malutima 20141001

8
TEL: 058 - 303 5411 WOENSDAG 1 OKTOBER 2014 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE Koerant met hart The paper with heart I ’n MELKBOER van Ficksburg, Kallie (Andries Rudolph) Smit, het in die hof in die dorp op aanklag van die onwettige besit van vuurwapens verskyn. Dit kom nadat sy seun, Arno, sy dogter, Trudie, en skoonseun, Hugo Ras, saam met nog sewe ander mense, onder wie ’n prokureur en lid van die Valke, in hegtenis geneem is. Smit (senior) se saak is tot 29 Oktober uitgestel. Die sindikaat van tien lede het Maandag die tweede keer in die landdroshof in Hatfield, Pretoria, verskyn om aansoek om borgtog te doen. Hulle word op 318 aanklagte wat met renosterstropery, diefstal en geldwassery verband hou, aangekla. Hugo Ras, sy vrou, Trudie, Mandla Magagula, Willie Oosthuizen (van die Valke), Joseph Wilkinson (’n prokureur van Sinoville, Pretoria), Jacobus “Bonnie” Steyn, ’n vlieënier van Ficksburg, Arno Smit, Christopher Scheepers, Anton Ras en Willem van Jaarsveld se borgtogaansoek is na volgende Woensdag uitgestel. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, het gesê Ras is vermoedelik die hoof van die sindikaat wat langer as vyf jaar in Limpopo, KwaZulu-Natal, Gauteng en Mpumalanga bedrywig was. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle 22 renosters tussen 2008 en 2012 gestroop het. Hulle het na bewering 84 renosterhorings van R22 miljoen onwettig deur stroping en diefstal bekom. Nathi Mncube, woordvoerder van die Nasionale Vervolgings- gesag, het in ’n verklaring gesê die sindikaat wou na bewering soveel moontlik renosterhorings bymekaarmaak om dit in die Ooste, veral Viëtnam, van die hand te sit. ) Die sindikaat was moontlik verantwoordelik vir die eerste twee renosters wat in 2009 in die Vrystaat gestroop is. Dit was op die Kenyana Lodge- wildplaas van Anita Hughes naby Ficksburg. Pa, seun albei in hof Boer van Ficksburg voor nadat seun as deel van sindikaat verskyn Smul aan hul skaapkop-ete HARTMANN RIES (jr., links) en Carel Bester het vanjaar die Maluti- Hooglandskool se 116de Skaapkopfees bygewoon. Die twee jong mans het reeds as klein seuntjies saam met hul pa’s die fees bygewoon. Van- jaar het Piet Smith, hoof van die Maluti- Hooglandskool, en sy span 200 skaapkoppe gaargemaak. Vir die ander gaste was daar afval en potjiekos. Be- soek Maluti se web- blad by www.maluti- news vir nog nuus, fo- to’s, fotogalerye, asook video’s. As jy vorige uitgawes van dié koerant misgeloop het, kan jy ook aanlyn daardeur gaan blaai en op datum bly van die nuus en gebeure in jou streek.

Upload: maluti-news

Post on 04-Apr-2016

277 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Malutima 20141001

TRANSCRIPT

Page 1: Malutima 20141001

TEL: 058 ­ 303 5411 WOENSDAG 1 OKTOBER 2014 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE

Koerant met hart The paper with heartI

’n MELKBOER van Ficksburg,Kallie (Andries Rudolph) Smit, hetin die hof in die dorp op aanklagvan die onwettige besit vanvuurwapens verskyn.Dit kom nadat sy seun, Arno, sy

dogter, Trudie, en skoonseun,Hugo Ras, saam met nog seweander mense, onder wie ’nprokureur en lid van die Valke, inhegtenis geneem is.Smit (senior) se saak is tot 29

Oktober uitgestel.Die sindikaat van tien lede het

Maandag die tweede keer in dielanddroshof in Hatfield, Pretoria,verskyn om aansoek om borgtogte doen.Hulle word op 318 aanklagte

wat met renosterstropery, diefstalen geldwassery verband hou,aangekla.Hugo Ras, sy vrou, Trudie,

Mandla Magagula, Willie

Oosthuizen (van die Valke),Joseph Wilkinson (’n prokureurvan Sinoville, Pretoria), Jacobus“Bonnie” Steyn, ’n vlieënier vanFicksburg, Arno Smit, ChristopherScheepers, Anton Ras en Willemvan Jaarsveld se borgtogaansoekis na volgende Woensdaguitgestel.Paul Ramaloko, woordvoerder

van die Valke, het gesê Ras isvermoedelik die hoof van die

sindikaat wat langer as vyf jaar inLimpopo, KwaZulu­Natal, Gautengen Mpumalanga bedrywig was.Hulle word daarvan beskuldig

dat hulle 22 renosters tussen 2008en 2012 gestroop het. Hulle hetna bewering 84 renosterhoringsvan R22 miljoen onwettig deurstroping en diefstal bekom.Nathi Mncube, woordvoerder

van die Nasionale Vervolgings­gesag, het in ’n verklaring gesê

die sindikaat wou na beweringsoveel moontlik renosterhoringsbymekaarmaak om dit in dieOoste, veral Viëtnam, van diehand te sit.) Die sindikaat was moontlikverantwoordelik vir die eerste tweerenosters wat in 2009 in dieVrystaat gestroop is.Dit was op die Kenyana Lodge­

wildplaas van Anita Hughes nabyFicksburg.

Pa, seun albei in hofBoer van Ficksburg voor nadat seun as deel van sindikaat verskyn

Smulaan hulskaapkop­eteHARTMANN RIES (jr.,links) en Carel Besterhet vanjaar die Maluti-Hooglandskool se116de Skaapkopfeesbygewoon. Die tweejong mans het reedsas klein seuntjiessaam met hul pa’s diefees bygewoon. Van-jaar het Piet Smith,hoof van die Maluti-Hooglandskool, en syspan 200 skaapkoppegaargemaak. Vir dieander gaste was daarafval en potjiekos. Be-soek Maluti se web-blad by www.maluti-news vir nog nuus, fo-to’s, fotogalerye,asook video’s. As jyvorige uitgawes vandié koerant misgeloophet, kan jy ook aanlyndaardeur gaan blaai enop datum bly van dienuus en gebeure in joustreek.

Page 2: Malutima 20141001

2 MALUTI, WOENSDAG 1 OKTOBER 2014

WOU jy nog altyd ’n dag lank ’n superheldwees?Hier is jou kans: Die tema van Kansa se

Relay for Life vir 2015 is Superhero.Ilonka Claassen, nuwe voorsitter van die

Relay for Life, sê dit word volgende jaar op14 Maart gehou.Dit sal die eerste keer wees dat dit op ’n

Saterdag plaasvind. Daarby word dit van12:00 tot middernag gehou en nie soosvorige jare van 18:00 tot 06:00 nie.Die reëling verseker meer sakelui sal

spanne vir die geleentheid kan inskryf.Claassen sê die komitee beplan reeds

die aktiwiteite en dit beloof om ’n opwin­dende dag te wees.

’n Vlooimark word onder meer beplan.Registrasiegeld van R300 word gehef en

spanne word versoek om R3 000 in tesamel.Iets spesiaals word vir kankeroorlewen­

des beplan, die gebruiklike luminaria­sak­kies sal beskikbaar wees en die geleent­heid gaan uitstekende vermaak bied.

Superhelde pak saam stryd in Relay ’15 aan

DIE personeellede van die departement van landbou het Erfenisdag Vrydag gevier. Die lede se kleredrag het hul kultuurafkomsgewys. Op die geleentheid is vleis oor die kole gerooster. Van links is, voor: Motsoari Noe, Paulinah Makhuvq, Agnes Noha,Evelyn Vilakazi, LizzieMotaung enStoryMohaeka;middel: HendrikMolahlehi, Mofihli Twala, Ria Scheun,Marilize Nel enRabasothoMofokeng; agter: Maboi Mofokeng, Tsepo Montigoe, Sticks Mosia, Daniel Motaung en John Mofokeng.

DIE gedreun van motorfietse en vierwiel­motorfietse gaan Saterdag in Kestellgehoor word.Daarby gaan gholf van gehalte by die

Buiteklub gespeel word.Dít alles ten bate van Marius Uys.Uys, ’n motortegnikus van beroep, het

kanker en die gemeenskap van Kestell,asook ’n klomp Bethlehemiete, het besluitom die dag ten bate van hom te hou omhom daardeur te help om sy mediesekoste te delg.Inskrywing vir die motorfiets­ en vierwiel­

motorfiets­uitdaging vind tussen 08:00 en09:00 plaas.Mense kan in ’n junior, senior en

vroue­afdeling meeding.Rig navrae oor die uitdaging aan

Armand by 082­570­0575 of Percy by082­388­7120.Inskrywing vir die gholfdag wat volgens

’n tweebal­kiesspel gespeel gaan word,vind tussen 09:00 en 10:00 plaas.Rig navrae oor die gholfdag aan Jan by

082­448­2037, Douw by 079­514­8891 ofdie Buiteklub by 058­653­1339.

Fietse brulvir sieke

Page 3: Malutima 20141001

MALUTI, WOENSDAG 1 OKTOBER 2014 3

Seetermsandconditionsatwww.picknpay.co.za/brandmatchSe

Weshop around, so youdon’t have to.STEP1: Eachweek,wecheck thepricesofone thousandbrandedproductsagainstother supermarkets.Evenwhen they’reonspecial.

STEP2:Wecomparethetotalcostoftheprice-checkedproducts inyour*basketagainstthoseothersupermarketstosee if theywouldhavecost less. *Purchase10differentbarcoded itemstoqualify.

STEP3: If the total costof thoseprice-checkedproductswouldhavebeen lessat the timeof theprice check,we’ll instantlygiveyouacash-off coupon** for thedifference touseonyournextshop. **MaxvalueR50.

HOWITWORKS:

1187015_390x198

Certain promotional stocks are limited. Information correct at time of print. Prices inclusive of VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. E&OE.

Bulk T-Bone& Club SteakMix PackBulk Braai Pack (Consists of: Tenderised Steak,Lamb Braai Chops andWors)

Selected products on this page have been styled for photography

PRICES VALID 30 SEPTEMBER - 5 OCTOBER 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS ONLYIn Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho,Northam Local store and Express stores. smart shopper points will still apply in Express stores. Shop instoreoronlineatwww.pnp.co.za/shop.CustomerCare0800112288.Toll free landlineonly.Cellphoneratesapply. www.picknpay.co.za

Flora Light orRegularMedium Fat Spread

1kg Tub

PnP Fresh ChickenBraaipakPnP Fresh ChickenBraaipak

SAVER4

2390

GoldenRayCookingOil 2 Litre

Clover Full Creamor 2%Low Fat Ultra PasteurisedMilk 2 Litre

SAVER10

5990

NescafeClassicDawn Jar200g

PnPStrawberries800g

SelatiWhiteSugar 2.5kg

6990

PnPExtra VirginOlive Oil 1 Litre 7290

PnP2Ply ToiletTissue 18s

1990

SnowflakeCakeWheat Flour 2.5kg

1390

Coca-ColaRegular2 Litre

995PnPBabyPotatoes

1kg

ArielAutoWashing Powder 2kg, LiquidDetergent 1.5 Litre or Power Capsules 14s

PnPNONAMETM

FrozenChickenBreast Fillets1.5kg

SAVER10

R52

SAVE10.95

R35Per kg

SAVER8

R69Per kg

SAVER6

R74Per kg

SAVER3

2375

SAVER26

3990Each

SAVER15

3490Each

SAVER5

2995

SAVE3.50

2290Each

FRESH

MENSE gesels en kuier alte heerlik.Tussendeur word dopgehou om nie diewenner van die tweede reeks van dieKokkedoor, Elsa Buys, se demonstrasie miste loop nie.Dan kom die aankondiging. Dit word stil.

Belangstellendes staan op, stap nader, wilself aanskou hoe Buys haar geregte maak.Sy lewer ’n demonstrasie op Kansa sejaarlikse Kosfees.Buys se lewe het drasties verander sedert

sy en Johnny Hamman gewen het. Sedert­dien is sy ’n baie bedrywige vrou – en ditnie net by haar en haar man, Schalk, serestaurant, Café Moulin, naby Golden Gatenie.Sy en Johnny werk ook kliphard aan hul

eie boek, Kuns en kuisine, waarin dié tweeKokkedore dieselfde bestanddele gebruik enJohnny ’n spoggerige gereg optower enElsa wys hoe om dieselfde gereg smaakliken maklik te maak.Dit is veral Café Moulin se Sondagmid­

dag­buffetetes wat – lánk voor die gewildeKokkedoor­reeks – by mense van dieomgewing gewild geword het.Die kans dat ’n mens nou op ’n Sondag­

middag net vir ete kan opdaag en aansit,word ál skraler, want almal wil nou proehoe Elsa se wonderlike kos smaak. Symaak ook graag kos vir groepe wat voorafplek bespreek.Maar moet haar nie vooraf oor ’n spys­

kaart vra nie. Haar beplanning beginwanneer sy voorraad koop. Elsa houdaarvan om kos te maak met bestanddelewat in seisoen is en dit wat in die streekbeskikbaar is. Vir die demonstrasie op dieKosfees het sy produkte, soos biltong,verskillende bessies en roomkaas, ontvang.Vir haar is dit sommer maklik om ’n

verskeidenheid vulsels vir wafels te maak.Sy kook rosa­tamaties met balsamieseasyn, suiker en tiemie. Wanneer dit afgekoelis, meng sy dit met roomkaas vir dieeindproduk. Fyn biltong en roomkaas wordgemeng en in ’n ronde, buisvormige vormop die opdienbord geplaas. Turkse lekkersin stukkies gesny en met roomkaas gemengmaak ’n heerlike soet vulsel.Vir ’n biltongslaai gebruik sy gesnyde

biltong, gerasperde mozzarella­kaas, ontpittegroen olywe, in skyfies gesny, en rooiSpaanse soetrissie. Sy sprinkel balsamieseasyn en olyfolie daaroor en meng dit goed.Vir garnering sit sy bessies bo­op.Die demonstrasie op die Kosfees is nie

haar laaste demonstrasie nie. Elsa is besig:Vandag is sy in Bethlehem, môre inClocolan en dan is dit KwaZulu­Natal enselfs Sun City.

Geentyd virstilsit

ELSA BUYS, Kokkedoor-wenner, met ’n bil-tongslaai wat sy gemaak het.Foto:LyndaGreyling

Die kans dat ’n mens nou op’n Sondagmiddag net vir etekan opdaag en aansit, wordál skraler, want almal wilnou proe hoe Elsa se won­derlike kos smaak.

Page 4: Malutima 20141001

4 MALUTI, WOENSDAG 1 OKTOBER 2014

1 KORINTIËRS1:18–31: . . . maarons verkondigChristus watgekruisig is . . . virdié wat deur Godgeroep is . . . is Christus die krag van Goden die wysheid van God.Die lughawe van Pittsburgh, skryf Earl C.

Willer, is die grootste en bes toegerustelughawe in die land. Dit verseker besigelugverkeer na die stad toe. Slegs tweeminute vliegtyd van die lughawe af en regoorkant een van die besigste aanloopbane,staan die Union Church met sy hoë toring.“Vandat die loopbaan geopen is,” vertel

eerw. William R. Ruschaput, die kerk seleraar, “dreun vliegtuie soos bye om ’nbyekorf by die kloktoring verby”.Sy eie woorde: “It got so bad that

low-flying jets turned our Sunday eveningservices into sudden prayer meetings.”Die kerkraad was bekommerd, omdat die

kerktoring so hoog is en die vliegtuie vir dielanding so laag inkom dat die toring raakgevlieg kan word en skade en ’n ongeluk

veroorsaak. ’n Drie meter hoë neonligkruisis op die toring aangebring. Dit het meege­bring dat die ligkruis snags van so ver soosOhio se grens deur die vlieëniers gesienkon word.Hieroor het Ruschaput gesê: “One of the

pilots made this interesting commentregarding the lighted cross: ‘Most of us areusing it as a guide to the field’.”Die kerk met sy hoë kloktoring so na aan

die aanloopbaan was vir die vlieëniers niemeer ’n hindernis nie, maar ’n bate. Diekruis op die kerktoring was ’n hulp vir dievlieënier om ’n veilige landing te verseker.So moet die kerk geestelik ’n seën wees

vir mense om hul veilige landing op dieaanloopbaan van die ewigheid te maak. Diekerk kry dit reg indien die kruis duidelik enhoog verhef word. Die kerk beteken dielidmate, kerkraad en leraars. Indien dieHere Jesus Christus en sy verlossingswerkdie kerk en sy mense se middelpunt vangetuienis en aandag is, wek die HeiligeGees in harte die verligting van geloof, wat’n veilige aankoms in die ewigheid verseker.) Bron: www.kragvirvandag.co.za

Ligkruis op kerk lei

Thys van Tonder

DIE Oud­Skoliererugbyklub het ’n rykgeskiedenis.Met sy 50ste bestaansjaarviering vroeër

vanjaar is ’n boek met die geskiedenis vandie klub gepubliseer.Daar is ’n hele paar goed wat nie in die

boek vervat is nie:1970: Die All Blacks het Bethlehem

besoek en teen ’n gekombineerde PaulRoos­uniespan gespeel. Oud­Skoliere wasnou by die reëlings, soos vervoer, stalletjiesen programme, betrokke.Oud­Skoliere het daardie jaar ’n toer na

Suidwes­Afrika onderneem.Twee administrateurs van Oud­Skoliere,

Willie Crowther en Gerrie Germishuyzen, isonderskeidelik as sekretaris van Oos­Vry­staat Rugby en die Oos­Vrystaatse Skeids­regtersvereniging aangewys.Koos Wessels, Jan van Graan en Jurg

Dietrichsen het vir Oos­Vrystaat gespeel.Dit het nie baie goed met die klub gegaannie. Hy het tweede in die bondliga entweede in die tweede liga en derde ligagekom.

1971: Nadat die klub se naam ’n paarseisoene Oudleerlinge was, is dit naOud­Skoliere terugverander.Slegs Koos Wessels het die Oos­Vry­

staatspan gehaal.Oud­Skoliere het die tweede liga met

Tokkie Schoeman as kaptein gewen.1972: Koos Wessels, kaptein en be­

stuurslid, het die eerste polisieman gewordwat op die grens gesterf het toe hy op 5Januarie 1972 in ’n landmyn­ontploffingdood is.Thys Greeff, Buks van der Walt en Piet

Herbst het vir die Oos­Vrystaat gespeel.Die klub het tweede in die presidentliga,

tweede in die tweede liga en eerste in diederde liga geëindig.

Staaltjies uit klub se verlede

Geesgenoot

Page 5: Malutima 20141001

MALUTI, WOENSDAG 1 OKTOBER 2014 5

Page 6: Malutima 20141001

6 MALUTI, WOENSDAG 1 OKTOBER 2014

DIE Mediclinic Hoogland inBethlehem is in September1994 voltooi en was aanvanklikmet 67 beddens toegerus. Dit isegter gou gevind die hospitaalis te klein en in 1996 is ’nbykomende saal en spreekka­mers aangebou.Ná ’n verdere bouprojek in

2012 is ’n nuwe kritiekesorgeen­heid, noodsentrum en dokters­blok bygevoeg en beskik diehospitaal oor 114 beddens endrie teaters. Verskeie afdelingsvan die hospitaal, onder meerdie apteek, werkwinkel enwassery, sowel as die teater­kompleks, is reeds deur veleopknappingsprosesse verbeter.Die hospitaal is deel van die

Mediclinic­groep van hospitale,een van die grootste privatehospitaalgroepe in die land, metsy netwerke wat ook na hospita­le in Namibië, die VerenigdeArabiese Emirate (Doebai) enSwitserland strek. Die maat­skappy is op die Johannesburg­se Effektebeurs gelys metRembrandt as sy grootsteaandeelhouer.Die Mediclinic Hoogland word

die afgelope twee dekades deurdie plaaslike gemeenskap enomliggende gebiede ondersteunen het gemiddeld sowat 1 500opnames per maand.Die volgende eenhede word

deur kundige, opgeleide perso­neellede behartig: medieseeenheid, chirurgiese eenheid,obstetriese eenheid (kraamafde­ling), pediatriese eenheid,kritiekesorgeenheid, hoësorg­eenheid, neonatale kritieke­sorgeenheid, endoskopie­een­heid, drie teaters, ’n apteek en’n 24­uur­noodsentrum.Die noodsentrum beskik oor

twee traumakamers, eentriage­kamer, drie algemenebeddens, een prosedurekameren een pediatriese kamer.Daar is in geheel agt bed­

dens. Die helikopterlandingsge­bied is naby die noodsentrumen verskeie ambulansdienste isin die gebied beskikbaar. Daaris ook drie heeltydse noodsen­trumdokters.Verdere dienste van die

hospitaal sluit in die radiologie­afdeling waar die CT­skandering,sowel as die MRI, ’n grootaanwins vir die Oos­Vrystaat is.

Pasiënte hoef nie meer stadtoe te gaan om die gespesiali­seerde behandeling te ontvangnie.Die radiologie­afdeling word

deur dr. Papi Afrika bestuur enverskeie radiografiste, asookmammografiste, lewer hier ’nuitstekende diens.Die laboratoriumdienste word

deur Pathcare gelewer watverskeie spesialistoetse doen enuitslae regstreeks aan spesialis­te en dokters lewer.Die volgende spesialisgebiede

lewer ’n diens by die MediclinicHoogland: anestesiologie,dermatologie, oor­, neus­ enkeelchirurgie, obstetrie enginekologie, interne medisyne,pediatrie, ortopedie, urologie,algemene chirurgie, oftalmolo­gie, psigiatrie en onkologie.Ander dienste sluit in fisiotera­pie, dieetkunde, arbeidsterapieen spraakterapie.Die Mediclinic Hoogland is

trots op sy ongeveer 300personeellede waarvan 18steeds in diens is sedert diehospitaal 20 jaar gelede geopenhet.Ses van die hospitaal se

eerste spesialiste is ook steedsná 20 jaar by die MediclinicHoogland. Hulle is drs. NatieWessels, George Hough, PieterKoornhof, Bruce Staples, Pietvan Niekerk en Roelf Pistorius.Die hospitaal is deur Cohsasa

(’n eksterne maatskappy watoudits van gehalte doen)geakkrediteer dat die hospitaalaan internasionale standaardevoldoen en die hospitaal beskikoor ISO14001­akkreditasie watbewys lewer van sy bydrae tot’n gesonde, beskermde omge­wing.Met die veranderlike omge­

wing waarin die gesondheidsbe­dryf hom nou bevind, sal dieMediclinic Hoogland voortgaanom deur ’n oorspronklikebenadering toe te sien dat diediens aan die voorpunt vanontwikkeling bly en sodoendeverseker dat slegs die bestevir die Oos­Vrystaat behouesal bly.Die toegewyde, kundige

personeellede lewer ’n beson­derse diens aan die hospitaalen al sy pasiënte oor dieafgelope 20 jaar.

Hospitaal ná 20 j. steeds reuse-bate

PERSONEELLEDE en dokters vier die Mediclinic Hoogland se 20ste bestaansjaar. Foto: Lynda Greyling

PERSONEELLEDE van die Mediclinic Hoogland wat ’n vonkelwyn-ontbyt bygewoon het om die hospitaal se 20ste bestaansjaar te vier,is van links OJ Radebe, Susan Möller, Ina Korff, Lena Mans, RidaGeldenhuys, Alida van Eden en Marietjie Venter.

VAN die eerste spesialiste en ander personeellede wat ná 20 jaarnog in die Mediclinic Hoogland is, is van links MC Botha (hospitaal-bestuurder) en drs. Natie Wessels, Piet van Niekerk en Roelf Pisto-rius.

Verdere dienste en afdelings van die hospitaal sluit in die radiologie­af­deling waar die CT­skandering, sowel as die MRI, ’n groot aanwins vir dieOos­Vrystaat is. Pasiënte hoef nie meer stad toe te gaan om die gespesi­

aliseerde behandeling te ontvang nie.

Registration requirements: a 10% Deposit of the final Bid Price is payable by the purchaser on the fall of the hammer. Confirmation period of 7 working days fromclosing bid. Bidders must provide proof of identity and residence when registering. All bids are exclusive of VAT. All payments must be done strictly via EFT.

All terms are subject to change without prior notification. Auctioneer: Jacques van der Linde

Morné: 083 634 6476

Duly instructedbyTutorTrust in thematterof InsolventEstate IreneBeukes.Master’sRef.: T1057/12,Aucorwill sell the the following propertybypublicauction:

Date: Tuesday, 7 October @ 10h30 Venue: Erf no. 553, 553 Short Street, Hobhouse

AUCTION INSOLVENT ESTATEVACANTSTAND -HOBHOUSE

VISITwww.aucor.com FOR FULL DESCRIPTION & PHOTOS

property|wheels|

movables

GPS: S29° 31.7014’ , E027° 8.9872’Viewing by appointment only:

VACANT STAND, 553 SHORT STREET, HOBHOUSE

GEVIND

1215

TE KOOP

TUINBOU

1640

Dis heerlike lente! Die win-ter is nou verby. Somer isnou hier en dis nou plant-tyd. Nuwe voorraadbeskikbaar, kom besoekons gerus. Flower FunKwekery 058 303 8423.Cambrigestr 58, by silo's.

TROETELDIERE

1660

Boerboel x Rottweiler-hondjies beskikbaar vanaf09/10/2014. 8 weke oud.Eerste inenting en ont-wurming voltooi. Skakel082 787 4701.

ALLERLEI

1845

SANDSTONE: Blocks,bricks, cladding,rivens, tiles, etc.Tel. 058 303 4840.

12 Archbell Street, BHM.

VERVOER &

BERGING

1870

8-ton-vragmotor viralgemene vervoer en aanryvan beeste, kunsmis, ens.Skakel Pieter 083 604 0215of Rita 082 293 1139.

VOERTUIE

MOTORS TE KOOP

3025

DATSUN STANZA, 1983model. Good condition. Allpaperwork in order. Withroadworthy certificate,R22 000.Herman 076 299 0370.

BETREKKINGS

3600

BETREKKINGS

GESOEK

3670

Anastasia is op soek nawerk as huishulp. Hard-werkend, het jare se on-dervinding. Voltyds of 3-5dae per week. 073 4318739.

Alinah soek werk ashuishulp, kinderoppasservir 2 tot 5 dae per week.Praat Afr. en Eng. Hard-werkend . 073 321 6287.

ALGEMEEN

3680

300 JOBS &APPRENTICE MINER @DMT TRAININGBe our student!!Welding R 3 800,

Boilermaker R 5 9004 weeks.

Forklift R 700 - 5 DaysDumptruck R 3 800Accomodation avail.

www.diemnyandoros.co.zaTel: 016 422 4264

whatsup 072 954 7705"Mnr" van Voeren/ Victor

Page 7: Malutima 20141001

MALUTI, WOENSDAG 1 OKTOBER 2014 7

Kuier saam op fees van spyse

REGS: Hylet Unge-rer staan hier by dietafel wat oorlaai ismet soetgoed opKansa se jaarlikseKosfees wat van-jaar in die Dihla-bengMall gehou is.

Foto: Lynda Greyling

TWEEvanKansasevrywilligers,NellieHanekom (links) enNico-lette de Kok, het een van die kosstalletjies op Kansa se jaarlikseKosfees beman.

VAN die Bethlehemiete wat Kansa se jaarlikse Kosfees in die Dihlabeng Mall bygewoon het, is van links AnnieNaudé, Ronel Pohl, Ena Louw, Terry Smith, Anton Pohl en Ans Pohl.

KANSA se jaarlikse Kosfees is vanjaar indieDihlabengMall gehou.Van links isKobieBeneke, Anne-Marie Going en Dricé Ros-souw by die tafel waarby afval bedien is.

BO: Die Bethlehem-tafelronde se kos-stalletjie op Kansase jaarlikseKosfeeswas ’n treffer metvetkoek met ’n ver-skeidenheid vul-sels. Van links isVinnia Wheatley, Li-zanne Maree metZoë, Janet Engel-brecht, Ilana Auldmet Dougy (jr.) enSuretha Shields.

PORTUGAL. Die tafel het behoorlik gekreun onder die tradisio-nele Portugese geregte – waaronder hul weergawe van mielie-pap – op die jaarlikse Kansa-kosfees in die Dihlabeng Mall. Vanlinks is Fernanda Lourenco, Megan Lourenco, Tina Graces, Die-dadeAlfonseca,SarahBettencourt, AimeLourenco,AnaBetten-court, Lilly Lourenco, Gabriela Lira en Maria Vera Bettencourt.

Page 8: Malutima 20141001

SportSportKoerant met hart The paper with heartI

MET meer as 100 spelers wataan die Bethlehem­Tafelrondese jaarlikse gholfdag deelge­neem het, was NasionaleErfenis­ en Braaidag virTafelaars en spelers ’n heerlikedag, want ná die spel isdaar . . . vleis gebraai.Casey Ziervogel was die

wenner op die dag met ’ntelling van 45.Johnny Barnard was tweede

met Thys Schoeman (sr.)derde.Willie Pretorius en Jacques

Mostert was onderskeidelikvierde en vyfde.Naaste aan die pen op

nommer 2 was Dolf Maartens,nommer 6 Koos Rossouw,nommer 12 Danie Lombard ennommer 16 Renier Gildenhuys.Divan Gerber het die langste

Vier Erfenisdagop die gholfbaan

Divan Gerber het die langstedryfhou op nommer 9 geslaan.

CASEY ZIERVOGEL (middel) het Woensdag Bethlehem-Tafelronde se jaarlikse gholfdag gewen. Byhaar is Desmond Deysel (links, voorsitter: Bethlehem-Tafelronde) en Werner Engelbrecht (ondervoor-sitter: Bethlehem-Tafelronde). Foto: Lynda Greyling

RUDI VAN VUUREN het Woens-dag ná die Bethlehem-Tafelron-de se gholfdag ’n tjek namensTafelronde aan Leandra de Co-ning, bestuurder van Salileni,oorhandig.

LINKS: Hannes de Jager hetdie gelukstrekking op Bethle-hem-Tafelronde se jaarliksegholfdag gewen.

GALLIE GEYSER en sy span vandie Bethlehem­buiteklub het die Ge­reformeerde kerk se rolbaldag ge­wen.Die dag is vanjaar by die Bethle­

hem­rolbalklub aangebied.Spanne van naburige dorpe het

vanjaar deelgeneem.Mannetjie Strydom en sy spanle­

de, Susan Strydom, Brian Barnesen Louise Barnes van Senekal, hetdie beginners­afdeling gewen.Die rolbaldag is ten bate van Kan­

sa se Relay for Life aangebied.

Geld rol in vir Relayfor Life op rolbaldag

GALLIE GEYSER (tweede van links) van die Bethlehem-buiteklub en syspan het die rolbaldag wat deur die Gereformeerde kerk ten bate vanKansa se Relay for Life aangebied is, gewen. Van links is Maryna Kriel(Kansa),Geyser, AdriWilliams, LindaGeyser,MariusHeunis enAnnatjievan Jaarsveld (Gereformeerde kerk, organiseerder). Foto: Lynda Greyling

RIA SCHEUN (voor) speel hier op die rolbaldag wat deur die Gerefor-meerde kerk in Bethlehem ten bate van Kansa se Relay for Life aange-bied is.