die ingeligte verbruiker - western cape · mense ondervind gewoonlik finansiële probleme omdat...

12
Dié gids sal u bemagtig om: u regte as verbruiker te ken en te weet hoe om hulle af te dwing 2 u geld verstandig te gebruik 4 u eie begroting op te stel 6 ’n plan te maak met u skuld 9 gebruik te maak van verbruikersbeskermingsowerhede 11 Wat is ’n verbruiker? Die meeste van ons is verbruikers. Onthou dat, indien u produkte of dienste koop, huur, verkry of gebruik, u ’n verbruiker is. Waarom het u dié gids nodig? DIE INGELIGTE VERBRUIKER KANTOOR VAN DIE VERBRUIKERSBESKERMER DEPARTEMENT VAN EKONOMIESE ONTWIKKELING EN TOERISME ONDERSTEUN ENERGISEER SKEP STIMULEER GROEI

Upload: others

Post on 12-Jun-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: die iNGeLiGTe VeRBRUiKeR - Western Cape · Mense ondervind gewoonlik finansiële probleme omdat hulle: • Te veel geld bestee; • Op rekening koop en nie kan bekostig om die maandelikse

Dié gids sal u bemagtig om:u regte as verbruiker te ken en te weet hoe om hulle af te dwing 2u geld verstandig te gebruik 4u eie begroting op te stel 6’n plan te maak met u skuld 9gebruik te maak van verbruikersbeskermingsowerhede 11

Wat is ’n verbruiker?Die meeste van ons is verbruikers. Onthou dat, indien u produkte of dienste koop, huur, verkry of gebruik, u ’n verbruiker is.

Waarom het u dié gids nodig?

dieiNGeLiGTe VeRBRUiKeR

KaNTooR VaN die VeRBRUiKeRsBesKeRmeR

DEPARTEMENT VAN EKONOMIESE ONTWIKKELING EN TOERISME

ONDERSTEUN • ENERGISEER • SKEP • STIMULEER • GROEI

Page 2: die iNGeLiGTe VeRBRUiKeR - Western Cape · Mense ondervind gewoonlik finansiële probleme omdat hulle: • Te veel geld bestee; • Op rekening koop en nie kan bekostig om die maandelikse

U het die reg op:

Veiligheid. Verbruikers moet beskerm word teen produksieprosesse, produkte en dienste wat gevaarlik is vir gesondheid of lewe.

Inligting. Verbruikers moet voorsien word van feite wat nodig is om ingeligte keuses uit te oefen en het die reg om beskerm te word teen oneerlike of misleidende reklame of etikette.

Keuse. Verbruikers het die reg om te kies uit ’n verskeidenheid goedere en dienste van gehalte wat teen mededingende pryse verkoop word.

Verteenwoordiging. Verbruikers se belange moet verteenwoordig word in die opstel en uitvoering van regeringsbeleid en in die ontwikkeling van produkte en dienste.

Verhaal. Verbruikers het die reg op verhaal (terugneem / terugbetaling) met betrekking tot hul griewe oor minderwaardige, onveilige en oormatig duur goedere en dienste, onbillike eise en ander onbillike verbruikerspraktyke.

Verbruikersopvoeding. Verbruikers het die reg op opvoeding wat hulle sal bemagtig om met vertroue ingeligte keuses oor goedere en dienste uit te oefen.

’n Gesonde en volhoubare omgewing. Verbruikers het die reg om te lewe en te werk in ’n omgewing wat nie hul gesondheid en lewe bedreig nie en nie ’n gevaar inhou vir teenswoordige of toekomstige geslagte nie.

Bevrediging van basiese behoeftes. Verbruikers moet toegang hê tot basiese goedere en dienste soos voldoende kos, klere, behuising, gesondheidsorg, onderwys, skoon water en sanitasie.

2

en verantwoordelikhedeas ’n verbruiker

U regte

Page 3: die iNGeLiGTe VeRBRUiKeR - Western Cape · Mense ondervind gewoonlik finansiële probleme omdat hulle: • Te veel geld bestee; • Op rekening koop en nie kan bekostig om die maandelikse

U het ’n verantwoordelikheid om:

Die gehalte en veiligheid van produkte te bevraagteken. Lees die instruksies op produkte en gebruik die produkte soos bedoel is.

Die voorwaardes van ’n kontrak te verstaan voordat u dit teken. ’n Aanbod wat te goed klink om waar te wees, ís waarskynlik te goed om waar te wees. Indien u onseker is oor iets, vra dan vrae en verkry advies voordat u teken.

Pryse te vergelyk en oor verskille tussen produkte uit te vind.

Te laat blyk wat u behoeftes en verwagtinge is. Neem deel aan die aktiwiteite van verbruikersgroepe.

Na die sakeonderneming terug te keer indien u nie met ’n produk of diens tevrede is nie. Moenie skroom om te kla nie. Kontak die betrokke verbruikersbeskermingsowerheid om u klagte te ondersoek.

Gebruik te maak van geleenthede om meer oor u regte as ’n verbruiker te leer.

Bedag te wees op produkte wat ’n gevaar vir die omgewing kan inhou.

Hulpbronne soos water op verantwoordelike wyse te gebruik sodat alle gemeenskappe toereikende toegang tot sodanige hulpbronne kan hê.

3KaNTooR VaN die VeRBRUiKeRsBesKeRmeR 0800 007 081 ToLVRy |

Daar is verskeie wette en regulasies in Suid-Afrika wat verbruikersregte beskerm. Dié wette is deur die regering opgestel om te verseker dat verbruikers soos u teen verskeie onbillike sakepraktyke beskerm word.

Dié wette is geïmplementeer maar dit bly die verantwoordelikheid van die individuele verbruiker en die sakeonderneming om te verseker dat die verbruiker se regte afgedwing en eerbiedig word. Daar is agt internasionaal erkende standaardverbruikersregte wat in Suid-Afrika aanvaar word. Dié regte kan as volg opgesom word:

Page 4: die iNGeLiGTe VeRBRUiKeR - Western Cape · Mense ondervind gewoonlik finansiële probleme omdat hulle: • Te veel geld bestee; • Op rekening koop en nie kan bekostig om die maandelikse

• Die beste opsie is altyd om kontant te betaal vir ’n item;• Met kontant in die hand kan u rondsoek vir die beste prys;• Open ’n spaarrekening by die bank waarin u geld kan deponeer;• Die gebruik van ’n debietkaart is soos kontant, maar baie veiliger;• Hanteer u kaart soos kontant en moet dit nie laat rondlê nie;• Begin om elke maand geld te spaar.

• Vermy dit sover moontlik om op krediet te koop.• Indien u ’n lening of enige krediet soos ’n meubel- of klererekening verkry, het u ’n kontrak

met die uitlener van die geld aangegaan en het u die verantwoordelikheid om dié geld vol-gens die bepalings en voorwaardes van die kontrak terug te betaal.

• Lees die bepalings en voorwaardes van die kontrak noukeurig deur.• Om geld te leen, kos geld.• Vradiekredietverskafferwatuelkemaandsalmoetbetaalvirdieleenvandiegeldofwatter

rente die winkel op u rekening sal hef.• Dit is vinnig en maklik om ’n rekening te open, maar nie so maklik om dit af te betaal nie.• Maak seker u het die produk werklik nodig. Moenie krediet roekeloos gebruik nie.• Wees eerlik wanneer u vir krediet aansoek doen.• Ondersoek alternatiewe opsies voordat u besluit om ’n krediettransaksie te sluit.

• Pensioentrekkers en ontvangers van maatskaplike toelaes is die teiken van geldskieters wat hulle uitbuit deur lenings teen hoë rentekoerse aan te bied.

• Verreweg die meeste geldskieters is nie by die Nasionale Kredietreguleerder geregistreer nie en kom nie die bepalings van die Nasionale Kredietwet na nie;

• Geldskieters word nie toegelaat om u toelaebetalingskaart, debietkaart of identiteitsdokument in hul besit te hou nie.

U en u geld

Om op krediet te koop

Pasop vir geldskieters

Verbruikerswenke

4

Page 5: die iNGeLiGTe VeRBRUiKeR - Western Cape · Mense ondervind gewoonlik finansiële probleme omdat hulle: • Te veel geld bestee; • Op rekening koop en nie kan bekostig om die maandelikse

ONTHOU ALTYD:INDIEN ’N AANBOD TE GOED KLINK OM WAAR TE WEES,

ÍS DIT WAARSKYNLIK

• Die beste opsie is altyd om kontant te betaal vir ’n item;• Met kontant in die hand kan u rondsoek vir die beste prys;• Open ’n spaarrekening by die bank waarin u geld kan deponeer;• Die gebruik van ’n debietkaart is soos kontant, maar baie veiliger;• Hanteer u kaart soos kontant en moet dit nie laat rondlê nie;• Begin om elke maand geld te spaar. • ’n Getekende kontrak is ’n regtens bindende ooreenkoms tussen twee of

meer partye.• As ’n verbruiker moet u toesien dat u die verantwoordelikheid aanvaar om

die bepalings en voorwaardes van die kontrak te lees en te verstaan voordat u dit teken.

• Kontrakte is deel van ons lewe, byvoorbeeld om ’n rekening te open of vir ’n selfoon te teken.

• Moenie u haas nie; vra vir duidelikheid en die kontrak moet in maklik verstaanbare taal verduidelik word.

• Verkry advies oor die kontrak indien u onseker is.• Onthou, dis beter om u nie te haas nie en advies te verkry voor u die kontrak

teken, in plaas daarvan om die bepalings en voorwaardes later te betwis.

• Wees versigtig wanneer begrafnisversekeringspolisse gekoop word.• Die doel van begrafnisversekering is om met die betaling van uitgawes

verbonde aan begrafnisse te help.• Die versekering moet deur ’n geregistreerde

langtermynversekeringsmaatskappy onderskryf word.• Die polishouer moet ’n afskrif van die polisdokument ontvang wat die naam

moet bevat van die langtermynversekeringsmaatskappy wat die polis onderskryf.

• Diepolishouer/lidmoetvoorsienwordvan’nlidmaatskapsertifikaat,wat inligting vermeld soos die naam van die onderskrywer (versekeraar); die premie wat betaalbaar is; die voordele wat betaalbaar is; wanneer die dekking begin; wat die uitsluitings is; wagtydperke en eisprosedures.

Kontrakte

Begrafnispolisse

5KaNTooR VaN die VeRBRUiKeRsBesKeRmeR 0800 007 081 ToLVRy |

Page 6: die iNGeLiGTe VeRBRUiKeR - Western Cape · Mense ondervind gewoonlik finansiële probleme omdat hulle: • Te veel geld bestee; • Op rekening koop en nie kan bekostig om die maandelikse

INKOMSTE

Salaris

R2500

Inkomste van gade

R2000

Totale inkomste

R4500

UITGAWES

Huur

R1000

Skoolgeld

R200

Kruideniersware

R2000

Water en elektrisiteit

R100

Vervoer

R400

Klere

R200

Selfoon

R100

Totale uitgawes

R4000

Geld oor om te spaar R500

Hoe om te begrootWanneer u meer geld bestee as wat u verdien, stuur u afop’nfinansiëleramp.Indienuweethoeveelgeldumoet bestee en waarop u u geld bestee, behoort u nie

finansiëleproblemeteondervindnie.

Wat is ’n begroting?’n Begroting dui aan wat u inkomste en uitgawes is sodat u kan sien hoeveel geld u elke maand tot u beskikking het.Menseondervindgewoonlikfinansiëleproblemeomdathulle:• Te veel geld bestee;• Op rekening koop en nie kan bekostig om die maandelikse paaiemente terug te

betaal nie;• Deur spesiale aanbiedings van winkels uitgelok word om nou te koop en later te

betaal;• Nie vooruit beplan vir onvoorsiene uitgawes soos herstelwerk en verhogings in

rentekoerse of instandhoudingskoste nie;• Geld leen van mikroleners, vriende, familie, ens.

Voorbeeld van ’n begroting:

6

U eie BEGROTING

Page 7: die iNGeLiGTe VeRBRUiKeR - Western Cape · Mense ondervind gewoonlik finansiële probleme omdat hulle: • Te veel geld bestee; • Op rekening koop en nie kan bekostig om die maandelikse

Stap 4: Verander die wyse waarop u geld besteeVra uself die volgende vrae af:

Wat is die belangrikste uitgawes?Dit is die noodsaaklike uitgawes wat u moet betaal, soos huur, verband, lewensversekering, munisipale rekeninge, ens.

Hoe kan ek my uitgawes besnoei?Bestudeer die lys van u uitgawes en vra uself dié vrae af:• Is dié uitgawe te hoog?• Is daar enige manier waarop ek dié uitgawe kan verminder?• Is dié uitgawe werklik nodig?• Kan ek iets anders koop, bv goedere sonder handelsmerke?

Stel u begroting opStap 1: Bereken u inkomste

Gebruik betaalstrokies en bankstate om die volgende op te tel: U maandelikse of weeklikse inkomste, u gade se inkomste, maatskaplike toelaes, onderhoudsbetalings en enige ander inkomste wat u ontvang.

Stap 2: Maak ’n lys van u vaste uitgawesVaste uitgawes is uitgawes wat u elke maand moet aan-gaan en wat elke maand dieselfde bly. Voorbeelde is: U verband, munisipale gelde, meubel- en klererekeninge, lenings, skoolgeld, ens.

Stap 3: Maak ’n lys van u wisselende uitgawesDit is uitgawes wat nie elke maand dieselfde is nie.• Wisselende uitgawes wat u nodig het, sluit in: Kos,

water, elektrisiteit, telefoonkoste, herstelwerk, ens.• Wisselende uitgawes wat u wil hê, sluit in: Sport,

geskenke, kitskos, alkohol, sigarette, vermaak, ens.

Wenk: Hou afskrifte van alle rekeninge en betalings om tred te hou van die spandering. Bereken elke sent wat u daagliks spandeer, al is dit hoe min.

7KaNTooR VaN die VeRBRUiKeRsBesKeRmeR 0800 007 081 ToLVRy |

Page 8: die iNGeLiGTe VeRBRUiKeR - Western Cape · Mense ondervind gewoonlik finansiële probleme omdat hulle: • Te veel geld bestee; • Op rekening koop en nie kan bekostig om die maandelikse

Hoeveel skuld het ek regtig?Met groter skuld, is u minder buigsaam om u uitgawes te bestuur. Maak ’n plan om skuld so gou as moontlik af te betaal. Belê enige besparings wat u danksy die vermindering van u onnodige uitgawes bewerkstellig, in u skuld.

Hoeveel geld sal ek tot my beskikking hê ná my skuld afbetaal is?Die antwoord sal u motiveer om u skuld te betaal en vir die toekoms te beplan. Dít sal u toe-laat om langtermynplanne te maak vir u toekoms, bv vir u kinders se opvoeding.

Stap 5: Neem beheer oor van u geldNoudat u ’n begroting het, kan u beplan oor hoe u graag u geld wil bestee. Reël ’n gesinsver-gadering en bespreek wat u kan doen om geld te bespaar. Verminder u uitgawes op produkte met handelsmerke en soek vir goedkoper plaaslike produkte van dieselfde gehalte.

Maak planne om u uitgawes te verminder

• Stel u maandelikse begroting op. Skryf die werklike uitgawes in langs u begrote bedrae om vas te stel of u meer of minder bestee as waarvoor u begroot het. Neem al die uitgawes in aanmerking wanneer u die begroting vir die volgende maand opstel.

• Laat spaargeld deel word van u maandelikse uitgawes; dit sal u help om u tot ’n deurlopende spaarprogram te verbind.

• Stel ’n besparingsdoelwit — vir onderwys, ’n nuwe motor, ’n vrieskas of u aftrede. Indien u byvoorbeeld vir ’n vrieskas spaar en dit slegs koop sodra u al die geld gespaar het, sal u baie geld aan rente spaar.

• Indien u ervaar dat u uitgawes, vergeleke met u inkomste, buitengewoon hoog is, moet u besnoei op onnodige besteding. ’n Begroting sal dit duidelik aantoon.

Wenke oor begrotings:

8

Stap 5, 2de reel:

Page 9: die iNGeLiGTe VeRBRUiKeR - Western Cape · Mense ondervind gewoonlik finansiële probleme omdat hulle: • Te veel geld bestee; • Op rekening koop en nie kan bekostig om die maandelikse

’n Aanduiding dat u oorverskuldig is, is wanneer u nie in staat is of in staat sal wees om al die verpligtinge kragtens die kredietooreenkomste waarby u ’n party is betyds na te kom nie.

Wat om te doen wanneer u oorverskuldig isWanneer u besef dat u oorverskuldig is:• Dieeerstestapisomukredietverskaffertenaderenteprobeeromlaerpaaiemente

te beding. • Indien dit nie slaag nie, kontak ’n geregistreerde skuldberader in u omgewing.• ’n Skuldberader is iemand wat deur die Nasionale Kredietreguleerder geregistreer

isommensebytestaanwatfinansiëleproblemeondervind.Dierolenfunksievanskuldberaders word voorgeskryf in die Nasionale Kredietwet, 2005.

Wat is die Nasionale Kredietwet?Die Nasionale Kredietwet is ’n nasionale Wet wat deur die Parlement verorden is ten eindedieverskaffingvanverbruikerskrediettereguleerenooksekereonbillikekrediet-en kredietbemarkingspraktyke te verbied.

Hoe beskerm die Nasionale Kredietwet u as ’n verbruiker?Die Nasionale Kredietwet beskerm verbruikers wat kredietooreenkomste aangaan deur hul krediettransaksies te moniteer en te reguleer. Die Wet maak ook voorsiening vir skuldberadingomverbruikerstehelpwatnieinstaatisomalhulfinansiëleverpligtingeteen die vereiste spertye vir betaling na te kom nie.

Die Wet stel u in staat om die besittings terug te gee waarvoor u nie meer in staat is om te betaal nie. Kragtens ’n ‘Paaiementsooreenkoms’ of ‘Gesekureerde Lening’ (motor/huishoudelike ware), het u die reg om, ooreenkomstig die vereiste prosesse, skriftelike kennisaandiekredietverskaffertegeeomdieooreenkomstebeëindig.

Wat dit beteken om oorverskuldig te wees

9KaNTooR VaN die VeRBRUiKeRsBesKeRmeR 0800 007 081 ToLVRy |

Maak ’n plan met uSKULD

Page 10: die iNGeLiGTe VeRBRUiKeR - Western Cape · Mense ondervind gewoonlik finansiële probleme omdat hulle: • Te veel geld bestee; • Op rekening koop en nie kan bekostig om die maandelikse

Moenie wegkruip nieKontak die skuldinvorderaar indien u rekeninge reeds aan skuldinvorderaars oorhandig is en tref reëlings om te betaal eerder as om weg te kruip. Rente en ander koste word by rekeninge gevoeg wat aan skuldinvorderaars oorhandig is en dit is dus ’n goeie plan om die skuldinvorderaar so gou as moontlik te kontak voordat die koste en rente te hoog word.

Ken u regteVoordat’nkredietverskafferby’nhofaansoekdoenomubesittingsterugteneemas’nmanieromdieskuldaftedwing,wordregtensvandiekredietverskafferverlangomuvooraf skriftelik te waarsku, en oor die beskikbare opsies in te lig, nl:• Soek hulp by ’n skuldberader;• Soek hulp by ’n alternatiewe geskilbeslegtingsmeganisme; of• Sien toe dat u betalings gedoen is.

U het die reg om die ooreenkoms opnuut van krag te maak deur al die verskuldigde bedrae, metinbegripvanwanbetalingsheffingsendieredelikekosteverbondeaandieafdwingingvan die ooreenkoms, te betaal.

Moenie daardie brief ignoreer nieWanneeru’nwaarskuwingsbriefingevolgeartikel129of’nanderaanmaningsbriefoffinalekennisgewingvanukredietverskafferontvang,moetuniediebriefignoreernie:Reageer onmiddellik daarop. Indien u nie die brief verstaan nie, verkry professionele advies van ’n skuldberader of ander professionele persoon.

U kan die Nasionale Kredietreguleerder by 0860 627 627 skakel.

Wat is die skuldberader se rol?Die Wet vereis van alle skuldberaders om hulle by die Nasionale Kredietreguleerder (NKR) te laat registreer ten einde verbruikers by te staan. Wanneer ’n skuldberader vasgestel het dat u wel oorverskuldig is, sal hy/sy in staat wees om:• Begrotingsadvies aan u te gee;• U skuld te herstruktureer;• Namensumetkredietverskaffersteonderhandelomupaaiementeteverlaag;• U skuld tot bestuurbare vlakke te verlaag met die oog daarop om u algehele

finansiëlesituasieteverbeter;• U van basiese inligting te voorsien wat nodig is om die kredietprobleme wat daagliks

ondervind word, op te los;• Bystand te verleen en nasorgdienste soos begrotingsvaardighede aan u te lewer;• Ubetalingsaankredietverskafferstemoniteer.

Watmoetudoenindienufinansiëleproblemeondervind?

10

Page 11: die iNGeLiGTe VeRBRUiKeR - Western Cape · Mense ondervind gewoonlik finansiële probleme omdat hulle: • Te veel geld bestee; • Op rekening koop en nie kan bekostig om die maandelikse

Wat kan u doen indien u ’n verbruikersklagte het oor ’n produk wat u gekoop of diens waarvoor u betaal het?Selfs versigtige kopers ervaar soms probleme met goedere deur hulle aangekoop of ’n diens deur hulle benut. Indien u ’n verbruikersverwante navraag het, kan u die proses volg wat hieronder beskryf word:

Probeer om die probleem self op te los• Kontak die onderneming met wie sake gedoen is so gou as moontlik.• Identifiseerdiespesifiekeprobleemenstaafditmetbewysesoosdiebeskadigde

item, die kontrak of die kwitansies. Wanneer met dokumente gewerk word, moet u die oorspronklikes bewaar en slegs met afskrifte werk.

• Stel dit duidelik hoe u die klagte opgelos wil hê. Hou in gedagte wat die winkel se beleid oor terugbetaling is.

• Probeer eers om die kwessie regstreeks met die persoon verantwoordelik vir die transaksie op te los.

• Indien dit misluk, volg die gesagslyn so ver as wat nodig is (bestuurder, kliëntediensverteenwoordiger, ens.)

• Dokumenteer alles wat u doen. Skryf die besonderhede van u klagte neer. Maak ’n aantekening van die name van die persone met wie u gepraat het en die datum waarop daardie gesprekke plaasgevind het.

• Wend ’n eerlike poging aan om die geskil self te besleg.

Wat moet u doen indien u pogings om die klagte

self op te los, misluk?Kontak die Kantoor van die

Verbruikersbeskermer indien u nie die probleem self kon oplos nie.

Sien kontakbesonderhede op bl 12

11KaNTooR VaN die VeRBRUiKeRsBesKeRmeR 0800 007 081 ToLVRy |

Laat u

oplosVERBRUIKERSKLAGTE

Page 12: die iNGeLiGTe VeRBRUiKeR - Western Cape · Mense ondervind gewoonlik finansiële probleme omdat hulle: • Te veel geld bestee; • Op rekening koop en nie kan bekostig om die maandelikse

U kan ’n klagte by die Wes-Kaapse Kantoor van die Verbruikersbeskermer op een van die volgende wyses indien:

1. Skakel die tolvrynommer: 0800 007 081. Dis ’n gratis oproep!

2. Kontak die Advieskantoor in u streek

3. Besoek die kantoor van die Verbruikersbeskermer, Grondverdieping, Waldorf-arkade, St George’s Wandellaan 80, Kaapstad

4. Skryf aan ons: Briewe na Posbus 979, Kaapstad, 8000

Fakse na: 021-483 5872

E-posse na: [email protected]

Opgeleide verbruikeradviseurs sal na u klagte luister en sal namens u optree in ’n poging om u klagte op te los.

Uitgegee deur: Die Wes-Kaapse Kantoor van die Verbruikersbeskermer, Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Waldorfarkade, St George Wandellaan 80, Kaapstad

Tel no 021-483 5133, e-pos: [email protected] , tolvrye nommer: 0800 007 081

Hoe die Kantoor van die Verbruikersbeskermer u kan help• Die Kantoor van die Verbruikersbeskermer is ’n direktoraat van die Wes-Kaapse

Provinsiale Regering wat daarop ingestel is om verbruikers by te staan om geskille te besleg wat hulle met besighede of instellings het.

• Die Kantoor van die Verbruikersbeskermer ondersoek klagtes ontvang van verbruikers en beoog om dié klagtes vriendskaplik tussen die twee partye op te los.

• Die Kantoor van die Verbruikersbeskermer ondersteun ook 28 Advieskantore in die provinsie.DiéAdvieskantoreisonafhanklikeorganisasiessonder’nwinsoogmerkwat verbruikersadviesdienste aan hul gemeenskappe lewer.

Hoe kontak ek die Kantoor van die Verbruikersbeskermer?