taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/afrhtgr11...  · web viewdie...

16
HOËRSKOOL FRAMESBY AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 11 JUNIE 2014 VRAESTEL 1 TYD : 2 UUR PUNTE : 70 EKSAMINATORE : Mee. R. Stoltz en M. Jordaan INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Leesbegrip (30) AFDELING B: Opsomming (10) AFDELING C: Taal (30) 2. Lees ALLE instruksies versigtig deur. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 5. Trek ʼn streep ná elke afdeling. 6. Nommer elke antwoord presies soos wat die vrae op die vraestel genommer is. 7. Laat ʼn reël oop na elke antwoord. 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

Upload: phambao

Post on 20-Mar-2018

271 views

Category:

Documents


8 download

TRANSCRIPT

Page 1: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr11...  · Web viewDie geskiedenis van die hamburger word deur sommige navorsers teruggevoer na die tyd ... dat

HOËRSKOOL FRAMESBY

AFRIKAANS HUISTAALGRAAD 11JUNIE 2014VRAESTEL 1TYD : 2 UURPUNTE : 70EKSAMINATORE : Mee. R. Stoltz en M. Jordaan

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

AFDELING A: Leesbegrip (30)AFDELING B: Opsomming (10) AFDELING C: Taal (30)

2. Lees ALLE instruksies versigtig deur.

3. Beantwoord AL die vrae.

4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.

5. Trek ʼn streep ná elke afdeling.

6. Nommer elke antwoord presies soos wat die vrae op die vraestel genommer is.

7. Laat ʼn reël oop na elke antwoord.

8. Skryf netjies en leesbaar.

9. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

Page 2: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr11...  · Web viewDie geskiedenis van die hamburger word deur sommige navorsers teruggevoer na die tyd ... dat

-2-AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

Lees en kyk na die onderstaande tekste en beantwoord die vrae wat daarna volg.

TEKS 1 : RUBRIEK

1.

2.

3.

4.

5.

6.

7.

Saamwees om ‘n tafel kom nie in ‘n kitsVan Alle KanteWilhelm Jordaan

Elke keer as ek op die TV ‘n advertensie van ‘n hamburger – special sien, kry ek ‘n regte Pawloviaanse kwyltjie; ‘n spoeg – ontploffinkie met ‘n heel duidelike boodskap. Dit is dat die klokkie gelui het vir ete! – vir daardie sappige stukkie “gemorskos”; soos sommige smalend sê.

Dié kwyltjie, weet ons, kan op enige dag op enige uur oor die hele wêreld voorkom. Want die hamburger is ‘n wêreldburger – ‘n bygevolg wat die Kanadese kommunikasiekundige Marshall McLuhan miskien voorsien het toe hy in die 1960’s die volgende siening gehad. Hy het geskryf: “We have extended our nervous system itself into a global embrace.”

Die geskiedenis van die hamburger word deur sommige navorsers teruggevoer na die tyd van Ghenghis Khan (1167 – 1227). Sy Mongoolse ruiters het stukkies vleis tussen die saals en die perde se rûe gesit waar dit tydens die rit sag geskuur is. Hulle het dan frikkadelle daarvan gemaak wat hulle geëet het.

Die gereg – as jy dit so wil noem – het, in ‘n meer verfynde vorm, deel van die Russiese cuisine geword waar dit die naam Steak Tartare gekry het. (Die Russe het na die Mongole as Tartare verwys).

In die 17de eeu het talle Duitse skepe van Hamburg se hawe Russiese hawens besoek en dit het daartoe gelei dat Steak Tartare in Duitsland bekend geraak het – waar dit Hamburg – steak genoem is.

Die naam hamburger is ontleen aan die Duitse stad Hamburg, waar die inwoners lank gelede al ‘n resep had om beesvleis fyn te kap , of te maal, en met allerlei geurmiddels voor te sit.

Duitse immigrante, wat meestal uit Hamburg se hawe na Amerika vertrek het, het dié resep saamgebring na Amerika. Daar is die rou maalvleis in frikkadelle

Page 3: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr11...  · Web viewDie geskiedenis van die hamburger word deur sommige navorsers teruggevoer na die tyd ... dat

8.

9.

10.

11.

12.

13.

14.

15.

16.

- 3-

gevorm, gaargemaak en tussen snye brood of ‘n deurgesnyde broodrolletjie bedien, en siedaar: die geboorte van die hamburger – en, ná baie jare, ook van McDonald’s, Burger King en ‘n swetterjoel ander hamburgermaatskappye wat ryk geword het deur die wêreld se gewildste kitskos te verkoop.

Veral McDonald’s se ongebreidelde uitbreidingslus stel jou in staat om hamburgers van New York tot in Naboomspruit te eet. Burger King Suid – Afrika het verlede week bekend gemaak hy het 1 ton Whopper – burgers verkoop in die eerste maand van sy Kaapse tak se bestaan.

Die ‘hamburger” (die ovalerige, plat vleisie tussen die twee helftes van ‘n broodrolletjie, met ‘n sousie en ‘n slaaitjie en baie variasies oor baie jare) is inderdaad ‘n geval van iets wat gevorder het van lokaal tot globaal. Dit het ‘n simbool van McLuhan se voorspelde wêrelddorp geword.

En vandag smul mense daagliks daaraan: in Kaapstad, Soweto, Clocolan, Moskou, Athene, New York, Kopenhagen, Madrid, Kaïro, Harare en wie weet waar ook al.

Vir besige mense in besige gesinne in ‘n besige wêreld is ‘n hamburger (en ander kitskos) dikwels gerieflik, ekonomies én smaaklik.

Tog weet ‘n mens ‘n oormaat daarvan bring skade. Afgesien van dinge soos gesondheidsrisiko’s laat dit ons dalk vergeet om die samehang van eet en menswees te eerbiedig.

Stel jou voor jy dek jou etenstafel met met jou beste eetgerei, servette, tafeldoek, wynglase, blomme en kerslig. En tussen dit plaas jy die vetterige bokse en die druipende souse en jy probeer terselfdertyd om in die soort samesyn eerbiedig mens te wees!

Juis daarom het Marthinus Versfeld indringend geskryf oor die geestelike kern van kos maak en saameet; dat keurig bereide kos en uitgesoekte wyn iets is wat ons met menslikheid én goddelikheid beklee.

Dit het gemaak dat Babette (in die fliek Babette’s Feast) al haar wengeld van ‘n lotery gebruik het om ‘n verruklike maaltyd te berei sodat vervreemde mense weer kan proe hoe goed dit is om versoenende samesyn te beleef.

Gerrit Brand se gedig “Apokrief” beskryf die wrang teendeel – eet en drink sonder convivium: “ My tyd is min,” het hy altyd gesê./ En: “Ek het nie gekom om / dit met praatjies en kuier / te verkwis nie.” / Dus het die groot baas daardie nag / nie vir kleingeld gewag nie, / maar met bande wat skreeu, / sy oë doelgerig op die pad voor hom, / die Big Macs en Cokes / na agter

Page 4: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr11...  · Web viewDie geskiedenis van die hamburger word deur sommige navorsers teruggevoer na die tyd ... dat

- 4 –

aangegee / en, soos sy manier was, / kouend gemompel: / “Dis op my.”

[email protected]

[Aangepas uit : Die Burger, 9 April 2014]

1.1 Watter waarskuwing rig die titel aan die leser? (1)

1.2 Identifiseer EEN woord in paragraaf 1 wat aansluit by die woord “kits” in die titel. (1)

1.3 Watter verband is daar tussen die twee onderstreepte frases in paragraaf 1? (2)

1.4 Dit is duidelik uit die eerste paragraaf dat daar botsende menings oor die hamburger is. Watter menings bestaan en motiveer elke mening deur slegs EEN woord uit dié paragraaf as bewys aan te haal. (2)

1.5 In paragraaf twee word beweer “die hamburger is ‘n wêreldburger...” Watter paragraaf wat verder in die leesstuk voorkom, is ‘n bevestiging van dié stelling? (1)

1.6 Die ontwikkeling van die hamburger kan in drie stadiums verdeel word. Som hierdie drie stadiums kortliks op. (3)

1.7 Waar het die hamburger, soos ons dit vandag ken, sy oorsprong gehad? (1)

1.8 Herlees paragraaf 7. Watter afleiding omtrent hamburgermaatskappye se finansiële welvaart kan ons uit die paragraaf maak? (1)

1.9 Verduidelik die onderstreepte gedeelte in paragraaf 8 in jou eie woorde. (2)

1.10 Hoe lyk die tradisionele hamburger? (1)

1.11 Watter gevolgtrekking omtrent die gewildheid van hamburgers kan die leser maak uit die onderstreepte woorde in paragraaf 9? (1)

1.12 Watter drie eienskappe van die hamburger dra by tot die gewildheid van die produk? (3)

1.13 Die skrywer van die rubriek is nie net positief oor die hamburger nie. Wat is die grootste beswaar wat die rubriekskrywer teen die hamburger het? (1)

1.14 Sou jy sê die keuse van kos kan jou menswees beïnvloed? Lewer kommentaar deur paragraaf 13 te beoordeel. (2)

Page 5: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr11...  · Web viewDie geskiedenis van die hamburger word deur sommige navorsers teruggevoer na die tyd ... dat

-5-

1.15 Haal ‘n frase aan wat dui op die uiteenlopende gevolgtrekking wat Marthinus Versfeld aangaande kos en saameet gemaak het. (1)

1.16 Motiveer waarom ons kan sê die boodskap van die fliek Babette’s Feast staan in direkte kontras met Gerrit Brand se gedig “Apokrief.” (2)

[24]

ENTEKS 2 : SPOTPRENT

[Uit : Die Burger, 10 Augustus 2013] 1.17 Wat suggereer die vrou se houding? (1)

1.18 Waarom kan die slotparagraaf van teks 1 as ‘n opsomming van die spotprent beskou word? (1)

1.19 Verduidelik met watter een van die karakters in die spotprent jy jou vereenselwig. (1)

Page 6: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr11...  · Web viewDie geskiedenis van die hamburger word deur sommige navorsers teruggevoer na die tyd ... dat

-6-

1.20 Waarom kan die seuntjie se woorde as ironies beskou word? (1)

1.21 Watter afleiding kan die leser uit die diere se houding of ‘lyftaal’ maak? (1)

[6] TOTAAL AFDELING A: 30

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

Lees die onderstaande teks en maak ’n opsommimg van SEWE wenke vir ouers en kinders hoe om goeie herinneringe te bou. Jou opsomming moet in paragraafvorm wees en in jou eie woorde, in volsinne, aangebied word. Jou opsomming mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.

Kosbare kuiertyd

Ons gejaagde lewe laat min tyd vir onsself en ons kinders toe! Voor jy jou oë uitvee, is jy uit die huis en is spyt dat julle nie meer tyd saam deurgebring het nie.

’n Studie deur The Global Strategy Group het bevind dat tieners graag ’n verhouding met hul ouers wil hê en dit as belangrik ag dat hulle na hul ouers vir raad en leiding kan draai.

“’n Verhouding tussen ’n ouer en tiener kom nie vanself nie,” meen Susan Steyn, ’n gesinsielkundige van Fourways. “Soos ’n kind ouer raak en leer om onafhanklik te wees, raak dit al hoe moeiliker om ’n betekenisvolle verhouding tussen hulle te ontwikkel. Tog wil kinders dit hê en daarom moet ouers die leiding neem om maniere te soek om só ’n verhouding te skep.”

Ouers moet tyd maak om as gesin minstens een ete per dag saam te eet. Dit sal jou kans gee om vas te stel wat in die kinders se lewens gebeur en te vertel van probleme en prestasies.

Maak gebruik van die tyd wat julle in die motor bestee. Sit die radio op ’n interessante program en gesels oor die jongste nuusgebeure. Om hul mening te lug, help terselfdertyd om die kind se selfvertroue te bou.

Sorg dat dit ’n instelling word dat jy en jou kind minstens een keer ’n maand ’n dag saam deurbring. Gaan eet ontbyt of gaan drentel in ’n winkelsentrum. Julle hoef niks te koop nie, maar vertel mekaar wat julle graag sou wou koop en sê ook hoekom.

Julle kan selfs gehaltetyd met mekaar hê terwyl julle huistakies verrig. Kies ’n taak wat julle saam kan doen soos skottelgoedwas en gesels in hierdie tyd oor allerhande dinge

Page 7: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr11...  · Web viewDie geskiedenis van die hamburger word deur sommige navorsers teruggevoer na die tyd ... dat

-7-

om op die hoogte te kom van wat in mekaar se lewens gebeur.

Maak een dag ’n maand ’n tegnologievrye dag en doen iets opwindend in die buitelug of doen iets wat die kind graag gedoen het toe hy/sy jonger was. Dit sal die lekker tye terugbring

Maak saam kos! Leer hom/haar hoe om sekere geregte te berei en geniet die koesteroomblikke saam.

TOTAAL AFDELING B : 10

Page 8: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr11...  · Web viewDie geskiedenis van die hamburger word deur sommige navorsers teruggevoer na die tyd ... dat

-8-

AFDELING C: TAAL

VRAAG 3

Lees die onderstaande advertensie en beantwoord die daaropvolgende vrae.

TEKS 1 : ADVERTENSIE

[Uit : www.atkv.org.za/argief]-9-

Page 9: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr11...  · Web viewDie geskiedenis van die hamburger word deur sommige navorsers teruggevoer na die tyd ... dat

3.1 Wat word hier geadverteer? (1)

3.2 Hoe pas die opskrif by die produk wat geadverteer word? (1)

3.3 Waarvoor staan die afkorting ATKV? (1)

3.4 Gee die maniere waarop die advertensie jou aandag verkry? (2)

3.5 Wat beteken dit om ‘diep spore te trap’ (paragraaf 2) ? (1)

3.6 Gebruik kook as ‘n swak verlede deelwoord in ‘n sin waar dit as ‘n attributiewe byvoeglike naamwoord diens doen. (1)

3.7 Gee die twee woorde waaruit ‘Afrikiti’ gevorm is. (1)

3.8 Evalueer die doel van die herhaling van die woord ‘trots’ in die advertensie (1)

3.9 Motiveer waarom dit gepas is dat juis Laurika Rauch in hierdie advertensie gebruik word?

(1)

[10]VRAAG 4

Lees die onderstaande strokiesprent en beantwoord die daaropvolgende vrae.

TEKS 2: STROKIESPRENT

1 2

3 4

Page 10: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr11...  · Web viewDie geskiedenis van die hamburger word deur sommige navorsers teruggevoer na die tyd ... dat

[Uit: Ben Babsie en Familie,Human & Rousseau]

4.1 Wat is die funksie van die leestekens in die eerste spraakborrel van raampie 1? (1)

4.2 Verduidelik waarom die omkringde woord in die eerste spraakborrel van raampie 2 as ‘n skeibare werkwoord beskou kan word. (1)

4.3 Gebruik die eerste koppelwerkwoord in raampie 3 as ‘n hulpwerkwoord van vorm in ‘n sin. (1)

4.4 Lewer kommentar op die gebruik van ’n uitroepteken én vraagteken aan die einde van spraakborrel 1 in raampie 4. (1)

4.5 Benoem die klankverskynsel wanneer luister as lyster uitgespreek word. (1)

4.6 Gee die korrekte afkorting vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens. (1)

4.7 Gee ‘n voorbeeld van ‘n determineerder in raampie 7 (1)

4.8 Vorm ‘n samestellende afleiding van die omkringde woord in raampie 8. (1)

4.9 Gebruik kruiwa se bepaler as ‘n kern in ‘n samestelling binne sinsverband. (1)

5 6

7 8

Page 11: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr11...  · Web viewDie geskiedenis van die hamburger word deur sommige navorsers teruggevoer na die tyd ... dat

- 11-4.10 Gebruik die eerste voorsetsel in raampie agt as ‘n soortnaam in ‘n sin. (1)

[10]

VRAAG 5

Lees die onderstaande teks en beantwoord die daaropvolgende vrae.

TEKS 3 : RUBRIEK

SMS-TAAL ‘N KOPSEER1

2

3

4

5

6

7

8

9

SMS-taal het ongelukkig ‘n rampspoedige uitwerking op Suid-Afrikaanse kinders se taal- en spelvermoë, berig Cornia Pretorius.

Dit is ‘n taal vir klets: “hy dude wt mak ns di nawek?”

Dis ‘n taal vir flankeer: “fone me i have something 2 sy 2 u.”

Dis ‘n taal vir skinder: “sys leka ani slap.”

Die taal van die SMS is geskep deur die ratse duime van die millennium-kinders, die nuwe generasie van tegnologies-geletterde tieners wat (elke dag) ure verwyl in die begrensde elektroniese heelal van selfoon, -rekenaar- en televisieskerms.

In die sosiale ruimte klets hulle met vriende in ‘n geskrewe taal wat bedoel is om jou uit te sluit as jy nie mal is oor die nuutste Play-station-speletjie nie en te lank verpoos voordat jy die naam Ashton Kutcher herken.

Henk Gous (15) vuur ‘n tipiese boodskap af aan ‘n vriend: “wat mak jy mre wl j its doen.”

Jongelinge se gunsteling fone en informele manier van kommunikeer moet onmiddellik aandag geniet, meen prof. Wannie Carstens van die Noordwes-Universiteit.

Universiteit, skole en ander taalhekwagters het daarom ‘n belangrike taak om SMS-taal as’t ware op sy eie plek te hou: ‘n modetaal vir die dudes en sistas ___(5.8)___ loslit, lui, sosiale SMS-taal ‘n ononderhandelbare uitdrukking is van die jeugkultuur waarvan hulle as tieners deel is.

[Aangepas uit : Beeld, 16 April 2013]

Page 12: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr11...  · Web viewDie geskiedenis van die hamburger word deur sommige navorsers teruggevoer na die tyd ... dat

-12-

5.1 Verklaar die gebruik van die koppeltekens in paragraaf 1. (3)

5.2 Benoem die funksie van die agtervoegsel in die onderstreepte woord in paragraaf 5. (1)

5.3 Gee die betekenis van die voorvoegsel in die onderstreepte woord in paragraaf 6. (1)

5.4 Skryf ‘n infinitief uit paragraaf 6 neer. (1)

5.5 Identifiseer die manier waarop die onderstreepte klank in paragraaf 7 gevorm word. (1)

5.6 Identifiseer en verbeter die spelfout in paragraaf 8 (1)

5.7 Motiveer waarom die onderstreepte klank in paragraaf 9 as ‘n diftong beskou kan word.

(1)

5.8 Voeg die ontbrekende voornaamwoorde in paragraaf 9 in. (1)[10]

TOTAAL AFDELING C: 30GROOTTOTAAL: 70