opsomming van die vernaamste … doc/od_diverse_docs...meeste van die reënwater word deur plante...
TRANSCRIPT
Voorwoord en Dank
Hierdie boekie is deel van ’n reeks ter ondersteuning van ’n kapasiteitsbou-
inisiatief vir opvanggebiedforums en watergebruikerverenigings in die
Olifants-Doring-waterbestuursgebied van die Wes-Kaap. Hierdie inisiatief
is ’n proefprojek, vir moontlike toepassing elders in Suid-Afrika. Die boekie
is dus ontwerp vir gebruik regdeur die land. Dit dien egter ’n spesifi eke
en beperkte doel. Dit is ’n basiese, praktiese inleiding tot riviere en hulle
bewaring, wat daarop gemik is om gebruikers aan te moedig om by
aktiwiteite betrokke te raak en ’n plaaslike rivier beter te verstaan en te
bestuur. As sodanig is die boekie nóg gedetailleerd nóg omvattend. Dit is ’n
brug na meer tegniese en streeksmateriaal.
Die boekie moet ook saam met ander in die reeks gebruik word, veral:
Sorg vir vleilande, Sorg vir riviermondings,
Die Ekologiese Reserwe en Waterhulpbronklassifi kasie.
Saamgestel deur dr Eureta Rosenberg
Kunswerk: David Jackson (voorbladillustrasie) en Tammy Griffi n
WWF-SA het die produksie van die materiaal geïnisieer en befonds,
en implementeer die kapasiteitsbouprogram in die Olifants-Doring-
waterbestuursgebied met die ondersteuning van die Departement van
Waterwese en Bosbou, Danida en ander vennote.
Vir meer inligting oor die materiaal en die kapasiteitsbou-inisiatief, kontak
Rodney February [email protected].
I N H O U D
Inleiding 4
1. Die Bestuur van Opvanggebiede – ’n Nuwe
Manier om Water te Bestuur 6 Opvanggebiede – Alles omtrent verbindings 6
Verbindings binne Opvanggebiede – Waterhulpbronne is
met mekaar verbind 7
Verbindings binne Opvanggebiede – Waterhulpbronne en
mense is met mekaar verbind 9
Opvanggebiede as ’n Bestuurshulpmiddel 10
2. Aanwysings Vanaf die Nuwe Nasionale
Waterwet 12 Sleutelkenmerke van die Historiese Skuif 12
Brongerigte Maatreëls 14
Hulpbrongerigte maatreëls 14
Opvanggebied-bestuurstrategieë 15
Waterbestuursinstellings – OBAe, WGVs en
Opvanggebiedforums 16
3. Volhoubaarheid 18 ’n Nuwe Benadering tot Ontwikkeling en Bewaring 18
Suid-Afrika se Skaars Hulpbron 19
Besoedeling en Watergehalte 21
4. Die Reserwe – Genoeg vir Almal, vir Altyd 23 ’n Netelige Kwessie 23
Meer omtrent die ekologiese reserwe – Gaan dit oor
visse en goggas? 25
Reserwebepalings 28
5. Vir Meer Oor Opvanggebiede 39
4 | Inleiding
Hierdie boekie gee ’n uiteensetting van ’n nuwe benadering tot
waterhulpbronne en die bestuur daarvan, soos vervat in die Nasionale
Waterwet, Wet Nr 36 van 1998. Ons kyk waarom dit so belangrik is om
hierdie hulpbronne beter te bestuur, asook na die beginsels en prosedures
wat deur die DWW&B (die Departement van Waterwese en Bosbou) in plek
gestel is om hierdie proses te rig en te ondersteun.
Ons gaan jou bekend stel aan sulke komplekse beginsels soos
Volhoubaarheid, Geïntegreerde Waterhulpbronbestuur, Hulpbrongerigte
en Brongerigte maatreëls, die Klassifi kasie van waterhulpbronne,
Opvanggebied-bestuurstrategieë en die Ekologiese Reserwe. Ons gaan dit
so eenvoudig as moontlik probeer verduidelik sodat alle watergebruikers
uiteindelik in ’n sekere mate van hierdie beginsels gebruik sal kan maak.
Hierdie boekie sal daarom verduidelik waarom:
Ons nie meer na water kyk sonder om ook riviere, vleilande en ●
ondergrondse waterbronne – wat die oorsprong van water is – in ag te
neem nie.
Ons erken dat waterhulpbronne (akwifere, riviere, vleilande en ●
riviermondings) by wyse van opvanggebiede met mekaar verbind is,
maar ook ’n verbintenis met die land self het – en daarom ook op ons
lewensbestaan en ekonomiese aktiwiteite ’n invloed het.
Ons op ’n nuwe manier na bewaring en ontwikkeling moet kyk – nie as ●
magte wat in teenoorgestelde rigtings trek nie, maar as twee kante van
dieselfde muntstuk wat mekaar onderskraag. Die beginsel wat hierdie
konnektiwiteit ondervang, word volhoubaarheid genoem.
Ons, in ’n land waar daar groot druk op ons skaars waterbronne geplaas ●
word, na volhoubaarheid moet streef.
Die regering die beginsel van die Reserwe vir die mens se basiese ●
behoeftes en die langtermyn volhoubaarheid van ons waterhulpbronne
ingestel het.
Elke inwoner in ’n opvanggebied kan ’n bydrae tot die meer volhoubare
gebruik en bestuur van die waterhulpbronne in daardie opvanggebied
Inleiding
Inleiding | 5
lewer. Om dit te kan doen moet mens egter ’n basiese begrip van die
vernaamste konsepte hê, asook hoe hulle in die praktyk uitgevoer word.
Hierdie boekie gee slegs ’n oorsig daarvan, terwyl die konsepte, veral die
praktiese toepassing daarvan, meer omvattend in ander boekies in hierdie
reeks bespreek word. Gebruik hierdie boekie dus tesame met hulpbronne
soos die ander boekies in hierdie reeks, asook die ingeslote CD waarop
die verwysingbronne wat in die samestelling van al die boekies gebruik is,
beskikbaar gestel word.
Hierdie boekie word aangevul deur ander boekies in die reeks waarin daar
’n oorsig gegee word oor wetgewing en beleid, oor waterbestuursinstellings
en oor die klassifi kasiestelsel – hulpmiddels waarmee opvanggebiede en
waterhulpbronne meer volhoubaar bestuur kan word. Die vier boekies
wat oor ons waterhulpbronne handel, verskaf verdere inligting oor die
ekologiese funksionering van waterhulpbronne, asook praktiese aksies wat
geneem kan word om hulle beter te bestuur. Verwys na Vind meer uit op
bladsy 39 vir meer inligting oor hierdie boekies.
6 | Die Bestuur van Opvanggebiede – ’n Nuwe Manier om Water te Bestuur
Die Bestuur van Opvanggebiede – ’n Nuwe Manier om Water te Bestuur
Opvanggebiede – Alles omtrent verbindings
Om te verstaan hoe waterhulpbronne met mekaar verbind is, het mens
letterlik nodig om van bo uit die lug (soos vanuit ’n vliegtuig) daarna te kyk.
Vir jong kinders wat op ’n rivieroewer speel, mag daardie rivier soos hulle
hele wêreld voel! Eers wanneer mens ouer word, skool toe gaan en begin
rondreis, besef mens dat die rivier met die see of die fontein daar heel bo-op
die berg verbind is. Net so begin mens besef dat die ploeg van lande, die
verwydering van bome of die dorp se rioolwerke ’n invloed op riviere het.
’n Opvanggebied beskryf die wyse waarop waterbronne met mekaar
verbind is. Sou mens byvoorbeeld vanuit die lug kyk na die gebied vanwaar
water na ’n spesifi eke rivierstelsel dreineer, kyk mens inderwaarheid na
daardie rivier se opvanggebied. Reën en ander vorms van water, soos
sneeu, word in hierdie gebied vasge’vang’ en ’n gedeelte daarvan vloei op
een of ander wyse na die rivier. Die opvanggebied sluit die totale area in
waarvandaan water na die rivier toe afl oop – van die hoogste gebiede tot by
die see.
Meeste van die reënwater word deur plante opgeneem, wat dit dan weer
by wyse van verdamping ‘uitasem’ en dit op so ’n manier deel van die
watersiklus word. Water verdamp ook direk in die lug in, veral vanaf groot,
oop oppervlaktes. Die oorblywende water (wat dus nie a.g.v. verdamping
verlore gaan nie) vloei dan bo die grond (afl oopwater) na laerliggende
gebiede, of sypel in die grond in vanwaar dit ook na laerliggende gebiede
dreineer. Beide grondwater en oppervlakte-afl oopwater vloei na riviere
toe, alhoewel grondwater soms ook ’n rivier in ’n ander opvanggebied van
water kan voorsien. Meeste riviere verkry egter hul water vanaf hul eie
opvanggebied. Die chemiese eienskappe en gehalte van water in ’n rivier
word dus grootliks beïnvloed deur die aard van die opvanggebied en die
aktiwiteite wat daarin voorkom.
Groter riviere word gevorm wanneer water vanaf sytakke daarin vloei. Elke
sytak het sy eie, kleiner opvanggebied. Hierdie sytak mag ook verdere
Waterhulpbronne sluit grondwater
en alle bogrondse ekostelsels soos
riviere, riviermondings en vleilande
in. Riviere en riviermondings kan
ook vleilande wees, maar die term
‘vleiland’ word oor die algemeen
gebruik vir waterhulpbronne soos
vleie, mere, panne en sypelings.
Die term ‘waterhulpbron’ verwys na
water en die ekostelsel waarin dit
voorkom.
Opvanggebied – die gebied
vanwaar water (sowel as
sediment en ander materiale
vanaf die oppervlakte) na ’n rivier
vloei. Die hoogste punt tussen
twee opvanggebiede vorm die
grens tussen hierdie gebiede.
Hiervandaan vloei die water in òf
die een òf die ander rigting na twee
verskillende rivierstelsels.
Die Bestuur van Opvanggebiede – ’n Nuwe Manier om Water te Bestuur | 7
sytakke hê, elk met hul eie opvanggebiede. Die opvanggebied van ’n rivier
kan dus uit ’n primêre, sekondêre, tersiêre en kwartinêre opvanggebiede
bestaan.
Verbindings binne Opvanggebiede – Waterhulpbronne is met mekaar verbind
Dit is maklik om uit die lug uit te sien hoe een rivier met ander riviere in
dieselfde opvanggebied verbind is. Ons kan ook sien hoe die boloop van ’n
rivier met die middelste en onderste bereike (dele) daarvan – en uiteindelik
die see – verbind is. Maar mens hoef nie net in die lug te wees om hierdie
verbinding raak te sien nie. Persone wat stroomaf woon van ’n fabriek wat
kleurstowwe gebruik, kan sien hoe die uitvloeisel van daardie fabriek die
water verkleur en selfs miskien voel hoe dit hulle vel irriteer wanneer hulle
die water gebruik om mee te was. Boere wat van rivierwater gebruik maak,
is ook baie bewus van die invloed wat damme stroomop in die rivier op
hulle het. Indien persone hoër op meer water onttrek of meer water opdam,
is daar minder water in die rivier beskerm.
Nie slegs dele van ’n rivier is met mekaar verbind nie – die verskillende
waterbronne in ’n opvanggebied kan ook met mekaar verbind wees. Hierdie
verbinding is soms duidelik sigbaar, soos byvoorbeeld ’n rivier wat vanuit
’n vleiland ontstaan. Soms is hierdie verbinding selfs nie eens vanuit die
lug sigbaar nie, omdat hulle ondergronds is. Grondwater kan byvoorbeeld
’n verafgeleë rivier met ’n vleiland verbind. Grondwaterstelsels is ook met
mekaar verbind, en wanneer ’n boorgat en die water in ’n vleiland opdroog
kan dit veroorsaak word deur die oor-onttrekking van water elders in die
opvanggebied – vanuit ander boorgate of ’n rivier wat die grondwaterbron
voed.
Die moontlike veelvoudige verbindings tussen die waterhulpbronne in ’n
opvanggebied word in die volgende diagram geïllustreer:
1
8 | Die Bestuur van Opvanggebiede – ’n Nuwe Manier om Water te Bestuur
Figuur 1: Uitruiling van water tussen eenhede van ’n opvanggebied
(Geneem uit Sorg vir Grondwater, saamgestel deur Lawrence Sisitka)
Reënval
Reënval
Hoogliggende, vlak
akwifeer
Sypeling
Bergvleilande
Sypeling
Sytakke; gevoed
deur fonteine
Hoogliggende
rivier
Bergstroom
Vleilande
Laerliggende, dieper
akwifeer
Sypeling
Laagliggende
rivier
Laagliggende, vlak
akwifeer
Kus-vleieRiviermonding
Reënval
Die Bestuur van Opvanggebiede – ’n Nuwe Manier om Water te Bestuur | 9
Verbindings binne Opvanggebiede – Waterhulpbronne en mense is met mekaar verbind
Om ons daaraan te herinner dat waterbronne ook met mense verbind is,
moet ons ’n verdere vlug onderneem – dié keer oor die hele land. Indien
jy nog nooit gevlieg het nie, moet jy in jou verbeelding die trein vanaf
Bitterfontein in die Noord-Kaap, via Pofadder, Upington en Johannesburg na
Durban neem.
Vergelyk Pofadder met Upington: beide dorpe is in ’n baie droë deel van
die land geleë, maar Upington is op die oewer van ’n standhoudende rivier
(die Oranjerivier) geleë, terwyl daar by Pofadder geen water in sig is nie. Dit
maak baie duidelik ’n groot verskil vir die mense wat in hierdie dorpe woon,
veral wat die tipe ekonomiese en lewensbestaansaktiwiteite wat hulle mag
onderneem, betref.
Vergelyk ook die droë westelike en noord-westelike gebiede van ons land
met die natter, oostelike dele. Kyk weer eens na die verskillende soorte
en vlak van aktiwiteite – veral ekonomiese aktiwiteite. Tot ’n groot mate
is dit die beskikbaarheid van water wat vir hierdie verskil verantwoordelik
is. Dit is hoofsaaklik water wat bepaal of mens met beeste of boerbokke
moet boer; en die voorkoms van water veroorsaak ook die verskil tussen
ylgesaaide bossies en kortstondige strome teenoor welige gras en
sterkvloeiende, standhoudende riviere.
Wanneer jy in Gauteng kom, mag jy weer wonder waar die water vir hierdie
ekonomiese hartland vandaan kom. Die ekonomie van hierdie gebied was
aanvanklik op mynbou geskoei, maar om die vlak van groei wat tans daar
voorkom te onderhou, moet water teen ’n hoë koste vanaf die Tugelarivier
in KwaZulu-Natal, oor die Drakensberge, na die boonste gedeelte van
die opvanggebied van die Vaaldam vir stedelike en industriële Gauteng
geneem word. ’n Tweede, meer vernuftige skema was ook nodig: by wyse
van die Lesotho Hoogland-waterskema verkry Suid-Afrika water van ’n
buurland, waarvandaan dit vanaf die boonste bereike van die Oranjerivier
(Senqurivier) in Lesotho na die die Asrivier geneem word vanwaar dit na die
Vaaldam vloei.
Net soos wat die voorkoms van waterhulpbronne mense en hul aktiwiteite
beïnvloed, het ons aktiwiteite ook ’n invloed op ons waterhulpbronne.
Voorbeelde hiervan sluit in:
Bosbou-aanplantings in die boonste bereike verminder die afl oopwater ●
wat riviere en vleilande voed.
Die uitroei van uitheemse indringerplante kan die afl oop na riviere en ●
vleilande laat toeneem.
10 | Die Bestuur van Opvanggebiede – ’n Nuwe Manier om Water te Bestuur
Die ploeg van grond naby rivieroewers verwyder die plantegroei wat as ’n ●
buff er dien om die rivier tot ’n sekere mate teen besoedelde afl oopwater
en gronderosie te beskerm.
Kunsmis in die afl oopwater vanaf gholfbane, besproeiingsgronde en ●
ander gebiede veroorsaak dat water groen word – en oorgroei word
met slymerige alge en wateronkruide wat die waterlewe versmoor en
drinkwater besoedel.
Die dreinering of beskadiging van vleilande beïnvloed hul vermoë om as ●
buff er op te tree en om water te suiwer. Dit beteken dat ander bronne
meer besoedelde water verkry, vloede erger is en lae vloeie tydens
somermaande afneem.
Besoedeling vanaf afvalstortingsterreine en informele nedersettings syfer ●
in grondwater in, vanwaar dit ander waterbronne kan besoedel.
Besoedelde riviere besoedel op hul beurt riviermondings en die see. ●
’n Toename in die onttrekking van water uit riviere verlaag die ●
hoeveelheid vars water in riviermondings (en verander die plant- en
dieregemeenskappe wat daar voorkom) en kan uiteindelik veroorsaak
dat die mond toegaan. Dit beïnvloed weer die marine-ekostelsels en die
visbedryf, aangesien heelwat visse vir ’n gedeelte van hul lewensduur in
riviermondings skuil.
Opvanggebiede as ’n Bestuurshulpmiddel
Die bedoeling van ’n opvanggebied is dus om die verbinding tussen
waterbronne en ekostelsels, die land, ander waterliggame en mense en
hul aktiwiteite in ag te neem. Voorbeelde hiervan mag ons sleg laat voel
oor ons teenwoordigheid op die aarde, maar dit is nie die bedoeling
nie! Die idee van ’n opvanggebied is om beter maniere te vind om ons
waterhulpbronne mee te bestuur. Die manier waarop dit gedoen word,
staan as Geïntegreerde Waterhulpbronbestuur bekend.
Geïntegreerde Waterhulpbronbestuur
Geïntegreerde Waterhulpbronbestuur (GWHB) is ’n nuwe manier waarop
daar na water gekyk word. Al die prosesse wat in hierdie boekie beskryf
word, gee aanleiding tot GWHB.
Waarom die term ‘geïntegreerde’? Wat behels hierdie nuwe manier?
Watertoewysings word gemaak nadat die behoeftes van alle ●
belanghebbers (huishoudelike watergebruikers, landbou, stedelike en
nywerheidsgebruikers ens) in ag geneem is.
Watertoewysings neem toekomstige behoeftes en gebruike, asook ●
toekomstige gebruikers in ag.
Die Bestuur van Opvanggebiede – ’n Nuwe Manier om Water te Bestuur | 11
Water word nie slegs in terme van die toewysing van beskikbare water ●
bestuur nie, maar as deel van ’n ekostelsel of waterhulpbron. Eerder as
om net water te bestuur (bv die verdeling of lisensiëring van water), is
owerhede veronderstel om die rivier (waterhulpbron) te bestuur. Dit
beteken dat die hele ekostelsel (watervloei en hoeveelheid, watergehalte,
rivierbedding en -oewer [oewergebied], en plant- en dierelewe in die
water en op die rivierwalle) as ’n geheel – oftewel geïntegreerd – bestuur
moet word– die volhoubaarheid van die hulpbron.
Waterhulpbronne (byvoorbeeld oppervlakte- en grondwater) moet in ●
verhouding met mekaar en die res van die opvanggebied, bestuur word.
Watergebruik word bestuur met inagneming van onttrekkings, opgaring, ●
aktiwiteite soos kommersiële bosbou wat stroomvloei verminder, storting
van behandelde afvalwater, rivierwerke en ander gebruike.
Hierdie tipe ‘geïntegreerde’ bestuur hou ’n uitdaging in. Dit vereis
samewerking tussen die verskillende owerhede en gemeenskappe wat in
die opvanggebied woon. Die Departement van Waterwese en Bosbou moet
byvoorbeeld met die Departemente van Landbou, van Omgewingsake en
van Grondsake, sowel as munisipaliteite en natuurbewaring, saamwerk.
Gemeenskappe wat in die verlede min met mekaar geskakel het, moet nou
oor kulturele en sosio-ekonomiese skeidings heen om die tafel sit en hul
eiesoortige en gemeenskaplike probleme in die opvanggebied met mekaar
bespreek. Hierdie tipe samesprekings is nie altyd maklik nie, en dit kan
selfs moeiliker wees om hulle in praktiese bestuursplanne om te sit. Een
manier om hierdie probleme te oorbrug, is deur die samestelling van ’n
Opvanggebied-bestuurstrategie.
Doelwitte van die opvanggebied-bestuurstrategie sluit byvoorbeeld die
bereiking van ’n sekere gehalte en gebruikswaarde vir elke waterhulpbron
in die opvanggebied in, asook aksieplanne en tydsraamwerke om hierdie
doelwitte te behaal. Die doelwitte is gegrond op ’n aantal maatreëls wat
deur die Nasionale Waterwet, Wet Nr 36 van 1998, ingestel is. Ons kyk dus
nou na die nuwe Nasionale Waterwet.
12 | Aanwysings Vanaf die Nuwe Nasionale Waterwet
Sleutelkenmerke van die Historiese SkuifDie nuwe Nasionale Waterwet is op drie beginsels gegrond:
Deelnemende besluitneming ondersteun hierdie beginsels.
Suid-Afrika se vorige Waterwet was gebaseer op die ‘reg’ wat elke
grondeienaar tot water het. Water was dus aan ’n eiendom of grond
verbind. Diegene wat die grond besit het, het m.a.w. die reg gehad om die
water te gebruik wat op daardie grond van toepassing was. Tesame met
ander wetgewings (wat byvoorbeeld verhoed het dat swart Suid-Afrikaners
eiendom mag besit) het dit gelei tot politieke ongelykhede in die toegang
tot water, wat vandag steeds voorkom. Dit is nou bo en behalwe die feit
dat die verdeling van water, as gevolg van ons land se klimaatsverskille, van
nature van plek tot plek sal verskil.
Die nuwe Waterwet (die Nasionale Waterwet van 1998) het ’n totaal nuwe
benadering. Dit sluit in:
Die behoefte om water regverdig te verdeel. ●
Die behoefte aan doeltreff endheid (om water doeltreff end en sonder ●
enige vermorsing aan te wend).
Die behoefte om water volhoubaar te benut. ●
Onderliggend aan die Wet is ’n deeglik nagevorsde begrip oor die oorsprong
van ons water (die watersiklus en waterhulpbronne in opvanggebiede)
en hoe ons die voorsiening daaruit kan onderhou. Die nuwe Nasionale
Waterwet verwys dus na die hele rivier (die hele rivier-ekostelsel) – en nie net
die water wat vanuit ’n rivier onttrek word nie – as die hulpbron wat beskerm
moet word. Dit dui ook aan dat grondwater, riviere, oewersones en vleilande
Aanwysings Vanaf die Nuwe Nasionale Waterwet
Doeltreff endheidBillikheidVolhoubaarheid van
die waterhulpbron
Aanwysings Vanaf die Nuwe Nasionale Waterwet | 13
hulpbronne is wat beskerm moet word. Dit bevorder dus Geïntegreerde
Waterhulpbronbestuur op ’n opvanggebiedswye basis.
’n Verdere sleutelkenmerk van die Nasionale Waterwet (NWW) van
1998 is die beginsel dat die bestuur van waterhulpbronne ’n gedeelde
verantwoordelikheid is. Alhoewel die Minister van Waterwese en Bosbou
die beskermheer van nasionale waterhulpbronne is, maak die Wet daarvoor
voorsiening dat die bestuur daarvan by wyse van ’n vennootskap tussen
plaaslike gebruikers, opvanggebiedsbestuurders en die DWW&B moet
geskied.
Alhoewel die nuwe Nasionale Waterwet ekologiese volhoubaarheid
beklemtoon, is dit inderwaarheid ’n antroposentriese, oftewel mens-
geörienteerde wetgewing. Dit word, onder andere, in die volgende stelling
in die Witskrif op ’n Suid-Afrikaanse Waterbeleid gerefl ekteer:
“Die doelwit in die bestuur van die hoeveelheid, gehalte
en betroubaarheid van die land se water … is om die beste
langtermyn, omgewings-volhoubare sosiale en ekonomiese
gemeenskapsvoordeel daaruit te verkry”. (DWW&B, 1997)
Selfs die ekologiese reserwe, een van die Nasionale Waterwet se
sleuteleenhede, is mensgerig – soos hieronder uiteengesit.
Die praktyk – Maatreëls en strategieë om hierdie beginsels te
bewaarheid
Die beginsels van die Nasionale Waterwet moet in bedryf gestel word. Twee
afdelings van die Wet het hierop betrekking: een hiervan hou verband met
Brongerigte Maatreëls, terwyl die ander op Hulpbrongerigte Maatreëls
betrekking het. Konsepte, wat uiteindelik in meetbare doelwitte vir die
bestuur van waterhulpbronne omgesit word, is deel van hierdie maatreëls.
Hierdie doelwitte word dan in bestuursplanne, oftewel Opvanggebied-
bestuurstrategieë opgeneem. Hierdie prosesse word kortliks verduidelik,
2
14 | Aanwysings Vanaf die Nuwe Nasionale Waterwet
maar sal al hoe duideliker word soos wat ons in latere afdelings meer
inligting hieromtrent verskaf.
Brongerigte Maatreëls
Hierdie maatreëls word gebruik om landgebaseerde aktiwiteite in die
opvanggebied, wat ’n impak op die hoeveelheid of gehalte van water het
(veral die bron van besoedeling of onttrekking), te bestuur en te beheer.
Brongerigte beheermaatreëls sluit in:
Standaarde om die gehalte van uitvloeisel te beheer. ●
Vereistes in die voorkoming, mitigasie en opruiming van besoedeling. ●
’n Stelsel vir die magtiging van watergebruik en die uitreiking van ●
lisensies.
Vereistes vir omgewingsinvloedbepalings – as deel van die proses om ●
lisensie-aansoeke vir watergebruik te beoordeel.
Beste bestuurspraktyke vir die konstruksie van damme en stuwalle, die ●
wegdoen van vaste afval, die toedien van plaagdoders of die konstruksie
van paaie in en naby oewersones.
Indien nodig, kan brongerigte maatreëls d.m.v. vervolging afgedwing word.
Hulle werk hand aan hand met ekonomiese insentiewe wat by wyse van die
bestuur van die gehalte en hoeveelheid water verkry word. Die NWW maak
onder andere vir die volgende ekonomiese maatreëls voorsiening:
prysstrategie vir water; ●
vorderings vir die storting van uitvloeisel; ●
kortings op die terugplasing van behandelde uitvloeisel; en ●
boetes vir die nie-nakoming van standaarde en besoedeling, ongeag of ●
dit doelbewus of per ongeluk was.
Brongerigte maatreëls komplementeer hulpbrongerigte maatreëls.
Hulpbrongerigte maatreëls
Hierdie maatreëls behels die daarstelling van doelwitte vir die hulpbron en
het betrekking op die (1) volume water, (2) gehalte van water, (3) habitatte
vir wild en (4) biota (plant- en dieregemeenskappe).
Die hulpbrongerigte maatreëls (HGMs) vorm die grondslag vir meeste
van die onderwerpe in hierdie boekie. Drie hulpmiddels kan hiervoor
aangewend word:
Bepaling van die Hulpbronklas (Klassifi kasie van waterhulpbronne). ●
Bepaling van ’n Reserwe vir die hulpbron. ●
Daarstelling van Hulpbrongehalte-oogmerke. ●
Aanwysings Vanaf die Nuwe Nasionale Waterwet | 15
Die bepaling van die hulpbronklas word kortliks hieronder uiteengesit.
Meer inligting is beskikbaar in ’n ander boekie in die reeks, naamlik
Klassifi kasie van Waterhulpbronne. Die Reserwe word op ’n latere stadium in
hierdie boekie verduidelik en die hulpbrongehalte-oogmerke word in terme
van die toepassing van die Reserwe bespreek.
Opvanggebied-bestuurstrategieë
’n Opvanggebied-bestuurstrategie is die samevatting van alle
HGM-prosesse: dit inkorporeer die gekose hulpbronklas en die
voorgeskrewe Reserwe, asook die hulpbrongehalte-oogmerke wat
vir elke belangrike waterhulpbron in die opvanggebied bepaal is. Die
opvanggebied-bestuurstrategie is dus die hartklop van geïntegreerde
waterhulpbronbestuur.
Die ontwikkeling en toepassing van ’n opvanggebied-bestuurstrategie stel
mens in staat om die verskillende watergebruikers, sowel as die huidige
en toekomstige behoeftes van die verskillende gemeenskappe in ’n
opvanggebied, in ag te neem en daarvolgens te beplan. ’n Opvanggebied-
bestuursagentskap (OBA, sien hieronder) – wat alle betrokke deskundiges
en belanghebbers verteenwoordig – is verantwoordelik vir die samestelling
daarvan. Die streek- en nasionale kantore van die DWW&B staan hulle met
hierdie proses by.
Die Nasionale Waterhulpbronstrategie (sien www.dwaf.gov.za) dien as riglyn
vir die samestelling van ’n opvanggebied-bestuurstrategie. Laasgenoemde
moet op die nasionale strategie geskoei wees. Hierdie riglyne word in ’n
eenvoudige handleiding: Guidelines for Developing Catchment Management
Strategies in South Africa [REF], opgesom en verduidelik.
’n Opvanggebied-bestuurstrategie bestaan eintlik uit ’n aantal sub-
strategieë. Sommige van hierdie sub-strategieë is fasiliterend van aard
en help die OBA om sy funksies te kan uitvoer. Dit sluit strategieë vir
konsultasie met belanghebbers, kommunikasie en fi nansies in.
Die sub-strategieë wat op hulpbronbestuur betrekking het, staan weer
sentraal tot die bestuur van waterhulpbronne en ’n opvanggebied.
Daar is twee stelle sub-strategieë wat met mekaar moet saamwerk. Die
sub-strategieë vir HGMs is ingestel om die hulpbrongehalte-oogmerke
(vasgestel in ooreenstemming met die verkose bestuursklas vir die betrokke
hulpbron) en die Reserwe te behaal en te behou. Die ander sub-strategieë
het betrekking op brongerigte maatreëls.
’n Geïntegreerde strategie is nodig om al hierdie aspekte bymekaar te trek,
asook om koördinasie en samewerking tussen die verskillende gebruikers en
16 | Aanwysings Vanaf die Nuwe Nasionale Waterwet
die owerhede wat vir beide waterverbruik en die verwante grondgebruik in
die opvanggebied verantwoordelik is, te bewerkstellig.
Waarom moet gewone watergebruikers oor soveel inligting beskik? Is
dit nie net eenvoudig die regering se verantwoordelikheid om ons
dienooreenkomstig in te lig nie? Die antwoord hierop is: nee. Die NWW
vereis dat watergebruikers aktief by die bestuur van en besluitneming
oor water betrokke moet wees en maak, by wyse van verskeie
waterbestuursinstellings, hiervoor voorsiening.
Waterbestuursinstellings – OBAe, WGVs en Opvanggebiedforums
Die geleidelike verdeling van verantwoordelikhede en die beheer
oor waterhulpbronne is ’n belangrike komponent van Geïntegreerde
Waterhulpbronbestuur, soos uiteengesit in die Nasionale Waterwet
(Wet Nr 36 van 1998). Die meeste van hierdie verantwoordelikhede
sal in die belangrikste van hierdie instellings, naamlik opvanggebied-
bestuursagentskappe (OBAe), gesetel wees. Die land is ingevolge die
NWW in 19 waterbestuursgebiede (WBGe) verdeel en ’n opvanggebied-
bestuursagentskap sal vir elke WBG ingestel word.
’n OBA is ’n statutêre liggaam wat deur die Minister van Waterwese en
Bosbou ingestel moet word en het verskeie rolle en funksies wat dit moet
verrig. Dit word beskryf in die boekie, Opsomming van die belangrikste
waterbestuursinstellings, wat deel van hierdie reeks is.
Ons het vroeër genoem dat die OBA verantwoordelik is vir die
ontwikkeling van ’n opvanggebied-bestuurstrategie. Die OBA is ook
verantwoordelik vir die toepassing en monitering daarvan. Bykomend
Aanwysings Vanaf die Nuwe Nasionale Waterwet | 17
hiertoe moet die OBA met belanghebbers in die opvanggebied oorleg
pleeg aangesien hulle aktiwiteite (soos watergebruik, die storting van
uitvloeisel en grondgebruikspraktyke) die proses van geïntegreerde
waterhulpbronbestuur sal beïnvloed, of daardeur beïnvloed sal word.
Opvanggebiedforums en watergebruikersverenigings (verwys na
Opsomming van die belangrikste Waterbestuursinstellings) kan tydens al
hierdie prosesse insette lewer.
Opvanggebiedforums is die vernaamste platform vir konsultasie met die
breëre gemeenskap en belangegroepe in ’n opvanggebied. WGVs, as
geregistreerde watergebruikers, verteenwoordig hulle eie belange. Lede
van opvanggebiedforums, Verwysingsgroepe en WGVs sal geraadpleeg
word oor sake soos die bestuur, beskerming, bewaring en volhoubare
benutting van waterhulpbronne in hul opvanggebied. Daarom is dit
noodsaaklik dat elkeen ’n goeie basiese begrip moet hê van die beginsels
wat die Nasionale Waterwet onderlê, asook hoe dit in die praktyk toegepas
word. Die vernaamste beginsels is: Billikheid enGelykheid, Doeltreff endheid
en Ekologiese Volhoubaarheid.
Heelwat watergebruikers, veral diegene wat al etlike jare in ’n opvanggebied
woon en werk, het ’n goeie begrip van die daardie aspekte van ’n
waterhulpbron wat hulle direk raak. Dit is oor die algemeen moeiliker om
’n langtermyn-siening van waterhulpbronne en die wyse waarop hulle met
mekaar verbind is, te vorm. Dieselfde geld vir toekomstige behoeftes en
ekologiese volhoubaarheid. Hierdie aspekte word meer breedvoerig in die
volgende afdeling beskryf.
18 | Volhoubaarheid
’n Nuwe Benadering tot Ontwikkeling en Bewaring
Wat beteken hierdie nuwe term, volhoubaarheid? Alhoewel die woord nie
altyd dit bereik wat ons graag wil hê dit moet doen nie, was daar ’n goeie
rede vir hierdie spesifi eke term. Die idee was om ’n term te vind wat aandui
dat bewaring en ontwikkeling nie twee opponerende kragte is wat mekaar
teenwerk nie. Mens moet bewaring en ontwikkeling eintlik beskou as twee
kragte wat mekaar ondersteun – soos die twee kante van een muntstuk.
Om dit te kan bereik, moet mens op ’n spesiale (nuwe) manier na beide
bewaring en ontwikkeling kyk. Ons kan nie net voorgaan met ‘besigheid
soos gewoonlik’ nie!
Aan die een kant moet ons, sowel as ons bewaringsagentskappe, besef
dat bewaring nie beteken dat ons mense van die natuur moet weghou nie.
Bewaring beteken om die natuur op so ’n wyse op te pas dat mense, nou en
in die toekoms, daaruit voordeel kan trek. Die bewaring van marinegebiede
vul byvoorbeeld die nabygeleë visvoorraad aan. Suid-Afrika se nasionale
parke is ook ’n tipe ontwikkeling wat wild beskerm, werksgeleenthede skep
en jaarliks miljoene rande inbring.
Aan die ander kant moet ons besef dat ontwikkeling nie op dieselfde
manier as voorheen, toe daar nie aandag gegee is aan die voordeel wat
arm mense daaruit kan trek nie, kan geskied nie. Sekere tipe ontwikkelings
het juis werksgeleenthede verminder of hulle opsies op ’n lewensbestaan
verminder. Ontwikkelings wat nie die verlies aan natuur-kapitaal bereken
nie, is op die lange duur onvolhoubaar.
Volhoubaarheid beteken dus om, nou en in die toekoms, ’n goeie
lewensgehalte te kan hê. Dit beteken nie dat ons moet groei en groei totdat
die aarde onder die gewig daarvan ineenstort nie! Dit behels eerder die
neem van verstandige besluite sodat die aarde ons en die geslagte na ons
kan dra en onderhou. Alhoewel dit op die aarde van toepassing is, geld
dieselfde beginsels vir ’n land, ’n enkele opvanggebied – en selfs ’n plaas.
Volhoubaarheid
Bewaring word nie slegs in
wildparke en natuurreservate
toegepas nie, maar oral waar
natuurlike hulpbronne voorkom.
Boere pas byvoorbeeld ook bewaring
toe wanneer hulle die inheemse
plantegroei in die buff ersone langs
riviere beskerm.
Volhoubare ontwikkeling beteken
’n nuwe benadering tot ontwikkeling,
waarin ekonomiese geregtigheid
(oftewel regverdigheid) sowel as die
ekologiese aspekte van die hulpbron
waarvan die ontwikkeling afhanklik
is, in aanmerking geneem word.
Volhoubaarheid | 19
Ons is almal bewus van plekke, plase of dele van ons land wat swak bestuur
was, of gedwing was om te veel mense te huisves, en wat nou nie meer
hierdie persone ’n goeie lewenskwaliteit kan bied nie.
Ons weet ook dat, alhoewel ontwikkeling baie mense bevoordeel
het, heelwat meer persone van hierdie voordele uitgesluit was. Die
apartheidsbeleid het swart Suid-Afrikaners stelselmatig benadeel deur hulle
nie toe te laat om grond en eiendom (die grondslag vir ontwikkkeling) te
besit nie, hulle aan ’n tipe onderrig te onderwerp wat hulle in ’n werkersklas
met beperkte vaardighede omskep het, en ekonomies teenoor hulle
te diskrimineer alhoewel hulle fundamenteel tot die groei van die land
bygedra het.
Dit neem lank om die skade van jare se uitsluiting ongedaan te maak –
daarom is dit so belangrik dat billikheid en regverdigheid hoë prioriteit in
alle besluitnemingsprosesse moet geniet. Aangesien water sentraal tot
onwikkeling en gelykheid staan, is dit juis gepas dat die Nasionale Waterwet
soveel klem op hierdie beginsels lê. Water staan ook sentraal tot Suid-Afrika
se toekoms: dit bepaal of ons sal kan aanhou om te ontwikkel en in die
toenemende sosiale behoeftes te voorsien, of dat ons die ineenstorting van
ons ekostelsels– en daarmee saam enige verdere ontsluiting of ontwikkeling
van geleenthede – in die gesig staar.
Suid-Afrika se Skaars Hulpbron
Suider Afrika word, in terme van wêreldstandaarde, as ’n droogland
geklassifi seer – in ander woorde: ’n semi-droë gebied wat 200–500 mm reën
per jaar kry. Ons gemiddelde reënval beloop 475 mm per jaar. Slegs ’n nou
strook aan die oostekant van ons land, wat meer as 500 mm per jaar kry,
word as vogtig geklassifi seer.
Om sake te vererger kan ons tot 90% van die reënval in ’n gebied aan
verdamping verloor. In Gauteng, byvoorbeeld, is verdamping twee keer
3
20 | Volhoubaarheid
hoër as die jaarlikse reënval. In die laer Oranjeriviervallei is die verdamping
tien keer hoër as die jaarlikse reënval (Davies en Day, 1998, bl 30 en 39). Dit
beteken dat daar geen oorskot van water in die meeste gedeeltes van Suid-
Afrika is nie – die land beskik inderwaarheid oor ’n groot watertekort.
Die hoë verdampingstempo word gedeeltelik deur ons hoë
somertemperatuur, wanneer die meeste reën voorkom, veroorsaak. ’n
Verdere oorsaak is die topografi e, oftewel die vorm, van ons land. Ons
beskik nie oor Oos- en Sentraal Afrika, Europa en Noord-Amerika se
natuurlike mere waarin water kan versamel nie. Ons land is oud en erosie
het tyd gehad om die aarde en meeste van die induikings waarin water kon
versamel, plat te maak. Meeste van die vernaamste ystydperke het ook
nie in Suider Afrika voorgekom nie, met die gevolg dat daar ook geen diep
gletservalleie ontwikkel het nie.
Verder is ons reënval hoogs seisoenaal, wat beteken dat daar altyd ’n droë
seisoen (in die winter of in die somer) voorkom. Ons reënval is ook uiters
wisselvallig, wat beteken dat ons nooit seker is van hoeveel reën ons kan
verwag nie. Droogte en vloede kom dus algemeen voor.
Wetenskaplikes voorspel dat aardverhitting selfs groter uiterstes in ons
weerpatrone kan veroorsaak. Dit sluit langer tydperke tussen reënvalle in,
en dat reën harder en vinniger sal val. Dit beteken dat meer droogtes en
vloede kan voorkom – soos voorspel as deel van die klimaatsveranderinge.
Dit is duidelik dat ons dus water in terme van volhoubaarheid moet beskou.
Ontwikkeling kan nie sonder water plaasvind nie. Landbou, nywerhede,
toerisme en die mens se lewensbestaan en -gehalte berus op die
beskikbaarheid van water, soos aangedui in die voorbeelde van Pofadder en
Upington.
Suid-Afrika is een van die laagste op die lys van lande in die wêreld wat ●
sy reënval as bruikbare afl oopwater in riviere kan omskep (SA: 8,6% in
vergelyking met Australië: 9,8% en Kanada: 66%).
Suid-Afrika beskik oor ’n oppervlakte van ongeveer 1 220 000 vierkante ●
kilometer. Geen noemenswaardige afl oop kom op een-sesde hiervan (’n
gebied ongeveer so groot soos die Verenigde Koninkryk) voor nie. Die
enigste afl oop wat wel hier voorkom, is brak grondwater.
Ongeveer die helfte van ons reënval word in damme opgegaar; 8% vloei ●
na riviere en die res dreineer in die grond in, of verdamp.
Suid-Afrika se bevolking neem teen ongeveer een miljoen persone per ●
jaar toe.
Miljoene werksoekende Suid-Afrikaners stroom jaarliks na die stede toe ●
– ’n bewys dat die hulpbronne in landelike gebiede nie die bevolking kan
onderhou of ’n redelike lewensgehalte kan bied nie. Dit plaas ’n enorme
druk op daardie waterbronne wat stede van water voorsien; heelwat van
hulle word reeds ten volle benut.
Volhoubaarheid | 21
Die aanvraag na water neem eksponensieel toe. Om hierdie rede is meer ●
damme in die jare 1971 tot 2000 gebou as in die jare 1952 tot 1970.
Omtrent die helfte van Suid-Afrika se reënval word reeds opgegaar.
Indien ons die totale aantal oppervlakte- en grondwaterbronne tot ons ●
beskikking in terme van die laagste bevolkingsgroei bereken, kan ons ’n
permanente droogte tot en met die jaar 2040 afweer. Verskeie faktore
kan in werklikheid veroorsaak dat hierdie datum heelwat vervroeg kan
word.
Aangesien die aanvraag na en voorsiening van water nie orals dieselfde ●
is nie, sal sommige gebiede lank voor hierdie tyd reeds permanente
droogtes en watertekorte beleef.
Aangepas uit Davies & Day, 1998, bladsye 315–316.
Hoe lank kan ons, gegewe ons watertekorte, in Suid-Afrika met ontwikkeling
volhou? Hoe kan ons die beskikbare water ten beste benut sodat ons nie
net kan ontwikkel nie, maar ook kan verseker dat ontwikkeling daardie Suid-
Afrikaners insluit wat in die verlede ekonomies uitgesluit was?
Besoedeling en Watergehalte
Die gebrek aan water is nie die enigste kwessie wat die volhoubaarheid
van water beïnvloed nie. Watergehalte is net so ’n kritiese faktor. Wanneer
die klein hoeveelheid water in droë gebiede byvoorbeeld deur riool,
mynuitvloeisel of oormatige kunsmis besoedel word, vererger dit die
situasie. Selfs in die natter oostelike dele van Suid-Afrika kan ’n verlaging in
watergehalte as gevolg van besoedeling ’n kritiese volhoubaarheidskwessie
wees. Swak sanitasie veroorsaak dat duisende kinders jaarliks in Suid-
Afrika sterf. Besoedeling veroorsaak ’n toename in die koste om water
tot op drinkwaterstandaard te suiwer – dit plaas ’n bykomende las op
munisipaliteite wat reeds sukkel om aan ontwikkelingsbehoeftes te voldoen.
Sommige nywerhede besef reeds dat die besoedeling van water op
die korttermyn geriefl ik mag wees, maar glad nie in die belang van
volhoubaarheid is nie. Sekere Suid-Afrikaanse maatskappye is reeds in
hoë-profi el hofsake vervolg, juis omdat hulle grondwaterbronne met
swaarmetale besmet het en dit verbind is met die siektes wat mense, en hul
vee, opgedoen het nadat hulle hierdie water gedrink het.
Water word nie slegs deur die direkte storting van uitvloeisel of vaste
afval besoedel nie. Besoedeling vind dikwels op indirekte wyse plaas.
Chemikalieë kan byvoorbeeld vanaf stortingsterreine uitloog, of a.g.v.
lekkende houers en opgaardamme in grondwaterbronne insypel en
uiteindelik, op die maniere soos in Figuur 1 op bladsy 8 geïllustreer, in ons
riviere beland.
Slegs ongeveer een-derde van swart
Suid-Afrikaners het toegang tot
spoelriolering. In vergelyking met
die per capita BBP vir die hele Afrika,
kom die meeste kindersterftes en
watergedraagde siektes onder swart
Suid-Afrikaners voor. (Bond, 2002,
bladsy 36)
22 | Volhoubaarheid
Indien waterhulpbronne op een of ander manier beskadig of vernietig is,
het besoedeling het selfs ’n groter invloed op die volhoubaarheid daarvan.
Vleilande help byvoorbeeld om water te suiwer (lees Sorg vir vleilande
vir meer inligting hieroor). In plekke waar vleilande vernietig is, neem
die watergehalte af omdat die natuurlike suiweringswerke uit die stelsel
verwyder is. Dit plaas ’n groter las op munisipale suiweringswerke en
verhoog die koste vir die suiwering daarvan. Dit is bewys dat dit baie meer
kos om ’n bykomende kunsmatige vleilande of suiweringswerke te bou as
wat dit sou gekos het om die vleiland in die eerste plek te onderhou.
Volhoubaarheid is dus ook ’n kwessie van Rand en Sent. Besluite wat op
ekologiese volhoubaarheid geskoei is, spaar op die langtermyn meer geld.
Die Reserwe – Genoeg vir Almal, vir Altyd | 23
’n Netelige Kwessie
Die Reserwe is sekerlik die vernaamste hulpmiddel in die NWW wat
aangewend kan word om ons watehulpbronne behoue te laat bly. Dit is
egter ook kontroversieel! Hier volg uitsprake wat sommige mense al oor die
Reserwe gemaak het:
Aangepas uit Sherwill et al, 2003, deur Van Wyk et al., 2006
In die volgende afdelings sal dit duidelik word dat meeste van hierdie
stellings ’n wanopvatting van die Reserwe verteenwoordig.
Die Reserwe is water
vir goggas. Meer water vir die Reserwe beteken
minder water in jou maag.
Hoe kan jy vir mense sê dat
hulle nie water mag kry nie
omdat visse dit nodig het?
Die Reserwe is net daar om
aan konsultante werk te gee.
Dit sou baie beter gewees het indien 10%
van die geld wat reeds op Resewerbepalings
bestee is, eerder gebruik is om water aan
landelike gebiede te voorsien.
Al wat ons regtig nodig het, is volhoubaarheid.
Waarom kan ons nie al ons riviere net op die
laagste beskermingsvlak onderhou nie? Op
hierdie manier kan ons hulle maksimaal benut
terwyl die hulpbronne nog steeds volhoubaar is.
Hoe het ekoloë in Suid-Afrika dit
reggekry dat die nuwe waterbeleid
soveel mag aan die beskerming van die
natuur verleen?
Die Reserwe is daar om die hulpbron,
wat goedere en dienste aan mense
lewer, te onderhou.
Die Reserwe het betrekking op Genoeg
vir Almal, vir Altyd.
4
Die Reserwe – Genoeg vir Almal, vir Altyd
24 | Die Reserwe – Genoeg vir Almal, vir Altyd
Wat presies is die Reserwe?Die Reserwe bestaan uit die volgende twee komponente:
’n Reserwe bestaan uit
Die Basiese Menslike Behoeftes-reserwe ’n Ekologiese Reserwe
Die Basiese Menslike Behoeftes-reserwe (BMB) is die “GENOEG VIR
ALMAL” deel van die Reserwe. Dit is die gehalte en hoeveelheid water wat
in ’n waterhulpbron agtergelaat moet word sodat daar voldoen kan word
aan die basiese waterbehoeftes van elke persoon wat van daardie spesifi eke
hulpbron afhanklik is. Dit word bereken op ten minste 25 liter goeie gehalte
water per persoon per dag, wat die basiese behoeftes soos drink, kook en
was, binne 200 meter van die huis af, aanspreek. Dit is dus nie reg om te sê
dat die Reserwe ekostelsels belangriker as mense beskou nie.
Die Ekologiese Reserwe is die “VIR ALTYD” deel van die Reserwe. Dit is die
hoeveelheid en gehalte water wat nodig is om die spesifi eke ekostelsel
(bv ’n rivier of ondergrondse akwifeer) te onderhou, sodat die hulpbron
op sy beurt weer mense en ontwikkeling kan onderhou. Die mens se
basiese behoeftes is weer eens grondliggend tot hierdie komponent van
die Reserwe. Die Wet omskryf die ekologiese reserwe as: “die hoeveelheid
en gehalte water wat benodig word … om water-ekosisteme op so ’n wyse
te beskerm dat dit die ekologiese
volhoubare ontwikkeling en benutting
van die betrokke waterhulpbronne
verseker” (Republiek van Suid-Afrika,
1998).
Hierdie twee beginsels is gegrond op
die Suid-Afrikaanse Grondwet wat
elke inwoner die reg tot hul basiese
behoeftes en ’n veilige en gesonde
omgewing waarborg. Die Reserwe
(vir beide die BMBs en die ekologie) is
die enigste reg op water waarvoor die
NWW voorsiening maak. Alle ander
watertoekennings word by wyse van
’n stelsel van magtigings gemaak,
geld vir ’n spesifi eke tydperk en is op
’n spesifi eke gebruik van toepassing.
Figuur 2: Die Reserwe en bykomende toekennings
Additionale allokasies per
ooreenkoms, vir sekere
gebruiks en tydperk
Die Reserwe:
die enigste reg
tot water binne
die wet.
Die Ekologiese Reserwe
Die Basiese Menslike Behoeftes Reserwe
Die Reserwe – Genoeg vir Almal, vir Altyd | 25
Die Reserwe geniet die hoogste prioriteit wanneer enige toekenning
gemaak word. Geen lisensie vir die gebruik van water vanuit ’n
waterhulpbron mag uitgereik word voordat die Reserwe nie bereken
is nie en genoeg water eenkant gehou word om aan die behoeftes van
die Reserwe (basiese menslike behoeftes en die funksionering van die
ekostelsel) te voldoen.
Hoe bepaal ’n mens die basiese menslike behoeftes-reserwe? Hierdie proses word gerig deur die Regulasies
van die Wet op Waterdienste, 1997. Hieronder volg ’n voorbeeld van hoe die BMB-reserwe bepaal is vir ’n
gedeelte van ’n opvanggebied waarin ongeveer 9 100 mense woon en die natuurlike Gemiddelde Jaarlikse
Afl oop (nGJA) (sonder enige ontwikkelings) 519 miljoen kubieke meter (M m3) beloop:
Tersiêre
dreineringsgebied
Bevolking (huidige
behoefte)
Per capita behoefte (liter
per dag)
Verlangde basiese
menslike behoeftes-
reserwe
E10 9100 25 M m3/jaar % nGJA
0.083 0.00016
Hierdie gedeelte van die opvanggebied moet ten minste 0.083 miljoen kubieke meter water per dag, of
0.00016% van die natuurlike gemiddelde jaarlikse afl oop, aan sy inwoners beskikbaar stel. Dit verteenwoordig
dus die huidige basiese menslike behoefte, gebaseer op die huidige bevolking. Indien die bevolking toeneem,
sal die Reserwe ook verhoog moet word.
Meer omtrent die ekologiese reserwe – Gaan dit oor visse en goggas?
Die ekologiese reserwe bestaan uit die volgende:
’n sekere volume en vloei van water wat vir ’n sekere tydperk onderhou ●
moet word (indien die waterhulpbron seisoenaal van aard is, bv riviere
wat net in die somer vloei of in die somer sterker vloei, kan hierdie
reserwe van seisoen tot seisoen wissel)
’n sekere watergehalte wat gehandhaaf moet word, m.a.w. die vlakke van ●
(byvoorbeeld) nitrate, fosfate, ammoniak, spoorelemente, swaarmetale en
swewende grond wat nie oorskrei mag word nie.
Die Wet beskryf die ekologiese reserwe as: “die hoeveelheid en gehalte
water wat benodig word … om water-ekosisteme op so ’n wyse te beskerm
dat dit ekologiese volhoubare ontwikkeling en benutting van die betrokke
waterhulpbronne verseker” (Republiek van Suid-Afrika, 1998).
26 | Die Reserwe – Genoeg vir Almal, vir Altyd
Dit bestaan hoofsaaklik uit ’n paar eenvoudige beginsels: ons moet
seker maak dat daar genoeg water in ons riviere (sowel as vleilande en
ondergrondse bronne) is sodat dit ’n rivier kan bly en ons aan die lewe kan
hou. Sodra dit nie meer ’n rivier is nie, droog ons watervoorraad op, is sekere
goedere en dienste nie meer beskikbaar nie en is ons in die moeilikheid.
Hoe verseker die beskerming van ons water-ekostelsels egter dat die
waterhulpbron volhoubaar ontwikkel en benut kan word?
Volhoubaarheid is die hartklop van die Reserwe. Dit is net so noodsaaklik
om water vir die funksionering van die ekostelsel eenkant te hou as wat
dit vir ’n boer nodig is om ’n gedeelte van sy sak mielies (wat sy familie
gebruik om kos mee te maak) terug te hou sodat hy die mielies kan saai
om ’n verdere sak mielies te oes. Net so moet die broodwinner wat van
busvervoer gebruik maak nie al haar geld spandeer nie, maar geld eenkant
sit sodat sy weer die bus na haar werkplek kan neem en ’n inkomste kan
verdien. Op dieselfde wyse kan ons die water in ’n rivier gebruik (vir
besproeiing, kragsentrales, hotelle se swembaddens), maar moet ons seker
maak dat almal se basiese behoeftes bevredig word (die BMB-reserwe) en
dat daar genoeg water in die rivier (of ander waterhulpbron) oorbly sodat
die rivier, vleiland of riviermonding as ’n ekostesel kan bly voortbestaan.
Suid-Afrika se Nasionale Waterwet beskou die hele ekostelsel (en
nie net water nie) as ’n stelsel wat lewe onderhou. Enige waterweg
(oppervlaktebron, riviermonding of ondergrondse akwifeer) word
as ’n ‘hulpbron’ beskou. Dit sluit in die loop van ’n rivier en fontein;
kanale waarin water gereeld of sporadies vloei; vleilande, mere en
damme waarna en waarvandaan water vloei; en waar van belang, die
bedding en oewers van ’n stelsel. Die gehalte van die hulpbron word
ook breedweg gedefi nieer om die volgende in te sluit: wisseling in
vloei; die fi siese, chemiese en biologiese eienskappe van water; die
aard en toestand van instroom- en oewerhabitat; en die samestelling,
toestand en voorkoms van waterbiota (tipes waterlewe). Die
opstellers van die Wet het die hulpbron dus in ’n holistiese lig beskou:
water; die ekostelsel waarvan dit deel is, waardeur dit vloei en wat
die hoeveelheid en gehalte van water beïnvloed; en die ekologiese
prosesse wat deel van die hulpbron is. Die ekologiese reserwe is
ingestel om die hulpbron, wat ’n reeks goedere en dienste aan die
gemeenskap lewer, in ’n dinamiese ekologiese toestand te behou.
(Aangepas uit Van Wyk et al., 2006, p.406)
Die Reserwe – Genoeg vir Almal, vir Altyd | 27
Riviere kan slegs hul goedere en dienste, soos die betroubare voorsiening
van water, ’n suiweringsdiens en sekere goedere vanaf rivierwalle (soos
boumateriaal, medisinale plante en ontspannings- en toerismedienste)
lewer indien hulle werklik as ekostelsels funksioneer. Dieselfde geld vir
vleilande – hulle kan ook slegs hul goedere en dienste (soos die terughou
van vloede, ’n gereelde vloei van water gedurende die droë seisoen, die
voorsiening van voedsel en handwerkmateriaal en die suiwering van water)
lewer indien hulle as ekostelsels funksioneer. Riviermondings kan ook slegs
hul goedere en dienste – van ontspanning en toersime tot die voortbestaan
van die visbedryf – lewer indien hulle as ekostelsels funksioneer. Hierdie
oppervlaktebronne is weer interafhanklik van die gehalte en hoeveelheid
water wat grondwaterbronne lewer. Geen (of meer) van hierdie voordele is
moontlik sonder die water-ekostelsels wat die waterbronne ‘lewendig’ en in
’n werkende toestand hou nie.
Water-ekostelsels (plante, diere, mikro-organismes en die fi siese fakore wat
daarmee gepaard gaan – soos water, grond, lug en voedingstowwe) vervul
soms ’n direkte rol. So byvoorbeeld speel vleiplante, sowel as die mikro-
organismes in hierdie water-omgewings, ’n direkte rol in die suiwering van
water. Sodra hulle verlore gaan (wanneer ’n rivierbedding byvoorbeeld
met beton uitgevoer word om ’n kanaal te vorm, of wanneer ’n vleiland
gedreineer word), gaan die suiweringsfunksie ook verlore. Op ander tye
speel plante en diere ’n meer indirekte rol. So byvoorbeeld is ’n rivier meer
ontvanklik vir besoedeling en erosie wanneer die natuurlike plantegroei
langs rivieroewers verlore gaan. Dit verloor ook sy vermoë om water skoon
te maak, die waterlewe sterf geleidelik uit en die voorsiening van goedere
en dienste neem af.
Waterlewe, veral ongewerweldes soos krappe en insekte, is goeie
indikators van die algehele gesondheid van die water-ekostelsel. Sodra
besoedelingsensitiewe spesies begin afsterf, is dit ’n aanduiding dat die
water te besoedel raak. Soos wat meer en meer besoedelingsensitiewe
spesies verdwyn, kan ons verseker weet dat die rivier al hoe meer besoedel
raak. Daar is ook ander indikators, soos plante en die voorkoms van
inheemse of uitheemse spesies, wat die gesondheid van ’n ekostelsel
aandui. Ons kan hierdie indikators gebruik om ’n goeie begrip van die
gesondheid van die stelsel (soms die Huidige Ekologiese Status genoem)
te verkry. Hierdie inligting kan dan gebruik word om te bepaal hoe lank
hierdie rivier, vleiland of riviermonding nog as ’n waterhulpbron kan
funksioneer en sy goedere en dienste aan die mensdom sal kan lewer.
Die inwoners van ’n opvanggebied kan dan, tesame met die owerhede
en deskundiges, besluit op die vlak van goedere en dienste wat hierdie
hulpbron moet lewer en onderhou. Dit staan bekend as die daarstelling van
’n bestuursklas vir die hulpbron. Die ekologiese reserwe wat in die hulpbron
moet bly om daardie spesifi eke ekologiese status en gepaardgaande
ekodienste te kan onderhou, is ’n belangrike komponent van hierdie proses.
Riviere is nie watergebruikers nie.
Hulle is die verskaff ers van water
en waterverwante goedere en
dienste. Hulle het egter water nodig
(voldoende en van ’n aanvaarbare
gehalte) om hulself in stand te hou
sodat hulle hierdie voordele aan die
gemeenskap kan bied.
Die ekologiese reserwe is ’n
“ekologiese middel tot ’n sosio-
ekonomiese doel”. (Van Wyk et al.,
2006)
28 | Die Reserwe – Genoeg vir Almal, vir Altyd
Riviere (en ander grondwaterbronne soos die ondergrondse akwifere
wat hulle voed, sowel as vleilande en riviermondings) lewer ’n groot
verskeidenheid van goedere en dienste aan die gemeenskap. Hulle verskaf
water vir huishoudelike gebruik, landboubesproeiing, vee, kragopwekking
en nywerhede. Riviere verdun en verwerk ook die uitvloeisels vanaf
rioolwerke en nywerhede. Rivier-ekostelsels en vleilande is veral
verantwoordelik vir die verwerking van afvalmateriaal, wat voedingstowwe
vanaf rioolwerke en landbou-afl oop, insluit. Die kanale en oewers van
riviere voorsien ruimte en die hulpbronne vir ontspanning en toerisme,
tradisionele genesing en seremonies. Hulle is ook die tuiste van heelwat
plant- en diersoorte, wat op hulle beurt bydra tot bogenoemde funksies!
In landelike gebiede maak heelwat families direk op waterhulpbronne
vir hul voortbestaan staat – vir vis, riete, medisinale plante, veevoer en
boumateriaal.
Daar is konfl ik tussen hierdie behoeftes. Indien boere in een deel van die
opvanggebied te veel water vir vee- of besproeiingsdoeleindes onttrek, kan
’n vleiland mettertyd opdroog en sal die persone wat in vleilande visvang,
hierdeur benadeel word. As een gemeenskap besluit om riool in die rivier
te stort, kan ’n ekotoerisme-oord stroomaf die probleem ondervind dat
besoekers wat in die water swem, siek word. Ander instansies sal weer meer
moet betaal om hul water tot op drinkwaterstandaard te suiwer.
Alle behoeftes kan nie ten alle tye deur ’n enkele stelsel bevredig word
nie. Ons sal keuses moet maak. Hierdie keuses gaan deels daaroor dat ons
’n besluit moet neem oor wie of watter tipe behoeftes in die toewysing
van water bevredig moet word. Indien ons slegs ons huidige behoeftes
wil bevredig met die maksimum wat die hulpbron ons bied, belê ons nie
in die toekoms van die bron nie. Dit beteken dat ons nie aan toekomstige
behoeftes sal kan voldoen nie: waterhulpbronne sal meegee onder die
las van besoedeling en ander vorms van aftakeling en/of sal eenvoudig
opdroog.
Die ekologiese reserwe is juis ingestel om te verseker dat ons toekomstige
behoeftes sal kan bevredig.
Reserwebepalings
Die Nasionale Waterwet skryf voor dat die ekologiese reserwe van elke
belangrike waterhulpbron in die opvanggebied bepaal moet word.
Dit beteken dat daar ’n Reserwebepaling vir elke belangrike vleiland,
rivier, riviermonding en grondwaterstelsel gemaak moet word. Die
“belangrikheid” van elke hulpbron is hoofsaaklik op die geografi ese omvang
daarvan geskoei.
Die Reserwe – Genoeg vir Almal, vir Altyd | 29
Soos voorheen opgemerk, is die Reserwe deel van ’n geïntegreerde proses
om die Hulpbrongerigte Maatreëls (HGMs) te bepaal, wat uit die volgende
bestaan:
Keuse van ’n ● Hulpbronklas
Bepaling van die ● Reserwe
Bepaling van ● Hulpbrongehalte-oogmerke
Ontwikkeling van ’n ● Opvanggebied-bestuurstrategie.
Die wyse waarop dit in ’n opvanggebied, of gedeelte daarvan toegepas
word, word in Figuur 3 opgesom. Die proses word deur die DWW&B,
of agentskappe wat deur hulle vir hierdie proses aangestel is, gelei.
Deskundiges op verskeie gebiede word hierby betrek, terwyl belanghebbers
in die opvanggebied ook die geleentheid het om hulle insette tydens die
verloop van die proses te lewer.
Notas vir Figuur 3 – Bepaling van Hulpbrongerigte Maatreëls, wat
die Reserwe insluit
Notas vir Stap 1 (Verwys na Figuur 3 op bladsy 30)
Reserwebepalings kan teen verskillende vlakke van sekerheid vasgestel
word. ’n Omvattende Reserwebepaling mag soms nodig wees, maar
hierdie kan tot 18 maande neem en verg ’n groot aantal deskundiges.
Wanneer slegs ’n vinnige Reserwebepaling nodig is, kan dit by wyse van ’n
lessenaarstudie en ongeveer twee dae se waarnemings in die opvanggebied
self gedoen word.
Notas vir Stap 2:
Die keuse van terreine vir verdere ondersoek hou ten nouste verband
met die verskillende ekostreekstipes wat in die studiegebied voorkom, maar
hang ook af van faktore soos verteenwoordiging, geskiktheid vir hidroliese
kalibrasie en toeganklikheid. Die vertroue in die Reserwebepaling is veral
afhanklik van die keuse van geskikte studieterreine. Hierdie stap is dus van
kritiese belang by die bepaling van die HGMs.
30 | Die Reserwe – Genoeg vir Almal, vir Altyd
Stap 1: Die instelling van die HGM-studie: Geografi ese grense word bepaal; die vlak en komponente
van HGMs word bepaal; en die studiespan word saamgestel. Laasgenoemde bestaan uit verskeie
deskundiges, sosiale wetenskaplikes, varswater-ekoloë, hidroloë, ekonome ens.
Stap 2: Deskundiges identifi seer die ekostreektipes in die studiegebied, baken die hulpbroneenhede af (bv spesifi eke
rivierbereike en individuele vleilande), en kies terreine waarvandaan waarnemings en opmetings gemaak kan word.
Stap 3: Die gehalteverwysingsstatus van die hulpbron word bepaal: hoe sou die
hulpbron in sy natuurlike en onbenutte staat gelyk het?
Stap 4a: Die huidige stand van die hulpbroneenhede
word vasgestel in terme van die: Huidige Ekologiese
Status (HES) en die gehalte van die hulpbron (die
HES kan Natuurlik, Goed, Redelik of Swak wees); en
watergebruike, grondgebruike en sosio-ekonomiese
toestande in (hierdie gedeelte van) die opvanggebied.
Stap 4b: Die belangrikheid van ’n
hulpbron word bereken in terme van sy
ekologiese belangrikheid en sensitiwiteit;
sy sosiale belangrikheid; en sy ekonomiese
belangrikheid.
Stap 5a: Die verlangde bestuursklas vir
die hulpbroneenheid word bepaal in
terme van sy belangrikheid; sensitiwiteit;
en die haalbaarheid daarvan (is dit
haalbaar in hierdie spesifi eke klas?).
Stap 9: Hierdie gee uitvoering aan die
HGM-bepaling: ’n strategie word vir die
nakoming van die hulpbronklas, Reserwe
en HGOe ontwikkel; en ’n opvanggebied-
bestuurstrategie word opgestel en
toegepas.
Stap 5b: Op hierdie stadium word bestuursklasse vir die
verskillende hulpbroneenhede bepaal. Dit staan as klassifi kasie,
of voorlopige klassifi kasie bekend. Daar kan uit die volgende
klasse gekies word: Minimale Benutting (Klas I), Matige benutting
(Klas II) en Betekenisvolle Benutting (Klas III).
Stap 6a: Die Reserwe van elke hulpbroneenheid word vasgestel. Dit behels
die bepaling van die hoeveelheid en gehalte van water; die integrasie van
gehalte en volume; en die integrasie van die eenhede van ’n rivier/vleiland/
grondwaterbron/riviermonding.
Stap 6b: Op hierdie stadium word die hulpbrongehalte-oogmerke vir elke
hulpbroneenheid by wyse van die reëls vir elke gekose klas bepaal. Dit word in
terme van habitat, biota, watergebruik en landgebaseerde aktiwiteite gedoen.
Stap 7: ’n Hulpbron-moniteringsprogram word ontwerp.
Stap 8: ’n Kennisgewing oor die HGM-
bepaling word gepubliseer, en kommentaar
word daarop aangevra.
Stap 10: Die stand van die waterhulpbron, asook die wyse
waarop dit op die toepassing van die HGMs reageer, word
gemoniteer. Hierdie proses is interaktief en kan herhaal word.
Figuur 3: Hoe Hulpbrongerigte Maatreëls (HGMs) vir ’n opvanggebied bepaal word
Die Reserwe – Genoeg vir Almal, vir Altyd | 31
Hierdie stappe is baie vereenvoudig. Die detail wat uitgelaat is kan
verkry word van deskundiges of dokumente soos die volgende wat as
verwysingsbron vir die samestelling van hierdie fi guur gebruik is: MacKay, H.
et al. 1999. Resource Directed Measures for the Protection of Water Resources:
Generic Section “A” For Specialist Manuals, Version 1.0. DWW&B, www.dwaf.
gov.za/rdm
Hoeveel water het ’n rivier nodig? Meeste riviere het ’n 20% tot 40%
van die natuurlike afl oop nodig om die naby-aan-normale habitatte en
prosesse van ’n ekostelsel te onderhou. Wetenskaplikes is van mening
dat elke waterhulpbron, soos ’n rivier, uniek is en, afhangende van sy
geografi ese ligging, seisoenale vloeipatroon, plant- en dieregemeenskappe
en bewaringswaardigheid, ’n spesifi eke waterbehoefte het. Ideaalgesproke
moet die Reserwebepaling op ’n diepgaande kennis van die spesifi eke
waterhulpbron geskoei wees.
Kennis van ’n hulpbron se ekostreekstipe (Stap 2 in Figuur 3) stel mens in
staat om voorspellings te maak oor die tipe ekostelsel wat in natuurlike
omstandighede in daardie eenheid sou voorgekom het. Ekostreke is
gebiede met ’n soortgelyke klimaat, geologie en plantegroei wat die
voorkoms van verskillende plante en diere beïnvloed. Die riviere in een
ekostreek het dus meer in gemeen met mekaar as met ’n rivier van ’n ander
ekostreek.
Die kennis van hierdie ekostreke word dan as riglyn gebruik in die
berekening van die numeriese volume- en gehalte-oogmerke wat
nodig is om die verskillende beskermingsvlakke vir daardie spesifi eke
waterbron te bereik. Ekostreektipering is ook ’n manier om die kennis van
waterhulpbronne waaroor daar heelwat inligting beskikbaar is, oor te dra na
dieselfde ekostreektipe waaroor daar min inligting bekend is.
Dit is belangrik om te onthou dat:
vleilande en ondergrondse akwifere deur riviere gevoed kan word (of ●
water aan riviere kan voorsien). Die ekologiese reserwe moet ook vir elk
van hierdie ekostelsels bepaal word.
riviere in ’n riviermonding uitloop. Omdat riviermondings so ’n ●
belangrike waterhulpbron is, het hulle ook ’n sekere volume en gehalte
water nodig om ’n verlange bestuursklas te onderhou.
die verskillende bereike van ’n rivier (bo, middel, laer), asook die ●
verskillende sytakke van ’n rivier, elk oor hul eie water- en vloeivereistes
beskik. Die ekostelsel in die boonste bereike van ’n rivier is byvoorbeeld
aangepas vir vinnige vloeie, ’n baie goeie watergehalte en organismes
wat uiters sensitief vir besoedeling is. Die organismes in die laer bereike is
gewoonlik meer gehard en kan ’n mate van besoedeling verdra.
Mens kan daarom ook die ekologiese reserwe vir verskillende dele
van ’n rivier bepaal, of vir verskillende riviere in dieselfde rivierstelsel.
Voorbeelde van ekostreke in die
Olifants-Doorn Waterbestuurgebied
in die Wes- en Noord-Kaap is die:
Nama Karoo, Namakwa-hooglande,
Groter Karoo, westelike geplooide
berge, suidelike geplooide berge,
westelike kusstreek en suid-westelike
kusstreek.
32 | Die Reserwe – Genoeg vir Almal, vir Altyd
Dieselfde geld vir die verskillende waterhulpbroneenhede soos vleilande,
riviermondings en grondwater. Dit word as Geïntegreerde Analise-
eenhede beskryf en dui aan dat die Reserwe vir hierdie spesifi eke
rivierbereik of waterliggaam apart bereken sal word (Stap 2 in Figuur 3). Aan
die ander kant beteken dit dat die berekening en interpretasie daarvan ook
die ander eenhede waarmee dit verbind is (soos byvoorbeeld Stap 6a) in ag
sal neem.
Die verdeling van ’n opvanggebied in waterhulpbroneenhede vir die
bepaling van die Reserwe, geskied hoofsaaklik op ’n biofi siese grondslag
– wat berus op die verskillende ekologiese streke (ekostreke) wat in die
opvanggebied voorkom. Die idee is om die opvanggebied te verdeel in
eenhede wat ekologies redelik homogeen van aard is. Op hierdie wyse is
mens verseker dat die ekologiese Reserwe op toepaslike wyse bepaal word.
Dieselfde beginsel geld vir grondwater, waar waterhulpbroneenhede
aanvanklik in ooreenstemming met geohidrologiese reaksie-eenhede
beskryf word. Die verdeling van ekostreke en/of geohidrologiese reaksie-
eenhede in hulpbroneenhede, kan gebruik word om selfs nog kleiner
hulpbroneenhede (wat op bestuurbehoeftes berus) te identifi seer. Die
uiteenlopende grondgebruike (soos landbou- en stedelike gebruik)
langs ’n rivierbereik binne ’n enkele ekostreek mag ’n voorbeeld hiervan
wees. In so ’n geval kan die ekostreek verder in terme van die vernaamste
grondgebruike verdeel word.
Stap 3 – die bepaling van gehalteverwysingstatus vir elke
hulpbroneenheid – is ’n belangrike stap aangesien die volgende stappe in
die proses daarop gebaseer is. Die huidige stand (stap 4), die keuse van ’n
toekomstige bestuursklas (stap 5) en die kwantifi sering van die Reserwe en
hulpbrongehalte-oogmerke (stap 6) word almal in ooreenstemming met die
gehalteverwysingsstatus vir daardie hulpbron bepaal. Die verwysingsstatus
vorm dus die basislyn vir daardie spesifi eke hulpbron. Indien die basislyn
nie bestendig is nie, sal die grondslag waarop bestuursbesluite geneem
word ook voordurend verander. Dit kan tydens die lisensiëring van
watergebruike lei tot die de facto magtiging van kumulatiewe impakte wat
nie in lyn is met die beskermingsbeleid nie. Die verwysingsstatus word
daarom op die natuurlike, ongeïmpakteerde toestand bepaal, aangesien
dit die mees stabiele basislyn is. Verskillende prosedures word gevolg om
die toestand van grond- en oppervlaktebronne te bepaal. Die vraag is: hoe
bepaal mens die natuurlike, ongeïmpakteerde toestand? Dit hang grootliks
af van wetenskaplikes se kennis van die ekostreek. Indien die hulpbron se
ekostreektipe byvoorbeeld aandui dat daar na verwagting ’n hoogliggende,
kouewater-ekostelsel moet voorkom, sal die verwysingsstatus die verwagte
daaglikse, seisoenale en inter-jaarlikse (indien van toepassing) temperatuur-
en opgeloste suurstofpatrone so kwantitatief as moontlik spesifi seer.
Die Reserwe – Genoeg vir Almal, vir Altyd | 33
Daar mag gevalle wees waar die waterhulpbron tot so ’n mate gewysig
is dat die ekostelsel onomkeerbaar verander is. Hierdie is gewoonlik die
gevolg van mensgemaakte veranderinge of ’n katastrofi ese natuurlike
“herset” (oftewel verandering), soos ’n baie groot vloed. Alhoewel dit min
ooreenkoms met die oorspronklike ekostelsel toon, kan die ekostelsel
nog in sy veranderde staat beskerm word. Die Blesbokspruit naby
Springs in Gauteng is so ’n voorbeeld. Dit was oorspronklik ’n tipiese
hoëveldse seisoenale stroom. As gevolg van stedelike ontwikkeling en
die toenemende storting van uitvloeisel, het uitgebreide vleilande in die
rivierbedding ontstaan. Hierdie vleilande bied nou ’n belangrike habitat
vir watervoëls – soveel so dat daar besluit is om dit as ’n Ramsarterrein
te verklaar. Indien die oorspronklike ekologiese eienskappe van ’n
waterhulpbron nie op ’n praktiese wyse behaal kan word nie, is dit
regverdigbaar om die verwysingsstatus te wysig (“herset”) sodat dit die
huidige ekologiese eienskappe versinnebeeld.
Stap 4a – die huidige stand van waterhulpbronne – word beoordeel in
terme van die:
ekologiese stand van die hulpbron; ●
stand van die hulpbron vir basiese menslike behoeftes; en die ●
stand van die hulpbron vir watergebruikers. ●
Die volgende hulpmiddels kan gebruik word om die basiese menslike
behoeftes en watergebruike te bepaal: Suid-Afrikaanse Watergehalte-
riglyne (DWW&B, 1996) en die Domestic Water Quality Assessment Guide
(DWW&B, DOH & WNK, 1998, soos aangehaal in MacKay, 1999; verwys ook
na www.dwaf.gov.za).
Stap 4b – Bepaal die belangrikheid en sensitiwiteit van die
waterhulpbron – Die ekologiese, sosiale en ekonomiese belangrikheid
en sensitiwiteit van ’n waterhulpbron bepaal die vlak van beskerming wat
nodig is, wat op sy beurt bepaal watter bestuursklas daaraan toegewys
moet word. Indien die waterhulpbron byvoorbeeld in ’n swak toestand
is maar die belangrikheid en sensitiwiteit daarvan baie hoog is, sal ’n
hoër bestuursklas as die huidige stand daaraan toegewys word. Die rede
hiervoor is dat die bestuursdoelwitte dan sal poog om die gehalte van die
hulpbron te verbeter.
Die ekologiese belangrikheid van ’n rivier is ’n aanduiding van die
belangrike rol wat dit in die behoud en funksionering van ekologiese
diversiteit, plaaslik sowel as in die groter verband, speel. Die ekologiese
sensitiwiteit verwys na die stelsel se vermoë om versteurings te kan verdra
en daarvan te herstel (veerkrag).
Die volgende inligting word gebruik om die ekologiese belangrikheid en
sensitiwiteit van die HGMs te bepaal:
34 | Die Reserwe – Genoeg vir Almal, vir Altyd
Die voorkoms van skaars en bedreigde spesies, unieke spesies (i.e. ●
endemiese of geïsoleerde populasies) en gemeenskappe, ongeharde
spesies en spesie-diversiteit.
Habitat-diversiteit, insluitende spesifi eke habitat-tipes soos bereike waar ●
daar ’n groot hoeveelheid veskillende habitatte, soos poele, riff els, lope,
stroomversnellings, watervalle, oewerwoude ens, voorkom.
Die belangrikheid van ’n spesifi eke hulpbroneenheid (bv rivier of ●
rivierbereik) as die verbinding tussen die verskillende dele van een
waterhulpbron, soos wanneer dit deur ’n spesifi eke spesie vir ’n migrasie-
roete of korridor gebruik word.
Die teenwoordigheid van bewaringsgebiede of relatief klein natuurlike ●
gebiede.
Die broosheid en veerkrag van die stelsel; m.a.w. sy vermoë om van ’n ●
gebeurtenis te herstel. Beide die lewende en nie-lewende komponente
word dan in ag geneem.
Sosiale belangrikheid –Die volgende aspekte moet onder andere by die
beoordeling van die ekonomiese en sosio-kulturele belange ingesluit word:
Die mate waartoe mense se basiese menslike behoeftes afhanklik is van ●
die natuurlike ekologiese funksionering van die waterhulpbron (enigste
bron).
Die mate waartoe lewensbestaanslandbou en akwakultuur op die ●
natuurlike funksionering van die waterhulpbron afhanklik is.
Die benutting van die waterhulpbron vir ontspanningsdoeleindes. ●
Die historiese en argeologiese waarde van die waterhulpbron. ●
Die belangrike rol wat dit in spirituele en godsdienstige plegtighede ●
speel.
Heilige of spesiale plekke in die rivier. ●
Die gebruik van oewerplante (vir boumateriaal of tradisionele medisyne). ●
Die wesenlike en estetiese waarde van die waterhulpbronne vir die ●
mense wat in die opvanggebied woon, of dit besoek.
Ekonomiese belang – Die ekonomiese waarde van ’n waterhulpbron word
tradisioneel bepaal in terme van die volume water wat vir gebruik buite
die stroom onttrek word. Tipiese indikators hiervan is die hoeveelheid
werksgeleenthede wat geskep kan word, of die hoeveelheid inkomste wat
dit kan genereer.
Waterhulpbronne lewer ook ander dienste wat nie altyd tydens die
ekonomiese beoordeling in ag geneem word nie. Dit geld veral vir die
dienste en voordele wat water-ekostelsels bied en sluit onder andere die
volgende in:
Vervoer en/of suiwering van biologies-afbreekbare uitvloesels. ●
Ontspannings- en estetiese geleenthede. ●
Voedselproduksie. ●
Terughou en regulering van vloede. ●
Watergebaseerde vervoer. ●
Die Reserwe – Genoeg vir Almal, vir Altyd | 35
Die ontwikkeling van hulpmiddels om die dienste en voordele van
ekostelsels kwantitatief te beoordeel, is nog in ’n vroeë stadium. Dit is
egter noodsaaklik om ten minste die moontlike ekonomiese waardes van ’n
waterhulpbron te bepaal en om hierdie nuwe ekonomiese hulpmiddels toe
te pas sodra hulle beskikbaar raak.
Stap 5 behels die kies van ’n toepaslike bestuursklas as die doelwit vir
die langtermyn bewaring en bestuur van die hulpbroneenheid. Die NWW
vereis dat ’n bestuursklas aan elke belangrike rivier of rivierbereik toegeken
moet word. Hierdie bestuursklas beskryf die vlak waarop die ekostelsel
van ’n rivier, in ooreenkoms met die aansprake wat daarop gemaak word,
beskerm moet word.
Die verkose bestuursklas kan die huidige stand van die hulpbron weerspieël,
of kan hoër gestel word indien die gehalte daarvan verbeter moet word.
’n Bestuursklas laer as die huidige stand kan nooit toegeken word nie.
Soms veroorsaak strukturele veranderinge (soos damme en stedelike
ontwikkeling) dat dit nie op die kort- of mediumtermyn moontlik is om ’n
hoër klas as die bestaande te behaal nie.
Elke klas beskik oor ’n stel reëls waarvolgens meetbare doelwitte vir die
Reserwe en die gehalte van die hulpbron gestel word. Die reëls is ook van
toepassing op die brongerigte kontrolemaatreëls vir die opvanggebied.
Voordat die klas gefi naliseer word, kan die implikasies van ’n spesifi eke
bestuursklas bepaal en by wyse van verskillende scenario’s getoets word.
’n Mate van herhaling mag voorkom terwyl daar nog op ’n moontlike
bestuursklas besluit word en wanneer die implikasies daarvan op die
Reserwe en brongerigte kontrolemaatreëls beoordeel word. Die verkose
bestuursklas sal dan die optimale balans tussen beskerming en benutting
aandui.
Waterhulpbronbestuur gaan oor keuses – om te kies tussen die verskillende
voordele, voordele in tyd en ruimte (wie die meeste voordeel waar en
wanneer trek). Dit is NIE ’n keuse tussen die bevoordeling van òf die mens òf
die rivier nie.
Tydens die bepaling van die tussentydse sowel as omvattende HGMs
vir die toewysing van ’n bestuursklas aan ’n spesifi eke waterbron, sal die
betrokke belanghebbers geraadpleeg word oor die vlak van beskerming
wat die hulpbron nodig het. Hierdie konsultatiewe proses moet beide die
ekologiese en sosiale aspekte op die kort- en langtermyn aanspreek.
Aangesien die klassifi sering, waartydens die watergebruikers en
belanghebbers in die opvanggebied hulle insette moet lewer, so ’n
omvattende proses is, word hierdie proses in ’n aparte boekie in die reeks,
genaamd Die Klassifi kasie van Waterhulpbronne – ’n Bondige gids uiteengesit.
36 | Die Reserwe – Genoeg vir Almal, vir Altyd
Stap 6a – Die kwantifi sering van die Reserwe vir elke
hulpbroneenheid
Die klassifi kasiestelsel verskaf reëls vir die daarstelling van die Reserwe en
hulpbrongehalte-oogmerke. Hierdie reëls is nie net ’n stel nommers wat op
alle waterhulpbronne van toepassing is nie. Die reëls is oor die algemeen
nougesette prosedures wat gevolg moet word om terrein-spesifi eke en
meetbare doelwitte te bepaal wat geskik is vir die verwysingsstatus van
daardie hulpbron.
Die klassifi kasiestelsel mag byvoorbeeld prosedures uiteensit waarvolgens
die verlangde instroom konsentrasies van opgelosde koper (Cu) vir die
verskillende bestuursklasse behaal kan word. Aangesien die hardheid van
water die bio-beskikbaarheid, en dus die giftigheid, van Cu bepaal, kan die
prosedures vir die beheer van instroom Cu-konsentrasies in ’n rivier met
natuurlike ‘sagte’ water, heelwat verskil van die instroom konsentrasies wat
vir ’n rivier met natuurlike ‘harde’ water voorgeskryf word.
Daar is uitdruklike reëls vir die bepaling van die watergehaltekomponent
van die ekologiese reserwe, en dit hou nou verband met die bestuursklas
daarvan. Die bepaling van die watergehaltekomponent van die Reserwe
berus grootliks op deskundige oordeel en die toepassing van terrein-
spesifi eke kennis, soos aangedui in sogenaamde “reël-kurwes”.
Die HGM-behoeftes van elke hulpbroneenheid moet ooreenstem met die
HGMs van elke aangrensende hulpbroneenheid. Die Reserwebepaling vir
’n riviermonding moet dus ooreenstem met die rivierbereik onmiddellik
stroomop daarvan – nie slegs wat die volume en gehalte van riviervloei
betref nie, maar ook wat betref die stappe en eenhede waarin die
Reserwebehoeftes uiteengesit word.
Stap 6b – Bepaal die Hulpbrongehalte-oogmerke vir elke
hulpbroneenheid
Hulpbrongehalte-oogmerke beskryf (woordeliks sowel as numeries) hoe
alle aspekte van waterhulpbronbestuur toegepas moet word sodat die
waterhulpbron doeltreff end beskerm word.
Die volgende met gedoen word om water-ekostelsels, en daarom
waterhulpbronne, te onderhou:
voorsien genoeg water; ●
op die regte tyd; ●
in die regte vloeipatroon; en ●
van geskikte gehalte. ●
Die patroon, vloei, tydsberekening en vlak van water, asook die chemiese
en biologiese eienskappe daarvan, word by die hulpbrongehalte-
oogmerke ingesluit. Dit sluit ook die aard en toestand van instroom- en
Die Reserwe – Genoeg vir Almal, vir Altyd | 37
oewerhabitatte; en die aard, toestand en voorkoms van waterbiota (plant-
en dieregemeenskappe en mikro-organismes) in. HGOe spreek ook
landgebaseerde aktiwiteite soos die storting van uitvloeisel wat giftig vir
waterlewe is, of die verwydering van plantegroei vanaf die oewersone, in.
Brongerigte maatreëls
Hierdie maatreëls komplementeer die hulpbrongehalte-oogmerke.
Beide is hulpmiddels wat deur die Nasionale Waterwet ingestel is om die
impak van landgebaseerde aktiwteite op waterhulpbronne (soos hierbo
bespreek) te bestuur en te beheer. Brongerigte maatreëls word saamgestel
in ooreenstemming met die bestuursklas van die waterhulpbron. Sekere
uitvloeisels mag byvoorbeeld in ’n rivier of riviermonding wat as Redelik
geklassifi seer is gestort word, maar nie in ’n rivier of riviermonding wat as
Natuurlik geklassifi seer is nie.
Stap 7 – Monitering
Hierdie is ’n belangrike en deurlopende stap wat verskeie doele dien:
Om inligting te versamel wat die vertroue in ’n toekomstige HGM- ●
bepaling op ’n volgende vlak sal laat toeneem (bv by die samestelling
van ’n volledige bepaling indien die bestaande een slegs ’n tussentydse
bepaling was).
Om die reaksie van die water-ekostelsel te monitor en om seker te maak ●
dat die vasgestelde Reserwe en HGOe werklik die vlak van beskerming
bied wat deur die verkose bestuursklas benodig word.
Om te verseker dat bestuursaksies toereikend is en aan die behoeftes van ●
die Reserwe en HGOe voldoen.
Stap 8 bied ’n verdere geleentheid vir insette deur belanghebbers.
Stap 9 beteken dat daar seker gemaak moet word dat al bogenoemde
maatreëls en oogmerke werklik toegepas word!
Terug na die Opvanggebied: Opvanggebied-bestuurstrategieë
Daar moet ’n bestuursplan vir elke opvanggebied wees. Die opvanggebied-
bestuurstrategie (OBS) is die meganisme waardeur al die maatreëls en
oogmerke van die hulpbron- en brongerigte kontroleprosesse bymekaar
gebring word en daar seker gemaak kan word dat hulle toegepas en
afgedwing word. Die OBS moet uit meetbare doelwitte en ooreengekomde
tydsraamwerke vir die bereiking van hierdie doelwitte bestaan, asook uit
programme vir die bereiking van hierdie en tussentydse doelwitte.
Sodra eenstemmigheid bereik is oor die HGMs, die aksieplan en die
tydsraamwerke vir die bereiking daarvan, word dit in die opvanggebied-
bestuurstrategie opgeneem. Die opvanggebied-bestuurstrategie moet ook
ooreenstem met al die brongerigte kontroles, soos byvoorbeeld wetgewing
38 | Die Reserwe – Genoeg vir Almal, vir Altyd
wat die vlak van stortings beheer. Die opvanggebied-bestuursplan is
regsgeldig en kan deur die Opvanggebied-bestuursagentskap afdwingbaar
gemaak word.
Dit is uiters noodsaaklik dat belanghebbers en watergebruikers in die
opvanggebied saamstem met die strategie en implementeringsplanne.
Dit is hulle wat die wyse waarop hulle water en grond benut, sal moet
verander – veral as die waterhulpbron versleg het tot laer as die verlangde
bestuursklas. Sommige persone sal minder water moet gebruik. Sommige
sal hul water tot ’n hoër standaard moet suiwer of alternatiewe maniere
moet vind om daarvan ontslae te raak. Sommige sal oewergrond moet
herstel, of hul grondgebruike moet aanpas deur byvoorbeeld na ’n ander
gewas oor te skakel. Al hierdie veranderinge moet in die ooreengekomde
strategie ingesluit word.
Hierdie is ’n dramatiese verskuiwing van die wyse waarop dinge vantevore
gedoen is! Maar hierdie kopskuif is nodig sodat ons ons waterhulpbronne,
ons mees kosbare hulpbron wat onder groot druk verkeer, op ’n
geïntegreerde wyse vir die volhoubaarheid daarvan, kan bestuur.
Vir Meer Oor Opvanggebiede | 39
Indien ons ten volle aan die bestuur van opvanggebiede wil deelneem en
besluite wat tot volhoubaarheid lei wil neem, ondersteun en toepas, moet
ons ’n basiese begrip van die werking van waterhulpbronne hê.
Dit is nie altyd maklik om te verstaan hoe ons voordeel kan trek uit die
beskerming van hierdie ekostelsels nie, veral omdat ons waarskynlik
opoff erings sal moet maak. Die voordele is ook nie altyd duidelik sigbaar
nie – veral as die hulpbron ver van ons geleë is. Dit mag dus ’n rukkie neem
voordat ons begryp hoe ekostelsels werk en hoe die goeie bestuur daarvan
ons tot voordeel kan strek. Hierdie boekie is een van vier in ’n reeks wat ’n
inleiding tot die ekologiese funksionering en voordele van waterhulpbronne
in opvanggebiede gee, asook hoe ons hierdie hulpbronne op ’n praktiese
wyse volhoubaar kan benut om die verlangde hulpbrongehalte-oogmerke
te bereik. Hierdie boekies het die volgende titels:
Sorg vir Grondwater – Waarom en Hoe ●
Sorg vir Riviere – Waarom en Hoe ●
Sorg vir Vleilande – Waarom en Hoe ●
Sorg vir Riviermondings – Waarom en Hoe. ●
Enige persoon kan hierdie boekies gebruik om die beginsel van
volhoubaarheid en waterhulpbronbestuur in eie verband toe te pas, of
dit nou ’n plaas, ’n stedelike vleiland, ’n landelike dorpie of ’n enige ander
gemeenskap is wat in die opvanggebied woon en werk.
Dit is net so handig om meer te weet van Opvanggebied-
bestuursagentskappe, Forums en Watergebruikersverenigings, sowel as die
hulpmiddels wat die Nasionale Waterwet van 1998 en ander wetgewing en
beleid aan die bestuur van waterhulpbronne bied. Boekies in hierdie reeks
wat meer inligting hieroor bevat, is:
Opsomming van die Belangrikste Waterbestuursinstellings ●
Opsomming van die Belangrikste Wetgewings rakende die Beskerming en ●
Bestuur van Water / Opvanggebiede
Die Klassifi kasie van Waterhulpbronne – ’n Bondige gids ● .
5
Vir Meer Oor Opvanggebiede
40 | Vir Meer Oor Opvanggebiede
Verwysings en Verdere LeesstofBond, P. 2002. Unsustainable South Africa. Environment, Development and
Social Protest. Universiteit van Natal: Drukkery, Pietermaritzburg.
Davies, B. & Day, J. 1998. Vanishing Waters. UK Drukkery, Kaapstad.
DWW&B (Departement van Waterwese en Bosbou). 1997. Witskrif op ’n
Nasionale Waterbeleid vir Suid-Afrika. Pretoria, Suid-Afrika.
DWW&B (Departement van Waterwese en Bosbou). 2007a. Guidelines for
the Development of Catchment Management Strategies: Towards equity,
effi ciency and sustainability in water resources management. By S.R. Pollard,
D. du Toit, Y. Reddy and T. Tlou. DWW&B, Pretoria.
DWW&B (Departement van Waterwese en Bosbou). 2007b. Preliminary
Determination of the Reserwe and Resource Class: Olifants River (Western
Cape) – Quaternary Catchment Areas E10K, and Appendices. DWW&B,
Kaapstad.
DWW&B (Departement van Waterwese en Bosbou). 2007c. Preliminary
Determination of the Reserwe for the Groundwater Component in Tertiary
Catchment E10, and Appendices. DWW&B, Kaapstad.
De Villiers, C.C. et al. 2005. Fynbos Forum Ecosystem Guidelines for
Environmental Assessment in the Western Cape. Botaniese Vereniging van
Suid-Afrika, Bewaringseenheid, Kaapstad.
Instituut vir Waternavorsing. 2002. Some For All, Forever. Water Ecosystems
and People. Waternavorsingskommissie. Verslag Nr TT 176/02.
MacKay, H. et al. 1999. Resource Directed Measures for Protection of Water
Resources: Generic Section “A” For Specialist Manuals, Version 1.0. DWW&B,
www.dwaf.gov.za/rdm
Republiek van Suid-Afrika. 1998. Nasionale Waterwet. Wet Nr 36 van 1998.
Pretoria, Suid-Afrika.
Rowntree, K. 2003. Guidelines for Participation in Integrated Water
Resources Management (IWRM) in South Africa: Environmental Guidelines.
Waternavorsingskommissie. Verslag Nr 1233/2/03.
Van Wyk, E, Breen, CM, Roux, DJ, Rogers, KH, Sherwill, T, Van Wilgen, BW.
2006. The Ecological Reserwe: Towards a common understanding for river
management in South Africa. Water SA, 32(3) en http://www.wrc.org.za
Notas | 41
Notas
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
42 | Notas
Notas
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________