graad 11 november 2015 geografie v1 - best education · 2 geografie v1 (ec/november 2015) kopiereg...

39
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2015 GEOGRAFIE V1 PUNTE: 225 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye. *IGEOGA1*

Upload: others

Post on 27-Dec-2019

7 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 11

NOVEMBER 2015

GEOGRAFIE V1

PUNTE: 225 TYD: 3 uur

Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

*IGEOGA1*

2 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. 2. Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte vir ʼn totaal van 225 punte. 3. Alle diagramme is in die BYLAAG ingesluit. 4. Laat ʼn reël oop tussen die sub-afdelings wat beantwoord word. 5. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 6. Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel

gebruik word.

7. Moet nie in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf nie. 8. Indien moontlik, illustreer jou antwoorde met geannoteerde diagramme. 9. Skryf netjies en leesbaar.

(EC/NOVEMBER 2015) GEOGRAFIE V1 3

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING A: DIE ATMOSFEER EN GEOMORFOLOGIE VRAAG 1 1.1 Kies vanaf die onderstaande lys ʼn gepaste term wat by die gegewe definisies

in 1.1.1–1.1.8 pas. Skryf slegs die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) neer, en langsaan die term van jou keuse:

Straalstroom; Siklonies; Orografies; Intertropiese Konvergensie Sone;

Kontinentale klimaat; Maritieme klimaat; Sonstilstand; Dag-en-Nag-eweninge; Verwoestyning; Degradeer; Föhn; Moeson

1.1.1 Die situasie wanneer die son direk bokant ʼn tropiese lyn is 1.1.2 ʼn Hoë spoed wind in die tropopouse 1.1.3 ʼn Wind wat deur adiabatiese daling verhit word 1.1.4 ʼn Wind wat van rigting omswaai in somer en winter 1.1.5 Grond wat nie meer so produktief soos voorheen is nie 1.1.6 Tipe klimaat wat deur kusgebiede ervaar word 1.1.7 Tipe reënval wat voorkom wanneer lug afkoel soos dit teen ʼn berg

opstyg 1.1.8 ʼn Front waar tropiese lugmassas noord en suid van die ewenaar

konvergeer (8 x 1) (8) 1.2 Pas die terme/konsepte in KOLOM B by die beskrywings in KOLOM A. Skryf

slegs letter (A–I) van jou keuse teenoor die vraagnommer (1.2.1–1.2.7) neer, 1.2.8 J.

KOLOM A KOLOM B 1.2.1 ʼn Trap helling wat gevorm word wanneer meer

as een plaat aan die kant van ʼn heuwel blootgestel word

A Tektoniese opheffing

1.2.2 Verbinding tussen lae van sedimentêre

gesteentes B Plaatvloei

1.2.3 Steil helling wat hoogliggende gebiede met

laagliggende gebiede verbind C Canyon

1.2.4 Oppervlak erosie wat veroorsaak word deur ʼn

dun laag lopende water gedurende swaar reënval

D Struktuur-terrasse

1.2.5 ʼn Plat, verskynsellose oppervlak E Antikliene 1.2.6 ʼn Steil en ruwe landskap F Pedivlakte 1.2.7 Styging van landmassas weens

aardkorskragte G Laagvlak

H Skiervlakte I Eskarp (7 x 1) (7)

4 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.3 Verwys na FIGUUR 1.3 wat die wêreld se drukgordels en windpatrone aandui. 1.3.1 Verskaf ʼn gepaste naam wat winde beskryf wat regdeur die jaar oor

groot dele van die aarde se oppervlakte waai. (1 x 1) (1) 1.3.2 FIGUUR 1.3 toon winde wat na links in die suidelike halfrond deflekteer

(afwyk) en na regs in die noordelike halfrond. Noem die krag wat hierdie defleksie veroorsaak. (1 x 1) (1)

1.3.3 Beskryf kortliks enige DRIE kenmerke van die krag wat jy in

VRAAG 1.3.2 genoem het. (3 x 1) (3) 1.3.4 Verduidelik waarom die ewenaar ʼn area van konvergensie is. (2 x 1) (2) 1.3.5 Patrone van styging en daling, van divergensie en konvergensie, help

ons om ʼn meer akkurate model van lugsirkulasie te beskryf. Regverdig hierdie beskrywing deur in ʼn paragraaf van 8 reëls te verduidelik hoe die drie-sel rangskikking hierdie patrone verduidelik. (4 x 2) (8)

1.4 Verwys na die sinoptiese weerkaart in FIGUUR 1.4 en beantwoord die volgende

vrae. 1.4.1 Identifiseer die volgende: (a) Drukselle by A en B (2 x 1) (2) (b) Die front by C (1 x 1) (1) 1.4.2 Bereken die isobar-interval op die kaart. (1 x 1) (1) 1.4.3 Watter bewys stel voor dat die windspoed by Kaapstad sterker as die

windspoed by Port Elizabeth is? (1 x 2) (2) 1.4.4 Vind Gough-eiland en Marion-eiland op die kaart. By watter van hierdie

eilande is wind amper geostrofies? (1 x 1) (1) 1.4.5 Verduidelik die rede vir jou antwoord in VRAAG 1.4.4. (1 x 2) (2) 1.4.6 Beskryf enige VIER weerstoestande wat by die Durbanse weerstasie

aangeteken is. (4 x 1) (4) 1.5 FIGUUR 1.5 illustreer ʼn klassifikasie van massabeweging volgens waterinhoud

en -spoed. 1.5.1 Definieer die term massabeweging. (1 x 1) (1) 1.5.2 Verskaf die waterinhoud en spoedreikwydte wat met die volgende

geassosieer word: (a) Moddervloei (2 x 1) (2) (b) Rotsstortings (2 x 1) (2)

(EC/NOVEMBER 2015) GEOGRAFIE V1 5

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.5.3 Verduidelik hoe die verskillende grond die graad en spoed van

massabeweging beïnvloed. (2 x 2) (4) 1.5.4 Evalueer die impak wat massabeweging op die omgewing het. (3 x 2) (6) 1.6 FIGUUR 1.6 illustreer ʼn tipiese Karoo landskap wat in gebiede met horisontale

strata aangetref word: 1.6.1 Identifiseer die plat-bedekte berg by A. (1 x 1) (1) 1.6.2 Beskryf die kaprots van hierdie plat-bedekte berg in VRAAG 1.6.1

genoem. (1 x 2) (2) 1.6.3 Noem hoe C vanaf A en B onderskei word. (1 x 2) (2) 1.6.4 Teken ʼn eenvoudige geannoteerde vryhand dwarsprofiel van plat-

bedekte berg A om die VIER helling-elemente te illustreer. (4 x 1) (4) 1.6.5 Eskarpterugwyking, wat ook bekend staan as terugwaartse erosie, het

ʼn belangrike rol in die ontwikkeling van hierdie plat-bedekte berge gespeel. In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die proses van eskarpterugwyking. (4 x 2) (8)

[75]

6 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 2 2.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae verskaf.

Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.8) neer.

2.1.1 Hellingmislukking verwys na die … A beweging van sedimente. B invloed van swaartekrag op sedimente. C invloed van swaartekrag op ʼn helling. D mislukking van die interne struktuur van die grond. 2.1.2 Sedimentêre gesteentes … A vorm in horisontale lae. B bestaan hoofsaaklik uit doleriet. C is altyd weerstandbiedend teen erosie. D vorm wanneer magma afkoel. 2.1.3 Topografie verwys na … A horisontaal liggende gesteentes. B strukture van gesteentes. C berge, see en depressies. D die vorm van die landskap. 2.1.4 Canyon landskappe is … A belangrike toeriste-attraksies. B geskik vir boerdery. C perfek vir menslike nedersettings. D moeilik vir menslike nedersettings, maar ideaal om infrastruktuur

te ontwikkel. 2.1.5 Stapelrotse/Tors … A het gewoonlik ʼn konvekse vorm, steil laer af en geleidelik hoër

op. B is sedimentêre gesteentes wat uit lae wat erodeer bestaan. C ontwikkel in stollingsgesteentes met krake en nate. D het getande rande en portale. 2.1.6 Heuwelandskappe en basalt plato’s ontwikkel in gebiede waar die

gesteente-lae … A horisontaal en eenvormig tot erosie is. B horisontaal en nie eenvormig tot erosie is nie. C gestratifiseerd en nie eenvormig tot erosie is nie. D metamorfies en eenvormig tot erosie is.

(EC/NOVEMBER 2015) GEOGRAFIE V1 7

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2.1.7 Kragte soos erosie en neerlating, wat bo-op die aardoppervlakte werk, staan bekend as …

A sametrekkende kragte. B eksogeniese kragte. C uitkalwende kragte. D endogeniese kragte. 2.1.8 Rivier klowe en see kranse is voorbeelde van … A primêre hellings. B sekondêre erosie. C deponering hellings. D primêre erosie hellings. (8 x 1) (8) 2.2 Verwys na FIGUUR 2.2 wat die verband tussen lugdruk en wind illustreer. Kies

die korrekte term (EEN) tussen hakies om die stellings waar te maak. 2.2.1 Ons meet lugdruk in (hektopascal/grade). 2.2.2 Lyne wat plekke met dieselfde druk verbind staan bekend as

(isoterme/isobare). 2.2.3 Die verskil in druk tussen twee plekke staan bekend as die

(drukgradiëntkrag/drukkrag). 2.2.4 Winde waai altyd vanaf ʼn (2.2.4(a) laag/hoog) na ʼn (2.2.4(b) laag/hoog)

druk. 2.2.5 Die isobarinterval op die kaart is (vier/agt) hektopascal. 2.2.6 Lug wat op die aardoppervlakte daal veroorsaak ʼn hoogdruk, en

vervolgens kom (konvergensie/divergensie) van lug voor. (7 x 1) (7) 2.3 FIGUUR 2.3 illustreer die posisie van die son op twee verskillende plekke in die

suidelike halfrond. Gebruik die skets om die volgende vrae te beantwoord. 2.3.1 Definieer die term insolasie. (1 x 1) (1) 2.3.2 Die hoeveelheid insolasie wat die aardoppervlakte op ʼn gegewe

oomblik binnedring, is afhanklik van die breedtegraad en die spesifieke seisoen. Lys watter faktor (EEN) word deur FIGUUR 2.3 geïllustreer. (1 x 1) (1)

2.3.3 Noem hoe die spesifieke faktor (genoem in VRAAG 2.3.2) die verskil in

insolasie op die aardoppervlakte illustreer. (1 x 1) (1) 2.3.4 Noem die hitte-sone van die aarde wat deur die letter X voorgestel

word. (1 x 1) (1) 2.3.5 In FIGUUR 2.3B tref die son die aarde teen ʼn hoek kleiner as 90°.

Verduidelik hoe hierdie toestand bydra tot minder radiasie by punt Y. (2 x 2) (4)

8 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2.4 Bestudeer FIGUUR 2.4, wat die frekwensie van droogtes in Suidelike Afrika-lande oor 50 jaar uitbeeld en beantwoord die volgende vrae.

2.4.1 Interpreteer vanaf die kaart die droogtefrekwensie aan die oostelike

gedeeltes. (1 x 1) (1) 2.4.2 Watter land, volgens die kaart, het die hoogste droogtefrekwensie

binne 50 jaar? (1 x 1) (1) 2.4.3 Hoe kan droogtes deur menslike aktiwiteite veroorsaak word? (2 x 2) (4) 2.4.4 Noem die verwantskap tussen droogtes en aardverwarming. (1 x 2) (2) 2.4.5 Verduidelik hoe dit moontlik is vir lande met ʼn lae jaarlikse reënval om

minder droogtes, in vergelyking met lande met ʼn hoër gemiddelde reënval, te ervaar. (2 x 2) (4)

2.4.6 In ʼn paragraaf van ongeveer 8 reëls, verskaf ʼn uiteensetting van die

negatiewe impak wat droogtes op die mense van Suidelike Afrika het. (4 x 2) (8)

2.5 FIGUUR 2.5 illustreer asimmetriese rûe (topografie geassosieer met hellende

gesteentes). Bestudeer die FIGUUR en beantwoord die volgende vrae. 2.5.1 Klassifiseer asimmetriese rûe A, B en C volgens die hoek van hulle

duikhelling. (3 x 1) (3) 2.5.2 Noem die tipe gesteente wat met hellende gesteentelae geassosieer

word. (1 x 1) (1) 2.5.3 Beskryf hoe die tipe gesteente (antwoord in VRAAG 2.5.2)

asimmetriese rûe veroorsaak. (2 x 2) (4) 2.5.4 Beskryf TWEE kenmerke van asimmetriese rug A. (2 x 2) (4) 2.5.5 Die DRIE asimmetriese rûe wat in FIGUUR 2.5 geïllustreer word, het

potensiaal vir menslike aktiwiteite. Verduidelik in ʼn paragraaf van ongeveer 8 reëls hoe hierdie rûe deur mense benut kan word. (4 x 2) (8)

2.6 Bestudeer FIGUUR 2.6, wat die verskillende stollingsintrusie-verskynsels

uitbeeld en beantwoord die volgende vrae. 2.6.1 Onderskei tussen intrusiewe en ekstrusiewe stollingsgesteentes. (2 x 1) (2) 2.6.2 Identifiseer die stollingsintrusie verskynsels genommer A, B en C.

(3 x 1) (3) 2.6.3 Verskaf EEN landvorm wat kan ontwikkel uit verskynsels A en D

onderskeidelik, wanneer hulle aan die aardoppervlakte ontbloot word. (2 x 1) (2)

2.6.4 Verduidelik hoe ʼn lopoliet gevorm word. (2 x 2) (4) 2.6.5 Noem EEN Suid-Afrikaanse voorbeeld van ʼn lopoliet. (1 x 1) (1) [75]

(EC/NOVEMBER 2015) GEOGRAFIE V1 9

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING B: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE, HULPBRONNE EN VOLHOUBAARHEID

VRAAG 3 3.1 Lees die onderstaande stelling en bepaal of die stelling na een van verwys na:

MOL Mees ontwikkelde lande SOL Swak ontwikkelde lande NIL Nuut geïndustrialiseerde lande Skryf die nommers 3.1.1–3.1.8 onder mekaar neer en kies slegs MOL of SOL of NIL om langs die vraagnommer te skryf. Byvoorbeeld 3.1.9 MOL

3.1.1 Vinnig groeiende ekonomieë 3.1.2 Hoë vlakke van armoede, swak ekonomieë 3.1.3 Groeiende ekonomieë met ʼn groot informele sektor 3.1.4 Toegang tot dienste is uitstekend 3.1.5 Hierdie lande, volgens die Brandt-verslag is meestal in die noorde 3.1.6 Kolonialisme het groot negatiewe invloed op hierdie lande gehad 3.1.7 Sterk ekonomieë, met hoë vlakke van werksgeleenthede 3.1.8 Hierdie lande baseer hul ontwikkeling op uitvoergerigte produkte (8 x 1) (8) 3.2 Verskaf EEN term tussen hakies om elk van die volgende stelling WAAR te

maak. 3.2.1 Windkrag is (betroubaar/onbetroubaar) dwarsdeur die jaar. 3.2.2 Die (Kiotoprotokol/COP 17) wat in 2002 geteken is, vereis lande om hul

kweekhuisgasse te verminder. 3.2.3 Om gebiede op aarde onaangeraak in hul huidige toestand te hou,

staan bekend as (bewaring/persevering). 3.2.4 Die organiese materiaal in grond staan bekend as (bogrond/humus). 3.2.5 (Ontbossing/Bebossing) is aanplant van bome in gebiede wat

voorheen bebos was, maar gestroop is. 3.2.6 Hidroëlektrisiteit is ʼn (hernubare/nie-hernubare) bron van energie. 3.2.7 Die energie maatskappy (Eskom/Koeberg) produseer 95% van Suid-

Afrika se elektriese energie. (7 x 1) (7)

10 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3.3 Verwys na die sirkel diagram in FIGUUR 3.3, wat wys hoe ʼn landelike vrou in Afrika tradisioneel haar tyd spandeer, om die volgende vrae te beantwoord.

3.3.1 Meld wat jy verstaan onder die term “geslagsrolle”. (1 x 1) (1) 3.3.2 Bereken hoeveel persent word aan rus en slaap, volgens die

sirkeldiagram, spandeer. (1 x 1) (1) 3.3.3 Volgens die sirkeldiagram word vroue in Afrika onderwerp aan

spesifieke geslagrolle. Verklaar moontlike redes waarom dit veral op die Afrika-kontinent die geval is. (2 x 2) (4)

3.3.4 In ʼn paragraaf (ongeveer 8 reëls) stel moontlike maniere voor van hoe

regerings op die Afrika-kontinent ekonomiese deelname deur vroue kan verbeter, om sodoende hul lewensstandaard te verbeter. (4 x 2) (8)

3.4 Lees deur die gevallestudie in FIGUUR 3.4 oor die Suid-Afrikaanse tekstiel-

industrie en beantwoord die volgende vrae. 3.4.1 Definieer die term globalisering. (1 x 1) (2) 3.4.2 Lys enige TWEE positiewe impakte van globalisering. (2 x 2) (4) 3.4.3 Verskaf redes waarom moes die Suid-Afrikaanse tekstiel-industrie so

baie fabrieke en besighede sluit. (2 x 2) (4) 3.4.4 Evalueer waarom China se klere uitvoere toegeneem het. (2 x 2) (4) 3.5 Lees die koerant artikel Sonkrag verbeter landelike inwoners se lewens

(FIGUUR 3.5) en beantwoord die volgende vrae. 3.5.1 Noem wat verstaan jy onder die term, alternatiewe energie’. (1 x 1) (1) 3.5.2 Stel moontlike redes voor waarom ‘Eskom geen onmiddellike planne

gehad het om die boeredorpie te elektrifiseer nie‘. (1 x 2) (2) 3.5.3 Identifiseer die toestel wat in die boeredorpie gebruik sal word om die

sonkrag in energie oor te skakel. (1 x 1) (1) 3.5.4 Verduidelik hoe elektrisiteit sal help om armoede in die boeredorpie uit

te wis. (2 x 2) (4) 3.5.5 In ʼn paragraaf van ongeveer 8 reëls, verduidelik die voordele wat

sonkrag vir die wêreld inhou. (4 x 2) (8)

(EC/NOVEMBER 2015) GEOGRAFIE V1 11

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3.6 Verwys na FIGUUR 3.6, wat ʼn eenvoudige grondprofiel aantoon, en beantwoord die volgende vrae.

3.6.1 Pas die horisonne genommer 1, 2, 3, 4 en 5 met die volgende

alternatiewe. R-horison; A-horison; B-horison; O-horison; C-horison (5 x 1) (5)

3.6.2 Gronderosie is die verlies van bo-grond vanaf die grond deur water en

wind. Lei af hoe ontbossing tot gronderosie bygedra het. (1 x 2) (2) 3.6.3 Analiseer hoe reënval tot die proses van uitloging gelei het. (3 x 2) (6) 3.6.4 Staaf waarom braking as ʼn effektiewe bestuurstrategie gebruik kan

word om gronderosie te voorkom en te beheer. (2 x 2) (4) [75] VRAAG 4 4.1 Dui aan of die volgende stellings verwys na Hernieubare of Nie-hernieubare

hulpbronne verwys: 4.1.1 Windturbines wat energie deur wind opwek 4.1.2 Spesiale toerusting soos fotovoltaïese panele te gebruik om energie op

te vang 4.1.3 Steenkoollae word gereeld deur groef- of strookmynbou verwyder 4.1.4 Gas is ʼn fossielbrandstof gevorm uit plantmateriaal 4.1.5 Eskom bedryf ʼn aantal hidro-elektriese kragstasies 4.1.6 Papiermeulens gebruik miljoene tonne saagsels en afvalhout om

elektrisiteit op te wek 4.1.7 Etanol as ʼn bio-brandstof word van voedselgewasse gemaak 4.1.8 Geotermiese energie is energie wat opgegaar word vanuit warm

gesteentes onder die aardoppervlakte (8 x 1) (8) 4.2 Kies uit die onderstaande lys ʼn gepaste term wat by die daaropvolgende

beskrywing/definisie in VRAAG 4.1.1–4.1.7 pas. Skryf slegs die term van jou keuse teenoor die vraagnommer neer.

Proteksionisme; Handelsblok; Handelsooreenkoms; Vrye handel; Kapitalisme;

Handelsbalans; Betalingsbalans; Tarief; Ekonomiese ontwikkeling 4.2.1 Die verhouding tussen die pryse waarteen ʼn land sy uitvoere verkoop

en die pryse wat hulle vir invoere betaal 4.2.2 Die verhouding tussen die waarde van ʼn land se uitvoere en invoere

12 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4.2.3 ʼn Finansiële opsomming van alle betalings wat ʼn land aan die res van die wêreld, binne ʼn jaar, gemaak het

4.2.4 ʼn Groep lande wat ingestem het om met mekaar handel te dryf 4.2.5 Belasting wat deur ʼn regering ingesamel word wanneer goedere ʼn land

binnekom 4.2.6 ʼn Kontrolering wat handel beperk, terughou of ondersteun in belang

van die land se eie ontwikkeling 4.2.7 Om meer vryheid van handel toe te laat (7 x 1) (7) 4.3 FIGUUR 4.3 is ʼn strokiesprent wat ontwikkeling en uitdagings in Afrika uitbeeld. 4.3.1 Lys enige TWEE uitdagings uit die strokiesprent wat Afrika se

ontwikkeling affekteer. (2 x 1) (2) 4.3.2 Interpreteer hoe illustreer die strokiesprenttekenaar die uitdagings wat

Afrika affekteer. (1 x 2) (2) 4.3.3 Ontwikkelingshulp word as ʼn moontlike oplossing tot die uitdagings wat

Afrika in die gesig staar, gesien. Verduidelik wat jy onder die konsep verstaan. (1 x 2) (2)

4.3.4 Verduidelik waarom Afrika aanhou om hierdie uitdagings te het,

aangesien hulle die ontvangers van ontwikkelingshulp is. (3 x 2) (6) 4.3.5 Die Ebola uitbreek in Wes-Afrika het die lewens van meer as 5 000

mense in 2014 geëis. Skryf ʼn paragraaf (ongeveer 8 reëls) waarin jy analiseer hoe humanitêre hulp die verspreiding van hierdie siekte kon verhoed het. (4 x 2) (8)

4.4 Verwys na FIGUUR 4.4 wat die vlakke van ontwikkeling van die BRICS-lande

aantoon. 4.4.1 Waarom word die BRICS-lande geklassifiseer as ekonomies minder

ontwikkelde lande? (1 x 1) (1) 4.4.2 Verduidelik die konsep, BBP (Bruto Binnelandse Produk) per capita.

(1 x 1) (1) 4.4.3 Interpreteer waarom die BBP-groeikoers van Indië en China so hoog

is. (1 x 2) (2) 4.4.4 Stel moontlike redes voor waarom Rusland die hoogste

opvoedingsvlakke onder die BRICS-lande het. (1 x 2) (2) 4.4.5 Benoem die ontwikkelingsmodel wat deur die BRICS-lande gedeel

word. (1 x 1) (1) 4.4.6 Verduidelik hoe pas die BRICS-lande in by hierdie ontwikkelingsmodel

(jou antwoord in VRAAG 4.4.5) op ʼn globale en nasionale skaal. (2 x 2) (4)

(EC/NOVEMBER 2015) GEOGRAFIE V1 13

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4.5 Verwys na die koerantuittreksel in FIGUUR 4.5 oor kernkrag. 4.5.1 Wat verstaan jy onder kernenergie. (1 x 1) (1) 4.5.2 Waarom is kernenergie ʼn nie-hernieubare bron van energie. (1 x 1) (1) 4.5.3 Verduidelik waarom Suid-Afrika se nasionale rooster ekstra energie

nodig het. (2 x 2) (4) 4.5.4 In ʼn paragraaf van ongeveer 8 reëls, verduidelik waarom jy dink David

Hallowes meen dat die R1tn kernooreenkoms ʼn ramp is. (4 x 2) (8) 4.6 FIGUUR 4.6 toon hulpbronne wat deur Afrika se mense benodig word. 4.6.1 Wat is hulpbronne? (1 x 1) (1) 4.6.2 Identifiseer enige DRIE natuurlike hulpbronne in FIGUUR 4.6. (3 x 1) (3) 4.6.3 Stel TWEE moontlike oorsake van hulpbronuitbuiting sigbaar op die

diagram. (2 x 2) (4) 4.6.4 Verduidelik hoe hulpbronne vir die toekomstige generasies bewaar kan

word. (3 x 2) (6) [75] TOTAAL: 225

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 11

NOVEMBER 2015

GEOGRAFIE V1 BYLAAG

Hierdie bylaag bestaan uit 10 bladsye.

*IGEOGA3*

2 GEOGRAFIE V1 (BYLAAG) (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

FIGUUR 1.3

FIGUUR 1.4

(EC/NOVEMBER 2015) GEOGRAFIE V1 (BYLAAG) 3

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

FIGUUR 1.5

FIGUUR 1.6

4 GEOGRAFIE V1 (BYLAAG) (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

FIGUUR 2.2

FIGUUR 2.3

(EC/NOVEMBER 2015) GEOGRAFIE V1 (BYLAAG) 5

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

FIGUUR 2.4

FIGUUR 2.5

6 GEOGRAFIE V1 (BYLAAG) (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

FIGUUR 2.6

FIGUUR 3.3

(EC/NOVEMBER 2015) GEOGRAFIE V1 (BYLAAG) 7

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

FIGUUR 3.4 SUID-AFRIKAANSE TEKSTIEL-INDUSTRIE

Die Suid-Afrikaanse tekstiel industrie, wat ʼn belangrike industrie in ons vier hoof industriële streke, naamlik PWV (Gauteng), Durban, Kaapstad en Port Elizabeth is, moes tot die globale situasie aanpas. Die industrie moes materiaal invoer, om die agterblewende fabrieke oop te hou. Tussen 2003 en 2005 het daar sowat 67 000 werksgeleenthede verlore gegaan en heelwat fabrieke en besighede was geforseer om te sluit. Die Suid-Afrikaanse industrie moes China se dominansie in die tekstielbedryf aanskou asook die binnevloei van goedkoop klere wat ingevoer word of somtyds onwettig die land binnekom.

(Bron: DTI en just-style.com)

FIGUUR 3.5 SONENERGIE VERANDER LANDELIKE INWONERS

Die dae van houtkap vir kook en die warm maak van water is verby, vir sowat 80 Xholobeni inwoners in Mbizana, wie sonpanele en geysers, vanaf die Oos-Kaapse landelike ontwikkeling en landbouhervorming departement, ontvang het. Die projek is vroeër die jaar deur die vorige LUR Zoleka Capa begin, sodat alternatiewe energie vir inwoners beskikbaar sou wees, nadat dit aan die lug gekom is dat die kragvoorsiener Eskom geen onmiddellike planne het om die area van elektrisiteit te voorsien nie. Die een-kilowatt sonpanele verskaf die 80 gesinne van genoeg energie vir ligte en om ander huishoudelike toebehore te verbind. Die 100-liter son-geyser verseker dat daar daagliks warmbad water is.

(Bron: Vry vertaal uit Daily Dispatch (28/07/2014)- Lulamile Feni)

8 GEOGRAFIE V1 (BYLAAG) (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

FIGUUR 3.6

(EC/NOVEMBER 2015) GEOGRAFIE V1 (BYLAAG) 9

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

FIGUUR 4.3

FIGUUR 4.4 (Vlakke van Ontwikkeling) Indikator Brasilië Rusland Indië Chinese

Republiek Suid-Afrika

Bevolking 5de 9de 2de 1ste 25ste

BBP Groeikoers 15de 88ste 4de 5de 117de

BBP/capita 53ste 56ste 138ste 94ste 71ste

Getal selfoongebruikers 5de 4de 2de 1ste 25ste

Spoornetwerk 10de 2de 4de 3de 12de

Uitvoer 18de 11de 16de 1ste 36ste

Elektrisiteitsverbruik 9de 4de 5de 1ste 14de

Menslike Ontwikkelings-indeks 73ste 65ste 119de 89ste 110de

AFRIKAANS VERTALING ONTWIKKELING

AFRIKA Armoede VIGS Honger Skuld

10 GEOGRAFIE V1 (BYLAAG) (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

FIGUUR 4.5

GEMENGDE REAKSIES TOT RSA SE R1tn KERNKRAGOOREENKOMS Agt nuwe kernkragreaktors ten koste van ongeveer R1 triljoen sal binnekort ongeveer 96 gigawatts krag tot Suid-Afrika se nasionale kragrooster byvoeg. Gister is aangekondig dat Suid-Afrika ʼn vennootskapsooreenkoms met Rusland se staatsbeheerde kernmaatskappy geteken het, wat beteken dat Rosatom reaktors, in Afrika se tweede grootste ekonomie, sal bou. Die ooreenkoms lê die grondslag vir ʼn grootskaalse kernkragaanlegprogram. Daar word gesê dat hierdie program die land sal toelaat, om sy plan te implementeer, om meer kernkapasiteit teen 2030 te skep. Mnr. David Hallowes, wat ʼn medewerker by die omgewingsbewuste NRO Groundwork is, sê, hy dink dit ʼn haglike (uiters swak) ontwikkeling is. Hy voer aan dat as daar by kernkrag iets verkeerd gaan, die ramp katastrofies kan wees.

(Bron: Aangepas en vry vertaal uit Daily Dispatch)

FIGUUR 4.6

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 11

NOVEMBER 2015

GEOGRAFIE V1 MEMORANDUM

PUNTE: 225

Hierdie memorandum bestaan uit 12 bladsye.

2 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING A: DIE ATMOSFEER EN GEOMORFOLOGIE VRAAG 1 1.1 1.1.1 Sonstilstand 9 1.1.2 Straalstroom 9 1.1.3 Föhn 9 1.1.4 Moeson 9 1.1.5 Degradeer 9 1.1.6 Maritieme klimaat 9 1.1.7 Orografies 9 1.1.8 Intertropiese Konvergensie Sone 9 (8 x 1) (8) 1.2 1.2.1 D Struktuur-terrasse 9 1.2.2 G Laagvlak 9 1.2.3 I Eskarp 9 1.2.4 B Plaatvloei 9 1.2.5 H Skiervlakte 9 1.2.6 C Canyon 9 1.2.7 A Tektoniese opheffing 9 (7 x 1) (7) 1.3 1.3.1 Planetêre/Globale/Primêre winde 9 (1 x 1) (1) 1.3.2 Coriolis-krag 9 (1 x 1) (1) 1.3.3 x Dit ontstaan nie binne 5° vanaf die ewenaar nie 9

x Dit is afhanklik van die sterkte van die wind/krag is sterker wanneer die winde sterker is 9

x Dit veroorsaak dat winde afwyk van ʼn noord-suid rigting 9 x Hoe hoër die drukgradiënt, hoe groter is die afwyking 9 (Enige 3 x 1) (3)

1.3.4 x By die ewenaar sit warm lug uit en styg in konveksiestrome 9

x Lug vanaf die subtropiese hoogdruk gebiede word na die laagdruk getrek om die stygende lug te vervang 9 (2 x 1) (2)

1.3.5 Hadley sel

x Warm lug styg vanaf die aardoppervlakte 99 x Die stygende lug divergeer in die bolug en beweeg na die pole en

koel af 99 x Die afgekoelde lug daal by ongeveer 30° noord en suid 99 x Op die oppervlakte divergeer die dalende lug en sommige lug keer

terug na die ewenaar 99 Ferrel sel

x Lug daal by 30°, verhit en divergeer op die opervlakte 99 x By ongeveer 60°, ontmoet poolwaarts bewegende warm lug die

koue lug vanaf die pole 99 x Kouer lug forseer warmer lug om te styg en veroorsaak die

poolfront by om by 60° noord en suid te ontstaan 99

(EC/NOVEMBER 2015) GEOGRAFIE V1 3

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

x Konvergensie veroorsaak dat lug styg op die oppervlakte, en in die bolug divergeer die stygende lug 99

x Die divergerende lug beweeg na die ewenaar en daal by 30° noord en suid 99

Polêre sel x Koue lug daal oor die pole 99 x Dit ontmoet warme lug vanaf die Ferrel sel by ongeveer 60° 99 x Konvergerende lug by 60° styg en beweeg poolwaarts 99 [ENIGE VIER. MOET NA DRIE SELLE VERWYS. AANVAAR ANDER

REDELIKE ANTWOORDE] (Enige 4 x 2) (8) 1.4 1.4.1 (a) A – Hoog 9

C – Laag 9 (2 x 1) (2) (b) Koud 9 (1 x 1) (1) 1.4.2 4 hektopascal/millibar 9 (1 x 1) (1) 1.4.3 Elke lang lyn verteenwoordig 10 knope en ʼn kort lyn 5 knope. Dus is die

windspoed by Kaapstad 15 knope en by PE 10 knope 99 (1 x 2) (2) 1.4.4 Marion-eiland 9 (1 x 1) (1) 1.4.5 Die geostrofiese wind waai parallel met die isobare by Marion99 (1 x 2) (2) 1.4.6 x Temperature van 30 °C 9

x Doupunt van 22 °C 9 x Windrigting van suidwes/suid-suidwes 9 x Windspoed van 10 knope 9 x Wolkdekking van ¾ 9 x Geen reënval 9 x Drukgradiënt is tussen 1012 en 1016 hektopascal 9 (Enige 4 x 1) (4)

1.5 1.5.1 Massabeweging verwys na die afwaartse beweging van verweerde

materiaal soos grond, klippe en gesteentes op ʼn helling as gevolg van swaartekrag 9 [KONSEP] (1 x 1) (1)

1.5.2 (a) Moddervloei:

Hoë water inhoud 9 tussen 1 cm per sekonde en 10 m per sekonde 9 (2 x 1) (2)

(b) Rotsstortings:

Lae water inhoud 9 tussen 1 m per sekonde en 100 m per sekonde 9 (2 x 1) (2)

4 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.5.3 x Dun grond is onstabiel en daar is minder plantegroei en dus die vinnige beweging 99

x Ongekonsolideerde sanderige grond beweeg makliker teen die helling af en dus beweeg dit vinniger dun grond 99

x Grond wat nie poreus is nie, word vinniger versadig en beweeg vinniger as ongekonsolideerde sanderige grond 99 (Enige 2 x 2) (4)

1.5.4 x Waardevolle grond gaan verlore 99

x Dit neem jare vir plantegroei om self te herstel 99 x Habitatte van diere word verwoes 99 x Woude en grasvelde word verwoes 99 x Grondstortings en instortings kan riviervallei blokkeer en veroorsaak

dat riviere opdam 99 x Sedimente wat die rivier bereik verminder die waterkwaliteit wat ʼn

negatiewe impak op die vis in die rivier kan het 99 x Massiewe grondstortings en instortings kan die vorm van die landskap

verander en veroorsaak dat hange verdwyn of terug trek, berge kan laer word en valleie kan opgebou word 99 (Enige 3 x 2) (6)

1.6 1.6.1 Mesas/Tafelberge 9 (1 x 1) (1) 1.6.2 Bestaan uit weerstandbiedende, 9 horisontaalliggende strata 9 (1 x 2) (2) 1.6.3 C het ʼn spitskop in plaas van ʼn plat kop 99 (1 x 2) (2) 1.6.4

(4 x 1) (4)

1.6.5 x Ligging van die eskarp verander oor tyd 99

x Die kaprots van plat-bedekte heuwels word nie maklik geërodeer nie 99

x Die kaprots ondergaan onderkelwing en stort ineen 99 x Die talushelling word gevorm 99 x Talus word chemies- en meganies verweer en materiaal word deur

water en wind verwyder 99 x Die proses van onderkelwing begin van vooraf 99 (Enige 4 x 2) (8)

[75]

(EC/NOVEMBER 2015) GEOGRAFIE V1 5

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 2 2.1 2.1.1 C 9 invloed van swaartekrag op ʼn helling. 2.1.2 A 9 vorm in horisontale lae. 2.1.3 D 9 die vorm van die landskap. 2.1.4 A 9 belangrike toeriste-attraksies. 2.1.5 C 9 ontwikkel in stollingsgesteentes met krake en nate. 2.1.6 A 9 horisontaal en eenvormig tot erosie is. 2.1.7 B 9 eksogeniese kragte. 2.1.8 D 9 primêre erosie hellings. (8 x 1) (8) 2.2 2.2.1 hektopascal 9 2.2.2 isobare 9 2.2.3 drukgradiënt 9 2.2.4 (a) hoogdruk 9

(b) laagdruk 9 2.2.5 vier 9 2.2.6 divergensie 9 (7 x 1) (7) 2.3 2.3.1 Insolasie is inkomende sonradiasie (sonsbestraling) 9 (1 x 1) (1) 2.3.2 breedtegraad 9 (1 x 1) (1) 2.3.3 Die hoek waarteen die sonstrale die aarde tref 9 (1 x 1) (1) 2.3.4 Tropiese sone/Ekwatoriale laag 9 (1 x 1) (1) 2.3.5 x Hoe kleiner die hoek, hoe meer atmosfeer moet die strale

deurdring 99 x Dus gaan meer radiasie verlore deur middel van adsorpsie en

refleksie en dus gaan minder punt Y bereik 99 x Hoe kleiner die hoek van die inkomende strale, hoe groter area

moet verhit word, en minder energie word deur Y ontvang 99 (Enige 2 x 2) (4)

2.4 2.4.1 > 10 jaar, wat minste is 9 (1 x 1) (1) 2.4.2 DRK 9 (1 x 1) (1) 2.4.3 x Swak boerderymetodes (aanvaar voorbeelde) 99

x Ontbossing 99 x Ekstensiewe stedelike landskappe 99 x Toenemende gebruik van kweekhuisgasse 99 (Enige 2 x 2) (4)

2.4.4 As gevolg van abnormale toestande van hoë temperature op die

aardoppervlakte, ervaar sekere gebiede droogte toestande 99 (1 x 2) (2) 2.4.5 x Verskil in bevolkingsgetalle 99

x Beter waterbestuurstrategieë 99 (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Enige 2 x 2) (4)

6 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2.4.6 x Verminderde wisselbou lei tot hongersnood en wanvoeding 99 x Mense sterf van hongerte en wanvoeding 99 x Vleispryse daal eerste soos boere die diere slag om die hoër pryse te

vermy om hierdie diere te voer 99 x Vleispryse styg skerp soos vleis voorrade skaarser word 99 x Produkte wat deur boere gekoop word, word duurder 99 x Uitvoere verminder 99 x Voedsel moet ingevoer word/Voedselonsekerheid 99 x Industrieë wat met boerderyprodukte geassosieer word, ly 99 x Werkverliese in boerdery en industrie lei tot verdere armoede 99 x Verminderde inkomste vanaf toerisme 99 x Meer mense beweeg van landelike na stedelike gebiede 99 x Stedelike oorbewoning sit meet druk op water hulpbronne in

stedelike gebiede 99 x Mense sterf van hitte-stres 99 x Plaas druk op die regering se finansiële hulpbronne omdat daar meer

voedsel ingevoer word in plaas van ontwikkelingsprojekte aan te pak 99

(Aanvaar enige relevante antwoord) (Enige 4 x 2) (8) 2.5 2.5.1 A – Cuesta 9

B – Homoklinale rug 9 C – Hogsback 9 (3 x 1) (3)

2.5.2 Sedimentêr 9 (1 x 1) (1) 2.5.3 x Hellende gesteentes met verskillende weerstand teen erosie 99

x Sagter gesteentes erodeer vinniger as harder gesteentes 99 (2 x 2) (4) 2.5.4 x Die duikhellings is 10–25° tot die horisontaal 99

x Plooiing kan cuesta-komme en cuesta-koepels veroorsaak 99 (2 x 2) (4)

2.5.5 x Boerdery kan op die duikhelling plaasvind 99

x Paaie en spoorlyn kan parallel tot hierdie landskappe aangelê word 99

x Poorte tussen hierdie homoklinale rûe is geskikte areas om damme te bou 99

x In Cuesta-komme kom artesiese bronne voor 99 x Olie en natuurlike gas kan by cuesta-koepels voorkom 99 x Vrugbare valleie en vlaktes tussen cuestas is geskik vir menslike

nedersettings 99 x Hierdie rûe word vir bosbou, toerisme. ontspanning en bewaring

gebruik 99 x Hierdie rûe kan vir verdedigingsdoeleindes gebruik word 99 (Aanvaar enige relevante antwoord) (4 x 2) (8)

(EC/NOVEMBER 2015) GEOGRAFIE V1 7

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2.6 2.6.1 Intrusiewe stollingsgesteentes vorm wanneer gesmelte magma diep onder die aardoppervlakte stol 9 terwyl ekstrusiewe stollingsgesteentes vorm wanneer magma by die aaroppervlakte uitbars/-vloei en vinnig stol soos dit in kontak met die lug kom 9 (2 x 1) (2)

2.6.2 A – Batoliet 9

B – Lakkoliet 9 C – Pyp 9 (3 x 1) (3)

2.6.3 A – Koepels/Stapelrotse 9 (1 x 1)

C – Struktuurterasse/Mesas/Buttes/Plato/Canyon 9 (Enige 1 x 1) (2) 2.6.4 x Wanneer magma diep onder die aardoppervlakte tussen die

gesteentelae ingedruk word, veroorsaak die hitte en druk van hierdie massiewe liggaam van magma dat die onderliggende gesteentes insak. 99

x Hierdie laat die magma toe om in ʼn pieringvormige vorm te stol. 99 (2 x 2) (4)

2.6.5 Bosveldlopoliet/Bosveldstollingskompleks 9 (1 x 1) (1) [75]

8 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING B: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE, HULPBRONNE EN VOLHOUBAARHEID

VRAAG 3 3.1 3.1.1 NIL 9 3.1.2 SOL 9 3.1.3 SOL 9 3.1.4 MOL 9 3.1.5 MOL 9 3.1.6 SOL 9 3.1.7 MOL 9 3.1.8 NIL 9 (8 x 1) (8) 3.2 3.2.1 Onbetroubaar 9 3.2.2 Kioto protokol 9 3.2.3 Preservering 9 3.2.4 Humus 9 3.2.5 Bebossing 9 3.2.6 Hernieubaar 9 3.2.7 Eskom 9 (7 x 1) (7) 3.3 3.3.1 Aktiwiteite wat deur ʼn sekere gemeenskap sien as toepaslik vir mans

en vroue 9 [KONSEP] (1 x 1) (1) 3.3.2 33 1

3 % (1 x 1) (1) 3.3.3 x Tradisioneel is vroue verantwoordelik om voedsel te kweek en te

produseer 99 x Vroue word gereeld by besluite uitgesluit 99 x Vroue word by hoër opvoeding uitgesluit 99 x Vroue het minder toegang tot hulpbronne soos werk 99 x Vroue word nie toegelaat om grond te besit nie 99 x Vroue word as ondergeskik teenoor mans gesien 99 (Aanvaar enige relevante antwoord) (Enige 2 x 2) (4)

3.3.4 x Nuwe wette vir vroue om beter opvoeding te ontvang 99

x Vroue moet toegang tot grondeienaarskap het 99 x Vroue moet in bestuursposisies geplaas word 99 x Vroue moet beter toegang tot gesondheidsfasiliteite het 99 x Daar moet meer vroue in die regering wees om besluitneming te

affekteer 99 (Aanvaar enige relevante antwoord) (Enige 4 x 2) (8)

(EC/NOVEMBER 2015) GEOGRAFIE V1 9

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3.4 3.4.1 Sisteme wat al die ekonomieë van verskillende lande nader aan mekaar verbind 9 [KONSEP] (1 x 1) (2)

3.4.2 x Het die bevryding van handel aangemoedig 99

x Beter netwerke om kennis te deel en verhoudinge te versterk 99 x Het gelei tot die regulering van globale ekonomiese aktiwiteite 99 x Vrye beweging van mense, goedere en idees tussen lande 99 x Stimuleer produksie, handel en ekonomiese groei 99 x Meer mense word in ʼn globale arbeidsmag in diens geneem 99 (Enige relevante antwoord) (Enige 2 x 2) (4)

3.4.3 x Goedkoop klerasie wat vanaf China ingevoer word en meer

lewensvatbaar 99 x Hierdie het plaaslike besighede minder winsgewend gemaak 99 (Enige relevante antwoord) (Enige 2 x 2) (4)

3.4.4 x Bied lae salarisse 99

x Hoogs produktiewe werksmag 99 x Verkry goedkoper grondstowwe 99 x Hulle bemark goeie kwaliteit produkte 99 (Enige relevante antwoord) (Enige 2 x 2) (4)

3.5 3.5.1 ʼn Nie-konvensionele energiebron wat hernieubaar is 9 (1 x 1) (1) 3.5.2 x Die boeredorpie is in ʼn afgeleë gebied 99

x Dit is nie tot Eskom se elektrisiteitsrooster verbind nie 99 x Finansiële beperkinge 99 (Enige 1 x 2) (2)

3.5.3 Sonpanele 9 (1 x 1) (1) 3.5.4 x Toegang tot skoon, veilige energie tuis 99

x Die gebruik van beter kookfasiliteite 99 x Sit voedsel in die yskas om die risiko van siektes te verminder 99 x Werkskepping in die energiesektor 99 (Aanvaar enige relevante antwoord) (Enige 2 x 2) (4)

3.5.5 x Verminder die afhanklikheid op fossielbrandstof 99

x Dit is hernieubare hulpbron 99 x Dit is ʼn volhoubare hulpbron 99 x Dit beskerm die omgewing 99 x Help om energiehulpbronne uit te brei 99 x Dit is oplossing tot aardverwarming en klimaatsverandering 99 x Help om die Millenniumontwikkelingsdoelwitte te bereik 99 x Dit voldoen aan die vereistes van die Kioto-protokol 99 x Dit voldoen aan die doelwitte en doelstellings van Agenda 21 99 (Aanvaar enige relevante antwoord) (Enige 4 x 2) (8)

10 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3.6 3.6.1 1 – O-horison 9

2 – A-horison 9 3 – B-horison 9 4 – C-horison 9 5 – R-horison 9 (5 x 1) (5)

3.6.2 Daar is geen wortels en oppervlakplantegroei om die wind en water te

keer om grond weg te voer nie 99 (1 x 2) (2) 3.6.3 x Dit verskaf water vir chemiese verwering 99

x Hierdie beïnvloed biologiese prosesse 99 x Dit los minerale en voedingstowwe op en sypel dan deur die grond

(bekend as uitloging)99 (3 x 2) (6) 3.6.4 x Laat voedingstowwe terugkeer en herstel sodoende

vrugbaarheid 99 x Diere wat plante op braak grond vreet sal mis tot die grond

toevoeg 99 (2 x 2) (4) [75] VRAAG 4 4.1 4.1.1 Hernieubaar 9 4.1.2 Hernieubaar 9 4.1.3 Nie-hernieubaar 9 4.1.4 Nie-hernieubaar 9 4.1.5 Hernieubaar 9 4.1.6 Hernieubaar 9 4.1.7 Nie-hernieubaar 9 4.1.8 Hernieubaar 9 (8 x 1) (8) 4.2 4.2.1 Handelsooreenkoms 9 4.2.2 Handelsbalans 9 4.2.3 Betalingsbalans 9 4.2.4 Handelsblok 9 4.2.5 Tarief 9 4.2.6 Proteksionisme 9 4.2.7 Vryehandel 9 (7 x 1) (7) 4.3 4.3.1 Armoede 9

Vigs 9 Honger 9 Skuld 9 (Enige 2 x 1) (2)

4.3.2 Die strokiesprenttekenaar beeld die uitdagings as struikelblokke/

moeilikhede uit, wat Afrika verhoed om ontwikkeling te bekom (1 x 2) (2) 4.3.3 Hulp wat deur ryker lande verskaf word om groei en ontwikkeling te

stimuleer in ontwikkelende lande 99 (1 x 1) (1)

(EC/NOVEMBER 2015) GEOGRAFIE V1 11

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4.3.4 x Moedig korrupsie aan 99 x Hulp bereik nie die arme of agtergeblewe mense nie 99 x Finansiële hulp het hoë rentekoerse wat Afrika-lande vir baie jare

moet terugbetaal 99 x Menslike en fisiese hulpbronne word uitgebuit 99 x Dit moedig nie selfonderhoudendheid aan nie 99 x Plaaslike markte is verwronge 99 (Aanvaar enige relevante antwoord) (Enige 3 x 2) (6)

4.3.5 x Gespesialiseerde mediese personeel kan ingestuur word 99

x Ontwikkelde lande kan tot die noodtoestand reageer en kan krisishulp verskaf 99

x Primêre gesondheidsorg byvoorbeeld inenting programme en opleiding van verpleegsters kan verskaf word 99

x Help met die opvoeding van die virus 99 x Verskaf tegniese ondersteuning aan die regerings 99 x Kan help om menseregte te beskerm 99 x Kan water, kos, mediese voorrade, klere, skuiling, ens. verskaf. 99 x Voorbeelde van internasionale organisasies soos Die Rooikruis,

Dokters sonder grense, Gift of the Givers, Wêreldvoedselprogram en andere kan help 99

x Hulp moet mense-gefokus wees en nie land-gefokus 99 x Lande kan soldate/weermag stuur om stasies te ontsmet 99 (Enige 4 x 2) (8)

4.4 4.4.1 Hulle is in die proses om nog steeds hulle ekonomieë te ontwikkel 9

[KONSEP] (1 x 1) (1) 4.4.2 Gemiddelde bedrag geld beskikbaar vir elke persoon in daardie land 9

OF Die totale waarde van goedere en dienste geproduseer deel deur die totale bevolking 9 (Enige 1 x 1) (1)

4.4.3 x Massa industriële groei het tot groei in hul lande gelei 99

x Uitvoergerigte produkte het tot groter buitelandse inkomste gelei 99 (Enige 1 x 2) (2)

4.4.4 Dit het die hoogste MOI-rangorde wat geletterdheid as ʼn aanduider van

ontwikkeling insluit 99 (1 x 2) (2) 4.4.5 Kern-periferie model 99 (1 x 1) (1) 4.4.6 x Op ʼn globale skaal is die VSA, Europa en Japan die kerngebiede.

Die BRICS-lande vorm die gedeelte tussen die kern en die periferie 99

x Op ʼn nasionale skaal is die hoofstede van die BRICS-lande die kerne en vorm die dorpe en stede die periferie waarvan hulle hul, hulpbronne trek 99 (2 x 2) (4)

12 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4.5 4.5.1 Die gebruik van uraan om energie te verskaf 9 (1 x 1) (1) 4.5.2 Dit word opgewek uit uraan wat ʼn nie-hernieubare minerale hulpbron

is 9 (1 x 1) (1) 4.5.3 x Daar is ʼn toename in die bevolking 99

x Steenkool is ʼn nie-hernieubare hulpbron en kan nie aan al ons behoeftes voldoen nie 99

x Daar was ʼn toename in ekonomiese groei 99 (Enige 2 x 2) (4) 4.5.4 x Bestraling is baie gevaarlik vir mense en die omgewing 99

x Kern-ineenstorting kan plaasvind, en sal ʼn massiewe aantal bestraling vrystel 99

x Kern-afval is baie moeilik om van ontslae te raak en is vir duisende jare aktief 99

x Daar is die gevaar van aardbewings wat kernkragsentrales kan beskadig en gevaarlike bestraling kan vrystel 99

x Reaktors is baie duur om te bou en te bedryf 99 x Daar is die gevaar dat uraan gesteel kan word om kernwapens te

maak 99 x Daar is die gevaar van terreuraanvalle op kernkragstasies 99 (Aanvaar enige relevante antwoord) (Enige 4 x 2) (8)

4.6 4.6.1 Hulpbronne is stowwe, kwaliteite of organismes wat waarde tot ʼn

gemeenskap toevoeg 9 (1 x 1) (1) 4.6.2 Grond 9

Land 9 Bome 9 Lug 9 Water 9 (Enige 3 x 1) (3)

4.6.3 x Oorbevolking 9

x Armoede 9 x Swak metodes van hulpbrongebruik 9 x Onnodige gebruik van hulpbronne 9 x Ontwikkeling 9 x Besoedeling van hulpbronne 9 x Leemtes in ons begrip van die natuurlike prosesse betrokke 9 (Enige 2 x 2) (4)

4.6.4 x Mense moet geskool word om hoe om vir die omgewing om te gee

asook om die hulpbronne te beskerm 99 x Gebruik minder hulpbronne 99 x Verminder afvalproduksie 99 x Ontwikkel alternatiewe, minder skadelike metodes van energie 99 x Ontwikkel meer omgewingsgerigte metodes van boerdery 99 (Aanvaar enige relevante antwoord) (Enige 3 x 2) (6)

[75] TOTAAL: 225