ss vb vir issuu

3
p Sonde Jimi le Roux en Sin Hierdie somber foto van die Israeli fotograaf Nehemia Gershuni is gepas vir ons tema omdat sonde ons isoleer: ‘n onbekende meisie stap alleen langs die See van Galilea— dink sy daaraan dat Christus ook eens net daar gestap het? Nehemia Gershuni (2006) | Lonely Girl | Kinneret, Israel (Sea of Galilee) Kursus-uitkomste: Die doel van die kursus is · INFORMASIE: om sonde beter te verstaan as dit wat tussen my en God staan en hoe om sonde te oorkom; · INSPIRASIE: om sonde te wil oorkom in my lewe en nader aan God te kom; · TRANSFORMASIE: om sonde inderdaad meer en meer te oorkom en werklike verandering © 2014 Jimi le Roux Alle regte voorbehou – geen duplisering asseblief. Vir navrae oor hierdie en ander PADLANGS- kursusse besoek ons webwerf by www.jimileroux.co.za Welkom by ons kursus met die sonde as tema… ‘n moeilike en teenstrydige tema! Wat is sonde ooit? Waarom sondig ons - wat doen sonde vir ons? Waarom is dit belangrik in ons dag? Wel, sonde is wat tussen ons en God staan, of tussen ons en sy doel vir ons. Sonde is wat ons groei verhinder, ons ontplooiing terughou. Sonde is ook dit wat God teleurstel, dit wat sy liefdeshart laat pyn. Ja, daarom is die tema van sonde wesenlik belangrik vir elke gelowige. Gaan saam met ons op ‘n reis: van hel na heil, van sonde na sin...

Upload: jimi-le-roux

Post on 28-Mar-2016

233 views

Category:

Documents


14 download

DESCRIPTION

'n Voorskou van ons Padlangs-kursus "Sonde en Sin". Meer besonderhede by ons webruimte www.jimileroux.com.

TRANSCRIPT

Page 1: Ss vb vir issuu

p.

Sonde—Jimi le Roux

en Sin

Hierdie somber foto van die Israeli fotograaf Nehemia Gershuni is gepas vir ons tema omdat sonde ons isoleer: ‘n onbekende meisie stap alleen langs die See van Galilea—

dink sy daaraan dat Christus ook eens net daar gestap het?

Nehemia Gershuni (2006) | Lonely Girl | Kinneret, Israel (Sea of Galilee)

Kursus-uitkomste:

Die doel van die kursus is · INFORMASIE: om sonde beter te

verstaan as dit wat tussen my en God staan en hoe om sonde te oorkom;

· INSPIRASIE: om sonde te wil oorkom in my lewe en nader aan God te kom;

· TRANSFORMASIE: om sonde inderdaad meer en meer te oorkom en werklike verandering te beleef.

© 2014 Jimi le Roux Alle regte voorbehou – geen duplisering asseblief. Vir navrae oor hierdie en ander PADLANGS-kursusse besoek ons webwerf by

www.jimileroux.co.za

Welkom by ons kursus met die sonde as tema… ‘n moeilike en teenstrydige tema! Wat is sonde

ooit? Waarom sondig ons - wat doen sonde vir ons? Waarom is dit belangrik in ons dag? Wel,

sonde is wat tussen ons en God staan, of tussen ons en sy doel vir ons. Sonde is wat ons groei

verhinder, ons ontplooiing terughou. Sonde is ook dit wat God teleurstel, dit wat sy liefdeshart

laat pyn. Ja, daarom is die tema van sonde wesenlik belangrik vir elke gelowige.

Gaan saam met ons op ‘n reis: van hel na heil, van sonde na sin...

Page 2: Ss vb vir issuu

p.

Oorsig by Sonde en Sin –

Ons hanteer in hierdie kursus die sonde vir die hartseer feit wat dit is. Daar is reeds duisende boeke geskryf oor die wese en misterie van die sonde - όns fokus is egter nie op die teorie nie, maar die praktyk. Ons wil eerder die sonde in ons eie lewe raaksien – want ons almal ken dit – en

mekaar help om daaruit te groei. Ons bestek is soos volg: ���� SONDE EN SONDES – Ons onderskei eerstens tussen die neiging in ons en die dade wat daaruit spruit. ���� DOODSONDES – Sonde is maar sonde, maar die manifestasie daarvan gebeur op ontelbare, unieke en individuele wyses by mense. Die kerk het deur die eeue sommige sondes geprioretiseer as dat húlle aanleiding tot die ander sondes gee: die sg. “dood-sondes”. Ons kursus fokus op elf doodsondes of “sondige motiewe”. ����GROEI UIT JOU SONDE – Ten slotte kyk ons na sonde deur ‘n paar lense: verwerping is ‘n tema by alle sonde, so-ook verslawing en vervreemding. Ons kyk ook na sonde as ‘n bose belasting. Dan draai ons die proses om en sien hoe dinge verander as ons saam met God die waarheid praat oor ons sonde, as ons begin om met God te leef en deur die vervulling van die Heilige Gees van die sonde weg te groei – halleluja! Die doel van ons reis is nie dat dit jou in moedeloosheid sal aftrek nie, maar jou eerder sal optel uit die moeras van

sonde, sal laat opstaan en jou in

Jesus Naam bevryding bring!

Inhoud WAT IS SONDE? 1. Sonde—die oorsprong en wese van sonde 2. Sondes—die motiewe, dade en gevolge van sonde

DOODSONDES

3. Hoogmoed su•perʹbia—waar sonde begin: die ekkigheid 4. Luiheid so•corʹdia—om myself nie in te span nie 5. Oormaat guʹla—om nie met grense te leef nie 6. Wellus lu•xuʹria—om my eie genot eerste te stel 7. Ydelheid va•na•gloʹria—om te glo ek is beter as ander 8. Hebsug a•va•ri tia—om nie met ander te deel nie 9. Jaloesie in•vi dia—om nie ‘n ander iets te gun nie 10. Woede i ra—om ander seer te maak 11. Hartseer tris•ti tia—om God nie te beleef nie 12. Vrees ti•mor—om God nie te vertrou nie 13. Apatie a•ceʹdia—om nie vir God om te gee nie

GROEI UIT JOU SONDE

14. Verwerping—die skade van die kinderjare 15. Verslawing—die siklus en houvas van verslawings 16. Vervreemding—die sondesoeke na sin 17. Vestings—die versterkte areas in ons gees 18. Verantwoording—belydenis en waarheid by groei 19. Verwerkliking—geestelike dissiplines en groei 20. Vervulling—die Heilige Gees en geestelike groei BYLAES

Page 3: Ss vb vir issuu

p.

Sonde is skeiding met

God. Sonde veroorsaak skeiding met God.

Sonde is die afstand tussen my en God.

© 2014 Jimi le Roux Alle regte voorbehou – geen duplisering asseblief. Vir navrae oor hierdie en ander PADLANGS-kursusse besoek ons webwerf by

www.jimileroux.co.za

Sonde en Sin —Jimi le Roux

#1 Sonde Ja, wat is sonde? Sonde is eintlik ‘n misterie, ‘n onmoontlike moontlikheid, want in die goeie skepping, wat volkome deur die almagtige en goeie God gevul word, kruip die kwaad tog weg. Hoe is dit moontlik? Waarom laat Hy daarvoor ’n ruimte? Hieroor word die diepste vrae gevra en is reeds die dikste boeke geskryf. As ons oor die sonde praat, moet ons kyk na wat met die eerste mens – daar in die paradys – gebeur het.

Die mens is gemaak om met God te lewe—soos die eerste mense met God gewandel het, so moek en jy ook. Dan beleef ons ook iets van die paradys! Met God kan ons onsself wees, want Hy, die

Skepper, die Vader wat ons voortgebring het, ken ons volkome en het ons onvoorwaardelik lief. God het die mens met ‘n vrye wil gemaak, na sy beeld, en so aan hom ‘n groot verantwoordelikheid opgelê. Saam met die mens se vrye keuse kom immers die moontlikheid om verkeerd te kies—vir die sonde. Sonde ontstaan in die spanningsveld wanneer die mens kan kies tussen goed en kwaad … en dan verkeerd kies. Wanneer ons teen God se wil kies, het ons onsself in SY posisie geplaas—ons glo dat ons beter as Hy weet en ‘n beter besluit kan neem. Ons wil soos Hy wees, onafhanklik wees, ons eie God wees! Sonde is ’n aanslag op God se heerskap, ’n greep na die troon van ons lewe. So was dit met die Bose, die eerste sondaar, so was dit met die eerste mense en so is dit met ons. Sonde verbreek die verhouding met God op grond van die leuen dat ons soos Hy kan wees.

SONDIGHEID IS INHERENT AAN MENSWEES As God die sonde moes uitskakel uit die natuur, sou hy nie ‘n mens kon maak met ‘n vrye wil nie. Elke mens erf nou weer die sondige neiging (die vleeslike of sondige natuur ) as deel van sy menswees.

EINDE VAN

VOORBEELD