graad 12 lewenswetenskappe -...

15
Learning Channel (Pty) Ltd 3rd Floor, The Mills 66 Carr Street Newtown Johannesburg (011) 639-0179 Website: www.learn.co.za Nasionale Seniorsertifikaat Graad 12 Lewenswetenskappe Vraestel 2

Upload: lamlien

Post on 06-Feb-2018

314 views

Category:

Documents


11 download

TRANSCRIPT

Learning Channel (Pty) Ltd 3rd Floor, The Mills

66 Carr StreetNewtown

Johannesburg(011) 639-0179

Website: www.learn.co.za

Nasionale SeniorsertifikaatGraad 12

LewenswetenskappeVraestel 2

2 2009 Lewenswetenskappe Graad 12 Vraestel 2

2009 LEWENSWETENSKAPPE GRAAD 12 VRAESTEL 2

Omgewingstudies; Diversiteit, verandering en kontinuïteit

AFDELING A

VRAAG 11.1 Verskeie moontlike opsies word verskaf as antwoorde tot die volgende vrae.

Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.5), byvoorbeeld 1.1.11 D.

1.1.1 Daar is min fossielbewyse van die vroegste vorme van lewe, want die organismes

A. het vinning ontbind in die suurstofryke atmosfeer

B. het nie harde dele gehad wat maklik sou fossileer nie

C. het so vinnig ontwikkel dat hulle min oorblyfsels gelos het

D. het in water gelewe en is nie gepreserveer nie.

1.1.2 Die onderstaande diagramme verteenwoordig sedimentêre klipstrata van twee verskillende paleontologiese terreine.

Klipstrata van terrein 1 Klipstrata van terrein 2

Gegrond op hierdie diagramme sal dit redelik wees om tot die gevolgtrekking te kom dat fossiele in

A. stratum B is dieselfde ouderdom as fossiele in stratum E

B. stratum A is jonger as fossiele in stratum E

C. stratum D is jonger as fossiele in stratum F

D. stratum I is ouer as fossiele in stratum G.

1.1.3 Moontlike maatreëls vir die vermindering van lugbesoedeling sal NIE die volgende insluit NIE:

A. verskaf subsidies vir sonpanele

B. verskaf subsidies vir vragmotorbestuurders

C. belonings vir skoner produksie deur industrieë

D. verbetering van die openbare vervoerstelsel.

1.1.4 Met watter een van die volgende wetenskaplikes word die beginsel van “oorlewing van die sterkste” geassosieer?

A. Jean-Baptiste Lamarck

2009 Lewenswetenskappe Graad 12 Vraestel 2 3

B. Hans Krebs

C. James Watson

D. Charles Darwin

Mesosaurus was ’n reuse reptiel wat omtrent 270 miljoen jaar gelede geleef het. Die gemiddelde Mesosaurus was omtrent een meter in lengte, het gewebde pote, ’n lang stert en baie skerp tande gehad. Fossiele van Mesosaurus is op twee plekke gevind: die oostelike kant van Suid-Amerika en die westelike kant van Suid-Afrika.

1.1.5 Die verspreiding van die fossieloorblyfsels is ’n bewys van

A spesiëring/soortvorming

B kontinentale drywing

C natuurlike seleksie

D divergente evolusie. (5 × 2 = 10)

1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5).

1.2.1 Die gelyktydige wêreldwye eliminasie van ’n groot aantal spesies

1.2.2 ’n Verandering in die funksie of struktuur van ’n organisme om aan te pas by omstandighede en sodoende kanse op oorlewing te verbeter

1.2.3 Talryke interaktiewe voedselkettings wat die voedingsverhoudings in ’n ekosisteem aantoon

1.2.4 Die totale verskeidenheid van lewende dinge wat in ’n gedefinieerde omgewing gevind word

1.2.5 Die rangskikking van vyf vingers/tone aan voorste en agterste ledemate (5 × 1 = 5)

1.3 Kies ’n item in KOLOM II wat pas by ’n stelling in KOLOM I. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer(1.3.1–1.3.6), byvoorbeeld 1.3.6 J.

4 2009 Lewenswetenskappe Graad 12 Vraestel 2

KOLOM I KOLOM II1.3.1 Stadige veranderinge oor ’n tydperk van die

karaktereienskappe van ’n spesies wat onvoldoende is om ’n nuwe spesie te vorm, maar wat dit goed aangepas hou vir sy omgewing

A homoloog

1.3.2 Die oorsaak van die ontwikkeling van twee verskillende spesies met soortgelyke eienskappe as gevolg van konvergente evolusie

B mikro-evolusie

1.3.3 Verandering in die geenfrekwensie as gevolg van toevallige veranderinge in ’n klein bevolking, en nie as gevolg van die omgewing of seksuele voorkeur nie

C geografiese isolasie

1.3.4 Die proses wat reageer op ’n organisme se genotipe om evolusie te veroorsaak

D analoog

1.3.5 Die nielewende faktore van ’n ekosisteem E natuurlike seleksie

1.3.6 Strukture wat verskillend vertoon, maar wat ’n soortgelyke evolusionêre oorsprong het

F abiotiesG genetiese

drywing (6 × 1 = 6)

2009 Lewenswetenskappe Graad 12 Vraestel 2 5

1.4 ’n Vergelyking van die anatomiese kenmerke van organismes het wetenskaplikes gehelp om evolusionêre verhoudings voor te stel.

’n Paar belangrike anatomiese verskille tussen Australopithecus, sjimpansee en Homo

Skedel

onder- laterale aansig aansig

Sjimpansee

1.4.1 Tabuleer DRIE waarneembare verskille tussen die sy-aansig van die skedels van die Homo en die sjimpansee. (7)

1.4.2 Watter van die drie organismes, anders as Homo (m.a.w. Australopithecus of sjimpansee), was/is nie twee-benig nie? (1)

1.4.3 Verskaf EEN waarneembare kenmerk wat in bostaande diagram getoon word om jou antwoord in vraag 1.4.2 te ondersteun. (2)

1.4.4 Noem TWEE fossiele van die Australopithecus-genus wat in Suid-Afrika gevind is. (2)

6 2009 Lewenswetenskappe Graad 12 Vraestel 2

1.5 Die grafiek hieronder toon besonderhede van die groot Londense rookmis van 1952.

Sterftes (per dag)

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15

Humiditeit laag5 °C

Windstil

Humiditeit hoog-2 °C

Windless

Humiditeit laag3 °C

Winderig

SterftesRook en SO

2-vlakke

(willekeurige eenhede)

Rookmistoestande

Mis

DesemberTyd(dae)

Aantal sterftesRook- of swaeldioksiedvlakke

1.5.1 Naastenby hoeveel ekstra sterftes het plaasgevind gedurende die piek van die rookmistydperk in vergelyking met sterftes in tydperke sonder rookmis, gedurende die periode in die grafiek getoon? (1)

1.5.2 Uit die inligting wat in bostaande grafiek verskaf word, lys VIER omgewingstoestande wat bydra tot die vorming van rookmis. (4)

1.5.3 Gee aan die hand hoekom die rook- en swaeldioksiedvlakke (SO2) begin styg

het voordat die rookmis gevorm het. (2)

’n Leerling dink dat swaeldioksied ’n giftige uitwerking op plante sal hê. Sy stel ondersoek in oor ’n tydperk van twee weke soos wat in die diagram hieronder aangetoon word, om haar hipotese te toets. Natrium-metabisulfiet wat met water gemeng is, stel swaeldioksied vry.

deursigtige plastiek

deursigtige plastiek

Natrum-metabisulfiet en water

radysplantjies en vogtige lug radysplantjies en SO2

1.5.4 Op watter DRIE maniere is die eksperiment ’n regverdige toets vir die hipotese?

Verduidelik jou antwoord. (6)

2009 Lewenswetenskappe Graad 12 Vraestel 2 7

1.5.5 Stel TWEE maniere voor hoe die eksperimentele ontwerp verbeter kan word. (4)

[50]

AFDELING B

VRAAG 22.1 Die grafiek hieronder toon die effek wat verskillende hoeveelhede riool wat afgeskei

word in ’n rivier, het op die hoeveelheid opgeloste suurstof in die water. Bestudeer die grafiek en beantwoord die vrae wat daarop volg.

rioolafskeidingx

matige besoedeling

redelike swaar besoedeling

baie swaar besoedeling

Afstand stroom-af (willekeurige eenhede)

Grafiek toon die uitwerking van besoedeling op die hoeveelheid suurstof wat in die water opgelos is

Opg

elos

te s

uurs

tof

(will

ekeu

rige

eenh

ede)

2.1.1 Hoekom laat die rioolafskeiding die suurstofvlakke afneem? (2)

2.1.2 Hoekom kom die minimum hoeveelheid suurstof ’n entjie stroom-af van die punt van rioolafskeiding voor? (2)

2.1.3 Hoekom styg die vlak van opgeloste suurstof in die rivier dan weer verder stroom-af? (2)

2.1.4 Verskaf TWEE moontlike redes waarom riool uitgestort sou word in rivierstelsels in ’n ontwikkelende stedelike omgewing (4)

2.1.5 Noem een positiewe en een negatiewe effek wat “redelike swaar besoedeling” sou kon hê op ’n landelike boerderygemeenskap wat by punt X langs die rivier af woon. (2)

8 2009 Lewenswetenskappe Graad 12 Vraestel 2

2.2 Voëls genaamd lysters eet slakke indien daar ’n tekort is aan hulle verkose voedselbron, naamlik insekte. Die lysters breek die skulp oop deur die slak teen ’n klip, genoem die aambeeld, te slaan om sodoende by die slak uit te kom. Navorsers tel die hoeveelheid skulpe naby die aambeeld om uit te vind wat die lysters eet. Een spesifieke slakspesie wat deur die voëls geëet word, is Cepaea nemoralis. Die kleur van hierdie skulpe kan pienk, beige, bruin, rooi of geel, of met donker strepe wees. Gestreepte skulpe word beskryf as gestreep en gekleurde skulpe as ongestreep. Die kleur van die skulpe en die strepe verskaf vir die slakke kamoeflering. Die lysters kan byvoorbeeld nie die gestreepte skulpe maklik sien teen ’n “gestreepte” agtergrond soos groeiende gras op sandduine nie. ’n Groep studente het ’n ondersoek geloots na die aantal Cepaea nemoralis-skulpoorblyfsels naby die aambeelde. Die ondersoek is in twee gebiede uitgevoer:

gebied A was in ’n woud met baie dooie blare op die grond, m.a.w. die agtergrond was redelik gelykmatig gekleurd;

gebied B was tussen grasse wat op ’n sandduin by ’n strand 50 km van die woud af groei.

Die studente het die volgende hipotese gestel:

“Daar sal meer ongestreepte as gestreepte skulpe naby die aambeelde in gebied A (die woud) wees en daar sal meer gestreepte as ongestreepte skulpe naby die aambeelde in gebied B (grasserige sandduine) wees.”

Die resultate van hulle ondersoek in gebied A word in die tabel hieronder getoon.

Tabel wat aantal Cepaea nemoralis skulpe toon wat in gebied A (woudgebied) versamel is

Aantal slakskulpeGestreep Ongestreep Totaal % Gestreep

Aantal skulpoorblyfsels in woudgebied

486 377 863 56.0

2.2.1 Hoeveel meer gestreepte as ongestreepte slakskulpe is versamel? (1)

2.2.2 Stel voor waarom die lysters meer gestreepte as ongestreepte slakke geëet het. (3)

2.2.3 Ondersteun die resultate in die bostaande tabel die studente se hipotese? Verduidelik jou antwoord: (3)

2.2.4 Beskryf hoe die studente in die twee gebiede kon gewerk het (gebied A en gebied B) om te verseker dat hulle resultate geldig is. (4)

2.2.5 Die hoofpunte van die teorie van evolusie deur natuurlike seleksie word hieronder gelys:

A. Die hoeveelheid nageslag wat deur ’n organisme geproduseer word, is meer as die hoeveelheid wat oorleef om volwassenheid te bereik.

B. Die nageslag varieer.

C. Sommige variasies is bruikbaar en help die organisme om te oorleef.

D. Kompetisie kom tussen die nageslag voor om oorlewing te verseker.

E. Slegs die oorlewendes kan voortplant.

2009 Lewenswetenskappe Graad 12 Vraestel 2 9

Natuurlike seleksie kan die verhoudings van die verskillende kleure van die ongestreepte skulpe in ’n Cepaea nemoralis-bevolking op sandduine beïnvloed. Gebruik die vyf punte wat hierbo gelys word in A – E om te verduidelik hoe so ’n variasie kan ontstaan. (7)

[30]

VRAAG 33.1 Lees deur die volgende teks en antwoord dan die vrae wat daarop volg.

’n Ewiggroeiende ekonomie, toenemende bevolking, vinnige toename in besoekergetalle en onvolhoubare verbruikerspatrone dra alles by tot Kaapstad se betekenisvolle afvalprobleem.

Ongeveer 6 000 ton afval word tans daagliks gegenereer binne die stad Kaapstad. Dit is gelykstaande daaraan om vier sokkervelde daagliks een meter diep met afval te bedek. 55% van die afval wat op die Stadsraad se ses grondopvullingsterreine beland, word direk van die industriële en kommersiële sektore ontvang, terwyl die huishoudelike afval van huisgesinne verantwoordelik is vir ongeveer 30% van die afvalstroom. Die oorblywende gedeelte bestaan uit rioolslik wat van die stad se watersuiweringsaanlegte kom.

’n Totaal van 1.7 miljoen ton afval is gedurende 2002 ontvang by stortingsterreine in Kaapstad, in vergelyking met 1.7 miljoen ton in 2001 en 1.5 miljoen ton in 2000. Dit is rofweg ’n jaarlikse toename van 7%.

Afval van huishoudings uit die laerinkomste-groepe is bewys om omtrent 80% organiese afval te bevat in vergelyking met die van gegoede woonbuurte, wat tipies omtrent 60-70% verpakkingsafval bevat. Van die totale hoeveelheid afval wat geproduseer word, word meer as 90% vir grondopvulling gebruik deur die stad Kaapstad.

Daar is ’n dringende behoefte aan ’n nuwe grondopvullingsterrein omdat die stad gekonfronteer word met die sluiting van die meeste van sy huidige grondopvullingsterreine. Die opruimingskoste vir rommel en storting oorskry R100 miljoen per jaar. Hierdie geld kan baie beter gebruik word in die stad, veral gegewe die behuisingskrisis.

3.1.1. Baie van die afval wat op die grondopvullings gestort word, het verdere gebruike en baie mense lewe op en rondom hierdie grondopvullingsterreine om hierdie items te versamel. Lys DRIE moontlike gesondheidsgevare vir die mense wat in hierdie omgewing woon. (3)

3.1.2. Dit is ’n erkende feit dat grondopvullings die omgewing besoedel. Beskryf kortliks TWEE moontlike maniere hoe dit kon gebeur. (4)

3.1.3. Gee EEN manier hoe laerinkomste-huishoudings die hoeveelheid afval wat hulle na grondopvullings toe stuur, kan verminder. (1)

3.1.4. Die onderstaande vloeidiagram illustreer ’n breë strategie wat ontplooi kan word om afval te help verminder. Bespreek hoe die munisipaliteit van Kaapstad hierdie idees kan implementeer om die hoeveelheid afval te verminder wat na die grondopvullings gestuur word. (7)

10 2009 Lewenswetenskappe Graad 12 Vraestel 2

einde van lewe

kompos

grondstowwe

herstelde materiale en energie

gebruikvervaardig

herstelafvalvoorkoming

herdink, herontwerp, verminder, herstel

herwin

3.2 Lees die volgende inligting oor die uitsterwing van dinosourusse.

Wat het die massa-uitsterwing van dinosourusse veroorsaak?

Teorie A

Een teorie wat wetenskaplikes voorstel om hierdie massa-uitsterwing te verduidelik, is gebaseer op die geweldige vulkaniese uitbarstings wat plaasgevind het in Indië (genoem die Deccan Traps) omtrent 65 miljoen jaar gelede. Sommige uitbarstings het lawavloei geproduseer wat swaeldioksied in die lug vrygestel het, terwyl ander uitbarstings so kragtig was dat die metaal iridium van diep binne die aarde die oppervlak bereik het. Hierdie vulkaniese uitbarstings het as en ander komponente in die atmosfeer geskiet wat wydverspreide vure veroorsaak het. Die as en stof wat deur die aarde se atmosfeer versprei het, het die sonstrale vir baie jare versper. Plante het doodgegaan, die aarde het afgekoel en die dinosourusse het uitgesterf.

Teorie B

’n Tweede teorie, die asteroïdimpak-teorie, suggereer dat ’n reuse asteroïd die aarde getref het teen die einde van die kryt-era, 65 miljoen jaar gelede. Die impak het veroorsaak dat stof dwarsdeur die atmosfeer gestyg, en die sonstrale vir baie jare versper het. Plante het doodgegaan, die aarde het afgekoel en die dinosourusse het uitgesterf. Die impak van die warm, brandende asteroïd sou wydverspreide vure begin het. Bewyse vir hierdie teorie is gebaseer op die teenwoordigheid van ’n laag van die metaal iridium, wat gevind word tussen twee lae wat die ouer kryt-gesteentes en die jonger Tersiêre gesteentes skei dwarsoor die wêreld (meteore en asteroïdes bevat iridium, wat skaars is in die aardkors). ’n Baie groot impakkrater is langs die kus van Meksiko gevind.

3.2.1 Teken ’n vloeidiagram om die teorie dat vulkaniese uitbarstings verantwoordelik is vir die uitsterwing van dinosourusse, op te som. ’n Vloeidiagram is ’n reeks stellings wat deur pyltjies geskei word.

Begin met die volgende stelling:

2009 Lewenswetenskappe Graad 12 Vraestel 2 11

Vulkaniese uitbarstings het as en ander komponente in die lug vrygestel. (5)

3.2.2 Watter teorie, A of B, dink jy verskaf ’n beter verduideliking vir die uitsterwing van dinosourusse ? Verduidelik jou antwoord. (5)

3.2.3 Vergelyk en kontrasteer die vulkaniese-uitbarstingsteorie (A) van die massa uitsterwings van die dinosourusse met die huidige Sesde Uitsterwing. (5)

[30]

12 2009 Lewenswetenskappe Graad 12 Vraestel 2

AFDELING C

VRAAG 44.1 Bestudeer die onderstaande gedeelte en antwoord die vrae wat volg.

Partikelbesoedeling (ook genoem partikels van materie of PM) is die term vir ’n mengsel van soliede partikels en vloeistofdruppels in die lug gevind. Hierdie partikels kom in baie groottes en vorms voor en kan bestaan uit honderde verskillende chemikalieë. Sommige partikels, bekend as primêre partikels, word direk vanaf bronne soos konstruksieterreine, ongeplaveide paaie, velde, rookstapels of vure afgeskei. Ander word gevorm gedurende ingewikkelde reaksies in die atmosfeer wat chemikalieë soos swaeldioksied en stikstofoksiede betrek wat deur kragaanlegte, industrieë en voertuie uitgeskei word; hierdie partikels staan bekend as sekondêre partikels.

Partikels soos stof, vuilheid, roet of rook, is groot of donker genoeg om gesien te word met die blote oog. Ander is so klein dat hulle slegs met ’n elektronmikroskoop opgespoor kan word. Die grootte van partikels hou direk verband met hulle potensiaal om gesondheidsprobleme te veroorsaak. Partikels kleiner as 10 mikrometer (0.01 mm) in deursnee hou die grootste gevaar in, want hulle kan jou longe diep penetreer, en sommiges kan selfs jou bloedstroom bereik.

Blootstelling aan sulke partikels kan beide jou longe en hart affekteer. Klein partikels van belang sluit die in wat langs paaie en stowwerige industrieë gevind word – wat tussen 2.5 mikrometer en 10 mikrometer in deursnee is – asook die wat in rook en dynserigheid gevind word wat kleiner as 2.5 mikrometer in deursnee is.

4.1.1 Wat is die twee belangrikste vorme van materiepartikels wat in die lug gevind word? (2)

4.1.2 Gee ’n moontlike rede hoekom klein partikels nie alleen net jou longe kan affekteer nie, maar ook jou hart (2)

’n Groep leerders voer ’n eenvoudige eksperiment uit om die teenwoordigheid van partikels van materie (PM) in die lug in hulle dorp te meet.

A. Drie oppervlakte van 1 cm2 word met ’n permanente merkpen op vyf glas mikroskoopglasies getrek.

B. Die ander kant van elke skyfie word dan bedek met ’n dun lagie petroleumjellie.

C. Die skyfies word daarna met die petroleumjellie-kant na bo op vyf verskillende buitenshuise plekke deur die dorp geplaas en vir een week gelos.

D. Die skyfies word na ’n week bymekaar gemaak en met ’n handlens ondersoek (vergroting = ×20). Die sigbare partikels in elke vierkant word getel en in ’n data-tabel aangeteken.

E. Die gemiddelde aantal waarneembare partikels per vierkant vir elke plek word daarna bereken en op ’n grafiek voorgestel.

4.1.3 Wat was die doel van die eksperiment? (2)

4.1.4 Was dit ’n regverdige toets? Verduidelik jou antwoord. (4)

2009 Lewenswetenskappe Graad 12 Vraestel 2 13

Die vyf skyfies word op die volgende plekke geplaas:

1. verkeersligte in die SBD van die dorp

2. dorp se sportgronde

3. die konstruksieterrein vir ’n nuwe inkopiesentrum

4. die industriële gebied van die dorp

5. ’n visvangplek aan die buitewyke van die dorp.

4.1.5 Watter skyfie glo jy sal die hoogste gemiddelde getal waarneembare partikels per 1 cm2-blok hê? Gee ’n rede, gebaseer op bostaande inligting, vir jou antwoord. (3)

4.1.6 Watter skyfie glo jy sal die laagste gemiddelde getal waarneembare partikels hê per 1 cm2-blok? Gee ’n rede, gebaseer op bostaande inligting, vir jou antwoord. (3)

4.2 In Australïe, soos in Suid-Afrika, ontvang groot dele van die land ’n besonder lae reënval. Australiese landboubioloë vors tans huilrysgras (Microlaena stipoides), ’n diepgewortelde inheemse familielid van rys, na. Hulle doelwit is om graangewasse, weiveld vir vee en huishoudelike grasperke te produseer wat droogtebestand is.

M. stipoides floreer in ’n verskeidenheid grondtipes, van kus- tot berghabitatte. Dit versprei nie op ’n ongekontroleerde wyse soos wat baie aangeplante grasse doen nie. Dit vereis ook minder kunsmis en grondbekalking as aangeplantegewas-spesies.

25

20

15

10

5

0

proteïen-inhoud %

Proteïen-inhoud van saad van gewasse

Microlaenastipoides

rys koring mielies

Tans is die saad van M. stipoides slegs die helfte van die grootte van huishoudelike rys. ’n Navorser het gesê dat huilrysgras nie geselekteer of gekweek is vir groter saadgrootte nie.

4.2.1 Hoekom is lae reënval ’n probleem vir boere in Suid-Afrika en Australië? (1)

4.2.2 M. stipoides is inheems aan Australïe. Watter moontlike voordele hou die uiteindelike gebruik van hierdie plant in landbou vir Suid-Afrikaanse boere in, eerder as die algemene “vreemde” gewasse wat tans gebruik word? (3)

4.2.3 Verskaf DRIE redes hoekom dit nou belangriker as ooit is dat navorsers wêreldwyd die gebruike van verskeie alternatiewe plantspesies as voedselbronne navors. (3)

4.2.4 Wat mag die voordeel daarvan wees om hierdie spesies vir groter saadgrootte te kweek? (1)

4.2.5 Daar mag negatiewe effekte wees wat met selektiewe kweek geassosieer word. Noem EEN risiko wat met hierdie tipe kweking geassosieer word. (1)

14 2009 Lewenswetenskappe Graad 12 Vraestel 2

4.3 Lees die volgende gedeeltes (A-D) aangaande die myn van titaniumryke duine in die Xolobeni-gebied van Pondoland aan die Oos-Kaapse kus. Dink jy die duine behoort gemyn te word? Gebruik die inligting in die gedeeltes om jou te help om ’n besluit te neem. Jou geskrewe antwoord moet 1 tot 1,5 bladsye lank wees en moet ondersteun word deur bewyse uit die bronmateriaal.

BRON A: Die gebied wat vir die myn van duine voorgestel word

Die voorgestelde gebied vir die myn van duine in die Xolobeni-gebied, omtrent halfpad tussen Oos-Londen en Durban, word bedreig. Hierdie gebied sluit verskeie riviere en riviermondings in. Talle huise is naby hierdie terrein geleë en dit is nog onduidelik of mense gedwing gaan word om te trek.

Die inwoners glo nie beloftes dat hulle nie gedwing sal word om te trek nie. “Ons voorvaders het in hierdie gebied gewoon en ons boer hier,” het Mthanjelwa Mpotomela gesê. Hy het ook gesê selfs al word mense nie geforseer om te trek nie, hulle sal moet weggaan want mynskuddings sal die veiligheid van hulle modderhuise bedreig.

BRON B: Myn en rehabilitasie van duine

Baggermynbou, soos voorgestel vir die Pondoland-duine, onttrek swaar metale van die duine nadat alle bestaande plantegroei verwyder is. Agterna word duine hervorm en bedek met bo-grond wat graansaadjies bevat wat vinnig ontkiem en groei, asook saadjies van inheemse langlewende (houtagtige) spesies.

Tydens vroeë rehabilitasie domineer Acacia karroo, maar die spesie-rykheid neem progressief toe. Houtagtige spesies word later meer oorvloedig met A. karroo minder dominant.

Grondkwaliteit vergelyk gunstig met die van gebiede voordat daar gemyn word, wat suggereer dat die voedingstowwe behoue bly en bydrae tot die hervestiging van plant- en dierkolonies. Dit verskaf bewyse vir behoudende grond.

BRON C: Voorspelde voordele vir die gemeenskap

Die mynmaatskappy wat die mynregte gewen het, het ’n vennootskap met ’n plaaslike gemeenskapsgroep gevorm wat die ekonomiese opheffing van die mense van Xolobeni ten doel stel.

Die grootste deel van die gemeenskap is werkloos. Baie mense is ongeletterd en kinders moet ver loop om by die skool te kom. Wanvoeding is algemeen en baie mense woon ver van klinieke af. Min huise het elektrisiteit of lopende water, en water moet vanaf die riviere gehaal word.

Die mynmaatskappy is van voornemens om in die plaaslike gemeenskappe te belê deur, byvoorbeeld, basiese infrastruktuur te skep. Die voorgestelde infrastruktuur vir paaie sal bydra tot die ekonomiese ontwikkeling in die gebied.

2009 Lewenswetenskappe Graad 12 Vraestel 2 15

BRON D: Uit die bewaarder se oogpunt

Bewaringsbewustes en toerismeowerhede opponeer die bou van ’n pad in die Pondolandgebied omdat dit deur ’n skaars bewoonde gebied gaan en dus ander gemeenskappe se bestaande ekotoerismeaktiwiteite bedreig.

Talle plante wat hier groei, word nêrens anders in die wêreld gevind nie. Hulle argumenteer dat die bewaring van die gebied as ’n ekotoerismebestemming wydverspreide en voortdurende voordele sal bring.

’n Klag wat namens die plaaslike gemeenskappe ingedien is by die Menseregtekommissie, verklaar dat hulle reg tot relevante inligting om sodoende hulle regte te beskerm, en die reg tot omgewingsbewaring vir huidige en toekomstige geslagte, geskend word.

LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verskaf word in die vorm van diagramme nie.

(15)

[40]

EINDTOTAAL: 150