leeu primary

5
2014 Julie 15 Nuusbrief 22 Saamgestel deur Wilna van Rooyen 083 454 2843 [email protected] Wêreldbekerrugbyprojek BAIE Dankie, aan elkeen wat al ’n kaartjie gekoop het! Dit is ’n fantastiese geleentheid om vir net R1000 ’n prys wat R770,000 werd is los te slaan. Daar is slegs 5,000 kaartjies beskikbaar, wat u kanse soveel beter maak om die wenner te wees! Hoe lekker dat vier mense die prys saam kan geniet. Maak seker dat u so gou moontlik u kaartjie koop! UITSTAPPIE NA DIE DINOSOURUSSE BY SANDTON!: Dit was nou ’n onvergeetlike dag! Dankie, aan juf. Zuanéll vir die reëlings wat sy daarvoor getref het! OUERMIDDAG 30 Julie: Ons ouermiddag vind op 30 Julie plaas. Tydens hierdie ge- leentheid sal u kleuter se vorderingsverslaggie voorsien word en kan u met u kleuter se klasjuffrou gesels. Die kunsstukke van die kleuters kan ook dié middag afgehaal word! Bespreek asb. plekkie deur u naam in die tydgleuf wat u verkies in te vul, op die vorms wat teen die klasdeure aan– gebring is.

Upload: tame-times

Post on 01-Apr-2016

251 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Leeu primary

TRANSCRIPT

Page 1: Leeu primary

2014 Julie 15 Nuusbrief 22

Saamgestel deur Wilna van Rooyen

083 454 2843

[email protected]

Wêreldbekerrugbyprojek

BAIE Dankie, aan elkeen wat al ’n kaartjie

gekoop het! Dit is ’n fantastiese geleentheid

om vir net R1000 ’n prys wat R770,000 werd

is los te slaan. Daar is slegs 5,000 kaartjies

beskikbaar, wat u kanse soveel beter maak

om die wenner te wees! Hoe lekker dat vier

mense die prys saam kan geniet. Maak seker

dat u so gou moontlik u kaartjie koop!

UITSTAPPIE NA DIE DINOSOURUSSE BY SANDTON!:

Dit was nou ’n onvergeetlike dag! Dankie, aan juf. Zuanéll vir

die reëlings wat sy daarvoor getref het!

OUERMIDDAG 30 Julie:

Ons ouermiddag vind op 30 Julie plaas. Tydens hierdie ge-

leentheid sal u kleuter se vorderingsverslaggie voorsien word

en kan u met u kleuter se klasjuffrou gesels.

Die kunsstukke van die kleuters kan ook dié middag afgehaal

word!

Bespreek asb. plekkie deur u naam in die tydgleuf wat u

verkies in te vul, op die vorms wat teen die klasdeure aan–

gebring is.

Page 2: Leeu primary

Page 2 GR. 0 LEERDERS:

Dit is ’n baie goeie idee om alle gr. 0 leerders se ogies en

ore te laat toets, voordat hul volgende jaar skool toe gaan!

Dit voorkom dikwels ernstige leerprobleme.

Prof. Jannie Ferreira 011 675-2638 is ’n puik opsie!

DVD’S VAN DIE KONSERT:

DVD’s van die konsert sal een van die dae

beskikbaar wees!

GHOLFDAG 1 Augustus:

Ons ouers gaan ’n onvergeetlike dag geniet! Ont-

hou asseblief van al die pryse wat u nog vir ons

kan stuur! Van sambrele tot flitse, wit wyn tot

rooi wyn, sjokolade tot sjerrie, glas tot metaal,

enige prys is welkom! Stuur sommer Voorskool

toe, asb.!

Baie dankie aan ouers wat al sulke interessante

pryse vir ons gestuur het!

Enige wit– of rooiwyn kan ook na die skool gestuur

word, asb. MAAK SEKER DAT U DIE GEBEURTE-

NIS NIE MISLOOP NIE!

UITSTAPPIE gr. 000 25 Julie:

Op 25 Julie gaan die Bytjies, die Hasies en die

Vissies na Kids Unleashed, in Alberton.

Die koste van die uitstappie beloop R55 per kind,

wat die dag se kossies insluit.

Vul asb. ook net vir hulle die afskeurstrokie in, op

bladsy 4 en stuur aan die skool. E-posse is welkom!

BAIE Dankie aan Marnus van der Westhuizen en

Hanré Pillman vir die boeke wat hul aan ons ge-

skenk het om hul verjaarsdae te vier! Dit maak

lees voorwaar lekker by die Voorskool!

DIE WELPIES SING EN DANS

SO LEKKER , ALMAL WIL SAAM

WALS!!

So saai die beertjies daai

waatlemoen!

Page 3: Leeu primary

17 Julie: Brandweerman besoek ons!

(Koste van R20 per kleuter word deur die skool gedra.)

18 Julie: Balledag 22 Julie: Ilona du Preez reël vir ons

kinders ‘n fantastiese pretdag! 25 Julie: Uitstappie Kids Unleashed gr.

000 en Bytjies R55 29 Julie: Beoordeling van ons

kunsstukke 30 Julie: Ouermiddag—afhaal van

kunsstukke, asook vorderings-verslae

1 Augustus: Leeuwenhof Akademie Gholfdag by Glenvista 8 Augustus: Skool sluit om 11:00 en open

op 9 September

Belangrike datums: Page 3

TERAPIE:

Hoe vroeër jy uitvalle identifiseer, hoe gouer kan jy daadwerklik optree om latere

leerprobleme uit te skakel. Elke soort terapie het spesifieke voordele vir jou kind.

TERAPIE saam met diere:

Kinders kan ongelooflike ondersteuning kry deur terapie in same-

werking met diere, veral kinders met spesiale behoeftes en emo-

sionele probleme. Hul konsentrasie en selfdissipline ontwikkel en hul

vorm ’n band met die dier, wat ook ’n proses van vertroue is.

Kinders leer om verantwoordelikheid vir die dier te aanvaar en om

by die dier se behoeftes aan te pas. Hul leer om die diere kos te gee

en te versorg—gewoonlik aktiwiteite wat deur ander mense vir die

kind verrig word. Dit laat die kind bemagtig voel, omdat hy die mag

het om keuses te maak oor hoe die dier versorg moet word. Verder

leer die kind ook emosionele beheer om die samewerking van die

dier te verseker.

VIR WIE HELP DIT?

Kinders met ’n lae selfbeeld of probleme met selfvertroue

Kinders wat sukkel om te fokus en te konsentreer, leerprobleme het

of aan aandaggebrek ly

Kinders met emosionele probleme of wat trauma beleef het

Kinders met fisiese of verstandelike gestremdhede

Kinders met Asperger-sindroom, outisme en ander psigiatriese

toestande (www.horseworx.co.za)

Page 4: Leeu primary

Kopiereg

Voorebehou

Telefoon: 011 622-1806

Wilna: 083 454-2843

[email protected]

Vier pilare:

Christelikheid en

dissipline

Uitnemende Akademie

Kultuur en Sport

Professionaliteit

DANKBAARHEID,:

Frances Ridley Havergal (1836-1879) was uitsonderlik begaafd. Op die ouderdom van vier kon sy reeds lees en skryf.

Sy het haar eerste bundel gedigte op die ouderdom van sewe jaar geskryf. Sy was vlot in Latyn, Grieks, Hebreeus,

Wallies en Frans. Sy was dol oor ski in die Switserse Alpe – 'n ongewone ontspanningsaktiwiteit in die negentiende

eeu. Sy was 'n begaafde musikus. Sy was 'n geliefde skrywer en mense het haar boeke wyd gelees – sy was die

eerste vrou voor die twintigste eeu van wie se boeke daar meer as 'n miljoen eksemplare gedruk is. Sy het ook baie

Christelike liedere geskryf wat steeds deur Christene regoor die wêreld gesing word.

Een van Havergal se mees bekende liedere is "Neem my lewe laat dit Heer". Ten spyte van al haar talente en opvoe-

ding het Frances Havergal 'n kinderlike geloof gehad en het sy volkome op haar Here vertrou. Dit blyk duidelik uit die

volgende reël: Neem my lewe, laat dit, Heer, U gewy wees meer en meer; laat my hart gedurig juig en van dank-

baarheid getuig! Sy het haar geld en goed uit dankbaarheid gewy aan die Here en groot vrug op haar offers beleef.

Mens is nooit te oud of te jonk om te leer om ’n lewe van dankbaarheid te lewe nie! Laat ons maar by die kindertjies

leer!

Baie dankie!

Vriendelike groete! Wilna van Rooyen en die Voorskoolpersoneel

Toestemmingsbriefie vir die uitstappie na Kids Unleashed in Alberton (Bytjies en gr. 000)

Hiermee gee ____________________ toestemming dat my kind _________________________ die uitstappie

op 25 Julie 2014 mag meemaak en sluit hierby die bedrag van R55 in.

Geteken: __________________________ Datum: _______________________

Page 5: Leeu primary

LEEUWENHOF KALENDER 2015

ISASA / SAHISA CENTRAL REGION

TERMYN 1

BEGIN WOENSDAG 14 JANUARIE 2015

SLUIT VRYDAG 17 APRIL 2015 RESES

SLUIT: 12:00 DONDERDAG 26 FEBRUARIE 2015 OPEN: 08:00 DINSDAG 3 MAART 2015

TERMYN 2

BEGIN DINSDAG 5 MEI 2015 SLUIT VRYDAG 31 JULIE 2015

RESES

SLUIT: 12:00 VRYDAG 26 JUNIE 2015 OPEN: 08:00 MAANDAG 6 JULIE 2015

SKOOLVAKANSIE SKOOLVAKANSIE MAANDAG 15 JUNIE 2015

TERMYN 3

BEGIN DINSDAG 1 SEPTEMBER 2015 SLUIT VRYDAG 4 DESEMBER 2015

RESES

SLUIT: 12:00 DONDERDAG 22 OKTOBER 2015 OPEN: 08:00 DINSDAG 27 OKTOBER 2015

SKOOLVAKANSIE SKOOLVAKANSIE VRYDAG 25 SEPTEMBER 2015

Neem kennis dat die Kalender vir 2015 onderhewig is aan geringe

veranderinge, soos besluit word deur die Uitvoerende Bestuur van

Leeuwenhof Akademie.