lesse wat leef - fxit...die huis gaan wys en vir hulle vra om vir hulle te help om die rympie wat...

9

Upload: others

Post on 28-Feb-2021

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Lesse wat Leef - FXit...die huis gaan wys en vir hulle vra om vir hulle te help om die rympie wat daarop aangebring is, te leer as herinnering aan hierdie les se kernboodskap. Een
Page 2: Lesse wat Leef - FXit...die huis gaan wys en vir hulle vra om vir hulle te help om die rympie wat daarop aangebring is, te leer as herinnering aan hierdie les se kernboodskap. Een

1

Lesse wat Leef 9 handboeke vir die aanbieder

Elke boek bestaan uit drie komponente:

Wenke en beginsels vir lewendige leer-ervarings

Les-programme (kort, eenvoudig, maklik om voor te berei)

Visuele hulpmiddels (werkblaaie, uitdeelstukke, sketse)

Hierdie inligtingstuk bevat die volgende:

Inhoudsopgawe

Behoeftes en tendense van kleuters

Effektiewe vorms van leer

Een voorbeeldles, met visuele hulpmiddels

Page 3: Lesse wat Leef - FXit...die huis gaan wys en vir hulle vra om vir hulle te help om die rympie wat daarop aangebring is, te leer as herinnering aan hierdie les se kernboodskap. Een

2

INHOUD

Sleutels tot Lesse wat Leef

Dinamiese lesaanbieding ... 3

Ken jy ons ... 4

Hoe leer ons ... 5

Help ons om te glo ... 6

Hoe leer ons God ken ... 7

Die Woord moet beleef word ... 8

Die Woord moet reg uitgelê word ... 9

Vet pret met versies ... 10

Die lesse sal nie werk nie ... 11

Lesse wat Leef ... 12

Stories wat leef ... 13

Leer ons bid ... 14

Kom ons sing … 15

Evaluering ... 16

Lesreekse

Elke les en elke lesreeks skakel met die volgende een,

daarom word die lesse in hierdie volgorde aangebied:

HOE IS GOD ... 17

GOD HET ALLES GEMAAK ... 27

GOD WYS DAT HY JOU LIEFHET ... 35

GOD HELP ALMAL WAT HOM LIEFHET … 44

GOD SORG VIR SY KINDERS ... 54

Indeks van visuele hulpmiddels ... 63

Hoe is God ... 64-66

God het alles gemaak ... 67-69

God wys dat Hy jou liefhet ... 70-74

God help almal wat Hom liefhet … 75-81

God sorg vir sy kinders ... 82-87

Page 4: Lesse wat Leef - FXit...die huis gaan wys en vir hulle vra om vir hulle te help om die rympie wat daarop aangebring is, te leer as herinnering aan hierdie les se kernboodskap. Een

3

Ons sien vir God

'n Kleuter se denke oor God word beïnvloed deur sy verhouding met ander mense.

Hy dink mensvormig [konkreet] oor God. Hy "sien" Hom byvoorbeeld as 'n volwasse (of ou)

man – kwaai en ongenaakbaar wat stout kinders straf, of vriendelik en liefdevol wat vir alle

mense sorg en omgee.

Ons het name

Die kleuter se ervaring van homself is gekoppel aan die gebruik van sy naam. Hy “is” sy naam.

Wanneer iemand sy naam noem, styg sy eiewaarde en hy ervaar erkenning.

Die eerste byeenkoms moet dus ken-aktiwiteite insluit.

Noem elkeen se naam minstens een keer tydens elke les.

Speel met ons

Spel is die kortste pad na 'n kleuter se hart. As jy deel word van sy spel-aktiwiteite ervaar hy

dat hy vir jou belangrik is.

Al is spel-aktiwiteite in die meeste lesse as leer-aktiwiteite ingebou, is dit soms ook nodig om

sommer net te speel vir die lekkerte.

Ons soek grense

Kleuters soek duidelike grense en duidelike opdragte – saam met konsekwente optrede en

regverdige hantering. Wees ferm, maar liefdevol.

Dis wreed en onbybels om God as 'n dissiplinêre tool te gebruik: “Die Here gaan jou straf as jy

nie nou stilsit nie” of meer subtiel: “Jy maak Jesus se hart seer as jy die ander kinders so pla.”

Ons kán nie...

Hy kán nie lank op een aktiwiteit konsentreer nie, hy kán nie lank stilsit nie en hy’t 'n klomp

vrae en ander goed waarvan hy ontslae moet raak!

Dis tog interessant dat die kleuter se konsentrasievermoë nie deurgaans as “kort” aangedui

kan word nie. Wanneer die aktiwiteit hom interesseer, kan hy sy aandag relatief lank daarop

fokus.

Dis egter slim om aktiwiteite af te wissel: Teken, verf, legkaarte, bord- of kaartspeletjies,

konstruksiespel [boublokke], kleiwerk, knip-en-plak, ens.

Hy’s mal oor stories, en wanneer 'n storie “goed” vertel word, sal hy baie lank aandagtig sit en

luister.

Page 5: Lesse wat Leef - FXit...die huis gaan wys en vir hulle vra om vir hulle te help om die rympie wat daarop aangebring is, te leer as herinnering aan hierdie les se kernboodskap. Een

4

. Kinders is .

Om hulle aandag te behou, moet die les ook .

Elke les bevat 'n aantal spel- en ander aktiwiteite.

Woelige en rustiger aktiwiteite word afgewissel.

Maak seker dat een aktiwiteit nie te lank aanhou nie.

Uitkomste van spel- en ander aktiwiteite:

Help om die kernboodskap [KB] te verstaan

Lê die bewoording van die KB vas

Stimuleer groepsbou en verhoudingsbou

Help met onthou en om die les te internaliseer

Fasiliteer die praktiese toepassing

Dien as evaluering om begrip te toets

Elke les bevat een KernBoodskap,

aangedui as KB.

Dis 'n kort sin of frase wat die kern of sentrale

waarheid van die les opsom.

Soms word een KB vir meer as een les in die reeks gebruik om dit

beter vas te lê en vanuit verskillende hoeke te belig.

Oral waar die afkorting "KB" in die les voorkom, gebruik die aanbieder die

bewoording van die kernboodskap.

Page 6: Lesse wat Leef - FXit...die huis gaan wys en vir hulle vra om vir hulle te help om die rympie wat daarop aangebring is, te leer as herinnering aan hierdie les se kernboodskap. Een

5

GOD HET ALLES GEMAAK [5 lesse]

GOD IS 'n WONDER-GOD!

Die doel van hierdie reeks is om die kind te motiveer tot verwondering

en dankbaarheid. Hy kyk met ander oë na elke faset van die skepping,

ook na sy eie liggaam.

Die skeppingsverhaal word nie chronologies aangebied nie. Dis nie so

belangrik wanneer God iets gemaak het nie, maar dat Hy dit gemaak het. Omdat hulle die son,

maan en sterre [wat op die vierde dag geskep is] met lig assosieer, word dit byvoorbeeld saam

met die skepping van lig [op die eerste dag] aangebied.

Sommige lesse kan in ʼn tuin aangebied word waar hulle die natuur kan geniet, plantmateriaal

versamel en soms selfs 'n bietjie in die grond rondkrap.

KB of KERNBOODSKAP

Die kernboodskap sluit telkens aan by die tema van die reeks: God het alles gemaak. In elke les

word 'n ander aspek van God se skeppingswerk in perspektief geplaas.

Herhaling is 'n baie effektiewe leermetode, daarom moet die KB eintlik tot vervelens toe herhaal

word. [Slegs die aanbieder kan dalk verveeld raak – beslis nie die kleuters nie!] Indien iemand ná

die les vir die kleuter sou vra wat hy vandag geleer het, moet hy byvoorbeeld dadelik kan

antwoord, “God was altyd daar." Die KB word telkens geblok om dit maklik herkenbaar te maak.

MEMORISEERVERSE [Uiteensetting: bladsy 10]

Gen. 1:1: In die begin het God die hemel en die aarde gemaak. Hierdie vers is eintlik 'n kort en

eenvoudige opsomming van die totale leerinhoud van die reeks. Dis dus belangrik dat hulle

daarmee goed vertroud sal wees.

Ps. 139:14, vereenvoudig: Ek sê dankie Here, want U het my só wonderlik gemaak. [Dit word

slegs by les 5 gebruik, as Bybelse bevestiging van die les se kernboodskap.]

OORSIGTABEL

Kernboodskap [KB] Hoofaktiwiteit of –karakter Skrifgedeelte

1 God was altyd daar. Hemel/aarde, lig/donker aktiwiteite Gen. 1:1-8,14-16

2 God het al die plante gemaak. Grond- en plante-aktiwiteite Gen. 1:9-13

3 God het al die diere gemaak. Diere-identifikasie en –ondersoek Gen. 1:20-25

4 God het mense spesiáál gemaak. Adam en Eva. Chris en Paul-hond Gen. 2:7-24

5 God het jou wonderlik gemaak. Liggaamspel en legkaarte Ps. 139:14

Page 7: Lesse wat Leef - FXit...die huis gaan wys en vir hulle vra om vir hulle te help om die rympie wat daarop aangebring is, te leer as herinnering aan hierdie les se kernboodskap. Een

6

GOD HET ALLES GEMAAK - 1

KB [kernboodskap] God was altyd daar.

Doel Om God te leer ken as die Een wat van ewigheid af bestaan en wat die

hemel en aarde gemaak het.

Skrifgedeelte As agtergrond: Gen. 1:1-8; 14-16. Memovers, Gen. 1:1: In die begin het

God die hemel en die aarde gemaak.

Hulpmiddels Kombers of seil [Slotaktiwiteit]. Uitdeelstukke: Inkleurprent van son, maan

en sterre, met Gen. 1:1.

AANVANGSAKTIWITEIT: VERSKIL TUSSEN LIG/DONKER EN HEMEL/AARDE Verduidelik hoe die speletjie werk: Almal staan in 'n kring. Die aanbieder noem die aksie en die groep voer dit uit. Begin stadig en doen dit al vinniger. Hulle hoef nie die woorde te memoriseer nie, maar dis belangrik dat hulle die beginsel van dag/nag, lig/donker en hemel/aarde begryp.

Ons hou ons ogies styf toe – dis donker soos die nag. Dan maak ons ons ogies oop – dis lig soos in die dag! Ons gooi ons handjies in die lug – die hemel is daarbo. Ons vingertjies raak op die grond – die aarde is hier onder.

KB: GOD WAS ALTYD DAAR

Lank, lank, báie lank gelede, in die begin, was God daar. God was altyd daar. Toe daar nog niks

was nie, was God reeds daar. God was altyd daar.

Kyk om jou, wat sien jy? [Gebruik die antwoorde om die niks te verduidelik wat in die begin

was, deur dikwels In die begin was daar géén… nie, maar God was altyd daar te herhaal, bv.]:

In die begin was daar géén mense nie, maar God was altyd daar. In die begin was daar géén

huise/kerke/motors/voëltjies/bome/oupas/oumas/honde… nie, maar God was altyd daar.

TEKSMEMORISERING VAN GEN 1:1 Kyk, die Bybel het ook 'n begin [wys Genesis 1:1]. Hierdie héél eerste boek in die Bybel se naam begin met geen, want in die begin was daar géén mens of dier of klip of boom nie. Génesis beteken begin. [Almal sê “Genesis” saam.] Kan jy raai wat staan hier in die begin van Genesis? [Die vraag sal hulle belangstelling prikkel.

Luister na die insette. Lees Gen. 1:1 deur “geskep” met “gemaak” te vervang – dis meer bekend in hulle woordeskat. Hulle herhaal die bewoording dan 'n paar keer.]

EVALUERING: HEMEL/AARDE; LIG/DONKER

God was altyd daar. Maar die hemel en die aarde was nie altyd daar nie. Wie het dit gemaak?

Hemel/aarde: Waar is die hemel en waar is die aarde? [Herinner hulle aan die aanvangs-

aktiwiteit-rympie se laaste twee reëls. “Die hemel” verwys na die sterrehemel of hemelgewelf.] Lig/donker: Is jy nuuskierig hoe dit gelyk het voordat die hemel en die aarde daar was? Luister mooi wat staan in Genesis 1: [Vereenvoudig Gen. 1:2-3 bv. só]: Dit was pikdonker, en oral was net diep, diep waters. Niemand kon daar leef nie. Toe sê God: “Laat daar lig wees!” En… daar was lig! In die dag is dit lig. Wat het God gemaak om lig te gee? [Hulle kyk na buite en sien die sonlig.] In die nag is dit donker. Wat het God gemaak om snags in die hemel te skyn? [Die maan]

Page 8: Lesse wat Leef - FXit...die huis gaan wys en vir hulle vra om vir hulle te help om die rympie wat daarop aangebring is, te leer as herinnering aan hierdie les se kernboodskap. Een

7

Opsioneel: Gooi 'n kombers of digte seil oor 'n tafel. Laat almal dan in die donker sit. Hulle vertel hoe die donker lyk of voel. Haal die seil dan vinnig af met die woorde: “Laat daar lig wees!” Gebed: Almal sê saam: “Dankie Here vir die lig!” [Gebed: bladsy 14] SLOTAKTIWITEIT OM KB TE VERSTERK

Rympie: Luister wat doen God nadat Hy die lig gemaak het. [Lees Gen. 1:5a. Hulle doen weer die aanvangsaktiwiteit se rympie om die beginsel in te skerp.]

Inkleur-aktiwiteit: Hulle kleur die sketse op die werkblaaie in. Hulle kan dit vir die mense by die huis gaan wys en vir hulle vra om vir hulle te help om die rympie wat daarop aangebring is, te leer as herinnering aan hierdie les se kernboodskap. Een van die gesinslede kan hulle help om Gen. 1:1 op die werksblad te lees.

GOD HET ALLES GEMAAK - 2

KB [kernboodskap] God het al die plante gemaak.

Doel Om God te leer ken as die Een wat die plantelewe geskep het.

Skrifgedeelte Gen. 1:9-13 as agtergrond. Memovers: Gen. 1:1.

Hulpmiddels Leë blikkie of houer vir elk. [Sien Slotaktiwiteit vir ander hulpmiddels.]

AANVANGSAKTIWITEIT: HERSIENING EN TEKSMEMORISERING [bladsy 10] Baie, baie lank gelede, in die begin, was net God daar. God was altyd daar [KB, les 1]. God was in die begin, Eerste van alles. In die begin van die Bybel, in die Eerste boek, staan wat in die begin gebeur het. Dit staan in die héél eerste versie van die Bybel in die héél eerste boek in die Bybel. Kan jy onthou wat die boek se naam beteken? [Genesis beteken “begin”. Doen teksmemori-

sering van Gen. 1:1 met behulp van die moontlikhede op bladsy 10.] In die begin was dit pikdonker, soos wanneer jy jou ogies styf toeknyp. [Almal hou hulle oë toe totdat hulle die woord "lig" hoor.] Daar was niks. Alles was donker en oral was water. [Lees die antwoorde uit die Bybel]: Kan jy onthou wat sê God toe? [Gen. 1:3]: “Laat daar LIG wees!” En daar was lig! [Hulle maak

hulle oë oop.]

Wat het God die lig genoem? [Dag – Gen. 1:5]

En wat het Hy die donker genoem? [Nag – Gen. 1:5] [Hulle kan nou die volgende rympie, wat op les 1 se uitdeelstukke was, ritmies klap en/of sing]: In die dag is dit lig, in die nag is dit donker Die hemel is daarbo en die aarde is hier onder. [Slegs die eerste deel van les 2]

Page 9: Lesse wat Leef - FXit...die huis gaan wys en vir hulle vra om vir hulle te help om die rympie wat daarop aangebring is, te leer as herinnering aan hierdie les se kernboodskap. Een

8

In d

ie d

ag

is d

it lig

.

In d

ie n

ag

is d

it d

on

ke

r.

Die

hem

el is

daa

r b

o.

Die

aa

rde

is h

ier

on

de

r.

In d

ie b

eg

in h

et G

od

die

he

me

l

en

die

aa

rde

gem

aak.

(Ge

ne

sis

1 v

ers

1)

God het alles gemaak, les 1. Uitdeelstukke: werkblad