lesse wat leef - fxit · 2015. 11. 27. · lesse wat leef 9 handboeke vir die aanbieder elke boek...

10

Upload: others

Post on 01-Apr-2021

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Lesse wat Leef - FXit · 2015. 11. 27. · Lesse wat Leef 9 handboeke vir die aanbieder Elke boek bestaan uit drie komponente: Wenke en beginsels vir lewendige leer-ervarings Les-programme
Page 2: Lesse wat Leef - FXit · 2015. 11. 27. · Lesse wat Leef 9 handboeke vir die aanbieder Elke boek bestaan uit drie komponente: Wenke en beginsels vir lewendige leer-ervarings Les-programme

Lesse wat Leef 9 handboeke vir die aanbieder

Elke boek bestaan uit drie komponente:

Wenke en beginsels vir lewendige leer-ervarings

Les-programme (kort, eenvoudig, maklik om voor te berei)

Visuele hulpmiddels (werkblaaie, uitdeelstukke, sketse)

Hierdie inligtingstuk bevat die volgende:

Inhoudsopgawe

Giere en geite van graad 4 tot 6

Lewendige hantering van die Lewende Woord

Een voorbeeldles, met visuele hulpmiddels

Page 3: Lesse wat Leef - FXit · 2015. 11. 27. · Lesse wat Leef 9 handboeke vir die aanbieder Elke boek bestaan uit drie komponente: Wenke en beginsels vir lewendige leer-ervarings Les-programme

INHOUD

Sleutels tot LESSE WAT LEEF

Positiewe kinder-kontak ... 3

Ken jy ons ... 4

Hoe leer ons ... 5

Help ons om te glo ... 6

Hoe leer ons God ken ... 7

Die Woord moet beleef word ... 8

Die Woord moet uitgelê word ... 9

Vet pret met versies ... 10

Die lesse sal nie werk nie ... 11

Lesse wat Leef ... 12

Stories wat leef ... 13

Leer ons bid ... 14

Kom ons sing … 15

Evaluering ... 16

Lesreekse

Jaaropeningsles ... 17

DIE BYBEL (5 lesse) ... 20

VERLOSSING (6 lesse) ... 28

DINK NUUT (8 lesse) ... 41

Visuele hulpmiddels

Indeks ... 58

Jaaropeningsles ... 59-61

Die Bybel reeks ... 62-69

Verlossing reeks ... 70-79

Dink Nuut reeks ... 80-93

Page 4: Lesse wat Leef - FXit · 2015. 11. 27. · Lesse wat Leef 9 handboeke vir die aanbieder Elke boek bestaan uit drie komponente: Wenke en beginsels vir lewendige leer-ervarings Les-programme

GIERE EN GEITE

van graad 4 tot 6

Gesond, energiek, rusteloos.

Bemeester maklik nuwe vaardighede –

dit gee 'n gevoel van genoegdoening.

Geslagsbewustheid begin ontwikkel:

verkies sosiale groepe van dieselfde geslag.

Goeie verbale vermoëns – in staat om gevoelens te formuleer.

Kreatief met stories uitdink en geniet rollespel.

Angstig om die regte etiese keuses te maak – soek leiding.

Bewus van individualiteit en begin toekomsgerig dink.

Soek nuwe uitdagings – wil self ervaar en ontdekkings maak.

Behoefte aan vryheid van keuse – wees versigtig vir te veel beperkende grense.

Gevoel van onafhanklikheid begin ontwikkel; minder openlik met volwassenes.

Groeiende groepsbewustheid en afhanklikheid van portuurgroep.

Sterk behoefte aan regverdigheid en opregtheid in verhoudings.

Gebalanseerd, tevrede, inskiklik, gewillig om te help.

Wisselende buie, huil maklik, maar herstel gou.

Word maklik emosioneel beïnvloed deur die houding of gedrag van maats.

In staat tot 'n intieme verhouding met God.

Deel sy kennis en ervaring van God maklik met 'n spesiale maat.

Meestal sterk verantwoordelikheidsgevoel – wil betrokke wees by aksies.

Begryp beeldspraak en abstrakthede makliker as vroeër.

Page 5: Lesse wat Leef - FXit · 2015. 11. 27. · Lesse wat Leef 9 handboeke vir die aanbieder Elke boek bestaan uit drie komponente: Wenke en beginsels vir lewendige leer-ervarings Les-programme

Die kleiner kind ervaar met sy sintuie.

Sy wêreld bestaan uit dit wat hy kan

sien, hoor, ruik, proe en aanraak.

Selfs groter kinders moet abstrakte begrippe soos liefde, vergifnis en genade sien [deur

stories, spel en waarneming] om dit te ervaar.

Kommunikeer gesindhede konkreet. Nie "wat kan ons doen om ander gelukkig te maak" nie,

maar "kyk hoe stukkend is die outjie se klere. Hoe gaan ons hom help?"

Bring die lewende Woord na sy leefwêreld. Die Bybel is deur volwassenes in volwasse taal

geskryf. Die kind moet dit in sy eie taal en idioom hoor. Hy moet homself met een of meer

van die karakters kan identifiseer en deel kan word van die storie.

'n Storie beweeg; daar's aksie en lewe. Dis

waarom Bybelverhale die ideale leerstof is. Die

kind "sien" en ervaar dit.

Kleiner kinders verwar maklik Bybelgebeure met fantasiestories. Help hulle om te onderskei:

Gebruik ander hulpmiddels vir die Bybelverhaal as vir die storie ['n sekere nar kan 'n storie

vertel, maar dan nie ook 'n Bybelverhaal nie].

Vermy storietaal tydens Bybelvertellings. In plaas van "Eendag, lank, lank gelede" sê liewer

"Lank gelede, in die tyd van die Bybel" of "Die Bybel vertel van ..."

Die Bybel moet duidelik sigbaar wees. Hou dit oop op die skoot tydens die vertelling, sodat

hulle ervaar dat alles wat hier oorgedra word, 'n Bybelse oorsprong het.

Die Bybel is sentraal in elke aanbieding; die

les groei daaruit.

Die Bybel is die belangrikste hulpmiddel!

Haal dit eerste uit jou tas en gee dit 'n prominente plek in elke les.

Lees Skrifgedeeltes direk uit die Bybel; nie vanaf aantekeninge nie.

Vertel of dramatiseer Bybelverhale met die Bybel op jou skoot of op die tafel.

Page 6: Lesse wat Leef - FXit · 2015. 11. 27. · Lesse wat Leef 9 handboeke vir die aanbieder Elke boek bestaan uit drie komponente: Wenke en beginsels vir lewendige leer-ervarings Les-programme

DINK NUUT (8 lesse)

DIE DUIWEL DRA 'N MASKER

Hy sê nie: “Haai, ek is die duiwel” nie. Nee, die koning van die donker vermom hom as 'n engel

van die lig [2 Kor 11:14]. Sy vriende hom Lucifer, want dit beteken hy wat lig gee.

Moenie die sondige wêreld en die dinge van die wêreld liefhê nie [1 Joh 2:15]. In hierdie reeks

word die kind bewus van die dinge van die wêreld: Hy leer om te onderskei tussen goed en sleg.

Die New Age se invloed strek baie ver – ook tot in die kerk. Die dinge van die wêreld word in 'n

godsdienskombersie toegedraai. Daarom waarsku Spr 16:25:

Daar is 'n lewenswyse wat vir 'n mens reg kan lyk,

maar die uiteinde daarvan is die dood.

DINK NUUT KREET

EK-dinkers voel baie gemaklik met New Age beginsels. Daarom kom les 4 van die vorige reeks

se KB [Sonde is om ek te dink] weer in les 2 voor.

Die DINK NUUT paddakreet word vanaf les 2 gebruik. Kinders van hierdie ouderdom is mos

mal oor geraas, daarom is iets wat geskree kan word, altyd 'n top-treffer:

Pada-dam, pada-dam, álmal skree nou sáám:

Sonde is om EK te dink!

Ja die wêreld wil dit hê!

Maar ek DINK NUUT!

Ek laai my brein met als wat die Bybel sê!

OORSIGTABEL VAN LES 1 tot 8

KERNBOODSKAP

STORIE/AKTIWITEIT/TEMA

Memo

1 Jy leef in 'n sondige wêreld Die vyand: wapens en plan 1 Joh 2:3

2 Sonde is om EK te dink Intimidasie deur wêreld. Paddakreet 1 Joh 2:3

3 Net God kan jou verander verANDER / verNUWE. Bou Rom 12:2 Rom 12:2

4 Jy moet die Bybel ken Swaard van die Gees Rom 12:2

5 Jy moet anders as die wêreld wees So lyk die duiwel en sy volgelinge Rom 12:2

6 Jy kan wen teen die wêreld Santie wen met die swaard van die Gees Matt 5:14

7 Jy kan wen teen die wêreld Verskillende godsdienste / Net een pad Matt 5:14

8 [Hersiening] Bordspel [almal]

Page 7: Lesse wat Leef - FXit · 2015. 11. 27. · Lesse wat Leef 9 handboeke vir die aanbieder Elke boek bestaan uit drie komponente: Wenke en beginsels vir lewendige leer-ervarings Les-programme

DINK NUUT - 1 KB Jy leef in 'n sondige wêreld.

SKRIF Ef 6:12; 1 Joh 2:3 [memovers]

APPARAAT Ken3 kaart (VERLOSSING reeks, les 5). Breinskets. Sondige wêreld sirkel. Twee

spuitnaaldsketse. Kaarte: WOORDE en PRENTE. Opsioneel: Foto/skets van 'n

inspuiting en/of regte spuitnaald.

AANVANGSAKTIWITEIT: KENNIS [Ken3 kaart. Breinskets] Ek wonder waaraan elkeen van julle nou dink? Dink jy dalk aan môre se toets of aan gister se

rugby- of netbalwedstryd? Aha, ek het 'n plan: Ek tel drie, dan skree jy so hard soos jy kan waaraan jy nou dink. [Gee kans dat elkeen kan besluit wat hy gaan skree.]

Ek het nie saamgeskree nie, want ek wil hê jy moet nou saam met my skree waaraan ek dink. Toe ek tot by drie tel, dink ek mos aan die 1-2-3 versie [VERLOSSING, les 5]. Skree gou saam met my waar dit in die Bybel staan. [Hulle skree die Skrifverwysing: “1 Johannes 2 vers3”. Iemand plak dan die Ken3 kaart teen die muur. Doen teksmemorisering. Hulle moet ken baie hard sê.] Waarmee ken 'n ou – waar sit jou KENNIS? [Iemand plak die breinskets teen die muur.] DIE VYAND [Inspuitingskets of regte spuitnaald. Spuitnaaldsketse. Sondige wêreld sirkel] [Wys die inspuiting-skets en vind uit wie al so iets ervaar het. Of gebruik 'n regte spuitnaald – dis meer opwindend, byvoorbeeld]: Johan, jy lyk siekerig. Hierdie inspuiting sal jou regruk. [Maak asof jy Johan inspuit.] Wat dink julle was in hierdie spuitnaald? [Kry respons] Wat gaan nou met Johan gebeur, gaan hy gesond word? Daar is baie maniere om mense dood te maak. Ek dink nie ons weet van al die wapens wat mense gebruik om hulle vyande mee dood te maak nie. Hierdie spuitnaald is 'n dodelike wapen, want Johan weet nie daar was gif in die spuitnaald nie – hy dink hy gaan gesond word, oeps! Jy sal nie glo watter ander wapens het ek gebring nie. [Maak hulle nuuskierig, haal dan die twee spuitnaaldsketse versigtig uit, GIF-kant voor.] Wapens word teen die vyand gebruik. Wie is jou vyande? [Luister, sonder veel kommentaar. Lees

dan die antwoord in Ef 6:12. Maak seker hulle begryp dit.]

Ons vyand is nie "vlees en bloed" nie – wat beteken dit? ["Vlees en bloed" is mense.] As jou vyand nie mense is nie – wie of wat is dit dan? [Hulle moet die antwoord uit die vers aflei:

dis die duiwel en sy geeste.]

Wat sê hierdie vers van die wêreld waarin jy elke dag leef? [Iemand plak die sondige wêreld

sirkel teen die muur.]

Jy leef in 'n sondige wêreld. In hierdie sondige wêreld loop die vyand elke dag rond. Jy weet

nou wie die vyand is, maar KEN jy hierdie vyand goed genoeg?

[Jy moet jou vyand ken. Jy moet weet watter wapens hy gebruik. En jy moet weet watter plan hy het om jou dood te maak. Sy wapens en plan word nou bespreek]:

Page 8: Lesse wat Leef - FXit · 2015. 11. 27. · Lesse wat Leef 9 handboeke vir die aanbieder Elke boek bestaan uit drie komponente: Wenke en beginsels vir lewendige leer-ervarings Les-programme

DIE VYAND SE WAPENS: [Breinskets en WOORDE- en PRENTE kaarte]

Elkeen kan nou een wapen kom neerskryf wat die duiwel in hierdie sondige wêreld teen jou gebruik.

[Daar’s gewoonlik min reaksie.] Dit lyk my jy ken hierdie gevaarlike vyand maar swak?

Goed, hier is die belangrikste wapens wat die duiwel in hierdie sondige wêreld gebruik. [Draai die

spuitnaalde om sodat WOORDE en PRENTE wys. Plak dit teen die muur, met die punte na mekaar. Laat genoeg plek tussen-in vir die breinskets. Lei hulle om die gevaar van verkeerde TV, video’s en flieks te besef. Die PRENTE en WOORDE wat by jou brein ingaan beïnvloed eers jou DENKE en dan jou hele lewe. Gebruik “denke” in plaas van “gedagtes”, aangesien hierdie term ook in die memovers voorkom.] 'n Mens se brein is die plek waar alles wat jy dink gebêre word [wys breinskets]. Elke dag neem hy

meer en meer in. Hoe? [Deur die sintuie.]

Die duiwel gebruik WOORDE en PRENTE as gif om jou stádig dood te maak in hierdie sondige

wêreld. Hy spuit dit by die sintuie in waar dit die maklikste werk. Waar is dit?

[WOORDE: oor; PRENTE: oog. Plak die breinskets tussen die spuitnaalde.] 75% wat in jou brein is, het by jou oë ingegaan (die oogsirkel is 75% van die breinoppervlak), 15% deur jou ore; die res deur ander sintuie.

DIE VYAND SE PLAN

Kom ons kyk nou wat die duiwel se plan is om jou deel van die sondige wêreld te maak. [Gebruik

spuitnaalde om te illustreer hoe hy die WOORDE en PRENTE deur die ore en oë in die brein inspuit. Vind uit of hulle voorbeelde uit die praktyk kan noem, byvoorbeeld tonele uit sekere TV-programme of flieks wat hulle gesien het, of iets wat hulle gelees het.] Wie van julle het die duiwel al gesien? Wie het al 'n boek gelees waarop daar staan: "Geskryf deur

die duiwel"? Wie het al 'n fliek gesien wat die duiwel gemaak het?

[Die duiwel het nie 'n lyf nie. Hy gebruik mense om sy vuil werk in die sondige wêreld te doen. Sy

plan is om mense te gebruik sonder dat hulle dit weet, soos die pasiënt wat nie weet van die gif in die spuitnaald nie.]

As jy 'n slagoffer van die duiwel is, lyk jou DENKE só [wys na sondige wêreld]. SLOTAKTIWITEIT: KENNISTOETS en TEKSMEMORISERING In jou DENKE [kop] is baie KENNIS. Nou gaan ek jou KENNIS toets met twee strikvrae:

Waar begin kennis? [Laat een van hulle die antwoord in Spr 1:7a lees.]

Dit beteken dat net ouens wat aan God gehoorsaam is, die regte kennis het, want hulle ken God. Hier kom die tweede strikvraag: Waar staan die versie wat verduidelik watter mense God ken? [In die 1-2-3 vers. Doen weer teksmemorisering van 1 Joh 2:3.]

Net die mense wat vir God ken, kan Hom gehoorsaam. Hoe seker is jy dat jy Hom ken? As jy Hom

nog nie ken nie, wil jy Hom seker graag leer ken? [Gee geleentheid vir stilgebed.]

Page 9: Lesse wat Leef - FXit · 2015. 11. 27. · Lesse wat Leef 9 handboeke vir die aanbieder Elke boek bestaan uit drie komponente: Wenke en beginsels vir lewendige leer-ervarings Les-programme

DINK NUUT, les 1: Breinskets en sondige wêreld sirkel

Page 10: Lesse wat Leef - FXit · 2015. 11. 27. · Lesse wat Leef 9 handboeke vir die aanbieder Elke boek bestaan uit drie komponente: Wenke en beginsels vir lewendige leer-ervarings Les-programme

DINK NUUT, les 1

Knip elke eenheid apart uit.

Plak WOORDE en PRENTE agter-op

elke spuitnaald, agter GIF.