ethan frome - avbob intranet loginavbob.net/docs/persreg_afr.doc · web viewveiligheid avbob se...

88
PERSONEELREGULASIES

Upload: others

Post on 22-Nov-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

PERSONEELREGULASIES

Page 2: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

I N H O U D S O P G A W E

BLADSY

Missie 1Inleiding (0001) 2 - 5Etiese kode 6Toepassing van personeelregulasies (0003) 7Definisies (0004) 7 - 9Hantering van aansoeke en onderhoudvoering (0035) 10Indiensneming van personeel (0005) 10Plasing van advertensies: Vakante/Nuwe poste (0030) 11Gelyke geleenthede (0027) 11 - 12Vorderingsbane (0048) 13Oorplasings (0031) 13Bevordering (0032) 14Diensvoorwaardes (0006) 14 - 20Besoldiging / Vergoeding (0011) 21Jaarlikse bonus (0012) 21 - 22Vakansieverlof (0020) 22 - 24Siekteverlof (0021) 24 - 25Spesiale verlof (0022) 25 - 27Voorskot op Salaris (0028) 27 - 28Studielenings (OPL0001) 28Oortyd (0039) 29Skiktydreëls vir hoofkantoor (0040) 29 - 32Beëindiging van dienskontrak (0008) 32 - 33Aftrede (0009) 33 - 34Funksie by aftrede (0010) 34AVBOB-Aftreefonds en versekerde voordele (0014) 35Lening (Behuising): AVBOB-aftreefonds (0036) 35 - 36Langdienstoekennings (0046) 37Parkering (hoofkantoor) (Motors) (0043) 37MIV/VIGS-beleid 38Wangedrag (0007) 39Prosedure vir personeelvermindering (0052) 40Sekuriteit (DA0001) 41 - 42Brandprosedures (DA0002) 43

01/02/2005

Page 3: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

V I S I E

AVBOB sal die pasaangeër in die begrafnisbedryf wees en as die markleier erken word. Ons besigheid sal deur dinamika, kundigheid en passie gekenmerk word. Met ons diens sal ons vertroue skep en 'n verskil maak. Die hele Suid-Afrika en al sy mense sal voordeel trek uit die uitmuntendheid wat AVBOB sal uitdra.

M I S S I E

AVBOB dien die gediversifiseerde gemeenskap van Suid-Afrika met die voorsiening van begrafnis-versekering, lewering van begrafnisdienste en vervaardiging van begrafnisprodukte as 'n unieke een-stop diens.

GEDRAGSKODE

AVBOB besef ten volle dat begrafnis- en versekeringsdienste ‘n noodsaaklike diens in openbare belang is en ons as werknemers belowe plegtig om ons taak eervol en met waardigheid uit te voer en ons onderneem om:

Ons kliënte en kollegas se persoonlike waardes te respekteer en om altyd hoflik, vriendelik en lojaal te wees.

Empatie en begrip te toon vir alle kultuurgroepe en om persoonlike inligting as streng vertroulik te hanteer.

Ons organisasiewaardes na die beste van ons vermoë te bevorder.

Altyd integriteit aan die dag te lê.

Behoeftegerigte, koste-effektiewe en kompeterende produkte en dienste te lewer.

Kliënte tevredenheid as primêre doelwit daar te stel.

Deurlopend ‘n kwaliteit nasorgdiens aan ons kliënte te lewer.

Deurlopend innoverend en kreatief te wees.

Altyd toepaslik geklee te wees en daardeur AVBOB se beeld te bevorder.

Die beste administratiewe prosedures en tegnologie te gebruik om sodoende ons kliënte se behoeftes doeltreffend te bevredig.

‘n Omgewing daar te stel waar werknemers hulle volle potensiaal kan ontwikkel.

01/02/2005

Page 4: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

2.

INLEIDING (0001)

1. ALGEMENE INLIGTING

Hierdie handleiding is daarop gerig om inligting aan u te verskaf en om u by te staan. Die handleiding bied waardevolle inligting rakende u daaglikse take, wat u dan kan gebruik vir naslaandoeleindes en dit vorm ook deel van u diensvoorwaardes.

2. AVBOB AS ORGANISASIE

AVBOB se kernmissie is: “Om deurlopend ‘n kwaliteit een-stop versekering- en begrafnisdiens te lewer”.

Die aktiwiteite van AVBOB word beheer en bestuur deur ‘n raad van direkteure. Die direksie stel ‘n besturende direkteur aan om namens hulle en met ‘n algemene volmag die nodige handelinge wat normaalweg van ‘n direksie verwag word, te behartig. Vir doeleindes van die uitoefening van die missie van AVBOB is onder andere filiaalmaatskappye gestig. Die bestuur van die filiaalmaatskappye is in die hande van genomineerde direksies wat hoofsaaklik bestaan uit werknemers van AVBOB.

Die AVBOB Groep staan vierkantig in diens van die totale gemeenskap en word suiwer op ‘n sakegrondslag bestuur.

‘n Werknemer of agent van die Groep moet nooit die indruk hê dat hy/sy as persoon alleen in sy/haar taak staan nie. Sy/haar individuele prestasie vorm deel van ‘n groepsprestasie, nie slegs tot eie voordeel nie, maar tot verdere uitbouing van ‘n mooi en grootse sake-onderneming wat uit eie bodem ontstaan en gegroei het.

Die AVBOB Groep se hoofaktiwiteite lê in die bemarking van versekering, kiste, kranse, graf-stene en begrafnisse. Die versekeringsportefeulje word deur Onderlinge Versekeringsgenoot-skap AVBOB behartig wat hom toespits op die bemarking van lewens- en tuisdiensversekering (laasgenoemde vroeër bekend as begrafnisversekering). Die gebruiklike byvoordele-versekering naamlik ongeskiktheid, ongevalle en premiestakingsvoordele maak alles deel uit van die portefeulje.

Wat AVBOB uiters uniek maak is die feit dat sy begrafnisdiens- en vervaardigingsbedrywe nou gekoppel is aan sy versekeringsbedryf. Die rede hiervoor is dat veral in die geval van tuis-diensversekering die versekerde bedrag, normaalweg aan die lewering van begrafnisdienste gekoppel word.

3. VERSEKERING

Onderlinge Versekeringsgenootskap AVBOB is die beherende liggaam en is die handelsnaam van die Versekeringsafdeling (wat ook onder die vaandel van “AVBOB Lewens” sake doen). AVBOB beskik oor langtermyn versekeringslisensies om beide lewensversekering en tuisdiensversekeringbesigheid te bedryf. Versekeringsprodukte word deur versekeringsver-teenwoordigers, begrafnisdiensverteenwoordigers en makelaars bemark.

Aangesien AVBOB ‘n Onderlinge Versekeringsgenootskap is, is daar geen aandeelhouers nie en doen die direksie verantwoording aan AVBOB se polishouers.

Die volgende produkte word deur Onderlinge Versekeringsgenootskap AVBOB bemark:

3.1 Heleleweversekering3.2 Uitkeerversekering3.3 Begrafnisversekering3.4 Groepskemas

01/02/2005

Page 5: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

3.

4. BEGRAFNISDIENS

AVBOB se bemarkingsveld is opgedeel in verskeie streke. Elke streek word bestuur deur ‘n streekbestuurder met sy kantoor min of meer op die mees strategiese plek. Elke streekbestuurder is verantwoordelik vir ongeveer twintig agentskappe wat onder beheer staan van verteenwoordigers. Die verteenwoordigers word bygestaan deur assistente, kantoor-dames en ander kantoorwerkers. Die aard en omvang van kantore, lykwaens, yskaste, grastapyte, aflaatmasjiene en personeel hang af van die plaaslike aanvraag, wat weer bepaal word deur die grootte van die bevolking. ‘n Streekbestuurder se take behels dus onder andere die evaluering van bemarkingstoestande, die inrig van geskikte persele, die voorsiening van begrafnistoerusting en die plasing van verteenwoordigers.

AVBOB beskik oor ongeveer 170 agentskappe in Suid-Afrika en Namibië onder die vaandel van AVBOB Begrafnisdiens Beperk en AVBOB Namibia (Pty) Limited. AVBOB is as gevolg van sy geografiese verspreiding in ‘n uiters gunstige posisie om sy dienste landswyd aan te bied en sy produkte oral te verkoop.

5. NYWERHEDE

Die vervaardigingsbedrywe van die AVBOB Groep bestaan uit AVBOB Nywerhede Beperk, gesetel in Bloemfontein, waar kiste, kranse en grafstene vervaardig word, asook ‘n fabriek te Rustenburg waar net grafstene vervaardig word.

6. POSTITELS WAARONDER KORRESPONDENSIE GEVOER WORD

6.1 In toepaslike gevalle mag korrespondensie gevoer word in die naam van die besturende direkteur mits laasgenoemde daarvan spesifiek kennis dra of indien hy verkies om dit persoonlik te onderteken. Die besturende direkteur kan ook verwag dat sekere korrespondensie in sy naam gevoer word.

6.2 Die volgende korrespondensie moet in alle gevalle in die naam van die besturende direkteur gevoer word:

6.2.1 Beleidsake.6.2.2 Direksiesake.6.2.3 Personeelsake.

6.3 Sekere werknemers is verplig om kragtens wet ‘n besondere ampsnaam te gebruik, byvoorbeeld “openbare amptenaar”, “sekretaris” of "voldoeningsbeampte". In hierdie gevalle word die korrespondensie onder die besondere ampsnaam gevoer.

Alle skrywes aan die Registrateur van Langtermynversekering word deur die besturende direkteur onderteken onder die ampsnaam "openbare amptenaar". Skrywes aan die Ontvanger van Inkomste word ook onder die ampsnaam "openbare amptenaar" gevoer, maar word deur die hoofbestuurder finansies onderteken. Alle skrywes onder die ampsnaam "sekretaris" word deur die groepsekretaris onderteken. Skrywes onder die ampsnaam "bestuurder:     voldoening" word deur die hoofbestuurder versekering of deur sy gedelegeerde onderteken.

6.4 Bestuursamptenare is gemagtig om korrespondensie voortspruitend uit die afdelings wat onder hulle sorg val, onder hul respektiewelike ampstitels te voer en te laat voer.

01/02/2005

Page 6: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

4.

6.5 Binne bovermelde raamwerk kan korrespondensie na gelang van omstandighede kragtens die volgende ampstitels gevoer word, (postitels mag van tyd tot tyd verander) soos byvoorbeeld:

HOOFKANTOOR

Besturende direkteur

Besturende direkteur

Hoofbestuur

Senior hoofbestuurderGroepsekretarisHoofbestuurder: begrafnisdiensHoofbestuurder: finansiesHoofbestuurder: menslike hulpbronneHoofbestuurder: versekeringHoofbestuurder: bemarking

Finansies

RekenmeestersFinansiële bestuurderInterne ouditBestuurder: interne ouditBeleggingsBeleggingsbestuurder: administrasieAdministrasieFinansiële bestuurderBestuurder: Debiteure en afrekeningsadministrasieInligtingstegnologieBestuurder: programmeringBestuurder: argitektuur/kontrakteStelselbestuurder

Begrafnisdienste

BedryfBestuurder: bedryfBedryfsadministrasieBestuurder: bedryfsadministrasieVlootbestuurVlootbestuurderVaste eiendommeBestuurder: vaste eiendomme

Versekering

Assistent hoofbestuurder: versekeringAssistent hoofbestuurder: besigheidsontwikkeling

BemarkingBestuurder: bemarkingsadministrasieBemarkingsbestuurderBestuurder: besigheidsontwikkelingNuwebesigheid en eise-administrasieBestuurder: nuwebesigheid en eise-administrasiePolisdiensteBestuurder: polisdiensteAdministrasieBestuurder: finansiële administrasie

01/02/2005

Page 7: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

5.

Menslike hulpbronne

ArbeidsbetrekkingeBestuurder: arbeidsbetrekkingeOpleidingBestuurder: opleiding en ontwikkelingSalaris- en personeeladministrasieBestuurder: personeeladministrasie

Dienste-administrasie

Bestuurder: dienste-administrasie

NYWERHEDE

Hoofbestuur

Hoofbestuurder: nywerhede

Bedrywe

Bestuurder: granietbedryweBestuurder: houtbedryweBestuurder: metaal- en plastiekbedrywe

Finansies en admin

Bestuurder: finansies en admin

Personeel

Personeelbestuurder

Hiermee spreek ek die hoop uit dat alle werknemers in diens van AVBOB hul beste diens sal lewer soos vervat in ons Missie en Gedragskode.

____________________________________ 1 FEBRUARIE 2005BESTURENDE DIREKTEUR: AS GREEFF DATUM

01/02/2005

Page 8: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

6.

ETIESE KODE

1. VERKLARING VAN VOORNEME

Die AVBOB Groep strewe daarna om 'n sake-omgewing te skep wat vry is van wederregtelike en onetiese sakepraktyke.

Hierdie Kode is 'n bevestiging van die oortuigings, waardes en beginsels wat deur die direksie, algemene bestuur, werknemers en sakevennote van AVBOB aanvaar is en dit vorm die basis van ons sakebedrywighede.

Ons sal nie op enige wyse ons etiese beginsels of standaarde in die gedrang bring nie en slegs diegene wat in ooreensteming met hierdie Kode optree, sal op die steun van die Groep kan staatmaak.

Hierdie Kode sal die basis vorm van verdere en meer omvattende beleid, prosedures en direk-tiewe ten opsigte van:

die gedrag van alle betrokkenes;

die nakoming en monitering van hierdie en verbandhoudende beleid en kodes;

die onthulling van nie-nakoming van sodanige beleid, prosedures en kodes.

2. BEGINSELS VAN DIE KODE

Die direksie, bestuurders, personeellede en sakegenote onderskryf die volgende beginsels:

Ons sal poog om:

die inherente waardigheid te respekteer van diegene vir wie ons dien;

altyd op grond van 'n gewete op te tree;

met eer, integriteit en waardigheid sake te bedryf ten einde die vertroue waardig te wees van diegene vir wie ons dien;

slegs diens te lewer en raad te bied wat regstreeks met ons kundigheidsterrein verband hou en ons professie op 'n versigtige en ywerige wyse beoefen;

ons pligte met eerlikheid en in goeie trou teenoor alle belanghebbende partye en mede-dingers te beoefen;

ons vaardighede en kennis in die beste belang van die kliënt, werkgewer of sakevennote toe te pas;

alle redelike stappe te neem om onsself, ons kliënte, werkgewer en sakevennote op hoogte te stel van die sosiale en finansiële gevolge van die aktiwiteite en projekte waarby ons betrokke is.

01/02/2005

Page 9: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

7.

TOEPASSING VAN PERSONEELREGULASIES (0003)

1. Die personeelregulasies is 'n wyse van kommunikasie en administrasie van goedgekeurde personeel verwante beleid en prosedure in AVBOB.

2. Personeelregulasies is onderhewig aan Wetgewing.

DEFINISIES (0004)

1. INLEIDING

1.1 AVBOB (Onderlinge Versekeringsgenootskap AVBOB en filiale), hierna bekend as die werkgewer.

1.2 Alle werknemers sal hulself ten volle op hoogte hou met AVBOB se beleid en pro-sedures en alle toepaslike wetgewing en sal streng daarvolgens optree in belang van die werkgewer en ordelike administrasie.

1.3 Die beleid is die eiendom van AVBOB en kopiereg word voorbehou.

1.4 Beleid mag van tyd tot tyd gewysig word.

2. WOORDOMSKRYWING

In hierdie dokument (personeelregulasies), tensy uit die samehang anders blyk, beteken die volgende:

“Aftreefonds” - bedoel AVBOB aftreefonds soos deur die raad van direkteure goedgekeur.

“Aftreevoordele” - bedoel voordele wat ‘n lid van die aftreefonds ontvang na aftrede.

“Basiese diensvoorwaardes” - ‘n bepaling van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes of ‘n sektorale vasstelling wat ‘n minimum beding of voorwaarde van diens stel.

“Bedryf” - bedoel enige perseel waar een of meer werknemers van AVBOB hul diens verrig.

“Benoemde groep” - beteken swart persone, vrouens en gestremde persone.

“Besoldiging” - enige betaling in kontant of in goedere of in beide kontant en goedere, gedoen of verskuldig aan iemand in ruil waarvoor daardie persoon vir ‘n ander werkgewer of ander persoon werk, en het “besoldig” ‘n ooreenstemmende betekenis.

“Besturende direkteur” - bedoel die hoogste uitvoerende posisie in AVBOB aangestel deur die raad van direkteure.

“Beteken” - om per aangetekende pos, telegram, teleks, telefaksimilee te stuur of per hand af te lewer.

“Dag” - bedoel die periode van 24 uur vanaf middernag tot middernag.

01/02/2005

Page 10: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

8.

“Dringende werk” - bedoel enige werk wat onmiddellik gedoen moet word te wyte aan onvoorsiene omstandighede byvoorbeeld, siviele onrus, diefstal, epidemie, oproer en tekort aan personeel.

“Eiendom” - bedoel die roerende sowel as onroerende, tasbaar of ontasbare bates van AVBOB en sy filiale sowel as enige data opgestel, ingewin en geprosesseer.

“Finansiële jaar” - bedoel die periode van twaalf maande beginnende op 1 Julie van die eerste jaar tot en met 30 Junie die daaropvolgende jaar.

“Geregistreerde vakbond” - ‘n Vakbond wat kragtens die Wet op Arbeidsverhoudinge geregistreer is.

“Geregistreerde werkgewersorganisasie” - ‘n werkgewersorganisasie wat kragtens die Wet op Arbeidsverhoudinge geregistreer is.

“Geskil” - ook ‘n beweerde geskil.

“Gewone werksure” - die werksure ingevolge die bepalings van die Wet op Basiese Diens-voorwaardes en die tydperk wat die werknemer verplig is om sy dienste te lewer.

“Goedgekeurde studierigting” - bedoel vak(ke) of kursus(se), goedgekeur deur die hoof-bestuurder om ‘n toepaslike akademiese of professionele kwalifikasie te verwerf.

“Huishouding” - bedoel die eggenoot of eggenote van ‘n werknemer, asook kinders en aangenome kinders wie permanent inwoon en/of afhanklik is van die lid.

“In diens” - beteken ook “diens”.

“Kantoor” - bedoel die stad, dorp of plek waar die werknemer sy/haar pligte uitvoer of moet uitvoer of die plek wat die besturende direkteur toewys as sy/haar kantoor.

“Kalenderjaar” - bedoel vanaf 1 Januarie tot 31 Desember van dieselfde jaar.

“Kalendermaand” - beteken ‘n kalendermaand vanaf die eerste van die maand tot die laaste dag van die gegewe maand.

“Kind” - iemand wat onder die ouderdom van 18 jaar is.

“Kontrakwerkers” - bedoel daardie persone wat vir ‘n spesifieke tydperk of werk in diens geneem word.

“Kort tyd” - bedoel daardie ure wat ‘n werknemer minder werk as sy/haar voorgeskrewe ure.

“KVBA” - die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge ingestel.

“Loon” - die bedrag geld aan ‘n werknemer betaal of betaalbaar ten opsigte van gewone werksure of, indien dit korter is, die ure wat ‘n werknemer gewoonlik op ‘n dag of in week werk.

“Mediese praktisyn” - ‘n persoon wat daarop geregtig is om ingevolge die Wet op Genees-here, Tandartse en Aanvullende Gesondheidsberoepe, as ‘n mediese praktisyn te praktiseer.

“Mediese hulpskema” - bedoel die mediese hulpskema wat deur die raad van direkteure goedgekeur is.

01/02/2005

Page 11: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

9.

“Onafhanklike kontrakteur” - ‘n Onafhanklike kontrakteur is ‘n persoon wat sy professio-nele dienste teen betaling aan ‘n ander party verhuur en wie se werksvoordele en werkstyd nie gereguleer word nie. So ‘n persoon is nie geregtig op enige werknemervoordele nie.

“Ongemagtige afwesigheid” - bedoel enige afwesigheid sonder vooraf toestemming en/of sonder dat die werkgewer daarvan in kennis gestel word.

“Ooreenkoms” - ook ‘n kollektiewe ooreenkoms.

“Oortyd” - die tyd wat ‘n werknemer gedurende die dag of ‘n week werk in ag genome die voorgeskrewe maandelikse werksure, wat die gewone werksure oorskry, goedgekeur deur ‘n Hoofbestuurder.

“Openbare vakansiedag” - enige dag wat ‘n openbare vakansiedag is ingevolge die Wet op Openbare Vakansiedae.

“Permanente werknemers” - bedoel daardie persone wat ‘n permanente aanstelling ont-vang het vir ‘n onbeperkte periode onderhewig aan die voorgeskrewe periode van kennisge-wing.

“Persoonlike eiendom” - bedoel die roerende bates van ‘n werknemer of sy/haar huishouding, ingesluit motorvoertuie.

“Posgraad” - bedoel die rangorde van ‘n spesifieke (Peromnes Gradering) posbenaming ingedeel in sekere kategorieë numeries vanaf P16 (laagste) tot P8 (hoogste) soos deur die Besturende Direkteur goedgekeur.

“Raad van direkteure” - bedoel die Raad van Direkteure van Onderlinge Versekerings-genootskap AVBOB.

“Reis- en verblyftoelaag” - bedoel gelde wat bedoel is om ‘n werknemer te vergoed vir billike uitgawes wat aangegaan is vir akkommodasie en/of ete terwyl hy/sy op amptelike diens weg van sy/haar kantoor was.

“Vakbond” - ‘n Vereniging van werknemers waarvan die hoofdoel is om verhoudinge tus-sen werknemers en werkgewers, met inbegrip van enige werkgewersorganisasies, te reël.

“Vaste termyn kontrakteurs” - bedoel daardie persone wat vir ‘n vaste termyn in diens geneem word om ‘n spesifieke taak te verrig en hul diensvoorwaardes word deur ‘n spesiale dienskontrak bepaal.

“Week” - met betrekking tot ‘n werknemer, die tydperk van sewe dae waarin die werkweek van daardie werknemer gewoonlik val.

“Werknemer” - (a) iemand, uitgesonderd ‘n onafhanklike Kontrakteur, wat vir iemand anders werk en wat besoldiging ontvang of daarop geregtig is om besoldiging te ontvang en

(b) iemand anders wat op enige wyse help om die besigheid van ‘n werkgewer voort te sit of te bedryf.

- bedoel daardie persone in diens van AVBOB terwyl “staf” en “werknemer” dieselfde betekenis het. Verwysing na manlike werknemers sluit vroulike werknemers in (of omgekeerd), tensy anders vermeld.

“Werkplek” - enige plek waar werknemers werk.

“Wet” - bedoel enige wetgewing toepaslik in die bedryf asook enige ander toepaslike RSA wetgewing asook die gemene reg.

01/02/2005

Page 12: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

10.

HANTERING VAN AANSOEKE EN ONDERHOUDVOERING (0035)

AVBOB onderneem om alle vakante poste met die geskikste individue te vul en sodanige individue sal ooreenkomstig vasgestelde maatstawwe vir elke pos gekeur word. Die geskiktheid van elke individu sal gemeet word aan die posvereistes en beoordeel word volgens vraelyste, toetse, vorige prestasie, opvoeding en biografiese besonderhede.

INDIENSNEMING VAN PERSONEEL (0005)

1. Dat daar ten alle tye ‘n voldoende hoeveelheid geskikte werknemers wat aan AVBOB se posvereistes en standaarde voldoen, in diens geneem en in stand gehou word.

2. Dat werknemers deur die besturende direkteur of sy gevolmagtigde, in sy diskresie, aangestel word in posisies deur hom goedgekeur, in die volgende kategorieë:

permanente werknemers vaste termyn kontrakteurs.

3. Die aanstelling van ‘n werknemer is onderhewig aan:

3.1 Indien dit verband hou met die inherente posvereistes mag die indiening van ‘n bevredigende mediese vraelys wat aan die posvereistes voldoen, versoek word. ‘n Mediese ondersoek mag vereis word, uitgevoer deur ‘n geregistreerde geneesheer wat by die "Health Professions Council of South Africa" geregistreer is. Die mediese praktisyn sal AVBOB van ‘n sertifikaat voorsien. Die onus berus by die applikant om sy/haar mediese geskiktheid te bewys en sy/haar aanstelling is onderhewig aan die aanvaarding van sy/haar mediese geskiktheid deur AVBOB.

3.2 Enige spesiale voorwaarde wat deur die besturende direkteur of sy gevolmagtigde neergelê word en in die aanstellingsbrief aangedui word.

01/02/2005

Page 13: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

11.

PLASING VAN ADVERTENSIES: VAKANTE/NUWE POSTE (0030)

1. Alle vakante of nuutgeskepte poste sal deur middel van 'n advertensie geadverteer word.

2. Alle poste word intern en/of ekstern geadverteer.

3. Alleenlik goedgekeurde poste word geadverteer en gevul.

GELYKE GELEENTHEDE (0027)

DOELWIT

Dit is die doelwit van AVBOB om:

regstellende aksie, gelyke geleenthede en billike hantering van applikante en werknemers te bevorder en te implementeer deur middel van die uitskakeling van onbillike diskriminasie;

positiewe stappe te implementeer om die nie-bevoordeeldes in die werksmag naamlik swart persone, vrouens en gestremde persone verteenwoordigend in AVBOB se postestruktuur te maak in alle kategorieë en vlakke.

1. Die proses van regstellende optrede en gelyke indiensneming sal nie lei tot die onbillike behandeling en diskriminasie van enige groep of werknemer nie.

2. Geen werknemer sal egter verplig word om van sy/haar pos af te sien ter wille van die program nie.

3. Geen persoon/werkgewer mag onbillik optree, direk of indirek, teen ‘n werknemer in enige indiensnemingsooreenkoms, beleid of prosedure of enige een of meer van die volgende: ras, geslag, afkoms, swangerskap, huwelikstatus, familie verantwoordelikhede, sosiale of etniese oorsprong, kleur, seksuele voorkeur, ouderdom, gestremdheid, godsdiens, VIGS-status, politieke opinie, kultuur, gewete, oortuiging en geboorte.

4. Dit is nie onbillike diskriminasie om

4.1 positiewe stappe te neem om aan die voorgeskrewe wet te voldoen nie;

4.2 te onderskei, uitsluit of voorkeur te gee aan enige persoon op die basis van inherente posvereistes nie.

5. Teistering van enige werknemer is 'n vorm van onbillike diskriminasie en is verbode op enige een of 'n kombinasie ten opsigte van gronde van onbillike diskriminasie.

01/02/2005

Page 14: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

12.

6. AVBOB sal

6.1 billike stappe neem om ‘n ooreenkoms te bereik met die werknemers/werkplekforum of geregistreerde vakbond;

6.2 ‘n analise opstel van sy beleid en prosedures, praktyke, werkswyse in die werkplek om enige hindernisse te identifiseer wat die benoemde groepe negatief beïnvloed in die totale werksfeer, insluitende alle kategorieë en vlakke;

6.3 ‘n gelyke indiensnemingsprogram opstel en in werking stel wat ‘n aanvaarbare vordering en sukses bewerkstellig en wat onder andere die volgende moet vervat:

jaarlikse doelwitte indiensneming hindernisse uit te wys en stappe te neem om dit te verwyder waar ‘n onaanvaarbare aantal werknemers van die benoemde groep uitgewys is

in ‘n sekere afdeling of seksie sal aksies, gebonde aan ‘n tydskedule, opgestel word

‘n jaarlikse tydskedule moniteringsprosedures prosedure om dispute op te los die name van persone aandui, ingesluit senior bestuurders, verantwoordelik vir die

monitering en implementering van die plan;

6.4 billike stappe neem om persone van die benoemde groep in diens te neem en te verseker dat hulle gelyke geleenthede geniet en billik verteenwoordig is in die werksmag;

6.5 regstellende aksie optrede implementeer, ingesluit voorkeur behandeling, ten opsigte van aanstellings en bevordering vanuit die benoemde groep om hulle verteenwoor-digend in alle kategorieë en vlakke van die werksmag te maak;

6.6 stappe neem ten opsigte van die behoud, oplei, ontwikkeling en opvolgbeplanning ten opsigte van die benoemde groep en die opstel van programme;

6.7 alle relevante inligting aan alle betrokke partye verskaf om sodoende sinvolle besluite te maak;

6.8 ‘n opsommende verslag jaarliks saam met die jaarverslag publiseer;

6.9 alle werknemers in kennis stel van die vordering van die program;

6.10 een of meer senior bestuurders toewys om die program te bestuur met gepaardgaande delegasie om alle funksies uit te voer;

6.11 aanwysing van mentors en vestiging van ‘n evalueringskomitee.

01/02/2005

Page 15: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

13.

VORDERINGSBANE (0048)

AVBOB sal:

1. voldoende aantal persone beskikbaar stel vir aanstelling/bevordering wat voldoen aan die organisasie se strategiese doelwitte;

2. individuele vermoëns en behoeftes meet teenoor die organisasie vereistes;

3. deur middel van modulêre opleiding toesien dat bekwame en opgeleide persone beskikbaar gestel word om te voldoen aan die posvereistes;

4. vorderingsbane skep en realistiese doelwitte en vereistes stel ten opsigte van alle poste vanaf P14 tot P8.

OORPLASINGS (0031)

1. AVBOB plaas sy beskikbare personeel waar hulle tot die beste voordeel van AVBOB aangewend kan word en mag van tyd tot tyd oorgeplaas word.

2. ‘n Werknemer mag ‘n versoek aan AVBOB rig in terme van ‘n oorplasing. Voorwaardes van die oorplasing moet vooraf deur die partye ooreengekom en skriftelik aanvaar word.

3. ‘n Ooreenkoms moet vooraf tussen AVBOB en werknemer bereik word.

4. Indien 'n persoon die diens van AVBOB vir enige rede verlaat binne een jaar na oorplasing sal die volle bedrag verhaal word van enige gelde wat die werknemer toekom op die laaste werksdag.

5. Indien ooreengekom deur beide partye sal die volgende kostes deur AVBOB betaal word:

5.1 Trekkoste

Drie skriftelike kwotasies uitgesluit die koste van versekering, verpakking en verpakkingsmateriaal moet voorsien word vir goedkeuring deur bestuur.

01/02/2005

Page 16: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

14.

BEVORDERING (0032)

1. Die bevordering van ‘n werknemer impliseer nie alleenlik meer verantwoordelikheid nie maar ‘n hoër vlak van verantwoordelikheid en vaardighede verbonde aan die posisie.

Alle bevorderings moet oorweeg word in terme van die kandidaat se bekwaamhede opgeweeg teenoor die vereiste van die pos.

2. Hoofbestuur is aan die raad van direkteure aanspreeklik vir die prestasies van alle werknemers, dit is dus hul verantwoordelikheid om toe te sien dat die aanstelling/bevordering deur die mees bekwame kandidaat gevul word.

3. ‘n Bevordering/aanstelling geskied alleenlik indien ‘n pos goedgekeur en vakant is.

4. ‘n Bevordering geskied nie outomaties indien ‘n vakante posisie beskikbaar is nie.

5. Alle bevorderings moet volledig gemotiveer word in terme van posvereistes en die kandidaat se relevante agtergrond en ondervinding.

DIENSVOORWAARDES (0006)

Alle werknemers in diens van AVBOB is onderhewig aan die onderstaande diensvoorwaardes vanaf datum van diensaanvaarding.

1. KENNISGEWINGS EN REGULASIES

Alle werknemers is onderhewig aan die bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, soos gewysig, waarvan daar 'n opsomming vertoon word op die kennisgewingbord (grondvloer). Daar word van alle werknemers verwag om op hoogte te wees van alle amptelike kennisgewings en regulasies wat van tyd tot tyd op die kennisgewingborde verskyn en streng daarby te hou indien dit betrekking het. Geen kennisgewings mag op mure, in die hysbak of op enige ander plek aangebring word sonder die toestemming van die hoofbestuurder: menslike hulpbronne nie.

2. AANSTELLING

Dit is die werkgewer se besluit om die mees geskikte/gekwalifiseerde persoon aan te stel in 'n posisie en mag enige applikant of bestaande personeellid versoek om psigometriese toetse en/ of 'n mediese ondersoek af te lê deur 'n geregistreerde geneesheer by die "Health Professions Council of South Africa" indien dit verband hou met die inherente posvereistes.

3. PLASING VAN PERSONEEL

AVBOB behou hom die reg voor om personeel na sy goeddunke in die mees gepaste posisie te plaas of oor te plaas na enige van sy kantore, seksies of afdelings.

4. AMPTELIKE DIENS

Enige personeellid mag van tyd tot tyd op amptelike diens gestuur word buite sy/haar toegewysde kantoor.

Page 17: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

01/02/2005

Page 18: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

15.

5. UITVOERING VAN PLIGTE

Personeellede sal hul voorgeskrewe werk ywerig uitvoer binne die voorgeskrewe amptelike werksure.

6. WERKSURE

Die minimum werksure sal streng nagevolg word.

7. AFWESIGHEID

‘n Werknemer wat verwag om laat te wees of wat om enige rede (ook siekte) nie na die kantoor kan kom nie, moet sy/haar senior/afdelingshoof/toesighouer onmiddellik verwittig. Geen werknemer mag gedurende werksure sy/haar werkplek verlaat sonder dat daar vooraf toestemming by sy/haar toesighouer daartoe verkry is nie.

8. OPENBARE VAKANSIEDAE

Openbare vakansiedae sal van toepassing wees soos aanvaar deur die regering van die dag en deur wetgewing bepaal.

9. TOEGANGSBEHEER

Die volgende reëls en regulasies geld ten opsigte van ordelike toegangsbeheer:

Alle werknemers moet die perseel deur die hoofingang binnegaan of verlaat behalwe as hy/sy daartoe gemagtig is om ‘n spesifieke ander ingang te gebruik.

Geen werknemer mag daartoe meehelp of oogluikend toelaat dat enige ongemagtigde persoon toegang tot die perseel verkry nie.

Kinders word nie by die werksplek toegelaat nie. Werknemers moet te alle tye die toegangskaartjie aan hulle uitgereik gebruik vir toegang

tot die gebou deur die ontvangslokaal. Vir na-uurse toegang dit wil sê na 17:30, oor naweke en gedurende openbare

vakansiedae, moet die bywoningsregister by ontvangs bykomend ingevul word. Toegang tot die parkeervlakke geskied per voertuig met kaartjies wat vir die doel

geaktiveer is. Vanaf die parkeervlakke word toegang verkry via die trapportale na die grondvloer en deur die ingangsportaal.

Toegangskaartjies is onder geen omstandighede oordraagbaar nie en mag aan geen ander persoon beskikbaar gestel word vir toegang tot die gebou nie.

Enige persoon, anders as ‘n personeellid, meld by ontvangs aan waar die voorgeskrewe prosedure vir besoekers gevolg word. ‘n Tydelike toegangskaartjie word uitgereik wat weer terugbesorg moet word wanneer die persoon die gebou verlaat.

Geen privaat persone sal toegelaat word tot die gebou, sonder die skriftelike toestemming van die betrokke bestuurder nie.

10. ONTVANGSPORTAAL

Ontvangs van besoekers geskied in die ontvangsportaal op die grondvloer en nie in die kantore in die gebou nie.

11. OPTREDE DEUR WERKNEMER

AVBOB verwag van sy werknemers om die waardigheid en belange van AVBOB ten alle tye te beskerm en te bevorder.

12. UITVINDINGS

Dit is 'n diensvoorwaarde dat alle uitvindings en ontdekkings wat 'n werknemer doen in die uitvoering van sy/haar pligte terwyl in diens van AVBOB, die eiendom van AVBOB word.

01/02/2005

Page 19: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

16.

13. VERWYDERING VAN AVBOB EIENDOM

Geen eiendom van AVBOB of goedere wat van AVBOB gekoop is of enige ander artikel mag van die perseel verwyder word sonder 'n amptelike kwitansie of behoorlike gemagtigde permit daarvoor nie.

14. SMOUSERY

Smousery of enige ander vorm van handeldryf hetsy deur werknemers of buitepersone, gedurende amptelike werktyd word nie op die perseel toegelaat nie. Waar privaatbestellings by die werkgewer afgelewer word, moet werknemers self reëlings tref om dit buite die sekuriteitsarea in ontvangs te neem.

15. WERK BUITE AVBOB/EKSTERNE BELANGE

15.1 Geen werknemer mag direk of indirek by enige onderneming in diens tree of deeltydse werk verrig nie.

15.2 Ten einde AVBOB se belange te beskerm sal daar streng opgetree word indien 'n werknemer enige belang by 'n instansie het wat met AVBOB of sy filiale in besigheid is en sy/haar belang is van so 'n aard dat dit sy/haar professionele besluitneming mag beïnvloed of 'n werknemer is in 'n posisie binne AVBOB en dat 'n eksterne instansie, waarby hy/sy 'n belang het, bevoordeel sal word as gevolg van sy/haar professionele besluit.

15.3 Met inagneming van die bogenoemde sal die bedoeling ook daarvan wees, behalwe as 'n ex-officio belang, 'n direkte belang as aandeelhouer asook deur genomineerdes. 'n Finansiële belang sal ook 'n belang wees ten opsigte van 'n direkte familielid van die werknemer.

16. VERTROULIKHEID VAN INLIGTING

16.1 Enige vertroulike inligting wat ‘n werknemer mag bekom uit hoofde van sy/haar dienstermyn by AVBOB moet as sulks beskou word en mag nie sonder behoorlike opdrag daartoe openbaar gemaak word aan enigiemand anders nie.

‘n Werknemer mag geen dokumente of inligting in sy/haar besit neem waartoe hy/sy nie uit hoofde van sy/haar pos geregtig is nie.

16.2 Skakeling met media

Personeellede word versoek om alle inligting met betrekking tot AVBOB-bedrywighede as uiters vertroulik te hanteer.

Indien u deur 'n lid van die media gekontak word, moet u asseblief onder geen omstan-dighede telefonies enige vrae beantwoord of kommentaar lewer nie. Versoek die persoon om sy/haar vrae op skrif te stel en aan die betrokke hoofbestuurder te faks.

Geen werknemer mag kommentaar lewer oor, of 'n verklaring uitreik aan die nuusmedia aangaande AVBOB-sake, -praktyke, -ondersoeke of -beleid sonder magtiging deur die besturende direkteur nie.

Werknemers se samewerking in die verband word waardeer.

17. KLEREDRAG

Daar word van alle werknemers verwag om paslik geklee te wees tydens werksure.

01/02/2005

Page 20: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

17.

18. WAPENS

Geen vuurwapens of ander wapens mag op enige van AVBOB se eiendomme gebring word nie.

19. BODES

Die gebruik van ons bodes vir privaatsake na die stad of elders word nie toegelaat nie.

20. GESKENKE

Werknemers mag nie enige geskenk, donasie, bonus, geldelik en of by wyse van enige hulp van enige persoon of instansie ontvang nie. Goedkeuring moet vooraf vanaf Hoofbestuur verkry word sou 'n werknemer in 'n posisie geplaas word waar die bogenoemde hom aangebied word.

21. PRIVAAT GEBRUIK VAN AVBOB TOERUSTING EN FASILITEITE

AVBOB se toerusting en/of fasiliteite word uitsluitlik vir amptelike doeleindes beskikbaar gestel.

Die misbruik van byvoorbeeld rekenaars, drukkers en ander toerusting vir privaatdoeleindes lei nie alleenlik tot die verhoging van uitgawes nie, maar word beskou as ernstige wangedrag.

U samewerking om hierdie euwel te bestry en om oortredings in dié verband te rapporteer sal hoog op prys gestel word.

22. KAMERAS EN FOTOGRAFIE

Behalwe waar magtiging deur die betrokke hoofbestuurder verleen is, is die neem van foto's op die perseel verbode en word geen kameras op die perseel toegelaat nie.

23. DISSIPLINE / GRIEWE

Werknemers moet alle wettige opdragte van hul toesighouer gehoorsaam. Indien enige griewe sou ontstaan as gevolg van sodanige opdragte mag die amptelike grieweprosedure gevolg word. Dissipline word uitgeoefen ingevolge AVBOB se dissiplinêre prosedure en wel vir oortredings begaan terwyl die werknemer ten volle of gedeeltelik onder AVBOB se beheer of op die perseel is, of weens die verbreking van enige huisreël of -regulasie.

24. ADRESVERANDERING

Elke werknemer se korrekte adres word opgeteken. Dit is die werknemer se plig om die menslike hulpbronafdeling so gou moontlik in kennis te stel van enige adresverandering.

25. TAALVEREISTES

Die amptelike tale van AVBOB is Afrikaans en Engels.

26. PRIVAATPOS

Werknemers word versoek om nie AVBOB se pos- of fisiese adres te gebruik vir hul persoonlike posstukke nie.

01/02/2005

Page 21: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

18.

27. WYSIGING VAN HUWELIKSTATUS

27.1 Huwelik

Wanneer 'n werknemer in die huwelik tree moet die volgende dokumente by die Menslike Hulpbronafdeling, binne veertien dae, ingehandig word:

huweliksertifikaat onderworpe aan die voorskrifte van die mediesefonds die lidmaatskapkaart asook

'n aansoekvorm ten opsigte van afhanklikes.

27.2 Dood / Egskeiding

Wanneer 'n werknemer se huwelikstatus verander as gevolg van dood of egskeiding moet die menslike hulpbronafdeling binne veertien dae skriftelik in kennis gestel word van enige wysigings:

in die geval van 'n huweliksontbinding moet aangedui word of enige afhanklike kinders uit hierdie huwelik wettig in sy/haar sorg geplaas is

finale skeibrief moet ingedien word lidmaatskapkaart van die mediese skema asook die relevante voltooide vorm vir

indiening.

27.3 Aanneming

Indien 'n werknemer na aanstelling die wettige voog word van aangenome kinders moet die menslike hulpbronafdeling skriftelik in kennis gestel word en dokumentêre bewys/e ingedien word.

27.4 Enige ander veranderings rakende afhanklike kinders moet binne veertien dae aan die menslike hulpbronafdeling gerapporteer word.

28. MAATSKAPPYVOERTUIG

Geen werknemer mag 'n maatskappymotor bestuur sonder die nodige goedkeuring nie en hy/sy moet in besit van 'n geldige rybewys wees.

29. VEILIGHEID

AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word.

30. POLITIEKE EN GODSDIENSTIGE AKTIWITEITE

AVBOB is A-polities en geen politieke bedrywighede word op 'n perseel van die Genootskap toegelaat nie.

Die Genootskap respekteer alle kulture-, godsdiens- en kerkgroepe en daar word op geen wyse daarteen gediskrimineer nie. Werknemers, verteenwoordigers en kontrakteurs word terselfdertyd nie toegelaat om op enige van AVBOB se eiendom enige van bogenoemde te beoefen nie.

31. KAFETERIA

Die kafeteria op die grondvloer word deur AVBOB gesubsidieer en verskaf maaltye teen ‘n geringe prys. Besprekings vir maaltye of bestellings vir toebroodjies moet voor 10:00 gedoen word. Etenstye vir personeel is vanaf 13:00 en die kafeteria sal hulle dan ook net van bogenoemde tyd bedien. Afdelingshoofvlak en hoër sal vanaf 12:45 bedien word.

01/02/2005

Page 22: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

19.

32. TELEFOON

‘n Publieke telefoon op die vierde en sewende verdieping is tot die beskikking van werknemers vir alle privaatoproepe.

33. NOODHULPKAMER

‘n Noodhulpkamer is beskikbaar op die grondvloer en is toegerus om in noodgevalle as noodhulpstasie te dien. Die sleutel is verkrygbaar by die ontvangstoonbank, wie opdrag het om elke geval wat van hierdie geriewe gebruik maak te noteer.

‘n Ten volle toegeruste noodhulpkassie is op elke verdieping beskikbaar.

Indien 'n besering tydens amptelike werksaamhede in werksure plaasgevind het, moet die besering aan die werknemer se toesighouer en die personeelafdeling gerapporteer word.

34. AFTREKORDERS

Aftrekorderfasiliteite is beskikbaar vir gesalarieerde personeel (nie vir kommissieverdieners) vir premies op goedgekeurde Instellings se polisse. Werknemers wat van die diens gebruik wil maak, kan reëlings tref dat die premies deur die menslike hulpbronafdeling maandeliks van hul salarisse verhaal word. Persone wat kommissie verdien kan egter nie van hierdie voordeel gebruik maak nie.

35. SKRYFBEHOEFTES EN VOORRAAD

Bestellings vir skryfbehoeftes en drukwerk kan, alleen na goedkeuring deur die betrokke afdelingshoof, elke dag voor 10:00 ingedien word, vir aflewering dieselfde dag.

36. SKOONMAAKDIENS

Die kantore van hoofkantoor word daagliks deur skoonmakers van ‘n kontrakteur skoongemaak. U word derhalwe versoek om nie lêers waarin werk gehou word of enige artikel insluitend privaat eiendom op lessenare of tafels agter te laat wanneer u die kantoor in die middae verlaat nie. Alle optelmasjiene en ander waardevolle items moet na-ure toegesluit word.

37. TOEPASSING VAN DIENSVOORWAARDES

Die diensvoorwaardes is op alle werknemers van toepassing en daar word van hulle verwag om ten volle op hoogte daarvan te wees en om dit ook ten volle toe te pas. Indien daar enige rede vir ‘n afwyking sou wees sal die besluit oor die interpretasie berus in die diskresie van die besturende direkteur.

38. BELEID EN PROSEDURES

Die beleid en prosedure handleiding bly die eiendom van AVBOB.

39. WYSIGINGS

Regulasies/voorwaardes mag van tyd tot tyd gewysig word.

40. VORIGE UITGAWES

Hierdie uitgawe wysig alle vorige uitgawes van die personeelregulasies.

01/02/2005

Page 23: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

20.

41. INTERPRETASIE

In die geval van konflik tussen ‘n Afrikaanse en Engelse weergawe van die personeelregulasies sal die interpretasie van die Afrikaanse weergawe geld.

42. POSGRADERING

Die Peromnes waarderingsmetode word op ‘n logiese en sistematiese wyse toegepas om aan elke pos ‘n posgraad toe te ken. Poste word in grade gegroepeer en salarisskale daaraan gekoppel ooreenkomstig die individuele waarde/belangrikheid en inhoud van die verskillende poste. Salarisskale word jaarliks hersien om tred te hou met die algemene arbeidsmark.

43. WERKSURE

Werksure word in die algemeen volgens die skiktydbeginsel bepaal. Elke werkdag word in drie dele verdeel naamlik kerntyd, skiktyd en etenstyd. Kerntyd is vanaf 09:00 tot 16:00 (etenstyd uitgesluit) waartydens alle personeel op kantoor moet wees. Skiktyd is vanaf 07:00 tot 09:00, 13:30 tot 14:00 en weer vanaf 16:00 tot 17:00. Etenstyd is vanaf 13:00 tot 13:30. Vir diegene waar die aard en omstandighede van hul pligte nie skiktyd toelaat nie, is die werksure 08:00 tot 16:30 met dieselfde etenstyd soos hierbo vermeld.

44. PERSOONLIKE LENINGS

Persoonlike lenings word nie deur AVBOB toegestaan nie.

45. MEDIESEFONDS

‘n Personeellid het 'n eenmalige opsie om by die mediese skema aan te sluit. Reëls en regulasies aangaande voordele en bydraes asook verskillende opsies is by die personeelafdeling beskikbaar. Die maandelikse premie word met 50% gesubsidieer (ten opsigte van sekere opsies soos van tyd tot tyd besluit) tot by u diensbeëindiging of aftrede. Indien daar enige beladings teen die lid deur die mediesefonds ingestel word, sal die belading vir die lid se eie rekening wees. Die lid sal geen subsidie van die Genootskap vir hierdie beladings ontvang nie.

46. SUBSIDIE OP MEDIESEFONDSBYDRAES NA AFTREDE

Werknemers en begrafnisdiensverteenwoordigers wat lid was van die mediesefonds voor 1 November 1998 en wat ononderbroke steeds lid is op datum van aftrede en van voorneme is om lidmaatskap van AVBOB se mediesefonds na aftrede voort te sit, kwalifiseer vir ‘n subsidie.

47. BEGRAFNISKOSTE:     WERKNEMERS EN PENSIOENARISSE

Alle werknemers en pensioenarisse wat te sterwe kom kwalifiseer vir 'n bedrag van R10 000 wat aan die gesin beskikbaar gestel word vir begrafniskoste. In die geval van die afsterwe van die eggenoot/eggenote, kinders, ouers en skoonouers van persone hierbo genoem, word 'n korting van 25% op die prys van die kis en dienste gegee.

Hierdie toekenning word alleenlik toegestaan indien AVBOB die begrafnis uitvoer.

Verdere kortings word aan AVBOB-polishouers toegestaan.

01/02/2005

Page 24: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

21.

BESOLDIGING / VERGOEDING (0011)1. Werknemers sal vergoed word in terme van ‘n salarisskaal soos van tyd tot tyd deur AVBOB

vasgestel. Salarisaanpassings en bevorderings mag gebaseer word op vasgestelde vorderingsbane en prestasiebeoordelings.

2. Betaling vind maandeliks plaas op die 28ste of die naaste werksdag voor die 28ste van elke maand.

3. ‘n Werknemer se salaris word bereken met verwysing na die getal ure wat die werknemer gewoonlik werk. Vir die doeleindes van die berekening van die werknemer se salaris met verwysing na tyd, word die werknemer geag vir 40 uur (etenstyd van 30 minute uitgesluit) per week te werk.

4. By die toekenning van vergoeding vir ‘n tydperk van minder as een maand sal die werknemer se weeklikse ure terugverwerk word na ‘n uurlikse tarief en betaling sal daarvolgens geskied.

‘n Werknemer word geag 40 uur per week te werk en sy/haar uurlikse tarief sal daarvolgens bepaal word.

5. By diensbeëindiging sal die salaris op die laaste werksdag betaal word minus alle gelde wat aan AVBOB verskuldig is.

6. Alle salarisbetalings sal elektronies in die werknemer se bankrekening gedoen word.

7. AVBOB mag geen aftrekking van ‘n werknemer se besoldiging doen nie tensy:

7.1 die werknemer skriftelik instem tot aftrekking ten opsigte van ‘n skuld in ‘n ooreenkoms vermeld;

7.2 die aftrekking ingevolge ‘n wet, kollektiewe ooreenkoms, hofbevel of arbitra-sietoekenning vereis of toegelaat word.

8. ‘n Aftrekking, in terme van paragraaf 7.1, van ‘n werknemer se besoldiging mag gedoen word ten einde AVBOB vir verlies of skade te vergoed indien die verlies of skade in die loop van diens voorgekom het en aan die skuld van die werknemer te wyte was en plaasgevind het tydens die tydsduur van die aanstelling.

JAARLIKSE BONUS (0012)

1. Alle maandeliks gesalarieerde personeel ontvang jaarliks aan die einde van November ‘n diensbonus wat gelykstaande is aan die bruto maandelikse vergoeding soos op 30 November van elke jaar, (uitgesluit oortyd, motortoelae, ensovoorts) soos omskryf in die aanstellingsbrief van die betrokke personeellid.

2. 'n Persoon wat gedurende die bonusjaar diens aanvaar se bonus sal pro-rata bereken word.

Die bonusjaar strek vanaf 1 Desember tot 30 November van die daaropvolgende jaar.

3. Die diensbonus sal nie voor 30 November van ‘n jaar betaal word nie.

01/02/2005

Page 25: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

22.

4. Die diensbonus is pro-rata betaalbaar soos op die datum van diensbeëindiging.

5. Die volgende persone is uitgesluit van die betaling van ‘n diensbonus:

5.1 vaste termyn kontrakteurs

5.2 alle kontrakwerkers

5.3 voltydse verteenwoordigers wat slegs kommissie verdien.

6. Personeellede wat op goedgekeurde kraam- of onbetaalde verlof is kwalifiseer vir ‘n diensbonus.

7. Distriksbestuurders/makelaarskonsultante/streekbestuurders/areabestuurders/depotbestuurders

‘n Jaarlikse bonus is betaalbaar op die wyse soos omskryf in die aanstellingsooreenkoms.

8. Die voorwaardes soos uiteengesit in die aanstellingsooreenkoms is van toepassing op alle personeel.

VAKANSIEVERLOF (0020)1. 'n Werknemer moet sy/haar verlof neem binne 12 maande na die einde van sy/haar jaarlikse

verlofsiklus. 'n Werknemer se jaarlikse verlofsiklus begin op sy/haar aanstellingsdatum en word hernieu elke 12 maande daarna.

2. Vir berekening van verlof sal 'n werksdag beskou word as enige dag vanaf Maandag tot Vrydag van elke week met die uitsondering van openbare vakansiedae.

3. Verloftydperke:

3.1 Permanente werknemers

3.1.1 Jaarlikse verlof word soos volg toegeken:

Minder as 5 jaar diens

Oploopbaar per jaar

5 jaar en meer diens

Oploopbaar per jaar

10 jaar en meer diens

Oploopbaar per jaar

20 jaar en meer diens

Oploopbaar per jaar

P19-8 20 5 23 8 25 10 28 13Bestuur 25 10 - - 28 13 - -Hoofbestuur 30 15 - - - - - -

3.1.2 Streekbestuurders en kontrole-inspekteurs (“Reisende werknemers”)

Werknemers wat vanaf 1 September 1999 indiens tree kwalifiseer vir verlof soos aangedui in paragraaf 3.1.1. Werknemers indiens voor die boge-noemde datum kwalifiseer vir 28 werksdae vakansieverlof per jaar.

01/02/2005

Page 26: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

23.

3.1.3 Verpligte verlof

'n Werknemer moet in totaal 15 werksdae verlof per jaar neem waarvan ten minste 10 werksdae aaneenlopend moet wees.

3.1.4 'n Werknemer moet sy/haar minimum aantal dae verpligte verlof neem binne twaalf maande na die einde van sy/haar jaarlikse verlofsiklus.

3.1.5 'n Werknemer mag nie vakansieverlof neem tydens sy/haar kennis-gewingstydperk nie.

3.1.6 Opgehoopte verlof

'n Maksimum aantal van 150 dae ten opsigte van aftrede, dood, mediese ongeskiktheid of diensbeëindiging mag opgehoop word en dit mag, hetsy ten volle of gedeeltelik geneem, aaneenskakel met die jaarlikse verlof. Alle opgeloopte verlof bokant 20 dae (soos aangedui in paragraaf 3.1.1) mag uitbetaal word en kan een maal per kalender jaar geskied, nie noodwendig aan die einde van die betrokke werknemer se diensjaar nie. Die geldwaarde van opgehoopte verlof word bereken teen die werknemer se salaris soos op die datum van uitbetaling.

3.2 Vaste termyn kontrakteurs

3.2.1 'n Persoon kwalifiseer vir 15 werksdae verlof met volle besoldiging ten opsigte van elke tydperk van 12 agtereenvolgende maande wat die werknemer in diens is.

3.2.2 Verlof mag nie later as 6 maande na verstryking van die verlofsiklus geneem word nie.

4. Diensbeëindiging

4.1 Waar 'n werknemer die diens van AVBOB verlaat, vir welke rede ookal, sal sy/haar verlofsaldo bereken word soos op sy/haar laaste dag van diens.

4.2 Indien die werknemer by diensbeeïndiging in 'n debiet is, sal die verskuldigde bedrag bereken word soos op sy/haar laaste dag van diens en verhaal word van enige gelde wat aan hom/haar verskuldig is.

5. Werknemers se verlofrekords word op 'n maandelikse basis gekrediteer met een twaalfde van 'n jaar se toekenning.

6. Langdiensverlof

6.1 Bonusverlof word soos volg toegestaan, ongeag die posgraad van die werknemer:

Jare Diens Aantal Dae15 1525 2535 3545 45

6.2 Bonusverlof is oploopbaar en afkoopbaar.

01/02/2005

Page 27: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

24.

6.3 Die toekenning van bonusverlof word gedoen op die dag wanneer die werknemer die bogenoemde aantal jare diens bereik.

7. Onbetaalde verlof

7.1 In uitsonderlike gevalle sal onbetaalde verlof aan werknemers toegestaan word en sal geskied onderhewig aan die volgende voorwaardes:

7.1.1 Alle lopende en opgehoopte verlof moet reeds gebruik wees.

7.1.2 Indien toegestaan:

sodanige verlof sal geheel en al sonder besoldigings of toelaes van enige aard wees.

die werknemer bly steeds verantwoordelik vir sy/haar eie bydraes tot die AVBOB aftreefonds, bereken teen sy/haar normale pensioen-

gewende salaris Mediesefonds (indien van toepassing).

8. Betaalde vakansiedae (soos deur die wet bepaal) is uitgesluit by die berekening van verlof.

9. Verlofroosters

Verlofrooster word jaarliks aan die begin van 'n jaar opgestel en verlofvoorkeure van werknemers sal sover moontlik in ag geneem word.

SIEKTEVERLOF (0021)

1. 'n Werknemer wat tydelik ongeskik vir werk is as gevolg van 'n siektetoestand of ongeval ("ongeskiktheid") is geregtig op 30 werksdae siekteverlof in 'n kringloop van 36 maande.

2. "Ongeskiktheid" beteken die onvermoë om te werk weens siekte of besering, behalwe siekte of besering wat deur 'n werknemer se eie wangedrag veroorsaak is.

3. Indien 'n werknemer afwesig van diens is weens 'n besering aan diens of beroepsiekte wat deur die vergoedingskommissaris aanvaar is, sal die afwesigheid as spesiale verlof aangeteken word.

4. 'n Werknemer se siekteverlofsiklus begin op datum van sy aanstelling en elke 36 maande daarna en alle ongebruikte siekteverlof verval na elke 36 maande siklus.

5. 'n Werknemer kwalifiseer egter, in sy/haar eerste 6 maande van diens, vir een dag siekteverlof vir elke 18,6 werksdae (of 26 kalenderdae) voltooide diens (5 werksdae in totaal). Die kredietbalans ten opsigte van die eerste 6 maande tesame met die balans van die oorblywende 30 maande van die siekteverlofsiklus word op die eerste dag na die verstryking van die eerste 6 maande tot voordeel van die werknemer gekrediteer.

01/02/2005

Page 28: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

25.

6. Vir alle daaropvolgende siekteverlofsiklusse van 36 maande is die volle krediet van 30 werksdae beskikbaar op die eerste dag van die betrokke siklus.

7. Alle afwesigheid weens siekte moet op die voorgeskrewe verlofvorm aangedui en goedgekeur word deur die persoon aan wie die outoriteit gedelegeer is.

8. 'n Mediese sertifikaat, uitgereik deur 'n mediese praktisyn wat by die “Health Professions Council of South Africa” geregistreer is, wat die tydperk van afwesigheid aandui moet alle aansoeke vergesel waar die afwesigheid vir meer as 2 opeenvolgende dae of by meer as 2 geleenthede gedurende 'n tydperk van agt weke is. Indiening moet onmiddellik by diensaanvaarding na die afwesigheid geskied. Indien daar nie aan die voormelde vereistes voldoen word nie sal die tydperk van afwesigheid as onbetaalde verlof aanvaar word.

9. Onvolledige mediese sertifikate en sertifikate uitgereik lank nadat die siektetoestand ontstaan het en terugwerkend deur die dokter uitgereik, word nie aanvaar nie en in sulke gevalle sal vakansie- of onbetaalde verlof toegestaan word.

10. 'n Werknemer wat verwag om afwesig te wees weens siekte, moet sy/haar senior/afdelings-hoof/toesighouer onmiddellik verwittig.

SPESIALE VERLOF (0022)

1. Geleentheidsverlof

1.1 'n Werknemer wat vir langer as vier maande in diens was, kwalifiseer vir 'n maksimum van drie werksdae betaalde geleentheidsverlof (gesinsverantwoordeikheid) in elke jaarlikse verlofsiklus (bereken vanaf aanstellingsdatum en dan elke twaalf maande daarna), in die volgende omstandighede:

1.1.1 wanneer die werknemer se kind gebore word

1.1.2 wanneer die werknemer se kind siek is, of

1.1.3 wanneer die werknemer as staatsgetuie in die hof verskyn.

1.2 In die geval van dood van

1.2.1 die werknemer se gade of lewensmaat; of

1.2.2 die werknemer se ouer, aangenome ouer, grootouer, kind, aangenome kind, kleinkind, broer of suster.

1.3 AVBOB mag van 'n werknemer vereis om redelike bewys te lewer waarvoor die verlof geneem word.

1.4 'n Werknemer kan verlof vir familieverantwoordelikheid (soos gemeld in paragraaf 1) neem ten opsigte van 'n hele of gedeelte van 'n dag.

1.5 Ongebruikte geleentheidsverlof verstryk aan die einde van die jaarlikse verlofsiklus waarbinne dit toeval.

01/02/2005

Page 29: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

26.

2. Kraamverlof

2.1 'n Skriftelike opsie moet deur die werknemer uitgeoefen word, vier weke voor die verwagte bevallingsdatum, of sy haar dienste by AVBOB wil voort sit, al dan nie.

2.2 Dames wat van voornemens is om hul diens by AVBOB na hul bevalling voort te sit, kwalifiseer vir gesinsverlof, soos volg:

2.2.1 'n Werknemer is geregtig op betaling vir vier opeenvolgende maande kraamverlof bereken teen haar huidige pensioengewende salaris soos op die eerste dag van die vier maande periode, soos volg:

2.2.1.1 30% per maand, indien die werknemer binne die maksimum perk val van die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF)

of

2.2.1.2 75% per maand, indien die werknemer se salaris hoër as die maksimum perk gestel deur die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF).

2.3 ‘n Werknemer mag alleenlik op twee geleenthede kraamverlof neem tydens haar dienstydperk by AVBOB en gebruik maak van die voordele soos gestipuleer in paragraaf 2.2.1. Verdere kraamverlof sal wel toegestaan word maar geen voordeel in terme van paragraaf 2.2.1 sal deur AVBOB aangebied word nie buiten voordele deur die WVF toegestaan.

2.4 'n Werknemer kan met kraamverlof begin

te eniger tyd vanaf vier weke voor die verwagte datum van geboorte, tensy anders ooreengekom

op 'n datum met ingang waarvan 'n mediese praktisyn of vroedvrou sertifiseer dat dit vir die gesondheid van die werknemer of van haar ongebore kind nodig is.

Kennisgewing moet gegee word minstens vier weke voordat die werknemer van voorneme is om met kraamverlof te begin.

2.5 'n Werknemer wat met kraamverlof gaan moet met onmiddellike effek 'n ooreenkoms met AVBOB sluit wat bepaal dat sy nie die diens van AVBOB mag verlaat in die periode wat strek vanaf datum van die geboorte van haar kind tot en met twaalf maande daarna nie. Indien sy wel die diens gedurende hierdie tyd verlaat, sal alle verwante salarisuitgawes asook byvoordele terugbetaalbaar wees.

2.6 Geen werknemer mag vir ses weke na die geboorte van haar kind werk nie, tensy 'n mediese praktisyn of vroedvrou sertifiseer dat sy geskik is om dit te doen.

2.7 Die werknemer moet AVBOB skriftelik in kennis stel van die datum waarop die werknemer van voorneme is om

met kraamverlof te begin; en na kraamverlof terug te keer werk toe.

2.8 Normale aftrekkings (byvoorbeeld pensioen- en mediesefonds bydraes) sal vir die periode gedoen word soos gemeld in paragraaf 2.2.1 gebaseer op 100% van die werknemer se pensioengewende salaris. AVBOB sal ook sy bydrae maak tot die bogenoemde skema/s vir 'n maksimum periode van vier maande, beperk tot twee geleenthede van vier maande elk.

2.9 Verloftoekenning en die diensbonus akkumuleer gedurende die gemelde kraamver-loftydperke.

01/02/2005

Page 30: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

27.

3. Studieverlof

3.1 Werknemers wat bona fide eksamens aflê by 'n geregistreerde instansie, kwalifiseer vir studieverlof (vir erkende eksamens) wat nie teen hul jaarlikse verlof bereken word nie. Die studierigting moet in direkte verband staan met AVBOB se doelwitte en/of die werknemer se werk wat hy/sy verrig.

3.2 Verlof mag ook, mits dit vir AVBOB geleë is, toegestaan word vir voorbereiding van erkende eksamens.

3.3 Studieverlof mag soos volg toegestaan word:

3.3.1 een dag studieverlof ten opsigte van elke vraestel wat geskryf word met die voorbehoud dat indien twee vraestelle op een dag afgelê word, net een dag studieverlof goedgekeur sal word.

3.3.2 een dag verlof ten opsigte van elke vak ter voorbereiding vir die eksamen. Indien meer as een vraestel in ‘n enkele vak geskryf word, word slegs een dag voorbereidingsverlof toegestaan:

bv. Bemarking MKT 001 (vraestel 1) - 10 MeiBemarking MKT 001 (vraestel 2) - 12 Mei

Studieverlof word as volg bereken:

Voorbereidingsverlof (9 Mei), eksamenverlof 10 en 12 Mei (totaal van 3 dae).

3.3.3 ‘n Maksimum van 10 werksdae studieverlof (voorbereiding- en eksamen-verlof) word per 12 maande siklus toegelaat.

3.4 'n Aansoek om studieverlof moet vergesel word van die amptelike eksamenrooster.

3.5 Eksamenuitslae moet ingedien word vir verifikasie en op die personeellêer geliasseer word.

VOORSKOT OP SALARIS (0028)

1. AVBOB sal 'n voorskot op 'n werknemer van AVBOB se salaris oorweeg wat nie meer sal wees as sy/haar netto verdienste vir die maand nie. Die berekening (netto verdienste) sal gedoen word soos op datum van aansoek.

2. Bonus, verlof of enige ander toekenning word nie in berekening gebring om die netto verdienste te bepaal nie.

3. Geen persoonlike lenings word toegestaan nie.

4. 'n Voorskot wat in 'n gegewe maand toegeken word, word aan die einde van dieselfde maand vanaf die werknemer se salaris verhaal.

01/02/2005

Page 31: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

28.

5. Voorstelle sal alleenlik oorweeg word indien AVBOB daarvan oortuig is dat die aansoeker nie by sy/haar finansiële instelling oorbruggingsfasiliteite kan bekom nie en dat dit 'n aangeleentheid van dringendheid is.

6. 'n Werknemer mag alleenlik twee voorskotte per finansiële jaar ontvang.

7. Die beslissing van hoofbestuur is finaal.

STUDIELENINGS (OPL0001)

1. AVBOB stel rentevrye studielenings beskikbaar indien die studierigting toepaslik is.

2. Studielenings word slegs toegeken vir grade, diplomas en sertifikate aan erkende tersiêre instellings, met 'n tydsduur van een jaar of langer.

3. Paaiemente word maandeliks oor 'n maksimum periode van 12 maande van 'n werknemer se salaris verhaal vanaf datum van aansoek, soos deur die opleidingsdepartement goedgekeur.

4. Kommissieverdieners (geen vaste salaris nie)

Ten minste een jaar diens en die reserwerekening en/of waarborgfonds moet ten minste gelyk wees aan die studieleningsbedrag.

5. 'n Ex-gratia bedrag van 50% van die aanvanklike studieleningsbedrag word na bewyslewering van suksesvolle eksamenuitslae aan werknemers terugbetaal.

6. In die geval van studierigtings wat 3 jaar of langer duur word die volle studieleningsbedrag van die suksesvolle finale jaar aan die werknemer terugbetaal mits die werknemer vir die volle tydperk in AVBOB se diens was en studies binne die voorgeskrewe periode voltooi het.

7. Werknemers moet ten minste 12 maande na terugbetaling van die studielening in diens van AVBOB bly, indien nie, sal enige ex-gratia betalings verhaal word.

8. Tjeks word slegs aan bepaalde opleidingsinstellings uitgemaak en mag slegs vir vakke/studierigtings soos op aansoekvorm goedgekeur, aangewend word.

9. Bewys van registrasie (studierigting en vakke) sowel as 'n kwitansie van betaling moet binne 30 dae aan die Opleidingsdepartement voorsien word. Indien versuim om aan hierdie vereis-tes te voldoen sal die volle studieleningsbedrag aan die einde van die daaropvolgende maand van salaris verhaal word en studielening gekanselleer word.

01/02/2005

Page 32: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

29.

OORTYD (0039)

1. Oortyd word betaal in terme van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes en/of soos gewysig.

2. Oortydure sal alleenlik betaal word indien daar vooraf goedkeuring deur die betrokke hoofbestuurder gegee is.

SKIKTYDREËLS VIR HOOFKANTOOR (0040)

1. BELEID

1.1 Die doel met die implementering van ‘n skiktydstelsel is om die doeltreffende funksione-ring van AVBOB asook die werksomstandighede van werknemers te verbeter.

1.2 Daar word voorsien dat hierdie doel bereik kan word deur werknemers toe te laat om binne perke hulle amptelike en privaatbedrywighede self te reël en daardeur versoeke om van die kantoor afwesig te wees te beperk.

1.3 Wysiging van tydperiodes deur die besturende direkteur

Die besturende direkteur kan ter eniger tyd die tydperiodes, soos in paragraaf 3 beskryf, wysig.

1.4 Werknemers vanaf afdelingshoofvlak en laer (junior) kwalifiseer om binne die stelsel te funksioneer maar die reëling mag deur die bestuurder gewysig word indien die werknemer se posvereistes dit verlang of indien die beleid nie nagekom word nie.

2. DEFINISIES

2.1 Skiktyd

‘n Stelsel waar ‘n normale werkdag uit ‘n kerntyd en een of meer skiktye bestaan.

2.2 Normale diensure

Die amptelike diensure soos deur die besturende direkteur bepaal.

2.3 Normale werkdag

Weeksdae vanaf Maandag tot Vrydag met die uitsondering van openbare vakansiedae, siekteverlof, spesiale verlof en vakansieverlof.

2.4 Kerntyd

Die periode gedurende ‘n normale werkdag wanneer alle werknemers op kantoor moet wees.

Page 33: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

01/02/2005

Page 34: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

30.

2.5 Skiktye

Periodes aan die begin en aan die einde van die werkdag en na etenstyd (vanaf 13:30) waartydens werknemers self kan besluit wanneer hulle wil begin of ophou werk, maar op voorwaarde dat kantoorroetine nie ontwrig word tydens normale diensure nie soos onder 3.2 gedefinieer.

2.6 Krediettyd

Die aantal ure meer gewerk as die vereiste minimum ure vir ‘n bepaalde berekenings-periode.

2.7 Debiettyd

Die aantal ure minder gewerk as die vereiste minimum ure vir ‘n bepaalde berekenings-periode.

2.8 Verpligte werksure

Die verpligte getal ure wat gewerk word, is 8 ure per dag of 40 ure per week. Vir half-dagpersoneel is dit 5 ure per dag of 25 ure per week. Hierdie ure sluit nie etenstyd in nie.

2.9 Berekeningsperiode

‘n Periode in ure bereken deur die aantal werkdae in ‘n kalendermaand te vermenigvul-dig met 8 vir voldagpersoneel en met 5 vir halfdagpersoneel. (Kyk paragraaf 3 en 4.)

3. TYDPERIODES

3.1 Kerntyd

Die kerntyd is van 09:00 tot 13:00 en 14:00 tot 16:00 Maandae tot Vrydae. Gedurende hierdie periode moet alle werknemers op kantoor wees. Verlof om van die kantoor afwesig te wees gedurende kerntyd, sal net in uitsonderlike omstandighede toegestaan word en die werknemer se tydhouer sal vir die duur van die afwesigheid afgeskakel wees.

3.2 Normale diensure

Die normale diensure is van 08:00 tot 16:30 Maandae tot Vrydae. Die etenstyd is van 13:00 tot 13:30.

3.3 Skiktyd

Skiktye sal geld van 07:00 tot 09:00; 13:30 tot 14:00 en 16:00 tot 17:00 Maandae tot Vrydae.

4. ALGEMENE REËLS EN PROSEDURES

4.1 Bepaling van debiettyd

Debiettyd ontstaan wanneer daar minder as die voorgeskrewe aantal ure gedurende ‘n bepaalde berekeningsperiode gewerk is. ‘n Werknemer wat debiettyd aan die einde van ‘n gegewe maand het, word die geleentheid gebied om die tyd in die daaropvolgende maand “in te werk”. By gebreke hiervan sal die werknemer met die aantal ure gepenaliseer en sy salaris verminder word deur die aantal kort ure te kort gewerk.

01/02/2005

Page 35: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

31.

4.2 Bepaling van krediettyd

Krediettyd ontstaan wanneer daar meer as die voorgeskrewe aantal ure vir ‘n bepaalde berekeningsperiode gewerk word. Krediettyd kan egter tot die tweede maand nadat dit gewerk is, oorgedra word met die oog om tyd af te neem waarna ‘n maksimum krediettyd van 7 ure van een berekeningsperiode na ‘n volgende oorgedra word. In die geval van halfdagwerknemers is dit 4 ure. Betaling in plek van tyd afneem vir krediettyd word nie oorweeg nie.

4.3 Oortyd

Geen oortyd ure sal betaal word sonder die nodige vooraf goedkeuring, soos deur die beleid bepaal. Geen oortyd sal betaal word alvorens kort ure ingewerk is nie.

4.4 Bepaling van krediet gedurende afwesigheid met verlof

Wanneer ‘n werknemer met vakansieverlof, siekteverlof of met geleentheidsverlof van die kantoor is, sal hy/sy met 8 ure per dag gekrediteer word.

4.5 Siekteverlof

Wanneer ‘n werknemer in die loop van die dag siek word, geld die volgende reël:

Indien hy/sy voor 10:00 siek word en huistoe gaan, moet ‘n siekteverlofvorm vir daardie dag ingevul word. Indien hy/sy na 10:00 siek word en huistoe gaan is dit nie nodig om ‘n siekteverlofvorm vir daardie dag in te vul nie, tensy so verkies. Werknemers moet egter sorg dra dat indien hulle nie ‘n siekteverlofvorm indien nie, die verlore ure ingewerk sal moet word voor die verstryking van die betrokke berekeningsperiode.

4.6 Een middag verlof in ‘n berekeningsperiode

Werknemers mag met die goedkeuring van en in oorleg met die afdelingshoof van die kantoor een middag van 13:00 af in elke berekeningsperiode afneem, mits voldoende krediettyd bestaan.

4.7 Skiktyd wysig nie bestaande diensvoorwaardes nie

Skiktyd maak in geen opsig ‘n verskil aan die bestaande regulasies en diensvoorwaar-des soos vervat in die personeelregulasies nie. Dit skep ook nie geleentheid vir oortyd werk nie.

4.8 Oneerlikheid in verband met skiktyd

Die doeltreffende funksionering van die stelsel tot wedersydse voordeel van AVBOB en sy werknemers berus grootliks op vertroue en eerlikheid.

4.9 Wysiging van die regulasies

Die besturende direkteur kan ter eniger tyd van hierdie regulasies wysig of terugtrek.

4.10 Optrede in die geval van bedankings en uitdienstredings

In die geval van uitdienstredings of bedankings moet debiettye en krediettye gebalan-seer word voordat die werknemer se salaris bepaal word.

5. NOODBESOEKE IN KERNTYD

Die basiese reëls van skiktyd is dat alle werknemers gedurende die kerntyd op kantoor moet wees. Verlof om gedurende hierdie tydperk van die kantoor afwesig te wees, sal dus slegs in uitsonderlike gevalle toegestaan word, Die vorm “Magtiging om die gebou te verlaat” (9092) moet voltooi word.

01/02/2005

Page 36: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

32.

6. DIE GEBRUIK VAN DIE SKIKTYDSTELSEL

6.1 Plasing van die masjien

Daar word van ‘n gerekenariseerde skiktydstelsel gebruik gemaak. ‘n Skiktyd/toe-gangskaartjie word aan elke werknemer toegewys wat rekord hou van die aantal ure wat die persoon gewerk het. Hierdie masjien is in die menslike hulpbronafdeling geïnstalleer.

6.2 Skiktyd/toegangskaartjie

Elke werknemer ontvang by aanstelling ‘n skiktyd/toegangskaartjie waarmee slegs sy/haar eie tydhouer geaktiveer kan word en deur geen ander tydhouer nie. ‘n Beskadigde skiktyd/toegangskaartjie moet ingehandig word by personeelafdeling, wat ‘n nuwe kaart sal uitreik. Indien ‘n skiktyd/toegangskaartjie verlore sou raak is ‘n vervangingskoste, soos van tyd tot tyd bepaal, betaalbaar. Werknemers wat kaarte vergeet of enige misdryf pleeg aangaande die skiktydstelsel sal gedissiplineer word.

6.3 Gebruik van die tydhouer gedurende etenstyd

Daar moet uit- en ingeklok word indien die perseel verlaat word met die etenspouse.

6.4 Afwesigheid vir amptelike doeleindes

Enige tydperk van afwesigheid van die kantoor met amptelike pligte soos byvoorbeeld die bywoon van vergaderings word op die wyse gehanteer soos hieronder uiteengesit.

Wanneer ‘n werknemer vir ‘n volle dag met veldwerk of ander amptelike take besig is, ontvang hy/sy krediet vir 8 ure.

Indien hy/sy net vir die eerste gedeelte van ‘n dag met amptelike sake besig is, ontvang hy/sy krediet vir die tyd vanaf 08:00 totdat hy/sy inklok. Indien hy/sy die laaste gedeelte van ‘n dag met amptelike sake besig is, ontvang hy/sy krediet vir die tyd vanaf die tyd dat hy/sy uitklok tot 16:30. Indien hy/sy in die middelste gedeelte van ‘n dag met amptelike sake besig is, ontvang hy/sy krediet vir die tyd vanaf die tyd dat hy/sy uitklok totdat hy/sy weer inklok. Weereens word ‘n magtigingsvorm vereis.

BEËINDIGING VAN DIENSKONTRAK (0008)

1. Die volgende tydperk van diensbeëindiging sal van toepassing wees wanneer AVBOB of 'n werknemer kennis van diensbeëindiging gee:

1.1 Permanente werknemers

1.1.1 'n Dienskontrak, volgens die Wet op Basiese Diensvoorwaardes wat op versoek van 'n party by die kontrak opsegbaar is, word slegs beëindig deur kennisgewing van beide partye van minstens:

01/02/2005

Page 37: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

33.

(a) een week, indien die werknemer ses maande of korter indiens was;

(b) twee weke, indien die werknemer langer as ses maande, maar nie langer as ‘n jaar nie indiens was;

(c) vier weke, indien die werknemer 'n jaar of langer in diens was.

1.2 Vaste termyn kontrakteurs - soos bepaal in die kontrak

Die bepalings van hierdie klousule sal nie AVBOB of ‘n werknemer se reg beïnvloed om die dienskontrak sonder kennisgewing te beëindig vir redes wat deur die gemene reg as voldoende vir ‘n sodanige aksie erken word nie. Die kontrak sal van nul en gener waarde wees na die verstryking van die kontrakperiode. Indien indiensneming voortgaan na die verstryking van hierdie kontrakperiode, sal ‘n nuwe geskrewe vaste termyn kontrak aangegaan word.

2. Kennis van beëindiging van ‘n dienskontrak moet skriftelik gegee word, behalwe wanneer dit deur ‘n ongeletterde werknemer gegee word of soos in die kontrak bepaal.

3. By diensbeëindiging is 'n werknemer geregtig op die uitbetaling van alle opgehoopte verlofkrediet asook enige gelde ten opsigte van AVBOB-aftreefonds, op voorwaarde dat dit nie aan AVBOB of ‘n finansiële instelling gesedeer is nie.

4. Enige uitstaande gelde verskuldig aan AVBOB sal verhaal word van die finale bedrag wat aan die werknemer uitbetaal word.

5. Die volle of gedeeltelike kennisgewingstydperk vorm nie deel van 'n werknemer se verlof- of afwesigheidstydperk nie.

6. Kennis van diensbeëindiging word nie gegee gedurende 'n werknemer se verlof- of afwesigheidstydperk nie.

AFTREDE (0009)

1. Werknemers indiens vanaf 1 Julie 1997:

1.1 Die normale aftree ouderdom is 63 jaar vir alle werknemers.

1.2 'n Werknemer mag verkies, met goedkeuring van die werkgewer, om voor sy/haar normale aftree ouderdom af te tree. Dit mag vervroeg word tot die eerste dag van enige maand op of na die bereiking van ouderdom 55 jaar.

Hierdie gedeelte moet saamgelees word met die reëls van die AVBOB-aftreefonds wat op die werknemer van toepassing is, soos van tyd tot tyd gewysig.

01/02/2005

Page 38: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

34.

2. Werknemers en lede indiens voor 1 Julie 1997:

2.1 (Lede van die ou fondse) - AVBOB Pensioenfonds vir Binnepersoneel- AVBOB Agentefonds en - AVBOB Groep Pensioenfonds.

2.2 'n Vroulike lid mag verkies, met die goedkeuring van die werkgewer, om haar aftrede te vervroeg na ouderdom 50 jaar.

2.3 Lede wat oorgeplaas is van die ou fondse is egter geregtig om af te tree op ouderdom 65 jaar (mans) en 60 jaar (dames).

3. 'n Werknemer moet AVBOB ten minste drie maande kennis gee van sy voornemende aftrede.

4. Gratifikasie

4.1 Werknemers, versekerings- en begrafnisdiensverteenwoordigers wat lid is van die AVBOB-aftreefonds en in diens was voor 1 November 2000 kwalifiseer vir ‘n gratifikasie met pensioen (by aftrede) na 10 jaar diens of pro-rata vir tydperke minder as 10 jaar:

4.1.1 werknemers met 'n salarisverdienste: 12 maal laaste maand se pensioendraende vergoeding

4.1.2 werknemers met 'n salarisverdienste en bykommissie: 1 maal laaste jaar se pensioendraende vergoeding

4.1.3 werknemers met salarisverdienste en / of kommissie: 1 maal laaste jaar se pensioendraende vergoeding tot 'n maksimum van

R50 000-00.

4.2 Wanneer 'n werknemer aftree met minder as 10 jaar diens word die gratifikasie pro-rata bereken.

4.3 Indien 'n werknemer medies ongeskik raak, en 'n eis ooreenkomstig die reëls van die AVBOB-aftreefonds word deur die versekeraar aanvaar, sal dit as 'n aftrede beskou word ingevolge die reëls van die fonds en die gratifikasie sal ingevolge paragraaf 4.1.1 en 4.1.2 bereken en uitbetaal word na afloop van een (1) maand van die 104 agtereenvolgende weke wagtydperk.

4.4 'n Werknemer kwalifiseer net eenmaal vir die betaling van 'n gratifikasie.

FUNKSIE BY AFTREDE (0010)

1. Wanneer ‘n werknemer van AVBOB met pensioen aftree sal AVBOB ‘n funksie aanbied indien hy/sy 10 jaar en meer diens by AVBOB het.

2. Die funksie word op die koste van AVBOB aangebied.

3. Werknemers wat die diens van AVBOB vir enige ander rede verlaat buiten aftrede met pensioen kwalifiseer nie vir ‘n amptelike funksie nie.

01/02/2005

Page 39: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

35.

AVBOB-AFTREEFONDS EN VERSEKERDE VOORDELE (0014)

1. Alle werknemers is verplig om lid te word van die AVBOB-Aftreefonds en is onderhewig aan die fondsreëls.

2. Bydraekoers ten opsigte van ‘n werknemer beloop 7½% van sy/haar maandelikse bruto vergoeding.

3. AVBOB maak ook ‘n bydrae tot die aftreefonds van 7% asook ‘n verdere bydrae van 5% om doods- en ongeskiktheidsdekking aan te koop.

4. ‘n Afskrif van die reglement van die Fonds is op aanvraag by lede van die raad van trustees of menslike hulpbronafdeling beskikbaar.

LENING (BEHUISING): AVBOB-AFTREEFONDS (0036)

1. Aansoek om 'n mikrolening van lede van die AVBOB-Aftreefonds, sal oorweeg word in terme van die voorskrifte van die Wet op Pensioenfondse, nommer 24 van 1956, soos gewysig. Die onttrekkingsvoordeel sal as sekuriteit dien by die Finansiële Instelling waar 'n lening bekom sal word.

2. 'n Lening sal vir die volgende doeleindes oorweeg word:

2.1 aankoop van ‘n woonhuis, woonstel, dupleks (vir eie bewoning), ensovoorts

2.2 bou van ‘n woonhuis (vir eie bewoning)

2.3 uitbreidings van 'n bestaande woonhuis

2.4 deposito om 'n woonhuis aan te koop deur 'n Finansiële Instelling

2.5 onderhoud op 'n bestaande bewoonde woonhuis.

3. Lenings word alleenlik vir behuisingsdoeleindes aangewend en vir geen ander doel nie, soos deur die Wet bepaal. Dit is 'n oortreding van die Wet om die gelde vir enige ander doel aan te wend en die lid kan hom aan vervolging blootstel indien die gelde nie volgens die wetlike voorskrifte aangewend word nie.

4. Lenings word alleenlik toegestaan indien die lid of sy of haar eggenote/eggenoot die eienaar van die eiendom is en dit self bewoon en in die geval van 'n boulening die huis sal bewoon sodra dit bewoonbaar is.

01/02/2005

Page 40: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

36.

5. Lede moet eienaarskap bewys van hul eiendom by wyse van enige amptelike dokument van registrasie, bankskrywe, aanbod om te koop, ensovoorts.

6. Die werkgewer en/of fonds en/of finansiële instelling mag die aansoek afkeur.

7. Lede van die fonds wat slegs kommissie verdien, is verplig om ‘n reserwe-/waarborgfonds kredietbedrag tot beskikking te stel vir verhaling van die maandelikse premie indien daar nie genoeg fondse in die vergoedingsrekening beskikbaar is nie. Hierdie bedrag moet gelykstaande aan ten minste drie maal die maandelikse paaiement wees (maandelikse versekeringspremie ingesluit) betaalbaar op die lening.

8. Die voorwaardes vir die toestaan van 'n lening is die volgende:

8.1 die maksimum leningsbedrag word beperk tot die minste van 65% of die verskil tussen die marginale belastingkoers en 100% toegepas op die bedankingsvoordeel van die lid;

8.2 die minimum leningsbedrag is R1 000-00 en minimum maandelikse afbetaling op die lening is R50-00;

8.3 die maksimum paaiement per maand sal nie meer as 20% van die lid se pensioen-gewende salaris wees nie;

8.4 R50-00 is aan die finansiële instelling betaalbaar ten opsigte van alle lenings wat minder is as R5 000-00.

8.5 Rente is soos volg betaalbaar:

8.5.1 lening vanaf R15 000 en hoër teen prima minus 1% (een persent)of

8.5.2 lening minder as R15 000 teen prima minus 0,5% (halfpersent)of

8.5.3 teen 'n koers beding tussen die finansiële instelling en AVBOB-aftreefonds van tyd tot tyd.

8.6 'n Tweede of verdere lening sal:

8.6.1 na verloop van 'n een jaar periode na die goedkeuring van die eerste lening oorweeg word

8.6.2 op meriete oorweeg word.

9. Die maksimum terugbetalingsperiode is twintig jaar maar die volle leningsbedrag moet vereffen wees by aftrede van die lid.

10. Indien die lid se dienste beëindig word, vir welke rede ookal, sal die uitstaande leningsbedrag deur die fonds aan die finansiële instelling oorbetaal word en die verskil sal aan die lid uitbetaal word.

11. Leners is verplig om die leningsbedrag te verseker deur middel van ‘n groeppolis vir die volgende gebeurlikhede:

11.1 dood11.2 tydelike ongeskiktheid11.3 permanente ongeskiktheid11.4 persoonlike ramp (gevreesde siektes).

01/02/2005

Page 41: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

37.

LANGDIENSTOEKENNINGS (0046)

1. Werknemers kwalifiseer vir ‘n langdienstoekenning gebaseer op onderbroke of ononderbroke diens by AVBOB.

2. Indien ‘n werknemer vorige diens by AVBOB gehad het en voor of op 30 September 2002 heraangestel is, sal daardie tydperk deel vorm van sy/haar huidige dienstydperk en beide tydperke sal saamgetel word om sy/haar dienstydperk te bepaal.

3. ‘n Werknemer mag ‘n duursame artikel (BTW ingesluit) kies ter waarde van ‘n bedrag, soos hieronder uiteengesit:

Na 15 jaar diens - R2 000-00Na 25 jaar diens - R3 500-00Na 35 jaar diens - R5 000-00Na 45 jaar diens - R5 000-00.

4. Bonusverlof word ook toegeken na die bogenoemde aantal jare diens. Sien die verlofbeleid in hierdie verband.

PARKERING (HOOFKANTOOR) (MOTORS) (0043)

1. Parkering word aan werknemers (indien beskikbaar), besoekers en AVBOB-voertuie verskaf.

2. Maandelikse parkering word net aan ‘n persoon toegestaan wat ‘n voertuig besit en dit op ‘n permanente basis gebruik.

3. Parkering word verhuur aan personeel teen ‘n vasgestelde tarief wat jaarliks hersien word.

4. Senior werknemers vanaf P8 en hoër kry voorkeur indien parkering beskikbaar is.

5. Senior personeel vanaf P8 en hoër en IT-kontrakteurs ontvang gratis parkering. Indien nie beskikbaar nie, word ‘n bedrag gelykstaande aan die vasgestelde tarief as ‘n nie-pensioen-draende toelaag betaal.

6. ‘n Parkeerplek is slegs vir die gebruik van die persoon aan wie dit toegeken is. Die parkering mag nie aan enige ander werknemer of persoon tydelik of permanent oorgedra en/of onder-verhuur word nie.

7. Indien ‘n persoon sy parkering vir ses weke of langer vakant laat, sal dit outomaties verbeur word.

8. Toegekende parkering word nie omgeruil nie.

9. ‘n Waglys word by die personeelafdeling bygehou vir parkeringaansoeke.

01/02/2005

Page 42: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

38.

BELEID OOR MIV/VIGS

INLEIDING EN VERKLARING VAN VOORNEME

AVBOB erken die potensieel vernietigende impak van MIV/VIGS op sy werknemers, sakegemeen-skappe en die ekonomie. Ten einde voort te gaan om die dienste van kundige en bekwame individue in ooreenstemming met ons besigheidstrategieë en sakedoelwitte te werf en te behou, strewe ons na 'n werksomgewing waarin

MIV-positiewe werknemers teen onregverdige diskriminasie beskerm word en

alle werknemers toegang het tot opleiding, inligting en voorligtingsdienste wat met MIV/VIGS verband hou.

BELEIDSDOELSTELLING

Die beleid is daarop gerig om

alle vorms van onregverdige diskriminasie in die werkplek op grond van MIV/VIGS-status te voorkom;

'n omgewing te skep waarbinne werknemers veilig voel om hul MIV-status bekend te maak sonder vrees vir viktimisasie of vooroordeel;

die toepaslike en doeltreffende bestuur van MIV/VIGS te bevorder en om bestuur toe te rus met kennis en vaardighede ten einde hulle in staat te stel om op gepaste wyse te reageer n situasies waar geaffekteerde werknemers betrokke is;

stabiliteit en produktiwiteit in die werkplek te verseker.

TOEPASSING EN OMVANG VAN DIE BELEID

Hierdie beleid en alle verbandhoudende prosedures, direktiewe, programme en/of ander intervensies sal van toepassing wees op alle AVBOB-werknemers en persone wat as sakegenote en/of kontrakteurs met die AVBOB Groep geassosieer is.

REGSRAAMWERK

Hierdie beleid is ontwikkel in ooreenstemming met die voorskrifte van die Grondwet van Suid-Afrika, die gemene reg en ander tersaaklike statute van die Republiek van Suid-Afrika.

BEKENDMAKING EN VERTROULIKHEID

Geen werknemer of agent is onder enige verpligting om AVBOB ten opsigte van sy/haar MIV/VIGS-status in te lig nie en in die geval waar so 'n persoon agterkom dat hy/sy die siekte onder lede het, sal niemand enige poging, hetsy regstreeks of onregstreeks, aanwend om die status van die genoemde persoon vas te stel nie. Verder sal geen mediese praktisyn verplig word om sodanige inligting sonder die geskrewe toestemming van die geaffekteerde persoon bekend te maak nie. In hierdie verband sal enige inligting wat aan AVBOB voorsien word, as vertroulik hanteer word.

Indien die Genootskap in sy hoedanigheid as 'n versekeringsmaatskappy bewus word van die MIV/VIGS-status van 'n werknemer of sakegenoot, sal sodanige inligting nie sonder die uitdruklike skriftelike toestemming van die individu aan sy/haar seniors en/of kollegas bekend gemaak word nie en alle pogings sal aangewend word om te verseker dat die werknemer se MIV-status vertroulik bly.

Enige skending van vertroulikheid en/of van die voorskrifte van hierdie beleid sal as wangedrag beskou word en kan tot die instel van dissiplinêre stappe teen die oortreder aanleiding gee.

Page 43: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

01/02/2005

Page 44: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

39.

WANGEDRAG (0007)

'n Werknemer is skuldig aan wangedrag en sal binne die dissiplinêre beleid aangespreek word indien enige van die onderstaande voorskrifte oortree of verbreek word. Hierdie is nie noodwendig 'n volledige lys van oortredinge nie en AVBOB hou hom die reg voor om die nodige aksies te neem sou enige ander oortreding gepleeg word wat tot 'n dissiplinêre aksie kan lei:

1. Versuim of die oortreding / nie uitvoering van 'n voorwaarde gestel soos vervat in die goedgekeurde personeelregulasies, beleid en reëls van AVBOB wat van tyd tot tyd mag geld.

2. Versuim of nalaat om behoorlik rekenskap te gee van AVBOB se fondse/bates onder sy beheer, ongemagtigde en wan-aanwending van sulke fondse/bates of die skuldig bevinding deur 'n hof rakende oneerlikheid.

3. Billike opdragte van sy/haar toesighouer ignoreer in die uitvoering van sy/haar pligte.

4. Nalatig optree in die uitvoering van sy/haar pligte en die beskadiging van AVBOB en/of mede-werknemers se eiendom.

5. 'n Kriminele oortreding begaan.

6. Gebruik van alkohol of in besit en/of gebruik van dwelms tydens amptelike diens.

7. Verstrek van valse inligting op sy/haar curriculum vitae of aansoekvorm vir werk of weerhouding van relevante inligting.

8. Intimideer, dwarsboom of verhinder enige werknemer in die uitvoering van sy/haar pligte.

9. Verval in geldelike skuld in so 'n mate dat hy/sy en/of AVBOB in 'n verleentheid gestel word of dat dit moontlik 'n uitwerking het in die uitvoering van sy pligte.

10. Versuim of nalaat om op versoek van die besturende direkteur of sy/haar gedelegeerde 'n skriftelike verslag van sy/haar totale skuld in te dien.

11. Sy/haar optrede van so 'n aard is dat hy/sy hom skandalig, onbetaamlik of onwelvoeglik gedra of onbeskof teenoor 'n mede-werknemer of lid van die publiek terwyl hy/sy op amptelike diens is.

12. Die aanbring van ongemagtigde wysigings op tydkaarte en enige ander onreëlmatige gebruik.

13. Enige werknemer wat hom skuldig maak aan seksuele teistering.

14. Ongemagtigde afwesigheid.

15. Nie-nakoming van voorgeskrewe werksure.

01/02/2005

Page 45: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

40.

PROSEDURE VIR PERSONEELVERMINDERING (0052)

1. INLEIDING

Dit is die beleid van AVBOB om aaneenlopende permanente werkgeleenthede aan sy werknemers te verskaf. Faktore soos ‘n negatiewe ekonomiese groeikoers, die rasionalisasie van aktiwiteite of organisatoriese herstrukturering mag personeelvermindering egter onafwend-baar maak.

2. KOMMUNIKASIE

2.1 Voordat enige personeel verminder word sal AVBOB eers oorweging aan die volgende skenk:

- om daardie werknemers wat geraak word oor te plaas na ‘n ander afdeling of filiaal van AVBOB;

- om oortydwerk in te kort in die afdeling(s) wat geraak word;

- die indiensneming van enige tydelike of permanente werknemers in die afdeling(s) wat geraak word tydelik te staak.

2.2 Inligting rakende die noodsaaklikheid vir personeelvermindering sal deur Bestuur aan die betrokkenes beskikbaar gestel word.

3. KRITERIA

Stappe wat gevolg sal word om werknemers wie se diens beëindig staan te word te identifiseer:

- vra vir vrywilligers;

- werknemers wat kwalifiseer, toe te laat om vroeg af te tree;

- die “LIFO” (laaste-in-eerste-uit) beginsel toe te pas behalwe in die geval van nuwe werknemers met essensiële kwalifikasies/vaardighede of ervaring.

4. VAKATURES

AVBOB sal ‘n register byhou met die name en adresse van werknemers wie se diens beëindig is as gevolg van die personeelverminderingsprogram.

Indien enige vakature(s) ontstaan sal voorkeur verleen word, (onderhewig aan beskikbaarheid en geskiktheid van die applikant(e)), aan werknemers wie se diens gedurende die laaste ses maande beëindig is en nog nie ‘n alternatiewe betrekking gevind het nie.

5. UITDIENSTREDINGSPAKKET

By diensbeëindiging as gevolg van personeelvermindering sal werknemers ontvang:

- 'n skeidingsloon gelyk aan minstens een week se besoldiging vir elke voltooide jaar aaneenlopende diens indien 'n werknemer ontslaan word weens redes gegrond op AVBOB se bedryfsvereistes;

- ‘n pro-rata bonus met betrekking tot die diensjaar waarin die personeelvermindering plaas-vind;

- volle terugbetaling van opgehoopte werknemerskrediet in die AVBOB-aftreefonds (verwys na u AVBOB-aftreefonds reëls);

- opgehoopte verlofkrediet.

01/02/2005

Page 46: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

41.

SEKURITEIT (DA0001)

PROSEDURE TYDENS NOODTOESTANDE

Die noodplan is die bestuursplan vir ‘n noodsituasie. Noodbeplanning is toegespits op die voorko-ming en bekamping van die gevolge van ‘n ramp en behels hoofsaaklik die redding van lewens, die beskerming van eiendom en die onderhoud van die noodsaaklike dienste wat vir die voortbestaan van ‘n gemeenskap onontbeerlik is.

Vergewis uself van die prosedure wat tydens ‘n noodsituasie gevolg moet word, deur ‘n afskrif van die volledige noodplan by u bestuurder aan te vra. Oefeninge om u vertroud te maak met die prosedure wat tydens ‘n noodsituasie gevolg moet word, sal met tussenposes gehou word.

1. Brandvoorkomingsmaatreëls

Voorkom vure deur:

1.1 Opeenhoping van brandmateriaal.1.2 Brandende sigarette uit te doof.1.3 Defektiewe elektriese toerusting byvoorbeeld kabels, proppe, ensovoorts aan te meld.1.4 Skakel alle ligte en lugreëlingseenhede af as laaste persoon kantoor verlaat.1.5 Dra asseblief sorg dat u nie die elektriese stroom oorlaai deur te veel apparate aan een

kragpunt te koppel nie.

2. Optrede ten tye van ‘n brand

Ten einde ‘n brand so doeltreffend moontlik te kan bestry en desnoods die gebou in enige gebeurlikheid ordelik en so vinnig moontlik te ontruim, moet u die prosedure volg soos voorge-skryf deur die bestaande noodplan. Onsekerheid gee aanleiding tot paniek sodat daar dikwels in die geval van brande, beserings opgedoen word in paniekbevange stormlope na uitgange en brande toegelaat word om buite beheer te raak omdat niemand kennis dra van elementêre brandbestrydingsmaatreëls nie. Vergewis u van die volgende:

2.1 Waar uitgange is.2.2 Waar brandblussers is, hoe dit hanteer moet word en deur wie.2.3 Waar hoofskakelaars is. (Moet afgeskakel word indien dit ‘n elektriese brand is.)2.4 Waar die bymekaarkomplek sal wees na ontruiming.2.5 Wie die brandmeesters is en hoe u met hulle in aanraking kan kom.2.6 Waar noodhulptoerusting is.

Indien daar onduidelikheid bestaan, vra u brandmeester.

Al bogenoemde inligting is volledig uiteengesit in die noodplan.

Ons beklemtoon dus weereens die feit dat u uself moet vergewis van die noodprosedure.

3. Voorkoming van sabotasie

3.1 Vreemdelinge op die perseel moet aangemeld word by sekuriteit. Besoekers moet aan-gemeld word by ontvangs.

3.2 Ongeïdentifiseerde items op perseel en verdagte optrede van persone moet aangemeld word aan die hoof: sekuriteit of alternatief.

3.3 Indien ‘n verdagte voorwerp op die perseel opgemerk word moet as volg gehandel word:

3.3.1 Moenie daaraan raak nie.

3.3.2 Stel u brandmeester in kennis.

01/02/2005

Page 47: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

42.

3.3.3 Die brandmeester moet die voorwerp versigtig ondersoek sonder om daaraan te raak. Let op die ligging, fatsoen, ‘n tikgeluid en ander faktore.

3.3.4 Indien so ‘n voorwerp verdag lyk moet hoof: sekuriteit gekontak word en die personeel moet uit die gebied ontruim word. In die geval van ‘n ontruiming word dieselfde prosedure gevolg as die van ‘n brand.

3.3.5 Indien nodig moet die Polisie in kennis gestel word - Telefoon 10111.

4. Waarskuwing van ‘n bom per telefoon

Indien u u telefoon beantwoord en u word deur ‘n vreemde en onbekende persoon gewaarsku dat daar ‘n bom in die gebou gaan ontplof, moet u asseblief soos volg handel:

4.1 Probeer om die oproeper aan die praat te hou, byvoorbeeld voor te gee dat u hom nie goed kan hoor nie. Dit kan daartoe lei dat die oproeper inligting verstrek wat kan help om die aard van die bedreiging beter te bepaal of om moontlik self die oproepplek na te spoor.

4.2 As die oproeper op die lyn aanbly, moet gepoog word om antwoorde op die volgende vrae te kry:

4.2.1 Waar is die toestel geleë?4.2.2 Op watter verdieping?4.2.3 In watter kamer?4.2.4 Hoe laat gaan dit ontplof?4.2.5 Hoe groot is dit?4.2.6 Sal die toestel net brand veroorsaak, of is dit bedoel om plofskade aan te rig?

4.3 Let op die oproeper se presiese woorde.4.4 Let op na enige aksent in sy stem, na agtergrondgeluide, sy geslag, waarskynlike

ouderdom, ensovoorts.4.5 Skryf hierdie besonderhede so akkuraat moontlik neer terwyl hulle nog vars in die

geheue is.4.6 Stel dadelik die hoof: sekuriteit of alternatief in kennis.

Soekprosedure

Dit is moeilik om in ‘n groot gebou soos hierdie op elke moontlike wegsteekplek na ‘n bom of brandstigtende toestel te soek. Die persone wat voortdurend in die gebied werk of dit gereeld besoek, is die geskikte mense om die gebied te deursoek omdat hulle kennis van die omge-wing hulle makliker in staat stel om ‘n vreemde pakkie of voorwerp raak te sien.

Alle brandmeesters, administratiewe- en afdelingshoofde moet van die bedreiging in kennis gestel word. Tensy daar goeie vermoede bestaan dat die waarskuwing eg is, moet hulle net waaksaamheid ten opsigte van besoekers, vreemdelinge of verslae oor ongewone of vreemde voorwerpe in hulle seksies verskerp. Indien iets verdag voorkom, moet die hoof: sekuriteit in kennis gestel word.

5. Sekuriteit - besoekers hoofkantoor - gebou

Ons bring dit onder u aandag dat daar ‘n kontrolelys vir sekuriteitsdoeleindes by ontvangs geplaas is. Dit het betrekking op daaglikse en na-uurse besoekers en tegnici, asook personeel wat na-ure in die gebou werksaam is.

Indien enige van hoofkantoorpersoneel na-ure sou werk, moet so ‘n persoon sy naam en kantoornommer op die lys invul. Die lys moet geteken word en die betrokke persoon moet daarop let dat hy/sy die tyd invul wanneer die gebou verlaat word. Na-ure beteken voor 7:00 en na 17:30. Indien hoofkantoorpersoneel na-ure inkom om te werk moet skiktyd/sekuriteits-kaartjies saamgebring word vir identifikasie. Toegang moet vooraf skriftelik gereël word by die hoof: sekuriteit.

01/02/2005

Page 48: Ethan Frome - AVBOB Intranet Loginavbob.net/docs/Persreg_Afr.doc · Web viewVEILIGHEID AVBOB se veiligheidsreëls, regulasies en standaarde moet stiptelik nagekom word. 30. POLITIEKE

43.

BRANDPROSEDURES (DA0002)

1. Beplan optrede as brandalarm in beheerkamer ontvang word.

2. Ontvangspersoneel stel ondersoek in deur te bepaal waar rooksein opgetel is (zone of vloer).

3. Gebruik interkom en roep betrokke brandmeester.

4. Brandmeester stel ondersoek in en bepaal omvang van brand.

5. Brandmeester rapporteer terug aan beheerkamer.

5.1 In die geval van ‘n vals rooksein, herstel beheerpaneel na normaal en verwittig die Hoof: sekuriteit.

5.2 Indien brand op vloer: Stel brandweer onmiddellik in kennis.

5.2.1 Prosedures deur brandmeester gevolg:

5.2.1.1 Gee opdragte aan brandbestrydingspan.5.2.1.2 Organiseer en beheer ontruiming van betrokke vloer.5.2.1.3 Brandmeester bly by noodtelefoon tot vloer ontruim is waarna ont-

ruimingskakelaar by noodtelefoon gedruk word voor hyself vloer ont-ruim.

5.2.2 Prosedures deur ontvangspersoneel gevolg:

5.2.2.1 Verwittig hoof: sekuriteit – X1074, alternatief: X1100, X1185 of X1262.

5.2.2.2 Bly in beheerkamer tot hoof: sekuriteit of brandweer oorneem.5.2.2.3 Sodra brandende vloer ontruim word moet die volgende vloer se

brandmeester verwittig word.

5.2.2.3.1 Eerstens word brandende vloer ontruim.5.2.2.3.2 Tweedens word vloer direk bo en onder bogenoemde

vloer ontruim.5.2.2.3.3 Derdens word alle oorblywende vloere bokant branden-

de vloer ontruim waarna alle oorblywende vloere ontruim word.

5.2.2.3.4 Sodra betrokke vloer se ontruimingsliggie op die beheer-paneel verskyn moet die volgende vloer se brandmees-ter opdrag gegee word om te ontruim.

5.2.3 Prosedures deur personeellede gevolg:

5.2.3.1 Moet onder geen omstandighede hysbakke gebruik nie.5.2.3.2 Beweeg flink na gegewe brandtrap.

5.2.3.2.1 Alle personeel wat op die tydstip oos van die hyser-portaal is gebruik die oos-brandtrap.

5.2.3.2.2 Alle personeel wat op die tydstip wes van hyserportaal is gebruik wes-brandtrap.

5.2.3.3 Personeel moet so vinnig moontlik met trappe af beweeg na betrokke nooduitgange sonder om mede personeellede in gevaar te stel.

5.2.3.4 Afdelingshoofde moet buite gebou rekenskap van sy/haar betrokke afdeling gee en rapporteer aan hoof: sekuriteit.

5.2.3.5 Personeel versamel by Metro se parkeerarea waar brandmeesters die nodige register sal neem en mense dan verdere aanwysings gee.

01/02/20059038