begroting vir die brown familie. - mathematics advisory ... · web viewdie primêre doel van...

8
PROVINSIE: DISTRIK: SKOOL: NAAM VAN OPVOEDER: DATUM: TYDSDUUR: 1 Uur 1. ONDERWERP: HEELGETALLE: Oplos van probleme (Les 9) 2. BEGRIPPE EN VAARDIGHEDE WAT BEREIK MOET WORD: Aan die einde van die les moet leerders probleme met verskillende bewerkings van heelgetalle ken en oplos. Graad 8 Lesplan: 1+4 Intervensie- Kwartaal 1 Bladsy 1 van 8 Oplos van probleme (Les 9) (Voorbeeld) WISKUNDE LESPLAN GRAAD 8 KWARTAAL 1: JANUARIE – MAART

Upload: vuongtuyen

Post on 19-May-2018

219 views

Category:

Documents


2 download

TRANSCRIPT

PROVINSIE:

DISTRIK:

SKOOL:

NAAM VAN OPVOEDER:

DATUM:

TYDSDUUR: 1 Uur

1. ONDERWERP: HEELGETALLE: Oplos van probleme (Les 9)

2. BEGRIPPE EN VAARDIGHEDE WAT BEREIK MOET WORD:Aan die einde van die les moet leerders probleme met verskillende bewerkings van heelgetalle ken en oplos.

Graad 8 Lesplan: 1+4 Intervensie- Kwartaal 1 Bladsy 1 van 6Oplos van probleme (Les 9)

(Voorbeeld)

WISKUNDE LESPLAN GRAAD 8

KWARTAAL 1: JANUARIE – MAART

Graad 8 Lesplan: 1+4 Intervensie – Kwartaal 1 Oplos van probleme (Les 9) (Voorbeeld)

3. HULPMIDDELS: DBO workboek 1, Sasol-Inzalo Boek 1, Handboeke.

4. VORIGE KENNIS: berekening met heelgetalle volgorde van bewerkings

5. NASIEN EN VERBETERING VAN TUISWERK (voorgestelde tyd: 10 minute)

Die primêre doel van tuiswerk is om leerders ‘n geleentheid te gee om te demonstreer of hulle die

wiskunde vaardigheid wat in die klas onderrig was, te bemeester. Tuiswerk moet doelgerig wees en

die beginsel van ‘Minder is beter’ word aanbeveel. Gee leerders min hoë kwaliteit aktiwiteite wat ‘n

verskeidenheid vaardighede verskerp eerder as aktiwiteite wat nie leerders se konseptuele

ontwikkeling beklemtoon nie. Kies versigtig gepaste aktiwiteite uit die Sasol-Inzalo boeke,

werkboeke en of handboek.

6. INLEIDING (voorgestelde tyd: 10 minute)

Bespreek die volgende senario met leerders:

Wonder jy altyd wat van jou geld geword het. Wel, kom ons vind uit. As ‘n tiener is daar baie dinge wat jy wil besit. Jy het ook baie aktiwiteite waarby jy op ‘n weeklikse basis betrokke is. Dit alles kos geld. Het jy al ooit daaraan gedink of jou ouers baie van jou uitgawes kan bekostig.

Begroting vir die Brown familie.Maandelikse inkomste: R20 000

Uitgawes Bedrag Totaal

Huis Verband

Onderhoud

Eiendomsbelasting

R 4 300

R 300

R 1 500 R 6 100

Motor

Betalings

Versekering

Petrol

Onderhoud

R 2 500

R 1 500

R 1 750

R 500

R 6 250

Verbruiksitems

Elektriese rekening R 4000 R 6 100

Bladsy 2 van 6

Graad 8 Lesplan: 1+4 Intervensie – Kwartaal 1 Oplos van probleme (Les 9) (Voorbeeld)

Water rekening

Telefoon rekening

Internet

R 900

R 600

R 600

7. LESAANBIEDING/ ONTWIKKELING (voorgestelde tyd: 20 minute)

OnderrigaktiwiteiteLeeraktiwiteite

(Van leerders word verwag om:)

Aktiwiteit 1

Bespreek met die klas hoe om die antwoorde

van die aktiwiteit hieronder te kry.

Gebruik die begroting van die Brown familie

om die volgende vrae te beantwoord:

a) Maak gebruik van ‘n getallesin wat

heelgetalle bevat om te wys hoe jy die

totale maandelikse uitgawes van die

familie/ gesin gaan bereken.

b) Maak gebruik van ‘n getallesin wat

heelgetalle bevat om te wys hoe jy die geld

wat oor is gaan bereken nadat alle

uitgawes gemaak is.

c) Maak gebruik van die kommutatiewe wet

om te toon dat die uitgawes van die huis

en die ander uitgawes dieselfde is.

Aktiwiteit 2

Druk dievolgende as heelgetalle uit:

a) ‘n Temperatuur vyf grade onder vriespunt.

b) ‘n Eiland het ‘n berg wat 1100m hoog is. Die

oseaan rondom het ‘n diepte van 800m . Wat

is die verskil in hoogte?

c) Twintig duisend rand in ‘n spaarrekening.

probleme (a) tot (c) te voltooi.

Moontlike oplossings is as volg:

a) 2 (R 6 100) + R6 250 = R18 450

b) R 20 000 – R18 450 = R1 550

c) Huis:

R4300+R300+R1500

¿R4300+R1500+R300

¿ R4000+R300+R900+R600+R300

¿ R4 000+R900+R600+R600

¿ Ander

aktiwiteit 2 in groepe te doen en die

oplossings met die klas te deel.

Bladsy 3 van 6

Graad 8 Lesplan: 1+4 Intervensie – Kwartaal 1 Oplos van probleme (Les 9) (Voorbeeld)

OPLOSSINGS:

a) −5℃b) 1100m−(−800m )=1100m+800m

¿1900m

c) R20000

8. KLASWERK (voorgestelde tyd: 15 minute)

Sasol-Inzalo Boek 1 bl. 39 nr. 2 tot 6

9. VASLEGGING/ SAMEVATTING EN TUISWERK (voorgestelde tyd: 5 minute)

a) Beklemtoon dat: leerders vaardighede moet ontwikkel om probleme met heelgetalle op te kan los.

die probleme leerders sal help om analitiese vaardighede, interpretasie

vaardigheid en probleem oplossingsvaardigheid te ontwikkel.

groepwerk altyd aanbeveel word waar leerders letterlik hul dink prosesse formuleer

deur vergelykings en dan hul antwoorde uitwerk.

b) Tuiswerk:Die primêre doel van tuiswerk is om leerders ‘n geleentheid te gee om te demonstreer of hulle die wiskunde vaardigheid wat in die klas onderrig was, te bemeester. Tuiswerk moet doelgerig wees en die beginsel van ‘Minder is beter’ word aanbeveel. Gee leerders min hoë kwaliteit aktiwiteite wat ‘n verskeidenheid vaardighede verskerp eerder as aktiwiteite wat nie leerders se konseptuele ontwikkeling beklemtoon nie. Kies versigtig gepaste aktiwiteite uit die Sasol-Inzalo boeke, werkboeke en of handboek.

1. Darwin, Edmund en Hilda het elkeen ‘n kartonhouer. Darwin se kartonhouer is 12

cm lank, 8 cm wyd en 5 cm hoog. Egmund se kartonhouer is 8 cm wyd, maar is 12

cm diep, en is ook 5 cm hoog. Hilda se kartonhouer is net 5 cm hoog, maar is 8 cm

wyd, en is die hoogste kartonhouer met 12 cm hoog. Hulle stry oor wie se

kartonhouer die meeste kan dra. Watter kartonhouer het die grootste volume? V =

ℓ x b x h

2. Wanneer 242 deur ‘n sekere getal gedeel word, is die res 8. Wanneer 698 deur dieselfde getal gedeel word, is die res 9. Hoe ook al, wanneer die som van die twee getalle 242 en 698 deur die dieselfde getal gedeel word, is die res 4. Wat is die waarde van die deler.

3. Beplan ‘n weeklikse begroting wat die nodige uitgawes en lekkernye insluit wat die

Bladsy 4 van 6

Graad 8 Lesplan: 1+4 Intervensie – Kwartaal 1 Oplos van probleme (Les 9) (Voorbeeld)

groep wil hê. Jy word nie toegelaat om iemand geld aan die einde van die maand te skuld nie.

Begrotingsvereistes:Jy gaan ‘n weeklikse toelaag van R 100,00 kry.Sluit in ‘n moontlike werk opsie met ‘n minimum salaris. (betaal op ‘n weeklikse basis)Jy moet ten minste 5 aktiwiteite per week kies wat jou toelaat om jou

begroting te spandeer.

Voorbeelde:

Jy koop ‘n koeldrank en ‘n ligte maaltyd elke dag vir R10,00.

Jy gaan fliek op Vrydag of Saterdagaand met vriende. Kaartjie prys:

Jy neem ‘n selfoonkontrak uit. Bepaal die weeklikse koste.

Jy gaan na die winkelsentrum (mall) om vir jou nuwe klere en skoene te

koop. Jy kan kies watter bedrag jy wil spandeer.

Jy koop ‘n nuwe kompakteskyf (CD) of laai liedtjies af vanaf die internet.

Werk die totale kostes van jou aankope uit.

Lys van uitgawes

Afdeling Uitgawes

Begroting

Weeklikse inkomste:

Bladsy 5 van 6

Graad 8 Lesplan: 1+4 Intervensie – Kwartaal 1 Oplos van probleme (Les 9) (Voorbeeld)

Uitgawes Bedrag Totaal

Bladsy 6 van 6