd-veranderende, stimulerende program beplan.

Ontwikkeling van Gewoontes Op een of ander tyd was u al in ʼn groep waar iemand gesê het, “Ek kan net nie verstaan waarom Bill optree soos wat hy doen nie.” Dan het iemand anders geantwoord, “Dit is ʼn gewoonte; hy doen dit die hele tyd sonder om te dink.” Waar instinkte aangebore neigings is om op sekere maniere op te tree, word gewoontes aangeleer. Dit word gevorm deur herhaling totdat dit outomaties voorkom. Wanneer enigiets gesien, gehoor of gedink word (die aansporing), gaan ʼn senuweestroom oor die gevoelsenuwees na die brein, waar ʼn verbinding gemaak word met die bewegingsenuwees, en dit het ‘n spesifieke daad tot gevolg (die reaksie). Wanneer iets eers gedoen is, is die “weg” gebaan, waaroor soortgelyke senuweestrome kan gaan. Herhaling maak dit makliker om te doen. Dit is waar ongeag die tipes gewoontes. Goeie gewoontes word op dieselfe manier gevorm as slegte gewoontes, en indien dit eers gevestig is, is dit moeilik om te verbreek. Die waarskynlikheid van herhalende aksie hang af van ʼn paar faktore.

1. Dikwels. Elke aksie raak makliker om herhaal te word. 2. Onlangs. Indien dit daagliks gedoen word, is dit makliker om ʼn gewoonte te word as wanneer

dit slegs eenkeer per week gebeur. 3. Intensiteit. Gaan dit gepaard met emosie? Maak dit ʼn diep indruk? Indien wel, is dit makliker

om herhaal te word. 4. Bevrediging. Indien daarvan gehou word of dit geniet word, is dit makliker om herhaal te

word as die onaangename. Indien ʼn persoon elke dag ʼn gereelde tyd het om die Bybel te lees, sal dit spoedig ʼn gewoonte word. Die dag voel onvolmaak indien dit om een of ander rede nagelaat was. Indien die Bybel slegs eenkeer per week gelees word, laat die tyd wat verbygaan die “weg” koud word, en is dit moeilik om dit as ʼn gewoonte te vestig. Indien hierdie godsdiensperiode elke dag ernstig opgeneem word, sodat die indiwidu voel dat God spreek eerder as om net aan die onderwyser verslag te doen vir die klasrekord, sal die gevolglike indruk dit waarskynlik laat voortgaan. Laastens, indien dit iets is wat geniet word en waardevol geag word, word herhaling baie maklik. Byvoorbeeld, indien ʼn persoon verlang om uit te vind watter dinge reg is en watter verkeerd, wat die Bybel oor die huwelik en die huis leer, die resultate wat kom as gevolg van gebed, wat ʼn persoon moet doen om gered te word, of hoe die hemel is, sal hy met ywer die Bybel lees; waar hy egter verveeld sal raak as hy Exodus lees of dronkgeslaan word met die profetiese skrywes en besluit om op te hou lees. Om ʼn gewoonte te verbreek, is dit nodig om die proses om te draai. Dit kan nie onmiddellik deur slegs wilskrag heeltemal verbreek word nie. Daar moet langer periodes wees tussen die kere wat dit plaasvind, om sodoende toe te laat vir die verswakking van die verbinding tussen die gevoelsenuwees en die reaksie. Daar moet ʼn opregte begeerte wees om die swak gewoonte te verbreek. Wanneer foute gemaak word, moet berou getoon word wat lei tot bekering en belydenis om die verleentheid te verwyder eerder as om die bevrediging te geniet wat dit voorheen verskaf het. Sommige mense vind dit uitdagend om ʼn speletjie met hulleself te speel deur elke oorwinningsdag op die kalender aan te teken.

Beginsels van Karakterontwikkeling “Karakterbou is die belangrikste werk wat ooit aan die mense toevertrou is.” Opvoeding, bl. 225 “Karakter is die somtotaal van ʼn indiwidu se innerlike eienskappe soos deur sy optrede weerspieël ” -McKown. Indien hierdie eienskappe goddeloos is, sal ʼn ongewenste karakter die gevolg wees; indien dit goddelik is, word ʼn goddelike karakter gevorm. Die standaard – die Tien Gebooie – onveranderbaar. Hierdie eienskappe bepaal ʼn indiwidu se morele kode, of sy ideale. Elke ideaal

Page 16: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

16

moet sterk genoeg wees om hom daarvan te weerhou om dit te oortree. Byvoorbeeld, ons word gevrywaar van onreinheid deur die krag van ons ideaal. (Josef se ideaal plus sy afhanklikheid van God het hom daarvan weerhou om in ʼn onrein daad met Potifar se vrou betrokke te raak.)

Karakter word ontwikkel deur: Persoonlike Ondervindings Gebaseer Op Regte of Verkeerde Optrede. Hierdie sluit plaasvervangende ondervindings in waar die indiwidu homself identifiseer met ʼn karakter in ʼn verhaal of praatjie, en optree asof hy daardie karakter is. Sy ondervindings – persoonlik en plaasvervangend – sal nie karakterbou tot gevolg hê nie tensy ‘n standpunt ingeneem word, ‘n besluit gemaak word, oordeel of ʼn ander persoon reg of verkeerd gehandel het, of anders “betrokke” is nie. Wanneer ʼn indiwidu ʼn verhaalkarakter aan sedelike oordeel onderwerp, onderwerp hy homself outomaties. Karakterontwikkeling sal nie plaasvind tensy die ondervinding betrekking het op waardes nie – reg of verkeerd. Byvoorbeeld, om te besluit om bruin skoene eerder as swartes te dra, berus nie op waardes nie, maar om te kul in ʼn eksamen of speletjie, om oneerbiedig te wees in ʼn godsdienstige byeenkoms, en die waarheid in ʼn gesprek te verdoesel, is gebaseer op vrae van wat reg of verkeerd is en het ʼn uitwerking op die karakter. Elke ondervinding waar waardes betrokke is, het ʼn uitwerking op die karakter of die ondervinding nou groot of klein is, of dit belangrik of onbelangrik is. Daar is geen uitsonderings nie. Rip van Winkle het, wanneer hy versoek was om te drink, gewoonlik gesê “net hierdie een glas. Dit sal nie hierdie keer tel nie.” Dit was egter getel, net soos wat dit vir elke indiwidu gedoen sal word.

Die Oorreding van Indiwidue om die Regte Waarde van Karaktertrekke te Bepaal. Voordat ʼn persoon nie die waarde van ʼn karaktertrek besef nie, sal hy geen poging aanwend om dit aan te leer nie. ʼn Onderwyser het eendag gehoor hoe ʼn seun spog oor die manier waarop hy sy sakgeld ontvang. Hy het busgeld wat ‘n 12-jarige moet betaal van sy ouers ontvang, maar het vir die busbestuurder gesê dat hy 11 was, en sodoende kon hy elke oggend en aand die helfte van sy busgeld spaar. Hy het meer waarde aan die ekstra geld geheg as aan die eienskap van eerlikheid in geldsake. Die onderwyser het geweet dat totdat hy ʼn verandering van waardes ondergaan hy sou voortgaan om op hierdie wyse te leef. Wanneer ʼn persoon ʼn sterk verlange het om ʼn morele eienskap te besit, word dit een van sy ideale. Die indiwidu moet waarlik die eienskap waardeer. Die waarde wat deur onderwysers, ouers, en andere daarop geplaas word, is nie voldoende nie. Morele eienskappe is soos inspuitings in ʼn bottel, dit is van geen waarde nie totdat die persoon dit aanvaar en dit deel van homself maak. ʼn Morele kode bestaan uit ʼn groep idees wat persoonlik gekies is. Nie daardie wat deur volwassenes op hulle afgedwing word nie. Die leier se vernaamste taak in karakterbou is om die karaktereienskap op so ʼn manier aan te bied dat die indiwidu die waarde daarvan sal insien, dit sal aanvaar, en dit sal ontwikkel. Dit kan die beste gedoen word deur die gebruik van verhale, illustrasies en om maniere uit te dink om interne dissipline te versterk, eerder as deur lesings, kritiek, vermaning, of ander straf. Wys dat dit beter is om eerlik, rein, ens. te wees. Dit sal ʼn gelukkiger, meer bevredigende en suksesvolle lewe tot gevolg hê.

Die Keuse Van en Werk aan Een Spesifieke Karaktertrek op ʼn Keer.

Teregwysings wat daarop gemik is om algemene verlangde gedrag te verkry, is sonder merkbare resultate. “Wees soet,” “Beoefen die Goue Reël,” “Eerlikheid is die beste beginsel.” Eweneens is eienskappe soos “eerlikheid” en “lojaliteit” te onpersoonlik. ʼn Persoon kan eerlikheid in vele situasies en omstandighede toepas voordat hy kan aanspraak maak op die omvattende eienskap van eerlikheid (eerlik met geld, met tyd, met ander mense se reputasies, ens.).

Page 17: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

17

Nie alleen moet die eienskappe spesifiek wees nie, maar dit behoort gekies te word met inagneming van die ouderdom, vlak van ontwikkeling, en individuele behoeftes van die lede van die groep. Die beste tyd om ʼn eienskap in ʼn indiwidu te ontwikkel, is wanneer die eienskap vir hom eers betekenis het. Dit is die gulde geleentheid, en die kanse dat hy dit later sal ontwikkel, is inderdaad skraal! Die redes waarom indiwidue dinge doen, verskil grootliks. Byvoorbeeld, ʼn groep seuns het ʼn motor gesteel. Bob, onatleties – om krag en moed te bewys; Jim, ʼn aangename seun, maklik beïnvloedbaar – vir populariteit; Bill – ʼn grootprater – om sy ego te bevredig. Wat doen jy met ‘n seun wat steel? Daar is geen antwoord nie. Doen wat die individuele seun se behoeftes vereis.

Hou die Karaktertrek wat Ontwikkel Moet Word, die Hoogste in Gedagte. Ons kan dit doen deur die keuse van materiaal wat ons gebruik, en hoe hierdie materiaal hanteer word. Sommige verhale, Bybelgedeeltes, en preke bevat baie karaktertrekke, soos die verhaal van Josef, die verhaal van Moses, die Bergpredikasie, Die Saligsprekinge, ens. Beperk die verhaal, praatjie of preek oor die een karaktertrek wat op daardie tydstip ontwikkel word, en ignoreer, vir die huidige, die ander verlangde karaktertrekke in die verhaal of Bybelgedeelte. Onthou dat studies bewys het dat indiwidue se algemene Bybelkennis nie noodwendig hulle karakters beïnvloed nie, selfs nie eers gememoriseerde gedeeltes nie.

Herhaalde Ondervindings in Baie Verskillende Situasies Oor ʼn Lang Tydperk. Karaktertrekke word nie ontwikkel deur ʼn eenmalige metode nie, maar stap vir stap, oor ʼn lang tydperk, gebaseer op baie verskillende situasies. Dit is ʼn sewe-dag-week werk wat almal betrek wat verantwoordelik is vir die kind: ouers, onderwysers, Sabbatskoolonderwysers, jeugleiers, en Baanbrekerklub personeellede. Uiteindelik vorm die kind ʼn houding teenoor die karaktereienskap. Indien ons suksesvol was, ʼn gunstige houding. Die eienskap word dan in sy morele kode opgeneem, sy stel idees, sy karakter. Indien en wanneer dit gebeur, word die doel van die algehele program bereik, en almal is verheug – insluitende die engele in die hemel.

Page 18: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

18

BAANBREKERKLUBSTRUKTUUR AFDELING A

ORGANISASIE Die Baanbrekerklub is ʼn wêreldwye program wat deur die Jeugdepartement van die Wêreldkonferensie van die Sewendedag-Adventistekerk georganiseer en gelei word. Dit bied ʼn wye reeks van leerervarings vir jongmense tussen die ouderdom van 10 tot 15 jaar en word bedryf deur die plaaslike Sewendedag-Adventistekerk onder die leierskap en beheer van die plaaslike konferensie jeugdirekteur. Elke Baanbrekerklub word deur ʼn klubdirekteur, assistentdirekteure, raadgewers, instrukteurs, kapelaan, sekretaresse, en tesourier geadministreer. Die klub word in aparte eenhede verdeel, met eenhede van gemiddeld ses tot agt Baanbrekers, insluitende ʼn kaptein en sekretaris.

Vloeidiagram

Baanbrekerorganisasie Baanbrekerklublede Raadgewers & Instrukteurs Assistentdirekteure & ander ondersteunende personeel Klubdirekteur Plaaslike Kerkraad Areakoördineerders Plaaslike Konferensie Baanbrekerdirekteur Unie Baanbrekerdirekteur Divisie Baanbrekerdirekteur Wêreldkonferensie Baanbrekerdirekteur Die Baanbrekerklub het ʼn vlag met die Baanbrekerklubembleen daarop. Die vlag word tydens plaaslike en konferensie Baanbrekerprogramme en aktiwiteite gehys. Daar is ʼn spesiaal ontwerpte volledige gala-uniform en ook ʼn velduniform.

Page 19: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

19

Die Baanbrekerklub het ʼn Gelofte en Wet wat die geestelike grondslag waarop die klub gebou is, beklemtoon. Die klub word bedryf op ʼn 9, 10, 11 of 12 maande kalenderjaar, met ʼn weeklikse of twee-weeklikse

program wat ten minste 1½, 2 of 3 ure duur. Binne hierdie 1½, 2 of 3 uur periode voer die

Baanbrekers dril- en marsjeeroefeninge uit, handwerk en/of stokperdjies en speletjies, sowel as om in godsdienstige aktwiteite en klaswerk deel te neem. Daar is ses klasse met gegewe name, wat op ouderdom 10 jaar begin en eindig by 15 jaar. Elke klas word deur ‘n gekose kleur soos hieronder genoem, verteenwoordig. Vriend 10 jaar Blou Makker 11 jaar Rooi Verkenner 12 jaar Groen Touleier 13 jaar Silwer Pionier 14 jaar Wynrooi Rigter 15 jaar Goud By die voltooiing van die klaswerkvereistes, ontvang die Baanbreker kentekens as ʼn beloning wat uit ʼn speldjie, Baanbrekerklassakstrook en moustreep bestaan, tydens ʼn spesiale Bekledingsdiens.

Page 20: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

20

Baanbrekers

Page 21: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

21

Baanbrekergelofte, Wet en Embleem Gelofte Deur die genade van God. Slegs wanneer ons op God staatmaak om ons te help, kan ons Sy wil doen.

Sal ek rein wees. Ek sal my verstand vul met alles wat reg en waar is en my tyd deurbring in aktiwiteite wat ʼn sterk, skoon karakter sal bou.

Sal ek goedhartig wees. Ek sal bedagsaam en vriendelik wees, nie slegs teenoor my medemens nie, maar ook teenoor God se hele skepping.

En getrou. Ek sal eerlik en opreg wees in studie, werk en spel en daar kan altyd op my staatgemaak word om my beste te doen.

Ek sal die Baanbrekerwet onderhou. Ek sal daarna streef om die betekenis van die Wet te verstaan en om te leef volgens die gees daarvan, met die besef dat gehoorsaamheid aan wet in enige organisasie noodsaaklik is.

Ek sal ʼn dienaar van God wees. Ek sal onderneem om God eerste, laaste en die beste te dien in alles wat ek gevra word om te wees of te doen.

En ʼn vriend van die mens. Ek sal leef om andere te seën en om aan hulle te doen soos wat ek wil hê dat hulle aan my moet doen.

WET is vir my om: Die Môrewag te hou. Ek sal elke dag persoonlike godsdienstyd hê. My eerlike plig te doen. Deur die krag van God sal ek andere help, en my plig en eerlike deel doen, waar ek ookal mag wees. Vir my liggaam te sorg. Ek sal matig wees in alles en streef om ʼn hoë standaard van fisiese fiksheid te bereik. Almal in die oë te kyk. Ek sal nie leuens vertel, kul, of bedrieg nie, en sal vuil taal en slegte gedagtes verafsku. Hoflik en gehoorsaam te wees. Ek sal vriendelik en bedagsaam wees teenoor andere, en in al my optrede teenoor andere Jesus se liefde reflekteer. Saggies in die kerk te loop. Tydens enige godsdiensoefening sal ek die eerbied betoon wat van toepassing is wanneer ek in die spesiale teenwoordigheid van God is. Opgewek te wees. Ek sal opgewek wees en altyd die positiewe kant van die lewe soek en toelaat dat die invloed van my lewe soos sonskyn vir andere sal wees. God se boodskappe oor te dra. Ek sal altyd gereed wees om my geloof te deel en streef om andere van diens te wees soos wat Jesus gedoen het.

Betekenis van die Baanbrekerklubembleem:

1. Rooi (Offer) a. Herinner ons aan Christus. “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy

eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” (Johannes 3:16)

b. “Dat julle jul liggame stel as ʼn lewende, heilige en aan God welgevallige offer” (Romeine 12:1)

Page 22: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

22

2. Drie kante a. Volledigheid van die Drie-Eenheid – Vader, Seun, Heilige Gees. b. Driepoot van opvoeding:

Verstandelik Handwerk en Vakhonneurs Fisies Kampering, werksbyeenkoms, gesondheidsfokus Geestelik Uitreiking en persoonlike geestelike ontwikkeling

3. Goud (Uitnemendheid)

a. “Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word” (Open. 3:18).

b. Standaard van maatstaf. Die Baanbrekerklub het hoë standaarde om te help om sterk karakter te bou vir die koninkryk van die hemel.

4. Skild (Beskerming)

a. In die Bybel word God dikwels die skild van Sy volk genoem. (Beskerming) “Vrees nie ... Ek is vir jou ʼn skild” (Gen. 15:1)

b. “Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.” (Efe. 6:16)

5. Wit (Reinheid)

a. “Wie oorwin, sal beklee word met wit klere” (Open. 3:5). b. Ons verlang om die reinheid en geregtigheid van Christus se lewe in ons lewens te

hê.

6. Blou (Lojaliteit) a. Dit is die doel van die Baanbrekerklub om te help om ons te leer om lojaal te wees

aan: Onse God in die hemel. Ons ouers Ons kerk

b. Lojaliteit word beskryf as ʼn weerkaatsing van die karakter van ons Ware Hoofrigter.

7. Swaard (Bybel) a. Die swaard word in oorlog gebruik. ʼn Oorlog word altyd gewen deur aanval. Ons is

in ʼn oorlog teen sonde, en ons wapen is die Woord van God. b. Die swaard van die Gees is die Woord van God. (vergelyk Efe. 6:17)

8. Omgekeerde Driehoek

a. Die omgekeerde orde van belangrikheid wat Jesus geleer het wat teenstrydig is met dit wat die wêreld leer.

b. Die opoffering van jouself deur die behoeftes van andere bo jou eie te plaas.

9. Baanbrekerklub a. Die Baanbrekerklub is een van die organisasies van die wêreld jeugbedieninge van

die Sewendedag-Adventistekerk.

Organisering van ‘n Baanbrekerklub

Raadpleging met die Konferensie Jeugleier. Die Konferensie Jeugdirekteur is verantwoordelik vir alle Baanbrekerklubs in die Konferensie. Enige persoon in ʼn plaaslike kerk wat die behoefte sien vir ʼn Baanbrekerklub behoort met hom te raadpleeg voordat verdere planne beraam word.

Vergadering met die Predikant en Konferensie Jeugleier. Die versoek behoort van die kerk na die Konferensie Jeugdirekteur te kom en hy behoort dan tyd saam met die kerkleraar deur te bring om die bediening van die Baanbrekerklub en die bedryf daarvan te verduidelik en inligting te gee oor die ondersteuning wat die konferensie

Page 23: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

23

aan sy kerk kan gee. Indien die Konferensie Jeugdirekteur, weens omstandighede, nie in staat sou wees om so ‘n vergadering te reël nie, kan hy die verantwoordelikheid aan die Baanbreker Areakoördineerder delegeer.

Lê die Plan aan die Kerkraad Voor Die konferensie jeugdirekteur moet versoek om saam met die kerkraad te ontmoet. Die organisering van die Baanbrekerprogram moet deur die kerkraad goedgekeur word. Die kerkraad moet bekend wees met al die doelwitte, die finansiële begroting wat benodig word, die doelstellings en konsepte van die Baanbrekerorganisasie, en die rol wat dit in die jeugevangelisasie binne die kerk kan speel.

Op hierdie tydstip behoort die kerkraad vraelyste en inligtingsblaaie te ontvang met relevante besonderhede wat ingevul moet word en aan die Konferensie Jeugdirekteur gestuur moet word, wie sal help met die gedetailleerde beplanning en organisering van die klub. Sodanige inligting sal die name en adresse van alle juniors en tieners in die kerk insluit, beide aktief en onaktief; name van Sabbatskoollede; name van gekwalifiseerde persone en Hoofrigters; name van persone wat as instrukteurs sal kan help; sowel as ʼn lys van ontspanningsplekke binne die gebied. Na hierdie vergadering behoort die plan om ʼn Baanbrekerklub te vorm in die kerk aangekondig te word.

Stel die gemeente in kennis tydens die aanbiddingsdiens. Dit is belangrik dat alle kerklidmate ingelig word oor die Baanbrekerklub, sy doelstellings en die program. Iemand wat deur ondervinding gekwalifiseer is, wat namens die Baanbrekerklub en die behoeftes van junior jeug kan praat, behoort die hele kerk van hierdie inligting te voorsien, verkieslik gedurende die aanbiddingsdiens op Sabbat. Dit kan die Unie Jeugdirekteur, die plaaslike Konferensie Jeugdirekteur, die Baanbreker Areakoördineerder, die plaaslike leraar, of ʼn ander gekwalifiseerde Konferensiewerker wees wie deur die leraar as gasspreker uitgenooi is. Op hierdie tydstip behoort ʼn oproep gemaak te word vir persone wat belangstel om die Baanbrekerklub te help en te ondersteun.

Roep ʼn spesiale vergadering byeen op Sabbatmiddag Hierdie spesiale vergadering behoort diegene bymekaar te bring wat in die organisasie van ʼn Baanbrekerklub betrokke gaan wees. Nooi alle Hoofrigters, alle ouers van junior of vroeë tiener ouderdom kinders, alle skoolonderwysers (openbare of kerkskool), alle onderwysers in die Junior of Tiener Sabbatskool Afdelings, alle volwassenes wat stokperdjies en vaardighede het waarin die seuns en dogters sal belangstel, en andere wat in die junior jeug belangstel. Gedurende hierdie spesiale vergadering kan meer besonderhede met betrekking tot die organisering van die Baanbrekerklub voorsien word. ʼn Paar besoekende baanbrekers van ʼn naburige klub kan sommige van hulle prestasies demonstreer en die uniform vertoon. ʼn Oproep behoort gemaak te word vir vrywilligers om hulle voor te berei vir leierskap in die Baanbrekerklub, en ʼn vraelys behoort gesirkuleer te word.

Leer die basiese kenmerke van Baanbrekers ʼn Basiese Baanbreker Personeel Opleidingskursus soos uiteengesit in die betrokke handleiding soos die een verkrygbaar van die Wêreldkonferensie (YOU1170), behoort in die kerkomgewing of naby genoeg aangebied te word sodat belangstellende persone dit kan bywoon. Een van die voorwaardes waarvan die suksesvolle bestuur van die Baanbrekerklub afhang, is voldoende opgeleide leiers. Die Konferensie Jeugdirekteur behoort hierdie kursus aan te bied en voldoende ander instrukteurs te betrek.

Verkies direkteur en assistentdirekteure. By voltooiing van die opleidingskursus behoort die kerkraad/benoemingskomitee bewus te wees van diegene wat die beste gekwalifiseer is om die Baanbrekerklub te lei en dan name aan die gemeente voor te stel vir ʼn direkteur en assistentdirekteure. Nadat die gemeente hierdie persone behoorlik verkies het, kan ʼn Baanbrekerklub uitvoerende komitee gehou word.

Kies raadgewers en instrukteurs (uitvoerende komitee). Die Baanbrekerklub Uitvoerende Komitee bestaan uit die predikant, senior AJ leier, AJJ leiers of onderwysers van die hoër grade in die kerkskool, klubdirekteur en assistentdirekteure. Die

Page 24: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

24

klubdirekteur is die voorsitter. Hierdie groep stel die beleide vas vir die bestuur van die klub en verkies die klubpersoneel, raadgewers, en instrukteurs.

Roep Baanbreker uitvoerende komitee bymekaar om ʼn Jaarprogram saam te stel. Nou dat die ampsdraers en personeel opgelei is en vertroud is met die prosedures en besluit het oor watter model hulle sal volg, behoort die Baanbreker personeelkomitee te begin met die beplanning van die jaarprogram. ʼn Rooster van gebeure, klaswerk, vergaderingtye, spesiale dae, konferensiegebeure, maandprogramme, Baanbrekerkermisse, en Saamtrekke behoort almal ingesluit te word. (vergelyk afdeling C, D en E)

Beplan die program ses weke voor die inskrywingsaand

Hierdie kan die belangrikste stap van die beplanning wees. Programbou bestaan uit langtermyn beplanning. Dit beteken dat die doelstellings van die klub saamgestel oor ʼn periode van maande en jare beklemtoon behoort te word. Die klubaktiwiteite behoort gebaseer te wees op die doelstellings. Elke vergadering behoort weke voor die tyd noukeurig beplan te word. Erkenning van die karaktertrekke van junior jeug sal die personeel die jaarprogram in drie of vier segmente laat verdeel, elkeen met bepaalde aktiwiteite en doelstellings. Hierdie segmente verleen buigbaarheid aan die jaarprogram en maak voorsiening dat nuwe idees en programme van tyd tot tyd bekendgestel kan word.

Stuur vier weke voor die inskrywingsaand ʼn brief aan potensiële Baanbreker gesinne. Adverteer die Baanbreker Program. 4 weke voor die inskrywingsaand – kerkbulletin 3 weke voor die inskrywingsaand – aantreklike plakkaat op bulletinbord 2 weke voor die inskrywingsaand – junior & vroeë tiener Sabbatskoolprogram 2 weke voor die inskrywingsaand – kerk persoonlike bedieninge periode

2 weke voor die inskrywingsaand – ‘n brief van die direkteur aan ouers van potensiële Baanbrekers 1 week voor die inskrywingsaand – ‘n brief van die predikant aan ouers van potensiële Baanbrekers 1 week voor die inskrywingsaand – kerkdiens, beklemtoningsprogram, nooi, indien moontlik, ʼn naburige klub om deel te neem Die week daarna - die inskrywingsaand

Lei personeel voor die inskrywingsaand op en rus hulle toe met uniform Die direkteur, assistentdirekteure, raadgewers, en instrukteurs vorm die personeel van die klub. Daar behoort ʼn paar geleenthede te wees wanneer die nuutgevormde personeel bymekaarkom vir opleiding. Sodoende raak elke persoon vertroud met sy pligte en die algehele omvang van klubaktiwiteite. Hierdie personeel behoort ook uniforms te bekom en die kentekens korrek daarop te plaas. Dit sou ook goed wees om op die inskrywingsaand vier Baanbrekers uniforms te laat aantrek.

Inskrywingsaand. (Vergelyk spesiale program, afdeling C)

Tuisbesoekprogram – raadgewer behoort elke Baanbreker in sy eenheid onmiddellik te besoek

Dit is baie belangrik vir die Baanbreker raadgewer om na die huis van elke nuwe Baanbreker te gaan en homself as (kind se naam) se raadgewer voor te stel. a. Indien die aansoekvorm nie volledig voltooi is nie, doen dit dan. b. Herinner die gesin aan klubaand. c. Beantwoord alle vrae in verband met uniforms, kampering, klubprogram, ens.

Voordat die raadgewer groet, behoort die feit beklemtoon te word dat as ʼn raadgewer, hy die ouer op welke wyse ookal wil help.

Inhuldigingsprogram ongeveer 1-2 maande na inskrywingsaand. (Vergelyk afdeling C) Sodra die nuwe lede uniforms het en die klublidmaatskapkaarte van die konferensiekantoor ontvang is, behoort ʼn inhuldigingseremonie georganiseer te word saam met alle ouers en kerklidmate teenwoordig. Hierdie is ʼn baie spesiale seremonie, en die Baanbrekers behoort die belangrikheid daarvan te verstaan.

Page 25: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

25

Besoekersaand Besoekersaand is op ʼn algemene aktiwiteitsaand ongeveer twee of drie weke voor ʼn interim inskrywingsaand. Elke Baanbreker kan een van sy spesiale vriende uit die gemeenskap na hierdie “besoekersaand” klubvergadering uitnooi. Die direkteur behoort homself aan elke besoekende jong persoon voor te stel. Gedurende die gesprek behoort die direkteur te vra, “Sal jy daarvan hou om by die Baanbrekerklub aan te sluit?” Indien die antwoord “Ja” is, behoort hy die daaropvolgende week die huis te besoek en die hele program te verduidelik, en ʼn gewilligheid toon om saam met die gesin te werk oor hulle Sondag of Sabbat gevoelens.

Gemeenskaps- en kerkbelange Sodra ʼn Baanbrekerklub gestig is, kan u ʼn beroep op die kerk en belangstellendes uit die gemeenskap doen wat nie voorheen belanggestel het nie. Die direkteur behoort vriende te maak met elke Baanbreker gesin. Hy behoort ook elke Baanbreker gesin te help om die predikant te leer ken. Gesinne kan dan uitgenooi word om te hoor wat die kerk het om hulle aan te bied. Die Baanbrekerklub kan nou waarlik evangelisties wees.

Evaluasie Sodra die klub vir 10 of 12 weke aan die gang is, behoort die Konferensie Jeugleier of in sy afwesigheid die Areakoördineerder ingeroep te word om saam met die Baanbreker uitvoerende komitee te ontmoet om die klub te evalueer om die gladde verloop en ʼn balans tussen aktiwiteite en programme te verseker.

Page 26: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

26

Baanbrekerklub Grondwet

Artikel 1 Naam Die program vir die holistiese bediening aan die 10 tot 15 jarige jongmense binne die Sewendedag-Adventistekerk, en onderskryf deur die Jeugbedieninge Departement word die Baanbrekerklub genoem.

Artikel II Doel Die doelstellings van die Baanbrekerklub is:

1. Om te streef om die persoonlike verbintenis van elke Baanbreker tot die Here aan te moedig.

2. Om ʼn aantreklike kerk-gesentreerde prestasieprogram te voorsien. 3. Om ouers en senior jeug geïnteresseerd te maak om deel te neem aan die

georganiseerde kerkaktiwiteite vir die jeug. 4. Om Baanbrekers aan te moedig om hulle eie Godgegewe potensiaal vir diens aan andere

te ontdek. 5. Om die harmonieuse ontwikkeling van die fisiese, sosiale, intellektuele en geestelike lewe

van die Baanbreker te bevorder. 6. Om geleentheid te bied vir die ontwikkeling van leierskapvaardighede. 7. Om deur die studie van die natuur ʼn waardering van God se liefde te voorsien.

Artikel III Organisasie Die jeugleier van die plaaslike konferensie is die direkteur van alle Baanbrekeraktiwiteite wat binne die konferensie se gebied uitgevoer word. Sy raad kan verkry word met betrekking tot enige klubaktiwiteit. Wanneer belangrike geleenthede beplan word, behoort hy in kennis gestel te word en kan genooi word om deel te neem. In groot gebiede kan ʼn Areakoördineerder deur die konferensie aangestel word om namens die konferensie jeugdirekteur op te tree, aan wie hy direk verantwoordelik is. In die plaaslike kerk waar daar beide ʼn junior- en ʼn tienerklub is, moet die Baanbreker administratiewe direkteur optree as koördineerder en hulle op die plaaslike kerkrade verteenwoordig. Die direkteur van die klub behoort ʼn volwassene te wees wat intens belangstel in die jongmense en wat simpatieke begrip het vir die behoeftes van kinders en jongmense. Indien moontlik, behoort hierdie direkteur ten minste ʼn Hoofrigter te wees of ʼn Baanbreker Personeelopleidingskursus bygewoon het. Hy behoort vindingryk en entoesiasties te wees en moet ʼn lidmaat in goeie stand van die Sewendedag-Adventistekerk wees. Alle aktiwiteite van die klub sal onder elke klubdirekteur se toesig wees, en hy moet elke klubvergadering byeenroep, organiseer en reël.

Artikel IV Verkiesing van Ampsdraers en Ander Personeellede Afdeling 1 Die ampsdraers van die klubs moet ʼn administratiewe direkteur (waar daar ʼn junior-

en ʼn tienerklub is), ʼn klubdirekteur, twee of meer assistentdirekteure, klubsekretaris en tesourier wees (hierdie kan funksies van die assistentdirekteure wees). Die personeel moet die nodige raadgewers en instrukteurs insluit.

Afdeling 2 Administratiewe direkteur en/of klubdirekteurs moet deur die benoemingskomitee van

die kerk of kerke wat as beskermheer optree, aangestel word.

Afdeling 3 Die assistentdirekteure moet deur die direkteure aangestel word, en deur die kerkraad goedgekeur word.

Afdeling 4 Die sekretaris en tesourier moet na goeddunke deur die direkteure aangestel word en

deur die kerkraad goedgekeur word. Afdeling 5 Die raadgewers en instrukteurs moet deur die klubdirekteur aangestel of vervang

word in samewerking met die assistentdirekteure. Afdeling 6 Die Baanbrekerpersoneel moet uit al die bogenoemde bestaan.

Page 27: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

27

Artikel V Pligte van Ampsdraers en Personeel Afdeling 1 Die administratiewe direkteur is die koördineerder van die tiener- en juniorklub

direkteurskap. Hy moet die kerk in die Baanbrekerorganisasie verteenwoordig en is ʼn lid van die kerkraad. Hy sal alle aktiwiteite in die Baanbrekerorganisasie koördineer.

Afdeling 2 Direkteur: Alle aktiwiteite van die klub moet onder sy toesig wees. Die voorsitter van

alle komitees moet deur die direkteur aangestel word na oorlegpleging met die assistentdirekteure of uitvoerende komitee.

Afdeling 3 Assistentdirekteure: Moet die direkteur bystaan en waarneem gedurende sy

afwesigheid. Kan toegewys word om na die volgende pligte om te sien: Baanbrekerklasse, sekretaris en/of tesourier, speletjies, kampeeraktiwiteite, Vakhonneurs en skeppende vaardighede, musiek, baanbrekertoerusting, natuur, kapelaan, vervoer, spesiale geleenthede, tweemaandelikse geleenthede, ens.

Afdeling 4 Sekretaris: Moet maandelikse verslae aan die plaaslike Konferensiekantoor

voorsien. Is verantwoordelik vir alle klubkorrespondensie. Neem notas by vergaderings. Is verantwoordelik vir personeelrekords en vir enige ander rekords benodig vir die gladde verloop van die klub.

Afdeling 5 Tesourier: Moet verantwoordelikheid aanvaar vir betalings en alle inkomste verkry en

verantwoordelikheid daarvoor neem, soos lidmaatskapgelde, fondsinsamelingsprojekte, ens., en sal op versoek van die uitvoerende ampsdraers of personeel ʼn finansiële verslag lewer, en sal die rekeninge en alle oorblywende fondse aan sy opvolger oorhandig. Hy moet ook nou saamwerk met die kerktesourier, en alle fondse by die kerktesourier inbetaal.

Afdeling 6 Kapelaan: Kan ʼn assistentdirekteur wees. Moet die direkteur bystaan in die

handhawing van ʼn sterk geestelike gees in die klub, bewus wees van elke Baanbreker se verhouding met die Here, en moet op komitees dien wat handel oor godsdiens in die klubvergaderings, en kampe, uitreiking en dissipline.

Artikel VI Komitees Afdeling 1 Die volgende staande komitees moet aangestel word vir die klub:

a. Koördinerende komitee (vir kerke met junior- en tienerklubs). b. Uitvoerende komitee c. Personeelkomitee

Afdeling 2 Die koördinerende komitee moet bestaan uit die administratiewe direkteur,

klubdirekteurs, assistentdirekteure, predikant, sekretaris, tesourier, en kapelaan. Die komitee, waarvan die administratiewe direkteur die voorsitter is, is verantwoordelik vir alle gesamentlike Baanbrekeraktiwiteite.

Afdeling 3 Die uitvoerende komitee moet bestaan uit die klubdirekteur, assistentdirekteure,

predikant, sekretaris, tesourier, en kapelaan. Die komitee, waarvan die direkteur die voorsitter is, is verantwoordelik vir alle Baanbrekeraktiwiteite.

Afdeling 4 Die personeelkomitee moet bestaan uit die uitvoerende komitee, plus raadgewers,

junior raadgewers, en instrukteurs. Kapteins van eenhede kan uitgenooi word om saam met hierdie komitee te ontmoet.

Artikel VII Kworum Vir die uitvoering van sake by enige van die bogenoemde komitees moet ʼn meerderheid van die komiteelede teenwoordig wees.

Page 28: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

28

Artikel VIII Vergaderings Afdeling 1. Gereelde Baanbrekervergaderings moet ten minste tweekeer per maand gehou word.

Die tyd en lengte van hierdie vergaderings moet deur die uitvoerende komitee bepaal word en moet gebaseer wees op een van die volgende modelle:

Model A: Hierdie word in een drie-uur sessie gehou met openings- en

sluitingseremonies, marsjering, speletjies, leerplan, en handwerk, wat alles in een program saamgevat is.

Model B: Dit is ‘n drie-uur program, maar dit word in twee aparte segmente aangebied:

Segment 1: Een uur van Baanbrekers op Sabbat, wat gefokus is op samesyn en

leerplan.

Segment 2: Twee uur van Baanbrekers, insluitende marsjering, speletjies, leerplan, handwerk, en openings- en afsluitingseremonies.

Model C: Hierdie is ‘n weeklikse program wat tussen 1-2 ure elk duur. Afdeling 2. Personeelvergaderings word eenkeer per maand gehou, soos aangekondig. Afdeling 3. Uitvoerende komitee vergaderings word ten minste kwartaalliks gehou. Afdeling 4. Die jaarlikse Baanbrekerklubprogram behoort die vereistes, soos neergelê deur die

plaaslike konferensie jeugdepartement se klubgraderingstelsel, te bevat.

Artikel IX Lidmaatskap en Bywoning Afdeling 1. Lidmaatskap van die Junior Baanbrekerorganisasie sal beperk wees tot kinders

tussen die ouderdomme 10 tot 12. Afdeling 2. Lidmaatskap van die Tiener Baanbrekerorganisasie sal beperk wees tot kinders

tussen die ouderdomme 13-15. Afdeling 3. Lidmaatskap sal toegeken word wanneer aan die volgende vereistes voldoen is:

a. Aanvaarding van aansoek. b. Betaling van lidmaatskapgelde. c. Volledige uniform. d. Gewilligheid om aan die beginsels van die Gelofte en Wet te voldoen. e. Gewilligheid om deel te neem aan alle Baanbrekeraktiwiteite.

Afdeling 4. Nie-Adventiste jongmense wat aan die bogenoemde vereistes voldoen, kan ook

lidmaatskap ontvang. Afdeling 5. Die toelating van nuwe lede tot die Baanbrekerklub sal aan die begin van elke

Baanbreker kwartaal en/of drie of vier voorafbepaalde datums gedurende die jaar geskied.

Afdeling 6. ‘n Bywoningsregister behoort by elke Baanbrekerprogram bygehou te word. Afdeling 7. Die Baanbreker behoort ʼn gemiddelde bywoning van ten minste 80% van alle

Baanbrekeraktiwiteite te handhaaf. Afdeling 8. Alle verskonings vir afwesigheid moet skriftelik van die ouer of voog aan die

klubdirekteur voorgelê word. Afdeling 9. Enige lid wat in enige kwartaal tweekeer sonder verskoning afwesig is, sal op ʼn

proefrooster geplaas word.

Page 29: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

29

Afdeling 10. Enige lid op proef kan heringestel word na betaling van ʼn lidmaatskap herinstellingsfooi, soos wat deur die uitvoerende komitee bepaal word.

Afdeling 11. Bywoning van lede op proef by spesiale geleenthede word nie toegelaat nie.

Artikel X Klubeenhede Afdeling 1. Seuns en meisies word in eenhede georganiseer van verkieslik ses tot agt

Baanbrekers, met ʼn raadgewer as hulle leier. Hierdie verdeling in kleiner eenhede bevorder beter orde en dissipline, en meer individuele aandag kan aan lede geskenk word. Seuns en meisies behoort in aparte eenhede ingeskryf te word.

Afdeling 2. Eenheidampsdraers:

a. Eenheidkaptein: Elke eenheid binne die klub, met sy raadgewer, kies een van sy lede as die kaptein. Die kaptein is verantwoordelik vir sy eenheid en behoort te sorg vir stiptelikheid en samewerking in alle klubaktiwiteite. Hy behoort ten alle tye ʼn voorbeeld van goeie gedrag te stel. Dit word aanbeveel dat eenheidkapteins elke vier tot ses maande verkies word om meer klublede die geleentheid te gee om leierskap te ontwikkel.

b. Eenheidsekretaris: Elke eenheid binne die klub, saam met sy raadgewer,

kies een van sy lede as sekretaris. Hierdie junior of tiener eenheidampsdraer sal verantwoordelik wees om verslag te doen aan die klubsekretaris oor die bywoning van sy eenheid se lede. Dit word aanbeveel dat eenheidsekretarisse eke vier tot ses maande verkies word om meer klublede die geleentheid te gee om leierskap te ontwikkel.

Afdeling 3. Uniform:

a. Gala-uniform: Die amptelike Gala Baanbrekeruniform word bepaal deur die betrokke divisie van die wêreldveld en is die aanbevole uniform vir elke klublid en ampsdraer, en word slegs gedra by klubvergaderings en ander geleenthede soos deur die klubdirekteur aangedui.

b. Velduniform: Die amptelike konferensie–aanbevole velduniform vir elke

klublid sal gedra word by alle Baanbrekeraktiwiteite soos deur die klubdirekteur aangedui.

Artikel XI Klubfinansies Afdeling 1. Die jaarlikse, weeklikse, maandelikse, of kwartaallikse lidmaatskapfooi wat deur die

uitvoerende komitee vasgestel is, is betaalbaar wanneer die aansoek by die sekretaris ingedien word. Hierdie fooi sal terugbetaal word indien die aansoek nie aanvaar word nie.

Afdeling 2. Die herinstelling van lidmaatskap sal ʼn herinstellingsfooi vereis, wat deur die

uitvoerende komitee bepaal word. Afdeling 3. ʼn Jaarlikse persoonlike versekeringsfooi, waar van toepassing, behoort in die jaarfooi

ingesluit te wees. Afdeling 4. Die plaaslike Baanbrekerdag offergawe is ʼn bydrae wat deur die kerklede gemaak

word tot klubgoedgekeurde aktiwiteite. Afdeling 5. ʼn Finansiële verslag sal by die vergadering van die klub se uitvoerende komitee

gelewer word.

Artikel XII Beleid

Die klub sal beheer word deur beleide soos neergelê deur die Departement van die plaaslike konferensie van Sewendedag-Adventiste.

Page 30: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

30

Artikel XIII Wysigings

Hierdie grondwet mag deur ʼn twee-derde stem van die Baanbrekerpersoneelkomitee gewysig word, maar word eers geldig na goedkeuring deur die Uniekonferensie komitee.

Verkiesing van Ampsdraers en Personeel

A. Baanbreker Uitvoerende Komitee

Administratiewe Direkteur, Direkteur en Assistentdirekteure Die benoemingskomitee van die plaaslike gemeente verkies die direkteur van die Baanbrekerklub en waar nodig, die administratiewe direkteur. Hierdie moet gedoopte lidmate in goeie stand wees, verkieslik Hoofrigters, wie se belangstelling en vaardighede hulle kwalifiseer vir hierdie bediening. Daar word dan voorgestel dat hulle of hy/sy uitgenooi word om saam met die benoemingskomitee te sit vir die verkiesing van die assistentdirekteure. Die aantal assistentdirekteure wat gekies word, is onderhewig aan die aantal Baanbrekers in die klub. Elke klub sal ʼn man as assistentdirekteur vir die seuns, en ʼn dame as assistentdirekteur vir die meisies benodig.

Sekretaris en Tesourier Die direkteur en assistentdirekteure kies dan die sekretaris en tesourier. Een persoon kan beide hierdie posisies vul, onderhewig aan die werkslading. Hierdie posisies kan deur assistentdirekteure gevul word, of ander personeellede kan gevra word om in hierdie posisies te dien.

Kapelaan Elke klub sal ʼn kapelaan moet kies – ʼn persoon wat die verantwoordelikheid sal neem om in godsdienste en spesiale dienste uit te lei, en wat persoonlik sal belangstel in elke Baanbreker- en personeellid binne die klub. Hy/sy kan een van die assistentdirekteure wees, of die predikant, assistent-leraar, jeugleraar, kerkouderling, ens.

B. Baanbrekerpersoneelkomitee Die Baanbreker uitvoerende komitee verkies die volgende Baanbrekerpersoneelkomiteelede:

Raadgewers (Senior en Junior) Die Baanbrekerpersoneellede wat sorg vir ʼn eenheid van ses tot agt Baanbrekers elk.

Instrukteurs Diegene wat die Baanbreker klasleerplan aan die Baanbrekers bied. Die eenheidraadgewer kan ook die instrukteur wees. Spesialiste wat Vakhonneurs, handwerk, en ander gekose gebiede van studie aanbied.

Kaptein Die leiers van die eenhede (gewoonlik verkies deur stemming van die eenheidlede en bekragtig deur die Baanbreker uitvoerende komitee).

Sekretarisse Die “statistikusse” van die eenhede sorg vir die eenheidsrekords. (Gewoonlik verkies deur stemming van die eenheidslede en bekragtig deur die Baanbreker uitvoerende komitee.)

Pligte van Ampsdraers en Personeel

Klubdirekteur

Die Baanbrekerklubdirekteur behoort ʼn volwasse persoon te wees wat ʼn lidmaat in goeie stand van die Sewendedag-Adventistekerk is. Hy behoort ʼn Hoofrigter te wees en behoort

Page 31: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

31

die Baanbreker Personeelopleidingkursus voltooi het. Indien hy nie ʼn Hoofrigter is nie, behoort hy die vereistes te voltooi om so gou doenlik een te word. Die sukses en moraal van enige klub sal grootliks afhang van die leierskap van die klubdirekteur, en hy behoort ʼn voorbeeld van geestelikheid, netheid, stiptelikheid, goeie sportmanskap, innemendheid, en selfbeheer te wees. Hy behoort ʼn voorbeeld te stel deur gereeld ʼn netjiese en volledige uniform te dra. Die klubdirekteur moet ʼn intense belangstelling hê in jongmense en die probleme van die juniors en tieners met simpatie begryp. Sy lewe moet toon wat God in die lewens van die jeug kan doen. Hy behoort kundig en entoesiasties te wees, verantwoordelikheid te aanvaar, bereid te wees om nuwe idees te aanvaar, en inisiatief aan die dag te lê vir die implementering daarvan. Hy moet goed saam met sy personeel kan werk, en raadgewers en instrukteurs te ondersteun met enige probleme wat moontlik met hulle eenhede en klasse ondervind kan word. Die direkteur se pligte is soos volg:

1. Hy is ʼn lid van die kerkraad. 2. Hy behoort kontak te behou met die predikant, jeugleraar, en beskermheerouderling

en hulle uit te nooi om aan programme en geleenthede van die baanbrekers deel te neem.

3. Hy bly in verbinding met die jeugdirekteur by die konferensiekantoor en lewer die verlangde verslae.

4. Hy is voorsitter van die Baanbreker uitvoerende komitee (Vergelyk bl. 25). 5. Hy lei uit by die klubpersoneelvergadering tensy hy ʼn assistentdirekteur aangestel het

om dit te doen. 6. Die aktiwiteite van die klub sal onder sy toesig wees, en hy moet elke

klubvergadering byeenroep, organiseer en reël. 7. Hy lei uit in die beplanning van die jaarprogram en voorsien ʼn kalender van gebeure,

wat aan alle personeel, Baanbrekers, en ouers voorsien word. 8. Hy is deur die uitvoerende komitee verantwoordelik om ʼn allesinsluitende program vir

die klub te voorsien met die volgende aktiwiteite: a. Byeenkomstye en plekke b. Twee-maandelikse uitstappies c. Kampe d. Velduitstappies en uitreikprojekte e. Bekledingsdiens f. Finansies/begroting/lidmaatskapfooi/ledegelde g. Dissipline h. Nuusblaaie en bulletins

9. Hy is deur die personeelvergaderings verantwoordelik vir die beplanning van gereelde klubvergaderings, insluitende die volgende aktiwiteite, en verseker dat onderskeie komitees en mense verantwoordelik is vir die implementering daarvan:

a. Dril- en openings- en afsluitingseremoneis b. Godsdienste c. Speletjies/kermisoefening d. Klaswerk/Vakhonneurs/skeppende vaardighede e. Indeling van eenhede/raadgewers en instrukteurs, en hulle pligte

Assistentdirekteure

Assistentdirekteure moet die opdragte van die direkteur aanvaar en in die leierskapverantwoordelikhede van die klub deel. Daar behoort twee of meer assisstentdirekteure te wees, ooreenkomstig die behoeftes van die plaaslike klub.

ʼn Assistentdirekteur wat deur die direkteur aangewys word, neem beheer van klubvergaderings in die afwesigheid van die direkteur. Hy kan ook deur die direkteur gevra word om personeelvergaderings te lei.

Page 32: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

32

Die assistentdirekteure behoort dieselfde hoë eienskappe van leierskap soos neergelê vir die direkteur, te besit. Die hoogste respek en agting behoort teenoor die direkteur betoon te word en almal behoort nou met mekaar saam te werk. Die volgende gebiede behoort deur die assistente hanteer te word:

1. Prestasieklasse 2. Sekretaris 3. Tesourier 4. Speletjies 5. Kamperingaktiwiteite 6. Vakhonneurs en skeppende vaardighede 7. Musiek 8. Baanbrekertoerusting 9. Natuur 10. Kapelaan/godsdienste 11. Vervoer 12. Spesiale geleenthede/tweemaandelikse geleenthede/velduitstappies, ens. 13. Uitreikaktiwiteite 14. Openbare verhoudings

Klubsekretaris

Die Baanbrekerklubsekretaris is gewoonlik ʼn assistentdirekteur, maar kan ook uit die personeellede verkies word. Die sekretaris sal verantwoordelik wees om alle klubrekords by te hou behalwe die wat deur die tesourier gehou word. In klein klubs kan die werk van die sekretaris en die tesourier deur een indiwidu gedoen word. ʼn Goedgeorganiseerde en bekwame sekretaris kan van onskatbare waarde vir ʼn Baanbrekerklubprogram wees. Die pligte van die sekretaris is:

1. Gaan die eenheid se rekords wat deur die sekretarisse bygehou word na en hou die Baanbrekers se individuele rekordbladsye op datum.

2. Hou rekord van alle punte en tekortkominge op die permanente rekordbladsy. 3. Plaas ten minste eenkeer per maand ʼn lys van die puntestand van eenhede op die

bulletinbord. 4. Voltooi die konferensieverslag en pos dit aan die kantoor teen die tiende van elke

maand. 5. Hou die direkteur op hoogte van die prestasie van die klub in die konferensie

puntetellingprogram. 6. Stel die direkteur in kennis indien ʼn Baanbreker dikwels afwesig is (veral sonder

verskoning), of nalaat om gereeld ʼn uniform te dra. 7. Wees verantwoordelik vir die instandhouding van ʼn aantreklike bulletinborduitstalling,

wat voortdurend op datum gehou word. 8. Bestel benodigde voorrade en alle klubrekordvorms vanaf die konferensiekantoor. 9. Wees verantwoordelik vir die beantwoording van alle korrespondensie en tik briewe

vir die direkteur, indien nodig. 10. Wees verantwoordelik vir die klubbiblioteek en hou rekord van alle boeke of tydskrifte

wat deur personeellede en Baanbrekers geneem word.

Klubtesourier

Die Baanbrekerklubtesourier is gewoonlik ʼn assistentdirekteur, maar hy kan ook vanuit die personeellede verkies word. Dit is belangrik dat die tesourier ten nouste saamwerk met die klubdirekteur en die kerktesourier, en beide op hoogte hou van klubuitgawes en beskikbare fondse. In kleiner klubs kan die pligte van die tesourier en sekretaris deur dieselfde indiwidu hanteer word, alhoewel die program meer effektiewe kan verloop met twee persone. Die tesourier moet ʼn indiwidu wees wat die klubfondse akkuraat en met sorg sal hanteer. Dit is verkieslik dat die tesourier ʼn persoon met rekenkundige ondervinding is.

Page 33: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

33

ʼn Pligsgetroue en betroubare tesourier kan die Baanbrekerklub help om sy fondse wyslik te bestee. Hy kan die kerkraadampdraers deeglik inlig oor inkomste en uitgawes, asook die behoeftes van die Baanbrekerklub. Dit sal die gemeentelede meer tegemoetkomend maak in tyd van nood. Die pligte van die tesourier is:

1. Die tel en aanteken van alle fondse soos lidmaatskapfooie, ledegelde, offergawes, betalings vir handwerk, donasies, fondsinsameling, ens.

2. Fondse aan die kerktesourier besorg om in reserwe gehou te word. 3. Hou ʼn akkurate inkomste- en uitgawestaat, waar alle inkomste en uitgawes getoon

word, met ‘n gedateerde kort beskrywing. 4. Hou alle kwitansies, rekeninge, en fakture van uitgawes en liasseer dit noukeurig per

maand in koeverte of lêers. 5. Hou die rekordboeke en alle kwitansies, rekeninge, en fakture gereed vir inspeksie en

voorlegging op versoek deur die direkteur, kerktesourier, Baanbreker uitvoerende komitee, of kerkraad.

6. Wend die fondse aan soos goedgekeur deur die uitvoerende komitee en deur die direkteur of ander gemagtigde, en verseker dat alle rekeninge gereeld betaal word.

7. Onttrek fondse vir kleinkas uit die Baanbrekerreserwefonds wat deur die kerktesourier gehou word.

8. Wees teenwoordig om fondse by fondsinsamelingsprojekte te kollekeer en hou ʼn akkurate rekord van fondse wat inbetaal is.

9. Hou ʼn rekord van fondsinsamelingsitems wat uitgegee word en reguleer ander materiaal of fondse wat teruggebring word.

10. Kollekteer fondse vir uniforms en toerusting en betaal die rekening. 11. Kollekteer fondse vir verskillende kampe en velduitstappies. 12. Maak seker dat almal wat vir fondse vra ʼn faktuur of staat met bewys van betaling

voorsien sodat dit as bewysstuk geliasseer kan word.

Klubkapelaan Die kapelaan speel ʼn baie belangrike rol binne die klub, deur uit te lei en geleenthede te voorsien vir die geestelike ontwikkeling, samewerking en versorging van Baanbrekers en personeel. Die kapelaan moet ʼn gedoopte lid van die SDA Kerk en in goeie stand wees by die kerk waar die klub georganiseer is. Hy/sy kan ʼn assistentdirekteur, ander personeellid, kerkleraar, jeugleraar of ouderling wees. Hy/sy moet in staat wees om die geestelike aktiwiteite van die klub te organiseer sowel as om bekwame leiding te gee.

Hieronder volg die spesiale pligte van die kapelaan:

1. Behoort ʼn uniform te dra. 2. Raadpleeg en werk ten nouste saam met die klubdirekteur in voorbereiding van

geestelike aktiwiteite. 3. Reël vir godsdiensperiodes en sprekers, en periodieke gebedskringe. 4. Organiseer en lei uit in sendinguitreiking in samewerking met direkteur. 5. Kies indiwidue om tydens vergaderings en klubaktiwiteite te bid. 6. Reël godsdienste, Sabbatskoolaktiwiteite, Sabbat eredienste, en

namiddagprogramme tydens kampering en ander uitstappies. 7. Werk ten nouste saam met direkteur en predikant met die beplanning vir die

godsdiens tydens die jaarlikse Baanbrekerdag en Bekledingsdiens. 8. Tree op as ʼn spesiale geestelike raadgewer en werk ten nouste saam met

eenheidraadgewers. 9. Ken elke Baanbreker en personeellid persoonlik, en moedig hulle aan in hulle

verhouding met die Here. 10. Vertoon ʼn gebalanseerde Christelike ondervinding deur in die klub se sekulêre

aktiwiteite deel te neem.

Page 34: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

34

Eenheidraadgewer Die raadgewer is die leier van ʼn eenheid van ses tot agt seuns of dogters. Mans behoort die seuns te lei en vroue die dogters. Raadgewers beklee ʼn sleutelposisie in die Baanbrekerklub, want hulle het die nouste kontak met die Baanbrekers. Raadgewers word verkies uit gedoopte lede van die Sewendedag-Adventistekerk waar die klub georganiseer is. Hulle moet bekeerde en toegewyde Christene wees. Hulle moet gewillig wees om te leer en te groei, en behoort hulle kennis van kuns, handwerk, en die natuur uit te brei, sodat hulle kan help om die kennis van hulle eenheid se lede te verbreed. Hulle behoort ‘n goeie voorbeel te stel in gees en gedrag. Raadgewers behoort altyd saam met hulle eenheid te wees wanneer dit as ʼn Baanbrekereenheid funksioneer, tensy ʼn assistent-raadgewer daarna omsien. Gedurende aktiwiteitsperiodes kan hulle met verskeie groepe behulpsaam wees, en gedurende hierdie periodes is hulle lede onder die toesig van die instrukteur of klasonderwyser. Die raadgewers moet hulle eenheid se lede goed leer ken. Hulle behoort saam met hulle betrokke te wees in al die verskillende aktiwiteite en so hulle vertroue wen. Hulle behoort bekend te wees met die ouers en toestande tuis. Dit is goed vir raadgewers om somtyds ʼn aktiwiteit buite die klubperiode met hulle eenhede te beplan, onderhewig aan die goedkeuring van die klubdirekteur. Raadgewers behoort die standaarde en beginsels van die klub ten alle tye te verdedig. Hulle behoort ten volle saam te werk met ander ampsdraers van die klub, en gewillig wees om te dien wanneer ookal daar ʼn beroep op hulle gedoen word om pligte uit te voer. Die pligte van ʼn raadgewer is:

1. Neem beheer en lei/onderrig ʼn eenheid of klas, werk en bly by hulle tydens alle programme.

2. Bemoedig, onderrig en toets die verlangde klaswerk vir suksesvolle bekleding van lede.

3. Stel ʼn goeie voorbeeld in netheid, bywoning, stiptelikheid, uniform, ens. 4. Marsjeer en dril saam met die eenhede. 5. Ontwikkel gelukkige verstandhoudings en vriendskap binne die eenheid. 6. Help lede met enige probleme wat mag ontstaan en hou leiers ingelig (respekteer

vertroulikheid). 7. Moedig alle lede aan om aan al die aktiwiteite deel te neem. 8. Neem deel aan kampering, reël alle detail met assistentdirekteur en lede. 9. Woon personeelkomiteevergaderings by. 10. Stel die direkteur vooraf in kennis indien ʼn vergadering nie bygewoon kan word nie.

Junior Raadgewer Die junior raadgewer is dikwels ʼn Hoofrigter-in-opleiding (16 jaar +) of ander jongmens wat die Baanbrekerklasse voltooi het, maar graag wil aanbly om behulpsaam te wees met die klub. Junior raadgewers behoort dieselfde kwaliteite te besit as eenheidsraadgewers en moet ʼn begeerte hê om leiers te word. Die pligte van die junior raadgewer is soos volg:

1. Werk onder toesig van ʼn volwasse raadgewer. 2. Behulpsaam met alle eenheid- en klubaktiwiteite. 3. Aanvaar verantwoordelikhede opgedra deur die raadgewer. 4. Beheer die eenheid wanneer raadgewer afwesig is. 5. Woon personeelkomiteevergaderings by. 6. Stel ʼn goeie voorbeeld in netheid, bywoning, stiptelikheid, uniform, ens. 7. Marsjeer en dril saam met eenhede. 8. Neem deel aan kampering en uitstappies.

Page 35: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

35

Instrukteurs Instrukteurs is persone wat spesifieke vaardighede of vakke aanbied soos Bybel, persoonlike groei, buitemuurse vaardighede, Vakhonneurs, of handwerk. Gereelde Baanbrekerklubpersoneel kan dien as instrukteurs. Kundiges kan ook uit die kerk of gemeenskap gekies word om spesifieke vakke aan te bied. Hierdie instrukteurs mag lede of nie-lede van die kerk wees. Hulle behoort as tydelike personeel beskou te word. Hulle behoort die klasleerplan en vereistes van die vak, Vakhonneur, of handwerk wat aangebied moet word, noukeurig te bestudeer voordat dit aan die Baanbrekers oorgedra word. ʼn Instrukteur moet ten nouste met die Baanbrekerklasse Koördineerder of Vakhonneur-/handwerkkoördineerder saamwerk om te verseker dat die vereistes nagekom is sodat die Baanbrekers beklee kan word.

Eenheidkaptein

Die eenheidkaptein is die lid wat deur die eenheid gekies word om sy groep aan te moedig om te presteer en sukses te behaal deur die voorbeeld te stel en sy invloed te gebruik om elke lid te inspireer om sy beste te lewer. Die diensperiode varieer van ʼn drie-maande rotasie tot een jaar, afhangende van die beleid wat deur die personeelkomitee goedgekeur is. Gedurende alle klubaktiwiteite dra die kaptein ʼn kenteken wat sy amp aandui. Die posisie van kaptein is ʼn belangrike pos, en ʼn kaptein behoort nie slegs die vermoë te toon om te lei nie, maar behoort ook ʼn ware Christelike gees van begrip en respek te toon. Die pligte van die eenheidkaptein is:

1. Help die raadgewers en neem beheer van die eenheid wanneer nodig. 2. Dra en hanteer die eenheidruitervlag op die gepaste manier. 3. Sien toe dat die eenheidruitervlag tydens alle kamperings voor die eenheid ingeplant

is. 4. Dra die Nasionale of Baanbrekervlag gedurende die vlagseremonie wanneer gekies

word. 5. Doen verslag oor die eenheid se teenwoordigheid wanneer die presensielys

uitgeroep word. 6. Laat die eenheid dril soos deur die raadgewer versoek.

Eenheidsekretaris Die eenheidsekretaris is die lid wat deur die eenheid gekies word om ʼn verskeidenheid spesiale take te verrig. Die diensperiode varieer van ʼn drie-maande rotasie tot een jaar, afhangende van die beleid wat deur die personeelkomitee goedgekeur is. Gedurende alle klubaktiwiteite dra die sekretaris ʼn kenteken wat sy amp aandui.

Die pligte van die eenheidsekretaris is:

1. Vervul die kaptein se pligte in sy afwesigheid. 2. Verseker dat alle eenheidtoerusting teruggebring is na kampering (werk saam met

eenheidkaptein/raadgewer of assistentdirekteur). Maak ‘n nota van enige benodigde herstelwerk.

3. Dien as boodskapper tussen sy eenheid en direkteur soos versoek deur sy raadgewer.

4. Voorsien ʼn verskoningsvormpie aan enige Baanbreker in sy eenheid wat afwesig was, en verseker tydens die volgende vergadering dat die verskoning ontvang is, en korrigeer die rekords soos versoek.

5. Hou alle eenheidrekords op datum, en help op uitnodiging van die klubsekretaris om die maandelikse verslag aan die konferensie te voltooi.

Page 36: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

36

Administratiewe Direkteur (Slegs waar verlang word vir kerke met beide junior en tienerklubs)

1. Die administratiewe direkteur is die skakel tussen die tiener- en junior klubdirekteure. 2. Die administratiewe direkteur sal die lid van die kerkraad wees wat die klubs

verteenwoordig. 3. Wanneer die tiener- en junior Baanbrekerklubs gesamentlik ontmoet, kan die

administratiewe direkteur die gesamentlike aktiwiteite lei. Op sodanige tye sal die direkteure as sy assistente dien.

4. Die administratiewe direkteur se raad en leiding behoort deur die tiener- en junior klubdirekteurs versoek te word. Hulle en hulle klubs sal baat vind by sy gewillige en geredelike bystand.

5. Die administratiewe direkteur is die uitvoerende ampsdraer en raadgewer vir die tiener- en junior Baanbrekerklubs en behoort deur die direkteure van elke klub erken en die nodige eerbetoning gegee te word.

6. Die administratiewe direkteur behoort nie te voel dat, weens sy posisie, hy die reg het om die program uit die hande van die tiener- en junior direkteure te neem nie. Hy sal bereid wees om met enige behoefte of geleentheid te help in geval van nood.

7. Dit sal die administratiewe direkteur se verantwoordelikheid wees om te help met die werwing van nuwe en bykomende personeellede vir die tiener- en junior klubs in samewerking met die direkteure.

8. Die administratiewe direkteur behoort soveel klubvergaderings as moontlik by te woon. Sy belangstelling en teenwoordigheid sal die klub versterk.

9. Konferensiebeleide en aanbevelings kan deur die administratiewe direkteur na die tiener- en junior direkteure deurgegee word, wat op hulle beurt die inligting aan hulle personeel sal oordra. Dit is belangrik dat die administratiewe direkteur alle inligting wat hy ontvang, onmiddellik sal oordra.

10. Die administratiewe direkteur moet ʼn gereelde Baanbrekerkoördineringskomitee hou en met alle direkteure ontmoet (direkteure en assistentdirekteure van die junior-en tienerklubs) om:

a. Elke klub se program van aktiwiteite te bestudeer en dienooreenkomstig verbeterings en aanpassings te oorweeg. Koördineer programme sodat belangrike programme van enige van die klubs nie bots nie.

b. Bou ʼn gelukkige verhouding tussen die twee klubs vir toekomstige aktiwiteite. c. Beplan ʼn opleidingsprogram vir die personeel van elke klub. Die

administratiewe direkteur sal in samewerking met elke direkteur werk en beplan vir die selfverbetering van hulle personeel deur gereelde opleidingsprogramme vir alle personeellede aan te bied. (ʼn Personeelopleidingsprogram is verkrygbaar vanaf die jeugdepartement van die konferensie.)

11. Hy moet ook alle geleenthede koördineer, waarby beide klubs betrokke is, soos Bekledingsdienste, Baanbrekerdae, Saamtrekke, kermisse, ens.

Baanbrekerareakoördineerder Konferensies/velde kan in geografiese gebiede verdeel word met ʼn Baanbrekerareakoördineerder in elke gebied. Die volgende kwalifikasies, prosedures, en pligte moet leiding gee in die verkiesing van ʼn persoon om hierdie pos te vul en as werksuiteensetting te dien vir die persoon wat gekies word. Die Koördineerder behoort deur die konferensiekomitee goedgekeur te word indien hy/sy gesag moet uitvoer. Dit word verstaan dat Areakoördineerders vrywillig dien. I Kwalifikasie vir ʼn Baanbrekerkoördineerder

A. Wees ʼn Hoofrigter B. Moet ten minste vyf jaar Baanbrekerondervinding hê, insluitende drie jaar

van administratiewe verantwoordelikhede. C. In die Baanbrekergebied woon waar hy of sy dien. D. Nie ʼn amp in ʼn plaaslike Baanbrekerklub beklee nie.

Page 37: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

37

E. Enige afwyking van die bogenoemde kwalifikasies moet deur die klubdirekteure van die Baanbrekergebied betrokke en konferensie/sending jeugleiers goedgekeur word.

II Verkiesing van die Baanbrekerareakoördineerder

A. Die tydperk van diens sal twee jaar wees, maar ʼn Baanbrekerkoördineerder kan weer herkies word.

B. Die Administratiewe komitee van elke klub kan ʼn persoon benoem om ʼn Areakoördineerder te word.

C. Elke klub se nominasie sal deur die klub se direkteur aan die konferensie/sending jeugdepartement voorgelê word ten minste 30 dae voor die verkiesing.

D. Verkiesingskomitees wat bestaan uit areaklubdirekteurs, en die met die konferensie/sending jeugdirekteur, sy assistent of aangewese persoon as voorsitter, sal ontmoet en die Baanbrekerareakoördineerder verkies vir die verkiesingskomitee se gebied.

D. Die gekose Baanbrekerareakoördineerder se naam sal aan die konferensie/sending komitee voorgelê word vir goedkeuring.

E. Die nuutverkose Baanbreker Areakoördineerder sal onmiddellik na die goedkeuring van die konferensie/sending komitee sy verantwoordelikhede opneem.

III Pligte van die Baanbrekerareakoördineerder:

A. Basiese pligte wat vereis word:

Die konferensie/sending komitee magtig die Baanbrekerkoördineerder om die volgende funksies te vervul:

→ Wees beskikbaar om hulp te verleen aan die plaaslike

predikant en/of klubleierskap in die promovering en ondersteuning van plaaslike, Unie, en Wêreldkonferensie Baanbrekerbeleide en programme.

→ Besoek elke klub in sy gebied dikwels genoeg om bekend te

raak met die program.

→ Woon Baanbrekerkoördineerders se vergaderings by om met

die beplanning van konferensiefunksies, sowel as die algehele Baanbrekerprogram te help. Hierdie vergaderings sal ten minste kwartaalliks gehou word.

→ Help die konferensie/sending jeugleier tydens saamtrekke,

kermisse, opleidingskursusse, en ander konferensie/sending Baanbrekerfunksies.

B. Ander funksies soos vereis deur plaaslike klubs en/of predikante:

→ Help plaaslike klubs met aktiwiteite soos Baanbrekerdag

programme, bekledingsdienste, inhuldigings, en inspeksies. → Bemoedig kerke sonder Baanbrekerklubs en help hulle om

klubs te begin.

→ Promoveer en lei uit in area aktiwiteite soos kampering-

uitstappies, atletiekbyeenkomste, leieropleidingskursusse, en leiersvergaderings.

Page 38: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

38

C. Opsionele voorstelle:

→ Promoveer deelname in gemeenskapsaktiwiteite soos:

parades en kermisse.

→ Promoveer en lei gebiedswye uitreik- en diensprojekte.

→ Gee ‘n gebiedsnuusbrief uit.

→ Enige ander aktiwiteite wat deur die direkteure van die

plaaslike klubs in ʼn gegewe gebied verlang word.

IV Voorsitter van Baanbrekerareakoördineerders

A. Die konferensie/sending jeugdirekteur of sy assistent sal die voorsitter wees van die die Baanbrekerareakoördineerders se vergaderings.

B. ‘n Vise-voorsitter van die Baanbrekerkoördineerders kan ook vanuit en deur

die Baanbrekerkoördineerders aangestel word. V. Pligte van die Vise-voorsitter

A. In die afwesigheid van die voorsitter, moet die vise-voorsitter die voorsitter

wees van die koördineerders se vergadering en aan die voorsitter verslag doen oor besluite wat tydens so ʼn vergadering geneem is.

B. In ʼn noodgeval en in die afwesigheid van die voorsitter, het hy die

verantwoordelikheid om die koördineerders te organiseer om die voortgesette verloop van die Baanbrekerprogram te verseker.

Lidmaatskap van Komitee

Koördineringskomitee (Waar daar ʼn junior- en tienerklub apart bedryf word onder die leiding van ʼn administratiewe direkteur)

Administratiewe direkteur (voorsitter) Klubdirekteure (junior en tiener) Assistentdirekteure (junior en tiener) Areakoördineerder (ex officio)

Baanbreker Uitvoerende Komitee Klubdirekteur (voorsitter) Assistentdirekteure Sekretaris Tesourier Kapelaan AJ leier Hoof van die Kerkskool Predikant (ex oficio) Jeugbeskermheer/ouderling (ex officio) Administratiewe direkteur (ex officio) Areakoördineerder (ex officio)

Baanbrekerpersoneelkomitee Baanbreker uitvoerende komiteelede as ex-officio, plus:

Page 39: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

39

Raadgewers Junior Raadgewers Instrukteurs Eenheidkapteins kan genooi word om saam met die personeelkomitee te ontmoet

Klublidmaatskap Vereistes Om vir Baanbrekerklublidmaatskap oorweeg te word, moet die applikant ten minste 10 jaar oud wees en nie ouer as 15 jaar nie. Waar daar twee klubs is, sluit kinders tussen die ouderdom van 10 en 12 jaar by die junior klub aan en diegene van 13 tot 15 jaar by die tienerklub. (In sommige gebiede word skoolvlak as riglyne gebruik.) Aansoekvorms vir lidmaatskap verkrygbaar vanaf die klubdirekteur/sekretaris moet voltooi en aan die klubpersoneelkomitee teruggegee word vir oorweging en inhuldiging as ‘n klublid. ‘n Baanbrekerpaspoort is verkrygbaar op aanvraag vanaf die klubdirekteur/sekretaris. (Opsioneel) Alle lede moet lidmaatskapfooie en versekeringsfooie betaal soos vereis deur die klub uitvoerende komitee. Elke Baanbreker behoort die volledige Baanbrekergala- en velduniform te besit en behoort dit gereeld te dra, waar van toepassing. Baanbrekers moet in uniform na vergaderings en klub-geborgde geleenthede kom, soos deur die klubdirekteur aangedui. Lede moet getrou wees in bywoning. Baie klubs stel limiete in op afwesighede en slordigheid, en Baanbrekers wat nie aan hierdie regulasies voldoen nie, kan op proef geplaas word of gevra word om hulle klublidmaatskap te onttrek. Baanbrekers moet die Gelofte en Wet leer en onderhou. Klubaktiwiteite sluit handwerk, uitstappies, gereelde klubvergaderings en Klaswerk, fondsinsameling, kamperings, uitreikaktiwiteite, Vakhonneurs, en ander aktiwiteite, in. Die Baanbreker moet voordat hy by die klub aansluit, instem om in hierdie aktiwiteite deel te neem en saam te werk. Die Baanbreker se ouers moet gewillig wees om met die regulasies en aktiwiteite van die klub saam te werk. Met tye sal hulle versoek word om geld en tyd te voorsien om hulle kind se lidmaatskap te ondersteun. Alle verkose direkteure en gereelde personeel is lede van die klub weens amp.

Page 40: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

40

Baanbrekerklubaansoek (Moet deur applikant voltooi word) Naam _______________________________________ Telefoonnommer _____________________ Adres ___________________________________________________________________________ Skool ____________________________________ Graad ______________ Ouderdom _________ Kerk __________________________________________________________ Geboortedatum ___________/_________/__________ Ek wil graag by die __________________________ Baanbrekerklub aansluit. Ek sal vergaderings, staptoere, kamperings en velduitstappies, uitreikaktiwiteite en ander aktiwiteite, soos vereis, bywoon. Ek onderneem om deur die reëls van die klub en die Gelofte en Wet gelei te word. Baanbreker se handtekening ____________________________________ Datum ______________ Ek was al ‘n Baanbreker Ja Nee (waar) ______________________________ Indien ja, dui aan die klasse wat voorheen voltooi is: Vriend Makker Verkenner Touleier Pionier Rigter Ek het die volgende vakhonneurs voltooi: (Lys op agterkant van vorm) ________________________ Ek het ‘n volledige gala-uniform Ja Nee Ek het ‘n volledige velduniform Ja Nee

Goedkeuring deur Ouer/Voogde Ons het die vereistes vir lidmaatskap van die Baanbrekerklub deurgelees en verduidelik hiermee dat _______________________________ (kind se naam) die ouderdom van 10 jaar of ouer bereik het. Ons is gewillig en verlang dat hy/sy ‘n Baanbreker word. In oorweging van die voordele wat uit die lidmaatskap verkry word, stel ons gewilliglik die klub vry van enige eis teen hulle of die ______________________ Konferensie van Sewendedag-Adventiste vir enige ongelukke wat mag voorkom in verband met die aktiwiteite van die Baanbrekerklub. As ouers/voogde, verstaan ons dat die Baanbreker Klub program ‘n aktiewe een vir die aansoeker is. Dit sluit baie geleenthede in vir diens, avontuur, en pret. Ons sal saamwerk deur: ∂ Te leer hoe ons die aansoeker en sy leiers kan ondersteun.

∂ Die applikant aan te moedig om aktief in alle aktiwiteite deel te neem.

∂ Geleenthede by te woon waarheen ouers uitgenooi word.

∂ Klubleiers te ondersteun deur as leiers te dien indien daarvoor gevra word.

∂ Deur Baanbrekeruniforms en versekering te koop deur die klubtesourier.

Ek is ‘n Hoofrigter: Vader Ja Nee Moeder Ja Nee Ek het met Baanbrekers saamgewerk in die volgende aktiwiteite: ____________________________ _________________________________________________________________________________ Ek is gewillig om die Baanbrekerklub te ondersteun deur te help met die onderrig of op die volgende maniere: _________________________________________________________________________ _________________________________________________________________________________ ____________________________ ________ ____________________________________ (Handtekening van vader/voog) (Datum) (Beroep) ____________________________ _________ _____________________________________ (Handtekening van moeder/voog) (Datum) (Beroep)

Page 41: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

41

Brief Voor Inskrywing Klubdirekteur aan Baanbreker (Gebruik kerk se briefhoof) (Datum) ____________________ Beste _____________________________ (Naam van voornemende Baanbreker) Jou naam is oorweeg vir lidmaatskap in ons ___________________________________ (naam van klub) Ons sal op ______________________________ nuwe lede tot ons klub inskryf. (tyd, datum, plek) Terwyl jy die ingeslote inligting aangaande ons klubprogram oorweeg, weet ek dat jy gelukkig sal wees om een van ons klublede te wees. Hier is ‘n paar dinge wat jy moet weet: Klublidmaatskap is slegs eenkeer elke drie maande oop vir nuwe lede. Om vir lidmaatskap aansoek te doen, sal jy persoonlik saam met jou Baanbrekeraansoekvorm en een of beide van jou ouers op inskrywingsaand moet bywoon. Jy word aangemoedig om jou vriende uit te nooi om ook lede van ons ____________________________ Baanbrekerklub te word. (naam van klub) Dit is vir my aangenaam om jou in te lig dat ons Baanbrekerraadgewers het wat daarvan hou om ‘n goeie tyd saam met jongmense soos jy deur te bring. Indien ek van enige hulp vir jou kan wees deur enige vrae te beantwoord, voel asseblief vry om my te skakel. Telefoonnommer _______________. Ons hoop om jou op inskrywingsaand te sien. Jou vriend en direkteur, Klubdirekteur Nota: Ingesluit is die volgende: Klubprogram vir volgende drie maande en hoogtepunte van die volgende ses maande. Blanko aansoekvorm vir die klub. Uniforminligting. Klubbeleide en standaarde. Versekeringsdekking. Klubgelde: Lidmaatskapfooie: R _______ per jaar, kan weekliks, maandeliks, of kwartaalliks betaal word. Registrasiefooi: R _________________ Versekering: R ___________________

Page 42: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

42

Brief voor Inskrywing Kerkleraar aan Ouer van Baanbreker (Gebruik kerk se briefhoof) ______________ (Datum) ______________ (Naam) ______________ (Adres) ______________ Beste _________________________ Dit is ‘n voorreg om die leraar van ‘n kerk te wees wat verantwoordelik voel om u te help om u seun/dogter voor te berei vir ‘n tuiste met onse hemelse Vader. Ons Baanbrekerklub se direkteur en sy medewerkers het een doel om met ons kinders te werk. Hulle verlang om te help om hulle na ‘n dieper ondervinding met Jesus Christus te lei. Deur die jeug in ‘n viervoudige program van geestelike, verstandelike, ontspannings-, en sosiale aktwiteite te betrek, sal hulle help om hulle in hulle karaktergroei te lei. Hulle het u gebede en liefdevolle samewerking as ouers nodig om hierdie doel te bereik. Inskrywingsaand sal volgende ___________ (dag) aand, _________________ (datum) wees om _____ (tyd) by die _______________________ (plek). U sal beplan om _____________________ (kind se naam) dan in te skryf, sal u nie? Ek sal op die uitkyk wees vir beide van u. Laat ons God se belofte onthou, “Oefen die seun volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie” (Spreuke 22:6). U broeder in Christus, Leraar

Page 43: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

43

Uniform Die Baanbrekeruniform help om die Baanbrekerprogram wesenlik en sigbaar te maak. Dit is sinnebeeldig en verteenwoordigend van die wêreldwye klub se ideale en standaarde. Elke individuele lid word ‘n onontbeerlike verteenwoordiger van die organisasie, en deur die dra van die uniform sal dit help om ‘n bewustheid daarvan te voorsien om aan ‘n klub te behoort wat die Adventiste jeug van vandag reg voorstel. Indien die uniform as gewone klere gedra word, sal dit nie aan die doel beantwoord nie. Die uniform behoort altyd netjies en skoon te wees. Om dit as alledaags te dra vir gewone speel en werk, verminder die waardigheid daarvan. Die Baanbrekerklubprogram behoort vir elke lid so waardevol te wees dat die uniform verkry en met entoesiasme gedra sal word. Daar word aanbeveel dat die uniforms tydens die volgende geleenthede gedra moet word:

∆ By alle Baanbrekervergaderings

∆ By enige openbare byeenkoms waar enigiemand of almal optree as:

Boodskappers Plekaanwysers Erewag Kleurwagte

∆ By geleenthede soos deur die Baanbrekerdirekteur gespesifiseer

∆ By spesiale Baanbrekerdienste

∆ Terwyl daar besig is met ‘n getuienisaktiwiteit, of gemeenskapsdiens soos

Oesinsameling, uitdeel van kospakkies, blomme, leesstof, ens. Uniforms behoort nie gedra te word:

∆ Deur nie-lede nie

∆ Wanneer besig is om fondse in te samel of dinge te verkoop vir persoonlike wins nie,

of vir kommersiële of politieke doeleindes

∆ Op enige tyd of plek wanneer die dra daarvan die organisasie skade sal aandoen of

‘n refleksie op die uniform sal plaas nie, die waardigheid en respek daarvan sal verlaag, en dit algemeen sal maak. Bestelling van Uniforms Baanbrekeruniforms word van ____________________________________ bestel. Die klubsekretaris kan verantwoordelik wees vir die bestelling van beide die erkenning en onderskeidingstekens. Die Uniform Elk van die Wêrelddivisies bepaal huidige beleid, spesifikasies en prosedures. Basiese Uniform Behoort die Baanbrekerwêreldembleem en die Baanbrekerserp in te sluit. Ander onderskeidingstekens en style van uniforms word deur elke Divisie bepaal binne die beperkings van die norme en ekonomiese toestande van die velde onder hulle sorg. Die Onderskeidingstekens Terwyl die uniform van die Baanbrekerklub in streke of selfs lande dwarsdeur die wêreld verskil, is die onderskeidingstekens en waar dit vertoon word, universeel dieselfde. Die ontwerp en plasing van die onderskeidingsteken en/of die aanbring van enige verandering of toevoegings is die verantwoordelikheid van die Wêreld Baanbrekerdirekteur en die Wêreldkonferensie in samewerking met die divisies. Klubs, konferensies, unies en divisies maak geen uitsonderings of veranderings sonder die besliste toestemming van die Wêreld Baanbreker Hoofkwartiere nie. Die onderskeidingstekens word in twee kategorieë verdeel:

Page 44: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

44

1. Identifikasie onderskeidingstekens is die groep embleme wat die organisasie voorstel waaraan die persoon behoort. 2. Erkenning/toekenningsonderskeidingstekens is embleme wat klasprestasie, posisie, of spesiale prestasies in optrede of diens, aandui. Die volgende is ‘n beskrywing en die posisie van amptelike Baanbrekerklubonderskeidingstekens: Baanbrekerdriehoekembleem Hierdie is die simbool wat die Baanbrekerklub verteenwoordig. Die 5-cm driehoek word op die pet, mus, ens. gedra. Die Baanbrekerklubembleem driehoek (7.5 cm) in die plaaslike taal word op die regtermou, skouerhoogte gedra. Baanbrekerklubnaam

Hierdie word op die regtermou van die hemp/meisie se bloes, en gala-uniformbaadjie (1.2 cm) onder die skouersoom gedra. Dit word bokant die personeelnaamstrook en Baanbrekerdriehoek op die regtermou gedra.

Personeelamp Moustrook

Area/distrik direkteur/koördineerder, klubdirekteur, assistent-direkteur, instrukteur, raadgewer, en junior raadgewer kan ‘n strook dra wat hulle posisie aandui; dit word onder die klubnaam (5-cm) onder die skouersoom en (.08-cm) bokant die Baanbrekerdriehoek op die regtermou gedra.

Baanbrekerwêreldembleem Hierdie ovaal simbool, wat die Baanbrekerdriehoek insluit, verteenwoordig die wêreldwye organisasie van Baanbrekerklubs van die Sewendedag-Adventistekerk. Hierdie simbool word gedra op die linkermou van hemp/meisie se bloes, en gala-uniformbaadjie. Dit word (1.2-cm) onder die skouersoom geplaas.

Nekdoek, Baanbreker

Hierdie is geel met die Baanbrekerwêreldembleem as die logo op die agterkant. ‘n Opsionele skuifstuk is verkrygbaar. Dit kan deur alle ingehuldigde Baanbrekers en Nie-Hoofrigter personeel gedra word.

Nekdoek, Hoofrigter

Hierdie is geel met die Hoofrigterwapen op die punt van die driehoek gedruk. Die onderskeidende Hoofrigterskuifstuk met die Hoofrigterwapen word saam met die nekdoek gebruik. Dit moet slegs deur diegene gedra word wat as Hoofrigters beklee is.

Baanbrekerklasmoustrepe

Die volgende is ‘n beskrywing van Baanbrekererkenningonderskeidingstekens: Word op die linkermou onder die Baanbrekerwêreldembleem geplaas. Die volgorde van bo tot onder is Hoofrigter, Rigter, Pionier, Touleier, Verkenner, Makker en Vriend. Alle persone (Hoofrigters ingesluit) behoort slegs die klasonderskeidingstekens te dra waarin hulle beklee is.

Hoofrigterster

‘n Geborduurde goue ster word op die linker mou gedra. Wanneer alle Baanbrekerklasse en die Hoofrigterkursus voltooi is, mag die Hoofrigterster en al die individuele moustrepe gedra word.

Baanbrekerklasspeldjies Met bekleding vir elke klas, verdien die Baanbreker ‘n speldjie van erkenning om op die uniform gedra te word: Hierdie kan in die middel regoor die bokant van die linkersak gedra word. Die Hoofrigterspeldjie moet in die middel bokant die linkerkant geplaas word met die speldjies van die ander klasse waarin die Hoofrigter beklee was, in ‘n ry daaronder gesentreer, of die Hoofrigter kan kies om slegs die Hoofrigterspeldjie te dra. Wanneer gevorderde vlak onderskeidingstekens verdien is, kan die klasspeldjies op die skouerband geplaas word.

Page 45: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

45

Klassakstrook Gesentreer net bokant die linkersak van die hemp of bloes kom die Baanbrekerklasstrook vir die hoogste Baanbrekerklas waarin die indiwidu beklee was. Dit behoort gelyk met die bokant van die uniform hempsak te wees.

Gevorderde Baanbrekerklaslint/Stafie

Hierdie word slegs gedra deur diegene wat die vereistes voltooi het, aan die linkerkant van die hemp of bloes net bokant die Baanbrekerklasstrook.

Baanbrekervoortreflikheidslint

Hierdie word aan die linkerkant van die hemp, bloes, of rok bokant die sak gedra. Dit is gewoonlik bokant die Baanbrekerklassakstrook of Gevorderde Baanbrekerklaslinte.

Kaptein- en Sekretariswapens

Moet deur die kaptein en sekretaris op die skouerband gedra word, of bokant die regterkantse sak van die hemp/bloes geposisioneer.

Baanbrekerskouerband

Hierdie word oor die regterskouer (onder die nekdoek) gedra en onder die linkerarm, die laagste punt van die skouerband wat rus teen die linkerkant van die liggaam. Dit dien as ‘n versamelpunt vir Vakhonneurkentekens en alle ander Baanbreker-gerigte embleme wat die draer verdien het. (Gekoopte items moet nie hier ingesluit word nie.)

Baanbrekerpersoneeldienssterre

Hierdie word van die konferensie/sending direkteur verkry. Daar is twee opsies: 1) Geborduurde materiaalsterre kan op die regtermou gedra word, gesentreer (0.08-cm) onder die punt van die (7.5-cm) Baanbrekerdriehoekembleem. 2) Metaalsterre kan op die linkerkantse sak gedra word. Slegs een ster met die numeriese aanduiding van die opgehoopte jare van verifieerbare diens behoort gedra te word. Dienssterre word jaarliks toegeken deur die konferensie/sending wat ‘n rekord van jare diens byhou.

Epaulette, Strepe, Rangsterre ‘n Opsionele groen epaulette word deur tiener Baanbrekers, junior raadgewers, raadgewers en instrukteurs gedra. Opsionele goue strepe, stafies, sterre of verskillende kleure sierbande word vir elke vlak van konferensieleierskap gedra. Hierdie items word deur plaaslike konferensies, unies, of Divisies uitgekies. Nie meer as een opsie kan gedra word nie en moet standaard wees aan die organisasie se vlak van keuse.

Page 46: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

46

BAANBREKERONDERSKEIDINGTEKENS POSISIES OP HEMP

Page 47: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

47

Baanbrekeronderskeidingtekens LINKER MOU

Kombinasiemoustrepe Individuele Moustrepe

Page 48: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

48

Baanbrekeronderskeidingtekens REGTERMOU

AREAKOÖRDINEERDER

DIREKTEUR

ASST. DIREKTEUR ← Personeeltitel (slegs een)

Kan ook hoogste

INSTRUKTEUR Baanbrekerklasstrokie

insluit (Opsioneel)

RAADGEWER

JNR. RAADGEWER

Page 49: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

49

Baanbrekeronderskeidingtekens LINKERMOU OPSIES

Page 50: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

50

ANDER OPSIES

Gebaseer op kriteria wat deur elke Divisie Jeugdepartement goedgekeur word

Page 51: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

51

ANDER OPSIES

Gebaseer op kriteria wat deur elke Divisie Jeugdepartement goedgekeur word.

Page 52: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

52

ANDER OPSIES

Gebaseer op kriteria wat deur elke Divisie Jeugdepartement goedgekeur word.

Page 53: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

53

Baanbrekervoortreflikheidstoekenning

Doel Terwyl Baanbrekers ontwerp is om die jeug te help om die waarde van groepdeelname te waardeer, behoort daar nie vergeet te word dat daar ruimte is vir die ontwikkeling van die jong persoon as ‘n indiwidu. ‘n Baie groot deel van Baanbrekers is groepaktiwiteit. Dit is noodsaaklik om die kuns van samewerking aan te leer, wat ‘n noodsaaklike bestanddeel is in die samestelling van ‘n gebalanseerde Christen. Die Baanbrekervoortreflikheidstoekenning is ontwikkel om individuele prestasie oor ‘n een jaar periode te erken. Soos met die klasbekledingspeldjies en Vakhonneurkentekens behoort die Baanbrekervoortreflikheidstoekenning slegs aan diegene toegeken te word wat ‘n hoë standaard van bekwaamheid soos in hierdie riglyne uiteengesit, bereik het.

Keuringsproses Na aan die afsluiting van die Baanbrekerjaar tree die Baanbrekerklub uitvoerende komitee op as die toekennings-erkennings-keuringsgroep vir hulle klub. Hulle sal elke Baanbreker se rekord van prestasie met die kriteria vergelyk om vas te stel wie in die klub vir hierdie toekenning kwalifiseer. (Meer as een manier kan kwalifiseer sowel as geen kan kwalifiseer nie.)

Kriteria Die volgende kriteria moet deur die Baanbreker uitvoerende komitee aangewend word wanneer daar besluit word of ‘n klublid geregtig is op die Baanbrekervoortreflikheidstoekenning: Die Baanbreker –

1. Is ‘n aktiewe lid van die Baanbrekerklub en was dit vir twee of meer jaar. 2. Is ‘n voorbeeld in uniformvereistes, is betyds vir alle vergaderings, en werk aktief as leier in

hulle eenheid. 3. Glo in en leef volgens die Baanbrekergelofte en Wet. Bewys lojaliteit teenoor hierdie

Baanbreker ideale en hou daarby as ‘n heilige eer. 4. Aanvaar gewilliglik toegewese verantwoordelikhede en demonstreer inisiatief en leierskap in

die eenvoudige uitvoering daarvan of as ‘n spanpoging. 5. Hou persoonlike toerusting in die beste moontlike toestand. 6. Tree op ‘n positiewe Christelike manier teenoor alle rasse en hele groepe op. 7. Voltooi jaarliks die huidige Baanbrekerklas, en verdien ook daarby die Vakhonneurs wat

aangebied word.

Wanneer en deur Wie Behoort die Toekenning Aangebied te Word Die Baanbrekervoortreflikheidstoekenning moet verkieslik tydens ‘n Baanbrekerdagprogram in die kerk gedoen word deur die dienende Baanbrekerleier of tydens die jaarlikse Bekledingsdiensprogram deur die leier wat die bekleding waarneem of by die Konferensiesaamtrek of kermis deur die konferensie jeugleier.

Hoe Behoort dit Gedra te Word? Bokant die gevorderde klaslinttoekennings gedurende die jaar wat volg op die aanbieding van die toekenning. Indien die Baanbreker nie weer kwalifiseer nie, moet dit in die Baanbreker se voorraad van herinnerings geplaas word. Die toekenning mag slegs gedurende die jaar wat op die toekenning volg, gedra word.

Wanneer Behoort dit Gedra te Word? Die toekenning word ‘n integrale deel van die gala-uniform en kan vir 1 jaar vanaf die datum van aanbieding gedra word. Na die einde van elke jaar, word die draer weer geëvalueer om die voortsetting van hierdie voorreg of terugtrekking daarvan, te bepaal. Wanneer ‘n Baanbreker die klub verlaat, mag hy/sy die toekenning behou vir permanente gebruik slegs indien hy/sy gedurende hulle finale jaar gekwalifiseer het. Volwassenes wat nie Baanbrekers was nie, behoort dit nie te dra nie.

Page 54: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

54

Merietestelsel

Filosofie van Merietestelsel Die algehele doel van Baanbrekers is om seuns en dogters voor te berei vir die wederkoms van die Here. Enigiets minder is onvolledig. Elke idee, plan, of benadering wat in die meesterprogram van die Baanbrekerklub ingebou is, behoort te help om persoonlikheid en karakter te ontwikkel. Een gebied wat dikwels nagelaat word, maar wat tog so nodig is vir persoonlikheid- en karakterontwikkeling, is die beoefening van selfdissipline of -beheer. “Die grootste gevaar vir die jong persoon,” sê Ellen White, “is ‘n gebrek aan selfbeheersing.” - Counsels on Diet and Foods, bl. 243. Die merietestelsel help nie slegs om die persoonlikheid en karakter te ontwikkel nie, maar lei seuns en dogters ook tot ‘n gepaste verhouding met andere deur die beoefening van selfdissipline en selfbeheersing. Hulle leer om hulleself te meet aan ‘n standaard eerder as aan mekaar. Dit help hulle om die belangrikheid van gehoorsaamheid aan die natuurlike en morele wette van die lewe te leer en om ferm selfbeheer toe te pas in hulle verhouding daarmee. Ons hou almal daarvan om beloon te word vir ons pogings in die lewe. Onselfsugtige belonings wat verdien en verkry word sonder om verlies en hartseer vir andere te veroorsaak, is goed. Selfs God ons Vader bied aan Sy getroue kinders die beloning van die ewige lewe. Die merietestelsel bied belonings van vakhonneur uitstappies en spesiale avonture aan die seuns en dogters wat ‘n totaal van 75 persent of meer van die totale moontlike punte oor ‘n gegewe tydperk soos ses maande behaal. (Die tyd en persentasie kan aangepas word vir die plaaslike behoefte of wens.) Dit beteken dat almal wenners kan wees, en niemand hoef ‘n verloorder te wees nie. God het nooit bedoel dat enigiemand ‘n verloorder moet wees nie, maar dat almal wenners moet wees. Seuns en dogters hou van ‘n uitdaging. Soms is hulle terughoudend om betrokke te raak, tensy ‘n beloning na hulle uitgehou word. Wanneer hulle eers betrokke is, raak hulle lief vir gesonde samesyn en positiewe uitdagings en, in plaas daarvan om deel te neem vir die beloning, neem hulle nou deel omdat hulle dit geniet. Die merietestelsel moedig deelname en betrokkenheid aan en open so die deur vir karakterontwikkeling. Die volgende is ‘n lys van ‘n paar voordele van die Baanbreker merietestelsel: 1. Die merietestelsel spoor deelname en betrokkenheid aan. 2. Dit help om persoonlikheid en karakter te ontwikkel. 3. Dit beklemtoon ook die belangrikheid van individuele verantwoordelikheid. 4. Baanbrekers leer om teen ‘n standaard te kompeteer in plaas van teen mekaar. 5. Die merietestelsel ontwikkel samewerking en koördinasie, in plaas van kompetisie. 6. Dit bied ‘n regverdige en voordelige beloning aan diegene wat ‘n poging aanwend om uit te blink deur individuele inisiatief. 7. Dit ontwikkel ‘n houding van selfdissipline en selfbeheersing, en help dus om ‘n goed- beheerde klubatmosfeer te verseker.

Merietepuntetoekenning Nie slegs kan merietepunte vir bywoning, uniform, en ledegelde toegeken word nie, maar ook vir baie ander dinge soos bepaal deur die Baanbrekerklub uitvoerende komitee. Dit is wys om die beleid te volg om nie aan Baanbrekers ekstra punte toe te ken vir alles wat hulle doen nie. In baie gevalle hoef hulle nie te weet dat hulle punte sal ontvang nie, tot nadat hulle deelgeneem het. Alle Baanbrekerklublede sal in ‘n punteplan bekend as ‘n “Merieteprogram” deelneem.

Klublede sal ‘n waarde van tussen 0 tot 10 punte ontvang vir volle uniform, netheid, en eenheidaandag.

Lede sal 10 punte ontvang vir stiptelike bywoning (betyds).

Lede sal 6 punte verloor vir onverskoonbare traagheid.

Lede kan ekstra punte verdien vir hulpvaardigheid aan die klub of leierskap.

Lede sal ‘n waarde van 0 tot 15 punte ontvang vir klubdeelname, (ongehoorsaamheid, luidrugtigheid, hoflikheid, ens. word oorweeg). Die Baanbrekerwet word ‘n lewende demonstrasie.

Page 55: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

55

Daar is toekennings vir die verkryging van ‘n sekere persentasie van punte vir beide die indiwidu en die eenheid.

Punte wat gebruik word, kan deur die plaaslike Baanbreker uitvoerende komitee bepaal word.

Die punte soos hierbo voorgestel, word by elke amptelike Baanbrekerklubvergadering uitgegee soos gepromoveer vir die Baanbreker kalenderjaar en twee weke voor die begin van ‘n nuwe kwartaal.

Algemene Regulasies

1. Lede sal in ‘n eenheid geplaas word bestaande uit 6 tot 8 lede en daar sal van hulle verwag word om met die raadgewer, kaptein, sekretaris, en ander lede saam te werk.

2. Lede sal nie die vergadering verlaat sonder die verskoning van die direkteur nie. 3. Daar word van lede verwag om in driloefeninge deel te neem om sodoende spanwerk,

koördinasie, presiesheid en respek te leer. 4. Daar word van lede verwag om ‘n volledige uniform aan te koop teen die tyd wanneer die

Baanbrekerklub se inhuldigingseremonie gehou word. 5. Die plaaslike Baanbrekerklub reik die uniformonderskeidingstekens uit wat deur die

Baanbreker gedra moet word. 6. Enige afwyking van die standaard beleid van die Baanbrekerklub moet deur die Baanbreker

uitvoerende komitee goedgekeur word, en dan aan die kerkraad wat die klub borg en die ouers van die Baanbrekers oorgedra word.

Afwesighede, Traagheid, en Terugbetalings Hierdie reëls is opgestel om die Baanbrekerklub te versterk. Hierdie reëls asook plaaslike klubstandaarde help ook die gesin en die plaaslike kerk om waarde te heg aan Baanbrekerklublidmaatskap.

√ Baanbrekerouderdom kinders wat by die Baanbrekerklub wil aansluit, moet ‘n gewone

aansoekvorm voltooi saam met hulle ouer(s)/voog.

√ Op die inskrywingsaand, wanneer die aansoek aan die klubdirekteurs oorhandig word, moet

die klubgelde betaal word. Die klubgelde bestaan uit drie dele: klubfooie, versekering, en die registrasiegeld. In sommige plekke word klubgelde weekliks ontvang en nie slegs op inskrywingsaand nie.

√ Die hantering van afwesighede, traagheid en verlating van die klub.

√ Vir elke onverskoonbare traagheid is daar ‘n boete van 6 punte.

√ Alle onverskoonde afwesighede vir een kwartaal van die Baanbreker jaar word

aangeteken en opgetel. Daarna tel dit nie langer teen die Baanbreker se rekord nie (vergelyk bl. 69).

√ Die lid van die Baanbrekerklub word geskors na drie onverskoonde afwesighede van

geskeduleerde geleenthede. (Dit word op inskrywingsaand uitgegee en beskikbaar gestel.) Verskoonde afwesigheid word deur die Baanbrekerklub uitvoerende komitee bepaal en sal siekte van die Baanbreker, vervoerprobleme, of gesinsvakansie, ens. insluit. Geskorste Baanbrekerklublede wat weer wil aansluit, kan dit doen (i) by die volgende inskrywingsaand wat gewoonlik aan die begin van die volgende kwartaal is; (ii) en deur weer die registrasiegelde te betaal. Die Baanbreker verbeur ook om te kwalifiseer vir enige Konferensie Baanbrekertoekenning vir uitstaande Baanbrekerprestasie.

√ Wanneer ‘n Baanbreker die klub vir enige rede verlaat, word hulle registrasiegeld op die

volgende manier terugbetaal: 1 week – 5 weke 50% 6 weke en meer 0%

Page 56: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

56

Merietestelsel Puntetellingbladsy Voorbeeld A Naam van Eenheid _____________________________ Eenheidnommer ____________________ Raadgewer ___________________________________ Kaptein ___________________________ Datum ______________________________________

Items wat nagegaan moet word

Naam Uniform Ledegeld Bywoning Ander

1.Kaptein

2.Sekretaris

3.

4.

5.

6.

7.

8.

Datum:

Page 57: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

57

Eenheidverslag Voorbeeld B Klub ____________________________________ Eenheid ______________________________ Jaar ____________________________________ Trimester _____________________________ Naam ___________________________________

Naam van Eenheidlede Ouderdom Graad Week

Kaptein 1 2 3 4 5

1.

2.

3.

4.

5.

6.

7.

8.

Kode: T = Teenwoordig; Tr = Traag; A = Afwesig Handwerk(e) ______________________________________________________________________ (Bogenoemde aangebied tydens klubvergaderings) Vakhonneur(s) ____________________________________________________________________ (Deur Baanbreker in eie tyd voltooi) Maandelikse Eenheidaktiwiteite _______________________________________________________ Items van Belang __________________________________________________________________ Datum deur Raadgewer ontvang ________________ Kaptein se handtekening _________________

Page 58: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

58

Eenheidverslag Voorbeeld C Klub __________________________________ Eenheid _________________________________ Jaar __________________________________ Trimester ________________________________ Naam _________________________________

Bywoning *DJG 1ste Maand _________ Betyds ___________________________________ 2de Maand _________ Klubgelde ________________________________ 3de Maand _________ Uniform __________________________________ 4de Maand _________ Persoonlik ________________________________ Klubgees _________________________________ Raadgewer ___________________________________________________ Kaptein ______________________________________________________ Sekretaris ____________________________________________________ Totaal ________________________________________________ _________________________________________________________________________________

Bywoning *DJG 1ste Maand _________ Betyds ___________________________________ 2de Maand _________ Klubgelde ________________________________ 3de Maand _________ Uniform __________________________________ 4de Maand _________ Persoonlik ________________________________ Klubgees _________________________________ Raadgewer ___________________________________________________ Kaptein ______________________________________________________ Sekretaris ____________________________________________________ Totaal ________________________________________________ *DJG = Deel Jou Geloof

Page 59: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

59

Finansies Behoefte aan Finansies Indien Baanbrekers die regte soort opleiding vir die jeug van die kerk moet voorsien, moet dit toerusting, voorrade en klubfasiliteite hê wat die program aantreklik sal maak. Van nature is daar uitgawes betrokke by die bedryf van ‘n suksesvolle Baanbrekerklub. ‘n Klub kan nie oorleef sonder die noukeurige bestuur van fondse en voldoende beplanning vir die jaar nie. ‘n Begroting behoort noukeurig voorberei te word, met die hulp van personeel, en aan die Baanbreker uitvoerende komitee en kerkraad vir goedkeuring voorgelê te word. Geoorloofde fondsinsameling en volgehoue promovering in die kerk is noodsaaklik om finansiële ondersteuning en entoesiasme te behou. Besondere sorg moet gegee word aan die verdeling en hantering van fondse. Klubs behoort ‘n tesourier te verkies, gewoonlik ‘n assistent-direkteur. Die tesourier behoort enige geld wat die klub ontvang aan die kerktesourier te oorhandig. Die klub sal ‘n kwitansie ontvang en die kerkboeke sal geoudit word, wat beskerming vir die ampsdraers van die klub sal voorsien. Die klubtesourier behoort die kerktesourier vir ‘n bedrag te vra om te gebruik in die vorm van kleinkas. Daar behoort deur ondersteunende kwitansies vir hierdie geld verantwoording gedoen te word. In gebiede waar twee of meer kerke ‘n enkele Baanbrekerklub vorm, verkies hulle ‘n tesourier om die groter klub te bedien. Hierdie verkose tesourier hou alle klubfondse. Die tesouriers van die bydraende kerke stuur alle Baanbrekerfondse aan die klubtesourier. Die klubboeke word dan eenkeer per jaar geoudit om sodoende die klubampsdraers te beskerm.

Klubbronne van Inkomste 1. Jaarlikse Ledegelde Daar word van elke lid verwag om ‘n redelike bedrag per Baanbreker jaar te betaal as deel van sy lidmaatskapverpligting. Hierdie gelde behoort nie hoog te wees nie. Dit behoort nie te veroorsaak dat enige voornemende lid die voorreg van lidmaatskap ontsê word nie, maar elke lid moet besef dat alles wat die moeite werd is iets kos. 2. Kerksubisidie – Rentmeesterskap Kerke moet die Baanbrekerklub in die kerkbegroting insluit. Kerke wat besef dat die bedryf van ‘n goeie klub belangrik is vir die totale kerkprogram, sal gewillig wees om ‘n gereelde bedrag tot die klub se uitgawes by te dra. Alle klubleiers behoort aan te dring dat hierdie saak deur die kerkraad oorweeg word. 3. Offergawes ‘n Offergawe word op Baanbreker Sabbat opgeneem. Hierdie offergawe word gewoonlik toegewys vir ‘n spesiale klubprojek soos in die begroting uiteengesit. 4. Geborg deur Kerklidmate Hier is ‘n geldige manier om spesiale projekte te finansier en geld in te samel. Kerklidmate kan oorreed word om ‘n klub te borg of sommige van die aktiwiteite en behoeftes van die klub. Baie lidmate het die saak van die Baanbrekers gehelp, veral wanneer hulle kinders in die klub het. 5. Spesiale Projekte Terwyl dit nie die plig van die Baanbrekers is om te veel tyd te bestee aan fondsinsamelingsprojekte nie, kan ‘n bietjie tyd elke jaar bestee word vir spesiale projekte soos toerusting, nuwe klubgebou, ens. Dit kan die entoesiasme en verbeelding van elke lid aangryp. Die nuwe klubgebou of die nuwe toerusting sal dan baie meer vir die Baanbrekers beteken. 6. Fondsinsamelingsveldtogte Terwyl hierdie fondsinsamelingsavonture beplan word, is dit goed om te onthou dat alle fondsinsameling sekere riglyne behoort te hê en die volgende instruksies behoort in gedagte gehou te word:

a) Alle fondsinsamelingsprojekte behoort die goedkeuring van beide die Baanbreker uitvoerende komitee en die kerkraad te hê, asook die stadsraad, waar nodig.

b) Klubs behoort aangemoedig te word om produkte te verkoop wat in ooreenstemming is met die gesondheidsbeginsels van die Sewendedag-Adventistekerk.

Page 60: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

60

c) Wanneer ‘n openbare veldtog in die gemeenskap aangepak word, ontstaan daar geleenthede vir die Baanbrekers om te getuig. Leesstof wat by elke kontak gelaat word, laat ‘n blywende invloed.

d) Dit is goed om die een of ander aansporing vir die Baanbrekers te voorsien in die vorm van klein pryse, linte, toekennings, ens.

e) Stel doele en werk om dit te bereik. Dit is beter om ‘n bereikbare doel te stel sodat die Baanbrekers die bevrediging sal smaak om dit te bereik of dit te oortref, eerder as om teleurgestel te word.

f) ‘n Woordjie oor verkoopkuns: Organiseer die klub in die program van verkoopkuns. Deel een of ander tipe gebruiksartikel uit. Nuwe idees moet ingestel word om die Baanbrekers se belangstelling te hou. Hou op voordat die belangstelling begin afneem. Moenie enige plan oordoen nie. Baanbrekers behoort nie met veldtogte oorlaai te word nie.

7. Fondsinsamelingsidees a) Voorbereiding en bediening van Voedsel. Spaghetti of pizza middagetes, tuisgemaakte

roomys aandetes, pastei aandetes, ens. is slegs ‘n paar idees vir hierdie fynproewer aktiwiteit.

b) Verkope by Sosiale Byeenkomste van die Kerk. Die Baanbrekers kan verversings, toebroodjies, ens. by sosiale byeenkomste van die kerk voorsien, en nog beter, vra die lidmate om verskillende soorte verversings te bring wat hulle aan die Baanbrekers sal skenk om by die sosiale geleentheid of enige spesiale program te verkoop.

c) Deur-tot-Deur Verkope. Kerskaarte, naamkaartjies en naametikette, penne met die klub se naam daarop, kalenders, merkers vir die grasperk en posbus, vrugtekoeke, seep, grondboontjies, en ‘n horde ander items kan van deur-tot-deur vir die klub verkoop word.

d) “Maak en Verkoop” Items. Dit is ‘n goeie program aangesien dit die Baanbreker in die klubaktiwiteite betrek, en hom die geleentheid bied om die item wat hy gemaak het vir fondsinsameling te verkoop. Dinge soos vatlappe, syblomme, en blaarrangskikkings, gedroogde rangskikkings, volgraanbrood, gipsprente, kuns en handwerk, Kersrangskikkings, ens. is slegs ‘n paar van baie dinge wat gedoen kan word.

e) Veilings. Hou wit olifant uitverkopings, stokperdjie uitstallings, troeteldierskoue, of ‘n veiling met ‘n goeie afslaer. ‘n Redelike toegangsfooi kan gehef word.

f) Werksprojekte.

¤ Werk in klein groepies en hark blare

¤ Politoer skoene

¤ Pas babas op

¤ Was motors

¤ Opruimingsprojek

Fondsinsamelingsbeleid

Hier is ‘n paar algemene riglyne om te bepaal of die voorgestelde projek voldoen aan die standaarde soos uiteengesit vir fondsinsamelingsprogramme:

1. Is die fondsinsamelingsprogram deur die plaaslike kerkraad en die Konferensie Jeugbedieninge Departement goedgekeur?

2. Is die plan in harmonie met enige regulasies van die plaaslike gemeenskap? 3. Is dit so opgestel dat dit nie lyk na enige vorm van dobbel nie? 4. Sal die produk wat verkoop gaan word, indien dit die geval is, op eie meriete verkoop word en

sonder verwysing na die behoeftes van die Baanbreker of die klub? 5. Sal die aankopers waarde vir hulle geld kry? 6. Is daar enige ander Baanbrekerklubs wat dieselfde terrein as u dek gedurende dieselfde tyd

van u fondsinsamelingsprogram? 7. Is u redelik seker van die feit dat niemand wat werk nodig het hulle werk sal verloor as gevolg

van die fondsinsamelingsprogram nie? 8. Sal die fondsinsamelingsprogram die karakter van die Baanbrekers en die Sewendedag-

Adventistekerk beskerm en die konferensie onder geen verpligting laat vir enige ooreenkoms of finansiële verantwoordelikheid nie?

9. Word die gemeenskap uitgenooi om deel te neem? Moenie fondsinsameling slegs tot die kerklidmate beperk nie.

Page 61: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

61

Baanbreker Inkomste en Uitgawe Joernaal

Datum Kontant Ontvang Beskrywing Kontant Uitgegee

Balans

12/07/2002 R100,00 Baanbreker Dag Offergawe R100,00

12/14/2002 Embleem R5,00 R95,00

1/5/2003 Handwerkuitgawes R30,00 R65,00

1/8/2003 R40,00 Donasie R105,00

1/26/2003 Werksbank R20,00 R85,00

2/9/2003 R21,00 Klubgelde R106,00

2/16/2003 Noodhulptoerusting R8,00 R98,00

2/26/2003 R200,00 Kerksubisidie (kongres) R298,00

3/12/2003 Baanbrekerkongres R200,00 R98,00

3/16/2003 R12,00 Klubgelde R110,00

3/20/2003 Handwerkuitgawes R15,00 R85,00

3/24/2003 4 Klein tente R40,00 R45,00

3/31/2003 Uniforms R35,00 R10,00

4/6/2003 R18,00 Klubgelde R28,00

4/10/2003 Voorrade van Konferensie R22,00 R6,00

4/13/2003 R400,00 Kamperinggelde R406,00

4/17/2003 Kamperinguitgawes R350,00 R56,00

4/27/2003 Baanbreker Kermisuitgawe R50,00 R6,00

Eerste Trimester Verslag aan Kerkraad en Gemeentevergadering voorgelê

Page 62: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

62

Voorbeeld van Baanbrekerklubbegroting* Doelstellings

1. Leer verlossing deur Baanbrekeraktiwiteite 2. Bedien ons kerk en gemeenskap

Klubinkomste Klubgelde R 600,00 (R10,00 per lid per jaar) Borge R 500,00 Baanbrekeroffergawes R 750,00 Klubprojekte R1 000,00 Kerksubsidie R1 000,00 (Gebaseer op R1,45 per maand per klublid) Totaal R3 850,00 Klubuitgawes Handwerk R 600,00 Klerikaal R 65,00 Posseëls, ens. Openbare Verhoudings R 250,00 Kamera, Bulletinbord Inhuldiging R 50,00 Kerse, Verversings Kamperings R 150,00 Reis R 600,00 Velduitstappies, Uitgawes na en van Kamperings, ens. Voertuiginstandhouding R1 000,00 Herstelwerk aan Bus Baanbreker Versekering R 60,00 R1 per persoon per jaar RMS Administrasiekoste R 250,00 Behalwe – Merieteprogram Personeeloriëntering R 200,00 Opleiding Biblioteek R 250,00 Kampeertoerusting R 200,00 Tente, stowe, Koelkas Toekennings R 175,00 Bekledingspeldjies, Wapens, ens. R3 850,00 Jaar Totaal Waardes en Rente (Baanbrekerklub Bediening) Kerksubsidie 35% van klubinkomste Kerklidmate 1400 = R1,25 per lidmaat per jaar (2.5 c per week) Kerkfamilies 600 = R1,67 per familie per jaar (3.2 c per week) *Gebaseer op ‘n algemene Baanbrekerklub. Begroting behoort opgestel te word ooreenkomstig die geldwaardes van elke land.

Page 63: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

63

Verslagdoening Die wêreldwye Baanbrekerprogram word volgens ‘n spesiale puntetellingplan bedryf, aangepas om in die betrokke behoeftes van elke divisie, unie en konferensie te voorsien. Hierdie puntetellingplan is gebaseer op ‘n verskeidenheid basiese Baanbrekeraktiwiteite wat algemeen is vir alle klubs. Hierdie stelsel stel klubs in staat om die klub op ‘n sistematiese manier te bedryf en ‘n algemene patroon oor ‘n gegewe tydperk te volg. Die puntetellingplan hieronder sit die spesifieke gebiede uiteen waarvoor op ‘n gereelde basis in die klubprogram voorsiening gemaak moet word, en punte word vir die vervulling van elkeen van die vereistes soos genoem, toegeken. Spesiale verslagvorms moet gebruik word om rekord te hou van die klub se aktiwiteite. Hulle is in drie afdelings verdeel – maandeliks, tweemaandeliks en jaarliks. Hierdie vorms is verkrygbaar vanaf die plaaslike konferensie Jeugbedieninge. Die klubsekretaris sal die vorm vir elke maand wat die klub aktief is, moet voltooi. Nege of 10 maande word gebruik om die totale puntetelling te bereken, en elke Baanbrekerklub sal ‘n spesiale toekenning ontvang ooreenkomstig hulle prestasie.

Page 64: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

64

Voorbeeld 1 Baanbrekerklub Maandelikse Verslag NOTA: Voltooi alle oop spasies. Pos een afskrif aan konferensie Jeugdepartement teen die 10de van elke maand. Hou ‘n afskrif op lêer. Maandeliks Naam van Klub ______________________________ Maand ___________________________

1. Het julle hierdie maand 2 byeenkomste gehou? Ja Nee 2. Het julle ‘n gemiddelde bywoning van 75% gehad? Ja Nee 3. Hoeveel persone is as Baanbrekerlede ingeskryf? 4. Hoeveel voornemende lede? (Eerste drie maande) 5. Het julle klub ten minste een volwasse of junior raadgewer vir elke 6-8 lede?

Ja Nee 6. Het al julle lede volle uniform gehad en dit na byeenkomste gedra?

Ja Nee 7. Dui aan watter Baanbrekerklasse hierdie maand aangebied was:

Vriend Voorloper Vriend Makker Voorpos Makker Verkenner Grens Verkenner Pionier Wildernis Pionier Touleier Rigter Tweemaandeliks Het julle klub hierdie maand betrokke geraak by ‘n spesiale tweemaandelikse aktiwiteit? Ja Nee (Indien ja, beskryf kortliks, gebruik agterkant van die bladsy indien nodig) Uitreikingsaktiwiteit Konferensie Saamtrekdag Slegs ontspanning Konferensie Saamtrek Velduitstappie Konferensie Ontdekkingstog Kampeeruitstappie Ander: _______________ Baanbreker Sabbat (plaaslik) Jaarliks 1. Het die klub aan ‘n twee-nag kampering deelgeneem? Ja Nee 2. Het die klub hierdie maand ‘n bekledingsdiens gehad? Ja Nee Indien wel, datum__________. Persentasie van groep beklee? ______ 3. Het julle klub die konferensie kermis bygewoon? Ja Nee Algemeen 1. Het julle hierdie maand ‘n uitvoerende komitee/personeelvergadering gehou? Ja Nee 2. Watter Vakhonneurs en kreatiewe vaardighede was aangebied? Maak ‘n lys en noem die getal wat Vakhonneurs doen. ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ _____________________________________________________________ 3. Aantal Baanbrekers betrokke by uitreiking: ________________________________

Page 65: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

65

4. Aantal Baanbrekers hierdie maand gedoop: _______________________________ Voorbeeld 1 Vervolg Voltooi asseblief die volgende inligting indien enige veranderings plaasgevind het: Naam van direkteur ________________________________________________________ Adres: __________________________________________________________________ ________________________________________________________________________ Telefoon: ________________________________________________________________ Waar kom julle bymekaar? __________________________________________________ Op watter dag(dae) ontmoet julle? _____________________ Tyd __________________ Naam van assistent-direkteur/sekretaris wat hierdie verslag voltooi: ________________________________________________________________________ Adres ___________________________________________________________________ ________________________________________________________________________ Handtekening ____________________________________________________________ Datum __________________________________________________________________

Page 66: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

66

Voorbeeld 2 Baanbrekerklub Maandelikse Verslag Klubnaam ________________________________________________________________ Maand ________________________________ Jaar _____________________________ Direkteur ______________________________ Aantal Dopelinge: __________________ Aantal dogters in klub:Juniors _____ Tieners __________ *TLT’s _________ Aantal seuns in klub: Juniors _____ Tieners __________ *TLT’s _________ Aantal manlike personeel: _______ Aantal vroulike personeel: ______________ *TLT’s moet in die TLT program ingeskryf word

A. Aantal vergaderings hierdie maand gehou (3 uur minimum per maand) ____ (4 punte per vergadering – 8 punte maksimum) (8)

B. Persentasie Baanbrekers in volle gala-uniform by een klubvergadering ____ hierdie maand (95% = 6 punte; 75% = 4 punte; 50% = 2 punte) (6)

C. Gemiddelde persentasie van Baanbrekers wat vergaderings bywoon ____ (95% = 6 punte; 74% = 4 punte; 50% = 2 punte) (6)

D. Klasse aangebied vir vakhonneurs (Maak lys) ___________________ ____ (2 punte per vakhonneur; 4 punte maksimum) (4)

E. Kampering hierdie maand of alternatiewe aktiwiteit: Maak lys ______ ____ (Ten minste 24 uur buite deurgebring vir kampering – 4 punte) (4)

F. Ervaar Avontuur vir Christus – Projek __________________________ ____ (20 punte) (10)

G. Het u hierdie maand ‘n personeelvergadering gehou? ____ (Indien ja – 2 punte) (2)

H. Was die verslag teen die 10de van die maand ingestuur? ____ (2 punte vir stiptelikheid) (2)

I. Nuusitem (noem hieronder) – (8 punte) ____ ________________________________________________________ (8) ________________________________________________________ Totale Punte ____ (50)

Page 67: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

67

Voorbeeld 2 Vervolg Die doel van die maandelikse verslagvorm is om Baanbrekerklubs aan te moedig om te streef na voortreflikheid!

Ons moedig klubs aan om ten minste twee vergaderings elke maand te hou. Konsekwentheid is die sleutel!

Ons sal graag die Baanbrekers in Klas A uniform sien by een vergadering elke maand. Wees

trots daarop om jou uniform te dra. Uniforms kan spangees en klubeenheid bou. Moedig u klub aan om na voortreflikheid te streef!

Baanbrekers behoort goeie bywoning by klubvergaderings te hê. Dit sal kontinuïteit voorsien

in hulle AJ klaswerk en vakhonneur klasse.

Klubs behoort aan ten minste twee vakhonneurs gedurende die jaar te werk. Trek voordeel uit hierdie geleenthede vir die Baanbrekers.

Ons moedig klubs aan om eenkeer per maand uit te kamp. Tot drie alternatiewe aktiwiteite

word toegelaat, soos: ‘n oornagaktiwiteit of ‘n velduitstappie.

Elke Baanbrekerklub behoort ‘n aktiewe getuienisprogram te hê. Die Ervaar Avontuur vir Christus projek behoort ‘n uitreiking in die gemeenskap te wees. Dit is ons groot opdrag. Matt. 28:19.

Beplanning en kommunikasie is belangrik binne die klub. Een personeelvergadering per

maand sal uitstekend wees vir die beplanning, kommunikasie en samesyn tussen die personeel.

Wees stiptelik! Ons wil stiptelik wees om aan ons Unie/Divisie verslag te doen.

Goeie kommunikasie tussen klubs en die konferensie is belangrik. Hou ons ingelig. Ons hou

daarvan om van u te hoor! Indien u voel dat u klub iets gedoen het wat punte verdien wat nie genoem word nie, stel asseblief u konferensie jeugdirekteur in kennis. “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.” - Filippense 4:13

Page 68: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

68

Voorbeeld 3 Klubnaam ________________________ Verslag vir die Maand van __________ 20___ Aantal Gereelde Personeel __________ Aantal baanbrekers in Klub ___________ Aantal TLT’s ____________ Aantal nie-SDA lede in u klub __________________ Naam van sekretaris wat verslag doen __________________________________

Aktiwiteite Moontlike Punte U Punte

Aantal gereelde vergaderings gehou ___________ (2 punte per vergadering – 2 vergaderings minimum) Dag Tyd Plek

4

Klubvergaderings bywoning: Gemiddelde % bywoning hierdie maand _______ 90% - 2 pte. 75% - 1 pt. 50% - 0 pte.

2

Uniform: Gemiddelde aantal Baanbrekers en personeel in volle klas A of B uniforms

2

Vakhoneurklasse hierdie maand aangebied. Maak lys hieronder (waarde totaal van 2 punte) 1. ______________ 3. _________________ 2. ______________ 4. _________________

2

Spesiale Geleenthede (kamperings, velduitstappie, of spesiale program): _______ Ja ____________ Nee Beskryf in detail op agterkant.

3

Deel U Geloof Aktiwiteit: _______ Ja ______ Nee Beskryf in detail op agterkant.

3

Personeelvergaderings: Het u ten minste een personeelvergadering hierdie maand gehou? ______ Ja __________ Nee

2

Datum wat verslag gepos is ___________________ (Moet op of voor die 5de wees)

2

Totaal 20

Merk in die gepaste spasie indien u klub hierdie maand die volgende bygewoon, aangebied of gehou het: _____ Saamtrek (150) _____ Bekledingsdiens (3) _____ Baanbreker Sabbat (30) _____ Lentepret (30) _____ Inhuldiging (20) _____ Blikkies Bymekaarmaak (100); moet verslag pos _____ Leierswerkswinkel (5) _____ Baanbreker van die Jaar (20) _____ Baanbrekerkermis (150) _____ Klubmarsjering in Stadsparade (5) _____ Klubinspeksie

Page 69: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

69

Voorbeeld 3 Vervolg Spesiale Geleentheid (kampering, velduitstappie, of spesiale program): __________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ Deel Jou Geloof Aktiwiteit: ______________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ Nota aan Jeugdirekteur: ________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________

Page 70: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

70

Voorbeeld 4 Baanbreker Maandelikse Verslag Klub _________________________ Maand _________________ Datum _____________ Direkteur __________________________________________ Aantal in Klub _______________ 1. Formele Klubvergaderings – 5 punte per vergadering (15) ____

a. Adres van Vergadering b. Datum en Tyd

2. Lede en Personeel teenwoordig – Gemiddeld vir maand 90-100% (10) ____ 75-89% (05) ____ 50-74% (02) ____ 3. Lede en Personeel in Uniform – Gemiddeld vir maand 90-100% (10 ____ 75-89% (05) ____ 50-74% (02) ____ 4. Personeelvergadering – Een per maand (langtermyn beplanningsessie) (10) ____ 5. Een van die volgende aktiwiteite: Bywoning Eenheid Klub

A. Kampering (15 punte maksimum) – uitslaap 90-100% (10) (15) Een nag – kook twee maaltye 75-89% (08) (10) *Indien beplan vir hele klub, gebruik KLUB 50-74% (04) (05) kolom vir punte. Indien ‘n eenheid of ‘n paar eenhede, (maar minder as die hele klub) beplan was, gebruik EENHEID kolom en baseer persentasies op totaal van diegene wat moes bywoon.

B. Tot ‘n maksimum van TWEE ELKE KWARTAAL een van die volgende:

- Baanbrekerdagprogram gedurende die 11 uur diens

- Inhuldigingseremonie - Baanbreker AJ Program - Ledeprogram - Ander spesiale geleentheid indien vooraf deur die AJ Direkteur van die _________

Konferensie goedgekeur.

C. Velduitstappies van ten minste ½ dag, moet opvoedkundig wees en betrekking hê op ‘n AJ klas of vakhonneur. (15) ____ 6. AJ Vakhonneurs en klaswerk in werking hierdie maand: (20) ____

a. Vakhonneurs aangebied (10 punte) b. AJ Klaswerk aangebied (10 punte)

7. Deel Jou Geloof Aktiwiteit MOET deur die KLUB geborg (10) ____ wees en die hele klub insluit. 8. Verslag in teen die 7de van die maand (05) _____ 9. Nuusnotas: (Skryf op die agterkant van die verslag)

**Getal in hakies dui die maksimum rapporteerbare punte aan. Totale Punte (100) ____

Page 71: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

71

ADMINISTRASIE AFDELING B

Instandhouding van die Baanbrekerklub Klubmoraal Moraal, of klubgees, is die ontasbare element wat die sukses van enige Baanbrekerklub bepaal. Dit is die resultaat van ‘n kombinasie van ‘n verskeidenheid van belangrike faktore. Alle Baanbrekers en personeellede sal moet saamwerk om ‘n gevoel van eenheid en “behoort” te ontwikkel, en om belangstelling en entoesiasme te behou. Klubpersoneel sal die volgende moet kontroleer: 1. Geestelike Doelstellings Baanbrekerpersoneel sal moet seker maak dat die klub vanuit ‘n geestelike oogpunt bedryf word. Hou skriftuurlike beginsels duidelik in fokus, en neem alle geleenthede te baat om die boodskap van Jesus Christus op ‘n doeltreffende wyse aan die Baanbrekers oor te dra. Maak volle gebruik van die klubkapelaan, kerkleraar, of jeugleraar. Voorsien voldoende tyd vir klubaanbidding en doen alles wat u kan om hierdie tyd interessant en betekenisvol te maak. 2. Bywoning Mik voortdurend vir 100 persent bywoning. Indien die bywoning konstant 50% of minder toon, sal u klub in die moeilikheid wees. Klubraadgewers en leiers behoort uit te vind waarom Baanbrekers afwesig is. ‘n Lid wat nie vir ‘n klubvergadering teenwoordig kan wees nie, moet sy raadgewer voor die tyd in kennis stel. ‘n Besoek op ‘n gepaste tyd aan ‘n lid wat afwesig was, kan die situasie verander en hom help om met entoesiasme terug te keer. Verder behoort klubvergaderings goed aangekondig te word sodat elke lid sal weet van die tyd en plek. Kontak met die Huis Dit is goeie praktyk om ‘n klubprogram na die huise van die Baanbrekers te stuur sodat die ouers en Baanbrekers deeglik bewus sal wees van die afsprake vir klubvergaderings. 4. Ope Bespreking Neem ‘n bietjie tyd tydens ‘n Baanbrekerklubvergadering om ‘n ope bespreking oor die vraag “Wat dink julle kan ons doen om ons klub te verbeter?” te bespreek. Moedig die lede aan om hulleself uit te druk met betrekking tot aktiwiteite wat hulle graag in die program ingesluit sou wou sien. Wanneer u geleentheid het om met individuele lede te praat, lok hulle uit met betrekking tot wat hulle graag by die klub sou wou doen. Miskien sal hierdie kommentare u help om te sien waarom Baanbrekers besig is om belangstelling te verloor. 5. Eenheidkapteinsraad Hou gereeld ‘n eenheidkapteinsraad. Laat die kapteins vryelik die sentimente wat hulle onder die eenhede hoor, uitspreek en wat hulle daaraan sou wou doen. Moedig hulle aan om te help om die program vir die toekoms te beplan. 6. Laat Lede Wekom Voel Nie alleen behoort ‘n nuwe lid beïndruk te voel met die verantwoordelikheid om die ideale van die klub uit te dra nie, maar ook behoort hy beïndruk te wees met die warmte van samesyn wat aan hom gebied word beide deur sy medelede sowel as die personeel.

Page 72: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

72

7. Plaas Vriende Saam Waar dit ookal moontlik is, plaas die lid in ‘n eenheid waar hy vriende het, en waar hy saam met geesverwante sal wees solank as wat daar nie dissiplineprobleme geskep word nie. 8. Hersiening van die Raadgewer se Werk Die klubdirekteur en die klub uitvoerende komitee behoort die werk van die raadgewer gereeld te hersien. Baanbrekers hou van leiers na wie hulle kan opsien, wat regverdig is, wat nie te streng, maar ook nie te laks is nie, wat ‘n sin vir humor het, en wat jongmense verstaan en van hulle hou. Indien ‘n raadgewer op ‘n diktatorale manier optree, indien hy nie die vriendelike, warme, simpatieke belangstelling van sy eenheid op sy hart het nie, behoort die direkteur alles in sy vermoë te doen om te help dat die raadgewer sy maniere verander, of veranderinge maak wat in die beste belang van die klub sal wees. 9. Beplanning van ‘n Gebalanseerde Program Lei die Baanbrekers om te presteer en vaardighede aan te leer. Hy wil op staptoere gaan; hy wil dinge doen. Maak seker dat sy program hom hierdie geleentheid bied en dat beloofde aktiwiteite uitgevoer word. Laat daar nie gesê word, “Hulle het ons beloof dat ons op staptoere sal gaan, maar ons gaan nooit nie.” Die vergaderings moet noukeurig en gebalanseerd beplan word – nie te veel sit en luister nie, nie te veel driloefeninge nie, die regte soort speletjies. Moenie raas en mor nie. Verskaf ‘n groot verskeidenheid. 10. Die Ontwikkeling van Eenheidsamehorigheid Het die eenhede die geleentheid om eenheidslojaliteit te ontwikkel? Die klein groep van ses of sewe seuns en dogters vorm ‘n natuurlike “bende,” wat die begeertes van groeplewe wat so prominent in die 10 tot 15-jariges is, bevredig. 11. Byeenkomsplek

Voorkoms Die Baanbreker byeenkomsplek behoort geverf en versier te word om by te dra tot die Baanbreker moraal. Plafonne moet verkieslik wit wees, mure lig of pastelskakerings. Die Nasionale en Baanbrekervlae en Baanbrekergelofte en Wet baniere behoort uitgestal te wees.

Beligting Natuurlike en/of kunsmatige beligting behoort eweredig versprei te word en aangenaam vir die oog wees.

Ventilasie en Verhitting Die temperatuur van die byeenkomsplek behoort eweredig versprei te wees, en vars lug voorsien te word deur straalbrekers, luggate, of lugreëling. Verhitting behoort voldoende te wees, maar nie versmorend nie.

Stoorplek Voldoende stoorplek behoort voorsien te word vir die instruksionele en kampeertoerusting.

Bulletinbord ‘n Bulletinbord behoort voorsien te word waar die Baanbrekerklub die kerk ingelig kan hou oor die verlede, huidige en/of toekomstige Baanbrekeraktiwiteite, handwerk-, of Vakhonneuruitstallings. 12. Toerusting Voldoende voorrade en gereedskap behoort beskikbaar gestel te word vir die aantal Baanbrekers wat deelneem. Dit is moeilik om orde te handhaaf wanneer ‘n Baanbreker wag op ‘n stuk gereedskap wat deur ander Baanbrekers gebruik word.

Page 73: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

73

13. Kampeertoerusting

Tente Voldoende beskutting behoort vir elke kampeerder gedurende die nag voorsien te word. Tente behoort in ‘n goeie toestand gehou te word.

Kook Gasstowe of natuurlike-hout-kookvure kan gebruik word. Voldoende stowe of vure behoort voorsien te word sodat daar nie druk op die kamptydrooster geplaas word nie.

Water Die klub behoort ‘n watervoorraad te hê wat voldoende is vir die drinkvereistes.

Kombuisgereedskap Dit is noodsaaklik om voldoende kombuisgereedskap vir die kampkokke te voorsien vir voorbereiding van maaltye. 14. Onderrigmateriaal

Biblioteek Boeke behoort gekatalogiseer en in gerieflike rakke of boekrakke geplaas te word. Alle verwysingsboeke en handleidings behoort beskikbaar te wees vir Baanbrekerpersoneellede.

Dissipline Ons doel met die dissiplinering van die lede van ons Baanbrekerklubs behoort te wees om hulle as seuns en dogters van God te rig; om ons liefde en begrip aan hulle te toon; om hulle God se karakter te leer soos geopenbaar in die orde en dissipline soos dwarsdeur die heelal gesien; om hulle lede van die kerk en hulle land te maak; en om hulle te help om hulle leiers en ouers te respekteer. Terwyl u werk vir die saligheid van u Baanbrekers, vra die Here vir wysheid en leiding. Soos wat hulle by die range van ‘n suksesvolle Baanbrekerklub aansluit, behoort hulle te voel dat hulle in ‘n nuwe ondervinding gebore is. Hulle moet leer dat hulle liefgehê word deur die soort teregwysing en dissipline wat hulle ontvang. Hulle moet leer om hulle begeertes in ooreenstemming met God se wet te dissiplineer. In ‘n Baanbrekerklub voorsien goeie dissipline ‘n omgewing wat bevorderlik is vir opgewekte houdings en samewerkende gedrag. Dit beklemtoon leiding eerder as beperking; is konstruktief eerder as afbrekend. Dit is nie verlammend nie, dit stel in staat. Dit moedig selfbeheersing en doelgerigte aktiwiteit aan. Die beste soort dissipline is teenwoordig, maar word nie gesien nie. Dit leer die kind om die regte ding op die regte tyd en op die regte manier te doen. Goeie dissipline voorkom moeilikheid. ‘n Goedbeplande program sal baie probleme en foute voorkom. Orde en stelsel inspireer vertroue. Baanbrekers leer deur die voorbeeld van hulle leiers dat God ‘n God van orde is. In ‘n goed-gedissiplineerde klub begin die program betyds, al die personeel is betyds daar, en die program verloop glad tot by die einde. Gebalanseerde Dissipline

Stel reëls en regulasies op sowel as ‘n puntestelsel.

Lig die Baanbrekers in oor die reëls, u verwagtinge, en metodes van toepassing.

“Reëls moet min en weldeurdag wees; en wanneer dit eers ingestel is, moet daaraan uitvoering gegee word. Wat dit ook al onmoontlik vind om te verander, leer die verstand om te erken en hom daarby aan te pas.”

- Opvoeding, bl. 290.

Bied oordenkings oor dissipline aan, verduidelik die Gelofte en Wet.

Page 74: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

74

Wend opleidingdissipline aanhoudend en ywerig aan.

Doen berading met oortreders voordat dissiplinêre optrede toegepas word, en bid vir hulle.

Wanneer hulle verstaan, werk hulle gewoonlik saam. Geoorloofde en Ongeoorloofde Uitoefening van Dissipline Die verkeerde manier is om die gees te breek deur streng dwang te gebruik. Die gebroke gees sal wantroue, ontwykendheid, en haat vir gesag, ontwikkel. Die korrekte manier om dissipline uit te oefen, is om dit wat reg en ordelik is deur liefde, vriendelikheid en dissipline te inspireer. Wen die vertroue van die jeug. Wys, deur vriendelikheid, vir hulle dat u hulle liefhet, en dat u van hulle lojale samewerking verwag. Hierdie korrekte manier ontwikkel vertroue, inskiklikheid, samewerking, en liefde. Voorkoming van Dissiplineprobleem

Beplan ‘n uitgebreide program van aktiwiteite. Moet nooit onvoorbereid na vergaderings gaan nie. Wees te alle tye vriendelik, sorgsaam en toeganklik. Kweek ‘n sin vir humor aan. Moenie sarkasme of bespotting gebruik nie. Moenie ‘n “foutvinder” wees nie. Wees regverdig en onpartydig – moenie voortrek nie. Vertoon selfbeheersing en wees geduldig, selfs onder druk. Let op die gebruik van u stem – praat duidelik en met gesag, maar moenie skree nie! Gee duidelike, presiese instruksies en bevele. Let op na maniere wat tot spottery kan lei, en vermy sleurtaal en familiariteit.

Metodes van Dissipline Doen

Persoonlike Berading Wees in hierdie berading meester van die situasie. Wys uit presies wat die Baanbreker gedoen het wat verkeerd was en vra hom/haar om sy gedrag te verduidelik. Die Baanbreker mag dalk self ‘n oplossing voorstel. Doen hierdie beradings op ‘n vriendelike wyse, maar laat die lid weggaan met die begrip dat u bedoel wat u sê.

Gebruik Groepsoordeel Wend ‘n poging aan om die ideale en gedrag op te bou tot die punt waar enige oortreding onaanvaarbaar is vir die standaard van die groep.

Hanteer Individuele Verskille In die beplanning van dissipline, onthou dat Baanbrekers almal verskillend is. Neem hulle agtergrond, hulle fisiese en verstandelike samestelling, en die ernstigheid van die oortreding in oorweging.

Skors indien Nodig Wanneer ‘n Baanbreker aanhou met wangedrag, moet hy tot die besef kom dat hy by die standaard van gedrag moet aanpas of die groep moet verlaat. Moenie

In woede straf nie. Dreigemente en waarskuwings gebruik wat nie uitgevoer kan word nie. Verskonings in die openbaar afdwing nie. Min kinders aanvaar ooit dat hulle heeltemal

verantwoordelik is en hulle is waarskynlik nie.

Page 75: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

75

Hulle na die klubvergadering laat agterbly nie. ‘n Baie swak beleid omdat: Dit veroorsaak dat die Baanbreker nie van die klub sal hou nie; en dit is ‘n onnodige aanspraak op die raadgewer se tyd.

Ekstra take toewys nie. Heelwaarskynlik is die oorsaak van die probleem dat die Baanbreker alreeds nie kan bybly met die take wat hy het nie.

Domkop Dissipline Hierdie is ‘n oorblyfsel van die verlede. Hierdie tipe straf veroorsaak slegs rebellie of iets om oor te lag. Sommige Baanbrekers geniet die erkenning wat dit gee.

Lyfstraf gebruik As gevolg van die baie probleme wat uit die gebruik hiervan voortspruit, sou dit beter wees om hierdie metode aan die ouers toe te laat. Strafbare Oortredings 1. Gevalle van duidelike en onverskoonbare opstandigheid. 2. Gevalle waar neigings en aktiwiteite as ernstige oortredings gesien word, of gedragsprobleme soos: Onfatsoenlikheid Parmantigheid teenoor raadgewer Aanstootlike taal Beskadiging van eiendom Kul en steel Dissiplineprosedures 1. Indien ‘n Baanbreker nie gehoorsaam en samewerkend is nie, behoort die raadgewer:

taktvol met die Baanbreker te praat.

te verduidelik wat van die Baanbreker as ‘n lid van die klub verwag word.

‘n private besoek aan die Baanbreker te bring en saam met hom te bid. 2. Indien die Baanbreker aanhou om ongehoorsaam en onsamewerkend te wees, behoort die raadgewer die hulp van die assistent-direkteur in beheer van klubdissipline in te roep.

Hulle sal in privaatheid met die Baanbreker berading doen.

Hulle behoort ernstig te probeer om samewerking te verkry.

Hulle behoort saam met hom te bid. 3. Indien dit nodig sou wees om die Baanbreker op ‘n derde keer te nader, behoort die raadgewer, die assistent-direkteur en direkteur in privaatheid saam met die Baanbreker te ontmoet.

Praat met die Baanbreker en verduidelik hoe belangrik dit is om eenheid, samewerking, en ‘n gees van begrip onder klublede te hê.

Probeer om die erns van die saak aan hom oor te dra in die lig daarvan dat hy nie sy “eerlike bes” doen nie.

Bid saam.

Maak ‘n afspraak om die huis te besoek en met die ouers en die Baanbreker saam oorleg te pleeg.

4. Indien, na hierdie ronde van samespreking en ‘n besoek aan die huis, die Baanbreker steeds voortgaan om ongehoorsaam en onsamewerkend te wees, behoort die raadgewer ‘n privaat besoek en gebed saam met die Baanbreker te hê. 5. Indien wangedrag aanhou, behoort die raadgewer, assistent-direkteur, direkteur en die Baanbreker nog ‘n vergadering saam te hou.

Die saak sal na die dissiplinêre komitee verwys word vir verdere studie.

Die dissiplinêre komitee bestaan uit die direkteur, assistent-direkteure, die raadgewer van die Baanbreker, en ‘n Baanbreker seun en dogter wat uit die klub verkies word.

Die Baanbreker se ouers behoort in kennis gestel te word, en die Baanbreker sal ‘n maand vakansie van die klub gegee word.

Gedurende sy periode van afwesigheid behoort hy deur die raadgewer by sy huis besoek te word.

Page 76: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

76

Openbare Verhoudings Deel U Aktiwiteite Deur Middel van ‘n Baanbreker Nuusbrief 1. Betrek die Baanbrekers in die voorbereiding van ‘n Baanbreker Nuusbrief.

Gebruik lede as verslaggewers.

Laat lede artikels in hulle eie woorde skryf.

Help die Baanbrekers om te voel dat hierdie hulle nuusbrief is.

Betrek die Joernalistiek Vakhonneur. 2. Organiseer ‘n redaksionele personeel, wat ‘n hoofredakteur, redakteur, tikster, besigheidsbestuurder, sirkulasiebestuurder, fotograaf, en verslaggewers sal insluit.

Bepaal ‘n spesifieke tyd van die maand om te ontmoet en die nuusbrief uiteen te sit.

‘n Nuusbrief kan goedkoop gedruk word. Kleurdruk lyk mooier en foto’s kan makliker gebruik word, maar dit is duurder.

Daar is ‘n aantal goeie rekenaarprogramme wat gebruik kan word en wat baie goed is met foto’s, ens.

3. Hou nuus vars en op datum, en dek verskeie klubaktiwiteite soos kamperings, velduitstappies, handwerk en vaardighede, en alle spesiale geleenthede. 4. Stel ‘n webblad op die Internet op en sorg dat u nuutste nuusbrief daarop verskyn.

Hierdie is ‘n voorbeeld van ‘n nuusbrief wat ‘n paar jaar gelede deur ‘n Baanbreker Rigter begin was. Nou is hy ‘n raadgewer by dieselfde Baanbrekerklub en gaan voort om hierdie nuusbrief uit te gee. Onthou:

Goeie openbare verhoudings bou ‘n goeie Baanbrekerklub.

Om die nuus te versprei, verhoog die belangstelling.

Ouers hou daarvan om hulle kinders se name gedruk te sien.

Foto’s waar moontlik dra by tot die pittigheid van die nuus.

‘n Ingeligte kerkgemeente en gemeenskap dra geredelik by ter ondersteuning van die klub se behoeftes.

Oënskynlike onbelangrike nuus prikkel groot belangstelling by baie mense.

Lig u kerk en ander konferensieklubs in oor u webblad. Deel u aktiwiteite deur u plaaslike koerant 1. Aktiwiteite wat die moeite werd is om in ‘n Baanbreker koerantjie geplaas te word, is ook nuus vir die gemeenskap. 2. Wys ‘n Baanbreker aan om saam met die kerk se openbare verhoudinge sekretaris te werk.

Hy behoort elke maand aan die Openbare Verhoudinge sekretaris verslag te doen.

Hy behoort te leer wat die vereistes is vir ‘n goeie nuusstorie en in staat wees om al die feite oor Baanbrekeraktiwiteite te voorsien.

Page 77: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

77

Aktiwiteite behoort ten minste een week voordat dit gaan gebeur aan die Openbare Verhoudinge sekretaris gerapporteer te word.

3. Die Baanbrekerkleier behoort seker te maak dat sy verslaggewer al die feite het wat nodig is. ‘n Goeie idee sou wees om:

Hom ‘n lys van die belangrike feite oor ‘n aktiwiteit te gee.

Hom na ‘n paar weke te vra om self die lys voor te berei.

Sy feitelys ‘n paar keer na te gaan voordat hy dit aan die Openbare Verhoudinge sekretaris gee.

Die Joernalistiek Vakhonneur in te sluit. Die Baanbreker verslaggewer behoort daaraan te werk om daardie Vakhonneur te verwerf deur te leer om sy eie nuusitems behoorlik te skryf en artikels betyds in te dien.

4. Deel van die beplanning vir enige aktiwiteit behoort ‘n bespreking van foto-potensiaal vir die plaaslike koerant te wees. Foto’s behoort:

‘n Enkele punt van belangstelling te hê.

Aktiwiteitsvordering te toon.

Van naby geneem te word sodat gesiguitdrukkings, waar moontlik, vasgevang word.

Goeie tegniese kwaliteit te hê.

Behoorlike byskrifte te hê, insluitende volle name van mense op die foto.

Die aantal persone in ‘n foto te beperk om enige tonele van ‘n klomp mense te vermy, tensy ‘n groot getal persone betrokke is in ‘n enkele aktiwiteit.

5. Deur nuus oor Baanbrekeraktiwiteite aan die openbare koerant te voorsien, kan u nie- Adventiste jongmense trek wat in u programme wil deelneem. Deel u aktiwiteite deur die radio en televisie 1. Wanneer die Openbare Verhoudinge sekretaris die inligting oor u Baanbrekerklubaktiwiteite ontvang, kan u hom versoek om ‘n aankondiging voor te berei vir uitsending deur die plaaslike radio-/televisiestasies gedurende die streeknuusperiode. Miskien wil u alle jongmense van ‘n sekere ouderdomsgroep uitnooi. ‘n Paar voorstelle is:

Sodanige nuusitems behoort kort te wees – ongeveer 250 woorde.

Dit behoort slegs die mees pertinente feite in te sluit: wat, wanneer, waar en wie.

Openbare Verhoudinge aankondigings behoort ten minste twee weke voor die tyd van die beplande aktiwiteit aan die stasie voorsien te word.

2. Indien u stasie ‘n onderhoudsprogram het, kan u kerk Openbare Verhoudinge sekretaris reëlings tref vir ‘n onderhoud met die Baanbrekerdirekteur en miskien ‘n paar van die Baanbrekers.

Stel die Openbare Verhoudinge sekretaris in kennis van die potensiaal en u gewiligheid om ‘n onderhoud te voer.

Beplan ten minste ‘n maand voor die tyd wat u graag op die stasie wil verskyn.

Kom alle afsprake na.

Berei voorgestelde vrae voor vir die een wat gewillig is om die onderhoud te voer. Deel die energie van u baanbrekers met die gemeenskap 1. Hou u oë oop vir diensprojekte in die gemeenskap waarmee u jongmense kan help. 2. Lewer verslag in die bulletin oor die sukses van verskeie klubaktiwiteite en die bedrae wat deur fondsinsameling ingesamel is. 3. Hou die kerklidmate bewus van die verskeie uitreikaktiwiteite van die Baanbrekers. 4. Maak seker om periodieke dankbetuigings vir die kerklidmate se morele en finansiële ondersteuning van die program te doen.

Page 78: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

78

Versekering Terwyl die geestelike welstand van u jeug die primêre motivering is van almal wat in jeugleierskap betrokke is, is die fisiese welstand van ons jeug ook baie belangrik. Elke leier of raadgewer, ongeag van die leierskapvlak van die organisasie moet die morele verpligting aanvaar om die jongmense onder sy toesig te beskerm teen fisiese beserings. Hierdie morele plig om om te gee, word versterk deur ‘n wetlike aanspreeklikheid en, terwyl ‘n morele verpligting afgeskud kan word, kan leiers nie die wetlike aanspreeklikheid vir beserings as gevolg van hulle aksies of nalatigheid vryspring nie. Watter standaard van sorg word van leiers en raadgewers vereis? Daar is geen maklike antwoord nie, want die plig om vir ‘n junior te sorg, sal verskil van dit wat nodig is om om te sien na ‘n jongmens van meer volwasse ouderdom. Die doel moet altyd wees om ‘n beseringsvrye program te bedryf en oorweging moet aan die volgende geskenk word: 1. Perseel. Is die persele, kampeerplekke, sale, ens. vry van gevaar? Indien nie, moet bestaande gevare onmiddellik verwyder word. 2. Toerusting.

Is alle toerusting in goeie werkende toestand? Is dit veilig? Word veiligheidstoerusting altyd vir die aktiwiteit voorsien.

3. Toesig.

Die vereiste graad van toesig sal verskil ooreenkomstig die ouderdomme van diegene waaroor toesig gehou word. Van nature sal ‘n 10-jarige meer toesig vereis as ‘n jong persoon van 20 jaar oud, wat ‘n groter mate van verantwoordelikheid vir sy eie dade moet aanvaar, maar toesighouding moet altyd voorsien word.

4. Tipes aktiwiteit.

Hoë risiko aktiwiteite soos wipmatte, behoort vermy te word en oorweging behoort geskenk te word aan: a. Geskiktheid van die aktiwiteit vir die ouderdomsgroep wat betrokke is. b. Die persoonlike vermoë en ondervinding van toesighouers, bv., die gimnastiekprogram

behoort slegs aangebied te word indien daar ‘n opgeleide, gekwalifiseerde gimnas beskikbaar is om toesig te hou.

c. Die voorsiening van behoorlike veiligheidstoerusting, bv. reddingsbaadjies vir bootry, harde pette vir perdry, ens.

Die Divisie kan reël vir volle wetlike aanspreeklikheidsversekering wat dekking vir leiers en raadgewers kan insluit, of hulle nou betaalde werknemers of vrywilligers is – maar hierdie voorsiening van versekering moet nooit toelaat dat daar ‘n verslapping van die plig om na ons kinders en jeug om te sien, plaasvind nie. Geen vlak van versekering kan bevredigende vergoeding bied vir dood of besering nie. Jeugleiers moet hulleself leer om op te let vir potensiële gevare en dit raak te sien. Indien u ‘n jeugleier of raadgewer is, is u in ‘n vertrouensposisie vir die kinders onder u sorg en kan u nie u wettige aanspreeklikheid of morele versorging aan iemand anders delegeer nie, u moet self vaardig raak in die vaardighede wat vereis word deur die avonture wat u klub promoveer. Ongelukke sal gebeur; beserings sal opgedoen word, maar moenie dat dit gebeur deur u nalatigheid deur toe te laat dat gevaarlike persele of foutiewe toerusting gebruik word nie, of as gevolg van gebrek aan vaardigheid en behoorlike toesig. U het die rol van leier of raadgewer aanvaar omdat u in die geestelike welsyn van die kinders van u kerk belangstel. Hulle fisiese welstand is van net soveel belang.

Vrae wat Oorweeg moet Word ten opsigte van Aktiwiteite U kan nie u persoonlike verantwoordelikheid vir die veiligheid van kinders wat in u aktiwiteite betrokke is, vryspring nie. Dit word dus aanbeveel dat die volgende vrae oorweeg word voordat enige aktiwiteit in u program ingesluit word:

Page 79: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

79

Is die voorgestelde aktiwiteit: belangrik? wenslik? van geen praktiese voordeel nie? Indien belangrik of wenslik, is dit: van ‘n lae risiko? van ‘n redelike risiko? van ‘n hoë risiko? Is die risikofaktor: aanvaarbaar? onaanvaarbaar? Is die toesighouding beskikbaar: genoeg persone? genoegsaam opgelei? Is die nodige toerusting: in goeie werkende toestand? op enige manier onveilig? Is genoegsame veiligheidstoerusting: beskikbaar? nie beskikbaar nie?

Die Plig van Versorging Almal is onderworpe aan “’n Plig van Versorging”, maar niemand meer so as diegene wat in jeugleierskap betrokke is nie. Hierdie plig het twee aspekte vir diegene wat met kinders werk: Moreel en Wetlik. Die morele verpligting is die vernaamste en behoort die basiese motiverende mag in jeugprogramme te wees. Ongelukkig was daar al geleenthede waar leiers nie die morele verpligting wat hulle het om vir die fisiese welstand van die kinders onder hulle beheer te sorg, waardeer het nie. Oorweging moet dus geskenk word aan die wetlike “Plig van Versorging”. Lord Atkin, in sy uitspraak in die saak van Grant v Australian Mills (1936), het die beginsel op die volgende manier gestel: “Die reël dat u u naaste moet liefhê, word ‘n wet, u moenie u naaste beseer nie; en die prokureur se vraag, wie is my naaste? ontvang ‘n beperkte antwoord. U moet redelike voorsorg tref om dade of nalatighede te vermy wat u redelik kan voorsien wat u naaste sal beseer. Wie is dan volgens wet my naaste? Dit lyk asof die antwoord is – persone wat so na en direk deur my dade beïnvloed word en daarom behoort ek hulle redelik in oorweging te neem om sodanig beïnvloed te word wanneer ek my gedagtes rig op die dade of nalatighede wat bevraagteken word.” Nalating om die “Plig van Versorging” te vervul, sal geklassifiseer word as nalatigheid en kan wetlike aksie vir skade tot gevolg hê, en indien gevolglike besering tot sodanige nalating toegeskryf kan word.

Page 80: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

80

Nalatigheid

Om te bepaal of nalatigheid bestaan, is daar drie vrae wat gewoonlike gevra word:

1. Was daar ‘n plig of verpligting verskuldig aan die beseerde persoon?

2. Indien ‘n plig bestaan het, was daar ‘n verbreking van daardie plig? Om te bepaal of daar ‘n verbreking was, word daar gewoonlik gevra:

a. Was die verskuldigde versorging uitgevoer?

b. Was die besering voorspelbaar?

3. Was die aksie of nalating van die persoon wat beskuldig word van nalatigheid die

onmiddellike oorsaak van die besering? Of Sou die besering plaasgevind het ongeag van die aksies van die beskuldigde?

Wat Maak Deel Uit van Nalatigheid?

Van vele pogings om nalatigheid te beskryf, is die mees aanvaarbare die van Alderson B, in Blyth v Birmingham Waterworks Co. (1836).

“Nalatigheid is die nalating om iets te doen wat ‘n redelike persoon, gelei deur daardie oorwegings wat gewoonlik die optrede van menslike sake reguleer, sou doen, of om iets te doen wat ‘n verstandige en redelike persoon nie sal doen nie.”

Nalatigheid kan baie vorms aanneem. Sommige van die mees algemene is die volgende:

Foutiewe of gevaarlike persele of toerusting.

Om aktiwiteite toe te laat wat van nature gevaarlik is.

Nalating om voldoende veiligheidstoerusting te voorsien of om te verseker dat wanneer sodanige toerusting voorsien word, dit altyd gebruik word.

Onvoldoende toesighouding.

Besering wat plaasvind wanneer die oorsaak voorsien kon word.

Persele (of Plekke) Voorbeelde van nalatigheid kan die volgende insluit:

Gladde, gepoleerde vloere

Verslete matte

Gebreekte randstene of trappies

Onvoldoende beligting

Gevaarlike strande, ens.

Gevaarlike Aktiwiteite

Sommige aktiwiteite, as gevolg van die aard daarvan, het ‘n groter potensiaal vir besering as ander, en gevolglik raak die “Plig van Versorging” belangriker.

Vuur

Waterski

Perdry

Gimnastiek

Gevaarlike Avontuur

Veiligheidstoerusting

Om deelname in enige aktiwiteit toe te laat wat vanselfsprekend gevaarlik is sonder om voldoende veiligheidstoerusting beskikbaar te maak en te verseker dat dit altyd gebruik word, sal definitief ‘n aanklag van nalatigheid tot gevolg hê. Om veiligheidstandaarde vir alle

Page 81: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

81

jeugaktiwiteite in besonderhede te beskryf, sal heelwat tyd en spasie neem. Al wat hier gedoen kan word, is om te verwys na sommige basiese toerusting wat verpligtend behoort te wees:

Brand Getoetste brandblussers geredelik beskikbaar. Volg wettige brandveiligheidstandaarde te alle tye.

Waterski Reddingsbaadjies moet te alle tye gedra word. Boeie om ski-areas aan te dui wat toe is vir swemmers. Bestuurders – behoort ervare en deur die betrokke owerhede

gelisensieerd te wees. Waarnemer – behoort van die vereiste ouderdom en

vaardigheid te weet. Boot – registrasie behoort op datum te wees en behoort

alomvattende versekeringsdekking te hê. Perdry Geskikte perde. Harde pette. Gimnastiek Toerusting wat in goeie toestand gehou word. Voldoende vloermatte. Geskikte skoeisel. Grotondersoekery Helmets met aangehegte ligte Addisionele bronne van lig Gepaste klere Gepaste vertikale toerusting

Toesighouding

Toereikendheid van toesighouding is die faktor waarop die meerderheid van optrede vir nalatigheid bepaal sal word. Dit moet:

Voldoende wees Jonger ouderdomsgroepe sal meer toesighouding vereis.

Voortdurend Aktiwiteitsgroepe moet bymekaar en onder voortdurende toesighouding gehou word.

Bekwaam Waterski toesighouers behoort bekwaam en ervare waterskiërs te

wees. Swemtoesighouers behoort sterk swemmers en bekwaam in lewensreddingstegnieke te wees. Perdry behoort onder toesig van persone wat bekwaam is in die hantering van perde, plaas te vind. Grotondersoekery behoort gelei te word deur ervare grotondersoekers wat bekend is met die grotte wat ondersoek gaan word.

Indien u nie voldoende bekwame toesighouding het nie, kanselleer die aktiwiteit!

Wie Kan Gedagvaar Word?

Party van, of almal van die volgende kan persoonlik gesamentlik in ‘n regsaksie betrokke raak vir eise vir skadevergoeding vir besering wat as gevolg van nalatigheid plaasgevind het:

Die persoon wat direk vir die besering verantwoordelik was.

Jeugleiers op alle vlakke

Page 82: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

82

Baanbrekerdirekteure Baanbrekerraadgewers Kampdirekteure Konferensie jeugdirekteure Die kerk Eienaars van foutiewe toerusting of persele

Kortliks, enigeen wat op een of ander manier bygedra het tot die insident met betrekking tot die besering, of dit deur direkte aksie of deur die nalating van ‘n aksie of beheer was wat uitgevoer moes word.

Versekeringsbeskerming Betaal wat u divisie se versekeringspolis dek.

Page 83: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

83

INDIEN DAAR ‘N BESERING PLAASVIND WAT GEDOEN MOET WORD

1. Pas noodhulp toe soos nodig, maar beperk noodhulpaktiwiteite tot die noodsaaklike.

2. Verkry so vinnig as moontlik bekwame professionele sorg.

3. Indien die beseerde persoon vervoer moet word, skakel ‘n ambulans waar dit beskikbaar is.

4. Lig die ouers of voogde so gou as moontlik in.

5. Voltooi ‘n gevalleverslag wat elke besering dek en verkry verklarings van getuies.

6. Stuur gevalleverslae en verklarings van ooggetuies aan die Risikobestuursdienste deur u

Konferensie Sekretaris/Tesourier. Nalating om die versekeraars in kennis te stel, kan die gevolg hê dat enige latere eise geweier word.

7. In geval van ernstige besering of dood, stel die Risikobestuursdienste onmiddellik per telefoon, faks of epos in kennis.

8. Indien enige eise ingestel word, rapporteer sodanige eise onmiddellik, en indien dit op skrif is, hou ‘n afskrif en stuur die oorspronklikes na die Risikobestuursdienste.

9. Werk ten volle saam met die Risikobestuursdienste en enige verliesondersoeker wat deur die versekeraars aangestel word.

10. Stuur die oorspronklike korrespondensie wat u in verband met die eis ontvang,

onmiddellik aan.

11. Voorsien altyd die uiterste simpatie en ondersteuning vir die persoon wat beseer is en sy/haar naasbestaandes, maar neem asseblief noukeurig kennis van die “MOENIE” lys hieronder:

IN GEVAL VAN BESERING MOENIE

1. MOENIE AANSPREEKLIKHEID VIR DIE BESERING AANVAAR NIE: Hierdie is van uiterste belang. Indien u aanspreeklikheid aanvaar, kan die versekeraars dit beskou as ‘n verbreking van die polisvoorwaardes en weier om betrokke te raak. Indien dit gebeur, sal elkeen van die indiwidue wat in die eis genoem word, persoonlik aanspreeklik wees vir enige skade wat berokken was.

2. MOENIE OPINIES IN DIE GEVALLEVERSLAG UITSPREEK NIE:

Hanteer slegs die feite en moedig ooggetuies aan om dieselfde in hulle verklarings te doen.

3. MOENIE ENIGE AANBIEDINGE OF BELOFTES AAN DIE BESEERDE PARTY MAAK

NIE: Deur dit te doen, kan die versekeraar se verantwoordelikheid gekanselleer word.

Page 84: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

84

Voortgesette Toestemming vir Behandeling en Gesondheidsversekeringsinligting Ons, die ondergetekende ouer(s) of voog(de) van ______________________________________ (naam van minderjarige) gee hiermee toestemming vir X-straal ondersoeke, narkose, mediese of chirurgiese diagnose of behandeling en hospitaaldienste wat aan genoemde minderjarige gelewer moet word onder die algemene of spesiale opdrag van _______________________________________ M.D., (naam van dokter) of enige dokter wat die klub mag ontbied, ongeag of sodanige diagnose of behandeling by die kantoor van die genoemde dokter of by ‘n gelisensieerde hospitaal gelewer word. Daar word verstaan dat redelike pogings aangewend sal word om die ondergenoemde ouer(s) of voog(de) te kontak voordat sodanige diagnose of behandeling toegepas word. Daar word verder verstaan dat redelike pogings aangewend sal word om die dokter wat hierbo genoem word te kontak voordat enige ander dokter ingeroep word. Daar word verder verstaan dat hierdie toestemming vooraf gegee is voor enige spesifieke diagnose of behandeling wat vereis mag word en gegee is om _______________________________________ (Naam van klub aan wie se toesig minderjarige toevertrou word.) toestemming te gee om hulle beste oordeel te gebruik soos wat vereis word deur sodanige diagnose of behandeling. Hierdie toestemming sal voortgesit word vir een jaar tensy dit voor die tyd skriftelik herroep word en aan die genoemde dokter afgelewer word of aan die klub waaraan toesig van die genoemde minderjarige toevertrou is. Gedateer ___________________________________________________________ Vader ________________________________________________________ Moeder _______________________________________________________ Voog _________________________________________________________ Getuie _______________________________________________________________

Page 85: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

85

PROGRAM AFDELING C

Baanbrekerklasse

In die oorweging van die Baanbrekerprogram is daar baie areas waarby betrokke geraak moet word vir die ontwikkeling van ‘n goedafgeronde Baanbreker.

Baanbrekerklaswerk

“Die kinders moet geleer word om sendelinge te word; hulle moet gehelp word om duidelik te verstaan wat hulle moet doen om gered te word.” - Counsels to Parents, Teachers, and Students, bl. 168. En die beste voorbereiding is die harmonieuse ontwikkeling van die liggaamlike, die verstandelike en die geestelike kragte. Dit berei die student voor vir die vreugde van diens in hierdie wêreld, en vir die meer verhewe vreugde van omvattender diens in die wêreld wat kom.” - Opvoeding, bl. 13.

“Aangesien sowel manne as vroue in die huislike lewe ‘n rol speel, moet seuns sowel as dogters van huishoudelike pligte ‘n kennis opdoen. Om ‘n bed op te maak en ‘n kamer aan die kant te kry, om skottelgoed te was, om ‘n maaltyd te berei, om sy eie klere te was en heel te maak, is ‘n opleiding wat geensins aan enige seun se manlikheid afbreuk hoef te doen nie; dit sal hom gelukkiger en bruikbaarder maak. En as dogters, op hulle beurt, kon leer ... om die saag en die hamer te hanteer, sowel as die hark en die skoffelpik, sou hulle beter toegerus wees om die gebeurlikhede van die lewe die hoof te bied.” - Opvoeding, bl. 216-

217.

Dit was uit die studie van hierdie en soortgelyke boodskappe dat die Baanbrekerklasse ontwikkel was, en al die vereistes vir hierdie klasse is gebaseer op hierdie instruksie. Dit sluit daarom Bybel- en natuurstudie in, die leer van nuttige en diensvaardige dinge om in en om die huis te doen, buitemuurse aktiwiteite, noodhulp, persoonlike en huislike higiëne, fisiese fiksheid en diens aan andere.

Hierdie help alles die jeug om ware geluk te vind in getuienis en om ‘n lid van die groot Weermag van Adventiste jeug te word wie se talente en energie aan Christus toegewy is. Hulle sal daardie hande wees wat gereed sal wees om enige noodtoestand aan te gryp en dit te verander tot eer van die groot Hoofrigter. Die Baanbrekerklasse bestaan uit verskillende name in verskillende tale, maar daar is nog steeds 6 vlakke van ontwikkeling ontwerp vir die 6 jaar van ‘n Baanbreker se ondervinding.

Een van die hoofdoelstellings van die Baanbrekerklub is om die jeug vir die lewe en sy noodgevalle voor te berei en hulle te help om nuttig te word vir beide God en die mens. Die Baanbrekerklasprogram is opgestel met hierdie in gedagte. Hierdie klasse is dus baie belangrik om die Baanbreker te lei in sy program van selfverbetering.

Baanbrekerklasse en die Skool

Waar daar ‘n kerk en ‘n skool is wat baie van dieselfde Baanbrekerouderdom kinder/jeug hanteer, behoort die Baanbrekerklas en die skoolonderwyser baie nou saam te werk om die Baanbrekers te help om hulle Klasvereistes te kan voltooi. Die skool kan geheuewerk hanteer en die lees van die vereiste boeke en die klub kan help met die vaardigheidsvereistes. Die skool kan die Baanbreker baie maklik help om die benodigde Vakhonneur in verband met gereelde klaswerk te verwerf. Dan kan die klub help met ander Vakhonneuers wat vir die skool moeilik is om te voltooi.

Alle bekledingsdienste moet deur die Baanbrekerklubdirekteur saam met die Areakoördineerder/Konferensie Jeugdirekteur in samewerking met die skool beplan word.

Onder die moeiliker vereistes om in die klaswerk te voltooi, is die swemvaardighede. Dit is ‘n baie belangrike vaardigheid en een wat almal behoort te geniet. Die vermoë om jouself in die water te kan help in ‘n noodgeval, kan die manier wees waardeur ‘n lewe gered kan word. Die klub kan die inisiatief neem en swemlesse gedurende die jaar reël sodat hierdie vereistes voltooi kan word.

Page 86: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

86

Baanbreker Gevorderde Klasse

Elke Baanbrekerklas het ‘n stel gevorderde vereistes. Hierdie word opgestel vir daardie Baanbrekers wat altyd op die uitkyk is vir iets ekstra om in uit te blink. Hulle word voltooi bykomend tot die gewone vereistes, indien die Baanbreker kies om aan die volgende vlakke te werk. ‘n Spesiale gevorderde klasstafie word gewoonlik by die bekledingsdiens aangebied vir hierdie addisionele prestasie.

AJ Vakhonneurs

“Oor die algemeen sal die oefening wat vir jongmense voordelig is, in nuttige werk gevind word. Die klein kindjie vind sowel afleiding as ontwikkeling deur te speel; en sy sport moet van so ‘n aard wees dat dit nie net liggaamlike groei bevorder nie, maar ook die verstandelike en die geestelike. Namate hy in krag en intelligensie toeneem, sal die beste ontspanning in die een of ander soort nuttige inspanning gevind word. Wat die hand tot hulpvaardigheid oplei, en die jongmense leer om hulle deel van die lewe se laste te dra, is die doelmatigste om die groei van verstand en karakter te bevorder. ... maar dit is vir elke jongmens noodsaaklik om ‘n deeglike kennis van die alledaagse pligte te hê.” - Opvoeding, bl. 215-216. Gedurende die Baanbrekerjare geniet die jeug dit om aan AJ Vakhonneurs te werk en hulle uit te stal nadat hulle dit verwerf het.

Wenke om die Entoesiasme vir Baanbreker Vakhonneurs te Behou

A. Bepaal ‘n besliste datum vir voltooiing

Wanneer daar met die Vakhonneur begin word, beplan om die werk binne die 3-maande siklus klaar te hê. Dit gee die student die entoesiasme wat nodig is om te weet dat die klas vooruitgaan. Indien dit voortgaan na die volgende siklus, sal die belangstelling kwyn en dit sal moeiliker wees om te voltooi.

B. Maak die aktiwiteit die moeite werd

Indien die belangstelling op ‘n hoë vlak behou moet word, moet die Vakhonneur nie slegs pret wees nie, maar ook insiggewend en nuttig. Indien daar ligtelik deur die vereistes gegaan word, sal die student die idee kry dat die Vakhonneur nie baie beteken nie. Voordat die Vakhonneur ontvang word, behoort ‘n toets gegee te word sodat daar gesien kan word of die persoon die onderwerp van die Vakhonneur ken. Alle vereistes vir ‘n Vakhonneur moet voltooi word. Aangesien hierdie ‘n “venster” na ‘n nuwe onderwerp is, word die vereistes as die minimum en standaard beskou om te verwerf.

C. Vakhonneur Notaboek

‘n Vakhonneurnotaboek, plakboek of lêer is nuttig om die belangstelling te behou, en dit gee die student ook iets om huistoe te neem wat ‘n verwysingsbron kan wees vir die werk wat gedoen is. Ouers voel ook dat die kind regtigwaar iets die moeite werd ontvang.

D. Afstanddoening van Vereistes

Somtyds kan ‘n vereiste nie voltooi word nie as gevolg van die spesifieke omgewing waarin ons is. Geen klub mag besluit dat ‘n sekere vereiste nie in hulle area nagekom kan word nie en daarom eensydig van die vereiste afstand doen nie. Die konferensie/sending jeugdirekteur moet van enige verandering in die gepubliseerde vereistes in kennis gestel word en dit goedkeur. Wanneer hierdie goedkeuring verleen is, is die klub vry om die vereistes soos opgedra, te verander. Wanneer dit gebeur, moet ‘n soortgelyke vereiste wat die gees van die oorspronklike vereiste dek, bygevoeg word.

E. Voldoening aan Baanbrekervakhonneurvereistes

Die volgende riglyne sal van toepassing wees om Baanbrekervakhonneurvereistes na te gaan.

Page 87: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

87

Die werk moet werklik gedoen word. Elke vraag en vereiste moet aan voldoen wees.

Alle Vakhonneurs moet deur die instrukteur, konferensie jeugdirekteur, Hoofrigter, of Baanbrekerklubdirekteur, of kerkskoolonderwyser op die spesiale vorm wat deur die konferensie voorsien word, geteken word.

F. Moedig Elke Baanbreker Aan om te Mik na Meestertoekennings

Baanbrekervakhonneurs word in die volgende groepe ingedeel: Kuns en Handwerk Gesondheid en Wetenskap Huishoudelike Kuns Beroepskuns Uitreikingsbedieninge Natuur Buitemuurse Nywerhede Ontspanning

‘n Baanbreker kan ‘n Meestertoekenning verwerf soos uiteengesit in die Vakhonneur Handleiding. Net soos die Baanbrekervakhonneurs, word Meestertoekennings verkieslik by ‘n klubvergadering, kampering, skool, kerk of bekledingsdiens uitgereik.

Inskrywingsaand

Die inskrywingsaand program behoort die eerste Baanbrekervergadering van die jaar te wees. Dit behoort alle ouers en juniors aan die jaarprogram wat vir u Baanbrekerklub beplan is, bekend te stel – die doelstellings en doelwitte, die aktiwiteite en vergaderings, beide sekulêr en godsdienstig. Noukeurige beplanning van hierdie inskrywingsaandprogram is belangrik. Dit behoort betyds te begin en by die klubure te bly, en kan op ‘n gewone klubaand gehou word.

Voorgestelde program:

Verwelkoming en Bekendstelling aan Baanbrekerklub 1. Verduideliking van uniformbehoeftes en -vereistes. 2. Verduideliking van ledegeld – waarvoor dit gebruik word. 3. Deel programhoogtepunte. 4. Verduideliking van die organisasie en personeellede word voorgestel. 5. Baanbrekerlidmaatskapaansoeke word voltooi, geteken en ingehandig. 6. Baanbrekerpaspoort word ingevul en ‘n foto word geneem.

Organisering van die Baanbrekers 1. Alle Baanbrekers word in eenhede geplaas. 2. Die eenheidraadgewer stel die jaar se planne en program bekend. 3. Lede van die eenheid kies kaptein, sekretaris, en naam vir eenheid. 4. Mag met die jaar se leerplan begin, bv. Week 1 van die leerplan aan die begin van elke

klas, stel die Boekklubkeuses bekend, Gelofte en Wet, ens. 5. Assistent-direkteur kan beheer neem van die Baanbrekers vir ‘n speletjiesperiode.

Ouervergadering (saam met Direkteur, terwyl die organisering van die Baanbrekers plaasvind)

1. Gee ouers reëls- en regulasiesbladsy en verduidelik. 2. Bespreek verantwoordelikhede en ontdek addisionele talente wat in die klub gebruik kan

word. 3. Bedien verversings indien verlang.

Afsluiting 1. Alle Baanbrekers en ouers kom weer bymekaar vir die direkteur se tydjie. 2. Slotgebed

Page 88: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

88

Spesiale Dienste en Seremonies

Inleiding

Dit is uit sommige areas waar die junior bedieninge ‘n lang geskiedenis het dat baie van hierdie voorstelle geneem is. Hierdie voorstelle, terwyl dit noodsaaklik is in terme van verhoudings omdat daar gesien is dat dit werk, beteken nie dat dit finaal is nie. Daar kan ‘n beter manier wees om die taak te verrig en om die verlangde doel te bereik.

Die omvang hiervan moet egter nie gesien word as ‘n lisensie om die basiese konsep te verwerp nie, maar eerder om ‘n oomblik te bou wat nooit deur diegene wat betrokke is, vergeet sal word nie.

Voorgestelde Inhuldigingseremonie

(Die aanwysings is bewoord vir ‘n Baanbrekerklub wat een kandidaat inhuldig, maar dit kan aangepas word vir AJJ Verenigings en enige aantal kandidate.)

Voorbereiding

Materiaal benodig: 1. Tafel 2. Baanbrekerembleem 3. Baanbrekerbaniere 4. Baanbrekervlag 5. Nasionale Vlag 6. Kerse – een lang witte; ses medium lengte Baanbreker/AJJ Klas kleure; agt kort

wittes vir Wet; en sewe kort wittes vir Gelofte.

Prosedure

Plaas ‘n tafel by die plek van die inhuldigingseremonie. Sentreer ‘n groot Baanbrekerembleem direk agter die tafel, met ‘n Baanbrekergeloftebanier aan die regterkant van die embleem en ‘n Baanbrekerwetbanier aan die linkerkant van die embleem. Plaas ‘n lang wit kers in die middel van die tafel, direk voor die Baanbrekerembleem wat die gees van Baanbrekers voorstel. Plaas ses medium lengte kerse – blou, rooi, groen, silwer (swart, indien silwer nie beskikbaar is nie), wynrooi, en goud – voor hierdie kers wat die ses Baanbrekerklasse voorstel. Sit ‘n blaker waarin die kandidaat se kers gedurende die seremonie geplaas sal word voor hierdie ses gekleurde kerse. Sentreer agt wit kort kerse voor die Baanbrekerwetbanier in lyn met die “Gees van Baanbrekers” kers. Plaas sewe wit kort kerse op dieselfde manier voor die Baanbrekergeloftebanier.

Vertoon die Nasionale Vlag aan die regterkant (soos wat deelnemers na die gehoor kyk) van die tafel en ‘n Baanbrekervlag aan die linkerkant van die tafel.

Laat die Baanbrekers in eenhede sit in ‘n “V” formaat, met die oop kant na die tafel met die kerse. Die kandidate sit in die middel van die formasie. Die direkteur staan aan die regterkant van die tafel (kyk na die Baanbrekers), en die assistent-direkteur staan aan die linkerkant van die tafel (kyk na die Baanbrekers).

Manuskrip vir Seremonie

Nadat die direkteur ‘n kort oorsig van die programprosedures aan die kandidate en spesiale gaste gegee het, verklaar hy:

“Ek verklaar hiermee dat die inhuldigingseremonie van die _________________ Baanbrekerklub nou in orde is.” (Die kamer word donker gemaak.)

Die direkteur steek die “Gees van Baanbrekers” kers aan terwyl hy sê:

“Vir die lig van ons program gaan ons na die Gees van Baanbrekers. Die kers wat ek nou aansteek, verteenwoordig hierdie gees. Dit is die gees van avontuur, pret, leer,

Page 89: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

89

kameraadskap, bewustheid, en ontwaking, en bo alles, ‘n gees van eerbied en ‘n Gees van Diens aan God en die mens. Hierdie lig is self nie volkome of genoeg nie. Om die

aanvullende ligte voor te stel, vra ek nou ons assistent-direkteur, __________________.”

(naam)

Terwyl hy elke kers wat dit verteenwoordig opsteek, beskryf die assistent-direkteur die ses Klasse soos volg: (Ses Baanbrekers kan ook die volgende voorstel.)

Baanbreker/Vriendklas is ‘n studiekursus in leer, vaardighede, en fisiese fiksheid wat ‘n persoon sal help om nou ‘n beter buurman te wees en ‘n vriend van God dwarsdeur die ewigheid.

Baanbreker/Makkerklas is ‘n studiekursus in leer, vaardighede, en fisiese fiksheid wat meer betekenis aan die lewe sal gee asook ‘n vriendskap met Jesus Christus elke uur van die dag.

Baanbreker/Verkennerklas is ‘n studiekursus wat ‘n persoon sal help om nuwe avontuur te vind in die ontdekking van God se wêreld om ware en opregte geluk te verseker.

Baanbreker/Touleierklas is ‘n studiekursus wat nuwe areas van ontdekking in die

natuurlike en geestelike wêreld sal oopmaak om ware en opregte geluk te verseker.

Baanbreker/Pionierklas is ‘n studiekursus in fisiese, verstandelike, kulturele, en geestelike ontwikkeling wat die tiener uitdaag om ‘n opbouende selfkonsep en Christelike lewenstyl te ontwikkel.

Baanbreker/Rigterklas is ‘n studiekursus wat persoonlike groei en geestelike ontdekkings beklemtoon, en die Baanbreker voorberei vir die ontwikkeling van nuwe vaardighede in leierskap en oorlewingstegnieke.

Wanneer die ses Baanbrekerklas kerse opgesteek is, plaas die direkteur die “Gees van Baanbrekers” kers weer in sy oorspronklike posisie. Hy verduidelik dan aan die kandidaat dat die groot kers simbolies is van die Baanbrekerprogram, en die hoë ideale waarvoor die klub staan en die groei wat die Baanbreker as ‘n klublid sal ondervind en beklemtoon dit. Hy vra dan die Baanbrekers om voort te gaan met die seremonie om die Baanbrekerwet kerse op te steek.

Agt van die hoogste rang Baanbrekers, wat voor die tyd gekies is, steek die Baanbrekerwet kerse op. Hulle verkiesing is op die basis van Baanbrekerklas, klubamp, klubrekord, Baanbrekerprestasielinte, ens. Elkeen van die agt Baanbrekers neem dan beurte om netjies na vore te marsjeer, die direkteur te salueer met ‘n handsaluut, die “Gees van Baanbrekers” kers te neem en een van die Baanbrekerwet kerse op te steek. (Die direkteur salueer elke persoon se saluut.)

Nadat die Baanbreker die “Gees van Baanbrekers” kers op sy plek neergesit het, salueer hy weer die direkteur en herhaal, “Meneer, ek verteenwoordig die kandidaat wat hiermee onderneem om: (herhaal een van die volgende definisies ooreenkomstig die kers wat hy opgesteek het.”

1. “Die Môrewag te hou,” beteken ek sal elke dag bid en persoonlike Bybelstudie doen.

2. “My bes te doen,” beteken dat ek deur die krag van God andere sal help, en my plig en eerlike deel sal doen, waar ek ookal mag wees.

3. “Vir my liggaam te sorg,” beteken dat ek matig sal wees in alles en sal streef om ‘n hoë standaard van fisiese fiksheid te bereik.

4. “Almal in die oë te kyk,” beteken dat ek nie leuens sal vertel, kul, of bedrieg nie, en vuil taal en slegte gedagtes sal verafsku.

5. “Hoflik en gehoorsaam sal wees,” beteken dat ek vriendelik en bedagsaam sal wees teenoor andere, en in al my optrede teenoor andere Jesus se liefde sal reflekteer.

Page 90: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

90

6. “Saggies in die kerk sal loop,” beteken dat ek tydens enige godsdiensoefening stil,

versigtig en eerbiedig sal wees.

7. “Opgewek sal wees,” beteken dat ek opgewek sal wees en altyd die positiewe kant van die lewe sal soek en sal toelaat dat die invloed van my lewe soos sonskyn vir andere sal wees.

8. “God se boodskappe sal oordra,” beteken dat ek altyd gereed sal wees om my geloof te deel en sal streef om andere van diens te wees soos wat Jesus gedoen het.

Wanneer die Baanbrekerwet kerse almal aangesteek is, verklaar die assistent-direkteur, “Namens die wêreldwye Baanbrekerklub aanvaar ek die kandidaat se eed om die Baanbrekerwet te onderhou.”

Die direkteur vra dan dat die Baanbrekergelofte kerse aangesteek word. Dieselfde prosedure soos wat met die aansteek van die Baanbrekerwet kerse gebruik was, word gevolg deur sewe hoë rang Baanbrekers. Nadat elke kers aangesteek is, herhaal die Baanbreker aan die direkteur, “Meneer, ek verteenwoordig die kandidaat, wat beloof (herhaal een van die volgende punte volgens die kers wat hy aangesteek het.)”

1. “Deur die genade van God,” beteken dat slegs wanneer ek op God staatmaak om my te help, kan ek Sy wil doen.

2. “Sal ek rein wees,” beteken dat ek nie slegs bedagsaam en vriendelik sal wees teenoor my medemens nie, maar ook teenoor die hele skepping van God.

3. “Sal ek goedhartig wees,” beteken dat ek bo hierdie wêreld waarin ek leef sal uitstyg en my

lewe rein sal hou met woorde en dade wat andere gelukkig sal maak.

4. “Sal ek getrou wees,” beteken dat ek eerlik en opreg sal wees in studie, werk en spel en dat daar altyd op my staatgemaak kan word om my beste te doen.

5. “Ek sal die Baanbrekerwet onderhou,” beteken dat ek daarna sal streef om die betekenis van

die Baanbrekerwet te verstaan en om te leef volgens die gees daarvan, met die besef dat gehoorsaamheid aan wet in enige organisasie noodsaaklik is.

6. “Ek sal ‘n dienaar van God wees,” beteken dat ek sal onderneem om God eerste, laaste en

die beste te dien in alles wat ek gevra word om te wees of te doen.

7. “Ek sal ‘n vriend van die mens wees,” beteken dat ek sal leef om andere te seën en om aan hulle te doen soos wat ek wil hê dat hulle aan my moet doen.

Wanneer die Baanbrekergelofte kerse almal opgesteek is, verklaar die assistent-direkteur, “Namens die wêreldwye Baanbrekerklub, aanvaar ek die kandidaat se eed om volgens die Baanbrekergelofte te leef.” Die direkteur vra dan die klublede om op te staan, en die kandidaat vir lidmaatskap word na vore geroep om sy posisie in te neem voor die tafel tussen die assistent-direkteur en die direkteur, met sy gesig na die klublede en staan op aandag. Die direkteur vra hom dan om toewyding tot die hoë beginsels van die Baanbrekerklub te bevestig en om die Baanbrekergelofte en Wet op te sê. (Indien meer as een kandidaat teenwoordig is, word die Baanbrekergelofte en Wet saam opgesê.) Nadat die Baanbrekergelofte en Wet deur die kandidaat opgesê is, verklaar die direkteur, “Ons verklaar hiermee dat ________________________ in die lidmaatskap van die __________________ (Naam van kandidaat) Baanbrekerklub van die ____________________ Konferensie/Sending van Sewendedag-Adventiste aanvaar is. Daar word nou aan jou ‘n kers gegee, (assistent-direkteur oorhandig ‘n kort kersie aan die kandidaat) wat jy nou by die “Gees van Baanbrekers” kers kan aansteek, en in die blaker voor in die middel van die tafel kan plaas. (Baanbreker steek die kers aan by die lang kers en plaas dit in die blaker.) Jou lig word nou by ons klub gevoeg, en ons gee jou nou opdrag in die teenwoordigheid

Page 91: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

91

van hierdie Baanbrekers om jou lig in die Gees van Baanbrekers voor andere te laat skyn. Ons sal nou die assistent-direkteur vra om te bid dat God aan jou krag sal gee om volgens die hoë ideale van ons klub te leef en om ‘n getroue en lojale klublid te wees.” Die assistent-direkteur lei uit in ‘n toewydingsgebed vir die nuwe lid(lede), terwyl die klub op gebedsaandag staan. Die direkteur verklaar dan, “_______” (naam van nuwe lid), jy is nou ‘n volwaardige lid van die _______________ Baanbrekerklub.”

1. Die nuwe lid gaan staan dan voor die direkteur om die hand van lidmaatskap en die Baanbreker serp te ontvang.

2. Dan gee die assistent-direkteur, raadgewer, en kaptein van sy eenheid die lid die regterhand

van lidmaatskap.

3. Die klubsekretaris oorhandig dan ‘n Baanbrekerlidmaatskapkaart aan die lid.

4. Die raadgewer en kaptein lei dan die lid na die toegewese eenheid.

5. Die klub sing die Baanbrekerlied, en die ligte word aangeskakel, wat die inhuldigingseremonie afsluit.

Alternatiewe Prosedure Indien ‘n klub verkies om nie kerse te gebruik nie, kan ‘n soortgelyke prosedure gevolg word deur slegs vlae en baniere te gebruik. Die kandiaat kan dan beide hande op die paal van die Baanbrekervlag plaas terwyl hy die Baanbrekergelofte en Wet opsê. In hierdie geval sal die Baanbrekervlag van sy staander verwyder word en die paal in ‘n horistontale posisie deur die assistent-direkteur gehou word.

Page 92: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

92

Page 93: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

93

Jaarlikse Program

Die Baanbrekerdirekteur en sy personeel moet ‘n duidelike begrip hê van die doelstellings wat gedurende die Baanbrekerjaar bereik moet word. Die algemene doel is om te help om in die groeiende behoeftes van die junior jeug te voorsien. Om die Baanbrekers deur ‘n studiekursus te lei tot finale erkenning in ‘n Bekledingsdiens is die manier om die doelstellings van die Baanbrekerbediening te bereik. Dit is ‘n goedbeplande jaarlikse program waarin alle fasette ingesluit is, sodat die doelstellings bereik kan word. Baie klubs gebruik ‘n 10-maande kalender. Deur gebruik te maak van ‘n beplanningstabel soos op die volgende bladsy aangetoon word, kan die Baanbrekerpersoneel hulle jaar se aktiwiteite uitlê. Elke personeellid behoort ‘n tabel te kry om te gebruik terwyl hulle dit gesamentlik invul. Die maande kan begin met watter maand die klub ookal verkies om hulle jaar te begin en te eindig met die maand wat beskou sal word dat die jaar verby is. Elke maand behoort genommerde weke te hê waarop ‘n Baanbrekeraktiwiteit sal plaasvind en enige belangrike vakansies of ander groot geleenthede wat oorweeg sal moet word. Skryf ook die datums vir die konferensiewye geleenthede en die datum wat die klub vir hulle Bekledingsdiens geteiken het in. Die instrukteurs en raadgewers behoort dan die onderskeie klasvereistes, vakhonneurvereistes, velduitstappies, eenheidsgeleenthede, ens. in te vul. Sodra die jaar op die tabel uiteengesit is, kan ‘n maand-tot-maand, vergadering-tot-vergadering gedetailleerde beplanning aan die einde van elke maand of kwartaal gedoen word om enige aanpassings te maak wat vereis word. Beplanning raak baie makliker, individuele verantwoordelikhede baie duideliker wanneer hierdie metode gebruik word. Items soos weeklikse vergaderingtye, personeelvergaderings, watter uniform om te gebruik en wanneer is almal oorweeg en geredelik beskikbaar vir almal. ‘n Verkorte vorm van hierdie tabel kan ook op inskrywingsaand aan die ouers voorsien word – dit wys dat die klub weet waarheen hy oppad is en maak ‘n baie goeie indruk op die ouers daardie eerste aand. Die goeie indruk word egter slegs behou solank as wat die klub baie na aan die uiteengesette program bly!

Page 94: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

94

JAARLIKSE TABEL

JANUARIE

FEBRUARIE

MAART

APRIL

MEI

JUNIE

JULIE

AUGUSTUS

SEPTEMBER

OKTOBER

NOVEMBER

DESEMBER

Page 95: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

95

Puntetelling Die konferensie jeugdepartement het ‘n jaarlikse puntetellingplan ontwerp wat ‘n verskeidenheid vereistes bevat wat die basiese Baanbrekeraktiwiteite beklemtoon en wat lei tot ‘n gebalanseerde program. Toekennings word tydens die konferensiekermis aan elke klub aangebied.

Verslag van Klaswerk Daar is twee plekke waar verslag van die voltooide klaswerk gedoen word:

1. Die Baanbrekerklasverslagkaart, wat die vereistes uiteensit en plek laat vir die gemagtigde handtekening van bevestiging. Die kaart word verkieslik deur die sekretaris in die klublêer gehou. Die kaarte kan volgens eenheid of alfabeties gehou word. Dit word aan die raadgewer of eenheidsekretaris oorhandig wanneer klaswerk afgeteken word. In die geval waar die paspoort nie gebruik word nie, kan twee kaarte vir elke Baanbreker gebruik word – een vir die klubrekords en die ander vir die klublid.

2. Die Baanbrekerpaspoort* het bladsye wat toegewys is vir elke klas. ‘n Stelsel van

stempels of gelyste vereistes soos die op die verslagkaart sal die Baanbreker se persoonlike permanente geskiedenis van die Baanbrekerklub wees.

*Baanbrekeridentifikasieboekie.

Leerplan ‘n Gedetailleerde leerplan word in die begin van elke klashandleiding uiteengesit. Indien hierdie leerplanne gevolg word, sal elke vereiste binne die tien maande periode voltooi word, insluitende kamperings en tweemaandelikse geleenthede.

Vergaderings

Die Baanbreker kan die doel van die program bereik, slegs indien gereelde vergaderings gehou word. Hierdie vergaderings kan ooreenkomstig die behoeftes van die plaaslike klub gehou word.

Daar word drie modelle voorgestel waaruit die plaaslike klub kan kies. Dit is moontlik vir ‘n kerk om elke jaar van model tot model te ruil, en ook gedurende die jaar. Dit voorsien verskeidenheid en kan meer volledig voorsien in spesifieke programbehoeftes. Model A Hierdie word in een drie-uur sessie gehou met openings- en sluitingseremonies, marsjering, speletjies, leerplan en handwerk, alles in een program vervat. Hier volg ‘n voorbeeld wat die basiese struktuur aantoon. U kan hierdie sonder enige beperking aanpas om by u situasie te pas en verskeidenheid aan u program te voorsien. Minute Aktiwiteit 15 Openingseremonie – vlae, gebed, inspeksie 10 Driloefening (klub of eenheid) 15 Spreker/godsdiens 30 Klaswerk (binnemuurse of buitemuurse aktiwiteit) 30 Speletjies of oefening vir kermis 30 Klaswerk (binnemuurse of buitemuurse aktiwiteit) 45 Vakhonneurs/stokperdjies/handwerk

5 Aankondigings en slotgebed 180

Page 96: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

96

Model B Hierdie is ‘n drie-uur program, maar word in twee aparte segmente aangebied:

Segment 1: Een uur van Baanbrekers op Sabbat wat samesyn en leerplanaktiwiteite insluit.

Segment 2: Twee ure van Baanbrekers op ‘n ander dag of aand, insluitende

marsjeer, speletjies, leerplan, handwerk, en opening- en sluitingseremonies.

Hieronder volg ‘n voorbeeld van ‘n program wat die basiese struktuur aandui. U kan hierdie sonder beperking afwissel om by u situasie te pas en verskeidenheid aan u program te bied. Segment 1 1 uur Minute Aktiwiteit 10 Openingseremonie 10 Aanskouingsles/vasvrae 30 Leerplan 7 Spesiale Item 3 Aankondigings/Slotgebed 60 Segment 2 2 ure Minute Aktiwiteit 10 Openingseremonie 15 Godsdiens/gasspreker 15 Oefening vir saamtrek/kermis 30 Leerplan 40 Vakhonneurs/stokperdjies/handwerk 10 Afsluitingseremonie/slotgebed 120

Model C

Hierdie is ‘n weeklikse 1½ uur program wat aangepas kan word van 1-2 uur lank. Indien hierdie gebruik word, is dit beter om ten minste 3 weke per maand bymekaar te kom. Minute Aktiwiteite 10 Openingseremonie (vlaghysing, Nasionale Volkslied, gebed, Gelofte, Wet) 10 Godsdiens 10 Eenheidtyd 30 Aktiwiteit 1 (Vakhonneur van keuse) 25 Aktiwiteit II (Klasvereiste) (kan ander opsionele 30 minute aktiwiteit byvoeg) 5 Afsluiting (aankondigings, gebed, stryking van vlag) 90

Page 97: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

97

Beplanningsgids

Die volgende beplanningsgids wys vir die Baanbrekerpersoneel hoe om beskikbare hulpbronne te gebruik in die beplanning van die besonderhede vir die klubprogram. Aktiwiteit Komiteebesluit Hulpbronmateriaal Openingseremonie Besluit oor die formasie van die Baanbrekers Baanbreker Driloefening vir parade; posisie en pligte vir elke Handleiding personeellid gedurende parade. Driloefening Kies driloefeninginstrukteur en sy assistent Baanbreker Driloefening Handleiding

Godsdiensoefeninge Kies ‘n klubkapelaan of stem oor ‘n Mense wat godsdiens kan godsdienspligtelys, maak ‘n personeellid waarneem; personeellede, verantwoordelik vir hierdie segment. Kerkleraars, sendelinge, tiener Baanbrekers Leerplan Oorweeg die aanstelling van klasinstrukteurs ‘n Omvattende handleiding noukeurig. Hulle dra die verantwoordelikheid vir elk van die Baanbreker- om die Baanbrekers tot by die Bekledings- klasse en is verkrygbaar diens te lei. vanaf u Jeugbedieninge- departement. Speletjies/ Kies ‘n personeellid om verantwoordelikheid Kyk by u kerkbiblioteek vir Kermisoefening te aanvaar vir ontspanningsaktiwiteite - hulpbronne oor speletjies. speletjies, kampering, kermisoefening, Kontak Regerings- en staptoere, pieknieks, ens. plaaslike owerhede vir regulasies oor kampering, staptoere, en piekniek- plekke. Stokperdjies/ Stel vas hoeveel handwerkonderwysers Alle Vakhonneurvereistes Vakhonneurs/ daar in u gemeente is. Beplan vraelyste word in die Vakhonneur Handwerk van hulle keuse van handwerk/Vakhonneurs/ Handleiding wat van u stokperdjies. Kies een van u personeel om Jeugdepartement verkry verantwoordelik te wees vir hierdie kan word, genoem. Kuns en aktiwiteite. Kies ‘n assistent of assistente Handwerksentrums, wat beheer kan neem vir of die meisies of biblioteke, ens. sal boeke en seuns se handwerk. idees en voorraad hê. Afsluitingseremonie Soos hierbo vir Openingseremonie.

Page 98: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

98

Klubvergadering Beplanningsbladsy

Naam van Klub _______________________________________________________________ Datum vir Vergadering _________________________________________________________ Tyd _____________________ Geleentheid _______________________________________ Leier _______________________________________________________________________ Beskrywing van Geleentheid ____________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ Spesiale Notas ______________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________

Page 99: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

99

Trimester Program Beplanningsbladsy

Jaar ______________ Naam van Klub ________________________________________________________________ Trimester Tema ________________________________________________________________ Hoofprojek ____________________________________________________________________ Gereelde vergadering __________________________ Leier ___________________________ Spesiale Geleenthede _________________________ Leier ___________________________ _____________________________________________________________________________ Maand _______________________________________________________________________ Vakhonneurs aangebied Algemene aktiwiteit Baanbrekerklasvereiste *DJG aktiwiteite Ontspanning of speletjies _____________________________________________________________________________ Maand _______________________________________________________________________ Vakhonneurs aangebied Algemene aktiwiteit Baanbrekerklasvereiste DJG aktiwiteite Ontspanning of speletjies _____________________________________________________________________________ *DJG = Deel Jou Geloof

Page 100: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

100

Bekledingsdiens

A. Voorbereiding Gewoonlik sal die Baanbrekerleier die konferensie/sending jeugdirekteur in kennis stel dat die kandidate gereed is vir bekleding, en ‘n datum word vasgestel vir die vergadering. Die bekledingsdiens sal deur die konferensie/sending jeugdirekteur of ‘n aangewese en gekwalifiseerde persoon, verkieslik ‘n Hoofrigter, waargeneem word. Voor die bekledingsdiens moet al die vereistes voltooi word en die permanent afgetekende Baanbrekerklasrekordkaart, waar van toepassing, behoort op versoek aan die ampsdraer wat die bekleding sal waarneem, voorgelê te word. Om ‘n hoë standaard van prestasie te handhaaf, is dit goed om die kandidate te toets, veral in die geval van Hoofrigters.

B. Personeel wat in die Bekledingsdiens betrokke sal wees en hulle verantwoordelikhede

Bekledingsbeskermheer Hierdie is ‘n persoon wat deur die konferensie jeugdepartement aangewys word, gewoonlik die areakoördineerder, wat die plaaslike konferensie verteenwoordig. Waar daar geen koördineerder is nie, word ‘n Hoofrigter of ‘n ander verantwoordelike persoon soos ‘n predikant of onderwyser aangestel. 1. Ondersteun die kerk of die skool om die studente te lei in ‘n inspirerende program van

Baanbrekeraktiwiteit wat die voltooiing van die Baanbrekerklaswerk volgens die graadvlak van die student, insluit.

2. Volg die vordering van daardie Baanbrekerklasse in die aangewese kerk of inrigting

totdat dit voltooi is.

3. Promoveer die bekledingsprogram onder die ouers van die jeug wat betrokke is en die hele kerklidmaatskap.

4. Onderhandeling met die kerkleraar of skoolhoof vir ‘n plek, datum en tyd vir die

bekledingsprogram.

Baanbrekerklubdirekteur 1. Promoveer Baanbrekerklaswerk: Vriend, Makker, Verkenner, Touleier, Pionier, Rigter, en

ook die Gevorderde Baanbrekerklasse.

2. Betrek die Baanbrekerpersoneel en klublede in die bekledingsprogram.

3. Promoveer die bekledingsprogram onder die ouers van die Baanbrekers, en die

kerklidmate wat dit steun.

4. Verkry die samewerking van die skoolonderwysers in die voltooiing van sommige spesifieke Baanbrekerklasvereistes; hou rekord op die Baanbrekerklasrekordkaart.

5. Organiseer die bekledingsprogram en stel ‘n datum vas.

6. Bestel en ontvang alle benodigde bekledingsmateriaal vir die Baanbrekers. Gebruik die

blanko Bekledingsbestelvorm. Skoolonderwyser se Verantwoordelikhede In sommige unies is die Baanbrekerklaswerk in die skoolleerplan ingesluit. Onderwysers berei die studente voor om hulle kentekens tydens ‘n bekledingsdiens te ontvang.

Page 101: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

101

1. Werk saam met die Bekledingsbeskermheer en die Baanbrekerklub waar van toepassing in die skedulering van die bekledingsprogram.

2. Help met die voorbereiding van diegene wat beklee gaan word: studente,

skoolonderwysers, en Baanbrekerlede, wanneer van toepassing, deur Baanbrekerklasrekordkaarte te verkry, ens., ooreenkomstig die volgende aanbevole klasskedule.

Voorslaggieklasse Drawwertjie – graad 1 Uitblinker – graad 2 Bouer – graad 3 Helper – graad 4 Baanbrekerklasse Vriend – graad 5 Makker – graad 6 Verkenner – Graad 7 Touleier – Graad 8 Pionier – Graad 9 Rigter – Graad 10 Hoofrigters – 16 jaar oud en ouer.

3. Bestel Bekledingsmateriaal in samewerking met die Baanbrekerklubdirekteur van die

plaaslike konferensie deur die Bekledingsbestelvorm te gebruik. Waar geen klub bestaan nie, word materiaal direk van die konferensie vir die skool bestel.

4. Wees betrokke saam met die Baanbrekerklubdirekteur, AJJ en AJ leiers in die beplanning

en program.

Baanbrekerklubraadgewers 1. Help die Baanbrekerdirekteur en Bekledingsbeskermheer met die beplanning vir die

Bekledingsprogram.

2. Lei Baanbrekers, veral diegene wat nie die kerkskool bywoon nie in ‘n inspirerende program van junior jeugaktiwiteite en in die voltooing van die Baanbrekervereistes.

Plaaslike Konferensiepersoneel Die konferensie jeugleier nooi personeel soos die opvoedkundige departement superintendent, leraar, skoolhoof, of ‘n leraar in die plaaslike konferensie om by die Bekledingsprogram teenwoordig te wees. 1. Verteenwoordig die plaaslike konferensie/sending.

2. Promoveer jeugevangelisasie en die konferensie/sending jeugprogram; bv jeugkampe,

saamtrekke, saamtrekdae, evangelisasie.

C. Program Daar is seker niks anders in verband met die Baanbrekerklaswerk wat ‘n groter geleentheid bied om aan die lede van die kerk te toon wat gedoen word as die bekledingsdiens nie. Dit is dus belangrik dat die program op die mees waardige manier gehou word asook op ‘n manier wat in elke hart die begeerte sal aanroer om meer te doen vir die aanmoediging en redding van ons jeug. Die doel van die Bekledingsprogram is om ‘n geleentheid te bied om:

→ Erkenning aan diegene te verleen wat hulle Baanbrekerklaswerk voltooi het.

→ Diegene wat nie in die werk betrokke is nie te inspireer om betrokke te raak.

→ Die kerk en gemeenskap in te lig oor waaroor die Baanbrekerklub gaan.

Page 102: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

102

→ Planne vir toekomstige gebeure aan die jeug te kommunikeer.

Bo en behalwe die werklike toekenning van kentekens, word die programinhoud grootliks aan die kreatiwiteit van diegene wat betrokke is, oorgelaat. ‘n Aksie-georiënteerde, inspirerende inhoud werk die beste. Byvoorbeeld, sluit toneelstukkies in wat gemeenskapsdiens en getuienisse uitbeeld, voordrag van geheuewerk, en demonstrasie van vaardighede wat betrekking het op klasvereistes. Aangesien die Gelofte en Wet die kern is van die opleiding wat in die klub geskied, moet dit, waar ookal moontlik, beklemtoon word. Standaardprogramitems behoort die volgende te wees: bevredigende bewys van begrip en voltooiing van werk deur die kandidate; ‘n uitdaging tot lojaliteit teenoor God, die kerk, en die klub (aan die klasgroep en aan die wêreldwye sirkel van Baanbrekers), ‘n opdrag vir verantwoordelikheid om lojaal te wees en ‘n woordjie en handdruk van verwelkoming deur Hoofrigters wat teenwoordig mag wees. Wees oorspronklik, romanties, geestelik en indrukwekkend.

NOTA: Hierdie is slegs voorgestelde formate om te help met die beplanning van ‘n kort program (20-30 minute) waarin almal wat beklee word, deel kan hê. (‘n Lied kan byvoorbeeld almal insluit!)

Programformaat Voorstel No 1 Voorspel Sangdiens Spesiale Musiek Skriflesing Verwelkoming Gebed Baanbreker/Gelofte Voorgedra deur al die kandidate (Laat ‘n student sy interpretasie daarvan gee.) Baanbreker/Wet Voorgedra deur al die kandidate (Laat agt studente hulle interpretasies gee, van een van die agt punte, elke student bied een van die agt dele van die wet aan.) Spesiale Musiek Klublede Geheuewerk Enige of alle klasvlakke Praktiese Demonstrasies Toneelstukkies, Woordraaisels, ens.

1. Geliefkoosde Bybelverhaal 2. Bind van knope 3. Natuurnuusbrokkies 4. Noodhulp 5. Verhaal van geliefkoosde troeteldier 6. Staptoer en kampering 7. Vakhonneurs verdien 8. Nasionale Vlagdemonstrasie 9. Beroemde landsburgers 10. Fisiese fiksheid

Sertifisering van Kandidate Baanbrekerdirekteur en leraar Uitdaging aan Junior Jeug Konferensie jeugdirekteur, leraar, of gekwalifiseerde Hoofrigter Die Opdrag en Aanbieding Konferensie Jeugdirekteur of Streekkoördineerder van Kentekens Toewyding Leraar Aankondigings Somerkamp, kampvergadering, ens. Slotgebed Tiener Baanbreker

Page 103: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

103

Programformaat Voorstel No 2 Skriflesing Lied Spesiale Musiek Gebed Kort boodskap Simposium deur Kandidate Geheuewerk Baanbrekergelofte en -wet Praktiese Demonstrasies Sertifisering van Kandidate Opdrag en Aanbieding Toewydingsgebed Kampfilm (Promosie vir somerkamp) Lied Gebed Programformaat Voorstel No 3 Musiekvoorspel of sangdiens Baanbrekers paradeer met of sonder vlae in die kerk of saal terwyl hulle sing of marsjeer op die maat van die Baanbrekerlied of Voorwaarts Christen Stryders, ens. Vlae word volgens regulasie geplaas. Trou sweer waar nodig – almal Baanbrekerwet, Baanbrekergelofte – deur alle Baanbrekers Verwelkoming en Voorstellings Baanbrekerlied – deur almal Gebed deur ‘n Baanbreker Skriftuurlesing – voordrag van geheuewerk deur Baanbreker Spesiale lied Praktiese demonstrasies van verskeie soorte – knope, getuienis, toneelstuk, ens. Gassprekers – kort opmerkings Sertifisering van kandidate Opdrag en aanbieding van kentekens Toewydingsgebed Slotmusiek – deur marsjering Foto’s en voltooiing van verslag vir Konferensie/sending Programformaat Voorstel No 4 (Buitemuurse Bekledingsdiens) Plekke vir Program

1. Kampvure 2. Tuin 3. Munisipale Park 4. Kerk 5. Kerkskool gehoorsaal

Wanneer die weer gunstig is, kan die Bekledingsdiens buite gehou word. Hierdie word dikwels gedoen tydens jeugkampe maar kan ook net so goed tydens ander geleenthede gedoen word. ‘n Natuurlike opset van bome en ‘n meer verleen homself tot oorspronklikheid en romantiese indrukwekkendheid in die bekledingsprogram. ‘n Voorbeeld van ‘n groot buitemuurse bekledingsdiens volg. Elke kandidaat berei ‘n klein wigwam-tipe vuur voor en langsaan ‘n paar ekstra takkies. Die Vriend kandidate berei hulle vure voor in die vorm van die letter F, die Makkers M, die

Page 104: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

104

Verkenners V, die Touleiers T, die Pioniers P, en die Rigters R. Op ‘n gepaste plek word drie groter kampvure voorberei vir die konferensie jeugdirekteur of ander leiers en die Hoofrigters wat teenwoordig is. Twee Ere-jongmense gee aandag aan die leiers se vuur. Nog twee jongmense tree op as assistente om die Klasspeldjies vas te hou en dit vir die leier aan te gee tydens die bekleding. Die kandidate staan in ‘n ry agter die vuur wat deur die twee jeugassistente behartig word. Wanneer dit begin donker word oor die gebied, neem elke bekledingskandidaat sy plek in by sy vuur. In stilte, op ‘n gegewe teken, steek die twee ere-jongmense die groter vure aan. Dan, op hulle beurt, steek elke kandidaat sy vuur aan deur by die bokant van elke letter te begin, staan op, en in die skaduwee-agtige lig gee hy sy interpretasie van die deel van die Gelofte of Wet, of die verduideliking en betekenis van sommige vereistes of aktiwiteite, soos aan hom opgedra. Elkeen gaan dan om die beurt saggies sit, volgens die Indiane se manier, kyk na sy vuur, en hou dit aan die brand totdat die oefening afgesluit word. Die kandidate ontvang dan die uitdaging van die leier tot lojaliteit, en ontvang hulle kentekens. ‘n Handdruk van verwelkoming word dan deur die Hoofrigters teenwoordig gegee. ‘n Goeienag lied en ‘n gepaste slotgebed beëindig hierdie onvergeetlike program. Hierdie is maar een van baie maniere. Dit kan uitgewerk word met ‘n paar bote en baie fakkels op die meer. Voorsien altyd ‘n goedvoorbereide, waardige program.

Voorgestelde Opdrag “Julle het op die plek in julle studieprogram en selfverbetering gekom waar julle nou gereed is om nuwe verantwoordelikhede in die kerk en sy werk te aanvaar. Elkeen van julle het die werk soos voorgeskryf in een of meer van die Baanbrekerklasse voltooi. Die kenteken wat julle nou gaan ontvang, verteenwoordig die hoogste ideale van die Sewendedag-Adventiste jeugorganisasie. Hierdie kenteken moet deur julle in trust gehou word vir net solank as wat julle die ideale waarvoor hierdie kenteken staan in julle daaglikse lewe uitdra – die ideale wat in die Baanbrekergelofte en -wet saamgevat is. Ek gee julle dan hiermee opdrag dat julle deur die genade van God elke dag sal poog om hierdie hoë beginsels te handhaaf en om dit in julle woorde en dade uit te leef, sodat julle deur dit te doen, kan toon dat julle ‘n ware dienskneg van God en ‘n vriend van die mens is. “Indien julle om een of ander rede hierdie ideale uit sig verloor en nie omgee om dit in julle daaglikse lewe te koester en uit te leef nie, is julle deur eer gebonde om die kenteken aan die konferensie wat die toekenning gedoen het, terug te besorg. Mag God julle getrou hou aan Hom en aan die waardige ideale van die Baanbrekerklub.”

‘N WOORDJIE VAN WAARSKUWING: Die Baanbrekerklub is nie ‘n geheime vereniging nie. Terwyl geheimhouding en geheime seremonies en tekens of gelukbringertjies wat deur lede gedra word aanloklik mag lyk, is dit nie Bybels nie en skep dit geleenthede vir kritiek en terugtrekking van ondersteuning van kerkleierskap en ouers. Alles wat ons in die Klub doen, behoort openlik, op ons missie as ‘n internasionale organisasie gefokus te wees en van so ‘n aard dat dit deur almal wat besoek en dit waarneem, geniet kan word.

Page 105: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

105

AKTIWITEITE AFDELING D

Sosiale Ontwikkeling

Filosofie van Sosiale Opvoeding

Christen jongmense het alle rede om die gelukkigste persone in die wêreld te wees. Jesus het gesê, “Ek het gekom sodat hulle lewe mag hê, en dit in oorvloed.” Hierdie soort oorvloedige lewe is vir God se mense hier en nou; vandag en elke dag.

Wanneer ons na Christus, ons voorbeeld, kyk, ontdek ons dat Hy nie ‘n kluisenaar of ‘n muurblom was nie. Die kort skriftuurlike verslag van Sy vroeë lewe beklemtoon dat Hy ‘n veelsydige jongmens was met ‘n innemende persoonlikheid; Sy vriende het daarvan gehou om naby Hom te wees. Hy moes vriendelik, aangenaam en ‘n ware man gewees het; want Hy het met perfekte harmonie fisies, verstandelik, geestelik en sosiaal ontwikkel. Die enigste resep vir ware geluk het Christus in die anale van die geskiedenis geskets deur Sy eie lewe. Hy het geleef om andere te seën; hierin lê die geheim van die oorvloedige lewe. Wanneer ons hierdie ewige beginsel in gedagte hou, kan tyd wat sosiaal en in ontspanning deurgebring word, net so waardevol wees as tyd wat op enige ander dag gebruik was. Ontspanning wat kan veroorsaak dat ons godsdienstige oortuigings tydelik opsy moet skuif, is rampspoedig. Alhoewel ontspanning ons uitnooi om tyd te neem om weg te breek van die dolle gejaag van die moderne lewe, moedig dit ons nooit aan om van-diens-af Christene te wees nie; godsdiens kan nie ‘n naskrif vir alledaagse lewe wees nie. Christelike invloed op ‘n staptoer, wanneer pannekoek gebak word vir ‘n kamperingontbyt, of om pret in die gesinskamer te hê, kan ‘n groter impak op vriende hê as praatjies wat tydens ‘n AJ vergadering of ‘n Baanbrekerlesing gegee word. Alle aktiwiteite behoort met godsdiens deurdrenk te wees en ‘n gids te wees vir die keuse van ontspanningsaktiwiteite. Dit is nie moeilik om die kontras te sien van Christelike pret en daardie vermaak wat slegs vir die plesier daarvan gesoek word en neig om in oormaat gedoen te word en ons fisiese, verstandelike en geestelike krag te verswak nie. Satan probeer voortdurend om jongmense te ontwrig deur nuwe aantrekkings en fasinerende vermaaklikhede te skep wat die bruikbaarheid van jongmense vernietig en hulle van God skei.

Ontspanning

‘n Volwasse Benadering

Die Here se plan vir die lewe sluit ontspanning in. God Self het plesier geskep, (Open. 4:11) en Hy wil hê dat Sy kinders ware plesier moet vind. (Ps 16:11) Die volgende inspirerende sin klink byna soos ‘n opdrag. “Dit is die voorreg en plig van Christene om te probeer om met onskuldige ontspanning hulle lewenskragte te verkwik en hulle liggame te versterk sodat hulle hulle liggaamlike en verstandelike kragte tot verheerliking van God kan gebruik.” Dink Aan Jou Skepper, bl. 364. Ontspanning verskil vir elke indivdu volgens sy omgewing, fisiese krag, beroep, en finansiële middele. Die program behoort beplan te word om ‘n goedafgeronde verskeidenheid van aktiwiteite in te sluit. Die wyse gebruik van ontspanningstyd moet benader word uit die oogpunt van ‘n volwasse Christen wat besef dat elke oomblik gelaai is met ewige gevolge. Of iemand nou ‘n “tweederangse” of ‘n kampioen word, sal afhang van die waarde ontvang uit die lewe se goue oomblikke, waarvoor almal aanspreeklik gehou sal word.

Page 106: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

106

Speletjies Speletjies val in verskeie kategorieë. Die swakste hiervan is kaartspeletjies en ander speletjies waar kanse gewaag word. Baie van hierdie speletjies moedig dobbelary, verkwisting, en kullery aan; en behoort deur die Christen vermy te word. Sommige, waarin vaardighede in areas soos Bybelkennis, uitbreiding van woordeskat, natuuridentifikasie, en ander areas van leer, ontwikkel word, het egter al bewys om interessant sowel as voordelig te wees. Jongmense hou van aksie! Binnemuurse en buitemuurse aktiewe speletjies is vir die meeste van hulle interessant. Wanneer daar behoorlike toesig en leidinggewing is, kan hierdie speletjies ‘n belangrike hulpmiddel wees in die ontwikkeling van sportmanskap, spanwerk, koördinasie, fisiese toestand en persoonlike prestasie.

Sport Die grootste voordeel van enige sport kom van deelname in die geleentheid. Daar kan geredelik gesien word dat kompeterende speletjies min of geen werklike waarde vir die toeskouers inhou nie. Emosies word dikwels opgewek met geen uitlaatklep vir die skare behalwe vir naam-noemery en geskreeu nie. Die beheer van kommersiële sport berus in die hande van groepe met geldelike belangstellings wat, met hulle klem op wen, ‘n neiging het om die atlete uit te buit en om die “ster spelers” op te hemel.

Dit behoort nie vir Christene te moeilik te wees om waar te neem dat op die sportveld waar daar baie liggaamlike kontak is, daar min van die gees van Christus getoon word nie. In sommige populêre sportsoorte is brute geweld met vaardige maneuvering die beslissende faktor, met humeure wat dwarsdeur die spel ontvlam. Die raad van God is nog net so toepaslik vir ons tyd al was dit baie jare gelede geskrywe: “Sommige van die mees populêre vermaaklikhede, soos rugby en boks, het skole van brutaliteit geword. Hulle ontwikkel dieselfde karaktertrekke as wat die spele van antieke Rome gedoen het. Die liefde om te oorheers, die trots in brutale geweld, die roekelose minagting van lewe, oefen ‘n demoraliserende krag op die jeug uit wat afstootlik is. “Ander atletiese spele, alhoewel hulle nie so brutaal is nie, is skaars minder gepas, omdat dit tot die uiterste gedryf word. Dit stimuleer die liefde vir plesier en opwinding, en moedig ‘n afsku vir handige arbeid aan, ‘n eienskap om praktiese pligte en verantwoordelikhede te ontduik.” - Adventist Home, bl. 500, 501 Terwyl kommersiële sport, interskole mededinging, en verbintenis tot sodanige areas van kompetisie as wat in verskeie openbare sportligas bestaan, vermy behoort te word, behoort ‘n stand teen deelname in sport in ‘n ontspannende manier, nie geneem te word nie. Nadat Ellen G. White haar kleinkinders dopgehou het wat bofbal op die skoolgronde gespeel het by die St. Helena Sanitorium, het sy die volgende kommentaar gelewer, “Ek veroordeel nie die eenvoudige oefening van balspeel nie; maar hierdie, selfs in sy eenvoudigheid, kan oordoen word.” - Adventist Home, bl. 499. Dit is dus heel duidelik dat sonder matigheid dit wat andersins onskuldig mag voorkom en selfs waardevol, nadelig kan wees. Jongmense word dikwels verwar deur stellings in die Gees van Profesie wat lyk asof dit fietsry en tennis veroordeel. Hulle is onmiddellik in die versoeking om die geskrifte van Inspirasie te veroordeel as te nougeset of uit die mode en nie op ons tyd van toepassing nie. Die redes waarom hierdie stellings geskryf was, is egter baie belangrik vir ons om te verstaan, en die beginsels met ware betekenis word vandag toegepas. Beide hierdie veroordelings was vir ‘n spesifieke situasie geskryf. In die geval van fietsry, was groot bedrae geld op resiesfietse spandeer, met die openlike doel om in resies met die dorpsmense betrokke te raak. As die tyd wat spandeer word, in ag geneem word, die finansiële uitgawe, en die gees wat getoon was, was die hele ding tot die uiterste gevoer. ‘n Soortgelyke situasie het in verband met tenniswedstryde ontstaan, met tyd wat aan

Page 107: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

107

kompetisie met die gemeenskap spandeer was en ‘n onheilsame gees wat ontwikkel het, wat beteuel moes word. Die “eenvoudige oefening” van fietsry of ‘n spel tennis met ‘n vriend, sal sekerlik nie veroordeel word nie. Dit behoort egter herhaal te word dat daar in geen ander area van ontspanning ‘n meer onderskeidende verstand moet wees as in die keuse en spel van sport nie.

‘n Beter Manier Vanaf kinderdae het alle mens ‘n drang gehad om iets te maak of om in een of ander kultuuraktiwiteit te presteer. Die Skepper het hierdie kreatiewe drang binne die mens geplaas. Die hedendaagse geoutomatiseerde, druk-‘n-knoppie tydvak het hierdie impuls verminder en onderdruk; nietemin bly daar nog steeds die behoefte aan die uitdrukking van self deur kreatiewe prestasie. Die mens is dit aan homself verskuldig om ‘n kreatiewe stokperdjie te ontwikkel wat nie slegs aan hom plesier sal verskaf nie, maar wat ook ‘n bron van bevrediging vir die res van sy lewe sal voorsien. ‘n Hoë graad van kreatiewe prestasie wat hom ook met voortdurende plesier sal beloon, kan op die gebiede van musiek, kuns, groepbesprekings, lees en skryf geniet word. God se buiteluglewe lok die jeug ook gedurig vir avontuur en ontdekking. “Ontspanning in die buitelug, beskouing van die handewerk van God in die natuur, sal uiters voordelig wees.” – Dink Aan Jou Skepper, bl. 381. Die opwinding van ontdekking sal op elke roete deur die woude, die geverfde woestyn, koraalstrand, of in die rustige skoonheid van ‘n versteekte meer gevind word. Die geur van die woud, die vriendelike gloed van kampvuurhout, en die samesyn van medekampeerders wat onder die wye uitspansel van die juweelversierde hemele saam sing, sal onvergeetlike herinneringe in die geheue nalaat. Die prag en praal is alles daar! Wat ‘n opwindende ervaring vir die Christen jeug – dit alles en nog die hemel ook!

En Nou – die Beste! Sonder twyfel is die beste vorms van ware ontspanning die wat, binne of buite, die voorbeeld van Jesus volg wat “rondgegaan en goed gedoen het.” “Geen ontspanning wat net ten nutte van hulself sou wees, sal die kinders en jongmense soveel tot seën strek as die wat hulle hulpvaardig teenoor andere maak nie.” – Opvoeding, bl. 212.

Die ure wat in onsself belê word, is dikwels ‘n paar rand per uur werd of dit nou in die skool of buite die skool is. Harde, onsentimentele statistieke bewys dit. Die ure of minute wat ons egter in ander mense belê, het ‘n waarde wat nie bereken kan word nie. Dit reik uit na ongesiene lewens deur altyd wyer-wordende sirkels van invloed wat die grense van die ewigheid raak. Die jeug oral getuig dat die gelukkigste oomblikke wat hulle ooit ervaar het, die tyd was wat hulle aan sielewennende aktiwiteite soos persoonlike en Stem van die Jeug evangelisasie, Stem van Junior Jeug, gemeenskapsdiensprojekte en ander tipes van sendingpogings in hulle omgewing bestee het. Die jeug behoort nie te wag vir een of ander georganiseerde projek om in die kerk, die AJ Vereniging, of Baanbrekerklub aangepak te word nie. Deel Jou Geloof geleenthede wat die hart sal verwarm en die siel lewendig sal hou, is sewe dae ‘n week teenwoordig. Dit is die lewe wat geleef word om andere te seën, wat die hoogtes bereik.

Stokperdjies en Handwerk In hierdie tyd van gedurige druk, het almal ‘n belangstelling of aktiwiteit nodig waarna hy kan gaan vir verligting van spanning van die daaglikse stress van die lewe. Baie mense vind dat stokperdjies en handwerk ‘n manier is om die verstand en spiere te laat ontspan. ‘n Goedgebalanseerde program sal die lewe meer betekenisvol maak. Die Baanbrekerklub ouderdom is ‘n goeie tyd om die jeug in kontak te bring met ‘n verskeidenheid van handwerk en stokperdjies. Dit is die voorreg en verantwoordelikheid van leiers om aktiwiteite aan hulle voor te stel wat hulle goed kan leer en saam met hulle

Page 108: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

108

dwarsdeur hulle lewens kan neem. Sommige van die aktiwiteite kan selfs die beroep van sommige raak.

Instrukteur-Baanbreker Verhouding in Handwerk

• Die instrukteur behoort te besef dat sy funksie is om die Baanbreker bewus te maak, uit te daag en te lei deur voorstelle en idees aan te bied.

• Die instrukteur moet homself en sy omgewing ken om te bepaal watter geleenthede, bronne, en tyd tot sy beskikking is.

• Hy behoort gewilig te wees om, saam met die Baanbrekers, velde wat nie altyd bekend is nie te ontdek: nuwe handwerk, nuwe mediums, nuwe vaardighede, nuwe gereedskap. Hy behoort die Baanbreker te help om enige skugterheid oor nuwe eksperimente te oorkom.

• Hy behoort toe te sien dat daar altyd ‘n gees van genot heers.

• Hy behoort te besef dat die jeug en sy houdings net so belangrik is as die graad van volmaaktheid wat in vaardigheid bereik word.

• Die leier behoort ‘n manier te vind om die Baanbreker te help om te ontdek dat ook hy, kan presteer. Hy behoort die voorstelle vir die onderwerp te voorsien en hoe om te begin sodat die klublid nie hulpeloos gelaat word nie. Die Baanbreker behoort aangemoedig te word om te probeer en weer te probeer, en dan weer te probeer. Uiteindelik kan hy sukses verwag.

• Elke keer wat ‘n instrukteur enige gepaste deel van sy werk aan die Baanbreker delegeer, help hy hom om ‘n sin van verantwoordelikheid te ontwikkel.

• Die leier behoort te besef dat daar verskille in vaardigheid is. ‘n Baanbreker behoort geprys te word vir sy werk wanneer dit sy beste, eerlike pogings verteenwoordig.

• Die instrukteur behoort die waarde van visuele hulpmiddels te besef en hoe om dit te gebruik.

• Die instrukteur behoort ‘n persoonlike lêer te hê waarin hy nuttige materiaal kan hou, soos patrone, ontwerpe, interessante en bruikbare idees, en items met betrekking tot sy belangstellingsveld.

• ‘n Suksesvolle stokperdjie-groepleier het entoesiasme, organisasievermoë, uithouvermoë, geduld, en die vaardigheid om die aktiwiteit in die huislike en gemeenskapslewe te integreer.

Pret Met Handwerk

• Goeie handwerk sal die Baanbreker hemelwaarts help indien hy sal toelaat dat God hom daarin lei. Dit is die voorreg van Baanbrekerleiers om ons jeug te lei om belangstellings te kies wat hulle sal help met karakterontwikkeling, nie slegs terwyl hulle klublede is nie, maar ook dwarsdeur hulle lewe hier op die aarde.

• ‘n Christen kan nie ‘n negatiewe lewe lei nie. Christelikheid is nie ‘n bondel van moenies nie, maar ‘n lewe gevul met moets.

• Die Jeug moet geleer word hoe om hulle tyd met wysheid te gebruik om die meeste uit elke verbyvlietende oomblik te kry. Tesame met ‘n persoon se gereelde beroep, behoort hy ook ander belangstellings te hê wat ontspanning sal verskaf maar terselfdertyd sal help om die karakter te bou.

• Die handwerkprogram hoef nie duur te wees nie. Rou materiale vir handwerk kan in sommige plekke soos houtfabrieke, materiaalfabrieke, skoen- en leerfabrieke, metaalaanlegte, papier en plastiese aanlegte en keramiekteël-aanlegte gevind word.

Page 109: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

109

• Elke instrukteur behoort ‘n lys van stokperdjies en handwerkboeke, tydskrifte, en verskaffers te hê om aan die klas te verskaf. Gedurende die Baanbreker Personeel Opleidingskursus behoort handwerk en stokperdjie idees vir die personeellede uitgestal te word, sodat hulle dit op hulle tyd kan ondersoek.

Stokperdjies dek ‘n wye gebied. Hier is voorbeelde: Stokperdjies wat gemaak kan word Enige van die kuns en handwerk: houtwerk, kerfwerk, fotografie, ontwerp, keramiek, weef. Stokperdjies wat geleer kan word Sterrekunde, wetenskaplike kundighede, skryf, taalstudie. Stokperjies wat gedoen kan word Tuinbou, die speel van ‘n musiekinstrument, natuur stokperdjies (voël-kyk, tropiese visse), swem. Stokperjies wat versamel kan word Klippe en minerale, skulpe, muntstukke, seëls, sade, sand.

Die Stappe Om ‘n Suksesvolle Handwerkprogram te Bou

1. Die Baanbrekerraadgewer of instrukteur behoort eerstens self deeglik vertroud te raak met die handwerk of stokperdjie. Dit kan gedoen word deur handwerkklasse wat deur die konferensie geborg word by te woon, deur privaat instruksie, of selfs doen-dit-self monteerstelle wat beskikbaar is by stokperdjie- en handwerkwinkels.

2. Die instrukteur behoort die handwerkprojek self te voltooi en voltooide voorbeelde te hê om aan sy klas te vertoon.

3. Die handwerk wat gekies word, behoort binne die vaardigheidsvermoë van die Baanbreker te wees.

4. Die koste behoort nie meer te wees as wat die Baanbreker kan bekostig nie.

5. Handwerkprojekte behoort gewoonlik op ‘n kwartaallikse basis gedoen te word met ‘n definitiewe afsnydatum vir die voltooiing van die handwerk.

6. Tyd behoort in die klubprogram toegewys te word vir elke instrukteur om ‘n werksdemonstrasie of lesing oor die handwerk wat geborg word, aan te bied.

7. Terwyl duur toerusting of ‘n ruim kamer nie noodwendig nodig is om ‘n suksesvolle handwerkklas aan te bied nie, behoort genoeg ruimte voorsien te word vir elke Baanbreker om te werk. Individuele sluitkaste of kabinette is baie nuttig vir die bêre van onvoltooide werk.

8. Genoeg gereedskap of ander toerusting behoort voorsien te word vir die handwerkklas sodat elke Baanbreker te alle tye besig kan bly. Ideale klasse het nie meer as tien Baanbrekers nie.

9. Daar moet dwarsdeur die klas ‘n gees van genot heers. Onthou, om te leer, geskied die beste in ‘n gelukkige omgewing.

10. Die instrukteur sal daarna streef om ‘n manier te vind om elke individuele Baanbreker te help om te presteer. Daar sal verskille in vaardighede wees, maar elke Baanbreker behoort geprys te word vir sy werk wanneer dit sy beste, eerlike poging is.

11. Wanneer dit ookal moontlik is, behoort handwerk of projekte wat geborg word, die te wees wat by voltooiing die Baanbreker sal toelaat om vir ‘n Vakhonneur te kwalifiseer.

Page 110: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

110

12. Om die belangstelling te stimlueer, behoort stokperdjie-uitstallings, uitstallings en deelname in die konferensie-geborgde jaarlikse Baanbrekerkermis in die Baanbrekerklubprogram ingesluit te word.

13. Stokperdjie en handwerkboeke, tydskrifte, en katalogusse van voorrade behoort in die Baanbrekerbiblioteek voorsien te word.

Gevolgtrekking

In groter klubs kan ‘n handwerkdirekteur aangestel word wat die hele handwerkprogram vir die jaar sal koördineer. Hulle kan raadgewers leer en verantwoordelik wees vir die materiaal en toerusting. Dit verlig die druk op die raadgewer. Vrye tyd is ‘n faktor in ons alledaagse lewe. Hierdie was gewoonlik die voorreg van slegs die rykes, maar nou met die korter werksweek, minder ure op ‘n dag, en die masjieneeu, het vrye tyd ‘n deel van elkeen se bestaan geword. Gedurende die vroeë kinderjare is vrye tyd in oorvloed. Wanneer die kind begin skool toe gaan, gebruik hy ‘n bietjie daarvan. Die behoorlike of onbehoorlike gebruik van hierdie ure van niksdoen sal beide die huis en gemeenskap beïnvloed. Indien ‘n kind nie gelei word in die gebruik van sy vrye tyd nie, sal hy heelwaarskynlik verveeld raak, omdat hy nie sal weet wat om te doen nie. Heelwaarskynlik sal hy ander soos hy vind, en dan is daar ‘n groep waaruit potensiële misdadigers sal kom. Deur die medium van die Baanbrekerklub, kan die jeug in verskeie handwerk en stokperdjies betrokke raak. Die junior jeug behoort aangemoedig te word deur beide ouers en leiers om in hierdie programme deel te neem. So ‘n program bied aan elke jongmens voortdurende prestasiedoelwitte wat sal oorgaan in sy huislike lewe en baie vrye tyd probleme sal oplos.

Page 111: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

111

En Onthou

• Moenie te lank met een handwerk aanhou nie. Die aandagspan van junior jeug is kort. • Probeer om belangstelling in verskeie projekte te stimuleer. • Hou gereelde handwerkuitstallings, wanneer ouers genooi word om te sien wat bereik is. • Streef na volmaaktheid, maar moenie ontmoedig nie. Hou aan om pogings en kundighede te

komplimenteer.

• Vra baie vrae. Help die Baanbrekers om, met die raadgewer se leiding, hulle eie besluite te maak.

• Wys goeie voorbeelde van wat gedoen kan word; ontleed die voorbeelde. • Moedig die Baanbrekers aan om mekaar te help.

• Handwerk klasperiode behoort nie 45 minute te oorskry nie.

NOTA: Vir al die Vakhonneurs beskikbaar, vergelyk Baanbreker Vakhonneur Handboek.

Wenke oor Stokperdjies en Handwerk

‘n Paar belangrike doelstellings:

• Om die begeerte om te skep te bevredig. • Om eerlike en doeltreffende werksgewoontes te ontwikkel. • Om vindingrykheid, koördinasie, behendigheid, en veelsydigheid te demonstreer en te leer. • Om ‘n stimulerende, selfversekerde ondervinding deur prestasie te voorsien. • Om ‘n doelgerigte ontspanningstyd aktiwiteit aan te wakker wat na ‘n beroep kan lei. • Om belangstelling en vaardighede te ontwikkel wat die daaglikse lewe interessant sal maak. • Bowenal, om karaktertrekke te ontwikkel wat die geestelike lewe sal versterk.

Natuuraktiwiteite

Alle natuurstudie behoort ‘n avontuur te wees – en daar behoort altyd daarin die opwinding van ontdekking te wees. U sal dalk onthou die eerste keer toe u die fasinerende getypoelwesentjies gesien het. Of u sal dalk onthou toe u die eerste keer deur ‘n mikroskoop na die ontelbare inwoners van ‘n druppel skuim van die visdam gekyk het. ‘n Mens vergeet nooit die opwinding toe daar vir die eerste keer na ‘n nuwe gebied van geskape dinge gekyk is nie. ‘n Goeie leier sal op die uitkyk wees vir hoogtepunte in die lewens van klein wesentjies, en sal die jongmense inspireer om saam met hom dieselfde gees van verwagting te deel. Op een staptoer kan baie van hierdie dinge deur skerp oë ontdek word:

• ‘n Modderkladder wat balletjies modder vir haar kinderkamer kollekteer. • Miere wat plantluise oppas. • ‘n Insek wat in ‘n spinnerak vasgevang is. • Swaeltjies wat modder vir hulle neste bymekaarmaak. • Hofmaakmaniere van voëls. • Hoe veldmuise deur die gras weghardloop. • ‘n Miervreter wat graaf vir miere. • Lieweheersbesie wat besig is met sy “winterslapie”. • Die vervellings van slange, akkedisse of sonbesies. • Eendmossels wat kos in hulle bekke inlek. • Kluisenaarskrewe met doppe wat te groot is.

Nie twee natuuruitstappies kan ooit dieselfde wees nie, omdat die Natuur nie haar planne aankondig of haar skedules op ons bevel rangsklik nie. Die ideaal is dat die leier van die “ontdekkingstog” gewapen moet wees met so ‘n wye bron van inligting as moontlik wat alle dinge insluit – van seegras en voëlent tot stofluise en mastodons. ‘n Gewillige hart en ‘n entoesiastiese, aktiewe verstand kan ‘n oorvloed van weglatings in spesifieke kennis dek, en leiers en juniors kan saam ontdek en leer. Moenie tevrede wees om net te vind nie – volg dit, soos Professor H. W. Clark gesê het, “van die wiegie tot die graf.” Vind iets uit oor die lewensgeskiedenis van die dier – hoe dit lewe, hoe dit by sy omgewing aanpas. ‘n Rykdom van inligting is nou beskikbaar oor alle fases van die natuurlike geskiedenis.

Page 112: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

112

Ontwikkeling van die Sintuie Een manier om die opwinding van ontdekking te ontwikkel, is om te oefen om die natuur met die vyf sintuie te waardeer. Net soos wat eerbied in ‘n kerkdiens nodig is, en versigtige dissipline in ‘n klasvoordrag, so moet ook die behoorlike verstandelike, fisiese en geestelike dissipline ontwikkel word om die natuur deur die sintuie te waardeer. Gaan op uitstappies wat wissel in afstand van ‘n halfuur tot twee ure, en konsentreer op elke uitstappie daarop om een sintuig te ontwikkel. Konsentreer later op al die sintuie saam, maar slegs nadat elkeen, een op ‘n keer, hanteer was. Die volgende riglyne sal help in die ontwikkeling van sintuie:

o Skakel alle verwarrende gedagtes uit en stel self in op die natuur. o Gee elke sintuig volle aandag deur op elkeen te konsentreer. o Sien die natuur deur die oë en ore van ‘n kunstenaar, digter, en musikant.

Sien: (Stap stadig, staan stil, kyk.) Weerkaatsings in die water, son en skaduweespel tussen bome, doubedekte spinnerakke, maanlig, sterrelig, ongelyke landskappe, golwende landskappe, verskeie tipes plantegroei en die verskillende indrukke wat dit aan die landskappe gee, tuine bo-op ou stompe, mos wat van bome afhang, persoonlikheid van verskeie boomsoorte, en verskillende bome onder verskillende groeitoestande (windverwaaide denneboom, byvoorbeeld), ens. Hoor: (Moenie praat nie – stap net, staan stil, luister.) Reën wat op die blare en grond val, geluide van lopende water, watervalle, wind in verskeie buie, voëlroepe en liedjies, geraas van eekhorinkies, gekraak van kampvuur – gebruik verskillende soorte hout, ook naalde en bas van immergroen bome, ens. Proe: (Knibbel net en proe, moenie insluk nie. Wees versigtig vir dinge wat die vel kan irriteer soos giftige klimop.) Verskillende soorte bessies (behalwe wittes), knoppies aan bome van verskillende soorte, plantstammetjies, verskeie soorte bas, blare van die mentfamilie. Maak ‘n hoogtepunt deur die blare van die nieskruid te kook of menttee oor ‘n kampvuur te kook. Ruik: Verskeie spesies van die mentfamilie, wilde gemmer, wilde salie, teerdruppels op bas, fyngedrukte immergroen naalde en doppe, fyngedrukte bloeisels van verskillende bome, rook van verskeie tipes hout (denne, seder, ens.), rook van verskeie soorte immergroen naalde en doppe. Maak ‘n hoogtepunt deur verskeie soorte tee te ruik wat gemaak is van mente, immergroen naalde, ens. Aanraking: (Wees weer op u hoede vir plante wat die vel kan irriteer soos giftige klimop en brandnetels.) Steekgras, mos, blare van verskillende grade van grofheid of gladheid wat teen die gesig of lippe gevryf word, growwe bas, gladde bas, slymerige plante, wind, reën, sneeu, son. Innerlike Gevoelens: (Hierdie het die meeste van alles selfdissipline nodig vir die beste resultate.) Stilte in ‘n mooi plekkie, algehele rus op ‘n mostapyt, stille nadenke en stille gebed, algehele en eerbiedige bewustheid van elke sintuig, sing saggies, lees met diep gevoel gepaste gedigte of prosa, ens. ‘n Wonderlike hoogtepunt vir so ‘n ondervinding is om toe te laat dat elke deelnemer vir tien minute eenkant toe gaan en vir tien minute stil gaan sit. Die leier behoort gedurig op die uitkyk te wees vir praktiese lesse. Noem die sleutelgedagte, en die intelligente verstande van die Baanbrekers sal die toepassing maak.

o Selfs modderpoele weerkaats die hemel. o Alle lewende takke soek na lig. o Plante is op hulle broosste wanneer dit fyngedruk word. o Groot bome begin klein.

Page 113: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

113

Wanneer u in die versoeking kom om te sê dat daar nie tyd is om so ‘n plan soos wat hier uiteengesit is te volg nie, onthou dat die Meester Leermeester presies so ‘n plan met Homself gevolg het en met Sy studente. Hy is ons voorbeeld. Bou Dit In die Program In Hierdie uiteensetting sal u help om te verstaan hoe om natuuraktiwiteite in u Baanbrekerklub se jaarprogram in te bou. Terwyl slegs een maand se program hier uiteengesit is, sal u nog steeds die jaar vooruit wil beplan. Werk daaraan om natuuraktiwiteite ‘n permanente deel van die hele program van die klub te maak. Natuurdoel vir die jaar: Om belangstelling en waardering aan te wakker vir die wêreld wat God vir ons geskape het om in te lewe. Hoofdoel vir die maand: Begin ‘n klub natuurmuseum. Daaropvolgende doelstelling vir maand: ‘n Natuurkamp. Voordat u begin om vir die hoofdoel te beplan, is daar ‘n aantal vrae wat die leier homself moet afvra. In die geval van ‘n natuurmuseum kan hierdie vrae dinge soos die volgende dek: Voorbereiding van spasie vir museumwerk

o Met watter soort voorbeelde gaan begin word? o Hoeveel spasie sal nodig wees? o Watter soort toerusting en uitstalkaste sal nodig wees?

Versameling van voorbeelde

o Waar om te soek na voorbeelde? o Watter toerusting en gereedskap sal benodig word vir die versameling daarvan?

Klassifisering van voorbeelde

o Watter boeke sal benodig word? o Sal daar enige kundige wees om met die onderwerp te help?

Montering en merk van voorbeelde

o Watter toerusting en gereedskap sal benodig word? o Hoeveel tyd sal in beslag geneem word?

Voorbereiding deur Leier

o Neem die Baanbrekerleiers na buite en voorsien ‘n klein houer en laat hulle aan ‘n Bybel natuurprent werk. Hierdie is ‘n goeie aktiwiteit vir Sabbatmiddag en sal die leiers ‘n geleentheid gee om te leer hoe om dit te doen. Kies die mees oorspronklike, die moeilikste om te raai, die lekkerste, ens.

o Werk aan ‘n natuurstaptoer met verskillende rusplekke. Laat by elke rusplek iets vir die leiers om te identifiseer, soos die terrein, die tipe gras, ‘n stert, ‘n plant, ‘n blom, sade, ens.

o Neem Baanbrekerleiers op ‘n staptoer en laat elkeen ‘n les neem uit die dinge wat hulle gesien het. Dit kan ‘n uitstekende aktiwiteit saam met Baanbrekers en ook vir Sabbatmiddag wees.

o Nooi ‘n natuurkundige om natuurprogramme en idees te lei.

Page 114: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

114

Natuurspeletjies en Aktiwiteitespeletjies Die meeste junior jeug hou daarvan om speletjies te speel. Die slim natuurleier sal hierdie begeerte gebruik om belangstelling in die natuur aan te kweek. Vir die natuurleier met ‘n kreatiewe verstand is daar baie verskillende speletjies wat ontwikkel kan word. Die Baanbrekerklubnatuurleier sal baie moontlikhede hê om op Sabbatmiddag aan die klublede aan te bied oor die natuur. Baie natuurspeletjies is geskik vir Sabbat of kan maklik aangepas word vir ‘n Sabbatopset.

Alfabet Natuurskattejag Elke eenheid doen verslag oor voorwerpe wat hulle gevind en dopgehou het ooreenkomstig die letters van die alfabet. Byvoorbeeld: A – akker; B – by.

Bybel Natuurskattejag Toerusting:

Bybel met konkordansie, potlood, en vel papier. Prosedure:

Deur die Bybel en konkordansie te gebruik, probeer elke student om soveel as moontlik natuurvoorwerpe wat in die Bybel genoem word, te vind. Lyste van die verskillende groepe soos bome, klippe, diere, voëls, sterre, ens., behoort gehou te word. Die naam van die item behoort afgeskryf te word met die teksvers langsaan. Later, gedurende ‘n middag natuuruitstappie, kan hierdie lyste gebruik word as ‘n oorsiglys om te sien hoeveel voorwerpe wat in die Bybel genoem word, gevind of bymekaar gemaak kan word.

Bybeltonele Verdeel groepe in kleiner groepies van 6 tot 10. Gee aan elke groep ‘n stuk karton ongeveer 30 x 38 cm en ‘n stuk aluminiumfoelie. Groepe word dan aangesê om ‘n Bybeltoneel uit te beeld deur die karton as basis te gebruik, die aluminiumfoelie vir mere en riviere, en items uit die natuur, soos mos, varings, blomme, klippe, bas, ens. Byvoorbeeld, die Bybeltoneel van Israel se kamp by die water wat uit die geslane rots gestroom het, was eenkeer uitgebeeld. ‘n Laag sand was oor die karton gegooi. ‘n Klomp klippe het een hoek gevul. Van onder die een klip naby die bokant van die hoop, het die gefrommelde aluminiumfoelie afgekom in ‘n wyer-wordende stroom en diagonaal na die teenoorgestelde hoek gegaan. Drie of vier klein disteltoppe het as woestyn vetplante in die woestyn gedien, en ‘n paar dooie takkies was gebruik om die kliphoop en sandbanke te versier. Twee lewendige takkies langs die wal het die woestyntoneel opgehelder. Op die teenoorgestelde wal het tente, 2,5 cm lank, gemaak uit dooie akkerblare, in rye gestaan. Stokkiesmense het na die water gekom en verder af langs die stroom het ronde klippies die skape voorgestel wat uit die stroom gedrink het.

Bring-dit-lewendig-terug Safari ‘n Rit waartydens die jongmense na enkele voorbeelde van klein lewende goed soos besies, miere, wurms, insekte, ens., soek en vind. Terug by die kamp word daar noukeurig na hierdie gekyk (gebruik ‘n handvergrootglas indien moontlik), nagevors, bestudeer en geïdentifiseer. Indien paddas en skilpaaie ingesluit word, behoort gepaste blyplekke voorsien te word en die voorbeelde vrygelaat te word na waarneming. Respek vir die lewens van klein goedjies behoort deel van enige leeraktiwiteit te wees.

“Geologiese Opname” Seuns en dogters sal dit geniet om ‘n topografiese kaart van ‘n gebied te bestudeer. Kies ‘n roete, volg ‘n staproete, en merk dit op die kaart soos wat u vorder. Merk op die kaart plekke van belang – mineraalriwwe, blomvelde, klein poeletjies, of vleiagtige plekke waar paddas, ens. in verskillende stadiums van ontwikkeling gevind kan word. ‘n Poel is ‘n natuurnavorser se paradys. Hier kan u, bykomend tot amfibieë, ook papies van naaldekokers met groot valdeurkake, draderige wurms, waterspinnekoppe, slakke wat aan waterplante onder die water vasgesuig is, groot roofsugtige waterbesies, waterroeiers, klein rug-swemmers, muskietlarwes gevind word – en bokant is die draderige-gevlerkte naaldekokers, wat in die poel daaronder gebore was.

Page 115: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

115

Bybel – Natuur Velduitstappie Gaan die teksverse hieronder na vir artikels in die natuur. Nadat die items neergeskryf is, probeer om so baie van hulle as moontlik te vind. Wanneer die verwysings meervoudig is, is dit slegs nodig om een van ‘n soort te vind. Waar ‘n paar artikels in ‘n teksvers genoem word, sal die eerste artikel wat genoem word, aandui watter artikels gesoek word. Deur u Bybel en konkordansie te gebruik, soek soveel as moontlik addisionele natuuritems op en probeer om hulle in hierdie plek te vind. Deur een punt te gee vir elke item wat in die Bybel gevind word, ‘n punt vir dieselfde item wat tydens ‘n natuur velduitstappie gevind word en ‘n punt vir die positiewe identifikasie van die tipe artikel wat gevind was, sal bepaal watter groep die hoogste totaal het.

Psalm 103:5 A __________________________________ Job 39:26 P __________________________________ Deut. 14:18 S __________________________________ & R ____________________________ H __________________________________ & V ___________________________ Psalm 84:4 M __________________________________ & S ___________________________ Deut. 14:15 V __________________________________ & N ___________________________ S __________________________________ & K ___________________________ 1 Konings 4:23 G __________________________________ Jesaja 2:20 M __________________________________ Psalm 118:12 B __________________________________ & D ___________________________ Lev. 11:22 T __________________________________ Jesaja 35:1 N __________________________________ Psalm 78:46 K __________________________________ Job 8:11 B __________________________________ & R __________________________ Psalm 105:30 P __________________________________ Jesaja 50:9 M __________________________________ Jesaja 60:13 S __________________________________ & D __________________________ Job 40:22 P __________________________________ Hosea 4:13 E __________________________________ & P __________________________ Job 8:14 S __________________________________ Jesaja 55:10 R __________________________________ & S __________________________ Spreuke 30:28 G __________________________________ Hooglied 2:12 B __________________________________ & T __________________________ Amos 8:1 V __________________________________ Psalm 90:5 G __________________________________ Prediker 12:5 S __________________________________ Job 2:8 A __________________________________ Jesaja 34:11 K __________________________________ Spreuke 11:28 B __________________________________ Hosea 8:7 H __________________________________ Spreuke 6:6 M __________________________________ Jesaja 2:13 E __________________________________ Psalm 91:3 V __________________________________ Mattheus 7:26 S __________________________________ Miga 7:17 S __________________________________ Hosea 14:6 L __________________________________ Lev. 11:30 K __________________________________ & G ___________________________ 1 Kon. 14:15 R __________________________________ Gen. 27:28 K __________________________________ Deut. 8:8 K __________________________________ & G ___________________________ Job 31:40 D __________________________________ Deut. 1:44 B __________________________________ Josua 24:12 P __________________________________

Page 116: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

116

Die Skeppingsweek Hierdie speletjie word gespeel deur die spelers in ses groepe te verdeel, elke groep verteenwoordig een van die dae van die Skepping. Op ‘n gegewe teken gaan die groepe uit en versamel voorbeelde van dit wat op die dag wat hulle verteenwoordig, geskep is. Op ‘n gegewe tyd keer al die groepe terug en deur te begin met die groep wat die eerste dag van die Skepping verteenwoordig, wys elke groep sy voorbeelde en vertel soveel as moontlik daaroor en hoe dit in die Skeppingsweek inpas. Vir sulke dae soos die vierde dag van die Skepping, waar jy nie die son en maan en sterre kan bring nie, moet die groep sommige van die dinge bring wat deur die son, die maan en sterre beïnvloed word; byvoorbeeld, die son is verantwoordelik vir groen gras. Om toe te laat dat almal deel in die speletjie het, is dit beter dat elkeen in die groep ‘n beurt kry om te praat in plaas daarvan dat daar slegs een persoon is wat praat.

Helen Keller Vertel die verhaal van Helen Keller, wat twee van die vyf sintuie nie gehad het nie, maar tog alle struikelblokke oorwin het en ‘n gelukkige, bruikbare en inspirerende lewe geleef het. Blinddoek ‘n Baanbreker en sit pluisies in sy ore en laat hom dan probeer om maklike natuurvoorwerpe uit te ken. Blinddoek die Baanbrekers en verdeel hulle in twee groepe. Deur te raak aan voorwerpe, vra hulle om voorwerpe soos minerale, plante en diere te identifiseer en vra hulle dan om die voorwerpe presies te identifiseer. Blomme, sade, klippe, blare kan ook gebruik word. Lei ‘n geblinddoekte persoon na ‘n boom, en laat hy dit identifiseer deur middel van die tekstuur van die bas, blare, sade, takkies, botsels, reuk, smaak, ens. Sluit die oefening af deur die gebruike en mooiheid van voorwerpe te identifiseer en te analiseer, wanneer ons die volle gebruik van ons vermoëns het. Ons waardeer ons sintuie indien ons vir ‘n kort rukkie daarvan ontneem word.

Passpeletjie Om hierdie speletjie te speel, moet die leier eers uitgaan in die speelarea en voorbeelde bymekaar maak soos: blare, takke, blomme, sade, ens. Deur hierdie voorbeelde weg te steek sodat die spelers dit nie sien nie (‘n papiersak is goed vir hierdie doel), is die speletjie gereed om te begin. Om die speletjie te speel, neem een van die voorbeelde en wys dit aan die groep. Vra hulle dan om dit te pas by die plant, boom, struik, ens. waarvan dit gekom het. Die eerste een om dit te pas, kry een punt. Herhaal deur die tweede voorbeeld te wys en laat hulle dit ook pas. Hierdie hou aan totdat al die voorbeelde gepas is. Die speler of span met die hoogste punte is die wenner.

Natuurstaptoere Ramp

Soek vir ‘n voorwerp wat deur die weerlig getref is, ‘n klip wat deur ‘n boom verdeel is, vuurskade, ‘n blaar wat gedeeltelik geëet is, voël- of plantlewe wat deur stappers of kampeerders beskadig is. Daar is baie moontlikhede. Weggooi Voorwerpe Vind velle wat deur slange of insekte afgegooi is, voëlvere, of blare wat afgeval het. Eerste Persoon Voor Die groep op die staproete word gevra om stil te staan op gemaklike plekke waar die leier hulle aandag op ‘n natuurvoorwerp vestig. Hy vra dan die Baanbreker voor in die ry ‘n vraag. Indien hy die antwoord ken, kan hy voor bly, maar indien hy nie die antwoord ken nie, moet hy agter in die ry inval. Die groep behoort nie meer as vyftien te wees nie. Vangkuile Vind spinnekoprakke, mierstrikke, vliegstrikke, ens. Waarneming en Geluid Hoeveel kleure kan jou groep vind? Hoeveel verskillende geluide kan hulle hoor soos ‘n kriek, padda, voël, wind?

Page 117: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

117

Tekens van die Seisoene Kyk vir tekens van die seisoene, soos veranderings in plante en diere, trek van voëls. Tien Klippe Elke Baanbreker kry tien klippe. Terwyl die groep stap, wys die leier ‘n voorwerp en vra ‘n vraag daaroor. Hy vra dan een om die antwoord te gee. Elkeen wat die regte antwoord ken, kan een klip weggooi. Die wenners is diegene wat die eerste van al hulle klippe ontslae is. Hierdie kan ook ‘n geleentheid bied om eerlikheid te leer, want elkeen moet oordeel of hy die regte antwoord in gedagte het. Vervoer Ontdek hoe plante en diere oor die weg kom. Bykomend tot stap, kruip, vlieg, ry sommige in die wind of op “gasheer diere”.

Natuurjag Deelnemers kan van vyftien tot sestig wees, met ouderdomme wat wissel tussen junior jeug en ouer. Maak ‘n kaart van die gebied en dui ‘n paar punte aan ongeveer ewe ver van die beginpunt. Verdeel die deelnemers in groepe van vier of vyf en stuur elke groep op ‘n jagtog na ‘n definitiewe punt. Vyftien of twintig minute kan toegelaat word vir die tog en om terug te kom. Wanneer die groepe teruggekom het, vra verslae oor wat hulle gesien het. Die verslag kan baie interessant raak wanneer die groep se verslag in detail gaan oor die verskillende voorwerpe wat op die jagtog ontdek is. Die leier behoort iemand te wees wat bekend is met interessante voorwerpe in die gebied. Dit mag vir hom nodig wees om sommige van die ongewone dinge wat gesien is, te verduidelik.

Natuur Geheuespeletjie Vir hierdie aktiwiteit word ‘n bord of tafel van ‘n vierkante meter voor die tyd deur die leier voorberei. Hy plaas daarop tussen vyftien en twintig algemene natuuritems. Hierdie word met ‘n doek toegemaak en so gelaat totdat dit tyd is om met die aktiwiteit te begin. Die groep word verdeel in enkelinge, maats, of klein groepies van drie tot vyf. Hulle word so geplaas dat hulle maklik kan sien wat op die tafel of bord is en kry ‘n potlood en papier. Op ‘n gegewe teken moet hulle almal stilbly en dan word die doek vir presies dertig sekondes van die tafel of bord verwyder. Gedurende hierdie tyd moet hulle nie skryf, praat of enigiets anders doen as om net om waar te neem nie. Na die dertig sekondes verby is, word die doek weer oor die tafel of bord geplaas en hulle kry vyf minute om ‘n lys te maak van die name van die natuurartikels wat op die bord of die tafel was. Indien daar klein groepies of maats in die speletjie betrokke was, moet hulle van mekaar weggestuur word, sodat hulle nie ander groepe pla met die opstel van hulle lys nie. Tensy die groep ongewoon slim is, behoort algemene name aanvaar te word – dennebol eerder as bol van die suikerden, ens.

Progressiewe Staptoer ‘n Staptoer word geneem met periodieke stopplekke vir groepaktiwiteite wat geskik is vir die Sabbature. ‘n Tipiese progressiewe staptoer is soos volg:

Stop #1. Bybel 20 Vrae

Die seun of meisie wie “dit” is, sê dat hy of sy dink aan iets in die Bybel wat in die diere-, plante- of mineraallewe is. Die ander Baanbrekers kry 20 vrae om te raai wat die voorwerp is. Indien hulle nie binne 20 vrae raai nie, begin die persoon wat “dit” was, ‘n ander speletjie. Vrae moet deur ‘ja’ of ‘nee’ beantwoord word. Stop #2. Sandprente Verdeel die groep in groepies van twee of meer en laat elke klein groepie ‘n sandprent bou. Elke groep sal ‘n plek kies op die grond of in ‘n sanderige plek. Die Baanbrekers deursoek dan die gebied en vind natuurlike voorwerpe waarmee hulle ‘n klein Chinese tuintjie, klein parkie, of ‘n Bybelstorie kan uitbeeld. Hulle kan droë blomme en plante, stukkies bas, klippe, stokkies, modder, riete, peule, voëlvere, ens. gebruik. Terwyl hulle die onderskeie natuurvoorwerpe bymekaar maak en hanteer, prikkel dit hulle nuuskierigheid oor wat sekere dinge is.

Page 118: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

118

Stop #3. Stories ‘n Natuurstorie of ‘n storie oor die buitelewe kan vertel word terwyl die kinders op ‘n heuwel rus.

Stop #4. Raai My Naam Eerstens sal die leier sê wat hy is, soos “Ek is ‘n voël,” of “Ek is ‘n soogdier,” of “Ek is ‘n boom”, ens. Hy sal dan leidraad #7 in die speletjie gee, en indien niemand kan antwoord nie, gaan hy na die volgende leidraad. Hy hou aan totdat iemand die korrekte antwoord gee. Die leidraadnommer word as ‘n puntetelling gegee aan die persoon wat korrek antwoord. Voorbeeld: “Ek is ‘n voël.” 7 Ek is kleiner as ‘n kraai en groter as ‘n swaeltjie. 6 Ek soek naarstiglik na insekte en wurms. 5 Ek klim boomstompe baie goed en rats. 4 My vier-tonige voete klou aan die bas van die bome vas. 3 My jassie is glansend swart met ‘n effens groen skynsel. 2 Ek maak my nes in gate in stompe en bome. 1 Ek hamer en pik aan bome met my bek. Ek is ‘n houtkapper.

Sabbatlied Natuurstaptoer 1. Verdeel die groep in 2 tot 4 afdelings, afhangende van die aantal deelnemers. 2. Laat elke afdeling ‘n leier en sekretaris aanstel. 3. Sê hoeveel tyd op die staptoer geneem moet word. 4. Op ‘n gegewe teken, begin elke groep gemaklik stap, en gaan in verskillende

rigtings vanaf die beginpunt. 5. Gedurende die staptog moet al die lede van die afdeling rondom hulle kyk vir

natuuritems wat hulle aan ‘n lied of koortjie herinner. Die sekretaris skryf dit neer (natuuritem en lied of koortjie.) Geen sangboeke mag saamgeneem word nie!

6. Wanneer hulle op ‘n gegewe tyd by die beginpunt terugkom, kyk watter groep het die meeste liedere en koortjies neergeskryf wat behoorlik deur ‘n natuuritem ondersteun word.

7. Hou nou ‘n lekker “sangfees” deur die liedjies wat neergeskryf is te gebruik. Elke afdeling kry om die beurt ‘n geleentheid om die lied wat gesing word se naam te noem.

Variasie Laat ‘n sangleier en ‘n natuurkenner voor die tyd langs die roete stap en liedere uitkies wat voorgestel word deur natuuritems wat waargeneem word. Op die staproete self, dui die sangleier en die natuurliefhebber die natuuritems aan en sing die lied wat daardeur voorgestel word.

Variasie Wanneer die staptoer afgesluit word, vergelyk die Bybeltekse wat neergeskryf is en die voorwerpe in die natuur wat die “x” in gedagte gebring het. Maak voor die tyd seker dat die afdelings ooreengekom het of Bybels gebruik gaan word of nie.

Pen ‘n Kleim af Vir hierdie aktiwiteit kies elke eenheid of ander groep saam met ‘n volwasse leier ‘n plek in die onmiddellike omgewing en “pen ‘n kleim af” van ‘n voorafbepaalde grootte. Die grootte van die kleim behoort af te hang van die grootte van die groep, met klein groepies van vyf of ses wat kleims afpen van 4,5 vierkante meter; groter groepe pen kleims af van tot 15 vierkante meter, aangesien ‘n groot kleim baie werk sal verg om al die natuurvoorbeelde wat daarin vervat is, te ondersoek. Die eerste ding om te doen om ‘n kleim af te pen, is om dit behoorlik op al vier hoeke te merk, sodat dit later deur ander groepe geïdentifiseer kan word. Dan begin die besigheid om alle beskikbare natuurvoorbeelde te versamel en te identifiseer. Die leier behoort die jeug toe te laat om dit te doen. Daar behoort ‘n opsigter of sekretaris vir die groep aangestel te word, wat ‘n lys sal maak van elke item wat gevind en geïdentifiseer word en ‘n voorbeeld daarvan

Page 119: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

119

te hou. Hierdie lys behoort in afdelings soos bome, plante, insekte, tekens wat deur verbygaande diere gelaat is, snaakse of interessante voorbeelde, ens. verdeel te word. Nadat daar ooreengekom is oor ‘n tyd (ten minste ‘n halfuur) moet die groepe weer bymekaar kom en hulle lys en voorbeelde saambring. ‘n Natuurkenner behoort beskikbaar te wees om onbekende voorwerpe te identifiseer en lesse te neem uit die items wat gevind was. Die groepe kan ook kleims en lyste omruil, ‘n ander groep se kleim vind deur die aanwysings wat gegee word en die lys wat voorgelê is, nagaan om te sien of die items wat op die lys is, wel daar is.

Geheime Getalle Hierdie is een van die mees geliefkoosde natuurspeletjies. Die natuurleier merk voor die tyd ‘n roete uit met soveel stasies as verlang. Eenvoudige voorwerpe behoort gebruik te word vir die beginners om dit vir hulle makliker te maak om die speletjie te volg. ‘n Geheime getal sal by elke stasie bepaal word. Aan die einde van die speletjie gee die natuurleier die totaal van die geheime getalle. Diegene wat die korrekte antwoorde van elke stasie het, behoort dieselfde totaal te kry. Dit is goed om die verskillende stasies weer saam met die groep oor te tel, en miskien kan ‘n geleentheid geneem word om hulle iets te leer oor die voorwerpe wat hulle op die roete gesien het. Die volgende is voorgestelde aanwysings: Roete begin hier Hierdie boom is ‘n wit denneboom. Die geheime getal is die mees algemene aantal naalde in elke bondel aan hierdie boom. Die volgende nota sal by die stam van die grootste boom wat jy na die suide van hierdie punt kan sien, gevind word. Elke ring op ‘n stam dui een jaar van groei aan. Indien hierdie boom meer as vyftig jaar oud was toe dit afgekap was, is die getal 20. Indien die boom minder as vyftig jaar oud was toe dit afgekap was, is die geheime getal 10. Gaan voort met die roete en soek na die volgende nota in die eerste dreinpyp onder die roete. Variasie ‘n Opgeleide instrukteur behoort vooruit te gaan en die weg te baan deur verskillende tipes natuurvoorwerpe langs die roete te merk. By elke stasie behoort daar ‘n vraag te wees wat sekere punte vir die korrekte antwoord gee. Byvoorbeeld, indien hierdie ‘n swart denneboom is, tel vier by. Nog ‘n voorbeeld: indien dit ‘n duifnes is, trek vier af; indien dit ‘n vinknes is, trek twee af. Aan die einde van die roete sal die wiskundige totaal gebaseer op korrekte antwoorde, die geheime getal in besit van die instrukteur wees.

Geheime Getalle Kompas Staptoer 1. U kan soveel staproetes maak as wat u wil, met almal wat by ‘n gesamentlike sentrale punt

begin, sodat die leier instruksies kan gee aan elke groep wanneer dit met een van die roetes begin. Die groepe kan roteer om al die roetes te doen.

2. Beplan die staproete en die vrae vir die natuurvasvra lank voor die staptoer.

3. Wanneer u die kompasstaproete opstel, kies, waar moontlik, spesifieke voorwerpe op ‘n afstand waarop ‘n kompaslesing gemaak kan word as gids na die plek wat u wil hê die groep moet bereik.

4. Dui aanwysings kortliks en duidelik op elke “gids” kaart na die volgende “gids” kaart aan.

5. Soos wat die groep by elke “natuurvasvra” plek aankom en die kaart vind, beantwoord dit die getal-evaluasie vrae. Iemand wat as sekretaris aangewys is, behoort die getal-evaluasie vrae neer te skryf. ‘n Ander persoon wat aangewys is as groepleier lees dan die aanwysings onder aan die kaart wat sê hoe om by die volgende natuur-vasvravraag-kaart te kom – ensovoorts totdat die laaste een gevind en beantwoord is, en aanwysings gegee is om terug te gaan na die beginpunt.

6. Voorbeeld van stel kaartleidrade:

Page 120: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

120

Begin van Roete A

350⁰ NO 20 treë

124⁰ SO 15 treë

90⁰ OSO 3 treë

Roete A #1

Indien hierdie boom ‘n wattelboom is, gee jouself 6 punte. Indien dit ‘n denneboom is, 4 punte

335⁰ NNW 46 treë

5⁰ NNO 12 treë

Roete A #2 Indien die dop in hierdie bottel ‘n klipmossel is, 3 punte. Indien dit ‘n slak is, 4 punte

168⁰ SSO 80 treë

230⁰ SW 11 treë

270⁰ W 5 treë

Roete A #3 Hierdie plant blom eenkeer per jaar, 8 punte Dit blom meer dikwels, 4 punte Keer terug na die beginpunt vir verdere instruksies U sal oplet dat die eerste deel van die kaart die natuurvasvra op het, terwyl die laaste gedeelte die aanwysings na die volgende plek is. U kan soveel plekke op die roete maak as wat u wil met vasvra vrae soos u verlang. Maak seker dat die laaste kaart op die roete die groep instruksies gee om na die beginpunt terug te keer. Natuurraaisels

1. Watter boom huil? 2. Van watter boom se hout was die ark gemaak? 3. Watter bome het Salomo gebruik om die panele vir die tempel en sy paleis te maak? 4. Adam en Eva het van hierdie boom se blare gebruik om vir hulle klere te maak. 5. Die olie van hierdie boom se vrugte is gebruik vir brandstof vir lampe. 6. Die mense het met hierdie boom se takke gewaai toe Jesus Jerusalem binnegery het. 7. Hierdie insek klop, maar nie aan ‘n deur nie. 8. Johannes die Doper het van hierdie insekte in die woestyn geleef. 9. Hierdie insekte is baie besig en kan gesien word waar hulle gedurig besig is om heen en weer

te loop. 10. Hierdie insekte rol balle van mis en rol dit agteruit weg. 11. Watter boom dra jy in jou hand?

Antwoorde:

1. Treurwilger 2. Akasia 3. Seder 4. Vy 5. Olyf 6. Dadelpalm 7. Toktokkie 8. Sprinkane 9. Miere 10. Miskruiers 11. Palm

Spoorsny Een persoon uit die groep neem ‘n horlosie en gaan alleen stap en doen geen moeite om versigtig te loop nie. Hy stap vir vyftien minute, dan gaan hy sit en wag om gevind te word. Nadat hulle die volle vyftien minute gewag het, probeer die res van die groep om die “verlore” persoon op te spoor deur

Page 121: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

121

voetspore, gebreekte takkies, vertrapte blare, en ander leidrade. Die eerste persoon om hom te bereik, is dan die volgende een wat gaan stap. Skattejagte Koevertstaptoer Die Baanbrekers kry voor die aanvang van die staptoer koeverte met ‘n lys van twintig artikels om terug te bring. Indien daar slegs ‘n paar stappers is, behoort elkeen ‘n lys te hê wat soveel as moontlik verskil. Indien die groep groot is, kan ‘n paar saam aan een lys werk. Voorgestelde items:

• Die “gomneute” van ‘n bloekomboom • Sade wat van die wind afhanklik is om versprei te word • Sade wat afhanklik is om op iets anders gelaai te word vir hulle verspreiding • Mos • Drie verskillende lede van die samegestelde blomfamilie • ‘n Waterbiesie of riet • Drie soorte gras • ‘n Stolrots (gevorm deur sterk hitte en druk) en/of ‘n afsettingsgesteente (gevorm deur die

neerslag van sediment gedurende en na die Sonvloed)

• ‘n Plant wat vir smaakmiddel gebruik word • ‘n Plant wat ‘n vierkantige steel het • ‘n Plant wat spesifieke aanpassing toon vir ‘n sekere omgewing • Twee plante wat deur spore in plaas van sade voortplant

Natuur Skattejag Hierdie speletjie kan interessant sowel as leersaam wees. ‘n Lys van spesifieke blare, insekte, en ander natuurvoorwerpe word aan indiwidue of klein groepies gegee indien daar ‘n groot klub is. Diegene wat deelneem, moet in die veld uitgaan en die voorwerpe soos op die lys, vind. Daar kan sommige items wees wat bymekaar gemaak moet word, sommige wat gehoor moet word, en sommige wat waargeneem moet word. ‘n Puntestelsel kan uitgewerk word en meer punte kan gegee word vir voorwerpe wat moeiliker is om te vind. Hierdie speletjie kan dikwels twee tot vier ure in beslag neem. Hier volg ‘n voorbeeld van ‘n lys: Om bymekaar gemaak te word: Vis perdeby nes (papier of modder) Eetbare wildevrugte slang of slangvel Mos geurige krui dennebas Bybel-gelykenis plant Spinnerak moerbeiblaar Wildeblom kriek Vierkantige-stam plant kewer Ronde-hol stam plant drie-hoekige stam plant Om waargeneem te word: Insektonnel heuningby Spoor van voël spoor van dier Hasie veldmuis Meerkat voëlnes Geitjie kiewiet Twee soorte wolke naaldekoker arend Natuur Skattejag Merk elke item af wanneer u dit gevind het.

Soek vir ‘n Bybel-gelykenis plant. Skryf die naam neer: _________________________________

Vind enige soort paddastoel. Noem die kleur, plek en vorm: _____________________________

Vind ‘n plant met ‘n vierkantige stam en gee die naam as u kan: ___________________________

Indien daar wolke in die lug is, identifiseer hulle: _______________________________________

Identifiseer 5 voëls.

1.______________________________________

Page 122: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

122

2.________________________________________ 3.________________________________________ 4.________________________________________ 5.________________________________________

Noem een wildeblom wat u gevind het: _______________________________________________

Soek vir ‘n wildeblom met parfuum: ________________________________________________

Vind ‘n saad met hake of dorings en gee die naam daarvan: ____________________________

Vind een soort varing. Noem die naam indien u kan: ____________________________________

Soek 3 skoenlappers. Gee kleur of name:

1. ___________________________________ 2.____________________________________ 3.____________________________________

Soek ‘n blaar wat baie glad en blink aan beide kante is.

Gee die naam van ‘n boom: _______________________________________________________

Vind ‘n spinnerak met insekte slagoffers.

Vind ‘n bietjie mos. Aan watter kant van die voorwerp is dit? ______________________________

Soek ‘n kewer. Noem kleur en gedrag: ___________________________________________

Neem ‘n veldmuis waar. Wat doen hy? _____________________________________________

Vind ‘n kwartsklip. Kleur __________________________________________________________

Soek ‘n rusper

Vind ‘n voëlnes. Watter soort voël? _________________________________________________

Hou ‘n hasie dop.

Vind ‘n veer. Watter soort voël? ____________________________________________________

Noem ons Nasionale voël: ________________________________________________________

Staan stil en luister. Identifiseer twee voëlroepe: ______________________________________

Hou ‘n slak of ‘n landskulp dop.

Hou waterspringers of enige watergogga dop. Gee die naam indien jy kan: _________________

Hou ‘n padda dop.

Vind ‘n voëlnes wat op die grond gebou is.

Hou ‘n wilde dier of voëlspore dop.

Noem ons Nasionale blom: ________________________________________________________

Hou die lug dop. Enige voorwerp wat sweef? Gee die naam: _____________________________

Hou enige soort swam dop. Gee die naam indien jy kan: _______________________________

Noem die soogdier wat soos ‘n voël vlieg: _____________________________________________

Watter voël sê julle eenheid is ons nasionale voël?____________________________________

Gaan ‘n by dood nadat dit gesteek het? ______________________________________________

Wat doen veldmuise met hulle kos? ________________________________________________

Hou ‘n roofdier dop.

Vind ‘n kokon.

Hou ‘n heuningby of hommelby dop.

Hou miere dop terwyl hulle werk. Noem een les wat van hulle geleer word: __________________

Hou ‘n vis of ‘n stekelbaars dop.

Hou ‘n slang dop.

Indien daar twee soort bome in die park is, antwoord “ja”; indien nie, antwoord “nee”.

Noem een konstellasie wat altyd in die naglug gesien kan word indien dit nie bewolk is nie.

______________________________________________________________________________

Gee die naam van die grootste soogdier: _____________________________________________

Gee die naam van die kleinste soogdier: _____________________________________________

Hou een voorwerp in die natuur dop en gee die geestelike les wat daaruit geleer kan word.

Voorwerp: _____________________________________________________________________ Les: __________________________________________________________________________ Boom “Aan-aan” Vier tot twintig kan speel. Een persoon is “dit.” ‘n Sekere soort boom word aangewys as “veilig”, en deelnemers kan nie aangeslaan word wanneer hulle aan die boom raak nie. Om die speletjie interessanter te maak, kan die leier van tyd tot tyd die boom wat “veilig” is, verander. Op hierdie manier leer die jongmense om die bome vinnig te identifiseer. Wie is ek?

Page 123: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

123

Tien of meer kan in hierdie speletjie deelneem. Steek ‘n prent van ‘n dier of plant op die rug van elke deelnemer vas sonder dat hy/sy weet wat die prentjie is. Deur vir ander mense vrae te vra, probeer deelnemers om hulleself te identifiseer. Die speletjie kan ook met maats gespeel word, die helfte van die prent op elke maat vasgesteek. In hierdie geval moet ‘n speler nie slegs uitvind wat hy/sy is nie, maar ook sy maat vind.

Vasvra Assosiasie Identifiseer die persoon of gebeurtenis wat met elk van die volgende geassosieer word:

1. ‘n Doringkroon (Matt. 27:29) 2. ‘n Haan (Matt. 26:74) 3. ‘n Bos wat nie wou uitbrand nie (Ex. 3:2) 4. ‘n Hond wat bloed in die straat opgelek het (1 Konings 21:19) 5. Sprinkane en wilde heuning (Matt. 3:4) 6. ‘n Kraai en ‘n duif (Gen. 8:6-10) 7. ‘n Vuur tussen twee sterte (Rigters 15:4, 5) 8. ‘n Velletjie wat nat is met dou (Rigters 6:37) 9. ‘n Dier wat uit die see opkom (Open. 13:1) 10. ‘n Vasgemaakte vul van ‘n donkie (Matt. 21:2) 11. Bye en heuning in ‘n dooie leeu (Rigters 14:8) 12. ‘n Wonderboom wat deur die wurms geëet is (Jona 4:7)

Bybel Skattejag Op ‘n reënerige dag kan hierdie plan vir ‘n binneshuise natuur skattejag gevolg word. Maak ‘n lys van die name van die bome wat in die Bybel gevind word. Of die leier kon voor die tyd navorsing gedoen het en ‘n gedrukte lys hê met die opskrif: “Plante in die Bybel.” Die verwysings kan op die gedrukte bladsy weggelaat word, wat sal veroorsaak dat die Baanbrekers na ‘n Bybelkonkordansie moet gaan om die woord wat in die oop spasie pas, te vind.

1. “Ontsondig my met ..............., dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu.” (Ps. 51:9)

2. Moses se moeder het hom in die ............ weggesteek om sy lewe te red (Ex 2:3). 3. Saggeus het in ‘n .................. boom geklim sodat hy Jesus kon sien (Lukas 19:4) 4. Let op die ........... van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie en hulle spin nie (Matt 6:28) 5. Debora was onder ‘n ............... begrawe (Gen. 35:8) 6. Die verlore seun wou .............. in die ver land eet (Lukas 15:16) 7. Die dissipels het op Sabbat .............. gepluk (Matt 12:1) 8. Die Here het gesê dat geloof soos ‘n ........ saadjie wonderwerke sal laat geskied (Lukas 17:6) 9. Christus het ‘n ................ vervloek omdat dit geen vrugte gedra het nie (Matt 21:19) 10. ‘n ...................... het as skaduwee vir Jona by Nineve gedien (Jona 4:6) 11. ‘n Kroon van ........ was op Jesus se hoof geplaas voor Sy kruisiging (Markus 15:17) 12. “Ek is die ................., julle die .................” (Johannes 15:5) 13. Die skare het .......... takke in die pad gegooi toe Jesus Jerusalem binnegery het (Matt 21:8,

Joh 12:13) 14. Druiwe, vye en ............... was deur die spioene uit die land Kanaän teruggebring (Num 13:23) 15. “Ek is die ............. van Saron, ‘n .......... van die dale (Hooglied van Salomo 2:1)

Name van Jesus 1. “Ek is die ............ van ..........., ‘n ............ van die dale (Hooglied van Salomo 2:1) 2. “Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die ..... van God

wat die sonde van die wêreld wegneem!” (Joh 1:29) 3. “Toe sê een van die ouderlinge vir my: Moenie ween nie; kyk, die ...... wat uit die stam van

Juda is, ... het oorwin om die boek oop te maak” (Open 5:5) 4. “Ek is die ......, julle die lote” (Joh 15:5) 5. “Maar daar sal ‘n ..... uitspruit uit die stomp van Isai, en ‘n .... uit sy wortels” (Jes 11:1)

6. “En in dié dag sal die nasies vra na die ......... van Isai, wat daar staan as ‘n banier van die

volke” (Jes 11:10) 7. “Ek is die ........ en die geslag van Dawid” (Open 22:16) 8. “Ek is die blink .........” (Open 22:16) 9. “Want die Here God is ‘n .... en skild (Ps 84:12)

Page 124: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

124

Bybel Dieretuin In die volgende aanhalings uit die Bybel is die name van soorte van dierelewe uitgelaat. Kan jy die regte soorte noem? Jy kry 5 punte vir elke korrekte antwoord. 75 is gemiddeld; 90 of meer is uitstekend.

1. “Laat ‘n ..... wat van kleintjies beroof is, ‘n mens ontmoet, maar nie ‘n dwaas in sy sotheid nie.” (Spreuke 17:12).

2. “Want ‘n lewendige hond is beter as ‘n dooie ......” (Prediker 9:4) 3. “Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige

..... is.” (Matt 7:15). 4. “Die ..... het gate en die voëls van die hemel neste,” (Matt 8:20). 5. “En sy het na Jerusalem gekom met ‘n baie groot trek, met ..... wat speserye en ‘n menigte

goud en edelgesteentes dra” (1 Konings 10:2). 6. “En Asahel was lig op sy voete soos een van die ...... wat in die veld is” (2 Sam 2:18). 7. “Een maal in drie jaar het die Tarsis-skepe ingekom, gelaai met goud en silwer, ivoor en ......

en poue.” (1 Konings 10:22). 8. “Die hoë berge is vir die .....” (Ps 104:18). 9. “”Die ..... is nie ‘n magtige volk nie, en tog maak hulle hul huis in die rots” (Spreuke 30:26). 10. “En die ....... luiperd gaan lê by die bokkie” (Jes 11:6). 11. “En die suigling speel by die gat van ‘n ......” (Jes 11:8) 12. “En Paulus het ‘n klomp droë hout bymekaargemaak en op die vuur gesit, en ‘n ...... het

weens die hitte uitgekom en aan sy hand vasgebyt” (Hand 28:3). 13. “En die gars en die strooi vir die perde en die ...... het hulle gebring op die plek waar dit moes

wees, elkeen volgens sy orde.” (1 Konings 4:28). 14. “Waar die voëls hulle neste maak, die ....... wie se huis die sipresse is.” (Ps 104:17). 15. “Daar maak die ..... sy nes en lê eiers en broei dit uit en koester haar kleintjies daar in die

skaduwee.” (Jes. 34:15) 16. “Ook sal die ....... daar bymekaarkom, die een by die ander.” (Jes 34:15). 17. “Ek is soos ‘n ..... van die woestyn” (Ps 102:7). 18. “Die vlerk van die ....... klap vrolik” (Job 39:16). 19. “Op die end byt dit soos ‘n slang en spuug gif uit soos ‘n ........” (Spreuke 23:32). 20. “En die .... het vir hom smôrens brood en vleis gebring, en saans brood en vleis, en hy het uit

die spruit gedrink” (1 Konings 17:6).

Ander Aktiwiteite Voëllokker

Voëllokkers is wonderlike goed – en dit werk! Elke Baanbreker kan sy eie een maak. Vir elke lokker is ‘n stuk harde hout, ongeveer 5cm lank en 2,5cm breed, nodig. ‘n Stuk van ‘n hamer se handvatsel sal goed wees. Koop ‘n veterogie skroef. Boor ‘n gat in een punt van die hout wat ‘n bietjie kleiner is as die drade van die veterogie skroef. Draai die veterogie skroef in die hout in, haal dit uit, en sit ‘n bietjie poeiergom in die gaatjie. Wanneer die veterogie skroef vorentoe en agtertoe gedraai word, sal dit ‘n skreeugeluid maak wat die voëls sal lok. (Hulle sal nie na die eienaar kom nie, maar hulle sal nader kom, veral in die Lente en vroeë Somer wanneer hulle besig is om hulle kleintjies groot te maak). Gipsmoddele van Diere se Spore ‘n Goeie manier om Baanbrekers te kry om in soogdiere belang te stel, is om hulle op ‘n uitstappie te neem om gipsmodelle van diere se spore te maak. Wanneer goeie duidelike spore gevind word, sprinkel die spoor met lyfpoeier sodat die grond nie aan die gips sal vassit nie. Sit ‘n stuk karton rondom die spoor om as ‘n vorm te dien. Meng genoeg van die gips en gooi dit in die vorm. Laat die gips vir ‘n paar uur hard word. Wanneer die gips van die vorm afgehaal word, het die Baanbreker ‘n perfekte afdruk van die dier se spoor. Hierdie kan die begin wees van u klubmuseum. Klei Pottebakkery Die meeste Baanbrekers hou nog daarvan om hulle hande in die modder te kry. Moedig hulle aan om van die grys klei teen die wal van ‘n stroom uit te haal en dit in ‘n kleibord, beker of dier te vorm. Hulle kan selfs met stokke en takkies ‘n ontwerp op hierdie “meesterstuk” aanbring.

Page 125: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

125

Blaarafdrukke Rol ‘n stuk klei (of gips) plat uit met ‘n koekroller. Plaas ‘n blaar op die klei met die are na onder. Druk die blaar in die klei vas met die koekroller, en lig dan die blaar versigtig af. Die klei kan dan in die verlangde vorm en grootte gesny word. ‘n Skuifspeld kan in die agterkant van die klei gesit word en die blaar as ‘n muurbehangsel opgehang word. ‘n Blaarafdruk kan ook gemaak word deur die blaar op ‘n stuk kunspapier te plaas. Deur ‘n tandeborsel, draadskerm, en ink te gebruik, kan ‘n interessante en mooi afdruk gemaak word. Doop die tandeborsel in die ink en smeer aan die skerm, wat oor die blaar gehou word wat op die papier lê. Die ink sal op die blaar en papier gesproei word; wanneer die blaar verwyder word, sal die afdruk van die blaar op die papier agterbly. Sampioenprent Terwyl u op ‘n uitstappie is deur ‘n klam bos, maak ‘n klompie volwasse sampioene bymekaar. Afhangende van die kleur van die sampioen, sny die stamme af en plaas die sampioene, stamme ondertoe, op swart of wit papier. Sit ‘n blikkie vir 10-20 minute bo-oor die sampioene. Die sampioene sal hulle spore gedurende hierdie tyd afgooi. Verwyder die blikkie baie versigtig, haal die sampioene af van die papier, en kyk na die spoorpatroon. Hierdie kan permanent bewaar word deur dit met ‘n deurskynende gomverf te sproei. Portretraam, Papiergewig, of Naamplaat Saag stukke van 1cm dik van ‘n boomtak van ongeveer 7.5 cm in omtrek af deur direk oor die tak te saag, of teen ‘n goeie hoek. Skuur hierdie stukke glad, en vernis hulle dan om die mooiheid van die grein uit te bring. Die Baanbreker kan prente op hierdie stukke plak, of voordat dit vernis word, name en ontwerpe in die hout uitbrand. Dit kan opgehang word of op ‘n voetstuk geplaas word. Gipsafdrukke Maak ‘n kartonvorm (2.5 cm) diep. Giet gemengde gips hierin en druk skulpe, klippe, minerale of ander goed wat u graag wil afdruk versigtig hierin. Indien die afdrukke dieselfde grootte gehou word, sal die versameling baie meer opvallend wees en ook makliker gebêre kan word. Projekte en Handwerk Baie junior jeug is bang vir slange, spinnekoppe, en ander interessante natuurlike lewe. Dit is belangrik om die jeug aan iets in die natuur bloot te stel waarmee hy alreeds bekend is en wat hy as pret aanvaar het. Aktiwiteite waarin die Baanbreker voorwerpe met sy hande kan maak, sal dikwels ‘n goeie manier wees om ‘n blywende belangstelling in die natuur aan te wakker. Terwyl ‘n op-en-wakker natuurleier op ‘n staptoer is, of deur ‘n woud of woestyn ry, sal hy/sy dinge raaksien wat die verbeelding van ‘n groep Baanbrekers sal aangryp. Om te soek vir “denne-legkaarte (stukke van die bas wat by die stam van die boom val) sal dikwels ‘n nuwe wêreld vir die beginner open. Gedroogde takkies, saadpeule, of takke met herfsblare maak pragtige tafelversierings, en op hierdie manier ontdek die Baanbreker dat die natuur gevul is met interessanthede en skoonheid, wat ‘n nuwe horison vir sy ontluikende verbeelding sal open. (Hierdie instrukteur kan materiaal hê vir demonstrasie.) Natuurhandwerke bied goue geleenthede vir die volwasse leier om sy kreatiewe vaardigheid te gebruik en om die Baanbreker aan te moedig om uit te druk wat hy voel en dink terwyl hy natuurlike materiaal gebruik. Sandkuns Terwyl u langs ‘n rivier of op die strand stap, stel aan die junior jeug voor dat hulle ‘n bietjie sandverfwerk doen. Hulle kan ‘n stok neem en ‘n eenvoudig ontwerp in die sand teken. Andere kan meer gekompliseerde en pragtige tekeninge ontwerp deur verskillende kleure sandklippe te gebruik. ‘n Klompie stukke skuurpapier kan ook op ‘n staptoer saamgeneem word. Stel voor dat die jeug klippies uit die stroom haal waarmee hulle toneeltjies op die skuurpapier kan krap. Verskillende kleure sandsteen kan kleur en belangstelling by die projek voeg.

Page 126: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

126

Spinnerakafdruk Neem die Baanbrekers op ‘n vroeë oggend uitstappie. Neem ‘n bietjie wit meel en ‘n paar velle swart karton saam. Terwyl die spinnerak nog nat van die dou is, sprinkel ‘n bietjie wit meel daarop. Plaas dan die swart papier daaronder en maak die spinnerak los. Die afdruk kan permanent raak indien die spinnerak en papier met deurskynende gomverf gesproei word.

Page 127: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

127

Versamelings en Uitstallings

Natuurmuseum

Die meeste junior jeug het ‘n natuurlike begeerte om dinge bymekaar te maak. ‘n Museum kan ‘n item raak wat Baanbrekers se belangstelling in verskillende natuuronderwerpe kan aanwakker deur die gebruik van voorbeelde in die museum. Dit word ‘n uitstalplek vir andere om te sien wat die jeug oor die natuur leer.

‘n Goeie museum hang af van interessante uitstallings van behoorlik voorbereide versamelings. ‘n Museum kan fasinerende lewensgeskiedenisse vertel van blomme, bome, insekte, voëls, soogdiere, en byna alle vorms van lewe. ‘n Klubprojek om verskillende voorbeelde bymekaar te maak om sekere verhale wat in die museum ontwikkel word, sal ook belangstelling in velduitstappies aanwakker. In die ontwikkeling van ‘n museum sal die natuurinstrukteur heelwaarskynlik ‘n paar lewendige diere en plante wil byvoeg, sowel as ander behoorlike voorbereide versamelings. Die grootte van die museum en die ambisie van die natuurinstrukteur beheer die tipes van uitstallings wat ingesluit kan word. 1. Prente

Hang ‘n groot bulletinbord op waarop u natuursketse, skilderye, en foto’s kan uitstal, sowel as koerant- en tydskrifuitknipsels. Ontwikkel natuurkaarte van die omringende gebiede, wat die ligging van belangrike bome, diere se huise, voëlneste, ensovoorts, aandui. Ontwikkel enige talent vir teken of verf wat u tussen die jongmense ontdek.

2. Lewendige uitstallings

Sluit slegs in indien gereelde versorging gebied kan word; goed-geventileerde akwarium van inheemse vis, waterplant terrariums met plante en amfibieë, hokke met soogdiere en slange, byekorwe vir waarneming, ‘n “miershoop” wat traliewerk vir insek-larwes voorsien.

3. Nie-lewende uitstallings

Voëlhuisies, voëlneste, gemonteerde kenmerke, inhoud van korrels, gipsafdrukke van dierespore, goed wat deur diere gekou is, slangvelle, gepreserveerde slange, skulpe, insekteversamelings, swamversamelings, spoorafdrukke, gepersde blomme, blaar-afdrukke, houtvoorbeelde, takkies en saadversamelings, gepersde varings, alge-versameling, mosversameling, douwurmversamelings.

4. Kasette of CD-speler

Hou ‘n kaset- of CD-speler byderhand van voëlsange en die geroep van paddas.

5. Boekrak Veldboeke vir identifikasie, verwysingsboeke, en natuurtydskrifte.

6. “Wat is dit?” rak

Maak ‘n uitstalling van ‘n ongeïdentifiseerde voorwerp op ‘n klein rakkie, verkieslik ‘n voorwerp wat in die gebied waar die klub geleë is, gevind is, ‘n paar spesiale items wat onder die aandag van die jongmense gebring moet word.

7. Geëlektrifiseerde tabel

In sy eenvoudigste vorm, bestaan dit uit ‘n groot tabel met ‘n aantal ongeïdentifiseerde prente van diere, voëls, of plante. Die name verskyn in ‘n spesiale paneel aan die onderkant of aan die kant van die tabel. By elke prent en by elke naam is ‘n metaalknop. Twee bronsstawe aan lang drade is aan die tabel vasgeheg. Wanneer een staaf aan die knop onder ‘n prent raak en die ander aan die ooreenstemmende korrekte naam, gaan ‘n gloeilamp aan of ‘n bonser gaan af.

Die tabel self kan uit laaghout of dik karton gemaak word indien dit teen die elemente beskerm is. Die knoppe kan brons papiervasmakers wees. Aan die agterkant van die tabel

Page 128: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

128

word die ratjies van die vasmakers in pare gekonnekteer – prent en naam – met klokkiedraad. Die drade van die twee stawe gaan na ‘n aantal deurklokkiebatterye of flitsligbatterye, en na die bonser of ‘n flitsgloeilampie.

Mierhuis ‘n Mierhuis kan gemaak word uit ‘n vlak houtkas ongeveer 30 x 35 x 7 cm, met twee kamers van 10 x 10 cm, in die middel van die kas, ongeveer ‘n halwe sentimeter diep en met een uitwendige opening. Twee stukke glas moet voorsien word, een om die hele kas toe te maak een om die twee kamers toe te maak. Die glas wat die twee kamers toemaak, moet in sy plek vasgeplak word. Die glas wat die kas toemaak, behoort mierbestand te wees en met kleefband in plek gehou te word, wat verwyder kan word, indien nodig. ‘n Stuk karton of drie-laag hout die grootte van die kamers, moet voorberei word. Dit moet aan ‘n een-sentimeter stukkie ronde hout vasgemaak word, ongeveer 30 cm lank. Die stokkie behoort vrylik in ‘n gat wat aan die kant van die kas geboor is, te pas. Deur die gebruik van hierdie stuk gereedskap kan die karton op die kamers gehou word, behalwe wanneer u die miere wil waarneem. Die karton kan dan verwyder word deur die stokkie te trek sonder om die mierhuis oop te maak. Die miere sal normale nesfunksies slegs in die donker uitvoer. Daar word egter beweer dat oranje of rooi glas dieselfde effek as donkerheid sal gee. ‘n Hele paar openinge aan die kant van die kas, toegemaak met fyn, vergasserskerm, moet vir ventilasie voorsien word. ‘n Stuk spons wat in die hoek van die mierhuis gedruk word, sal dit klam hou en verhoed dat die lug uitdroog. Stukkies vleis, lekkers, piesang, en ander kos behoort in die kas geplaas te word. Gaatjies wat in die kas geboor word en waarin pluisies gesit word, kan oopgemaak word om die kos en water in die mierhuis te plaas, sodat miere nie ontsnap wanneer die deksel oopgemaak word nie. Bewoners vir die huis behoort bymekaar gemaak te word met ‘n klein bietjie grond en in ‘n skinkbord buitekant die kamers gegooi te word. Die bedekkings, karton en glas behoort dadelik in plek gesit te word. Die miere sal die donker selle vind en die onontwikkelde miere daarna dra. Miere wat neste in grond maak, larwes, papies, eiers en ‘n koningin-mier (indien moontlik) moet bymekaar gemaak word. Die grond kan verwyder word nadat die miere hulle huis in orde gekry het.

Akwariums Paddas en ander amfibieë vereis dikwels ‘n klam omgewing, soos ‘n vlei of poel. Hierdie diere kan met sukses in ‘n akwarium gehou word. Uitstallings kan gemaak word van akwariums wat by ‘n troeteldierwinkel gekoop word, of stukke glas kan gekoop word en aanmekaar vasgesit word. Daar moet egter seker gemaak word dat die laste nie lek nie. Die gebruik van ‘n hout- of metaalraam met die glas met stopverf vasgesit, is ideaal. Ten einde die akwarium klam te hou, sal ‘n stuk glas oor die draadbokant die klammigheid inhou en die toestand wat nodig is, voorsien.

Paddas, waterbesies, naaldekoker larwes, en baie diere maak ook interessante uitstallings in ‘n museum. Hierdie diere se woongebied behoort gereproduseer te word. Dit kan gedoen word deur water uit die poel of meer te neem saam met van die natuurlike plante wat in die water sowel as op die oppervlakte en langs die kante groei. Die plante sal help om die regte balans in die akwarium te behou.

Hokke Klein soogdiere, soos rotte, en muise, kan in draadhokke gehou word. Hierdie diere is altyd baie interessant om dop te hou. Daar moet seker gemaak word dat hulle veilig is en versigtigheid moet aan die dag gelê word om nie beskermde soorte uit te stal nie. Kyk ook na die Klein Soogdiere Troeteldiere Vakhonneur vir verdere besonderhede.

Insektehokke Glasbottels is groot en glyerig, maar hierdie soort hok is eenvoudig en veilig. Sny ‘n reghoek van sifdraad, ongeveer 15 x 30 cm en rol dit in ‘n silinder. Pas dit in die deksel van ‘n grondboontjiebotter bottel of konfytbottel, wat as die onderkant sal dien, werk die nate van die

Page 129: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

129

sifdraad aanmekaar met ‘n stukkie draad, en maak die sifdraad toe met nog ‘n botteldeksel. Gebruik dit om insekte te vang sowel as om dit te dra, totdat hulle bestudeer en geïdentifiseer kan word.

Insekte Dieretuin Maak ‘n insekte dieretuin deur soveel as moontlik insekte bymekaar te maak en elke soort in ‘n bottel met grond onder in te plaas. Maak seker om in elke bottel blare van die plant te sit waarop die insek gevind was. Vind ‘n paar musikante vir jou dieretuin soos krieke en sonbesies, of bestudeer beskermde kleure by insekte.

Terrariums Uitstallings van lewendige diere is altyd interessant. Hierdie kan ook permanent in die museum ingebou word, of ‘n goedkoper manier sal wees om terrariums en akwariums op ‘n rak te gebruik. Terrariums word gewoonlik gemaak uit hout met glas voorkante. Dit kan ook uit kartonhouers gemaak word met glas of plastiese voorkante. Die bokante behoort draad of sif oor te hê om te voorkom dat die diere ontsnap. ‘n Terrarium word gebruik om die lewensomstandighede van verskeie soogdiere, reptiele of amfibieë te reproduseer. Woestyndiere behoort van hitte voorsien te word. Dit kan verkry word deur sonlig, ‘n elektriese gloeilamp in die hok, of deur ander verhittingsmetodes. Deur takkies, klippe, mos, varings, of vetplante in te sluit van die gebied waaruit die diere geneem was, sal ‘n meer realistiese beeld skep. Die terrarium behoort voorsiening vir water in te sluit en daar word aanbeveel dat ‘n waterbron wat natuurlik lyk, geskep word. Die gebruik van blou papier en glas wat gedeeltelik aan die kante met sand bedek is, kan dikwels gemaak word om ‘n poel of meer te maak wat baie realisties lyk.

Vertoonkabinette Behoorlike kabinette, laaie, en dose om die items uit te stal, is noodsaaklik. ‘n Studie van die natuurvakhonneurs sal baie voorstelle voorsien oor die versameling en uitstalling van voorbeelde van soogdiere, insekte, blomme, reptiele, ens. Aantreklike laaie vir die uitstalling en kompakte rangskikking van verskeie natuurvoorbeelde kan sonder groot uitgawes voorsien word. ‘n Kabinet met glas-top laaie is die ideale manier om verskeie versamelings te bewaar. Skulpe, klippe, kunsprodukte, skoenlappers, en ander insekte kan in hierdie laaie gehou word en wanneer verlang, uitgestal word sonder te veel gevaar dat die uitstalling deur vingers of kykers, beskadig sal word.

Velduitstappies

Velduitstappies is altyd gewild by Baanbrekers. Die natuurleier sal die uitstappie lank voor die tyd moet beplan om sukses te verseker. Hier volg belangrike punte om in gedagte te hou:

1. Inligting Dit sal noodsaaklik vir die natuurleier wees om kennis op te doen oor ‘n gegewe natuuronderwerp voordat die junior jeug op ‘n suksesvolle velduitstappie geneem kan word. Voordat ‘n voël velduitstappie onderneem word, sal die klas iets oor die voedingsgewoontes van die verskillende voëlfamilies moet weet. Die Baanbrekers sal ook iets moet weet oor die manier waarop verskillende voëls vlieg. Feite oor nesbougewoontes, trek, ens. sal die uitstappie ook baie interessanter maak. Doen navorsing by biblioteke en spesialiste vir inligting oor hierdie verskeie spesifieke plant- en diere onderwerpe.

2. Die seisoen van die jaar

Die doel van voorbeelde om waargeneem of bymekaar gemaak te word, moet oorweeg word in die lig van die tyd van die jaar wat u beplan om in die veld te wees. Insekte moet in die lente en somer versamel word, terwyl saadpeule en takke wat bot gedurende die herfs en winter bestudeer kan word.

Page 130: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

130

3. Die lewensomstandighede Dit is waar verskeie plante en diere leef. ‘n Uitstappie na ‘n grot om vlêrmuise te bestudeer, kan beplan word. Die natuurleier sal moet weet waar voëls gesien kan word, voordat ‘n voëluitstappie plaasvind.

4. Toerusting

Indien voorbeelde versamel gaan word, moet aandag gegee word aan die regte soort toerusting soos nette, bottels, hokke, vergrootglase, ens.

5. Kleredrag

Gepaste kleredrag is belangrik. Indien die groep skulpe gaan versamel, behoort hulle kleredrag te verskil van die kleredrag vir die versameling van insekte.

Waarheen om te Gaan ‘n Natuurprogram vir dwarsdeur die jaar, insluitende velduitstappies is moontilk. Hierdie uitstappies sal die instrukteur toelaat om belangstelling in ander natuurklasse te skep. Byvoorbeeld, terwyl die klas voëls tydens ‘n velduitstappie bestudeer, kan insekte en blomme terselfdertyd uitgewys word en ‘n belangstelling vir toekomstige klasse kan aangewakker word. Miskien sal die volgende voorstelle help om idees aan te wakker. Museums en dieretuine Byna elke gebied het ‘n goeie museum of dieretuin wat ‘n goeie geleentheid sal bied om belangstelling te stimuleer. Voorstelle vir ‘n klubmuseum moet ook as gevolg van so ‘n uitstappie plaasvind. Parke en Botaniese Tuine Die meeste dorpe, stede of regeringsinstansies het parke voorsien. Hierdie plekke sal wonderlike geleenthede bied om plant-, insekte-, voël- en dierelewe te bestudeer. Bosboudienste Bosbou- en landboudienste voorsien baie wonderlike velduitstappie moontlikhede. Hierdie sal Baanbrekers leer watter insekteplae die oeste en bosse bedreig. Hulle sal ook leer watter inheemse plante en diere in hulle gebied gesien kan word. Baie klubs besoek bosboudienste se hoofkwartiere om te leer hoe bosse teen brande beskerm word. Kwekerye Hierdie sal ook goeie velduitstappie keuses voorsien vir enige groep wat blomme of bome bestudeer. Hoe plante gekweek word, hoe dit versorg word en die keuse van sekere plante vir verskillende lewenstoestande kan ook meer belangstelling opwek. Sodanige uitstappies kan ook daartoe bydra om Vakhonneurs in Buitemuurse Vaardighede te voltooi of om projekte te ontwikkel om die omgewing te verfraai. Berge en Bosse Hierdie wye oop plekke is ideaal vir velduitstappies. Hier het die instrukteur die geleentheid om verskillende plante, insekte en ander lewendige dinge wat saam lewe om mekaar te bevoordeel, uit te wys. Die groep kan stap en sit, en so die natuurlewe rondom hulle stil waarneem. Plase Die groep kan baie leer uit ‘n uitstappie na ‘n plaas of nabygeleë melkery. Baie jeug sal leer van die bydrae wat diere aan die mens se gemak en behoeftes maak. Die plant, kweek, en oes van verskillende plante sal die jeug herinner aan die Skepper se liefde deur in die mens se behoeftes te voorsien. Valleie Hier kan die natuurinstrukteur baie vind om die belangstelling van die Baanbrekers aan te wakker. Paddas, slange, skilpaaie, insekte, blomme en baie ander vorms van lewe kan gevind word.

Page 131: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

131

Strome en Mere ‘n Oorvloed van lewe wag op die soeker by hierdie plekke. Mensgemaakte poele voorsien ook goeie velduitstappie moontlikhede. Strande Water lok baie vorms van lewe, en gelukkig is die natuurleier wat toegang tot sodanige plekke het vir natuurstudie. Gruisgate Natuurstudie moontlikhede by ou klipgruisgate sluit minerale, fossiele, geologie, ens. in. Nasionale Parke en Natuurreservate Daar is baie openbare en privaat natuurreservate en nasionale parke dwarsdeur die land wat uitstekende natuurstudie voorsien. Hierdie natuurreservate het dikwels wilde diere wat mak geword het, en dit kan die geleentheid bied om diere wat gewoonlik op ver afstande in die veld gesien word, van naderby te sien.

Punte waarop gelet moet word wanneer ‘n natuur velduitstappie gelei word 1. Waarom ‘n velduitstappie?

◊ Om liefde vir God deur die natuur aan te moedig

◊ Die opwinding wat kom wanneer die tonele en geluide van die natuur ervaar word

◊ ‘n Dieper respek vir lewende dinge en buitemuurse maniere

◊ Ontwikkel lewenslange belangstelling in die buitelewe en ‘n gesonde gebruik van

ontspanningstyd

2. Voor die uitstappie

◊ Deeglike kennis van die gebied en roete

3. Die hantering van die uitstappie

◊ Begin betyds

◊ Begin vinnig

◊ Staan stil waar daar iets is om te sien

◊ Maak seker dat almal sien waarna u kyk

◊ Moedig deelname aan

◊ Help om waarnemingsvermoë te verbeter

◊ Wees op en wakker

◊ Wees entoesiasties

◊ Hou die groep bymekaar

◊ Hanteer stilstaan plekke soos episodes in ‘n vervolgverhaal

◊ Maak gebruik van stil periodes

4. Na die uitstappie

◊ Wys skyfies of videos wat gedurende die uitstappie geneem is

◊ Gebruik films oor onderwerpe wat deur die uitstappie voorgestel is

◊ Kry verslae van verskeie indiwidue oor interessante punte wat op die uitstappie

gesien was

Voorgestelde Velduitstappies Eerste Kwartaal

• Gaan op ‘n 50 Km fietsrit en kook in die buitelug saam met ‘n ander Baanbrekerklub • Gaan op ‘n uitstappie na die strand om skulpe en ongewerwelde diere te versamel • Besoek ‘n marktuin • Besoek ‘n radarstasie, lughawebeheertoring, of telegraafkantore • Besoek ‘n boogskutvervaardiger of hou ‘n professionele boogskutter dop • Besoek ‘n lewensredderklub • Gaan op ‘n uitstappie om plaaslike volksoorleweringe waar te neem

Page 132: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

132

Tweede Kwartaal

• Besoek ‘n plantkwekery • Besoek ‘n laagland gebied waar varings welig is of ‘n blommeskou • Besoek ‘n meubelfabriek of ‘n nuwe uitbreiding met huise wat halfklaar is • Besoek ‘n plaaslike wassery • Besoek ‘n nuwe uitbreiding en hou die elektrisiëns met hulle werk dop • Besoek ‘n kragstasie • Besoek ‘n blommewinkel • Besoek ‘n kleremaker of ‘n klerefabriek

Derde Kwartaal

• Besoek ‘n Padvinderkamp en neem die padvindertegnieke waar • Besoek ‘n sterrewag of planetarium vir sterrestudie • Besoek ‘n bakkery en onderneem ‘n toer van die fasiliteite • Besoek ‘n foto-ateljee of kamerawinkel • Besoek ‘n leerverwerkingsaanleg, beesboerdery, of melkplaas • Geniet ‘n staptoer en natuurstudie

Vierde Kwartaal

• Besoek ‘n radio-elektroniese winkel of ‘n radiostasie • Besoek ‘n firma wat kaarte ontwerp of ‘n landmeter se kantoor • Besoek ‘n weerburo of ‘n Kuswagwagtoring • Besoek die Rooikruishoofkantoor of ‘n hospitaal en noodgevalle • Onderneem ‘n rit na ‘n inmaakfabriek • Besoek ‘n plaaslike kollege of universiteit om ‘n tuimelspan in aksie te sien • Besoek ‘n keramiekateljee en -winkel of ‘n pottebakkersfabriek

Page 133: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

133

Kampering

Filosofie Elke kind ontwikkel natuurlik en voortdurend. Elke plek waar hy is, en elke persoon met wie hy kontak het, is ‘n deel van hom. Hy groei die beste in die geselskap van iemand met ervaring en wat hom verstaan en waardeer. Kampering voorsien ‘n sterk instrument om sodanige groei te vorm.

Kampering:

1. Gee ‘n ervaring in ‘n manier van lewe gebaseer op die vermaning om “die Here jou God met jou hart en .... siel, en .... verstand lief te hê (en) jou naaste soos jouself”, en beklemtoon die volgende:

◊ die eenheid van verstand en liggaam

◊ die belangrikheid om nie-verbale konsepte te bou

◊ die medeverantwoordelikheid om vir jouself te dink en om as ‘n lid van ‘n groep op te

tree 2. Help om ‘n gevoel te ontwikkel om aan die heelal en sy Skepper te behoort deur:

◊ ‘n verrykte individuele ondervinding deur kontak met die natuurlike wêreld

◊ bevordering van die gebruik van sintuiglike inligting om konseptuele en perseptuele

modelle te ontwikkel

◊ gebruik ‘n ‘afgesonderde plek’ en tyd om te dink

◊ moedig die ondersoek van bestaande modelle aan met die oog daarop om dit te

hersien en om te besluit om meer gepaste modelle te vorm 3. Moedig die vestiging van gewenste sosiale verhoudings tussen jeug aan, sowel as tussen

volwassenses en jeug. 4. Laat toe dat mense leer hoe om hulle sekuriteit te verhoog en daardeur hulle genot van die

lewe. 5. Gebruik die realiteit van die buitewêreld om elke groeplid te lei om “reg te doen ... om genade

lief te hê, en om nederig saam met sy God te wandel.” 6. En soos een jong Baanbreker dit aan die einde van ‘n week se kano-kampering uitgedruk het:

“Hierdie ondervinding help ‘n persoon om die belangrike besluite in die lewe te maak.” Hierdie filosofie raak ‘n realiteit in kamperingbediening wat die volgende doelstellings in gedagte hou, en deur te onthou dat die persoonlikheid van die kampeerder die belangrikste faktor is waarmee die leiers van enige kamp rekening moet hou. Vergeleke met die langtermyn gevolge van persoonlikheidsontwikkeling, verdof enigiets anders wat ons aanbied tot niks.

Doelstellings 1. Voorsien die indiwidu met ‘n geleentheid om na die waarheid oor God en homself te soek,

deur gebruik te maak van volle sintuiglike ondervindings, en voorsien tyd vir sy ontwikkeling. 2. Stel norme op van die kamperinglewenstyl gebaseer op aanvaarding, vertroue, samewerking

en gespreksvoering van die natuurlike omgewing. 3. Maak ‘n spesiale tyd beskikbaar en sit dit eenkant vir ‘n persoon om ‘n breë spektrum van

nuwe sensasies te ervaar, sodat hy daarmee kan eksperimenteer, en indien nodig, sy ou idees kan verander, en ‘n nuwe werksmodel kan ontwikkel.

4. Voorsien ‘n veilige situasie waarin die indiwidu in harmonie kan leef met die natuurlike omgewing en sy eenheid met die wêreld en die Skepper kan ervaar.

5. Bou ‘n realistiese sosiale opset vir die ontwikkeling van verhoudings gebaseer op selfvertroue en ‘n gevoel van eerlikheid.

6. Stel genotvolle aktiwiteite op wat die volgende insluit: a. Vaardighede wat elkeen in staat sal stel om:

Vir homself te dink, sodat hy andere kan lei

Vir homself te sorg, sodat hy andere kan help

Onredelike vrese kan oorwin en so sy ervarings kan verbeter

Redelike vrese te kan hanteer, sodat hy veilig kan waag b. Situasies waar hierdie vaardighede gebruik word in die behaling van ‘n doel, wat lei tot

die ontwikkeling van:

Bewustheid

Page 134: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

134

Spontaniteit

Intimiteit 7. Bring ontwikkelende jongmense in kontak met liefdevolle en aangename Christene

Tipes van Kampering

A. Staptoer en Rugsak Kom ons gaan op ‘n Staptoer Hierdie paar woorde kan towerwoorde in enige Baanbrekerklub wees, of dit kan besware en teenstand veroorsaak. Of ‘n staptoer ‘n plesier of ‘n las vir die Baanbrekers gaan wees, hang af van hulle leier. Beplan staptoere noukeurig in elke detail, sodat die dag glad sal verloop sonder enige ongeval. Maak die staptoer reg van die begin interessant tot by die einde. Die volgende is reëls wat ‘n staptoer ‘n plesier sal maak. 1. Beplan u staptoere sodat u presies sal weet waarheen u gaan. Hou ‘n doel voor oë wat

bereik kan word in die bepaalde tyd wat vir die staptoer beplan is.

2. Begin die staptoer stadig sodat elke persoon in pas kan kom, en begin dan geleidelik vinniger stap om ‘n gematigde, eweredige pas te handhaaf. Probeer om die ritme en pas dwarsdeur die staptoer te behou.

3. Haal diep asem.

4. Neem ten minste elke 50 minute van die staptoer ‘n tien minute pouse. Maak seker dat

die Baanbrekers ‘n regte pouse neem. Om op die grond te gaan sit met die bene opgetrek teen ‘n stomp of klip, sal die moeë bene en voete laat rus.

5. Dit is beter om nie te eet terwyl die staptoer aan die gang is nie.

6. Moenie baie water drink terwyl u stap nie, maar neem gereelde, kort slukkies van die water in u houer. Indien u te dors begin voel, sal ‘n klein skoon klippie in u mond help.

7. Indien u staptoer u padlangs neem, stap altyd in enkelgelid met die gesig na die aankomende verkeer.

8. Wees bedagsaam en bly weg van privaat eiendom en alle eiendom wat ‘n kennisgewing het “Geen oortreders”. Nadat u hekke gebruik het waarvoor u toestemming gehad het, maak seker dat die hekke toe is wanneer al die Baanbrekers deurgegaan het.

9. Dink aan die ander stappers. Moenie druk of op die hakke van die een voor jou loop nie. Lig jou voete op sodat jy nie stof opskop vir diegene agter jou nie.

10. Enige inligting wat deur die voorste persoon gegee word, word na agter deurgevoer en elkeen is verantwoordelik om die boodskap aan die persoon agter hom oor te dra.

11. Gee aan verskillende Baanbrekers verskillende take om te doen, soos staptoerleier, en persoon wat agter stap, noodhulppersoon, tydhouer (sal tyd hou vir pouses), veiligheidswaarnemer en enige ander taak wat belangrik is om die staptoer ‘n sukses te maak. Dit is ook ‘n goeie idee om hierdie take te roteer sodat alle Baanbrekers ‘n verskeidenheid van ondervinding kan opdoen.

Gepaste Kleredrag

Elke seisoen van die jaar is ‘n stapseisoen. U hoef nie te wag totdat dit somer of lente is om u staptoer te doen nie; dit kan dwarsdeur die jaar gedoen word. Wanneer ‘n staptoer beplan word, is een van die grootste oorwegings gepaste kleredrag. In die somer sal die klere lig wees, en in die winter sal dit swaarder en dikker wees. Die volgende is reëls:

Page 135: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

135

1. By hoër lugdruk is die aande selfs in die somer baie koud. Warmer klere behoort gedra te word.

2. Wanneer in die winter gestap word, is een van die mees algemene foute om die Baanbrekers in te veel klere vir die staptoer in te bondel. Warm klere kan vir die pouses gedra word en vir die aande wanneer daar gekampeer word, maar vir die staptoer self behoort die klere die persoon slegs warm te hou sonder om hom te laat sweet. Indien ‘n persoon in die winter sweet en dan stil staan vir ‘n pouse, sal hy afkoel. Behou goeie lugsirkulasie dwarsdeur die klere, en wanneer u stil staan vir ‘n pouse, trek ‘n baadjie aan.

3. Moenie toelaat dat Baanbrekers met verkeerde skoene of stapskoene op ‘n staptoer gaan nie. Sandale en soortgelyke skoene moet nooit op ‘n staptoer gedra word nie, ook nie nuwe skoene of stapskoene nie, aangesien dit blase sal veroorsaak. Daar is geen vasgestelde reël vir skoene nie, behalwe in die winter moet stapskoene waterdig wees. Vir somer staptoere verkies sommige persone ligte skoene soos tennisskoene, terwyl ander kort stewels verkies. Een reël word gewoonlik gevolg in staptoere en dit is dat twee paar sokkies gedra word om die wrywing op die voete te verminder.

4. Daar moet onthou word dat die lug op hoë plekke baie dun is en dat die ultraviolet strale van die son baie intens is, gevolglik moet ‘n soort van hoofbedekking gedra word.

5. Wanneer daar beplan word om in die sneeu te stap, is dit belangrik om te onthou om ‘n donkerbril saam te neem om sneeublindheid te voorkom. Hierdie is net so belangrik vir die gemak en gesondheid van die stapper as warm sokkies, handskoene, en hoofbedekkings wat die ore sal bedek.

Rugsakke Daar is baie tipes rugsakke. Die keuse van een is die indiwidu se voorkeur. Baie kies ‘n raamsak, terwyl ander weer hou van ‘n eenvoudige, sagte sak. Heelwaarskynlik is die raamsak met ‘n ondersteunende gordel die maklikste sak vir die Baanbreker om te dra. ‘n Goeie sak sal die vrag op die skouers en heupe dra. Sakgroottes verskil ook in grootte en gebaseer op die lengte van die bolyf gemeet vanaf die heuplyn tot waar die skouer by die nek aansluit. Wanneer ‘n rugsak gepak word, rangskik die inhoud op so ‘n manier dat die swaarste items bo is en die ligte en sagte items onder. Op hierdie manier word die gewig eweredig oor jou skouers verdeel. Pak so lig as moontlik. Daar is sekere items wat altyd gedra moet word: ten minste een ekstra paar sokkies; een ekstra stel klere; seep, tandeborsel, tandepasta, handdoek, komberse of slaapsak; grondseil, flits, reënjas, kos, eet- en kookgereedskap, vuurhoutjies, persoonlike noodhulptoerusting, toiletpapier, en ‘n kaart en kompas. Die bagasierol is eintlik ‘n manier om ‘n slaapsak of beddegoed in jou sak of oor jou skouers te dra. Komberse of slaapsakke word op so ‘n manier opgerol dat dit lank genoeg is om ‘n onderstebo U op die sak te vorm of oor die skouer, of oor beide skouers indien ‘n rugsak nie gebruik word nie.

Page 136: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

136

Kos Wanneer kos vir jou rugsak staptoer gekies word, oorweeg die volgende:

1. Voedingswaarde Hierdie is waarskynlik een van die eerste oorwegings. Dit is slim om kos saam te dra wat hoog is in energiewaarde, veral koolhidrate, met min suiker.

2. Gewig

Alle kos wat gedra word, behoort lig te wees. Gedroogde kos kan gebruik word.

3. Verpakking Verpakking en gewig is twee verskillende dinge – kos kan lig maar die verpakking te bulterig wees; byvoorbeeld, gepofde ontbytgraankosse. Dit sou beter wees om graanvlokkies, beskuit of granola te dra. Ingemaakte goedere is ‘n voorbeeld van swaar en bulterige items. Onthou dat alle leë blikkies saam met jou uitgedra moet word.

4. Breekbare kwaliteit

Kos wat breek, fyn druk, of smelt, is nie ideale porsies om in ‘n rugsak te dra nie, tensy dit noukeurig verpak word.

5. Bederfbare kwaliteit

Kos wat maklik bederf raak, moet nooit vir meer as ‘n dag gedra word nie. Vermy alle risiko’s van voedselvergiftiging.

Page 137: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

137

Metodes om Voedsel te Verpak

1. Pak in boonste gedeelte Dit is die beste om altyd die kos in die boonste gedeelte van jou rugsak te pak, waar dit nie fyngedruk kan word nie.

2. Aluminiumfoelie

Aluminiumfoelie kleef self en het nie rekkies of lyn nodig om dit vas te hou nie. Dit hou die klammigheid, lug, lig en reuk uit. Een van die wonderwerke van aluminiumfoelie is die feit dat kos wat in foelie verpak word in dieselfde verpakking gaar gemaak kan word.

3. Kleefpapier en plastiese sakke

Hier is ‘n uitstekende verpakking vir droë vrugte. Dit sal dit sag en geurig hou. Dit is goed vir die verpakking van kaas, dit hou lug uit sodat muf nie kan groei nie. Dit is uitstekend om poeiermelk, ens. te verpak.

B. Wildernis Oorlewingskamp

Filosofie Een van die grootste uitdagings van die buitelewe wag op die Baanbreker in wildernis oorlewingskampering. Hierdie is primitiewe kampering, met slegs die toerusting wat die kampeerders voel dat hulle moet hê. Die doel is om ‘n persoon se innerlike hulpbronne in ‘n vreemde situasie uit te daag en om vrees vir die onbekende te oorwin, van honger, ongemak, ongerief, en vertraging. Deur hierdie groep geleidelik in situasies wat moeiliker is in te lei, wys die leier hulle hoe om suksesvol te reageer en om selfvertroue te ontwikkel. Daar word voorgestel dat oorlewingsopleiding gebaseer word op ‘n reeks rugsak uitstappies. In die begin kan die groep al die toerusting wat hulle dink noodsaaklik is vir gemak saamneem: vere slaapsakke en sponsmatrasse, insekwerende tente, gerieflike sakke, en baie smaaklike kos. Op daaropvolgende uitstappies kan sommige items tuis gelaat word, totdat die groep uiteindelik slegs daardie dinge saamneem wat nodig is vir veilige kampering. Hierdie filosofie is die teenoorgestelde van die wreedheid van “spring in en swem of verdrink” houding en was suksesvol bewys met mense van alle ouderdomme. Die leier maak seker dat beginners nie te bang is nie en moedig hulle elke tree aan. Op hierdie manier vermy hy die ontwikkeling van sielkundige komplekse wat lewenslange probleme kan word. In plaas daarvan ontwikkel hy die belangrikste karaktereienskappe in jeug – die vermoë om probleme in die gesig te kyk en dit op te los, te beplan en die planne uit te voer ten spyte van moeilikhede. Hierdie manier van kampering kan die belangrikste buitelugervaring wees wat ‘n jong persoon ooit sal ervaar. Oorlewingskampering en bergklim voorsien onvergeetlike herinneringe en lewenslange vriendskappe. Vind ‘n Kampeerplek U kan ‘n groep na ‘n wildernis gebied neem, of na ‘n nasionale park (met toestemming) deur daarna te stap en vir ‘n dag, ‘n naweek of ‘n week kamp op te slaan. Drie of vier ure se stap weg van die motors kan genoegsame afsondering voorsien. Deur die gebied voor die tyd deur te kyk, kan u ‘n plek kies met goeie drink- en badwater, genoeg dooie hout vir brandstof, gebiede om liggingsbepaling te doen, ‘n verskeidenheid eetbare wilde plante om te identifiseer en genoeg rotse om te klim, of wat ookal u program vereis. Nasionale en Regeringsparke laat nie plantversameling of die kap van hout toe nie. Kry dus toestemming van die persoon in bevel, en verduidelik u plan en gee hom presiese datums sodat u groep gekontak kan word in geval van nood. Verkry topografiese kaarte van die gebied en afskrifte van parkreëls vir u kampeerders. Verkry Toerusting Indien u groep nie toegerus is vir rugsakkampering nie, hou ten minste een vergadering waar goeie toerusting gedemonstreer word en help hulle om voor die uitstappie dit te kry wat hulle

Page 138: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

138

benodig. Laat ‘n ervare buitelug persoon hierdie doen, iemand wat goeie toerusting het en weet waar om gepaste toerusting te huur of te koop. Die spyskaart vir die uitstappie behoort noukeurig beplan te word om te verseker dat daar drie voedsame maaltye per dag is. Hierdie kan vir die groep gekoop word, of ‘n spesifieke lys van maaltye, kos, hoeveelhede, en soorte kan aan elke kampeerder gegee word. ‘n Ervare persoon kan kos by die kampvuur op ‘n aptytwekkende manier voorberei en die kampeerders dan leer hoe om dit voor te berei. Onthou, die eerste indrukke is belangrik, laat ons dus herhaal: Maak u kampeerders gemaklik op hulle eerste wildernisuitstappie, met goeie toerusting, goeie kos, en opwindende aktiwiteite wat voor die tyd goed beplan is. Moenie toelaat dat hulle so ‘n swaar sak dra dat hulle nooit weer van die wildernis wil hoor nie. Kinders, veral juniors, behoort nie sakke wat swaarder as 20% van hulle liggaamsgewig is, te dra nie. Kleredrag en Allerlei Maak seker dat kampeerders voldoende klere vir enige moontlike weersverandering saambring: ‘n reënjas, baadjie, wolhemp en broek (om te voorkom dat hulle koud kry in reënerige weer), en die beste stapskoene of stewels wat hulle kan kry. Om nie ‘n flitslig te hê nie kan paniek in die wildernis veroorsaak. Maak dus seker dat elke kampeerder een het, sowel as een of ander vorm van oorlewingsvoorraad. Hierdie behoort soveel as moontlik van die volgende items in te sluit: knipmes, waterdigte vuurhoutjiedosie en vuurhoutjies (of aansteker), kompas, kers, fluitjie, seinspieël, watersuiweringstablette, sout, naald en gare, nylon tou, plastieksakke, plastiese laken (klein), noodhulptoerusting, vuurpyle, energiestafie, skryfblok en potlood. So ‘n voorraad, in ‘n waterdigte sak gepak, en in ‘n opleidingskamp in die wildernis gebruik, kan help om ‘n lewe te red – insluitende u eie. Vaardighede om te Leer Voordat die uitstappie begin, miskien op een-dag uitstappies, behoort die groep alreeds die basiese vaardighede vir die maak van ‘n vuur, tent opslaan, en watersuiwering te geleer het. Wildernisoorlewingsvaardighede wat op die uitstappie geleer word, kan die volgende insluit: 1. Die dra van die rugsak (hoe om te organiseer, te pak, balanseer en die sak te verstel).

2. Liggingsbepaling

3. Eetbare wilde plante

4. Skuiling en vuurmaakvaardighede. (Bou ‘n skuiling uit takke, soos ‘n A-raam

kampvuuroond, voedselhouer, ens., en oefen om toue te vleg, sneeuskoene te maak, en andere.)

5. Basiese klim: gebruik van touvasmaak, vryklim, rotsklim, ens.

6. Mediese hulp (wildernisnoodhulpprosedures soos primitiewe draagbare, spalk, ens.)

7. Veiligheid (watersuiwering, veilige gebruik van gereedskap, kampeerplek en vuurveiligheid, staptoerbeleefdheid, ens.)

8. Maak u eie stoof. Gaan na www.thru-hiker.com en klik op werkswinkels vir ‘n verskeidenheid van stowe.

Spesifieke Vaardighede Wildernisoorlewing kan geleer word op kano-uitstappies, grot-uitstappies, en staptoere, sowel as op normale dagstaptoere. Die uitstappie self, sonder formele instruksie, is opvoedkundig in die hoogste sin en kan aan die behoeftes van die groep voldoen met ‘n minimum van lesingdemonstrasies. Ongeag van hoe die instruksies aangebied word, is daar belangrike punte om te onthou in verband met die leer van wildernisvaardighede.

Page 139: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

139

1. Watersuiwering Moenie hier afskeep nie. Luiheid kan die uitstappie ruïneer. Suiwer alle drinkwater met chloortablette of jodium, of deur dit te kook. Laat die eenheidsleiers hierdie gedurig monitor en vermy sodanige tydelike en belemmerende siektes. Leer elke Baanbreker om ‘n tablet in elke houer water te sit sodat dit ‘n gewoonte word.

2. Eetbare plante

Moenie raai nie. Indien u nie ‘n plant ken nie, sê so. Laat iemand hierdie onderwerp aanbied wat dit ken en wat nie probeer om sy onkunde weg te steek nie; niemand ken alle plante nie. Die meeste plante is nie-toksies, maar ‘n paar is dodelik. Vermy dit om te leer wat eetbare plante is deur dit met giftige soorte te vergelyk. Wees absoluut seker voordat u vir enigiemand sê wat ‘n plant is en dat dit eetbaar is; dit kan ‘n saak van lewe en dood wees!

3. Klim

Hier dring ons weer by u aan om ‘n gekwalifiseerde instrukteur te hê wat die Baanbrekers leer klim met die veiligste en beste tegnieke. Klimklubs kan instrukteurs voorsien wat die behoorlike gebruik van nylton tou ken; die beste manier om knope te bind; behoorlike vasmaak van toue; rotsklim, ens. Helmets en harnasse behoort deur almal gedra te word terwyl hulle rotse klim. Maak seker dat die klimmers die vaardigheid om toue vas te maak onder die knie kry voordat hulle selfs probeer om te klim, en kyk dat alle klimmers te alle tye behoorlik vasgemaak is. Goeie instrukteurs is altyd gereed vir gevare en probeer om ongelukke te voorkom.

4. Vure

Wees op hoogte van plaaslike brandregulasies. Ekstra sorg moet uitgeoefen word in ‘n primitiewe kamp om seker te maak dat alle kampvuurplekke veilig is. Volg die reëls! Moet nooit ‘n vuur onbewaak los nie, en maak seker dat dit uitgedoof is voordat u loop.

5. Veiligheid

Beplan ‘n noodroete om vinnig uit die stapgebied te kom na mediese hulp. Voorsien volledige noodhulptoerusting. Elke kampeerder behoort ongeluksversekeringsdekking te hê.

Doelstellings Vindingrykheid, moed, selfvertroue, en gewilligheid om andere te dien, is karaktertrekke wat ontwikkel behoort te word. Vaardighede wat ‘n persoon in staat sal stel om sy pad deur die wildernis te vind en om uiteindelik ‘n groep in die natuur te lei, moet bemeester word.

Tente Daar is baie tipes, groottes, en vorms van tente. Elke kampeerder het sy eie voorkeur. Die mees algemene tent wat deur Baanbrekers gebruik word is wigvormige tente wat ‘n leerlingtent genoem word. Die beter leerlingtente het beide agter- en voorflappe sodat die tent heeltemal toegemaak kan word om die weer uit te hou. Klein tente kan goedkoop gemaak word van skeurvrye nylon. Die volgende is ‘n ontwerp wat suksesvol deur baie klubs gebruik word waar gekoopte tente te duur is.

Page 140: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

140

HOE OM ‘N TENT TE MAAK

Page 141: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

141

Om ‘n Tent op te Slaan en Af te Breek Watter tipe tent ookal die hooftent is wat vir Baanbreker gebruik gekies word, behoort dit die een te wees wat gebruik word om die opslaan en afbreek van ‘n tent te demonstreer. Alle Baanbrekers moet die ervaring hê om ‘n tent op te slaan en af te breek.

Page 142: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

142

Skuilings van Natuurlike Materiaal U sal miskien die Baanbrekers eendag op oorlewingskampe wil neem waar geen skuilings saamgedra word nie. In hierdie geval sal u en u Baanbrekers kennis moet hê om skuilings te vind of te bou van beskikbare materiaal.

Hoe om ‘n Kookstoof te Maak Hierdie stoof is bekend as die “Leprechaun” Stoof soos verfyn deur “H-Monster”. Maak u eie eenvoudige maar effektiewe stoof deur die herwinning van aluminiumblikkies! Miskien sal u eers by die huis met ‘n paar blikkies wil oefen voordat u op die staptoer gaan. Wanneer dit reg gebou is, sal dit vir weke van voortdurende gebruik hou, en indien dit beskadig word, kan dit maklik vervang word met blikkies wat langs die pad gevind word. Hierdie idee was gedeel deur stappers wat die Appalachian Staproete gedoen het en wat gesoek het na iets wat baie lig en duursaam was en wat goed sou brand. Dit werk met verbroude alkohol wat een van die goedkoopste brandstofte is en wat byna in enige hardeware winkel gevind kan word. Nota: Alkohol brand by ‘n lae hitte en verminder dus die potensiële gevare, maar is daarom ook nie baie effektief in gebiede met meer as 1.6 Km hoogtes nie. Materiaal benodig: 2 gebruikte koeldrankblikkies Gereedskap benodig: 1 kampeermes Stap 1: Sny die onderste dele van beide blikkies ongeveer 5 cm van die bodem af, af. Stap 2: Sny ‘n 5cm middeldeel uit een blikkie en sny dit om ‘n plat strook te maak. Stap 3: Sny ‘n binnesirkel uit die bodem van gesnyde blikkie nommer 1 Stap 4: Sny ‘n lang keep in die kant van gesnyde blikkie nommer 1 Stap 5: Sirkel die strook om in die binneste ringafdruk van gesnyde blikkie nommer 2 te pas, sny kartelings en vou dit styf oor. (Hierdie word die Leprechaun Kartel genoem.) Stap 6: Sny 3-5 klein V-vorms op die onderste kant van ongeveer 2-3 mm. Stap 7: Sit die strook in gesnyde blikkie nommer 2, en sit dan gesnyde blikkie nommer 1 se sluitstrook in plek. (Gesnyde blikkie 1 sal baie styf indruk) Stap 8: Druk versigtig 8-10 gate in die skuins kant van gesnyde blikkie nommer 1. Die stoof is gereed vir gebruik. Om die stofie geskik te maak, gooi ‘n klein bietjie alkohol in en steek aan. Laat dit brand totdat al die vloeistof in die stofie uitgebrand het. Vir algemene gebruik, gooi drie of meer lepels vol brandstof in, steek aan en wag totdat die vuur deur die gaatjies gesien word, en sit dan ‘n klein potjie direk op die stoof. Die sentrale vlam sal doodgaan, maar die klein gaatjies behoort aan te hou met brand en die kos te kook. Reguleer die hoeveelheid brandstof wat u gebruik sodat die kos gaar is wanneer die brandstof opgebruik is. Moenie te veel brandstof ingooi nie – dit word net gemors.

Oorsiglys vir Rugsak Stappers Basis Kombuis Stewels Watersuiweringstablette Sokkies eetgerei Indiaanse skoene Voubare waterhouer Smeeralkohol Braaipan Voetpoeier Kookpotte Snyer Bakpanne Noodhulptoerusting met Slangbyttoerusting Koppie

Page 143: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

143

Rugsak Silwerware Kombuis (vervolg) Slaapkamer Kerfmes Tent, tentklap en bykomstighede Sout- en peperpotte Poliëtileen laken Suikerhouer Opblaasmatras Houer vir Skoonmaakmiddels Slaapsak Houer vir Margarine Vuurhoutjies Klerekas Vergrootglas Hemde Blikoopmaker Jeans Stoof Kamaste Brandstof vir stoof Poncho Tregter vir Stoof (indien brandstof soort) Handskoene Windskerm vir Stoof Sweetband Hoed Idees Flits en batterye Ekstra batterye Ekstra gloeilamp Sonbril Kamera Kaarte Kompas Toiletgereedskap Handdoeke Sonbrandmiddel Lipsalf Handeroom Seinspieël Fluitjie Tou Leesstof Notaboek Pen, potlode Horlosie Termometer Kleefband Naalde, gare Visgereedskap Rekkies Plastiese Sakke Beursie Motorsleutels Sakradio Ekstra 9-volt battery Handewasseep Insekteweermiddel Ekstra bril Tandeborsel Tandepasta Skeermes

1. Pak al die goed wat u wil saamneem op die vloer uit. 2. Sorteer dit in aparte hope. Gewone goed: Rugsak, tent, sak, stewels, klere, kos,

kookgereedskap, stoof/brandstof, toiletware, kamera, film, geld, ID, ens. 3. Besluit watter goed absoluut noodsaaklik is vir u uitstappie. 4. Besluit watter items, na stap 3, van dit wat oorbly, u wil saamdra. 5. Om die uitstappie meer te geniet, hou u rugsak so lig as moontlik.

Page 144: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

144

Die “Stap Lig” Rugsak Kontrolelys Wanneer ‘n persoon besluit dat stap met ‘n rugsak ‘n passie kan word en dat tussenruimte pak is waar die ware kuns (en pret) begin, dan is ‘n “stap lig” stelsel gebiedend noodsaaklik. Die volgende kontrolelys is ontwikkel deur “H-monster” (kodenaam vir ‘n jong rugsakstapper wat onlangs die 3,500 kms Appalachian Staproete in die oostelike Verenigde State gestap het. Hierdie staproete neem gemiddeld 5-6 maande om te voltooi en ‘n stapper kan verwag om 3-4 pare stapstewels stukkend te stap.) Hierdie kontrolelys sal die totaal van 6.3 kg bereik met noukeurige geselekteerde ultra-lig uitrusting. Met kos en water vir ‘n week, sal die pak ongeveer 11 kg weeg. Noodsaaklikhede: Slaapsak sweetband Matrassie aansteker 2 paar sokkies en voerings lepel 2 kortbroeke noodhulptoerusting: 2 hemde rekverband Reënjas en rugsakbedekking ‘n paar verbande Toiletpapier baie pynstillers Tandepasta (klein buisie) Tandeborsel Opsioneel: Pen oorkouse Klein skryfblokkie handradio Sakmes hoed van u keuse Gasstofie Gas Weggooibare kamera Vir koue weer: Flits, klein donsbaadjie Bleikmiddel/jodium/ of suiweringstablette vir water gebreide mus Lang onderbroeke Langbroeke Onthou Wanneer u kos inpak, vermy die gebruik van blikkies en nie-brandbare pakkies, ens. Laat u kampeerplek in ‘n beter toestand agter as waarin u dit gevind het.

C. Die Kano-uitstappie In die meeste lande is daar voldoende geleenthede vir kano-uitstappies, wat ‘n bevredigende ondervinding en ‘n onvergeetlike indruk kan maak – met ‘n groeiende verlange om weer te gaan. In die finale ontleding is ondervinding die enigste manier om kanovaart aan te leer. Baanbrekers behoort ‘n basiese kennis van kanovaartvaardighede te hê voordat hulle probeer om ‘n kano-gebaseerde kampeeruitstappie aan te pak. Om in ‘n kano in ‘n dammetjie rond te vaar, is een ding, maar om op ‘n kanovaart kamp te gaan ‘n heel ander ding. ‘n Kort bespreking van die beginsels voordat u gaan, kan help om die uitstappie glad te laat verloop. Dit is die beste indien alle deelnemers die kanovaart vakhonneur voltooi het voordat die uitstappie aangepak word. Die Kano Eerstens is daar die kwessie van die keuse van ‘n kano. Dit sal grootliks afhang van die tipe uitstappie wat u beplan – of dit ‘n lang of kort uitstappie gaan wees, witwater of kalm. Die Kajak is meer geskik vir witwater as gevolg van sy beweegbaarheid. Ligte duursame materiaal is verkieslik. Daar is baie soorte spane om van te kies, wat aan u persoonlike voorkeur oorgelaat word. Die nuwe soort van geboë spane is die slegste bestand teen energie/krag. Die agterste roeier, wat die kaptein van die kano is, behoort ‘n roeispaan te hê wat tot by sy neus kom wanneer hy regop staan. Die boegroeier behoort ‘n bietjie korter roeispaan te hê – net onder sy ken – vir die beste resultate.

Page 145: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

145

Toerusting Al sou u voel dat u nie beperk is tot die minimale gewig soos ‘n rugsak stapper nie, moenie vergeet dat u die kano sal moet dra nie – wat beteken dat die kano, roeispane, en al die toerusting deur die riete gedra sal moet word tot by die volgende beskikbare punt om in die water te gaan. Organiseer dus! Gaan so lig as wat gerieflik moontlik is. Water in die kano, kanobeskadiging, wind en reën is baie algemene realiteite op ‘n kano uitstappie. Onthou: wat saak maak, is nie wat u kano kan dra nie, maar wat u kan dra. Op die Uitstappie Wanneer u u toerusting in die kano pak voordat u begin roei, maak seker dat dit goed gebalanseer is, sodat die vaartuig nie kantel nie. Hoe minder die gewig, hoe meer stabiel is dit. Bind u toerusting aan die kano vas. ‘n Konserwatiewe daaglikse afstand vir ‘n kanovaart is 20 km, afhangende van die stroom, wind, gety, herstelwerk, ens. Dit is altyd beter om genoeg tyd toe te laat vir onvoorsiene probleme en weersveranderinge. Veiligheidsreëls ‘n Kardinale reël in die meergebiede is om uit die water te kom sodra u sien dat ‘n storm aan die broei is. Dit is beslis gevaarlik om in stormwaters te beland, selfs al is u ervare. Op rivier- en stroomuitstappies is ‘n ewe streng reël: Moet nooit ‘n strook witwater aanpak sonder dat u presies weet waarvoor u u inlaat nie. Indien u nie die stroom ken nie, klim uit en stap langs die wal: bestudeer u roete en ry dan daardeur. Indien daar enige twyfel bestaan, klim uit. Moet nooit sonder ‘n kaart en kompas gevang word nie. Baie eilande het ‘n snaakse manier om dieselfde te lyk en uitklimplekke verdwyn voor u oë. As voorsorgmaatreël vir kano uitstappies, moet elke kanovaarder ‘n swemmer wees (‘n goeie maatstaf is die voltooiing van die Intermediêre Swemvakhonneur) en bekend wees met lewensreddingstegnieke. Toets elke bemanning in ‘n beplande opset met die uitdaging om ‘n kano regop te laat staan, die oortollige water uit te skep, na die oewer gaan en die kano leeg maak, gereed wees om te gaan – ‘n bietjie natter maar ervare in die onverwagte. D. Fietsry Uitstappie ‘n Goeie fietsry uitstappie moet oefening insluit wat verbeterde fisiese fiksheid, selfvertroue, individuele inisiatief, samewerkende buitemuurse lewe, geestelike bewustheid en ander vaardighede tot gevolg sal hê, wat sal bydra tot ‘n goed-afgeronde karakter. In die beplanning van hierdie aktiwiteit, behoort die leier seker te maak dat alle besonderhede nagekom is, soos – byeenkomsplek en vertrektyd; roete wat gevolg gaan word; belangrike punte om te besoek; afstand van die fietsry uitstappie; bystandplanne, en omgewing. Hulle behoort ook elke Baanbreker of personeellid te voorsien van ‘n kontrolelys van klere, toerusting, persoonlike items, en kos wat benodig sal word. Veiligheidsreëls 1. Gehoorsaam verkeerswette en -regulasies insluitende:

Verkeersligte en –tekens

Eenrigtingstrate 2. Ry saam met die verkeer binne 1 m van die kant van die pad. 3. Ry in enkelgelid. 4. Gebruik die standaard handseine wanneer stop of draai. 5. Moenie in en uit die verkeer vleg nie. 6. Moenie van kant tot kant beweeg nie. 7. Moenie toertjies uitvoer nie. 8. Geen langs mekaar ryery nie. 9. Dra altyd ‘n veiligheidshelmet.

Page 146: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

146

Inspeksie van Fiets

Alle fietse moet in ‘n goeie meganiese toestand wees en al die standaard veiligheidstoerusting hê, soos weerkaatser, goeie remme, en ligte indien naby skemer of vroeg in die oggend gery word. (Moet nooit in die nag ry nie.)

Baanbrekers behoort basiese herstelwerk en onderhoud aan hulle fietse te kan doen. Onderhoudskontrolelys: √ Regmaak van ‘n lek en vervanging van binneband

√ Afhaal van agterwiel en verstelling

√ Verstelling van remme

√ Vervanging van remkabel

√ Ontspoorder verstelling (fietse met ratte)

√ Vervanging van ratkabel (fietse met ratte)

√ Verstelling van stuurstang en voorste vurk

√ Laers

√ Verstelling van pedale

√ Korrekte verstelling van sitplek

Rugsakke

Rugsakke of dagsakke behoort so lig as moontlik te wees, en behoort aan die fiets vasgemaak te word eerder as op die rug van die ryer. Indien dit in ‘n mandjie vasgemaak word, behoort dit nie die ryer se uitsig te belemmer of die balans van die ryer in gevaar te stel nie.

Page 147: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

147

GETUIENIS

Inleiding God het ons uitgenooi om die Goeie Nuus van Sy Seun, Jesus Christus, te deel.

Die verhaal van Sy lewe, dood en opstanding en die nuus van Sy spoedige wederkoms, behoort vertel te word. Baanbrekers kan ‘n belangrike rol speel in die verspreiding van die evangelie aan die wêreld. Die Baanbreker Klaswerkleerplan sluit ‘n wye verskeidenheid van Bybel-gebaseerde materiaal in wat die Baanbreker sal toelaat om belangstelling te ontdek en te ontwikkel in dinge wat op God betrekking het, Sy liefde, sorg, genade en goedheid. Spesiale klasaktiwiteite is ontwerp om hulle te help om hierdie groeiende waardering vir hulle Verlosser indiwidueel en as ‘n klub te deel. ‘n Verskeidenheid van getuienisprogramme is ook beplan en deur die plaaslike kerk geborg sowel as spesiale gebeure wat kreatiewe maniere toelaat vir getuienis, soos Kersfees en Nuwejaar. Die volgende word voorsien as ‘n lys van voorstelle. Dit sal u baat om spesiale tye beskikbaar te maak met die Baanbrekerklub uitvoerende komitee en personeelkomitee om goeie getuienisprogramme vir die klub te beplan. Dit is egter belangrik om te onthou dat getuienis deel van die Baanbrekerlewenstyl behoort te wees – nie slegs ‘n program nie! Om te getuig is ‘n manier om te lewe! “Neem die tyd om die Woord te verkondig.”

Baanbreker Gemeenskapsdiensprojekte Om Kinders te Help

1. Maak speelgoed reg vir hospitale Om speelgoed soos sagte, opgestopte diere vir gebruik in hospitale en kinderhuise te maak en reg te maak.

2. Storie-Uur Storie-uur en speletjies is dikwels welkom in kinderhuise en inrigtings.

3. Partytjies vir gestremde en arm kinders ‘n Hele dag kan by ‘n Gesondheid- en Welsynsentrum deurgebring word om armes en gestremdes te help. Partytjies vir hulle sal hulle gesigte ophelder, veral gedurende ‘n vakansieseisoen.

4. Hartlyer Tydverdryf Kinders met hartprobleme is dikwels tot hulle beddens beperk. Baanbrekers kan plakboeke en interessante dinge vir hierdie kinders neem om te doen om hulle te help om die tyd vinniger te laat verbygaan.

5. Dagsorgsentrums Om by die dagsorgsentrums te help, voorsien ‘n opening vir gemeenskapsdiens, veral om in te pas by die somermaande wanneer die Baanbrekers meer beskikbare tyd het.

Verbetering van die Gemeenskap

1. Vullisblikke Maak vyf-liter kanne of ander soort houers bymekaar wat geskik is om as vullishouers gebruik te word in openbare areas soos parke, straathoeke, skoolgronde, ens. (Kontak die plaaslike stad/dorp se instandhoudingsdepartement vir inligting oor ‘n oplossing vir die skoonmaak van die kanne, hulp met die plasing daarvan, ens.) Hierdie kanne kan mooi opgehang word of op plekke neergesit word waar behoorlike verwydering verseker sal wees. Wanneer daar ‘n bietjie gesoek word, sal kanne en verf dalk vir hierdie saak geskenk word.

Page 148: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

148

2. Skoonmaak langs Paaie

Hierdie is ‘n vroeë-lente projek vir ‘n ambisieuse groep om hulle te versterk. Baie organisasies het projekte vir omgewingsbewaring. Bied die Vakhonneurs in Omgewingsbewaring en Ekologie aan. Sommige klubs het hulle hele jaar se begroting op hierdie manier ingesamel.

3. Herstel van Historiese Plekke Baie gemeenskappe, veral kleineres, stel daarin belang dat die jeug hulle help met die herstel van hulle historiese plekke. Kontak u plaaslike historiese vereniging.

4. Blomhouers Hierdie kan ‘n aantreklike byvoeging vir andersins vaal dorpstrate wees. Baanbrekers behoort die behoeftes van hulle gemeenskap waar te neem en hierdie onaantreklike areas met bome, blomme of struike te verfraai. Baanbrekers kan die mannekrag voorsien, die stad kan die fondse skenk, en ‘n hele paar Vakhonneurs in Buitemuurse Nywerhede kan hierby ingewerk word.

5. Vullissakke vir Motors ‘n Maklike en praktiese projek vir die dae wanneer die klub binnemuurs is, is om vullissakke te maak wat in motors gebruik kan word. Hierdie kan uit papier of materiaal gemaak word en die klub se naam kan daarop gestempel of geskryf word vir verspreiding in winkels, banke, ens.

6. Leesstofrakke Hierdie kan in haarkappers, wasserye, en hotelle geplaas word, en goeie leesstof oor gesondheid, dwelms, godsdiens, ens. vir die gemeenskap voorsien.

Bewaring 1. Voëlkassies en voerders

Die maak en plasing van klein kassies vir voëls om in te broei in natuurlewe gebiede kan ‘n belonende projek wees. Die kassies kan gedurende die wintermaande gemaak word en in die vroeë lente (met die hulp van die personeel in bevel van die gebied) versprei word. Watter beter manier om Baanbrekers te help om die broeigewoontes van hierdie skepsels te leer?

2. Veldblomsade In sekere gebiede waar veldblomme uitgeroei is, sal die plant van saad nie slegs bewaring bevorder nie, maar ook help om enige natuurlike gebied te verfraai wat aangepas word vir die groei van hierdie delikate plante.

3. Skuilings en stasies Baanbrekers wat in meer landelike gebied woon, kan toestemming verkry om klein natuurlewe gebiede in nabygeleë beboste gebiede te ontwikkel deur skuilings, voedingstasies, ens. te maak. Die volgende bewaringsgelofte kan deur die Baanbrekers gebruik word: “Ek gee my gelofte as ‘n burger om die natuurlike bronne van my land te bewaar en getrou te beskerm teen vermorsing – die grond en minerale, die bosse, water en natuurlewe.” Opleiding in bewaring sal die klublede in staat stel om betrokke te raak by programme soos boomplanting, die bou van voël- en wildediere voerstasies, die nagaan van gronderosie, en soortgelyke aktiwiteite.

Vakansies Kersfeesprojekte Baanbrekers kan baie dinge gedurende die Kersvakansie doen:

• Een projek wat baie geniet kan word, is om Kersfeeskerse te maak en dit te verkoop. Die opbrengs hiervan kan vir ‘n sendingprojek wat die klub vir Kersfees voorberei het, gebruik word. (Vergelyk die Kersmaak Vakhonneur.)

• Kersfeesruikertjies is pret om te maak en sal goeie geskenkies wees om aan pasiënte in

versorgingsinrigtings te gee.

Page 149: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

149

• ‘n Goeie projek is ook om speelgoed te herstel. Baanbrekers kan ou speelgoed in die gemeenskap bymekaar maak en dit dan vir Kersdag herstel. ‘n Partytjie kan beplan word waar arm kinders van die gemeenskap geskenke ontvang.

• Die sing van Kersliedere deur almal in uniform. Besoek die meer gegoede dele en sing ook vir hulle. Dit is goeie openbare verhoudings.

• Kosmandjies kan voorberei word en aan behoeftige families gegee word.

Matigheid

1. Openbare Skool program Beplan ‘n matigheidsprogram saam met die hoof van ‘n openbare skool. Laat ‘n Sewendedag-Adventiste dokter saam met die groep gaan en vertoon ook ‘n film. Laat die Baanbrekers hulle volle uniform dra en deelneem en getuig.

2. Matigheidsrit

Hou ‘n matigheidsrit met bufferplakkers; besoek die polisiestasie; neem ‘n foto van Baanbrekers wat ‘n plakker op iemand se motor plak.

3. Matigheidsoptog

Indien dit moontlik is, hou ‘n matigheidsoptog teen dwelms, tabak en alkohol in die stad. Planne sal voor die tyd met die plaaslike owerheid getref moet word vir toestemming. Plakkate en tekens behoort tot op ‘n plek in die middel van die dorp gedra te word.

4. Vyf-Dag Plan deelname

Baanbrekers kan deelneem in die verspreiding van materiaal gedurende Vyf-Dag Planne om Op te Hou Rook. Hulle kan met die program help en selfs getuig oor die redes waarom rook sleg is vir ‘n persoon.

5. Gesonde Leefwyse

Organiseer aksie-eenhede vir die bevordering van gesonde leefwyse. Die Matigheidsdepartement kan die besonderhede voorsien oor hoe om hierdie aksie-eenhede te organiseer.

Hospitale

1. Geskenke van blomme of tydskrifte Hierdie sal veral deur hospitaalpasiënte waardeer word. Baanbrekers kan briefies byvoeg om vir die pasiënte te sê dat hulle hoop dat hulle hospitaalbed binnekort leeg sal wees.

2. Raam van Prente

U plaaslike hospitale het dalk ‘n behoefte aan mooi, aantreklike afdrukke en geraamde prente vir andersins kaal en vaal hospitaalkamers. Dit kan ‘n goedkoop projek wees indien die rame en montering deur die klub gedoen word.

3. Vrywilliger Program

Doen navraag oor u plaaslike hospitaal se vrywilliger program. Ouer Baanbrekers kan vrywillige werk vir die somervakansie kry wat die moeite werd sal wees en wat hulle sal geniet. Sodanige ondervinding mag in die toekoms ‘n waardevolle bate wees ten opsigte van ‘n betrekking.

Senior Bejaarde

1. Help met Arbeid Probeer om bejaarde persone op ‘n gereelde basis te help met uitputtende werk soos die versorging van hulle tuin, vensters skoonmaak, stryk van gordyne, eenvoudige herstelwerk, ens. Daar is ‘n hele klompie eenvoudige takies wat jongmense by tehuise vir bejaardes kan doen. Hierdie klein takies, wat opgewek verrig word, sal baie waardeer word.

Page 150: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

150

2. Verjaarsdaggeskenke Verkry van ‘n tehuis vir bejaardes ‘n lys van die verjaarsdae van die inwoners. Stel u die verrassing en pret voor wat die inwoners sal hê wanneer u ‘n pragtige verjaarsdagkoek daar aanbring! Sluit hierdie by die Koekversier Vakhonneur in.

Ander Voorgestelde Projekte

1. Dowes en Hardhorendes Maak tydskrifte bymekaar en laat die Baanbrekers gepaste prente uitknip vir plakkate wat deur voorskoolse klinieke gebruik word, of plak prente in plakboeke vir gebruik deur spraakterapeute. Kontak u plaaslike gehoorsentrum vir voorstelle.

2. Gesigsgestremdes

‘n Interessante projek om te maak, is lewensgrootte sagte poppe en hulle aan te trek en dan aan skole te skenk om voorskool blinde kinders te leer. Poppe help baie om hierdie kinders te leer om hulleself aan- en uit te trek.

3. Boeke vir stadsamptenare/Gevangenisse

Die klub kan die Bybel en sendingboeke kies en dit na die stadsamptenare neem tydens ‘n spesiale onderhoud. Baanbrekers kan die boeke onderteken en dit aan die stad aanbied. Dieselfde bydrae kan ook aan gevangenisbiblioteke gemaak word.

4. Besoek nie-Adventiste kerke

Baanbrekers kan ander genootskappe in die gebied in volle uniform besoek, en ‘n gepaste boek aan hulle gee, maar moet versigtig wees om nie ander predikante aanstoot te gee of in die verleentheid te stel nie.

Individuele projekte hoef nie deur die hele klub onderneem te word nie. Terwyl sommige projekte geskik is vir deelname van die hele klub, kan groter klubs vind dat deelname deur ‘n eenheid in ‘n verskeidenheidsprogram van projekte goed werk. ‘n Interessante opvolg sou wees om ‘n terugrapportering en besprekingsessie te hou, waar elke eenheid die geleentheid gebied sal word om hulle aktiwiteite en ondervindings met klublede te deel. Nie al hierdie projekte sal gepas wees vir een klub nie. Daar is baie ander projekte wat hier nie genoem word nie. Baanbrekerklubs behoort te werk aan daardie projekte wat geskik is vir hulle gebied en die besondere behoeftes van hulle gemeenskap. ‘n Kalender van gebeure sal aandui watter promosie op ‘n spesifieke tyd onderneem moet word. Die Baanbreker Klashandleiding bevat lyste van diensprojekidees.

SPESIALE BAANBREKER GETUIENISPROJEKTE

1. Die Stem van Junior Jeug Hierdie baie suksesvolle plan span die energie en talente van die junior seuns en meisies in om ‘n volskaalse evangeliepoging aan te bied wat gerig is op junior-ouderdom besoekers wat saam met hulle ouers na evangeliepogings sal kom. ‘n Spesiale boekie wat organisasieplanne, praatjies, visuele hulpmiddels, ens. bevat, kan van die plaaslike konferensie se jeugdepartement verkry word om Baanbrekerklubs te help om sodanige evangelistiese uitreikings te organiseer. Dit is ‘n baie suksesvolle plan om besluite vir doop te verkry, en u sal vind dat die meeste predikante en evangeliste entoesiasties is hieroor. Sommige klubs staan bekend vir die stigting van nuwe gemeentes deur hierdie pogings.

2. Vakansie Bybelskool

Baie Baanbrekerklubs vind dat Vakansie Bybelskole ‘n goeie manier is om hulle geloof te deel. Daar is ‘n aantal items wat die Baanbrekerklub kan doen om met ‘n Vakansie Bybelskool te help. Dit is goed as die Sabbatskool en Baanbrekers saamwerk om ‘n Vakansie Bybelskool te borg. Die Baanbrekers kan die uitnodigings by die huise in die omgewing uitdeel, of indien daar nie geskrewe uitnodigings is nie, kan die Baanbrekers van deur tot deur gaan en andere nooi om na die Vakansie Bybelskool te kom.

Page 151: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

151

Gedurende die Vakansie Bybelskool kan die Baanbrekers help met die verversings. Die ouer Baanbrekers en junior raadgewers kan help met die aanbied van die klasse vir die primêre en kindertuinafdelings. Baie van ons Baanbrekers is baie talentvol in verskeie handwerke. Dit is goed om hierdie talente te gebruik om handwerke te leer. By ‘n Vakansie Bybelskool is daar altyd ‘n behoefte aan hulp met speletjies, en hier kan die Baanbrekers weer help. Graduasie-aand is altyd die hoogtepunt vir elke Vakansie Bybelskool. Op daardie aand kan twee Baanbrekers in volle uniform die kleure opplak, en in die program kan hulle dan vertel wat die Baanbrekers doen en hoeveel hulle die klub geniet. Die meisie behoort te vertel wat die Baanbrekers doen en ‘n oproep doen op ander junior meisies om by die klub aan te sluit; die seun kan vertel waarom hy van Baanbrekers hou en ‘n oproep aan die junior seuns doen. Baanbrekers, netjies aangetrek in hulle uniforms, kan ook gebruik word om op graduasie-aand plekke aan te wys. Die Baanbrekers is ‘n wonderlike opvolg vir enige Vakansie Bybelskool. Laat die Baanbrekers met ‘n raadgewer, na graduasie, die huise van die kinders besoek wat na die Vakansie Bybelskool gekom het. Laat die Baanbrekers die mense ‘n Bybel gee wat hulle gemerk het of ‘n Skrede na Christus. Hele gesinne is al gedoop na so ‘n opvolgprogram.

3. Taksabbatskole, of Storie-uur Baanbrekers kan saam met volwasse raadgewers wat as gidse optree, ‘n sterk Taksabbatskool hou. Hulle kan persoonlike uitnodigings uitdeel aan die jeug in die omgewing waar die Taksabbatskool gehou gaan word. Hulle kan ook help om musiek te voorsien. Daar is gewoonlik een of meer wat kan klavier speel vir die sangdiens, sommige wat instrumente kan bespeel, en sommige wat kan sing. U ouer Baanbrekers en junior raadgewers kan help met die vertel van die stories. Baanbrekerleiers kan ook stories vertel, maar dit is goed om die Baanbrekers ‘n kans te gee om hulle talente te ontwikkel. U Baanbrekers kan dalk selfs help om sommige van die klasse aan te bied. In hierdie geval behoort daar ‘n volwassene te wees om hulle te help met die beplanning van die lesstudie. Diegene wat Baanbrekers as onderwysers gebruik het, het gevind dat hulle baie getrou is en dat hulle met uitstekende illustrasies en demonstrasies voor die dag kan kom.

4. Distrik Skouvertoning (plaaslike of streekskermisse)

Ander jeugorganisasies trek voordeel uit hierdie geleenthede om mense te laat weet wat in hulle organisasies aangaan. Die Baanbrekerorganisasie het die sterkste program van almal, so waarom kan hulle nie die publiek laat weet wat Baanbrekers in hulle klubs doen nie? ‘n Aantal items kan in ‘n Baanbrekerstalletjie verkry word. ‘n Gereelde kamperingstoneel of ‘n toneel wat een of ander Vakhonneurs uitbeeld, is ‘n manier waarop ‘n stalletjie gebou kan word.

5. Marsjering in Plaaslike Parades

Hierdie mag dalk na ‘n vreemde manier klink vir ‘n Baanbrekerklub om sy geloof te deel, maar eintlik is dit ‘n wonderlike manier. Wanneer ons ookal hoor van ‘n optog, probeer ons om reëlings te tref vir soveel van ons klubs as moontlik om daarin te marsjeer. Groot vlae word gemaak met die volgende daaroor geskryf, “Sewendedag-Adventiste Baanbrekers ____________ Baanbrekerklub” Die Baanbrekerklubs marsjeer nie slegs in die parade nie, maar het ook hulle spesiale drilspanne en lieflike vlotte. Hierdie stel mense bekend aan die feit dat Sewendedag-Adventiste ook jeugorganisasies het. As gevolg hiervan was daar al baie jeug wat by die Baanbrekerklub aangesluit het wat andersins nooit van Baanbrekers sou gehoor het nie.

Page 152: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

152

KONFERENSIE GELEENTHEDE AFDELING D

Baanbrekerkermis

Die Baanbrekerkermis is ‘n spesiale dag vir die Baanbrekerklubs van ‘n konferensie of aangeduide gebied. Gewoonlik vind hierdie geleenthede op Sondag plaas en begin om tienuur in die oggend en hou aan tot vier- of vyfuur in die middag. Die klublede word genooi om in uniform te kom, bring stokperdjies en uitstallings, berei verskeie demonstrasies voor, is gereed om in ‘n optog te marsjeer en neem deel in verskeie vaardigheidsgeleenthede. (Vergelyk Baanbrekersaamtrek en -kermis Handleiding vir besonderhede oor geleenthede.) Lede ruil idees uit en kry ‘n gevoel van die getalsterkte van die Baanbrekerbeweging in die gebied. ‘n Ander groot voordeel van hierdie spesiale geleentheid is die geleentheid vir die volwasse leierskap om bekend te raak met ons junior jeug en om die samesyn in diens van ons junior jeug te versterk. Die Baanbrekerkermis, soos die kamp, bied die geleentheid en motivering vir die Baanbrekers om hulle beste te doen en goed voorbereid te wees vir verskillende aktiwiteite. Die jeugdirekteur van die konferensie is in bevel van die hele program en bepaal die items, vlotte, optog, stalletjies, beoordelaars, en plek van die Baanbrekerkermis.

Voorstelle vir Baanbrekerkermisse

1. Tema Die Baanbrekerkermis kan ‘n tema hê. Al die aktiwiteite soos die stalletjies, optog, vlotte, items, ens. sal rondom hierdie tema gebou word.

2. Registrasie

Klubs behoort teen 08:00 te arriveer en by die jeugdirekteure aan te meld vir registrasie en die aanwysing van plekke.

3. Nuwe klubs

Baie nuwe klubs is partykeer mismoedig omdat hulle nie al die toerusting en uniforms het nie. Net om by die kermis te wees, sal hulle baie inspirasie bied en ‘n klomp nuwe idees om terug te neem en by hulle klubs te begin implementeer.

4. Uniforms

Alle Baanbrekers en personeellede kan die geleentheid gebruik om volle uniforms aan te trek vir die openings- en sluitingseremonie. Velduniforms kan gedurende die items gedra word.

5. Toekennings

Klubs wat teenwoordig is, ontvang hulle jaarlikse toekennings gebaseer op die konferensie puntestelsel. Deelnemers in items behoort daarna te streef om ‘n persoonlike standaard te handhaaf en moenie teen mekaar kompeteer nie. Dit behoort moontlik te wees vir alle klubs en alle indiwidue om deel te neem en toekennings te ontvang.

6. Vlae en Vaandeldraers

Klubs behoort hulle klubvlag en vaandeldraers vir elke eenheid te bring. Klubvlag behoort in die optog gedra te word en in die vlagstaander geplant te word tydens items.

7. Voedselstalletjies

Spasie sal voorsien word vir klubs se voedselstalletjies. Klubs sal voedsel en alle nodige toerusting voorsien soos tweeplaatstofies, verlengingskoorde, ens. Voedsel behoort teen redelike pryse beskikbaar te wees, en elke klub behoort behoort die konferensie jeugdirekteur in kennis te stel van die voedsel wat hulle klubs voorberei om te verkoop. (Kerklikdmate van die streek, sowel as plaaslike inwoners word uitgenooi om as toeskouers en verbruikers by te woon.)

Page 153: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

153

8. Optog Die optog is gewoonlik die eerste item van die program en word gevolg deur ander items en aktiwiteite. Die Baanbrekerklubs behoort spesifieke instruksies te hê oor al die formaliteite en bevele wat by die kermis gegee gaan word, insluitende die mars.

9. Klubstalletjies Elke klub kan ‘n klubstalletjie hê en daar die beste vaardighede vertoon. Die beoordelaars sal verskeie dinge in ag neem wanneer hulle die stalletjies beoordeel: Voorkoms van die stalletjie

Voorkoms in sy geheel ten opsigte van toepaslikheid, aantreklikheid, die grondidee, en of dit die algemene tema van die kermis weerspieël. Volwasse leiers kan die Baanbrekers help met die rangskikking en voorbereiding van die stalletjie maar behoort nie alles te doen nie.

Baanbrekeruitstalling in die stalletjie

Hierdie het betrekking op die versamelings, stokperdjies, handwerk, Vakhonneurs, of ander uitstallings wat deur die Baanbrekers gemaak is wat die tema van die stalletjie weerspieël. Hierdie versamelings moet die werk van die Baanbrekers in die klub wees.

Demonstrasies

Hierdie verwys na die werklike werkdemonstrasies deur die Baanbrekers in die stalletjie. Dit behoort betrekking te hê op die tema van die stalletjie, en volwassenes behoort nie ooglopend te wees in die demonstrasies nie.

Idees vir stalletjies

• Kuns en handwerk: leerkuns, skermdruk, tekstielverf, ens. • Huishoudelike kuns: uitstalling van drukpot-gekookte of gebakte voedsel, kleremakery,

naaldwerk

• Meganika: radio, modeltreine • Gesondheid en wetenskap: tuisverpleging, noodhulp, optika • Natuur: skoenlapper en insekte uitstallings, skulpversamelings • Buitemuurse Nywerhede: uitstalling van verskillende soorte heuning, met glasuitstalkaste met

lewendige bye

• Ontspanningsuitstappies: ‘n kamperinguitstalling met iemand wat ‘n kampkombuis inrig • Uitreiking: Verhaalkuns, gebaretaal, avontuur vir Christus

Hierdie is slegs ‘n paar van baie dinge wat gedoen kan word.

10. Beoordeling Hierdie is ‘n belangrike aspek van die kermis. Die jeugleier behoort beoordelaars te kies en hulle met ‘n volledige lys van instruksies te voorsien en met hulle te ontmoet om te besluit hoe om die verskillende aktiwiteite te hanteer.

11. Voorgestelde skedule vir items vir ‘n Baanbrekerkermis 06:00 – 08:00 Opstel van klubstalletjies 08:00 Stalletjie- en vlotregistrasie 09:15 Registrasie van klubs 09:30 Ontmoeting van alle Baanbrekerdirekteure 10:00 Beoordeling van klubstalletjies 11:00 Optog 12:00 Middagete 13:30 Kermisitems* 15:30 Spesiale item 16:00 Aanbieding van toekennings

*Sommige konferensies het hierdie tyd ‘n “markdag” gemaak as ‘n spesiale projek vir fondsinsameling – Baie suksesvol!

Page 154: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

154

Baanbrekersaamtrek

Baanbrekersaamtrekke is die tye wanneer klubs in ‘n distrik of konferensie op ‘n Sabbatmiddag en/of aand bymekaar kom vir samesyn en geestelike inspirasie. Die saamtrek word eenkeer per jaar, gewoonlik in ‘n groot saal, kerk of gehoorsaal gehou. Alle Baanbrekers en leiers behoort in volle uniform te kom en hulle klubvlag saam te bring, om tydens die openingseremonie aangebied te word. Hierdie is ‘n ideale tyd vir ouers, vriende, en kerklidmate om die inspirasie van die Baanbrekers te deel. Klubs behoort na die plek te reis na die normale kerkdienste afgehandel is. In afgesonderde landelike gebiede kan daar egter op Vrydagmiddag gereis word en die gasheerkerk kan akkommodasie aan die klubs voorsien. Die saamtrek word deur die Baanbrekerkoördineerder georganiseer, wat saam met die konferensie jeugdirekteur werk om planne vir die gebeurtenis te maak. Die konferensie jeugdirekteur behoort teenwoordig te wees, en wanneer moontlik behoort die unie of divisie jeugdirekteure as gaste uitgenooi te word.

Voorgestelde Program vir ‘n Saamtrek

1. Voorbereiding Alle klubs behoort voor die tyd in kennis gestel te word van die datum, plek, en tyd van die saamtrek. Gewoonlik begin die program om 15:00 op Sabbatmiddag.

2. By aankoms Klubs sal buitekant die saal bymekaar kom – verkieslik in ‘n park daar naby – op aanwysings van die distrikdirekteur. Die klubs sal dan in die saal inmarsjeer en hulle posisies in die aangeduide plekke inneem. Die klubvlagdraer behoort naby aan die gang te sit sodat hy/sy gereed kan wees vir die vlagseremonie.

3. Die openingseremonie Die amptelike persone behoort op die verhoog te wees wanneer die klubs inkom. Die nasionale en konferensievlae behoort in posisie te wees. Die areakoördineerder (Optogaanvoerder) sluit by die persone op die verhoog aan en oorhandig die klubs aan die konferensie jeugdirekteur. Op bevel van die jeugdirekteur, marsjeer die klubvlagdraers na die voorkant van die verhoog, en draai dan om (kyk na die gehoor). Op hierdie tydstip sing die Baanbrekers die Baanbrekerlied, en herhaal die Gelofte en Wet, en ‘n gebed word gedoen. Vlagdraers draai dan om en plaas die vlae in houers aan beide kante van die verhoog – op vloerhoogte.

4. Sang en musiek Na die amptelike verwelkoming, sing almal saam. Baanbreker musikante kan aangemoedig word om ‘n jeugorkes as agtergrond te voorsien. Die gebruik van ‘n oorhoofse projektor help die sangdiensleier in voorsiening van die woorde vir liedere.

5. Ontmoet die klubs Hierdie segment voorsien ‘n geleentheid om die klubs wat teenwoordig is, te leer ken. Elke klubdirekteur word na die verhoog geroep en kondig die aantal Baanbrekers van sy klub wat teenwoordig is, aan. Ander interessante inligting kan gedeel word, bv. spesiale diensprojekte, getuienis wat deur klubs gedoen word, ‘n persoon wat bywoon as gevolg van getuienis; ‘n Baanbreker wat volgens die klubideale geleef het en ‘n spesiale gemeenskapserkenning vir ‘n heldedaad ontvang het, ens.

6. Bybel Rolbal Verwys na die Baanbreker Bybelrolbal Handleiding vir besonderhede.

7. Onderhoude en items Nou kom ons by ‘n baie spesiale tyd, ‘n geleentheid vir die jeugdirekteur om met Baanbrekers ‘n onderhoud te voer (jongste, die wat in die vorige jaar gedoop is, junior raadgewers, ens.) oor die geestelike waarde van Baanbrekers vir hulle. Hierdie kan ook ‘n tyd wees wanneer Baanbrekers besluite kan maak om hulle lewens aan Jesus Christus te wy. Hierdie kort onderhoude kan afgewissel word met gewyde items van individuele of klein groepies Baanbrekers.

Page 155: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

155

8. Storie Die middagprogram bereik ‘n klimaks met ‘n storie waarin sommige van die ideale van Baanbrekers voorgehou kan word. Dit kan ook saamval met Sabbatsluiting.

9. Gesamentlike Aandete Op sommige geleenthede sal die saamtrek tot in die aand aanhou. Indien wel, kan klubs aangemoedig word om kos vir ‘n gesamentlike aandete saam te bring en kan hulle in klubs of as ‘n groot groep saam eet. Hierdie maaltyd behoort op ‘n ordelike manier aangebied te word.

10. Klubverslae Miskien kan die werklike hoogtepunt van ‘n saamtrekprogram die klubverslae wees. Elke klub behoort voorbereid te kom om ‘n tien-tot-vyftien minute verslag van die klubaktiwiteite te gee. Hierdie verslae behoort op ‘n kreatiewe manier aangebied te word en musiek, sowel as skyfies, video’s, oudio-visuele materiaal, of toneeltjies in te sluit.

11. Konferensiepromosie Na die klubverslae kan die konferensie jeugdirekteur en die areakoördineerder ‘n verslag lewer van een of ander uitstaande gebeurtenis in die gebied, bv. saamtrek of kermisskyfies, of komende gebeure promoveer.

12. Afsluitingseremonie Die saamtrek sluit af met die afsluitingseremonie. Klubvlagdraers kry weer hulle vlae en bied dit aan vir die slotgebed. Klubs verdaag dan.

Baanbrekerkamp Die Baanbrekerkamp is ‘n geleentheid wanneer klubs van ‘n hele konferensie of gegewe distrik vir ‘n periode van twee of meer dae bymekaar kom vir samesyn, inspirasie, en vir die uitruil van idees en ondervindings in kampeervaardighede en ander aktiwiteite van junior jeugbedieninge. Elke klub behoort volledige toerusting te hê om oor die aangewese periode vir hulleself te sorg – tent, slaaptoerusting, kookgereedskap, voedsel en ander toerusting wat hulle benodig. Dit is die hoogtepunt van die opleiding wat lei na die punt waar ‘n klub in staat is om onafhanklik te funksioneer. Die gebied vir ‘n kamp behoort oop grond te wees met toegang tot water en ten minste die moontlikheid van sanitêre fasiliteite en vullisverwydering wat so vinnig moontlik deur die kampers opgestel kan word. Die klubs behoort alles saam te bring wat hulle nodig sal hê en ‘n stuk grond moet aan hulle toegewys word waarop hulle hulle kamptoerusting kan neersit. Demonstrasies van vuurmaak, kook, seinwerk, noodhulp, knope bind, marsjeer en dril kan geniet word. Goeie kampvuursamesyn sal ‘n hoogtepunt wees en godsdienstige dienste sal die groep in ‘n geestelike vorm saambind. Hierdie is waarskynlik die hoogtepunt van die Baanbrekeraktiwiteite. Dit behoort die doel van elke klub te wees om voorbereid te wees om in ‘n Baanbrekerkamp deel te neem. Die jeugdirekteur van die konferensie is verantwoordelik vir die organisering van ‘n kamp en bepaal die items, plek en aktiwiteite. Instruksies sal van sy kantoor kom oor die plek, items en wat die klubs kan verwag om te doen ten einde in die program deel te neem. Elke kamp behoort ‘n tema te hê, en alle aktiwiteite behoort rondom hierdie tema gebou te word sodat elke Baanbreker die geestelike lesse van die Bybel, van die natuur en die geskiedenis van die kerk sal onthou. ‘n Baanbrekerklub behoort sy program te bou met die items en vaardighede in gedagte wat nodig sal wees om aan ‘n Baanbrekerkamp deel te neem. Onder die hoogtepunte van die kamp is die items. Elke Baanbreker wil sy beste doen vir die klub. Kompetisie behoort teen ‘n persoonlike standaard te wees en nie tussen klubs nie. Om ‘n gevoel van deelname te verkry waar elkeen daarna streef om ‘n standaard te bereik in plaas van teen ‘n mede Baanbreker of ‘n ander klub, sal die opstel van sodanige persoonlike standaarde situasies vermy waar slegs een klub die eerste plek kan inneem. Dit laat die moontlikheid toe vir verskeie persone of klubs om te presteer vir watter toekenning ookal deur die konferensie gegee word. Items behoort nie die klas- en Vakhonneurwerk in die klubs se weeklikse programme vooruit te loop nie. In die meeste gevalle word die kamp oor ‘n naweek gehou. Waar moontlik, behoort klubs voor Sabbat kamp op te slaan en betyds op te hou sodat hulle veilig kan terugkeer huistoe.

Page 156: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

156

‘n Baanbrekerkamp voorsien:

• ‘n Tyd vir kampering, kook en uitslaap in die lieflike buitelug. • ‘n Tyd vir pret, avontuur en ontdekking. • ‘n Tyd vir staptoere en natuuruitstappies in God se natuurlike wêreld. • ‘n Tyd om vaardighede aan te leer en die opwinding van werk, speel en samesyn. • ‘n Tyd om nader aan God, die Groot Skepper van alles wat ons omring, te kom.

Kampvereistes Deur die vereistes vir kampbywoning deur middel van ‘n spesiale Kampnuusbrief, lank voor die tyd uit te stuur, skakel organisatoriese probleme uit. Die volgende is ‘n tipiese stel gedetailleerde instruksies en vereistes. Dit mag aangepas word om elke kampomgewing te pas.

Kluborganisasie Vereistes

1. In die meeste gevalle word ‘n registrasiefooi vir elke Baanbreker en personeellid gehef om te help om die uitgawes vir die huur van die kamp met sy fasiliteite te dek, asook ‘n gedeelte van die programuitgawes.

2. Alle Baanbrekers moet in eenhede volgens klubs kampeer. 3. Elke eenheid moet een volwasse raadgewer hê. 4. ‘n Volledige eenheid behoort uit nie meer as agt Baanbrekers te bestaan. 5. Eenhede moet uit een geslag bestaan, sonder om die twee geslagte te meng. Die mans- en

damestente moet ook geskei word. 6. Elke eenheid moet aan ‘n aktiewe klub behoort wat vanaf die begin van die huidige jaar aktief

was. (Afgesonderde Baanbrekers kan vir die kamp by ‘n klub ingelyf word of in ‘n konferensie-/sendingeenheid georganiseer word.)

7. Elke klub is selfonderhoudend. Dit beteken dat elke klub sy eie voedsel, kooktoerusting, beddegoed, tente, tafels en alles wat vir die kamp benodig word, sal hê. Karavane word slegs vir personeel en vir die kookgeriewe toegelaat.

8. Voedselvoorbereiding kan deur eenhede of klubs gedoen word. 9. Die kampreëlings word deur die klubs gedoen. Elke klub is verantwoordelik vir sy eie reëlings

van jeug om in aparte afdelings te kampeer. 10. ‘n Raadgewer moet volle verantwoordelikheid aanvaar vir die Baanbrekers in sy of haar

eenheid en behoort te alle tye by hulle te wees. 11. Dit is die verantwoordelikheid van die jeugdirekteur om gedetailleerde instruksies en

kamparea-opdragte aan die klubs te voorsien wanneer hulle by die kamp arriveer. 12. Die kampeerareas moet geïnspekteer word. Tente en alle toerusting moet in ‘n netjiese en

bevredigende manier opgestel word. 13. Elke klub behoort deur ongeluksversekering gedek te wees sodat elke Baanbreker en

personeellid gedek word. 14. Klubs behoort hulle Baanbreker- en nasionale vlae saam te bring. 15. Die klubs is verantwoordelik vir die vervoer na en vanaf die kampeerplek. Uiterste

versigtigheid moet aan die dag gelê word met die keuse van bestuurders wat volwasse en verantwoordelik is. Toerusting behoort in ‘n goeie toestand te wees en daar moet gewaak word dat voertuie nie oorlaai word nie. Alle voertuie en Baanbrekers behoort deur voldoende versekering gedek te wees.

16. Klubs behoort nie troeteldiere of diere, motorfietse, ens. na die kamp te bring nie. 17. Elke klub behoort ‘n persoon te hê wat in beheer van die mediese behoeftes en noodhulp is.

(Kamphoofkwartiere het ook mediese personeel vir ernstige behoeftes.)

Vereistes vir Elke Eenheid 1. Bring eenheidsvaandeldraer. 2. Bring een graaf. 3. Bring een byl en twee handbyle (opsioneel). 4. Voorsien voldoende skuiling vir elke Baanbreker – kan enige soort tent wees. 5. Berei ‘n behoorlike vuurmaakplek voor vir eenheid om te kook:

a. Tipes vuur b. Gasstoof

Page 157: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

157

c. Lampoliestofie 6. Brandblusser. 7. Noodhulptoerusting. 8. Voorsien ‘n tafel wat deur die Baanbrekers gevleg en gemaak is (Opsioneel). 9. Voorsien ‘n voldoende voorraad voedsel vir die hele eenheid. Voedsel behoort beplan en

voorberei te word om goed-gebalanseerde maaltye te voorsien. Geen vleis behoort by kampe toegelaat te word nie. Maaltye behoort deur eenheidgroepe of klub gekook te word. Raadgewer van die eenheid behoort raad te gee en vroegtydig met eenheidgroepe te beplan oor presies hoe hulle die voedsel wil voorberei en kook. Baanbrekers behoort definitiewe verantwoordelikhede te ontvang en binne die tydskedule vir maaltye en kamppligte gehou te word.

Invidivuele Baanbrekervereistes 1. Moet ‘n Baanbreker in goeie stand en ‘n gereelde lid van ‘n Baanbrekerklub wees vir ten

minste drie maande. 2. Moet ‘n volledige uniform besit, insluitende alle kentekens wat gepas geplaas is. 3. Moet deel van ‘n volle eenheid wees. 4. Moet ‘n bevredigende standaard van werk en gedrag by die huis, skool, Sabbatskool en

Baanbrekerklub openbaar. Hierdie moet behoorlik deur ouers, onderwysers, Sabbatskoolonderwyser en Baanbrekerraadgewer gesertifiseer word.

5. Daar sal geleenthede wees wanneer meisies Baanbreker velduniforms of langbroeke mag dra. Kortbroeke behoort nie toegelaat te word nie.

6. Gepaste warm slaapgoed hê. 7. Bring ‘n sakmes. 8. Bring ‘n flits. 9. Sluit Bybel en Sabbatskoolboekie in. 10. Bring toiletware, insluitende toiletpapier, waslap, handdoek, kam, tandeborsel en tandepasta. 11. Bring genoeg onderklere en jasse ooreenkomstig die plaaslike klimaat, soos ‘n reënjas,

reënhoed, rubberstewels en stewels. 12. Bring eetgerei soos mes, vurk, lepel, beker, bord. 13. Sluit ‘n plastiese grondseil in vir slaapsak.

Addisionele Belangrike Kampeeritems Vure

1. Vure (waar van toepassing) behoort slegs in kampeerterreine gemaak te word. 2. Daar moet toegesien word dat Baanbrekers vuurhoutjies slegs by die kampvuurplek

aansteek. 3. ‘n Drie meter sirkel behoort tot op die grond skoongemaak te word voordat ‘n vuur gemaak

word. 4. Alle vullis moet verbrand of in vullisblikke gegooi word. 5. Alle vure moet geblus word voordat die kampeerterrein verlaat word.

Natuurbewaring

1. Baanbrekers behoort die kamp agter te laat sonder enige teken dat hulle daar gebly het. 2. Die volgende word aanbeveel om ontslae te raak van vullis:

a. Kies ‘n geskikte plek ten minste 30 meter weg van oop water. b. Graaf ‘n gat van 20-30cm in omtrek en nie meer as 4-5 cm diep, om binne die biologiese

verwyderingslaag van grond te bly. Hou die grond eenkant. c. Nadat dit gebruik is, vul die gat met los grond en trap die grond vas. Die natuur sal die

res binne ‘n paar dae doen. 3. Baanbrekerklubdirekteure behoort oorweging te skenk aan hoe die hout voorsien word, en

Baanbrekers instruksies gee om nie bome en kampeerares te vernietig nie. 4. Alle Baanbrekers behoort instruksies te ontvang oor omgewingsbewaring en ekologie. Die

Vakhonneurs op hierdie gebied word aanbeveel.

Page 158: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

158

Sabbatonderhouding 1. Leiers behoort bewus te wees dat die jongmense na hulle sal kyk en sal probeer om elke

woord en daad na te maak. Hulle moenie die jongmense lei om die Sabbat deur daad, woord of voorbeeld te ontheilig nie.

2. Daar moet veral gesorg word vir die begin en einde van die Sabbature, wat vir die Here baie belangrik is. Laat ons beide met ons lewens bewaak. Voordat die son ondergaan, behoort al die tente opgeslaan te wees en alles vir Sabbat gereed te wees.

3. Gedurende die Sabbature moet daar gekyk word dat die jongmense nie klippe en messe rondgooi, sekulêre liedjies sing, sekere speletjies speel wat nie gepas is nie, ens. Beheer op hierdie gebied is makliker indien die skedule vol ander aktiwiteite is.

4. Aktiwiteite behoort beplan te word om Vrydagaandkampvuur, Sabbatskool, kerkdiens, namiddagprogram, asook Saterdagaandkampvuur, in te sluit. Die program kan afgewissel word om die jongmense aan die natuur bloot te stel.

5. Die klub en eenhede behoort vrye tyd te beplan – Sabbatopening op Vrydagaand en Sabbatsluiting op Saterdagaand, Sabbatmiddag klubaktiwiteite soos ‘n natuurwandeling, storietyd, of ‘n ander interessante Sabbataktiwiteit. ‘n Spesiale poging moet aangewend word om die Sabbat die hoogtepunt van die kamp te maak deur kreatiewe aanbiddingsidees te gebruik.

6. Alle Baanbrekers en personeellede behoort aangemoedig te word om deel te neem aan alle byeenkomste en aktiwiteite.

7. Raadgewers moet tydens alle byeenkomste en aktiwiteite by hulle eenhede wees.

Page 159: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

159

VOORGESTELDE KAMPUITLEG

Hierdie is slegs voorgestelde maniere om u kamp netjies en eenvormig te laat lyk. Gebruik u eie plan, maar laat dit netjies lyk.

Page 160: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

160

Baanbrekerdag

Doel Elke jaar wys die Wêreldkonferensie ‘n Sabbat as Baanbrekerdag aan, wat in alle Sewendedag-Adventistekerke gehou moet word met die volgende doelstellings:

1. Gee amptelike erkenning en aanmoediging aan die Baanbrekerklub in die plaaslike kerk.

2. Stel die gemeente bekend met die moontlikhede wat deur die Baanbrekerklub gebied word in die ontwikkeling van ons junior jeug.

3. Moedig groter samewerking en ondersteuning deur die gemeente vir die plaaslike Baanbrekerklub aan.

4. Werf bykomende Baanbrekerpersoneellede.

5. Gee die Baanbrekerklublede ‘n groter gevoel dat hulle aan die kerk behoort deur hulle aktiewe deelname in die aanbiddingsuur.

6. Gee ‘n geleentheid vir die kerk om meer finansiële bystand vir die klub te verleen deur ‘n spesiale Baanbrekerkluboffergawe gedurende die aanbiddingsuur. Deur die stem van die plaaslike kerkraad kan die kerkoffergawe op hierdie dag aan die plaaslike Baanbrekerklub toegewys word.

Beplanning van die Program Om toe te laat dat Baanbrekerdag aan die bogenoemde doelstellings voldoen, is die beplanning van die program in elke besonderheid ‘n moet. Hier is ‘n paar wenke en idees om die program te verbeter.

1. Die meeste predikante is langtermynbeplanners. Reël voor die tyd met die predikant vir ‘n Baanbrekerdag.

2. Bespreek Baanbrekerdag met die klubpersoneel en besluit op die beste program. Werk

saam as ‘n span.

3. Lê die program aan die predikant voor met ‘n volledige uiteensetting. Vra sy voorstelle en samewerking.

4. Doen aansoek by die kerkraad dat die Baanbrekers die offergawe kan ontvang en die

offergawe kan opneem.

5. Stel die ouers, kerklidmate en die kerk se kommunikasiesekretaresse in kennis.

6. Begin die deelnemers, kleurwag en sprekers oefen. Onthou, die Baanbrekerklub is op parade.

7. Die meeste kerklidmate ken nie die Baanbrekerlied, Gelofte en Wet nie. Sluit dus ‘n gedrukte afskrif hiervan in u kerkbulletin in.

8. Dui in die bulletin aan waar die gemeente moet staan. Kondig ook gedurende die aankondigingstyd af indien daar enige veranderinge gemaak moet word in die volgorde van die diens.

9. Die program behoort vinnig te loop – nie uitgerek te word nie. Terwyl die volgende deel van

die program aangekondig word, moet die deelnemers al vorentoe beweeg.

Page 161: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

161

10. Oefen ten minste eenkeer hoe om in te marsjeer, plekke in te neem, geloftes voor te dra, kleure op te plak, en uit te marsjeer.

11. Die plekke waar groepe of indiwidue moet staan, behoort met maskeerband of kryt gemerk te

word.

12. Die “behoeftes van ons klub” afdeling moet spesifiek wees. Sê vir die gemeente presies wat die klub in fondse benodig. ‘n Rand per persoon sal die klub toelaat om dit of dat te doen. ‘n Veldtog kan geloods word vir ‘n klaskamer, hoofkwartiere vir die klub, tente vir kampering, ens.

13. Leiers behoort vertroue in die aanbieding van die program te hê. Verskonings onthul gebrek aan voorbereiding.

14. Nooi ‘n goeie spreker om die boodskap aan te bied. Die plaaslike konferensie jeugdirekteur sal in sy skik wees om uitgenooi te word. Hy skeduleer waarskynlik afsprake maande voor die tyd en daarom moet hy minstens ses maande of ‘n jaar voor die tyd uitgenooi word. Dit mag nodig wees om Baanbrekerdag op ‘n ander Sabbat te hou. Werk nou saam met u predikant oor hierdie deel van die program. Dit sal nog beter wees indien u klub ‘n kinderprediker het, gebruik hom/haar, en indien nie, nooi een van ‘n naburige klub.

Op die volgende bladsye is ‘n aantal gedetailleerde programme uiteengesit, waarvan een vir u kerk geskik sal wees. Sukses word gewaarborg indien instruksies noukeurig gevolg word.

Page 162: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

162

BAANBREKERDAG KERKDIENS NO. 1* Voorspel Predikante kom binne Stil gebed ** Lofsang ** Gebed ** Aanbieding van Kleure Baanbrekers marsjeer in en neem plekke in Gelofte en Wet Hang vlae op Erewag gaan terug na sitplekke Gemeente en Baanbrekers gaan sit Skriftuurlesing: 1 Timotheus 4:12 Lied nommer 109: “Onder Sy Vleuels” Gemeentelike gebed Offergawe Spesiale musiek Baanbrekerverslag – Baanbrekerklubdirekteur Preek deur leraar, kinderprediker of gasspreker Lied nommer 224 “Ek Kan Orals Veilig Saam Met Jesus Gaan” Seëngebed Orrelspel ** Gemeente staan *Volwasse Sabbatskool kan ook deur Baanbrekers aangebied word.

Page 163: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

163

BAANBREKERDAG KERKDIENS NO. 2 Voorspel Persoonlike Bedieninge periode Baanbreker sendingondervindings Intrede Predikante, direkteure, baanbrekers (groep op verhoog kniel) Koor Lofsang Gebed Baanbreker Aanbieding van Kleure Kleurewag Verwelkoming Predikant Skriftuurlesing: 1 Timotheus 4:12 Baanbreker Lied nommer 109 “Onder Sy Vleuels” Gebed Twee Baanbrekers Baanbrekerlied Baanbrekers Baanbrekergebeurtenisse Tiener Baanbrekers Gelofte en Wet Baanbrekerkoor Lied of Instrumentele Item Baanbrekers Baanbrekerdoelstellings Klubdirekteur Offergawe Preek Predikant, kinderprediker, of gasspreker Lied nommer 224 “Ek Kan Orals Veilig Saam Met Jesus Gaan” Seëngebed Uittrede Predikante en direkteure Kleurewag Personeel Baanbrekereenhede en raadgewers Gemeente

Page 164: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

164

BAANBREKERDAG KERKDIENS NO. 3 Voorspel Persoonlike Bedieninge Periode Predikant en verhoogpersoneel kom binne *Prosessie: “The Captain Calls For You” Orrel, Klavier en Trompette Marsjeervolgorde: Kleurewag Direkteure Personeel Baanbrekereenhede *Gelofe van getrouheid aan Bybel en vlag *Vlae en vaandeldraers in plek gesit *Gebed Verwelkoming (Stel Baanbrekerklubdirekteur voor) Predikant Skriftuur: 1 Timotheus 4:12 Baanbreker Baanbrekerlied Baanbrekers en Gemeente Gebed Spesiale musiek Baanbrekerkoor “Baanbreker Gebeure” (verslag) Tiener Baanbreker Gelofte Baanbreker “Wat Baanbrekers vir my Beteken” Baanbreker Wet Baanbreker “Waarom Ek ‘n Baanbreker is” Baanbreker Doelstellings en behoeftes van klub Klubdirekteur, Raadgewer of Tiener Baanbreker Offergawe Spesiale musiek Baanbrekers Preek Predikant, direkteur, gasspreker of kinderprediker Lied nommer 109 “Onder Sy Vleuels” Seëngebed Uittrede “Voorwaarts Christen Stryders” Orrel en Klavier Marsjeervolgorde: Predikante en direkteure Kleurewag Personeel Baanbrekereenhede en raadgewers Gemeente *Gemeente staan

Page 165: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

165

BAANBREKERDAG KERKDIENS NO. 4 Voorspel Predikante en verhoogpersoneel kom binne Lofsang en gebed Prosessie: “Voorwaarts Christen Stryders” (Baanbrekers marsjeer in gelei deur die nasionale en Baanbrekervlae. Kleurewag gaan sit op die vloer voor die preekstoel. Almal staan wanneer die vlae binnekom en bly staan totdat die vlae op die verhoog geplant is.) Baanbrekerlied Baanbrekers Gelofte en Wet Gelei deur ‘n Baanbreker Plant van vlae Skriftuurlesing: Spreuke 22:6 Baanbreker Efesiërs 6:1-4 Gebed Baanbreker Verwelkoming en Direkteur se verslag Baanbrekerklubdirekteur doen verslag oor die jaar se aktiwiteite, doelstellings vir nuwe jaar en oorhandig enige erkennings en toekennings Spesiale musiek Baanbrekers “Waarom Is Ek ‘n Baanbreker” Baanbreker “Hoe het dit alles begin?”* Direkteur en ses Baanbrekers Offergawe Tiener Baanbreker (Baanbrekers) Spesiale musiek Baanbreker of Baanbrekers Kort preek Direkteur, gasspreker, kinderprediker Lied nommer 460 “Jesus, Vriend van Kinderhartjies” Seëngebed Baanbreker Orrelspel *Die geskiedenis van Baanbrekers kan op die internet gevind word by: youth.gc.adventist.org

Page 166: BAANBREKER ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING · gees van vertroue en optimisme ten opsigte van die opbouing van die koninkryk van God op die aarde. 2. Opreg lief wees vir jeug. Die enigste

166

ANDER KONFERENSIE-GEBORGDE GELEENTHEDE Baie konferensies borg geleenthede wat spesiaal gemik is op spesifieke ouderdomsgroepe van Baanbrekers of spesifieke belangegroepe. Gewoonlik ontvang klubs deelnamepunte indien hulle deur die gegewe partye verteenwoordig is, maar hoef nie almal teenwoordig te wees nie. Voorbeelde van ouderdomsgerigte aktiwiteite wat gewoonlik op tieners gemik is, sluit ‘n Tiener Vlotvaarding Uitstappie, Tiener Sendinguitstappie, Tiener Ski/Waterkamp, gespesialiseerde avontuuruitstappies, ens. in. Tiener Sendinguitstappies het veral in die afgelope jare baie gewild geraak met spesiale projekte wat gekies word binne ‘n konferensie se gebied, ‘n ander deel van die land, of selfs ‘n ander land. Projekte sluit die volgende in: verfraaiing, noodleniging en herstel, weeshuisbedieninge, gesondheids-verwante bedieninge, bouprojekte, ens. Voorbeelde van geleenthede vir spesifieke belangstellings kan die volgende insluit: Besoek aan voëlpark om voëls dop te hou, rekenaaruitstallings, musiekkampe, naweke om grotte te besoek, Noodhulp- en Reddingsnaweke, en nog vele meer. Dikwels ontwikkel individuele Baanbrekers gespesialiseerde belangstelilngs wat die res van die klub nie insluit nie of waarvoor die klub nie gekwalifiseerde personeel het om dit te lei nie. Die konferensie kan, deur hulpbronne uit ‘n breër area saam te voeg, geleenthede vir hierdie Baanbrekers voorsien om hulle vaardighede uit te brei deur deelname aan spesiale geleenthede soos hierdie. Gewoonlik is dit net nodig om ‘n belangstelling in die onderwerp te hê en ‘n volwasse raadgewer vir elke 4-6 deelnemers wat uit een of meer klubs getrek word om vir bywoning hiervan te kwalifiseer.