malutima 20141022

8
DIE Laerskool Jordania se saal het Saterdagoggend gelyk asof daar piekniek gehou word. Ouers, grootouers en kinders het hulle op die vloer tuisgemaak om na Lollos en Lettie te kyk. Die oggend is deur die gr. O-onderwysers aangebied. Van links is, voor: Disco en Minki Burger; middel: Lettie en Lollos; agter: Sanet de Jager, Marietjie Pieters en Nadia de Bruin. Laasgenoemde drie is gr. O-onderwysers. Nog foto’s van die geleentheid op www.malutinews.co.za. Foto: Schalk Brandt Lollos en Lettie vermaak TEL: 058 - 303 5411 WOENSDAG 22 OKTOBER 2014 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE Koerant met hart The paper with heart I

Upload: maluti-news

Post on 05-Apr-2016

306 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Malutima 20141022

TRANSCRIPT

Page 1: Malutima 20141022

DIE Laerskool Jordania se saal het Saterdagoggend gelyk asof daar piekniek gehou word. Ouers, grootouers en kinders het hulle op die vloer tuisgemaak om na Lollosen Lettie te kyk. Die oggend is deur die gr. O-onderwysers aangebied. Van links is, voor: Disco en Minki Burger; middel: Lettie en Lollos; agter: Sanet de Jager, MarietjiePieters en Nadia de Bruin. Laasgenoemde drie is gr. O-onderwysers. Nog foto’s van die geleentheid op www.malutinews.co.za. Foto: Schalk Brandt

Lollos en Lettie vermaak

TEL: 058 ­ 303 5411 WOENSDAG 22 OKTOBER 2014 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE

Koerant met hart The paper with heartI

Page 2: Malutima 20141022

2 MALUTI, WOENSDAG 22 OKTOBER 2014

FROM studying by candlelightto electrical engineer.Ramotudu Raymond Mof­

okeng received his degree inElectrical Engineering at theUniversity of the Free State(UFS) recently.It was no easy path for

Raymond to get his degree.As an orphan he stayed with

his grandmother, MaleqosaAlphonsinah Mofokeng, inBohlokong. They were verypoor, but Raymond did his bestat school. He went to Ntsuwhere he matriculated withdistinctions in al his subjectsand received a bursary from thegovernment to go to university.He went to the University of

the Witwatersrand (Wits). Onone of his holidays in Bethle­hem he applied for a holiday jobat the Engen Prime Stop. Soonit was evident that he was aclever young man and he waspromoted to work as cashier.One day he handed in his CV

to Stephanie van Dyk, thehuman resource manager,applying for a permanent job.When asked why he did notfinish his studies, he told her ofhis financial problems. Appa­rently he did not receive hisbursary money frequently. As hehad a lot of assignments to doand with little to eat and with nomoney, he had to give up hisstudies.Anton van Wyk’s wife, Lené,

who is the owner of the EngenPrime Stop, told him about

Raymond.He decided to help him. They

got him a flat in Bloemfonteinand he enrolled at the Universi­ty of the Free State (UFS) oncondition that he did not getinvolved in campus politics,pass each year and one day,when he was settled, helpsomeone else.He also asked Raymond to

have contact with people thatcould uplift and motivate him.Van Wyk also saw to it that

he could do practical work atengineering firms. He asked alocal councillor if he could helpRaymond to do practical workat the municipality, but to noavail.Raymond had to write Van

Wyk a letter each month to gainexperience to better his English.During holidays he was givenarticles and books to read andhe had to visit Van Wyk andchat with him to better hislanguage skills.Peet Pelser gave Raymond a

laptop to make his studieseasier.Raymond recently received

his degree. Van Wyk fetchedRaymond’s grandmother, andthey both attended the gradua­ton ceremony.Raymond is busy with his

honours degree and would liketo obtain his PhD.And where do Van Wyk see

Raymond in a few years’ time?As a second Jonathan Jansenor rather a lecturer or professor.

Proud momentANTON VAN WYK (left, sponsor) from Bethlehem with RamotuduRaymond Mofokeng.

DIE Charlotte Theron­kinder­en­jeugsorgsentrum (CTK) hetdeesdae ’n televisiestel metDStv – dit danksy VKB.Eers is geredeneer dit is ’n

luukse, maar toe is besef dieklomp klein kindertjies ken gladnie die karakters van diekinderprogramme nie, omdathulle nie daaraan blootgestelword nie.Nou kan die verskillende

huise se kinders saam opsekere tye na die kinderpro­

gramme kyk. Die groter kinderskan Saterdae na die sportpro­gramme kyk en soms ook naflieks.In die kinderhuis is daar maar

min vermaak vir die kinders endit is moeilik om so ’n klompkinders besig te hou, veralvakansies.) VKB het ook vir CTK meelgegee wat afgehaal kan wordsoos nodig. Dit is ’n groot hulp,omdat kosbegroting maar skrapsis.

TV verander hul lewe

HY klap sy hande: dankie, dankie.Joseph Ntombela het Maluti spesiaal

besoek om met sy splinternuwe wiele tespog.

Maluti het ’n paar maande gelede berigoor Ntombela wat dringend ’n nuwe rolstoelnodig gehad het omdat syne al so stukkendwas dat hy amper nie meer daarmee oordie weg kon kom nie.Al was die ou rolstoel hoe wankelrig,

Ntombela was elke dag op sy pos askarwag voor die biblioteek.Colin Strachan het ’n geldinsamelingspro­

jek begin en mense het skenkings byPriscilla’s gedoen. Daarby het Strachan seseun, Elazar, en skoondogter, Riski, vanJohannesburg gekom en ten bate vanNtombela se rolstoelfonds musiek gemaak.Genoeg geld is ingesamel en nou spog

Ntombela met ’n nuwe Shonaquip 3­rolstoel.Daarby het hy ’n spaarvoorwiel gekry, wantdit is gewoonlik moeilik om in die hande tekry.“Ek het nooit gedink die mense sal so

goed vir my wees nie. Baie, baie dankie, ekwaardeer dit baie,” sê Ntombela.Ntombela is al bykans 14 jaar aan ’n

rolstoel gekluister. Hy het al aan ’n paarSoweto­marathons deelgeneem en sê hygaan beslis weer aan sulke wedlopedeelneem.

Dankbaarheidoor hulp groot

JOSEPH NTOMBELA

JANNIE MAREE (regs) het al meer as 64 jaar noue bande met dieHoërskool Voortrekker. Hy en sy vrou, wyle Ria, het aan dié skoolgematrikuleer, hul kinders en kleinkinders het daar skoolgegaan,asook sy broer se kinders. Vanjaar was sy broerskind se laastekleinkind in Voortrekker. By Maree is Gys Coetzee, skoolhoof.

WILLIE KRUGER (links) het namens die Hoërskool Voortrek-ker se alumni ’n spesiale eerbewys aan Japie vanWyk oorhan-dig vir sy volgehoue betrokkenheid by die skool. Dié eerbewys,wat die eerste keer toegeken is, is op die skool se prysuitdelingaan Van Wyk oorhandig. Foto: Lynda Greyling

Vereer vir toewyding

Page 3: Malutima 20141022

MALUTI, WOENSDAG 22 OKTOBER 2014 3

Lynda Greyling

PUNT DRIE van ’n sekonde. Dítis hoe lank dit 15 ton plofstof in160 gate van 90 m diep geneemhet om te ontlont.Om dit egter te laat gebeur

het geruime tyd geneem, want ’nomgewingsimpakstudie, lisensieen permitte is benodig om tebegin myn. Daar moes ook aanal die standaarde voldoen word,onder meer die rehabilitering vandie gebied.Woensdag om 15:00 is die

eerste plofslag van HardwareMecca Crush and Plant by systeengroef naby Daniëlsrusgehoor – ’n trotse oomblik vir diegesinsonderneming.Duard Valks sê die steengroef

is ’n uitbreiding van die onderne­mings se bestaande sake watonder meer ’n hardewaresaak,baksteenfabriek en dakkap­on­derneming insluit.Josua Grobler, bestuurder van

Hardware Mecca Crush andPlant, en Ruan van Niekerk, wattydelik daar werk, was reeds op10 Junie op die terrein. Josua, ’nboubestuurder, het oral gaankers opsteek om soveel moontlikkennis oor dié nuwe vertakkingvan die onderneming te bekom.Hy het ook ná ure mynverwantekursusse gevolg en die nodigeeksamen geskryf om aan al dievereistes te voldoen.Dit het die twee manne en hul

span werkers sowat drie maandegeneem om 60 tot 80 kubiekemeter grond, gelykstaande aansowat 4 000 vragte, te skuif omdie terrein gereed te hê vir diemaatskappy Sureblasters vanTheunissen wat die plofwerkbehartig het.Hierna het dit Sureblasters

sowat een en ’n halwe weekgeneem om die plofstof gereedte kry.Groot opgewondenheid het

Woensdag onder ’n groepsakelui en belangstellendesgeheers wat sowat 1,3 km vervan die ontploffing gestaan het.Sowat 36 000 tot 38 000 ton

klip is losgeskiet. Dit is sowat15 000 tot 17 000 vragte klip.Valks sê dit sal sowat twee

maande neem om al die klip teverwerk.Anton Valks (senior) sê die

materiaal wat gebruik word, is ’nkonstante produk (deurgaansdieselfde) en ’n topgehalte kandus verskaf word. Van dit salgebruik word by die steenfabriek,maar daar sal beslis ook klipaan die gemeenskap teen ’nmededingende prys verskafword.Vier nuwe vragmotors is

gekoop en die steenfabriek gaanbinnekort vergroot word sodatdie produksie vermeerder kanword om die ondernemingdoeltreffender te bedryf. Twee ofdrie nuwe reekse in die boube­dryfprodukte word beplan.Gegote produkte soos lintels wat

van Gauteng verkry moet word,sal dan plaaslik vervaardig worden teen ’n laer prys aan diegemeenskap verskaf kan word.Duard Valks sê hy is trots dat

20 nuwe werkgeleenthedegeskep is en dat 20 huishou­dings beter lewensomstandighe­de kan ervaar.“Met die verwikkelinge wat

beplan word, sal nog werkge­leenthede geskep word. Diegemeenskap het ons nog altydondersteun en dit is ons manierom iets terug te gee.”Die uitbreiding sal beslis ’n

invloed op die ekonomie inBethlehem hê. Benewens dieprodukte wat hier vervaardiggaan word, sal instandhoudings­werk, voertuigherstelwerk en diesmeer aan Bethlehem se sakeluitoegeken word.

Groot oomblik vir onderneming

DIE ploffing.

DUARDVALKS (voor), aandeelhouer vandieHardwareMecca-groep,Ruan van Niekerk (links, agter) en Josua Grobler, bestuurder vanHardware Mecca Crush and Plant. Foto: Lynda Greyling

Dit het die twee manne enhul span werkers sowatdrie maande geneem om60 tot 80 kubieke metergrond, gelykstaande aansowat 4 000 vragte, te skuifom die terrein gereed te hêvir die maatskappy Sure­blasters van Theunissenwat die plofwerk behartighet.

Page 4: Malutima 20141022

4 MALUTI, WOENSDAG 22 OKTOBER 2014

Ons saai, God laat groei(HANDELINGE(16:25–34)

“Glo in die Here,Jesus, en jy sal geredword, jy en jou huisge-sin.”Wanneer ’n mens die spoorweg­

dorp Harriman in oostelike Tennes­see nader, trek ’n groot, verligtekruis op een van die hoë bergrante’n mens se aandag, skryf dr. PaulLee Tan. Harriman se kruis was dieidee van die vyfjarige Dan Denny.Dan Denny kry op ’n dag ’n kruis

present om mee te speel of in sykamer te hang. Hy hang toe diekruis elke dag by sy venster uit.Later wil sy ma weet hoekom hy ditdoen. Sy verduideliking: “Dalk sieniemand dit en dink dan aan Jesusen probeer goed wees.” Dit het vir

sy ma so goed geklink,dat sy dit met haarvriendinne bespreek. Ditkom by die kerke tersprake en nie lank nieof die besluit word

geneem en die kruis word op diehoë rant, sigbaar vir almal, opgerig.Weer leer dit ons dat dit nie ’n

mens se ouderdom, status, gawesof geleerdheid is wat die groot rolspeel as ons van Christus getuignie. Dit is ’n saadjie wat geplantword. Die krag is in die saadjie selfen dit is die Heilige Gees wat diegetuienissaadjie laat ontkiem engroei. Ons werk is om te saai.God se deel is om die saad te

laat groei. Here, vandag wil ek ookmy klein saadjie saai.– www.kragvirvandag.co.za

Onderwysersverdien eerLynda Greyling

DIT was Donder­dagaand Voor­trekker seprysuitdelingsge­leentheid waaropleerlinge wat opverskeie gebiede gepresteer het,beloon is.Die prysuitdeling se formaat het

vanjaar ietwat verander sodatsport­ en kultuur­eerbewysetoegeken is en slegs die gr. 12­leerlinge akademiese eerbewyseontvang het. Die res van dieskool se akademiese eerbewysesal vroeg volgende jaartoegeken word wanneer al diekwartale van 2014 se puntebereken is.Ouers het trots in die gehoor

gesit, die kinders opgewonde oordie eer wat hul toekom.Die matriekleerling wat vir die

beste vordering beloon is en ookin ’n paar vakke die toppresteer­der was, het ’n hele paar kontant­pryse saam met sy sertifikate en

trofeë ontvang.Ek het nogal

daaroor gewonder,want vanuit diegehoor was dieerkenning duidelikmeer vir hom.Na afloop van

die prysuitdeling het ek soterloops gehoor toe ’n onderwyseren een van die ouers gesels. Dieonderwyser het gesê hoe bly hyis dat die outjie die pryse ontvanghet en bygevoeg dat nie eenbesef hoe broodnodig dit vir homwas nie. Dit was duidelik dieonderwyser gee om.Vrydag was Nasionale Onder­

wysdag waarop erkenning aanonderwysers gegee is.’n Mens besef nie altyd hoe

hard ’n onderwyser werk nie. Dathulle kinders opvoed en hulle ookleer om selfstandige jong mensete word en om te gee.Verskeie onderwysers is Vrydag

bederf, maar ek dink leerlingekan nou in die laaste kwartaal hulbes doen.

Salileni dankbaar vir skenking

LEANDRA DE CONING, bestuur­der, Salileni:

WAAR begin ons om dankie te sêaan Rudi van Vuuren en die Bethle­hem­Tafelronde se span vir die grootskenking wat ons ontvang het?Al wat ek kan sê, is ons neem dit

met groot nederigheid en oneindigedankbaarheid in ontvangs.

Julle vat hande en stap die padsaam met minderbevoorregtes son­der om aan julself te dink. Julle sitskouer aandiewiel en pluk die vrugtevan God se rykste seën.Ons aan die ontvangkant is met

ons hande diep in die skottel deegvan genade. Ommense soos julle teken is genade.Salileni is dankbaar dat ons kan

deel in die skaduwee van die koelte­boom wat julle elke dag water gee.Ons is tevrede dat ons HemelseVader ons ook deel van jul lewe ge­maak het. Nogmaals baie, baie dan­kie.Vriendelike groete in Jesus Chris­

tus.

deur

Lynda Greyling

Geesgenoot

Briewe /

Letters

WITTEBERG SE MATRIEKAFSKEID

NKOSI, Bethlehem:

THE Leihlo la Setjaba RainbowOrganisation will not tolerateseeing their fellow citizens beingmanipulated by incumbents of theruling party with no understandingof 20 years of democracy whereyou find parents and children stillsharing one apartment with noprivacy.The tax payers are there to

serve corrupt officials, andcouncillors are failing the majorityof Dihlabeng.All that the community sees,

are their luxurious homes and

cars. That while Ward 8 has noactive councillor.The Batho Pele principle is just

a word, it is not being put intopractice.Therefore the Leihlo la Setjaba

Rainbow Organisation condemncorruption, nepotism and informalsettlements.The voiceless people finally

have a place to raise theirconcerns. It is terrible to hearthat the municipality is failing topay Eskom millions.The question remains: Where is

the money? A luta continua.Amandla.

Situation not acceptable

MORNÉ SENEKAL en Tersia Smit. Foto: Just Precious HENDRIK DERCKSEN en Linda Heyns.

JULIANA JANSEN VAN RENS-BURG

SUNITHA AVELING

SURETHA HOWARD (links) en Jo-nel Maree. Nicela de Lange

ARISTEO DESIDERIO en ElmienVerster.

DIE Hoërskool Witteberg se matriekafskeid is onlangs gehou. Van links is Christof du Plessis, Carla-Marida Silva, Henlou Retief, Lielie Greyling, Johan Human en Mariska Benadie.

PIETER MOUTON en Zea Nel.

Page 5: Malutima 20141022

MALUTI, WOENSDAG 22 OKTOBER 2014 5

Gerard de Boer

ENIGE meisie se droom – ’nstoof en wasbak.Die lang Desembervakansie lê

voor. Ons het dit goed gedink datPa iets bou wat die kinders dievakansie besig sal hou.Enige meisie se droom is haar

eie stoof – dit sal ure se genotverskaf.Ons gebruik Supawood, want

dit gee ’n gladde afwerking enverf maklik. Spaanderhout(chipwood) kan ook gebruik word,maar dit gee nie ’n gladdeafwerking nie.Neem jou kind se grootte in

gedagte en daarvolgens kan jydie hoogte wat gemaklik gaanwees vir speel, bepaal. Sny tweekante in dieselfde grootte – onshet 600 mm hoog x 400 mmbreed gebruik. Vir die blad bo endie bodem het ons twee plankevan 800 mm x 400 mm gesny.Boor gitsgaatjies in die blad en

die bodem en heg met houtskroe­we en houtlym om ’n kubus tevorm. Sny ’n plank wat tussen dieblad en die bodem gaan pas om’n skeiding vir die stoof en diewasbak te maak.Ons het ’n metaalbak vir die

wasbak gebruik. Trek die groottemet ’n potlood op die blad af.Boor ’n gat in die binnekant vir

die wasbak. Gebruik die gat omdie figuursaag se lem in te sitsodat die gat vir die wasbakgesny kan word.Ons het ’n ou kraan gebruik en

met skroewe aan die blad gehegnadat dit geverf is.Gebruik twee planke 460 mm x

400 mm vir die deure van diestoof en die wasbak­kassie. In diedeur van die stoof het ons ’nreghoekige gat vir die venster vandie stoof gesny en vir die hand­

vatsel het ons ’n plankie gebruikwat ons vasgeskroef het.Heg die deurtjies aan die

kassie met skarniere, die wasbak­deur het ons aan die kant geheg,en die stoofdeur aan die onder­kant. Vir die plate van die stoofhet ons vier sirkels uit veselbordgesny en dit swart geverf en methoutlym en skroewe aan die bladvasgemaak nadat dit geverf is.Vir die stoof se skakelaars het

ons houtknoppe gebruik wat met

skroewe onderaan die bladvasgemaak is.Gebruik ’n wasbare akrielverf

van goeie gehalte sodat jy diestoof maklik kan skoonhou.Omdat dit akrielverf is, is geenonderlaag nodig nie.Ons het eerste die wasbakdeel

in twee lae wit geverf en daarnamaskeerband gebruik om ’n reguitlyn te kry tussen die wasbak endie stoof.Die stoof is silwerkleurig geverf.Kom kyk gerus by Polkadot se

speelplek na die stoof en wasbak.

Stoof en wasbakspeelplek vir Sus

’n MAATBAND en figuursaag word gebruik om ’n wasbak en stoof vir’n meisie te maak.

MET die Desembervakansie wat nader kom, kan pa's gerus hul dogtersbederf deur vir hulle ’n stoof en wasbak te maak.

SÓ lyk die stoof se plate en skake-laars van bo af.

Page 6: Malutima 20141022

6 MALUTI, WOENSDAG 22 OKTOBER 2014

ANNIKA SADIE is Donder-dagaand op die HoërskoolVoortrekker se prysuitdelingas die skool se dux-leerlingaangewys. Foto: Lynda Greyling

YENTE POTGIETER is as dieHoërskool Voortrekker setweede dux-leerling aangewys.

LETITIA JANSEN VAN VUUREN en Willie Naudé is onderskeidelik as die HoërskoolVoortrekker se sportmeisie en -seun aangewys.

REGS: Magda Farrell(links) is as die Hoër-skool Voortrekker sekultuurmeisie van diejaar aangewys. Hierontvang sy haar eer-bewys vanNatie Labu-schagne en CornéCoetzee.

PHILIPMAREE is as die Hoër-skool Voortrekker se veelsy-digste leerling aangewys.

Beloonvir hulwerk

ALGEMENE &HUISDIENSTE

ALLERLEI

1845

SANDSTONE: Blocks,bricks, cladding,rivens, tiles, etc.Tel. 058 303 4840.

12 Archbell Street, BHM.

VOERTUIE

MOTORS TE KOOP

3025

DATSUN STANZA, 1983model. Good condition. Allpaperwork in order. Withroadworthy certificate,R22 000.Herman 076 299 0370.

BETREKKINGS

3600

BETREKKINGSGESOEK

3670

Sandra is op soek nawerk - enige werk/alge-mene skoonmaker bybesighede. 061 231 5034.

IT/REKENAARS

3695

RiNico®computerkidsbenodig die dienste van ’nverkieslik gekwalifiseerdeonderwyser/esof ‘n persoon wat lief isom met kinders te werkom rekenaarklasse vir kin-ders te gee in Ladybrand,Tweespruit en omliggendedorpe.Vereistes: Rekenaarvaar-dig, eie vervoer en bereidwees om te ry.Voordele: Basies, kom-missie, medies, pensioenen brandstof.Sluitingsdatum:7 November 2014.Diensaanvaarding onmid-dellik.Skakel Alta Nagel 072 7195028 of 083 701 9545of faks na 086 585 8174of e-pos u CV na:[email protected]

GESOEK

3601

Benodig die dienste van* 'n Reaksiebeamptemet Graad C en rybewys* 'n AlarmtegnikusPos behels skofte.Faks verkorte CV na058 303 4422 of e-pos na:[email protected]

B

E

T

R

E

K

K

I

N

G

S

B

E

T

R

E

K

K

I

N

G

S

Page 7: Malutima 20141022

MALUTI, WOENSDAG 22 OKTOBER 2014 7

“ ’n KLEIN vonk kan ’n vuur aansteek,”het Dante Alighieri gesê.Die Vir ons kinders­projek ten bate van

Engo se behoeftige kinders in dieVrystaat word vanjaar die sesde keeraangebied.Vanjaar is ’n Chevrolet Spark Campus

van R112 400 op die spel. Deur ’nskenking van net R20 te maak, staan jy’n kans om die eienaar te wees van dieSpark.Nóg belangriker – jou R20­bydrae is

een van die vonke wat die vuur vanomgee aansteek. Die vuur maak ’nverskil in die lewe van duisende kinders.Kaartjies is beskikbaar by alle Engo­

kantore en sentrums in die Vrystaat,Mimosa Mall in Bloemfontein se inlig­tingstoonbank en Imperial GM Bloemfon­tein.Die sluitingsdatum van die kompetisie

is 23 November. Vyf finaliste sal op9 Januarie 2015 met die hulp van PWCaangekondig word. Die finale trekkings­geselligheid is op 23 Januarie 2015 inBloemfontein. Die wenner sal met ’nnuwe Chevrolet Spark Campus wegry.Verskeie promosies sal in die volgende

maand oor die Vrystaat heen gehouword waar mense aangemoedig salword om kaartjies ten bate van die Virons kinders­projek te koop.Die motor sal onder meer op die

Volksblad­kos­en­kunsmark en dieMonumentfees in Bloemfontein, dieKersiefees in Ficksburg en in verskeiewinkelsentrums oor die Vrystaat heengesien kan word.Die projek sou nie moontlik gewees

het sonder die ondersteuning van dieborge nie. Vanjaar se borge is ImperialGM Bloemfontein, Radio Rosestad enVolksblad­ Sentrale Plaaslike Koerante.Engo­kinder­en­jeugsorg is ’n nie­wins­

gewende instansie wat kinders wat deurdie Kinderhof uit hul ouerhuise verwyderis, omdat hulle ’n behoefte het aan sorgen beskerming, heeltyds versorg.

Die diens is reeds meer as 100 jaaroud en het ’n holistiese uitgangspunt vanversorging wat alle fasette dek.Sowat 800 kinders tussen 0 en 18 jaar

oud word in 34 jeugsorgsentrums oor dieVrystaat heen versorg.Die sentrums skep ’n huislike atmos­

feer vir kinders en is in die gemeenskapgeleë.Die doel is om kinders in die gemeen­

skap te laat inpas.Daar word ook bykomende hulp

verleen aan ongeveer 3 000 kinders watin riskante omstandighede leef.Engo­jeugsorgsentrums (kinderhuise)

in die Vrystaat kry swaar. Die staat sesubsidies het die laaste jare weinigverhoog en daar word steeds van diesentrums verwag om die kinders metminder as R12 per kind drie keer perdag kos te gee.Dit het noodsaaklik geraak vir die

gemeenskap om betrokke te raak.Projekte om in die noodsaaklike behoef­tes van die kinders te voorsien, moetdeur insamelingsprojekte soos die Virons kinders­projek ingesamel word.Vir meer inligting oor die Vir ons

kinders­projek en die beskikbaarheid vankaartjies bel 051­407­7222 of besoekwww.engo.co.za.

DIE datums en plekke in dieOos-Vrystaat waar die Che-vrolet Spark Campus ten batevan die Vir Ons Kinders-projekvertoon sal word, is as volg:1 November: CTK-Basaar

op die Moederkerk-terrein,Bethlehem;15 November: Dihlabeng-

winkelsentrum, Bethlehem;21 – 23 November – Kersie-

fees, Ficksburg.

Kinderprojek sitdie vonk terug

MEMBERS of Phaphama Youth Develop­ment and a group of concerned youth whoare regarded as role models of Kgubetswa­na/Clarens held the Clarens Youth Summitlast Friday and Saturday.“It all seemed a farfetched project at the

beginning, but through dedication andcommitment from the members to bringabout change in Clarens, we pushed onuntil we saw the event happening,” saidMawela Mashinini, the event convener.The first day of the summit gave the

youth the opportunity to voice the challen­ges they face, their fears and problemshindering their success.The second day was more about motiva­

ting the young people and giving them aplatform to come up with suggestions totackle the identified problems and to linkthem to the relevant avenues where theycan become active and get helped, explai­

ned Ntsebe Mofokeng, Phaphama YouthDevelopment director. The aim of the youthsummit was to eradicate hopelessness, lackof motivation and empower economicdevelopment at the host communities. Itwas also aimed at bringing changes in alldifferent spheres of the daily life of youngpeople.The speeches were given by the organi­

sers of the event by telling their life storiesand how they made it in life. Differentstakeholders such as the police, theDepartment of Health, Dihlabeng DrugAction Committee and other communityleaders attended the summit. “The storieswere very inspirational and I have to say Iam very challenged to do more and tonever sell myself too short in life. I amgoing to be the success I am destined tobe,” said Rethabile Mofokeng, a student ofthe Moriting wa Thuto Secondary School.

Students inspiredTHE speakers and organisers of the youth summit that was held in Clarens, are from theleft Mawela Mashinini, Letuka Mokoena, Fanyane Mashinini, Thabiso Sekete and KlakiriMahlaba.

VAN links is Cameron Roux, Du Toit van Huyssteen, Henré Geldenhuis en Ian Cilliers vandie Laerskool Jordania. Hulle het die seunstennisliga vir tweede spanne gewen.

DIE tweede meisie-tennisspan van dieLaerskool Jordaniahet sy liga gewen.Hulle is van links Li-ze-mari van Niekerk,Janet Strydom, Ro-zanne Smit en ElméPretorius.

DIE o.10-tennisspan van die Laerskool Jor-dania het sy liga gewen. Die span is vanlinks Ané Beneke, Margeri du Toit, Ivé vander Westhuizen en Jana Muller.

VAN links is Boela Delport, Cameron Rouxen SG Delport van die Laerskool Jordania.Hulle is vir die Vrystaat-krieketspan gekies.Cameron is o.13 en Boela en SG is o.11.

Presteerin tennis

KANSA se Oos-Vrystaat-tak is op Kansa se jaarvergadering in Johannesburg as na-sionale wenner in die spanwerk-kategorie aangewys. Van links is Elize Joubert,waarnemende uitvoerende hoof, Carel de Bruin, streekbestuurder van Kansa: Oos-Vrystaat, Rina Desiderio, Maryna Kriel, Lerato Sekhosana en Richard Nel. Foto: Verskaf

CIELIE SWART (79), ’n bekende inwonervan Bethlehem, is onlangs ná ’n kort siekteoorlede.Swart is kort voor haar dood in die

Life­Rosepark­hospitaal geopereer.Swart was jare lank lid van die Bethle­

hem/Kosmos­Vroue­Landbou­unie en hetook gereeld promosies in winkels gedoen.Sy en haar man, Manie, het begin Junie

hul 60ste huweliksherdenking gevier.Sy is Vrydagoggend van die NG kerk

Efrata begrawe.Swart word deur drie dogters, sewe

kleinkinders en twee agterkleinkindersoorleef.

Bekendeinwoner oorlede

WYLE Cielie Swart.

A GROUP of 27 learners recently conclud­ed a three­day EduBus Tour during whichthey visited sites of interest in the FreeState and Gauteng as part of the KagisoTrust’s Youth Resilience Programme – ayouth development pilot programme inpartnership with the University of the FreeState (UFS), Qwaqwa Campus.“The purpose of the programme is to

develop the leadership potential andqualities of our young Beyers NaudéSchools Development Programme (BNSDP)learners,” said Angelinah Mdakane, pro­grammes manager.“The programme started last year with

mentoring and resilience workshops.“Ten workshops are conducted a year –

once a month on a Saturday at theUniversity of the Free State’s (UFS)Qwaqwa Campus.“These workshops are facilitated by

mentors of the University of the WesternCape and the UFS.”Each theme of the workshop is derived

from the acronym resilience.“The UFS mentors are students of the

university who are performing well academ­ically and are actively involved in communi­ty projects. The programme has alreadybeen rolled out in 20 schools with 40learners.“The focus is on gr. 10 learners who

display leadership qualities and are doingwell academically.”The EduBus Tour is an attempt to give

children a glimpse of the many things thatlie beyond Qwaqwa.

Tour broadenshorizons

Page 8: Malutima 20141022

SportSportKoerant met hart The paper with heartI

HEELWAT karatekas van die Bethlehem-tenshinkanklub het aan die Vrystaatse kam-pioenskapsbyeenkoms vir alle style in Bloemfontein deelgeneem en medaljes ont-vang. Hulle is van links, voor: Wian Viljoen (brons: kata, silwer: kumite in die elite-kinder-afdeling) en Dawie Maree (silwer: kata, goud: kumite vir beginners); middel:Anchen Weihmann (goud: kata, silwer: kumite vir elite-kinders), Rual Danster(brons: kumite vir elite-kinders), Bradley Mapp (goud: kumite vir elite-kinders) enNathan Helm (silwer: kata, goud: kumite vir elite-kinders); agter: Rickus Weihmann(brons: kata, silwer: kumite vir elite-kadette), Chrizelle Maree (goud: kata vir begin-ners), Thomas Mapp (goud: kumite vir elite-juniors) en Corné du Preez (silwer: katavir beginners, silwer: kumite vir elite-kadette). Afwesig: Monique van der Merwe(silwer: kata, goud: kumite vir elite-kinders).

NIE een van die 124 spelers wat aan dieFrontier Inn & Casino se jaarlikse gholfdagdeelgeneem het, kon die Kia Picanto wat opdie spel was, wen nie.Nie een speler kon ’n kolhou op Bethle­

hem se gholfbaan slaan nie en dus het diémotor nie ’n baas gekry nie.Heelwat plaaslike spelers, asook spanne

van die Peermont­groep se ander hotelle encasino’s, het gespeel.

Altesaam 26 van die 31 spanne het prysevan R113 000 gewen en vyf gelukstrekkingsis gehou.Verskeie verskaffers en borge was by die

dag betrokke.Lizelle Tulleken, bemarkingsbestuurder

van die Frontier Inn & Casino, sê hullebedank almal wat aan die dag deelgeneemhet en meegehelp het tot die suksesdaarvan, asook die borge.

NIE een van die 124 spelers wat aan dieFrontier Inn & Casino se jaarlikse gholfdagdeelgeneem het, kon die Kia Picanto wat opdie spel was, wen nie.Nie een speler kon ’n kolhou op Bethle­

hem se gholfbaan slaan nie en dus het diémotor nie ’n baas gekry nie.Heelwat plaaslike spelers, asook spanne

van die Peermont­groep se ander hotelle encasino’s, het gespeel.

Gholfdag pret alkry kar nie baas

VAN links is Lizelle Tulleken, bemarkingsbestuurder van die Frontier Inn & Casino, ThysPieterse en Willem van Rooyen, bestuurder van die Frontier Inn & Casino.

WILLEM VAN ROOYEN (links), bestuurder van die Frontier Inn & Casino, saam met vanlinks Christo van Rooyen, Raymond Provis en Johnny Barnard op die casino se gholfdag.MAARTIN BOSHOFF speel lekker op die

Frontier Inn & Casino se gholfdag.

CHRIS KARSTEN van die Frontier Inn & Ca-sino fokus hier op die casino se jaarliksegholfdag om af te slaan.