inhoudsopgawe content bladsy / page uit …canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/...die...

16
1 van 16 NR/NO. 224 JUNIE 2016 / JUNE 2016 INHOUDSOPGAWE CONTENT BLADSY / PAGE NUUSBRIEF uitgegee deur die NEWSLETTER issued by the INMAAKVRUGTE PRODUSENTE VERENIGING CANNING FRUIT PRODUCERS’ ASSOCIATION Hoofstraat 258 258 Main Street Posbus 414, PAARL 7620 PO Box 414, PAARL 7620 TELEFOON: 021-8721501 TELEPHONE: 021-8721501 FAKSIMILEE: 021-8722675 FAX: 021-8722675 E-pos: [email protected] Web page: www.canningfruit.co.za REDAKTEUR / EDITOR: WIEHAHN VICTOR Reproduction of articles from this Newsletter to acknowledge DIE KRAT and author. Herdruk van artikels in hierdie Nuusbrief moet DIE KRAT en die skrywer erken. UIT DIE VOORSITTER SE PEN 2 DIE 2015/2016 OESJAAR 4 GRADING RESULTS 6 ARC’S ANNUAL CANNING FRUIT EVALUTAION 6 DIE APPELKOOS, ‘N LEWENSBOOM? 11 PRODUKSIESYFERS VAN INMAAKVRUGTE 5 FRUITLIPS 13 BEHEER IS ‘N ILLUSIE 8 STAAN SAAM EN REIK UIT 12 SUID-AFRIKAANSE VERWERKINGS PRODUKSIE 14 IPV RAADSLEDE 2016/2017 15 TEGNIESE INLIGTINGSDAG 16

Upload: others

Post on 06-Mar-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: INHOUDSOPGAWE CONTENT BLADSY / PAGE UIT …canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/...Die Bulida-appelkoos oes was teleurstellend klein gegewe die huidige goeie vraag na appelkose

1 van 16

NR/NO. 224 JUNIE 2016 / JUNE 2016

INHOUDSOPGAWE – CONTENT BLADSY / PAGE

NUUSBRIEF uitgegee deur die NEWSLETTER issued by the INMAAKVRUGTE PRODUSENTE VERENIGING CANNING FRUIT PRODUCERS’ ASSOCIATION

Hoofstraat 258 258 Main Street Posbus 414, PAARL 7620 PO Box 414, PAARL 7620 TELEFOON: 021-8721501 TELEPHONE: 021-8721501 FAKSIMILEE: 021-8722675 FAX: 021-8722675 E-pos: [email protected] Web page: www.canningfruit.co.za REDAKTEUR / EDITOR: WIEHAHN VICTOR

Reproduction of articles from this Newsletter to acknowledge DIE KRAT and author. Herdruk van artikels in hierdie Nuusbrief moet DIE KRAT en die skrywer erken.

UIT DIE VOORSITTER SE PEN 2

DIE 2015/2016 OESJAAR 4

4 GRADING RESULTS 6

ARC’S ANNUAL CANNING FRUIT EVALUTAION 6

DIE APPELKOOS, ‘N LEWENSBOOM? 11

PRODUKSIESYFERS VAN INMAAKVRUGTE 5

FRUITLIPS 13

BEHEER IS ‘N ILLUSIE 8

STAAN SAAM EN REIK UIT 12

SUID-AFRIKAANSE VERWERKINGS PRODUKSIE 14

IPV RAADSLEDE 2016/2017 15

TEGNIESE INLIGTINGSDAG 16

Page 2: INHOUDSOPGAWE CONTENT BLADSY / PAGE UIT …canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/...Die Bulida-appelkoos oes was teleurstellend klein gegewe die huidige goeie vraag na appelkose

2 van 16

UIT DIE VOORSITTER SE PEN

Dit is verblydend dat die Vereniging kan staatmaak op die ondersteuning van 100% van Inmaakprodusente en

ons hoop om dit so te hou deur ‘n uitmuntende diens aan lede te lewer. Oor sekere aspekte soos die

wisselkoers of droogte en die welstand van ander boerdery vertakkings het die Vereniging geen invloed nie en

word die take van die Vereniging vergemaklik omdat die Inmaakvrugtebedryf op die oomblik goed presteer.

Te danke aan goeie oeste verlede jaar, tesame met goeie pryse behaal het die vereniging finansieel goed

presteer deur ‘n verhoogde inkomste deur die 1% heffing wat verhaal word van produsente. Die rol wat die

wisselkoers speel in die bedryf se welstand moet hier beklemtoon word. ’n Klompie jaar gelede het ons die

sterk Rand as rede voorgehou vir die moeilike situasie waarin die bedryf hom toe bevind het. Die Raad het

deeglik kennis geneem van die goeie surplus wat gemaak is, en beoog om ons navorsingsprojekte uit te brei

om ons mededingheid verder te verbeter. Beleggings word met ‘n konserwatiewe eerder as ‘n hoë risiko

mandaat gemaak en het stabiele goeie groei getoon gedurende die jaar. Die finansiële verslae van beide die

Vereniging en die Navorsingstrust is reeds deur die Bestuurder hanteer.

Daar word altyd gepoog om die doelstellings van die vereniging na te kom. Betekenisvolle navorsing en

ontwikkeling word gedoen hoofsaaklik by die LNR wat verantwoordelik is vir Fase 1 teelmateriaal. Daar word

voorsiening gemaak dat Fase2/3 evaluasie uitgekontrakteer sal word na privaat instansies. Die evaluasie van

appelkoos en perske onderstamme vind privaat onder Dr. Piet Stassen plaas. Die Universiteit Stellenbosch

doen ook sekere navorsingsprojekte vir die vereniging. Daar sal beslis ‘n verandering wees in die manier hoe

navorsing en ontwikkeling in die toekoms gedoen word met die vereniging wat al hoe minder van die staat

afhanklik sal wees en meer van private instellings gebruik sal maak. Hierdie vind plaas in samewerking met

ons susterbedrywe naamlik vars en droog.

SAPO, waar ons ‘n 20% belang het, het gedurende die jaar ‘n bosberaad gehou waar daar gefokus is op die

struktuur en fondse van SAPO, die opstel van ‘n kwekery, patologie veranderings en kultivar evaluasie.

Culdevco, wat vir die kommersialisering van LNR cultivars verantwoordelik is, het ‘n goeie jaar ervaar en word

die inkomste vanaf Culdevco weer teruggeploeg in navorsing. PlantSA doen administrasie van die

Sagtevrugteverbeterings Vereniging en Wyndruifverbeterings Vereniging. Fruitfly Africa waar ons ‘n 15%

aandeel het, het ook goeie resultate op die bestryding van vrugtevlieg teweeg gebring. Hierdie instansies soos

pas genoem en waar die Vereniging ‘n belang by het vorm die basis van ‘n gesonde bedryf en verseker dat ons

kompeterend kan bly in ‘n wêreldmark waar die kompetisie al hoe strawwer raak.

Dit is my plesier om die Voorsittersverslag oor die aktiwiteite van die

2015/16 jaar van die Inmaakprodusente Vereniging aan u as lede voor te

lê. Die Vereniging doen sake in ‘n relatiewe stabiele omgewing waar sy

lede op plaasvlak die afgelope paar jaar finansieel goed presteer het met

slegs ‘n paar uitdagings wat oorkom moet word. Die Raadslede het jare

se ondervinding wat betref hulle werksaamhede op die verskeie komitees

en die bestuur van die vereniging het letterlik dekades se kennis opgebou

oor die doen en late van die Inmaakvrugtebedryf, plaaslik sowel as

internasionaal. Die Raadslede is ook bewus van die feit dat hulle nie in ‘n

gemaksone moet val nie en poog hulle om die gehalte van die diens wat

aan die lede gelewer word deurentyd te handhaaf en te verbeter waar

moontlik.

Page 3: INHOUDSOPGAWE CONTENT BLADSY / PAGE UIT …canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/...Die Bulida-appelkoos oes was teleurstellend klein gegewe die huidige goeie vraag na appelkose

3 van 16

Die kommunikasie en deel van inligting met lede is een van die vereniging se doelstellings. Soos gebruiklik het

Die Krat 5 maal verskyn en met bydraes oor die bedryf deur kenners, asook die stimulerende artikels van onder

andere Deidre Eigelaar en Leon Bosman kan lede altyd verseker dat hulle ingelig bly. Die inligtingsdag te

Robertson is goed bygewoon, asook die ledevergadering by Kleinplasie in Worcester in Oktober. Soos

gebruiklik het ons ook goeie gassprekers gehad wat oor ‘n wye verskydenheid van onderwerpe gesels het en

gewoonlik ‘n goeie positiewe boodskap los wat ons op ons plase en lewens kan toepas.

Raadslede het 2 vergaderings bygewoon, terwyl die Uitvoerende Bestuur ‘n verdere drie vergaderings gehou

het. Ander vergaderings wat gehou word sluit in die Navorsing- en Ontwikkelingskomitee, die

Oesskattingskomitee, die Chemiese Spuitstof komitee, en die Advieskomitee vir Verwerkte vrugte waar

raadslede waardevolle insette lewer. Gereelde vergaderings word ook met die onderskeie verwerkers gehou

en ons waardering word uitgespreek vir die gesonde verhoudings wat daar met alle verwerkers bestaan.

Hierdie oop kommunikasie tussen produsente en verwerkers is van kritiese belang vir ‘n relatiewe klein bedryf

wat meestal op die uitvoermark besigheid doen en ‘n beduidende ekonomiese rol in die plaaslike landelike

ekonomie speel. Spuitstofontledings is weer namens produsente hanteer en deur Hearshaw en Kinnes

laboratoriums uitgevoer. Produsente word gemaan om uiters versigtig met die gebruik van chemikalieë te

wees en streng volgens voorskrif te werk. Die boomsensus is ook gedoen en vorm die basis van alle beplanning

in die bedryf op sowel produsente as verwerkerskant. Handelsooreenkomste soos EPA en AGOA het ‘n

wesenlike invloed op ons bedryf, maar daar het in die afgelope jaar min plaasgevind wat ons posisie verander

het.

Die vereniging is betrokke en sluit aan by instansies wat tot

voordeel van sy lede is, en vandaar ons ondersteuning van

Agri-SA. Die Bestuurder dien op die Algemene raad van Agri-

SA en woon die vergaderings by om te verseker dat die IPV se

betrokkendheid by kwessies soos grondhervorming duidelik

sigbaar is. Gereelde vergaderings onder die Hortgro Forum

vaandel wat Agri-Wes Kaap, die ander sagtevrugtebedrywe en

bedrywe soos koejawels, fynbos ens. insluit word gereeld

gehou om gemeenskaplike sake wat landbou affekteer te

bespreek. Transformasie, die dieselrabat, terugvoering vanaf

die Beleidskomitees en die impak van die droogte is onder

andere van die sake wat hier bespreek word.

Die Vereniging het, gegewe ons finansiële

posisie en die behoefte daaraan, ‘n skenking

van R100 000 tot die Droogte Rampfonds van

Agri SA gemaak. Wat transformasie betref is

die vereniging betrokke by die boompie

projek te Constitution Road wat deur PPP

befondsing moontlik gemaak is. ’n Donasie

van R25 000 is gemaak aan die Witzenberg

PALS projek.

MINISTERS BESOEK AAN WITZEBERG PALS PROJEK

Page 4: INHOUDSOPGAWE CONTENT BLADSY / PAGE UIT …canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/...Die Bulida-appelkoos oes was teleurstellend klein gegewe die huidige goeie vraag na appelkose

4 van 16

Die IPV gebou waarin ons ‘n aandeel van 37.8% het is in ‘n goeie toestand met gereelde onderhoud wat

uitgevoer word. Eskom uitdagings het die aankoop van ‘n kragopwekker genoodsaak. Ongebruikte kantore

word verhuur. Die Vereniging behartig ook die administrasie van die Koejawel Produsente Vereniging.

Dit is maklik om ‘n kort oorsig oor ‘n jaar se werk te gee en ook maklik om iets uit te laat. Sou enige lede meer

inligting oor enige iets rakende die bedryf verlang is hulle soos altyd welkom om die Bestuurder te nader. Ek

is altyd baie gerus oor die bestuur van die Vereniging omdat ek baie sien hoe professioneel en diplomaties die

sake van die Vereniging behartig word. Dankie aan die Bestuurder en sy span wat werklik die belange van ons

bedryf op hulle harte dra. Dankie ook aan die insette van die Raadslede wat getrou hulle bydraes lewer namens

medeprodusente en sodoende help dat ons belange goed georden en bevorder word.

ANTHONY DICEY

DIE 2015/2016 OESJAAR

DIE OESSKATTINGSKOMITEE DOEN UITSTEKENDE WERK!

Die oesskatting van die 2015/2016 oes deur die Oesskattingskomitee gedurende Oktober 2015 was

in die kol. Taaipitperskes het slegs met 0,6% van die skatting afgewyk, Bon Chretien-pere slegs 1,3%

en Bulida-appelkose selgs 5%. Inteendeel, appelkoosskattings was die afgelope 3 jaar heeltemal in

die kol. Voorwaar ‘n prestasie!

Die 2015/2016 oesjaar was vir appelkose, taaipitperskes en pere beter as wat aanvanklik verwag is.

Die verwagtings was dat met die ongunstige klimaatstoestande en uitsterste droogte, die oeste kleiner

sou wees. Die droogte het wel kleiner as normale perskes en pere tot gevolg gehad, maar ‘n goeie

gemiddelde oesjaar in tonnemaat is behaal.

In die tabel (volgende bladsy) word die 2015/2016 oesjaar se tonnemaat gegee in vergelyking met

vorige jare. Die oesskatting wat voor die begin van oes (gedurende Oktober) gedoen word, word ook

gegee.

WIEHAHN VICTOR

Die Anuga voedselskou is in Oktober deur die Bestuurder

bygewoon waar die nuutste inligting betreffende die

wêreldinmaakbedryf bekom word. Terselfdertyd is ‘n

CANCON minikonferensie ook gehou ter voorbereiding

vir die CANCON konferensie wat in April 2016 in

Argentinia plaasgevind het. Tydens die Sagtevrugte Gala

Funksie in September 2015 is die AD Colllins prys

toegeken aan Mnr. Wynand Du Plessis vir sy uitstaande

diens gelewer aan die Inmaakbedryf oor baie jare.

ANUGA VOEDSELSKOU

Page 5: INHOUDSOPGAWE CONTENT BLADSY / PAGE UIT …canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/...Die Bulida-appelkoos oes was teleurstellend klein gegewe die huidige goeie vraag na appelkose

5 van 16

PRODUKSIESYFERS VAN INMAAKVRUGTE

Die onderstaande tabel toon die onderskeie bemarkingskanale vir appelkose, taaipitperskes en pere in ton vir die afgelope siesoen in vergelyking met die vorige vier jaar.

Die Bulida-appelkoos oes was teleurstellend klein gegewe die huidige goeie vraag na appelkose. Die groot aantal appelkoosbome wat uitgetrek is, asook die ouderdom van die bestaande bome, het grootliks tot die klein oes bygedra. Taaipitperskes het ‘n goeie gemiddelde oes gelewer teenoor die rekord van die vorige jaar. Die Bon Chretien oes was volgens skatting en heelwat meer pere is vars uitgevoer.

BULIDA APPELKOSE

2011/2012 2012/2013 2013/2014 2014/2015 2015/2016

Ingemaak 34 337 34 043 24 495 20 164 17 368

Sap & Puree 13 391 10 165 15 608 9 475 12 263

Sub-Totaal 47 728 44 208 40 103 29 639 29 631 Vars 800 1 000 1 000 300 150

Gedroog 1 200 1 200 1 500 1 800 1 200

TOTAAL 49 728 46 408 42 603 31 739 30 981 Oesskatting (Okt) 45 000 44 000 42 300 31 700 29 330

TAAIPITPERSKES

2011/2012 2012/2013 2013/2014 2014/2015 2015/2016

Ingemaak 99 212 96 932 80 240 97 076 105 614

Sap & Puree 32 306 29 864 31 671 42 899 30 845

Sub-Totaal 131 518 126 796 111 911 140 175 136 459 Vars 25 000 27 000 24 500 22 500 20 000

Gedroog 10 000 11 000 10 000 8 500 8 000

TOTAAL 166 518 164 796 146 411 171 175 164 459 Oesskatting (Okt) 158 000 165 000 156 700 162 700 163 460

BON CHRETIEN PERE

2011/2012 2012/2013 2013/2014 2014/2015 2015/2016

Ingemaak 49 078 45 498 41 011 47 059 44 261

Sap & Puree 20 900 18 613 27 011 26 004 20 987

Sub-Totaal 69 978 64 111 68 022 73 063 65 248 Vars: Plaaslik 4 000 5 000 5 000 5 500 5 500

Vars: Uitvoer 25 380 33 436 33 511 22 500 29 100

Gedroog 4 000 5 000 5 000 5 800 6 000

TOTAAL 103 358 107 547 111 533 106 863 105 848 Oesskatting (Okt) 100 000 102 000 100 600 105 300 104 400

BRON: INMAAKVRUGTE PRODUSENTE VERENIGING

Page 6: INHOUDSOPGAWE CONTENT BLADSY / PAGE UIT …canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/...Die Bulida-appelkoos oes was teleurstellend klein gegewe die huidige goeie vraag na appelkose

6 van 16

GRADING RESULTS

The industry average grading results for the past season in comparison with the previous season are given

below:

Fruit delivered

for canning purposes

Canning Grade 1

%

Canning Grade 2

%

Under Grade

%

2014/15

2015/16

2014/15

2015/16

2014/15

2015/16

APPELKOSE

95,2

98,4

3,8

1,1

1,0

0,5

PERSKES

96,5

97,1

1,7

1,5

1,8

1,4

PERE

96,2

97,1

2,0

1,6

1,8

1,3

ARC INFRUITEC-NIEVOORBIJ’S ANNUAL CANNING FRUIT EVALUATION

The Agricultural Research Council (ARC) hosted their annual canning fruit evaluation on Thursday,

26 May 2016.

Fruit samples are collected from December to February on the Bien Donné and Robertson research

farms and are submitted for further evaluation. In order for a successful evaluation to take place, the

Post-Harvest team prepares the harvested cultivars, starting with brix analysis to determine the sugar

concentration in the fruit. The result is used to calculate the syrup concentration for canning. Fruits

are halved and then de-pipped with a filper machine. The fruit and syrup then get placed in cans,

which are sealed and processed.

ARC INFRUITEC-NIETVOORBIJ

LNR INFRUITEC-NIETVOORBIJ

Private Bag / Privaatsak X5026, Stellenbosch 7599, South Africa / Suid Afrika

Tel: (021) 809 3100 • Fax: (021) 809 3400 (Infruitec) • Fax (021) 809 3002 (Nietvoorbij)

Website: www.arc.agric.za

Source: CANNING FRUIT PRODUCERS’ ASSOCIATION

Page 7: INHOUDSOPGAWE CONTENT BLADSY / PAGE UIT …canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/...Die Bulida-appelkoos oes was teleurstellend klein gegewe die huidige goeie vraag na appelkose

7 van 16

About three to four months later, invited members of industry (canneries), producers, farmers and

other role-players participate in ARC Infruitec-Nietvoorbij’s annual canning evaluation.

Mr Wiehahn Victor, CEO of the Canning Fruit Producers’ Association emphasized the importance of

the new cultivars in the industry. He said “the whole canning industry is built on peach and apricot

cultivars bred by the ARC. If no new cultivars were bred, there would have been be no industry. Over

the past 20 years, the production has increased from 14 ton/ha to an average of 35 ton/ha”.

Processed fruit samples are scored on appearance, colour, texture and taste on an anonymous basis.

Each cultivar gets a percentage and rating and the results form part of the annual progress reports of

the researchers to the industries. Mr Victor said “the research and development done at the ARC has

enabled our canning industry to compete in China. The Chinese food service market wants fruit with

the colour and texture that the ARC has developed. It is by far the biggest growth market of about

300% over the past 6 years”.

Mr Deane Hill, Factory Manager of Rhodes Food Group in Tulbagh said “the quality of fruit as well as

a well spread harvest time, is important to industry”. At the moment, they make use of about 15 ARC

bred peach and apricot varieties for canning and other processing entities.

Picture Caption © ARC

Left to right: Deane Hill - Factory Manager: Rhodes Food Group (Tulbagh), Allister Rhoda – Quality

Assurance Manager: Langeberg and Ashton Foods and Wiehahn Victor – CEO: Canning Fruit

Producers’ Association at ARC Infruitec-Nietvoorbij’s annual canning evaluation.

Issued on behalf of ARC Infruitec-Nietvoorbij. Derusha Crank l Marketing I 021 809 3018 l [email protected]

Page 8: INHOUDSOPGAWE CONTENT BLADSY / PAGE UIT …canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/...Die Bulida-appelkoos oes was teleurstellend klein gegewe die huidige goeie vraag na appelkose

8 van 16

BEHEER IS ‘N ILLUSIE

Die kwartaal was ingrypend. Ek het opnuut besef dat toeval is geen per ongeluk nie. Wat seker is, is

dat die lewe ̀ n raaisel in ̀ n spieël is. Ons verstaan min en al die pogings om beheer te neem, is opnuut

`n bewys: beheer is `n illusie.

Met `n preek van ons plaaslike leraar was `n illustrasie wat hy gedoen het, treffend. Hy het `n stuk

lap opgehou wat gelyk het na `n deurmekaar spul wolle bo-op die lap en kon niemand iets daarvan

maak nie. Na die einde van die preek het hy dieselfde wollerige lap omgedraai en was dit die

pragtigste tapiserie, wat ̀ n baie mooi prent gemaak het. Net daar het die raaisel in die spieël waarvan

I Korinthiërs praat, duideliker geword.

Gedurende die kwartaal het twee sterk vroue, waarop baie van die mens wat ek wou word en baie

van myself geskoei is, gesterf. Finaal en vir altyd is hulle weg en is die dun membraan tussen lewe en

dood oorgesteek en is hul aan die kant waarvan ons min weet. Beide was nie meer jonk nie, maar in

my gemoed was hul ewig, ware rotse en kompasse wat die ware Noord duidelik geleef het.

Beide was vroue wat met selfrespek, selfvertroue en waardigheid geleef het. Beide het geleef en

menings gevorm vanuit hul intellek, hul was sonder fieterjasies en hul lewensingesteldheid het getuig

van `n lerende gees. Wat my opval, is die twee se gemene delers van onopgesmuktheid en beide het

nie `n bemoeienis gemaak met goeters nie. Hul het `n gul gemoedelikheid gehad en `n heerlike

ondeunde humorsin. Hul was wys en vrolik. Hul het hul manne heelhartig ondersteun en waar

bydraes in hul gemeenskappe nodig was, was hul daar. Onderskeidelik het die twee vroue, vyf en

vier kinders gehad. Hul het op die kinders gefokus toe hul moes en daarna het elkeen in eie reg `n

beroep uitgekerf - die een as `n uitnemende eiendomsagent op Stilbaai en die ander `n begaafde en

erkende skrywer van Wellington.

Tannie June was vir my as kind in Brandrivier, die tannie met

die biblioteek, die tannie wat blitsig `n ete sonder moeite

aanmekaar kon tower, die tannie wat met een fyn uitgekieste

sin argumente kon beredder en die tannie wat ewe goed

vliegtuig, kar of motorfiets kon ry. Toe ek ouer word het ek

gesien hoe sy haarself herontwerp het van boervrou tot

uitnemende sakevrou. Haar nuuskierigheid het my

gefassineer en bietjie aangesteek.

JUNE NEL

Page 9: INHOUDSOPGAWE CONTENT BLADSY / PAGE UIT …canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/...Die Bulida-appelkoos oes was teleurstellend klein gegewe die huidige goeie vraag na appelkose

9 van 16

Die reise wat sy en haar wederhelf onderneem het, was `n inspirasie vir reis om sodoende meer te

word. Op my kinder- en tienergemoed was sy verewig en het ek graag as grootmens gaan hallo sê

wanneer ek ookal die kans gehad het.

Later, `n geesgenoot, met wie ek vir baie lank kon klankbord en wie baie van hierdie Die Krat artikels

gelees het. Haar wonderlike skryfwerk, het dit wat die gewone was, omarm en neergeskryf, maar het

beklemtoon dat die lewe nie gebeur in die dramatiese nie. Nooit het haar self of eie-ek in die pad

van haar gulheid laat kom nie. In my jongvrou gemoed is baie van my besluite gerig op die indrukke

wat sy gelaat het.

Met die verlies, het ek na lang tussenposes vir Don Quijote van Miguel de Cervantes klaar gelees, net

na die twee begrafnisse. In die vertaling van André P Brink sê Don Quijote: “`n Mens kan ewe goed

van die verkeerde kant af na `n Vlaamse tapisserie kyk; want hoewel jy al die prente sien, word hul

bederf deur die draadjies wat die glans en gladheid van tekstuur verlore laat gaan.” Net soms kan

ons die toeval se prentjies sien, maar tog gaan die gladheid en die tekstuur verlore. Die toeval dat

beide vroue `n Stilbaai verbintenis gehad het; die toeval dat ons laaste kuier twee dae voor tannie

Winnie se dood was en een dag na tannie June se begrafnis.

Die verhaal van Don Qiujote is juis geskryf soos André P Brink dit stel: ‘in 1604 - in die tyd toe die

wêreld begin bang word het vir Vryheid – want dit was die jare na die Conquistadores wat die Nuwe

Wêreld oopgestel het – Cervantes het `n nuwe ruimte oopgemaak: binne-in die hart van die mens. In

die tyd toe bitterheid en die onverdraagsaamheid van die Inkwisisie die gees van die mens aan bande

wou lê, het hy sy nuwe vryheidsroep geuiter, gebore uit die hart van `n mens wat self lyding geken

het.’ Dit klink amper net soos Suid-Afrika van 2016…` n tyd van bitterheid en onverdraagsaamheid

en waar Vryheid op vele vlakke weer aan bande gelê wil word, amper `n eggo van die apartheidsdae

se wreedheid en ontmensing van groepe teenoor mekaar.

Tannie Winnie het ek as groen ongenote eerstejaartjie ontmoet deur

my Nerina koshuiskamermaat. Met kuiers saam met haar aan huis

het ek die voorreg gehad om haar ma te leer ken. Sy was vir die

skoonheid wat so ongekunsteld haarself. Die sensuurraad, waarop

sy gedien het, met haar gekorswel oor dit wat sy moes kyk, onthou

ek vandag nog – sy het haarself nooit te ernstig opgeneem nie, al was

sy diep geestelik. WINNIE RUST

Page 10: INHOUDSOPGAWE CONTENT BLADSY / PAGE UIT …canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/...Die Bulida-appelkoos oes was teleurstellend klein gegewe die huidige goeie vraag na appelkose

10 van 16

En eers as jy dit reggekry het, kan jy verdere avonture in jou eie en ander lande en plekke beplan. In

die inspirasie lê daar nie `n beheptheid met titels, posisies en pretensie nie. In hulle kon ek leer dat

feminisme nie uitgebasuin word nie, maar stil geleef word met erkenning vir die manne aan hul sy,

sonder om een tree terug te staan. `n Sterk vroulikheid wat tekenend was aan Suid-Afrika se opbou

in die vorige dekades.

Die huis bly vir eens en altyd die plek wat grootmense vorm en kinders afrig en opvoed hoe om reg

te leef. Die twee vroue se voorbeeld, saam met Don Qiujote se stories, inspireer om nie verlei te

word deur geld, blink dinge, volgelinge, grade en titels nie. Laat eerder toe dat integriteit,

nederigheid, ruimhartigheid, goedheid en gulheid jou beïndruk.

Met die wete dat daar jongelinge is wat na jou kyk, mag elke leser geïnspireerd die beste wees wat

hy of sy kan – sonder boosheid, sonder bedrog, sonder kwaadpratery en ongeveinsd – mag ons tannie

June’s en tannie Winnie’s wees. Menslike mense wat die regte dinge probeer doen en uitleef.

Met die seker wete dat beheer `n illusie is; word die droogte, die verkiesing, die Isis waarskuwings,

korrupte politici, die onsekerhede en die wêreld se wanorde `n aanmoediging om stil, eenvoudig en

sterk te leef met die vooruitsig dat jy eendag die asemrowende voorkant van die tapiserie kan sien….

DEIDRE EIGELAAR, ACHTERVLEI

Met die twee formidabele vroue se heengaan en inspirasie en

veral Don Qiujote se versugting om na sy vele avonture in lande

en plekke, terug huis toe te gaan, weet ek meer as ooit: “if you

want to change the world, go home and love your family”

Mother Theresa

MOEDER THERESA

Page 11: INHOUDSOPGAWE CONTENT BLADSY / PAGE UIT …canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/...Die Bulida-appelkoos oes was teleurstellend klein gegewe die huidige goeie vraag na appelkose

11 van 16

DIE APPELKOOS – ‘N LEWENSBOOM?

Hoog in die berge in die hoek tussen Pakistan, Afganistan en China lê ‘n plekkie met die naam van Hunza. Eintlik is dit ‘n klein prinslike staat wat deur Pakistan regeer word. Wat die plekkie so besonder maak, is die feit dat die mense daar almal honderd jaar en ouer word. Geeneen van hulle het ooit ‘n tandarts nodig nie en vir die bevolking van 30 000 mense is daar slegs een dokter wat meer vryetyd as werktyd het. Menige wetenskaplike het al probeer om die oorsaak van die buitengewoon lang gesonde lewe van die mense van Hunza vas te stel. ‘n Kanadees met die naam van John Tobe, ‘n kenner op hierdie gebied, het na ‘n diep

studie en baie navorsing ‘n antwoord op die geheim. Die rede vir die lang gesonde lewe – die appelkoos. Selfs die dokter en die staatshoof van Hunza is van dieselfde mening. Die hoof stapelvoedsel van die mense van Hunza is appelkose. Die mense leef hoosaaklik op ongekookte appelkose. Volgens kenners moet die appelkoos sy oorsprong hier in Hunza gehad het en eet die mense van Hunza al vir eeue appelkose. Die appelkose word vars geëet en ook gedroog vir die wintermaande. Die gedroogde appelkoos word nie gekook nie, maar slegs water word bygevoeg en dan word die gedroogde appelkoos tot ‘n pasta geknie. Verder word die gedroogte appelkose oornag in water geweek en ‘n baie lekker appelkoossap (faring-cho) daarvan gemaak. Die appelkoospitte word oopgebreek en die sade word geëet en is baie voedsaam. Van die sade word ook ‘n appelkoos-olie gepers waarmee gebak word. Hierdie olie is glo ook baie goed vir die vrouens se hare en word ook in lampe gebruik.

Is die appelkoos dalk die lewensboom? Interessant vermeld die artikel dat die mans van Hunza op hul beste is wanneer hulle in hul sewentigs is. Oppas appelkoosboere!

Uittreksel: DE FRUITTEELT

Page 12: INHOUDSOPGAWE CONTENT BLADSY / PAGE UIT …canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/...Die Bulida-appelkoos oes was teleurstellend klein gegewe die huidige goeie vraag na appelkose

12 van 16

STAAN SAAM EN REIK UIT…

Ons Jaarlikse Montagu Mountain Mania was die 28ste Mei 2016. Verskeie MTB roetes asook Trialrun roetes

in Montagu se pragtige berge.

Baie lede van Montagu se Landbouvereniging is deel van die dag. Reëlings, borge, marshalls ens. Die Fietsry

roetes gaan ook oor boere se grond. Daar is baie beplanning aan so ‘n dag en almal werk hard saam om die

dag suksesvol te maak. Die Opbrengs van die dag word gebruik om verskeie instansies in nood te help; soos

goed gedink deur die bestuur van die Landbouvereniging.

Daar word ook geleentheid gegee vir plaaslike skooltjies vir ‘n kosstalletjie op die dag om hulle dan ook te help

met befondsing. Hierdie jaar het ons plaaslike skooltjies rondom Montagu genooi om kinders ouderdom vanaf

6 tot 13 Jaar te bring om die 4km Trailrun te kom hardloop. Die kinders het die dag vreeslik geniet en het baie

trots met hulle medaljes huis toe gegaan. Baie gemotiveerd om weer te kom hardloop!

Die kindertjies het so ‘n indruk op die deelnemers gemaak. Meeste van hulle het kaalvoet gehardloop, of met

skool skoentjies wat of te klein was of nie meer kon vasmaak nie. Die kinders behoort aan die Anna Foundation

Ontwikkeling. Ons is aan die beplan om verskeie befondsing aan hulle te gee soos die nood is.

Die meisie wat die 17km gewen het, het haar prysgeld ter waarde van R600 ook aan die Instansie kinders

geskenk. Klein gebare kan ontwikkeling ‘n stappie vorentoe bring!!

Thank You letter From the Foundation

“I just wanted to say a HUGE thanks for the race entries for the Anna Foundation. They children had such fun

and although I wasn’t there in person, the photos that are streaming my way are a clear indication of the level

of enjoyment. Thank you to everyone involved for your hospitality and for exposing our children from AF Kriel

Primary to their first trail run. May they become hooked ”

ILSE ESTERHUYSE, SCHEEPERSRUST AF KRIEL PRIMARY ATLETE

Page 13: INHOUDSOPGAWE CONTENT BLADSY / PAGE UIT …canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/...Die Bulida-appelkoos oes was teleurstellend klein gegewe die huidige goeie vraag na appelkose

13 van 16

FRUITLIPS

Met Soul Food steeds in die agterkop begin die beplanning om op die seiljagte in Frankryk te gaan werk om

geld bymekaar te maak om Soul Food skuldvry te begin. Die laaste dag van my akademiese loopbaan kry ek

`n oproep uit die bloute van my Pa, Kobus, “Stel jy belang as ons Intaba koop?”. So word die eerste saadjie

van FruitLips geplant.

Die volgende stap was om `n uitnemende span bymekaar te kry met kennis en ervaring van produksie, op

grootskaal kook en van geldsake het ek te min kennis gehad, so my spanlede moes die gapings vul. Elouise

Josephs, wat al meer as 10 jaar vir Intaba Vrugteverwerking gewerk het met baie ervaring, ook `n gebore

bergkind soos ek, vra ek toe as die eerste venoot. My Ma was `n natuurlike keuse, vir hulp by die finansiële

bestuur en strategiese beplanning. As Geleentheids Koördineerder en opgeleide ICA leerling en die USB

diploma was ek reg vir die uitdaging.

FruitLips is `n passie wat ek en Elouise Josephs deel. Ons strewe is om produkte te maak waarin die met-liefde-gemaak geproe kan word, as voorvereiste. FruitLips se fokus is produkte soos wat Ouma’s dit in plaaskombuise gekook het. Honderd persent vrugte met geen bygevoegte kleursel, geursels of perserveer middels nie. Alles in FruitLips produkte is natuurlike bestanddele wat handgemaak is. Al verskil is dat alle produkte op die hoogste voedselveiligheidsstandaarde voorberei word, op die standaard van die voorste supermarkte in Suid-Afrika en Engeland.

Die publiek kan die totale siklus van produksie sien, proe en beleef. Die proses begin by die vrugte se pluk tot die produk op die rak staan, gereed vir kliënte om dit te koop. Daarom word FruitLips en Achtervlei se tuine ingerig om toergroepe te kan akkomodeer, om sodoende die vars Piket-Bo-Berglug in te asem en te peusel aan vars plaasbrood met FruitLips se produkte wat die ervaring komplimenteer.

FruitLips se kliënte basis bestaan uit drie baie bekende handelsmerke, gespesialiseerde koffiewinkels soos The Larder, padstalle en restaurante soos The Deli Shed en The Country Yard Café. Binnekort gaan geselekteerde produkte van FruitLips ook op Yuppie Chef se webwerf beskikbaar wees.

Die personeel van FruitLips is meestal bergkinders. FruitLips skep aan jongmense van Piket-Bo-Berg geleenthede om by `n sekondêre landbou betrokke te raak. Die personeel bestaan uit 12 medewerkers, met `n gemiddelde ouderdom van 32 jaar.

Die strategie is om ̀ n natuurlike produk te lewer van ̀ n uitstekende gehalte. Fase een is om die Suid Afrikaanse mark goed te vestig en die tweede fase is uitvoere na die Afrika mark.

Soul Food sal die volgende projek wees wanneer FruitLips `n gesonde wins realisieer.

LIBRÉ EIGELAAR

Tydens 2013 voltooi ek by die Universiteit van Stellenbosch se Besigheids Skool

(USB) die Nagraadse Diploma in Besigheidsbestuur en – Administrasie. Die

taak vir my finale tesis was `n besigheidplan en is daar besluit om ons

besigheidsdroom, Soul Food, neer te pen.

Oppad plaastoe vanaf Stellenbosch, met Ma wat saamry vir geselskap, droom

ons oor die dag as Soul Food `n werklikheid kan word. Met ons droom ry ons

verby Die Berg Vrugteverwerking (Intaba) en vra ek, “Hoekom koop ons nie die

vrugte aanleg nie? Ons gedagte was dat dit kan inpas by ons besigheidskonsep.

Page 14: INHOUDSOPGAWE CONTENT BLADSY / PAGE UIT …canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/...Die Bulida-appelkoos oes was teleurstellend klein gegewe die huidige goeie vraag na appelkose

14 van 16

SUID-AFRIKAANSE VERWERKINGS PRODUKSIE

Tydens die Wêreld Verwerkte Sagtevrugte Inmaakvrugte Konferensie (CANCON 13) in Mendoza,

Argentinië is die volgende ingemaakte – en pureé produksies van vrugte gegee. Die huidige

2015/2016 seisoen is nog nie finale syfers nie en word met die voorafgaande 3 jare se produksie

vergelyk.

TOTALE INGEMAAKTE PRODUKSIE: BASIESE KARTONNE (24 BLIKKE X A2½)

PRODUKTE 2012/13 2013/14 2014/15 2015/16

(SKATTING)

APPELKOSE 988 380 1 529 896 916 233 1 092 027

PERSKES 2 911 587 2 411 212 3 013 239 2 766 440

PERE 1 219 591 1 067 516 1 255 890 1 207 040

GEMENG 1 003 212 859 623 1 354 823 1 000 000

TOTAAL 6 122 770 5 868 247 6 540 185 6 065 507

TOTALE PUREÉ PRODUKSIE: TONNE (28-32 BRIX)

PRODUKTE 2012/13 2013/14 2014/15 2015/16

(SKATTING)

APPELKOSE 8 821 11 915 7 233 8 591

PERSKES 16 916 18 098 24 514 20 229

PERE 8 531 12 862 12 383 9 000

TOTAAL 34 268 42 875 44 130 37 820

BRON: SOUTH AFRICAN FRUIT & VEGETABLE CANNING ASSOCIATION (SAFVCA)

Page 15: INHOUDSOPGAWE CONTENT BLADSY / PAGE UIT …canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/...Die Bulida-appelkoos oes was teleurstellend klein gegewe die huidige goeie vraag na appelkose

15 van 16

IPV RAADSLEDE VIR 2016/2017

Tydens die Algemene Jaarvergadering, wat gehou is op 14 Junie 2016, is die volgende

Raadslede eenparig verkies om in die onderskeie areas as verteenwoordigers op die IPV Raad

te dien vir die 2016/2017 termyn.

Tydens die eerskomende Raadsvergadering van 25 Augustus 2016 sal die Voorsitter, Vise-

Voorsitters en die onderskeie komitees van die Vereniging verkies word.

VOORSITTER: A G DICEY

VISE VOORSITTERS: H L F VAN DER MERWE EN F J VAN DER MERWE

ERE PRESIDENTE: A V VAN DER MERWE EN J P THERON

AREA VERTEENWOORDIGER

Citrusdal / Porterville / Piketberg D J Eigelaar

Tulbagh J H Theron

Wolseley A G Dicey

Worcester / Breërivier F R Botha

Ceres: Swaarmoed A F Smith

Ceres: Koue Bokkeveld F J van der Merwe

Ceres: Witzenberg Vallei I S Hanekom

Ceres B J van Rensburg

Prince Alfred Hamlet P du Plessis

Ladismith / Calitzdorp / Oudthsoorn W M Nel

Swellendam / Barrydale J H Kriel

Ashton G Smuts

Bonnievale H L F van der Merwe

Montagu / Koo C Jordaan

Montagu / Koo J J Esterhuyse

Robertson K de Wet

Grabouw / Paarl / Caledon / Villiersdorp A G le Roux

Joubertina / Uniondale J C Strydom

Page 16: INHOUDSOPGAWE CONTENT BLADSY / PAGE UIT …canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/...Die Bulida-appelkoos oes was teleurstellend klein gegewe die huidige goeie vraag na appelkose

16 van 16

TEGNIESE INLIGTINGSDAG

Neem asseblief kennis dat die Inmaakvrugte Produsente Vereniging en

Droëvrugte Tegniese Dienste weer soos in die verlede ‘n gesamentlike

Tegniese Inligtingsdag gaan aanbied en wel op:

DONDERDAG 11 AUGUSTUS 2016 OM 09:00

TE GRAHAM & RHONA BECK

SKILLS CENTRE, ROBERTSON

Tegniese onderwerpe soos Plantverbetering, Evaluasie van nuwe kultivars,

Grondvoorbereiding en Klimaatsverandering sal bespreek word.