die huwelik engeld - oldmutualcoda.co.za · “en dis veel goedkoper om wanneer die voorhuwelikse...

8
VOORBLAD FINWEEK 8 MEI 2014 11 Die huwelik geld: en die onverwagte prys van liefde DEUR DIE FINWEEK-SPAN

Upload: trankien

Post on 22-Aug-2019

215 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die huwelik engeld - oldmutualcoda.co.za · “En dis veel goedkoper om wanneer die voorhuwelikse kontrak opgestel word, ’n bietjie aan behoorlike advies te bestee, as om alles

VOORBLAD

FINWEEK 8 MEI 2014 11

Die huwelikgeld:en

die onverwagte prys van liefdeDEUR DIE FINWEEK-SPAN

Page 2: Die huwelik engeld - oldmutualcoda.co.za · “En dis veel goedkoper om wanneer die voorhuwelikse kontrak opgestel word, ’n bietjie aan behoorlike advies te bestee, as om alles

VOORBLAD

12 FINWEEK 8 MEI 2014

Die moderne huwelik is ’n

ongelooflik komplekse

instelling. Die dae is

verby toe twee jong

ongetroudes van teenoorgestelde

geslagte ’n duidelik omgeskrewe oor-

eenkoms sonder enige kinders, met

min bates en met geen gedagte aan

egskeiding nie gesluit het. Deesdae

beteken die kompleksiteite van die

huwelik en egskeiding, sake vir baie

gesinsprokureurs, terwyl opportu-

niste en entrepreneurs die klaarblyk-

lik onversadigbare bedryf benut.

Grootoog-bruide en senuweeag-

tige bruidegomme word gebombar-

deer met inligting oor die hou van die

perfekte troue en die intieme aspek-

te van die huwelik, terwyl praktiese

sake soos geld dikwels agterweë

bly. Stories is volop oor eggenote

wat alles weens ’n huweliksmaat se

dobbelgewoonte verloor het, of van

’n woedende geskeide wat daarop

ingestel is om die finansiële onder-

gang van ’n onbesonne eggenoot te

verseker.

Vreemd genoeg lyk dit nie of dié

gruverhale enigiemand afskrik nie.

Verlede jaar is 185 164 burgerlike

huwelike, 3 498 gewoontehuwelike

en 2 057 burgerlike verbintenisse by

die departement van binnelandse

sake geregistreer.

Die Suid-Afrikaanse Grondwet

beskerm die huwelik in al sy vorme.

Die wet op gewoontehuwelike, wat

in 2000 van krag geword het, erken

tradisionele huwelike, insluitend poli-

gamiese verbintenisse. Luidens ’n

verslag deur Statistieke Suid-Afrika

getiteld ‘Marriage and Divorce’, het

die getal gewoonteverbintenisse

stelselmatig van 9 996 in 2010 tot

5 084 in 2011 tot die genoemde 3 498

verlede jaar gedaal.

Daarteenoor het die aantal bur-

gerlike verbintenisse beduidend toe-

geneem. Met dié dat Suid-Afrika een

van die eerste lande is wat gay huwe-

like erken, het die wet op burger-

like verbintenisse in 2006 van krag

geword. Dié wetgewing laat paartjies

ongeag geslag of oriëntasie toe om

te trou of ’n burgerlike vennootskap

te vorm wat hulle dieselfde regte as

dié in burgerlike huwelike gee.

“In die algemeen het die getal

burgerlike verbintenisse wat in Suid-

Afrika geregistreer is, van 80 in 2007

tot 888 in 2010 gestyg, en toe effens

tot 867 in 2011 gedaal,” lui die ver-

slag. Volgens syfers van die depar-

tement van binnelandse sake het die

syfer net twee jaar later tot 2 057

gestyg.

Tweede huwelike word ook al hoe

algemener. Altesame 3,3% van die

bruidegomme wat in 2011 getrou het,

was geskeides, en 2,1% van die bruide

was. Die meeste geskeides (54,7%)

het kinders onder 18.

Suid-Afrikaners kan trou soveel

keer hulle wil; hulle kan trou met wie

hulle wil; en hulle kan meer as een

eggenoot op ’n slag hê. Hulle bring

dikwels kinders, aaklige egskeidings

en leed na nuwe verbintenisse. Wat

beteken dit vir hoe Suid-Afrikaanse

egpare (of huweliksgroepe) hul geld

bestuur?

Terwyl geen jong egpaar daarvan

hou om die moontlikheid te erken nie,

eindig baie huwelike in egskeiding.

Van die 20 980 egskeidingsake in 2011

was 27,3% van die mans en 30,6% van

die vroue ten tyde van die egskeiding

nie ekonomies aktief nie. Hoe word

werklose of ekonomies onaktiewe

mense en hul kinders in die geval van

egskeiding beskerm?

In dié artikel praat ons met die

kenners oor die verskillende soorte

huwelikskontrakte en hoe jy jou bates

in geval van egskeiding kan beskerm.

Ons kyk ook hoe skuld, aanspreeklik-

heid, gedeelde beleggings en belas-

ting in ’n huwelik gehanteer behoort

te word, en deel ’n paar wenke om

egpare te help om hul geld te bestuur.

Uiteindelik ondersoek ons die finansi-

ele slaggate van egskeiding.

Gallo Images/Thinkstock

Page 3: Die huwelik engeld - oldmutualcoda.co.za · “En dis veel goedkoper om wanneer die voorhuwelikse kontrak opgestel word, ’n bietjie aan behoorlike advies te bestee, as om alles

VOORBLAD

FINWEEK 8 MEI 2014 13

“As geen voorhuwelikse kontrak gesluit word nie, sal jy en jou eggenoot outoma-ties IN GEMEENSKAP van goed getroud wees,” sê Gillian Lowndes, vennoot by die regsfirma Lowndes Dlamini, wat in huweliksreg spesialiseer. “Julle sal dan gesamentlike eienaars word van alle bates wat by die bevestiging van die huwelik besit word en wat in enige tyd daarna verkry word. Geen formele oordrag van bates is nodig nie, want die gesamentlike boedel word outomaties geskep.”Volgens Lowndes sluit ’n VOORHU-WELIKSE KONTRAK outomaties die

aanwasbedeling in tensy die kontrak-terende partye dit spesifiek uitsluit. Die kontrak moet dan spesifiseer dat gemeenskap van goed, gemeenskap van wins en verlies en die aanwasbedeling uitgesluit word.“As julle as ’n egpaar die aanwasbedeling uitsluit en gevolglik BUITE GEMEEN-SKAP van goed getroud is, sal julle albei in dieselfde finansiële posisie wees as wat julle voor die huwelik was,” sê sy. “Jul boedels sal heeltemal afsonderlik wees en daar is geen deling van wel-vaart of aanspreeklikhede nie. Dit kan natuurlik met ’n egskeiding ongerief vir die armste eggenoot veroorsaak.”

Lowndes bek lemtoon dat dit belangrik is dat egpare besef dat as hulle besluit om nie ’n voorhuwelikse kontrak te sluit nie, hulle aan die genade van hul eggenoot se krediteure oorgelaat is en die administrasie van die gesamentlike boedel versigtig moet hanteer om nie met die gereg te bots nie.

“In ’n huwelik buite gemeenskap van goed het die armste eggenoot (gewoon-

lik die ma en vrou wat by die huis gebly en gesorg het vir die kinders wat uit die huwelik gebore is, of ’n vrou wie se man haar tydens die huwelik aangemoedig het om nie te werk nie) geen aanspraak op die bates wat haar man deur die loop van die huwelik versamel het nie,” sê sy.

“ ’n Eggenoot het in dié situasie net aanspraak op onderhoud, wat van baie faktore sal afhang, waaronder haar ouderdom, klaarblyklike geskiktheid vir werk (dit is haar vooruitsigte daarop om werk teen vergoeding te kry), die duur huweliksduur, die partye se optrede deur die loop van die huwelik ensovoorts.”

Lowndes sê omdat die Suid-Afri-kaanse wetgewing ’n algehele afslui-ting ná die huwelik verkies, howe geneig is om net onderhoudsbevele vir beperkte tydperke aan eggenote toe te staan. Lewenslange onderhoudsbe-vele (gewoonlik tot afsterwe of ’n nuwe huwelik) word gewoonlik net toegestaan in gevalle van ’n baie lang huwelik, die eggenoot bejaard is en geen vooruitsig het om betaalde werk te kan kry nie.

Ceri von Ludwig, ’n egskeiding-, gesins-reg- en bemiddelingsprokureur, waarsku teen sekere algemene foute wat mense dikwels met kontrakte maak. “Mense dink byvoorbeeld dat die aanwasstelsel aan hulle eienaarskap van die ander eggenoot se bates gee; dit wil sê: ‘Ek besit die helfte van sy huis omdat ons met aanwas getroud is.’ Nee, jy het die reg daarop dat sy huis by die waardasie van sy boedel ingesluit en dat die waarde van die kleinste boedel van die waarde van die grootste een afgetrek en dat ’n kontantbetaling gedoen word,” sê Von Ludwig. “As sy huis R100 werd is en hy het skuld van R100, is jy nie vir sy skuld aanspreeklik nie, maar jy besit ook nie sy huis nie.”

Nog ’n algemene fout is volgens Von Ludwig om te aanvaar: “Ek het iets besit

voordat ons getrou het, en daarom vorm dit nie deel van die aanwas nie.”

“Die wet (die wet op huwelikseien-dom, 88 van 1984) sê dat enigiets wat nie uitdruklik uitgesluit word nie, geag word ingesluit te wees. As dit dus nie uitdruklik en behoorlik in jou voorhu-welikse kontrak gelys is nie, word dit ingesluit. Dit maak sin as jy dink aan die eksekuteur van ’n bestorwe boedel wat aanwas 30 jaar later probeer bereken – hoe sal hy weet wat by die bevestiging van die huwelik besit is. Sy enigste ver-wysing is die voorhuwelikse kontrak.”DIE ‘GEMEENREGTELIKEHUWELIK’ EN DIEUNIVERSELE VENNOOTSKAP“Baie mense gaan onder die wanopvat-ting gebuk dat ons wet ’n ‘gemeenregte-like huwelik’ erken; dit wil sê, dat partye

wat saamwoon, ’n soort aanspraak het sodra die informele verhouding wat hulle aangegaan het, ineenstort, maar dit is nie die geval nie,” sê Lowndes. “Die enigste beskerming wat gebied word aan partye wat saamwoon, is om wat as ’n universele vennootskap bekend staan, te beweer en te bewys.”

DIE SLAGGATE VAN HUWELIKSKONTRAKTE

IN SUID-AFRIKA IS DAAR DRIE OPSIES VIR HUWELIKSKON-TRAKTE WAARUIT GEKIES KAN WORD:

■ In gemeenskap van goed (die

primêre huwelikseiendomstelsel).

■ Buite gemeenskap van goed.

■ ’n Voorhuwelike kontrak met die

insluiting van die aanwasbedeling

(tensy spesifiek uitgesluit).

KRY DIE REGTE KONTRAK

Gallo images/Getty images: Don Farrall

Page 4: Die huwelik engeld - oldmutualcoda.co.za · “En dis veel goedkoper om wanneer die voorhuwelikse kontrak opgestel word, ’n bietjie aan behoorlike advies te bestee, as om alles

VOORBLAD

14 FINWEEK 8 MEI 2014

Von Ludwig sê ook: “Daar is nie iets soos ’n gemeenregtelike huwelik in Suid-Afrika nie. Om saam te woon, gee jou geen wetlike reg om onder-houd van jou maat as ’n eggenoot te eis nie, en julle het geen reg op mekaar se bates of aanspreeklikheid vir mekaar se skuld nie.

“Daar is sekere baie beperkte en spesif ieke terreine waar mense wat saamwoon, voordele vanweë hul verhouding het (eise weens motorongelukke, pensioene en ander beperkte terreine), maar dit is spesifiek en daar is geen uitbreiding van die ‘in gemeenskap’-reg om te deel net omdat

Von Ludwig sê baie vrae moet beantwoord word om die regte besluit te kan neem:■ Wat gaan die betrokke mense met hul lewe doen?

■ Wie gaan ’n inkomste verdien en hoe? Sal hulle salaristrekkers wees, of sal

daar risiko’s verbonde aan die besit en begin van sakeondernemings wees?

■ Beplan hulle om kinders te hê en sal hulle albei kan aanhou om ’n inkomste

te verdien?

■ Het hulle ander afhanklikes vir wie hulle moet voorsien, soos kinders uit

vorige huwelikke?

“Basies moet hulle hul voorstel wat sal gebeur as een van hulle doodgaan – ver in die toekoms op bejaarde ouderdom – en wat hulle wil hê met hul bates en geld moet gebeur.”

Volgens Lowndes is dit vir skeidende eggenote belangrik om te sorg dat hulle hul testament aanpas.

“Dikwels sal die een eggenoot die ander as bevoordeelde in sy of haar testament aanwys en dan vergeet of uitstel om die betrokke testament ná die toestaan van die egskeidingsbevel aan te pas,” sê Lowndes.

Artikel 2B van die testamentwet van 1953 bepaal dat as die testateur (die per-soon wat die testament geskryf het) binne drie maande ná die ontbinding van die huwelik deur egskeiding doodgaan, enige testament wat voor die egskeiding opgestel is, gehanteer sal word asof die oorlewende voormalige eggenoot voor die egskeiding gesterf het. As meer as drie maande egter van die datum van die egskei-ding verstryk het en die testateur gaan dan dood, sal die voormalige eggenoot erf.

Terwyl dit maklik is om vasgevang te raak in die opwinding daarvan om te trou, is dit die moeite werd om vooraf in advies deur professionele mense te investeer.

“Ek is verstom oor hoeveel tyd en geld mense aan ’n troue sal bestee, maar hoe onwillig hulle is om voordat hulle trou, enigiets aan ’n voorhuwelikse kontrak en die regte advies te bestee,” sê Von Ludwig. “Ja, dit is duur as dit behoorlik gedoen word, maar dink net hoe ’n duur fout dit kan wees as dit verkeerd gedoen of verkeerd verstaan word en duur gevolge by ’n egskeiding of afsterwe kan inhou.

“En dis veel goedkoper om wanneer die voorhuwelikse kontrak opgestel word, ’n bietjie aan behoorlike advies te bestee, as om alles in ’n egskeiding te verloor en dit dan te probeer terugkry. Onthou ook dat selfs as jy seker is dat jy nie sal skei nie, jy wel gaan doodgaan, en om ’n behoorlike voorhuwelikse kontrak te hê, maak dit veel makliker vir dié wat jou oorleef.”

Dit is belangrik om te verstaan hoe jou huwelikskontrak jou skuld sal raak, of jy vir jou eggenoot se skuld aanspreeklik gehou kan word, en hoe jul gesamen-tlike beleggings gehanteer behoort te word. ’n Kontrak beskerm nie net die een

BESLUIT OP DIE REGTE KONTRAK

TESTAMENTE EN EGSKEIDING

INVESTEER IN ADVIES

DIE KONTRAK oor gemeenskap van

goed, of dit nou bewustelik gesluit word

of by verstek deur glad nie ’n kontrak

te sluit nie, beteken dat alle bates en

skuld gelyk gedeel word. Dit raak ook

boedels, beleggings en lenings. Geen

kontrak kan daarom sonder die ander

party se toestemming gesluit word nie.

Buite gemeenskap van goed sal beteken

dat die bates gedeel word volgens in wie

se naam dit is. Dit is veral ingewikkeld as

die een eggenoot nie werk nie of besluit

om tuis te bly en vir die kinders te sorg.

Die aanwasbedeling beskerm die belan-

ge van niewerkende maats en laat hulle

toe om te deel in bates wat tydens die

loop van die huwelik versamel is.

Bruce Cameron van Consolidated

Financial Planning sê: “Al word julle af-

sonderlik belas, kan eggenote sonder

enige belastinggevolge geskenke aan

mekaar gee en ontvang. As jy dus by die

huis bly en vir jou kinders sorg, behoort

jy daarop aan te dring dat ’n billike deel

van die bates in jou naam geregistreer

word. Dit is veral die geval as jou maat

sy of haar eie onderneming bedryf. Ten

minste jou huis en meubels behoort

byvoorbeeld in jou naam te wees sodat

jy nie alles sal verloor as die onderne-

ming in die moeilikheid beland nie.”

vennoot teen die ander nie, maar laat ook toe dat albei vennote se finansiële ver-wagtinge uiteengesit word.

As ’n emosiebelaaide egskeiding voor-kom, maak ’n kontrak gelaaide finansiële veldslae onnodig.

daar saamgewoon is nie.”Lowndes sê om ’n universele vennoots-

kap te bewys, moet die partye ooreen-

kom om só ’n vennootskap te sluit en

die volgende wys:

■ Dat elke party iets tot die verhouding

bygedra het, of dit nou arbeid, vaar-

dighede of geld was.

■ Dat die vennootskap tot albei partye

se voordeel is.

■ Dat die doel is om wins te maak.

Sy sê ’n universele vennootskap word nie maklik bewys nie en dat partye wat saamgewoon het, dalk geen regsaan-spraak sal hê nie.

SKULD

Page 5: Die huwelik engeld - oldmutualcoda.co.za · “En dis veel goedkoper om wanneer die voorhuwelikse kontrak opgestel word, ’n bietjie aan behoorlike advies te bestee, as om alles

VOORBLAD

FINWEEK 8 MEI 2014 15

In die aanwasbedeling word bates wat deur die loop van die huwelik verkry word, of wat “aan-was”, by die ontbinding gedeel. Dit geld ook die waarde van eiendom of ’n bate waarvan die waarde toeneem, tensy dit by die aanvang van die huwelik uitgesluit word. As die een maat skuld aangaan, behoort die skuld aan die betrokke maat en kan invorderaars dit nie van die ander maat eis nie. Dit beskerm die een maat teen die ander se skuld.

Donovan Adams, gesertifiseerde finansi-ele beplanner by Chartered Wealth, sê: “Bates wat van die huwelik binne gemeenskap, asook dié buite gemeenskap van goed met of son-der aanwas uitgesluit word, sluit skenkings en erflatings in. Jy kan daarom in gemeenskap van goed getroud wees, maar bates deur ’n voorhuwelikse kontrak van die gemeenskap uitsluit. As die een eggenoot gesekwestreer word, gebeur dit ook met die ander en albei kry insolvente status.”

ELKE KONTRAK wat met aanwas opgestel word, is uniek en word deur

die kontrakwet beheer, en kan daarom pasgemaak word om vir albei

partye te werk en klousules bevat wat van tyd afhanklik is. Dandy van

der Zander van Pioneer Financial Planning stel voor dat kontrakte spe-

sifiek vir die vereistes van die eggenote opgestel word en hulle kan selfs

tydsraamwerke bevat wat bates toewys nadat sekere mylpale bereik is,

byvoorbeeld ná ’n huwelik van tien jaar.

“Die deel van bates sal op pensioenfondse, beleggings, aandele op

die aandelemark of in ’n sakeonderneming van toepassing wees. Alles

vorm deel daarvan, tensy dit spesifiek uitgesluit word, en daarom is dit

belangrik om te verstaan wat dit beteken om die kontrak te onderteken.

Dis die besonderhede wat saak maak,” sê Van der Zanden.

Saam met ’n kontrak wat uiteensit hoe skuld en bates beheer sal

word, is dit ’n goeie idee om as pasgetroudes ’n finansiële plan te hê,

want jul doelwitte as ’n egpaar sal verskil van dié wat julle gehad het

toe julle ongetroud was. Om saam te woon, saam op vakansie te gaan,

saam te eet, sal die manier verander waarop julle geld bestee, en om

openlik saam te beplan, sal ’n nuwe vlak van diepte aan ’n huwelik gee.

Om getroud te wees en as pasgetrou-des te beplan, hou voordele in, afhan-gend van die soort kontrak waarop die egpaar besluit het. Die soort kontrak kan nadele hê, maar dit kan ook ’n paar voordelige faktore hê ten opsigte van die belasting van verskil-lende bates en hoe dit oorgedra kan word sonder die gelde wat gewoonlik van toepassing is.

In die geval van gemeenskap van goed word salarisinkomste en pensi-oeninkomste alles volgens die status van die belastingbetaler as ’n individu belas, maar enige ander bates wat ’n passiewe inkomste, soos huurinkom-ste, dividende en rente op spaargeld of beleggings, oplewer, word alles gehanteer asof dit deur albei partye besit word, en die belasting word gelyk tussen die eggenote verdeel.

As die egpaar in gemeenskap van goed getroud is, geld dieselfde reëls as hierbo vir enige bates wat gekoop en dan verkoop word, waardeur kapitaalwinsbelasting betaalbaar word. Enige wins wat gemaak word uit die verkoop van ’n bate, soos ’n eiendom of beleggingsportefeulje, sal tussen die eggenote verdeel word as hulle in gemeenskap van goed getroud is. Daar is die bykomende voordeel dat albei eggenote jaarliks vir uitsluiting van R20 000 op dié belasting sal kwalifiseer.

Al dié ingewikkelde scenario’s is dalk nie van toepassing wanneer daar vir die eerste keer getrou word nie, want jong mense het nog minder tyd gehad om waardevolle bates op te bou en is meer bereid om wat hulle ver-dien het, met hul maat te deel. In die geval van tweede huwelike, waar die potensiële eggenoot kinders en uitgebreide familie het om voor te sorg, asook hulself terwyl hulle aftreeouderdom nader, word bate-uitsluiting ernstig oorweeg. Daar is soms nie die luukse van tyd om weer jou batebasis op te bou wan-neer jy vir die tweede keer trou nie, en omdat die kans kleiner is dat tweede huwelike sal slaag, moet omvattende en duidelike uitslui-tings by die huwelikskontrak ingesluit word.

“Wanneer hulle trou, sal die eggenote die waarde van die boedel voor die huwelik bekend maak wat van die aanwas uitgesluit kan word. Dit is belangrik dat mense daarvan bewus is, veral met tweede huwelike en paar-tjies wat later in die lewe trou. Bates wat van die aanwas uitgesluit kan word, is skade wat ’n eggenoot ly en bates wat in die voorhuwelikse kontrak met aanwas uitgesluit is,” sê Craig Turton van Chartered Risk Solutions.

GEDEELDE BATESLET OP DIE DETAIL

BELASTING

KAPITAALWINSBELASTING

TWEEDE HUWELIKE

Gallo Images/Thinkstock

Page 6: Die huwelik engeld - oldmutualcoda.co.za · “En dis veel goedkoper om wanneer die voorhuwelikse kontrak opgestel word, ’n bietjie aan behoorlike advies te bestee, as om alles

VOORBLAD

16 FINWEEK 8 MEI 2014

’n Koers van 20% word op bestorwe boedels van meer as R3,5 miljoen gehef. Enigiets onder dié bedrag mag aan die lewende eggenoot oorgedra word sonder dat enige belas-ting gehef word. Elke maat is geregtig op ’n uitsluiting van R3,5 miljoen, en daarom is dit ’n goeie idee om die waarde van jou bates tot onder R3,5 miljoen te verminder deur skenkings aan die eggenoot met kleiner waarde te doen. Dit is nie van toepassing op eggenote wat in gemeenskap van goed getroud is nie, want in die oë van die staat is hulle ’n gesamentlike persoon; net buite gemeenskap van goed word eggenote as afsonderlike entiteite beskou en albei is op die belastingvrystelling van tot R700 000 geregtig.

Skenkings van onder R100 000 kan jaarliks van een egge-noot aan die ander gedoen word sonder dat dit nodig is om die verpligte skenkingsbelasting van 20% te betaal. As die een eggenoot meer as die ander verdien, kan hy of sy binne drie maande en onder die drempelbedrag ’n skenking aan die ander eggenoot doen om die belastinglas op die een maat te verlig. As die een maat sowel ’n salarisinkomste as huurinkomste verdien, sal dit dalk die beste wees om die huurinkomste aan die ander maat te skenk en sodoende te bespaar deur dié uitsluiting te benut waartoe ongetroude mense nie toegang het nie. Dit is van toepassing op sowel egpare wat in as wat buite gemeenskap van goed getroud is.

SKENKINGSBELASTING BOEDELBELASTING

Mens kan nie die verandering ontken wat finansiële bydraes in ’n huwelik in die 21ste eeu

ondergaan het nie. Histories was vroue versorgers en mans voorsieners. Geluk-kig geld die konsep van die man as die broodwinner en die vrou by die huis nie meer nie. Vroue se stryd om ekono-miese en finansiële onafhanklikheid het

tot gevolg gehad dat dit nou ’n aanvaar-bare idee is dat albei maats in ’n huwelik tot die huishoudelike uitgawes bydra. Dit gebeur egter nie sonder nadele nie. Die sekerheid bestaan nie meer dat die een persoon verantwoordelik is vir die finansiële verbintenisse wat ’n huwelik behels nie. Die nadeel is dat verskil-lende opinies oor geldbestuur, ongelyke

bydraes en die uitbeelding van bydraes dikwels hul eie probleme inhou.

Egpare leer vandag uit die deel van ervarings terwyl hulle saamwoon. Om saam te woon, stel dié egpare in staat om hul finansiële bydraes taamlik een-voudig voor die huwelik af te baken. Meestal voer hulle dié stelsel in die huwelik in. Omdat vroue sleutelspelers

HUISHOUDELIKE FINANSIES: Wie betaal waarvoor?

Gallo images/Getty images: Andrew Rich

Page 7: Die huwelik engeld - oldmutualcoda.co.za · “En dis veel goedkoper om wanneer die voorhuwelikse kontrak opgestel word, ’n bietjie aan behoorlike advies te bestee, as om alles

VOORBLAD

FINWEEK 8 MEI 2014 17

in die sakesektor word en hul loopbaan ná kinders voortsit, beteken die geboor-te van kinders nie altyd ’n verlies aan die inkomste van een maat soos in vroeëre generasies die geval was nie.

Dink as voorbeeld aan die stil gene-rasie, wat tussen 1925 en 1942 gebore is. In die algemeen het mans gewerk en voorsien. Vroue het tuis gebly om vir hul man en kinders te sorg en was meestal finansieel heeltemal van hul man afhanklik. Toe kom die na-oor-logse generasie, wat tussen 1943 en die vroeë 1960’s gebore is en daarvoor ver-antwoordelik was om die tradisionale waardes te herbepaal en te hervorm, veral ten opsigte van vrouebemagti-ging. In dié tydperk het ’n groot per-sentasie van vroue by die arbeidsmark betrokke geraak, en baie dra vandag nog beduidend tot die huishoudelike uitgawes by. Generasie X en die mil-lenniumgenerasie het voortgegaan om die toenemende groei in die bydrae deur albei huweliksmaats te hervorm. Vandag is ’n huwelik waar albei maats werk en byna ewe veel bydra, nie on-gewoon nie.

“In die moderne tyd wissel gedeel-de finansies baie – met al hoe meer egpare waar die vroue die grootste verdiener is, veral vanweë regstellende aksie,” sê Liesl Vogt, kliniese sielkun-dige by Bryanwood Therapy Centre, Bryanston. “Die meeste egpare begin deur uitgawes te deel op grond van wat hulle verdien, en dit lyk of dié patroon die res van die huwelik voortduur, tensy die omstandighede verander.

“Die rol van die broodwinner het baie verander, veral as die vrou ’n sterk posisie beklee en meer kan verdien, of haar werk vereis dat sy langer skofte werk. By die meeste egpare beteken die lewenskoste dat albei maats moet werk om hul finansiële verbintenisse na te kom. By die meeste middelklasegpare is daar nie meer ’n duidelike broodwin-ner nie. Ondanks ongelyke inkomste gebeur dit in sommige verhoudings dat die maat wat geldsake die beste hanteer, beheer oorneem, maar kan nie as die

broodwinner beskou word nie – eerder as die administrateur van die egpaar se geldsake,” sê sy.

Die Wêreldbank se verslag oor finansiële insluiting in Suid-Afrika toon dat 94% van volwassenes met tersiêre opvoeding nou ’n bankreke-ning het. Tog is die kans steeds 7% kleiner dat vroue ’n rekening sal hê as mans. Daar is steeds sommige kulture en godsdienste wat gedeelde finansies beïnvloed. “Terwyl dit nie ’n kon-sekwente bepaler is van hoe geldsake gedeel word nie, en des te minder op hoër onderwysvlakke, gebeur dit dat hoe tradisioneler die waardes is, veral in Afrika- en Asiatiese gesinne, hoe groter is die kans dat mans steeds die rol as die hoof van die huishouding sal inneem en die standpunt sa l huldig dat hulle die voorsiener v i r hu l gesin behoort te wees,” sê Vogt.

Min jonger egpare kan dié patroon of dié van egpare van die ouer gene-rasie naboots. Vogt sê gevolglik is albei maats meer betrokke by die koste daarvan om die huishouding te bestuur en te onderhou, en die idee van gedeelde finansies is die reël. Die bykomende koste daarvan om kinders groot te maak en onderwys te verskaf, is ’n geweldige finansiële verbintenis, en dikwels moet albei maats werk om daarvoor voorsiening te kan maak.

Volgens Statistieke Suid-Afrika is die gemiddelde jaarlikse huishoude-like verbruiksbesteding R95 000 – ’n bedrag van byna R8 000 per maand. Dit is meer as 50% van die gemid-delde maandelikse salaris van sowat R15 000, wat reeds onder druk van stygende lewenskoste gebuk gaan. Die prys van voedsel het op ’n jaar-grondslag met 7,2% gestyg, terwyl ver-

voerkoste met 6,9% gestyg het, berig Trading Economics. Statistieke Suid-Afrika berig dat voedsel, petrol en siekteversekering die drie hoofgroepe is wat tot die voortgesette opwaartse druk van inf lasie bydra – van 5,3% in Desember tot die huidige vlak van 6%, terwyl die Suid-Afrikaanse Reserwebank voorspel dat dit vanjaar gemiddeld 6,3% sal wees.

Belangrike ingevoerdere goedere, soos brandstof, sal die lewenskoste vanjaar waarskynlik hoog hou en beduidende druk bydra tot huishou-delike koste, wat reeds ooreisend is. Egpare tussen 28 en 45 jaar loop ’n groter gevaar om finansiële probleme te ondervind, sê Vogt, en sal dié druk waarskynlik ervaar.

Finansiële druk of onmin wat met huis-houdelike koste verband hou, beteken dat daar dikwels wrewel is oor ’n kompul-siewe geneigd-heid om te veel te bestee, kre-dietkaartskuld aan te gaan, oor waaraan ’n maat

geld uitgee, en of ’n maat meer verdien maar die indruk wek dat daar minder bygedra word. Vir baie egpare in ’n tweede of derde huwelik kan die kwes-sie van onderhoud wat vir kinders uit ’n vorige huwelik betaal word, ook ’n bron van ontevredenheid wees.

Vogt sê in sommige gevalle het nie een van die maats die vaagste benul van die ander se inkomste of uitgawes nie, afgesien van die deel wat aan die huis-houding toegewys word, en dit kan ’n bron van wantroue wees. Vir egpare wat geldsake openlik onderhandel, dra dit tot ’n gevoel van veiligheid en vertroue by. Sommige egpare doen dit deur ’n “sy-”, “haar-” en “ons-rekening” te hê as ’n manier om te deel terwyl hulle steeds privaatheid behou.

“DIE ROL VAN DIE

BROODWINNER HET

BAIE VERANDER, VERAL

AS DIE VROU ’N STERK

POSISIE BEKLEE EN MEER

KAN VERDIEN, OF HAAR

WERK VEREIS DAT SY

LANGER SKOFTE WERK.

Page 8: Die huwelik engeld - oldmutualcoda.co.za · “En dis veel goedkoper om wanneer die voorhuwelikse kontrak opgestel word, ’n bietjie aan behoorlike advies te bestee, as om alles

Die finansiering van liefde deur die eeue

VOORBLAD

18 FINWEEK 8 MEI 2014

■ Stel ’n huishoudelike begroting op en lys alle huishoudelike

uitgawes.

■ Bepaal watter persoonlike items, indien enige, nie by die

gesamentlike huishoudelike uitgawes ingesluit is nie.

■ Bepaal die bydrae van elke maat. Die ideaal is dat die

grootste inkomsteverdiener ’n groter persentasie van die

bydrae moet lewer. Vir egpare wat omtrent ewe veel ver-

dien, kan die rekening om die helfte verdeel word.

■ Besluit wie finansieel verantwoordeliker is en/of meer tyd

het om die betaling van rekeninge te hanteer. Verdeel

andersins die verantwoordelikheid vir rekening gelykop,

maar kommunikeer oor wie wat betaal.

■ ’n Gesamentlike rekening is nuttig wanneer albei maats tot

die huishoudelike uitgawes bydra. Dit stel albei partye in

staat om hul deel vir uitgawes in die rekening te deponeer.

■ Kommunikeer veranderinge: As omstandighede verander,

pas die huishoudelike uitgawes en bydraes saam aan.

■ Afgesien van individuele besparings behoort gekom-

bineerde besparings vir goed soos die koop van ’n huis

of vakansies ook ingesluit te word.

■ Weerstaan kredietaankope. Die maksimum toegelate

rente-koers is 21% per jaar en dit veroorsaak dat ’n groot

deel van jou geld onnodig weggegee word.

■ Moenie ’n slaaf van lojaliteitsprogramme en verbruikersaf-

slag wees en sodoende onnodige uitgawes aangaan nie,

maar gebruik hulle wel tot jou voordeel.

■ Betaal rekeninge betyds om boetes weens laat betalings,

asook huweliksonmin, te vermy.

wenke om jul gedeelde begroting te bestuur

DIE STIL GENERASIE (1925-1942)Die man was die broodwinner. Sy vrou het kortstondig in ’n deeltydse pos gewerk voordat hulle kinders gekry het, maar daar is nooit van haar verwag om tot die huishoudelike uitgawes by te dra nie.

“Ek het my verdienste gebruik om persoonlike goedjies, presente en orna-mente vir die huis te koop,” sou sy ti-pies sê. “My man het altyd gesorg dat ek geld het vir wat ek ook al nodig gehad het. Geld was nooit ’n kwessie nie, maar ek is ook nie spandabelrig nie, en ek veronderstel hy het daarom nie rede om te kla nie. Hy sorg vir al die finansies, asook ons spaargeld.”

DIE NAOORLOGSE GENERASIE (1946-1964)“Toe ons getrou het, het ons wel albei gewerk, maar my man was die hoof-broodwinner. Hy het meestal die ver-bandlening, motors en onderhoud betaal, terwyl ek vir die kruideniersware en enige van my eie, persoonlike uit-gawes betaal het. In dié tydperk kon ek ’n bietjie spaargeld opsysit. Dit is nou onmoontlik om te spaar, want ek

dra ook tot verskeie ander uitgawes by terwyl hy nou ook die (buitensporige) onderwysgelde betaal. Terwyl hy nooit van my verwag het om soveel by te dra as wat ek doen nie, het die lewe veran-der en ons sou nie sonder albei salarisse kon klaarkom nie.”

DIE MILLENNIUMGENERASIE (1980-2000)“Ons het getrou nadat ons ’n tyd lank saamgewoon het. Ons verdeel uitgawes op dieselfde manier as wat ons voor die huwelik gedoen het. My man betaal die huurgeld; ek betaal vir kruideniersware en skoonmaakdienste, en ons deel die motoruitgawes. Ek betaal meestal vir ons vermaak, wat reg is, want ek ver-dien immers ’n bietjie meer as hy! Al probeer ons om elke maand ’n bietjie te spaar, is dit waarskynlik nie genoeg nie, want ons ouers neul voortdurend by ons om meer te spaar en uitgawes aan nie-noodsaaklike items te besnoei.”

DIE PRENTJIE HET BAIE VERANDER.

Vandag is die algemene konsensus onder getroude egpare dat uitgawes en bydraes volgens salaris toegewys be-hoort te word. Finweek se bevindinge

dui daarop dat die maat wat die grootste salaris verdien, die grootste las dra deur die groot items, soos die verbandlen-ing, nutsdienste, motorpaaiemente en skoolgelde, te betaal, terwyl die maat wat die kleinste salaris verdien, vir kruideniersware, ’n bediende of kinder-sorg, telefone en ander huishoudelike en kinderverwante koste betaal.

Een van die grootste faktore van huweliksonmin hou moontlik met geld verband. Dit maak sin dat om ’n gesonde huwelik vol te hou, die verdeling en bestuur van huishoudelike finansies ’n prioriteit moet wees. Beperkte finan-siële geletterdheid en ondoeltreffende kommunikasie tussen huweliksmaats lei dikwels tot slegte finansiële besluite, en daarom moet daar uitgestippel word wie waarvoor betaal (lees die kassie).

1010Gallo Images/Thinkstock