belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/lockdown/afrikaans graad 10 en 1…  · web viewnet vir...

24
GRAAD 11 WEEK 1 AKTIWITEIT 1 Lees die volgende verhaal: ‘n Beter lewe vir Mams Zulfah Otto-Sallies Die môre vroeg staan Solly op. Sy hart voel swaar, hy’s siek van bekommernis. Hy kyk op die horlosie en besef dat dit alreeds sesuur is. Hy moet wikkel, dink hy, die treine is weer stampvol vanoggend. “Daai Manenberg se lyn is ook ‘n helse rush innie oggend,” brom hy vererg by homself. Solly loer by sy ma se kamer in. Yakoob, sy jongste broertjie, lê opgekrul teen haar. Wat gat o's maak, Mams? dink hy. Ek soek al drie jaar vir ‘n decent job. Matriek met vrystelling en dit vir wat? Net vir nog ‘n oggend van vroeg opstaan en harde gebouwerk doen. ‘n Boy, dis wat hulle my noem. 'n Gewone labourer, daai’s wat ek is, Mams. Hy tel ‘n kombers op wat afgegly het, en gooi sy ma en boetie warm toe. Ek’s siek van die plek, Mams, ek is siek en sat van sukkel - so praat die stemme in Solly se kop. Daa’ issie mee’ 'n ramp wat o’s nog kan treffie ... Gisteraand toe sy ma instap, het sy op 'n stoel neergesak en gesê: “Die factory maak toe, Solly.” Net dit. In die nag het Solly haar hoor snik. My pa is oek soe 'n waste of time, dink Solly. Vi’ hom het ek laas gesien toe ek twaalf was. Met 'n swaar gemoed trek Solly die voordeur toe. Ek moet anner werk kry, dink hy. Van 'n R150 ‘n week kan ons vier nie lewe nie.

Upload: others

Post on 19-Oct-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Afrikaans Graad 10 en 1…  · Web viewNet vir nog ‘n oggend van vroeg opstaan en harde gebouwerk doen. ‘n Boy, dis wat hulle

GRAAD 11

WEEK 1AKTIWITEIT 1Lees die volgende verhaal:

‘n Beter lewe vir MamsZulfah Otto-Sallies

Die môre vroeg staan Solly op. Sy hart voel swaar, hy’s siek van bekommernis. Hy kyk op

die horlosie en besef dat dit alreeds sesuur is.

Hy moet wikkel, dink hy, die treine is weer stampvol vanoggend.

“Daai Manenberg se lyn is ook ‘n helse rush innie oggend,” brom hy vererg by homself.

Solly loer by sy ma se kamer in. Yakoob, sy jongste broertjie, lê opgekrul teen haar. Wat

gat o's maak, Mams? dink hy. Ek soek al drie jaar vir ‘n decent job. Matriek met vrystelling

en dit vir wat? Net vir nog ‘n oggend van vroeg opstaan en harde gebouwerk doen. ‘n Boy,

dis wat hulle my noem. 'n Gewone labourer, daai’s wat ek is, Mams.

Hy tel ‘n kombers op wat afgegly het, en gooi sy ma en boetie warm toe. Ek’s siek van die

plek, Mams, ek is siek en sat van sukkel - so praat die stemme in Solly se kop. Daa’ issie

mee’ 'n ramp wat o’s nog kan treffie ...

Gisteraand toe sy ma instap, het sy op 'n stoel neergesak en gesê: “Die factory maak toe,

Solly.”

Net dit. In die nag het Solly haar hoor snik. My pa is oek soe 'n waste of time, dink Solly. Vi’

hom het ek laas gesien toe ek twaalf was. Met 'n swaar gemoed trek Solly die voordeur toe.

Ek moet anner werk kry, dink hy. Van 'n R150 ‘n week kan ons vier nie lewe nie.

Op die trein hoor Solly hoe die ouens praat. Die mans se gesprek draai om ‘n staking by die

groot bakkery in die stad. Solly luister stil, hy hoor hoe die ouens dreig met geweld as daar

ander mense in hulle plek gaan werk.

En ek vra net meer geld vir kos op ons tafel, dink Solly. Julle het nog tyd om te staak.

Dan baklei ander gedagtes weer in sy kop: Wat van jou, Solly, op skool voor gehardloop

met die politieke optogte, geskree vir justice en democracy - en nou, Solly? Mams het haar

doodgewerk om jou deur matriek te kry, toe was jy 'n ander ou, glad in die tronk gesit vir

onwettige politieke vergaderings hou. Die state of emergency was 'n ander storie. Jonk en

oud het gesuffer in die riots vir equal rights. Maar nou is al wat vir jou saak maak, kos in

die huis.

Op skool het hy gedroom van universiteit toe gaan, ryk word en vir Mams ‘n groot huis

koop. Daai’s als verby nou. Toe die trein tot stilstand kom in Kaapstad se stasie, beur Solly

Page 2: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Afrikaans Graad 10 en 1…  · Web viewNet vir nog ‘n oggend van vroeg opstaan en harde gebouwerk doen. ‘n Boy, dis wat hulle

driftig deur die mense om buite te kom. Wat’s daar nou oor van sy drome?

By die bouplek steek hy die graaf met wilde hale in die nat sement.

Hy hoor hoe die voorman skree: “Boy, hier’s te min sement hier bo.”

“Boy se moer,” mompel Solly.

Die Xhosa-man wat langs hom werk, lag lekker en mompel iets in Xhosa vir hom. Teetyd

sit Solly eenkant en eet lusteloos aan sy toebroodjie met die dun lagie oorskietbobotie van

gisteraand. Die Xhosa-man kom nader. Hy kom sit langs Solly en gee vir hom 'n beker

swart koffie aan.

“My naam is Sabu,” sê die man en gesels voort in gebroke Afrikaans. Sabu is vol grappe

en nie lank nie of Solly en hy raak lustig aan die gesels en spot oor die voorman se

middelbles.

Na werk stap Solly en Sabu diep in gesprek stasie toe. Op die stasie skree Sabu na een

van sy vriende en wink hom nader. Sabu en die man raak aan die gesels terwyl Solly

eenkant wag. Hy wonder waaroor hulle praat, want Xhosa verstaan hy glad nie.

Skielik roep Sabu opgewonde na Solly. Sy vriend het 'n werk vir hom en Solly, verduidelik

hy. Hulle kan baie geld maak. Baie. Solly voel sy kop word warm van opgewondenheid.

Vyfduisend rand, sê Sabu. Vyfduisend rand - as hy duisend pille in Manenberg kan ver-

koop.

Solly se eerste reaksie is: Maak lat jy wegkom! Pille verkoop! Hy weet wat dit beteken. En

Mams sal hom doodmaak! Dan weer: vyfduisend rand! Wat kan hy nie als vir Mams koop

nie!

“Kanalla, Mams, moenie my wegstoottie.”

“Gou ryk wies, is dit waaraan djy dink? Is djy dan soe stupid? Het djy niks verstand nie?

Nei, Solly, ek willie môre of oormôre of wanne oek al vi’ jou gaan uitken by die mork nie.

Daa’ eindig allie ouens wat met drugs sukkel. Ek willie sukke worries hê nie. Of djy hou op

met die dinge of djy is uit my hys.”

Solly gryp sy baadjie en storm by die huis uit. Hy weet sy ma maak nie ‘n oog toe voor sy

hom snags by die voordeur hoor inkom nie . . Maar hy is nou eenmaal op die pad ...

Die volgende môre praat Solly en sy ma nie 'n woord met mekaar nie. Solly weet goed sy

brand om met hom te praat, maar hy kyk liewers weg. “Jou skoon broek is innie kame’,” sê

sy net een keer.

“Tramma kassie, Mams,”- en dis al.

Die tekens van sy smokkelary word orals in die huis sigbaar. Yusuf en Yakoob spog met

hul ouboet by die ander kinders, want hulle skoolskoene is blinknuut en die sweetpakke

wat hulle vir Labarang gekry het, van die beste. Daar’s nuwe meubels in die huis. Daar’s ‘n

telefoon.

Page 3: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Afrikaans Graad 10 en 1…  · Web viewNet vir nog ‘n oggend van vroeg opstaan en harde gebouwerk doen. ‘n Boy, dis wat hulle

Solly se ma kyk alles met dowwe oë aan. En as die bure probeer uitvis, bly sy doodstil.

Een aand - in die wintertyd - hoor Solly sy sê vir Yusuf: “Ek wenssie winter hou heeljaar

aan, dan kan Solly toggie snags soe laat ytbly as dit soe reent nie.” Solly wil sy hande

uitsteek na sy ma toe, maar dis nes of daar ‘n muur tussen hulle is.

Toe, op ‘n dag, kom Solly en China daar aangery met ‘n wit Mercedes. Nie ‘n nuwe nie,

maar blink genoeg. China gooi ‘n es voor die huis, en Solly se ma klap die venster woedend

toe toe sy sien hoe die bure en die kinders saamdrom om die kar. Daarna kom laai China

hom elke aand op met die Mercedes. “My sjouffer,” lag Solly.

Een aand sê Solly vir sy ma: “Mams, kom o’s trek weg uit Manenberg, ek kan die plek nie

mee’ vattie.”

Maar sy maak hom stil. “Ek wil niks met jou smokkelgeld te doen hê nie, gehoor!” skree sy

en gaan lê op haar bed.

En ek wou Mams so graag gelukkig sien, dink Solly toe hy die voordeur agter hom toetrek -

hy het China buite hoor toet, drie keer, is die teken. Miskien kan hy een van die dae ophou

verkoop, net eers genoeg geld bymekaarkry ...

Dieselfde nag is daar skielik ‘n harde geklop aan Solly se ma se voordeur. Sy spring

verward uit die bed en gaan maak die deur angsbevange oop.

“Ja?” vra sy hees.

Toe sien sy Solly by die twee polisiemanne. Hulle slinger hom in die huis in en slaan die

voordeur toe. Solly is betrap met twee miljoen rand se dwelms, sê die een polisieman.

Solly sê geen enkele woord nie. Kyk net op die vloer voor hom. “My kin’, my kin’,” is al wat

uit sy ma se mond kom. Om haar het alles in duie gestort en sy huil onbeheerbaar terwyl

die polisiemanne die huis deursoek. Maar hulle vind niks nie.

Die hele nag bly Solly se ma styf van die koue op 'n stoel sit. Yusuf en Yakoob, wat later

wakker geword het, wou weet wat aangaan, maar sy het net gesê: “Ga' slaap. Ek sil julle

later sê.”

Die volgende môre het sy polisiekantoor toe gegaan. Vir Yusuf het sy net gesê: “Kyk na jou

broertjie.” Sy is toegelaat om Solly ‘n paar minute te sien. Sy het hom met bewende hande

omhels. En daar het sy Solly vir die eerste keer vergewe - in haar hart.

'n Week later het daar vir haar 'n brief gekom.

Liewe Mams

Om te sê ek is jammer sal nie eerlik wees nie. Ek maak geen verskonings vir my lewe nie.

Ek het hard na goeie werk gesoek, Mams weet self. R150 was net genoeg vir huur, lig en water.

Wat van kos? Aan die begin het die besigheid my baie gepla en ek wou ophou, maar toe

sien ek vir die eerste keer hoe gelukkig Yusuf en Yakoob is. Niemand het hulle meer geterg

Page 4: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Afrikaans Graad 10 en 1…  · Web viewNet vir nog ‘n oggend van vroeg opstaan en harde gebouwerk doen. ‘n Boy, dis wat hulle

oor hul flenter skoene nie.

Maar wat Mams betref, is dit 'n ander storie. Dit het my baiemaal diep geraak as Mams nie

die goed gebruik wat ek koop nie. Mams het bly loop met die klere wat Mams maak, asof my

presente iets vuils was. Mams wou nie eers van die lekker kosse eet nie. Bo alles was Mams

altyd die enigste ordentlike iets in my lewe. Mams was die een wat ek baie graag gelukkig

wou sien. Al het ek ook hoe hard probeer, kon ek Mams nooit omkoop nie. Vir jou, Mams,

vra ek om my te vergewe. Niemand was bereid om my ‘n kans in die lewe te gee nie. Toe

kies ek maar ‘n maklike uitweg.

Hier in die tronk is dit koud en dit maak my hartseer dat ek nie meer Mams se geskellery kan

hoor nie. Want ek onthou die gebed wat Mams gesê het toe ek matriek slaag: “God, lei my

kinders op die regte weg, beskerm hulle teen boosheid. Vergun dat Yusuf en Yakoob

dieselfde respek vir my moet hê soos Suleiman.” Hierdie woorde hoor ek nog elke dag in my

kop.

Ek het nog steeds die hoogste respek en liefde vir jou, Mams, maar ek het naderhand nie

meer geweet hoe om te stop nie. Van een ding is ek seker: Yusuf en Yakoob gaan beslis nie

die pad loop nie. Hulle mag nie. Mams moet hulle alles vertel.

Mams moet kanalla nie vir my hier kom besoek nie. Mams is te ordentlik vir hierdie plek. Af

en toe ‘n brief sal my gelukkig maak. Ek sluit nou af met al my liefde. Kanalla, Mams, ek vra

net een ding - tamaaf vir alles wat ek gedoen het.

Jou verlore seun Solly.

Sy weet later nie meer hoeveel keer sy die brief al gelees het nie. Die gelui van die telefoon

bring haar tot haar sinne. Die stem is vreemd vir haar. Dis asof sy ook nie mooi kan hoor nie.

Die woorde bly iewers in die lug hang. Toe, stadig, soos ‘n eggo, kom die woorde terug:

“Mevrou Abrahams ... u seun is vanoggend dood aangetref in die sel . . . dit blyk .. , daar

‘n bakleiery was in die sel. 'n Steekwond.. ,”

Die telefoon gly uit haar hand.

“Ek vergewe jou, Solly, ek gie vi’ jou maaf. Suleiman, my kin’ ... ag, my kin’...”

Vrae:

1. Hoe voel Solly die oggend toe hy opstaan? Gee TWEE feite.

2. Waar is Manenberg?

3. Wat se retoriese vraag vra Solly vir sy ma? Haal sy DIREKTE vraag aan.

4. Wat doen Solly om te wys hy gee om vir sy ma en boetie? Gee TWEE feite.

5. Wat is die TWEE dinge waarvan Solly genoeg gehad het?

Page 5: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Afrikaans Graad 10 en 1…  · Web viewNet vir nog ‘n oggend van vroeg opstaan en harde gebouwerk doen. ‘n Boy, dis wat hulle

6. Waaroor praat die mans op die trein?

7. Wat dink Solly is die verskil tussen hom en die mans?

8. Pas Kolom A by Kolom B m.b.t. Solly toe hy op skool was.

Kolom A Kolom B

1 Hy was die leier… A …het almal swaargekry.

2. Solly het geskree… B … sodat almal gelyke regte het.

3. Hy was toegesluit… C …met politieke optogte.

4. Met die noodtoestand… D …vir onwettige vergaderings.

5. Almal het swaargekry … E …vir reg en geregtigheid.

9. Waarvan het Solly op skool gedroom? Noem DRIE dinge.

10. Haal EEN woord uit die volgende aanhaling uit die storie wat sê dat…

a. hulle ‘n breek kry.

b. Solly nie meng met die ander werkers gedurende etenstyd nie.

c. hy die kos wat die vorige aand oor was op sy toebroodjie gesit het.

d. daar nie veel vulsel op sy toebroodjie is nie.

11. Werk die volgende persentasies uit;

a. Die persentasie, van die totaal wat hulle vir die taxi-eienaar gegee het, wat

Solly gekry het.

b. Die persentasie van die totaal wat hulle vir die taxi-eienaar gegee het, wat

China gekry het.

c. Die persentasie van die geld wat Solly gekry het wat hy vir homself gehou het.

d. Die persentasie van die geld wat Solly gekry het wat hy vir China gegee het.

12. Wat is Solly se ma se reaksie toe hy al die goed huistoe bring? Gee TWEE feite.

13. Sê of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is n.a.v. sy ma se antwoord op

sy argument oor hoekom hy dwelms verkoop. Sê ook hoekom jy so sê deur

direk uit die storie aan te haal.

1. Sy ma sê sy het hom so grootgemaak.

2. Al het hulle nie veel gehad om te eet nie, was sy dankbaar.

3. Al die nuwe goed in die huis is nodig.

4. Solly is sy ma se eerste kind.

5. Dis onnodig om tronk toe te gaan vir so iets onsinnigs soos dwelms verkoop.

14. Watter emosies ervaar mens as jou hart swaar is?

15. Wat sê dit vir ons van die omstandighede waarin Solly en sy gesin bly as hy sy

jongste broertjie opgekrul teen sy ma in die bed sien lê? Bespreek breedvoerig.

16. Pas Kolom A by KOLOM B oor dit wat Solly vir sy ma sê toe hy haar vertel dat

Page 6: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Afrikaans Graad 10 en 1…  · Web viewNet vir nog ‘n oggend van vroeg opstaan en harde gebouwerk doen. ‘n Boy, dis wat hulle

hy met dwelms smokkel. (7)

Kolom A Kolom B

1. Die feit dat hy matriek het… A ...dus is daar nie werk nie.

2. Sy ma werk vir jare by ‘n

fabriek…

B …as om te sien dat sy ma swaar kry.

3. Hy gaan eerder tronk toe… C …beteken nie hulle gaan kos hê nie.

4. Die land is in ‘n gemors… D …net om deur ‘n nota in kennis gestel

word dat die febriek toegemaak het.

5. Hy smokkel… E …omdat daar nie brood in die huis is

nie.

6. Solly wil nooit weer sy ma hoor

huis…

F …sodat daar kos in die huis moet

wees.

7. Al land hy in die tronk sal hy

weet…

G …sy ma het genoeg geld in die huis

om vir lank kos te koop.

17. Solly sê: “Daa’ issie mee’ 'n ramp wat o’s nog kan treffie ...” Wat se rampe in die

storie het hulle tot op datum getref?

18. Hoekom sê Solly is sy pa “oek soe 'n waste of time”

19. Gee EEN woord vir:

a. “voor gehardloop”

b. “jonk en oud”

20. Hoekom dink jy bewe Solly se hande toe hy die pakkies in sy werksak gooi.

21. Gee ‘n paar karaktereienskappe van China. Dink aan die feit dat hy alreeds uit

graad 9 uit die skool gegaan het en dt hy ‘n bendeleier is.

22. Verduidelik hoekom Solly se senuwees teen die einde van die week waarin hy

die dwelms verkoop rou is, maar sy kop sweef van opgewondenheid.

23. Wat se karaktereienskappe van Solly kom na vore met die plan wat hy maak

om vir sy ma te verduidelik waar die geld vandaan kom?

24. Wat se karaktereienskappe van Solly se ma, mevrou Abrahams, kom na vore

met die storie wat hy haar oor die “beursie” vertel?

25. Wat se les het Solly se ma, mevrou Abrahams, haar kinders geleer het as hy

moet verduidelik dat daar nie ‘n naam of niks in die beursie met al die geld was

nie.

26. Wanneer dink jy het Solly se ma, mevrou Abrahams, besef iets is verkeerd?

27. Wat beteken “maak nie ‘n oog toe nie”?

28. Gee ‘n verduideliking van “praat nie 'n woord met mekaar nie.”

29. Hoekom is dit so erg, soveel so dat die een polisieman dit pertinent noem, dat

Page 7: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Afrikaans Graad 10 en 1…  · Web viewNet vir nog ‘n oggend van vroeg opstaan en harde gebouwerk doen. ‘n Boy, dis wat hulle

Solly met twee miljoen rand se dwelms betrap is.

30. Verduidelik: “Om haar (mevrou Abrahams) het alles in duie gestort.”

31. Hoekom dink jy deursoek die polisie haar huis.

32. Bespreek die toepaslikheid van die gebed wat Solly se ma, mevrou Abrahams,

gesê het toe hy matriek geslaag het?

33. Hoekom lees Solly se ma, mevrou Abrahams, die brief oor en oor?

34. Wat is die verskil tussen die TWEE kere wat Solly in die tronk was; op skool en

later in sy lewe?.

AKTIWITEIT 2

Gebruik die volgende leesstuk om die taalvrae wat volg te beantwoord. Daar is doelbewus

taalfoute in die leesstuk gemaak.

(Plesiere), of eintlik ‘n groot (probleem)?Wanneer is daardie koppie koffie, (glas) wyn of moet-hê-gimsessie meer as net ’n

daaglikse kruk? Rochélle Human het meer oor die gevare te wete gekom.

1. Onlangse berigte en studies roep “gevaar!” oor baie alledaagse plesiere.

2. Hoe weet jy wie in beheer is: jy of die middel?

3. “Die definisie van (verslawing) is nie net gegrond op hoe gereeld iemand alkol of ander

(midels) gebruik nie,” sê Elizabeth Cambanis, ’n kliniese sielkundige en verslawingspesialis

van Johannesburg.

4. Wat is verslawing?

5. Verslawing - word deur die (individu) se gene en (omgewing) veroorsaak en lei tot ’n

“gebrek” in die brein se genotsentrum. Carl Jung, die vader van sielkunde, het gesê: “Elke

vorm van verslawing is sleg.” Vir ’n verslaafde is die drang na sy dwelm net so sterk soos

die behoefte om asem te haal of die dors na water.

6. Daar is twee soorte verslawing: chemiese verslawing (soos alkol, nikotien en medikasie)

en gedragsverslawing (soos dobbel, pornografie, ooreet, inkopies, werk of oefening).

7. “Ek sê nie iemand wat (elke dag) draf, het ’n verslawing nie. As die begeerte aan sodanige

gedragspatrone meer as net ’n behoefte is; as die mens afgetrokke is en ’n obsessie het

oor die gedrag; indien daardie gedrag nadelige gevolge het; en as die mens prikkelbaar en

kort van draad is wanneer hy of sy nie die gedrag kan beoefen nie, het

hy of sy moontlik ’n gedragsverslawing.”

8. Alkol: Sowat 2,5 miljoen mense sterf jaarliks wêreldwyd weens

Page 8: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Afrikaans Graad 10 en 1…  · Web viewNet vir nog ‘n oggend van vroeg opstaan en harde gebouwerk doen. ‘n Boy, dis wat hulle

alkolmisbruik, lui ’n 2011 verslag van die WGO.

9. In 2005 het Suid-Afrikaanse volwassenes gemiddeld (sewe liter) suiwer alkol per persoon

per jaar gedrink.

10.Alkol speel ’n rol in verskeie sosiale en ontwikkelingskwessies, waaronder geweld,

kinderverwaarlosing en afwesigheid in die werkplek.

11.Rook: Sowat 22% van die wêreldbevolking ouer as (15 jaar) rook, volgens die

Wêreldgesondheidsorganisasie. Nagenoeg 6 miljoen mense sterf (elke jaar) weens

tabakgebruik en blootstelling aan tabakrook – dit is een sterfte elke (ses sekondes).

12.Narkotiese pynmedisyne: (Wereldwyd) is 36 miljoen mense afhanklik van opiate, wat

(heroien), opium en voorgeskrewe medikasie-opiate insluit

13. (Kafeien): Te veel (kafeien) kan rusteloosheid, senuagtigheid,

slapeloosheid, prikkelbaarheid en (hartkloppings) veroorsaak of vererger.

14.Die algemene voorgestelde inname is nie meer nie as twee koppies koffie

voor 14:00 nie.

Internet: Die internet het ons lewe vergemaklik. Tog is daar baie moontlike (nadeel) aan

verbonde. Dinge soos pornografie, kletskamers, dobbel, (inkoopies), sosiale media en speletjies

kan verslawend wees.

Verwerk uit: Die Burger : Plesiertjie, of eintlik 'n groot probleem?

www.dieburger.com/.../2013-07-24

Beantwoord die volgende taalvrae:

1.      Gee die meervoud van die volgende woorde: (onthou spelling is belangrik!)

1.1 probleem (titel)

1.2    individu (par 5)

1.3    nadeel (par 16)

2.      Gee die verkleining van die volgende woorde: (onthou spelling is belangrik!)

2.1         plesiere (titel)

2.2         probleem (titel)

2.3         glas

2.4         verslawing (par 3)

2.5         individu (par 5)

2.6         omgewing (par 5)

2.7         hartkloppings (par 14)

3.     Waarvoor staan die volgende afkortings / akronieme? (skryf in woorde)

Page 9: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Afrikaans Graad 10 en 1…  · Web viewNet vir nog ‘n oggend van vroeg opstaan en harde gebouwerk doen. ‘n Boy, dis wat hulle

3.1         WGO (par 9)

3.2         22% (par 12)

4.     Skryf die korrekte afkortings neer van die volgende:

4.1         sewe liter (par 10)

4.2         15 jaar (par 12)

4.3         ses sekondes (par 12)

5.     Gee EEN woord vir die volgende:

5.1 elke dag (par 8)

5.2 elke jaar

6.     Plaas telkens die korrekte skryftekens op die volgende woorde:

6.1         2011 verslag (par 9)

6.2         wereldwyd (par 13)

6.3         heroien (par 13)

6.4         kafeien (par 14)

7.     Skryf die korrekte spelling van elkeen van die volgende woorde:

7.1         midel (par 3)

7.2         alkol (par 9)

7.3         inkoopies (par 16)

8.     Skryf die volgende sinne oor. Begin elke keer met die onderstreepte gedeelte:

8.1         Rochelle Human het twee jaar lank navorsing gedoen.

8.2         Rochelle Human het in 2013 in die Kaap geskryf.

8.3         Die flukse vrou werk aan haar weeklikse program.

8.4         Verslawing het alreeds groot probleme in Suid-Afrika veroorsaak.

8.5         Die verslaafde is vroeg een oggend saam met ‘n groep vriende op sy fiets weg.

9.     Rangskik die volgende sinsdele in die regte volgorde:

9.1 elke oggend die vrou vinnig om betyds te wees vir werk stap

9.2 die verslaafdes huis toe stap in die middag

9.3 my boetie met alkohol gevier sy verjaardag gister het

10. Kies elke keer die korrekte voornaamwoord tussen die hakies / of skryf die korrekte

voornaamwoorde neer:

10.1 Rochelle skryf (oor dit) in die Burger.

10.2 Rochelle het (sy / haar / hom) berig vir die Burger geskryf.

Page 10: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Afrikaans Graad 10 en 1…  · Web viewNet vir nog ‘n oggend van vroeg opstaan en harde gebouwerk doen. ‘n Boy, dis wat hulle

10.3 Jung het (sy / haar / my) navorsing gedoen.

10.4 Verslaafdes eksperimenteer (met dit)

10.5 Rochelle (wie / wat) skryf, is 'n joernalis.

11. Doen ook:

11.1.    Hy het sy pille. Die pille is ....

11.2.    Is dit ...., Mevrou?

11.3.    Die tafel ..... ons sit, is groot.

11.4.    Die pa, ..... dogter verslaaf is, is hier.

11.5.    Die dokter ..... daar staan, is siek.

11.7.    Dis nie joune nie, dis my pa .....

11.8.    Die sentrum ..... ek bly, is duur.

11.9. Die persoon ..... ek vertrou, is weg.

11.10. Die verslawing .... hy ly, is ernstig.

AKTIWITEIT 3Lees en bestudeer die volgende artikel en beantwoord dan die vrae wat volg:

SOEN DIE SPEL VAN LIPPE

Hoe om ’n soen te doen het ’n lang geskiedenis, al dink die stomende tieners dat hulle dit alleen

uitgevind het. Soen is al lank gelede uitgevind. Elke mens het dalk net nog ʼn ietsie of tegniek

bygevoeg.

Feëverhale, storieboeke en rolprente laat ons glo dat twee mense

mekaar ontmoet en ten spyte van ʼn opdraand of twee, om die storie ʼn

bietjie meer vleis te gee, die paartjie uiteindelik vir altyd gelukkig saam

voortleef. Daarom is dit heel verstaanbaar dat ons almal hoop op

daardie een spesiale persoon om sy of haar opwagting maak en wat

ons dan intiem kan soen en met wie ons dan vir die res van ons lewe

gelukkig saam sal wees. Daar word gesê as jou hart vol van liefde is

dan soen jy!

As jy vandag hunker na daardie spesiale persoon en wonder of hy/sy ooit gaan opdaag, moenie

moed verloor nie. En ja, jy moet soms ʼn padda of twee soen voor jy die een vind wat uiteindelik in

ʼn prins of prinses verander.

Die vroeë Christene het mekaar gekus wanneer hulle bymekaar gekom het. Die bruid en

”Daar is ’n soen en sóén!”

Page 11: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Afrikaans Graad 10 en 1…  · Web viewNet vir nog ‘n oggend van vroeg opstaan en harde gebouwerk doen. ‘n Boy, dis wat hulle

bruidegom soen mekaar nadat die predikant, priester of pastoor hulle as getroud verklaar het.

Eskimo’s en Polinesiërs deur neusie-neusie te speel, terwyl die mense van Suidoos-Indië hul

weergawe van die soen ten toon stel deur die neus teen die wang te druk, terwyl die soener diep

asemhaal. Aaaaaaaaa....

Dan is daar ook die ”Franse” vat-soen waar koorsige soeners mekaar

nie net aanhoudend met die lippe vat-vat nie, maar ook met die

tonge. Dis die spel van Gautóng-a-long...maar kom ons hokaai net

daar.

Maar waar het die mens dan met sy soen begin? Volgens een teorie

kom dit van ’n antieke gebruik waar ma’s eers hul babas se kos fyngekou het voordat hulle dit in

hul babas se wagtende mondjies ingedruk het.

Gaan vertel dit vir die voëls sal party mense sê. Of dalk is dit nie nodig nie. Die voëls doen dit al

lankal op hierdie manier...

Nog ’n teorie is dat soeners naby genoeg aan mekaar kom om mekaar se buie, broodkrummels,

onlangse kaperjolle en erotiese chemie te ruik sodat hulle kan uitwerk

hoe om mekaar te hanteer.

Volgens ’n derde teorie sou dit ontstaan het by ’n ou geloof dat die

siel in ’n mens se asem leef. Met ’n soenery sou die asems

saamgevoeg en die twee siele vir ewig verenig word. Nogal ’n mooi

gedagte, maar natuurlik kan nie een van die drie teorieë werklik

bewys word nie.

Daarteenoor het party mense al gedink dat soenery ’n onheilige ding is. In die Amerikaanse staat

Indiana is selfs ’n wet aangeneem wat dit onwettig vir ’n man met ’n snor maak ”om uit gewoonte

mense te soen”. In Hartford in die Amerikaanse staat Connecticut is dit steeds onwettig vir ’n man

om sy vrou op ’n Sondag te soen. En in Napels in Italië kon ’n mens in die sestiende eeu die

doodstraf op die hals haal om te soen.

Hoe ook al, jy kan die moderne mens ewe min belet om te soen as wat jy ’n hond kan belet om te

blaf. [Verwerk

uit:www.mieliestronk.com]

Page 12: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Afrikaans Graad 10 en 1…  · Web viewNet vir nog ‘n oggend van vroeg opstaan en harde gebouwerk doen. ‘n Boy, dis wat hulle

Beantwoord die vrae:1. Kyk na die prente.

Wat word bedoel met die woorde ”Daar is ’n soen en sóén!”.

2. Wat ondersteun die titel visueel?

3. Sê of die volgende bewering WAAR of ONWAAR is by 3.1.

3.1 Die stomende tieners dink dat hulle die soen uitgevind het.

3.2 Gee ‘n rede vir jou antwoord by 3.1

4. Gee die sinoniem vir die woord ”gekus”.

5. Waar lees en sien ons van liefde en soene?

6. Wat gebeur volgens die sprokies as jy ’n padda soen?

7. Noem TWEE maniere waarop mense mekaar gesoen het in die verlede.

8. Kies die korrekte antwoord. Skryf net die korrekte letter langs die vraagnommer.

Watter gedeelte beskryf die oordadigheid van die soeners?

A. Aaaaaaa...

B. Gautóng-a-long

C. Wagtende mondjies

D. Blaf

9. Waar dink die meeste mense het die soen vandaan gekom?

10. Baie mense sȇ ”Gaan vertel dit vir die voëls.”

10 1 Word die bogenoemde letterlik of figuurlik bedoel?

10.2 Wat is die betekenis van die uitdrukking in 10.1?

11. Waar leef die mens se siel volgens een van die teorieë?

12. Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR?

12.1 Soenery is ’n onheilige ding?

12.2 Motiveer jou antwoord by 12.1.

13. Waar is dit onwettig om ’n vrou op ’n Sondag te soen?

14. Vertel kortliks van jou eerste soen.

AKTIWITEIT 4

Wat is die onderwerp van 'n sin?Dit kan meer as een woord wees.

Die persoon, dier of ding wat die aksie uitvoer.

bv. DIE DOLFYNE doen toertjies.

Page 13: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Afrikaans Graad 10 en 1…  · Web viewNet vir nog ‘n oggend van vroeg opstaan en harde gebouwerk doen. ‘n Boy, dis wat hulle

Wat is die gesegde van 'n sin? Dit is ALTYD die antwoord op die vraag "wat gebeur"

Dit verwys na die werkwoord(doen/aksie) / dui handeling of aksie aan

bv. Die dolfyne DOEN toertjies.

Wat is die voorwerp van 'n sin? Dit is WAT gedoen word /  die persoon of ding waarop die aksie uitgevoer word

Dit volg op die aksie.

bv. Die dolfyne doen TOERTJIES.

VOORBEELD: Ek sien die mense.

Hoe bepaal jy die onderwerp? Wie = Ek

Hoe bepaal jy die gesegde? Wie/Wat word gedoen = sien

Hoe bepaal jy die voorwerp? aan wie of wat word dit gedoen = die mense.

Gebruik die leesstuk in Aktiwiteit 2 om die volgende taalvrae te beantwoord:

1. Skryf die onderwerp van die volgende sinne neer:

1.1 Die middel is in beheer.

1.2 Alkohol speel ‘n rol in verskeie sosiale kwessies.

1.3 Die internet het ons lewe vergemaklik.

2. Skryf telkens die gesegde neer:

2.1 Die middel is in beheer.

1.2 Alkohol speel ‘n rol in verskeie sosiale kwessies.

1.3 Die internet het ons lewe vergemaklik.

3. Skryf die voorwerp neer:

3.1 Die middel beheer die brein.

3.2 Alkohol speel ‘n rol in mense se lewens.

3.3 Die internet het ons lewens vergemaklik.

4. Brei die volgende sinne uit deur van byvoeglike en bywoordelike

bepalings gebruik te maak

4.1 Die man drink koffie.

4.2 Die internet verbeter ons lewens.

5. Skryf die volgende sinne oor in die indirekte rede:

Page 14: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Afrikaans Graad 10 en 1…  · Web viewNet vir nog ‘n oggend van vroeg opstaan en harde gebouwerk doen. ‘n Boy, dis wat hulle

5.1 Carl Jung het gesê: ”Elke vorm van verslawing is sleg.”

5.2 Rochelle Human vra: “Is jy nog in beheer?”

5.3 Cambanis sê: “Verslawing gaan nie net oor hoe gereeld jy alkohol gebruik nie.”

6. Skryf die volgende sinne oor in die direkte rede

6.1 Rochelle Human vra wat verslawing is.

6.2 Navorsing het bewys dat 36 miljoen mense wêreldwyd van opiate afhanklik is.

AKTIWITEIT 5

IS BEHUISING IN SUID-AFRIKA ‘N PROBLEEM?

Almal van ons wil graag ’n huis hê om in te bly.

Vir baie Suid-Afrikaners is dit nie moontlik nie

omdat hulle nie die inkomste het om dit te kan

bekostig nie.

Behuising in Suid-Afrika was nog altyd ’n

sensitiewe onderwerp bloot omdat daar so ’n

groot behoefte is en die lewering van behuising

realisties gesproke nie naastenby in die

behoefte kan voorsien nie.

Nieteenstaande die bogenoemde feit het Suid-

Afrikaners wat huise besit die afgelope agt jaar,

met 10% vermeerder. Volgens die nuutste

statistiek woon 64,1% Suid-Afrikaners in ’n huis

wat hulle eie is. Statistiek Suid-Afrika sê in 2007

was die syfer 61,7%.

Die kolomme in die onderstaande grafiek wys

hoeveel huise daar al gebou is.

terwyl net so 69,7% huishoudings in 2001

elektrisiteit gehad het. In 2001 het 71% Suid-

Afrikaners toegang gehad tot water teenoor die

sowat 80% in 2013. Omtrent 67% mense se

vullis word gereeld verwyder teenoor die 57% in

2001. Dit is ’n bewys dat die omstandighede

waaronder hierdie mense leef, na 1994 nog

steeds verbeter.

Hy voel dat heeltemal te veel mense nog steeds

van die staat afhanklik is vir huise en dienste.

Die staat verskaf gratis dienste soos riolering en

die verwydering van vullis, maar dit is so

jammer dat mense in informele woongebiede

bly, nog nie lopende water en elektrisiteit het

nie. Nog ’n studie het ook gekyk na die getal

mense wat op die platteland en in die stad

woon. Hierdie statistiek toon dat meer as 60%

Suid-Afrikaners nou

in stede woon. Dit

maak Suid-Afrika die land wat die meeste

verstedelik het van alle lande in Afrika suid van

die Sahara-woestyn. Dit is waarskynlik waarom

die staat om vinnig genoeg huise te bou.

Page 15: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Afrikaans Graad 10 en 1…  · Web viewNet vir nog ‘n oggend van vroeg opstaan en harde gebouwerk doen. ‘n Boy, dis wat hulle

Mnr. Schüssler, ’n bekende ekonoom, sê: ”As

daar oor armoede gepraat word, vergeet ons,

dat baie van ons ’n eie huis besit. Meer as twee

derdes van gesinne woon nou in huise – ’n huis

wat hulle óf besit óf huur. Daarby het min of

meer 88% van die huishoudings nou elektrisiteit

[Saamgestel uit: Rapport en www.mieliestronk.com]

WOORDEKAT

Soek die woord wat die volgende beskrywing die beste pas en omkring of kleur dit in. (Kyk op die

volgende bladsy)

1. Iemand wat nie geld, kos of ‘n huis het nie. (Poor)

2. Ma, Pa en kinders wat saam bly in ’n huis. (Family)

3. Wanneer jy in iemand anders se huis bly en geld daarvoor betaal. (Rent a house)\

4. Iemand toelaat tot iets. (Allow someone into something)

5. Afval uit die kombuis (garbage)

6. Toestand waaronder iets gebeur (circumstance)

7. Wat hulp of steun nodig het. (Independence)

8. Iets verniet kry of nie daarvoor betaal nie. (For free)

9. Klein dorpies met plase rondom hulle. (Country side)

10.Beoefenaar van die ekonomiese wetenskap. (economist)

11.Bestuur van ‘n huis, huisgesin. (household)

12.Onderaardse, oordekte pype vir die wegvoer van water of afvalstowwe. (drain)

13.Om van die platteland na die stad te verhuis. (urbanise)

Page 16: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Afrikaans Graad 10 en 1…  · Web viewNet vir nog ‘n oggend van vroeg opstaan en harde gebouwerk doen. ‘n Boy, dis wat hulle

SOEK DIE WOORDE

Beantwoord die volgende vrae in jou werkboek.

1. Lei die volgende antwoorde uit die grafiek af. Skryf net die vraagnommer en die woord neer.

1.1 Hoeveel mense behoort huise te hê om in te bly in 2015?

1.2 Hoeveel meer mense het huise in 2010 bekom vanaf 1996?

Z K N O R H M H C Z F G L P RR A R M O E D E F S D H J Y ET F W S G B N H G R T H K M OW H Z Q G H L M C X S H L J MP A A W O U H U U R D N T A SC N L D T I C B T X T Q Z J TK K T O E S A N G D R F A L AL L Y S R H C A V H K G F E NO I H Q X O V M L D W Z H B DT K B B G U I L J K C D X G IO Z P R F D N G R A T I S P GE C L V R I O O L S D F G Q HG H A W R N T E Y U I O P A EA S T D F G H J K L Z X C V DN Q T R W U T I S G K S F V EG V E R S T E D E L I K Z M FY U L I E D S K L E S J Q C SV L A E K O N O O M Y I D B FB L N X T H N L P A R Z F U BY I D Q A F H A N K L I K A VL S T G P Q J S B N D K R H S

Page 17: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Afrikaans Graad 10 en 1…  · Web viewNet vir nog ‘n oggend van vroeg opstaan en harde gebouwerk doen. ‘n Boy, dis wat hulle

1.3 Wat is die persentasie Suid-Afrikaners wat huise besit?

1.4 Vir watter persentasie mense moet daar nog voorsiening gemaak word vir huise?

2. Wie is die ekonoom wat sê Dat baie Suid-Afrikaners hul eie huis besit?

3. Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR?

3.1 Meer as twee derdes van Suid-Afrikaners besit hul eie huise.

3.2 Motiveer jou antwoord in 3.1.

4. Watter TWEE dienste het sedert 2001 verbeter?

5. “Hy voel dat heeltemal te veel mense nog steeds van die staat afhanklik is vir dienste en

huise.”

5.1 Is bogenoemde stelling ’feit of ’n mening?

5.2 Bewys jou antwoord deur EEN woord aan te haal.

6. Dink jy dat die ekonoom in die koerantberig simpatiek is teenoor mense in informele

woongebiede? Haal VYF OPEENVOLGENDE WOORDE AAN.

7. Hoekom sukkel die staat om genoeg huise te bou?

8. Is die jou hartsbegeerte dat alle Suid-Afrikaners Basiese dienste moet kry en ín ‘n huis mag

bly. Motiveer jou antwoord.