graad 9: dvo gta: ekonomiese en bestuurswetenskappe ... · bladsy 10 of 41 assessering van hierdie...

41
GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A Bladsy 1 of 41 GEMEENSKAPLIKE TAAK VIR ASSESSERING (GTA) GRAAD 9 – 2009 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ONDERWYSERSBOEK AFDELING A Tema: Algemene Verkiesings - 2009 Voorgestelde tyd: 4 ure 160 punte Aantal bladsye: 40

Upload: others

Post on 26-Dec-2019

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 1 of 41

GEMEENSKAPLIKE TAAK VIR

ASSESSERING (GTA)

GRAAD 9 – 2009

EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

ONDERWYSERSBOEK

AFDELING A

Tema: Algemene Verkiesings - 2009

Voorgestelde tyd: 4 ure

160 punte

Aantal bladsye: 40

Page 2: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 2 of 41

Inhoudsopgawe

Inleiding 3

Taak 1

1.1 Die vloei van geld binne die ekonomiese siklus 5

1.2 Die rol van buitelandse sektor in die ekonomiese siklus 6

1.3 Vraag- en aanbodkurwes 7

Taak 2

2.1 Regering besteding en die HOP 8

Taak 3

3.1 Rekeningkunde en Finansiële terminologie 11

3.2 Inkomstestaat 13

3.3 Balansstaat 14

3.4 Metodes van betalings in die ekonomie 18

Taak 4

4.1 Bevordering van entrepreneurskap, bemarking en beplanning 19

Bylaes

A. Die ekonomiese siklus 23

B. Volhoubare Groei en Ontwikkeling 24

C. Bestuurs-, Verbruikers- en Finansiëlekennis en vaardighede 28

D. Entrepreneurskennis en -vaardighede 31

E. Rubriek om taak 2 te assesseer 32

F. Vloeidiagram – illustreer Ekonomiese Siklus 33

G. Balansstaat Templaat 34

H. Rubriek om taak 4 te assesseer 35

Woordelys 36

Page 3: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 3 of 41

INLEIDING

Die Tema van hierdie GTA is ‘Die 2009 Algemene Verkiesing’. U moet deurgaans na die

verkiesings en die Regering se prioriteite ten opsigte van die Heropbou- en Ontwikkelings

Programme (HOP) verwys. Die fundamentele take van die regering ten opsigte van HOP is:

1. Bevrediging van basiese behoeftes;

2. Ontwikkeling van ons menslike hulpbronne;

3. Opbou van die ekonomie en

4. Demokratisering van die staat en gemeenskap.

Hierdie prioriteite is ingebed in die Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW). Al vier

Leeruitkomste fokus op die fundamentele prioriteite wat hierbo genoem is. As EBW

onderwyser, is u verantwoordelikheid om ‘n bewustheid onder leerders te skep en om die

leerders te inspireer om aktief betrokke te raak in die volhoubare ekonomiese groei en

ontwikkeling van ons land.

Soos u deur die GTA werk, sal u oplet dat ons nie aan die verkiesingsveldtogte van individuele

politieke partye aandag gegee het nie, maar eerder ‘n bewustheid kweek van die regering se

belangrikste prioriteite.

Daar is vier take in die GTA. Ons het probeer om met elke taak op die spesifieke leeruitkoms te

fokus, maar soos u reeds weet, is hierdie leeruitkomste só inmekaar vervleg. Neem ook

asseblief kennis dat die formaat van die GTA vir hierdie jaar verander het.

Afdeling A van die GTA, dek al die leeruitkomste wat in die tweede kwartaal voltooi moet word.

Afdeling B sal aan die einde van die jaar geskryf word. Ons is daarvan bewus dat dit

onmoontlik is om die hele kurrikulum te voltooi voordat die Gemeenskaplike Take vir

Assessering voor die einde van die tweede kwartaal begin word. Die aktiwiteite wat voltooi

moet word, sluit werk in wat voorheen in grade 7 en 8 reeds afgehandel is. ‘n Opsomming vir

elke leeruitkoms is ingesluit by die GTA saam met ‘n Onderwysersgids en die woordelys as

ondersteuningsmateriaal.

Neem asseblief kennis van die tye wat toegeken is vir die aktiwiteite. Die tye wat die leerders

spandeer om die aktiwiteite te voltooi, moet onder u toesig gedoen word. Dit sluit nie die

voorbereidingstye in nie.

Page 4: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 4 of 41

Voordat die leerders met die aktiwiteite begin, stel ons voor dat u genoegsame tyd vir

voorbereiding sal toelaat, dat u deur die spesifieke afdelings met hulle sal gaan of doen

hersiening waar nodig om te verseker dat die leerders goed voorbereid is. U sal oplet dat ons

nie voorskriftelik is nie, omdat u u leerders baie goed ken en u sal weet hoeveel tyd u leerders

benodig vir voor-GTA voorbereiding. Neem ook asseblief kennis dat die GTA vereis dat

leerders in groepe, pare en/of individueel moet werk.

Voordat u met die GTA begin, moet u deur die vrae werk en seker maak dat die leerders

presies weet wat van hulle verwag word. Bespreek tydsbestuur met die leerders en beklemtoon

dat goeie kwaliteit werk ingehandig moet word, aangesien dit deel is van die Kritiese en

Ontwikkelings Uitkomste wat ons leerders ook moet bereik.

‘n Woordelys tot voordeel van die leerders, is aan die einde van die Leerderboek ingesluit.

Alles van die beste en geniet hierdie leerondervinding.

Page 5: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 5 of 41

TAAK 1

LU 1: The Ekonomiese Siklus

Aktiwiteit 1.1 AS 1 en 2 Instruksies:

Alvorens die leerders met die aktiwiteit begin, moet u Bylaag A saam met u leerders lees en

bespreek. Doen hersiening indien nodig. Laat leerders toe om hul handboeke of enige ander

relevante bron(ne) te gebruik.

Memorandum – Aktiwiteit 1.1 [Totaal vir hierdie aktiwiteit = 16] 1.1.1 Bespreek in jou eie woorde die rol van die regering, ondernemings, die

buitelandse sektor en huishoudings in die ekonomiese siklus.

Rol van die Regering

• Samel belasting van huishoudings en ondernemings in.

• Gebruik geld om goedere en dienste te voorsien

• Neem huishoudings indiens en betaal hulle lone en salarisse

• Neem ondernemings indiens – diens verskaffers, kontrakteurs ens

(Enige 3 X 1) = 3 punte

Rol van Ondernemings

• Hulle is vervaardigers

• Voorsien goedere en dienste aan huishoudings

• Ontvang geld van huishoudings vir die goedere en dienste

• Betaal lone en salarisse aan huishoudings vir arbeid

• Betaal belasting aan die regerings op winste verdien.

• Ontvang goedere en dienste van die regering. (Enige 3 X 1) = 3 punte

Rol van die buitelandse sektor

• Wisselwerking vind plaas tussen die ondernemings van die buitelandse sektor en die

Suid Afrikaanse ekonomiese siklus.

• Suid Afrika betaal geld vir ingevoerde goedere en dienste

• Suid Afrika ontvang geld vir goedere en dienste wat uitgevoer word na ander oorsese

lande.

• Suid Afrika belê geld oorsee

• Die buitelandse sektor belê geld in Suid Afrika (Enige 3 X 1) = 3 punte

Page 6: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 6 of 41

Rol van die huishoudings

• Huishoudings sluit in, verbruikers van goedere en dienste

• Spandeer geld op goedere en dienste

• Betaal belasting aan die regering op die inkomste wat hulle verdien - LBS

• Ontvang goedere en dienste van die regering bv. Gesondheiddienste, onderwys, paaie

• Verdien salarisse en lone in ruil vir arbeid. (Enige 3 X 1) = 3 punte

1.1.2 Wat is die bronne wat huishoudings voorsien?

• Arbeid

• Grond

• Kapitaal

• Entrepreneurskap (1 X 4) = 4 punte

Aktiwiteit 1.2 [Totale punte vir hierdie aktiwiteit = 12]

1.2.1 Omskryf internasionale handel kortliks

• Internasionale handel is wanneer verskillende lande met mekaar handel dryf. Hulle voer

of goedere in of voer goedere uit. Enige moontlike antwoord (1 x 1) = 1 punt

1.2.2 Wat is die hoof doelwit van SAOG?

• Verseker die ekonomiese welstand in die SAOG streek

• Verbeter lewenstandaarde en lewenskwaliteite

• Vryheid en maatskaplike billikheid

• Vrede en sekuriteit Enige (2 x 1) = 2 punte

1.2.3 Bestudeer die grafiek hieronder, wat Suid Afrika se mees belangrike

handelsvennote aandui en beantwoord die volgende vrae:

1.2.3.1 Watter lande is die grootste uitvoermarkte vir Suid Afrika?

• Angola en Mozambique (1 x 2) = 2 punte

Page 7: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 7 of 41

1.2.3.2 Gee ‘n rede waarom hierdie lande Suid Afrika se grootste uitvoermarkte is?

• Hulle is naby en hulle was afhanklik van Suid Afrika vir alle invoer- en uitvoergoedere.

2 punte

1.3.2.3 Verduidelik hoe Suid Afrika deur internasionale handel bevoordeel word?

• Vryhandel ooreenkomste in die SAOG streke

• Verdien buitelandse inkomste

• Werkskepping

• Uitvoer en bemark Suid Afrikaanse produkte en dienste

• Oorsese lande belê in Suid Afrika

(enige aanvaarbare antwoord van die leerders. Oop 1 punt vir elke voordeel

Identifiseer of genoem) (5 x1) = 5 punte

Aktiwiteit 1.3 [Totale punte vir hierdie aktiwiteit = 12]

1.3.1 Gebruik die inligting wat gegee is in die tabel hieronder (plot) die vraag- en

aanbodkurwes. Trek beide kurwes op dieselfde grafiek en dui die effek van vraag

en aanbod op pryse aan. Dui die ewewigsprys (E) op die grafiek aan.

25

20

15

10

5

0

P

rys v

an

pers

ke

s in R

an

d (

R)

5 10 15 20 25

Hoeveelheid perskes

Ewewigsprys

Aanbodkurwe Vraagkurwe

Page 8: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 8 of 41

Puntetoekenning vir die grafiek:

• Aanbodkurwe (1)

• Vraagkurwe (1)

• Ewewigsprys (2)

• Vertikale as = Prys (1)

• Horisontale as = Hoeveelheid (1)

• Teken en benoem (1) Totaal van 7 punte vir hierdie vraag

1.3.2 Interpreteer die grafiek in jou eie woorde.

• Vraag en aanbod is R12-00. Dit beteken dat die verbruikers gewillig is om R12 per boks te

betaal, en die produsente is bereid om teen R12-00 per boks aan te bied

= Ewewigsprys.

• Die teorie/wet oor vraag is, wanneer die vraag styg, gebeur dit wanneer pryse daal en

wanneer pryse styg, sal die vraag daal.

• Die teorie/wet oor aanbod is, wanneer pryse styg, die hoeveelheid aangebied verhoog, en

wanneer die prys daal, die hoeveelheid aangebied ook verminder.

Die leerders se antwoorde moet die bogenoemde insluit. Ken punte soos volg toe:

Teorie/wet oor vraag 2 punte

Teorie/wet oor aanbod 2 punte

Ewewigsprys 1 Punt Totaal van 5 punte vir hierdie vraag

TAAK 2

LU 2: Volhoubare groei, heropbou en ontwikkeling Aktiwiteit 2.1 LU1: AS 5; LU2: AS 1,2,3 en 4 Instruksies: Alvorens die leerders met die aktiwiteit begin, moet u Bylaag B saam met u leerders lees en

bespreek. Doen hersiening indien nodig. Laat leerders toe om hul handboeke of enige ander

relevante bronne te gebruik Hierdie aktiwiteit vereis van die leerders om ‘n koerantberig te

skryf. Indien u leerders nie weet hoe om ‘n koerantberig te skryf nie, gee aan hulle riglyne.

Page 9: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 9 of 41

Hierdie aktiwiteit vereis groepwerk en individuele insette. Leerders het 60 minute om die berig

te beplan. Nadat leerders die inhoud en struktuur van die berig in hul groepe bespreek het,

moet hulle terug gaan na hul sitplekke en die koerantberig binne 60 minute wat vir die aktiwiteit

toegeken is, voltooi. (Totale beplanning en aktiwiteit tyd: 2 ure: kyk na inhoudsopgawe)

Hierdie aktiwiteit vereis: Leerders werk in groepe en hou ‘n dinkskrum, beplan hoe om die berig

te skryf en om relevante inhoud te identifiseer. Onthou, die berig moet individueel geskryf word

en nie as ‘n groep nie.

• Leerders moet die berig vir die gemeenskapskoerant skryf oor hoe die regering beplan

om die belastingbetaler se geld te bestee. Hierdie koerantberig moet nie meer as 350

woorde bevat nie.

Die leerders se berig moet die volgende bevat:

1. ‘n Ontleding van die verandering in die regering se besteding tussen die

begrotings van 2007/2008 en 2008/2009 met betrekking tot Onderwys,

Gesondheid, Welsyn (maatskaplike) en Behuising.

2. Met verwysing na Bylaag B, moet leerders vier areas noem waar die regering wel

sy doelwitte bereik het.

3. ‘n Mening gee of die begroting voorsiening maak vir die vier sleutelprogramme

van HOP.

4. ‘n Verduideliking gee oor die belangrikheid van Onderwys vir ekonomiese groei

en ontwikkeling.

5. ‘n Evaluering doen, of die begroting ekonomiese groei bevorder deur

werkskepping en investering te bevorder.

6. ‘n Lys van faktore wat ekonomiese groei in Suid Afrika teenwerk op te stel, en

hoe die regering hierdie kwessies sal oorkom.

7. Wat kan gewone mense in Suid Afrika in hul daaglikse lewe doen om ekonomiese

groei en vooruitgang te bevorder?

Page 10: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 10 of 41

ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud.

• gebruik die rubriek hieronder om die leerder se werk te assesseer.

7 6 5 4 3 2 1

Uitstekende Bereiking

Verdienstelike

bereiking

Aansienlike bereiking

Voldoende bereiking

Middelmatige

bereiking

Elementêre bereiking

Nie

bereik

80-100% 70-79% 60-69% 50-59% 40-49% 30-39% 0-29%

24-30 punte

21-23 punte

18-20 punte

15-17 punte

12-14 punte

8-11 punte

0-8 punte

Korrekte lengte en goed geskryf. Demonstreer uitstekende begrip van hoe regering spandeer en hul prioriteite. Identifiseer faktore wat ekonomiese groei teenwerk, korrek Duidelik aangedui watter bydrae inwoners tot ekonomiese groei en ontwikkeling kan maak..

Korrekte lengte, redelik goed geskryf. Demonstreer goeie begrip van hoe regering spandeer en hul prioriteite Goeie identifikasie van faktore wat ekonomiese groei ontmoedig. Sluit goeie bydraes van inwoners in wat bydrae tot ekonomiese groei en ontwikkeling kan maak.

Artikel is duidelik, met korrekte lengte Demonstreer redelike begrip van hoe regering spandeer en hul prioriteite Identifiseer faktore wat ekonomiese groei ontmoedig. Sluit bydrae in van inwoners se bydrae tot ekonomiese groei en ontwikkeling.

Artikel nie altyd duidelik het ‘n mate van struktuur Demonstreer ‘n begrip van hoe regering spandeer en hul prioriteite Redelike identifisering van faktore wat ekonomiese groei ontmoedig. Sluit ‘n redelike bydrae wat inwoners se tot ekonomiese groei en ontwikkeling maak.

Artikel is heeltemal te lank of te kort. Demonstreer effense begrip van hoe regering spandeer en hul prioriteite. Identifiseer sommige faktore wat ekonomiese groei ontmoedig. Sluit sommige bydrae in wat inwoners maak tot ekonomiese groei en ontwikkeling.

Artikel is swak geskryf. Demonstreer begrip van hoe regering spandeer en prioriteite. Swak identifisering van faktore wat ekonomiese groei ontmoedig. Sluit geïsoleerde bydrae wat inwoners maak tot ekonomiese groei en ontwikkeling.

Swak geskryf en onvoltooid. Demonstreer geen Begrip van hoe regering spandeer en prioriteite Geen identifisering van faktore wat ekonomiese groei ontmoedig. Geen bydraes tot ekonomiese groei en ontwikkeling van inwoners word genoem nie.

Page 11: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 11 of 41

Die Nasionale Begroting en Regering Besteding

TAAK 3

LU 3: Bestuurs-, Verbruikers- en Finansiëlekennis en vaardighede Aktiwiteit 3.1 LU3: AS 1, 3 Alvorens die leerders met die aktiwiteit begin, moet u Bylaag C saam met u leerders lees en

bespreek. Doen hersiening indien nodig. Laat leerders toe om hul handboeke of enige ander

relevante bronne te gebruik

Leerders moet vir die voltooiing van die blokkiesraaisel in pare werk. Vra aan die leerders om

die blokkiesraaisel (bladsy 12) uit hul werkboek te skeur. Leerders het 15 minute vir hierdie

aktiwiteit. Sodra die aktiwiteit voltooi is, moet u die blokkiesraaisel inneem en nasien.

Memorandum vir aktiwiteit 3.1 [Totale punte vir hierdie aktiwiteit = 12]

1 B

1 K

R

E

D

I

E

T

E

E

3 K

A

P

I

T

A

A

L

6 V

D

5 W

E

R

4 U

I

T

G

A

W

E

S

R

Y

N

L

F

8 O

S

2 L

I

S

O

A

E

B

R

7 V

A

S

T

E

B

A

T

E

S

A

T

T

T

R

9 D

E

B

I

E

T

E

E

O

S

K

10 K

O

N

T

A

N

T

K

11 E

I

E

N

A

A

R

S

B

E

L

A

N

G

Page 12: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 12 of 41

Antwoorde Dwars:

1. Krediete

3. Kapitaal

4. Uitgawes

7. Vaste bates

9. Debiete

10. Kontant

11. Eienaarsbelang

Antwoorde Af:

1. Bedryfsbates

2. Laste

5. Wins

6. Verlies

8. Oortrokke

Aktiwiteit 3.2 LU3: AS 1, 3 [Totale punte vir hierdie aktiwiteit = 18]

In hierdie aktiwiteit moet die leerders die Inkomstestaat van Thabo se Brei Maatskappy vir die

jaar geëeindig 28 Februarie 2009 op bladsy 11 in die leerderboek, en beantwoord vrae oor die

inkomstestaat. Tyd toegestaan: 15 minute vir hierdie aktiwiteit.

‘n Afskrif van die Inkomstestaat van Thabo se Brei Maatskappy is op die volgende bladsy vir

maklike verwysing.

Page 13: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 13 of 41

Thabo se Brei Maatskappy Inkomstestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2009

Verkope 30 000 00

Koste van verkope (10 000 00)

Bruto wins 20 000 00

Ander bedryfsinkomste 3 400 00

Huur inkomste 3 400 00

Bruto Bedryfsinkomste 23 400 00

Bedryfsuitgawes (8 400 00)

Lone en Salarisse 6 000 00

Telefoon 300 00

Skryfbehoeftes 400 00

Posgeld 100 00

Advertensies 1 600 00

Bedryfswins vir die jaar 15 000 00

Rente Inkomste 3 000 00

Netto wins na rente 18 000 00

Rente uitgawe (2 000 00)

Netto wins vir die jaar 16 000 00

Memorandum vir aktiwiteit 3.2

3.2.1 Die inkomstestaat is in twee afdelings verdeel: inkomste en uitgawes.

a. Watter items word onder die inkomste afdeling gesorteer?

• Verkope en Huur inkomste 2 punte

b. Watter items verminder inkomste?

• Koste van verkope en die bedryfsuitgawes 2 punte

Page 14: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 14 of 41

3.2.2 Indien Thabo se Brei Maatskappy (TBM) ‘n inskrywing “huur inkomste” in die

inkomstestaat het, beteken dit TBM betaal huur aan iemand, of ontvang huur

van iemand?

• TBM ontvang huur. 1 punt

3.2.3 Watter items maak deel uit van die uitgawes? Waarom is hierdie uitgawes

noodsaaklike uitgawes vir die onderneming?

• Lone en salarisse, telefoon, skryfbehoeftes, posgeld en advertensies is uitgawes

3 punte

• Die onderneming moet arbeid betaal en ook die bokoste betaal wat verband hou

met die vervaardiging van die goedere wat verkoop word. 2 punte

3.2.4 Gebruik die inligting op die inkomstestaat om jou te help om die verskille tussen

die volgende begrippe te verduidelik: bruto wins, bruto inkomste en netto wins vir

die jaar.

• Bruto wins: is die totale wins verdien van goedere wat verkoop is nadat koste

van die material wat gebruik is om die goedere te maak, afgetrek is. 2 punte

• Bruto inkomste: is die totale inkomste (insluitend huur inkomste) nadat direkte

koste van produksie afgetrek is. 2 punte

• Netto wins: is die oorblywende inkomste nadat al die uitgawes en vaste koste

afgetrek is. 2 punte

3.2.5 Verduidelik in jou eie woorde waarom rente uitgawe nie deel is van

bedryfsuitgawes nie.

• Rente uitgawe is nie deel van bedryfsuitgawes nie, omdat rente deur die bank vir

lenings wat aan die onderneming uitgereik is, gehef word;

Dit is koste teen laste 2 punte

Aktiwiteit 3.3 LU3: AS 1 & 3 [Totale punte vir hierdie aktiwiteit = 24]

Hierdie aktiwiteit assesseer die leerder se vermoë om ‘n Balansstaat en die Notas tot die

Balansstaat op te stel. Die leerders moet die toepaslike inligting op die templaat wat voorsien

is, invul. Leerders het 30 minute vir hierdie aktiwiteit.

Page 15: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 15 of 41

Die Proefbalans van Allan se Voedsel Mark is op die volgende bladsy in hierdie boek.The

Instruksies:

1. Hierdie aktiwiteit moet individueel gedoen word.

2. Leerders moet die Proefbalans op bladsy 13 in hul werkboeke bestudeer, en dan die

Balansstaat van Allan se Voedsel Mark op 31 Maart 2009 opstel.

3. Die leerders moet die notas vir die Balansstaat op 31 Maart 2009 insluit.

4. Sê aan die leerders dat die Netto wins op 31 Maart 2009 R80 300 is, hulle sal die

inligting benodig om die Balansstaat te voltooi.

5. Vra dat die leerders die templaat van die Balansstaat agter in hul werkboeke, moet

uitskeur.

Boeke – BYLAAG G

Page 16: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 16 of 41

PROEFBALANS VAN ALLAN SE VOEDSEL MARK OP 31 MAART 2009

Fol Debiet Krediet

Balansstaatrekening afdeling

Kapitaal B1 250 000 00

Onttrekkings B2 3 000 00

Lang termyn lening: ABC Bank B3 50 000 00

Grond en geboue B4 114 300 00

Toerusting B5 15 000 00

Handelsvoorraad B6 110 000 00

Bank B7 130 000 00

Kleinkas B8 500 00

Debiteure B9 11 500 00

Krediteure B10 4 000 00

Nominalerekeninge Afdeling

Verkope N1 130 000 00

Koste van verkope N2 39 000 00

Huur inkomste N3 1 400 00

Rente inkomste N4 3 500 00

Salarisse N5 11 500 00

Advertensies N6 1 500 00

Rente uitgawe N7 2 300 00

Verpakkingsmateriaal N8 300 00

438 900 00 438 900 00

Page 17: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 17 of 41

Memorandum vir aktiwiteit 3.3 [Totale punte vir hierdie aktiwiteit = 24]

ALLAN SE VOEDSEL MARK Balansstaat op 31 Maart 2009

Aktiwiteit 3.4 LU3: AS 6 [Totale punte vir hierdie aktiwiteit = 6]

NIE-BEDRYFSBATES 129 300 00 √

Roerende bates 1 129 300 00 √

BEDRYFSBATES 252 000 00 √

Handelsvoorraad 110 000 00 √

Handels- en ander debiteure 11 500 00 √

Kontant en kontantekwivalente 2 130 500 00 √

TOTALE BATES 381 300 00 √

EIENAARSBELANG 3 327 300 00 √

NIE-BEDRYFSLASTE (L/T Lening) 50 000 00 √

BEDRYFSLASTE 4 000 00 √

Handels- en ander krediteure 4 4 000 00 √

TOTALE EKWITEIT EN LASTE 381 300 00 √

1

Roerende Bates (Nie-bedryfsbates)

Grond en geboue Toerusting Totaa

Kosprys 114 300 √ 15 000 √ 129 300 00 √

2 Kontant- en kontantekwivalente

Bank 130 000 00 √

Kleinkas 500 00 √

130 500 00 √

3 Eienaarsbelang

Aanvangsaldo (1 Maart ) 250 000 00 √

Netto Wins 80 300 00 √

Onttrekkings ( 3 000 00 ) √

327 300 00 √

4 Handels- en ander krediteure

Krediteure 4 000 00 √

4 000 00 √

Page 18: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 18 of 41

Metodes van Betalings In hierdie aktiwiteit word van die leerders verwag om die volgende begrippe in hul eie woorde te verduidelik. Leerders het 10 minute vir hierdie aktiwiteit. Memorandum vir aktiwiteit 3.4

Verduidelik die volgende begrippe in jou eie woorde:

3.4.1 Debietkaarte en “smart” kaarte

Debietkaarte of “smart” kaarte maak dit vir jou moontlik om deur middel van die OTM, geld te

deponeer, onttrek en om die jongste saldo’s op jou rekeninge aan te vra. Hierdie kaarte ka n

ook gebruik word om vir aankope te betaal sonder om kontant by jou te dra.

2 punte

3.4.2 Tjeks

Mense met tjek (lopende) rekening fasiliteite by ‘n bank kan hul aankope per tjek betaal. Dit

word as kontantbetalings gereken, omdat die koper se bank die bedrag volgens die inligting op

die tjek, in die verkoper se bankrekening inbetaal 2 punte

3.4.3 Posorders

Soms wil mense geld aan ‘n ander persoon in ‘n ander dorp stuur. Die Poskantoor verkoop

posorders wat die koper dan aan die ontvanger van die geld per pos stuur. Met die toon van sy

identiteitsdokument, ruil die ontvanger die posorder by ‘n plaaslike poskantoor vir kontant.

‘n Posorder verval nooit, dus kan die begunstigde dit enige tyd vir kontant inruil. 2 punte

Page 19: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 19 of 41

TAAK 4

LU 4: Entrepreneurskennis, -vaardighede, en houdings Aktiwiteit 4.1 LU4: AS 1, 3 & 5 Instruksies: Alvorens die leerders met hierdie aktiwiteit begin, moet u Bylaag D lees en met u leerders

bespreek. Doen hersiening indien nodig. Leerders moet toegelaat word om hul handboeke of

enige ander relevante bron te gebruik. Hierdie aktiwiteit is prêt, en die leerders moet hul

kreatiwiteit nou gebruik. U mag die gevallestudie aan die leerders voorlees, of een van die

leerders kan dit hardop lees. Ondersteun die leerders en maak seker hulle verstaan die

gevallestudie, verdeel hulle dan in groepe.

Groepwerk: In hierdie groepaktiwiteit, moet leerders in hul groepe werk en ‘n dinkskrum hou

oor die idees vir die ontwerp van ‘n plakkaat en die programskedule vir die seminaar. Dit moet

op ‘n breinkaart aangeteken word. Elke groep sal dus een breinkaart voorberei, een plakkaat

en een program opstel. Elke lid van die groep moet ‘n afskrif van dié breinkaart, plakkaat en

program ingee en liasseer. Leerders het 60 minute vir hierdie aktiwiteit.

Werk individueel : Elke leerder moet ‘n kort verslag van die seminaar skryf. Die verslag moet

nie langer as 250 woorde wees nie. Leerders het 65 minute vir hierdie aktiwiteit.

Gebruik die rubriek op bladsy 20 om hierdie aktiwiteit te assesseer.

Page 20: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 20 of 41

Gevallestudie: “Kick-starting small businesses and a business called ”Events and Catering”BK Abdul Steleki is van “Buffalo City” in Oos London. 5 Jaar gelede het hy ‘n klein

geleentheidsonderneming vir klein funksies in sy motorhuis begin. Hy het finansieël swaar

gekry om te oorleef en byna tou opgegooi. Gelukkig he thy ‘n koerantberig in die Sunday Times

gesien wat handel oor “Kick-starting small businesses”. Lees die berig op bladsy 16.

Hy het onmiddelik die DHN inbelsentrum geskakel om uit te vind van die ‘een-stop winkel’ in die

Oos Kaap en hy het ‘n afspraak gemaak. Hy het sedertdien nog nooit weer teruggekyk nie.

Sy onderneming het gegroei van ‘n klein eenmansaak tot ‘n Beslote Korporasie met 8 aktiewe

lede. Die onderneming dryf handel onder die naam “Events and Catering”BK.

“Events and Catering”BK het onlangs ‘n groot tender van die regering ontvang. Die nuut

verkose regering het belowe om meer as 3 miljoen werksgeleenthede oor die volgende vyf jaar

te skep. Die DHN het die mandaat ontvang om hierdie proses voort te sit. Die

bemarkingsafdeling van die DHN het die tender aan “Events and Catering” BK toegestaan om

al hulle seminare, konferensies en werkswinkels te koördineer.

Die eerste seminaar sal oor twee dae in die Durban se Konvensie Sentrum op 13 en 14 Julie

2009 gehou word.

Page 21: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 21 of 41

“Kick-starting small businesses”

Sipho Mseleku, Hoof Uitvoerende Beampte van beide die Sakekamer en Nywerhede

van Suid Afrika en die Nasionale Afrika Federale Sakekamer en Nywerhede, het die

volgende te sê oor entrepreneurs:

‘Baie entrepreneurs het uitstekende idees maar beskik nie oor die nodige vaardighede

en inligting om suksesvol te wees nie. Daar is ‘n tekort aan blootstelling en

entrepreneurs weet nie hoe om die dienste wat beskikbaar is te gebruik nie. Wanneer

al die dienste in ‘n een-stop winkel gekombineer word, sal dit makliker wees om die

entrepreneurs op te lei en die klein sake te begin.

Gedurende ‘n onlangse onderhoud met “Sunday Times Business” se verslaggewer, was

Mseleku baie krities ten opsigte van die wyse waarop die regering die kleinsake

ontwikkelings se inisiatiewe gestruktureer het. Hy verwys na die Umsobomvu Jeug

Fonds, wat finansies vir jong entrepreneurs beskikbaar stel. Khula Enterprise Finance

voorsien die banke van waarborge vir die lenings en Ntsika Enterprises, wat inligting en

mentor dienste verskaf. Terwyl hierdie organisasies reeds ‘n mate van sukses behaal

het, is vele miljoene rande van befondsing en meer as ‘n miljoen werksgeleenthede in

die proses geskep het, sê hy dat elke entrepreneur met elk van die organisasies moet

saamwerk, sowel as die Departement van Handel en Nywerheid (DHN). Dit bemoeilik

die proses om ‘n onderneming te begin, met die gevolg dat entrepreneurs baie

verward raak.

Mseleku stel voor dat hierdie instansies ‘n beter bydrae kan lewer deur hul aanbiedinge

by ‘n een-stop “besigheid geleentheid sentrum beskikbaar gestel word. Hy he took

gemeld dat hierdie sentrums landwyd beskikbaar gestel moet word sodat ontwikkeling

nie slegs tot groot sentrums beperk is nie. Soos dit is, is entrepreneurs geforseer om na

groter stede te gaan en gebiede waar klein en medium besighede (KKMO’s) ‘n groter

invloed kan hê sodat ontwikkeling en investering nie ontneem word nie.

Geneem uit: “It’s time to get our SME act together”, by Nicholas Neveling.

(Sunday Times – Business Times)

Page 22: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 22 of 41

Naam van leerder: ____________________________

7 6 5 4 3 2 1

Uitstekende Bereiking

Verdienstelike

bereiking

Aansienlike bereiking

Voldoende bereiking

Middelmatige

bereiking

Elementêre bereiking

Nie

bereik

80-100% 70-79% 60-69% 50-59% 40-49% 30-39% 0-29%

Groep Werk 16-20 marks

Groep Werk 14-15 marks

Groep Werk 12-13 marks

Groep Werk 10-11 marks

Groep Werk 8-10 marks

Groep Werk 6-7 marks

Groep Werk 0-5 marks

Uitstekende breinkaart. Sluit die 4 P’s van bemarking in. Toon beplanning en konsulterende proses. Plakkaat baie kreatief, trek aandag en op die punt af, goed op die teiken mark gerig. Programme goed ontwerp en sluit al die elemente van tyd, onderwerp, die name van aanbieders, middagete en tee tye in.

‘n Baie goeie breinkaart. Sluit vier P’s van bemarking in. Toon beplanning en konsulterende proses. Plakkaat: trek aandag, op die punt af, en goed op die teiken mark gerig. Programme goed ontwerp en sluit meeste elemente van tyd, onderwerp, name van aanbieders, middagete en teetye in.

Goed opgestelde breinkaart. Sluit vier P’s van bemarking in. Toon beplanning en konsulterende proses. Plakkaat: trek aandag en op die punt af. Nie goed gerig op die teiken mark nie. Programme goed ontwerp en sluit sekere elemente van tyd, onderwerp, name van aanbieders, middagete en teetye in.

Goed opgestelde breinkaart. Sluit vier P’s van bemarking in. Toon gedeeltelike beplanning en konsulterende proses. Plakkaat: Redelik goed ontwerp en op die punt af, maar nie op die teiken mark gerig nie. Programme kan verbeter en sluit elemente van tyd, onderwerp name van aanbieders middagete en teetye in.

Swak breinkaart. Sluit vier P’s van bemarking in Geen beplanning en konsulterende proses. Plakkaat: Nie goed ontwerp nie. Slegs enkele fokuspunte op die teikenmark. Programme -duidelikheid en fokus ontbreek.

Swak breinkaart. Sluit nie vier P’s van bemarking in nie. Geen beplanning en konsulterende proses. Plakkaat: Swak ontwerp en nie geskik vir die teiken mark nie. Programme baie swak ontwerp geen logiese struktuur

Swak breinkaart. Sluit nie vier P’s van bemarking in nie. Geen bewys van beplanning en konsulterende proses nie. Plakkaat: Voldoen nie aan die vereistes nie.. Programme is nie gestruktureerd nie en baie van die elemente is uitgelaat.

Individuele

Verslag 8-10 punte

Individuele

Verslag 7 punte

Individuele

Verslag 6 punte

Individuele

Verslag 5 punte

Individuele

Verslag 4 punte

Individuele

Verslag 3 punte

Individuele

Verslag 0-2 punte

Baie goed gestruktureerd verslag met duidelike motiverings.

Baie goed gestruktureerd verslag met goeie motiverings.

‘n Goeie verslag met positiewe houdings

‘n Redelike verslag. Vereis meer insette.

Moet meer fokus op struktuur en inhoud.

Swak geskrewe verslag. Toon baie min pogings..

Swak geskrewe verslag en onvolledig. Geen poging aangewend.

Individuele

Verslag 8-10 punte

Individuele

Verslag 7 punte

Individuele

Verslag 6 punte

Individuele

Verslag 5 punte

Individuele

Verslag 4 punte

Individuele

Verslag 3 punte

Individuele

Verslag 0-2 punte

Page 23: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 23 of 41

BYLAAG A DIE EKONOMIESE SIKLUS Opsomming Ekonomiese stelsels soos kapitalisme en kommunisme is ontwikkel om voorsiening te maak vir die behoeftes en begeertes van die gemeenskap. Hierdie stelsels bepaal hoe die ekonomiese aktiwiteite in die land uitgevoer sal word, aangesien dit die produksiefaktore (nasionale hulpbronne, arbeid, kapitaal en entrepreneurskap) en die voorsiening van goedere en dienste beheer. Die meeste ekonomieë is mark-georiënteerd omdat regerings toelaat dat wat geproduseer sal word, deur die mark bepaal sal word. Suid Afrika het ‘n gemengde ekonomie wat beteken dat sommige voordele van kommunisme en kapitalisme gekombineer word. Die vloei van geld en goedere in die ekonomiese siklus in die ekonomie van huishoudings, (verbruikers) tot vervaardigers (besighede) en weer van vervaardigers tot huishoudings. Die regering en die buitelandse sektor, is ook deel van die ekonomiese siklus. Die buitelandse sektor is belangrik vir die Suid Afrikaanse ekonomie omdat dit ‘n mark vir Suid Afrikaanse uitvoere skep, en dit voorsien produkte en dienste wat Suid Afrika moet invoer. Investering is ook afkomstig van die buitelandse sektor. Die regering stel handelsooreenkomste met handelsvennote wêreldwyd op, sodat hierdie soort handel aangemoedig word om invoere te beheer, deur invoerbelasting in te stel. Vraag en aanbod beïnvloed pryse en is nou verwant. Die aanvraag styg gewoonlik wanneer pryse daal en daal wanneer pryse styg. Kompetisie en beskikbaarheid van produkte beïnvloed ook die vraag. Vervaardigers wil graag teen die hoogste pryse voorsien, sodat die verbruikers die pryse kan betaal, en hulle winste kan styg. Sodoende word ‘n ewewigsprys vir die goedere bereken. Alvorens die vervaardigers ‘n wins kan maak, moet hulle die gelykbreekpunt van die goedere wat hulle wil verkoop, bepaal. Die vraag kan elasties of nie-elasties wees. Vakbonde het tot dusver ‘n groot rol in die veranderende Suid Afrikaanse ekonomie gespeel Hulle het oor die afgelope aantal jare baie sterker geword, en dit reggekry om stakings te wettig en vir beter loon- en werksomstandighede vir hul lede te onderhandel. Die vakbonde het ook ‘n politieke rol om te speel. ‘n Hele aantal vakbonde is met die groter organisasies COSATU, Fedusa en Nactu geaffilieer. Die nasionale begroting beïnvloed die ekonomie omdat die regering belasting hef en hulle oor ‘n program van besteding beskik. Die regering vorder inkomstes van indivudue en besighede in.

Page 24: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 24 of 41

BYLAAG B VOLHOUBARE GROEI EN ONTWIKKELING Opsomming Die regering spandeer die inkomste belasting wat hulle van landsburgers en besighede ontvang, volgens ‘n finansiële program, naamlik die nasionale begroting. Die Minister van Finansies beplan die begroting volgens die doelstellings wat deur die staat gestel is. Hierdie begrotingsplan word elke jaar in die Parlement gedurende Maart elke jaar voorgelees. Sedert 1994, was die regering se hoof doelwit om volhoubare ekonomiese groei en ontwikkeling in die land te bevorder en die ongelykhede in gemeenskappe aan te spreek. Soos wat hierdie pogings positiewe resultate oplewer, word dit al hoe belangriker dat goeie handelsverhoudings met buitelandse markte ontwikkel word. Suid Afrika is ook in ‘n gunstige posisie om as vennoot van buurlande op te tree en sterk, ekonomieë en gemeenskappe te ontwikkel. Die Heropbou en Ontwikkelingsprogram (HOP) wat deur die vorige regering van nasionale eenheid ontwikkel is, om ongelykhede wat in die verlede in Suid Afrika bestaan het, aan te spreek, het vele inspererende sukses verhale, asook ‘n groot hoeveelheid kritiek ontvang. ‘n Gesonde groeiende ekonomie gee aan mense die geleenthede om hul eie persoonlike welvaart te skep deur ‘n deel van hul inkomste te spaar en te belê om vir toekomstige voorspoed voorsiening te maak. Terselfdertyd word opgehoopte besparings en beleggings in finansiële instellings – banke, versekeringsmaatskappye en eiendomstrusts – beteken dat groot bedrae kapitaal vir groot projekte beskikbaar sal wees. Kommersiële en industriële eiendomme, myne, enige grootte besigheid, word deur hierdie fondse gefinansier. Vele werksgeleenthede word deur sulke ontwikkelings geskep. Hierdeur versprei die welvaart skepppingspotensiaal na baie gesinne en hul gemeenskappe. Hierdeur dra welvaart skeppingsmiddele – spaarrekeninge, eiendomsbeleggings, annuïteite en ekwiteite – by tot algemene ekonomiese vooruitgang en groei. Terwyl baie besighede tegnologie gebruik om produktiwiteit te verbeter, kan hierdie ‘n swak strategiese keuse in ‘n land soos Suid Afrika met uitermate hoë werklooheidsyfers wees. Gesofistikeerde tegnologie lei gewoonlik tot werksverliese. ‘n Beter opsie sal wees om maniere te vind om arbeidsbekwaamheid deur middle van onderwys, vaardigheids opleiding en motivering en ook om na maniere te kyk om toerusting en masjinerie wat tans in gebruik is meer doeltreffend te gebruik. Globalisering skep ook geleenthede om groter markte te vind sodat produksiekoste verlaag kan word deur skaal ekonomieë te praktiseer. Die kompetisie wat die uitvoerder mee te doen het in die internasionale mark, beteken dat produktiwiteitsvlakke gereeld dopgehou en ontwikkel moet word, sodat pryse en die kwaliteit van produkte kompeterend en tot die voordeel van die verbruiker bly.

Page 25: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 25 of 41

SAOG Die Suid Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) bestaan sedert 1980 toe dit as ‘n alliansie van nege meerderheidsregerende State in Suider Afrika bekend was as die Suider Afrikaanse Ontwikkelings Koördinerings Konferensie (SAOKK), met die doel om ontwikkelingsprojekte te koördineer sodat ekonomiese afhanklikheid in die vorige apartheidsregering van Suid Afrika kon verminder. Die Stigting State was: Angola, Botswana, Lesotho, Malawi, Mozambique, Swaziland, Verenigde Republiek van Tanzania, Zambia en Zimbabwe. Die SAOKK is in Lusaka, Zambia op 1 April 1980 gestig, gevolg deur die Lusaka Deklarasie – Suider Afrika: Teenoor Ekonomiese Bevryding. Die verandering van die organisasie vanaf Koördinerings Konferensie tot Ontwikkelings Gemeenskap (SAOG) het op 17 Augustus 1992 in Windhoek, Namibia plaasgevind toe die Deklarasie by die Leiersberaad van Staatshoofde en regering geteken is, en die organisasie gewettig is. Die Lidlande is: Angola, Botswana, the Demokratiiese Republiek van die Kongo, Lesotho, Madagaskar, Malawi, Mauritius, Mozambique, Namibia, Suid Afrika, Swaziland, Verenigde Republiek van Tanzania, Zambia en Zimbabwe. Die SAOG hoofkwartiere is in Gaborone, Botswana. Die SAOG se Visie Die SAOG se visie is dié van ‘n gemeenskaplike toekoms, ‘n toekoms binne streeksgemeenskappe wat ‘n gesonde ekonomie sal verseker, verbetering van lewensstandaarde en –kwaliteite, vryheid en sosiale geregtigheid, asook vrede en veiligheid vir die mense van Suider Afrika. Hierdie gemeenskaplike visie is gefundeer op die algemene waardes en beginsels en die historiese en kulturele ooreenkomste tussen die mense van Suider Afrika. Herstrukturering van SAOG Tydens ‘n Buitengewone Leiersberaad op 9 Maart 2001, in Windhoek, Namibië, is goedkeuring gegee vir ‘n Verslag vir die Herstrukturering van die SAOG Instansies. Hierdie verslag het bestaan uit ‘n Buitengewone Agenda wat meer duidelike beginsels soos ontwikkeling, fasilitering en bevordering van handel en beleggings, asook veranderende demografie. Gebasseer op die bogenoemde beginsels, sluit die Buitengewone Agenda die volgende in:

• die bevordering van volhoubare en billike ekonomiese groei en sosio-ekonomiese ontwikkeling wat armoedeverligting sal meebring met die uiteindelike doel om dit geheel en al uit te wis.

• die bevordering van gemeenskaplike politieke waardes, stelsels en ander gemeenskaplike waardes wat deur demokratiese, wettige en effektiewe instansies oorgedra word; en

• die konsolidering en handhawing van demokrasie, vrede en veiligheid.

Page 26: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 26 of 41

In teenstelling met die streeksgebasserde koördinasie van sektorale aktiwiteite en programme, het die SAOG nou ‘n meer gesentraliseerde benadering gebruik, deur die 21 Koördinerende Eenhede in vier groepe te verdeel, naamlik:

– Handel, Nywerheid, Finansies en Beleggings; – Voedsel, Landbou en Natuurlike hulpbronne; – Infrastruktuur en Dienste; – Sosiale en menslike Ontwikkeling en Spesiale Programme.

DOELWITTE VAN DIE HEROPBOU- EN ONTWIKKELINGS PROGRAMME

VOORSIEN IN BASIESE BEHOEFTES • Voorsiening van gratis basiese dienste soos water en elektrisiteit

• Voorsiening van behuising- en grondsubsidies aan persone wat onder ‘n sekere inkomste vlak lewe.

• Subsidering aan boere wat vanuit voorheen benadeelde groepe kom.

• Verbetering van publieke vervoer deur voorsiening te maak van subsidies vir bus- en treinvervoer.

• Herkapitaliseringsprogramme van taksi’s

• Verbetering van die infrastrukture soos paaie, spoorlyne, hospitale en skole.

• Versekering van skoon en veilige omgewings.

• Voorsiening van gesondheidsorg aan persone wat nie private gesondheidsorg kan bekostig nie.

• Opgradering van hospitale en toerusting en opleiding van gesondheidsorg personeel.

• Voorsiening van sosiale toelaes bv. Pensioene, kinderondersteuning en ongeskiktheidstoelaes.

• ONTWIKKELING VAN MENSLIKE HULPBRONNE • Bekendstelling van programme om die onderwys en opleiding van voorskool tot

tersiêre vlak te verbeter.

• Begin kuns-, kultuur-, sport- en ontspanningsprogramme in arm gemeenskappe.

• Jeug ontwikkelingsprogramme soos byvoorbeeld “Umsubomvu Youth Fund” leerderskap en internskappe.

• Verbetering van vaardighede deur opleiding te gee en die fondse van die Vaardigheidsontwikkeling toelaag te gebruik

OPBOU VAN DIE EKONOMIE Finansiële hulp en advies aan klein ondernemings om te groei. Hulp nywerhede om te groei sodat hulle meer internasionaal kompeterend word en meer mense in diens neem. Om indiensneming en vaardigheidsontwikkeling te verhoog deur kontraktering van die werkloses.

Page 27: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 27 of 41

Om te werk aan projekte wat deur die regering befonds word, soos die Program vir die Uitbreiding van Openbare Werke.

• Verbetering van infrastruktuur soos kragstasies, damme, paaie, spoorlyne, hawens, lughawens, behuising, hospitale en skole.

DEMOKRATISERING VAN DIE STAAT EN GEMEENSKAPPE Versekering van demokrasie deur gereelde verkiesings te hou

• Ons toegang tot regte en inligting deur die Regering te verbeter.

• Kommunikasie en Inligtingsdienste (KID)

• Stigting van Meerdoelige Gemeenskap Sentrums (Thusong Dienssentrum) sodat persone verskillende regeringsdienste op ‘n sentrale plek kan kry. Indiensneming van duisende gemeenskap ontwikkeling werkers (GOW) om persone te help om toegang tot dienste en geleenthede te kan kry

• Verdieping van demokrasie deur “izImbizos,” wykskomitees, gemeenskapspolisie forums en skool beheerliggame.

Sedert 1994, het die regering die volgende voorsien: • Meer as 2 miljoen huise aan arm mense.

• Gratis onderwys vir ongeveer 5 miljoen leerders elke jaar.

• Maandelikse pensioene of ander maatskaplike toelaes word aan meer as 12 miljoen mense betaal.

• Gratis water en elektrisiteit aan meeste stadsinwoners.

• Gemiddelde bedrag van R500 per maand vir gesondheidsorg aan elke gesin wat nie oor ‘n mediese hulpskemas beskik nie.

• Gratis antiretrovirale behandeling aan meer as 250 000 HIV pasiënte.

Page 28: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 28 of 41

BYLAAG C BESTUURS-, VERBRUIKERS-, EN FINANSIËLEKENNIS EN VAARDIGHEDE Opsomming Lees die onderstaande opsomming. Verstaan jy al die vetgedrukte woorde? Indien jy nie seker is nie, gaan terug en lees weer wat die betekenis van elke woord is. In hierdie module het jy van meer intensiewe boekhoudings en rekeningkundige praktyke geleer. Dit sluit in opsommende inligting van die brondokumente in een of ander joernaal. Die joernaal wat gekies word, is of die kontantontvangste joernaal, kontantbetalings joernaal debiteure joernaal, debiteure grootboek, krediteure joernaal of die krediteure grootboek – afhangende van die soort brondokument wat gebruik is. Die totale van elke joernaal word in ‘n ander boek aangeteken, naamlik die algemene grootboek. In hierdie boek word al die transaksies van die onderneming saamgevat. Die algemene grootboek toon die transaksies van die bates, ekwiteit en laste van die onderneming. Boekhouers kontroleer die akkuraatheid van die transaksies in die algemene grootboek deur ‘n proefbalans op te stel, alvorens die finansiële state vir die onderneming opgestel word. Teen die einde van ‘n gewone periode, gewoonlik die finansiële jaar van die onderneming, neem die rekenmeester die syfers in die proefbalans wat deur die boekhouer opgestel is, om die inkomstestaat en balansstaat vir die periode op te stel. Hierdie inligting in die twee finansiële state is baie waardevol vir die eienaar en die bestuurders van die onderneming, omdat dit die finansiële stand van die onderneming aandui en dat belangrike besluite ten opsigte van die toekoms van die onderneming geneem kan word. Vergelykings kan gemaak word, deur middel van verhoudings (ratio’s) te bereken sodat die winsgewendheid, solvabiliteit en likiditeit van die onderneming bepaal kan word. . Die module sluit ook eienskappe, voor- en nadele van verskillende betaalmiddele in die ekonomie in. Die verskillende maniere van kredietaankope word ondersoek en die voordele om goedere en dienste eerder kontant aan te koop word in oorweging gebring. Eenheid 4 bespreek die invloed van besighede op die gemeenskap en die omgewing. Daar word ook gekyk na die rol wat openbare betrekkinge in ‘n onderneming, wat betrokke is by sosiale verantwoordelikheid en omgewings verantwoordelikheid, speel. Die aksies van die ondernemings wat met gemeenskappe werk om die lewens van mense te verbeter wat in armoede leef. Jy het die geleentheid gekry om strategieë van sommige Suid Afrikaanse organisasies van maatskaplike en gemeenskaps verantwoordelikheid na te vors. Die laaste gedeelte van die module word afgesluit met ‘n kort oorsig oor die wette in Suid Afrika wat die raamwerk voorsien waarbinne die onderneming werkers in diens neem. Hierdie eenheid het gefokus op die basiese indiensneming, gelyke indiensneming en nie-diskriminasie, en vaardigheidsopleiding.

Page 29: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 29 of 41

BYLAAG D ENTREPRENEURSKENNIS EN -VAARDIGHEDE Opsomming Alle entrepreneurs dink aan goeie idees vir ‘n onderneming. Dan moet hulle hul idees analiseer om seker te maak dat dit sal werk. Om dit te doen moet hulle ‘n studie oor die uitvoerbaarheid van hul idees, waarin hulle die produksiefaktore soos kapitaal, kompetisie, grondstowwe, vervoer, arbeid en moontlike ligging vir die onderneming doen. Dan moet ‘n SWOT analise gedoen word, sodat die sterkpunte, swakpunte, geleenthede en bedreigings van hul idees (of die onderneming indien dit reeds bestaan) bepaal kan word. Daarna word mark navorsing gedoen, miskien in die vorm van ‘n vraelys, wat hulle sal help om te verstaan wat die mark se behoeftes en begeertes is. Die besigheidsplan word dan benodig. Dit sal entrepreneurs help om oor al die aspekte van die onderneming te konsolideer en dit word ook deur finansiële instellings vereis, wanneer aansoek om ‘n lening gedoen word. Hierdie plan bestaan uit ‘n omskrywing van die produk en die onderneming, ‘n begroting, ‘n bemarkingsplan en ‘n bedryfsplan. ‘n Entrepreneur moet oorweeg watter ondernemingsvorm die besigheid die beste sal pas – of ‘n eenmansaak, deel van ‘n vennootskap, of om ‘n Beslote Korporasie te begin. Wanneer die onderneming gereed is om die produk te bemark, moet na moontlikhede gekyk word om ‘n vraag te skep of dit te verhoog deur die verbruiker bewus te maak van die produkte, d.m.v. ‘n realistiese prys, deur die produk van ander produkte op die mark te differensieër en te kyk na nuwe markte. Verskillende media, soos koerante, pamflette, kennisgewingborde en die radio kan gebruik word om die produk te bemark. . Die regering ondersteun die ontwikkeling van klein, medium en mikro ondernemings (KMMO’s). Verskeie agentskappe word voorberei om ondersteuning ten opsigte van ondernemings vaardighede, opleiding en hulp met finansiële sake. KMMO’s help om welvaart in die land te skep, want deur inkomste te genereer, ondersteun die verbruiker hom/haar self en word sulke verbruikers deel van die ekonomiese siklus. Daar word werk geskep en help om werkloosheid te verminder.

Page 30: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 30 of 41

Page 31: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 31 of 41

BYLAAG E RUBRIEK OM TAAK 2 TE ASSESSEER: Die nasionale begroting en besteding van die regering

BYLAAG F DIE EKONOMIESE SIKLUS

7 6 5 4 3 2 1

Uitstekende Bereiking

Verdienstelike

bereiking

Aansienlike bereiking

Voldoende bereiking

Middelmatige

bereiking

Elementêre bereiking

Nie

bereik

80-100% 70-79% 60-69% 50-59% 40-49% 30-39% 0-29%

24-30 punte

21-23 punte

18-20 punte

15-17 punte

12-14 punte

8-11

punte

0-8

punte

Goed geskryf en korrekte lengte. Demonstreer uitstekende begrip van regering besteding en prioriteite Identifiseer faktore wat ekonomiese groei teenwerk, baie akkuraat Bydraes wat landsburgers kan maak ten opsigte van ekonomiese groei en ontwikkeling, is baie duidelik.

Redelik goeie berig met korrekte lengte Demonstreer goeie begrip van regering besteding en prioriteite Identifiseer faktore wat ekonomiese groei teenwerk, goed. Goeie bydraes wat landsburgers kan maak ten opsigte van ekonomiese groei en ontwikkeling.

Berig is duidelik met korrekte lengte. Demonstreer begrip van regering besteding en prioriteite Identifiseer faktore wat ekonomiese groei teenwerk. Bydraes wat landsburgers kan maak ten opsigte van ekonomiese groei en ontwikkeling is genoem.

Berig is nie altyd baie duidelik effense struktuur. Demonstreer redelike begrip van regering besteding en prioriteite Identifiseer faktore wat ekonomiese groei teenwerk, redelik. ‘n Redelike aantal bydraes is genoem wat landsburgers kan maak ten opsigte van ekonomiese groei en ontwikkeling.

Berig is heeltemal te lank en te kort. Demonstreer ‘n mate van begrip van regering besteding en prioriteite. Sommige faktore wat ekonomiese groei teenwerk, word geïdentifiseer. Sommige bydraes is genoem wat landsburgers kan maak ten opsigte van ekonomiese groei en ontwikkeling.

Swak geskrewe berig. Demonstreer min begrip van regering besteding en prioriteite Identifiseer faktore wat ekonomiese groei teenwerk, is swak. Slegs geïsoleerde bydraes wat landsburgers kan maak ten opsigte van ekonomiese groei en ontwikkeling word genoem.

Berig is swak geskryf en onvolledig. Demonstreer geen begrip van regering besteding en prioriteite Geen faktore wat ekonomiese groei teenwerk, is geïdentifiseer nie. Geen bydraes wat landsburgers kan maak ten opsigte van ekonomiese groei en ontwikkeling is genoem nie.

Page 32: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 32 of 41

Page 33: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 33 of 41

BYLAAG G ALLAN SE VOEDSEL MARK Balansstaat op 31 Maart 2009

NIE-BEDRYFSBATES

Roerende Bates 1

BEDRYFSBATES

Handelsvoorraad

Handels- en ander Debiteure

Kontant en kontantekwivalente 2

TOTALE BATES

EKWITEIT EN AANSPREEKLIKHEID

EIENAARSBELANG 3

NIE-BEDRYFSLASTE (L/T Lening)

BEDRYFSLASTE

Handels- en ander krediteure 4

TOTALE EKWITEIT EN LASTE

1 Roerende Bates (Nie-Bedryfsbates))

Grond & Geboue Toerusting Totaal

Kosprys

2 Kontant en kontantekwivalente

Bank

Kleinkas

3 Eienaarsbelang

Saldo (1 Maart )

Netto Wins

Onttrekkings

4 Handels- en ander krediteure

Krediteure

Page 34: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 34 of 41

BYLAAG H

RUBRIEK OM TAAK 4 TE ASSESSEER: Gevallestudie – “Events and Catering” BK

7 6 5 4 3 2 1

Uitstekende Bereiking

Verdienstelike

bereiking

Aansienlike bereiking

Voldoende bereiking

Middelmatige

bereiking

Elementêre bereiking

Nie

bereik

80-100% 70-79% 60-69% 50-59% 40-49% 30-39% 0-29%

Groep Werk 16-20 Punte

Groep Werk 14-15 Punte

Groep Werk 12-13 Punte

Groep Werk 10-11 Punte

Groep Werk 8-10

Punte

Groep Werk 6-7

Punte

Groep Werk 0-5

Punte

Uitstekende breinkaart. Sluit 4 P’s van bemarking in. Bewys van beplanning en konsulterende proses. Plakkaat: baie kreatief, trek aandag en op die punt af, goed op teikenmark gerig. Program goed ontwerp en sluit alle elemente van tyd, onderwerp, naam van aanbieders, middagete en teetye.

‘n Baie goeie breinkaart. Sluit 4 P’s van bemarking in. Bewys van beplanning en konsulterende proses. Plakkaat: trek aandag, op die punt af, goed op teikenmark gerig. Program goed ontwerp en sluit meeste v die elemente van tyd, onderwerp, name van aanbieders, middagete en teetye.

Goed opgestelde breinkaart. Sluit 4 P’s van bemarking in. Bewys van beplanning en konsulterende proses. Plakkaat: trek aandag, op die punt af, nie duidelik op teikenmark gerig nie. Program goed ontwerp en sluit sommige elemente van tyd, onderwerp, name van aanbieders, middagete en teetye.

Goed opgestelde breinkaart. Sluit 4 P’s van bemarking in. Bewys van gedeeltelike beplanning en konsulterende proses. Plakkaat: redelik goed ontwerp, op die punt af, geen focus op teikenmark nie. Program ontwerp, kan verbeter en sluit sommige elemente van tyd, onderwerp name van aanbieders, middagete en teetye.

Breinkaart is swak. Sluit 4 P’s van bemarking in Geen bewys van beplanning en konsulterende proses. Plakkaat nie goed ontwerp nie. Slegs gedeeltelik gefokus op teikenmark. Program duidelikheid en focus ontbreek.

Breinkaart is swak. Sluit nie al die P’s van bemarking in nie. Geen bewys van beplanning en konsulterende proses. Plakkaat: swak ontwerp en nie geskik vir teikenmark nie. Program is swak, geen logiese struktuur

Breinkaart is swak. Sluit geen P’s van bemarking in nie. Geen bewys van beplanning en konsulterende proses. Plakkaat: voldoen nie aan die vereistes nie. Program het geen struktuur en meeste sleutel elemente ontbreek.

Individuele Verslag

8-10 punte

Individuele Verslag 7 punte

Individuele Verslag 6 punte

Individuele Verslag 5 punte

Individuele Verslag 4 punte

Individuele Verslag 3 punte

Individuele Verslag

0-2 punte Baie goed gestruktureerd, verslag met goeie motiverings.

Goed gestruktureerd, verslag met duidelike motiverings.

‘n Goeie verslag wat positiwiteit reflekteer.

‘n Billike verslag, verg meer insette.

Moet meer op struktuur en inhoud fokus.

Swak geskrewe verslag. Minimale pogings aangewend.

Swak en onvolledige verslag. Geen poging aangewend.

Aktiwiteit Punte Groep Werk

Page 35: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 35 of 41

TOTAAL 30

Naam van Leerder:_______________________

Verslag

Totaal

Page 36: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 36 of 41

Page 37: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 37 of 41

Page 38: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 38 of 41

Page 39: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 39 of 41

Page 40: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 40 of 41

WOORDELYS aanbod – die voorsiening van goedere en dienste, die hoeveelheid goedere of dienste beskikbaar vir die mark. aandele – die dele waarin die kapitaal van ‘n onderneming verdeel is, waarna die publiek dividende ontvang as deel van hul winste. aanvangskoste – die totale koste betrokke om

‘n onderneming te begin tot wanneer die onderneming ‘n wins maak. aanvraag – die bedrag van goedere wat verbruikers gewillig is teen ‘n spesifieke prys aan te koop. alleeneienaar – ‘n persoon wat sy eie onderneming begin en bestuur. annuïteit – ‘n vaste bedrag wat elke jaar lewenslank aan ‘n persoon betaal word, sodra dit verval; ‘n soort versekering wat ‘n vaste bedrag elke jaar aan ‘n persoon betaal word, ‘n privaat pensioenskema. balansstaat – ‘n staat wat op ‘n spesifieke datum die totale bates en laste toon wat die finansiële posisie van die onderneming aandui. bates – waardevolle items waaroor die

onderneming beheer het. bedryfsbates – bates wat binne the huidige

boekjaar / siklus gebruik word. begroting – ‘n opsomming van moontlike

inkomste en uitgawes vir ‘n sekere tydperk, die totale bedrag aan ‘n projek/departement toegedeel. belastingkoers: die koers waarteen belasting op inkomste betaal moet word, word deur die totale inkomste wat ‘n persoon / onderneming verdien bepaal. besigheidsplan – ‘n volledige plan vir ‘n voornemende onderneming. beslote korporasie – ‘n wettige sakeonderneming, met een tot tien lede. brondokument – die primêre bewys van transaksies. debiteure – persone wat aan wie ons op krediet

verkoop. debiteuregrootboek – boek waarin krediet

verkope – handelsvoorraad / dienste – aangeteken word en betaling tot ‘n later datum uitgestel word. debiteurejoernaal – ‘n hulpjoernaal waarin alle

krediet verkope aangeteken word. dienste – produkte wat ‘n mens nie kan sien of voel nie, bv. deur banke, onderwys ens. differensieer ‘n produk – om ‘n produk wat dieselfde is as mededingers s’n , te verander. direkte koste – die koste wat direk bydrae tot die vervaardiging van ‘n produk bv. grondstowwe en arbeid. dubbel inskrywing – ‘n grootboek inskrywing waar elke transaksie dubbel in twee rekeninge

ingeskryf word. Een in die debiet en een aan die krediet kant. ekonomie – ‘n omgewing waar produksie verbruik en verhandeling plaasvind. ekonomiese groei – ‘n verhoging in die ekonomiese aktiwiteit van ‘n land wanneer die lewensstandaarde verbeter. ekonomiese integrasie – wanneer beperkinge tot die vloei van goedere, dienste en produksie tussen handelsvennote opgehef word. ekonomiese skaal – vemindering van

eenheidskoste deur groot skaalse produksie. Die koste van kapitaal investering en bokoste word deur meer goedere verdeel, dus laer eenheidskoste. ekonomiese stelsel – die manier waarop ‘n land se ekonomie georganiseerd is bv. kapitalisme en kommunisme. gelykbreek prys – die prys waarteen die onderneming produksiekoste dek en geen wins maak nie. handelsbank – ‘n bank wat d.m.v. bankdienste wins maak. handelsooreenkoms – ‘n ooreenkoms (gewoonlik tussen lande) wat bepaal hoe handel gedryf moet word. Inkomste – die geld wat die regering van

belastings ontvang. kapitaal – ‘n bedrag geld of eiendom wat belê

word om ‘n onderneming mee te begin. kapitaal opbrengs – die bedrag rente wat jy kan verwag op geld in die bank. kapitaalgroei – ‘n verhoging in die kapitaalbedrag wat beskikbaar is vir beleggings. kapitalisme – ‘n ekonomiese stelsel waar handel en nywerheid beheer word deur privaat ondernemings met die doel om wins te maak. kapitaliste – persone wat kapitalisme

ondersteun en wat geld gebruik om meer geld mee te maak. kleinhandelaars – kleiner winkels wat goedere aan verbruikers verkoop KMMO’s – Klein, medium, mikro, ondernemings kommunisme – ‘n ekonomiese stelsel waar eiendomme en ondernemings deur die gemeenskap besit word en nie deur individue nie. kontantbetalingsjoernaal – ‘n hulpjoernaal waarin alle kontant betalings aangeteken word. kontantontvangstejoernaal – ‘n hulpjoernaal waarin alle kontant ontvangstes aangeteken word. kontantvloei – die beweging van kontant in en uit die onderneming. korporatiewe belasting – belasting betaal deur die onderneming aan die regering. korttermyn doelwitte – doelwitte wat maklik bereik kan word.

Page 41: GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE ... · Bladsy 10 of 41 ASSESSERING VAN HIERDIE AKTIWITEIT • Verwys na Bylaag B ten opsigte van inhoud. • gebruik die rubriek

GRAAD 9: DvO GTA: EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: ONDERWYSERSBOEK – AFDELING A

Bladsy 41 of 41

krediteur – ‘n onderneming of besigheid van wie jy op krediet aangekoop het. krediteurejoernaal – ‘n hulpjoernaal waarin alle krediet aankope aangeteken word. kwotas – ‘n beperking op invoere wat die hoeveelhede invoergoedere beperk. mededingers – persone wat dieselfde produk /

dienste lewer. navorsing – marknavorsing, mense word

ondervra, inligting word bekom. openbare sektor – die regering of staat. pensioenfonds – ‘n fonds waarin maandelikse bedrag inbetaal word, om ‘n maandelikse pensioen (gereelde inkomste) met aftrede te ontvang. privaat besit – grondstowwe, goedere of eiendom wat deur privaat persone besit word. privaat maatskappy – ‘n onderneming wat uit

maksimum 50 persone bestaan en volgens die maatskappye wet van 1973 geregistreer is. privaat sektor – ondernemings wat deur privaat persone besit word. produk bewustheid – produkte aan verbruikers bekend te maak. produktiwiteit – omskryf hoe vinnig insette in

uitsette omskep kan word. proteksionisme – ‘n land se handelsbeleid wat

invoere ontmoedig deur heffings en kwotas op invoere te plaas, sodat plaaslike nywerhede beskerm word. prysbepaling – hoe goedere se pryse bereken word. publieke maatskappy – ‘n groot besigheid wat op die JSE genoteer is met ‘n onbeperkte aantal aandeelhouers. solvent – ‘n onderneming se vermoë om sy lang

termyn laste te betaal. sosiale en maatskaplike programme –

strategieë om om te sien na die welsyn van landsburgers wat nie in staat is om na hulle self om te sien nie. spaarfonds – ‘n fonds waarin geld elke maand gespaar kan word, en met aftrede word ‘n ronde som uitbetaal. staatseienaarskap – grondstowwe, goedere en eiendomme wat deur die staat besit word. staking – as werkers hul werk staak om teen ‘n

sekere saak te protester. stokvel – ‘n informele spaarskema suid Afrikaanse Inkomstediens (SAID) – die regering se belastinginvorderings department swart mark – ‘n stelsel waar goedere en

geldeenhede onwettig gekoop en verkoop word. SWOT analise – ‘n studie van sterkpunte,

swakpunte, geleenthede en bedreigings. tarief – ‘n belasting wat op in- en uitvoergoedere betaal word. teikenmark – die mense of ander ondernemings wat jy hoop jou produk sal aankoop.

vaardigheidsopleiding – opleiding wat aan mense vaardighede gee. vakbonde – ‘n organisasie wat werkers se inkomste, werksomstandighede verbeter deur met die werkgewer of werkgewer organisasies te onderhandel. verbruikers –mense wat goedere en dienste

koop om hul behoeftes te bevredig. verspreiding – om goedere vanaf fabriek, na

groothandelaars en kleinhandelaars te versprei. volhoubaar – groei en ontwikkeling wat oor ‘n

tydperk onderhou word, sonder die gebruik van natuurlike hulpbronne wat nie weer vervang kan word nie. voorraad – goedere wat die onderneming vervaardig of aangekoop het. vooruitgang – om suksesvol te wees, veral finansieël. werklike opbrengs – opbrengs wat aangepas is om voorsiening vir inflasie gedurende die tydperk te maak. wins – die inkomste of toekenning wat ‘n entrepreneur uit sy onderneming ontvang. winsgewendheid – wins as resultaat van die ondernemings se aksies.