bosbedinges! - vrystaat kunstefees · ek mis nooit ’n produksie van il-ne fourie nie. sy sê...

8
Callie Human Saal: Stalletjie 10 X1UJJPLW-VB120718 Huis Koos, UV-kampus [email protected] 083 269 5343 #kunstefees Minimum: 6°C Maksimum: 20 °C Donderdag 12 Julie 2018 Gratis B o s b e d i n g e s ! Craig Morris as Johnny Boskak in die stuk Johnny Boskak Is Feeling Funny. Lees meer op bl. 2. Foto: CONRAD BORNMAN Wen lekker pryse met jou selfie op fees 7 Afrikaans moet bly dans op VS-fees 3 Jak sing 13 nuwes en gewilde oues 6 Afrikaans moet bly dans op VS-fees 3 Planetarium: Fees uit ’n ander wêreld! 4

Upload: others

Post on 17-Jan-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Bosbedinges! - Vrystaat Kunstefees · ek mis nooit ’n produksie van Il-ne Fourie nie. Sy sê altyd presies wat mens voel.” Volgens dr. Ricardo Peach, di-rekteur van die Vrystaat

Callie Human Saal: Stalletjie 10

X1UJJPLW-VB120718

Huis Koos,UV-kampus [email protected] 083 269 5343 #kunstefeesMinimum: 6°C

Maksimum: 20 °C

Donderdag 12 Julie 2018 Gratis

Bosbedinges!

Craig Morris as Johnny Boskak in die stuk Johnny Boskak Is Feeling Funny. Lees meer op bl. 2. Foto: CONRAD BORNMAN

Wen lekker pryse met jou selfie op fees7

Afrikaans moet bly dans op VS-fees 3

Jak sing 13 nuwes en gewilde oues 6

Afrikaans moet bly dans op VS-fees 3

Planetarium:Fees uit ’n ander wêreld! 4

Page 2: Bosbedinges! - Vrystaat Kunstefees · ek mis nooit ’n produksie van Il-ne Fourie nie. Sy sê altyd presies wat mens voel.” Volgens dr. Ricardo Peach, di-rekteur van die Vrystaat

2 SpesialeProjekte Donderdag 12 Julie 2018

Die Universiteit van die Vrystaat -Inspireer uitnemendheid. Verander lewens.

X1UPRE0W-VB120718

RedakteurCharles Smith

VerslaggewersCheréne Pienaar

Ruan BruwerIzelle van Tonder

Anja van der Merwe Sharlene AgenbagTheuns du Buisson

FotograafConrad Bornman

Mlungisi Louw

ProduksieDirk Kok

Maricelle Botha

AdvertensiesRouxnette McKeating

0514047600

Die span

Charles Smith

“Dis ’n epic rock and roll poem. Dis Natural Born Kil-lers mixed with Bonnie & Cly-de.”

Só beskryf die akteur Graig Morris sy stuk Johnny Boskak is feeling funny op die Vrystaatse Kunstefees.

“Uiteindelik gaan dit oor baie wit mans wat in die weermag was. Hulle het opgefok daaruit gekom, op-gefok, en hulle struggle om weer in die gemeen-skap aan te pas. Dis die tipiese post traumatiese

stres -vibe. Die land het aan-beweeg. Dinge het veran-der.

“Jy het teruggekom van ’n oorlog wat jy vir jou land geveg het. Maar daardie land bestaan nie meer nie. Dit is daardie soeke na identiteit, maar vir hom is dit ook ’n soe-ke na verlossing. Hy pro-beer vergifnis kry vir wat hy gedoen het. Dit is al daardie goed, Dis epic stuff,” vertel Morris.

Johnny Boskak is ’n lang psigideliese trip in die vorm van ’n epiese gedig na die diep, donkertes van die hel deur ’n oudsoldaat. Hy gooi duim met sy balsak en langs die pad is hy in ’n ewige stryd met die duiwel en God –

en ’n vrou genaamd Eve.Sy reis neem hom uit Dur-

ban en deur Estcourt en “tus-sen Nooitfontein en Niemands-land” begin die wiele afkom, by wyse van spreke.

Are there escorts in EstcourtAnd if I catch a lift into Est-

courtAnd the cops catch me loo-

king for escorts in EscourtWat would they doEscort met out of Estcourt?So a figure naught, it’s time

to jeet . . .Johnny Boskak is ’n klein

karakter uit Greig Coetzee se trefferstuk White men with weapons, wat ook die tragiese aanpassingsprobleme van ’n soldaat ondersoek.

Morris sê die stuk is “’n bie -tjie van ’n spinoff” van White men with weapons. Coetzee, wat die stuk in 2004 geskryf het, wou hê Morris moet dit opvoer.

“My vrou, Rosslyn Wood Morris, het stuk geregisseer. In 2010 het ek vir haar gesê Greig wil hê ek moet dit doen. Sy het gesê dit is reg, maar jy is nog nie gereed hiervoor nie. Elke jaar vra ek haar, maar sy sê elke keer nee, ek is nog nie goed genoeg en oud genoeg nie. Uiteindelik aan die begin van 2015 het sy gesê ek is gereed daarvoor.”

Hoekom het sy gedink jy is nog nie gereed nie?

“Die karakter verlang ’n se-kere vlak van gevestigtheid, ’n sekere vlak van beheer. Die stuk, skryfwerk, is so presies dat die fisiese deel daarmee moet kers vas-hou. Dit sal ’n groot on-diens aan die genial skryfwerk van Greig wees om nie as akteur aan die vereistes van die stuk te voldoen nie. Ek is ’n baie fi-siese akteur. Wat jy hier sien is ’n baie beheerde verto-ning en ’n chirur-giese vertelling van die sto-rie.”

Johnny en sy balsak is ’n lo-pende tydbom. Die oorlog speel in sy kop af. Donker rock spoel oor die ver-hoog. Eve is die doodsengel wat hom aan-moedig om sy donker begeertes op haar lyf uit te leef.

“She says I like your face, I let you see my lace. If you be my Jesus . . .”

Johnny Boskak is fee-ling funny is Woensdag die laaste keer opgevoer.

Craig Morris in die stuk Johnny Boskak is feeling funny.

Foto’s: CONRAD BORNMAN

Johnny Boskak baklei Johnny Boskak baklei die oorlog in sy kopdie oorlog in sy kop

Hy wil vergifnis kry vir wat hy gedoen het

Anja van der Merwe

Hier in die hartjie van die Vrystaat is die winterlug kóúd, maar die kunste laat die hart wárm klop. Die kunste én ’n lekker warm pannekoek en koppie boeretroos met musiek in die agtergrond. Of dit nou klinkende simbale is of die blye galme van stemme en klawers. Sonder musiek is ons niks nie . . .

Die oeroue kuns van musiek is vir baie musikante meer as net ’n beroep. Dis ’n leefstyl. Dis ’n integrale deel van hul lewe. Die bloed wat deur die are vloei en die asem wat lewe gee.

Musiek het hom gekies en nié andersom nie, het die pia-nis Charl du Plessis eenkeer gesê.

Die musiekuitvoering is ’n magiese voorstelling van die musiekmaker se werklikheid. Van sy of haar pyn, haat, lief-de of geluk.

Dit neem jou as anonieme mens in die gehoor op ’n reis waarop jy jou oë kan toemaak en jouself kan oorgee aan die swaartekrag.

Dit is note en lirieke en woordkuns.

Jaarliks bring die woordto-wenaars van musiek (of woor-denaars, as jy wil) hul kuns na ons op die Vrystaat Kun-

stefees.Legendes

soos die Liedjie-boer, An-ton Goo-sen, Mystic Boer, Vali-ant Swart, en Koos Kombuis het diep spore hier getrap. En jonger generasies geïnspireer, soos die jong Danie du Toit van Spoegwolf.

Die generasies kunstenaars wat al op hierdie feesterrein gestap en hul passie op die verhoog uitgeleef het, maak

die fees ekstra spesiaal. Talent kom. Talent gaan. Die kunste bly.

Maar ons het nog ’n rukkie tyd om saam te vier op van-jaar se fees!

’N POT VOL STRONK

Sonder die mooi van musiekis ons net mooi niks nie

Page 3: Bosbedinges! - Vrystaat Kunstefees · ek mis nooit ’n produksie van Il-ne Fourie nie. Sy sê altyd presies wat mens voel.” Volgens dr. Ricardo Peach, di-rekteur van die Vrystaat

3Donderdag 12 Julie 2018 SpesialeProjekte

GEENKEY-VB110718

Izelle van Tonder

Hoewel die Vrystaat Kunstefees seker nie die grootste of oudste fees in die land is nie, is dit be-slis die fees met die grootste hart, veral vir mense en vir Afri-kaans.

Feesgangers met wie Stronk gesels het oor hul belewenis van die fees, is dit eens dat dié fees om verskeie redes uniek is. Ver-al die hartlike, warm atmosfeer en gees op dié winterfees word uitgesonder, maar ook die koes-tering van Afrikaans.

Die Bloemfonteiner Lambertus

van Rensburg is ’n gesoute fees-ganger en getroue ondersteuner van die Vrystaat Kunstefees.

“As jy nie hou van die Afri-kaans of die opset van die fees nie, sorry vir jou my skat, dan bly jy by die huis,” sê hy tussen vertonings op die Kovsie-kam-pus deur.

Volgens hom maak baie Bloemfonteiners baie keer ’n op-hef van ander kunstefeeste soos die KKNK terwyl hulle een van die beste feeste in hul eie stad het. Bertus hou baie van die Li-teratuurfees en Boeke-oase op die fees. Dit is vir hom opbouend

en leersaam.Vier vrouefeesgangers – Lean-

dré Kemp, Annelie Vorster, Su-zanne Esterhuyse en Sonja Wol-faardt – is dit eens dié fees in die Rosestad is die fees met die beste gees.

Hulle kom elke jaar van die Kaap en Ficksburg af om dit by te woon.

Annelie sê sy is 13 keer KKNK toe, maar die afgelope paar jaar is die Vrystaat Kunstefees die enigste wat sy bywoon.

Leandré hoop om in die toe-koms vir Elandré Schwartz of Jan Blohm by die fees te sien.

Hilde-Mari Tessendorf sê sy geniet ook jaarliks die fees, maar die kaartjies vir die vertonings het vir haar ’n bietjie duur ge-word.

“Maar ai, ek is lief vir my taal en dié fees.”

Hanriëtte Visser sê vir haar is die fees ’n bymekaarbringfees van mense en kuns.

Vir haar was die hoogtepunt op vanjaar se fees die komiese eenvroudrama Los asseblief ’n boodskap. “Simoné Nortmann moet definitief erkenning kry dat sy stoksielalleen ’n mens vir iets soos ’n uur en ’n half kan

Nou ffeeeess ons al te lekker!Afrikaans moet op Bloem se Vrystaat Kunstefees bly dans, sê Ricardo Peach

Lambertus van Rensburg

X1UPEBTH-VB120718

vermaak.”Annélle Tessendorf vul jaar-

liks by die werk ’n verlofvorm vir die feesweek in.

“Dis ’n absolute instelling en ek mis nooit ’n produksie van Il-ne Fourie nie. Sy sê altyd presies wat mens voel.”

Volgens dr. Ricardo Peach, di-rekteur van die Vrystaat Kunste-fees, sê die beste deel van die fees is die samekoms van mense van regoor die land, Afrika en buite Afrika.

“Vra vir mense wat van ander Afrika-lande kom, dan sê hulle dit is so goed dat ’n groep mense veg vir hul taal. Ons is gewoond aan mense wat teen taal is en hierso sê die mense van alle lan-de in Afrika dat dit wonderlik is wat ons doen om ons taal aan die lewe te hou.”

Hy sê op vanjaar se fees is daar meer Afrikaanse produk-sies as ooit.

“Ons missie is om die Afri-kaanse kern van die fees te be-hou en te laat groei en daarmee saam ander nasionale en inter-nasionale tale en gemeenskappe in te bring. Dit is ’n Afrikaanse taalfees, maar ’n fees wat ook met ander tale en kulture saam-werk.”

Leandré Kemp, Annelie Vorster, dr. Ricardo Peach, Suzanne Esterhuyse en Sonja Wolfaardt laat hulle nie deur ’n koue Bloemfonteinse oggend afskrik nie. Foto: CONRAD BORNMAN

Hilde-Mari Tessendorf Hanriëtte Visser Annélle Tessendorf

Page 4: Bosbedinges! - Vrystaat Kunstefees · ek mis nooit ’n produksie van Il-ne Fourie nie. Sy sê altyd presies wat mens voel.” Volgens dr. Ricardo Peach, di-rekteur van die Vrystaat

4 SpesialeProjekte Donderdag 12 Julie 2018

GEENKEY-VB110718

DIAGNOSTIESE RADIOLOË –LIFE ROSEPARK HOSPITAAL

GUSTAVSINGEL 53FICHARDTPARKBLOEMFONTEIN

TEL. 051 522 1963WWW.SPIESRADIOLOGY.CO.ZA

BORSKANKERis die mees algemene kanker

onder vroue.

DIAGNOSEER BETYDSONTHOU U ROETINE

MAMMOGRAM AFSPRAAK

X1UN9G4H-VB120718

Anja van der Merwe

Die Vrystaat Kunstefees sluit vanjaar op ’n hoë noot en die mooi note van die alternatiewe Afrikaanse band Spoegwolf af.

Die gewilde Spoegwolf tree Saterdag nie net een keer nie, maar twee keer in Bloemfontein se Aasvoëlklub op – om 15:00 en weer om 21:00.

Maak seker jy bespreek jou plek, want wanneer die nuus in Bloemfontein versprei dat Spoegwolf in die stad is, ver-koop die kaartjies soos soet-koek.

Spoegwolf, uit die Boland, se musiek is Afrikaans, eerlik, rou en mooi ineen.

Die hoofsanger, Danie du Toit, sê hulle is nie net ’n band nie, maar ’n broederskap. “Een

vir almal, en almal vir een.” Die lirieke van hul liedjie

Elektriese kind som dit ook mooi op: “Ek het saam met my broers geloop tot op die verste, verste

punt . . .”Danie skryf die meeste van

hulle musiek en lirieke en Chris von Wielligh doen die meeste van die vervaardiging.

Danie sê hulle is opgewonde om die naweek weer in Bloem-fontein te speel waar hulle talle ondersteuners het.

“Ons is altyd opgewonde om

in Bloemfontein te speel. Dis al-tyd crazy as jy by ’n plek ver van die huis af opdaag en daar is inderdaad mense.”

Ralf Swart, ’n opkomende mu-sikant van Bloemfontein, sê dit is groepe soos Spoegwolf wat vir musikante soos hy hoop gee.

“Hulle gee ons opkomende or-keste in Bloemfontein weer hoop vir die alternatiewe mark in Suid-Afrika.”

Vir al die Spoegwolf-aanhang-ers is daar goeie nuus.

Hulle is tans in die ateljee aan die werk aan hul vierde album.

Danie wil nie nou veel oor die nuwe album verklap nie.

“’n Rivier is in hierdie sta-dium die sentrale tema . . .”

Hulle het groot toekomsdro-me. En hulle wil altyd broers bly, sê Danie.

Afrikaanse band Spoegwolf speel op die laaste aand van die fees te sien wees.

Elretha Britz

Die bekende Vrystaatse skilderkunste-naar Kobus Kotzé vier Saterdag, 14 Julie, sy 80ste verjaardag op die plek waar hy die gelukkigste is – voor sy esel. En dié esel is in die Equitas-ouditorium op die Vrystaat Kunstefees waar Kotzé elke dag van dié fees sedert 2001 op sy pos was.

Van al die kunstefeeste lê die een in Bloemfontein hom die naaste aan die hart, want hier is hy tussen sy mense, sê sy seun, Floris Kotzé.

Kotzé, die stigter van die Kotzé-kunsga-lery in Bloemfontein, skilder meestal landskappe en sy vrou, Joe wat ook ’n kunstenaar is, meestal straattonele. Hulle woon in Rosendal.

Belangstellendes wat wil sien hoe skil-derye onder ’n vaardige hand soos dié van Kotzé vorm aanneem, kan enige tyd ’n draai by die Kotzé-feesuitstalling maak. Dit is waar Kotzé besig sal wees.

Kobus vier sy 80ste op die fees

Die skilder Kobus Kotzé vier Saterdag sy 80ste verjaardag agter sy esel op die fees. Foto: FLORIS KOTZÉ

Elretha Britz

As jy wil weet wat die skrik-wekkendste, stinkste, groot-ste, vreemdste en mees bui-tengewone plekke in die son-nestelsel is, vat die pad na die Naval Hill-planetarium.

Mariette Erwee en Marike Stander het dié inligting in die volkoepelprent Solar Sy-stem Extremes (13 en 14 Julie om 16:00) saamgevat. Hulle is ook die skrywers van Mission to Mars wat die toestande op Mars met dié op die aarde vergelyk met die oog op die kolonie wat ons op dié planeet wil vestig.

Mense wat in die sterre be-langstel, kan gerus ook die da-

tum 27 Julie in gedagte hou – Mars is dan sedert die afgelo-pe 19 jaar die naaste aan die aarde.

Die tweede Afrikaanse vol-koepelprent in die planeta-rium word vandeesweek die eerste keer vertoon met die stemme van die Bloemfontein-se akteurs Hilletje Möller-Bas-hew en Erick Strydom (14 Ju-lie om 14:00).

Daar buite is ’n vertaling van Out There, wat deur die Switserse vervoermuseum se planetarium en die Europese ruimteorganisasie vervaardig is.

Die ontdekkings in die kos-mos het tot nou die wildste verwagtinge van wetenskap-

likes en wetenskapfiksieskry-wers oortref en dié inligting word met die publiek gedeel deur volkoepelprente in die planetarium in Bloemfontein.

Ook te sien is Phantom of the Universe (12 Julie 16:00); From Earth to the Universe (13 Julie 12:30). R30 by Computic-ket.

Die kindervertoning Ruim-tevorms (13 Julie 14:00, R30) is gemik op drie- tot sesjariges. Dit is ’n vertaling van Space Shapes.

Kaartjies vir hierdie verto-nings wissel tussen R20 en R60, en hang af van die geko-se vertoning. Kaartjies is be-skikbaar by Computicket.

Gaan fees by die planetarium en op Mars

Spoegwolf kom ook singSluit die fees Saterdag op ’n hoë noot af

Page 5: Bosbedinges! - Vrystaat Kunstefees · ek mis nooit ’n produksie van Il-ne Fourie nie. Sy sê altyd presies wat mens voel.” Volgens dr. Ricardo Peach, di-rekteur van die Vrystaat

5Donderdag 12 Julie 2018 SpesialeProjekte

GEENKEY-VB110718

Cheréne Pienaar

Tieners trek swaar. Aan die soe-ke na identiteit, aan die hunke-ring na aanvaarding en aan die dad shaped hole.

Dié kwessies is Dinsdag in ’n gesprek met Fanie Viljoen, be-kroonde jeugboekskrywer, en Si-mon Bruinders, akteur en skry-wer, in die Oase Boeketent ge-pak.

Hul splinternuwe jeugromans Veldiep en Die DJ is tydens die gesprek bekend gestel.

Volgens Bruinders moet ouers ook jeugboeke begin lees om hul kinders beter te verstaan. Die DJ is sy eerste jeugboek, en ná Die Sideboard, sy gewilde roman, blyk dit die jeugboekgogga het hom gebyt.

Met sy nuwe boekbaba kyk Bruinders na dwelmverslawing en die impak van verbrokkelen-de gesinne op die Kaapse Vlakte.

Die skrywer H. Norman Wright praat van “a dad shaped hole”.

Die kommer oor pa-loosheid en die gebrek aan mentorskap is een van die groot oorsake van die dwelmprobleem op die Kaap-se Vlakte en ander dele van ons kosbare land, sê Bruinders.

Danny, ’n kleindorpse seun wat sy pa verloor en met die res van sy gesin na Mitchell’s Plain

verhuis, probeer inpas, en móét. Viljoen sê om oor ander tie-

ners te lees, help tieners om minder alleen te voel en leer hul-le hoe om die sosiale media-sfeer te benader sonder dat daar op hulle neergepraat word.

In Veldiep laai Amber ’n ano-nieme video op YouTube waarin sy vra of sy mooi of lelik is. Dié

tendens is ’n realiteit en alge-meen onder jong meisies wêreld-wyd, met meer as 50 000 videos waarin dié blootstellende vraag aan hordes vreemdelinge gevra word. Die opmerkings en kom-mentare onder die video is dan merendeels afbrekend van aard.

“Daar is nog altyd geboelie. Die verskil is dit het destyds op-

Cheréne Pienaar

Jy kry meer as net dagga in ’n koshuis-kamer as jy Gril gaan kyk. Tussen die walms wag ’n vinger in die oog, ’n palmleser wat jou eintlik net wil high five, en Amohelang Katleho Mothale van Orlando, ’n vrou wat sukkel om te gril.

Willem Esterhuyse, regisseur van dié komediestuk, wat aanvanklik vir die hoërskoolverhoog geskryf is, kan nie genoeg van toneelspel kry nie.

“Ek was nog altyd aangetrokke tot toneelspel, al moes ek aanvanklik die vloer vee.”

Sy twee vriende Neville Schubag en Zaskia Pane van Upington het die stuk geskryf.

“Gril is vir enigiemand oor 13. “Tieners sal veral hierby aanklink

vind.” Verlede jaar is sy debuutstuk goed

ontvang, en hy het geweet hy moet vanjaar weer iets poog.

Die rolverdeling bestaan uit drama-studente, en te oordeel aan die gehoor se reaksie wink daar ’n blink toekoms op die verhoog vir elkeen van hulle.

Jean Pinneck se reaksie was: “Lief, lief, lief… En kon nie alles volg nie, want ek is Engels, maar die gypsy-vrou was so snaaks; sy het my in trane ge-

had.” Die daggagebruik was egter vir som-

mige te veel. “Daar was heelwat geïmpliseerde

dwelmgebruik gewees. En daar was so ’n bietjie te veel jokes gewees. Die ak-teurs het goed gedoen vir mense wat leer,” sê ’n anonieme gehoorlid.

Ané Pretorius het weer anders ge-dink: “Dit was cool; ek het dit geniet. Dit is nie wat ek gedink het dit gaan wees nie. Dit was beter!”

Joanie Smith se kommentaar was: “Dit was ’n interessante benadering. Uhm, baie Willem, as jy hom persoon-lik ken. Dit . . . laat jou dink. Hy pro-beer vir ons die gruwel van regte lewe deur komedie wys, en dit laat ons dink. Ons lag daarvoor maar dis eintlik ’n ernstige feit.”

Was daar regtig dagga op die ver-hoog?

“Nee, as jy oreganum aan die brand steek, ruik dit nes dagga,” sê Esterhuy-se.

Gril het gisteraand vir die laaste keer gewys.

Esterhuyse se ander toneelstuk, What the tuck, waar al die karakters fopdossers is, wys vandag om 16:00 en weer môre om 10:30 by die Vrynge Farm (Creative Kilowat eksamenkamer 2).

Dagga-teater laat jou giggel en dink

Willem Esterhuyse, re-gisseur van dié kome-diestuk, Gril.Foto: CONRAD BORNMAN

gehou as die klok lui. Met die digitale era hou dit nooit op nie.

“Tieners wil raakgesien word.”

Viljoen sê die soeke na aanvaarding is ’n oeroue probleem.

“Sosiale media het net die pro-bleem net kom opblaas.”

Fanie Viljoen (links) en Simon Bruinders gesels met die joernalis Cheréne Pienaar oor hul nuwe jeugromans. Foto: CONRAD BORNMAN

Uittreksel uit Veldiep

Lelik. Die woord spook steeds by haar. Alleen. Dis die ander woord. Soms voel dit vir haar of haar alleenheid ’n swart poppie is

wat hier in haar borskas bly. So ’n weggooiding

waarvoor mense sal skrik as hulle haar sien, die bêreplek vir alles wat seermaak.

Uittreksel: ‘Die DJ’

’n Laaste waai met die hand op die bus se trappe en dan is sy weg. Vinnig, oor-weldigend en mooi. Soos sy gekom het. ’n Nuwe bloeisel aan Zoar se boom, wat skielik in alle prag verskyn . . . en binne

drie dae verwelk.

Tienerwees is nié maklik nié‘Ouers moet jeugboeke lees om hul kinders beter te verstaan’

Page 6: Bosbedinges! - Vrystaat Kunstefees · ek mis nooit ’n produksie van Il-ne Fourie nie. Sy sê altyd presies wat mens voel.” Volgens dr. Ricardo Peach, di-rekteur van die Vrystaat

6 SpesialeProjekte Donderdag 12 Julie 2018

GEENKEY-VB110718

Bo en links: Paul du Toit en Jenna Dunster op die verhoog in die ontroerende stuk Uit die bloute. Die orkes bestaan uit Lizanne Barnard, wat die musiek destyds gekomponeer het, haar seun, Adam (Py-jama Shark), Leon Ecroignard en Jahn Beukes. Foto’s: MLUNGISI LOUW

AnAnja van der Merwe

Vir menige feesganger op die Vrystaat Kunstefees is die bywoning van Jak

de Priester se show ’n jaarlikse instelling.

Met Sally Wil-liams Nougat maak hy mense nostal-gies en met Sny dit af laat hy hulle skater.

En vir Jak is die fees in die Vry-staat ’n jaarlikse hoogte-punt. Die fees is deel van

gelede, op 13 Julie, is sy seuntjie gebore terwyl hy hier konserte gehou het.

“As ek hier kom, dink ek ook aan hom en sy ge-boorte.”

Vir vanjaar se produk-sie, Jak de Priester – Reënboog oor Suid-Afrika, het hy 13 lekker nuwe Afrikaanse liedjies ge-skryf.

Maar hy gaan Sally Williams Nougat ook sing. Hoe dan anders?

Sy baie spesiale nuwe liedjie wat aanhangers vir die eerste keer hier op die fees gaan hoor, is Kyk in my oë. Dit is vir sy dogtertjie geskryf wat on-langs erg in warm water ge-brand en in die intensiewesorg-eenheid was.

“Ek het net die hele tyd vir haar gesê: ‘Kyk in my oë.’”

Reënboog oor Suid-Afri-ka, die titel van sy optre-de vanjaar, is die naam

van die liedjie wat hy op sy vorige album saam met Dr. Victor sing. En dit som sy liefde en trots vir sy Suid-Afrikaanse er-fenis op.

Hy sing oor die liefde, die land, sy kultuur en die lewe as ’n Afrikaner-pa in Suid-Afrika.

) Jak sing weer môre om 16:00 in die Kopa-nong-Kovsiekerk.

Vir vanjaar se vertoning het hy 13 splinternuwe liedjies geskryf

Charles Smith

Presies 22 jaar nadat die teater-stuk Uit die bloute teatergangers ontroer het, het die nuwe produk-sie gebaseer op Eugène Marais se werk, weer mense in die Rosestad se hartsnare geroer.

Die stuk het as’t ware uit die bloute herrys met een groot ver-rassing: Lizaan Barnard (Hel-berg), wat die musiek destyds ge-komponeer het, was weer agter die klawerbord. En langs haar was haar seun, Adam (Pyjama Shark), wat kitaar speel.

En soos toe is dié verwerkings van Marais se gedigte steeds huil-mooi. Die klank is aangepas met meer harmonisering en die Afri-ka-klanke met koedoehorings en tromme klink meer modern as

toendertyd.Die trefkrag is egter dieselfde.Giep van Zyl, die vervaardiger,

het bevestig: Die pragtige musiek is inderdaad onsterflik.

Marais leef deur sy gedigte soos Dans van die reën en Mabalel voort, met die Afrikaans wat danksy Lizanne steeds dans op die oor meer as ’n eeu nadat dit geskryf is.

Die rolle van Hendrik, die boer, en sy vrou, Ragel, word nou deur Paul du Toit en Jenna Dunster vertolk. Hulle is 22 jaar gelede deur Gys de Villiers en Anna-Mart van der Merwe op die plan-ke laat lewe.

Die resultaat is ’n nostalgiese, melankoliese reis in die hart van Afrikaanse teater wat vermaak en ontroer.

‘Uit die bloute’ is huilmooi

Jak lief pannekoek en kuns

Jak de Priester Foto: CONRAD BORNMAN

sy goeie herinneringe. “Die koue is vir my

niks. Ek geniet die fees te veel.”

Die verskeidenheid sale en plekke waar sangers kan optree, maak hierdie fees vir hom anders as ander feeste.

“Of dit nou die Sand du Plessis of Kovsiekerk is, elke plek laat voel my soos ’n ware sanger.”

Hy het deur die jare die groei en die vooruitgang van die fees beleef.

“Jy sien dit in die stal-letjies en die glimlagte op die mense se gesigte.”

Hy self loop nooit ver-by ’n pannekoek- of kuns-stalletjie nie, want vir pannekoek en kuns is hy bitter lief.

Elke jaar neem hy ‘’n stukkie Bloemfontein saam met hom huis toe. Verlede jaar was dit ’n sebravel vir hulle sitka-mer en so mooi Afrika-sak.

Die Vrystaat Kunste-fees is vir hom nie net nog ’n fees nie. Drie jaar

‘‘Ek volg al die paaie

waar die liedjies my vat, ek dans in die stilte met

die son in my sak. – Jak de Priester

Page 7: Bosbedinges! - Vrystaat Kunstefees · ek mis nooit ’n produksie van Il-ne Fourie nie. Sy sê altyd presies wat mens voel.” Volgens dr. Ricardo Peach, di-rekteur van die Vrystaat

7Donderdag 12 Julie 2018 SpesialeProjekte

GEENKEY-VB110718

Sy en die regisseur, Kristin Pie-naar, het die teks geskryf. “Ons drie (Kotzé, Pienaar en Oosthui-zen) is vriende en studeer saam (drama aan die Universiteit Stel-lenbosch).” Oosthuizen sê: “Die toneelstuk het sy ontstaan in ons koshuiskamer en gesprekke tus-sen vriendinne gehad. Hierdie play is eintlik ’n samevatting van ons vriendinne.

“Albei, ’n koek en tert, is reg en verkeerd. Die koek is eintlik maar die emosionele slet.”

Kotzé sê mans moet kom kyk waaroor meisies saans in hul kos-huiskamers sit en gesels en wat in hulle koppe aangaan.

“Mense is wat hulle is, dis an-der mense wat etikette aan hulle hang.”

Kotzé en Oosthuizen vertel ’n feesganger het terwyl hulle plak-kate van hulle produksie opgesit het, gevra watter soort kosstalle-tjie hulle bedryf. Ander produk-sies met soortgelyke name is Die koekkabaret (musiekteater) en Vetkoekstories (Vrynge).

‘Daar’s ’n koek en tert in elk’ Studente sit hul vriendinne se koshuiskamergesprekke in toneelstuk

Wen met jou fees-selfie!: Die Bloemfonteinse sanger en kunstenaar Ja-cobus Silwer en sy ewe kunstige vrou, Lizame Coetzee, is in die Volksblad-selfie-raam afgeneem tydens ’n repetisie vir hul vertoning Al die pad van Bloem va-naand om 19:30 in die Kopanong-ouditorium (Kovsiekerk). Wys ons hoe lyk jý as jy feesvier en staan die kans om een van drie pryse ter waarde van altesaam R4 000 te wen. ’n R2 000-geskenkbewys van Stoney’s Wheel and Tyre en twee R1 000-koopbewyse van Takealot is op die spel. Verteenwoordigers van Volks-blad is nog elke dag tot Saterdag van 09:00 tot 16:00 op die kampus met die Volksblad-selfieraam om feesgangers met hul eie selfone in die raam af te neem. Al wat jy dan moet doen, is om na Volksblad se Facebook-blad te gaan, die blad te “like”, en dan jou foto in die kommentaar op die plasing oor die selfie-kompe-tisie te laai met die hutsmerk #selfie2018 daarby. Vra dan jou familie en vriende om jou foto te gaan “like” – hoe meer “likes” jy kry, hoe groter is jou kans om te wen. Hulle kan tot Sondag 15 Julie om middernag jou foto gaan “like”. Die wen-ners sal op Maandag 16 Julie aangekondig word.

Ruan Bruwer

Mense moet besef daar is maar ’n koek en ’n tert in alle vroue, sê die aktrise Margo Kotzé, of-tewel Tert.

Die Vrynge-produksie Koek en Tert het Woensdag op die Vrystaat Kunstefees gedebu-teer met Kotzé (Tert) en Elmé Oosthuizen (Koek) as die hoof-spelers.

“Ons het die teks vir ons vriendinne gegee om te lees en hul terugvoer aan ons was dat alle vroue maar ’n bietjie ge-koek en getert is,” sê Kotzé.

Elmé Oosthuizen (Koek, links) en Margo Kotzé (Tert) in die produksie Koek en Tert op die Vrystaat Kunste-fees. Foto: CONRAD BORNMAN

‘‘Die toneelstuk het sy ontstaan in ons koshuiskamer en gesprekke tussen vriendinne gehad.

Page 8: Bosbedinges! - Vrystaat Kunstefees · ek mis nooit ’n produksie van Il-ne Fourie nie. Sy sê altyd presies wat mens voel.” Volgens dr. Ricardo Peach, di-rekteur van die Vrystaat

8 SpesialeProjekte Donderdag 12 Julie 2018

GEENKEY-VB110718

Izelle van Tonder

Die nederige avokadopeer. So klein, so temperamenteel en tog so ’n moerse big deal in die le-wens van vandag se millenni-ers.

Of is dit?In die teaterstuk Die Jaar

van die Avo word die draak ge-steek met millenniërs en hul obsessie met hulself (en hul avo’s), terwyl daar baie belang-riker kwessies in die wêreld aangaan.

Die internet is deesdae aan die brand met berigte en meme oor dié generasie wat meer om-gee oor hul stapeldieet (’n dun snytjie glutenvrye rogbrood met fyngemaakte organiese avokadopeer op en gegeur met ’n titseltjie verpletterde drome) as om oor geld te spaar vir by-voorbeeld huis koop.

Daar word selfs vertel vorige generasies se lywe het uit 70% water bestaan, maar die millen-niër-generasie se lywe bestaan uit 70% avokadopeer.

Tog ondersoek Die Jaar van die Avo ook die dieper beteke-nis agter die avokadosimbool van dié generasie.

“Almal dink altyd alle millen-nials dink avo’s is so amazing, die superster van kos. Maar

eintlik gaan dit oor baie meer as dit. Dit lê baie dieper as dit.

“En dit is wat Die Jaar van die Avo probeer wys,” sê Hen-drik Nieuwoudt, ’n medeskry-wer.

En as jy nie weet wat ’n mil-lennial is nie, is jy definitief nie woke genoeg nie.

’n Millenial sal jou tien teen een uit jou onkunde red met ’n stelling soos: “Hoewel daar on-duidelikheid is oor die presiese grense van die ouderdom van millennials, blyk dit dat dit mense tussen die ouderdom van 20 en 35 is.”

Die Jaar van die Avo se spe-lers (Conradie van Heerden, El-marie Johnson en Patricia Baadjies) stem saam dat die groot negatiewe punt van die millenniër-generasie is dat dit lyk of hulle baie omgee en inge-lig is oor sosiale en politieke kwessies, maar hulle doen ge-woonlik baie min om regtig verandering mee te bring.

En dit is omdat hulle te be-hep is met hulself en hul voor-koms, veral op sosiale media.

Tog is die millenniërs nie al-tyd nét sleg nie, en beslis beter as die generasie voor hulle, sê Hendrik.

“Dis stereotipies om te sê al-mal is só, maar ek dink regtig

ons millennials gee werklik meer om oor goed as die gene-rasie voor ons, veral as dit kom by ons geskiedenis in Suid

Afrika. Ek dink ons besef ons kan nog meer en nog beter doen.”) Naskrif: Gaan draai by Jo-

han van die Scaena en bestel een van sy gewilde avokadopeer-broodjies en verbeel jou ‘’n oom-blik jy’s ’n millennial.

Millenniërmnr. AvokadopeerDie dieper betekenis van dié vrug as simbool vir vandag se jong mense

Kloksgewys van links: Conradie van Heerden, Elmarie Johnson en Patricia Baadjies speel almal in Die Jaar van die Avo. Foto: CONRAD BORNMAN

Cheréne Pienaar

“Ek sal die dood in die oë kyk soos ’n man, maar as die dood nie oë het nie, wat dan?”

In ’n volgepakte ATKV Boe-ke-oase het proff. Anton van Niekerk en Danie Strauss gefi-losofeer oor die misterie van die dood, die hiernamaals, en Prediker as die groot postmo-dernis.

Strauss het onder meer boge-noemde aanhaling gelees uit aantekeninge en Van Niekerk gepols oor sy boek Die dood en die sin van die lewe. Hy het ook verwys na Elisabeth Eybers se gedig “Verhaal” en Eugene Ma-rais se “Winternag” om die eensaamheid van en verlange na die dood uit te beeld.

Van Niekerk bring in sy boek die temas van lewe en dood in verband met mekaar. “Dis danksy die dood dat ons kan praat oor die lewe,” sê hy. Hy meen dis juis die dood wat erns en dringendheid aan die lewe gee. “Hoekom sal ons vreugde uit die lewe put as dit vir altyd aanhou? Ons sal sterf van verveling!”

Maar sal ons bewuste voort-bestaan as ons lepel in die dak gesteek het? Oor die hierna-

maals en die sin van die dood, hou Van Niekerk vas aan sy Christelike geloof sonder om voor te gee dat hy God ten volle op kan som. “Dat ek in lewe en

in sterwe veilig is in God is die belydenis waaraan ek vashou, maar ek kan nie die inhoud in my geloof gee nie. Hoe presies God dit doen, weet ek nie.”

Hy meen verwondering en misterie is van kritieke belang. “Die misterie gaan verlore in die modernisme en die ewige soeke na kennis. Dis onsin.

Ons moet teruggaan en miste-rie probeer ontwikkel. Dood is een van die groot misteries.

“Om dit te doen moet ons die geheel probeer ken en vrae vra soos hoe ons liggaamlik en geestelik tegelyk is.”

Hy twyfel of die hiernamaals die letterlike beskrywing van die Bybel van strate van goud en oneindige gesange voor die Almagtige troon sal wees. “Hoe moet moderne mense dit op-neem? Maar ons weet die skep-ping gaan herstel word.

“Ons vrees die dood vanweë radikale onbekendheid.”

Volgens hom lê die eintlike vrees vir die dood rondom die proses van die dood. “En na-tuurlik die afskeid van gelief-des wat onverduurbaar is.”

Wat tel die dag as jy in jou kis lê? “Ons kan boeke skryf, ons kan artikels publiseer, maar op die ou end is al wat oorbly die kleed aan jou lyf en jou karakter wat oorbly.”

Die dood is die moontlikheid van die absolute onmoontlik-heid van die mens. “Die skep-ping met die mens as produk . . . hoe moet ons dit kleinkry? Die mens het beson-dere moontlikhede maar daar is ook duister.”

‘Danksy die dood kan ons praat oor die lewe’

Prof. Anton van Niekerk, verbonde aan die Universiteit Stellenbosch se fakulteit filosofie, se nuutste boek, Die dood en die sin van die lewe, uitgegee deur NB Uitgewers, het onlangs die lig gesien. Hy het gister by die kunstefees oor sy boek gesels. Foto: JACO MARAIS