die pad saam · 'n dag of wat later staan die ma in die kombuis, besig om skottelgoed te was....

28
K o m m u n ik a s ie b l a d v ir V K B e n N T K DIE PAD SAAM The Road Together Nuwe bedryfspunt Nuwe bedryfspunt op Lindley op Lindley Koringsaad: Koringsaad: terughou of nie? terughou of nie? NTK groet NTK groet twee direkteure twee direkteure U i t g a w e 1 1 D e s e m b e r 2 0 1 1

Upload: others

Post on 17-Jan-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Kommunikasieblad vir VKB en NTK

DIE PAD SAAMThe Road Together

Nuwe bedryfspunt Nuwe bedryfspunt op Lindleyop Lindley

Koringsaad:Koringsaad:terughou of nie?terughou of nie?

NTK groet NTK groet twee direkteuretwee direkteure

Uitg

awe 11 • Desember 2011

UitgewersVKB en NTK

Ontwerp, uitleg en druk

www.infoworks.bizTel: (018) 468-2716Faks: 086 696 1996Elmarie Schoeman (Joernalis)Joritha Hechter (Ontwerper)

Alle regte van DIE PAD SAAM word voorbehou ingevolge Artikel 12(7) van die Wet op Outeursreg. Die eienaar en uitgewer aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige uitlatings deur skrywers of medewerkers nie.

Inhoud

Redaksie

Maatskappynuus4 Top 100 kliënte weer eens in styl vereer5 VKB bou aan 'n nuwe toekoms7 VKB personeel spog met 800 diensjare8 Nuwe bedryfspunt op Lindley8 Streeksvergadering ‘n sukses9 Produsente is prioriteit by VKB Graanbemarking10 VKB en NTK besoek die vreemde

Tegnies11 Besigheidstrategieë vir sukses12 Kalk-, stikstof-, fosfor- en kalium-aanbevelings14 Graanoorsig15 Kan ek maar my koringsaad terughou?

NTK18 NTK gholfdag ‘n reuse-sukses19 Ekspo oortref selfs voriges20 NTK involved in Arbor Day celebration20 Nuwe voorsitter vir NTK Direksie20 Kontaknommers verander20 Briljante tuindag op Warmbad gehou20 NTK sigbaar by Wildsfees21 David Kekana – working with the government21 Nog ‘n suksesvolle bemarkingsdag op Vivo21 Nylstroom deel in 4x4 pret21 Venda opedag beïndruk22 Totsiens Herman Vercueil en dr Klaas Havenga22 Ballonne bars op Nylstroom

Gemeenskappe23 Reitz se Bieliemieliefees 201224 VKB borg inligtingsdag oor veld26 Metodes in die kombuis om kanker te bestry

Profi el27 VKB dra by tot ontwikkelende produsent se sukses

EindredakteurKoos Janse van Rensburg

VKB-redaksieAnelie SwemmerPosbus 100Reitz 9810Tel: (058) 863-8277Web: www.vkb.co.zaE-pos: [email protected]@vkb.co.za

NTK-redaksieTienie RasDelene SnymanPosbus 29Nylstroom/Modimolle 0510Tel: (014) 719-9211Web: www.ntk.co.zaE-pos: [email protected]

44 1010 2727

KersboodskapWanneer 'n mens terugkyk oor die jaar wat haas verby is, dan was dit in vele opsigte 'n geseënde een met baie om voor dankbaar te wees. VKB het ná 92 jaar as koöperasie omgeskakel na ‘n maatskappy en tans is groot kapitale projekte in proses met vele uitdagings.

As 'n mens God se genade in die vorm van ‘n nuwe seisoen as groot ervaar, hoeveel te meer sy genade wat Hy in die vorm van sy Seun gestuur het, wat vir elkeen van ons gely het en aan die kruis gesterf het sodat ons eendag die ewige lewe kan beleef.

Mag hierdie genade die fokus van elke lid, personeellid, klant en ander belanghebber van VKB wees wanneer ons die feestyd binnegaan. Mag Kersfees vir elkeen van u ‘n ware Christusfees wees.

Die direksie en bestuur wens elkeen van die VKB-familie 'n geseënde Kerstyd en voorspoedige nuwe jaar toe.

Koos van Rensburg

3Die Pad Saam – Desember 2011

Ek lees nou die dag 'n storie van dubbele genade in aksie. Hier is my weergawe daarvan.

Die storie speel af in 'n landelike gebied waar 'n gesin op 'n plaas woon. Die hele gebied loop erg deur onder 'n uitmergelende droogte. By die plaasopstal het 'n klein seuntjie 'n buitekraan oopgedraai om homself met die koel water uit die tuinslang af te koel. Toe sy pa dit sien, is hy ligweg berispe en is daar aan hom verduidelik dat die watervoorraad op die plaas feitlik gedaan is en dat hulle onder geen omstandighede water mag mors nie.

'n Dag of wat later staan die ma in die kombuis, besig om skottelgoed te was. Sy tuur deur die venster en in die verte sien sy haar klein seuntjie aan die rand van 'n digte bos, waar hy in die bos in trapsuutjie. 'n Frons keep tussen haar oë. Voor sy nog verder daaroor kan wonder, kom die seuntjie uit die bos gedraf, huppelend op pad huis toe. Sy sien hom om die hoek van die huis verdwyn.

Nie lank nie of sy sien hom weer in die verte op pad bos toe. Hy stap stadig en versigtig in die rigting van die bos, met sy handjies vreemd bakhand voor hom uitgehou.

Sy kan die kind se eienaardige optrede nie verstaan nie en besluit om te gaan kyk. Toe sy by die rand van die digte bos bome kom, hoor sy haar seuntjie tussen die bome aankom – weer op pad huis toe. Sy kan sien sy gesiggie is rooi gebrand en sy voorkop nat van die sweet. Tog, uit sy oë straal 'n vreemde gloed van genoegdoening. 'n Rukkie later kom hy weer skuifelend terug met bakhandjies in die bos in, sy oë gefokus op sy hande. Hy merk haar nie op die. Hy verdwyn tussen die ruie bome deur. Dadelik volg sy hom, gebukkend, versigtig om nie haar teenwoordigheid te verklap nie.

'n Paar tree verder kom sy tot stilstand. Wat sy sien, slaan haar stom. In 'n natuurlike opening in die

Uit

se pen

bos, staan 'n reuse blouwildebeesbul, kop omlaag en 'n entjie verder kring 'n paar wildebeeskoeie, koppe na binne. Haar seun skuifel steeds bakhand, sonder enige vrees, nader aan die kring koeie wat 'n natuurlike pad vir hom oopmaak. In die middel van die kring sien sy 'n jong wildebeeskalfi e wat op die grond lê. Die versengende hitte het sy tol geëis en die kalfi e lê verswak op die grond. Sy sien haar seuntjie naderloop en uit sy bakhandjies laat hy die laaste oorblywende druppels water in die kalfi e se bek drup. Die bul en koeie laat hom begaan. Dan besef sy meteens dat hy die hele tyd probeer om met sy handjies water aan te dra vir die uitgeputte kalfi e. Sy sien hoe hy opstaan en met mening weer die pad huistoe vat. Wéér maak die koeie die kring oop en sien sy hom kniel by die kalfi e wat homself stadig oplig en op sy wankelrige bene kom. Die kalfi e begin suip.

Sy voel lou-warm trane in haar oë opwel en onbeskaamd langs haar wang afl oop. Voor haar sien sy die mooiste daad van liefde en genade ontvou. Dis liefde en genade in aksie – 'n eerste genade.

Om my en jou beweeg daar daagliks sovéél mense wat dors het – dors het vir 'n bietjie begrip, aandag en ontferming. Mense wat seer in hulle ronddra. As ons tog net partykeer met 'n tikkie meer deernis die dag tegemoet wil gaan, om soms net by 'n kollega, 'n vriend of vriendin, selfs jou huweliksmaat of kind te kan gaan stilstaan en luister wat hulle regtig vir jou sê (nog beter – dit wat hulle nie sê nie). Dis dán wanneer ons genadewater begin uitdeel.

Ons kan nie altyd in die behoeftes van ander voorsien nie, maar ons kan met 'n bietjie tyd wat ons afknyp, 'n oor wat luister en 'n paar sagte woorde, 'n groot verskil daar buite maak. Mag ons voetspore hierdie week getuig van stilstaanplekke by dié wat ons paaie mee kruis. Mag dit getuig van deernis, liefde en begrip.

Geseënde Kersfees!

Anelie

4 Maatskappynuus

Top 100 kliënte weer eens in styl vereer

Artikel deur Elmarie Schoeman, Infoworks

Abba het behoorlik herleef met vanjaar se Top 100 funksie wat op 9 September op Daniëlskuil gehou is. Produsente het hulle innerlike sangers ontdek met ‘n saamsing-tema so reg uit Griekeland en die kunstenaars en heerlike Griekse kos het die “Mama Mia” gevoel net nog meer tasbaar gemaak.

Sonder sy gewaardeerde kliënte kan ‘n maatskappy nie die hoogtes bereik wat VKB die afgelope tyd bereik het nie. Die Top 100 funksie is gehou om daardie kliënte, wat so ‘n groot rol in VKB se sukses speel, te bedank en te vereer vir hul harde werk en bydrae.

Ongeveer 100 boerderye, wat gesamentlik vir meer as 50% van VKB se totale besigheid verantwoordelik is, is na die geleentheid genooi.

“Ons is vanaand hier om dankie te sê vir die lojale lede wat die meeste besigheid met VKB doen,” het Paul Carshagen (voorsitter) gesê. “VKB het ‘n wonderlike jaar gehad. Van die R158 miljoen wins wat ons gemaak het, kon ons R125 miljoen daarvan net so weer teruggee as bonusse vir die produsente. Ons wil graag in die toekoms die seleksiekriteria verander sodat elke boer op sy eie ook erkenning kan ontvang. VKB wil ookerkenning gee aan die vroue wat vanaand hier is, vir die bydrae wat hulle in die boerderye lewer,” het Carshagen gesê.

Al was die aand nie waaraan die produsente aldag gewoond is nie, kan daar met sekerheid gesê word dat dit ‘n sukses was. Carly Graeme het die gaste bekoor en die twee mede sangers, Chet Diepraam en Clive Vanderwagen, het die saamsing-aktiwiteite gelei. Rozanne McKenzie van Kwêla was programleier.

Die VKB top vyf produsente vir 2011 is: Marius Lourens, Johan Claasen, Johann du Plessis, Michael de Klerk en Gerrit Victor.

Neels Pieterse (namens Michael de Klerk), Johan Claasen, Johann du Plessis en Marius Lourens Afwesig: Gerrit Victor

5Die Pad Saam – Desember 2011 Maatskappynuus

VKB bou aan ‘n nuwe toekomsOns plaas die vergrootglas op VKB Landbou Beperk om uit te vind wat tans by dié groep se kleinhandelwinkels aan die gang is:

VKB bedien vir meer as 90 jaar hulle kliënte en hoewel die landbougroep diep in die plaaslike gemeenskap gewortel is, meen Kobus van Heerden, uitvoerende hoof – Kommersiële Dienste van VKB: “Dit het tyd geword om te verander en sodoende aan ons kliënte die beste inkopie-ervaring nog te bied.”

Van Heerden verduidelik hoe VKB die besluit geneem het om die LandMark-franchise te koop en strategiese VKB-kleinhandelwinkels oor te skakel na die LandMark-franchise-konsep. Die Landmark-groep het in Oktober tot ‘n ongeloofl ike 50 kleinhandelwinkels gegroei en die omskakeling van VKB-Reitz na ‘n LandMark het hierdie tak die 50ste LandMark-winkel gemaak.

Volgens Van Heerden het die opening van die eerste VKB LandMark-winkel op Reitz in Oktober 2010, bewys dat die toepassing van die LandMark-beginsels bydra tot ‘n suksesvolle besigheidsmodel. “Om deel te wees van ‘n nasionale

groep beteken dat ervarings en suksesse onderling gedeel word en ons as markleiers in landboukleinhandel gesien word”, sê hy. Hy benadruk egter dat “ons noue bande met die gemeenskap en die ryke geskiedenis van persoonlike diens, beslis nie verlore sal gaan nie. Dit gaan eerder nou net verbeter word sodat ons kliënte se inkopie-ervaring ‘n toppunt bereik. VKB verdwyn nie, maar trek net ‘n nuwe LandMark-baadjie aan. Die winkels behoort steeds aan VKB en sy aandeelhouers.”

VKB Vrede het slegs ‘n maand later by die groep aangesluit. Daarna het Bethlehem gevolg en nou het Frankfort en Warden ook aan die beurt gekom.

Afgesien van die nuwe, netjiese voorkoms van die winkels, is die hartlike atmosfeer opvallend. Kliënte is veral beïndruk met die logiese rak-uiteensettings wat dit vir hulle maklik maak om te kry waarna hulle soek. Indien tegniese advies benodig word,

is daar vriendelike en goed opgeleide vloerpersoneel beskikbaar om te help.

Volgens Frik Bekker, bestuurder van die Frankfort-tak, “het die tyd aangebreek om saam met moderne marktendense te beweeg en beter aan ons kliënte se behoeftes te voldoen.”

Neels Meiring, bestuurder van die Warden-tak voeg hierby dat die nuwe winkel ‘n ongeloofl ike koopervaring vir die breë publiek bied.

Bekker en Meiring spreek graag hulle dank uit teenoor die publiek en lede van VKB vir hulle geduld tydens die opgradering van Frankfort en Warden se winkels. Elke kliënt wat die winkels gedurende die tyd besoek het, se glimlag het boekdele gespreek. Hulle bedank ook die personeel van LandMark en VKB vir hul harde werk tydens die opgraderings van beide takke.

LandMark – net wat jy nodig het

6

11

7Die Pad Saam – Desember 2011 Maatskappynuus

VKB personeel spog met 800 diensjareAltesaam 800 diensjare is tydens vanjaar se VKB langdienstoekennings gevier. 'n Getal van 32 personeellede het bygedra tot hierdie uitmuntende getal en hulle is tydens hierdie funksie vir hulle jarelange diens aan die maatskappy bedank.

Koos Janse van Rensburg (besturende direkteur) het in sy boodskap gesê dat dit vir VKB ‘n wonderlike aand is om hulde te bring aan lojale personeel. “Sonder mense is VKB niks en dit is mense soos julle wat bygedra het tot die besigheid wat dit vandag is."

Hy het ook hulde gebring aan dr Moses Maine wat ‘n ere-doktorsgraad ontvang het. Van Rensburg het personeel aangemoedig om elke geleentheid aan te gryp om as werknemer en as mens te groei en elke dag ‘n beter diens te lewer. “Dit is die resep tot die sukses van ‘n besigheid soos VKB, wat een van die beste landboubesighede in die land is. VKB is dankbaar om sulke personeel te kan hê en sal voortgaan om geleenthede te skep. Kom ons probeer om elke dag van VKB nog ‘n beter werkplek te maak,” het hy mee afgesluit.

11 22 33 44 55

66 77 88 99 1010

1111 1212 1313 1414 1515

1616 1717 1818 1919

11 35 jaar diens – Voor: Moses Mfene (Graansilo, Jim Fouché), Paulos Motloung (Kommersieel, Warden). Agter: Moses Maine (Transformasiebestuurder), Koos van Rensburg (Besturende direkteur)

22 25 jaar diens – Voor: Hezekia Kumalo (Graansilo, Vrede). Agter: Moses Maine (Transformasiebestuurder), André Odendaal (Uitv. hoof, Graan)

33 25 jaar diens – Voor: Andries Nkosi (Kommersieel, Memel). Agter: Kobus van Heerden (Uitv. hoof, Kommersiële Dienste), Moses Maine (Transformasiebestuurder)

44 25 jaar diens – Voor: Sameul Mokoena (Graansilo, Frankfort). Agter: Moses Maine (Transformasiebestuurder), André Odendaal (Uitv. hoof, Graan)

55 20 jaar diens – Boiki Motsoeneng (Graansilo, Frankfort). Agter: Riaan Gerritzen (Uitv. hoof, Menslike Hulpbronne), André Odendaal (Uitv. hoof, Graan)

66 25 jaar diens – Voor: Solomon Mofokeng (Graansilo, Jim Fouché). Agter: Moses Maine (Transformasiebestuurder), André Odendaal (Uitv. hoof, Graan)

77 20 jaar diens – Johannes Ndlela (Graansilo, Villiers). Agter: Moses Maine (Transformasiebestuurder), André Odendaal (Uitv. hoof, Graan)

88 20 jaar diens – Voor: Jeremia Mbongo (Villiers Ingenieursdienste). Agter: Riaan Gerritzen (Uitv. hoof, Menslike Hulpbronne), André Odendaal (Uitv. hoof, Graan)

99 20 jaar diens – Voor Simon Motloung (Frankfort Ingenieursdienste). Agter: Riaan Gerritzen (Uitv. hoof, Menslike Hulpbronne), André Odendaal (Uitv. hoof, Graan)

1010 20 jaar diens – Bethuel Majola. Agter: Riaan Gerritzen (Uitv. hoof, Menslike Hulpbronne), André Odendaal (Uitv. hoof, Graan)

1111 35 en 25 jaar diens – Voor: Paulina Molakeng (Hoofkantoor) en Mkhulu Vilakazi (Hoofkantoor). Agter: Riaan Gerritzen (Uitv. hoof, Menslike Hulpbronne) en Koos van Rensburg (Besturende direkteur)

1212 20 jaar diens – Voor: Louisa Moloi (Graansilo, Vrede). Agter: Riaan Gerritzen (Uitv. hoof, Menslike Hulpbronne), André Odendaal (Uitv. hoof, Graan)

1313 20 jaar diens – Voor: Petenoko Mahlangu (Graansilo, Frankfort). Agter: Riaan Gerritzen (Uitv. hoof, Menslike Hulpbronne), André Odendaal (Uitv. hoof, Graan)

1414 20 jaar diens – Voor: Francis Pierce (Kommersieel, Warden). Agter: Kobus van Heerden (Uitv.

hoof, Kommersiële Dienste), Moses Maine (Transformasiebestuurder)

1515 20 jaar diens – Voor: Marietjie Crause (Meganisasie, Petrus Steyn). Agter: Kobus van Heerden (Uitv. hoof, Kommersiële Dienste), Moses Maine (Transformasiebestuurder)

1616 20 jaar diens – Voor: Abel Madonsela (Kommersieel, Cornelia). Agter; Kobus van Heerden (Uitv. hoof, Kommersiële Dienste), Moses Maine (Transformasiebestuurder)

1717 20 jaar diens – Eliot Mahamotsi (Kommersieel, Tweeling). Agter: Kobus van Heerden (Uitv. hoof, Kommersiële Dienste), Moses Maine (Transformasiebestuurder)

1818 20 jaar diens – Voor: Thabo Mphuthi (Graansilo, Ascent). Agter: Moses Maine (Transformasiebestuurder), André Odendaal (Uitv. hoof, Graan)

1919 30 jaar diens – Voor: Petrus Shabalala (Graansilo, Jim Fouché, Johas Mofokeng (Graansilo, Frankfort). Agter: Moses Maine (Transformasiebestuurder), Jabulani Nkutha (Graansilo, Vrede), Mkhulu Vilakazi (Hoofkantoor), Elias Mphuthi (Graansilo, Daniëlsrus), Koos van Rensburg (Besturende direkteur)

8 Maatskappynuus

Nuwe bedryfspunt op Lindley

Weens deurlopende verandering in die landbou-insetvoorsieningsketting, raak dit vir diensverskaffers al hoe moeiliker om gegrond op ekonomiese meriete, nuwe bedryfspunte tot stand te bring.

Na deeglike oorweging, gebaseer op versoeke van basiese dienslewering deur produsente van die Lindley-streek, het VKB se direksie goedkeuring verleen dat ‘n VKB-agentskap, in samewerking met Cobus Labuschagne op Lindley, geopen word.

Die agentskap is op 7 Oktober 2011 tydens ‘n geselligheid deur Johan Claasen, direkteur van VKB, Petrus Steyn, geopen waartydens hy die vertroue uitgespreek het dat produsente van die streek die Lindley-tak sal ondersteun om die voortbestaan daarvan te verseker.

VKB roem homself daarop dat hy fokus plaas om sy produsente se behoeftes te bevredig waar moontlik.

Streeksvergadering ‘n sukses‘n Streeksvergadering is op 30 Augustus in VKB se opleidingsentrum op Reitz gehou as ‘n gesamentlike projek van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) en die Rooivleis Produsente Organisasie (RPO).

Gert Loggenberg (vise-voorsitter, NWKV Vrystaat) was aan die woord en het vermeld dat die wolprys verlede seisoen met 38% gestyg het. Ten spyte daarvan dat die nuwe seisoen 5% laer geopen het, is hy positief dat die Suid-Afrikaanse wolmark stewig in die nuwe seisoen gaan vertoon. Hy het ook verwys na Slenkdalkoors en die moeilikhede wat dit vir die bemarking van die Suid-Afrikaanse skeersel inhou. Hy maan produsente om daarteen te ent. “Wolproduksie op Reitz toon ‘n stygende tendens,” het hy gesê. “Ek doen ‘n beroep op produsente om by ‘n ekonomiese studiegroep aan te sluit.”

Chrisna van Heerden het in haar bydrae studiegroepresultate van regoor die land voorgehou en weer eens die voordele beklemtoon wat hierdie gratis diens van die NWKV vir produsente inhou. Hierna het André Ferreira die aksies waarmee die RPO besig is, uitgelig. Hy het rooivleisprodusente bedank vir hul bydrae tot die vrywillige heffi ngs en afgesluit met ‘n DVD van ‘n verkorte weergawe van Clauda Moller se lesing tydens die RPO kongres in Bloemfontein vroeër vanjaar.

Die NWKV bedank hulle borge Pfi zer, Voermol en VKB sonder wie se bydrae sulke byeenkomste onmoontlik is. Baie geluk aan Nollie Steyn, nuwe NWKV streeksverteenwoordiger vir Reitz, wat met die hulp van Jurg Bekker van die RPO, baie moeite gedoen het om te sorg dat die reëlings glad verloop en dat produsente die dag bywoon.

Cobus Labuschagne (eienaar), Coenraad Fick (VKB Direksie), Naude van Jaarsveldt (produsent), Diaan Human (produsent), Johan Rautenbach (produsent), Francois Bekket (produsent) en André Odendaal (Uitvoerende hoof, Graan,VKB).

Transformation manager makes VKB proud

Moses Maine, VKB’s transformation manager, recently received an Honorary Doctorate from Ohio, USA, for having used the Biblical principles as a catalyst for promoting disciplines in the humanities by propagating the Gospel of Jesus Christ through a consciousness

of values, ideas, and a Biblical method of mentoring ministers to fulfi l their call of ministry.

A sacred degree bearing the title of “Doctor of Divinity”, with all the rights and privileges appertaining to the doctorate was presented to him on 2 November 2011.

“This is God’s Grace. I didn’t expect to receive such an honour at this point in time. Let the glory and honour be to God, our Father,” said Dr Maine. This honour is a result of the work that Maine is doing over the radio and also in the fi eld. This versatile man, who is not only a transformation manager at VKB, is also a church minister and a radio presenter of a gospel program on one of SABC’s public radio stations. Maine is a presenter of a vibrant and dynamic Christian revival radio programme called “Along the green pastures”, which has

a listenership of over 2 million listeners as revealed by the RMS of the South African Broadcasting Corporation. Maine has been with Lesedi FM on this programme for the past ten years and continues to reach many souls in- and outside of the borders of South Africa through radio and audio-streaming. “The radio platform has been instrumental in enabling me primarily to fulfi l the mission of Jesus Christ and to assist listeners to reposition themselves on the spiritual and moral plane,” said Maine.

Being a dynamic revivalist and motivational speaker, he also recently started a vibrant young peoples movement called Young People of Valour (YPV) with the vision of encouraging the youth to participate in the youth ministry programmes in order to reach their full potential in Christ and becoming productive citizens and people of Godly character.

9Die Pad Saam – Desember 2011 Maatskappynuus

VKB Graanbemarking sien om na sy lede

VKB voldoen aan al die vereistes van wetgewing en akkreditasies wat hom ‘n gesogte hanteerder, opberger en voorsiener van graan aan meulenaars, verwerkers en uitvoerders maak. Binne die raamwerk van die lewering van graan wat aan nasionale graderings- en voedselveilgheidstandaarde voldoen slaan VKB dienslewering aan produsente en graankopers hoog aan. VKB beskik oor ‘n doeltreffende silo-infrastruktuur met van die vinnigste omdraaitye indien skoon graan gelewer word. Verskeie graansoorte kan gelyktydig ontvang en uitgelaai word en spaar die produsent baie tyd en geld.

VKB se silotariewe is hoogs mededingend wat nie net ‘n aanvanklike gratis stoorperiode vanaf lewering bied nie, maar ook (afhangende van die graanproduk) ‘n stoorkoste-plafon bereik na ‘n gegewe periode waarin die graan opgeberg is. Saam met dit kry lede (aandeelhouers) van VKB jaarliks ‘n bonus op die graan wat by VKB gelewer is. Die afgelope fi nansiële jaar het die bonusse aan lede tussen R 43/ton (mielies) tot R 215/ton (koring) beloop. Indien die graan ook deur VKB bemark is, het lede ‘n addisionele R 38/ton ontvang. Hierdie is maar een van die baie voordele wat ‘n produsente-organisasie aan sy lede bied en is ongeëwenaard in Suid Afrika.

Die Graanbemarkingsdepartement beskik oor verskeie mededingende eienskappe wat sy produsente, sowel as graankopers die voorsprong gee om graan te prys teen vlakke wat vir hulle aanvaarbaar is. Met inligting tot sy beskikking gee

VKB ‘n objektiewe marksiening en laat die fi nale prysbesluit of strategie aan die kliënt oor.

Elke kliënt is vir VKB ewe belangrik, ongeag die omvang van sy besigheid. VKB lewer ‘n breër diens aan al sy 2000 produsente en nie net aan enkele uitgesoektes nie.

Die verskeidenheid bemarkingsprodukte wat VKB bied, is ongekompliseerd en voldoen aan die oogmerk om ‘n doelgerigte bemarkingsplan vir die produsent tot uitvoering te bring. Graan kan vanaf die plantdatum tot na lewering geprys word en die kliënt se risikoprofi el en fi nansiële posisie word in ag geneem.

Markte is baie volatiel en alhoewel VKB baie tyd en energie in die ontleding van markomstandighede sit, bly pryse onvoorspelbaar. Vir hierdie doel het VKB ‘n stelsel ontwikkel waar die produsent ‘n bemarkingsplan kan opstel en moniteer met die oog daarop om sy graan winsgewend te verkoop. Die beste prys kan deur niemand gewaarborg word nie, maar daar word gepoog om graan so te prys dat dit eerder die voortbestaan van die kliënt se besigheid kan verseker.

Die kundige span graanhandelaars is enige tyd beskikbaar vir individuele gesprekke of groepsessies waar hulle ‘n positiewe bydrae tot die bemarkingsbesluite van produsente kan lewer. Kontak VKB Graanverhandeling by (058) 863-8255.

Ter ondersteuning van VKB-Landbou se besigheidsfi losofi e as produsentgedrewe organisasie, word verskeie mededingende dienste deur die graanafdeling aan produsentelede en graanafnemers gelewer.

10

VKB en NTK bring besoek aan die vreemdeArtikel deur Anelie Swemmer, VKB

Toppie Jonker (bestuurder VKB Vrede-tak), Johan Groenewald (Bestuurder: NTK sakeprojekte) en Anelie Swemmer (skakelbeampte, VKB) was bevoorreg om die skou by te woon op uitnodiging van TechMax China. TechMax China is ‘n maatskappy wat besit word deur Suid-Afrikaners wat reeds vir dertien jaar daar woon. Wat die taal betref het dit ons reis aansienlik vergemaklik om dit saam met hulle te kon ervaar.

Gerry Kauffman, Lodie Pretorius en die Sjinese personeel was deurgaans behulpsaam en baie gasvry. Terwyl ons in Sjina was, was TechMax se kantoor daagliks tot ons beskikking – dit het soos jou eie kantoor gevoel.

Hoe beskryf ‘n mens ‘n skou wat daagliks deur 700 000 mense van regoor die hele wêreld besoek word? WalMart het byvoorbeeld 700 aankopers wat die skou besoek. En moenie dink dit is swak kwaliteit nie, die beste van die beste is daar. Al wat jy nie daar kry nie, is nuwe voete en bene, want dié was op geloop.

Guangzhou is twee en ‘n half uur se ry met die trein van Hong Kong af – 'n pragtige stad met 20 miljoen inwoners waarvan nog 5 miljoen daagliks van buite die stad inbeweeg om te gaan werk. Die Canton Tower, hoogste toring in Sjina, was deel van ons daaglikse gesig uit TechMax se woonstel waar ons tuisgegaan het. Skoon strate, vriendelike mense, mense wat omgee vir mekaar is aan die orde van die dag. Opleiding word hoog aangeskryf, kinders leer in Engels en is baie beleefd en goed opgevoed.

Die mees opvallende van Sjina is hul tegnologiese gevorderdheid, verskeidenheid van aanbiedinge en die pryse waarteen goedere bekom kan word. Hier sien ‘n mens die ekonomiese beginsel “Ekonomie van skaal” in volle werking:• Sjina het die grootste bevolking in die wêreld. Met meer as

1,5 biljoen mense is die binnelandse verbruik astronomies.

Hierdeur kan goedere internasionaal goedkoper bemark word, wat totale produksie verder stimuleer en ‘n veelvoudige uitwerking het op verlaagde eenheidskoste. Byvoorbeeld, as elke gesin in Sjina een tang koop, moet 375 miljoen tange vervaardig word.

• Arbeidskoste in Sjina is baie laag.• Produktiwiteit is van die hoogste in die wêreld.• As gevolg van die bevolkingsgetalle gradueer miljoene

mense jaarliks. Werksgeleenthede is relatief beperk en almal is trots op hulle werk. Dit veroorsaak dat hoogs gekwalifi seerde mense laevlak werk doen wat dan weer kwaliteit, innovering en produktiwiteit verder stimuleer. As voorbeeld sal jy vind dat ‘n masjienoperateur ‘n graad in ingenieurswese het.

Sjinese is meesters in kloning. Enige produk kan teen dieselfde kwaliteit vervaardig word, maar teen laer pryse. Dit beteken glad nie dat goedkoper noodwendig swakker kwaliteit tot gevolg het nie. Jy kan self kies watter kwaliteit van bykans alle produkte jy wil aankoop en daarvolgens gaan die produk en prys aan jou voorsien word.

Baie van die bekende en gesogte internasionale handelsmerke se produkte word vir hulle in Sjina vervaardig. Moet dus nie glo Sjina is goedkoop gemors nie – dit is aankopers en organisasies wat die laer kwaliteit in Sjina gaan aankoop en teen hoë winsmarges hier by ons op die mark kom plaas, wat daardie persepsie veroorsaak.

Ter opsomming het die Sjinese ons beïndruk met hulle gedissiplineerdheid, trots, innovasie, algemene intelligensie, vriendelikheid en bedagsaamheid.

VKB en NTK het drie afgevaardigdes gestuur om nuwe geleenthede en die kwaliteit van produkte te gaan ondersoek tydens die Canton Fair, die grootste skou in die wêreld wat plaasgevind het in Guangzhou, Sjina.

1144

55

11 Anelie Swemmer saam met Sam Xie (Produkbestuurder van TexhMax China) in die kantoor wat tot ons beskikking was.

22 Toppie Jonker (VKB) en Johan Groenewald (NTK) by die Canton Fair.

33 Mandy Mo, ons gids, vertaler en leermeester.

4 Orals op straat word kos verkoop. Vars sap is 'n heerlike bederf in Sjina, Hier word suikerrietsap uitgedruk, waarby 'n bietjie vars uitgedrukte suurlemoensap gevoeg word. Die lekkerste was die vars granaatsap wat ons by die skou gekoop het.

55 Die Canton Tower in Guangzhou.

22

33

11Die Pad Saam – Desember 2011 Tegnies

Artikel deur Jaco Heckroodt, VKB

Besigheidstrategieë vir sukses

Die landbou besigheidsklimaat bied steeds baie uitdagings vir produsente. Hoewel produkpryse die afgelope tyd stygings toon, dra die internasionale ekonomiese krisis daartoe by dat insetpryse ook nie juis ‘n daling toon nie. Juis hierom moet eienaars van boerderye verseker dat hulle bestuursvaardighede van só ‘n hoë gehalte is om hulle besighede winsgewend te bestuur in hierdie onsekere toestande.

Almal glo aan die uitdrukking dat kontant koning is. Dit is egter net die een kant van die muntstuk. Kontant wat gegenereer word deur ‘n winsgewende boerdery-onderneming is eintlik waarom alles draai. In realiteit is winsgewendheid koning. (Boehje, 2011.)

Besigheidstrategieë fokus op die rigting waarin ‘n onderneming beweeg in terme van uitbreiding, onderhoud, afskaling en uittrede. Hierdie strategieë moet ‘n mededingende voordeel vir ‘n boerdery-onderneming skep en onderhou en daartoe bydra dat bo-gemiddelde opbrengste konstant gelewer word.

Vyf tipes strategieë is van toepassing op boerdery-ondernemings. Hulle is as volg:• Groei-strategieë – uitbreiding van die grootte van die besigheid;• Stabiliseringstrategieë – onderhoud van die bestaande

besigheid;• Herstruktureringstrategieë – herbeplan die besigheid vir beter

winsgewendheid;• Opvolgingstrategieë – dra die besigheid oor na die volgende

geslag;• Uittree-/staakstrategieë – die staking van die onderneming

en om boerdery te verlaat.

Hoewel sekere fasette van die winsgewendheid van ‘n onderneming nie beheer kan word nie, is daar wel besigheidstrategieë wat ‘n ondernemer kan gebruik om winsgewendheid te verbeter.

1. RisikobestuurElke besluit wat geneem word in boerderybestuur gaan met sekere risiko gepaard. Risiko kan nie vermy word nie, maar deur risiko te neem, is daar ‘n kans om die doelwitte van die boerdery te bereik. Met risikobestuur moet die strategie so wees om bruto marges en kontantvloei te beskerm. Dit gaan nie daaroor om pryse te maksimeer nie, maar eerder om dit te optimaliseer. Risikobestuur handel oor die keuse van aanwending van hulpbronne (kapitaal, grond en bestuur) en om persoonlike en fi nansiële doelwitte te bereik.

In die huidige omstandighede is dit nie genoeg om te sê dat ‘n boerdery oor ‘n risikobestuurstrategie beskik nie. Hierdie strategieë moet geboekstaaf word en uitgevoer word indien sekere gebeure plaasvind.

2. Bestuur van vreemde kapitaalEkonome verwag dat rentekoerse vir die afsienbare toekoms onverander gelaat gaan word deur die Reserwebank. Dit beteken nie dat daar nie met oorleg met die gebruik van vreemde kapitaal omgegaan moet word nie. Indien winsgewendheidsvlakke dit toelaat, behoort lenings vinniger terugbetaal te word. Fokus ook daarop om bedryfskapitaalreserwes op te bou.

Dit kan die moeite werd wees om ‘n winsgewendheid- en kontantvloei-ontleding van die boerdery te doen waar

rentekoerse met 25% en 50% styg. Hierdeur kan bepaal word hoe die boerdery-strategieë aangepas moet word in tye van stygende rentekoerse.

3. Ontleed nuwe tegnologieSuksesvolle besighede ontleed die voor- en nadele van nuwe tegnologie wat op die mark beskikbaar is. Fokus moet geplaas word op tegnologie wat die bestuursproses kan verbeter, inligting kan verskaf en koste kan bespaar. Indien nuwe tegnologie oorweeg word, moet dit steeds ekonomies lewensvatbaar vir die onderneming wees om daarin te belê en dit te gebruik.

4.Beplan vir groeiBesigheidsgroei-modelle het in die verlede op operasionele bestuur gekonsentreer, met die eienaar wat alle bestuursverantwoordelikhede aanvaar. Bestuursinligting was ook nie belangrik nie, want die eienaar het alles gedoen.

In vandag se omstandighede word besigheidsgroei bepaal deur van ‘n spanbenadering gebruik te maak. Om skaalvoordele ten volle te benut moet inligting en advies van verskeie spesialiste en ondernemings geïntegreer word om tot voordeel van die onderneming te wees.

5. Verbeter operasionele doeltreffendheidVir ‘n boerdery om suksesvol te wees oor die lang termyn, moet dit vinnig kan aanpas by mededinging en markveranderlikes. Indien ondernemings oor ‘n hoë kostestruktuur beskik gaan dit net moeiliker wees om aan te pas. Finansiële ontledings wat gebruik kan word om die doeltreffendheid van ‘n onderneming te bepaal, sluit die volgende in:• Kapitaal-omset-verhouding – word gebruik om te bepaal

hoe effektief bates gebruik word om inkomste te genereer.• Kosteverhouding – word gebruik om te bepaal hoe groot

deel van inkomste word boerdery-uitgawe voor rente en waardevermindering.

• Rente- en waardeverminderingsverhouding – word gebruik om onderskeidelik die persentasie van inkomste wat aangewend word om rente en waardevermindering te dek, aan te toon.

6. Buigbare bestuurOm in vandag se omstandighede ‘n topbestuurder te wees, verg ‘n fokus op die onderneming se kernbesigheid en om na moontlikhede te soek om die huidige besigheid se mededingende voordeel te verbeter. Laasgenoemde bestuurders kies versigtig watter strategieë hulle gaan gebruik, maar meer belangrik watter hulle nie gaan gebruik nie.

Dit is belangrik om daarop te let dat die besigheidsklimaat binne die landbousektor bepaal word deur kragte buite die sektor. Dit is dus belangrik om internasionaal te dink.

Strategiese bestuur is ‘n deurlopende proses wat voortdurend aangepas moet word. Om strategieë te ontwikkel en dit nie te gebruik nie, is fataal. Die sleutel tot sukses word bepaal deur die uitvoering van die strategieë.

Jaco Heckroodt is ‘n Landbou-ekonoom wat werksaam is by VKB Landbou Beperk op Reitz. Hy kan gekontak word by (058) 863-8215 of [email protected].

12 Tegnies

Wetenskaplik gefundeerde kalk-, stikstof-, fosfor- en kalium-aanbevelings

Artikel deur dr FG Adriaanse, Sasol Nitro

KalkAanbevelings vir kalktoedienings is slegs geregverdig wanneer grondsuurheid gepaardgaan met aluminium-toksisiteit of mangaan-toksisiteit. In Suid-Afrika het ons veral met aluminium-toksisiteit te doen en slegs in enkele gelokaliseerde areas met mangaan-toksisiteit. Aluminium-toksisiteit kom algemeen in die VKB-gebied voor terwyl mangaan-toksisiteit sover bekend nog nie gerapporteer is nie.

Aluminium-toksisiteit word gemeet as suurversadiging, dit wil sê die verhouding van aluminium tot kalsium, magnesium en kalium uitgedruk as ‘n persentasie. Suurversadiging moet bepaal word wanneer die pH(KCl) <5,0 is, aangesien hierdie waarde dan onvoorspelbaar is. Slegs wanneer suurversadiging hoog is, is kalk-aanbevelings ekonomies regverdigbaar. Ideaal gesproke moet suurversadiging deur bekalking na 0% verlaag word, maar dit is ook nie altyd ekonomies verantwoordbaar nie.

Opbrengsverliese by mielies sal oor die algemeen so min as 3% wees wanneer die suurversadiging 20% in die boonste 300 mm grond is terwyl opbrengsverlies 15% tot 20% kan wees wanneer suurversadiging 40% is. Die hoeveelheid van ‘n spesifi eke goeie dolomitiese kalk wat benodig word, sal 2,0 ton/ha wees om beide die veranderings in suurversadiging van 20% na 0% sowel as dié van 40% na 20% vir die diepte te bewerkstellig wanneer die katioonuitruilvermoë (KUK) van die grond twee is. Die rendement op 2 ton kalk/ha sal egter in laasgenoemde geval veel hoër wees.

Verskillende suurversadiging-drempelwaardes vir verskillende gewasse, waar daar ernstige opbrengsverliese verwag word, is verkry. Vir Eragrostis curvula is dit byvoorbeeld 50%, vir aartappels 30%, vir mielies en sojabone 20%, vir koring 10% en vir sonneblom 5%. (Die KwaZulu-Natalse Departement van Landbou en Omgewingsake.)

Tipiese simptome van aluminium-toksisiteit is beperkte wortelontwikkeling asook knoppe op verdikte, verkorte wortels met geen of min wortelhare (Figuur 1). Wanneer wortelontwikkeling beperk word, sal waterbenutting en die opname van ander voedingstowwe ook beperk word, maar die voedingstekort wat die meeste met aluminium-toksisiteit gepaard gaan, is magnesium. Geel tot wit tussennerfse strepe wat eerste by die ouer blare voorkom en later dooie kolle in die strepe maak en dit ‘n krale-voorkoms gee, is kenmerkend van magnesiumtekorte by mielies (Figuur 2).

Figuur 1

Figuur 2

Dié voedingselement word in die grootste hoeveelhede deur gewasse benodig, maar is ook die meeste onderworpe aan verliese deur vervlugtiging of loging. Verder is die verhouding van nitraat tot ammoniumstikstof ná omsettings in die grond, krities belangrik vir gewasprestasie. Soos wat korrekte aanvulling van tekorte opbrengs meer kan verhoog as met enige ander element, kan te veel stikstof ook opbrengs onderdruk. Ironies genoeg is daar baie min produsente wat stikstofvoorsiening optimaal bestuur.

Voorplant-grondontledings vir nitraat en ammoniumstikstof behoort gedoen te word. Grondmonsters vir hierdie doel behoort in die meeste gevalle ten minste tot ‘n diepte van 600 mm geneem te word. Aanbevelings behoort dan op die verwagte opname deur die gewas minus die anorganiese stikstof in die grond te berus. Relatiewe verskille in stikstofl eweringsvermoë tussen gronde behoort ook in ag geneem te word. Ná plant behoort die gewas sowel as die grond, verder gemoniteer te word.

Die bepaling van anorganiese stikstof in die grond word dan ten sterkste aanbeveel, mits dit betyds gedoen word om tekorte aan te vul. Hierdie metode maak die kwantifi sering van verdere tekorte moontlik. Heelplantontledings op vroeë stadiums en blaarontledings op latere stadiums kan ook gebruik word waar norme bestaan. Hierdie metode kan tekorte diagnoseer, maar nie noodwendig kwantifi seer nie.

Gebreksimptome by mielies word gekenmerk deur jong plantjies wat algeheel bleek liggroen vertoon. Ouer plante se onderste blare sal eerste vergeel met ‘n kenmerkende omgekeerde V-vorm (Figuur 3). Regstellings vir stikstof is gewoonlik nog effektief tot twee weke voor blomtyd, mits watervoorsiening na dese voldoende is; waar dit egter beperkend is, word vroeër regstellings aanbeveel.

FosforDrempelwaardes vir optimale fosforvoorsiening in die grond varieer volgens die klei- plus slikinhoud van gronde. Nadat die drempel bepaal is, behoort die inhoud daarvan afgetrek te word om die tekort aan te dui. Tekorte word aangevul deur met verskillende behoeftefaktore vir verskillende grondteksture te vermenigvuldig.

Onder besproeiing of hoëpotensiaalgebiede kan dit ekonomies haalbaar wees om groot tekorte eenmalig voor plant reg te stel, maar onder die meeste droëlandtoestande is dit nie die geval nie. Waar dit ekonomies nie haalbaar is om tekorte eenmalig

13Die Pad Saam – Desember 2011 Tegnies

reg te stel nie, behoort ‘n bemestingsprogram uitgewerk te word wat dit effektief oor jare met inagneming van verwagte verwyderings sal doen. Soos wat verwyderings van die verwagte afwyk, behoort hierdie program jaar na jaar aangepas te word.

Drempelwaardes wat vir mielies bepaal is, behoort ook vir ander gewasse in wisselbou met mielies gebruik te word. Soos met stikstof kan heelplantontledings op vroeë stadiums en blaarontledings op latere stadiums ook gebruik word om tekorte te diagnoseer. Gebreksimptome by mielies word gekenmerk deur blaarpunte en -rante van veral jong plante wat rooi-pers word. Die hele blad van die blaar kan met ernstige tekorte ook dié kleur aanneem (Figuur 4). Alle fosforregstellings behoort voor of met plant gedoen te word, tensy dit kort ná plant in die grond ingesit kan word.

KaliumUitstekende verwantskappe tussen kaliumontledings in die bogrond en opbrengs bestaan waar ondergrondse kalium laag is en wortels meestal tot die bogrond beperk is, soos by gronde met ‘n hoë klei-inhoud. Die grootste gedeelte van Suid-Afrika bevat egter ligter tekstuur gronde waarin kalium geneig is om na die ondergrond te loog en waar wortelontwikkeling in die ondergrond ook goed is.

Onder sulke omstandighede sal gewasse voldoende kalium kan opneem as die bogrond genoeg bevat, maar as dit nie die geval is nie behoort grondmonsters vir kaliumontledings, soos met stikstof, ten minste tot ‘n diepte van 600 mm geneem te word. Slegs dan sal kaliumtekorte effektief gekwantifi seer en ekonomies verantwoordbaar aangespreek kan word.

Groot tekorte behoort ook oor jare onder droëlandtoestande, met inagneming van verwydering van kalium, aangespreek te word. Drempelwaardes wat vir mielies bepaal is, behoort ook vir ander gewasse in wisselbou met mielies gebruik te word.

Soos met stikstof en fosfor kan heelplantontledings op vroeë stadiums en blaarontledings op latere stadiums gebruik word om tekorte te diagnoseer. Gebreksimptome word gekenmerk deur geel of nekrotiese blaarrande wat by die oudste blare begin, maar ook na die jonger blare kan versprei (Figuur 5). Vroeë na-plant-regstellings van tekorte is soos met stikstof, gewoonlik baie effektief.

Figuur 3

Figuur 4

Figuur 5

Let wel: Hierdie artikel word gepubliseer as algemene inligting en moet nie as spesifi eke advies geïnterpreteer word nie. Konsulteer asseblief met ‘n gekwalifi seerde landboukundige vir applikasie-spesifi eke advies.

Tree in verbinding met die Sasol Nitro Kontaksentrum by 087 350 2222 of by [email protected] vir toepaslike grondmonsternemingsprosedures, die tipe grondontledings wat vereis word en vir lokaliteitspesifi eke kalk- en bemestingaanbevelings.

14 Tegnies

Artikel deur Robert Steynberg, Graanbemarker, VKB Graanoorsig

Mielies: InternasionaalIn die laaste USDA-verslag is die verwagte opbrengs van die VSA afwaarts aangepas met 1,4 skepel per akker na 146,7 skepel per akker. Hierdie verteenwoordig die swakste mielie-oes sedert 2003/2004. Ten spyte hiervan het die mieliepryse op CBOT steeds gedaal en wel vanaf $6,62 per skepel na $6,52 per skepel nadat die aankondiging gemaak is. Een van die faktore wat tot dié toedrag van sake bygedra het, is die feit dat koring steeds goedkoper is as mielies (en volop is) en as sulks in die voermark aangewend word. Tweedens het Argentinië en Brasilië ‘n ideale plantseisoen gehad en heelwat uitgebrei op mielie-aanplantings. Dit behoort net ‘n kwessie van tyd te wees voordat die lae mielie-voorraadvlakke in die wêreld begin verbeter.

Mielies: PlaaslikPlaaslike pryse is tans op rekordvlakke en word gedryf deur ‘n plaaslike sowel as internasionale voorraadtekort. Die NOK se fi nale skatting vir mielies van 10,608 miljoen ton, word steeds betwyfel. Uitvoere vind steeds baie fl ink plaas en daar is in die huidige bemarkingseisoen reeds sowat 1,7 miljoen ton uitgevoer. Dit is ‘n kwessie van tyd voordat mielies of voerkoring ingevoer sal word. Die laat aanbreek van die reënseisoen is ook baie ondersteunend vir hoë pryse.

Infl asionêre verhogings in insette, sowel as onsekerheid oor die huidige aanplantings, maak dit beslis ‘n uitdagende seisoen, maar geleenthede moet benut word om ‘n gedeelte van die oes teen winsgewende pryse vas te kontrakteer omdat die fundamentele faktore baie kan verander oor ‘n periode van agt maande.

Koring: InternasionaalDie internasionale koringprys het die afgelope paar weke gedaal as gevolg van groot wêreldvoorrade. Rusland het ná verlede jaar se droogte en opskorting van uitvoere egter vanjaar weer tot die uitvoermark toegetree, wat pryse onder druk plaas. Onlangse nuus is dat daar probleme met droogte ervaar word in die nuwe plantseisoen in Rusland en die Oekraïne, maar wêreldvoorraadvlakke is op 202 miljoen ton, wat heelwat meer is as ‘n jaar gelede se 173 miljoen ton toe die droogte in Rusland probleme veroorsaak het. Australië ervaar 'n goeie oes, maar nat toestande het die stroopproses belemmer en graadprobleme kan voorkom.

Prysondersteunende faktore is die feit dat die wêreldverbruik van koring verhoog het met 2,4 miljoen ton as gevolg van verhoogde voergebruik. Verminderde aanplantings in Rusland, die Oekraïne en Amerika as gevolg van droë toestande, is ook langer termyn ondersteunend.

Koring: PlaaslikDie plaaslike koringprys het die afgelope paar weke teruggesak as gevolg van Argentinië wat begin stroop het. Ons pryse was op ‘n stadium tussen Amerikaanse en Argentynse invoerpariteit. Huidiglik is Argentynse pryse die goedkoopste, soos wat hulle markaandeel op uitvoere probeer wen teen Rusland. Die pryse verhandel op Randfontein-invoerpariteit en is as sodanig reg geprys. In die verlede het pryse met Suid-Afrika se stroopdruk geval tot by hawe-invoerpariteit. Daar is dus die risiko dat pryse met nog R200 kan val as die rand/dollar-wisselkoers en internasionale pryse konstant sou bly.

Soja: PlaaslikPlaaslike sojaboonpryse was die laaste paar weke onder druk gewees vanweë goeie oeste in Brasilië en Argentinië. Internasionale handel vind vanuit hierdie lande plaas en dit het CBOT pryse geweldig onder druk geplaas. ‘n Verdere prysdempende invloed is Suid-Afrika se redelike groot oordragvoorrade en uitbreidings op aanplantings wat in die vooruitsig gestel word. Pryse bly dus op uitvoerpariteit en beweeg nie soos in die verlede tussen die plantseisoene nader aan invoerpariteit nie. Plaaslik word daar ‘n 10% verhoging in die aanplanting van sojabone verwag. Gelukkig neem die vraag toe as gevolg van nuwe sojaperse, maar die wisselkoers, ruolie en internasionale pryse sal steeds fyn dop gehou moet word vir prysbeweging.

15Die Pad Saam – Desember 2011 Tegnies

Artikel deur dr Annelie Barnard, LNR-Kleingraaninstituut

Kan ek maar my koringsaad terughou?Koring het nog altyd ‘n integrale deel uitgemaak van ‘n produsent se gewasverbouingspatroon in gebiede waar koring suksesvol verbou kan word. Die afgelope ruk was egter nie baie rooskleurig vir koringprodusente in Suid-Afrika nie.

Toe koringprodusente vanjaar geplant het, was die Safex-prys ongeveer R2 700 per ton. Finansieel maak dit dus tog sin om te kyk na alle moontlike maniere om koste te bespaar. Een daarvan is natuurlik om op saadkoste te bespaar, want saad is baie duur. Bespaar jy egter werklik wanneer jy teruggehoude saad plant?

Gesprekke rondom die terughouding van saad is al redelik holrug gery en die voor- en nadele is al in baie artikels teen mekaar opgeweeg. In hierdie artikel word die rand-en-sent-waarde van teruggehoude saad weergegee en produsente kan dus self ‘n ingeligte besluit neem.

Wat is gesertifi seerde saad?Gesertifi seerde saad is saad wat aan streng fi siese en genetiese vereistes voldoen en wat onder streng kwaliteitsbeheer geproduseer word. SANSOR (Suid-Afrikaanse Nasionale Saadorganisasie) is die organisasie wat ingevolge die voorskrifte van die Plantverbeteringswet (Wet 53 van 1976) aangewys is om die Suid-Afrikaanse saadsertifi seringskema toe te pas en te administreer.

Volgens die voorskrifte van die Plantverbeteringswet word saad op gesertifi seerde lande geplant. Verpligte landinspeksies word deur gemagtigde SANSOR-saadinspekteurs op verskillende groeistadia op die koring uitgevoer en gemonitor vir suiwerheid asook enige afwykings, onkruid, siektes en dies meer.

Fisiese suiwerheid beteken dat die saad vry moet wees van verbode onkruidsaad en bykans vry moet wees van ander graansoorte asook vreemde stowwe, soos onder andere wildehawer, olieryke sade (soos sonneblom) en ander onkruidsade. Daar is wel ‘n toelating van 0,3% ander saad, waarvan nie meer as 0,02% uit onkruidsaad mag bestaan nie en hiervan mag weer nie meer as een wildehawersaad per 400 gram saad, in gesertifi seerde saad wees nie.

Wat genetiese suiwerheid betref, beteken dit dat die saadaanplanting bykans vry moet wees van ander kultivars

Nadat die koring geoes is, word ontkiemingstoetse volgens internasionale voorskrifte gedoen en in die geval van koring word ‘n minimum persentasie van 85% ontkieming gewaarborg.

Die sertifi seringsproses is dus eintlik ‘n sisteem waar ‘n klomp kontroles (checks) ingebou word om te verseker dat hoë-kwaliteit saad aan die produsent verkoop word. Produsente word ook deur die Plantverbeteringswet beskerm indien probleme met die saad ondervind word.

Wat is teruggehoude saad?Teruggehoude saad kan in twee klasse verdeel word:• Saad wat nie skoongemaak is nie en gekontamineer is

met onkruidsaad of ander vreemde voorwerpe en dit het gewoonlik ‘n lae ontkiemingspersentasie en groeikrag.

• Saad wat deur die produsent self skoongemaak is. Die kwaliteit van hierdie saad hang af van wat die kwaliteit van die saad was voordat dit skoongemaak is asook die effektiwiteit van die skoonmaakproses in terme van klein en/of ligte saad.

Teruggehoude saad bevat gewoonlik heelwat klein saadjies. Dit is algemeen bekend dat kleiner sade, alhoewel dit ‘n hoë ontkiemingspersentasie kan hê, swakker saailinge produseer wat nie in gesonde, sterk plante met ‘n hoë opbrengspotensiaal ontwikkel nie.

Produsente wat saad terughou, word nie deur die Plantverbeteringswet beskerm indien probleme met die saad ondervind word nie.

SaadkwaliteitSaadkwaliteit is ‘n baie belangrike aspek van koringverbouing en dit bepaal grootliks die uiteindelike opbrengs- en kwaliteits-potensiaal van daardie oes. Sowat 60% van ‘n kleingraanoes se opbrengspotensiaal word by die plant daarvan bepaal.Deur gesertifi seerde saad te koop, verseker ‘n produsent dat die saad wat geplant word van die hoogste kwaliteit is. Onthou dat gesertifi seerde saad beide die landinspeksies en die ontkiemingstoetse geslaag het, m.a.w. dit is vry van onkruidsaad asook ander sade en siektes (soos los- en stinkbrand). Verder is hierdie saad ook behandel met saadbehandelingsmiddels om saadgedraagde siektes en luise te beheer en die ontkiemingspersentasie is gewoonlik heelwat hoër as 90%.

Met teruggehoude saad moet die produsent altyd die saadkwaliteit evalueer. Hierdie saad is waarskynlik nie geneties suiwer nie, dit kan onkruidsade bevat en is heel moontlik beskadig deur insekte en/of weersomstandighede (koueskade of uitloopskade).

van dieselfde graansoort. Die aantal afwykende plante in ‘n beoogde produksie van gesertifi seerde pre-basissaad of basissaad van koring mag byvoorbeeld nie 0,1% oorskry nie. In die geval van ‘n beoogde produksie van gesertifi seerde saad mag die aanplanting nie meer as 0,3% afwykende plante bevat nie.

››› Vervolg op bladsy 16

16 Tegnies

Kontaminasie met onkruidsaad kan lei tot ‘n langtermyn onkruidprobleem met gepaardgaande koste. Heelwat gevalle van onkruidprobleme het juis ontstaan as gevolg van swak saadkwaliteit en het al tot so ‘n mate uitgebrei dat dit bykans onmoontlik is om te beheer. Hier is ‘n voorbeeld van wildehawer in ‘n koringland.

Produsente wat hulle saad terughou laat dit bitter selde toets vir ontkieming en groeikrag voordat hulle dit plant. Dit lei dikwels tot swak opkoms en derhalwe ‘n swak oes. Verder is daar ook heelwat risiko’s wat met teruggehoude saad geassosieer word wat later kan veroorsaak dat die produksiekoste baie styg.

Wat is die risiko’s verbonde aan teruggehoude saad?Teruggehoude saad is gewoonlik saad wat vir ‘n tydperk (enigiets tussen 6 en 18 maande) opgeberg is. Die opberging van saad is ‘n wetenskap op sy eie en indien dit nie perfek uitgevoer word nie, kan dit tot grootskaalse verliese lei. Hoë humiditeit is die hoofoorsaak vir die verlies aan kiemkragtigheid en groeikragtigheid by saad. Dit is veral met die ontkieming van saad waar daar geweldig vinnig probleme tydens opberging kan ontstaan. Opberging en saadhantering is die allerbelangrikste faktore by die terughou van saad. Daar is baie min produsente wat oor die korrekte infrastruktuur en

TYDPERK VAN VEILIGE OPBERGING

23

22

2021

191817

16

1514

13

24%124816

32641281565121024

3229

2724

21181613

107

412%

35

2

DAE VOG %TEMPERATUUR °C VAN GRAAN

Skematiese voorstelling van die tydperk wat nat en warm graan veilig opgeberg kan word.

fasiliteite beskik. Die grootste vyande by opberging is vog en temperatuur. In die onderstaande voorstelling word die tydperk van veilige opberging skematies aangetoon.Indien graan (dus ook saad) wat pas gestroop is, ‘n voginhoud van byvoorbeeld 18% het en die temperatuur van die graan is 32°C, is die tydperk wat hierdie graan veilig opgeberg kan word slegs drie dae!

Die vier belangrikste skades wat aan die graan tydens nat opberging aangerig word, is: • graan kan muf• graan kan hittebeskadig raak• graan kan insekbeskadig raak• graan kan begin ontkiem en uitloop

Dit is veral hierdie laaste twee wat die graan, as saad, waardeloos maak. Wetgewing maak egter voorsiening daarvoor dat gesertifi seerde saad nie bogenoemde probleme sal hê nie.

In die onderstaande twee fi gure is die verlaging in ontkiemings- en opkomspersentasie duidelik wanneer gesertifi seerde saad, gesonde teruggehoude saad en beskadigde teruggehoude saad met mekaar vergelyk word. Die ontkiemingspersentasie (Figuur 1) van saad wat beskadig is deur byvoorbeeld uitloop-, insek- of koueskade of meganiese skade, is tussen 30% en 40% laer as gesertifi seerde saad. In hierdie spesifi eke geval is sowat 10% van die saad deur van hierdie faktore beskadig.

Die verlaging in kiemkrag van teruggehoude saad (Figuur 2) is nog ‘n groter bron van kommer. Alhoewel van die teruggehoude saad wel ‘n hoë ontkiemingspersentasie kon bereik (hoër as 80% – in Figuur 1), het die saad nie genoeg kiemkrag gehad om in ‘n saailing te ontwikkel nie. Uit die onderstaande fi guur kan duidelik gesien word hoe gemiddeld slegs 70% van gesonde teruggehoude saad wat wel ontkiem het, in saailinge kon ontwikkel. Wanneer beskadigde teruggehoude saad geplant word, kon slegs sowat 34% van die saad in saailinge ontwikkel.

Figuur 1: Ontkiemingspersentasie

Figuur 2: Opkomspersentasie

Almal weet dat ‘n goeie stand noodsaaklik is vir maksimum opbrengs. In die geval waar opkoms nadelig beïnvloed word deur die plant van teruggehoude saad, skep dit potensiële probleme wat ‘n produsent duur te staan kan kom

100

80

60

40

20

0

100.0

80.0

60.0

40.0

20.0

0.0

Ont

kiem

ing

(%)

Opk

oms

(%)

Gesertifi seerde saad

Gesertifi seerde saad

Gesonde teruggehoude saad

Gesonde teruggehoude saad

Beskadigde teruggehoude saad

Beskadigde teruggehoude saad

››› Vervolg van bladsy 17

Dit kon ook tydens die oesproses meganies beskadig geraak het of dit kan lae ontkieming en kiemkrag hê as gevolg van byvoorbeeld die droging van die saad. Indien dit wel onkruidsade bevat, kan die plant van sulke saad tot grootskaalse verspreiding van onkruide lei.

Wêreldwyd het navorsing bewys dat onkruide sowat 10% potensiële opbrengsverlies in graangewasse kan veroorsaak, selfs met die huidige beheermaatreëls. Daar is ook bewys dat skoon saad ‘n betekenisvolle positiewe effek op opbrengs gehad het in vergelyking met onkruid wat agterna verwyder is.

17Die Pad Saam – Desember 2011 Tegnies

Saadkoste – hoe vergelyk gesertifi seerde saad met teruggehoude saad?Indien ‘n produsent gesertifi seerde saad koop, kan die koste wissel tussen R300 en R400 vir ‘n 25 kg sak (droëland winterkoring). Teen ‘n gemiddelde saaidigtheid van 20 kg/ha (en ‘n duisendkorrelmassa van om en by 35 g tot 45 g/1 000 sade), kan die saadprys per hektaar sowat R240 tot R320 beloop.

Die koste van teruggehoude saad kan egter heelwat wissel. Om saad skoon te maak en te behandel, kan tussen ongeveer R350/ton en R400/ton beloop. Addisionele koste as dit gesak en opgeberg moet word, word nie hierby ingereken nie. Dit kan die koste opstoot na R700/ton. Wanneer teruggehoude saad geplant word, moet hoër plantdigthede gebruik word, aangesien die ontkieming en kiemkrag van teruggehoude saad gewoonlik heelwat laer is as dié van gesertifi seerde saad.

Soos met die meeste ekonomiese voorbeelde, is die kostevergelyking van gesertifi seerde saad en teruggehoude saad plaas-spesifi ek. Die maklikste manier egter om die twee te vergelyk, is egter om ‘n gedeeltelike begroting op te stel wat die volle koste van teruggehoude saad verhaal. Die koste wissel natuurlik van plaas tot plaas en nie alle produsente sal al hierdie koste aangaan wanneer hulle hul eie saad terughou nie, maar dit is ook belangrik om te besef dat die koste van teruggehoude koringsaad nie slegs die produksiekoste of die markprys van koring is nie. Faktore om in ag te neem by die bepaling van saadkoste, word in Tabel 1 opgesom:

‘n Voorbeeld van ‘n land wat met teruggehoude saad geplant is.

Direkte koste Indirekte koste

• Koringprys (per ton) • Rente• Saadskoonmaakkoste • Ekstra onkruidbeheer• Waarde van saad wat deur skoon-

maakproses verwyder is• Saadbehandelingskoste• Opberging

TABEL 1: Direkte en indirekte koste om in ag te neem by die bepaling van saadkoste.

In Tabel 2 word ‘n vergelyking getref tussen die saadprys vir gesertifi seerde saad in vergelyking met die direkte koste van teruggehoude saad.

TABEL 2: Saadprys vir gesertifi seerde en teruggehoude saad onderskeidelik.

TABEL 3: Vergelyking tussen gesertifi seerde en teruggehoude saad om die marge bo gespesifi seerde koste aan te dui.

Prys per 25 kg

Gesertifi seerde saad R350Teruggehoude saad R80*

Saad

bron

Prys

per

25

kg

Plan

t-di

gthe

id

(kg/

ha)

Saad

kost

e(R

/ha)

Opb

reng

s(to

n/ha

)

Inko

mst

e @

R2

700

/ton

Mar

ge b

o ge

spes

i-fi s

eerd

e ko

ste

Gesertifi seerde saad R350 20 280 2,50 R6 750 R6 470

Teruggehoude saad R80 30 96 2,38 R6 426 R6 330

* Saadkoste, skoonmaak en behandeling van saad ingesluit

Wanneer ‘n mens na die aanvanklike vergelyking in prys tussen gesertifi seerde saad en teruggehoude saad kyk, lyk dit asof dit ‘n groot besparing kan meebring en lyk die opsie baie aantreklik. Wanneer ‘n mens egter met die syfers self werk, is gesertifi seerde saad nie so duur in vergelyking met teruggehoude saad nie.

Dit is belangrik om in gedagte te hou dat die aanbevole plantdigthede (soos byvoorbeeld vervat in die Produksiehandleidings van die LNR-Kleingraaninstituut) gebaseer is op resultate wat in die verskillende streke verkry is met proewe wat met gesertifi seerde saad uitgevoer is. As teruggehoude saad gebruik word, moet daar aanpassings in die saaidigtheid gemaak word om te kompenseer vir laer ontkieming en kiemkrag. Indien die moontlike verlaging in opbrengs van 5% in berekening gebring word, vergelyk die twee saadbronne soos volg met mekaar (Tabel 3):

Dus, met die eerste oogopslag lyk dit inderdaad asof teruggehoude saad ‘n koste-voordeel inhou, maar kwaliteitsprobleme met hierdie saad kan die saadkoste per hektaar aansienlik verhoog. Wanneer saad selfs in ‘n geringe mate beskadig is, kan die verlaging in opbrengs tot 25% verhoog. In so ‘n geval sal die berekeninge totaal anders daar uitsien.

Nadat die koste van saadskoonmaak, saadbehandeling en die hoër plantdigthede waarteen geplant moet word in ag geneem word, begin die voordele van teruggehoude saad baie krimp. As die addisionele koste wat met potensiële opbrengsverlaging gepaardgaan en die verlaagde kwaliteit veroorsaak deur swak kwaliteit saad in ag geneem word, verdwyn die aanvanklike ekonomiese voordele van teruggehoude saad.

As ‘n produsent dus dink dat hy nie gesertifi seerde saad kan bekostig nie aangesien dit te duur is en dat teruggehoude saad heelwat koste kan bespaar, maak hy ‘n groot fout. Die voordele wat die aanplant van gesertifi seerde saad inhou, is legio. Hoekom nie daarvan gebruik maak nie?

NTK gholfdag ‘n reusesuksesOp 20 Oktober het NTK ‘n gholfdag gehou op die Kameeldoring-baan (Potgietersrus). Dit was ‘n puik dag waar produsente, klante, personeel en verskaffers bymekaar gekom het om ‘n potjie gholf te geniet en besigheidsbande te versterk.

Verskaffers het mildelik bygedra in die vorm van borgskappe vir uitrustings sowel as pryse. En was daar nie puik pryse op die spel nie! Een van die grootste pryse was 1 000 liter diesel met komplimente van Shell se Oil Shoppe. NTK gholfdag 2011 was uit die boonste rakke!

19Die Pad Saam – Desember 2011

EKSPO OORTREF SELFS VORIGESDie NTK ekspo word reeds sedert 2005 aangebied en vanuit die staanspoor was dit ‘n groot sukses met hoë standaarde wat tot vandag toe gehandhaaf word.

Vanjaar se ekspo het selfs vorige ekspo’s oortref wat getalle van deelnemende verskaffers betref en daar is ook vir die eerste keer demonstrasies van produkte gehou.

Tienie Ras, Besturende Direkteur van NTK, het na NTK se verskaffers verwys as “handelsvennote wat net so belangrik is soos ons klante”. Hy het verder gesê dat die ekonomie taai is en

dat daar gewerk moet word vir besigheid. “Dit verg deesdae ‘n groter poging as voorheen om besigheid te kry en nuwe produkte vorm ‘n trekpleister vir klante.”

Die NTK ekspo is beslis ‘n hoogtepunt op die NTK kalender. Nie net bring dit NTK personeel en verskaffers saam nie, dit bied die geleentheid om nuwe markte te ontgin en wys nuwe produkte wat beskikbaar is.

Bemarking en Verkryging het voorwaar 'n ekspo aangebied om oor huis toe te skryf!

20 NTK

NTK involved in Arbor Day celebration2011 is international year of forests with campaigns worldwide to create awareness of the importance of forests.

In South Africa the highlight of this special awareness year, was the Arbor Day celebrations. This day was honoured in Limpopo on 6 September at the Marapong Sports Grounds near Lephalale (Ellisras).

Needless to say, NTK was involved in the day’s festivities. Jo-Anne Moobi of Modimolle was invited to be part of these Arbor Day celebrations by mr Moloto and mr Moroaphe of the Department of Agriculture, Forestry and Fisheries. She has been working closely

with these gentlemen over the past few years and has created a professional working relationship with them.

Thousands of people attended the day and it created an opportunity to promote NTK as a whole.

Jo-Anne was part of the day from planning stage and invited Hesmarie Barkhuizen along on the particular day of celebrations.

Jo-Anne grabs every opportunity to promote NTK – she is a lady on a mission!

Nuwe voorsitter vir NTK Direksie

Hesmarie Barkhuizen and Jo-Anne Moobi ready for the day.

Briljante tuindag op Warmbad gehou“In tune with nature” is ‘n program wat landswyd aangebied word en waarheen tuiniers, tuinliefhebbers en musiekliefhebbers stroom. Om in Limpopo se platteland weer eens die geleentheid te kon kry om hierdie puik aanbieding te sien, was groot bederf! En vir wie kan ons dankie sê daarvoor? Estelle Benadie van NTK Warmbad en haar personeel asook Annelize Boonzaaier van Verkryging, Liezl Britz van Bemarking en deelnemende verskaffers.

Vanjaar het Estelle hierdie dag geskei van die Warmbad skou en met groot welslae. Meer verskaffers is betrek en sodoende is beter diens aan die gaste gelewer. Nie net is hulle vermaak nie, maar hulle kon ook eerstehandse inligting van die verskaffers bekom.

Die groot aantrekkingskrag van die dag was natuurlik die bekende televisie tuiniers en die tydskrif Die Tuinier se Anna Cilliers en Tanya Visser. Met hulle kwinkslae, humor en veral kennis het die gehoor aan hulle lippe gehang. Dit was vermaak uit die boonste rakke!

Die musiek is behartig deur bekende dirigent Richard Cook met Paul Vonk op die klawers en Nicolaides agter die mikrofoon. Hoewel die musiek strelend en pragtig was, was dit interessant ook, met Richard Cook wat vrae aan die gehoor gestel het in ruil vir pryse.

Paul Vonk en Nicolaides.Estelle Benadie van NTK Warmbad saam met Tanya Visser en Anna Cilliers.

Kontaknommers veranderNeem asseblief kennis dat die volgende takke en silo’s se telefoonnommers verander het. Dit is nou deel van Hoofkantoor skakelbord maar die direkte nommers is as volg:

Settlers Handelstak: (014) 719-9121/2/3; faks: (014) 719-9124

Settlers Silo: (014) 719-9125/6/9; faks: (014) 719-9128

Lehau Silo: (014) 719-9019; faks: (014) 719-9022

Nutfi eld Silo: (014) 719-9133

NTK sigbaar by WildsfeesVaalwater se jaarlikse Wildsfees het vanjaar baie om die lyf gehad. Daar was 'n verskeidenheid stalletjies, groot name in die musiekwêreld het opgetree, daar was ‘n 4x4-rally, die deur-vuur-ry-rekord is opgestel en natuurlik die wildveiling wat plaasgevind het.

NTK het vanjaar ‘n tent gehad waar inligting beskikbaar gestel is. Verskaffers het deelgeneem en reggestaan om hul kennis en ervaring met die mense te deel.

NTK was oor die hele skou duidelik sigbaar. Vrydag was daar oral groen NTK-hempies en ook feesgangers met NTK-pette op, te sien. Saterdag het mans en dames NTK-voorskote aangehad. Dit het kompleet gelyk of die hele fees ‘n NTK-fees was.

Pierre Jacobs (regs) is verkies tot voorsitter van NTK se Direksie. Hy is hier afgeneem tydens die afskeidsgeleentheid van Herman Vercueil en dr Havenga saam met VKB se voorsitter, Paul Carshagen.

21Die Pad Saam – Desember 2011

Venda opedag beïndruk

Nog 'n suksesvolle bemarkingsdag op Vivo

David Kekana – working with the government

David Kekana

David Kekana has been with NTK since 1995 and has now been promoted to manager Government Affairs. This means that David had to move to Polokwane where he will be working in Johan Groenewald’s department.

David says that he is looking forward to the new position and to work hard and do his best to promote NTK as much as possible. His job will comprise of mainly three different legs, namely: public relations, marketing and administration and fi nance.

Vir die vierde agtereenvolgende jaar het Vivo ‘n boerebemarkingsdag gehou ten bate van die plaaslike skool. Vir die eerste keer in dié vier jaar het die weer saamgespeel en die dag was ‘n dawerende sukses!

Anton Bothma het ‘n 9-putjie gholfbaan op sy plaas aangelê en dit is waar die aktiwiteite van die dag plaasgevind het. NTK het al die pryse geborg en self ook ‘n span ingeskryf, bestaande uit Tienie Ras, Wynand Benadie, Johan Wessels en Johan Groenewald.

Die boerebemarkingsdag het die bande tussen NTK en die gemeenskap versterk en die vertrouensverhouding is beslis weer bevestig.

Een van die bottels op veiling.

Nylstroom deel in 4X4 pretNylstroom handelstak het hulle nie twee keer laat nooi om deel te wees van die eerste Waterberg Sakekamer 4x4-byeenkoms nie. Boonop het NTK beslis waarde toegevoeg tot hierdie geleentheid wat voortaan ‘n instelling sal word.

Hesmari Barkhuizen was vuur en vlam om deel te neem. Sy en haar kollegas het ‘n puik stalletjie by een van die pitstop-punte opgerig met ‘n “koedoedrol-spoegkompetisie” wat gedien het as ‘n bietjie afl eiding vir die deelnemers. Natuurlik was daar mampoer vir die droë kele asook ander versterkings.

NTK het ook pryse geborg vir die dag. Dit was ‘n heerlike dag en NTK sal volgende jaar beslis weer daar wees!

Die opedag wat onlangs by Venda gehou is, het wyd beïndruk. Nie net was klante, potensiële klante en verskaffers beïndruk nie, maar ook die hele NTK, want die kasregisters het vir vier dae onophoudelik gesing!

Die doel van die dag was om NTK se nuwe logo by die tak bekend te stel. Saam met veranderings aan die winkel en nuwe voorraad wat bekendgestel is, was dit as’t ware die heropening van NTK Venda.

Gerhard Swart (takbestuurder van Venda) en sy personeel het ‘n ongeloofl ike dag aangebied. Ongeveer 2 000 uitnodigings is uitgestuur aan net mooi almal in die omgewing. Produsente, staatsdiensamptenare, munisipaliteite, skole en vele meer. Die mense het toe ook in hulle honderde opgedaag!

30 verskaffers het deelgeneem aan die dag en het die Venda-terrein in ‘n feestelike plek omskep. Meer as 1 000 klante het deur die winkel beweeg en ongeveer 1 000 transaksies is gedurende die dag beklink. Die personeel van Venda het hulle kant dubbel en dwars gebring om almal te help en te bedien.

Binne vier dae is die rekordboeke van Venda herskryf. Op die eerste dag van die ekspo is 40 JoJo tenks verkoop en binne vier dae, 80 tenks! Maar dit was nie net die tenks wat goed verkoop het nie, alles wat op promosie was, het behoorlik van die rakke af en uit die winkel gevlieg! Dit alles in ‘n tradisioneel stiller tyd by die tak.

22 NTK

Totsiens aan Herman Vercueil en dr Klaas Havenga“Die einde van ‘n era.” Dit was die woorde van Tienie Ras, besturende direkteur van NTK, tydens die afskeidsgeselligheid van twee van NTK se direkteure. NTK het twee manne gegroet wat diep spore in NTK getrap het: Herman Vercueil wat vir 38 jaar op NTK se Direksie gedien het, waarvan 34 jaar as voorsitter was en dr Klaas Havenga wat sedert 1998 op NTK se Direksie was.

In sy boodskap namens VKB, het Paul Carshagen, voorsitter van VKB se Direksie, dit as ‘n voorreg beskryf om hierdie twee te kon ken. Hy het vanuit die staanspoor besef hoe belangrik NTK vir hulle is en dat hulle in moeilike tye net een doel voor oë gehad het: die voortbestaan van NTK. Carshagen het verseker dat die samewerking tussen NTK en VKB die regte keuse was. Hy het goeie gesondheid en die seën van die Here vir hulle lewenspad toegebid.

Vercueil het ‘n huldeblyk aan Havenga voorgehou. "Die reuse-aandeel wat Havenga gehad het in die proses om NTK op die regte pad te lei met insig, kennis en veral integriteit, kan nooit misgekyk word nie." Havenga is bedank vir sy jare diens aan NTK en die beste vir die toekoms toegewens.

Die huldeblyk aan Vercueil is op gepaste wyse gedoen deur Mias Nieuwoudt, voormalige hoofbestuurder van NTK, met wie hy ‘n baie lang pad saam gestap het. Hy het verwys na die weergalose Bosveld met mense met die kaliber van Vercueil wat jy daar sal vind. "‘n Mens kan na die provinsie kyk en dink dit is arm, maar dan vind jy boere-aristokrasie soos Vercueil en jy besef dat ons skatryk is." Hy het dit as ‘n besondere eer beskryf om vir meer as 30 jaar sakevennote met Vercueil te kon wees.

Vercueil was voorsitter in ‘n tyd wat eksterne faktore ‘n groot invloed op gebeure in NTK gehad het. Behalwe vir droogtes, oorlaatskemas en regeringsbeleid wat sake moeilik gemaak het, het sekere bedrywe soos die grondboon- en katoenbedryf in Limpopo verdwyn – met verreikende gevolge vir NTK. Onregverdige administrasie van die droogtehulpskema het NTK genoop om in ‘n hofsaak reg te laat geskied aan sy produsente.

"Deur alles heen, het Vercueil vas bly staan dat NTK ‘n produsente-organisasie moet wees. Hy was ‘n besonderse landbou-leier wat respek afgedwing het oor die persoon wat hy was en dit is ‘n voorreg om die pad saam met hom te kon stap."

Mias het hom en sy gesin bedank vir al die opofferings aan NTK. Hy het "oom Herman" net die beste toegewens.

“Herman Vercueil en dr Klaas Havenga, ons salueer u!”

Pierre Jacobs en Tienie Ras oorhandig die spesiale trofee aan dr Klaas en Anette Havenga.

Mias Nieuwoudt saam met oud-direkteure Chris van der Merwe, Klaas Havenga, Ben Gildenhuys, Japie Briel, Pieter Prinsloo, Herman Vercueil, Pierre Jacobs.

Mias Nieuwoudt en Herman Vercueil – 'n jarelange verbintenis.

BALLONNE BARS OP NYLSTROOMVanjaar het die bars-’n-ballon-dag drie weke later plaasgevind as vorige jare. Die rede hiervoor was dat die Nylstroom-tak die Warmbad-tak ondersteun het met die tuindag en die datum aangeskuif het om hierby aan te pas.

Klante wat aankope op die bars-'n-ballon-dag gemaak het, kon ‘n ballon bars en dan ‘n prys wen. Die bedrag van aankope was gekoppel aan die pryse, maar eindelik was daar waardevolle pryse. Klante het gelukkig en tevrede uitgestap.

Volgende jaar maak ons weer so!‘n Gelukkige klant, Adam Barnard, bars ‘n ballon.

23Die Pad Saam – Desember 2011 Gemeenskappe

Reitz se Bieliemieliefees 2012U word hartlik uitgenooi om VKB se stalletjie te besoek op 17 en 18 Februarie 2012 by die Reitz Bieliemieliefees. Vrydag, die 17de, beloof ‘n heerlike program vir produsente:• Besigtiging van vee• Nadoodse ondersoek op ‘n dier, siektes, oorsake ensovoorts.• Demonstrasies deur Claas• CMW Elite Merino Skaapveiling• Boerevereniging-kompetisies• Kompetisies by VKB se uitstalling

en vele meer.

Gaskunstenaars tydens die twee dae sluit in Andries Vermeulen, Karlien en Bobby van Jaarsveld, Romanz, Prime Circle en ‘n vuurwerkvertoning.

Besoek www.bieliemielie.co.za vir die volledige program.

VKB FotokompetisieHou hierdie gedeelte dop vanaf 2012

Maak gereed vir ‘n opwindende tyd saam met jou kamera en “Die Pad Saam”.

Lesers kan solank begin om hierdie vakansie lekker interessante foto's te neem. Vanaf 3 jaar tot 80 jaar mag deelneem. In 2012 se eerste uitgawe sal verskillende kategorieë bespreek word waarvoor jy kan inskryf.

Daar is wonderlike pryse op die spel.

Aandag: Alle Lede

VKB-Inligtingsvergaderings23 - 27 Januarie 2012

Neem asseblief kennis dat VKB ‘n reeks inligtingvergaderings deur die gebied gaan aanbied van 23 - 27 Januarie 2012.

Kennis sal aan distrikslandbou-unies deurgee word, asook op plakkate by al ons bedryfspunte.

Vir navrae, skakel Anelie Swemmer by 058 863 8277.

24 Gemeenskappe

VKB borg inligtingsdag oor veld‘n Baie geslaagde inligtingsdag is op 18 November op die plaas Arcadia van Arthur de Villiers in die Vrede-distrik gehou.

Riaan Dames, bekende weidingskundige van Vryburg, het as gasspreker opgetree. Hy het aan die Universiteit van die Vrystaat sy Honneursgraad in Weidingkunde ontvang en was die afgelope twaalf jaar werksaam by die Departement van Landbou op Vryburg. Hy tree tans as privaatkonsultant op en is hierdie jaar deur die Landbouskrywersvereniging van Suid-Afrika aangewys as die Noord-Kaap se Landboukundige van die Jaar.

Dames het in sy eerste voorlegging gepraat oor die “Gekontroleerde voervloei weidingsprogram” wat hy ontwikkel het. Volgens navorsing lewer aanhoudende beweiding ongeveer 30% beter diereprestasie as waar diere gereeld verskuif word. Verder moet onthou word dat dormante spesies geen produksie lewer nie. Die weidingstelsel wat hy aanbeveel is ‘n kombinasie van gekontroleerde rus en beweiding.

In sy opvolglesing het Dames gepraat oor dieregedrag en hoe dit gebruik word in die beplanning van jou weidingstelsel. Daar

is veral drie aspekte waarop klem gelê word, naamlik: Jong diere leer by hul ma (geld ook vir vreetgewoontes); jong diere leer makliker en die gedragspatroon word deur die omgewing bepaal. Verdere aspekte wat onthou moet word, is dat jong diere makliker leer om “vreemde” plante te vreet, ondervinding saam met die ma het ‘n blywende effek en dit is wel moontlik om gedragspatrone aan of af te leer.

Ná die lesings het almal middagete geniet en daarna is uitbeweeg na die veld vir praktiese evaluering. Arthur de Villiers pas dié stelsel al vir die afgelope twee tot drie jaar toe en geïnteresseerde persone kon die situasie self beoordeel. Die dag is bygewoon deur meer as 80 belangstellendes.

VKB was die hoofborg vir die dag met KK Animal Nutrition as medeborg.

Artikel deur dr Hannes Dreyer, LDO Dienste, Vrede (082 823 1045)

rg g virvir didie de dagag metmet KKKK AnAnimaimal Nl Nutrutritiitionon asas

Gemeenskappe

Krone KR – die klassieke, bewese KRKrone KR – die klassieke, bewese KRKompeterende Voordele:

KR Klassieke Reeks – ‘n wenner van KRONE Wêreldwyd beproef, met baie praktiese voordele.

• ‘n Geslote baalkamer beperk gewasverliese.• Die staaf en ketting baalroteerder verseker:

- Effektiewe werking in strooi, hooi, kuilvoer en gewasresidue.- Geen baalstilstand.- Stewige, goed gevormde bale.- Effektiewe werking in strooi, hooi, kuilvoer en gewasresidue.- Geen baalstilstand.- Stewige, goed gevormde bale.- Hoë baaldigtheid.

• Minimum kragvereistes.• Eenvoudige en stewige kontruksie verseker lae onderhoud en lang diens.• Baie min kettingrat-aandrywings.• Stoorspasie vir 6 rolle tou of een netrol – maklik om te laai.• Dubbel toubind meganisme vir vinniger bind.• Netbind opsioneel beskikbaar.• KRONE Mini Stop – meer bale per uur.

Baler promosie:Krone 125 Balers is op promosie tot Maart 2012.

Slegs geldig solank voorraad beskikbaar is. Kontak u naaste bemarker in die streek.

Vrede/Warden:Johan van der Nest: 082 878 2736

Reitz/Petrus Steyn:Jacob Greyling: 084 466 9090

Frankfort/Villiers:Nico van der Walt: 082 494 8907

Perfekte baalvorm: Drukaanwyser weerskante van baler vertoon die werklike

hoeveelheid materiaal in baalkamer links en regs. Dit maak die operateur se taak soveel makliker! Die baler word oor sy volle wydte

gevul met die resultaat van perfekte bale gewaarborg.

VKB personeel wag met opwinding om van ons lojale VKB kliënte te hoor. Sterkte met die Hooi seisoen.

Korne ad.indd 1 2011/12/05 03:05:18 PM

26 Gemeenskappe

Metodes in die kombuis om kanker te bestry

Artikel deur Anelie Swemmer, VKB

Feit 1:Negentig persent (90%) van alle kankers word deur die omgewing veroorsaak en slegs 10% deur wat ons oorgeërf het. Omdat die genetiese element so laag is, kry ons hoë en lae insidensies van kanker. Die nommer een omgewingsfaktor is die rook van sigarette.

Feit 2:Een uit ses Suid-Afrikaanse vroue sal kanker kry en een uit vier SA mans. In Amerika waar kanker die meeste voorkom, is dit een uit drie vroue en een uit twee mans.

Wees op die uitkyk vir kolikarbonaat wat in plastiekbottels, veral baba-bottels voorkom. Sodra dit aan hitte blootgestel word, stel dit ‘n stof vry wat die breinweefsels van kinders kan beïnvloed asook die begin van borskanker kan veroorsaak. Gedurende Februarie 2011 is dit deur die Europese Unie verban, in Junie in Sjina en pas in Suid-Afrika. Wanneer melk in die bottel warm gemaak word, gaan daar 52 keer meer chemikalieë uit die bottel in die melk in. Kansa SA het pas ‘n e-pos uitgestuur vir verbruikers met die verskillende kodes wat op die bottels verskyn.

Wat in die kombuis kan ‘n rol speel?1. Verwydering van gasse en rook is baie belangrik. Te veel rook

in die kombuis kan kanker verhoog. Lug moet so vars moontlik wees, sorg vir goeie ventilasie.

2. Drinkwater – moet so suiwer as moontlik wees. Dr Albrecht voorspel dat alle huise binne tien jaar suiweraars gaan hê.

Positiewe faktore in die kombuis wat liggaamselle kan beskerm:1. Borrie (anti-oksidant wat kankerselle teëwerk);2. Rooibostee (sterkste anti-oksidant wat glutetiloon vrystel wat

die liggaam teen kanker beskerm);3. Kanola-olie (die verhouding van Omega 6 en 3 in Kanola is 2:1

terwyl Omega 6 baie hoër in sonneblomolie is. Te veel Omega 6 bevorder hartsiektes, kanker en selfs geestessiektes);

4. Kanola-margarien (is die enigste produk op die mark wat die regte verhouding van omegas het en dit is Blossom se Canola Margarien. Kansa het 40 verskillende margariene ontleed en die bevindings is by kansa.org.co.za beskikbaar);

5. Vis – ons eet te min vis (Omega 3 het ‘n kort ketting en ‘n lang ketting, waarvan laasgenoemde in vis voorkom. Stokvis het nie genoeg nie, wel pilchards, sardiens, snoek en diepseevis wat olierig is);

6. Volgraan (Wheat Bix is een van die enigste natuurlike hoëveselprodukte wat beskikbaar is). Kyk uit vir die Hartstigting en Kansa se logo’s;

7. Vars groente en vrugte;8. Mieliemeel – bevat vitamiene A, thianin, bibofl avin en

foliensuur. As jy mieliemieel eet, kom 20% in die kolon. In die geval van witbrood of ontbytgrane, is dit reeds verteer teen die tyd dat dit in die kolon kom. Blanke vrouens het tien keer meer kolonkanker as swart vrouens.

9. Laevet kos

Op uitnodiging van Fouriesburg KANSA, in samewerking met Sheridan VLU, het KANSA se Hoof van Navorsing, dr Carl Albrecht ‘n aanbieding gelewer oor "die stryd teen kanker in die kombuis”. Hier is hul bevindings en aanbevelings:

Ons beskik dus oor twee natuurlike produkte in Suid-Afrika, naamlik rooibostee en mieliemeel.

Wat vermy moet word:1. Kleefplastiek met plastiseerder (maak dit meer klouerig) – kyk

uit vir die Kansa-logo2. Polikarbonaat-bottels en -bakkies3. Waterbesoedeling4. Lugbesoedeling5. Swamme in grondboontjiebotter6. Sonneblom-olie7. Mikrogolfoond wat "lek"8. Oorverhitte vleis (daardie lekker braaivleistjoppie; onthou die

"te", anders is dit aanvaarbaar).

Nog ‘n paar wenke:• Moenie plastiek in die oond of mikrogolf gebruik nie – nêrens

naby kos nie. Wanneer plastiek verhit, gaan 50% van die chemikalieë in die plastiek, in die kos in. Moet nooit plastiek verbrand nie, dioksin ontstaan wanneer plastiek verbrand word.

• Kanola is die arm man se olyfolie. Indien jy olyfolie koop, moenie die goedkoop produk koop nie.

• Jou mikrogolfoond: hoe vind jy uit of hy "lek" of nie? Sit jou selfoon binne, maak die deur toe en bel jou foon. As jy hom hoor lui, is daar ‘n probleem met die mikrogolfgoond.

• Hoekom eet ons te min vis? Suid-Afrika het geografi es nie groot mere nie en ons is bevooroordeeld teenoor pilchards. Kry hulle boekie met spyskaarte, jy sal verras wees.

Volgens dr Albrecht doen Kansa baie navorsing en wat kleefplastiek betref, gaan daar binnekort ‘n nuwe produk vrygestel word. Indien jy twyfel oor ‘n produk, kyk uit vir Kansa en die Hartstigting se logo’s.

Indien een uit ses mense kanker kry, beteken dit dat 83% dit nie kry nie. Daar is met ander woorde dalk sekere maatreëls wat hulle reeds in die kombuis toepas? As ons die faktore kan begin verstaan wat kanker veroorsaak, kan ons dalk die 83% opstoot en kan ons die statistiek in Suid-Afrika bevorder. Amerika het nog niks gedoen aan hul plastiek, margarien of olie nie.

Die Kankervereniging van Suid-Afrika dink anders hieroor!

27Die Pad Saam – Desember 2011 Profiel

VKB dra by tot ontwikkelende produsent se suksesSy resep tot sukses is sorgvuldigheid. Die welstand van sy graan en implemente is prioriteit. Koos Mthimkhulu wat onlangs as Ontwikkelende Graanprodusent van die Jaar deur Graan SA aangewys is, glo “as jy vir jou goed sorg, sal hulle vir jou sorg”.

Koos Mthimkhulu en sy seun, Clifford, met van die toekennings wat hy al vir sy suksesvolle boerdery ontvang het.

Dit kan duidelik opgemerk word wanneer jy sy plaas besoek; alles is goed onderhou en staan netjies in store. Een ding is seker: Wat Koos vandag het, het nie in sy skoot geval nie en hy gaan seker maak dit word opgepas.

Koos het op ‘n plaas in die Paul Roux-omgewing grootgeword waar hy reeds op ‘n vroeë ouderdom take op die plaas verrig het. Op 'n ouderdom van 26 het hy na Frikkie du Preez se plaas, Mieliebult, verhuis waar hy meeste van sy ondervinding opgedoen het. Frikkie het ‘n groot rol in Koos se ontwikkeling van ‘n plaaswerker tot ‘n ontwikkelende produsent, gespeel. Frikkie het later implemente aan Koos verkoop wat hy kon afbetaal. Daarmee het hy kontrakwerk vir ander boere in die Senekal-omgewing gedoen.

In 2007 het die Departement van Grondsake die plaas Astoria, waarop hy tans boer, vir Koos aangebied. Wanneer daar voldoende resultate getoon word, kan die grond op sy naam gesit word, of hy kan die grond huur. Koos boer hoofsaaklik met mielies (27 ha) en sonneblom (120 ha). Hy huur ook ‘n naburige stuk grond van 60 ha waarop hy mielies plant. Daarby het hy 33 Vleismerino’s en 40 Bonsmaras wat hy in die toekoms graag wil uitbrei en vermeerder.

Harde werk is sy leuse en woorde soos rus en vakansie bestaan nie in Koos se woordeskat nie. Soggens besoek Koos eerstens sy vee en sien toe dat alles reg is, daarna ry hy deur die hele plaas en kyk of alles nog in orde is. Volgens hom is daar baie water op die plaas, maar met tien boorgate en slegs een pomp moet hy versigtig te werk gaan. Wanneer Koos tyd het om te rus, loop hy deur sy plaas en wanneer iets gebreek het, maak hy dit reg.

“Ek mag nie slaap of stilsit nie,” sê hy. “Ek moet vooruit dink, ek moet vandag al dink wat ek oormôre gaan doen.” Wanneer hy wel ‘n bietjie tyd op hande het, kyk hy graag sokker en is ‘n stoere Kaizer Chiefs ondersteuner.

Koos is getroud en het een seun en twee dogters. Sy seun, Clifford (23), boer saam met hom. Hy gaan orals saam met hom en doen sodoende baie ondervinding op. Clifford se sterk meganiese aanleg is sigbaar in die uitstekende toestand van die implemente op hul plaas.

Koos is verheug oor die aanwysing as Ontwikkelende Graanprodusent van die Jaar en glo die toestand van sy toerusting speel ‘n groot rol in sy sukses. Sy raad aan ander opkomende produsente is harde werk en die getroue onderhoud van jou implemente. Hy en Clifford wil graag nog grond in die Senekal-distrik koop en die vee-vertakking van hul boerdery uitbrei.

VKB is verantwoordelik vir die verskaffi ng van produksiekrediet aan Koos se boerdery en volgens hom was hulle bereid om te help toe ander organisasies huiwerig was. “VKB het my uit die modder gehaal toe ek nie meer hoop gehad het nie. Ek is waar ek vandag is, te danke aan VKB.” Graan SA het ook ‘n groot aandeel in Koos se sukses. Hulle was nou betrokke by die tegniese deel van die projek en gee dikwels baie waardevolle raad vir Koos oor sy boerdery.

Koos is vanjaar as Ontwikkelende Graanprodusent van die Jaar aangewys en die onderhoud van sy implemente is vir hom ‘n prioriteit.

Artikel deur Elmarie Schoeman, Infoworks

Organiese Bio-Koolstof

NUUT