onderwysersklubeksamen graad 11...

13
ONDERWYSERSKLUBEKSAMEN GRAAD 11 LEWENSWETENSKAPPE: Eindeksamen – Vraestel 2 PUNTE: 150 TYD: 2½ uur INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die instruksies aandagtig voordat jy enige vrae beantwoord: 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Begin die antwoord op elke vraag boaan ’n NUWE bladsy. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 4. Skryf netjies en leesbaar. 5. As jy NIE die antwoorde volgens die instruksies by elke vraag verskaf nie, sal jy punte verloor. 6. ALLE tekeninge moet in potlood gedoen word en byskrifte moet in blou of swart ink wees. 7. Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer jy gevra word om dit te doen. 8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken nie. 9. Jy mag NIE grafiekpapier gebruik nie. 10. Jy mag ’n gradeboog, passer en nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

Upload: duongminh

Post on 17-Sep-2018

314 views

Category:

Documents


8 download

TRANSCRIPT

Page 1: ONDERWYSERSKLUBEKSAMEN GRAAD 11 …schools.pearson.co.za/media/73651/201010191423130verken-lewens-g… · Maskew Miller Longman, Verken Lewenswetenskappe Graad 11 – Eindeksamen

ONDERWYSERSKLUBEKSAMEN

GRAAD 11

LEWENSWETENSKAPPE: Eindeksamen – Vraestel 2

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

INSTRUKSIES EN INLIGTINGLees die instruksies aandagtig voordat jy enige vrae beantwoord: 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Begin die antwoord op elke vraag boaan ’n NUWE bladsy. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie

vraestel gebruik word. 4. Skryf netjies en leesbaar. 5. As jy NIE die antwoorde volgens die instruksies by elke vraag verskaf nie,

sal jy punte verloor. 6. ALLE tekeninge moet in potlood gedoen word en byskrifte moet in blou of

swart ink wees. 7. Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer jy gevra word om dit

te doen. 8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken nie. 9. Jy mag NIE grafiekpapier gebruik nie. 10. Jy mag ’n gradeboog, passer en nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

Page 2: ONDERWYSERSKLUBEKSAMEN GRAAD 11 …schools.pearson.co.za/media/73651/201010191423130verken-lewens-g… · Maskew Miller Longman, Verken Lewenswetenskappe Graad 11 – Eindeksamen

Maskew Miller Longman, Verken Lewenswetenskappe Graad 11 – Eindeksamen – Vraestel 2 Bladsy 2 van 13

Afdeling A

Vraag 1

Vraag 1.1

Verskeie moontlike antwoorde word vir elke vraag verskaf. Skryf slegs die letter vir die korrekte antwoord langs die ooreenstemmende nommer neer.

1.1.1 Die biobeheermiddel wat gebruik is om die turksvy te beheer, was die … A cochinille-skildluis B rusfungusgal C galwesp D rooiwatervaringkalander (2)

1.1.2 Die filum van diere met ’n stafie versterkingsweefsel om die liggaam te ondersteun met ’n senuweestring langsaan is…

A Arthropode B Annelides C Chordata D Porifera (2)

1.1.3 Die gespesialiseerde selle in die liggaamswand van die spons wat klein deeltjies kos uitfiltreer, word genoem…

A nematosists B kraagselle C endodermselle D mesoglea (2)

1.1.4 Die Arthropode wat met die verspreiding van cholera verbind word, is … A muskiete B spinnekoppe C bosluise D vlieë (2)

Page 3: ONDERWYSERSKLUBEKSAMEN GRAAD 11 …schools.pearson.co.za/media/73651/201010191423130verken-lewens-g… · Maskew Miller Longman, Verken Lewenswetenskappe Graad 11 – Eindeksamen

Maskew Miller Longman, Verken Lewenswetenskappe Graad 11 – Eindeksamen – Vraestel 2 Bladsy 3 van 13

1.1.5 Die voorledemaat hieronder wat vir grawe aangepas is, is …

A

B

C D

A voorledemaat A B voorledemaat B C voorledemaat C D voorledemaat D (2)

[10]

Vraag 1.2

Gee die korrekte biologiese term vir elke beskrywing. Skryf slegs die term langs die betrokke vraagnommer neer.

1.2.1 ’n Spesifieke geografiese area met duidelik onderskeibare plantegroeitipes wat as gevolg van die klimaat in die area bestaan (1)

1.2.2 Plante wat naakte sade het (1)

1.2.3 Die vroulike deel van die blom wat bestaan uit die stempel, styl en vrugbeginsel (1)

1.2.4 Skadelike stowwe wat in die lug, grond of water vrygestel word (1)

1.2.5 Die filum waaraan seeanemone en jellievisse behoort (1)[5]

Page 4: ONDERWYSERSKLUBEKSAMEN GRAAD 11 …schools.pearson.co.za/media/73651/201010191423130verken-lewens-g… · Maskew Miller Longman, Verken Lewenswetenskappe Graad 11 – Eindeksamen

Maskew Miller Longman, Verken Lewenswetenskappe Graad 11 – Eindeksamen – Vraestel 2 Bladsy 4 van 13

Vraag 1.3

Skryf die letter van die stelling/beskrywing in Kolom B wat die beste by elke term in Kolom A pas, neer.

Kolom A Kolom B

1.3.1 Kioto Protokol A uitroei van indringeronkruid

1.3.2 tsetsevlieg B voëls wat nie kan vlieg nie

1.3.3 ratiete C beskerm die Aarde teen skadelike UV-strale

1.3.4 stortingsterrein D aardverwarming

1.3.5 Argentynse miere E afvalwater met besoedelstowwe

1.3.6 Werk-vir-Water-program F Afrika-slaapsiekte

1.3.7 afloopwater G Ethiopiese streek

1.3.8 osoonlaag H varswaterslak

1.3.9 Afrika I verspreidende indringerspesies

1.3.10 Bilharzia-gasheer J vullishoop

K erdwurm

[10]

Page 5: ONDERWYSERSKLUBEKSAMEN GRAAD 11 …schools.pearson.co.za/media/73651/201010191423130verken-lewens-g… · Maskew Miller Longman, Verken Lewenswetenskappe Graad 11 – Eindeksamen

Maskew Miller Longman, Verken Lewenswetenskappe Graad 11 – Eindeksamen – Vraestel 2 Bladsy 5 van 13

Vraag 1.4

Bestudeer die vloeidiagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Lewensiklus van die varklintwurm

1.4.1 Aan watter filum behoort die lintwurm? (1)

1.4.2 In watter gasheer woon die volwasse lintwurm? (1)

1.4.3 Hoe kry die volwasse lintwurm voedingstowwe? (2)

1.4.4 Verduidelik hoe die lintwurm sy lewensiklus voltooi. (4)

1.4.5 Watter komplikasies ontstaan wanneer lintwurmeiers deur jong kinders geëet word? (2)

1.4.6 Noem twee stappe wat gemeenskappe kan doen om te voorkom dat jong kinders deur lintwurms benadeel word. (2)

[12]

Vraag 1.5

1.5.1 Noem die drie basiese beginsels van afvalbestuur. (3)

1.5.2 Gee die naam wat gebruik word om die proses te beskryf waarin erdwurms gebruik word om afvalstowwe af te breek. (1)

1.5.3 Hoe baat die grond by erdwurms se aktiwiteite? (2)

1.5.4 Gee twee maniere waarop landelike gemeenskappe by erdwurmplase kan baat. (2)

[8]

Page 6: ONDERWYSERSKLUBEKSAMEN GRAAD 11 …schools.pearson.co.za/media/73651/201010191423130verken-lewens-g… · Maskew Miller Longman, Verken Lewenswetenskappe Graad 11 – Eindeksamen

Maskew Miller Longman, Verken Lewenswetenskappe Graad 11 – Eindeksamen – Vraestel 2 Bladsy 6 van 13

Vraag 1.6

Die grafiek hieronder toon die uitwerking van biobeheer op ’n verspreidende indringerplantbevolking.

Grafiek wat die uitwerking van biobeheer op ’n verspreidende indringerplantbevolking toon

1.6.1 Verduidelik wat met die term “biobeheer” bedoel word. (1)

1.6.2 Gee twee redes wat jy in die grafiek kan sien om die feit te staaf dat biobeheer met sukses gebruik word om die indringerplantbevolking te beheer. (2)

1.6.3 Waarom is gasheerspesifisiteit so belangrik wanneer ’n biobeheermiddel gebruik word? (2)

[5]

Totaal Vraag 1: 50 punteTotaal Afdeling A: 50 punte

Page 7: ONDERWYSERSKLUBEKSAMEN GRAAD 11 …schools.pearson.co.za/media/73651/201010191423130verken-lewens-g… · Maskew Miller Longman, Verken Lewenswetenskappe Graad 11 – Eindeksamen

Maskew Miller Longman, Verken Lewenswetenskappe Graad 11 – Eindeksamen – Vraestel 2 Bladsy 7 van 13

Afdeling B

Vraag 2

Vraag 2.1

Lees die berig en beantwoord die vrae wat volg.

Jagluiperds is bedreigde diere in Suider-Afrika. ’n Groot persentasie jagluiperds woon buite beskermde wildtuine en in boerderygebiede. Jagluiperds jag ongelukkig vee, veral tydens langdurige droogtes wanneer die getalle van hul natuurlike prooi min is. Sommige boere skiet en vergiftig jagluiperds in ’n poging om hul vee te beskerm.

In 1993 het die Jagluiperdbewaringsfonds die veewaghondprogram bekend gestel. Die Turkse Anatoliese skaaphond kom uit Turkye. Dit is geteel om vee teen bere en wolwe te beskerm. Die klimaat waaruit die Anatoliese skaaphonde kom, stem baie ooreen met dié in dele van Suider-Afrika, met min reën en uiterste hitte in die somer en koue in die winter. Die Anatoliese skaaphonde het growwe, ligkleurige hare wat die liggaam doeltreffend laat afkoel. Hulle is groot en beweeg vinnig en kan dae lank met baie min kos of water klaarkom.

Klein Anatoliese honde word grootgemaak saam met die veetroppe wat hulle sal beskerm en vorm sterk bande met hulle. Hulle bly by die troppe en is baie sensitief vir veranderinge in tropgedrag. In Suider-Afrika beskerm die Anatoliese skaaphonde troppe bokke, skape of beeste baie aggressief teen roofdiere soos jagluiperds, luiperds, bobbejane, jakkalse, rooikatte en soms ook teen veediewe. Hierdie honde is nie opgelei om te jaag of aan te val nie, maar om te blaf en ’n aggressiewe houding in te neem om roofdiere weg te jaag.

Tot op hede was die program uiters geslaagd. Boere met Anatoliese skaaphonde wat hul vee beskerm, meld geen veeverliese aan nie.

2.1.1 Aan watter filum behoort jagluiperds? Gee ’n rede vir jou antwoord. (2)

Page 8: ONDERWYSERSKLUBEKSAMEN GRAAD 11 …schools.pearson.co.za/media/73651/201010191423130verken-lewens-g… · Maskew Miller Longman, Verken Lewenswetenskappe Graad 11 – Eindeksamen

Maskew Miller Longman, Verken Lewenswetenskappe Graad 11 – Eindeksamen – Vraestel 2 Bladsy 8 van 13

2.1.2 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Miljoen jaar gelede

a) Gee die wetenskaplike naam vir die diagram hierbo. (1) b) Wat dui A op die diagram aan? (1) c) Wat dui B op die diagram aan? (1) d) Is jagluiperds aan huiskatte verwant? Gee ’n rede vir jou antwoord. (2) e) Hoe lank terug het die jagluiperd geëvolueer? (2)

2.1.3 Jagluiperds het eens op ’n tyd in Afrika en in Asië voorgekom. Vandag is jagluiperds uitgewis in Asië en feitlik uitgewis in Afrika. Noem drie moontlike redes waarom jagluiperds uitwissing in die gesig staar. (3)

2.1.4 Waarom is die Anatoliese skaaphonde so geskik om troppe vee in Suider-Afrika te beskerm? (4)

2.1.5 Waarom word die Anatoliese skaaphonde van kleinsaf grootgemaak saam met die troppe vee wat hulle sal beskerm? (1)

2.1.6 Waarom word die bekendstelling van die veewaghondprogram as ’n volhoubare omgewingsbestuurstrategie beskou? (5)

[22]

Page 9: ONDERWYSERSKLUBEKSAMEN GRAAD 11 …schools.pearson.co.za/media/73651/201010191423130verken-lewens-g… · Maskew Miller Longman, Verken Lewenswetenskappe Graad 11 – Eindeksamen

Maskew Miller Longman, Verken Lewenswetenskappe Graad 11 – Eindeksamen – Vraestel 2 Bladsy 9 van 13

Vraag 2.2

Suid-Afrika het aangebied om die toename in sy kweekhuisgasvrystelling teen 2020 met 34% te verminder. Die grootste produsente van kweekhuisgasse in Suid-Afrika is Eskom, die elektrisiteitsprodusent, en Sasol, wat petrol en diesel uit fossielbrandstowwe vervaardig.

2.2.1 Wat is die belangrikste kweekhuisgas? (1)

2.2.2 Verduidelik waarom Eskom en Sasol die meeste kweekhuisgasse produseer. (2)

2.2.3 Jy is ’n wetenskaplike wat deur die regering aangestel is om seker te maak dat die teiken van 34% behaal word. Verduidelik kortliks watter metodologie jy sal gebruik om dit te doen. (3)

2.2.4 Stel twee strategieë voor wat Eskom en Sasol kan gebruik om hul kweekhuisgasvrystelling te verminder. (2)

[8]

Totaal Vraag 2: 30 punteVraag 3

Vraag 3.1

Meer as 1,5 miljoen hektaar van Suid-Afrika is bedek met industriële boomplantasies, wat hout vir die pulp- en papierbedryf verskaf. Die persentasie verskillende boomspesies wat in die plantasies voorkom, word in die tabel hieronder aangetoon.

Spesie Persentasie wat in kommersiële plantasies voorkom

Dennebome 50%

Bloekombome 37%

Swartwattel 8%

Ander spesies 5%

3.1.1 Gebruik die data in die tabel om ’n sektordiagram te teken wat die persentasie verskillende boomspesies toon wat in die industriële boomplantasies voorkom. (5)

3.1.2 a) Tot watter groot plantgroep behoort dennebome? (1) b) Verduidelik hoe dennebome aangepas is om so hoog te groei. (3) c) Noem die ekonomies belangrike produkte wat van dennebome verkry

word. (3)

Page 10: ONDERWYSERSKLUBEKSAMEN GRAAD 11 …schools.pearson.co.za/media/73651/201010191423130verken-lewens-g… · Maskew Miller Longman, Verken Lewenswetenskappe Graad 11 – Eindeksamen

Maskew Miller Longman, Verken Lewenswetenskappe Graad 11 – Eindeksamen – Vraestel 2 Bladsy 10 van 13

3.1.3 a) Watter persentasie van die industriële plantasies bestaan uit wattelbome? (1)

b) Waarom word wattelbome as ’n “belangebotsing-spesie” beskou? (2)

3.1.4 Verskeie groot hout- en papiermaatskappye moedig bosaanplanting aan deur saailinge en misstowwe teen lae pryse aan plaaslike landelike boere te verkoop. Hulle koop die hout dan weer van die boere wanneer die bome volgroeid is. Gee twee redes waarom bebossing die omgewing kan benadeel. (2)

3.1.5 Suikerrietvesel is ’n neweproduk van suikerproduksie. Die Sappi-papiermeule in Stanger, KwaZulu-Natal, gebruik suikerrietvesel, wat hoofsaaklik van voorheen benadeelde plaaslike suikerrietboere gekoop word, as sy primêre bron van pulp. Waarom is dit vir die meule voordelig om suikerriet as pulp vir die maak van papier te gebruik? (2)

[19]

Vraag 3.2

Tobies gebruik die kusduine as ’n broeiplek. Die grootte van ’n tobiebevolking is oor ’n tydperk van 20 jaar gemoniteer op ’n kusduin waar vierwielaangedrewe voertuie ry. Die data wat in die tabel verskaf word, is versamel. Bestudeer dit aandagtig en beantwoord die vrae wat volg.

Jaar Grootte van tobiebevolking

Aantal vierwielaangedrewe voertuie wat die strand in die

broeiseisoen gebruik

1990–1991 250 voëls 12

1992–1993 320 voëls 10

1994–1995 111 voëls 14

1996–1997 205 voëls 16

1998–1999 134 bird 28

2000–2001 50 voëls 34

2002–2003 60 voëls 36

2004–2005 103 voëls 30

2006–2007 74 voëls 29

2008–2009 150 voëls 14

3.2.1 Skryf ’n hipotese vir hierdie studie. (2)

3.2.2 Identifiseer die: a) afhanklike veranderlike (1) b) onafhanklike veranderlike. (1)

Page 11: ONDERWYSERSKLUBEKSAMEN GRAAD 11 …schools.pearson.co.za/media/73651/201010191423130verken-lewens-g… · Maskew Miller Longman, Verken Lewenswetenskappe Graad 11 – Eindeksamen

Maskew Miller Longman, Verken Lewenswetenskappe Graad 11 – Eindeksamen – Vraestel 2 Bladsy 11 van 13

3.2.3 Bespreek die resultaat wat oor die tydperk van 20 jaar waargeneem is. (2)

3.2.4 Noem moontlike redes vir die afname in die tobiebevolking in die tydperk 1994–1995. (1)

3.2.5 Bestudeer die eksperimentele ontwerp en stel maniere voor waarop die tegniek wat gebruik is, verbeter kan word. (2)

3.2.6 Wat kan jy uit hierdie studie aflei? (1)

3.2.7 Noem een ander voorbeeld van hoe die duin-ekostelsel deur die gebruik van vierwielaangedrewe voertuie op die duine beïnvloed word. (1)

[11]

Totaal Vraag 3: 30 punteTotaal Afdeling B: 60 punte

Page 12: ONDERWYSERSKLUBEKSAMEN GRAAD 11 …schools.pearson.co.za/media/73651/201010191423130verken-lewens-g… · Maskew Miller Longman, Verken Lewenswetenskappe Graad 11 – Eindeksamen

Maskew Miller Longman, Verken Lewenswetenskappe Graad 11 – Eindeksamen – Vraestel 2 Bladsy 12 van 13

Afdeling C

Vraag 4

Vraag 4.1

Cichlid-visse is herbivore varswatervisse wat algemeen in die suidelike streke van die vastelande aangetref word, soos op die kaart aangedui word. Cichlid-visse vorm een van die grootste families gewerwelde diere, met ten minste 1 300 spesies wat wetenskaplik beskryf is. Talle nuwe spesies word elke jaar ontdek, met talle spesies wat nog nie beskryf is nie. Gebruik die kaart en die data in die tabel en beantwoord die vrae.

Kaart en tabel wat die wêreldwye verspreiding van Cichlid-visse aantoon

4.1.1 Omskryf die term biogeografie. (2)

4.1.2 Die wetenskaplike teorie van biogeografie het uit die werk van twee wetenskaplikes ontwikkel. Noem hierdie wetenskaplikes. (2)

4.1.3 Cichlid-visse het na bewering uit ’n gemeenskaplike voorouer geëvolueer. Kyk na die kaart en bespreek die bewyse wat bestaan om hierdie teorie te staaf. (6)

4.1.4 Watter vasteland het die grootste aantal cichlid-spesies? (1)

Page 13: ONDERWYSERSKLUBEKSAMEN GRAAD 11 …schools.pearson.co.za/media/73651/201010191423130verken-lewens-g… · Maskew Miller Longman, Verken Lewenswetenskappe Graad 11 – Eindeksamen

Maskew Miller Longman, Verken Lewenswetenskappe Graad 11 – Eindeksamen – Vraestel 2 Bladsy 13 van 13

4.1.5 Wetenskaplikes beweer dat soveel as 400 cichlid-spesies in die Victoria-meer op die Oos-Afrikaanse Plato uit vyf voorouers geëvolueer het. Die meeste cichlid-spesies in die Victoria-meer is endemies.

a) Verduidelik die betekenis van die term endemies. (2) b) Gee ’n moontlike rede waarom soveel cichlid-spesies in die Victoria-

meer geëvolueer het. (2)

4.1.6 In die 1950’s is die Nylbaars, ’n groot roofvis, in die Victoria-meer geplaas. Die helfte van die cichlid-spesies het uit die meer verdwyn, wat tot ’n ekologiese ramp gelei het.

a) Waarom staan die Nylbaars as ’n “verspreidende indringerspesie” bekend? (3)

b) Die Nylbaars word kommersieel gevang deur groot vismaatskappye wat die plaaslike tradisionele visbedryf, wat op cichlid-visse staatmaak, in ’n groot mate vervang. Noem twee moontlike maniere waarop die Nylbaars-bevolking beheer kan word sodat die cichlid-visse kan herstel. (2)

[20]

Vraag 4.2

Die iSimangaliso-vleilandpark is in 1999 tot Wêrelderfenisterrein verklaar. Die omgewing van die St. Lucia-meer is reeds lankal die middelpunt van ’n bitter stryd om die gebruik van grond.

Skryf ’n opstel waarin jy die kwessies rondom die St. Lucia-meergebied onder die volgende opskrifte bespreek:• Die omgewingsbelangrikheid van die ekostelsel van die St. Lucia-meer (8) • Die impak van mynbou op die St. Lucia-meerstreek uit die oogpunt van die

mynboumaatskappy, bewaringskundiges en die plaaslike gemeenskap (3 × 4)

Let wel: Geen punte sal toegeken word vir antwoorde wat in die vorm van vloeidiagramme of sketse gegee word nie.

[20]

Totaal Vraag 4: 40 punteTotaal Afdeling C: 40 punte

Groottotaal: 150 punte