laerskool roodekrans. 6 - afrikaans tuiswerk - 20 tot 24...oral verstrooid gelê het, begin optel....

12
1 LAERSKOOL ROODEKRANS AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 6 Me. V. Hollander ___________________________________________________________________ Inskerpingswerkkaarte 20 April- 24 April 2020: Oefening 1: Begripslees: Die drie wense Oefening 2: Begripslees: Die houtkapper en die skatkis Oefening 3: Begripslees: Die magtige hasie Oefening 4: Taalhersiening: Antonieme Oefening 5: Taalhersiening: Homofone Oefening 6: Taalhersiening: Leestekens en skryftekens Oefening 7: Taalhersiening: Koppeltekens Oefening 8: Taalhersiening: Trappe van vergelyking Oefening 9: Taalhersiening: My huis, my paleis Oefening 1: Begripslees Lees die onderstaande teks en beantwoord die vrae daarna: 1 Toe Frits een aand tuis kom, so nors en suur soos altyd, kry hy sy vrou in die kombuis. Sy het ‘n baie vreemde kyk op haar gesig. In haar skoot lê ‘n brief. “Wat makeer?” brom hy. “Kom in en maak die deur toe, Frits. Jy sal dit nie glo nie, maar die feetjies het vir ons ‘n brief geskryf. Hulle het vir ons drie wense gegee!” 2 Hy gryp die brief en lees dit sorgvuldig deur. “Ons moet die meeste hiervan maak, Magda. Ons moenie oorhaastig wees nie. Drie wense kan ons ryk maak, belangrik, beroemd! Maar ons moet vir die regte goed vra.” “Ek het klaar ‘n lys gemaak,” sê Magda en spring gou op om die lys te gaan haal. “Kyk! ‘n Paleis vir my, ‘n koning se troon vir jou. Skoonheid vir my, ‘n lang lewe vir jou. Goud en juwele... Wel, ek het só hard aan die lys gewerk dat ek nie tyd gekry het om kos te maak nie!”

Upload: others

Post on 09-Oct-2020

21 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: LAERSKOOL ROODEKRANS. 6 - Afrikaans tuiswerk - 20 tot 24...oral verstrooid gelê het, begin optel. Haastig het hy elke enkele stukkie opgeraap en teruggegooi in die kis. 8 Toe alles

1

LAERSKOOL ROODEKRANS

AFRIKAANS HUISTAAL

GRAAD 6

Me. V. Hollander

___________________________________________________________________

Inskerpingswerkkaarte 20 April- 24 April 2020:

Oefening 1: Begripslees: Die drie wense

Oefening 2: Begripslees: Die houtkapper en die skatkis

Oefening 3: Begripslees: Die magtige hasie

Oefening 4: Taalhersiening: Antonieme

Oefening 5: Taalhersiening: Homofone

Oefening 6: Taalhersiening: Leestekens en skryftekens

Oefening 7: Taalhersiening: Koppeltekens

Oefening 8: Taalhersiening: Trappe van vergelyking

Oefening 9: Taalhersiening: My huis, my paleis

Oefening 1: Begripslees

Lees die onderstaande teks en beantwoord die vrae daarna:

1 Toe Frits een aand tuis kom, so nors en suur soos altyd, kry hy sy vrou in die kombuis. Sy het ‘n baie vreemde kyk

op haar gesig. In haar skoot lê ‘n brief. “Wat makeer?” brom hy. “Kom in en maak die deur toe, Frits. Jy sal dit

nie glo nie, maar die feetjies het vir ons ‘n brief geskryf. Hulle het vir ons drie wense gegee!”

2 Hy gryp die brief en lees dit sorgvuldig deur. “Ons moet die meeste hiervan maak, Magda. Ons moenie

oorhaastig wees nie. Drie wense kan ons ryk maak, belangrik, beroemd! Maar ons moet vir die regte goed vra.”

“Ek het klaar ‘n lys gemaak,” sê Magda en spring gou op om die lys te gaan haal. “Kyk! ‘n Paleis vir my, ‘n koning

se troon vir jou. Skoonheid vir my, ‘n lang lewe vir jou. Goud en juwele... Wel, ek het só hard aan die lys gewerk

dat ek nie tyd gekry het om kos te maak nie!”

Page 2: LAERSKOOL ROODEKRANS. 6 - Afrikaans tuiswerk - 20 tot 24...oral verstrooid gelê het, begin optel. Haastig het hy elke enkele stukkie opgeraap en teruggegooi in die kis. 8 Toe alles

2

3 “Wát?” bulder Frits, “Hoe kán jy verwag dat ek sulke belangrike besluite op ‘n nugter maag moet neem? Dis

darem te veel gevra! Jy is so lui! Ek wens jy kon darem vir ons iets reggemaak het vir aandete – al was dit net ‘n

paar worsies.”

4 Skielik is daar ‘n vreemde gezoem, en ‘n geklap van feëvlerkies, en – plons! – ‘n string worse verskyn op ‘n bord

op die kombuistafel. Frits staar daarna en lek sy lippe af. “Jy’t ‘n wens verspil!” gil Magda duskant histerie en

slaan hom met ‘n bruinbrood oor die kop. “Jy was nog altyd so domastrant! As ‘n ding gedoen moet word, moet

ek dit liewers net sélf doen! O, jy maak my so woedend! Ek...ek...ek wens daardie worse sit aan jou lelike neus

vas!”

5 Skielik is daar weer ‘n geluid, dié keer soos feetjies wat sing, en – woeps! – spring die string worse van die bord

af op en gaan sit aan Frits se neus vas. Hy kyk na die worse en bars in trane uit. Albei probeer die rits worse van

sy neus aftrek, maar tevergeefs. “Eina! Hulle is warm!” skree Frits. “Ek sal hulle afsny met ‘n mes,” sê Magda.

“Sit neer daardie mes, vroumens! Hoe kan jy eers só iets voorstel?” En die worse bly sit net waar hulle is...

6 Op daardie oomblik klop iemand aan die deur. Frits en Magda staar mekaar hulpeloos aan. “Moenie oopmaak

nie! Wil jy hê al die mense moet weet daar sit ‘n string worse aan jou neus vas?” “Wat?”, roep Frits uit. “Wil jy

hê ek moet vir die res van my lewe wegkruip? Ag, ek het nooit besef hoe gelukkig ek vantevore was nie. Toe’t ek

nog ‘n doodgewone neus gehad. As ons net nie so maklik rusie maak nie!”

7 “Ja, ek weet, ek is baie jammer Frits,” sê Magda skaam. “Nee, nee, dit was nie jou skuld nie. Ek wens net die

simpel feetjies het hulle wense vir hulself gehou en alles laat bly soos dit was.” “Ek ook,” sug Magda.

8 Weer is daar ‘n vreemde geluid, hierdie keer soos feetjies wat lag, en – blaps! – val die worse van Frits se neus

af. Frits en Magda omhels mekaar en lag en dans om die tafel. En die feetjies, wat hulle heeltyd dopgehou het,

hardloop weg om nog ‘n brief te gaan pos...

(Aangepas uit: Storieman, deur Leon Rousseau, 1993)

Soek en omkring die regte antwoorde.

1. Wat beteken die woord “nors”?

a) Stuurs en onvriendelik

b) Skaam en teruggetrokke

c) Geïrriteerd en gespanne [1]

2. Wat beteken die woord “sorgvuldig”?

a) Versigtig

b) Met sorg, noukeurig en oplettend

c) Sonder sorg, agteloos en ligsinnig [1]

3. Frits sê vir Magda dat sy lui is, omdat sy nog nie kos gemaak het nie (par. 3). Wat sal ‘n mens iemand

noem wat lui is?

a) ‘n Lafaard

b) ‘n Lummel

c) ‘n Luiaard [1]

Page 3: LAERSKOOL ROODEKRANS. 6 - Afrikaans tuiswerk - 20 tot 24...oral verstrooid gelê het, begin optel. Haastig het hy elke enkele stukkie opgeraap en teruggegooi in die kis. 8 Toe alles

3

4. Wat beteken die woord “verspil”?

a) Verkwis of vermors

b) Weggegooi

c) Misbruik [1]

5. Wat beteken dit om “duskant histerie” te wees?

a) Om verby die punt van omgee te wees.

b) Om verby die punt te wees waar jy jou emosies onder beheer kan hou.

c) Om verby die punt van versoening te wees. [1]

6. Magda sê vir Frits dat hy nog altyd domastrant was (par. 4). Hoe tree iemand op wat “domastrant” is?

a) Hy sal sonder skaamte en vol selfvertroue optree.

b) Hy sal onverstandig en impulsief optree.

c) Hy sal dwaas en parmantig (uitdagend of onbeskof) optree. [1]

7. Wat beteken die woord “tevergeefs” in par.5?

a) Nutteloos en sonder uitwerking

b) Om iemand te vergewe

c) Verstaanbaar [1]

8. “doodgewone” is die intensiewe vorm van die woord gewoon (par. 6). Gee nou die intensiewe vorm

van die woord “lelik”.

a) skreeulelik

b) naglelik

c) blitslelik [1]

9. Die woord “feetjie” is ‘n verkleiningsvorm, en die woord “feë” is ‘n meervoudsvorm. Gee nou die

enkelvoud:

a) vee

b) fee

c) Nie een van die bogenoemde nie (daar is nie ‘n enkelvoud van feetjie of feë nie) [1]

10. Watter woord hieronder sal die feetjies die beste beskryf?

a) intelligent

b) beskeie

c) ondeund [1]

[10]

Page 4: LAERSKOOL ROODEKRANS. 6 - Afrikaans tuiswerk - 20 tot 24...oral verstrooid gelê het, begin optel. Haastig het hy elke enkele stukkie opgeraap en teruggegooi in die kis. 8 Toe alles

4

Oefening 2: Begripslees

Lees die onderstaande teks en beantwoord die vrae daarna:

1 Daar was eendag, lank gelede, ‘n arm houtkapper en op ‘n dag moes hy een van die heel grootste en mooiste

bome in die woud afkap. Dit was asof hierdie boom moeiliker as enige ander boom was om af te kap.

2 Die houtkapper het gekap en gekap en gekap. Eers na ‘n paar dae se geswoeg en gesweet het die boom met ‘n

stadige gekraak begin kantel. Toe, met ‘n geklap van takke wat breek, skeur die boom homself met sy wortels en

al uit die aarde uit. Die bos was skielik vreemd verlig – die lig het vir die eerste keer in honderde jare in hierdie

deel van die bos ingeskyn. En dis toe dat die houtkapper iets vreemds tussen die wortels van die boom sien...

3 Toe hy nader tree, sien hy dat dit ‘n ou, verweerde kis is, met swaar kettings rondom gewikkel. Die kis was baie

swaar. Met ‘n groot gesukkel het die houtkapper die kis los gekry en gesleep tot op ‘n gelyke stuk grond. Hy het

versigtig die deksel opgelig. Toe die son se strale op die inhoud van die kis skyn, was die lig so helder dat die

houtkapper sy oë styf moes toeknyp – die kis was propvol glinsterende juwele en munstukke!

4 Die houtkapper was so opgewonde dat hy handevol van die muntstukke en juwele sommer voor by sy

stukkende hemp ingegooi het. Hy het in die rondte gespring en begin sing en dans van vreugde. Hy kon sy geluk

nie glo nie.

5 Skielik het ‘n takkie in die bosse agter hom gekraak... Die houtkapper het yskoud geword van skok en na sy byl

gegryp. Hy was reg om wie ook al dit was, dood te maak. In die bossies oorkant hom het ‘n pragtige bosbokkie

gestaan en met groot, onskuldige bruin oë na hom gekyk.

6 “Sjoe! Weg is jy!” het die houtkapper op die bokkie geskree en sy byl dreigend in die rigting van die bokkie

geswaai. Die skugter dier het verskrik padgegee.

7 “Wat het van my geword?” het hy geprewel. “Die skat het van my ‘n monster gemaak. Ek was gereed om mens

of dier onmiddellik dood te maak!” Die houtkapper het opgespring en koorsagtig die munstukke en juwele wat

oral verstrooid gelê het, begin optel. Haastig het hy elke enkele stukkie opgeraap en teruggegooi in die kis.

8 Toe alles opgetel was, het hy die kis se deksel toegeslaan, die kettings weer stewig om die kis gedraai en die kis

in die gat waar die boom se wortels was, ingegooi. Daarna het die houtkapper begin om die gat toe te gooi met

grond. Toe hy klaar was, kon niemand sien dat daar ooit ‘n gat was nie, en niemand sou ooit kon dink dat daar ‘n

skatkis begrawe is nie...

(Aangepas uit: Storieman, deur Leon Rousseau, 1993)

Kies en omkring die korrekte antwoorde.

1. Gee die trappe van vergelyking van die woord: moeilik.

a) moeiliker; moeilikste

b) meer moeilik; mees moeilik

c) moeilikker; moeiliksste [1]

Page 5: LAERSKOOL ROODEKRANS. 6 - Afrikaans tuiswerk - 20 tot 24...oral verstrooid gelê het, begin optel. Haastig het hy elke enkele stukkie opgeraap en teruggegooi in die kis. 8 Toe alles

5

2. Wat beteken die uitdrukking “om te swoeg en te sweet”?

a) Dit beteken dat ‘n mens lanklaas gebad het en dus na sweet ruik.

b) Dit beteken dat ‘n mens harde en swaar werk verrig.

c) Dit beteken dat ‘n mens sukkel met ‘n sekere taak. [1]

3. Wat beteken die woord “verweerde” in par.3 (‘n ou, verweerde kis)?

a) Oud

b) Verbrokkel of verniel deur die invloed van die weer

c) Vuil [1]

4. Gee die verkleiningsvorm van die woord “muntstukke”?

a) muntstukkie

b) muntstukies

c) muntstukkies [1]

5. “Yskoud” is die intensiewe vorm van koud. Omkring nou die korrekte intensiewe vorm van die

woord “dood”:

a) morsdood

b) doodeenvoudig

c) doodonskuldig [1]

6. Wat was in die bosse agter die houtkapper wat ‘n takkie laat kraak en hom baie groot laat skrik het?

a) ‘n Reuse olifant.

b) ‘n Aggressiewe hiëna.

c) ‘n Pragtige bosbokkie. [1]

7. Gee een woord uit die leesstuk wat die manier waarop die houtkapper sy byl na die bosbokkie geswaai

het die beste beskryf.

a) dreigend

b) hulpeloos

c) verwilderd [1]

8. Wat beteken die woord “skugter” in par.6 (die skugter dier)?

a) Bang om aandag te trek.

b) Vinnig en rats.

c) Wild en gespanne. [1]

Page 6: LAERSKOOL ROODEKRANS. 6 - Afrikaans tuiswerk - 20 tot 24...oral verstrooid gelê het, begin optel. Haastig het hy elke enkele stukkie opgeraap en teruggegooi in die kis. 8 Toe alles

6

9. Wat beteken die woord “koorsagtig”in par.7 (koorsagtig die muntstukke...begin optel)?

a) ‘n Verhoging van jou liggaamstemperatuur omdat jy siek is.

b) Met heftigheid, onrustigheid en groot gejaagdheid iets doen as gevolg van druk of spanning.

c) ‘n Toestand van innerlike opgewondenheid. [1]

10. Watter items was alles binne-in die kis gewees?

a) Glinsterende juwele.

b) Glinsterende muntstukke en ornamente.

c) Glinsterende juwele en muntstukke. [1]

[10]

Oefening 3: Begripslees

Lees die onderstaande teks en beantwoord die vrae daarna:

1 Hasie is een van die slimste diere in die bos. Maar het julle ook geweet dat hy een van die sterkstes is? Sterk

genoeg om teen Olifant te wil toutrek? Dit het lank, lank gelede gebeur. “Ek is miskien klein, maar ek is net so

sterk soos jy,” spog hy. Olifant lag maar net en steek sy slurp weer in die water om homself nat te spuit. “As ek

môre ‘n tou saambring,” sê Hasie, “kan ons teen mekaar toutrek?” “Gaan haal gerus jou tou,” sê Olifant, wat

niks daarvan glo nie. Maar voordat Hasie die tou gaan haal, moet hy eers met nog iemand gesels...

2 Seekoei wei teen die hange van die berg, soos seekoeie in daardie dae gemaak het. “Pasop waar jy gaan sit,” sê

sy toe sy Hasie sien. “Ek kan dalk net per ongeluk op jou trap.” “Toemaar,” lag Hasie. “Ek is miskien klein, maar

ek is baie sterk. As jy wil, sal ek dit bewys deur teen jou tou te trek.” Seekoei gaap lui. “Ek wil jou nie graag

seermaak nie, maar as jy werklik wil, dan kan ons maar toutrek.”

3 Die volgende dag kom Hasie terug. Hy dra ‘n lang, dik tou. Olifant staan al en wag. Hasie gee vir hom een end

van die tou en Olifant draai dit om sy dik, grys slurp. “Loop nou agteruit,” sê Hasie, “en wanneer die tou styf

span, kan ons begin trek.” Olifant stap agteruit deur die bosse... net toe Seekoei daar aankom.

4 Hasie gee vir Seekoei die ander punt van die tou. “My punt is daar oorkant tussen die bosse,” sê hy. “Stap

agteruit en wanneer die tou styf span, kan ons begin trek.” Hasie wikkel die tou om Seekoei se tamaai

voortande. Toe maak Seekoei haar bek toe en begin agteruit stap.

5 Aan sy kant van die tou trek Olifant baie versigtig, want hy wil Hasie nie seermaak nie. Seekoei trek baie versigtig

aan háár punt van die tou, want sy wil ook nie vir Hasie seermaak nie. Die tou span styf. “Griet!” dink Olifant.

“Wie sou nou gedink het dat die klein knapie só sterk is?” En hy trek harder. “Wie sou nou gedink het Hasie kan

so goed met daardie klein voetjies van hom vastrap?” dink Seekoei en sy trek ook ‘n bietjie harder.

6 “Hoe nou? Die haas trek my byna om!” roep Olifant uit. “Ek sal moet TREK!” “Hoe nou? Hy’t my byna

omgetrek!” gil Seekoei, “Ek sal werklik nou moet TREK!” Toe trek Olifant harder en Seekoei trek nog harder.

Olifant trek nog harder en Seekoei trek nóg harder. Hulle hyg en hulle steun en hulle blaas, maar geeneen trek

die ander om nie. Drie dae lank duur die groot toutrek voort. Olifant se pote is stewig in die aarde geplant, en

Seekoei se pote is ook vas in die aarde geanker.

Page 7: LAERSKOOL ROODEKRANS. 6 - Afrikaans tuiswerk - 20 tot 24...oral verstrooid gelê het, begin optel. Haastig het hy elke enkele stukkie opgeraap en teruggegooi in die kis. 8 Toe alles

7

7 Aan die begin was dit nou vir Hasie groot pret, maar na drie dae verveel die storie hom. Op ‘n plek waar geeneen

van die diere hom kan sien nie, knaag hy die tou middeldeur. Twang! – die laaste vesels van die tou breek.

Olifant vlieg agteruit en beland in ‘n doringbos wat hom pynlik seer steek. Seekoei trek agteruit en land pens en

pootjies in die modderige vlak water van die rivier.

8 Die bos was nooit weer dieselfde nie. Van daardie dag af kan ‘n mens Olifant bome sien ontwortel opsoek na die

Magtige Hasie wat sy trots ― en sy sitvlak ― in die doringbos gewond het. Seekoei weer, kruip die hele dag in

die rivier weg en blaas borrels deur haar neusgate. Van die dag van die toutrek af, weier sy om voor donker uit

te kom. “Netnou loop ek die Magtige Haas raak,” verduidelik sy verleë.

(Aangepas uit: Storieman deur Leon Rousseau, 1993)

Soek en omkring die regte antwoorde.

1. In par. 1 lees ons dat Hasie een van die “slimste” diere in die bos is. Gee een woord van dieselfde

beteken as slim.

a) skrander

b) gesofistikeerd

c) vindingryk [1]

2. Seekoei wei teen die hange van die berg toe Hasie met haar gaan gesels het (par. 2). Wat is die “hange van

die berg”?

a) Dit is ‘n gedeelte van ‘n berg wat baie rotsagtig is.

b) Skuins, aflopende kant van ‘n berg (ook genoem ‘n helling).

c) Dit is ‘n gedeelte van ‘n berg waar die gras groei. [1]

3. Gee die meervoudsvorm van “seekoei”.

a) seekoeiens

b) seekoei’s

c) seekoeie [1]

4. Gee die verkleiningsvorm van “olifant”.

a) olifantjie

b) olifankie

c) olifantie [1]

5. Wat is die letterlike betekenis van “toutrek” in par.2?

a) Dit beteken dat hulle oor ‘n tou gespring het wat onder hulle voete en oor die hulle koppe geswaai was.

b) Dit beteken dat hulle deelgeneem het aan ‘n sportsoort, waarby twee spanne letterlik teen mekaar

toutrek en die span wat die ander span kan omtrek dan die wenners is.

c) Dit beteken dat hulle aan ‘n tou geswaai het wat oor die hange van die berg vasgemaak was. [1]

Page 8: LAERSKOOL ROODEKRANS. 6 - Afrikaans tuiswerk - 20 tot 24...oral verstrooid gelê het, begin optel. Haastig het hy elke enkele stukkie opgeraap en teruggegooi in die kis. 8 Toe alles

8

6. Wat is die figuurlike betekenis van “toutjies trek”? Bv. Jy het die pos gekry omdat iemand vir jou toutjies

getrek het.

a) Dit beteken dat iemand in ‘n lang tou (ry) vir jou gestaan en wag het.

b) Dit beteken dat iemand geheime of indirekte invloed gebruik het om ‘n sekere doel te bereik

(dat iemand gekonkel het).

c) Dit beteken dat iemand jou soos ‘n marionet beheer, en dat jy beweeg wanneer hulle jou “toutjies

trek”. [1]

7. Gee die trappe van vergelyking van die woord “styf” (par. 5).

a) styfer; styfste

b) meer styf, mees styf

c) stywer, styfste [1]

8. Olifant verwys na Hasie as ‘n klein knapie. Wat is ‘n klein “knapie” (par. 5)?

a) Dit is ‘n kêrel (vent) wat uitgeslape (slim) is.

b) Dit is ‘n ander woord vir “apie”.

c) Dit is ‘n flukse, bekwame persoon wat hard werk. [1]

9. Wat beteken die woord “hyg” (par. 6)?

a) Dit beteken dat mens vinnig en hoorbaar asemhaal van moegheid (dat jou asem jaag).

b) Dit beteken dat ‘n mens versmoor en nie kan asem kry nie.

c) Dit beteken dat mens diep asemhaal om soveel as moontlik vars lug in jou longe in te neem. [1]

10. Wat doen Olifant as hy bome ontwortel (par. 8)?

a) Hy grou in die grond met sy tande opsoek na die wortels van bome om dit te eet.

b) Hy ruk/stoot bome met wortels en al uit die grond uit, omdat hy opsoek is na Hasie.

c) Hy krap sy rug teen boombasse, omdat hy jeuk. [1]

[10]

Page 9: LAERSKOOL ROODEKRANS. 6 - Afrikaans tuiswerk - 20 tot 24...oral verstrooid gelê het, begin optel. Haastig het hy elke enkele stukkie opgeraap en teruggegooi in die kis. 8 Toe alles

9

Oefening 4: Taalhersiening

Soek die woorde se antonieme in die blokkiesraaisel en kleur die blokkies met jou gunsteling kleure in.

Onthou: Antonieme het die teenoorgestelde betekenis as die ander woord.

soet maksimum ordelik onder afbreek

eerste goedkoop rou fluks vuil

l l t b i t t e r g

a x s z p f m a h a

a b k c d u u r r a

s w o q m t l o d r

t l o i c a n p x v

e u n z q b v r p c

q i c h a o t i e s

m s i g t r y g l x

[10]

Oefening 5: Taalhersiening

Kies die regte woord tussen hakkies om die sin te voltooi.

Einstein gaan in 1.___________________(steil/styl) by die partytjie aankom met sy nuwe strikdas. Hy hoop dat die das

wat op die draad hang nie sal 2.____________________(blyk/bleik) nie. Toe Einstein die das net voor die partytjie

aantrek, toe lyk hy darem tog te 3.__________________(fiets/viets). Hy wil hê hulle moet die geleentheid

4.____________________(vier/fier). Hy hoop hulle onthou darem om die vloer te 5.__________________(fee/vee) voor

die mense kom en 6._____________________ (ys/eis) uit te sit vir die koeldrank. Hy hoop ook dat hulle die tafel met die

eetgoed laat sak, 7. _____________(want/wand) laas moes hy 8. ______________(reik/ryk) om ’n stukkie pizza te kon

kry.

[8]

Page 10: LAERSKOOL ROODEKRANS. 6 - Afrikaans tuiswerk - 20 tot 24...oral verstrooid gelê het, begin optel. Haastig het hy elke enkele stukkie opgeraap en teruggegooi in die kis. 8 Toe alles

10

Oefening 6: Taalhersiening

Marie het nou die dag ’n berig in die katkoerant gesien wat geen lees- of skryftekens in het nie. Hulle

het nie een enkele hoofletter, of komma, of punt of enigiets gebruik nie. Sy was glad nie gelukkig

daaroor nie en het sommer die koerant se redakteur gebel en gesê dat sy iemand sal kry om haar te

help om dit ordentlik te doen. Help asseblief vir Marie en sit die lees- en skryftekens in hierdie stukkie

hieronder in, terwyl sy haar stukkie doen.

Die Gr 6 leerders van die rustige voorstedelike skool Wildedrome primer het amper n toeval gekry oor die koninklike aankondiging wat verlede week tydens hul wiskundeles gemaak is dit wil voorkom asof n onverwagte besoeker op dinsdag 2 Julie net toe die leerders die wonderlike wereld van maaltafels wou betree, aan die Graad 6 klas se deur geklop het mev goedoen het haar interessante les geeindig en sonder om te dink die deur oopgemaak vir n prins met n pofferige broek n veer in sy hoed en n trompetterende gevolg hy het fluit fluit ingewals en gese dat hy ‘n betowende spieel soek wat aan hom behoort die een wie kan se waar dit is sal ‘n wens kry wat beantwoord sal word [20]

Oefening 7: Taalhersiening

Koppeltekens het verskillende funksies, soos om as ’n weglaatteken te dien en om verwarring te voorkom by ’n

opeenhoping van klanke en reduplikasies. Sit die koppeltekens op die regte plekke in die onderstaande sinne in.

1. By die skool se basaar was daar papier en kleiborde by die kerriestalletjie.

______________________________________________________________________________[1]

2. Daar was ook baie soet en southappies om van te kies.

______________________________________________________________________________[1]

Page 11: LAERSKOOL ROODEKRANS. 6 - Afrikaans tuiswerk - 20 tot 24...oral verstrooid gelê het, begin optel. Haastig het hy elke enkele stukkie opgeraap en teruggegooi in die kis. 8 Toe alles

11

3. Die een seuntjie het my probeer naaap toe ek oor wou leen en ’n stukkie van die sjokoladekoek wou vat.

______________________________________________________________________________[1]

4. Hy val sommer booor my en toe val die stalletjie se naam en verkopebord sommer boop ons.

______________________________________________________________________________[1]

5. Ek was redelik vies, want is hy sommer laglag daar weg.

______________________________________________________________________________[1]

Oefening 8: Taalhersiening

Vul die trappe van vergelyking hieronder in.

1. baie, meer, _____________

2. _____________, breër, breedste

3. donker, __________________, donkerste

4. gaaf, gawer, _________________

5. goed, _____________, beste

6. _______________, jonger, jongste

7. liefdevol, liefdevoller, _________________

8. vroeg, ________________, vroegste

9. min, minder, _________________ [9]

Page 12: LAERSKOOL ROODEKRANS. 6 - Afrikaans tuiswerk - 20 tot 24...oral verstrooid gelê het, begin optel. Haastig het hy elke enkele stukkie opgeraap en teruggegooi in die kis. 8 Toe alles

12

Oefening 9: Taalhersiening

[12]

[12]

[12]