brief oor tuisonderrig 26 mei 2020 · 2020-05-26 · 4. ten spyte van die beskikbaarheid van ‘n...

63

Upload: others

Post on 29-May-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Brief oor tuisonderrig 26 Mei 2020 · 2020-05-26 · 4. Ten spyte van die beskikbaarheid van ‘n rapport of soortgelyke formele sertifikaat sal die skool by magte wees om ‘n “plasingsassessering”

COVID-19

26 Mei 2020

Geagte Ouers

INSAKE: SKOOLBYWONING

Ter aansluiting by die aankondigings van President Ramaphosa (24 Mei 2020) en Minister Motshekga

(19 Mei 2020) rakende ouers se keuse om hul kinders tuis te hou indien hulle dit sou verkies, en met die

oog op die beplande heropening van skole en die COVID-19 pandemie, is dit vir die beheerliggaam

belangrik dat ouers die situasie rondom skoolbywoning verstaan.

Artikel 3(1) van die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996 bepaal dat leerders skoolpligtig is tussen die

ouderdom van 7 jaar tot en met 15 jaar (Graad 1 tot 9). Dit is die ouers se verantwoordelikheid om seker

te maak dat skoolpligtige leerders in hul sorg wel skool bywoon. Indien ouers versuim om seker te maak

dat hul skoolpligtige leerder skool bywoon, sal hulle skuldig wees aan ‘n misdryf.

Ouers kan by die Hoof van die Departement van Onderwys (HvD) aansoek doen om vrystelling van

skoolbywoning of alternatiewelik by die provinsiale departement van onderwys aansoek doen en registreer

om hul kind(ers) tuis te kan onderrig (beter bekend as tuisonderrig). Om tuisonderrig te kan aanbied, sal

ouers die Departement tevrede moet stel dat daar aan kurrikulum vereistes voldoen word, dat daar aan

sekere minimum standaarde voldoen sal word en ook dat sodanige tuisonderrig in belang van die

leerder(s) is.

Skole word wetlik verplig om rekord te hou van leerders se skoolbywoning en dit aan die Departement

deur te gee. Indien ‘n skoolpligtige leerder nie skool bywoon nie en sou die ouer nie ‘n geldige rede (bv.

siektetoestand) of toestemming vir nie-bywoning kan voorsien nie, sal die leerder na tien (10)

aaneenlopende skooldae se afwesigheid as leerder van die skool gederegistreer word. Indien ‘n ouer ‘n

leerder uit die skool haal en tuis onderrig, word sodanige kind as leerder van die skool gederegistreer.

Sou ouers oorweeg om die leerder later weer by ‘n skool in te skryf, hetsy dieselfde skool of ‘n ander skool,

moet die praktiese effek hiervan in gedagte gehou word:

Page 2: Brief oor tuisonderrig 26 Mei 2020 · 2020-05-26 · 4. Ten spyte van die beskikbaarheid van ‘n rapport of soortgelyke formele sertifikaat sal die skool by magte wees om ‘n “plasingsassessering”

1. Die leerder is ‘n nuwe aansoek, soos enige ander aansoeker, en moet ingevolge die skool se

kapasiteit en toelatingsbeleid oorweeg word.

2. Die moontlikheid bestaan dat daar op daardie stadium nie meer plek sal wees vir die leerder in die

skool of betrokke graadgroep nie.

3. Ouers moet by aansoek om toelating ‘n rapport of soortgelyke formele sertifisering as bewys kan toon

dat die leerder sy/haar skooljaar voltooi het. Indien ouers die leerder nie by ‘n erkende tuisonderrig

kurrikulumverskaffer geregistreer het nie, sal daar geen sodanige sertifikaat beskikbaar wees nie.

4. Ten spyte van die beskikbaarheid van ‘n rapport of soortgelyke formele sertifikaat sal die skool by

magte wees om ‘n “plasingsassessering” te doen om te bepaal of die leerder wel die nodige kennis

of vaardighede het om voort te gaan met die volgende graad. Dit is dus nie ‘n gegewe dat die leerder

saam met die res van sy/haar ouderdomsgroep met skool sal kan voortgaan nie.

As beheerliggaam wil ons ouers verseker dat ons ten alle tye die beste belange van die ouers, die skool

en die leerders op die hart dra en dat alle moontlike maatreëls vir die veiligheid van leerders getref is en

getref sal word. Die nodige sanitasiemaatreëls, opleiding en aankope is gedoen en die skool is gereed om

u kind terug te verwelkom.

Ons waardeer u samewerking in hierdie moeilike tye.

Vriendelike groete en bly veilig

P Ferreira C Jansen D Durie

Hoof Departementshoof opvoedkundige Voorsitter van die Beheerliggaam leiding