talig - atkv.org.za1. hou kontak met vriende en familie. raak kreatief. 2. slaap genoeg, eet en...

9
Nuusbrief van die ATKV se Taal-en-kultuurafdeling Mei 2020 | #31 Talig

Upload: others

Post on 02-Jun-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Talig - atkv.org.za1. Hou kontak met vriende en familie. Raak kreatief. 2. Slaap genoeg, eet en probeer oefen. Al loop jy op en af in jou gang. 3. Hou dagboek van jou emosies 4. Al

Nuusbrief van die ATKV se Taal-en-kultuurafdeling Mei 2020 | #31

Talig

Page 2: Talig - atkv.org.za1. Hou kontak met vriende en familie. Raak kreatief. 2. Slaap genoeg, eet en probeer oefen. Al loop jy op en af in jou gang. 3. Hou dagboek van jou emosies 4. Al

In hierdie Talig staan ons so ’n bietjie stil by lees. Lees is seker die lekkerste en veiligste vorm van ontvlugting en dit is

ook die groot fokus van die ATKV se verjaarsdagvieringe. Lees lyk ook na ’n vanselfsprekende aktiwiteit tydens die inperking, maar hoekom is dit dan soms so moeilik om te lees al het ons nou die tyd? Mandie Ehlers ondersoek hierdie dilemma in haar artikel Toe die wêreld gaan stilstaan. Gelukkig is daar van ons personeel en vennote wat ten spyte van die uitdagings kan lees en hulle boeke met ons gedeel het.

Rozeldi Trollip vertel wat die rol van moedertaalonderrig is – veral nou dat die skool in ons huis is. Sy skryf ook oor die belangrikheid van taal en kultuur in hierdie tyd. Al is ons ingeperk, kan ons steeds oor grense heen gesels. Lees gerus daarom Francine Maessen se bydrae al die pad uit Nederland. Sy vertel

meer oor die nuwe uitgewery, De Kaneelfabriek. Ek wonder in my eie bydrae oor wat die uitwerking van Covid-19 op taal gaan wees was tersiêre onderrig betref.

In Mei vier ons Afrikaans se 95ste verjaarsdag. Kom ons vier dit deur Afrikaans te gebruik om grense oop te breek ten spyte van ons inperking.

Taalgroete

Karien Brits Taalliefhebber en toevallig ook die redakteur

LEES(VREES)

Page 3: Talig - atkv.org.za1. Hou kontak met vriende en familie. Raak kreatief. 2. Slaap genoeg, eet en probeer oefen. Al loop jy op en af in jou gang. 3. Hou dagboek van jou emosies 4. Al

Afgelopen december is er in Nederland een nieuwe uitgeverij opgestart, De Kaneelfabriek,

die zich richt op poëzie, romans en boeken met een filosofische inslag. Als openingsactie boden ze een collector’s item aan: hun eerste vijf boeken én hun literaire tijdschrift samen in een mooi houten kaneelkistje.

Dit soort leuke initiatieven steun ik natuurlijk graag, en tot mijn grote vreugde bleek het kaneelkistje óók een bundel van een Zuid-Afrikaanse dichter te bevatten. Het Vijfde Evangelie van Mickey is een tweetalige editie van een selectie gedichten van Clinton V. du Plessis, vertaald door Martijn Benders. In de inleiding geeft Benders een duidelijk pleidooi voor politieke poëzie: “[W]eet u wat ik denk van mensen die politiek beginnen te schrijven omdat het in de mode is? Ik denk dat die mensen niet helemaal oprecht zijn. Dat probleem heb ik bij de gedichten van Clinton V. du Plessis niet, want die schrijft al zijn hele leven politiek geladen gedichten, oprechte en vaak schrijnende poëzie die me soms diep weet te ontroeren.”

Een prachtige omschrijven van De Plessis’ poëzie inderdaad, en alhoewel ik niet bekend ben met zijn oeuvre als geheel, lijkt er een mooie, gevarieerde selectie te zijn gemaakt met meer politieke gedichten, liefdespoëzie en wat abstracter werk.

De KaneelfabriekBij de vertaling zet ik echter wat meer vraagtekens. Benders zegt daar zelf over “Ik ben geen traditioneel vertaler, omdat ik vind dat de boekdrukkunst niet voor niets is uitgevonden, en mij gaat het slechts om het resultaat, een zo goed mogelijk gedicht. (…) Uiteraard poog ik meestal wel dicht bij het origineel te blijven – anders zou ik een frustraat zijn – maar soms geef ik een gedicht een ietwat andere wending, een vrijheid die weinig vertalers zich permitteren. Toch meen ik op deze wijze goed het wezen van Clintons gedichten te hebben gevangen, en hoop ik dat u als lezer dezelfde indruk zult hebben.”

Op zich heb ik bewondering voor vertalers die wat vrijer te werk durven te gaan, maar de keuzes die Benders maakt snap ik toch niet altijd. Soms laat hij bijvoorbeeld hele strofes weg, of deelt hij ze heel anders in. Waarom hij dit doet is me niet altijd duidelijk, zeker als het om strofes gaat waar De Plessis heel bewuste keuzes gemaakt lijkt te hebben in strofe- en regelopbouw. Het is bijna alsof Benders minder aan het vertalen dan aan het redigeren is, dat hij

gewoon een mening heeft over hoe het gedicht beter zou kunnen en dat in zijn vertaling verwerkt. Over of dat netjes is naar het origineel, heb ik mijn twijfels.

Ook laat Benders een aantal “valse vrienden” staan, waardoor ik twijfel of zijn kennis van Afrikaans wel goed genoeg is om die te herkennen. In dat geval vraag me af waarom er überhaupt een vertaling is toegevoegd, aangezien het Afrikaans voor veel Nederlanders al goed leesbaar zou zijn. Zonder vertaling was er meer ruimte in de bundel geweest om oorspronkelijke poëzie van Du Plessis er in op te nemen, en daar ben ik nu eigenlijk wel nieuwsgierig naar …

Desalniettemin is het natuurlijk wel mooi om te zien dat zo’n jonge uitgeverij over haar eigen grenzen heen kijkt en ook schrijvers en dichters en andere regio’s bij hun project betrekt. Ik kan alleen maar hopen dat dit voor meer werk van Clinton V. du Plessis in de Nederlandse boekhandels zal zorgen!

- Francine Maessen

Page 4: Talig - atkv.org.za1. Hou kontak met vriende en familie. Raak kreatief. 2. Slaap genoeg, eet en probeer oefen. Al loop jy op en af in jou gang. 3. Hou dagboek van jou emosies 4. Al

leesONBEPERKTE

TYDENS DIE INPERKING

In April het ons Wêreldboekedag gevier. Lees is ook een van die fokuspunte in die ATKV se verjaardagjaar. Talig het daarom kollegas en vennote gevra wat hulle in hierdie tyd lees. Hulle moes toe sommer selfies met hulle boeke neem. Sommiges was ’n bietjie skaam vir die

kamera, maar het kiekies van hulle boeke gestuur. Kry hier sommer ook ’n paar idees vir jou leeslys. Terwyl ons ingeperk word deur Covid-19, kan ons steeds deur die wêreld reis as ons lees. Deel gerus ook jou leeslekkertes met ons. Stuur jou bydrae na [email protected]

Chareldine (Vriende van Afrikaans) vertel só oor haar leeslys: “Ek lees ’n hele paar boeke op die stadium so tussen die werk en die studies. Christien Neser se boek: ‘Help! My kind is anders’, kry nou die meeste aandag. Die boek is eintlik vir ouers geskryf wat baie vrae het rakende die uitdagings van hul kinders, maar dié boek is vir almal wat met kinders werk ook ’n moet. Ek lees die boek vir navorsing maar ook om mense raad en leiding te gee wat worstel deur uitdagings met kinders wat ‘anders’ is. En waar begin ’n mens as jy dink daar fout is, maar ook om ingelig te wees. Die boek bevat soveel inligting en verwysings dat ek skoon uitasem raak as ek begin lees en wil dit nie neersit nie. Ek beveel die boek aan vir enige mens. Die boek is beskikbaar by LAPA Uitgewers.”

Annemarie (projekorganiseerder) sê die volgende oor haar keuse:

“Ek was as ’n student op ’n Kontiki-toer na Europa gewees en het die Vatikaanstad besoek. Dit was so mooi en oorweldigend gewees, ek het vir my ʼn boek daar as ʼn herdenking aan myself gekoop. Nou, jare later, het ek die tyd om dit te lees en herleef weer daardie onvergeetlike Europese toer!”

Page 5: Talig - atkv.org.za1. Hou kontak met vriende en familie. Raak kreatief. 2. Slaap genoeg, eet en probeer oefen. Al loop jy op en af in jou gang. 3. Hou dagboek van jou emosies 4. Al

Suzie (projekorganiseerder) is besig om vir Mampho (sy is ons afdeling se suster en skoonmaker) Afrikaans te leer en as deel van die lesse lees sy “Vertel my ’n storie”. Sy sê die volgende oor die boek: “Ek het baie dinge in hierdie boek geleer. Een van die stories gaan oor die paartjie wat in ’n sinkhokkie woon. Die man het sy bes gedoen om sy vrou gelukkig te hou, maar sy vrou het nooit waardeer wat hy gedoen het nie. Ons moet leer om dankie te sê. Dit beteken baie vir die ander persoon.”

Rozeldi (projekorganiseerder) skryf die volgende oor haar leesstof: “Die boek op my bedkassie is ‘The Circle Maker’ van Mark Batterson (hoewel hy meer in my hande as op die bedkassie is). Die boek handel oor die beloftes wat God vir ons deur Sy Woord gee, hoe om oor en om hierdie beloftes te bid en hoe om werklik na die wil van God te soek en Sy stem te hoor. Hoewel die Bybel steeds my lewensgids bly, het hierdie boek my gehelp om mure in my gebedslewe af te breek en die Bybel ook as gebedsgids te gebruik. Die perfekte ‘lockdown’-leesstof!”

Suzie (projekorganiseerder) skryf: “Die boek wat ek lees is ‘Just Before Noon’. Die skrywer is van Nigerië. Sjoe, dis ’n geval van hy wou ten alle koste wraak neem maar hy het teen geen koste wraak gekry nie.”

Suzie het haar Afrikaans vir Almal-span en vennote in Soweto aangemoedig om te lees. Hulle het ook hulle selfies en boekfoto’s gestuur.

Kate (Afrikaans vir Almal) sê die volgende oor haar boek: Ek het hierdie boek as ’n geskenk van my vriendin gekry. Sy ken my goed – swakhede en al – en daarom het sy hierdie boek gekoop. Ek is ’n kommunikeerder in my hart én ek hou van my eie geselskap. Dit maak verhoudinge moeilik en ’n goeie gesprek kan soms ’n uitdaging wees. Die boek het my gehelp om ’n geloofsprong te waag en om die goed te doen waarvan ek hou – soos klasgee. Laastens het die boek my gehelp om opreg in ander belang te stel en om ’n goeie luisteraar te word sonder om elke keer my opinie te lug!”

Eddie (Afrikaans vir Almal) lees oor die Zoeloekonings.

Magda (Afrikaans vir Almal) lees Irma Joubert se “Tussen stasies”.

Esther (Afrikaans vir Almal-ondersteuner) is ook lekker aan die lees.

Hloni (Bala le Rona) lees saam.

Emma (Boys & Girls – Protea Glen) lees “The Hidden Messages in Water”.

Page 6: Talig - atkv.org.za1. Hou kontak met vriende en familie. Raak kreatief. 2. Slaap genoeg, eet en probeer oefen. Al loop jy op en af in jou gang. 3. Hou dagboek van jou emosies 4. Al

stilstaanToe die wêreld gaan

Die eerste vier dae van die nasionale grendeltydperk was vir my ’n tyd waar ek produktief en positief was. Ek en my man het die kaste begin uitpak, hy het ʼn solder in ons

dak gebou en ek het begin werk aan ons babakamer. En toe tref dit my. Die gevoel dat ek nie kans sien vir enige iets nie. Ek het nou die wêreld se tyd om al my boeke te lees waarby ek nog nie by uitgekom het nie, maar ek kan myself nie sover kry om die eerste bladsy klaar te lees nie. Ek het nou die tyd om op te vang op al my TV-programme, maar selfs dit voel vir my na te veel moeite. Toe stuur my kollega vir my ʼn wonderlike artikel, A trauma psychologist weighs in on the risks of ‘motivational’ pressure during quarantine.

Annie Reneau skryf in hierdie artikel oor die plasing wat die afgelope tyd die rondte doen op sosiale media, dit lees soos volg:“IF YOU DON’T COME OUT OF THIS QUARANTINE WITH EITHER:1. A new skill2. Starting what you’ve been putting off like a new

business3. More knowledge

YOU DIDN’T EVER LACKED THE TIME, YOU LACKED THE DISCIPLINE”

In hierdie artikel spreek sy haar ongelukkigheid uit oor hierdie plasing en noem sy ook die opinie van ʼn traumasielkundige in Beiroet wat ook iets hieroor geskryf het. Hijazi (die traumasielkundige) skryf op haar Facebookplasing dat dit absurd is. Sy skryf dat elke persoon in die wêreld tans deur trauma bedreig word. Volgens Aydin (2017) behels trauma emosies van hartseer, angs, depressie, vrees, skuld, moegheid, rou, pyn en lae selfvertroue. Volgens hom kan die getraumatiseerde subjek ’n individu wees, maar dit kan ook ’n gemeenskap of samelewing wees as gevolg van oorlog, terroristiese gebeurtenisse, natuurrampe of pandemies. Dit is juis wat die wêreld tans ervaar. ’n Pandemie.

Tydens hierdie tyd vrees mense verskeie goed. Die gesondheid van hulself en geliefdes, finansiële sekuriteit, werksekuriteit, armoede, depressie, vrees vir hul veiligheid en vrees dat dinge nooit weer terugkeer na normaal nie. Dit wat jy tans in hierdie tyd ervaar het niks te doen met die feit of jy disipline het of nie. Dit het alles te make met jou geestelike gesondheid en elkeen van ons word nou op ‘n emosionele en geestelike vlak uitgedaag.

Ons is elkeen besig om te rou. Op ons eie manier, en in ons eie tyd. Sommiges rou oor ʼn troue wat uitgestel moes word, of ʼn babatee wat dalk nie gaan plaasvind nie. As jy geliefdes aan die dood afstaan in hierdie tyd, is daar ’n moontlikheid dat jy nie hul begrafnis sal kan bywoon nie. Studente rou oor hul gradeplegtighede terwyl daar mammas is wat dalk alleen gaan moet geboorte gee en nie die geboorte van hul kleinding met familie sal kan deel nie.

As gevolg van al hierdie emosies en vrese stuit dit ons daaglikse takies. Daarom is dit moeilik om nou te ontspan en ’n boek te lees. Want die omstandighede waarin jy dit doen is nie normaal nie. Ek volg vir dr. Owen Wiese op Facebook. Hy is ’n mediese dokter, maar deel ongelooflike wysheid op sy profiel. Hy het onder andere die volgende twee plasings gemaak:

Dit is toe ek hierdie plasings lees dat ek besef; dit is normaal om soms ’n “afdag” te hê. Die belangrikste is om jouself die tyd te gun om te rou. Rou oor dit wat nie meer normaal is nie. Rou oor dit wat jy vrees en nie verstaan nie. Maar die belangrikste is om weer die volgende dag op te staan en goeie dae ook te hê. Troos jouself daaraan dat jy nie alleen hierdeur gaan nie. Daar is mense om jou (al sien jy hulle nie) wat ook voel soos jy voel en wat dalk in slegter omstandighede is. Ek is mal oor die Engelse bewoording, Have grace. In hierdie tyd is dit beslis wat ons moet hê, grace. Genade. Vir onsself en vir mekaar.

IN TURMAUD (2020) SE ARTIKEL GEE SY NUTTIGE WENKE OM NA JOUSELF OM TE SIEN:1. Hou kontak met vriende en familie. Raak kreatief. 2. Slaap genoeg, eet en probeer oefen. Al loop jy op en

af in jou gang. 3. Hou dagboek van jou emosies 4. Al is dit belangrik om in hierdie tyd ingelig te wees,

beperk jou kontak met media. Veral slegte nuus en fopnuus.

5. Vra vir hulp. Dit is nie ’n skande nie. -Mandie Ehlers

Bronne: Aydin, C. (2017). H

ow to Forget the Unforgettable? O

n Collective Trauma, Cultural Identity, and M

nemotechnologies, Identity, 17:3, 125-137, D

OI: 10.1080/15283488.2017.1340160.

https://ww

w.upw

orthy.com/coronavirus-productivity-m

otivation-myths-dangers. https://w

ww

.psychologytoday.com/za/blog/lifting-the-veil-traum

a/202003/trauma-pandem

ic-proportions.

Page 7: Talig - atkv.org.za1. Hou kontak met vriende en familie. Raak kreatief. 2. Slaap genoeg, eet en probeer oefen. Al loop jy op en af in jou gang. 3. Hou dagboek van jou emosies 4. Al

“Against English – Pleidooi voor het Nederlands”. Dit is nogal ’n uitdagende

titel. Hierdie boek bestaan uit bydraes van vooraanstaande (my inskatting in elk geval) Nederlandssprekendes oor die verengelsing van Nederlandse universiteite. Ek volg deurlopend die debat oor die verengelsing in Nederland in die Onze Taal-tydskrif (https://onzetaal.nl/) en hierdie boek wat deur Wereldbibioteek onder leiding van Lotte Jensen, Niek Pas, Daniël Rovers en Koen van Gulik in Amsterdam uitgegee is, was ’n goeie aanvulling tot die debat.

Wat is die gees van die boek? Is dit net ’n klompie taalbulle en -koeie wat koppe stamp? Geensins nie – dit is gewoon ’n pleidooi vir Nederlands. Ek haal graag aan wat in die stofomslag van die boek staan:

“Het Engels heeft het Nederlands al bijna verdrongen aan

DIE TAAL VAN globalisering

de universiteiten en neemt sluipenderwijs het middelbaar en lager onderwijs over. Meer dan zestig procent van wat er aan vertaalde romans in de boekhandel ligt, komt uit het Engelse taalgebied. Onze media? Helemaal gericht op Amerikaanse voorbeelden, alsof er geen Italiaanse, Franse, Spaanse en Duitse nieuwsbronnen bestaan. Met de dominantie van de taal komt ook de dominantie an het denken. Het Ango-Amerikaans werldbeeld bepaalt de kijk op economie, politiek en overheid. De overheid dient zich terug te trekken en zo veel mogelijk over te laten aan het individu. En de samenleving? Die wordt onderworpen aan het principe van de markt. Alwaar men het liefst in Engels jargon spreekt. Dit is een pamflet tegen verengelsing van de wêreld een pleidooi voor diversiteit, te beginnen met het Nederlands.”

Wat hierdie boek besonders maak, is dat dit nie net moedertaalsprekers is wat vir Nederlands pleit nie, maar

ook mense wat Nederlands as ’n tweede of derde taal praat. Ek staan by elke tweede sin stil en wil net amen skree. Dit maak my taalhart vinniger klop.

Maar in die tyd wat ek my in die boek verdiep, kondig die Wêreldgesondheidsorganisasie aan dat Covid-19 tot ’n pandemie verklaar is. Dié aankondiging het my die boek laat neersit. Ek het begin wonder hoe relevant die boek nog regtig is. Een van die redes vir die verengelsing aan die Nederlandse universiteite is omdat hulle internasionale studente wil trek en nou het die Coronavirus ons almal ’n lelike streep kom trek en studente keer terug na hulle huise. Ek voel ook hartseer, want ek weet wat die waarde van hierdie studenteuitruilings (gebreke en al) is.

Ek lees in die aanlyn tydskrif Times Higher Education die artikel, “Coronavirus: global student flows to suffer ‘massive hit’ for years” gepubliseer op 26 Maart 2020 dat dit tot vyf jaar kan neem voordat die studentemobiliteit na normaal kan terugkeer en die sentrum van opleiding mag na Oos-Asië toe skuif. https://www.timeshighereducation.com/news/coronavirus-global-student-flows-suffer-massive-hit-years?

University World News berig ook oor die impak van die Coronavirus op internasionale hoër onderwys (IHE). In die opiniestuk, “Internationalising higher education for a better world”, deur Bernard Hugonnier wat op 11 April 2020 verskyn het, word daar gekyk na hoe daar in die toekoms meer inklusief te werk kan word. Hy skryf onder andere die volgende: “Both countries and institutions also need to integrate

Page 8: Talig - atkv.org.za1. Hou kontak met vriende en familie. Raak kreatief. 2. Slaap genoeg, eet en probeer oefen. Al loop jy op en af in jou gang. 3. Hou dagboek van jou emosies 4. Al

into their decision-making processes the geopolitical and geo-cultural implications of IHE. That means questioning the dominance of the Western model.” Hugonnier sê dat as ons voortgaan om internasionale hoër onderwys te bedryf soos vóór die Coronavirus, is die voordele vir studente beperk en sonder groot maatskaplike impak. https://www.universityworldnews.com/post.php?story=20200407095746850

Dit is onvermydelik dat ons

en die akademici in die hoër onderwys anders begin dink oor internasionalisering. Ons moet dalk ook anders begin dink oor internasionalisering en taal. En ek wonder of Engels nog so belangrik aan Nederlandse universiteite gaan wees.

Moet ons nie dalk nou die kans aangryp om anders oor taal en toegang tot onderwys te dink nie? Internasionalisering en studenteuitruiling is belangrik. Dit

is ook belangrik dat ons ons plek op die internasionale verhoog inneem, maar ons kan dalk weer na die hóé kyk. My voorstel is meertaligheid. In die woorde van Matthews Wells in sy bydrae in “Against English –Pleidooi voor het Nederlands”: “Het behoud van taalverscheidenheid vormt immers geen belemmering voor globalisering, maar een gelegenheid voor iedereen om zijn of haar wereldbeed te verbreden.”

-Karien Brits

bly seëvierTaal en kultuurS

tel jou die inperking voor sonder boeke, sonder musiek, sonder films en sonder televisiereekse. Stel

jou die inperking voor sonder die geskenk van taal en kultuur. Terwyl ons ’n ongekende tyd van krisis, onsekerheid en selfs vrees in die gesig staar, is dit taal en kultuur wat ons bly bind, wat ons bly hoop gee.

Sedert die inperking in Suid-Afrika op 26 Maart 2020 begin het, is dit vir die ATKV-kollegas ’n riem onder die hart om te sien hoe taal en kultuur op verskeie wyses, in verskeie vorme en op verskeie platforms bevorder word. Leesstof is deur verskeie instansies beskikbaar gemaak en boeke is omgeskakel in e-boeke. (Onthou om die wettige e-boek te lees!) Kunstenaars het e-konserte begin hou en sommiges het die tyd gebruik om aan nuwe musiek en materiaal te begin werk. Aanlyn leesprogramme en ander opvoedkundige materiaal is ook deur verskeie instansies bekendgestel. Daar is selfs aanlyn kompetisies geloods vir kinders om aan deel te neem. Die ATKV het ook hande gevat met verskeie vennote

om opvoedkundige programme en materiaal beskikbaar te stel, vermaak te verskaf en kreatiwiteit te stimuleer.

Terwyl ons nie die implikasies en realiteite van die Covid-19-virus kan miskyk nie, kan ons ook nie die impak, belangrikheid en relevansie van taal en kultuur in Suid-Afrika (en in die wêreld) onderskat nie. Die ATKV is trots om vir die afgelope 90 jaar deel te wees van die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur.

Sedert 1930 is die hartklop van die ATKV die Afrikaanse taal, kultuur, kennis en kreatiwiteit en om dit onmisbaar deel te maak van nasiebou, versoening en ’n suksesvolle Suid-Afrika. In die laaste weke het ons egter besef hoe belangrik die bevordering van die taal en die kunste werklik is. Dit is die gom wat ons as ‘n nasie saambind en ‘n reddingsboot in tye van onsekerheid. Ons projekte is egter meer as net prettige tydverdryf, dit is meer as ‘n sertifikaat of trofee. Ons taal- en kultuurprojekte gee mense se drome vlerke. Uit ons projekte kom musikante, skrywers,

akteurs, regisseurs, prokureurs, entrepreneurs, en meer. Maar meer as beroepsmense, lewer ons projekte oopkop en kreatiewe denkers, volronde en dinamiese mense, mense met visie en selfvertroue, leiers en voorlopers en mense wat ‘n verskil maak.

Dit is om hierdie rede dat die ATKV steeds binne moeilike en onsekere omstandighede sal bly voortveg vir ons taal en kultuur en die projekte wat dit bevorder. Ons sou egter niks hiervan kon doen sonder ons deelnemers, ondersteuners en lede nie en daarom bedank ons elkeen wat ons oor die afgelope 90 jaar ondersteun het en steeds ondersteun.

Ons is tans besig om te werk aan opwindende aktiwiteite en projekte vir die res van die jaar. Daarmee saam is ons ook reeds besig om ons projekte gereed te kry vir 2021. Hou ons webblad en sosialemediakanale dop vir projekte, inligting, vermaak en meer. Kontak [email protected] vir meer inligting.

-Rozeldi Trollip

Page 9: Talig - atkv.org.za1. Hou kontak met vriende en familie. Raak kreatief. 2. Slaap genoeg, eet en probeer oefen. Al loop jy op en af in jou gang. 3. Hou dagboek van jou emosies 4. Al

Die ATKV glo dat moedertaalonderrig ’n sleutelfaktor in sukses is en gesels graag met kundiges oor hierdie onderwerp. Christien Neser is ʼn geregistreerde spraakterapeut en

spesialiseer in lees, meertaligheid, breinontwikkeling en outisme. Ons het virtueel met Christien saamgekuier oor die belangrikheid van moedertaal in die lig van die huidige omstandighede rakende die inperking weens die Covid-19-virus.

1. WAAROM IS MOEDERTAAL BELANGRIK VIR KINDERS? Dit is die taal wat hulle al in die baarmoeder die meeste hoor. ’n Moedertaal is die ma se taal, wat ook al die taal van die ma is. Babas reageer twee weke ná geboorte al met ʼn verhoogde hartklop as hulle hul ma se stem tussen ander herken. Kort daarna reageer hulle as hulle hul moedertaal herken. Dis eenvoudig ’n wonderwerk. Vir die mamma is haar eie taal die een waarin sy die spontaanste kan kommunikeer. Dis vir binding tussen mamma en kind belangrik dat die taal wat sy gebruik vir haar ook die gemaklikste is.

2. IS DAAR ’N VERBAND TUSSEN MOEDERTAAL EN MEERTALIGHEID?’n Minderheidstaal is ’n voorwaarde vir meertaligheid. Waar die mamma se taal dan ’n minderheidstaal is (soos byvoorbeeld Afrikaans in Suid-Afrika) beteken dit dat die kind die meerderheidstaal sal moet aanleer. Dit gebeur gewoonlik in die bewaarskool, die preprimêr, deur middel van oppassers of selfs net in die sosiale omgewing. Om in twee tale te kan kommunikeer, beteken dat mens in twee wêrelde kan funksioneer. Dis ’n groot geskenk. In Amerika is bevind dat Spaanse ouers wat Spaans met hul kinders tuis praat, beter vaar as Spaanse ouers wat probeer om Engels met hul kinders te praat. Daar is bevind dat kinders beter vaar in ’n ryk moedertaal as in ’n arm tweede taal. Ons kan die vergelyking na Suid-Afrika uitbrei. Kinders wat ’n ryk moedertaal tuis hoor, behoort beter te vaar as kinders wat ’n verarmde of swak tweede taal tuis hoor. Die breine van meertalige kinders is baie meer aktief as eentaliges, omdat hulle voortdurend met vertaling besig is.  Hierdie aktiwiteit het volgens die navorsing van prof Byalistok van Brittanje, groot waarde vir die ouerwordende persoon. Meertaliges se breine verouder stadiger. Feite!

(Byalistok, Ellen et al 2012 Bilinguilism: Consequences for Mind and Brain. Trends in cognitieve sciences. 2012. April. 16 (4) :240250. Cell Press.)

– in die huisMoedertaalonderrig

3. WAT IS DIE ROL VAN MOEDERTAAL IN ONS HUIDIGE OMSTANDIGHEDE RONDOM DIE INPERKING WEENS COVID-19? HOE KAN OUERS HUL KINDERS HELP? Indien die ouers hul huistaal tuis praat, wat dus die kind se moedertaal is, behoort kinders se woordeskat en taalvermoë daarby te baat. Dit help egter nie om die kinders vir 12 ure voor die TV te sit of heeldag te laat rekenaarspeletjies speel nie. Ouers wat een tot een met hul kinders gesels, speletjies speel en stories lees, kan egter onmeetlike voordele vir die kind se skoolprestasie en emosionele welstand beding. Onthou: kinders is ook angstig in hierdie tyd. Klein kinders moet stories hoor wat oor en oor aan hulle gelees of vertel word, waarin die held telkens oorleef. Of dit nou Rooikappie is en of dit Jan en die Boontjierank of Lion King se Simba is: die held/heldin moet triomfeer. Want kinders WORD die held/protagonis van die storie. Dit is bevind in ’n studie van dr. Christopher Bergland en genote. Om dus boekies te lees, aanlyn óf harde kopie, of saam na TV stories te kyk, kan baie doen om ʼn kind se emosionele welstand te verseker. Nou is ook beslis nie die tyd om vreesaanjaende flieks te kyk nie. Kinders sal ook rustiger slaap in hierdie spanningsvolle tyd, as hulle met ’n slaaptydstorie in die bed gesit word. Die skemerte van die kamer, die nabyheid aan die ouer, die knusheid van die lywe teen mekaar op die bed is alles deel van ’n kosbare ritueel wat die kind laat ontspan en gereed maak vir ’n diep en rustige slaap. Kinders groei in hul slaap, selle word vernuwe en hormone word afgeskei. ’n Gebrek aan slaap het hope negatiewe effekte, onder andere vetsug, hiperaktiwiteit, aandaggebrek, humeurigheid, selfs diabetes. Laat die kinders lekker slaap: lees vir hulle! Al is hulle al dikbek en dertien.

Die ATKV is dit met Christien eens: die voordele van moedertaalonderrig is legio. Ouers speel ook ’n belangrike rol in kinders se opvoeding en breinontwikkeling en kan veral nou ’n verskil in hul kinders se lewens maak deur saam te lees en leer. Christien bied ook praktiese hulp hieroor aan: haar boek, “Help! My kind is anders!” is ’n praktiese gids waarin ’n span kundiges die vele vrae waarmee ouers vandag worstel beantwoord. Hierdie boek is spesifiek gerig op voorskoolse kinders en hul ouers, onderwysers en naastes. Die boek is as handige metgesel vir ouers van jong kinders geskryf, rigtingwysers op die wonderlike ontdekkingsreis wat hulle saam met hulle kinders vanaf babatyd tot grootskool meemaak. “Help! My kind is anders!” is nou landwyd beskikbaar.

-Rozeldi Trollip