graad 12 nasionale senior sertifikaat graad 12meganiese tegnologie 10 dbe/november 2015 nss kopiereg...

36
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en 'n 4 bladsy-formuleblad. GRAAD 12 MEGANIESE TEGNOLOGIE NOVEMBER 2015 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Upload: others

Post on 08-Feb-2021

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    PUNTE: 200 TYD: 3 uur

    Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en 'n 4 bladsy-formuleblad.

    GRAAD 12

    MEGANIESE TEGNOLOGIE

    NOVEMBER 2015

    NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

    GRAAD 12

  • Meganiese Tegnologie 2 DBE/November 2015 NSS

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae. 2. Lees AL die vrae deeglik. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie

    vraestel gebruik is.

    5. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 6. Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE

    desimale plekke af.

    7. Kandidate mag nieprogrammeerbare, wetenskaplike sakrekenaars en

    tekeninstrumente gebruik.

    8. Neem die waarde van gravitasiekrag as 10 m/s2. 9. Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui. 10. 'n Formuleblad vir jou gebruik is aan die agterkant van hierdie vraestel

    aangeheg.

    12. Gebruik die kriteria hieronder om jou te help om jou tyd te bestuur.

    VRAAG INHOUD PUNTE TYD (minute) 1 Meervoudigekeuse-vrae 20 15 2 Veiligheid 10 10 3 Gereedskap en Toerusting 12 10 4 Materiale 13 10 5 Terminologie 30 20 6 Hegtingsmetodes 25 25 7 Kragte 30 30 8 Instandhouding 15 15 9 Stelsels en Beheer 25 25

    10 Turbines 20 20 TOTAAL 200 180

    11. Skryf netjies en leesbaar.

  • Meganiese Tegnologie 3 DBE/November 2015 NSS

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.21 D.

    1.1 Watter EEN van die volgende veiligheidsmaatreëls is van toepassing op die

    puntsweiser?

    A

    B C D

    Die area moet vir ander werkers oop wees. Maak seker dat die tyd- en stroomverstellings geskik is vir die tipe en dikte materiaal wat gesweis word. Olie die koperkontakoppervlakke. Maak seker die koperpunte werk teen 'n hoë temperatuur.

    (1) 1.2 Watter EEN van die volgende veiligheidsmaatreëls is van toepassing op 'n

    wringtoetser?

    A

    B C D

    Stop die roterende toetsstuk met die hand. Wees versigtig vir metaaldeeltjies wat na die wringing afkom. Gebruik 'n hamer om die toetsstuk uit die toetser te verwyder. Gebruik 'n sterk hefboom om die toetsstuk in die toetser te monteer.

    (1) 1.3 Watter EEN van die volgende stukke toerusting word gebruik om die

    kompressie in die silinders van 'n binnebrandenjin te toets?

    A

    B C D

    Wringtoetser Druktoetser Trektoetser Brinell-toetser

    (1) 1.4 Identifiseer die ingenieurstoerusting wat in FIGUUR 1.1 getoon word.

    FIGUUR 1.1 A

    B C D

    Freesmasjien Gas-analisator Brinell-toetser Draaibank

    (1)

  • Meganiese Tegnologie 4 DBE/November 2015 NSS

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    1.5 Wanneer koolstofstaal teen 'n konstante tempo verhit word, verhoog die

    temperatuur daarvan tot 720 °C waar die temperatuur dan konstant bly. Hierdie punt word die … genoem.

    A

    B C D

    rekalessensiepunt verkoelingspunt dekalessensiepunt laer kritieke punt

    (1) 1.6 Watter struktuur van staal word deur 'n uiters harde en bros eienskap

    gekenmerk?

    A

    B C D

    Ousteniet Sementiet Perliet Ferriet

    (1) 1.7 Identifiseer die tipe spy wat in FIGUUR 1.2 getoon word.

    FIGUUR 1.2 A

    B C D

    Parallelspy Neusspy Pratt-en-Whitney-spy Woodruff-spy

    (1) 1.8 Identifiseer die freesproses wat in FIGUUR 1.3 getoon word.

    FIGUUR 1.3 A

    B C D

    Groepfreeswerk Vlakfreeswerk Gleuffreeswerk Koppelfreeswerk

    (1)

  • Meganiese Tegnologie 5 DBE/November 2015 NSS

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    1.9 Watter EEN van die volgende verbruikbare onderdele is deel van die

    MIG/MAGS-sweispistool?

    A

    B C D

    Spuitstuk Skermgas Elektrodedraad Aarddraad

    (1) 1.10 Watter EEN van die volgende nie-destruktiewe toetse gebruik klankgolwe

    om defekte in 'n sweislas op te spoor?

    A

    B C D

    X-straaltoets Kleurstofdeurdringingstoets Visuele inspeksie Ultrasoniese toets

    (1) 1.11 Spanning kan gedefinieer word as 'n interne krag in 'n materiaal wat 'n …

    weerstaan.

    A

    B C D

    interne las spinlas bewegende las eksterne las

    (1) 1.12 Wat sal Young se elastisiteitsmodulus vir 'n metaal wees indien die

    vormveranderingswaarde, veroorsaak deur 6 MPa spanning, 2 x 10-3 is?

    A

    B C D

    3 x 103 Pa 3 x 106 Pa 3 x 103 MPa 3 x 106 MPa

    (1) 1.13 Wat is die eenheid van 'n draaimoment? A

    B C D

    N.m-2 N.m N.m2 N.mm

    (1) 1.14 Wat is die definisie van die flitspunt van enjinolie? A

    B C D

    Die laagste temperatuur waarteen 'n vloeistof sal vloei Die laagste temperatuur waarteen olie dampe afgee wat kan ontbrand Die laagste temperatuur waarteen olie van vloeistof na vaste stof verander Die laagste temperatuur waarteen olie van vaste stof na vloeistof verander

    (1)

  • Meganiese Tegnologie 6 DBE/November 2015 NSS

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    1.15 Die definisie van die viskositeitsindeks van olie is 'n meting van hoeveel die

    olie se viskositeit verander as die … verander.

    A

    B C D

    temperatuur druk vloei weerstand

    (1) 1.16 Watter eenheid word gebruik om die drywing te meet wat deur 'n

    bandaandrywingstelsel oorgedra word?

    A

    B C D

    Pascal Watt Volt Joule

    (1) 1.17 Boyle se wet met betrekking tot 'n gegewe massa gas word soos volg

    omskryf:

    A

    B C D

    Die volume is omgekeerd eweredig aan die druk, indien die temperatuur konstant bly. Die volume is direk eweredig aan die druk, indien die temperatuur konstant bly. Die druk is direk eweredig aan die volume, indien die temperatuur konstant bly. Die volume is omgekeerd eweredig aan die druk, indien die temperatuur toeneem.

    (1) 1.18 Watter EEN van die volgende is 'n nadeel van 'n platband-aandrywingstelsel

    as dit met 'n rataandrywingstelsel vergelyk word?

    A

    B C D

    Dit benodig geen smering nie. Dit kan drywing slegs oor 'n afstand van meer as een meter oordra. Dit verander rigting. Dit kan op die katrol gly.

    (1) 1.19 Hoe word 'n drukaanjaer aangedryf? A

    B C D

    Meganiese stelsels Uitlaatstelsels Inlaatstelsels Brandstofstelsels

    (1) 1.20 'n … is 'n dinamiese kompressor waarin lug of gas saamgepers word deur

    die meganiese aksie van 'n stuwer wat gedraai word deur die kinetiese energie van bewegende lug te gebruik.

    A

    B C D

    Drukaanjaer Gasturbine Turbo-aanjaer Stoomturbine

    (1) [20]

  • Meganiese Tegnologie 7 DBE/November 2015 NSS

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    VRAAG 2: VEILIGHEID 2.1 Noem enige DRIE stukke toerusting vir persoonlike veiligheid wat jy moet

    dra wanneer jy met 'n hoekslyper werk.

    (3) 2.2 Noem DRIE veiligheidsmaatreëls wat jy moet nakom voordat jy 'n laer van

    'n as op 'n hidrouliese pers afdruk.

    (3) 2.3 Wanneer 'n silinderkop van 'n voertuig aanmekaargesit word, moet die

    klepvere eers voor montering getoets word. Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat jy moet nakom wanneer jy met die veertoetser werk.

    (2)

    2.4 Noem enige TWEE veiligheidsmaatreëls wat jy in ag moet neem wanneer jy

    met 'n laer- en rattrekker werk.

    (2) [10] VRAAG 3: GEREEDSKAP EN TOERUSTING 3.1 Gereedskap is baie belangrik om verskillende take in die werkplek te voltooi.

    Verduidelik die funksie van ELK van die volgende toetsers:

    3.1.1 Silinderlekkasietoetser (2) 3.1.2 Brandstofdruktoetser (2) 3.1.3 Wringtoetser (2) 3.2 Gee enige TWEE redes waarom dit nodig is om 'n silinderlekkasietoets op

    'n enjin uit te voer.

    (2) 3.3 Die gas-analisator in FIGUUR 3.1 word gebruik om die CO- en CO2-lesings

    van die uitlaatgasse van 'n binnebrandenjin te bepaal.

    FIGUUR 3.1 Gee TWEE redes vir 'n hoë CO-lesing. (2) 3.4 Noem enige TWEE toetse wat met 'n multimeter uitgevoer kan word. (2) [12]

    Gas-analisator

    Uitlaatgasse

  • Meganiese Tegnologie 8 DBE/November 2015 NSS

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    VRAAG 4: MATERIALE 4.1 Toon die volgende deur middel van 'n netjiese yster-koolstof-

    ewewigsdiagram:

    4.1.1 Oustenietstruktuur (2) 4.1.2 Ferriet + Oustenietstruktuur (2) 4.1.3 Ferriet + Perlietstruktuur (2) 4.1.4 Temperatuur in grade Celsius (1) 4.1.5 Koolstofinhoudpersentasies (1) 4.1.6 AC3-lyn (1) 4.2 Verduidelik hoe die volgende strukture gevorm word: 4.2.1 Perliet (2) 4.2.2 Sementiet (2) [13] VRAAG 5: TERMINOLOGIE 5.1 'n Reguittandrat het 'n steeksirkeldiameter van 108 mm en 36 tande. Bereken die volgende: 5.1.1 Module (2) 5.1.2 Buitediameter (3) 5.1.3 Snydiepte (2) 5.1.4 Addendum (1) 5.1.5 Dedendum (2) 5.1.6 Sirkelsteek (2) 5.1.7 Vry ruimte (2) 5.2 Noem TWEE voordele van die gebruik van die saamgesteldebeitelslee-

    metode om 'n eksterne V-skroefdraad op die senterdraaibank te sny.

    (2) 5.3 Noem TWEE nadele van die gebruik van die dwarssleemetode om 'n

    eksterne metrieke V-skroefdraad op die senterdraaibank te sny.

    (2) 5.4 Bereken die indeksering benodig om 'n 72-tand-rat te sny. (4)

  • Meganiese Tegnologie 9 DBE/November 2015 NSS

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    5.5 Noem TWEE voordele van opfreeswerk. (2) 5.6 Noem TWEE nadele van klimfreeswerk. (2) 5.7 Bereken die volgende afmetings van 'n parallelspy, wat vir 'n

    42 mm diameter as geskik is:

    5.7.1 Wydte/Breedte (2) 5.7.2 Dikte (2) [30] VRAAG 6: HEGTINGSMETODES 6.1 Wat is die doel van die skermgas in die MIG/MAGS-sweisproses? (2) 6.2 Verduidelik die verhouding tussen die spanning (V) en die draadtoevoer

    gedurende die MIG/MAGS-sweisproses.

    (3) 6.3 Noem TWEE oorsake van die volgende sweisdefekte: 6.3.1 Slakinsluiting (2) 6.3.2 Onvolledige indringing (2) 6.4 Verduidelik TWEE voorsorgmaatreëls vir ELK van die volgende

    sweisdefekte:

    6.4.1 Poreusheid (2) 6.4.2 Samesmeltingsgebrek (2) 6.5 Gee EEN rede vir die uitvoer van die volgende destruktiewe toetse: 6.5.1 Vrybuigtoets (2) 6.5.2 Kerfbreektoets (2) 6.5.3 Masjineerbaarheidstoets (2) 6.6 Noem VIER oorsake van atmosferiese besoedeling tydens die MIG/MAGS-

    sweisproses.

    (4) 6.7 Wat is die funksie van die sender-ontvanger-eenheid soos wat dit in die

    ultrasoniese toets op 'n sweislas gebruik word?

    (2) [25]

  • Meganiese Tegnologie 10 DBE/November 2015 NSS

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    VRAAG 7: KRAGTE 7.1 In FIGUUR 7.1 werk vier kragte van 200 N, 300 N, 280 N en 350 N op

    dieselfde punt in.

    FIGUUR 7.1 7.1.1

    7.1.2 7.1.3 7.1.4

    Bereken die resultant van die horisontale komponente. Bereken die resultant van die vertikale komponente. Bereken die grootte van die ewewigskrag. Bereken die ewewigshoek met betrekking tot die horisontale vlak.

    (5) (4) (3) (3)

    7.2 'n Onbekende krag veroorsaak 3,5 MPa spanning in 'n 25 mm ronde staaf.

    Bereken die grootte van die krag.

    (4) 7.3 Bestudeer die spanning-vormverandering-grafiek in FIGUUR 7.2. Benoem

    punt A–E soos op die grafiek aangedui.

    FIGUUR 7.2 (5)

    350 N

    280 N

    200 N

    300 N

    50° 100°

    145°

    200 N

    350 N 50° 100°

    145°

    SPA

    NN

    ING

    VORMVERANDERING

  • Meganiese Tegnologie 11 DBE/November 2015 NSS

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    7.4 FIGUUR 7.3 toon 'n eenvormige balk wat deur twee vertikale stutte, A en B,

    ondersteun word. Twee vertikale puntlaste word op die balk uitgeoefen, asook 'n eweredig verspreide belasting van 60 N/m, oor die afstand tussen die twee vertikale puntlaste.

    FIGUUR 7.3 Bepaal, deur middel van berekeninge, die groottes van die reaksies in stut A

    en stut B.

    (6) [30]

    VRAAG 8: INSTANDHOUDING 8.1 Waarom is dit belangrik om olie met 'n hoër viskositeit in 'n handratkas

    te gebruik?

    (2) 8.2 Wat is die rede vir die gebruik van SAE20W50-viskositeit-olie of ander

    multigraadolie in 'n binnebrandenjin?

    (2) 8.3 Definieer die term vloeipunt van 'n smeermiddel. (1) 8.4 Noem DRIE maniere waarop snyvloeistof in stand gehou moet word. (3) 8.5 Verduidelik waarom dit belangrik is om 'n bandaandrywingstelsel in stand

    te hou.

    (2) 8.6 Verduidelik die rede vir die vlakslyp ('skim') van die vliegwiel voordat 'n nuwe

    koppelaarplaat geïnstalleer word.

    (3) 8.7 Gee TWEE redes vir die gebruik van ghries op laers. (2)

    [15]

  • Meganiese Tegnologie 12 DBE/November 2015 NSS

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    VRAAG 9: STELSELS EN BEHEER 9.1 Die ratstelsel in FIGUUR 9.1 word gebruik om 'n meganiese hek te beheer.

    Die dryfrat het 46 tande en roteer teen 500 r/min. Die tussenrat wat gebruik word om die draairigting te verander, roteer teen 1 000 r/min. Die gedrewe rat het 60 tande.

    FIGUUR 9.1

    Bepaal deur middel van berekeninge: 9.1.1 Die getal tande op die tussenrat (3) 9.1.2 Die rotasiefrekwensie van die gedrewe rat in revolusies

    per minuut

    (3) 9.2 'n Masjien moet aangedryf word teen 'n spoed van 12 r/s vanaf 'n katrol met

    'n diameter van 600 mm wat teen 'n spoed van 7,2 r/s roteer. Die trekkrag in die stywe kant van die band is 300 N. Die verhouding tussen die trekkrag in die stywe kant en die trekkrag in die slap kant is 2,5 : 1.

    Bepaal deur middel van berekeninge: 9.2.1 Die diameter van die katrol wat op die masjien gemonteer moet

    word

    (3) 9.2.2 Die drywing wat oorgedra kan word (3)

    Gedrewe rat

    Rat B

    Rat C Rat A

    Dryfrat Tussenrat

  • Meganiese Tegnologie 13 DBE/November 2015 NSS

    Kopiereg voorbehou

    9.3 'n Hidrouliese stelsel word in 'n hidrouliese pers gebruik. Die spesifikasies

    van die stelsel word diagrammaties in FIGUUR 9.2 voorgestel.

    FIGUUR 9.2

    Bepaal deur middel van berekeninge: 9.3.1 Die vloeistofdruk in die hidrouliese stelsel wanneer dit in ewewig is (4) 9.3.2 Die diameter van suier A (5) 9.4 Wat is die doel van traksiebeheer in 'n motorvoertuig se aandrywingstelsel? (2) 9.5 Waarom word lugsakke in 'n motorvoertuig as 'n passiewe veiligheidskenmerk

    beskou?

    (2) [25]

    VRAAG 10: TURBINES 10.1 Noem TWEE tipes reaksieturbines. (2) 10.2 Verduidelik die werking van die waterimpuls-turbine. (6) 10.3 Waarom is dit belangrik om die spoed van 'n stoomturbine te beheer? (2) 10.4 Noem DRIE voordele van 'n gasturbine. (3) 10.5 Noem TWEE gebruike van hulpkrageenhede ('auxiliary power units'). (2) 10.6 Noem TWEE funksies van 'n drukaanjaer wanneer dit op 'n

    motorvoertuigenjin gebruik word.

    (2) 10.7 Watter invloed het 'n hoë hoogte bo seevlak op die werkverrigting van

    'n motorvoertuigenjin?

    (2) 10.8 Noem EEN voordeel van 'n turboaanjaer wanneer dit met 'n drukaanjaer

    vergelyk word.

    (1) [20]

    TOTAAL: 200

    Suier A

    Suier B

    4 000 N

    Ø 76 mm Ø ? mm 140 N

  • Meganiese Tegnologie 1 DBE/November 2015 NSS

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    FORMULEBLAD

    1. BANDAANDRYWING

    1.1 isr/min inNwaar

    60

    DNBandspoed

    π=

    1.2 banddikte)(t

    60

    N) t D( πBandspoed =

    ×+=

    1.3 Bandmassa = oppervlakte × lengte × digtheid (A = dikte × breedte/wydte)

    1.4 dryfkatrolan diameter v

    katrol gedrewean diameter v udingSpoedverho =

    1.5 2211

    DNDN =

    1.6 2c

    4c

    )dD(

    2

    )dDπ(gteOopbandlen

    2

    +−

    ++

    =

    1.7 2c

    4c

    )dD(

    2

    )dDπ(andlengteGekruisdeb

    2

    ++

    ++

    =

    1.8

    2

    1

    T

    Tkant slapen kant stywe tussen Verhouding =

    1.9

    )(Tkrag effektieweTT

    kant slap diein kragT

    kant stywe diein kragT

    isr/min in Nwaar 60

    N D π)T(T (P) Drywing

    e21

    2

    1

    21

    =−==

    −=

    1.10 m/sin bandspoedVwaar V)T(T (P) Drywing 21 =×−=

    1.11 isr/min in N waar60

    T N π2 )P(Drywing =

    1.12

    trekkragetoelaatbar

    T dteWydte/Bree

    1=

  • Meganiese Tegnologie 2 DBE/November 2015 NSS

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    2. SPANNING EN VORMVERANDERING

    2.1 )A

    Fσ(ofeoppervlakt

    kragSpanning ==

    2.2 )L(lengteikeoorspronkl

    )ΔL(lengteingveranderin)ε(eringVormverand =

    2.3 )εσ

    (oferingvormverand

    spanning)E(ulusmodse Young =

    2.4 Oppervlakte van 'n ronde staaf 4

    πd A

    2

    =

    2.5 Oppervlakte van 'n pyp ( )

    4

    dDπA

    22 −=

    3. HIDROULIKA

    3.1 )A(eoppervlakt

    )F(krag)P(Druk =

    3.2 Volume = dwarsdeursnee-oppervlakte × slaglengte

    3.3 Arbeid verrig = krag × afstand

    4. SPYE

    4.1 Wydte/Breedte van spy4

    as vandiameter=

    4.2

    6

    asvandiameterspy van Dikte =

    4.3 Lengte van spy = 1,5 × diameter van as

    4.4 Standaardtaps vir tapse spy: 1 in 100 of 1 : 100

    5. HEFBOME

    5.1 (F) mag

    (W) las(MA) voordeelMeganiese =

    5.2 ginguitsetbewe

    inginsetbewegerhoudingSnelheidsv =

    5.3 Insetbeweging (IB) = mag × afstand beweeg deur mag

    5.4 Uitsetbeweging (UB) = las × afstand beweeg deur las

  • Meganiese Tegnologie 3 DBE/November 2015 NSS

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    6. RATAANDRYWING

    6.1 60

    T N π2 )P(Drywing =

    6.2 dryfratte op tandegetal die produk van

    ratte gedrewe op tandegetal die produk vaningRatverhoud =

    6.3 dryfratte op tandegetal die produk van

    ratte gedrewe op tandegetal die produk van

    N

    N

    uitset

    inset =

    6.4 radius kragWringkrag ×= 6.5 Wringkrag oorgedra = ratverhouding × insetwringkrag

    6.6 (T) tandegetal

    (SSD)ldiameter steeksirke (m) Module =

    6.7

    2211TNTN =

    6.8 π×

    =(T) tandegetal (SS) lsteeksirke

    (SSD)ldiameter Steeksirke

    6.9 Buitediameter (BD) = steeksirkeldiameter (SSD) + 2 module

    6.10 Addendum = module (m)

    6.11 Dedendum = 1,157 m of Dedendum = 1,25 m

    6.12 Snydiepte = 2,157 m of Snydiepte = 2,25 m

    6.13 Vry ruimte = 0,157 m of Vry ruimte = 0,25 m

    6.14 π×= m (SS)k Sirkelstee

    7. SKROEFDRADE

    7.1 steek ½ter buitediameter Steekdiame −=

    7.2 tersteekdiamekSteekomtre ×π=

    7.3 Styging = steek × getal beginpunte

    7.4 steek0,866dhoogteSkroefdraa ×=

    7.5 steek0,613ddiepteSkroefdraa ×=

  • Meganiese Tegnologie 4 DBE/November 2015 NSS

    Kopiereg voorbehou

    8. INDEKSERING

    8.1 Cincinnati-verdeelkoptabel vir freesmasjien

    Gatsirkels

    Sy 1 24 25 28 30 34 37 38 39 41 42 43

    Sy 2 46 47 49 51 53 54 57 58 59 62 66

    8.2 indelings) getal n (waar

    n

    40gIndekserin ==

  • Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    PUNTE: 200

    Hierdie memorandum bestaan uit 19 bladsye.

    GRAAD 12

    MEGANIESE TEGNOLOGIE

    NOVEMBER 2015

    MEMORANDUM

    NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

    GRAAD 12

  • Meganiese Tegnologie 2 DBE/November 2015 NSS – Memorandum

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

    1.1 B (1) 1.2 B (1) 1.3 B (1) 1.4 A (1) 1.5 C / D (1) 1.6 B (1) 1.7 A (1) 1.8 D (1) 1.9 A (1) 1.10 D (1) 1.11 D (1) 1.12 C (1) 1.13 B (1) 1.14 B (1) 1.15 A (1) 1.16 B (1) 1.17 A (1) 1.18 D (1) 1.19 A / B (Afrikaans only) (1) 1.20 C (1) [20]

  • Meganiese Tegnologie 3 DBE/November 2015 NSS – Memorandum

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    VRAAG 2: VEILIGHEID

    2.1 Persoonlike Veiligheid Hoekslyper • Dra stofbrilbeskerming • Dra oorproppe en mowwe • Dra veiligheidstewel met staalpunte • Dra oorpakke of • Leervoorskoot en • Dra handskoene

    (Enige 3 x 1)

    (3)

    2.2 Veiligheid – Hidrouliese Pers • Die voorgeskrewe druk van die hidrouliese pers moet nie oorskry

    word nie • Maak seker die drukmeters is in 'n werkende toestand • Die platform waarop die werkstuk rus moet stewig en haaks wees

    met die silinder van die pers • Verseker dat ondersteuningspenne in plek is • Gaan pype na vir lekkasies / olie op die vloer • Laer moet in ʼn hegstuk geplaas word.

    (Enige 3 x 1)

    (3)

    2.3 Veiligheid – Veertoetser • Wees versigtig dat die kake/klamp van die veertoetser nie uitglip

    nie • Gebruik korrekte toebehore van die veertoetser om die veer saam te

    pers. • Moet nie die veer meer uitrek of saamdruk as wat in die spesifikasies

    voorgeskryf is nie. (Enige 2 x 1)

    (2)

    2.4 Veiligheid – Rat- en Laertrekker • Maak seker dat die trekker die regte een is vir die taak • Moet nie die trekker met 'n hamer slaan nie • Gebruik die korrekte moersleutel om die klamp vas te trek en om die

    voorwerp mee af te trek • Maak seker die trekker word gebruik teen 90° met die werkstuk • Bene moet nie geslyt wees nie • Sorg dat die klemme nie losglip en beserings veroorsaak nie. • Gebruik skerm om beserings te voorkom • Moenie direk agter die trekker staan nie – kan besering veroorsaak

    (Enige 2 x 1)

    (2) [10]

  • Meganiese Tegnologie 4 DBE/November 2015 NSS – Memorandum

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    VRAAG 3: GEREEDSKAP EN TOERUSTING

    3.1 Toetse 3.1.1 Die silinderlekkasietoetser word gebruik om vir gaslekkasie se

    te toets wat uit die silinder gedurende kompressieslag lek

    (2)

    3.1.2 Die doel van die brandstofdrukmeter is om die brandstof- werkdruk in die stelsel en brandstofdruk in die brandstofpyp wat na die direkte inspuiters gaan te toets.

    (2) 3.1.3 Die doel van die wringtoetser is om die verband tussen

    momentum en wringing wat op materiaal toegepas word en die invloed van materiaallengte en wringdefleksie te ondersoek.

    (2)

    3.2 Redes om 'n silinderlektoets uit te voer • Drywingsverlies • Drukverlies • Om te toets of 'n silinderkoppakstuk geblaas het • Olieverbruik as gevolg van buitensporige lekkasie verby die

    suierringe • Om lekkende kleppe as 'n oorsaak van oormatige rook te

    identifiseer (Enige 2 x 1)

    (2)

    3.3 Redes vir hoë CO lesings • Rykmengsel-stelling • Verkeerde luierspoed • Verstopte lugfilter • Foutiewe smoorklep • Foutiewe inspuiters

    (Enige 2 x 1)

    (2)

    3.4 Toetse wat gedoen kan word met 'n multimeter • Stroomtoets • Spanningstoets / Battery • Weerstandstoets • Transistortoets • Kontinuïteitstoets • Temperature • Diodes • Kapasitors

    (Enige 2 x 1)

    (2) [12]

  • Meganiese Tegnologie 5 DBE/November 2015 NSS – Memorandum

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    VRAAG 4: MATERIALE 4.1 Yster-koolstof-ewewigsdiagram

    (9) 4.2 Yster-koolstof-strukture 4.2.1 Perliet is die kombinasie van ferriet en sementiet en die

    koolstofinhoud is 0,83% voor hittebehandeling

    (2) 4.2.2 Sementiet word gevorm wanneer die koolstofinhoud bo 0,83%

    styg en die koolstof met perlietkristalle verbind om 'n baie harde struktuur te vorm.

    (2) [13]

  • Meganiese Tegnologie 6 DBE/November 2015 NSS – Memorandum

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    VRAAG 5: TERMINOLOGIE 5.1 Berekening – reguittandrat 5.1.1

    3

    36

    108

    T

    SSDModule

    =

    =

    =

    (2) 5.1.2 BD = SSD + 2m

    = 108 + 2(3) = 108 + 6 = 114 mm

    (3) 5.1.3 Snydiepte = 2,157 m of 2,25 m

    = 2,157 x 3 2,25 x 3 = 6,47 mm 6,75 mm

    (2) 5.1.4 Addendum = m

    = 3 mm

    (1) 5.1.5 Dedendum = 1,157 m of 1,25 m

    = 1,157 x 3 1,25 x 3 = 3,47 mm 3,75 mm

    (2) 5.1.6 Sirkelsteek = m x

    = 3 x = 9,43 mm of 9,42 mm

    (2) 5.1.7 Vry ruimte = 0,157 m of 0,25m

    = 0,157 x 3 0,25 x 3 = 0,47 mm 0,75 mm

    (2) 5.2

    Voordele van saamgestelde slee: • Die snysels het 'n beter kans om weg te krul, wat skeuring van die draad

    voorkom. Dit veroorsaak 'n beter afwerking. • Die linkerkant van die snybeitel doen die meeste van die werk terwyl die

    regterkant help om die skroefdraad te poleer. • Die las op die snybeitelpunt is minder as wanneer die dwarsslee metode

    gebruik word. • Maklik om skroefdraad weer op te tel nadat beitel geslyp is • Dit is vinniger as die dwarsslee metode • Kan ʼn groter skroefdraadsteek sny (Enige 2 x 1)

    (2)

  • Meganiese Tegnologie 7 DBE/November 2015 NSS – Memorandum

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    5.3 Nadele skroefdraadsny – dwarssleemetode:

    • Die beitelpunt, wat die swakste deel van die beitel is, doen die meeste snywerk.

    • Omdat beide kante van die beitel die snywerk doen, krul die snysels in mekaar. Dit kan veroorsaak dat die skroefdraad skeur.

    • 'n Groot las kan die snybeitel/snykante beskadig. • Stadige metode (Enige 2 x 1)

    (2) 5.4 Indeksering:

    plaat-gat-54 n' in gate 30 en nie draaie volle Geen5430

    66x

    95OF

    33

    18107240

    n40gIndekserin

    =

    ×=

    =

    =

    (4) 5.5 Voordele van Opfreeswerk

    • Vinnige toevoer kan gebruik word • Vibrasie is minder • Minder spanning op die snyer en draspil • Daar is 'n positiewe druk op die toevoeras en moere omdat die rigting

    van die snyer teen die rigting van die toevoer is • Metale met harde skalie, begin die sny onder die skalie waar die

    metaal sagter is. Dit verleng die lewe van die snyer • Meer akkuraat tydens snywerk • Beter afwerking

    (Enige 2 x 1)

    (2)

    5.6 Nadele van Klimfreeswerk • 'n Fyn toevoer moet gebruik word • Vibrasie van die draspil is onvermydelik • Die snyer sal kontak maak met die harde skalie van 'n materiaal met

    skaal op. Dit is nadelig vir die tande van die snyer. • Swak afwerking • Snyer word vinniger stop – meer slytasie • Dooie gang van skroefdraad moet geëlimineer word. • Snyer word in materiaal tydens die snyproses ingetrek

    (Enige 2 x 1)

    (2)

  • Meganiese Tegnologie 8 DBE/November 2015 NSS – Memorandum

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    5.7 Berekening: parallelspy 5.7.1

    mm10,5

    4

    42

    4

    DWydte

    =

    =

    =

    (2) 5.7.2

    mm7

    6

    42

    6

    DDikte

    =

    =

    =

    (2) [30]

  • Meganiese Tegnologie 9 DBE/November 2015 NSS – Memorandum

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    VRAAG 6: HEGTINGSMETODES 6.1 Skermgas

    • Dit vorm die boogplasma, stabiliseer die boog op die metaal wat gesweis word en beskerm die boog en gesmelte plas.

    • Voorkoming van atmosferiese kontaminasie • Voorkom oormatige spatsels (enige 1 x 2)

    (2) 6.2 Verhouding tussen spanning en draadtoevoer

    Hoër spanning veroorsaak 'n hoër smelt-tempo daarom benodig jy 'n hoër toevoertempo.

    (3) 6.3 Sweisdefekte (oorsake)

    6.3.1 Slakinsluiting

    • Ingeslote hoek te nou • Vinnige afkoeling • Sweistemperatuur te laag of die stroom is te laag • Hoë viskositeit van gesmelte metaal • Slak van vorige sweislopie nie verwyder nie • Verkeerde sweistegniek • Oppervlakbesmetting (Enige 2 x 1)

    (2) 6.3.2 Onvolledige indringing

    • Spoed te vinnig • Las ontwerp foutief • Elektrode te groot • Stroom te laag • Verkeerde sweistegniek (Enige 2 x 1)

    (2) 6.4 Sweisdefekte (voorkoming)

    6.4.1 Poreusheid

    • Gebruik korrekte stroom • Hou 'n langer boog • Gebruik korrekte sweisstawe • Kyk vir onsuiwerhede - oppervlak • Afskerming van die sweisproses • Korrekte sweistegniek (Enige 2 x 1)

    (2) 6.4.2 Samesmeltingsgebrek

    • Gebruik die korrekte sweistegniek • Gebruik die korrekte grootte sweisstaaf • Gebruik die korrekte stroomstelling • Berei die plaatlas (V-gaping) korrek voor • Korrekte sweistegniek (Enige 2 x 1)

    (2)

  • Meganiese Tegnologie 10 DBE/November 2015 NSS – Memorandum

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    6.5 Destruktiewe toetse

    6.5.1 Vrybuigtoets

    • Meet die rekbaarheid van die sweisneersmeltsel en die hitte geaffekteerde sone langs die sweislas. of

    • Om die persentasie verlenging van die sweismetaal te bepaal. (1 x 2))

    (2) 6.5.2 Kerfbreektoets

    • Dit bepaal die interne gehalte van die sweismetaal en kan interne defekte aandui.

    (2) 6.5.3 Masjineerbaarheidstoets

    • Word gebruik om die hardheid en sterkte van die sweislas te toets. of

    • Die masjineerbaarheid van die las te toets enige 1 x 2

    (2) 6.6 Atmosferiese besoedeling (MIGS/MAGS-SWEISPROSES)

    • Onvoldoende traegasvloei • Oormatige traegasvloei – dit kan veroorsaak dat te veel lug in die

    sweispoel ingesuig word) • 'n Verstopte gasspruitstuk of beskadigde gastoevoerstelsel (lekkende

    pype, los koppelstukke, ens) • Oormatige wind in die sweisarea (kan gasafskerming wegwaai)

    (4) 6.7 Sender/ontvanger-eenheid

    • 'n Eenheid wat gebruik word om die klankgolf te stuur en dan as 'n ontvanger na die ultrasoniese golf te luister soos die metaal dit terugkaats. of

    • Om defekte uit te wys.

    (2) [25]

  • Meganiese Tegnologie 11 DBE/November 2015 NSS – Memorandum

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    VRAAG 7: KRAGTE 7.1 Ewewigskrag

    N593,66-

    350259,81 - 163,83 -179,98

    350300cos30 - 200cos35 -280cos50HK∑

    =−=

    −°°=

    N249,77

    114,72150,0 214,49

    200sin35300sin30 280sin50VK∑

    =−+=

    °−°+°=

    OF

    7.1.1 Horisontale komponente

    Grootte 7.1.2 Vertikale komponente

    Grootte

    300NCos30 0 -259,81 N 280NSin50 0 214,49N 200NCos35 0 -163,83 N 300NSin30 0 150,0 N 350 N -350 N 0 N 0 N 280NCos50 0 179,98 N 200Sin35 0 -114,72N TOTAAL -593,66 N TOTAAL 249,77 N

    (5) (4)

    280 N

    200 N

    300 N

    350 N 50° 35°

    30°

    200cos35°

    300cos30°

    280cos50°

    200s

    in35

    ° 30

    0sin

    30°

    280s

    in50

    °

  • Meganiese Tegnologie 12 DBE/November 2015 NSS – Memorandum

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    oos van suid minute4922

    OFoos van suid 22,82

    N644,06E22,82θ593,66249,77HCVCTanθ7.1.4

    N644,06E249,77593,66E

    VCHCE7.1.3

    0

    0

    0

    22

    222

    =

    ==

    =

    =

    =+−=

    +=

    (3)

    (3)

    7.2 Spanning en Vervorming Spanning = Pa

    Diameter = m Krag = N Krag

    kN1,72kragN1718,06

    x1014,90873852103,5krag4

    0,025π0003500krag

    AreaSpanningKragareakragSpanning

    46

    2

    ==

    ××=

    ××=

    ×=

    =

    (4) 7.3 Spanning en Vervorming

    A = Proporsionaliteitsgrens B = Elastisiteitsgrens C = Meegeepunt / Strekgrens D = Maksimum spanning E = Breekspanning / Breekpunt

    (5)

    22,82°

    593,66N

    249,

    77N

    E

  • Meganiese Tegnologie 13 DBE/November 2015 NSS – Memorandum

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    7.4 Reaksies

    (6) [30]

  • Meganiese Tegnologie 14 DBE/November 2015 NSS – Memorandum

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    VRAAG 8: INSTANDHOUDING 8.1 Viskositeit

    Om te verseker dat ratte goed met olie bedek is en nie die olievlies beskerming of smering tussen hulle verloor nie.

    (2) 8.2 Rede vir gebruik van SAE20W50

    Om te verseker dat die olie voldoen aan die werkings benodigheid oor 'n wye reeks temperature vanaf aansit tot warm geloop.

    (2) 8.3 Vloeipunt

    Vloeipunt is die laagste temperatuur waarteen vloeistof vloeibaar bly.

    (1) 8.4 Snyvloeistofsorg

    • Voorkom dat die snyvloeistof besmet word deur dit gereeld af te tap en te vervang.

    • Verwyder altyd na gebruik alle metaalsnysels uit die masjien se spatbak.

    • Verwyder gereeld snyvloeistofspatsels van masjienonderdele. • Maak seker dat die opgaarbak van tyd tot bygevul word en dat daar

    'n voldoende toevoer van snyvloeistof na die snywerktuig is. • Filtreer olie op ʼn voortdurende basis • Verseker korrekte verdunningsverhouding

    (Enige 3 x 1)

    (3) 8.5 Instandhouding van bandaandrywingstelsels

    • Bande is geneig om na 'n ruk se gebruik te rek, daarom moet hulle van tyd tot tyd stywer gespan en vir korrekte opstelling nagegaan word. of

    • Om maksimum drywing/wringkrag sonder enige glip oor te dra

    (2)

    8.6 Rede vir masjinering van vliegwiel

    • Die koppelaarplaat druk teen die vliegwiel. As gevolg van wrywing tussen die koppelaar en die vliegwiel word groewe in die vliegwiel veroorsaak. Die groewe / krake sal dan moet verwyder word deur 'n presisiemasjineringsproses voor die nuwe koppelaarplaat gemonteer word. of

    • Om maksimum koeffisiënt van wrywing tussen oppervlakte tussen koppelaarplaat en vliegwiel te verseker. of

    • Om slytasie op ʼn nuwe koppelaarplaat te verminder.

    (3) 8.7 Ghries

    • Ghries het 'n baie hoë viskositeit om te verseker dat dit behoorlik dek en vasklou aan die laer wat dit smeer.

    • Om roes te verminder • Om geraas te verminder • Help met die verkoelings van die laer • Verleng die lewensduur van die laer • Verminder wrywing (enige 2 x 1)

    (2)

    [15]

  • Meganiese Tegnologie 15 DBE/November 2015 NSS – Memorandum

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    VRAAG 9: STELSELS EN BEHEER 9.1 Rataandrywing 9.1.1 Aantal tande van tussenrat

    tande23=1000

    46 ×500=

    NT×N=T

    T×N=T×N

    B

    AAB

    BBAA

    (3) 9.1.2 Rotasiefrekwensie van die uitsetas

    r/min383,33=60

    23 ×1000=

    TT×N=N

    T×N=T×N

    C

    BBC

    CCBB

    OF

    r/min383,33=60

    46 ×500=

    TT×N=N

    T×N=T×N

    C

    AAC

    CCAA

    (3) 9.2 Katrolaandrywings 9.2.1 Diameter van die gedrewe katrol

    mm360=12

    600×7,2=

    ND×N=D

    D×N=D×N

    2

    112

    2211

    (3) 9.2.2 Drywing oorgedra:

    ( )

    kW2,44=Watts442,9 2=

    7,20,6π120)(300=PπDnTT=P 21

    ××−−

    N1202,5300=T

    2,5=TT

    2

    2

    1

    =

    OF

  • Meganiese Tegnologie 16 DBE/November 2015 NSS – Memorandum

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    (3)

    9.3 Hidroulika 9.3.1 Vloeistofdruk

    kPa881,74=

    Pa881744,837=

    Pa10×24,53645979

    4000=

    A

    F=P

    m10×24,53645979=

    4

    π

    0,076=

    4

    π

    D=A

    3-

    B

    B

    23-

    2

    2

    B

    (4)

    ( )

    kW2,44=Watts442,9 2=

    120,36π120)(300=PπdnTT=P 21

    ××−−

    N1202,5300=T

    2,5=TT

    2

    2

    1

    =

  • Meganiese Tegnologie 17 DBE/November 2015 NSS – Memorandum

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    9.3.2 Diameter van suier A

    √=

    =

    √××

    =

    ×=

    √=

    √×=

    ×=

    √=

    =

    =

    mm14,22m0,0142182

    π

    4101,59

    π4AD

    4πD

    101,59A

    101,5877609A

    N/m881744,837

    N140A

    PFA

    AFP

    P=P

    4

    A

    2

    4A

    4A

    2A

    B

    AA

    A

    AB

    BA

    (5)

    9.4

    Traksiebeheer

    • Voorkom wieltol / gly indien die drywing oorgedra na enige ander wiel wat die minimum traksie oorskry

    • Veiligheidstoestel vir voertuigbeheer (enige 1 x 2)

    (2) 9.5 Lugsakke

    Dit kan gesien word as 'n passiewe veiligheidstoestel omdat die drywer en passasiers nie die lugsakke hoef te aktiveer , of enigiets te doen om deur die lugsakke beskerm te word nie.

    (2) [25]

  • Meganiese Tegnologie 18 DBE/November 2015 NSS – Memorandum

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    VRAAG 10: TURBINES 10.1 Reaksieturbine

    • Francis • Kaplan • Tyson • Gorlov

    (Enige 2 x 1)

    (2) 10.2 Impulsturbine

    • Impulsturbine verander die snelheid van 'n waterstraal. • Die straal bots met die turbine se geboë lemme, wat die vloeirigting

    verander. • Die gevolglike verandering in momentum (impuls) oefen krag uit op

    die turbinelemme. • Omdat die turbine wentel (vinnig draai), word die krag oor 'n afstand

    uitgeoefen, terwyl die weggekeerde water met minder energie gelaat word.

    • Voordat dit die turbinelemme tref, word die waterdruk (potensiële energie) omgesit in kinetiese energie deur 'n straalpyp wat op die turbinelemme gekonsentreer is.

    • Geen drukverandering vind by die lemme plaas nie.

    (6) 10.3 Beheer van spoed van stoomturbine

    Om te voorkom dat die turbinerotor 'n oorspoedklink tot gevolg het, word die spuitkleppe wat die stoomvloei beheer, gesluit.

    (2) 10.4 Voordele van gasturbine

    • Gladde werking as gevolg van geen bewegende dele. • Geen bewegende dele soos 'n suier wat interne wrywing en slytasie

    veroorsaak. • Maklike aansit. • Gebruik 'n wye reeks brandstowwe • Geen waterverkoelingsisteem benodig nie. • Nie-giftige uitlaatgasse gee min probleme met besoedeling • Benodig min roetine instandhouding. • Baie hoë krag-teenoor-gewig-verhouding in vergelyking met

    suierenjin. • Beweeg slegs in een rigting met baie minder vibrasie as 'n

    suierenjin. • Lae werksdruk. • Hoë werkspoed. • Lae smeeroliekoste en -verbruik.

    (Enige 3 x 1)

    (3)

  • Meganiese Tegnologie 19 DBE/November 2015 NSS – Memorandum

    Kopiereg voorbehou

    10.5 Hulpkrageenhede

    • Om hulpkrag te voorsien aan groter masjiene. • Om saamgeperste lug te voorsien vir vliegtuigventilasie. • Om aansitkrag te voorsien vir groter straalenjin, elektriese en

    hidrouliese krag. (Enige 2 x 1)

    (2) 10.6 Doel van 'n drukaanjaer

    • Om die silinder met verhoogde druk te voorsien wat hoër is as atmosferiese druk.

    • Om die kompressiedruk in die silinder te verhoog. • Om die volumetriese doeltreffendheid te vermeerder van die enjin. • Meer enjindrywing te verhoog • Verminder kragverlies bo seevlak

    (Enige 2 x 1)

    (2) 10.7 Hoë hoogte

    • Teen hoë hoogte is minder suurstof beskikbaar vir verbranding. • Kragverlies

    (2) 10.8 Voordele turboaanjaer

    • Gebruik die uitlaatgasse om die turboaanjaer te laat werk. • Goedkoper • Minder kragverlies weens afwesigheid van rataandrywing

    (1) [20] TOTAAL: 200