rooi, swaar, vrugbaar - sussex.co.zasussex.co.za/uploads/sussex-landbouweekblad-julie-2019.pdf ·...

24
1 Bylae in Landbouweekblad 15 Mei 2015 ’N BYLAE TOT LANDBOUWEEKBLAD 19 JULIE 2019 SUSSEX NASIONALE VEILING BLOEMFONTEIN DONDERDAG 15 AUGUSTUS 2019 ROOI, SWAAR, VRUGBAAR

Upload: others

Post on 10-Sep-2019

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: ROOI, SWAAR, VRUGBAAR - sussex.co.zasussex.co.za/uploads/Sussex-Landbouweekblad-Julie-2019.pdf · vrou, Susan. “Ek moes jare gelede al met die Sussex begin boer het. Die beeste

1 Bylae in Landbouweekblad 15 Mei 2015

’N BYLAE TOT LANDBOUWEEKBLAD 19 JULIE 2019

SUSSEX NASIONALE VEILING BLOEMFONTEIN

DONDERDAG 15 AUGUSTUS 2019

ROOI, SWAAR, VRUGBAAR

Page 2: ROOI, SWAAR, VRUGBAAR - sussex.co.zasussex.co.za/uploads/Sussex-Landbouweekblad-Julie-2019.pdf · vrou, Susan. “Ek moes jare gelede al met die Sussex begin boer het. Die beeste
Page 3: ROOI, SWAAR, VRUGBAAR - sussex.co.zasussex.co.za/uploads/Sussex-Landbouweekblad-Julie-2019.pdf · vrou, Susan. “Ek moes jare gelede al met die Sussex begin boer het. Die beeste

SUSSEX

Hoof spesiale projekte Liza BohlmannRedakteur spesiale projekte Jacolette KloppersSpesiale projekte Liezl VercueilBladopmaker Christine Botha

Eindredakteur Jan BosmanSubredakteurs Johan Fouché, Una Heradien, Ian SmithProduksiebestuurder Gretchen PeiserSakebestuurder Dirk Lamprecht

Advertensies Berdine Gericke Reproduksie Jason WakefieldProduksiehoof André BeckAdministrasie Luzaan GrobbelaarLandbouweekblad Tel.: 021 406 2298, web: www.landbou.com

REDAKSIE

INHOUD4 ‘Rooi goud’ vir verhoogde wins6 Sussex floreer oor berge en in dale10 Embrio’s gee stukrag aan stoetery12 Vrugbaarheid kan só verbeter word13 Vyf dekades wink vir Eversar Sussex14 Sussex gedy in Oos-Vrystaat16 Sussex: ‘Beste ras vir speenkalwers’20 Puik resultate danksy dié kruisteling22 Ledelys

Bylae tot Landbouweekblad 19 Julie 2019 3

NJB 17-0034 van Witkwas Sussex-stoetery is vanjaar se Sussex-wenner in die Elite-bulgroeitoetsklas wat SA Stamboek en Vleissentraal in Bloemfontein aangebied het. FOTO: CHARL VAN ROOYEN

KONTAKBESONDERHEDESussex-beestelersgenootskap van Suid-AfrikaTel.: 051 410 0955 | Faks: 086 667 0294 | E-pos: [email protected] Facebook: Sussex Cattle Breeders’ Society of SA | Web: http://sussex.co.za

Page 4: ROOI, SWAAR, VRUGBAAR - sussex.co.zasussex.co.za/uploads/Sussex-Landbouweekblad-Julie-2019.pdf · vrou, Susan. “Ek moes jare gelede al met die Sussex begin boer het. Die beeste

LBW

Bylae tot Landbouweekblad 13 Julie 2018 PB

4 Bylae tot Landbouweekblad 19 Julie 2019

SUSSEX VOORWOORD DALEEN POTGIETER

Verskeie dele van Suid-Afrika gaan steeds gebuk onder erge droogtes. Met ’n swak ekonomie is dit belangrik dat elke geleentheid benut word. Om wins te maak, is van die uiterste

belang vir oorlewing.Die geskiedenis wys al hoe meer beesboere

gebruik Sussex-diere. Hulle wil die verskeie inhe-rente ekonomies belangrike eienskappe van die ras benut. Dit lei tot meer geld in die bank met minder moeite. Die Sussex-beestelersgenootskap noem dit “rooi goud”.

In uiterste toestande het die Sussex bewys hoe aanpasbaar hy is. Waar geen natuurlike weiding beskikbaar is nie en “boskos” aan diere verskaf word, oorleef hulle steeds. Ná die eerste reën sal hulle amper onherkenbaar verander, en ná ’n kort tydperk weer in goeie kondisie wees.

Sommige boere wil egter vinniger wins maak en verkies dus afronding in die voerkraal, wat ook uitstekende resultate lewer.

BEESRAS MET BATESVoldoende melkproduksie is een van die Sussex se grootste bates. Voldoende melk van ’n hoë gehalte by rasegte koeie lei tot die optimale be-nutting van die hoë groeipotensiaal van die ras. Hierdie eienskap word sterk deur die Sussex-bul oorgedra, en sy nageslag se melkproduksie en vrugbaarheid is gesog in kommersiële kuddes.

Die Sussex se vrugbaarheid is wyd bekend en word gestaaf deur dr. Helena Theron se artikel (sien bl. 12).

Elke boer verkies ekstra inkomste teenoor laer insetkoste. Vir dié doel pas Sussex-bulle uitstekend in enige kruisteelprogram. Deur die byvoeging van ’n Sussex-bul tot die kommersiële kudde word basterkrag benut met meer kilogram per dier, wat in rande omgesit word. In sommige gevalle het die speengewig met meer as 30 kg gestyg. ’n Goeie groeivermoë is op die veld en in die voerkraal sigbaar.

Gebruik die sterk erfdwang van die Sussex in jou kudde en vind baat by die goeie eienskap-pe van ’n ras wat gehard, maklik hanteerbaar, ekonomies doeltreffend en reeds 100 jaar in

‘Rooi goud’ vir verhoogde winsDie Sussex-vleisbeesras is waarskynlik een van die mees onderskatte rasse in Suid-Afrika. Die uiterlike is dikwels

misleidend, maar die skaal praat altyd die hardste. Dié beeste word nie sonder rede ‘rooi goud’ genoem nie.

Suid-Afrika is. Sussex-telers is reg oor Suid-Afri-ka versprei, en daar is beslis ’n Sussex-teler in u omgewing.

Kontak me. Sonja Wasserman, die genootskap se sekretaresse, by e-pos [email protected] of 051 410 0900 vir nog inligting.

SUSSEX-EEUFEESDie eerste noemenswaardige invoer van Sussex- diere was in 1903 toe die destydse Transvaalse departement van landbou onder meer ’n kudde in Potchefstroom tot stand gebring het.

Die Sussex-telersgenootskap is in 1920 gestig, en gevolglik vier die Sussex volgende jaar sy eeu-fees in Suid-Afrika.

Bedrywighede vir plaaslike deelnemers en buitelandse gaste sluit in ’n beesskou, kongres, simposium en dinee tydens die Bloemskou (24 April tot 2 Mei 2020).

Die genootskap rig ’n versoek tot alle voor-malige Sussex-telers of boere wat Sussex-beeste besit, om die genootskap te kontak sodat soveel moontlik telers by hierdie spoggeleentheid betrek kan word.

NAVRAE: Me. Daleen Potgieter, WhatsApp en SMS: 082 816 5969, e-pos: [email protected]

Die Sussex-uitstalling op Nampo is een van die groot skakelgeleenthede vir dié genootskap. Me. Daleen Potgieter, president van die genoot-skap, en mnr. Spencer Thekiso (hanteerder) van Huntersvlei was deel van die span wat die stalle-tjie beman het. FOTO: LIZA BOHLMANN

Page 5: ROOI, SWAAR, VRUGBAAR - sussex.co.zasussex.co.za/uploads/Sussex-Landbouweekblad-Julie-2019.pdf · vrou, Susan. “Ek moes jare gelede al met die Sussex begin boer het. Die beeste
Page 6: ROOI, SWAAR, VRUGBAAR - sussex.co.zasussex.co.za/uploads/Sussex-Landbouweekblad-Julie-2019.pdf · vrou, Susan. “Ek moes jare gelede al met die Sussex begin boer het. Die beeste

LBW

6 Bylae tot Landbouweekblad 19 Julie 2019

SUSSEX JACQUELINE LOUW

Die plaas Bergland is geleë so- wat 75 km suid van Keetmans-hoop, op pad na Grünau in die Karasstreek. Mnr. Johan Ester-huyse boer hier saam met sy

vrou, Susan.“Ek moes jare gelede al met die Sussex

begin boer het. Die beeste vreet enigiets en sit goed gewig aan met ’n karige rantsoen. Selfs in die droogte wei hulle nog net in die berge en word nie gevoer nie,” sê Johan.

Hy het Bergland in September 1986 gekoop toe hy weens droogte in daardie tyd ’n paar jaar in Suid-Afrika gewerk het. Terwyl hy in Heilbron in die Vrystaat veevoer bemark het, het hy ’n advertensie vir Bergland in Landbouweekblad gesien. Hy het dadelik na Namibië gereis om die plaas te koop.

Deesdae boer hy en sy seun, Johan Hen-drik, albei in die Groot-Karasberge. Sy seun is die vierde geslag Esterhuyse wat in Na- mibië boer en het die plaas Kuchanas verlede jaar gekoop. Pa en seun boer nou in vennootskap as Essies Partnership. Dié dinamiese span is ook besig om ’n abattoir op Kuchanas op te rig nadat die Brukkaros-abattoir in die suide gesluit het.

PERSOONLIKE OORWINNINGPlanne om ’n Sussex-stoetery op die been te bring moes ongelukkig onderbreek word toe Johan in 2014 met beenplasma- miëloom gediagnoseer is. Mediese behan-deling in Kaapstad het veroorsaak dat hy lang tye weg van die plaas was.

Hy sê die siekte is gediagnoseer nadat hy sy been op die berghange van sy plaas gebreek het. Werkers moes hom help om sy been met sparre te spalk en op ys te sit.

“Agt mense moes my op ’n draagbaar die 230 meter van die berg af dra. ’n Buur-man het my na Upington geneem waar ek meer as twaalf uur ná die ongeluk aan- gekom het.”

Met ’n prostese in sy been moes hy weer leer loop. Daarna het hy bestraling en che- moterapie gekry en vyf jaar gelede’n been-

Sussex floreer oor berge en in dale

Die Esterhuyses se Sussex-kudde is gevestig in ’n bergagtige deel in die suide van Namibië. Dié kudde is ’n toonbeeld van die ras se gehardheid en

aanpasbaarheid. Ondanks die huidige droogte gedy dié beeste steeds.

murgoorplanting van sy eie stamselle. Nét voor sy 59ste verjaarsdag, nege maande ná die oorplanting, het Johan wéér sy been gebreek. Dié keer was hy in die veld om slaggoed op te laai. Met die gebreekte been het hy nog huis toe bestuur, waar hy dit sommer self met gips gespalk het. Só het hy sy verjaardag in ’n rolstoel gevier voordat ’n nuwe prostese die week daar- na ingeplant is.

Sedertdien kyk Johan net vorentoe, met sy sterk geloof en vasbeslotenheid om strui-kelblokke te bowe te kom. Die kommer-siële kudde is intussen goed op dreef met 60 koeie en twee stoetbulle.

Hoewel hy nie veilings op Bergland hou nie, word diere uit die hand aan boere in die distrik verkoop. Uit sy kommersiële kudde is 21 bulle al verkoop. Johan het onlangs ’n stoetbul van mnr. Werner en me. Renate Bader se Dancel Sussex-stoetery van die plaas Wiese gekoop met die oog om goed aangepaste diere vir die gebied te teel.

HOEKOM SUSSEX?Terwyl Johan in 2000 in die suide van Na-mibië rondom Grünau vanaf Aroab, Koës,

Gochas, Mariental en so ver as Lüderitz padgraderingswerk vir boere gedoen het, het hy met hulle oor geskikte beesrasse vir die suide se omstandighede gesels.

Een van die boere het Sussexbeeste ge-had waarmee Johan besonder beïndruk was. “Ek wou nie geld vir die skraapwerk hê nie, maar het drie Sussexbeeste as be-taling gevra,” sê hy.

Daarna het hy ook ’n Dexterbul gekoop by ’n boer wat skoolgeld vir sy kind nodig gehad het. “Ek het opgemerk die kruising tussen dié twee rasse lewer besonder ge-harde diere op.”

Mnr. Albert Kotze van die Agter-Paarl het vir Johan gesê die Sussex is ideaal vir spekulasiedoeleindes omdat hulle maklik gewig aansit en so ’n hoë gemiddelde daag-likse toename (GDT) in die voerkraal toon.

“Wanneer hulle gevoer word, is hulle binne 21 dae markgereed.”

Johan noem die voorbeeld van ’n ou maer koei wat vir twee en ’n half maande met Voermeester se Rangeland Grower en gras gevoer is en gemiddeld 1,3 kg per dag aangesit het. Toe sy geslag is het sy 393 kg geweeg. Volgens hom toon Sussex-

Só lyk die terrein waar Bergland se Sussexbeeste teen steil hellings tot 213 meter hoog op die berg wei. FOTO’S: JOHAN ESTERHUYSE

Page 7: ROOI, SWAAR, VRUGBAAR - sussex.co.zasussex.co.za/uploads/Sussex-Landbouweekblad-Julie-2019.pdf · vrou, Susan. “Ek moes jare gelede al met die Sussex begin boer het. Die beeste

Dawieda Stoetery is geleë op die plaas, Rondepan,ongeveer 150 km noord van Upington, Noord-Kaap.

Latitude/longitude 27°20’4511 S 21 °03’25”E.

Die plaas is geleë in die hart van die Kalahari, metrooiduine en die plantegroei bestaan hoofsaaklik uit

Acacia haematoxylon en Acacia erioloba sowel asStipagrostis-spesies.

Die temperatuur varieër tussen -2° C in die winter en tot 40° C in die somer. Met baie hoë

en lae temperature,gesamentlik met ‘n gemiddelde

reënval van 250 mmjaarliks, presteer die Sussex-ras

steeds uitmuntend!

SUSSEX IS ‘N RASWAT ORALS AANPAS!

DAWIEDASTOETERY

DAAN HUMAN 083 844 [email protected]

Advocate Sussex“Op die veld...waar hul hoort”

Veldaangepaste bulle,dragtige en nie-dragtige verse

altyd beskikbaar

Erina | 083 742 6656 | [email protected] Carlé | 083 388 0830 | [email protected]

52 | Landbouweekblad | www.Landbou.com 6 April 2018

Oor die jare heen het aandag aan detail seker die groot-ste verskil aan sy boerdery gemaak, sê mnr. JamesStephen (67), voorheensakeman en nou heeltydse boer. Sy Sussex-kudde se

tussenkalfperiode (TKP) van 390 dae getuig daarvan.

James boer sedert 2009, nadat hy sy groen-tesaadmaatskappy Ferax Saad verkoop het. Toe het hy die plaas Graskop tussen Warden en Vrede gekoop om met Sussex-beeste teboer en geharde veldbulle te teel.

Hy het die Sussex-Elitekoei, GA 07/103,in 2011 met haar pasgebore, tweede kalf by die destydse Mampudi Sussex-stoetery vanMarquard gekoop. Daarna het sy nóg seskalwers grootgemaak en is reeds weer met haar negende kalf dragtig. Ses van haar agt kalwers was verse, waarvan vyf in sy stoeteryopgeneem is.

Wat James die meeste van haar beïndruk, is die feit dat haar nageslag meer as net goed

Deur ’n topgehaltekoei uit ’nbyna uitgestorwe bloedlynte koop, geniet die eienaarvan die Sussex-elitekoei noudie voordeel van dié gesogteteellyn. Dié koei het reedsvir uitsonderlike nageslaggesorg.

Sussex-teellynwys sy staal

PLAASINLIGTING

LIGGING: Warden,Vrystaat

NAAM:Graskop

EIENAARSKAP:Maatskappy

VERTAKKINGS: Sussex-stoetery

VELDTIPE:Hoogliggende suurveld

LEKKE:Sout-fosfaatlek in die somer en ’n winterlek

GEMIDDELDEREËNVAL:680 mm

LANDBOUWEEKBLAD EN SA STAMBOEK SE ELITE-PLATINUMKOEIKOMPETISIE 2018SUSSEX |LBW

ELITEKOEI-INLIGTINGGeboortedatum 24 Augustus 2007Ouderdom met eerste kalf 33 maandeTussenkalfperiode 379 daeGetal kalwers 8Teelwaarde-indeks vir geboorte(direk) 96

Teelwaarde-indeks vir geboorte(maternaal) 103

Teelwaarde-indeks vir speen(direk) 108

Teelwaarde-indeks vir speen(maternaal) 105

Koeiwaarde-seleksie-indeks 113

Gemiddelde speenindeks 106

“GA07-103 is baie vroulik, hetnog nooit oorgeslaan nie en was

ook nog nooit siek nie,” sê Ja-mes. Haar TKP is ’n uitsteken-de 379 dae.

James beskryf haar verder as’n koei met ’n goeie lengte en

’n mooi wigvorm wat tekenendvan onder meer vrugbaarheid

en geboortegemak is. Haar vers-kalwers toon dieselfde goeie wigvorm.

Sy is in 2007 gebore en is ’n dogter vandie beroemde bul Steeltrain, wat sy stempel deeglik in die Sussexras afgedruk het.

HOOGLIGGENDE SUURVELDDie streek word deur goeie reënval en baiekoue winters gekenmerk en word as hooggeleësuurveld beskryf. Die oorheersende grassoortis rooigras. James volg ’n gemiddelde veebela-ding van 3,5 ha per grootvee-eenheid (GVE).

Omdat die veld so suur in die winter isen nie genoeg voedingskrag het nie, verskaf James aanvullende voeding in die winter.Hy plant ’n soetvoersorghum wat as staandehooi dien nadat dit doodgeryp het om ’n voedingsgaping vanaf Junie tot middel Julie in die winter te vul. Nadat dié weiding opis, verskaf hy tot middel November eragros-tishooi. Die beeste bly 90% van die tyd opdie veld.

“As jy nie vir jou koeie hooi in die winter gee nie, benadeel dit die dragtigheidsyfer in die volgende seisoen,” sê James.

Die hooi is betreklik duur, maar finansieeldie moeite werd mits hy net twee rondebale per koei voer.

Lekke bestaan uit Saamstaan Voere vanVrede se sout-en-fosfaatlek in die somer en daarna ’n winterlek wat onder meer prote-ien en ureum bevat, wat noodsaaklik vir die koue winters is.

DIEREGESONDHEID“Een van die voordele van Vrede en War-den is die minder bosluise vergeleke metander dele van die land,” verduidelik hy. Diebekamping van inwendige parasiete is ge-volglik partykeer belangriker as uitwendige parasiete weens die baie vleie en spruite op die plaas wat die bekamping van lewerslak belangrik maak.

James doseer sy beeste twee keer per jaar vir inwendige parasiete en vir bosluise. Ditis belangrik om op die uitkyk vir veral spons-siekte en longonsteking te wees. Hy behan-del die beeste jaarliks vir spons-, lam- enmiltsiekte.

genoeg vir stoetteling is. Hulle het intussen gewys hulle teel nét so goed soos hul maen het reeds ’n paar veilingsbulle gelewer.

NAVRAE:Mnr. James Stephen, e-pos:[email protected]; sel 082 4940015.

BO: Die Elitekoei, GA 07/103. Sy spog ná agtkalwers met ’n baie goeie tussenkalfperiodevan 379 dae. FOTO’S: CHARL VAN ROOYEN

INLAS: Mnr. James Stephen

Vigorex Sussex

Bulle beskikbaar byFrankfort Veldbul Veiling 16 Julie;

Ermelo Bulveiling 24 Julie;Vrede Veldbul Veiling 28 Augustus.

Bulle ook te koop van plaas af.

SUSSEX: ROOI, SWAAR, VRUGBAAR.

BO: Royalskou 2019 Groot Kampioen bul JS17/02 uit top-koei TL06/181.

Deel in ons sukses...bulleuit top-koeilyne te koop!

52 | Landbouweekblad | www.Landbou.com 6 April 2018

Oor die jare heen het aandag aan detail seker die groot-ste verskil aan sy boerdery gemaak, sê mnr. JamesStephen (67), voorheensakeman en nou heeltydse boer. Sy Sussex-kudde se

tussenkalfperiode (TKP) van 390 dae getuig daarvan.

James boer sedert 2009, nadat hy sy groen-tesaadmaatskappy Ferax Saad verkoop het. Toe het hy die plaas Graskop tussen Warden en Vrede gekoop om met Sussex-beeste teboer en geharde veldbulle te teel.

Hy het die Sussex-Elitekoei, GA 07/103,in 2011 met haar pasgebore, tweede kalf by die destydse Mampudi Sussex-stoetery vanMarquard gekoop. Daarna het sy nóg seskalwers grootgemaak en is reeds weer met haar negende kalf dragtig. Ses van haar agt kalwers was verse, waarvan vyf in sy stoeteryopgeneem is.

Wat James die meeste van haar beïndruk, is die feit dat haar nageslag meer as net goed

Deur ’n topgehaltekoei uit ’nbyna uitgestorwe bloedlynte koop, geniet die eienaarvan die Sussex-elitekoei noudie voordeel van dié gesogteteellyn. Dié koei het reedsvir uitsonderlike nageslaggesorg.

Sussex-teellynwys sy staal

PLAASINLIGTING

LIGGING: Warden, Vrystaat

NAAM: Graskop

EIENAARSKAP: Maatskappy

VERTAKKINGS: Sussex-stoetery

VELDTIPE: Hoogliggende suurveld

LEKKE: Sout-fosfaatlek in die somer en ’n winterlek

GEMIDDELDE REËNVAL: 680 mm

LANDBOUWEEKBLAD EN SA STAMBOEK SE ELITE-PLATINUMKOEIKOMPETISIE 2018SUSSEX |LBW

ELITEKOEI-INLIGTINGGeboortedatum 24 Augustus 2007Ouderdom met eerste kalf 33 maandeTussenkalfperiode 379 daeGetal kalwers 8Teelwaarde-indeks vir geboorte(direk) 96

Teelwaarde-indeks vir geboorte(maternaal) 103

Teelwaarde-indeks vir speen(direk) 108

Teelwaarde-indeks vir speen(maternaal) 105

Koeiwaarde-seleksie-indeks 113

Gemiddelde speenindeks 106

“GA07-103 is baie vroulik, hetnog nooit oorgeslaan nie en was

ook nog nooit siek nie,” sê Ja-mes. Haar TKP is ’n uitsteken-de 379 dae.

James beskryf haar verder as’n koei met ’n goeie lengte en

’n mooi wigvorm wat tekenendvan onder meer vrugbaarheid

en geboortegemak is. Haar vers-kalwers toon dieselfde goeie wigvorm.

Sy is in 2007 gebore en is ’n dogter vandie beroemde bul Steeltrain, wat sy stempel deeglik in die Sussexras afgedruk het.

HOOGLIGGENDE SUURVELDDie streek word deur goeie reënval en baiekoue winters gekenmerk en word as hooggeleësuurveld beskryf. Die oorheersende grassoortis rooigras. James volg ’n gemiddelde veebela-ding van 3,5 ha per grootvee-eenheid (GVE).

Omdat die veld so suur in die winter isen nie genoeg voedingskrag het nie, verskaf James aanvullende voeding in die winter.Hy plant ’n soetvoersorghum wat as staandehooi dien nadat dit doodgeryp het om ’n voedingsgaping vanaf Junie tot middel Julie in die winter te vul. Nadat dié weiding opis, verskaf hy tot middel November eragros-tishooi. Die beeste bly 90% van die tyd opdie veld.

“As jy nie vir jou koeie hooi in die winter gee nie, benadeel dit die dragtigheidsyfer in die volgende seisoen,” sê James.

Die hooi is betreklik duur, maar finansieeldie moeite werd mits hy net twee rondebale per koei voer.

Lekke bestaan uit Saamstaan Voere vanVrede se sout-en-fosfaatlek in die somer en daarna ’n winterlek wat onder meer prote-ien en ureum bevat, wat noodsaaklik vir die koue winters is.

DIEREGESONDHEID“Een van die voordele van Vrede en War-den is die minder bosluise vergeleke metander dele van die land,” verduidelik hy. Diebekamping van inwendige parasiete is ge-volglik partykeer belangriker as uitwendige parasiete weens die baie vleie en spruite op die plaas wat die bekamping van lewerslak belangrik maak.

James doseer sy beeste twee keer per jaar vir inwendige parasiete en vir bosluise. Ditis belangrik om op die uitkyk vir veral spons-siekte en longonsteking te wees. Hy behan-del die beeste jaarliks vir spons-, lam- enmiltsiekte.

genoeg vir stoetteling is. Hulle het intussen gewys hulle teel nét so goed soos hul maen het reeds ’n paar veilingsbulle gelewer.

NAVRAE:Mnr. James Stephen, e-pos:[email protected]; sel 082 4940015.

BO: Die Elitekoei, GA 07/103. Sy spog ná agtkalwers met ’n baie goeie tussenkalfperiodevan 379 dae. FOTO’S: CHARL VAN ROOYEN

INLAS: Mnr. James Stephen

JAMES STEPHEN082 494 0015

Page 8: ROOI, SWAAR, VRUGBAAR - sussex.co.zasussex.co.za/uploads/Sussex-Landbouweekblad-Julie-2019.pdf · vrou, Susan. “Ek moes jare gelede al met die Sussex begin boer het. Die beeste

8 Bylae tot Landbouweekblad 19 Julie 2019

NAVRAE: Mnr. Johan Esterhuyse, e-pos: [email protected], +264 81 808 9262.

SUSSEXbeeste wat gevoer word ’n GDT van

1,4 kg per dag.

AANPASBAARHEIDNamibië is steeds in die greep van ’n erge droogte, maar Bergland se Sussexbeeste word nog nie gevoer nie.

“Die suide is nie eintlik beeswêreld nie. Ons weiding kan ook nie beestipes met ’n groot raam ondersteun nie,” sê hy.

Die Sussex met sy mediumraam is dus ’n goeie keuse vir dié wêreld. Die diere word op 100 dae gespeen wanneer hulle gemiddeld 220 kg tot 230 kg weeg.

Die weiding in die berge op Bergland kom voor op baie steil hellings wat eers onlangs begaanbaarder vir voertuie gemaak is. Die beeste wei in kampe op Bergland se 45 grade-hellings van sowat 213 meter hoog. Hulle stap met gemak ver en on-dervind geen probleme met hul kloue nie.

Johan sê die klimaat het in sy tyd op Berg-land al hoe droër en warmer geword. Die afgelope 30 jaar se reënvalsyfers toon ’n gemiddelde van ongeveer 200 mm per jaar, maar in die afgelope paar jaar het dit aansienlik afgeneem.

“In 2001 het Bergland 225 mm reën ge-

kry. Vanjaar het ons net 73 mm gekry. Op party plekke op die plaas het slegs 43 mm reën geval.”

Die Sussexbeeste pas selfs by hierdie uiters droë en warm toestande aan.

Johan sê die bevredigendste deel van beesboerdery is om die kalwers te sien aankom. Die vrugbaarheid van sy kudde is bykans 100%. Vir die Sussex se moeder- eienskappe het hy net lof.

“Die enigste ‘probleem’ met ’n Sussex-koei is dat sy sommer ’n ander koei se kalf saam met haar eie sal laat drink.”

Met jakkalse in die omgewing, is Sussex- beeste ’n beter opsie as kleinvee, wat ’n maklike teiken vir dié roofdiere is.

“Sussexkoeie verjaag die jakkalse ge-woonlik, maar ’n klein persentasie baie jong kalwers word wel doodgemaak,” sê hy.

Die jakkalse se getalle word verminder in ’n poging om hulle te bestuur en Johan het 45 km se geëlektrifiseerde heinings gespan.

Die Esterhuyses het ook 100 Boerbokke, want die kombinasie van beeste en bokke in dieselfde kampe goed werk. Bokke vreet meer bosse en blare, terwyl beeste bos en gras vreet. Hulle het ook ’n Dorperkudde met 2 300 ooie. Dié kudde is onlangs uit-gedun met die oog om self ramme vir die kudde te teel.

Mnr. Johan en me. Susan Esterhuyse, eienaars van Bergplaas naby Grünau in Na-mibië, waar hulle met Sussexbeeste boer.

Page 9: ROOI, SWAAR, VRUGBAAR - sussex.co.zasussex.co.za/uploads/Sussex-Landbouweekblad-Julie-2019.pdf · vrou, Susan. “Ek moes jare gelede al met die Sussex begin boer het. Die beeste
Page 10: ROOI, SWAAR, VRUGBAAR - sussex.co.zasussex.co.za/uploads/Sussex-Landbouweekblad-Julie-2019.pdf · vrou, Susan. “Ek moes jare gelede al met die Sussex begin boer het. Die beeste

LBW

10 Bylae tot Landbouweekblad 19 Julie 2019

SUSSEX

HEEL BO: Van links is die Sternagels, Wolf-gang, Helen, Uwe en ouma Rosi, op Ganeib Hunting Farm. FOTO: JACQUELINE LOUW

BO: ’n Sussex-koei met haar Wagyu-kalf – die resultaat van ’n embrio-oordragprogram met Wagyu-teelmateriaal. FOTO: HELEN STERNAGEL

JACQUELINE LOUW

Mnr. Uwe Sternagel boer op Ganeib Hunting Farm sowat 150 km suidoos van Wind-hoek in die Hardap-streek van Namibië. Sy ouers, mnr.

Wolfgang en me. Helen Sternagel, het die plaas 26 jaar gelede gekoop en in ’n bees-en-wildplaas omskep. Sy oom mnr. Thorsten Sternagel en ouma me. Rosi Sternagel is ook by die wildboerdery en plaas betrokke.

Op Ganeib kombineer die Sternagels hul liefde vir beesboerdery, jag en toerisme. Wolfgang en Helen is albei beroepsjagters en bestuur die trofeejagafdeling en gaste-plaas, terwyl Uwe en sy suster, me. Nadja Visagie, op die beeskuddes toegespits is.

BEESBOERDERYBenewens sy kommersiële Sussex-kudde het Uwe laasjaar die Dominus Angus- en-Wagyu-stoetery geregistreer. Sy suster boer met ’n Brahman-en-Charolais-kruisras.

Uwe is aan die ras bekend gestel deur sy bure, mnr. Werner en me. Renate Bader van die Dancel Sussex-stoetery. Hy was só beïndruk deur die Sussex-beeste se posi-tiewe eienskappe dat hy besluit het om ’n kudde te begin.

Uwe sê die mediumraam-Sussex-beeste pas goed aan in die strawwe toestande van die Kalahari. Die ras het natuurlike mar- mering, wat die vleis baie gesog maak. Die ras het ook ’n goeie temperament en is maklik om mee te werk. Die uitsonder-like vrugbaarheid van dié ras was die rede waarom hy Sussex-koeie vir sy Wagyu-teel-program gekies het.

“Selfs in droogtetye maak die embrio- oordragprogram vir my sin. Danksy die luukse nismark vir Wagyus, is dit moont-

Embrio’s gee stukrag aan

stoeterySussex-koeie se uitstekende vrugbaarheid en goeie moedereienskappe maak dit die ideale

ras vir Ganeib Hunting Farm om ’n nuwe Wagyu-stoetery te vestig deur middel van ’n embrio-oordragprogram.

lik om finansieel te oorleef. Só is my op-brengs meer as wat ek met ’n kommersiële beesboerdery of selfs met ’n stoetery sou verdien,” sê Uwe.

VRUGBAARHEIDUwe het Sussex-koeie as surrogaatmoeders in sy Wagyu-teelprogram gekies weens hul vrugbaarheid en uitstekende moedereien- skappe. Hy verkies om sy Wagyu-kalwers met embrio-oordragte te produseer, want dit ’n goedkoper manier is om ’n stoetery op die been te bring.

“So kan ek die teelmateriaal van my keuse kombineer en die beste teelmateriaal ge- bruik sonder die uitgawe om eers Wagyu- stoetdiere op die plaas aan te hou,” sê hy.

Die Wagyu-embrio’s vir die teelprogram kom uit mnr. Sarel du Toit se Lauwwater Wagyu-stoetery.

Die embrio-oorplantingsprogram met die Sussex-koeie is uiters suksesvol, met ’n dragtigheidspersentasie van 70 ná oor- planting van die embrio’s. Die Sussex-koeie word nie uitsluitlik as surrogate ingespan nie, maar word ook in die kommersiële vleisbeeskudde gebruik.

SÓ WERK DITMet die hulp van Absolute Genetics se veeartse behartig Uwe die ingewikkelde en delikate embrio-oordragproses.

’n Maand vóór die inplanting van die embrio’s word die skenker- en ontvanger-koeie se siklusse deur hormoonbehande-ling gesinchroniseer. Dit word gedoen deur die skenkerkoei te laat super-ovuleer deur hormooninspuitings.

Die skenkerkoeie word dan kunsma- tig geïnsemineer om embrio’s te produ-

seer. Met dié proses kan ’n skenkerkoei van nul tot 30 embrio’s lewer. Die ontvan-gerkoeie kom terselfdertyd in estrus en word gemonitor.

Die volgende stap is om die embrio’s uit die skenkerkoeie te spoel en onder ’n mikro- skoop te sorteer. Dooie embrio’s word uit- gegooi en die res word as graad 1 of graad 2 gegradeer. Graad 1- en Graad 2- embrio’s kan ook saamgevoeg word om kombina-siegroepe te vorm. Hierdie proses het dik-wels tweelingkalwers tot gevolg.

Die ontvangerkoeie word ondersoek om te bepaal in watter stadium van hul siklus hulle is. “Dit is belangrik om ’n vyf dae oue embrio ook op die vyfde dag nadat die ontvangerkoei op hitte gekom het, in haar baarmoeder te plaas,” sê Uwe.

’n Embrio uit die linkerkantste fallopie- se buis van die skenkerkoei word ook in die linkerkantste fallopiese buis van die ontvangerkoei geplaas om die beste resul-tate te verseker. Sowat twee maande ná die embrio-oordrag ondergaan die ontvanger-koei ’n dragtigheidstoets.

Uwe is só ingenome met die resultate wat hy tot dusver met die Sussex en embrio- oorplantings verkry het dat hy dit steeds in die toekoms sal toepas, selfs wanneer sy Wagyu-stoetery gevestig is.

NAVRAE: E-pos: [email protected]; +264 81 122 0528.

Page 11: ROOI, SWAAR, VRUGBAAR - sussex.co.zasussex.co.za/uploads/Sussex-Landbouweekblad-Julie-2019.pdf · vrou, Susan. “Ek moes jare gelede al met die Sussex begin boer het. Die beeste
Page 12: ROOI, SWAAR, VRUGBAAR - sussex.co.zasussex.co.za/uploads/Sussex-Landbouweekblad-Julie-2019.pdf · vrou, Susan. “Ek moes jare gelede al met die Sussex begin boer het. Die beeste

LBW

12 Bylae tot Landbouweekblad 19 Julie 2019

SUSSEX DR. HELENA THERON

Vrugbaarheid het ’n genetiese grondslag. Sommige koeie is dus vrugbaarder as ander en seleksie vir koeivrugbaar-heid, ondanks die laer oor-

erfbaarheid van sommige eienskappe, is dus moontlik.

Die vrugbaarste koeie in ’n kudde sal byvoorbeeld elke jaar vroeg in die dektyd dragtig raak en elke jaar kalf. Daarteen-oor sal minder vrugbare koeie, in dieselfde kudde in dieselfde omgewingstoestande as die vrugbare koeie, neig om eers later in die dektyd dragtig te raak. Só ’n koei is minder winsgewend as ’n hoogs vrugbare koei omdat daar ’n goeie kans is dat sy kan oorslaan.

GOEIE REKORDSSussextelers het reeds jare gelede die be-langrikheid van seleksie vir vrugbaarheid besef en genetiese tendense toon dat kon-stante seleksie vir vrugbaarheid suksesvol toegepas is.

Vrugbaarheidsrekords word al sedert 1973 vir Sussexkoeie op SA Stamboek se Logix-databasis aangeteken ( GRAFIEK 1 ).

Daar is altesame meer as 37 000 kalf- rekords van verse (die ouderdom met eerste geboorte) en bykans 25 000 kalfrekords van koeie (eerste tot derde tussenkalfperiodes [TKP]) in hierdie stelsel.

Vrugbaarheid kan só verbeter word

Vrugbaarheid is een van vleisbeeste se belangrikste eienskappe. Die genetiese verbetering van vrugbaarheid is moontlik en dit is nodig vir volhoubare veeproduksie.

LANGLEWENDHEIDLanglewendheid is nog ’n belangrike aspek van vrugbaarheid. ’n Koei wat in die kudde oud word, is noodwendig suksesvol en vrugbaar en het gesogte teelmateriaal. Daar is ook byna 12 000 skrotumomvangrekords vir jong bulle wat vir teelwaardeberaming gebruik word.

Die skrotumomtrek het ’n hoë korrelasie met spermproduksie en is ’n goeie aandui-ding van bulvrugbaarheid.

Versvrugbaarheid word gemeet deur te kyk hoe vroeg in die dektyd die vers dragtig raak. Die meeste Sussexverse kalf vir die eerste keer op die ouderdom van 32-36 maande, met ’n hoogtepunt op 34 maande.

Koeivrugbaarheid word gemeet volgens die TKP. Hoe korter die TKP, hoe vrug-baarder is die koei en hoe meer kalwers lewer sy. Die eerste drie TKP’s word in die teelwaardeberaming in ag geneem. Volgens die Sussexras se data is die meeste koeie se gemiddelde TKP vir die eerste drie laktasies 12 tot 14 maande, met ’n hoogtepunt op 12 maande.

Langlewendheid word beraam met die kontemporêre geboortegroep as vertrek-punt, en die erosie van diere van daar af tot op ’n ouderdom van 10 jaar. Omdat dit ’n teelwaarde is, word prestasie van die koeifamilie ook in ag geneem. ’n Koei het dus nie net nodig om self vrugbaar te wees nie; haar nageslag moet ook behoue bly in die ras. In dié geval toon die Sussex ook ’n uitsonderlike prestasie.

VRUGBAARHEIDSWAARDEOm telers in staat te stel om gelyktydig op ’n gebalanseerde wyse vir al die koei se vrugbaarheidsteelwaardes te selekteer, word die teelwaardes vir versvrugbaar-heid, oftewel ouderdom met haar eerste kalf se geboorte, TKP (koeivrugbaarheid) en langlewendheid in ’n enkele vrugbaar-heidswaarde saamgestel.

Relatief tot die vrugbaarheid van die hedendaagse Sussex, wat ’n vrugbaarheids-waarde van 100 het, het vrugbaarheid met meer as 25 indekspunte oor die afgelope 40 jaar verbeter ( GRAFIEK 2 ).

Langdurige en konstante seleksie vir vrugbaarheid deur Sussextelers toon hulle het met verloop van tyd die ras geneties verbeter en Sussexkoeie toon dus geneties uitsonderlike vrugbaarheid.

NAVRAE: E-pos: [email protected]

3

2

1

0

-1

-2

-3

-4

-5

-6

28

27

26

25

24

23

221970 1975 1980 1985 1990 1995 2000 2005 2010 2015 2020 1970

EBV

VIR

TKP

VRUG

BAA

RHEI

DSW

AA

RDE

GEBOORTEJAAR GEBOORTEJAAR

GRAFIEK 1: DIE GENETIESE TENDENS VIR DIE TUSSENKALF- PERIODE TOON KONSTANTE VERBETERING OOR DIE AFGELOPE 40 JAAR

GRAFIEK 2: DIE GENETIESE TENDENS VIR DIE VRUGBAARHEIDS- WAARDE TOON SUSSEXTELERS HET SEDERT DIE VROEË 1970’S HUL DIERE VIR VRUGBAARHEID VERBETER

1970 1980 1990 2000 2010 2020

105

100

95

90

85

80

75

70

’n Koei het dus nie net nodig om self vrugbaar te wees nie; haar nageslag moet ook behoue bly in die ras.

Page 13: ROOI, SWAAR, VRUGBAAR - sussex.co.zasussex.co.za/uploads/Sussex-Landbouweekblad-Julie-2019.pdf · vrou, Susan. “Ek moes jare gelede al met die Sussex begin boer het. Die beeste

Bylae tot Landbouweekblad 19 Julie 2019 13

Bylae tot Landbouweekblad 13 Julie 2018 PB

Die Eversar Sussex-stoetery, geleë naby Petrus Steyn in die Oos-Vrystaat, is vanjaar 49 jaar oud en geniet steeds groot sukses met dié ras.

“Ons teel bekostigbare diere, met uitson-derlike eienskappe uit die beste beskikbare teelmateriaal in die land. Ons bulle word geselekteer vir bespiering, gladde haar-kleed en groeivermoeë.

“Nadat hulle gespeen is, ondergaan alle bulle ’n fase D-toets op die veld,” sê mnr. Chris Nel, eienaar. “Ons doel is nie maksimum groei nie, maar slegs om swak groeiers uit te skakel.”

Ná die fase D-toets bly die bulle op die veld met net ’n lek. Die bulle word dan weer op die veld, en nooit in ’n kraal nie, vir Eversar se jaarlikse produksieveiling in September afgerond.

“Daarom is ons bulle gewoond aan stap en is fiks en maklik aanpasbaar. Ons vrou-like diere word geselekteer vir ’n gladde haarkleed, goeie moedereienskappe, vrug-baarheid en aanpasbaarheid. Daarom is ons vroulike diere gesog en het ons in 2016 die koei Eversar Anita vir ’n Suid-Afrikaan-se rekordprys van R85 000 verkoop.”

Eversar se diere word op Oos-Vrystaat-se suurveld met koue winters aangehou en daarom is veldaanpasbaarheid van die uiterste belang.

Vyf dekades wink vir Eversar Sussex

Kom koop vir jou ’n rooi, swaar, vrugbare vleismasjien by die Eversar Sussex-stoetery se 28ste produksieveiling in September in die Vrystaat.

“Alle diere word op grond van bouvorm en syfers geselekteer omdat albei vir ons belangrik is. Daarmee word die wetenskap en die praktyk versoen. Eversar Sussex se beraamde teelwaarde vir geboortegewig is onder die rasgemiddelde, terwyl ons be-raamde teelwaarde vir groei en melk weer bo die rasgemiddelde is.”

WAAROM EVERSAR SUSSEX?Eversar se 28ste produksieveiling is vanjaar op 10 September, op die plaas George in die distrik Petrus Steyn.

Die aanbod bestaan uit 35 geregistreerde bulle (2 jaar oud, gehard, goed bespierd en aanpasbaar) en 10 dragtige, vroulike stoetdiere (topteeldiere dragtig van die beste kuddevaars in die land).

Dié eienskappe is deur streng seleksie oor 49 jaar vasgelê.

■■ Vrugbaarheid. Elke vroulike dier wat nie elke jaar dragtig raak nie, word geprul en glad nie aan die mark beskikbaar gestel nie.

■■ Gemaklike geboorte. Diere se geboorte-gewig en geboortegewigteelwaarde is onder die rasgemiddelde. Pelvismeting word op alle verse en bulle gedoen om diere sonder geboorteprobleme te teel en beskikbaar te stel.

■■ Swaar speenkalwers. Die groei van Eversar-Sussex-beeste is ver bo die

rasgemiddelde en bulle het voldoende bespiering om swaar speenkalwers te teel.

■■ Goeie moedereienskappe. Melkteelwaar-des is bo die rasgemiddelde.

■■ Gladde haarkleed. Eversar Sussex se beeste is bekend vir hul gladde haarkleed.

■■ Aanpasbaarheid. Beeste is veldaange-pas en loop op Oos-Vrystaatse suurveld. Daarom neem ons ook nie aan skoue deel nie omdat dit slegs ’n klein groepie diere bevoordeel wat op ’n onnatuurlike wyse oorvoer word. Benewens die feit dat skoudiere nie vir veldaanpasbaarheid geëvalueer kan word nie, maak hierdie diere ook die kuddes waaruit hulle kom, se teelwaardes onakkuraat omdat seke-re klein groepies diere bevoordeel en gepamperlang word. By Eversar Sussex kan jy weet diere word in veldtoestande geëvalueer, nes die omstandighede waar-in hulle moet presteer, en dat hulle deur akkurate syfers ondersteun word.

■■ Gesondheidstatus. Die kudde is brucel-lose- en tuberkulose-negatief. Bulle is vry van trichomoniase en vibriose. Alle inen-tings word stiptelik gedoen.

■■ Groot kudde. As een van die grootste kuddes in die land maak getalle streng seleksie moontlik.

PROMOSIE

NAVRAE: Mnr. Chris Nel, 078 245 4442, 083 654 9638; web: www.eversar.co.za

Die stoetery doen al die afgelope 20 jaar pelvismetings op manlike en vroulike diere. Tesame met seleksie vir diere wat nie té hoë geboortegewig het nie, verseker dit dat diere sonder geboorteprobleme aan die bedryf beskikbaar gestel word.

Eversar se jaarlikse produksieveiling word in September gehou. Bulle word op die veld afgerond, is gewoond aan stap, is fiks en maklik aanpasbaar. FOTO’S: ANDRÉ PRETORIUS

SUSSEX

Page 14: ROOI, SWAAR, VRUGBAAR - sussex.co.zasussex.co.za/uploads/Sussex-Landbouweekblad-Julie-2019.pdf · vrou, Susan. “Ek moes jare gelede al met die Sussex begin boer het. Die beeste

LBW

Bylae tot Landbouweekblad 13 Julie 2018 PB

14 Bylae tot Landbouweekblad 19 Julie 2019

SUSSEX

Die swaar speenkalwers, moedereienskappe en vrugbaarheid van die Sussex-ras is ’n bate in die Van Niekerk-broers se kom-mersiële kudde. FOTO’S: WAYNE SOUTHWOOD

WAYNE SOUTHWOOD

Die Van Niekerk-broers se boer-dery buite Ficksburg is tipies Oos-Vrystaat: Dis geleë tussen pragtige sandsteenberge en suur-veld met reënval van gemiddeld

600 mm per jaar. Die drakrag van die veld is 3 ha per grootvee-eenheid (GVE). Op bewerkbare dele word mielies, koring en sonneblomme geplant. Die grond wat nie geskik is vir gewasverbouing nie, word gebruik vir die kommersiële Sussex-kudde.

Johan is verantwoordelik vir die bees-vertakking van die boerdery 12 km buite Ficksburg op die pad na Fouriesburg. Hy is ook die direkteur van die sentrum vir vol-houbare landbou aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein. Hy teel reeds 12 jaar lank met groot sukses kommersieel met die Sussex-ras.

Ignatius, of Ig soos sy vriende hom ken, is verantwoordelik vir die saaiery en word bygestaan deur mnr. Ryno Koen, die plaas-bestuurder. Koen sorg dat alles vlot verloop op die plaas en is ook verantwoordelik vir die daaglikse bestuur van die saaiery en die

Sussex gedy in Oos-Vrystaat

Mnr. Ignatius en dr. Johan van Niekerk, broers en derdegeslagboere, boer op die familieplaas in die Oos-Vrystaat met ’n kommersiële Sussex-kudde.

beeste. Die broers – wat deeltyds boer – se pa, Kobus, is nog betrokke in ’n raadgewen-de hoedanigheid en hou daagliks ’n oog oor die boerdery.

Volgens die broers bied deeltydse boer-dery hulle die beste van twee wêrelde deur hul onderneming, boerdery en akademie te kombineer.

AANPASBAARHEIDJohan vertel hoe die Sussex-ras se aanpas-baarheid by die Oos-Vrystaat inskakel. Dié Britse ras se eenvormige, kersierooi pels is in die wintermaande ideaal vir die koue Oos-Vrystaatse winters. Die verha-ringsproses in die somer lei tot die ras se gladde haarkleed. Gepaardgaande met hul baie sweetkliere is die ras dus steeds goed aangepas vir die toestande tydens die veel warmer somer van die Oos-Vrystaat.

Die ras se kort, stewige beenstruktuur maak hom beweegliker op enige terrein. Dit vergemaklik beweiding in die Oos- Vrystaatse berge. Sodoende kan meer wei-veld benut word.

Die Sussex is ’n baie kalm ras, wat han-tering in krale vergemaklik. Langlewend-heid en goeie vrugbaarheid is nóg twee kenmerke.

Verder het die ras besonder sappige vleis en geniet voorrang by verbruikers. Die ras behaal gewoonlik ’n hoër as gemiddelde prys op veilings.

Koen sê die Sussex is ’n rustige bees en dit is ’n groot plesier om met hulle te werk. Op Sondae, wanneer hy die telwerk alleen gaan doen, roep hy hulle – en hulle kom, want hulle ken sy stem.

Daar word met 400 kommersiële Sussex- koeie geboer. Een bul per 30 koeie word gebruik en ’n besettingsyfer van 95% word behaal.

Die dektyd strek van 1 Desember tot ein-de Februarie en kalftyd van September tot November. Kalwers word vanaf Maart ge-speen. Op sewe maande is die gemiddelde speengewig 235 kg wanneer die kalwers by BKB se veilingkraal op Ficksburg ver-koop word.

Die troppe is vanaf Oktober tot Junie op die veld en wei daarna op mieliereste. Net ’n bietjie groenvoer (rog en hawer) word geplant om die beeste deur te trek voor hulle die reste bewei en voor die veld reg is.

Al die beeste kry Voermol 450-Premix-pro-teïenlek (reg.nr. V4676, Wet 36 van 1947) in die winter en ’n fosfaatlek in die somer.

Die veekomponent van die boerdery het in die afgelope paar jaar belangriker geword, veral tydens droogtetye, soos in 2015-’16.

NAVRAE: Dr. Johan van Niekerk; e-pos: [email protected]; 083 231 7380.

Die aanpasbaarheid van die Sussex beteken dat dié ras in die Oos-Vrystaatse winter én somer goed presteer en ’n goeie kondisie handhaaf met die minimum ingryping.

Mnr. Ryno Koen Dr. Johan van Niekerk

Page 15: ROOI, SWAAR, VRUGBAAR - sussex.co.zasussex.co.za/uploads/Sussex-Landbouweekblad-Julie-2019.pdf · vrou, Susan. “Ek moes jare gelede al met die Sussex begin boer het. Die beeste

Faurzyl Sussex Stoet

Ons teel gehalte Sussex vir die kommersiële- en stoetteler

Bulle word verkoop op die Nasionale Veiling op 15 Aug. 2019 en daarna van die plaas af.

TZ16-58

Theo van Zyl Snr. 082 466 2467 | Theo van Zyl Jnr. 082 564 4921 | [email protected]

TZ16-91

Vir kampioen teelmateriaaluit die Overberg.

072 443 7740 | 028 424 [email protected] 25 | Bredasdorp | 7280

Page 16: ROOI, SWAAR, VRUGBAAR - sussex.co.zasussex.co.za/uploads/Sussex-Landbouweekblad-Julie-2019.pdf · vrou, Susan. “Ek moes jare gelede al met die Sussex begin boer het. Die beeste

LBW

16 Bylae tot Landbouweekblad 19 Julie 2019

SUSSEX

Eerstekalfkoeie weeg omtrent 500 kg, hulle kalf maklik en die kalwers groei vinnig, met ’n speengewig van 267 kg op sewe maande. FOTO’S: WAYNE SOUTHWOOD

WAYNE SOUTHWOOD

Mnr. Gilly Scheepers boer saam met sy vrou, René, en kinders, Harrison, JZ en Frieda, in die Oos-Vrystaat-streek, wat strek vanaf Paul Roux tot Bethle-

hem, Fouriesburg en Ficksburg. Hul boer-dery het lêhoenders, ’n saaiery, wolskape, speenkalwers en vrugte.

Die landgoed Bloukruin is ’n indrukwek-kende onderneming. Alles is netjies op sy plek en getuig van sukses. Hul leuse is “Hou dinge so eenvoudig moontlik” en só word daar nie onnodig geld of tyd verspil nie.

Sussexbeeste speel ’n belangrike rol in die onderneming ten einde die plase ten volle te benut. Daar is baie koppies, berge en dale in die Oos-Vrystaat en al die dele wat nie geskik is vir landerye nie, word deur die beeste bewei.

Die plase het almal suurveldweiding, wat goed is tydens die somer, maar minder be-nutbaar in die winter. Dus werk dit uitste-kend dat die beeste die landerye se oesreste tydens die winter kan “skoonmaak”.

Scheepers se pa, Jannie, het met ’n ver- skeidenheid rasse in die Oos-Vrystaatse berge geboer, maar in 1968 besluit om net met Sussexbeeste te boer. Scheepers het in 1988 op sy eie begin boer.

Hy sê wanneer ’n mens jonk is, wil jy nie na jou pa luister nie en wil jy net jou eie ding doen. So het hy ook met verskillende rasse begin boer, maar later besef sy pa was reg en daarom het hy ook na rasegte Sussexbeeste oorgeslaan.

RASVOORDELE“Die grootste voordeel van die Sussexras is sy temperament. Ek wil nie sukkel met wilde beeste nie. Die ras is baie kalm en maklik om te hanteer,” sê Scheepers.

Die ras is uiters vrugbaar en vyf van sy koeitroppe het vanjaar 100% beset geraak. Die kalfies is klein, wat uitstekende gemak met geboortes verseker, met die geboortege-wig wat gemiddeld 34 kg tot 38 kg is. Die gemiddelde speengewig is vanjaar 267 kg op sewe maande.

Die Sussex is ’n veelsydige ras wat maklik

Sussex: ‘Beste ras vir speenkalwers’

Die Sussex is die beste beesras vir speenkalfproduksie. Só meen mnr. Gilly Scheepers, wat elke jaar meer as duisend rasegte Sussex-speenkalwers kommersieel lewer.

in bergagtige dele aanpas. Sy kommersiële kudde vertoon boonop soos ’n stoetkudde. Die koeie is eenvormig, het goeie diepte en uiers, en is vrugbaar en winsgewend. Eerstekalfkoeie weeg omtrent 500 kg en die ouer koeie sowat 550 kg.

Dit het wel baie jare geduur om die kud-de te kry waar dit vandag is. Aanvanklik is enige beesras aangekoop net om getalle op te bou, maar hy het slegs Sussexstoetbulle gebruik. Later het Scheepers drie keer “die stert van die kudde afgesny” en al die swak-ker koeie in 2009, 2014 en 2017 uitgeskot.

KUDDEBESTUURDie koeitroppe wissel van 70 tot 100 en elke bul moet 25 koeie dek. Net voor die dektyd wei die bulle op roglande om hul-le mooi in kondisie te kry voordat hulle moet werk. Vervangingsbulle word slegs van bekende stoettelers aangekoop. Schee-

pers meen bulle se pryse is billik en nie so buitensporig duur soos baie ander rasse nie.

Die beste vervangingsverse (350 vanjaar) word drie maande vóór die koeie gedek. Die bulle loop vanaf 1 Julie tot einde Sep-tember saam met dié verse en die verse kalf van April tot Junie.

In die volgende kalftyd sal dié verse vanaf 1 Oktober tot einde Desember saam met die koeie gedek word sodat hulle vanaf Julie tot September kalf.

Al die troppe kry ’n tuisgemaakte lekmengsel van mieliemeel, soja- of sonne-blomoliekoek, semels, ureum, melasse-meel, sout, P21, voerkalk en byvoegings van SA-premix. Dit word ad lib deur die jaar gevoer.

Aangesien die troppe ver uitmekaar is, begin hulle vanaf middel April die ossies in een trop naby Paul Roux bymekaar-maak. Hulle wei op mieliereste tot hulle

Page 17: ROOI, SWAAR, VRUGBAAR - sussex.co.zasussex.co.za/uploads/Sussex-Landbouweekblad-Julie-2019.pdf · vrou, Susan. “Ek moes jare gelede al met die Sussex begin boer het. Die beeste

Skietlaagte Farms - Landbou 1-2 page Ad-V2C(afr).pdf 1 2019/06/07 11:03 AM

#1

Bloukrans

Boerdery

Gert Fourie,

Sel 082 770 3392

E-pos: [email protected]

Posbus 36, Askham 8814

Rasreg vir jou!

Groot & Senior Kampioen 2017Upington Landbou Expo

Kyknou Sussexstoet

Page 18: ROOI, SWAAR, VRUGBAAR - sussex.co.zasussex.co.za/uploads/Sussex-Landbouweekblad-Julie-2019.pdf · vrou, Susan. “Ek moes jare gelede al met die Sussex begin boer het. Die beeste

18 Bylae tot Landbouweekblad 19 Julie 2019

gelaai kan word. Dit is ’n belewenis om die bykans 500 eenvormige Sussexossies bymekaar te sien.

Tydens kalftyd word die trop in ’n kamp geplaas. Nadat hulle gekalf het, word hulle verskuif na die “kleuterskool”, waar die kudde se identifikasiemerk in die oor geknip en die bulletjies gekastreer word. Horingknoppe word gebrand op die ouder-dom van een tot twee maande.

’n Inentingsprogram teen spons-, lam- en miltsiekte (3-in-1) word gevolg.

Kalwers word ontwurm en teen spons-siekte ingeënt. Multimin (reg.nr. G3371, Wet 36 van 1947) word ook in die hele kudde gebruik. Die beeste word slegs gedip indien bosluise sigbaar is en nie volgens ’n program nie, aangesien bosluise nie ’n groot kwessie is nie.

Die troppe bewei oesreste vyf maande lank, vanaf Mei tot September. Hulle word verskuif wanneer bewerking gedoen moet word.

VOERKRAALOp die landgoed Bloukruin word eenvou-dige, maar doeltreffende bestuur toegepas, maar dié stelsel maak geld.

Mnr. Marius Zevenster, wat al 15 jaar lank bestuurder van EAC Voerkrale in Bethlehem is, sê die Sussexosse wat by Bloukruin aangekoop word, vaar uitste-kend. Hul groeisyfers verstom en die goed versorgde beeste pas maklik aan sonder spanning. Almal is onthoringde osse met uitstekende temperament. Verlede jaar se voerkraalresultate was:

■■ Aanvangsgewig: 265,22 kg■■ Eindgewig: 503,62 kg■■ Groei (toename): 238,4 kg

Net stoetbulle, wat by bekende telers gekoop word, word in hierdie kudde gebruik.

■■ Voeromsettingsverhouding: 7,2 kg■■ Gemiddelde daaglikse toename: 2,17 kgEAC verkies ’n aankoopgewig van laer

as 250 kg, maar is tevrede met Scheepers se beeste wat 267 kg weeg. Zevenster weet hulle sal uitstekend groei, binne 110 dae 500 kg weeg en A2-graad uitslag, met vleis van hoogstaande gehalte.

Bykans 500 eenvormige Sussexossies bymekaar.

NAVRAE: Mnr. Gilly Scheepers, 082 492 3821, e-pos: [email protected] of [email protected]

SUSSEX

BLEMA BA KAN Sussexstoet

Bekroon as Sussexkudde van die jaar 2015, 2016 & 2018en

Vleissentraal Goue Meriete-vleisbeeskudde 2016, 2017 & 2018

Skakel Junior Keyser, 083 387 6775

E-pos: [email protected] | Kroonstad

Page 19: ROOI, SWAAR, VRUGBAAR - sussex.co.zasussex.co.za/uploads/Sussex-Landbouweekblad-Julie-2019.pdf · vrou, Susan. “Ek moes jare gelede al met die Sussex begin boer het. Die beeste

Vrugbaarheid & Speengewig

Stotterheim Sussex FC DUROW TRUSTCarl & Carien DurowSkeefkop - ClocolanSel: 083 305 0664

[email protected]

Vrugbaarheid & Speengewig

Stotterheim Sussex 23steProduksieveiling

Woensdag21 Augustus 2019

Om 11:00Plaas Skeefkop

Clocolan

AANBOD:

40Sussex SP bulle

20Afrika

Droughtmaster bulle

Top kwaliteitSussex vroulike diere

Vir meerbesonderhede kontak:

Carl: 083 305 0664Trevor: 082 446 5810

Niel: 083 309 9022

Page 20: ROOI, SWAAR, VRUGBAAR - sussex.co.zasussex.co.za/uploads/Sussex-Landbouweekblad-Julie-2019.pdf · vrou, Susan. “Ek moes jare gelede al met die Sussex begin boer het. Die beeste

LBW

Bylae tot Landbouweekblad 13 Julie 2018 PB

20 Bylae tot Landbouweekblad 19 Julie 2019

SUSSEX

Volmaan Boerdery kruis Sussex-bulle met Nguni-koeie. Dit lewer speenkalwers wat tot 20 kg swaarder weeg. FOTO’S: VOLMAAN BOERDERY (TENSY ANDERS VERMELD)

Sussex-bulle, met hul bewese groei- syfers, gee vir hulle in die alge-meen swaarder speenkalwers wanneer hulle dié bulle met hul Nguni-koeie kruisteel, sê mnr.

Herman van Eeden.Hy en sy vennoot, mnr. Willie Steyn,

woon eintlik in Johannesburg, maar boer deeltyds op hul plaas Volmaan Beesboer-dery in die Vredefortkoepel in die Vrystaat.

“Ons is gelukkig om ’n uitstekende plaasbestuurder, Derek Bam, te hê wat heeltyds op die plaas woon en sy vinger op die pols hou,” sê Van Eeden.

Die plaas is 1 500 ha groot, en die boer-dery gaan oor vleis. “Die hoofvertakking is vleisbeeste, hoewel ons ook ’n klein gedeelte het wat op skape konsentreer.”

Puik resultate danksy dié kruisteling

Om ’n ekonomiese boerdery op die been te hou, sit nie in enige Jan Rap en sy maat se broek nie, maar die Sussex-bulle waarmee dié boere kruisteel, maak hulle volhoubaar.

Die kudde bestaan uit 300 Nguni-koeie.“Ons het sedert begin 2017 van rasegte Nguni’s af begin wegbeweeg en het drie verskillende Europese vleisrasbulle, waar-van Sussex een is, vir kruisteling begin ge-bruik. Die voordele van kruisteling vir ’n vleisbeesboer kan nie betwis word nie,” sê Van Eeden.

KRUISTELINGVolmaan Boerdery se besigheid is om speenkalwers te verkoop en aan die vleis-mark te lewer.

Hoewel die twee boere bulle verskillende rasse gebruik om met die Nguni’s te kruis-teel, toon die statistieke duidelik dat die Sussex-beesras vir hulle ’n groter speenkalf lewer – gemiddeld 20 kg swaarder.

Hulle koop Sussex-bulle by telers soos mnr. George Potgieter van die Pothou-stoe-tery in die Vredefortkoepel en die Rhys Evans-groep van Viljoenskroon.

Van Eeden sê die Blup-waardes van die bul speel ’n belangrike rol in sy keuse. Dit is vir hom belangrik om ’n geharde en veld-aangepaste bul te koop.

Die Sussex-kruiskalwers staan kop en skouers uit, met ’n speengewig van gemid-deld 210 kg per kalf.

“Selfs in ’n swakker seisoen vaar ons Sussex-kalwers die beste. Ons begin dus die ander rasse uitskot, want as ons kudde se gemiddelde speengewig na die Sussex- speengewig opgestoot kan word, sal dit ’n groot verskil aan ons inkomste maak.”

Elke 10 kg ekstra gewig aan ’n speenkalf is sowat R300 se inkomste.

HOEKOM KRUISKALWERS?Hoewel Nguni’s baie vrugbaar is en goed in die omgewing aanpas, is dit ’n klein- tot mediumraambees, sê Van Eeden.

“Ons het die besluit geneem om met die Nguni’s te begin kruisteel omdat ons selfs met die ander beesrasse se bulle steeds ’n aansienlik hoër speengewig kry as wat ons met ’n rasegte Nguni-speenkalf kry. Die Nguni’s, vanweë hul bou, lewer kleiner speenkalwers.”

DEKTYDWanneer Van Eeden en Steyn bulle aan-koop, is dit vir hulle belangrik dat die bul nie te groot is nie.

Die Nguni is bekend daarvoor dat hulle maklik kalf, en die Sussex-bulle veroorsaak in die algemeen geen probleem nie.

“Ons kry ’n klein kalf van 20-24 kg. Die koeie het dus nie spesiale aandag tydens kalf- tyd nodig nie.”

Hulle benut twee dektye per jaar — van- af 15 November en weer vanaf 15 Mei.

Die bulle is dan in albei gevalle drie maande lank by die koeie.

“Ons beplan vir 25 koeie per bul.”Die kalftyd is van middel Augustus tot

November, en van Februarie tot Mei.“ ’n Koei wat nie in die dektyd dragtig

raak nie, word behoorlik geëvalueer om in die kudde te bly, anders word sy uitgeskot.

“Ons vind daar is soms ’n goeie rede waarom die koei nie dragtig geword het nie, en dan kry sy ’n finale kans om in die kudde te bly. Van die koeie met ’n langer gemiddelde tussenkalfperiode (TKP) skuif aan na die volgende dektyd.

“Ons het ’n kalfpersentasie van hoog in die 90, en die kudde se gemiddelde TKP is sowat 400 dae. Sonder so ’n hoë kalf-persentasie kan ons nie volhoubaar boer

Page 21: ROOI, SWAAR, VRUGBAAR - sussex.co.zasussex.co.za/uploads/Sussex-Landbouweekblad-Julie-2019.pdf · vrou, Susan. “Ek moes jare gelede al met die Sussex begin boer het. Die beeste

Bylae tot Landbouweekblad 13 Julie 2018 PB

BO: Mnr. Morné Cloete se Jersey-Sussex- kruisspeenkalwers by die Huntersvlei-Sus-sex-voerkraal pres-teer goed en lewer vleis aan ’n nismark. FOTO: ENRICO CLOETE

LINKS: Bont kalwers vaar volgens mnr. Herman van Eeden van Volmaan Boer-dery nie te goed by voerkrale nie. Hulle selekteer dus vir een-vormige kleure, soos swart en dieprooi.

nie,” sê Van Eeden.Hulle speen die kalwers streng aan die

einde van die sewende maand ná geboorte. Die Sussex-bulle toon duidelik dat hulle in hierdie stelsel die swaarste speenkalf in die Vredefortkoepel-omgewing teel.

“Ons bemark die speenkalwers onmid-dellik ná speen. Die grootste gedeelte van ons speenkalwers word op veilings ver-koop. Die bekende voerkrale in ons om-gewing koop ons kalwers, en ons het ook bure wat van die bulletjies koop om as osse op die veld te laat uitgroei.”

VOERKRALEInheemse rasse kry maar swaar by voer- krale en Van Eeden meen sy bont kruiskal-wers is geen uitsondering nie.

“Daar is ongelukkig, sonder grondige redes, diskriminasie teen die bont kal-wers. Die genetiese eienskappe van die bont kalwers is nie anders as dié van die res van die kalwers nie. Ons ervaring is dat hulle net so goed as die ander groei.”

Om die kans op goeie pryse by voerkra- le te verbeter, probeer hulle deur bulselek-sie nogtans om van bont speenkalwers af weg te beweeg.

“Die eenvormige kleur van die Sussex- kruiskalwers, gewoonlik swart of dieprooi, verseker dat ons baie goeie pryse by ál die voerkrale kry.”

JERSEY-SUSSEXMet die druk waaronder die melkbedryf verkeer, het mnr. Morné Cloete besluit om sy Jersey-koeie met Sussex-bulle te kruis-teel. Sodoende het hy ’n volhoubare mark vir sy oortollige verse gekry.

Op die plaas Uitsig (500 ha) by Elliot in die Oos-Kaap boer Cloete met Sussex- kruisbeeste. Met vier tot vyf grootvee-een-hede per hektaar bestaan die boerdery uit ’n Sussex-stoetery van 45 koeie en ’n Jer-sey-kudde van 450 koeie.

“Ons Jersey-koeie word deur kunsmatige inseminasie bevrug en die wat oorslaan, word deur Sussex-opvangbulle gedek. Die redes hiervoor is die kalfgrootte, die daaglikse groei en die temperament van die Sussex. Die onvoorspelbaarheid van die melkmark het dit nie sinvol gemaak om aan te hou om Jersey-bulle in die melkkudde te gebruik nie, want daar is geen mark vir oor-tollige, rasegte Jersey-verse nie,” sê Cloete.

KALWERSDie kalfies word grootgemaak op 4 liter melkpoeier per dag en voerkorrels ad lib tot hulle 80 kg weeg. Daarna gaan hulle veld toe. Die gemiddelde daaglikse gewigstoe-name van kalwers is 500-800 gram per dag.

Die kalwers kry 1 kg Voermol Supermol in die somer tot op 150-180 kg en word dan op weiding gesit, waar hulle 1 kg tot 1,5 kg

gewig per dag aansit. Op 250 kg word die kalwers na die Huntersvlei-voerkraal ge-stuur vir afronding en slag.

“Deur die Sussex te gebruik, kon ons waarde toevoeg tot die bulkalwers wat ons in die algemeen sou weggee of twee jaar lank moes grootmaak totdat hulle swaar genoeg was om geslag te word. Nou duur die proses slegs 18 maande,” sê Cloete.

VLEISMARKJerseyvleis is bekend om sy smaak en geel vet wat dit ’n unieke smaak gee.

“Met die Sussex-kruising kan ons steeds hierdie eienskappe behou, maar voeg net meer ‘vleis’ op die karkas en rond die dier vinniger in die voerkraal af,” sê Cloete.

Huntersvlei Sussex se voerkraal konsen-treer op rasegte Sussex- en Sussex-kruis- diere. “Daarom koop ons Cloete se Sussex- Jersey-kruiskalwers aan,” sê mnr. Enrico Cronjé van Huntersvlei Sussex.

Cronjé meen dit is opvallend dat hierdie kruisspeenkalwers nie soos ander speen-kalwers gewig verloor tydens aanpassing nie, maar eerder gewig aansit.

“Dit kan toegeskryf word aan die feit dat hulle reeds op ’n paar dae oud van hul moeders weggeneem en met die hand groot-gemaak word, soos in normale melkerytoe-stande. Hul ervaar dus geen speenskok nie. Hul rumens is ook baie goed aangepas vir ruvoer en stysel omdat hulle al van baie kleins af meel ontvang.”

GEWIGVan dié speenkalwers sit tot 35 kg in die aan-passingstydperk van 14 dae aan. Met aan- koms weeg die kalwers 230-260 kg. Binne 140 dae voer Cronje die beeste om ’n teiken- gewig van 430-480 kg te bereik.

“Hulle behaal nie die daaglikse groei van die meeste ander Sussex-kruisdiere nie, maar dit vul ’n nismark. Ons dien geen hormone toe aan die Jersey-kruiskalwers nie en behaal steeds gemiddelde daaglikse groei van 1,63 kg, met ’n voeromsetting van 5,74 kg voer per kilogram vleis. Hulle slag gemiddeld 59% uit,” sê Cronjé.

Bylae tot Landbouweekblad 19 Julie 2019 21

Page 22: ROOI, SWAAR, VRUGBAAR - sussex.co.zasussex.co.za/uploads/Sussex-Landbouweekblad-Julie-2019.pdf · vrou, Susan. “Ek moes jare gelede al met die Sussex begin boer het. Die beeste

LBW

22 Bylae tot Landbouweekblad 19 Julie 2019

SUSSEX LEDELYS

KLUB STOETERY NAAM NOMMER DORP/STAD E-POS

Namibië Dancel Werner en Renate Bader+26 481 127 1612

Windhoek, Namibië

[email protected]

Zimbabwe NPK Newton Kanhema+25 470 902 1102

Harare, Zimbabwe

[email protected]

Sentraal Witkwas Nico en Trudie Bouwer 083 272 6158 Delareyville [email protected] Heritage Arno en Jeanine Cronjé 084 699 1086 Viljoenskroon [email protected]

Sentraal Huntersvlei David en Claire Evans 082 806 7789 Viljoenskroon [email protected]

Sentraal Pothou George en Daleen Potgieter 082 787 3899 Viljoenskroon [email protected] Pritchard Piet en Elizabeth van Wyk 079 600 0119 Bothaville [email protected] Skietlaagte Farms Dave en Carolyn McCall 082 263 0272 Viljoenskroon [email protected] Rooi Ivoor Chris en Christie van Zyl 083 568 1554 Tom Burke [email protected] Echodale Willem en Nadia Bosch 082 824 6723 Cradock [email protected] Bonnie Brae Morné en Angelique Cloete 082 564 5117 Elliot [email protected] Mountain Shadows Johan en Dorette du Randt 084 880 8920 Elliot [email protected] Grey-Maclean Linden Hewson 082 461 5767 Oos-Londen [email protected] Olywenfontein Bush en Isabell Joubert 082 826 2833 Aliwal-Noord [email protected] Avoca Geoff en Thala Orpen 082 490 9647 Barkly-Oos [email protected] Lehana’s Pass John en Colleen Viedge 073 798 2016 Maclear [email protected]

Oos-Vrystaat Henique Henk en Monique Botha 072 444 6967 Reddersburg [email protected]

Oos-Vrystaat Advocate Regter Callie en Erina Cillié 083 388 0830 Bloemfontein [email protected] Durow Sussex Carl en Carien Durow 083 305 0664 Clocolan [email protected] Blema ba Kan Junior en Leanne Keyser 083 387 6775 Kroonstad [email protected] Eversar Chris en Siekie Nel 078 245 4442 Petrus Steyn [email protected] Vigorex James Stephen 082 494 0015 Lanseria [email protected]

Oos-Vrystaat Kiema Kiewiet en Marina van Jaarsveld 082 707 7954 Reddersburg [email protected]

Oos-Vrystaat Sonãdor Annalea van Niekerk 072 261 6667 Reitz [email protected] Faurzyl Theo en Paulette van Zyl 082 564 4921 Ladybrand [email protected] Salvage Hogart Gevers 082 895 1125 Vryheid [email protected] Bull’s Run Liege en Lucy Lamb 083 777 1174 Himeville [email protected] Kyknou Gert en Charmaine Fourie 082 770 3392 Askham [email protected] Dawieda Daan en Wieda Human 083 844 3258 Upington [email protected]

Noord-Kaap Santori De Villiers en Chantelle Lamprecht 082 777 3782 Kuruman [email protected]

Noord-Kaap Smartt Shaun en Jana Trollip 082 897 0469 Britstown [email protected] Nacht Wacht Dawie en Melanie Albertyn 072 443 7740 Bredasdorp [email protected] Ducron Jacques en Lehanti Cronjé 082 804 9710 George [email protected] Almaija Albert en Mariaan Kotze 083 270 2134 Noorder-Paarl [email protected] Koringplaas Corné en Adri Rust 082 326 2226 Moorreesburg [email protected] Platdrif Nollie en Malani Stofberg 082 834 5979 Botha [email protected] Wes-Kaap Sandfontein Pietman en Simonique Uys 079 497 8806 Heidelberg [email protected] Croydon Glenn Burmeister 073 672 0022 Steynsburg [email protected] Advocate Erina van Zyl en Cillié du Preez 083 742 6656 Bloemfontein [email protected] RE Farming Enrico en Carla Cronjé 084 037 8772 Viljoenskroon [email protected] Almaija Deon Kotze 082 308 7668 Paarl [email protected] Eversar Dr. Chris en Madelein Nel 083 654 9638 Harrismith [email protected] Pothou George Potgieter jr. 072 497 2008 Viljoenskroon [email protected]

Bedryfslid Pothou Daleen en George Potgieter 082 816 5969 Viljoenskroon [email protected]

Bedryfslid Platdrif Pieter en Ria Stofberg 082 363 9100 Botha [email protected]

Bedryfslid Skietlaagte Farms Carolyn en Dave McCall 083 395 0473 Viljoenskroon [email protected]

Bedryfslid Skietlaagte Farms Dillan en Simoné Westerink 061 127 6270 Viljoenskroon [email protected]

Lewenslange president Albert en Patsy Whitfield 082 809 0308 Port Alfred –

Lewenslange visepresident

Bosworth Farms Dr. Neil Orford 082 376 8759 Klerksdorp [email protected]

Spesiale erelid Dr. Douglas Bruce – Harare, Zimbabwe [email protected]

Page 23: ROOI, SWAAR, VRUGBAAR - sussex.co.zasussex.co.za/uploads/Sussex-Landbouweekblad-Julie-2019.pdf · vrou, Susan. “Ek moes jare gelede al met die Sussex begin boer het. Die beeste
Page 24: ROOI, SWAAR, VRUGBAAR - sussex.co.zasussex.co.za/uploads/Sussex-Landbouweekblad-Julie-2019.pdf · vrou, Susan. “Ek moes jare gelede al met die Sussex begin boer het. Die beeste

uppe

mar

keti

ng A

2033

2/LB

W

BEESVET 33+ GROEI JOU BEESTE EN JOU WINS SAAM!Met spesifiek-geformuleerde proteïenkonsentraat, Beesvet 33+, is dit nie net

jou beeste wat gaan spog met bultende spiere en massatoename nie ... ook jou

beursie gaan bult met die ekstra wins.

Gee die mees ekonomiese vleisbeesafronding met die laagste koste per kg massatoename.

R

Stimuleer voeromset en groei as gevolg van die groeibevorderaar.

Verminder voedingsteurnisse en koksidiose.

Verseker maksimum wins.

ON

S B

ELOFTE AAN

JOU

Samewerking lei tot prestasie

PROTEÏENKONSENTRAAT

Beesvet 33+ (V17357) (Wet 36 van 1947)

Vir meer inligting oor Molatek se spesifieke voere en dienste, kontak: RCL FOODS: www.rclfoods.com MOLATEK: +27(0)13 791-1036 | www.molatek.co.za | [email protected]