sig - 3 2019 - durbanville gemeente · 2019-07-12 · oudword nie. kan jy nog “dans” met die...

4
SIG UITGAWE 2019/3 JULIE Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld Pinkster is vanjaar aangebied deur dr Tinus van Zyl. Soggens om 10:00 en saans om 18:30 het gemeentelede in die kerkgebou bymekaargekom om God te prys met lofsang en te luister na die Woord. Vanjaar se Pinksterreeks het gehandel oor die tema: Kom Skeppergees! Tinus het die werking van die Skeppergees as volg uitgepak: Die Gees SKEP, die Gees maak MENS, die Gees maak vry, die Gees maak bymekaar en die Gees maak NUUT. Ons kon vanaf Sondag, 2 Junie tot Pinksterfees op Sondag, 9 Junie saam dink, bid en droom. Elke oggend en aand is begin met lofsange onder leiding van ons verskillende musiekspanne wat hulle uitstekend van hul taak gekwyt het. Tydens aandpinkster was daar ook geleentheid vir ons Kinderpinkster onder leiding van ons jeugwerker, Jean van Niekerk, met die ondersteuning van ds Wynand en ons tieners. Saans is lekker sop en broodjies voorsien vir al die Pinkster-gangers en almal wat wou kon lekker saamkuier en -gesels oor dit wat hulle gehoor het. Tinus som die boodskap van Pinkster soos volg op: “Die NG Kerk het 'n reputasie dat ons nie eintlik oor die Heilige Gees preek of praat nie, en tot 'n mate verdien ons daardie reputasie. Veral met die opkoms van die charismatiese kerke, wat baie klem lê op die werk van die Heilige Gees, het die NG Kerk 'n bietjie stiller geraak oor die Heilige Gees. “Tog is dit 'n groot jammerte, want die NG Kerk het 'n wonderlike tradisie wat baie klem lê op die krag en werk van die Heilige Gees. Ons kerkvader, Calvyn, is dan juis die teoloog van die Heilige Gees genoem. “Ds Andrew Murray se lewe het ook van die kragtige werking van die Heilige Gees getuig. Hy het 'n diep, mistieke spiritualiteit en 'n vurige roeping gehad, en deur sy praktiese diensbaarheid het die Gees ongelooflike dinge vermag. “In ons tradisie word daar beklemtoon dat Jesus die kerk deur die Woord én Gees lei. Dit is vir my een van die sterkpunte van ons tradisie. Iemand kan nie sommer net sê: 'Die Bybel sê ...' of 'Die Heilige Gees het vir my gesê ...' en dan verwag dat die gesprek daarmee afgehandel is nie. “Ons glo dat die lewende, opgestane Jesus die kerk lei deur die Woord én deur die Gees. Jesus lei ons deurdat ons sáám die Woord lees en sáám bid vir die leiding van die Gees. Veral ook wanneer ons van mekaar verskil, lei die Gees ons wanneer ons met mekaar in gesprek tree. “Die wonder van die Gees is dat die Gees nie in my óf in jou is nie, maar dat die Gees in óns is. Die Gees is in ons gesprék. Wanneer ons mekaar in die oë kyk en nader aan mekaar groei in liefde, lei die Gees ons in die volle waarheid.” Tydens die gesamentlike diens op Pinkster-Sondag, is die uitreikspan na Zithulele, onder leiding van ds Wynand en sy span, deur die gemeente uitgestuur. Hulle vorm deel van 'n groep uit verskillende gemeentes wat toe die skole gesluit het, saam Oos-Kaap toe vertrek het. Pinkster 2019: KOM SKEPPERGEES

Upload: others

Post on 07-Jan-2020

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

SIGUITGAWE 2019/3 JULIE

Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld

Pinkster is vanjaar aangebied deur dr Tinus van Zyl. Soggens om 10:00 en saans om 18:30 het gemeentelede in die kerkgebou bymekaargekom om God te prys met lofsang en te luister na die Woord.

Vanjaar se Pinksterreeks het gehandel oor die tema: Kom Skeppergees! Tinus het die werking van die Skeppergees as volg uitgepak: Die Gees SKEP, die Gees maak MENS, die Gees maak vry, die Gees maak bymekaar en die Gees maak NUUT. Ons kon vanaf Sondag, 2 Junie tot Pinksterfees op Sondag, 9 Junie saam dink, bid en droom.

Elke oggend en aand is begin met lofsange onder leiding van ons verskillende musiekspanne wat hulle uitstekend van hul taak gekwyt het.

Tydens aandpinkster was daar ook geleentheid vir ons Kinderpinkster onder leiding van ons jeugwerker, Jean van Niekerk, met die ondersteuning van ds Wynand en ons tieners.

Saans is lekker sop en broodjies voorsien vir al die Pinkster-gangers en almal wat wou kon lekker saamkuier

en -gesels oor dit wat hulle gehoor het.

Tinus som die boodskap van Pinkster soos volg op:“Die NG Kerk het 'n reputasie dat ons nie eintlik oor die Heilige Gees preek of praat nie, en tot 'n mate verdien ons daardie reputasie. Veral met die opkoms van die charismatiese kerke, wat baie klem lê op die werk van die Heilige Gees, het die NG Kerk 'n bietjie stiller geraak oor die Heilige Gees.

“Tog is dit 'n groot jammerte, want die NG Kerk het 'n wonderlike tradisie wat baie klem lê op die krag en werk van die Heilige Gees. Ons kerkvader, Calvyn, is dan juis die teoloog van die Heilige Gees genoem.

“Ds Andrew Murray se lewe het ook van die kragtige werking van die Heilige Gees getuig. Hy het 'n diep, mistieke spiritualiteit en 'n vurige roeping gehad, en deur sy praktiese diensbaarheid het die Gees ongelooflike dinge vermag.

“In ons tradisie word daar beklemtoon dat Jesus die kerk deur die Woord én Gees lei. Dit is vir my een van die

sterkpunte van ons tradisie. Iemand kan nie sommer net sê: 'Die Bybel sê ...' of 'Die Heilige Gees het vir my gesê ...' en dan verwag dat die gesprek daarmee afgehandel is nie.

“Ons glo dat die lewende, opgestane Jesus die kerk lei deur die Woord én deur die Gees. Jesus lei ons deurdat ons sáám die Woord lees en sáám bid vir die leiding van die Gees. Veral ook wanneer ons van mekaar verskil, lei die Gees ons wanneer ons met mekaar in gesprek tree.

“Die wonder van die Gees is dat die Gees nie in my óf in jou is nie, maar dat die Gees in óns is. Die Gees is in ons gesprék. Wanneer ons mekaar in die oë kyk en nader aan mekaar groei in liefde, lei die Gees ons in die volle waarheid.”

Tydens die gesamentlike diens op Pinkster-Sondag, is die uitreikspan na Zithulele, onder leiding van ds Wynand en sy span, deur die gemeente uitgestuur. Hulle vorm deel van 'n groep uit verskillende gemeentes wat toe die skole gesluit het, saam Oos-Kaap toe vertrek het.

Pinkster 2019: KOM SKEPPERGEES

02

'n Wandeling deur die Wingerd

Jean van NiekerkDie junior jeug het hard gewerk om die dag spesiaal te maak en om al die dames in ons gemeente te bederf! Elke mamma is met 'n stywe druk, blom en kaartjie by die deure verwel-kom. Dis mos vir almal lekker om spesiaal en gewaardeerd te voel.

Ons is so dankbaar vir elke mamma wat op 'n Sondag vroeg opstaan om haar kroos by die kerk te kry. Ons weet sommige Sondae is dit omtrent 'n uitdaging om almal wakker te kry na die partytjies en sportgeleenthede wat jou hele Saterdag net ingesluk het!

Moedersdag 2019

Liezl MarxDie afgelope Pinksterdienste was eerstens 'n wonderlike geestelike ervaring. Dr Tinus van Zyl se preke oor die Gees was treffend, en hy het die verskillende eienskappe van die Gees entoesiasties en doeltreffend verduidelik.

Buiten die preke, was daar ook ander aspekte van die Pinksterdienste wat ek sal onthou:

• Die pragtige blomme op die preekstoel was simbolies: Die blou in die ruiker het ons doop asook die watermassas van die skeppingsverhaal uitgebeeld, terwyl die geel, rooi en oranje in die ruiker die vuurtonge van die Heilige Gees uitgebeeld het.

• Gemeentelede kon ook 'n kruis met mosaïekstukkies versier. Op elke kruis was oranje en rooi tonge, 'n wit duif wat neerdaal, asook die water van die doop in blou. Só is 'n kunswerk geskep!

• Na afloop van elke diens is sop in by die gemeentesentrum bedien, en hierdie sopbediening het gesorg vir heerlike gesels- en saamkuier-geleenthede en pannekoeke is verkoop ten bate van die Zithulele-uitreik.

Ek deel graag die terugvoer van nog gemeentelede wat saamgekuier het: • Ná 'n vernuwende boodskap, was dit goed om te sien hoe

die mense hartlik saamkuier in die saal terwyl hulle aan die sop en broodjies smul. (Annelize Serfontein)

• Skeppergees (Gees van God) kom maak die onmoontlike moontlik, en draai ons lewe om. Sop en brood is altyd 'n hoogtepunt by Pinkster; ons gemeente hou mos van saameet en -kuier. (Christelle Koen)

• Dit was vir my lekker om deel te wees van 'n sopspannetjie tydens Pinkster. Te oordeel aan die leë sopbakke, het die gemeentelede dit ewe lekker gevind om daaraan te smul. (Jakkie Marx)

• Goed voorbereide diens en heerlike sop. (Carin Kok)

Ons lidmate gesels oor Pinkster ...

Atel StreicherNá die gesamentlike diens het die vure gesellig begin brand. Groepies potmakers het hulle geheime resepte onthul, ter-wyl die ondersteuners gretig met die voorbereiding gehelp het. Van die wyses en gryses tot die suigelinge het saamge-kuier.

Uiteindelik is 25 pruttende potte lekkerte opgedis. Die verskeidenheid potjies word elke jaar net meer aanloklik, en daarmee saam ook die uitdaging om nie van jouself 'n vraat te maak nie. Hoe kies 'n mens tussen 'n biltongpotjie, 'n gesonde groentepotjie, of 'n potjie van Marokkaanse hoender, beesstert, lasagne, seekospaella, lamsboud of skenkels, om net 'n paar te noem? Oudergewoonte was die nagereg die lekkerste: malvapoeding en vla uit ons gemeente.

Die weer het soet saamgespeel en nadat al die potte leeg geëet is, het die weer begin opsteek en is ons die Sondagnag met 'n verfrissende reënbui geseën.

PINKSTER POTTE-FEES

KINDERPINKSTERDie Amazing Race na die kruis

Jean van NiekerkKinderpinkster het hierdie jaar gehandel oor ons elkeen se lewensreis om by God uit te kom.

Om die 'AMAZING RACE' af te skop, het ons begin met 'n speletjiesaand. Kinders het in spanne opgedeel en aan verskillende uithouspeletjies deelgeneem. Hul leer Timoteus 4:7 “Ek het die goeie wedloop afgelê; Ek het die wenstreep bereik; Ek het gelowig end-uit volgehou.”

Dag 2 en 3 het hul gekyk of hul in die regte rigting hardloop. Kies ons net die maklikste paaie of kies ons die regte paaie? Matteus 7:13-14 “Die pad wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed … Die kinders leer dat as hul verlore raak God hul sal kom soek en red. (Lukas 19:10 en Lukas 15:7) Die Bybel is jou padkaart as jy verdwaal en jy moet altyd na jou afrigter (Jesus) se stem luister.

Kinderpinkster was groot pret en dit was wonderlik om elke aand meer kinders daar te sien, ten spyte van besige skedules en eksamens. Ek wil graag die leiers bedank vir hul bereidwilligheid om elke aand te kom help. Dankie Leoné, Jaco, Marochelle, Donna, Mariska en al die ander wat ook soms kom help het. Dankie ook vir elke ouer wat moeite gedoen het om die kinders daar te kry. Dit was sommige aande baie koud en nat.

Volgende jaar handel kinderpinkster oor 'n bootreis en ons hoop om julle almal weer daar te sien!

MILLENIALS EN KERKWEES - DS WYNAND ONDERSOEK NUWE DENKPATRONE

Etta LombardMet die instapslag in die D4J Gebedskamer besef ek dadelik dat ek my in 'n wingerd bevind. Heel eerste val my oog op die lys van 18 kerkgenootskappe in Durbanville wat betrokke is, naamlik Community Family Church, Doxa Deo, Durbanville Baptist Church, Durbanville Catholic Church, Durbanville Community Church, Durbanville Methodist Church, Durbanville Presbyterian Church, El Shaddai Christian Church, Goedemoed Baptist Church, Individuele lidmate van Urban Edge, Durbanville Gemeente, Durbanville-Bergsig, Sonstraal Gemeente, Oakhill, Power House, Shofar, The Well en Grapevine.

Ek gaan sit gemaklik en volg die aan-wysings op die skerm om die gebeds-wandeling te onderneem. Joh. 15:1-17 ontvou en dit is duidelik dat Jesus die ware wynstok is, sy Vader die land-bouer en ons die lote. Dit val my op hoe naby die landbouer aan die wingerdstok kom om dit te snoei, die lote op te lei en te versorg, om gevolglik meer en beter vrugte te kan dra. Dis 'n skoonmaak-, nuutmaak- en helingsproses. Die opdrag is: Bly in My. Dit is 'n ononderbroke verbintenis wat lei na 'n lewe van oorvloed op fisiese, emosionele en geestelike vlak.

Die versoek is om te bid vir die 18 kerke in Durbanville wat saam in hierdie gebedskamer vir ons dorp en die wyer gemeenskap by die Vader intree. Die gebed vir Kaapstad sluit 'n beweging van die Heilige Gees, 'n beweging van die Lewende Woord van God, asook die beweging van God se mense om in die wêreld in te gaan, in.

Die foto's van die wingerd en omgewing laat my sprakeloos en ek besef opnuut hoe mooi die Skeppergees die natuur getooi het. Dit voel soos 'n vlugtige blik op wat in die Hiernamaals op ons wag. En dan bid ek saam met sovele: Here, laat my 'n verskil vir U maak wat totaal buite verhouding met my menswees is.

Wat dink jongmense van Durbanville Gemeente? En kerk oor die algemeen? Dit is die vrae waarmee ds Wynand Breytenbach tans in sy studie worstel.

Ds Wynand vertel:- ''In samewerking met Stellenbosch Universiteit en Radboud Universiteit in Nijmegen, Nederland begin ons hierdie jaar navorsing inwin oor die beeld wat jongmense in Durbanville Gemeente van kerk het. Wat is dit wat hulle dink belangrik is? Hoe beleef hulle kerk en wat dink hulle behoort dit te wees? Hoor hulle nog God se stem in ons dienste? Speel kerk nog 'n rol daarin om die Koninkryk te help kom of is dit net 'n klub waaraan ons almal behoort?

Die fokus van die studie sal val op die verbeelding waar-mee ons kerk verbeel. 'n Paar jongmense (almal bo 18) sal

vrylik deelneem aan die navorsing wat oor die tweede helfte van die jaar onderneem gaan word. Ons gaan kyk wat is kerk vir hulle? Spesifiek Durbanville Gemeente.

Die proses bestaan daaruit dat ons 'n pre-onderhoud voermet die jongmense waar ons hulle kerkbeeld probeerbepaal, 'n liturgiese intervensie skep om te kyk wat die rolvan die verbeelding is en daarna weer 'n post-onderhoudom te kyk of daar enige skuiwe plaasgevind het in hulledenke.”

Ds. Wynand Breytenbach is tans besig met sy PhD-studie aan Radboud, Nijmegen, Nederland in Transforming Ecclesiological Imagination on Liturgy: Reimagining a Dutch Reformed Church in Durbanville.

03

Sarie PienaarDr Kobus Anthonissen het ons toegespreek oor die tema, Dansend in die ouerwordjare. Hy het uittreksels uit sy boek gedeel.

Hy vertel ouderdom kan op vier maniere beleef word: krono-logiese ouderdom, ouderdom op jou geboortesertifikaat, jou biologiese ouderdom, bv hoe oud jy lyk, hare wat uitval, plooie, brille en pille en wat die samelewing oor ouderdom te sê het. Dit is gewoonlik nie positief nie, want mense wil nie oudword nie. Kan jy nog “dans” met die lewe in die ouder-dom? Laasgenoemde, innerlike geluk, is die vernaamste voorwaarde. Dít is die belangrikste eienskap om na te streef in 'n mens se soeke om gelukkig oud te word.

Die boek wil vir ons verduidelik dat daar ’n kind in ons is. Daardie kind wat in ons eerste jare gevorm is. As dit 'n beseerde kind is vanweë bv armoede, molestering, enkelouer-skap en ander seer, kan dit 'n negatiewe invloed op jou beleweing van ouerwording hê. Daar is wél maniere tot genesing. Díe boek wil jou leer hoe jy moet dans in die ouer jare. Jare wat alreeds hier in die vyftigs begin.

Jy kan leer hoe om jonk in die ouderdom te bly; ja, selfs jonger word al is jy oud. Die boek is ook bedoel vir diegene: predikante, maatskaplike werkers, hulpwerkers, verpleeg-kundiges, ouers, oupas en oumas. Vir almal wat belangstel dat jy in ouerjare jonk kan word.

Dit was 'n genoeglike oggend waar die gaste ontspanne en spontaan verkeer en gekuier het na 'n inspirerende praatjie van dr Kobus, wat met gesag kon praat, omdat hyself in die fase van ouerword is.

Die gaste het met waardering melding gemaak van die heerlike versnaperinge wat gasvroue smaakvol aangebied het.

Andrew KokAan de Laauwaters Fonteine …Só lui die titelakte van die plaas waarop Goudini Warmbron geleë is, en dit is waarheen sowat 700 afgevaardigdes hulle in Mei gewend het vir die 48ste sitting van die Wes-Kaap Sinode. Maar ons was nie hier vir die helende en mineraalryke warmwater nie, want hier was belangrike sake om aan aandag te gee.

Afgevaardigdes het duidelik die stereotipering van sinodegangers verbreek, want oud en jonk, dominees en gewone lidmate, mans en vroue en almal op die spektrum, is verteenwoordig.

Onder die slagspreuk “Volg Jesus met Waagmoed” is temas so wyd soos ekologie, ekonomie, grondonteiening, millennials, vroeë kinderontwikkeling en teologiese opleiding bespreek.

Die eerste oggend het afgeskop met prof Piet Naudé se insiggewende praatjie oor die kerk en ekonomie. Rykdom en hoe jy dit aanwend is onder die loep geneem. Daarna het die ekologie aan die beurt gekom en is indringende vrae gevra oor wat óns bydrae is om die skepping te vernietig en wat óns daaraan gaan doen om sake te verbeter.

Vroeë kinderontwikkeling het aan die beurt gekom toe ds Nioma Venter vertel het van Little Seeds – 'n eenstop-

diens wat leiding in vroeë kinderontwikkeling vir gemeentes in hul gemeenskap sal gee. Soveel as moontlik kinders moet reeds op 'n vroeë ouderdom bereik word. Dit het vir my die kollig laat val op ons eie pragtige kleuterskool, Durbieland, en hoe ons dit aanwend.

Die derde dag was geoormerk vir die gesprek oor selfdegeslagverhoudings. 'n Baie deeglike verslag wat die hele geskiedenis van hierdie saak vertel, was ter tafel. Dít waaroor almal asem opgehou het, verloop toe in goeie gees. Verder was daar ook 'n rolspel deur ouers, predikante en gay kinders oor hoe die gesprek hanteer kan word. Die Moderator, ds Nelis van Rensburg, som dit raak op as hy sê dat ons na die persoon se totale lewe moet kyk wanneer gemeentes in die toekoms self oor hierdie sake moet besluit.

'n Laaste belangrike saak wat weer ter tafel gekom het, was kerkvereniging. Gemeentes is weereens aangemoedig om in gesprek te tree met hulle naaste VGK-gemeente en te poog om die proses van kerkvereniging op plaaslike vlak te laat werk en te maak gebeur.

Soos die waters van Goudini is ons dalk al te lank lou en sal daar van ons, soos vir die gemeente van Laodisea, gesê word dat ons uitgespoeg sal word. Dalk is dit nou die geleentheid om waagmoed aan die dag te lê en soos die sweefstokarties met oortuiging te spring, want ons weet ons Vanger sal ons nie mis vang nie.

SINODESITTING WES-KAAP

DE'PORTUUR-BYEENKOMS 25 MEI 2019

Straatuitreik – 24 Mei

Wynand BreytenbachDit voel vir my nog elke keer vreemd om op 'n Vrydagaand te gaan kuier by Andrew, Klasie, Cindy en al die ander. Vreemd omdat dit ongelukkig baie kunsmatig mag voorkom. Verbeel jou daar kom mense van die kerk in jou straat in op 'n Vrydagaand. Hulle maak nie 'n afspraak nie. Hulle bel nie voor die tyd en bespreek of daar 'n braai is en of jy familietyd het nie. Hulle daag net op, stap in jou huis in en gaan sit op jou bed en begin met jou gesels asof jy “armoede” self is.

Ongelukkig is dit baie keer hoe baie straatmense dit ervaar na 'n straatuitreik wanneer ons reflekteer oor sulke Vrydag-aande, maar terselfdertyd tog ... sê hulle ons moenie ophou nie.

Al is dit kunsmatig, voel hulle dat dit tog 'n teken is van ons omgee vir hulle. Hulle voel baie keer verwerp en onderdruk in die dorp vertel hulle, maar wanneer hulle op hulle name genoem word en ons praat verder vanwaar ons laas opgehou het, voel hulle tog dat dit nie te kunsmatig is nie.

Daar is 'n verskil tussen om vir iemand kos te gee en om met hulle 'n maaltyd te deel, sê Jaco Strydom altyd. Die mense wat op die straat woon, is in die eerste plek mense. Nie straatmense nie. Hulle adres is net “agter die Spur”, “langs die polisiekantoor” of onder die “Nedbank afdakkie”.

Kom leer hulle volgende keer ken wanneer ons weer een Vrydagaand vir ons vriende gaan kuier!

Wynand Breytenbach2600km, verskeie vulstasie stoppe, nuwe vriendskappe en hope herinneringe later is ons terug in die Kaap. Die Oos-Kaap is 'n wonderbaarlike plek om te sien. Die Xhosa-kultuur op sy mooiste met kleurvolle rokke, mooi liedere en heuwels wat aanhou vir ewig.

Mfundisi (dominee) Joseph en sy vrou Mamma Noliswi

het ons by die VGK in Zithulele met 'n klassieke Xhosa- fees ontvang. Xhosa-brood, 'n hoendertjie en die beste Oos-Kaapse groente was die verskeidenheid wat vir ons gewag het om ons kragte mee op te bou. Hulle het seker geweet hoe hard ons gaan werk. Iets wat ons eers later sou agterkom.

Die fokus was meestal om die Winterskool so effektief moontlik aan te bied vir die 30 finale jaar skoliere wat baie ver gestap het om elke dag daar te wees. Skoolklere en al!

Elke oggend het die span toebroodjies vir die kinders gemaak, gestap na Seaview High School toe en die dag begin met 'n boodskap, gebed en gesang. Daarna het die

harde vakke begin. Biologie, Skeinat en Wiskunde was die hoof fokusareas. Dis waar die grootste nood gelê het. Aan die einde van die dag volg hulle ons terug na die kerk toe waar die toebroodjies geëet is.

Terwyl dit by die skool gebeur, het daar 'n bouspan na Mfundisi se huis toe gegaan om te kyk of die pastorie opknappingswerk nodig het. Dit het toe! Ons het 'n hele

paar klein dingetjies reggemaak, vasgedraai en geplak, maar die hooftaak was om 'n paar lae verf te ontplooi. Tussendeur het 'n paar mense saam met Mamma Noloswi nabygeleë huisbesoeke gedoen en 'n tweede groep het die kinders in die Zithulele Hospitaal wat grens aan die kerk, besoek.

Ons is so dankbaar vir ons gemeente se ondersteuning. Julle het R7 723.80 met pannekoekverkope en R19 000 met bykomende borge bygedra om ons in Zithulele te kry en so gehelp dat die werk daar verrig kon word. Met ander woorde: Ons gemeente se aandele lê nou op daardie mooi heuwel waarop Zithulele gebou is. Baie dankie aan elkeen wat ons hande gevat het vir hierdie projek.

Zithulele 2019

Design A Print 021 975 964804

Atel Streicher

Melkkos laat my verlang na my kinderdae in die platte-land. My ma het ons melkkos met frummels gemaak en nie snysels nie. Hier volg die lekkerte:

2 liter melkPypkaneelstokkie± 500 ml (2 k) koekmeelblomSout90 ml sagte botterBAIE kaneelsuiker, gemaak van 2 dele suiker en 1 deel fyn kaneel

1. Verhit melk met kaneelstokkie in 'n groot kastrol tot net voor kookpunt.

2. Voeg sout by meel en vryf botter in – grof, nie te fyn nie.

3. Voeg die frummels geleidelik by die melk op die stoof, verminder hitte en roer vir sowat 10 minute op lae hitte tot mengsel gaar en sag is. Dit sal aanvanklik klonte vorm, maar hou aan roer. Wees versigtig vir hitte wat te hoog is, dan sal die melk oorkook.

4. Plaas bietjie kaneelsuiker onder in elkeen se opdienbakkie voor die melkkos opgeskep word. Vul op met melkkos en sprinkel 'n dik laag kaneelsuiker bo-oor. ('n Klont botter kan ook bygevoeg word indien jy dit verkies.)

MY OUMA IS IN KANEEL ... MELKKOS!

URE: Maandag tot Sondag 07:30 – 20:00

KONTAKNOMMER: 021 975 9730

E-POS: [email protected]

André AgenbagWie was die historiese of aardse Jesus? Gelowiges hou hulle al vir eeue met hierdie vraag besig. Willem Nicol pak hierdie moeilike tema op ‘n toeganklike manier aan, maar dan met ‘n kinkel in die kabel: Hy help en begelei gelowiges om hierdie aardse Jesus te ervaar. Hy wys hoedat gelowiges deur die eeue vir hulleself prentjies van Jesus skilder – prentjies wat húlle pas en uiteindelik maar na hulle eie beeld geskilder is. “Ken ons Jesus?” vra die skrywer.

Ons het geen foto’s of video’s van Hom nie. Ons kan

Hom nie vasgryp of onder ons beheer plaas nie. Maar Hy gryp óns vas. Ons kan Jesus nie leer ken as ons nie bereid is om weg te beweeg van waar ons is nie. Ons moet dit waag om weg te kom van ons koppe vol skewe prentjies en misverstande oor Hom.

Willem Nicol neem die leser dan op ‘n geestelike ontdekkingsreis deur die Nuwe Testament. Hy nooi die leser om die verhaal van Jesus met ‘n oop gemoed te lees – nie om bloot inligting oor Jesus te verkry nie, maar om omvorm te word na Jesus se beeld. Die doel van die Jesusverhaal is nie bloot informasie nie, maar transformasie. Hy wil die leser help om nader te kom aan hoe die aardse Jesus se hart geklop het – om Jesus se eie spiritualiteit te verstaan en om Jesus toe te laat om die gelowige leser se eie spiritualiteit te omvorm en te voed.

Hierdie boek word ten sterkste aanbeveel vir gelowiges én vir Bybelstudiegroepe.

RESENSIE:“Genooi om te volg: Ervaar die lewe van die aardse Jesus” deur Willem Nicol

Op 6 Augustus 2026 sal Durbanville Gemeente die 200-jarige gebruik van hul sierlike kerkgebou vier. Op daardie dag sal die gemeente kan terugkyk oor 200 jaar van God se voorsienigheid aan sy kudde hier in die Tyger- en Koeberg. In 1926 is die honderdjarige fees gevier met die uitreik van 'n feespublikasie en in 1976 is dit opgevolg met die 150-jaar feesalbum.

Nou het dit tyd geword om te begin skryf aan die 200-jaar gedenkboek en u word almal uitgenooi om bydraes te maak. Dit is baie belangrik dat die geskiedenis van die afgelope 50 jaar bygewerk word in die annale van die gemeente. U word dus vriendelik versoek om aan ons stories, staaltjies en foto's van u herinneringe aan die gemeente, sy lidmate en predikante te stuur. Vertel asb vir ons wat u as die hoogtepunte (en ook laagtepunte) ervaar het gedurende die tyd wat u hier lidmaat was. Ons hoor graag van u daaroor.

Info kan gestuur word aan Andrew Kok by [email protected]

DURBANVILLE GEMEENTE

200 JAAR OUD!

HOU 'N TUINBASAAR

SATERDAG, 14 SEPTEMBER 2019

VAN 09:00 – 14:00

KOM KUIER SAAM!

BRAAIBROODJIES, TEETUIN EN MUSIEK

TERWYL JY RUSTIG MET VRIENDE SIT EN KLIEK

SOSATIES, BRAAIVLEIS, POEDING EN VLA

'N WYNTJIE, 'N BURGER, 'N PLANTJIE VIR MA

SLAPTJIPS EN BOEKE EN AFVAL SOWAAR

SIEN JOU EN JOU GESIN EN JOU VRIENDE DAAR.

PANNEKOEK, BOEREWORS EN 'N TROETELDIERSKOU

DALK 'N OGGEND WAT JY EN JOU KAT SAL ONTHOU.

KINDERSPELETJIES, KOFFIE EN 'N WIT OLIFANT.

DRUK 'N UITNODIGING IN 'N VRIEND SE HAND.

AS JY HULP WIL AANBIED,

KONTAK ALRINA 021 975 6370

Ma tot Vr: 08:00 – 14:00

AS JY NAVRAE HET OOR DIE BASAAR,

KONTAK MARNEL 082 634 6777

Toe God my gemaak het, het Hy gesê:

“Ta-da!”

VAKANSIEPROGRAM18-21 Junie 2019

Stephan Ackermann'n Paar omliggende gemeentes se kerkkore kom tradisioneel op 'n rotasie-basis jaarliks bymekaar om sommer net lekker saam te sing. Elke koor kry die geleentheid om twee liedere van hul eie keuse te sing, en dan sluit ons die aand op 'n hoogtepunt af met 'n massakoor-optrede deur 'n lied wat deur die gasheerkoor-leier gekies word en vooraf deur almal ingestudeer is.

Hierdie jaar is ons gemeente bevoorreg om die gasheer te wees. Afgesien van ons eie kerkkoor, tree die volgende kore ook op: Kuilsrivier Moedergemeente, Kuilsrivier De Eike, VGK Durbanville, VGK Kraaifontein en Swartland-Noord (Malmesbury).

Dit vind plaas op Sondagaand, 25 Augustus om 19h00 in ons kerkgebou. Almal word hartlik uitgenooi om hierdie spesiale aand, wat slegs een keer elke ses of sewe jaar by ons gemeente plaasvind, by te woon. Die toegang is gratis, maar kom betyds om sitplek te verseker.

Kontak gerus ons orrelis/koorleier Stephan Ackermann vir meer besonderhede by 0844 500 100 / [email protected]

KOORFEES 25 Augustus 19h00