e l a n d n u u s...weg louw. hul vader, bismarck von moltke louw het hierdie huis in 1904 vir ‘n...

11
Erkende Jagters- & Bewarings-joernaal van die Alberton Elandtak Voldoen aan die volgehoue ontwikkeling vir Jagters volgens die Wapenwet No. 60 van 2000 Indeks Elandtak Komitee 2016-2017 Erkode - Code of Conduct Tak Portefeulje Bestuur SAJWV Jagterslied Om die Kampvuur met Mandi Kleinhans - Sutherland se Astronomiese Observatorium - SALT Elandtak Prystoekennings 2016-2017 Jagtersforum van die Elandtak Elandtak vereer van hul Dames Geweer & Boogveiligheid te lig Opgeneem Newton’s Law of Gravitation Lede Probleme / Membership Problems Man as a Hunter-Gatherer over Millennia Die Bybel en die Natuur Huldeblyk aan alle Oumas en Oupas Jagbestemming: Vrede Little Long Creek Hoeveel Saad eet ‘n Duif? Elandnuus Kommunikasies MONDSTUK VAN DIE ALBERTONTAK VAN DIE SA JAGTERS EN WILDBEWARINGSVEREENIGING UITGAWE No.49 June 2017 E L A N D N U U S 2 3 4/5 6 7 8 9 10 11 VOORSITTERS VAN ELANDTAK : Dr Lucas Potgieter (Afstigtings V/Sitter)(); Chris Vorster; Dr Theo Kleinhans; Dr Ben Heystek; Stephan Lindeque; Marelize van Jaarsveld; Stephan Lindeque SAJWV ORDE van die BUFFEL : Dr Theo Kleinhans (Silver : 2010); Anton Ferreira (Goud : 2011); Dr Ben Heystek (Silver : 2016) ALBERTON (ELAND) TAK : ORDE van die ELAND : Dr Theo Kleinhans (2012); Dr Ben Heystek (2013); Bennie Bierman (2014) JAGTERS se ONBAATSUGTIGE BESKADIGING van FLORA In Februarie 2017 kuier n groep Elandtak -jagters by Sandheuwel, wildsplaas van die Ficks Trusts te Alldays distrik. Dis al meer as n dekade wat min of meer die- selfde lede van SA Jagters agtermekaar daar gaan kuier, pertinent omdat die maroelas dan ryp word en afval, met baie vlakvarke en bobbejane wat gulsig aan dié vrugte kom smul. Offisieël jag ons net met ons kameras. Ek neem toe hierdie tambotieboom (links) af, wat n skamele 10-treë vanaf die jaghuis by die splash- poolgroei. Die verwrongendheid van die boom is stille getuienis van jagterswat skote daarin afgevuur het, minwetend of - gee-nie-om hoe dit die oerreus beskadig nie. Dertig jaar terug toe ons hier begin jag het, was hierdie reeds n gevestigde boom. Die probleem is net Hoe vuur jagtersskote so na aan die huis af? Daar is n veiligheidskode dat geen jaggeweer op die werf afgevuur mag word nie Tweedens, staan n ander jonger tam- botie-boom (foto regs) agter by die kom- buisdeur, ook met ongenaakte geweer- skote in sy stam - so waar staan hierdie simpele mense om hierdie skote af te vuur wat hierdie bome so beskadig? Dit is sulke onverantwoordelikheid wat ons gewone biltongjagters se naam deur die modder sleep. Terloops hierdie selfde jagtershet besope die jaghuis se skyf glas-voordeur skoon uit sy koesyn gebreek, wat ons toe gehelp het om te repareer. Dan kla hierdie selfde jagters dat die jagfooie noudae te hoog opgestel word.

Upload: others

Post on 06-Sep-2021

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: E L A N D N U U S...WEG Louw. Hul vader, Bismarck von Moltke Louw het hierdie huis in 1904 vir ‘n skamele 600 pond gekoop. Die skool op Loxton was nie meer voldoende vir hul vier

Erkende Jagters- & Bewarings-joernaal van die Alberton Elandtak Voldoen aan die volgehoue ontwikkeling vir Jagters volgens die Wapenwet No. 60 van 2000

Indeks

Elandtak Komitee 2016-2017 Erkode - Code of Conduct Tak Portefeulje Bestuur SAJWV Jagterslied

Om die Kampvuur met Mandi Kleinhans - Sutherland se Astronomiese Observatorium - SALT

Elandtak Prystoekennings 2016-2017

Jagtersforum van die Elandtak

Elandtak vereer van hul Dames Geweer & Boogveiligheid te lig Opgeneem

Newton’s Law of Gravitation Lede Probleme / Membership Problems

Man as a Hunter-Gatherer over Millennia Die Bybel en die Natuur

Huldeblyk aan alle Oumas en Oupas

Jagbestemming: Vrede Little Long Creek Hoeveel Saad eet ‘n Duif? Elandnuus Kommunikasies

M O N D S T U K V A N D I E A L B E R T O N T A K V A N D I E S A J A G T E R S E N W I L D B E W A R I N G S V E R E E N I G I N G

UITGAWE No.49 June 2017

E L A N D N U U S

2

3

4/5

6

7

8

9

10

11

Amazingly awesome to think of the life of this tree! Thank God no loggers took it down--nor forest fires, nor earth-quakes. --Just a quiet life in a California forest for all these years.

VOORSITTERS VAN ELANDTAK : Dr Lucas Potgieter (Afstigtings V/Sitter)(†); Chris Vorster; Dr Theo Kleinhans; Dr Ben Heystek; Stephan Lindeque; Marelize van Jaarsveld; Stephan Lindeque

SAJWV ORDE van die BUFFEL : Dr Theo Kleinhans (Silver : 2010); Anton Ferreira (Goud : 2011); Dr Ben Heystek (Silver : 2016)

ALBERTON (ELAND) TAK : ORDE van die ELAND : Dr Theo Kleinhans (2012); Dr Ben Heystek (2013); Bennie Bierman (2014)

JAGTERS se ONBAATSUGTIGE BESKADIGING van FLORA

In Februarie 2017 kuier ’n groep Elandtak-jagters by Sandheuwel, wildsplaas van die Fick’s Trusts te Alldays distrik. Dis al meer as ‘n dekade wat min of meer die-selfde lede van SA Jagters agtermekaar daar gaan kuier, pertinent omdat die maroelas dan ryp word en afval, met baie vlakvarke en bobbejane wat gulsig aan dié vrugte kom smul. Offisieël jag ons net met ons kameras. Ek neem toe hierdie tambotieboom (links) af, wat ‘n skamele 10-treë vanaf die jaghuis by die ‘splash-pool’ groei. Die verwrongendheid van die boom is stille getuienis van ‘jagters’ wat skote daarin afgevuur het, minwetend of-gee-nie-om hoe dit die oerreus beskadig nie. Dertig jaar terug toe ons hier begin jag het, was hierdie reeds ‘n gevestigde boom. Die probleem is net …

Hoe vuur ‘jagters’ skote so na aan die

huis af? Daar is ‘n veiligheidskode dat

geen jaggeweer op die werf afgevuur

mag word nie …

Tweedens, staan ‘n ander jonger tam-botie-boom (foto regs) agter by die kom-buisdeur, ook met ongenaakte geweer-skote in sy stam - so waar staan hierdie simpele mense om hierdie skote af te vuur wat hierdie bome so beskadig?

Dit is sulke onverantwoordelikheid wat ons gewone biltongjagters se naam deur die modder sleep. Terloops … hierdie selfde ‘jagters’ het besope die jaghuis se skyf glas-voordeur skoon uit sy koesyn gebreek, wat ons toe gehelp het om te repareer. Dan kla hierdie selfde jagters dat die jagfooie noudae te hoog opgestel word.

Page 2: E L A N D N U U S...WEG Louw. Hul vader, Bismarck von Moltke Louw het hierdie huis in 1904 vir ‘n skamele 600 pond gekoop. Die skool op Loxton was nie meer voldoende vir hul vier

Erkende Jagters- & Bewarings-joernaal van die Alberton Elandtak Voldoen aan die volgehoue ontwikkeling vir Jagters volgens die Wapenwet No. 60 van 2000

Bladsy 2

ELANDTAK KOMITEE 2016 - 2017

Voorsitter : Stephan Lindeque 082 873 9289

Onder-Voor :

Sekretaresse: Sanette van Möhlman 079 494 5859

Tesourier : Chris Venter 083 307 3806

Skietsake : Danie Werner 073 123 5452

Jagmeester : Manny Leitao 083 776 0030

Boogskiet : Eric Elston 082 379 1482

Bewaring: Vakant

Opleiding Snr : Johan Pretorius 083 321 6729

Opleiding Jnr :

Opleiding Jnr : Lukas von Möhlman 082 414 9094

Elandnuus : Dr Theo Kleinhans 082 8555 891

Ast./Skiet - Haelgewere : Henri dos Santos

Assist./Skiet-Opld : Vakant

Assist./Jag Koörd : Vakant

V/Sitter : Stephan : [email protected] Sekretaresse Sanette : [email protected]

Tesourier Chris : [email protected]

Skietsake Danie : [email protected]

Jagsake Manny : [email protected]

Boogskiet Eric : [email protected]

Bewaring : Vakant

Sen. Opleiding Johan : [email protected]

Jun. Opleiding (Snr) Lukas : [email protected]

Jun. Opleiding (Jnr) : Vakant

Haelgeweer Henri : [email protected]

Elandnuus Theo : [email protected]

Webblad : www.elandtak.co.za

Erekode

Met diepe erkentelikheid teenoor die Opperwese, Skepper van alles wat lewe en met innige waardering vir die heelal in die volledige to-taliteit daarvan, verbind ek my as jagter en as lid van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringvereniging om:

• alle geskrewe en ongeskrewe jagwette en voorskrifte te eerbiedig en niks uit die natuur te neem waarop ek nie geregtig is nie;

• met deernis te jag en net uit die natuur te benut wat ek kan gebruik;

• fauna en flora, grond en water en die lewe wat dit versinnebeeld aktief te bewaar en met respek en liefde te bejeën;

• my vuurwapens met kundigheid en oordeel te benut en met eerbied vir die lewe aan te wend; en om nederig te jag, my medejagters te respekteer en jagaktiwiteite in die algemeen te bevorder.

Code of Conduct

In profound acknowledgement to the Almighty, Creator of all life with sincere appreciation for the universe in the sublime totality there-of, I hereby pledge myself as a hunter and as a member of the South African Hunters & Game Conservation Association to:

• obey all written and unwritten hunting regulations and practices, and to take nothing from nature which I am not entitled to;

• hunt with compassion and to utilize from nature with utmost discretion;

• actively conserve and promote with love and respect, fauna and flora, soil and water and the life it represents;

• employ my firearms with skill and consideration, and with understanding for the value of life; and to hunt with humility, to respect my fellow hunter and to enhance and strengthen the sport of hunting.

“Die persoon wat ‘n effektiewe en suksesvolle bydrae op ‘n Tak-bestuur maak, is gewoonlik in sy beroep ook net so suksesvol en baie besig. As gevolg van dié tipe persoon se bereidwilligheid en effektiwiteit is dit baie maklik om so ‘n persoon te oorlaai met werk. Die gevolglike negatiewe invloed op so ‘n persoon se persoon-like en beroepslewe, word gewoonlik te laat besef en ongelukkig verloor die Tak dikwels ook uiteindelik die dienste van so ‘n per-soon.”

Uittreksel uit SAJWV ‘Takbeleid’

TAK PORTEFEULJE BESTUUR

SAJWV JAGTERSLIED

Hier in die suidland van Afrika lê ons spore vêr en wyd.

Onder die winter- en somerson jag ons met ned’righeid.

Deur die jare heen het ons bewaar met eerbied vir ons land,

respek vir mekaar.

Daar waar die springbok en koedoe wei, waar die voëls op winde sweef

sien ons die hand van die Opperheer wat mens en dier laat leef.

Met ons kundigheid sal ons bewaar vir môres wat nog kom, vir kinders van Afrika.

Bennie Bierman (Liriek en musiek)

Page 3: E L A N D N U U S...WEG Louw. Hul vader, Bismarck von Moltke Louw het hierdie huis in 1904 vir ‘n skamele 600 pond gekoop. Die skool op Loxton was nie meer voldoende vir hul vier

Erkende Jagters- & Bewarings-joernaal van die Alberton Elandtak Voldoen aan die volgehoue ontwikkeling vir Jagters volgens die Wapenwet No. 60 van 2000

OM DIE KAMPVUUR met Mandi Kleinhans

SUTHERLAND en SALT … ASTRONOMIESE OBSERVATORIUM

Ons was geheel uitgerus na tien dae teen die see op Jongens-fontein (Stilbaai), gevolg deur ‘n paar dae in die berge by Swellendam. Vroeg vanoggend gedraai by Matjiesfontein vir ‘n paar fotos van hierdie geskiedkundige spoorwegstasie. Nou ‘n paar uur later, soos ons voertuig die kontoere van die Verlatenkloofpas in die Roggeveldberge uitkronkel, sien ons geweldig uit na ons eerste blik op Sutherland, in die herfs van April 2017.

Ons ervaar dikwels dat die belewenis van enige plek altyd geuriger en kleurryker in die werklikheid is as mooi gekleurde brosjures wat ons gebruik om ‘n toer mee te beplan. Suther-land is so ‘n plek. Dis ons eerste besoek, hoewel kortstondig, aan Sutherland. Volgens die GPS klim die pas 670m oor ‘n afstand van 14 kilometer. Dis herfs en die grasse reeds aan die verkleur van groen na vaal. Spikkels blomme en groen Karooplante gee egter hier en daar langs die pas nog lewe aan die veld.

Fotos van Karooplantjies wat ons op die pas geneem het as gevolg van hul uitstaande kleur, maar ken ongelukkig

nie hul name nie.

Verlatenkloofpas is een van die 29 passe wat Thomas Bain in die destydse Kaapkolonie ontwerp en gebou het. Die oor-spronklike pas is in 1874 gebou met material wat per donkie-karre vanaf Matjiesfontein aangery is. Volgens oorlewing het die slegs 110km ‘n monumentale 14 dae geneem om oor die pas te kom. So verlate was die wêreld dat dit ‘Verlatenkloofpas’ genoem is. Ons brosjure vertel ons dat 17 brûe oor dié Tolhuis en Bergrivier gebou is om hierdie bergpas moontlik te maak. One seil die pas uit en na enkele kilometre ry ons muisstil en kiertsregop die hoofstraat genaamd Piet Retief, Sutherland binne. Met ‘n geskiedkundige aanbou datum van 1855, huisves die dorpie tans 3800 mense permanent.

Die eerste wat ons tref is die skoon en vervrissende lug, die

wye strate en totale oopheid van die dorpie. Ons vind Suth-

erland ‘n pragtige plattelandse dorpie met mooi gere-

stoureerde huise, ‘n imposante NG Kerkgebou, alles met

kleurryke plante en blomme, al is dit herfs. Die dorpie is

vernoem na sy eerste predikant, Ds Henry Sutherland van

Worcester. Ons vind ook uit dat die ‘Roggeveld’ streek beno

em is na die wilde ‘rôegras’ (Secale africanum) wat orals groei en

glo goeie skaapweiding is, soos die gannabos wat ons almal

ken. Geen wonder al die omliggende plase bestaan net vir

‘merinowol’.

Eerste is ons by die ‘Louw Huis Museum’, geboorteplek van die

bekroonde Afrikaanse digter en dramaturg, NP van Wyk

Louw. Nie te vergeet nie is sy ewe beroemde jonger broer

WEG Louw. Hul vader, Bismarck von Moltke Louw het

hierdie huis in 1904 vir ‘n skamele 600 pond gekoop. Die

Louws het egter in 1920 na Kaapstad verhuis want die plaas-

skool op Loxton was nie meer voldoende vir hul vier seuns

nie, almal wat onomwonde hul merk op verskillende maniere

in die Suid Afrikaanse geskiedenis gemaak het, veral die jong-

ste, William Evert Gladstone Louw.

SALT, die Astronomiese Observatorium lê sowat 14km oos

van Sutherland, op ‘n hoogte van 1800m. Volgens die curator

Jurg Wagenaar, verskaf hierdie ligging meer as 80% wolklose

nagte in elke jaar. SALT staan vir South African Largest Telescope.

In muisbosskerms buite, is ‘n paar 280mm teleskope reeds

opgestel, klaar op die nagruim gestel. Jurg se laserlig deurklief

die donkerte om vir ons met behulp van die Suiderkruis en

ander bekende konstelasies ons posiesie te bepaal. In die

stikdonker naghemel voel dit asof jy net jou hand kan uitsteek

en aan ‘n ster kan raak. Miljoene liggies in die melkweg flonker

fluks bokant ons koppe.

Beserp en bemus kry ons

ook ‘n kans om die hemel-

ruim te besigtig. One besef

dat van hierdie sterre

biljoene jare terug in die

hemelruim, hulle ligatrale

uitstuur na ons … om nou

op 18 April 2017 te lees by

SALT.

Bladsy 3

Page 4: E L A N D N U U S...WEG Louw. Hul vader, Bismarck von Moltke Louw het hierdie huis in 1904 vir ‘n skamele 600 pond gekoop. Die skool op Loxton was nie meer voldoende vir hul vier

Erkende Jagters- & Bewarings-joernaal van die Alberton Elandtak Voldoen aan die volgehoue ontwikkeling vir Jagters volgens die Wapenwet No. 60 van 2000

Maandagaand 3 April - Toekennings

< Gert Goosen wat 3 van die Groot Vyf geskiet het die af-gelope jaar.

Brandon Heine (Goud) en trofee vir Junnior Seuns onder 13. > < Mecaila McCowan (Silver) vir Dogters onder 18 .22 skiet.

Juf. D Hart vir Goud in die Rooibok skiet >

deur Voorsitter Stephan Lindeque ... Danie Werner vir sy Eland 825 mm en Rooihartebees 471mm. Voorwaar ook trots om nog a balkie op sy ‘Groen Skietbaad- jie’ to ontvang. < Martiens Kruger vir sy Rooi- Bok 161mm en Swartwildebees 691mm.

Eric Elston vir die wen van die Fotokompetisie en sy portefeul- je van Boogjag Opleiding > >

< Johan Pretorius vir sy porte feulje van Senior Opleiding.

Bladsy 4

ELANDTAK PRYSWENNERS VIR 2016/17

Page 5: E L A N D N U U S...WEG Louw. Hul vader, Bismarck von Moltke Louw het hierdie huis in 1904 vir ‘n skamele 600 pond gekoop. Die skool op Loxton was nie meer voldoende vir hul vier

Erkende Jagters- & Bewarings-joernaal van die Alberton Elandtak Voldoen aan die volgehoue ontwikkeling vir Jagters volgens die Wapenwet No. 60 van 2000

Bladsy 5

(Left) Chairman Stephan Lindeque awards Henri Dos Santos for his portfolio of Shotgun training/shooting. (Right) Henri dos Santos with a whole representative team of ‘shotgunners’ at Hippo Creek shooting range.

(Left) Nuno Barros won Silver shooting award, whilst Dad Tony was awarded Gold. (Right) Four more shotgunners at the Hippo Creek shoot.

Page 6: E L A N D N U U S...WEG Louw. Hul vader, Bismarck von Moltke Louw het hierdie huis in 1904 vir ‘n skamele 600 pond gekoop. Die skool op Loxton was nie meer voldoende vir hul vier

Erkende Jagters- & Bewarings-joernaal van die Alberton Elandtak Voldoen aan die volgehoue ontwikkeling vir Jagters volgens die Wapenwet No. 60 van 2000

JAGTERSFORUM VAN DIE ELANDTAK ...

Stephan wens Lucas von Möhl-man geluk met sy portefeulje van Junior Opleiding, waar Lucas so goed presteer het.

Hippo Creek, where the ‘Shotgunners’ practice

and shoot competitions

< Andre van Deventer, ons 2016 mees Veelsydige Skut in die Elandtak.

Dylan Heine word gelukgewens met sy toekenning van Silver vir Junior Blesbok.

Mej. A Lindeque het Goud ontvang

Bladsy 6

Die Here is my Herder … dis ‘n verhouding! Ek kom niks kort nie … dis voorsiening!

Hy laat my in groen weilande rus … dis ontspanning!

Hy gee my nuwe krag … dis genesing! Hy lei my op die regte paaie … dis die beste GPS!

Mag jy elke dag sy goedheid beleef en sien, sy nabyheid voel ...

want HY is ons herder!

Page 7: E L A N D N U U S...WEG Louw. Hul vader, Bismarck von Moltke Louw het hierdie huis in 1904 vir ‘n skamele 600 pond gekoop. Die skool op Loxton was nie meer voldoende vir hul vier

Erkende Jagters- & Bewarings-joernaal van die Alberton Elandtak Voldoen aan die volgehoue ontwikkeling vir Jagters volgens die Wapenwet No. 60 van 2000

ELANDTAK VEREER VAN HUL DAMES

Elandnuus leser en jagter Dr Christie van Zyl, stu-ur vir ons hierdie fotos wat fokus op veiligheid op die baan sowel as op die veld. Christie vertel nie of hierdie pa en seun besig was met Wilhelm Tell se pyl-en-boog oefening nie, maar Eric Helston

beklemtoon veiligheid gereeld met sy boogskiet klasse. Die Polisieman regs is ‘n bewys dat hul gereelde veiligheid op skietoefeninge nog nie deurgedring het tot hom nie. Ons haelgeweer skiet-meester Henri dos Santos, het seker sy eie mening.

Bladsy 7

Voorsitter Stephan Lindeque het vir elke dame ‘n dankie-druk en bossie blomme geskenk namens die tak vir hul verskillende insette oor die jaar : Links is Sanette von Mohlman ons taksekretaresse; in die middle Agnes Wer-ner, wat saam met haar dogter Nicholette (Regs), die Aprilmaand erkenningsaand-ete geskenk en voorgelê het

GEWEER EN BOOG VEILIGHEID TE LIG OPGENEEM

Page 8: E L A N D N U U S...WEG Louw. Hul vader, Bismarck von Moltke Louw het hierdie huis in 1904 vir ‘n skamele 600 pond gekoop. Die skool op Loxton was nie meer voldoende vir hul vier

Erkende Jagters- & Bewarings-joernaal van die Alberton Elandtak Voldoen aan die volgehoue ontwikkeling vir Jagters volgens die Wapenwet No. 60 van 2000

Most of us have at one time or another had to study Sir Isaac Newton’s Law of Gravitation, where a free-falling object accelerates at 32 Ft/sec² (the old imperi-al system). Modern mathematics defines this as 9,80665 m/s squared. Whichever way you look at it, it’s still exceptionally fast and depending on the free-fall distance, builds up gravitational force between 2 and 8 G’s. Remember that the average bungee jump is required by Law not set to exceed 2 G’s. Sky-divers however, exceed 200km/hr at approximately 4 G’s in free-fall before opening their parachutes. Adrenalin junkies can therefore be stated to actually test New-ton’s Law in practice when they jump free-fall.

We huntsmen regularly test Newton’s force of gravity on our bullets, where we endeavour for the optimal required grain weight for the deer we wish to hunt, to minimise the trajectory drop by loading for a higher speed and generally utilising Speer points with boat tails. We as huntsmen are also aware of the ‘G’ knock-down power of our ammunition for one-shot kills, thus balancing maximum bullet weight against critical placement on the deer. Therefore our scopes are the best that we can afford and we practice as regularly as we can. No wonder that gong-placement has lately became a major indicator of shooting prowess at our branch shoots because of the varying distance of placement and being strung out in the field, replicating natural hunting as close as possible.

Bladsy 8

“Lede moet verkieslik hulle navrae en/of probleme wat op takvlak ontstaan eers met Takbesture opneem alvorens daar met die Nasionale kantoor geskakel word.”

Opmerking: Die beginsel wat hier geld is dat probleme op die vlak waar dit ontstaan, opgelos moet word. Dit beteken dat indiwiduele lede wat die Nasionale kantoor skakel, eers gevra sal word of hulle Takvoorsitter oor die probleem ingelig is?

Uittreksel uit SAJWV se ‘Takbeleid’ handves

“Members must please raise their queries or problems with the branch level Management before phoning head office”. Notice: The principle applicable here is that individual member’s inquiry and/or problems should first be resolved at their branch level. Members therefore phoning HQ will be request-ed as to whether they have raised this with their branch?

Extract from the SAHGCA ‘Branch Policy Manual’

LEDEPROBLEME MEMBER PROBLEMS

NEWTON’S LAW OF GRAVITATION

Traveling through the Eastern Cape on the way to Stilbaai this April, we rode over the 216-meter high Bloukrans bridge, regularly used by the bungee brigade. When we stopped to witness a group jumping, the notice board at the kiosk indicated the oldest person to have jumped the bridge … to be Mohr Keet of George in April 2013, his third jump for the past three years. What makes his jumps so spectacular, is the fact that he was 96 years young last year. They are awaiting confirmation of this as a world record, to be published in the Guinness Book of Records. We would most surely like to have been present when he repeated it again this April on his 97

th birthday. Somehow makes one feel a bit inadequate

to read about such prowess whilst we youngsters (compared to his 97), are lamenting our on-kreeping age of 20 to 30 years Mohr’s junior … Just don’t make them like they used to!

Dr Theo Kleinhans

Page 9: E L A N D N U U S...WEG Louw. Hul vader, Bismarck von Moltke Louw het hierdie huis in 1904 vir ‘n skamele 600 pond gekoop. Die skool op Loxton was nie meer voldoende vir hul vier

Erkende Jagters- & Bewarings-joernaal van die Alberton Elandtak Voldoen aan die volgehoue ontwikkeling vir Jagters volgens die Wapenwet No. 60 van 2000

MAN AS A HUNTER-GATHERER OVER THE MILLENNIA

Bladsy 9

Archealogical siftings through the ancient middens in far-flung caves from Maropeng in the Magaliesberg down to the Drakensberg highlands, prove that the anthropological forebears of Southern Africans, inhabiting these caves by and large … were HUNTERS from their earliest age. Anthropologist Dr Broom who discovered ‘Mrs Ples’, opined that the emergence of true hominids was as far back as circa four-and-a-half million years ago, but these hunter forebears historically only became accomplished hunters as recent as half a million years ago. They harvested a rich bounty of mam-mals, fish, fruit and vegetables around the area where they lived. Neolithic tools fashioned from bone and stone bear mute testimony around these areas.

Recent findings leave little doubt that the roots of hunting stretch back into the dawn of our social beginnings. Groups of families became a guarantee against any surprise attack by rival clans in or near their living area. What started those many years ago as hunting for survival, has somehow over the past few centuries become clothed in mystique and tradition. It has generated a vast body of literature by such eminent hunters as Frderick Courtney Selous. Reference to Saan rock paintings in the Drakensberg’s Golden Gate, indicates them already hunting eland and gazelle thousands of years ago. Our recent visit to Egypt elicited the fact from Egyptian hieroglyphics, that even the Biblically related Egyptians hunted eland and gazelle over 4000 years ago.

Wikipedia illustrates a more modern writer Aleanus, penning hunt-ing escapades as recent as 200AD in Macedonia. So who can argue against such overwhelming proof? These early hunting escapades came clad with no more morality and embellishment other than the expedience of common sense - simply hunting animals for ven-ison, the staple meat of the day. Yet from that distant uncomplicat-ed motivation have arisen codes of conduct that impute for hunters to hunt on higher moral ground. Our SA Hunters’ Code of Conduct bears mute testimony to this fact, where every hunt should be con-cluded in a self-indulgence and cloaked in sanctimony. Our Patron Saint of hunters, St Hubertus will be smiling on these hunters from above, as they uphold an ethical tradition of hundreds (if not thou-sands) of years.

Younger modern hunters, clothed in their best Sniper camo hunting outfits, all tend to be genetic social climbers who have an innate need to prove to their peers that they are master huntsmen. Many if confronted, will disavow this, but secretly strive to be the best of the best. Most of them are surrounded at home by countless Row-land Ward trophies, that cost them an arm and a leg. However, an imposing dichotomy enters the equation - On the one hand there is the socialisation and the restraining forces of the Green Peace Bri-gade (like wife Mandi) … On the other hand we have thousands of years of genetically induced desire for ourselves to be hunters.

2017 May be too late, but let us at least endeavour to secure the future of our primal and atavistic hunting rights in South Africa. Let us strive to win back the awe, risk and adventure that attends every hunting trip. Let us enter every hunting ground with that frame of mental reference within which we ply our indulgent pleasure of hunting through our hunters code of conduct ...

HUNTING CODE OF CONDUCT ...

“In profound acknowledgement to the Almighty, Creator of all life with sincere appreciation for the universe in the sublime totality thereof, I hereby pledge myself as a hunter to …

• obey all written and unwritten hunting regu-lations and practices, and to take nothing from nature which I am not entitled to;

• hunt with compassion and to utilize from nature with utmost discretion;

• actively conserve and promote with love and respect, fauna and flora, soil and water and the life it represents;

• employ my firearms with skill and considera-tion, and with understanding for the value of life; and to hunt with humility, to respect my fellow hunter and to enhance and strengthen the sport of hunting.

In Job 39 vra die Here vir Job …

“Kan jy vir ‘n leeu sy prooi vang? Kan jy vir hom genoeg gee om te eet wanneer hy in sy skuilplek gereed lê? Wie gee vir ‘n kraai die kos wat hy nodig het wanneer sy kleintjies hulp roep na God?

Ken jy die tyd wanneer die klipspringers lam? Staan jy en kyk waar die wildsbokke kleintjies kry? Kan jy vir hulle die draagtyd bepaal? Weet jy presies wanneer hulle moet lam?

Hulle trek inmekaar, die bokkies word gebore … Die geboortepyne is gou verby … Die lammers groei en word groot in die veld …

Ek het vir hulle die oop veld gegee om in te bly, Die brakbossies om in te wei … Wil jy nou vir God teregwys?”

Job: (Nee Heer ...)

“Nou sal ek stilbly … Ek is nie opgewasse teen U nie. Hoe sou ek U kon beantwoord?”

Job 39:1<

Die Bybel en die Natuur

Page 10: E L A N D N U U S...WEG Louw. Hul vader, Bismarck von Moltke Louw het hierdie huis in 1904 vir ‘n skamele 600 pond gekoop. Die skool op Loxton was nie meer voldoende vir hul vier

Erkende Jagters- & Bewarings-joernaal van die Alberton Elandtak Voldoen aan die volgehoue ontwikkeling vir Jagters volgens die Wapenwet No. 60 van 2000

MEI MOEDERSDAG : Huldeblyk aan alle OUMAS en OUPAS!

Bladsy 10

‘Huldesblyk aan my Moeder’ Geskryf deur Riaan Beukes en opgredra

aan sy Ma, Antonette Beukes van Ermelo ...

Die hande … is nie meer so jonk nie Die liggaam … ook nie meer so gesond nie Maar, vir elkeen wat vra … se ek met trots:

… kyk, SY is MY pragtige Ma.

Liewe Mams, jou kind sê vandag, en elke dag, met ‘n traan en ‘n lag

dat EK jou altyd sal onthou as ‘n wonderlike vrou.

Soveel keer moes jy offers bring Soveel keer met ontbering

Soveel keer met knieë gebuig voor God oor jou man en kind se lot.

Maar weet dit nou, Mams dat God onthou en Hy is regverdig … en bowenal getrou.

Die hemelse huis wat hy bou … sal die aardse swaarkry laat verflou.

Hy sal die belonging gee wat Mams verdien … want Hy weet alles … en kan alles sien

hou Ma asseblief net aan om Hom te dien, en ek … ja ek … sal deur Ma se toewyding

en onvoorwaardelike liefde, Mams voor Sy voete … in die hemel sien.

God weet … sy is so uniek en spesiaal, vir ‘n beter Moeder kan mens nie vra.

Dankie Ma ... Baie dankie Mams

‘Wat is ‘n OUPA?’ Veral ’n Boerseun se Oupa? ...

Oupas … is mans-oumas ... ‘n Oupa is iemand, nes jyself, net ‘n bietjie slimmer

Want hy kan jou help met goed waarmee jy nie self kan regkom nie.

Oupas gaan stap met klein seuntjies en gesels heerlik oor visvang, jag, grasse, bome, diere en trekkers.

Oupas wys jou hoe om ‘n mes te slyp … maar net as hy by jou staan …

moet dit nooit sonder sy toestemming doen nie, want dan word hy briesend …

en dit is nie mooi om te sien nie.

‘n Oupa werk nie, en daarom het hy altyd tyd vir jou Behalwe wanneer hy wil slaap …

want oupas slaap graag elke middag. ‘n Oupa kan ook nie meer so mooi sien nie,

daarom wil hy altyd weet wat jy doen.

Oupas het baie geld, want hulle koop elke dag … die koerant en pruim tabak.

‘n Oupa is iemand wat altyd bly is om jou te sien om jou ‘n stuiwe handdruk en borsdruk te gee

en ‘n Oupa het altyd ‘swiets’ in sy sak net vir jou.

Elkeen moet tog probeer om ‘n Oupa te kry, HULLE is baie beter as televisie

en vertel beter en interresanter stories wat jou gereeld laat skaterlag om net meer en meer te hoor.

My Oupa … is My hero !!!

BENNIE BIERMAN

Bennie van TV faam, (Die Boer-en-sy-Roer’ en ‘Knapskoot’) is ernstig siek, hoewel nou uit die hos-pitaal. Wat net ‘n ondersoek was het uitgedraai op ‘n ernstige operasie te Unie Hospitaal. Om sake te ver-erger tel hy toe ‘n kiem op wat sy verblyf verdriedub-bel het van 7 tot 20 dae. Volgens Kia, gaan dit nou sommer beter by die huis, seker omdat Bennie haar tuisgekookte kos eet in plaas van vaal hospitaalkos.

LUCAS VON MÖHLMAN

Ons was ewe geskok om gister van Stephan te verneem van Lucas se siekbed. Toe ons hom vanoggend bel, toe lê hy nog in die hospitaal met spesiale behandeling. Onder ander is dit die voete wat deur ’n kiem aangetas word, wat dan die spesiale behandelinge nodig het. Soos enige rugby besering, MOET die voete volgende week reg wees want hy het al begin van die jaar ’n 2-dag jag gereel.

Ons vra dat u asseblief vir hierdie twee gewardeerde lede van ons Elandtak

op u gebede sal dra vir ‘n vinnige herstel. U kan hulle gerus skakel, daar

hulle en hul families u aanmoediging nodig het.

Page 11: E L A N D N U U S...WEG Louw. Hul vader, Bismarck von Moltke Louw het hierdie huis in 1904 vir ‘n skamele 600 pond gekoop. Die skool op Loxton was nie meer voldoende vir hul vier

Erkende Jagters- & Bewarings-joernaal van die Alberton Elandtak Voldoen aan die volgehoue ontwikkeling vir Jagters volgens die Wapenwet No. 60 van 2000

JAGBESTEMMINGS - VREDE se LITTLE LONG CREEK

ELANDNUUS KOMMUNIKASIES

Ons nooi elke lid van die Elandtak sowel as enige leser om vir ons sinvolle insetsels te stuur vir ons nuusblad. Hetsy woorde of fotos, alle insetsels sal opreg wardeer word. Dit vorm immers deel van ons volgehoue opleiding in jagter- en bewaring-sake.

Dr Theo Kleinhans: [email protected] Bonnie Peden: [email protected]

Kantoor: (011) 907-0133 Faks: (011) 907-0131

Die Redaksie het alle moontlike voorsorg maatreels geneem om te verseker dat die informasie bevat in die Elandnuus totaal korrek is. Ons kan derhalwe nie verantwoordelik gehou word vir enige artikel, inset of bewoording as gevolg van inkorrekte informasie nie.

Die Redaksiespan / The Editorial Team

The Editor has taken all steps possible to ensure that the above information is totally accurate. We cannot however be held responsible for any incorrect data.

Bladsy 11

HOEVEEL SAAD EET ‘N DUIF?

Elandtak stigtings Onder-Voorsitter Attie Smuts, het April ‘n voëlskiet naweek probeer reël maar die manne kon dit nie op so kort kennisgewing bybring nie. Die voëlskieters wat wel op-gedaag het, raak daarna om die braai aan die debateer van hoe-veel sade so ‘n duif nou eintlik vreet. Volgens die Boer vreet hulle vroeg-oggend, en dan weer om en by 3-uur die middag … dus 2 keer per dag, ELKE dag van die maand … sonder ophou!

Hulle sny net daar ‘n ringnek tortelduif se krop oop en begin tel en weeg aan die sade, wat sommer ook gesorteer is volgens tipe gevreet. Hulle resultate is as volg …

Sonneblompitte: 152 pitte teen 124 grein = 8.03 gram

Sorghumpitte: 352 pitte teen 178 grein = 11.53 gram

Totale krop-massa = 19,56 gram.

Let wel dat met twee keer per dag se vreet, nouliks soggens vir haar kuikens en smiddae vir haarself, dui op (30 x 19,56) ‘n gemiddelde 586,8 gram, of 0,59 kg per maand. Omdat tel van die hoeveelheid duiwe onmoontlik was, het die voëlskieters geskat op tussen 400 en 500 duiwe per dag, wat ringnekke en kransdui-we ingesluit het. Dus ‘n tamaai ongeveer 265,5kg per dag of 7,965 ton per maand teen ongeveer R4 300 per ton.

Kom skiet gerus volgende keer by hierdie Boer, of maak sommer nou al afsprake vir ‘n hele paar

skietdae in die maande wat voorlê.

Little Long Creek is al deur verskeie Elandtakjagters besoek die afgelope vier jaar. Ons was daar vir ‘n lang naweek in Maart waar die baarshengel (Baslake regs) baie goed was. Meestal het ons ‘getag & release’, maar etlike vis het toevallig in die pan geland vir vars visontbyt. Die forelle (LLC links) was nie so tegemoet-komend nie. Ek het seker net die verkeerde droë vlieë gehad. Jy kon sien hoe kom ruik hulle aan die aas maar het verseg om te byt. Dit was egter lekker om met die kwad tussen die blesbokke te ry, waar hulle so 20 lammers bygekry het in Desember. Die fallow deer en steenbokke het egter nie hul lammers gewys nie.

Die 9 volstruise het ook nie opsigtelik ‘n nes gehad nie, want hulle lê mos saam in gemeenskapsneste. Ons

wag juis nou op Arthur en Anél om ‘n Augustus jag te bevestig met ‘n jagseisoen’s afsluiting op blesbokke.