nr/no. 237 februarie/february 2019...

16
1 van 16 NR/NO. 237 FEBRUARIE/FEBRUARY 2019 INHOUDSOPGAWE – CONTENT BLADSY / PAGE INMAAKVRUGTEBEDRYF IN ‘N BLIK GEDRUK 2 KOO – SAAM VORENTOE 3 STEENVRUG ONDERSTAMME 5 SIZA – ENVIRONMENTAL APPROACH 11 FRUITLOOK – EFFEKTIEWE WATERBESTUUR 12 SPIKKELS OP DIE HORISON 13 PITTE IN DIE BOS / FRUIT BITS 16 NUUSBRIEF uitgegee deur die NEWSLETTER issued by the INMAAKVRUGTE PRODUSENTE VERENIGING CANNING FRUIT PRODUCERS’ ASSOCIATION Hoofstraat 258 258 Main Street Posbus 414, PAARL 7620 P O Box 414, PAARL 7620 TELEFOON: 021-8721401 TELEPHONE: 021-8721401 FAKSIMILEE: 021-8722675 FAX: 021-8722675 E-pos: [email protected] Web page: www.canningfruit.co.za REDAKTEUR / EDITOR: WIEHAHN VICTOR Reproduction of articles from this Newsletter to acknowledge DIE KRAT and author. Herdruk van artikels in hierdie Nuusbrief moet DIE KRAT en die skrywer erken.

Upload: others

Post on 22-Feb-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: NR/NO. 237 FEBRUARIE/FEBRUARY 2019 ...canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2019/02/Die-Krat...verwerking en vir bykans 10 dae gesluit voor weer met perskes begin is. In die geval

1 van 16

NR/NO. 237 FEBRUARIE/FEBRUARY 2019

INHOUDSOPGAWE – CONTENT BLADSY / PAGE

INMAAKVRUGTEBEDRYF IN ‘N BLIK GEDRUK

2

KOO – SAAM VORENTOE 3

STEENVRUG ONDERSTAMME

5

SIZA – ENVIRONMENTAL APPROACH

11

FRUITLOOK – EFFEKTIEWE WATERBESTUUR

12

SPIKKELS OP DIE HORISON

13

PITTE IN DIE BOS / FRUIT BITS

16

NUUSBRIEF uitgegee deur die NEWSLETTER issued by the INMAAKVRUGTE PRODUSENTE VERENIGING CANNING FRUIT PRODUCERS’ ASSOCIATION Hoofstraat 258 258 Main Street Posbus 414, PAARL 7620 P O Box 414, PAARL 7620 TELEFOON: 021-8721401 TELEPHONE: 021-8721401 FAKSIMILEE: 021-8722675 FAX: 021-8722675 E-pos: [email protected] Web page: www.canningfruit.co.za REDAKTEUR / EDITOR: WIEHAHN VICTOR Reproduction of articles from this Newsletter to acknowledge DIE KRAT and author. Herdruk van artikels in hierdie Nuusbrief moet DIE KRAT en die skrywer erken.

Page 2: NR/NO. 237 FEBRUARIE/FEBRUARY 2019 ...canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2019/02/Die-Krat...verwerking en vir bykans 10 dae gesluit voor weer met perskes begin is. In die geval

2 van 16

Die voortslepende droogte toestande, kleiner oeste, ongunstige klimaat, kwotas en laer pryse druk

die Inmaakvrugtebedryf al hoe meer in ‘n blik. Die afgelope drie jaar se afdraende fase is beslis nog

nie omgekeer nie. Daar was soveel hoop dat die bedryf deur die drif is na goeie reëns in sommige

areas, asook die verswakking van die Rand gedurende laat 2018, maar helaas ontwyk beter dae ons.

Die “blik bly in die kookproses”!!!

Bulida appelkose se voorlopige oessyfers vir 2018/2019* word in die onderstaande tabel ‘n

vergelyking met die vorige vier oesjare gegee.

BULIDA APPELKOSE

2014/2015 2015/2016 2016/2017 2017/2018 2018/2019*

Ingemaak 20 164 17 368 21 531 18 288 13 737

Sap & Puree 9 475 12 263 13 177 8 601 8 799

Sub-Totaal 29 639 29 631 34 708 26 889 22 536

Vars 300 150 100 150 100

Gedroog 1 800 1 200 1 000 1 500 2 000

TOTAAL 31 739 30 981 35 808 28 539 24 636

Die totale oes van 24 636 ton is die swakste oes in meer as 30 jaar. Die rekord jaar van 2003/2004

seisoen het 60 787 ton gelewer! Dit is 13,7% swakker as verlede jaar se rampspoedige droogte oes

van 28 539 ton. Alhoewel ‘n swak oes verwag is, is die werklike inname ook 8% laer as skatting.

Die gemiddelde gradering van Inmaakgraad 1 appelkose het 94% beloop, teenoor bykans 95% die

vorige jaar. Klein vrugte was aan die orde van die dag. Die oordrag effek van die droogte en in

sommige gevalle brakwater (as gevolg van watertekorte), het veroorsaak dat die appelkose relatief

klein gebly het. Die houvermoë was wisselvalig, maar gelukkig kon die fabrieke die oes vinnig

verwerk as gevolg van die kleiner oes. Die fabrieke het dan ook baie vroeg gesluit met appelkoos

verwerking en vir bykans 10 dae gesluit voor weer met perskes begin is.

In die geval van Taaipitperskes lyk die situasie tans nie veel beter as appelkose nie. ‘n Normale

perske-oes is +/-165 000 ton en die skatting is nou 138 000 ton. Verlede jaar was dit 142 142 ton.

Dieselfde tendens geld vir Bon Chretien Pere waar die geskatte tonnemaat van 93 800 ton

afwaarts aangepas is na 90 000 ton teenoor ‘n langtermyn gemiddeld van 105 000 ton. Verlede jaar

was 89 823 ton in totaal ge-oes.

Met die droogte, die laer vrugpryse, onsekerhied oor langtermyn kontrakte en die

wisselvallige sterk Rand bly die bedryf “in ‘n blik gedruk”.

WIEHAHN VICTOR

INMAAKVRUGTEBEDRYF IN ‘N BLIK GEDRUK

Page 3: NR/NO. 237 FEBRUARIE/FEBRUARY 2019 ...canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2019/02/Die-Krat...verwerking en vir bykans 10 dae gesluit voor weer met perskes begin is. In die geval

3 van 16

KOO saam vorentoe!

“Hoeveel jare was dit? Dit sal nou 40-jaar wees, antwoord Wiehahn … wat nou eersdaags die

tuig sal neerlê. My gedagtes dwaal skielik baie wyd” Hoe so? Kyk, ek het met canned vrugte grootgeword. Of dit nou perskes, pere of appelkose was.

Elke middag-ete is verseël met ‘n bakkie vrugte, jellie en tuisgemaakte vla. Koningskos, wat ‘n

voorreg. Gereeld saam met my Pa van Robertson na Langeberg in Ashton gery. Kon my verkyk aan

die tonne vrugte wat oor die vervoerbande instroom, magdom werkers-hande wat raakvat, sakke

suiker wat afgelaai word, kokende boilers en duisende blikkies wat verby-ratel en gevul word.

Dan skielik staan die palette netjies vol gepak en die bekende KOO-handelsmerk is gereed om vele

huisvrou-mandjies en mondjies met hierdie groot bederf te vul. Lekker onthou-jy-nog oomblikke…

MAAR, nou lyk dit my dié prentjie het ook ‘n onverwagse rukwind en haelbui getref. Dit maak seer.

Laat merke. Met my een oog gereeld op Die Krat ervaar ek ook die winde van veranderinge wat

skaafplekke en ongemak meebring. Die kontantvloei voel dit ook. Maar as KOO die jongste Top 10

Handelsmerk-lys in SA gehaal het, dan het die bedryf mos die DNA en pedigree om planne te maak,

en deur die turbulensies te kom. Hoe anders het hulle dan tot hier gekom, as jy nie die genetika van

‘n Top Stoetbul het nie!!!

Die wêreld is vol van stories, verhale of staaltjies. Dit het begin met die Bybelse gelykenisse, Griekse

mitologie, Maak ‘n Las, Oppie-stoep en die heel bekendse vorm vandag is seker die vrye gebruik van

metafore. Alles om ‘n waarheid, ironie, optrede of punt tuis te bring. En jou punt is? Presies dit.

Draai KOO om en die vraag is wat kan ek en jy OOK doen as die winde van onsekerheid om ons woed

en veranderinge ons in die gesig staar. Hard, koud, dalk klinies, maar kom ons deel daarmee en gaan

put inspirasie uit die inmaakbedryf se storie .. soos in die vorige uitgawes van Die Krat saamgevat.

In alle beskeidenheid, hier is my storie. Sedert Standerd 5 het ek elke jaar my Pa gedurende vrugte-

tyd gaan help. Langeberg, Robertson - in die skaalgeboutjie. Sonder dat ek dit toe geweet het, het

my oë en ore lewens-wyshede in aksie beleef. Nie formele vergaderings of voorbereide toesprake

nie, maar daardie ‘sit aan die voete van meesters’, sonder dat hulle gedink het hulle is noodwendig

meesters as hulle daar op die hout stoepbank kom neersak het. Heerlik onder die groot koelteboom

en lafenis kon vind in ‘n beker yskoue water … en dan loop daai gesels al te lekker!!

Hulle het oor alles ‘n mening en besliste opinie gehad. Nie skaam gewees om dit te deel nie. Ook

luidkeels van mekaar verskil. Of aangelas. Maar as Oom Dawid Colyn daar bo uit De Hoop se trekker

en wa daar inry, Oom Poekels se dawerende stem wat dagsê, met Wel van Pas se Klein Wouter met

die bekende flap-hoed inhardloop, Oom Ludwig se fris bo-arms by die lorrie se venster uithang, Oom

Johannes Erasmus van Agterkliphoogte met min woorde net kop knik, Oom Erik (en Jako) de Wet,

wat jy al hoor aankom as hulle net oor die Rooibrug is, Oom Mooi Andries (Pa het gepraat van

Ysterman) jou so onder daai dik wenkbroue beloer en verneem of jy Hennie se klong is, Jood le Roux

se altyd innemende en vriendelike hello-sê, Daantjie Poffie soos ‘n Duracell Bunny rondtrippel, met

Page 4: NR/NO. 237 FEBRUARIE/FEBRUARY 2019 ...canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2019/02/Die-Krat...verwerking en vir bykans 10 dae gesluit voor weer met perskes begin is. In die geval

4 van 16

Oom Wap-Wap Roelou Bruwer wat jou aanjaag, Oom Hugo Bruwer wat eendag opmerk,

“Christo, Oom Hugo vat nie dwarsklappe nie, Oom Hugo maak branders” of volgens Pa die ware

gentleman, Oom George Barry met sy kalmte en wysheid wat ook gereeld kom handskud het ..

dan was ek bevoorreg om in die praktiese “Klaskamer van die Inmaakbedryf” te kon gesit het,

en ‘n goeie dosis van advies en idees te kon ingedrink het.

Dis hier waar ek en Wiehahn se paaie vir die eerste keer gekruis het. Ook die grootbaas, Oom

Johan Mouton, nadat hy Wellington toe verhuis het, het gereeld kom inloer en hoor hoe dinge

in die boord, oor die skaal en op die graderings-strokie loop … onthou baie goed sy bekende

handtekening onderaan bedryfs-skrywes, JAM’s Desk.

Heelwat van hierdié garde is nie meer met ons nie. Maar hul nageslagte het nou die stokkie in

die hand. Nie net daar in my grootword-wêreld nie, maar ook in Montagu en verder in die Klein

Karoo, Worcester en omstreke van Wolseley, Tulbagh en Ceres. Die inmaakbedryf se

voorgeslagte het ander tipe uitdagings oorkom. Hulle weet dalk nie van klimaatsverandering,

erge droogte, die internasionale verbruiker met al sy moderne nukke en grille as dit by eet en

drink kom nie, maar hulle het hulle seisoen oorleef. Weliswaar ook maar soms gehawend daar

uitgekom. Ons wil almal uit die skaalgeboutjie wegstap, met ‘n gradering van 97 - 3 - 0, of beter.

Ook dat ons volle oes ingeneem sal word en ‘n optimale uitbetaling in die bankrekening op ons

fone sal piep en ons met ‘n breë glimlag sal laat.

Soms is daar egter natuurverskynsels, soos die 1981-vloed, wat ons tref. Of soos nou, met die

realiteit van droogte, markkragte en veranderende verbruikersgedrag. Ja, ook die inmaak-rivier

loop soms wye draaie of bars oor sy walle en dan moet daar letterlik en figuurlik bontgestaan

word.

Dit lyk my dit is meer as ooit weer nodig om sommer net soos ons is, met nat geswete hemp,

boere-tan en dalk effe moedeloos net daar neffens die skaalgeboutjie te kom sit en lekker te

gesels. Op die ou houtbank, OOK jou eerlike stem en voorstel te laat hoor. Mekaar uit te luister.

Net kopskuddend te knik dat ek en jy OOK verstaan. Nie onmiddellik antwoorde het nie. Maar

bereid is om te hoor, te luister, hande te vat en dan saam te JAM.

Een so ‘n wysheid kom nou by my op. “Get your mind around the reality that is facing the

industry, put your heart behind the industry plan and/or actions and have the GUTS to execute!!”

Dalk kan die nuwe skouspelagtige brug wat besig is om vorm aan te neem daar in Ashton, ook

ons aanspoor om met ‘n soortgelyke en innoverende optrede en/of plan vorendag te kom om

die uitdagings van ons tyd kreatief en innoverend te oorbrug. Ek is seker ons het die pedigree …

moenie ophou om kringetjie te maak en spanpraatjies te hou nie … kom ons KOO saam vorentoe

en boontoe!!!!

CCD (ChristoConradieDesk)

CHRISTO CONRADIE, VINPRO

Page 5: NR/NO. 237 FEBRUARIE/FEBRUARY 2019 ...canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2019/02/Die-Krat...verwerking en vir bykans 10 dae gesluit voor weer met perskes begin is. In die geval

5 van 16

DIE REGTE STEENVRUGONDERSTAM VIR

VERSKILLENDE GRONDTIPE

INLEIDING

In Suid-Afrika was Kakamassaailing vir baie dekades die gewildste onderstam vir perskes. Marianna

steggie en Royalsaailing het dieselfde rol vervul vir onderskeidelik pruime en appelkose. Die

staatmakers is steeds belangrik onder die regte omstandighede. Sien ook Die Krat (231) van

Desember 2017. Tog moet ons nie uit die oog verloor dat die onderstamme in sekere

grondomstandighede nie optimaal presteer ten opsigte drag, vruggrootte, boom- en

wortelontwikkeling nie. So sal Kakamassaailing en Marianna in sandgronde maklik aan

strestoestande onderworpe wees. Dit word vererger deur die voorkoms van nematodes, veral

ringaalwurm asook oneffektiewe besproeiing. Die dieper saailing penwortel en meestal goeie

fynwortelontwikkeling maak dat Kakamassaailing oёnskynlik beter oorleef vanuit die kwekery na

die boord maar langtermyn resultate toon betekenisvolle swakker drag en vruggroote as ander

beskikbare onderstamme. Boomvrektes is ook nie uitgesluit nie. Marianna weer is baie gevoelig vir

strestoestande in sandgronde wat die onderstam baie gevoelig maak vir bakteriese- en

swaminfeksies nog te meer as hoё aalwurm getalle voorkom. Die onderstamme is baie gevoelig vir

watertafels in laerliggende gebiede soos tipies voorkom aan die voet van Weskaapse bergreekse.

Dit kan of kortstondige suurstof gebrek veroorsaak of in meer uiterste gevalle tot versuiping lei.

Kortstondige suurstof gebrek sal infeksie voorkoms verhoog. Beide toestande kan lei tot

grootskaalse boomvrektes. In die geval van kortstondige suurstof gebrek by die wortels mag

terugsterwing meer langsamerhand plaasvind en veral in die lente begin. Wortels sal ook nie

heeltemaal verrot wees soos by versuiping nie.

Nie alle grondprobleme kan met onderstamme reggestel word nie. Die nodige grondvoorbereiding,

aanvanklike aalwurmbehandeling en effektiewe dreinering soos nodig is, is ˈn voorvereiste vir

sukses. Netso is effektiewe waterbestuur veral in die eerste twee jaar uiters belangrik om wortel-

en dus boomontwikkeling te ondersteun. Verder is die kwaliteit van plantmateriaal nie

onderhandelbaar nie. Alle moontlike voorsorgmaatreёls moet getref word om te verseker dat bome

wat geplant word oorleef en optimaal ontwikkel. Vroegtydige beplanning en vordering met

voortplantingstegnieke/metodes moet ernstig opgeneem word. Uit die aard van die saak mag dit

koste implikasies teweegbring maar dan moet daar ook groter sekerheid oor boordprestasie daaruit

voortspruit. Die langtermyn voordele moet vereken word.

Page 6: NR/NO. 237 FEBRUARIE/FEBRUARY 2019 ...canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2019/02/Die-Krat...verwerking en vir bykans 10 dae gesluit voor weer met perskes begin is. In die geval

6 van 16

Daar is huidiglik verskeie onderstamme beskikbaar om waarde toe te voeg aan goeie kultivars.

Onderstamme wat betekenisvol beter presteer in sekere omstandighede as die huidige standaard

onderstamme. Die steenvrugtebedryf (en amandelbedryf) moet hierdie voordeel benut.

EVALUASIE

Oor die afgelope dekade is heelwat onderstamme in verskillende grondteksture en ander abiotiese

grondtoestande asook in gronde met aalwurmprobleme aangeplant om die aanpasbaarheid van

belowende ingevoerde steenvrug onderstamme te evalueer. Die belowende beskikbare

onderstamme kan ingedeel word in verskillende groepe:

1) oopbestuifde perskesaailinge soos Kakamassaailing en Guardian asook appelkoossaailing soos

Royalsaailing.

2) perske x Prunus davidiana hibriede soos Cadaman en Flordaguard (P. davidiana is ˈn wilde

Chinese perske variant).

3) Perske x amandel hibriede soos GF 677 en Garnem.

4) Multispesie, komplekse hibriede soos Viking en Atlas (perske x wilde perske x blomamandel x

Japanese appelkoos). SAPO 778 isˈn perske x amandel hibried wat weer teruggekruis is met perske.

5) Prunus cerasifera x P. munsoniana soos Marianna en Maridon (tetraploid van Marianna).

Jong perskebome op Kakamassaailing onderstam in sandgrond (links) en op Flordaguard (regs). Kakamassaailing is semi-verdwergend en maklik onderhewig aan strestoestande soos voorkom by sandgronde.

Page 7: NR/NO. 237 FEBRUARIE/FEBRUARY 2019 ...canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2019/02/Die-Krat...verwerking en vir bykans 10 dae gesluit voor weer met perskes begin is. In die geval

7 van 16

Pruimbostamme is verenigbaar met meeste pruim- en perskeonderstamme. Daarteenoor is

perskebostamme nie verenigbaar met Marianna onderstamme nie. Meeste kommersiёle Suid-

Afrikaanse appelkoosbostamme is net verenigbaar met appelkoossaailing. Om gebruik te maak van

die eienskappe van ander onderstamme is dit nodig om ˈn Royal tussenstam te gebruik as

appelkoosbostamme op die onderstamme ge-okuleer gaan word, anders mag afbreek by entlas in

ˈn mindere of meerdere mate voorkom. Sien ook Die Krat (231) van Desember 2017.

Alle aanbevelings berus op die veronderstelling dat gesonde, afgeharde bome met effektiewe

fynwortels vanaf die kwekery ontvang word. Ook is goeie voeding en effektiewe waterbestuur veral

gedurende die eerste jaar na plant ˈn voorvereiste vir sukses. Baie onderstamme kry ˈn swak naam

omdat boompies met swak wortelstelsels (een of twee tone) en onvoldoende boomreserwes

geplant word. Dit tesame met risiko gronde en swak waterbestuur lei tot ontvoldoende

boomontwikkeling en boomvrektes. Die kombinasie van swak plantmateriaal, oneffektiewe

versorging en risiko gronde sal beslis aanleiding gee tot onbevredigende resultate. Om die voordele

van klone onderstamme vir steenvrugte te benut tot voordeel van produksie en vrugkwaliteit moet

aandag gegee word aan voortplantingstegnieke en boomkwaliteit (veral fynwortelontwikkeling en

behoud, boaardse/wortel balans en reserwes om groei in die boord te ondersteun). Weefselkultuur

plante en plante in houers gekweek, word ondersoek as moontlike oplossings om beter, sterker en

gesonder steenvrugte bome te lewer.

Onderstamme moet betyds geïdentifiseer en bestel word om beskikbaarheid te verseker.

Langtermyn prestasie moet bo korttermyn, maklik en moontlik goedkoper opsies gestel word. In

sandgronde kan bome op Flordaguard betekenisvol beter (50 % en meer beter drag en 11 % beter

vrugmassa) presteer as Kakamassaailing. Netso sal Marianna in sandgronde met hoё getalle

ringaalwurm (ook fluktuerende watertafels) swakker presteer as op Atlas. Marianna sal onder sulke

omstandighede onderhewig wees aan bakteriese- en swaminfeksies (veral swakker bome).

GF 677 steggies in houers met geskikte groeimedium.

Voldoende fynwortels vorm en kan behoue bly.

GF 677 met tone wat nie goed vaar in boordomstandighede

nie. Met sulke wortelontwikkeling gaan klone onderstamme

ˈn swak naam kry en boomvrektes toeneem.

Page 8: NR/NO. 237 FEBRUARIE/FEBRUARY 2019 ...canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2019/02/Die-Krat...verwerking en vir bykans 10 dae gesluit voor weer met perskes begin is. In die geval

8 van 16

Om te help met die proses sal onderstamme volgens grondtekstuur aanbeveel word.

ONDERSTAM AANBEVELINGS VOLGENS GRONDTEKSTUUR

1) Gronde met 90 % en meer sand (ook hoё % klip)

Gronde met 90% en meer sand (en hoё % klip) is veral in die hoё risiko gebied. Nie alleen is dit

belangrik om goeie sterk wortels (veral voedingswortels) teenwoordig te hê nie, maar fyner (kort

siklus) water- en stikstofbestuur is uiters noodsaaklik. Stadig vrystellende stikstofbronne moet

tesame met normale voeding gegee word om hoё uitloging te beperk. Hoe minder slik en klei hoe

minder die vashouvermoё vir veral stikstof en water. Kan ook help om gronde of ten minste

plantgatomgewing te verbeter met behulp van organiese of biologiese ameliorante. Swak kwekery

bome gaan groot probleme veroorsaak in die gronde en swak water- en voedingbestuur gaan

probleme drasties vererger. Besproeiing moet in ag neem dat daar nog net ˈn beperkte

wortelvolume naby die stammetjie teenwoordig is en dat wortels nog nie die middel van die twee

bome bereik het nie.

Onderstamme beskikbaar: Flordaguard, Atlas en Cadaman.

Garnem was nie beskikbaar vir evaluasie in die grond nie. Sal in nuwe evaluasies ingesluit wees.

Guardian beter as Kakamassaailing ten opsigte van produksie maar vruggrootte klein soos

Kakamassaailing. Beperkte evaluasie met Guardian gedoen in die gronde en sal in nuwe evaluasie

proewe weer getoets word.

Flordaguard vir goedgedreineerde sandgronde sonder karbonate, bi-karbonate of hoё pH

probleme. Veral ook geskik vir lae koue behoefte gebiede en vroeё kultivars.

Atlas vir sandgronde en ook as daar karbonate, bi-karbonate en hoё pH probleme voorkom. Ook as

hoё aalwurm getalle in gronde voorkom. Rypwording paar dae later as Flordaguard. Cadaman ook

geskik naas Atlas. In geval van hoё getalle aalwurm in grond moet eerder voor plant berook word

om wortels kans te gee om te vestig en te ontwikkel.

Nie aanbeveel in die grond: Kakamassaailing, Marianna, Viking. Viking lei maklik aan uitdroging in

warm maande en dan ook meer gevoelig vir ring aalwurm.

2) Gronde met ongeveer 80% tot 90% sand

Onderstamme beskikbaar: Flordaguard, Atlas en Cadaman (nader aan 90 %) asook Viking, GF 677,

SAPO 778, Garnem en Marianna (almal is geskik vanaf veral die 85 % vlak). Flordaguard en SAPO

Page 9: NR/NO. 237 FEBRUARIE/FEBRUARY 2019 ...canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2019/02/Die-Krat...verwerking en vir bykans 10 dae gesluit voor weer met perskes begin is. In die geval

9 van 16

778 asook Marianna nie vir gronde met pH probleme nie maar die ander wel. In meeste gevalle nie

betekenisvolle verskille tussen GF 677, Atlas, Viking, Cadaman en Garnem ten opsigte van drag en

vruggewig in die gronde nie. GF 677 mag soms kleiner vrugte gee veral by nektarienbome.

3) Gronde met goeie slik en klei fraksie van 25 % tot 35 %. Klei nie hoёr as 20 % nie

Atlas, Viking, Garnem, GF 677, SAPO 778, Cadaman, Kakamassaailing en Marianna. Kakamassaailing

as geen beperkinge voorkom nie. SAPO nie vir hoё pH gronde nie maar wel waar hoё getalle ring

voorkom. Kakamassaailing en Marianna nie vir hoё pH gronde nie. In meeste gevalle nie

betekenisvolle verskille tussen GF 677, Atlas, Viking, Cadaman en Garnem ten opsigte van drag en

vruggewig in die gronde waar hoё pH probleme voorkom nie.

4) Gronde met 20 tot 30 % klei: Viking, SAPO 778 en Maridon (nie in Klein Karoo gebiede)

Perske x amandel en perske x davidiana hibriede sowel as perske- en appelkoossaailinge sal makliker

probleme in die gronde ondervind veral ten opsigte van wortel- en swaminfeksies veral as kwekery

bome min wortels het. Waterbestuur moet nie nattoestande in die hand werk nie.

AALWURMS

Aalwurms wat ˈn rol speel by steenvrugte is veral, knopwortel, ring en letsel. Flodaguard en

Marianna en Maridon is immuun teen knopwortelaalwurm. Atlas, Viking Guardian en Garnem is

weerstandbiedend. SAPO 778 is verdraagsaam. GF 677 en Kakamassaailing is baie sensitief. Alle

huidige onderstamme is goeie gashere vir ringaalwurm. Marianna en Maridon is baie sensitief. GF

677 en Kakamassaailing is sensitief. Flordaguard en Viking is sensitief tot verdraagsaam. Atlas,

Cadaman, Guardian en Garnem is verdraagsaam. SAPO 778 is verdraagsaam tot weerstandbiedend.

GF 667 is baie sensitief vir letselaalwurm. Flordaguard, Cadaman, Viking, SAPO 778,

Kakamassaailing, Marianna en Maridon is sensitief. Atlas, Guardian en Garnem is verdraagsaam.

Onderstamme wat baie sensitief en sensitief is word nadelig beïnvloed veral wat betref vruggewig

maar ook drag wanneer die aalwurms in skadelike hoeveelhede voorkom. Hoё getalle ringaalwurm

kan ook meewerk om steenvrugtebome bloot te stel aan bakteriese kanker en swaminfeksies.

Page 10: NR/NO. 237 FEBRUARIE/FEBRUARY 2019 ...canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2019/02/Die-Krat...verwerking en vir bykans 10 dae gesluit voor weer met perskes begin is. In die geval

10 van 16

WEEFSELKULTUUR ONDERSTAMME

Die belangrikheid van weefselkultuur onderstamme en effek van plante in houers moet nie

onderskat word nie. Vorentoe gaan produsente al meer daarvan hoor.

DR PIET STASSEN

Fig. 2. GF 677 steggies in houer met geskikte medium.

Fig. 3. GF 677 vanaf weefselkultuur in houers met geskikte groeimedium. Oorvloedig fynwortels beskikbaar.

Page 11: NR/NO. 237 FEBRUARIE/FEBRUARY 2019 ...canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2019/02/Die-Krat...verwerking en vir bykans 10 dae gesluit voor weer met perskes begin is. In die geval

11 van 16

Page 12: NR/NO. 237 FEBRUARIE/FEBRUARY 2019 ...canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2019/02/Die-Krat...verwerking en vir bykans 10 dae gesluit voor weer met perskes begin is. In die geval

12 van 16

Wil jy meer leer? ‘n Praktiese opleidingsessie word aanbeveel vir die optimale gebruik van FruitLook.

Opleidingsessies word elke tweede week by Elsenburg aangebied, terwyl streeks opleidingsessies op versoek

aangebied word. Tydens hierdie sessies het gebruikers die geleentheid om 'n bekende blok deur die

FruitLook-lens te bekyk en 'n beter begrip te kry van wat deur FruitLook sigbaar is. FruitLook TechCoaches is

gevestig in die Wes-Kaap en is beskikbaar vir algemene navrae, plaashulp of enige verduideliking oor die data.

Maak gerus kontak met FruitLook via [email protected] of +27 (0) 74 322 6574. Die FruitLook webwerf kan

besoek word via www.fruitlook.co.za.

NOG ‘N JAAR VAN EFFEKTIEWE BOERDERY DEUR SATELLIETDATA!

Die 2018-19 FruitLook seisoen is hier! Die Wes-Kaapse Departement van Landbou finansier

weereens FruitLook hierdie seisoen, om boere in hul water- en produksiebestuur te help deur

middel van intelligente satellietdata-produkte. Dit beteken dat boere weer voordeel kan trek uit

FruitLook teen geen koste nie!

FruitLook gebruik die nuutste satelliet-gebaseerde tegnologie om produsente te help om plante se

groei en watergebruik akkuraat te monitor en te bestuur. FruitLook bied gewasgroei en werklike

watergebruiksinligting, toon hoe doeltreffend die watergebruik is en of enige plantstres (ET tekort)

voorgekom het. Terugvoer van produsente dui daarop dat FruitLook 'n uiters waardevolle

hulpmiddel is om 'n oorsig te gee van die gewaswater gebruik en vereistes op blokvlak. In 'n vraelys

wat in 2018 gesirkuleer is, het 71 van die 100 respondente aangedui dat die gebruik van FruitLook

hul waterbestuur verbeter het.

Gedurende 2017-18 het FruitLook 776 gebruikers ondersteun om 16 507 blokke en 53 049 hektaar

te bestuur. Die omvang en impak van FruitLook is uniek wêreldwyd. FruitLook verskaf inligting vir

alle groot produksiegebiede in die Wes-Kaap. Van Vredendal tot Hermanus en Stellenbosch tot

Langkloof.

Wat is nuut in 2018-19? Gedurende die 2018-19 seisoen sal FruitLook data verskaf vir ‘n volle 12

maande tydperk: vanaf Augustus 2018 tot Julie 2019 op 'n weeklikse basis. Met hierdie verandering

ondersteun FruitLook dus nou al die landboubedrywe van die Wes-Kaap!

Aansienlike reënval gedurende die afgelope winter in baie streke het gelei tot 'n groot verbetering

in damvlakke en waterbeskikbaarheid. Maar die doeltreffende gebruik van water sal vanjaar 'n

belangrike komponent van volhoubare en verantwoordelike (besproeide) boerdery in die Wes-Kaap

bly. FruitLook, tesame met verskeie ander hulpmiddels, sal weereens dien as ‘n kragtige instrument

is om boere te help om watergebruik en algemene boerdery doeltreffendheid te optimaliseer. Nou

en in die toekoms!

Page 13: NR/NO. 237 FEBRUARIE/FEBRUARY 2019 ...canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2019/02/Die-Krat...verwerking en vir bykans 10 dae gesluit voor weer met perskes begin is. In die geval

13 van 16

SPIKKELS OP DIE HORISON VAN DIE SUID AFRIKAANSE VRUGTEBEDRYF

In die tweede aflewering oor “Understanding the World” is tendense, geantisipeerde gebeurlikhede, ontluikende gebeure en nuwe idees geïdentifiseer gelys en word die lesers uitgenooi om saam te kyk na die spikkels op die horison en te sien wat vir jou herkenbaar is. 2030 is 13 jaar die toekoms in en 1892 tot 2017 het `n terugblik van 125 jaar gegee. Volgens Bishop en Hines (Bishop and Hines, 2012), die volgende wysheid: “the successful will be those who mastered the basics of change and to anticipate it, manage the ambiguity and the uncertainties and to create the necessary changes to bend the future to preferable outcomes.”

Tendense vir die Suid-Afrikaanse Vrugtebedryf:

• Tegnologie aanvaarding en aanneming wat presisie landbou moontlik maak en die

aanwending van tegnologie is diep, wyd en gebeur teen `n ontsagwekkende spoed in die vrugtebedryf.

• Afrika ontluik en die jong en groeiende middelklas skep mark toegang. Die mark groei en ontwikkel vir Suid-Afrikaanse vrugte.

• Gebied alliansies binne SADEC, Afrika unie en BRICS ontwikkel en marktoegang en mark-potensiaal vir Suid Afrikaanse vrugte word uitgebrei.

• Die Suid Afrikaanse Vrugtebedryf word as `n belangrike, hoë inkomste genereerder gesien, na waarde geskat binne die SA ekonomie en skep stabiliteit binne die grondhervorming proses.

• Voedsel Veiligheid en ander handelsbeperkinge vir die SA Vrugtebedryf word met veerkragtigheid en aanpasbaarheid bestuur, al is die bedryf onbeskermd, maar funksioneer al vir dekades binne die oop globale ekonomie en midde in die voedsel sisteem van die wêreld.

• Die vrugtebedryf funksioneer gemaklik met grondhervorming as `n politieke en hoogs emotiewe Suid-Afrikaanse uitdaging.

• Die institusionele kapasiteit van die SA Vrugtebedryf is `n vlagskip van die SA Landbou bedrywe.

• Die ANC regering bly aan bewind en die status quo van die politieke omgewing word gehandhaaf en SA die se besigheid-vertroue en -ontwikkeling is uiters moeilik.

• Druk op natuurlike hulpbronne neem toe met water en grond as beperkend, droogtes as `n konstante sikliese fenomeen en sonder die institusionele kapasiteit om die uitdagings te bestuur.

• Die ver-Oostering van Afrika as `n nuwe werklikheid met nuwe verbruikers tendense.

• Die besoedeling en druk op beskikbaarheid wat toeneem, deur die bevolkingsaanwas, impakteer op natuurlike waterbronne.

• `n Styging in die koste van fossiel brandstowwe.

• `n Invlug van Sub-Sahara immigrante na Suid-Afrika as gevolg van klimaat- en politieke faktore.

• Faksie politiek en voor-verkiesings politieke volatiliteit `n konstante werklikheid.

Page 14: NR/NO. 237 FEBRUARIE/FEBRUARY 2019 ...canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2019/02/Die-Krat...verwerking en vir bykans 10 dae gesluit voor weer met perskes begin is. In die geval

14 van 16

Geantisipeerde gebeurlikhede vir die Suid Afrikaanse Vrugtebedryf

(risiko’s. “Black swans” en “wild cards”):

• Vaardighede, die beskikbaarheid van vaardighede en die uitvloei van vaardighede veroorsaak dat die

vaardigheids aanbod nie in pas is met die markbehoefte en tegnologie-eise se vraag na geskoolde arbeid nie Die tekorte impakteer op die SA Vrugtebedryf se vermoë om te kompeteer en te groei.

• Die globalisering van talent veroorsaak `n brein-drein in SA, wat navorsing en ontwikkeling in die SA Vrugtebedryf inperk, met wetenskap en tegnologie ontwikkeling en -aanpassing onontbeerlik om globaal relevant te bly.

• Beleggings in die kapitaal intensiewe SA Vrugtebedryf is noodsaaklik om die industrie volhoubaar te hou as `n globaal kompeterende speler. As `n ontluikende mark verloor SA grond en as `n beleggings destinasie word SA onaantreklik.

• Armoede, werkloosheid en voedsel onsekerheid kan impakteer op die SA verbruiker se vermoë om vrugte te koop en word vrugte `n luukse produk. Die voorkoms van spontane mini-revolusies is alledaags en impakteer op sosiale stabiliteit, infrastruktuur en inkomste kapasiteit van ondernemings.

• Rente koerse, inflasie en die wisselkoers is verweef as deel van `n komplekse nasionale en globale finansiële stelsel wat interaktief is met die SA Vrugtebedryf en wat deel vorm van die ontwikkelende wêreld. As `n ontluikende mark binne die oop ekonomie van SA, is die ekonomiese kwesbaarheid hoog.

• Interne politiek en regerings oneffektiwiteit is hoog met die potensiaal om die SA Vrugtebedryf te knou.

• Institusionele ineenstorting, korrupsie en kultuur verskille is struikelblokke vir die SA Vrugtebedryf.

• Handel verhoudinge, nuwe handel- en politieke magsblokke en geo-politieke spanning impakteer op vrugte uitvoere en uitvoer markte.

• Die hoë koste van ingevoerde tegnologie verhoed kompeterende tegnologie aanvaarding in die SA Vrugtebedryf.

• Vrugte produsente wat migreer en die betrekking van die “flying-geese”-ekonomie, het `n impak op die institusionele kapasiteit van die SA Vrugtebedryf en die nasionale vrugtebedryf se fokus verander na `n globale industrie fokus.

Ontluikende gebeure wat betrekking het op die SA Vrugtebedryf: • Die Groen Ekonomie as deel van die volhoubare sirkulêre ekonomie en goeie landbou

bestuurspraktyke word nie afgedwing of toegepas as plaas praktyke in die SA Vrugtebedryf nie, en in `n omgewing waar die Groen sirkulêre ekonomie `n voorvereiste word vir agente in die globale voedsel kettings en -sisteem, verloor die bedryf markaandeel.

• `n Nuwe politieke en ekonomiese wêreldorde en globale ekonomiese herposisionering impakteer op die SA handelsooreenkomste en veral op vrye handel ooreenkomste, met `n direkte impak op die SA Vrugtebedryf.

• R&D as `n persentasie van BNP is laag en die tegnologie aanvaarding van die SA regering uitsonderlik laag. Met die implikasie dat die SA Vrugtebedryf en die SA regering se kontekstuele werklikhede vanuit verskillende wêreld perspektiewe en verwagtinge ervaar en beskou word – in sommige gevalle onversoenbaar.

• Klimaatsverandering, water stres, besoedeling en ontwrigtings op die ekosisteme is “wild cards” met hoë risiko wat impakteer op die fondasies van die SA Vrugtebedryf en met beperkte natuurlike hulpbronne dié voorvereiste vir volhoubaarheid van die bedryf. Droogtes hou die risiko in om `n nuwe normaal te raak, met water stres en voedsel stres nuwe realiteit.

• Landelike disinvestering in die vrugtebedryf met beleggings wat afneem as gevolg van politieke onsekerheid en klimaat uitdagings.

• Die uitdaging van politieke populisme wat beleggings vertroue laat taan.

• Die SA Vrugte Plan en die Nasionale ontwikkelings plan is slegs diagnostiese dokumente sonder impak.

• Misdaad en geweld neem toe met die sosio-ekonomiese impak en `n destabiliserende effek op die vrugtebedryf.

Page 15: NR/NO. 237 FEBRUARIE/FEBRUARY 2019 ...canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2019/02/Die-Krat...verwerking en vir bykans 10 dae gesluit voor weer met perskes begin is. In die geval

15 van 16

• Die SA Vrugtebedryf se kapasiteit vir R&D raak verlore as `n nasionale bate en die intellektuele kapitaal en vrugte tegnologie word geprivatiseer.

• Die globalisering van R&D ten opsigte van nuwe vrug variëteite en onderstamme veroorsaak dat kennis in klubs ontwikkel en is onbekostigbaar vir die nasionale vrugtebedryf.

• Werkloosheid groei in die vrugtebedryf as outomatisering, tegnologie en digitalisasie ontwikkel.

Nuwe idees in die SA Vrugtebedryf:

• Tegnologie met die vermoë om `n kort waarde ketting tussen produsent en handelaar te veroorsaak, kan wins vir produsente optimaliseer, byvoorbeeld kontrakte in “Blockchain” formaat tussen produsent en handelaar.

• Vrugte as “food-on-the-go”, sonder plastiek en as geriefkos, is `n positiewe neiging vir die mark ontwikkeling van vrugte.

• Die SA regering spandeer en befonds nie die oorgang na die Groen Ekonomie as ̀ n nuwe geïntegreerde sirkulêre ekonomiese benadering nie en produsente inisieer die oorgang.

• Voedsel voorkeure verander en die voorkeure van Millenniums kan kompetisie vir vrugte as kossoort veroorsaak tot voordeel van ander tipe gesondheid- en gemak kos.

• Lae voedsel myle en lae uitsette van groen huis gasse by die produksie prosesse is `n fokus van drukgroepe en is globale voedsel politiek `n realiteit. In die uitvoer gefokusde SA Vrugtebedryf, is die voedsel myle en die koolstof voetspoor hoog.

• Klein tegnologie ontwrigtings het die potensiaal om groot impak te hê en kan voorbeelde van voedsel bedrog as risiko, “Green Bond” as nuwe landbou beleggings model en R&D gereedskap en “Blockchain” as nuwe metode van kontrakte tussen produsente, verbruikers en verspreiders, dramatiese veranderings in die SA Vrugtebedryf veroorsaak.

• Kreatiewe grondhervorming en sosiale ontwikkeling vir werknemers in die landbou word die nuwe normaal en die SA Vrugtebedryf `n leier op die gebied.

• Meer, strenger en hoër voedsel veiligheids regulasies en plant veiligheid word `n uitdagende handelsbeperkinge vir die SA Vrugtebedryf.

• Globale monopolieë ten opsigte van tegnologie, plant materiaal, navorsing en ontwikkelings tegnologie en chemiese- en produsente klubs, maak toegang in Vrugtebedrywe ontoeganklik vir produsente.

• Nuwe produksie metodes en tegnologie aanwendings wat lei tot minder grond benodig en hoër produktiwiteit vir die SA Vrugtebedryf maak kompeterendheid moontlik.

• Die vermoë van individue in die SA Vrugtebedryf om vertroue te bou ten spyte van kulturele en politieke verskille met `n hernude fokus op die kapasiteit en die potensiaal van die SA Vrugtebedryf, plaas die bedryf of `n nuwe trajek.

• Die SA Regering skep `n toeganklike omgewing vir vrye handel en die ontwikkeling en die uitbou van die SA Vrugtebedryf.

• `n Vrugtebedryf waar hernubare energie, bio-brandstowwe, digitalisasie en presiese tegnologie `n nuwe norm raak en insetkoste verlaag, effektiwiteit verhoog en produktiwiteit dramaties verbeter.

Ralph Waldo Emmerson, soos aangehaal deur Marthinus Versfeld, dit heel elegant gestel het:

“In daily life what distinguishes the master is the using of those materials he has, instead of looking for what are more renowned, or what other have used well…Do not refuse the employment which the hour gives you…The use of history is to give value to the present hour and its duty. That is good which commends to me my country, my climate, my means and materials, my associates.” (Versfeld, 1982)

Maar bowenal ...”go forth and meet the shadowy future, without fear and with a manly heart” ...so het Mr. Longfellow gesê.

DEIDRE EIGELAAR, ACHTERVLEI

Page 16: NR/NO. 237 FEBRUARIE/FEBRUARY 2019 ...canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2019/02/Die-Krat...verwerking en vir bykans 10 dae gesluit voor weer met perskes begin is. In die geval

16 van 16

PITTE IN DIE BOS / FRUIT BITS

CHINA’S 2018 PEACH SEASON Among other crops, a severe frost in April last year impacted the peach harvest in China, which decreased to 12,4 million tons. With 126 000 tons less of peach raw material for canning, from June to September 2018 China produced 661 248 tons (33,6million basic cartons). Raw material prices (peaches) slightly increased from USD341 per ton in 2017 (big crop) to USD 375 per ton in 2018. With two months left for annual customs data to complete, Chinese canned peach exports for 2018 calendar year will equal or slightly surpass those of the previous year, reaching the 7,0 million basic cartons. “There is a growing demand for canned peach in China”, the country’s delegation attending CANCON 14 in October 2018 guaranteed. FOODNEWS

Exports in 2018 are expected to resume at the highest level since 2015, with stocks to clear before the new season starts in July 2019 lower than previous period. Consequently, total shipments in 2018 calendar year would come in at nearly 249 000 tons, up 17% from previous year’s 213 500 tons and close to the those of 2015 at 257 400 tons. “We really expect total 2018 exports to be higher than in the previous year. Shipments for the first half refer to 2017 production (13,6million cartons or around 272 0000 tons of canned peaches), which was higher than 2018’s (111,8million cartons or 236 000 tons of canned peaches.)” FOODNEWS CANNED PEACH CARRYOVER FORECAST Greek peach canners resumed 2017/2018 season with little stocks from 2017. Whether Greek and the other northern hemisphere peach canners, Spain and China, are successfull in clearing inventories before the new season starts in July 2019, wil party depend on the southern hemisphere counterpart’s performance over the next months: Southern hemisphere counterparts peach crops are lower or similar to those of the previous season. South Africas’ peach crop is lower than expected. The Chilean peach crop, impacted by hailstorms in mid-November last year, was lower than that of 2017, with sources estimating between 220 000 and 230 000 tons and the Argentinean crop was also down from last year’s 160 000 tons to around 120 000 tons. FOODNEWS

BANKRUPT ARGENTINEAN PEACH CANNER

ALCO ON THE BLOCK In October 2018, Alco-Canale was announced bankrupt by court, which promptly opened a tender in order to ensure that processing operations continue in the factory. A six-month lease agreement was offered by the Argentinaan fruit processor Dulcor in late December 2018, which was then approved by the court. Alco is considered one of the largest canned peach processors and exporters in Argentina. Alco is now for sale. FOODNEWS

FOODNEWS

GREEK CANNED PEACH TRADE