die geskiedenis van onderstokke in suid-afrika (deel 6) · 2017-07-04 · die geskiedenis van...

5
Die geskiedenis van onderstokke in Suid-Afrika (Deel 6) Sleutelwoorde: Paulsen 1103, SO 4, US 8-7, Ruggeri 140, grondgeskiktheid, eienskappe. ANDREW TEUBES Voor-Groenberg Kwekerye Hierdie artikel, die sesde in ’n reeks oor die geskiedenis van onder- stokke in Suid-Afrika, fokus op die aanwending en aanpasbaarheid van die kommersiële onderstokke Paulsen 1103, Ruggeri 140, SO 4, US 8-7 en 143 B in die Suid-Afrikaanse wingerdbedryf. Daar word in besonderhede gekyk na die mees geskikte grondsoorte en die streke waar dit wyd aangeplant is, asook waar dit met verloop van tyd verdwyn het en die redes daarvoor. Kommentaar word ook gelewer oor die toekoms van elke onderstok. Paulsen 1103 Paulsen 1103 is in 1895 op die eiland Sicilië deur Frederico Paulsen ontwikkel. Vreemd genoeg is dit eers in 1962 na Suid-Afrika in- gevoer. Dit is ’n kruising van Vitis Berlandieri x Vitis rupestris en net soos Richter 99 en Richter 110 het dit goeie entaffiniteit met die meeste Vitis vinifera-kultivars. Onlangs is vasgestel dat dit heeltemal misluk wanneer dit op Red Globe geënt word (dit was ook die geval in Egipte). As ’n onderstok val Paulsen 1103 iewers tussen Richter 99 en Richter 110. Dit is baie goed aangepas by die droë, warm Me- diterreense eilande en lande soos Spanje, die suide van Italië, Marokko, Algerië, Tunisië en Griekeland. Paulsen 1103 bied baie goeie weerstand teen kalk-geïnduseerde chlorose, wat algemeen in hierdie streke voorkom, is goed teen droogte bestand en pas goed aan by hoë somertemperature. Dit is goed aangepas in “strawwer” Mediterreense klimaatstoestande wat baie soortgelyk is aan dié wat in die Wes-Kaap aangetref word. Een van die redes waarom dit nie ’n stewiger vastrapplek in Suid-Afrika gekry het nie, kan wees omdat dit nie baie voordele bo Richter 99 gebied het toe dit 30 jaar daarna bekendgestel is nie. Paulsen 1103 se groeikrag word as medium hoog tot hoog beskou, iewers tussen Richter 99 en Richter 110. Dit vaar goed op soortgelyke gronde as Richter 99, met ander woorde vlak, gekompakteerde en droë gronde; dit verduur meer sanderige/gruiserige bogronde as Richter 110 en het ’n diep, goed vertakte wortelstelsel wat dit bestand teen droogte maak. Dit het een voordeel bo Richter 99, naamlik dat dit ondergrondse natheid uitstekend hanteer (iets wat Richter 99 nie kan doen nie). ’n Nadeel is egter dat dit min weerstand teen Phytophthora cinnamomi bied wat gewoonlik met “natter” gronde in die Kusstreek vereenselwig word. Dit is meer bestand teen brak toestande as Richter 99, maar minder as Richter 110. Die stelling dat Paulsen 1103 iewers tussen die twee Richters val, maak baie sin. Die gewildheid van Paulsen 1103 neem vinnig toe in beide die tafel- en wynbedryf. Vergeleke met Ramsey verleen Paulsen 1103 baie meer gebalanseerde groei tydens die vroeë seisoen by kultivars wat van nature sterk groeikrag het, wat die proses van trosuitdunning (in die geval van tafeldruiwe) tydens blomtyd aanhelp. Dit het ook ’n positiewe uitwerking op verkleuring van rooi en swart kultivars. In sommige gebiede het dit Richter 110 op persele met hoër grondpotensiaal vervang weens die effens sterker groeikrag wat dit induseer. Paulsen 1103 bied matige tot goeie weerstand teen knopwortel- aalwurm, maar slegs matige weerstand teen dolk-aalwurm. Paulsen 1103. (Bron: Boerdery in Suid-Afrika.)

Upload: others

Post on 18-Jul-2020

21 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die geskiedenis van onderstokke in Suid-Afrika (Deel 6) · 2017-07-04 · Die geskiedenis van onderstokke in Suid-Afrika (Deel 6) Sleutelwoorde: Paulsen 1103, SO 4, US 8-7, Ruggeri

Die geskiedenis van onderstokke in Suid-Afrika (Deel 6)

Sleutelwoorde: Paulsen 1103, SO 4, US 8-7, Ruggeri 140, grondgeskiktheid, eienskappe.

andrew teubes

Voor-Groenberg Kwekerye

Hierdie artikel, die sesde in ’n reeks oor die geskiedenis van onder­stokke in Suid­Afrika, fokus op die aanwending en aanpasbaarheid van die kommersiële onderstokke Paulsen 1103, Ruggeri 140, SO 4, US 8­7 en 143 B in die Suid­Afrikaanse wingerdbedryf. Daar word in besonderhede gekyk na die mees geskikte grondsoorte en die streke waar dit wyd aangeplant is, asook waar dit met verloop van tyd verdwyn het en die redes daarvoor. Kommentaar word ook gelewer oor die toekoms van elke onderstok.

Paulsen 1103Paulsen 1103 is in 1895 op die eiland Sicilië deur Frederico Paulsen ontwikkel. Vreemd genoeg is dit eers in 1962 na Suid­Afrika in­gevoer. Dit is ’n kruising van Vitis Berlandieri x Vitis rupestris en net soos Richter 99 en Richter 110 het dit goeie entaffiniteit met die meeste Vitis vinifera-kultivars. Onlangs is vasgestel dat dit heeltemal misluk wanneer dit op Red Globe geënt word (dit was ook die geval in Egipte).

As ’n onderstok val Paulsen 1103 iewers tussen Richter 99 en Richter 110. Dit is baie goed aangepas by die droë, warm Me­diterreense eilande en lande soos Spanje, die suide van Italië, Marokko, Algerië, Tunisië en Griekeland. Paulsen 1103 bied baie goeie weerstand teen kalk­geïnduseerde chlorose, wat algemeen in hierdie streke voorkom, is goed teen droogte bestand en pas goed aan by hoë somertemperature. Dit is goed aangepas in “strawwer” Mediterreense klimaatstoestande wat baie soortgelyk is aan dié wat in die Wes­Kaap aangetref word. Een van die redes waarom dit nie

’n stewiger vastrapplek in Suid­Afrika gekry het nie, kan wees omdat dit nie baie voordele bo Richter 99 gebied het toe dit 30 jaar daarna bekendgestel is nie.

Paulsen 1103 se groeikrag word as medium hoog tot hoog beskou, iewers tussen Richter 99 en Richter 110. Dit vaar goed op soortgelyke gronde as Richter 99, met ander woorde vlak, gekompakteerde en droë gronde; dit verduur meer sanderige/gruiserige bogronde as Richter 110 en het ’n diep, goed vertakte wortelstelsel wat dit bestand teen droogte maak. Dit het een voordeel bo Richter 99, naamlik dat dit ondergrondse natheid uitstekend hanteer (iets wat Richter 99 nie kan doen nie). ’n Nadeel is egter dat dit min weerstand teen Phytophthora cinnamomi bied wat gewoonlik met “natter” gronde in die Kusstreek vereenselwig word. Dit is meer bestand teen brak toestande as Richter 99, maar minder as Richter 110. Die stelling dat Paulsen 1103 iewers tussen die twee Richters val, maak baie sin. Die gewildheid van Paulsen 1103 neem vinnig toe in beide die tafel­ en wynbedryf. Vergeleke met Ramsey verleen Paulsen 1103 baie meer gebalanseerde groei tydens die vroeë seisoen by kultivars wat van nature sterk groeikrag het, wat die proses van trosuitdunning (in die geval van tafeldruiwe) tydens blomtyd aanhelp. Dit het ook ’n positiewe uitwerking op verkleuring van rooi en swart kultivars. In sommige gebiede het dit Richter 110 op persele met hoër grondpotensiaal vervang weens die effens sterker groeikrag wat dit induseer.

Paulsen 1103 bied matige tot goeie weerstand teen knopwortel­aalwurm, maar slegs matige weerstand teen dolk­aalwurm.

Paulsen 1103.

(Bro

n: B

oerd

ery

in S

uid-

Afrik

a.)

Page 2: Die geskiedenis van onderstokke in Suid-Afrika (Deel 6) · 2017-07-04 · Die geskiedenis van onderstokke in Suid-Afrika (Deel 6) Sleutelwoorde: Paulsen 1103, SO 4, US 8-7, Ruggeri

Ondervinding van hierdie onderstok in Suid­Afrika is beperk, maar op grond hiervan en sy eienskappe blyk dit dat verdere groei in aanplantings verwag kan word. Vir gehalteproduksie op die rooi kalkagtige gronde van Robertson/Ashton sal Paulsen 1103 soortgelyk aan Richter 110 presteer. Dit kan selfs beter presteer op die harder, droër ondergrondse kalksteenlae wat deur sanderige bogrond oorlê word. Dit kan ook op die droër kolluviumhellings van die kusgebiede gebruik word, in die omstreke van Stellenbosch, Paarl en Franschhoek (hoër hellings van sandsteengruis) waar Richter 110 nie ’n opsie is nie, asook in Elgin/Grabouw en die Hemel­en­Aarde vallei op gruiserige grouwak/skalie­oorsprong gronde.

Paulsen 1103 het ongetwyfeld ’n plek in die Suid­Afrikaanse wingerdbedryf, maar dit sal Richter 99 nie in die “droër” droëland gebiede van die Agter­Paarl en Swartland op strawwer Swartland­ en Klapmuts­grondvorms vervang nie. In hierdie gebiede het Richter 99 nie sy gelyke in terme van droogtebestandheid nie. Op die diep rooi Hutton­ en Oakleaf­grondvorms wat teen die hellings van die heuwels rondom Malmesbury en Darling aangetref word, kan dit ’n opsie wees. Met aanvullende besproeiing in die kusgebiede kan dit Richter 99 beslis vervang. Paulsen 1103 is ’n goeie alternatief en wingerdboere hoef nie bang te wees dat dit swak sal presteer (droogtebestandheid) waar aanvullende besproeiing beskikbaar is nie. Sanderige gronde onder intensiewe besproeiing moet weens die risiko van aalwurms versigtig benader word. Met die voortdurende bekendstelling van nuwe tafeldruifsoorte is dit moontlik dat Paulsen 1103 toenemend gebruik sal word, veral vir gekleurde kultivars.

Ruggeri 140Ruggeri 140 is in 1897 in Messina op die eiland Sicilië deur professor Antonio Ruggeri ontwikkel, maar eers in 1964 na Suid­Afrika ingevoer. Dit is ’n kruising van Vitis Berlandieri x Vitis rupestris, maar het nie dieselfde goeie entaffiniteit met Vitis vinifera-kultivars as sy “broers” Richter 99, Richter 110 en Paulsen 1103 nie. Daar is ook indikasies dat dit nie entaffiniteit met Red Globe het nie. Die vernaamste eienskappe van Ruggeri 140 is uitsonderlike weerstand teen kalk­geïnduseerde chlorose (die beste van al die Vitis rupestris x Vitis Berlandieri-kruisings, met ’n toleransie van soveel as 25%

aktiewe kalk) en goeie droogtebestandheid. Aan die begin van die 20ste eeu was dit, buiten filloksera-bestandheid, van die vernaamste vereistes wat aan ’n onderstok gestel is in die suide van Italië en Sicilië.

Ruggeri 140 word op ’n beperkte skaal aangewend in die Suid­Afrikaanse wyn­ en tafeldruif bedryf. Die feit dat dit so goed teen droogte bestand is, kon oorspronklik moontlikhede ingehou het om die wingerdoppervlak in die droëland areas van die Swartland uit te brei na liggings waar die reënval selfs laer is, of miskien om Richter 99 as oorheersende droëland onderstok te vervang. Proewe, asook kommersiële ondervinding, het egter getoon dat dit nie die geval is nie. In die suide van Europa het dit dalk beter as Richter 99, Richter 110 en Paulsen 1103 gevaar onder droëland toestande weens beter bestandheid teen die hoë kalkinhoud van die grond, maar dit is nie duidelik nie. Die feit bly staan dat dit onder plaaslike droëland toestande nie beter as Richter 99 gevaar het nie. Dit is interessant om te weet dat Ruggeri 140 baie goed aanpasbaar was op die lae pH­grondtoestande van die Wes­Kaap, beter as enige van die ander bekende onderstokke wat getoets is.

Die ander eienskappe van Ruggeri 140 sluit in sterk groeikrag (soortgelyk aan Richter 99), maar swak weerstand teen natheid in die ondergrond en veral Phytophthora cinnamomi. Dit bied meestal swak weerstand teen die algemeenste aalwurmspesies en word nie aanbeveel vir sanderige gronde onder intensiewe besproeiing nie. Weerstand teen brak toestande is effens beter as Richter 99. Dit bied eintlik baie min voordele vergeleke met die ander onderstokke in die reeks wat in Suid-Afrika beskikbaar is (spesifiek vergeleke met Richter 99; een voordeel is dat Ruggeri 140 nie naastenby so baie wilde lote gee nie, iets wat ’n groot probleem by Richter 99 is). Dit is te betwyfel of Ruggeri 140 in die Suid­Afrikaanse bedryf veel groei sal toon, aangesien sy vernaamste mededingers, Richter 99 en Richter 110, alreeds hul kleim afgesteek het op plekke waar Ruggeri 140 ’n impak sou kon maak indien dit vroeër bekendgestel is.

SO 4SO 4 is in 1896 in Duitsland van ’n Teleki Groep 4­saailing ge­selekteer en in 1964 na Suid­Afrika ingevoer. Die teler, Zsigmond

Ruggeri 140.

(Bro

n: B

oerd

ery

in S

uid-

Afrik

a.)

Page 3: Die geskiedenis van onderstokke in Suid-Afrika (Deel 6) · 2017-07-04 · Die geskiedenis van onderstokke in Suid-Afrika (Deel 6) Sleutelwoorde: Paulsen 1103, SO 4, US 8-7, Ruggeri

Teleki, was van Hongarye afkomstig. Die naam SO 4 is eintlik afkomstig van die seleksie wat by die Duitse navorsingstasie in Oppenheim van ’n Teleki Groep 4­saailing gemaak is, vandaar die naam “Selection Oppenheim nr 4” of SO 4. Teleki het 10 van sy beste seleksies na Oppenheim gestuur waar Franz Kober, die direkteur van die instituut, die seleksie van SO 4 gemaak het. Dit is ’n kruising van Vitis Berlandieri x Vitis riparia, die enigste onderstok van hierdie ouers wat kommersieel in Suid­Afrika gebruik word (ander sluit in Teleki 5BB en Teleki 5C). SO 4 het nie dieselfde entaffiniteit as die twee Richters en Paulsen 1103 nie. Dit is ’n rojale produseerder van entlote as ’n onderstok­moederplant, beter as enige ander onderstok.

SO 4 se bekendste eienskappe is baie hoë verdraagsaamheid teen kalk­geïnduseerde chlorose (tot en met 25% aktiewe kalk), hoë weerstand teen die algemene aalwurmspesies, goeie vrugset en vroeë rypwording wat dit in die bostok kultivar induseer. Dit was veral in Duitsland belangrik, waar vroeë rypwording van die druiwe ’n vereiste is (Duitsland se hoë breedtegraad maak dit ’n grensgeval vir suksesvolle druiweproduksie) en hoë kalkinhoud in die grond, tesame met ’n koel, vogtige klimaat, makliker tot ystertekorte lei as in warmer en droër klimaatstreke. SO 4 was dus by uitstek geskik vir Duitsland en ander oos­Europese lande. Weens die relatiewe kort vegetatiewe siklus van SO 4 kon die lote volledig ryp word voordat die winterkoue ingetree het, en dus die plant beter bestandheid teen winterkoue gee. Teen die einde van die jare 1970 was SO 4 die algemeenste onderstok in Frankryk, enersyds weens vroeë rypwording van die druiwe, andersyds weens goeie prestasie in die aalwurm­geïnfesteerde sanderige besproeiingsgronde in die suide van Frankryk. Vir gehalteproduksie het dit egter weens uitermatige sterk groeikrag in ongewildheid verval.

SO 4 word op ’n baie klein skaal in Suid­Afrika gebruik en is steeds relatief onbekend. Benewens baie hoë weerstand teen vry kalk in die grond en vroeë rypwording van die oes (soortgelyk aan 101­14), bied dit baie goeie weerstand teen knopwortel­ en dolk­aalwurm. Dit induseer medium groeikrag in die bostok variëteit (soortgelyk as Richter 110, selfs effens sterker) en bied baie goeie weerstand teen ondergrondse natheid. Weerstand teen Phytophthora cinnamomi is

hoog, daarenteen is weerstand teen brak toestande en droogte laag. Ten einde goed te presteer, is dit wenslik dat die vrugbaarheid van die grond waarop SO 4 geplant word ten minste medium hoog is. Dit moenie op droë, kompakte grondsoorte aangeplant word nie, aangesien groeikrag onder sodanige toestande swakker sal wees. Dit is ’n onderstok wat meer geskik is vir gehalte druiweproduksie as massaproduksie.

Alhoewel SO 4 op ’n beperkte skaal in Suid­Afrika aangeplant is, het die enkele kommersiële aanplantings goeie aanwending in Robertson/Ashton op kalkryke ondergronde getoon, soortgelyk aan waar Richter 110 met groot sukses aangeplant is. Dit moenie vir droëland produksie in die Swartland aangewend word nie as gevolg van lae droogte weerstandbiedendheid. Dit sou goed kon vaar op die dupleksgronde van die Helderberg­kom by kultivars met matige natuurlike groeikrag (Merlot, Pinot noir en Chardonnay) waarvoor 101­14 se groeikrag te swak is. Vir dieselfde kultivars sou dit ook as alternatief vir Richter 110 kon dien op diep rooi Hutton­, Clovelly­ en Oakleaf­grondvorms weens die vroeë rypwording wat SO 4 induseer (in hierdie geval met aanvullende besproeiing). Hoër opbrengste sou met SO 4 as met 101­14 behaal kon word weens die sterker groeikrag wat dit induseer. SO 4 is die belangrikste onderstok in Uruguay en die suide van Brasilië waar dit op sanderige gronde met ’n fyn tekstuur aangeplant word, asook op swart dupleksgronde wat ryk is aan organiese materiaal, vry kalk en somerreënval ontvang.

SO 4 word as ’n tafeldruif onderstok in dele van Italië en Brasilië ge bruik, maar word nog nie in die Suid­Afrikaanse tafeldruif be­dryf aangewend nie. Klein kommersiële aanplantings is gevestig met gekleurde kultivars wat van nature sterk groeikrag het in ’n poging om die afhanklikheid van Ethephon vir kleurontwikkeling te verminder. SO 4 het ’n medium kort vegetatiewe siklus wat voordelig kan wees vir hierdie doelwit. Daar was gevalle waar wingerdstokke wat op SO 4 geënt is, soms simptome van magnesiumtekorte toon. Die aansienlik groter deursnee van die bostok kultivar vergeleke met die onderstok is ’n algemene verskynsel wanneer na die area rondom die entlas van volwasse wingerde gekyk word. Dit dui nie op ’n gebrek aan affiniteit nie, dit is bloot ’n eienskap van die onderstok.

SO 4.

(Bro

n: B

oerd

ery

in S

uid-

Afrik

a.)

Page 4: Die geskiedenis van onderstokke in Suid-Afrika (Deel 6) · 2017-07-04 · Die geskiedenis van onderstokke in Suid-Afrika (Deel 6) Sleutelwoorde: Paulsen 1103, SO 4, US 8-7, Ruggeri

US 8-7US 8­7 is ’n Suid­Afrikaans geteelde onderstok wat vroeg in die jare 1950 deur professor Chris Orffer van die Universiteit Stellenbosch geselekteer is. Dit het deel van die USVIT (“University of Stellenbosch Viticulture”) reeks onderstokke gevorm wat deur ’n kruising van Richter 99 en Jacquez ontwikkel is. ’n Aantal van hierdie kruisings is vanaf 1974 in veldproewe getoets, met US 8­7 en US 2­1 wat die mees belowende resultate gelewer het. US 8­7 is die enigste een wat die afgelope 10 jaar op ’n groter skaal kommersieel aangeplant is.

US 8­7 is ’n veelsydige onderstok wat op ’n verskeidenheid van grondsoorte goed vaar. Dit induseer medium hoë groeikrag, effens sterker as Richter 110. Dit het dieselfde grondvoorkeur as een van die ouers, Jacquez (diep alluviale leemgronde met be ­skikbaarheid van vog in die dieper grondlae), maar vaar ook goed op vlak dupleksgronde met ondergrondse natheid (waar 101­14 goed sou groei). By hierdie toestande verskaf US 8­7 uitstekende resultate. Dit moenie op diep, droë, sanderige en gekompakteerde gronde aangeplant word nie, selfs met intensiewe besproeiing; wingerdprestasie neem drasties af onder sulke toestande. Sodanige gronde is meer geskik vir Ramsey. US 8­7 induseer vroeë rypwording van die druiwe, soortgelyk aan SO 4. Die kort vegetatiewe siklus verminder die risiko van suurvrot by kultivars met kompakte trosse waar Ramsey oormatige geilheid sou induseer, en gevolglik die vrot risiko sal verhoog.

Dit bied baie goeie weerstand teen Phytophthora cinnamomi, maar slegs matige weerstand teen droogte. Aalwurm­ en brakbestandheid blyk matig tot goed te wees. Die gewildheid van US 8­7 het die afgelope dekade dramaties toegeneem waar dit as ’n intermediêre onderstok op alluviale leemgronde gebruik is waar Ramsey te veel groeikrag sou induseer. Terselfdertyd sou Richter 99 nie ge­skik wees nie weens sensitiwiteit vir aanhoudende natheid van die wortelsone onder intensiewe besproeiing. Deur ook US 8­7 se billike weerstand teen aalwurm in ag te neem, het dit ’n baie goeie plaasvervanger geword vir Richter 99, die onderstok wat tradisioneel op die alluviale, intensiewe besproeiingsgronde van die Berg­, Breede­ en Olifantsrivier­valleie gebruik is. Die jong

kwekerystokkie het ’n indrukwekkende wortelstelsel en vestig gevolglik maklik. US 8­7 vaar ook goed op die dupleksgronde van die Helderberg­kom waar dit onder besproeiing sterker groeikrag as 101­14 verskaf en ’n groter oesgrootte kan ondersteun. Dit word ook in die Rawsonville/Slanghoek­area aangewend op die klipperige rivierbedding gronde (klipterrasse) waar Jacquez in die verlede gefloreer het. Die onderstok kan dubbeldoelig vir kwaliteit, sowel as kwantiteit produksie aangewend word na gelang van die gronde en streek waar dit aangeplant word. Die kort vegetatiewe siklus stel die wingerdstok in staat om vinnig op gedifferensieerde aanwendings van kunsmis en besproeiing te reageer.

US 8­7 is nie wyd in die tafeldruif bedryf aangeplant nie. Dit sou ’n geskikte onderstok vir gekleurde kultivars op hoë potensiaal gronde in middel­ en laatseisoen gebiede soos die Paarl en Hexrivier kon wees, maar ook op die alluviale en vrugbare “binnegronde” van die Oranje­, Olifants­ en Bergrivier­valleie. Die een eienskap van US 8­7 wat bevraagteken word, is die hoeveelheid weerstand wat dit teen filloksera bied, inaggenome ouers soos Jacquez (Vitis aesativalis x Vitis cinerea x Vitis vinifera) en Richter 99. Moenie vergeet dat Jacquez 60 jaar gehou het voordat dit voor filloksera geswig het nie. Dieselfde het in die VSA gebeur waar AXR#1 (Aramons – Vitis rupestris x Vitis vinifera) na 30 jaar van gebruik geswig het. Dit is interessant om daarop te let dat slegs onderstokke met Vitis vinifera-ouers nie daarin geslaag het om oor tyd voldoende weerstand teen filloksera te bied nie. Tot op hede het US 8-7 egter nog nooit enige sensitiwiteit vir filloksera getoon nie.

143 B143 B is in 1882 in Frankryk deur professor Alexis Millardet en die markies De Grasset ontwikkel. Dit is ’n kruising van Vitis vinifera cv Aramon x Vitis riparia en is in omstreeks 1930 na Suid­Afrika ingevoer. Dit was een van die eerste onderstokke wat ontwikkel is deur Vitis riparia met Vitis vinifera-spesies te kruis in ’n poging om die weerstand van die Vitis riparia-onderstokke teen kalk­geïnduseerde chlorose te verhoog. Dit het nie baie lank in Europa oorleef nie weens swak weerstand teen filloksera, ’n eienskap van die meeste onderstokkruisings met ’n Vitis vinifera-basis. 143 B het

US 8-7.

(Fot

o: J.

A. T

eube

s.)

Page 5: Die geskiedenis van onderstokke in Suid-Afrika (Deel 6) · 2017-07-04 · Die geskiedenis van onderstokke in Suid-Afrika (Deel 6) Sleutelwoorde: Paulsen 1103, SO 4, US 8-7, Ruggeri

Vir verdere inligting kontak Andrew Teubes by [email protected].

matige affiniteit met die meeste Vitis vinifera-spesies. Deesdae word slegs Sultana en Merbein Seedless (vir rosyntjieproduksie) in Suid­Afrika op 143 B geënt.

143 B het reeds vroeg ’n baie gewilde onderstok in Suid­Afrika geraak nadat dit bekendgestel is, as gevolg van die gemak waarmee beworteling geskied het (die meeste wingerdstokke is destyds in die veld geënt), die sterk groeikrag wat dit geïnduseer het en die konstante hoë oesgroottes, veral op vrugbare, slikagtige alluviale gronde. Onder sodanige grondtoestande het wingerdstokke wat op 143 B geënt is baie jare lank oorleef en uitstekende opbrengste gelewer. Waar dit op meer marginale gronde gevestig is (vlak, droog en kompak, of diep en sanderig), het die wingerdstokke na 8 ­ 12 jaar begin agteruitgaan. Dit is waarskynlik weens ’n kombinasie van aanvalle deur aalwurms en filloksera. Dit het ’n medium kort vegetatiewe siklus en induseer vroeë rypwording, soortgelyk aan SO 4 en US 8­7. 143 B het baie goeie eienskappe, insluitend weerstand teen droogte, brak toestande, ondergrondse natheid en Phytophthora cinnamomi. Hierdie eienskappe het dit in die Jacquez­era ’n belangrike onderstok tesame met 101­14 gemaak, aangesien dit gevestig kon word op gronde wat nie besonder geskik vir Jacquez was nie (vlak gronde met ’n sterk struktuur; Estcourt­, Swartland­ en Sterkspruit­grondvorms wat swak gedreineer of brak was, en/of sonder besproeiing). Dit induseer matige sterk groeikrag (soortgelyk aan US 8­7 en Richter 110), maar bied swak weerstand teen ’n breë reeks aalwurmspesies (dit misluk binne enkele jare op sanderige gronde).

Tans beslaan 143 B ’n baie klein, dog belangrike plek in die Suid­Afrikaanse wingerdbedryf. Dit bly die belangrikste onderstok vir die rosyntjiebedryf in die Benede­Oranjerivier vallei op swaar alluviale gronde wat ryk is aan organiese materiaal en waar die risiko van aanvalle deur filloksera en aalwurms laag is. Die vernaamste rede vir hierdie keuse van onderstok is dat die belangrikste rosyntjiedruif kultivars, Sultana en Merbein Seedless, wanneer geënt op 143 B, minder geneig is tot groeistilstand verskynsel – ’n baie algemene fisiologiese verskynsel in die Benede-Oranjerivier vallei wat met hoë stikstofvlakke en swak wingerdreserwes geassosieer word. Dit is die enigste streek wat nog steeds 143 B aanplant, ongeag sy geskiedenis van swak weerstand teen filloksera. 143 B word slegs in Suid-Afrika en Oostenryk as onderstok gebruik.

Ten tyde van die onderstok­opname in 1966 deur die Stellenbosch Wyninstituut was die volgende inligting oor 143 B beskikbaar: Teen 1939 was dit reeds ’n gewilde onderstok weens maklike beworteling en sterk groeikrag. Dit toon geredelike affiniteit met kommersiële Vitis vinifera­kultivars, behalwe Merbein, bot vroeg en bied goeie weerstand teen droogte. Die kommersiële potensiaal van hierdie onderstok het belowend gelyk. Professor C.J. Theron het in 1955 gesê dat dit te vroeg is om kommentaar oor die langtermyn potensiaal van 143 B te lewer, maar dat dit verder ondersoek moes word weens die goeie weerstand wat dit teen droogte bied (beter as Jacquez en 101­14).

143 B.

(Bro

n: B

oerd

ery

in S

uid-

Afrik

a.)