proagri 125, junie 2010

32
tegnologie vir die boer technology for the farmer Nr 125 Junie 2010 AgriTrader binne vir puik aanbiedinge Sien Senter 360: Die spesiale spilpunt Beesboerdery: • Beefmaster • Hereford • SA Braford OmniSap ® verhoog opbrengs en gehalte Taltec maak brand koeler

Upload: smart-publishing

Post on 24-Mar-2016

300 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Water is skaars en duur, daarom moet elke druppel doeltreffend benut word. Daarvoor is betroubare, doeltreffende besproeiingstoerusting noodsaaklik – soos die taai, betroubare Senter 360 met sy modulêre ontwerp wat vir uitbreiding en tegnologiese opgradering voorsiening maak. Lees meer oor dié spesiale spilpunt in ons besproeiings-uitgawe van ProAgri.

TRANSCRIPT

tegnologie vir die boertechnology for the farmer

Nr 125Junie 2010

AgriTrader binne vir puik aanbiedingeSien

Senter 360: Die spesiale spilpunt

Beesboerdery:• Beefmaster• Hereford• SA Braford

OmniSap® verhoog opbrengs en gehalte

Taltec maakbrand koeler

www.proagri .co.za

Copyright © 2010. All rights reserved. No material, text or photo graphs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consentof the publisher. Opinions expressed arenot necessarily those of the publisher orof the editor. We recognise all trademarksand logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions inreliance thereon.

distribution

M A S S M E D I A S P E C I A L I S T S

Distributed by

SMARTPUBLISHING

smart

Published by

ProAgri 125 In hierdie uitgawe

Die ProAgri-span

Business-to-Business Magazine (January– March 2010) with a free circulation of 59 481 per month(Paid 13, Total 59 494)

Junie 2010

ProAgri 125 Junie 2010

6

8

18

Water is skaars en duur, daarom moetelke druppel doeltreffend benut word.Daarvoor is betroubare, doeltreffende besproeiingstoerus�ng noodsaaklik –soos die taai, betroubare Senter 360 metsy modulêre ontwerp wat vir uitbreidingen tegnologiese opgradering voorsieningmaak. Lees meer oor dié spesialespilpunt op bladsy 8.

tegnologie vir die boertechnology for the farmer

Nr 125Junie 2010

AgriTrader binne vir puik aanbiedingeSien

Senter 360: Die spesiale spilpunt

Beesboerdery:• Beefmaster• Hereford• SA Braford

OmniSap® verhoog opbrengs en gehalte

Taltec maakbrand koeler

Gewasproduksie6 Omnisap® - Gee jou plante wat hulle wil

hê, dan gee hulle jou wat jy wil hê

Meganisasie4 Goeie nuus vir boere: BP Implemente en

Tafe-trekkers is nou in een kraal!8 Elke Senter 360-spilpunt is spesiaal10 Drupbesproeiing laat wins instroom

- as dit reg bestuur en onderhou word12 Put meer uit besproeiing met goeie

bestuur

Veeboerdery14 Beefmaster is gewig en...gewig is geld!16 Taltec maak brand koeler vir boer en bees18 Die perfekte kruisbees; Herefords

presteer op enige plek20 SA Braford slaag die toets loshande

Energie22 Midmacor se sonwaterverwarmer:

Haal die bibber uit die winter en bespaarhope geld!

AgriTrader23 AgriGids26 GeneGids28 Veilings

RedakteurCoenraad Rall > [email protected] redakteurSuzanne Grobler [email protected] advertensieverteenwoordgerStefan van Wyk > [email protected] Strauss > [email protected] Swiegers > [email protected] Brand > [email protected] Minnaar > [email protected] & grafika Esta van [email protected] & intekeningPaula MacMavis > 012-362-6390Sakebestuurder George Grobler [email protected]

3

Meganisasie Werktuie en trekkers

’nVolledige reeks staat-maker-werktuie van die

hoogste gehalte waarop dieboer deur dik en dun kanreken – dis waarvoor BP Implemente die afgelope 41 jaar bekend geraak het.

So gewild is BP Implemente seprodukte dat dit baie moeilikgeword het om tydig in diegroeiende aanvraag te voorsien.

Boere sal bly wees om teverneem dat hierdie probleemvinnig besig is om iets van dieverlede te word danksy die feitdat Michigan-trekkers, die ver-spreiders van die gewilde Tafe-trekker, en BP Implemen-te nou een word.

Dit beteken ’n kapitaalinspui-ting en kapasiteitsvermeerde-ring wat verseker dat diegroeiende aanvraag reeds alhoe flinker en ratser bevredigword.

Maar oor en ding word daargeen toegewings gemaak nie –die onbetwisbare gehalte vanBP Implemente se produktemag geen aks agteruitgaannie. Só gesteld is Michigan-trekkers op BP Implemente segoeie naam, dat hulle daaropaandring dat die naam behoumoet bly en dat dit deur mid-del van reklame en produk-identifikasietekens selfs sterkergevestig moet word.

Die nuwe onderneming is ooknie bereid om afstand te doenvan die bestaande personeel,onder leiding van Bert en Beverly Bekker, sekundigheid en bekwaamheidnie. BP Implemente het immers oor 41 jaar ontwikkeltot ’n bate waarop ons boerereken, sê Pieter Venter vanMichigan-trekkers.

Onder leiding van JohanBotha het Michigan-trekkers

self sedert hy in 2006 Tafe-trekkers begin bemarkhet, aanskoulik, maar gesondgegroei. Die maatskappy hetmeer as 40 handelaars regoordie RSA, Botswana, Namibiëen Mosambiek, en diesamevoeging van Michigan enBP Implemente se handelaars,sal boere net tot voordeelstrek.

Michigan glo daaraan omdadelik produkte en diens tekan lewer. As ’n boer ’n trekkernodig het, kan hy nie sit enwag tot die seisoen verby isnie. Daarom het Michigan altydtussen 250 en 300 Tafe-trekkers in voorraad sodathulle enige bestelling flink kanuitvoer.

Hulle het ook R4,5-miljoen seonderdele in voorraad, sodat ’nTafe-trekker nooit hoef testaan nie.

Michigan bied vyf Tafe-model-le van 35 tot 61 kW teen uitersmededingende pryse en met ’nwaarborg van 1 200 uur of ’njaar. Volgens Pieter Venter getuig die lae bedrag wat aanwaarborgeise uitbetaal moetword van die betroubaarheidvan die trekkers.

Dis hoekom al hoe meer boereal hoe meer Tafe-trekkers aan-skaf, soos die Claassens vanSasolburg wat nou al veertienTafe-trekkers het, waarvan eennou al 6 000 uur probleemvryediens gelewer het.

Per slot van rekening, as Tafenie voortreflike trekkers wasnie, sou AGCO volstrek nie26% van die maatskappye seaandele besit het nie.

Die mikpunt is om BP Imple-mente se produksie so op teskuif dat daar ook altyd onmiddellik voorraad beskik-baar sal wees. Vir dié doel isreeds bykomende personeel

aangestel en gevorderdetoerusting in bedryf gestel.

BP Implemente se produkreeks is groot en hoogin aanvraag, daarom sal voor-lopig daarop gekonsentreerword om die mark ten opsigtevan die bestaande reeks tebevredig, maar hy sien dit noual kom dat daar later ookgroter werktuie vervaardiggaan word, sê Pieter Venter.

Nogtans kan BP Implemente spesiale werktuie op aanvraagvir boere ontwerp en ver-vaardig. Jy hoef bloot te sê watjy nodig het en daarvandaansal BP Implemente se ingenieurs dit ontwerp.

Vir meer inligting oor Michigan-trekkers en diegewilde Tafe-reeks, praat metPieter Venter by 018-381-5485 of 083-233-7550 of [email protected],of Johan Botha by 083-755-9557 of [email protected].

By BP Implemente staanBeverly Bekker by 056-515-1066 [email protected] reg om inligtingte verskaf, en Bert Bekker by082-550-5064 of [email protected] of ook José de Melim by079-888-4225 [email protected]

Michigan-trekkers se webwerfadres is www.tractorsales.co.za enBP Implemente s’nwww.bpimplemente.co.za.

Goeie nuus vir boere:BP Implemente en Tafe-trekkers is nou in een kraal!

ProAgri 125 Junie 2010 www.proagri .co.za4

Bande: 650\65 R38 + 540/65R28 Michelin14 x 40kg voorneusgewigte4 x 80 kg agterwielgewigte

36 spoed Delta kragwisselratkas132 kw teen 2200 opm ISO 14396

T 171 Hi Tech

Rand per kw R5 593

Spesiale prys

R738 376

056-817-7308www.valtrac.co.za

Wade Armand van Omnia en Dietmar Joosten van KwaSiza-bantu wys hoe lyk ’n OmniSap®-monster wat laboratorium toegestuur word om binne 48 uur’n verslag te kry van die plantese voedingstatus teenoor diebehoefte vir hulle spesifiekegroeistadium.

Gewasproduksie Plantvoeding

OmniSap®: Gee jou plante wat hulle wil hê,

dan gee hulle jou wat jy wil hê

KwaSizabantu se gesonde, perfek-gevoede soetrissieplanteoorskadu William Gibson vanOmnia.

monde te voed nie, maar ook om ’ninkomste verdien met die produksieen bemarking van landbouproduktevan die hoogste gehalte.

’n Belangrike deel van hierdieboerdery is die hidroponiese produksie van soetrissies in tonnels. Woolworths is een van KwaSizabantu se gretige kliënte.

Om winsgewende volumes en diebeste vruggehalte te verseker, vereis’n noukeurige bestuursprogram,waarvan voeding presies volgens dieplante se werklike behoeftes ’n belangrike element is.

Maar hoe weet jy presies wat jouplante nodig het? Jy neem verteen-woordigende blaarmonsters, stuurdit aan Omnia se laboratorium watdie plantsap ontleed, en binne 48 uurkry jy en Omnia se plaaslike verteen-woordiger ’n verslag wat sê presieswat die plant se voedingstatus vanmikro- en makrovoedingstowwe is.

Nou help Omnia se wakker enkundige verteenwoordiger (in Kwa-Sizabantu se geval Wade Armand)om presies die regte voedingsaan-passings te maak sodat die plantepresies wat hulle nodig het kry. Ditbeteken dat daar geen tekorte vanvoedingstowwe is nie, maar ookgeen oormatige toediening wat opvermorsing neerkom nie.

Wade is ook ’n kenner van Omnia seskitterende produkreeks en hy sorgdat presies die regte produkte immerflink beskikbaar gestel word.

Hierdie nuttige diens word OmniSap®

genoem en Omnia het miljoenerande aan die ontwikkeling daarvanbestee om boere in staat te stel omnet die beste oeste te behaal.

Met noukeurige navorsing is bepaalwat die presies behoefte aan elke

makro- en mikrovoedingstof van elkesoort plant in elke groeistadium is,sodat net die regte toedieningsgemaak kan word. OmniSap® hetreeds voedingsresepte vir die meestesoorte landbougewasse ontwikkel.

KwaSizabantu boer nog altyd omsigtig, maar sedert hulle OmniSap® gebruik, het hulle diesoetrissieproduksie van 18 kg pervierkante meter na 25 kg pervierkante meter opgestoot – en dievrugte het nog nooit so mooi gelyknie, sê Dietmar.

Boonop is dit ’n plesier om Omnia seOmniSap®-mense as suksesvennotete hê, verklaar hy. Hulle is kundig engewillig om die boer werklik te helpom suksesvol te produseer, hulle stelregtig belang, hulle hou altyd hullewoord en hulle het ’n volledige reekspuik produkte wat altyd beskikbaar is.

Hulle is ook bereid om betrokke teraak by KwaSizabantu se selfvoor-sieningprojekte en kom daarmee ’nbelangrike maatskaplike verantwoorde-likheid na.

OmniSap®-teg-nologie kan ookvir jóú werk. Praatvandag nog metSuzette Smal-berger by 079-500-7669, of metjou plaaslikeOmnia-verteen-woordiger. Besoek ookwww.omnia.co.za.

Welgevoede, tevrede, gelukkigeplante is die sleutel tot ’n hoë

opbrengs van uitmuntende gehalte.Dit bewys Dietmar Joosten, plaas-bestuurder, en Omnia se kundigeverteenwoordigers by KwaSiza-bantu, die reuse, selfversorgendesendingstasie naby Kranskop inKwazulu-Natal.

KwaSizabantu beteken Plek waarmense hoop vind en selfversor-gendheid is ’n groot uitdaging vir diéherlewingsentrum wat ’n eie radiostasie, skool, onderwyskollege,skool vir volwasse opleiding en grootkonferensiesentrum insluit. KwaSiza-bantu kollekteer nie geld nie en vrageen skenkings nie – die oortuigingis dat daar gebid en gewerk moetword om behoeftes te vervul.

KwaSizabantu se boerdery, onder diebekwame bestuur van DietmarJoosten, is ’n skitterende toonbeeldvan hierdie werkbeleid. Die doel vandie boerdery is nie net om duisende

6 ProAgri 125 Junie 2010 www.proagri .co.za

Die allerbeste struktuur, materiaal, vakmanskap en

steundiens teen die redelikste prys– dit is wat Senter 360-spilpunte die ernstige besproeiingsboer bied.

Met meer as twintig jaar ervaringbied Senter 360 die boer ’n volledigespilpuntdiens, vanaf die lewens-vatbaarheidstudie en die opmetingstot die oprigting, naverkoopdiens enopgradering namate die boerderygroei.

Senter 360-spilpunte is buiten-gewoon sterk en taai om jare enjare ononderbroke diens in uiterste toestande te lewer. Een van dieredes daarvoor is dat die Senter 360se vakwerk van gegalvaniseerde pypgemaak is, teenoor die swaarderhoekyster van gewone spilpunte. Ditbeteken dat die Senter 360 tweestelle vakwerkstutte meer per toringhet, wat hom meer as 60% sterkermaak sonder dat hy swaarder is.

Hierdie meerderwaardige sterktemaak die Senter 360 die idealesleepspilpunt sodat jy hom op meeras een sirkel kan ontplooi. Dit maakhom ook uiters bestand teenstormwinde en ’n ware, moeitevryekanniedood besproeiingsvennoot virdie boer.

Die Senter 360 is van die eerste ontwerpkonsep af met ’n praktiesemodulêre inslag ontwikkel. Die helereeks se pype is 6,4 meter lank, dievakwerkysters is modulêr en die beheerpaneel is so ontwerp dat diestelsel tot op die grootste en meesgevorderde vlak uitgebrei kan wordsonder om toerusting te vervang.

Besproeiingsboere is veral bly oorSenter 360 se vindingryke oplos-sing om daardie belangrike laastespuit, wat die langste pad loop endus ’n baie groot deel van jou sirkelbesproei, skoon te hou. Dit is diespuit wat gewoonlik verstop raak enjou opbrengs gevoelig kan benadeel. En as hy verstop raak,volg die tweede- en derdelaastespuite ook...

Elke Senter 360-spilpunt is spesiaalMaar Senter 360 skakel hierdie probleem heeltemal uit en hou dieoorhang deurlopend skoon – as standaardtoerusting!

Senter 360 is tot in die fynste besonderheid ontwerp en vervaardig om die boer net diebeste diens te bied. Daarvoor sorgdie I-Wob -sproeierpakket wat diebeste is wat geld kan koop, spesiale spilpuntbande wat wielspoorprobleme drasties verminder en Senter 360 se kundigeen geesdriftige diens vanaf die beplanningstadium tot by onderdeleverskaffing en nasorg.

Senter 360 se mense stel regtig belang en lewer dieselfde skitterdiens enige plek in Suid-Afrika. Skakel 018-469-1331, e-pos [email protected] en besoek www.senter360.co.za.

Meganisasie Besproeiing

Senter 360 is die spesialespilpunt wat presies aan aldie vereistes voldoen watdie moeilikste toestande van’n spilpunt kan vereis.

8 ProAgri 125 Junie 2010 www.proagri .co.za

10 www.proagri .co.za

Meganisasie Besproeiing

Een van die mees doeltreffendstebesproeiingsmetodes is drup-

besproeiing, wat die afgelope vierdekades reuse vordering gemaakhet in tegnologiese ontwikkeling.

Dit is juis suksesvol omdat drup-besproeiing ’n metode is wat waterteen ’n stadige tempo op die grondoppervlakte of regstreeks indie wortelsone toedien.

Die gebruik daarvan het van 3-miljoen hektaar in 2000 tot meeras 9-miljoen hektaar in 2010 toe-geneem. Dit is egter steeds ’n kleingedeelte van die meer as 300-miljoen hektaar van alle besproeiing wat vandag in diewêreld toegepas word. In Suid-Afrika word tans net meer as150 000 hektaar uit die 1 500 000hektaar van alle soorte besproeiing,drup besproei.

Ongeag die suksesse, is daar bewyse in die literatuur dat hierdiestelsel net so ondoeltreffend asenige ander stelsel kan wees as diewatergehalte en bestuur swak is.

Verstopping van die drup-pers is een van drupbe-sproeiing se ernstigsteprobleme. Maatreëls omdit te voorkom sluit ingoeie filtrering, spoel vanlaterale en chemiese behandeling van diedrupperlyne.

Moderne drup-besproeiing het vanaf ’n eenvoudige water-bronbestuurstelsel ontwikkel tot ’n inge-wikkelde, kennisinten-siewe bestuurstelsel watdie chemiese, fisiese enbiologiese omgewing manipuleer waarin dieplant funksioneer.

Vandag kan boere dusdrupbesproeiingstelselskoop wat tegnologies

Drupbesproeiing laat wins stroom– as dit reg bestuur en onderhou word

Die sukses of mislukking vandrupbesproeiing hang grootliksaf van versigte keuse, deeglikebeplanning, akkurate ontwerp,doeltreffende bestuur en goeieonderhoud.

Monitor Met elke siklus Maandeliks Jaarliks

Ondersoek die stelsel vir lekkasies X

Kontroleer stelseldruk en -vloei X

Spoel sylyne (afhangende van watergehalte) X

Versien lugkleppe en drukbeheerkleppe X

Gaan hidrouliese en elektriese verbindings na X

Gaan werking van hidrouliese kleppe op filterbank na en inspekteer werkende dele X

Chloorbehandeling (afhangende van watergehalte en metode van toediening) X

Neem watermonster aan eindpunt van stelsel en evalueer vir watergehalteveranderings X

Felix Reinders LNR-Instituut vir Landbou-ingenieurswese, [email protected]

gevorderd en betroubaar is. Behalwetegnologies gevorderde produkte (filtreerders, beheertoerusting endruppers) sluit hierdie tegnologie ondere meer outomatisasie-stelselsin wat met toegespitste boerdery-beginsels inskakel om saam met die waterplasing presisiekunsmis-toediening te doen soos en wanneerdie plant dit nodig het.

Sukses met drupbesproeiing wordverseker as die volgende belangrikeaspekte in ag geneem word:

• Grondtipe: Kleileem- en kleigrondversprei die water sywaarts beteras sanderige grond.

• Tipe drupper: Verskillende druppers se weerstand teen verstopping verskil.

• Wanddikte: Dunwand- sowel asdikwandpype kan gebruik word.

• Spasiëring: Grondtipe en kostebepaal dit grootliks.

• Filtrering: Filtrering is noodsaakliken verkieslik moet sandfiltreringgebruik word.

• Ontwerp: Drupbesproeiing is ’n gespesialiseerde veld en vereis’n goeie ontwerp.

• Bestuur: Drupbesproeiingvereis noukeurige bestuur.

Verder is dit nodig om voort-durend goeie onderhoud toe tepas. Tabel 1 wys die basiese aspekte wat gemoniteer moetword om te verseker dat diestelsel reg werk.Drupbesproeiingverseker suksesvolle produksiemits dit reg gekies, onderhou enbestuur word.

ProAgri 125 Junie 2010

Tabel 1: : Onderhoudsrooster vir drupbesproeiingstelsels

Put meer uit besproeiing met goeie bestuurDoeltreffender metodes is ’n

voorvereiste vir volgehoue wins-gewende boerdery. Die nuwe Waterwetplaas druk op veral die landbou omwater doeltreffend te benut, maar afgesien daarvan vereis winsgewendeproduksie ook dat besproeiingstelselsdoeltreffend moet wees. Elke druppelwater moet vir die boer werk en niksmag vermors word nie.

Faktore wat die doeltreffende aanwending van ’n besproeiingstelselbeïnvloed, is klimaat, grond, die soort gewas, watergehalte, die soort besproeiingstelsel, die tyd en koste watonderhoud van die stelsel vereis, skedulering en die evaluering van diebesproeiingstelsel.

Klimaat: Weersomstandighede bepaalwanneer en hoeveel water toegedienmoet word. Lugvoggehalte is ’n bestuurbare klimaatsfaktor en mikrobesproeiing kan gebruik word omlae lugvog te verhoog.

Grond: Die grond se tekstuur beïnvloed die infiltrasietempo, indringbaarheid, waterhouvermoë en dreinering, en die gronddiepte bepaaldie volume of bergingsvermoë van beskikbare water.

Gewas: Die plant se vermoë om waterte onttrek, sowel as die groeistadiumvan die plant, het ’n invloed op die waterbehoefte en -toediening.

Water: Die beskikbaarheid en gehaltevan besproeiingswater moet tydens diegroeiseisoen bepaal word om tebereken hoe groot die oppervlak-

tegrootte is wat jy doeltreffend enekonomies kan besproei.

Besproeiingstelsel: Tegniese data isvan belang vir skedulering en optimalebenutting van ’n besproeiingstelsel.Gereelde stelselonderhoud is ooknoodsaaklik. Met skedulering word die klimaat, grond, gewas en besproeiing-stelsel in ag geneem en die doel is omdie maksimum opbrengste met diedoeltreffendste watergebruik te bereik.

Evaluering van besproeiingstelsel:Die doeltreffendheid van ’n mikro- ofdrupbesproeiingstelsel word ondermeer deur die volgende faktore beïnvloed:

Druk en eweredigheid:Drupbesproeiing se waterdruk in ’nblok is normaalweg 100 kPa. Mikrobe-sproeiing kan ontwerp word om metverskillende drukvlakke, van 100 kPatot 200 kPa te werk. ’n Drukverskil van20% sal ’n verskil van 10% in leweringteweeg bring, maar dit is toelaatbaar in’n blok.

Stelselvermoë: Die besproeiing-stelsel se daaglikse toediening moetkan voldoen aan die plant se “piek”ofmaksimum waterbehoefte in die spesifieke weersomstandighede. Toediening kan met ’n reënmeter ofmaatsilinder gemeet word en hiermeekan die toedieningseweredigheid ookbepaal word.

Staantye en siklusse: Wanneer dieplant ’n vlak wortelstelsel in sandgrondmet ’n klein waterhouvolume en benattingsgebied het, moet dit meer

dikwels met kort staantye tussenin besproei word. Dieteenoorgestelde geld vir kleigrond.

Filters: Die uitlaatopeninge van veraldrupbesproeiing is klein, daarom is diebaie belangrik om die water te filtreer sodat die druppers nie verstopnie. Die regte filter moet gekies wordom skoon water te verseker. Oor die algemeen word 130 mikron filtreerfynheid vir drupbesproeiing gebruik en 200 mikron virmikrobesproeiing.

Benattingsgebied en toedie-ningstempo: Die benattingsgebiedmoet groot genoeg wees vir diegrootte van die gewas. Hoe kleinerdie effektiewe benatte wortelgebied,hoe meer dikwels moet besproeiingplaasvind.

Die benatte straal van mikrobe-sproeiing kan net kleiner as diedrupgebied (blaaroppervlakte) vandie boomgewas wees. Indien die benatte oppervlakte groter is as diedrupgebied, word gebiede benatwaar geen wortels voorkom nie. Ditvermors onnodig water.

Minstens 3 tot 5 mm/uur moet opdie totale oppervlakte toegedienword, anders kan hoë verdamping ondoeltreffendheid by mikrobesproeiing teweegbring.

Die bestuur van besproeiing enmeer spesifiek drup-, mikro- en sprinkelaarbesproeiing is dus vandeurslaggewende belang om ’n suksesvolle boerdery te verseker.

KAAPSTAD - HoofkantoorPosbus 696, Brackenfell, 7561Tel: 021-917-7177Faks: 021-917-7200

Smart Access: 086 114 853

GAUTENGPosbus 11052, Randhart, 1457Tel: 011-908-2204Faks: 011-908-5312

Epos: [email protected]

MPUMALANGASuite 63, Postnet X 11326, Nelspruit, 1200Tel: 013-755-3510Faks: 013-755-3505

www.agriplas.co.za

(Vir ’n meer uitgebreide weergawe van hierdie artikel, kontak ons gerus)

Spilpunt in sy eie KlasClanwilliam Vervaardiging:Dawie Smit - 082-897-4885

Pinetree Irriga�on Estcourt: Thomas Gremels - 083-231-9532

De Nel Besproeiing Piketberg:Pierre de Kock - 083-284-0041

NTK Limpopo Nylstroom:Janneman Henn - 082-802-8959

Hartswater Spilpunte: Dawid Saunders - 082-333-3765

Border Irriga�on Queenstown:Frikkie Kruger - 082-927-8767

RJ Besproeiing Potchefstroom:Andre Halgryn - 082-784-2042

Ranos Koffiefontein:Gert Lambrecht - 082-804-0469

Bergsig Ingenieurswerke Worcester:Johan Naude - 082-774-4226

JDB Developement Kimberley:Johan de Bruyn - 079-890-9197

Datha Besproeiing Nelspruit:Dawie van der Merwe - 082-458-2646

Raakvat Velddienste Hopetown:Dolf vd Westhuizen - 079-523-6293

Albert van Heerden Besproeiing:Middelburg Oos-Kaap - 082-840-5076

Vervaardig in BloemfonteinBen Jonesstraat 32,Hamilton, BloemfonteinTel: 051-434-2349, Faks: 051-434-2447

Kontak Koos – 082-802-1906 of Arno – 072-344-0683

14

Veeboerdery Beefmaster

“Ek maak geld met gewig,” sêWillem von Willigh. Hy boer

kommersieel met Beefmasters langsdie Kliprivier tussen Vrede, Standertonen Volksrust.

Willem som die saak kort en kragtigop: “Dit is hoekom ek so in my skik ismet die Beefmaster: hy is vrugbaar,hy is gehard, jy kan hom van die veldaf bemark en hy gee vir my gewig.”

Daar is geen onduidelikheid oor sakeop Willem se plaas, Herlon, nie. Hy blyaan die Transvaal-kant van die Klip-rivier, maar hy skree vir die Vrystaat,want hy kyk uit oor Cheetahwêreld.

Hy het in 1966 saam met sy pa op dieplaas begin boer en tot in 1994 hethulle ’n gemengde boerdery gehadmet bees, skaap en saailande. Saammet die veranderinge in die land, hetdaar ook arbeidsprobleme gekom endie saaiery is laat vaar.

Groter klem is op die beeskomponentgeplaas, maar Willem vertel dat hygeglo het ’n mens kan nie ’n koei-en-kalf-boerdery hê op ’n plaas sondermieliereste en voer nie. Hy het dusmaar met ‘n osboerdery voortgegaan.

Die osse het hom egter geleer jy kanop die veld met beeste boer, mits jyjou veld spaar en ’n bietjie lek asbyvoeding gee.

Met die toetrede van sy skoonseun,Johann Schoonraad, het hulle beginom verse op speenouderdom in tekoop. Hulle het die verse grootge-maak om op twee jaar by ’n bul te sit.

Dit is toe dat hulle ernstig begin rondkyk het na verskillende rasse. DieBeefmaster het uitgestaan vanweë sybewese vrugbaarheid en groeitempo,maar ook omdat dit onder diesaamgestelde rasse so ’n grootgenepoel het. “Jy kry hom oral inSuid-Afrika, in Amerika en tot inAustralië,” sê Willem.

Nog ’n groot voordeel is dat die mensewat die ras bestuur volgens hom nieallerhande fieterjasies het nie. Hulle het’n sespuntplan en dit is dit.

Beefmaster is gewig en...

Gewig is geld!Die sespuntplan is deur die vader vandie Beefmaster-ras, Tom Lasater,ontwikkel en rig die doelwitte van dieras sedert dit in 1954 in Amerikageregistreer is. Die plan behelsvereistes wat gestel word met betrekking tot vrugbaarheid, bou-vorm, aanpasbaarheid (gehardheid),melkproduksie, temperament engewig of groei.

Willem sê hy is veral in sy skik metdie Beefmaster se vrugbaarheid enspeengewig. Volgens hom is daar neteen tyd in ’n bees se lewe wat jyregtig met hom kan geld maak en ditis as jy die kalf van die ma afverkoop! Hy sê: “My swaarste kalf opsewe maande, is my beste kalf.”

Op Herlon word daar 100 persent ekstensief geboer, en tog het dieBeefmasterkudde oor die laaste paarjaar ’n gemiddelde kalfpersentasievan 91% gehandhaaf!

Willem is baie gesteld op die veldwaarop sy diere loop. Aangesiendaar nie mieliereste en andervoer op die plaas is nie, isdit belangrik dat dieveld in ’n goeietoestand moetwees.

Soos met alles,het hy hiervoor ook’n eenvoudige oplos-sing: Die helfte van dieplaas rus vir ’n volle jaar.Die beeste word net voordie winter in die nuwe veldgeplaas en loop tot aandie einde van die somerdaar. Op hierdie manier onderhou drie hektaar ’n koei.

Aangesien vrugbaarheid sobelangrik is, is die aanvanklikeseleksie baie streng. ’n Verswat nie die eerste keer vat as syby ’n bul was nie, is uit. Elke koeimoet elke jaar kalf, maar ook hier lêWillem gewone boerewysheid aan diedag. Hy sê: “Ons moet net altyd ont-hou ons is hier besig met die natuur.Ons kan nie te ver van die natuur af

wil weghardloop nie, dan gaan onsons vasloop.”

Hy verwys na die seisoen wat pasverby is met sy droë voorjaar enuiters nat najaar: “Die kalwers koneenvoudig nie genoeg groei in die najaar nie, want hulle het heeltyd indie koelte gestaan.”

As ’n koei wat normaalweg goedpresteer in sulke omstandighedeoorslaan, kan sy moontlik nog ’n kanskry.

Volgens Willem kan ’n kommersiëleboer wat van die veld af wil bemark,nie sommer verkeerd gaan met Beef-master nie. En wat die telers betref, isdie sakie net so eenvoudig: “Jy kangeld maak as jy ’n teler is. Ons kommersiële boere is nie skaam omgoeie bulle te koop nie, al brom ons ’n bietjie oor die pryse. Jy moet weet, jybetaal vir ’n goeie bul.”

Vir meer inligting oor Beefmaster,stuur gerus ’n e-pos aan [email protected] ofskakel Helga Prinsloo by 083-417-7047.

Annemarie Joubert

Foto: GF Scheepers

ProAgri 125 Junie 2010

Tel no: 011-452-9731 / Cell no: 072-992-4032Fax no: 086-613-5180 / E-mail: [email protected]

THE MOST COST EFFECTIVE / TOP QUALITYWATER STORAGE SOLUTIONS AVAILABLE

We are manufactures & suppliers of the following products• Steel Framed Mesh Reservoirs • Steel Framed Grain Silos • Corrugated Iron Reservoirs• Zincalume Panel Reservoirs • New & Replacement PVC Liners for leaking / damaged reservoirs

All our products boast the following proper�es• All products carry between a 5 & 12 year guarantee • Versa�le & Cost effec�ve – with no compromise on quality• Re-locatable & easy to transport and install• PVC Liners are food grade & UV Stabalised• Available in full D.I.Y kit’s - Saving you thousands on installa�on fees

Veeboerdery Brandmerktoerus�ng

Niemand hou daarvan om beestete brand nie, maar ongelukkig

kan dit nie anders nie. Gelukkighelp Taltec met die regte toerus -ting, tegnieke en kundigheid omdie proses so gladweg en pynloosas moontlik vir bees en boer af te handel. Kyk net:

Hoekom is Taltec se brandys-ters van vlekvry staal gemaak?

Om blase te voorkom. Vlekvy staalis nie ’n goeie geleier van warmtenie. Dit word vinnig warm, maardit word ook gou weer koud. Wanneer ons ’n dier brandmerk,wil ons die vel net warm genoegmaak om ’n letsel te laat – niewarmer nie.

Hou die vlekvry staal brandyster ’nmaksimum van drie sekondes teendie dier se vel om ’n duidelike letsel van die letter of nommer telaat. As die brandyster te veelwarmte oordra, word die vel envleis rondom die brandmerk ookwarm sodat ’n brandblaas oor die

hele gebied ontwikkel. Wanneer diebrandblaas gesond word, bly daar’n onleesbare rowwe ronde merk.

Hoe sorg ek dat daar nie te veelwarmte oorgedra word nie?

As jy die brandyster te lank op dievel hou, kan jy hierdie brandblaasveroorsaak. Druk die yster ferm teen die vel en tel hardop: “Eenduisend, tweeduisend,drieduisend.” Verwyder dan dieyster.

’n Goeie manier om ’n perfektebrandmerk te verseker, is om diegebied wat gebrand is af te koel voordat jy die dier laat gaan. Ditverkoel die omringende vel envleis. Doen dit met ’n emmer wateren ’n lappie of ’n kalkkwas. Spatdie water op die vel nadat jy diedier gebrand het. Dit voorkom die vorming van ’n brandblaas en bringook verligting vir die bees, netsoos jy jou hand onder ’n kouewa-terkraan sou hou as jy dit gebrandhet.

Sommige boere vrieswater in ou margarien-bakkies en vee dandaarmee oor die brand-merk sodat die gekondenseerde kouewater die gebied afkoel.

As jou brandysters vanmateriaal gemaak is watstadig afkoel, soos ysterof koper, sal meer hittein die drie sekonde tyd-perk oorgedra word.Vind by die verskafferuit wat die presiesebrandtyd en -prosedurevir daardie ysters is.

Waarom is onsbrandysters se letters vanvierkantstaaf gemaaken nie van rondestaaf nie?

Die skerp kante van die lettersmaak oral behoorlike kontak metdie vel sodat die gedeelte wat jy wilbrand heeltemal warm word en diegebied daarrondom glad nie. ’n Letter wat van ronde staaf gemaakis, maak in die middel behoorlikekontak en dan al minder na diekante toe. Die brandmerk watdaarmee gemaak word, het ’nskadu-effek rondom die lyne, watdit gesmeerd laat vertoon.

Wat is die verskil tussen ’ngasyster en ’n vuuryster?

Ons standaard-ysters is gasysterswaarvan die letters 75 x 50 mmgroot is. Kleiner ysters (tot 50 x 30 mm) kan op aanvraag gemaakword. Hierdie ysters word met diegasoond warm gemaak.

Vuurysters word van dikker materiaal gemaak en is dus groter asgasysters. ’n Hout- of steenkoolvuurword gewoonlik warmer as diegasoond. Omdat vlekvry staal sagword wanneer dit warm word, moetdikker materiaal gebruik word sodatdie letters nie buig of hulle vorm verloor nie.

Die meeste skade word veroorsaakwanneer die letters gebruik word omdie vuur om te roer en ons raai boereaan om hierdie gebruik te staaksodat hulle ysters langer kan hou.

Gasysters kan in ’n vuur warmgemaak word as jy versigtig methulle werk sodat hulle hulle vormbehou.

Anders as ’n vuur, verwarm ’nSo knip Taltec se immobiliseerder stewigen netjies onder aan die bees se lip vas.

Taltec se netjiese, windbeskermde gasoondjie enbrandysters. Daar is ook ’n onthoringbout beskikbaar.

Taltec maak brand koeler vir boer en bees

16 ProAgri 125 Junie 2010 www.proagri .co.za

gasoond die ysters egalig en een-vormig sodat die kanse om dowwebrandmerke of brandblase teveroorsaak, heelwat minder is. Dishoekom ons die gebruik van ’ngasoond aanbeveel.

Hoekom immobiliseer onsdiere?

Brand is vir sowel bees as boer ’npynlike ervaring wat ’n mens sogou as moontlik agter die rug wilkry. As jy diere immobiliseer, bringhulle minder tyd in die kraal deur,dit verseker dat jy die eerste keer’n deeglike, duidelik brandmerk kanaanbring en dit skakel ’n gespooken geskop uit waarmee diere hulle-self kan beseer. Daar is ook nie ’ngebrul en ’n geblaas wat die resvan die diere ontstel nie.

Hoe om die Taltec-immobiliseerder te gebruik

Die immobiliseerder het vanuit diekragkassie twee drade met knippiesaan. Knip een onder die bees sestert vas. Die kontakplek moetklam wees. Gewoonlik mis beeste

wanneer hulle hanteer word endit bied genoeg klammigheidvir ’n goeie kontak. Die anderknippie kom aan die bees selip, wat ook klam moet wees.

Die knippies is sterk genoegom ’n goeie kontak te bewerk-stellig en om nie tydenshantering af te glip nie.

Sodra jy die knippie aan die lipvasknip, moet jy die beheer-knop na 6 draai. As die dier nie stilgenoeg staan nie, draai dan dieknop stadig verder. As die dier sebene begin meegee, is die sterktete hoog en dan moet die knopeffens laer gestel word.

Nekklampe en ander hanteringstoerusting

Vinnige en doeltreffende hanteringverseker dat jy en jou diere mindertyd in die kraal hoef deur te bring.Daarvoor is doeltreffende hanteringstoerusting nodig.

Maak nie saak hoe klein jou kuddeis nie, as jy toerusting begin

aanskaf, is ’n nekklamp die eersteding om aan te dink. Van daar afkan jy verder uitbrei.

Vir toerusting, kundigheid, raad endiens met veehantering, is Taltecnommer een. Hou op sukkel. Praatmet Bronwen Talbot by 012-250-2188 of 082-736-4476 of e-pos [email protected] of besoekwww.taltec.co.za.

Die netjiesste, duidelikstebrandmerk met die minstemoeite en die minste pyn – dit is wat Taltec die boer en sybeeste bied.

056-817-7308www.valtrac.co.za

Valtra S

-reeks

Model Enjinkrag Maksimum Wringkrag

S232 176 kW 197 kW 1 185 Nm

S262 193 kW 216 kW 1 295 Nm

S292 213 kW 235 kW 1 400 Nm

S322 235 kW 254 kW 1 492 Nm

S352 SCR 250 kW 276 kW 1 540 Nm176 tot 250 kW

Veeboerdery Hereford

In Clocolan se wêreld kan dit BAIEkoud word. ’n Bees wat bang is vir

koue, gaan nie daarvan hou om daarte bly nie – en gaan nie ’n geldmakerwees vir sy baas nie.

Dit is een van die groot oorwegingswat Lodie van Reenen in ag geneem het toe hy besluit het om sykommersiële kudde met Herefords tevul. “Ek het gevoel 'n Britse bees hetnet 'n beter kans om hier aan te pas,”sê hy.

En dan is daar natuurlik die Herefordse bewese vrugbaarheid. In interras-toetse behaal Hereford telkens topprestasies. Vir drie jaar na mekaarhet Hereford die hoogste vrugbaarheidgetoon van al die rasse wat by SAStamboek geregistreer is.

Lodie praat van ’n gemiddelde besettingsyfer van 94% en 'n speen-persentasie van 92%. Hy sê die koeiekalf maklik en die ander voordeel isdie feit dat dit maklik is om die dierete hanteer. Hulle temperamentverseker dat jy nie baie arbeid nodighet nie. “As 'n dier siek is, sit ek netdaar in die veld 'n paar hekkies op endoseer of behandel die dier.”

Dit beteken ook dat voerkrale Hereford verwelkom, want hulle pasmaklik aan en is nie senuweeagtig nie.Hulle voer maklik en sit dus ook gougewig aan.

Lodie sê benewens die koue in sywêreld, het hulle daar ook net suurveld en dit is waar nog 'n eienskap van die Hereford baie belangrik is, naamlik sy vermoë omgemiddelde veld in vleis om te skakel.

In die winter sien Lodie mooi om nasy koeie, want dit bepaal die vrug-baarheid van die volgende seisoen.Hulle loop in die winter op mielieresteen vir drie weke na hulle gekalf hetloop hulle op groenvoer, indien ditbeskikbaar is. Hy baal ook oulands-gras om die koeie deur dié tyd tehelp. Die groenland word egtereerstens gespaar vir die 2 000 Dormerskape op die plaas.

Volgens Lodie speel lek 'n belangrikerol. In Desember word fosfaatlekgegee en van herfs tot kalwing, produksielek.

Seleksie is vir hom ’n eenvoudigesaak: 'n koei moet elke jaar kalf en assy oorslaan, word sy uitgeskot.

Dit is ook belangrik dat sy goeiemelkeienskappe moet toon, want ditbepaal onmiddellik die gehalte vandie kalf. Die gemiddelde speengewigvan sy vroulike diere op sewemaande is 230 kg en die ossies weegso 250kg.

Goeie melkeienskappe is ook virGideon Melk wat naby Hopefield indie Wes-Kaap boer, baie belangrik. Sykommersiële kudde bestaan uit 30% suiwer Herefords, 30% suiwer Simmentalers en 40% kruisraskoeie.

Sy aanteelkudde word tussen sesweke en twee maande na kalwinggeselekteer. Die moeder se uiergrootte word in ag geneem, wantsoos Gideon sê: “'n Koei met goeiemelk, gee aan 'n kalf die ‘oemf’ wathy nodig het.”

Daar word gekyk na die kalf se oog-pigmentasie en dan speel 'n vers sehoewe en bene ook 'n groot rol. Dieplaas lê op die rand van die Sandvelden 'n koei moet in die sand kan loop.Oor die algemeen het die Herefordsnie 'n probleem daarmee nie.

Gideon selekteer ook virgrootraamdiere, want in 'n voerkraal moet 'n bees kan vleis aansit en daarvoor is 'n behoorlike beenstruktuur nodig.

Op Waterboerskraal word 'n baie intensiewe weidingbestuurstelselgevolg, want sowat 30% van diegrond is natuurlike veld en in daardiegebied beteken dit fynbos. 'n Beeswat daar wil loop, moet van fynbos

kan vleis maak en daarom is dit virGideon baie belangrik dat sy veldbeskerm moet word. Die fynbosmoet elke jaar toegelaat word omsaad te skiet, sodat hy homself kansaai.

Gideon sê in die Wes-Kaap moet 'nveeboer gebruik maak van aange-plante weiding en op die 70 persentvan die 2 500 ha wat saaibaar is,word daar koring, lupiene, hawer enrog verbou. Dit moet nie net die 200aanteelkoeie, 30 verse en 6 bulle aandie gang hou nie, maar ook die 700Letelle-ooie en 400 volstruise!

Nog 'n rede waarom hy met Herefords boer, is omdat hy twee kalfperiodes per jaar het en die Herefords gee vir hom kalwers in diewintertyd. Dit beteken dat hy altydkalwers het wat markgereed is.

'n Paar eienskappe loop soos 'n gouedraad deur die kommersiële boere sekeuse van Herefords en dit is vrugbaarheid, groeivermoë en aanpasbaarheid, en dan nog iets:Die nabyheid van goeie SA Hereford-telers. Albei die boere, Lodie van dieOos-Vrystaat en Gideon van dieWes-Kaap, plaas 'n hoë premiedaarop dat hulle goeie genetika kanbekom van diere wat reeds in dieomgewing aangepas is.

En dan as 'n nagedagte van albei:“Jy moet darem erken dit is 'n baiemooi bees met sy wit gesig en rooilyf!”

Skakel Lizette VermaakPromosiebeampte van SA Herefordby 082-412-2868 of Elna Lötterby die kantoor by 051-410-0958 ofbesoek www.hereford.co.za

Annemarie Joubert

Die perfekte kruisbees:Herefords presteer op enige plek

18 ProAgri 125 Junie 2010 www.proagri .co.za

20

Veeboerdery Braford

Prestasie in ’n kommersiële kuddeis die finale toets om te bepaal

of ’n stoevleisbees sy sout verdien.As 'n kommersiële vleisboer sóbeïndruk is met die prestasie van 'nspesifieke ras se bulle dat hybesluit om self 'n stoetery tebegin, sê dit nogal iets.

Naby Vryheid in Natal, op 'nplaas met die naam GoldenValley, bestuur GustavHinze 'n bekende veearts, drThomas Volker, se SABraford-stoet. Die stoet senaam, RTS Brafords, isafgelei van dr Volker se drielingseuns se voorletters.Die stoet is in 2008 geregistreer, nadat ingekoopteBrafordbulle vir Gustav en dr Volker van die ras se produksievermoë oortuig het.

Op die plaas word 'n suksesvolle varkboerdery met'n teeleenheid van 400 sôebedryf. Van 1998 af is daar 'npaar kruisverse ingekoop omdie weiding op die plaas tebenut. In 2002 is egter besluitdat die beesboerdery lonendkan wees en 'n hele paar rasseis oorweeg. Die saak is wetenskaplik benader.

Gustav sê: “Van die begin afhet ons na die volgende eienskappe gekyk: Vrugbaar-heid, gehardheid, goeie karkasen temperament. Ons het verwag dat die kalf op min-stens 50% van die ma segewig sal speen.”

Die Braford-bulle wat van dieThiele-stoetery af ingekoop is,het bewys dat hierdie doelwitte haalbaar is.

Vrugbaarheid is een van SABraford se sterkste eienskappeen op Golden Valley word 'nstreng seleksieprogramgehandhaaf. Elke koei moetelke jaar dragtig wees, andersword sy uitgeskot. Die gemiddelde tussenkalfperiodevir die stoet is 363 dae.

Nie te ver van Golden Valley afnie, teen die grens van Swaziland, boer Ralf Rodewaldop sy plaas, Goedehoop. Sy pa

het toentertyd met Brahmane enSimmentalers geboer, maar na dieaankoop van 'n paar Brafordbulle,het hulle gou agtergekom ditwerk. Met die Brafordbloed hethulle speenkalwers geproduseerwat, sonder om gepamperlang teword, 10 tot 15% swaarder weeg.

Ralf vertel: “Jy moet weet onspraat hier van suurveld en daar isnie mieliereste nie; die kalwersword van die veld af bemark.”

Vir meer inligting oor SA Braford,skakel Carien by 083-675-9962of Charlotte by 082-573-9377.Gustav Hinze se e-posadres is [email protected].

Die SA Braford is uit die Hereford en die Brahman ontwikkel. Die Hereford is onder meer om die volgende redes gekies:• Dit is getallegewys een van die grootste vleisbeesrasse in die wêreld,

in sowel ekstensiewe as voerkraaltoestande.• Eienskappe soos vrugbaarheid en vleisgehalte is wêreldwyd sinoniem

met die ras. Voeg hierby die uitstaande moedereienskappe van dieBrahman en die resultaat is 'n dier met uitsonderlike eienskappe.

Annemarie Joubert

SA Braford slaag die toets loshande

21www.proagri .co.za ProAgri 125 Junie 2010

Stefan van Wyk > [email protected]

Anelda Strauss > [email protected]

Joey Swiegers > [email protected]

Elzabie Brand > [email protected]

Minnette Minnaar > [email protected]

Om te adverteer skakel gerus eenvan ons bemarkers:

Application: Low Cost Housing, Informal Housing, FarmingCommunities or any off-grid lighting requirements.

Start saving today, call Natural Power012-656-8467 [email protected]

Betta.Life.Light Solar Solution

SPAAR DUISENDE RANDE / SAVE THOUSAND OF RANDS

6 Volt, DIY Kit, Solar Power (5x LED Lights)

R2 800 R4 400R3 300

3 light package(2 ceiling mount

lights with 1 reading lamp)upgradeable

to 8 lights

8 light packagecomplete

(7 ceiling mountlights with 1

reading lamp)

5 light package(4 ceiling mount

lights with 1 reading lamp)

upgradeable to8 lights

ACCREDITED DISTRIBUTOR AUTHORISED RESELLER

· Vooraf ontwerpte ligstel / Pre-designedlight kit

· Maklike “DIY”-stel / Easy DIY set· Batterye werk onafhanklik van elektrisiteitsvoorsieningsnetwerk / Independent from grid on batteries

· Duur krag / Expensive power· Onvoorspelbare kragvoorsiening /Load shedding

· Gekompliseerde sonkragstelsels / Complicated solar systems

DIE PROBLEEM / THE PROBLEM

DIE OPLOSSING / THE SOLUTION

Prices exclude VAT.

Upgrade pricing available on request

E&OE ExcludedValid for July onlyConditions apply

Energie

’n Strawwe toets vir enige son-waterverwarmer is winter in die

koue Vaalriviervallei by Loch Vaalnaby Vanderbijlpark.

Dis presies hier waar Midmacor sesonwaterverwarmer sy waardebewys. Toe mnr Joop Pienaar ’nnuwe huis hier bou, het hy besluitom ’n sonwaterverwarmer te installeer sodat hy homself teenelektrisiteitprysstygings kon verskans en terselfdertyd sy groenbydrae kan maak.

Op ’n wintersoggend, met diebuitetemperatuur minus 4 grade enal wat kraan is toege-ys, verlustig hy hom in sy water se temperatuur van 64 grade – en ditsonder om ’n krieseltjie elektrisiteitte gebruik.

Mnr Pienaar het die stelsel nou ’nbietjie langer as ’n maand en alleswas nog net pure plesier: van diebegrip en kundigheid waarmee Midmacor se mense hom by Namporaad gegee het, tot die bekwaam-heid en betroubaarheid van Midma-cor se aanbevole installeerder,

waarvan daar landwyd genoegbeskikbaar is, en uiteindelik dieheerlike warm water wat hy vandagten spyte van bewolktheid en diebittere koue daarbuite gratis geniet.

Die lekkerste van alles is natuurlikdie feit dat hy seker is dat die elektrisiteitskoste wat hy bespaardie stelsel binne ’n jaar sal betaalen daarna hou die hoë elektrisiteits-prys vir hom min bedreigings in.Eskom self sê dat waterverwarmingvir 40 tot 50% van ’n huishoudingse elektrisiteitskoste verantwoorde-lik is, so elkeen kan vir homselfdink wat sonwaterverwarming homkan bespaar, sê mnr Pienaar.

Maar dan moet dit ’n doeltreffendetoestel wees wat deur betroubaremense verskaf word, voeg hy by.

Midmacor bied ’n eenheid aan watmet die byvoeging van ’n opsioneledrukomskakelstelsel op hoë- en lae-druktoepassings werk. Groottes van80, 150 en 200 liter is beskikbaaren hulle almal gebruik diegevorderdste, maar doeltreffendsteen betroubaarste tegnologie en

Midmacor se sonwaterverwarmer:Haal die bibber uit die winter en bespaar hope geld!

geniet Midmacor se rotsvasterugsteundiens.

Daar is ook ’n opsionele kon-trolepaneel met ’n element. As maen kinders al die badwater opge-bruik het en dit is ses-uur die aand,kan hierdie stelsel gebruik word om,as alternatief, die water warm temaak. Die aanskakeltyd, sowel asdie aan-en-afskakeltemperatuur,kan gestel word. So kan jy byvoor-beeld besluit om die eenheid te laataanskakel teen 5-uur die oggend,maar slegs as die temperatuuronder byvoorbeeld 40 grade is. Dithelp om by daardie ongemaklikenoodgevalle verby te kom.

Praat vandag met Neville Pain by074-319-1665 of Lourens vanSchalkwyk by 079-512-6004 ofkantoor 011-221-3750 of [email protected] vir meerinligting. Besoek ook www.midmacor.co.za.

23www.proagri .co.za ProAgri 125 Junie 2010

AgriTrader is ʼn uitstekende bemarkingsmeganisme om kopers en verkopers van lewendehawe, trekkers, voertuie, werktuie, en alle ander landbou -toerus�ng by mekaar uit te bring. Veeveilingsadvertensies in AgriTrader lok wye reaksie uit, veral as dit aangevul word met promosie-ar�kels wat die betrokke stoeterye bekendstel. Vir die mees bekos�gbaarste advertensie-tariewe in Suid-Afrika, skakel ons nou:

60 000 eksemplare na aktiewe kommersiële boere landswyd

AgriTrader Advertensiediens vir die boerAdvertising service for the farmer

Stefan van Wyk (Bloemfontein) 051-446-0789 | 082-381-7563 [email protected] Strauss (Pretoria) 012-362-2732 | 083-748-3413 [email protected]

Joey Swiegers (Pretoria) 012-362-2732 | 079-515-8554 [email protected] Brand (Pretoria) 012-362-2732 | 079-515-8708 [email protected]

Minne�e Minnaar (Pretoria) 012-362-2732 | 079-515-8493 minne�[email protected]

Ag

riG

ids

Ag

riG

ids

24 www.proagri .co.zaProAgri 125 Junie 2010

25www.proagri .co.za ProAgri 125 Junie 2010

Ag

riG

ids

26 www.proagri .co.zaProAgri 125 Junie 2010

Ge

ne

gid

sch

arol

ais

limou

sin

pinz

gaue

r

brah

man

sa v

leis

mer

ino

Ag

rig

ids

beef

mas

ter

27www.proagri .co.za ProAgri 125 Junie 2010

Ge

ne

gid

sdorper

vleismerino

dorper

dorper

tuli

tuli

merino sa

sa braford

boran

dorper

hugenoot sa

landskaap

hereford

pinz2yl

Tuli Genootskap

21 September 2010 -

William Biggs,

082-415-3751

6 Oktober 2010 - Dave Cawthorn,

084-363-5392 & Arthur Schulze,

083-441-5781

7 Oktober 2010 - Alwyn Marx,

051-653-1410, 083-448-7870

21 Oktober 2010 - Russell Clark

045-943-3011, 082-492-7036

produksieveilings

vir 2010

28 www.proagri .co.zaProAgri 125 Junie 2010

Ve

ilin

gs

braf

ord

/ bo

veld

er

dorp

ersi

mm

enta

ler

/ ch

arol

ais

dorp

er

beef

mas

ter

here

ford

29www.proagri .co.za ProAgri 125 Junie 2010

Ve

iling

sD

ohne merino

Ile de France

wild

Oo

s T

ra

ns

va

al

Ra

m -

en

Bu

lve

ilin

g E

rm

elo

20

10

braf

ord

Bons

mar

a

here

ford

s

here

ford

she

refo

rds

Oos Transvaal Ram -en Bulveiling

30 ProAgri 125 Junie 2010 www.proagri .co.za

31www.proagri .co.za ProAgri 125 Junie 2010

Oo

s T

ra

ns

va

al R

am

-en

Bu

lveilin

g E

rm

elo

2010

beefmaster

limousin

braford

hereford & black angus

bonsmara / sim

mentaler / brahm

an / simbra / dorper

Ve

iling

s Ermelo - 27 Julie en 28 Julie