visie missie strategie boustene vir die toekoms · maatskappyspesi eke ondersteuning ontvang om hul...

34
VISIE Om ’n toonaangewende en mededingende maatskappy in Suid-Afrika en uitgesoekte Afrika-lande te wees wat elke verbruiker daagliks met sy gerespekteerde en vertroude handelsmerkprodukte bereik en om beter en volhoubare aandeelhouerswaarde te lewer deur ’n verantwoordelike korporatiewe burger en voorkeurwerkgewer te wees. MISSIE Clover is ’n voedsel- en drankiesgroep met ’n sterk klem op waarde- toegevoegde handelsmerkprodukte. Clover se Suid-Afrikaanse suiwelbesigheid is die volmaakte instaatsteller om die Groep se wydverspreide klante en verbruikers te bereik. Buitengewone moeite word gedoen om handelsmerke te ontwikkel wat die eerste of tweede posisies in sy gekose segmente sal beklee. Clover glo in die superieure verkryging, produksie, bemarking, verkoop en verspreiding van hierdie handelsmerk- verbruikersprodukte aan sy lojale verbruikers. STRATEGIE Clover se korporatiewe strategie is om op bestaande bevoegdhede in die Groep te bou en om ’n kultuur van buitengewone prestasie te vestig met die oog op die daarstelling van ’n platform vir toekomstige markuitbreiding. Verskillende maatskappye in die Groep het verskillende strategieë wat maatskappyspesieke ondersteuning ontvang om hul potensiaal te maksimeer. Die uitbreiding van infrastruktuur om te deel in die sterk groei in verbruik in die segmente wat hy domineer, word as ’n sleutel tot al Clover se aktiwiteite beskou. BOUSTENE VIR DIE TOEKOMS Die boustene om ons toekomsdrome in 2011 te verwesenlik, is: Groei deur die Clover-handelsmerk en ander onafhanklike subhandelsmerke ’n Grondige begrip van verbruikersbehoeftes ’n Omvattende distribusie-infrastruktuur ’n Sterk verhouding met klante ’n Sterk verhouding met Melkprodusente en ander handelsvennote Voortdurende doeltreffendheidsverbeteringe Uitbreiding van infrastruktuur Samesmeltings en verkrygings. ALGEMENE AFDELING BLADSY 135

Upload: lekien

Post on 18-Apr-2018

235 views

Category:

Documents


18 download

TRANSCRIPT

Page 1: VISIE MISSIE STRATEGIE BOUSTENE VIR DIE TOEKOMS · maatskappyspesi eke ondersteuning ontvang om hul potensiaal te maksimeer. Die uitbreiding van infrastruktuur om te deel in die sterk

VISIEOm ’n toonaangewende en mededingende maatskappy in Suid-Afrika

en uitgesoekte Afrika-lande te wees wat elke verbruiker daagliks met sy

gerespekteerde en vertroude handelsmerkprodukte bereik en om beter

en volhoubare aandeelhouerswaarde te lewer deur ’n verantwoordelike

korporatiewe burger en voorkeurwerkgewer te wees.

MISSIEClover is ’n voedsel- en drankiesgroep met ’n sterk klem op waarde-

toegevoegde handelsmerkprodukte. Clover se Suid-Afrikaanse

suiwelbesigheid is die volmaakte instaatsteller om die Groep se

wydverspreide klante en verbruikers te bereik. Buitengewone moeite word

gedoen om handelsmerke te ontwikkel wat die eerste of tweede posisies

in sy gekose segmente sal beklee. Clover glo in die superieure verkryging,

produksie, bemarking, verkoop en verspreiding van hierdie handelsmerk-

verbruikersprodukte aan sy lojale verbruikers.

STRATEGIEClover se korporatiewe strategie is om op bestaande bevoegdhede in die

Groep te bou en om ’n kultuur van buitengewone prestasie te vestig met

die oog op die daarstelling van ’n platform vir toekomstige markuitbreiding.

Verskillende maatskappye in die Groep het verskillende strategieë wat

maatskappyspesi� eke ondersteuning ontvang om hul potensiaal te

maksimeer. Die uitbreiding van infrastruktuur om te deel in die sterk groei in

verbruik in die segmente wat hy domineer, word as ’n sleutel tot al Clover

se aktiwiteite beskou.

BOUSTENE VIR DIE TOEKOMSDie boustene om ons toekomsdrome in 2011 te verwesenlik, is:

• Groei deur die Clover-handelsmerk en ander onafhanklike

subhandelsmerke

• ’n Grondige begrip van verbruikersbehoeftes

• ’n Omvattende distribusie-infrastruktuur

• ’n Sterk verhouding met klante

• ’n Sterk verhouding met Melkprodusente en ander handelsvennote

• Voortdurende doeltreffendheidsverbeteringe

• Uitbreiding van infrastruktuur

• Samesmeltings en verkrygings.

ALG

EMEN

E A

FDEL

ING

B

LA

DS

Y 1

35

Page 2: VISIE MISSIE STRATEGIE BOUSTENE VIR DIE TOEKOMS · maatskappyspesi eke ondersteuning ontvang om hul potensiaal te maksimeer. Die uitbreiding van infrastruktuur om te deel in die sterk

INHOUD

ALG

EMEN

E A

FDEL

ING

B

LA

DS

Y 1

36

Page 3: VISIE MISSIE STRATEGIE BOUSTENE VIR DIE TOEKOMS · maatskappyspesi eke ondersteuning ontvang om hul potensiaal te maksimeer. Die uitbreiding van infrastruktuur om te deel in die sterk

ALGEMEENVisie, Missie, Strategie en Boustene vir die Toekoms ................................................................. 135

Ons geskiedenis ........................................................................................................................ 138

Groepstruktuur .......................................................................................................................... 140

Hooftrekke ................................................................................................................................. 141

Direksie en Bestuur .................................................................................................................... 142

6-jaar � nansiële oorsig ............................................................................................................... 145

Voorsittersverslag ...................................................................................................................... 148

Uitvoerende Hoof se verslag ...................................................................................................... 152

Volhoubaarheidsoorsig .............................................................................................................. 156

Verslag oor Korporatiewe Beheer .............................................................................................. 160

Finansiële verslag ...................................................................................................................... 163

Serti� kaat deur Sekretaris .......................................................................................................... 165

Ontleding van aandeelhouding ................................................................................................... 165

Administrasie ............................................................................................................................. 166

FINANCIAL SECTION/FINANSIËLE AFDELINGDirectors’ report/Direkteursverslag ............................................................................................... 36

Audit committee report/Ouditkomiteeverslag ............................................................................... 41

Auditor’s report/Ouditeursverslag ................................................................................................. 43

Consolidated statement of comprehensive income/

Gekonsolideerde staat van omvattende inkomste ........................................................................ 44

Consolidated statement of � nancial position/

Gekonsolideerde staat van � nansiële posisie................................................................................ 46

Consolidated statement of changes in equity/

Gekonsolideerde staat van veranderinge in ekwiteit ..................................................................... 48

Consolidated statement of cash � ows/

Gekonsolideerde staat van kontantvloei ....................................................................................... 50

Notes to the consolidated � nancial statements/

Aantekeninge by die gekonsolideerde � nansiële state .................................................................. 52

’n Lys van al die de� nisies en afkortings wat in die jaarverslag gebruik word, word in

Aantekening 3 op bladsye 70 tot 73 uiteengesit.

ALG

EMEN

E A

FDEL

ING

B

LA

DS

Y 1

37

Page 4: VISIE MISSIE STRATEGIE BOUSTENE VIR DIE TOEKOMS · maatskappyspesi eke ondersteuning ontvang om hul potensiaal te maksimeer. Die uitbreiding van infrastruktuur om te deel in die sterk

ONS GESKIEDENIS

Boere vergader op Mooirivier gedurende Oktober 1898 om die stigting

van ’n botterfabriek te bespreek. Tydens opvolgvergaderings word die

naam Natal Creamery Beperk en koöperatiewe beginsels goedgekeur.

Joseph Baynes begin die eerste botterfabriek in Natal op sy plaas

Nel’s Rust. Weens ’n gebrek aan behoorlike regskanale om ’n

koöperasie te registreer, word Natal Creamery Beperk onder die Natalse

Maatskappyewet geregistreer en H Blaker word as eerste voorsitter

aangewys.

Daar word die eerste keer verwys na Model Dairy as ’n vennootskap

tussen Natal Creamery Bpk en Joseph Baynes Bpk vir die bemarking

van vars melk in Durban. Hierdie vennootskap word in Oktober 1901

beëindig.

Melkverspreiding deur Natal Creamery Bpk begin in Mei in

Pietermaritzburg.

Gedurende 1903 word melk daagliks na Johannesburg versend en in

November besluit Natal Creamery Bpk om die melkbedryf in Johannesburg

te ondersoek.

Natal Creamery Bpk neem die Johannesburg Milk Supply Company Bpk

in Maart oor.

Heilbron Government Creamery word in Desember tot stand gebring.

In Junie word Natal Creamery Bpk onder die Koöperasiewet van 1922

geregistreer.

Teen 1932 is Natal Creamery Bpk in 32 sentrums landswyd in bedryf.

’n 100% koöperatiewe bedryfstelsel word goedgekeur en die naam Natal

Creamery Bpk word verander na Nasionale Suiwelkoöperasie Beperk.

Clover S.A. (Edms) Bpk word as ’n bedryfsmaatskappy deur Nasionale Suiwelkoöperasie Bpk gestig.

ALG

EMEN

E A

FDEL

ING

B

LA

DS

Y 1

38

Page 5: VISIE MISSIE STRATEGIE BOUSTENE VIR DIE TOEKOMS · maatskappyspesi eke ondersteuning ontvang om hul potensiaal te maksimeer. Die uitbreiding van infrastruktuur om te deel in die sterk

Clover S.A. (Edms) Bpk en Compagnie Gervais Danone snoer kragte saam in ’n gesamentlike onderneming.

Clover Beherend Bpk word as beheermaatskappy vir Clover S.A. (Edms) Bpk gestig.

Danone en Clover S.A. (Edms) Bpk stig die Danone Clover (Edms) Bpk gesamentlike onderneming.

November 2003 – Die omskepping van Nasionale Suiwelkoöperasie in ’n publieke maatskappy en die naamsverandering na Clover Industries Bpk word tydens ’n reeks spesiale vergaderings goedgekeur. Die dinamiek geïnkorporeer in Clover Industries Bpk met betrekking tot gewone aandele wat beheer uitoefen en voorkeuraandele wat vrylik verhandel word, lui ’n nuwe tydvak vir die Groep in. Clover S.A. (Edms) Bpk en Compagnie Gervais Danone stig die Clover Danone Beverages Bpk gesamentlike onderneming.

Clover Beherend Bpk word ontbondel. Vandag is Clover Industries Bpk (CIL) die beheer-maatskappy van Clover S.A. (Edms) Bpk, een van Suid-Afrika se grootste verbruikershandelsmerk-produk maatskappye, Suid-Afrika se grootste suiwelmaatskappy en van die voorste vervaardigers en bemarkers van voedselprodukte in Suid-Afrika.

Hosken Consolidated Investments Bpk bekom ’n aandeel van 25,1% in CIL as ’n swartbemagtigingsvennoot.

Clover S.A. (Edms) Bpk en Fonterra Ltd van Nieu-Seeland stig die Clover Fonterra Ingredients (Edms) Bpk gesamentlike onderneming.

Hosken Consolidated Investments Bpk, Clover se swartbemagtigings-vennoot, oefen sy opsie uit om sy gewone aandeelhouding tot 34,9% te vergroot en Clover S.A. (Edms) Bpk koop 39,8% van die aandele van Clover Danone Beverages Bpk van Compagnie Gervais Danone. Die maatskappy se naam verander na Clover Beverages Bpk.

Danone Clover (Edms) Bpk verkry ’n belang van 70% in Mayo Dairy (Edms) Bpk.

Dekonsolidasie van Danone Clover (Edms) Bpk.

Verkoop van Danone Clover (Edms) Bpk. en kapitale herstrukturering.

Verwydering van die voorwaarde dat slegs melkprodusente gewone

aandele van die maatskappy mag hou. Ontkoppeling van gewone aandele

van melkverskaf� ng. Terugkoop van 34,9% gewone aandele van Hoskin

Consolidated Investments Bpk. Omskakeling van voorkeuraandele tot

uitsluitlik skuldinstrumente.

ONS GESKIEDENIS

ALG

EMEN

E A

FDEL

ING

B

LA

DS

Y 1

39

Page 6: VISIE MISSIE STRATEGIE BOUSTENE VIR DIE TOEKOMS · maatskappyspesi eke ondersteuning ontvang om hul potensiaal te maksimeer. Die uitbreiding van infrastruktuur om te deel in die sterk

GROEPSTRUKTUUR

52%

51%

100%

94,8%

100%

Clover Beverages Bpk

55%50,1%

Lactolab (Edms) BpkClover Botswana

(Edms) BpkClover Zambia ((Edms) Bpk

Clover Swaziland (Edms) Bpk

Clover West Africa (Edms) Bpk

Clover Manhattan (Edms) Bpk

Clover Fonterra Ingredients (Edms) Bpk

Melkwinning, Produksie,

Primêre Distribusie en Voorsienings-kettingbestuur,

Bemarking, Verkope en Sekondêre Distribusie

100%

Clover S.A.(Edms) Bpk

Clover Industries Bpk

70%

Afdelings

ALG

EMEN

E A

FDEL

ING

B

LA

DS

Y 1

40

Page 7: VISIE MISSIE STRATEGIE BOUSTENE VIR DIE TOEKOMS · maatskappyspesi eke ondersteuning ontvang om hul potensiaal te maksimeer. Die uitbreiding van infrastruktuur om te deel in die sterk

HOOFTREKKE

* Sluit R637,5 miljoen (R599,5 miljoen na belasting) wins op dekonsilidasie van Danone Clover in.** Sluit R337,7 miljoen (R227,1 miljoen na belasting) wins met verkoop van Danone Clover in.

Groepaktiwiteit 2010 2009 Verandering

R’m R’m %

Inkomste 5 995,7 5 475,8 9,5

Bedryfswins ** 559,0 * 664,3 (15,9)

Wins toeskryfbaar aan aandeelhouers van die houermaatskappy ** 330,8 * 527,2 (37,2)

Netto bates 1 076,5 1 481,0 (27,3)

Verhoudings % % %

Hefboompersentasie 21,4 48,8 56,2

Opbrengs op aandeelhouersbelang ** 26,6 * 44,3 (40,0)

Opbrengs op netto bates ** 25,7 * 27,7 (7,2)

6 000

5 000

4 000

3 000

2 000

1 000

0

Inkomste

R’m

5 47

5,8

5 99

5,7

5 71

8,3

4 71

2,5

4 31

9,9

4 22

7,6

2005 2006 2007 2008 2009 2010

Netto Batewaarde

R’m

1600

1400

1200

1000

800

600

400

200

0

2005 2006 2007 2008 2009 2010

Bedryfswins

R’m

800

700

600

500

400

300

200

100

066

4,3

559,

0

297,

2357,

0

242,

2

61,0

2005 2006 2007 2008 2009 2010

Wins toeskryfbaar aan aandeelhouers van die houermaatskappy

R’m

600

500

400

300

200

100

0

-100

527,

2

119,

9

167,

1

95,

2

(28,

1)

2005 2006 2007 2008 2009 2010

**

986,

9

1 48

1,0

857,

5

688,

7

534,

4

1 07

6,5

330,

8*

***

ALG

EMEN

E A

FDEL

ING

B

LA

DS

Y 1

41

Page 8: VISIE MISSIE STRATEGIE BOUSTENE VIR DIE TOEKOMS · maatskappyspesi eke ondersteuning ontvang om hul potensiaal te maksimeer. Die uitbreiding van infrastruktuur om te deel in die sterk

DIREKSIE EN BESTUUR

CLOVER INDUSTRIES BPKNie-uitvoerende Melkprodusente-DirekteureJAH Bredin (Voorsitter) ¥ $ § HPF du Preez (Ondervoorsitter) ¥ $ WI Büchner �MG ElliottJC Hendriks (Dr) § �JW Lotz MG MacKenzie FG MeyerVP Turner Nie-uitvoerende SwartbemagtigingsdirekteureMA Golding (Bedank: 31 Mei 2010)VE Mphande � (Bedank: 31 Mei 2010)JA Copelyn (Bedank: 31 Mei 2010) Nie-uitvoerende Onafhanklike DirekteureDK Smith $ ¥ § # �TA Wixley $ ¥ § # � Uitvoerende DirekteureJH Vorster (Uitvoerende Hoof)HB Roode (Adjunk Uitvoerende Hoof)LJ Botha (Hoof Finansiële Beampte) CP Lerm (Dr) MaatskappysekretarisHB Roode

CLOVER S.A. (EDMS) BPKNie-uitvoerende DirekteureJAH Bredin (Voorsitter) $ ¥ §JA Copelyn (Bedank: 31 Mei 2010)HPF du Preez $ ¥ Uitvoerende DirekteureJH Vorster (Uitvoerende Hoof)HB Roode (Adjunk Uitvoerende Hoof en Besturende Direkteur Afrika) LJ Botha (Hoof Finansiële Beampte)CP Lerm (Dr) MaatskappysekretarisHB Roode

CLOVER BEVERAGES BPKNie-uitvoerende DirekteureJAH Bredin $ DK Smith $ #HPF du Preez (Alternatief) $ Uitvoerende DirekteureJH Vorster (Voorsitter)CP Lerm (Dr) (Bedryfshoof)LJ Botha HB Roode MaatskappysekretarisHB Roode

CLOVER FONTERRA INGREDIENTS (EDMS) BPKNie-uitvoerende DirekteureHB Roode (Voorsitter)E Janse van Rensburg $ ¥ (Bedank: 30 Junie 2010)BT Willis DT Moore $ ¥ (Bedank: 31 Mei 2010)G Roper (Aangestel: 31 Mei 2010) LJ Botha (Aangestel: 1 Julie 2010) $ ¥

MaatskappysekretarisHF Kocks (Bedank: 30 Junie 2010)J van Heerden (Aangestel: 1 Julie 2010)

# Lid van Groep Ouditkomitee$ Lid van Finansiële Oorsig- en Risikokomitee¥ Lid van Vergoedingskomitee§ Lid van Nominasiekomitee� Lid van Volhoubaarheidskomitee Al die Direkteure is Suid-Afrikaanse burgers

Sittend van links na regs: JH Vorster, Dr JC Hendriks, JW Lotz, FG MeyerStaande van links na regs: MG Elliot, HB Roode, VP Turner, HPF du Preez

CLOVER INDUSTRIES BEPERK DIREKSIE

ALG

EMEN

E A

FDEL

ING

B

LA

DS

Y 1

42

Page 9: VISIE MISSIE STRATEGIE BOUSTENE VIR DIE TOEKOMS · maatskappyspesi eke ondersteuning ontvang om hul potensiaal te maksimeer. Die uitbreiding van infrastruktuur om te deel in die sterk

DIREKSIE EN BESTUUR

CLOVER SWAZILAND (EDMS) BPKNie-uitvoerende DirekteureHB RoodeJHF Botes (Dr)

MaatskappysekretarisBusiness Connexions (Pty) Ltd

LACTOLAB (EDMS) BPKNie-uitvoerende DirekteureM van der Berg (Voorsitter)JC van der Vyver $ ¥HB Roode $ ¥J Floor (Dr)TJF de Villiers

MaatskappysekretarisHB Roode

CLOVER WEST AFRICA Nie-uitvoerende DirekteureHB Roode (Voorsitter) (Aangestel: 22 April 2010)F Halawi (Aangestel: 22 April 2010) +LJ Botha (Aangestel: 22 April 2010) Uitvoerende DirekteureP Uys (Aangestel: 1 Augustus 2010)HR Da Silva (Aangestel: 1 Augustus 2010) ¢

MaatskappysekretarisP Uys (Aangestel: 1 Augustus 2010)

CLOVER BOTSWANANie-uitvoerende DirekteureL Brink �HB RoodeF Jooste ¥ �E Janse van Rensburg (Bedank: 30 Junie 2010)LJ Botha (Aangestel: 1 Julie 2010) ¥ �

Uitvoerende DirekteurHP de Lange

MaatskappysekretarisUPT Secretarial Service (Pty) Ltd

CLOVER ZAMBIANie-uitvoerende DirekteureMN Patel HB Roode

MaatskappysekretarisKK Patel

$ Lid van Finansiële Oorsig- en Risikokomitee¥ Lid van Vergoedingskomitee# Lid van Groep Ouditkomitee� Lid van Ouditkomitee

¢ Verenigde Koninkryk+ Frankryk� Botswana

Namibië Zambië Nieu-Seeland

Alle ander Direkteure is Suid-Afrikaanse burgers

Sittend van links na regs: LJ Botha, DK Smith, MG MacKenzieStaande van links na regs: Dr CP Lerm, TA Wixley, JAH Bredin, WI Büchner

CLOVER INDUSTRIES BEPERK DIREKSIE

ALG

EMEN

E A

FDEL

ING

B

LA

DS

Y 1

43

Page 10: VISIE MISSIE STRATEGIE BOUSTENE VIR DIE TOEKOMS · maatskappyspesi eke ondersteuning ontvang om hul potensiaal te maksimeer. Die uitbreiding van infrastruktuur om te deel in die sterk

DIREKSIE EN BESTUUR

Van links na regs: JH Vorster, A Schoeman, HB Roode, Dr CP Lerm, Dr JHF Botes, H Lubbe, LJ Botha

CLOVER UITVOERENDE KOMITEE

CLOVER GROEP UITVOERENDE KOMITEEUitvoerende KomiteeJH Vorster (Uitvoerende Hoof), BCompt(Hons), GR(SA), MBA (Wits)HB Roode (Adjunk Uitvoerende Hoof en Besturende Direkteur Afrika), BJuris, LLBLJ Botha (Hoof Finansiële Beampte en Melkwinning), BCom(Hons), GR(SA), ACIS CP Lerm (Dr) (Handelsmerke), DComA Schoeman (Menslike Hulpbronne), BCom (Afgetree: 30 Junie 2010)H Lubbe (Voorsieningsketting en Inligtingsdienste), MCom (Vervoerekonomie), MBAJHF Botes (Dr) (Kommersieel) DPhil

ALG

EMEN

E A

FDEL

ING

B

LA

DS

Y 1

44

Page 11: VISIE MISSIE STRATEGIE BOUSTENE VIR DIE TOEKOMS · maatskappyspesi eke ondersteuning ontvang om hul potensiaal te maksimeer. Die uitbreiding van infrastruktuur om te deel in die sterk

6-JAAR FINANSIËLE OORSIG2010 2009 2008 2007 2006 2005

Saamgevatte resultate vir die jaar Rm Rm Rm Rm Rm Rm

Bedrywighede

Inkomste (#) 5 995,7 + 5 475,8 5 718,3 4 712,5 4 319,9 4 227,6

Inkomste Danone Clover (#) 682,7 521,6 437,9 393,7

Inkomste Uitgesluit Danone Clover (#) 5 995,7 5 475,8 5 035,6 4 190,9 3 882,0 3 834,0

Bedryfswins *** 559,0 ** 664,3 297,2 * 357,0 242,2 61,0

Netto � nansieringskoste

Bedryfs- en langtermynlaste (41,2) (103,5) (90,7) (53,7) (58,6) (59,8)

Skuldkomponent van voorkeuraandelekapitaal (22,3) (32,2) (30,4) (22,0) (16,4) (13,7)

Wins/(verlies) voor belasting van lopende bedrywighede 495,5 528,6 176,1 281,3 167,2 (12,5)

Belasting (191,7) (29,2) (50,5) (72,7) (36,2) 9,6

Wins na belasting van gestaakte bedrywighede 32,1 39,6 - - - -

Nie-beherende belang (5,1) (11,7) (5,7) (41,5) (35,8) (25,2)

Wins/(verlies) toeskryfbaar aan ekwiteithouers van die

houermaatskappy *** 330,8 ** 527,2 119,9 * 167,1 95,2 (28,1)

Gerapporteerde resultate aangepas vir uitsonderlike items Rm Rm Rm Rm Rm Rm

Bedryfswins 559,0 664,3 297,2 357,0 242,2 61,0

Aangepas vir uitsonderlike items:

Verlies/(wins) met verkoop en skrapping van eiendom aanleg en toerusting. 0,9 (3,8) (5,1) 5,5 11,8 1,0

Wins met verkoop van Boksburg-fabriek (50,8) - - - - -

Wins met verkoop van UltraMel langlewe besigheid - - - (111,1) (6,7) -

Wins met verkoop van Clover Danone Beverages aandele - - - - (1,4) -

Wins met kansellasie van 'n verspreidingsooreenkoms - - - - (3,0) -

Wins met dekonsolidasie van Danone Clover - (637,5) - - - -

Wins met verkoop van Danone Clover (337,7) - - - - -

A� eggingskoste 84,9 17,2 10,3 14,3 11,7 36,6

Opsiekoste aan HCI betaal met kapitaalherstrukturering 11,4 - - - - -

Regs- en professionele koste met betrekking tot herstrukturering 5,3 - - - - -

AGR bonusse betaal aan uitvoerende bestuur met kapitaalherstrukturering 37,1 - - - - -

Ander herstruktureringskoste 10,7 8,4 1,1 1,6 6,2 4,1

Bedryfswins aangepas vir uitsonderlike items 320,8 48,6 303,6 267,2 260,8 102,7

* Ingesluit R111 miljoen wins (R103 miljoen na belasting) met verkoop van UltraMel Vla besigheid. ** Ingesluit R637,5 miljoen (R599,5 miljoen na belasting) wins met dekonsolidasie van Danone Clover. *** Ingesluit R337,7 miljoen (R227,1 miljoen na belasting) wins met verkoop van Danone Clover. # Voorheen is omset wat hoofsaaklik uit gefaktureerde verkope opgemaak was in die oorsig geopenbaar. Dit is vervang met inkomste wat opgemaak word uit omset min vertroulike afslagte, plus inkomste uit dienste gelewer en huur inkomste. Die vergelykende syfers van die vorige jare is dienooreenkomstig hersaamgestel.+ Na die verkoop van die Groep se belange in Danone Clover is die Groep se aandeel van Danone Clover se inkomste as inkomste uit gestaakte bedrywe geklassi� seer. Die vergelykende syfers is dienooreenkomstig hersaamgestel.

ALG

EMEN

E A

FDEL

ING

B

LA

DS

Y 1

45

Page 12: VISIE MISSIE STRATEGIE BOUSTENE VIR DIE TOEKOMS · maatskappyspesi eke ondersteuning ontvang om hul potensiaal te maksimeer. Die uitbreiding van infrastruktuur om te deel in die sterk

6-JAAR FINANSIËLE OORSIG2010 2009 2008 2007 2006 2005

Gerapporteerde resultate aangepas vir uitsonderlike items Rm Rm Rm Rm Rm Rm

Netto � nansieringskoste (63,5) (135,7) (121,1) (75,8) (75,0) (73,5)

Belastinguitgawe

Totale belastinguitgawe (191,7) (29,2) (50,5) (72,7) (36,2) 9,6

SBM betaal met kapitaalherstrukturering 52,2 - - - - -

Belasting aanpassing op uitsonderlike items 69,8 33,2 (2,5) 1,4 (4,5) (11,6)

Wins/(verlies) van lopende bedrywighede aangepas vir

uitsonderlike items 187,6 (83,2) 129,4 120,1 145,1 27,2

Ekwiteitsdividende - gewone aandele - 1,0 0,6 0,3 - 0,1

Ekwiteitsdividende - voorkeuraandele 370,0 29,0 17,8 9,2 - -

Voorkeurdividende erken as rente 22,3 32,2 30,4 22,0 16,4 17,5

Verdiente en Dividende per aandeel Sent Sent Sent Sent Sent Sent

Ekwiteitsdividende per gewone aandeel - 1,1 0,7 0,4 - 0,3

Ekwiteitsdividende per voorkeuraandeel - 33,5 20,5 10,7 - -

Spesiale dividend met die terugkoop van voorkeuraandele se ekwiteitsregte 413,7 - - - - -

Voorkeurdividend as rente erken per voorkeuraandeel 24,9 37,3 35,2 25,5 22,8 32,9

Verdienste/(verlies) per gewone aandeel 428,0 22,3 5,2 8,3 5,1 (2,5)

Verwaterde verdienste/(verlies) per gewone aandeel 428,0 22,3 5,2 7,1 4,5 (2,5)

Verdienste/(verlies) per voorkeuraandeel - 596,4 135,6 192,6 127,7 (50,9)

Verwaterde verdienste/(verlies) per voorkeuraandeel - 596,4 135,6 192,6 127,7 (50,9)

Wins/(verlies) van lopende bedrywighede aangepas vir uitsonderlike items per aandeel bereken deur die geweegde gemiddelde aantal gewone aandele netto van tesourie-aandele deur die wins/(verlies) van lopende bedrywighede aangepas vir uitsonderlike items te deel 242,7 * (105,7) * 167,2 * 178,9 * 232,8 * 71,5

Saamgevatte Staat van Finansiële Posisie Rm Rm Rm Rm Rm Rm

Finansiële posisie

Nie-bedryfsbates 1 202,5 1 823,7 1 361,3 1 206,0 889,8 855,3

Uitgestelde belastingbate 18,7 110,4 104,8 71,1 63,3 26,1

Bedryfsbates 1 710,9 1 651,4 1 908,1 1 249,4 1 272,1 1 425,3

Totale bates 2 932,1 3 585,5 3 374,2 2 526,5 2 225,2 2 306,7

Aandeelhouersfondse 1 048,4 1 440,1 938,6 829,0 629,7 486,4

Nie-beherende Belang 28,1 40,9 48,3 28,5 59,0 48,0

Langtermyngedeelte van rentedraende lenings 592,5 761,4 657,0 566,9 574,4 518,0

Langtermyngedeelte van voorsienings 50,4 60,5 62,9 64,0 59,0 57,2

Langtermyngedeelte van ander krediteure 6,3 _ _ _ _ _

Uitgestelde belastinglas 6,4 6,3 28,6 15,4 10,8 _

Korttermyngedeelte van rentedraende lenings 66,9 234,8 517,6 135,4 49,7 170,0

Bedryfslaste 1 133,1 1 041,5 1 121,2 887,3 842,6 1 027,1

Totale ekwiteit en laste 2 932,1 3 585,5 3 374,2 2 526,5 2 225,2 2 306,7

* Die wins/(verlies) van lopende bedrywighede aangepas vir uitsonderlike items per aandeel vir die jare 2005 tot 2009 word slegs vir illustrasiedoeleindes openbaar ten einde aan te dui wat die wins/(verlies) per aandeel sou wees indien gewone aandeelhouers daarop geregtig sou wees.‘n Lys van al die de� nisies en afkortings wat in die jaarverslag gebruik word, word in Aantekening 3 op bladsy 70 tot 73 uiteengesit. A

LGEM

ENE

AFD

ELIN

G

BL

AD

SY

14

6

Page 13: VISIE MISSIE STRATEGIE BOUSTENE VIR DIE TOEKOMS · maatskappyspesi eke ondersteuning ontvang om hul potensiaal te maksimeer. Die uitbreiding van infrastruktuur om te deel in die sterk

6-JAAR FINANSIËLE OORSIG2010 2009 2008 2007 2006 2005

Rm Rm Rm Rm Rm Rm

Netto bates 1 076,5 1 481,0 986,9 857,5 688,7 534,4

Vervangingswaarde van eiendom, aanleg en masjiene (@) 5 112,8 4 927,0 4 521,6 4 383,2 3 729,3 3 006,6

Aantal uitgereikte aandele ‘000 ‘000 ‘000 ‘000 ‘000 ‘000

Aantal uitgereikte gewone aandele op jaareinde 61 925,0 88 485,3 88 485,3 76 907,8 76 907,8 57 603,9

Geweegde gemiddelde aantal gewone aandele netto van tesourie-aandele 77 297,7 78 711,5 77 411,0 67 134,0 62 308,1 38 056,4

Aantal uitgereikte voorkeuraandele op jaareinde 89 442,0 86 492,6 86 492,6 86 492,6 82 603,9 57 603,9

Geweegde gemiddelde aantal voorkeuraandele netto van tesourie-aandele 87 516,2 85 442,0 85 517,0 83 888,6 72 042,6 53 292,6

Geweegde gemiddelde aantal gewone aandele vir berekening van verwaterde verdienste per aandeel 77 297,7 78 711,5 77 411,0 78 711,5 70 991,2 38 056,4

Kontantvloei Rm Rm Rm Rm Rm Rm

Kontantvloei uit/(benut in) bedryfsaktiwiteite 347,1 79,7 (113,5) 186,3 14,7 1,4

Kontantvloei uit/(benut in) beleggingsaktiwiteite 1 005,1 (186,4) (213,1) (311,9) (118,3) (94,9)

Netto invloei/(uitvloei) van kontant voor � nansieringsaktiwiteite 1 352,2 (106,7) (326,6) (125,5) (103,7) (93,6)

Kontant genereer uit/(benut in) bedryfsaktiwiteite per aandeel (sent) 449,0 101,3 (146,6) 277,7 23,5 3,5

Verhoudings en opbrengste % % % % % %

Bedryfswins tot inkomste *** 9,3 ** 12,1 5,2 * 7,6 5,6 1,4

Bedryfswins aangepas vir uitsonderlike items tot inkomste 5,4 1,0 5,3 5,7 6,0 2,4

Opbrengs op netto bates *** 25,7 ** 27,7 15,3 * 23,6 18,2 10,1

Opbrengs op netto bates uitsluitend uitsonderlike items 14,8 2,0 15,6 17,7 19,6 17,1

Opbrengs op aandeelhouersbelang *** 26,6 ** 44,3 13,6 * 22,9 17,1 (6,7)

Opbrengs op aandeelhouersbelang uitsluitend uitsonderlike items 15,1 (7,0) 14,6 16,5 26,0 6,5

Hefboompersentasie 21,4 48,8 67,9 43,1 38,4 40,8

Effektiewe belastingkoers 38,7 5,5 28,7 25,9 21,6 76,8

Keer Keer Keer Keer Keer Keer

Netto bate-omset 6,5 6,5 10,9 10,5 20,8 60,7

Bedryfsverhouding 1,4 1,3 1,2 1,2 1,4 1,2

Werknemers statistiek Aantal Aantal Aantal Aantal Aantal Aantal

Gemiddelde aantal permanente werknemers 6 362 6 579 6 662 6 776 6 537 6 329

R’000 R’000 R’000 R’000 R’000 R’000

Inkomste per werknemer *** 942,4 ** 832,3 858,3 * 695,5 660,8 668,0

Bedryfswins per werknemer *** 87,9 ** 101,0 44,6 * 52,7 37,0 9,6

Bedryfswins per werknemer aangepas vir uitsonderlike items 50,4 7,4 45,6 39,4 39,9 16,2

Gemiddelde netto bates per werknemer 201,0 187,6 138,4 114,1 93,6 80,6

*Ingesluit R111 miljoen wins (R103 miljoen na belasting) met verkoop van UltraMel Vla besigheid. **Ingesluit R637,5 miljion (R599,5 miljoen na belasting) wins met dekonsolidasie van Danone Clover. ***Ingesluit R337,7 miljion (R227,1 miljoen na belasting) wins met verkoop van geassosieerde Danone Clover. @ Vervangingswaarde van eiendom, aanleg en masjiene word jaarliks deur ’n eksterne waardeerder bepaal. ‘n Lys van al die de� nisies en afkortings wat in die jaarverslag gebruik word, word in Aantekening 3 op bladsy 70 tot 73 uiteengesit.

ALG

EMEN

E A

FDEL

ING

B

LA

DS

Y 1

47

Page 14: VISIE MISSIE STRATEGIE BOUSTENE VIR DIE TOEKOMS · maatskappyspesi eke ondersteuning ontvang om hul potensiaal te maksimeer. Die uitbreiding van infrastruktuur om te deel in die sterk

VOORSITTERSVERSLAG

Die oorsigjaar was sekerlik een van die mees gebeurtenisvolle en op-windende jare in Clover se 112-jaar geskiedenis. Die ontwikkelings van die afgelope jaar het Clover se � nale omwenteling van sy koöperasie-agtergrond verteenwoordig. Terwyl die werklike oorskakeling van ’n koöperasie na ’n maatskappy in 2003 plaasgevind het, was die proses om ’n geskikte struktuur te skep, asook die herkapitalisering van die Groep, uiters moeilik en uitdagend.

Met Clover se koöperatiewe agtergrond en die rol wat voorheen deur die Landbank gespeel is rakende die befondsing van koöperasies se kapitaalvereistes in die verlede, het ’n nalatenskap van onderkapitalisering gehad wat die Groep vir ’n aantal jare geteister het. Tydens die vroeë negentigerjare het die Groep hefboom� nansiering van meer as 160% gehad, wat slegs hanteerbaar was met staatshulp in die vorm van die Landbank. ’n Aantal stappe is in daardie tyd gedoen om die probleem aan te spreek, maar dit was eers die suksesvolle afhandeling van die transaksie met Groep Danone wat gelei het tot die verkryging van genoeg kapitaal om skuld te verminder en wat dit moontlik gemaak het om die aandelestruktuur te vereenvoudig. Ek sal later in hierdie verslag aandag gee aan al die aspekte van die verandering.

Herkapitalisering Die transaksie met Groep Danone het die verkoop van Clover se 45%-aandeel in Danone Clover vir ’n bedrag van R1,080 miljard behels. Die verkoop van die aandele aan Groep Danone was deel van ’n transaksie wat die heronderhandeling van al die ooreenkomste rakende die dienste wat deur Clover aan Danone Clover gelewer word en die ooreenkoms oor die verskaf� ng van rou melk ingesluit het. Clover se betrokkenheid by Danone Clover is seker een van die mees suksesvolle vennootskappe in die geskiedenis van Clover en die uitkoms van hierdie transaksie behoort te verseker dat die verhouding � oreer. Ek wil graag spesiale melding maak van Johann Vorster (Hoof Uitvoerende Beampte), Manie Roode (Adjunk Hoof Uitvoerende Beampte) en Jacques Botha (Hoof Finansiële Beampte) vir die rol wat hulle en die res van die Uitvoerende span gespeel het in die � nalisering van hierdie mylpaal-gebeurtenis vir Clover.

Herstrukturering Toe die dubbelaandeel-struktuur bestaande uit gewone aandele en winsdelende voorkeuraandele aanvanklik ingestel is, was die doel daarvan om kapitaal in te bring sonder om die beheer van Clover deur die produsente te beïnvloed. Aan die begin het produsente ’n gelyke aantal gewone en voorkeuraandele besit, wat die beheerregte van gewone aandele en die ekonomiese regte van voorkeuraandele gebalanseer het.

Oor die jare het baie produsente van hulle voorkeuraandele ontslae geraak, wat ongelukkig tot kon� ik tussen die twee klasse van aandeelhouers gelei het. Die kapitaalinvloei as gevolg van die transaksie met Groep Danone het die Raad in staat gestel om ’n suksesvolle aanbod aan die voorkeuraandeelhouers te maak vir ’n verandering in die regte van die voorkeuraandele. Die voorkeuraandele sal nie meer ‘superdividende’ ver-dien wat 97% van verklaarde gewone dividende beloop nie en sal beperk wees tot ’n dividend van 90% van die heersende prima oortrokke koers wat op die oorspronklike R2,90 uitreikprys van die aandele toegepas en kwartaalliks uitbetaal word.

Verder sal die aandele wat voorheen nie a� osbaar was nie nou na drie jaar en ’n dag deur die Maatskappy afgelos word. ’n Dividend van R4,13 per voorkeuraandeel is aan voorkeuraandeelhouers uitbetaal ter vergoeding vir

ALG

EMEN

E A

FDEL

ING

B

LA

DS

Y 1

48

Page 15: VISIE MISSIE STRATEGIE BOUSTENE VIR DIE TOEKOMS · maatskappyspesi eke ondersteuning ontvang om hul potensiaal te maksimeer. Die uitbreiding van infrastruktuur om te deel in die sterk

VOORSITTERSVERSLAG

ALG

EMEN

E A

FDEL

ING

B

LA

DS

Y 1

49

Page 16: VISIE MISSIE STRATEGIE BOUSTENE VIR DIE TOEKOMS · maatskappyspesi eke ondersteuning ontvang om hul potensiaal te maksimeer. Die uitbreiding van infrastruktuur om te deel in die sterk

die verandering in voorkeuraandele se regte. Die gewone aandele sal in die toekoms ten volle voordeel trek uit enige dividende wat in terme van die dividendbeleid verklaar word, soos van tyd tot tyd bepaal deur die Raad en goedgekeur deur die aandeelhouers.

Clover se swartbemagtigingsvennote, HCI, het 34.9% van Clover se gewone-aandeelkapitaal verkry. In ooreenstemming met hulle wense om hul belegging in Clover te onttrek, is daar ’n aanbod gemaak om hulle gewone aandele vir ’n bedrag van R10,92 per aandeel terug te koop en te kanselleer. Die prys is onafhanklik deur Deloitte and Touche as waar en redelik verklaar. HCI het ingestem tot die bepalings en hulle aandele is vroeg in Junie 2010 teruggekoop. Die drie Direkteure wat deur HCI genomineer is, het bedank en die enigste belang wat HCI in Clover het, is hul voorkeuraandele wat in Junie 2013 afgelos sal word.

Terselfdertyd het Bestuur met behulp van ’n lening van Clover ingeskryf op gewone aandele wat gesamentlik 15% van CIL se gewone aandelekapitaal beloop. Die verkryging van gewone aandele in Clover deur bestuurslede bring die belange van bestuur en aandeelhouers in lyn.

Die Clover Industries Limited Stabilisation Trust is oorspronklik geskep om gewone aandele van produsente wat nie meer melk aan Clover wil voorsien nie, terug te koop en te hou totdat hulle verkoop kan word. As deel van die herstrukturering waarna daar hierbo verwys word, het die Clover Industries Limited Stabilisation Trust ’n nuwe naam gekry en staan dit nou bekend as The Clover Milk Producers Trust (“CMP Trust”).

Die hoofdoelwit van die CMP Trust is om die trustbates (tans 10,188,618 gewone aandele in Clover Industries Beperk) tot voordeel van almal of enige persone of korporasies wat melk produseer en sodanige melk aan Clover voorsien, te administreer.

Hierdie trust besit ongeveer 15.8% van CIL se aandelekapitaal en word nou beheer deur trustees wat deur Clover se melkprodusente aangestel is.

Die uitkoms van hierdie transaksies is dat die produsente gesamentlik ongeveer 68,4%, die CMP Trust ongeveer 16,5% en bestuurslede ongeveer 16,5% van CIL se aandelekapitaal besit, wat aan die produsente ’n effektiewe 84,9% belang gee.

Na die jaareinde het die raad goedkeuring verleen om beide CIL se gewone aandele en voorkeuraandele op die Johannesburg Sekuriteite Beurs te noteer. Die uitreiking van nuwe aandele vir daardie doel sal natuurlik lei tot die verwatering van die huidige gewone aandeelhouding.

Finansiële situasie en resultate Beide die huidige en die vorige jaar se resultate sluit baie groot nie-herhalende transaksies in wat die ware bedryfsresultate van die Groep verwring. Die mees noemenswaardiges hou verband met die verkoop en dekonsolidasie van Danone Clover, herstruktureringsinisiatiewe en die onlangse kapitaalherstrukturering.

Indien die nie-herhalende transaksies uitgesluit word, het die Groep se bedrywighede ’n baie bevredigende ommeswaai na die 2008/09-resultate gemaak. Dit is veral verblydend om te sien dat die suiwelbesigheid spesi� ek baie beter presteer het weens die feit dat die land se aanbod van en aanvraag na suiwel meer gebalanseerd was as in die vorige jaar toe daar ’n ooraanbod van melk ervaar is. Clover Beverages het weer eens bevredigende resultate gelewer. Wins vir die tydperk het verder voordeel getrek uit die verlaagde � nansieringskoste weens die kontantinvloei uit die verkoop van Danone Clover en laer skuld- en voorraadvlakke deur die verloop van die jaar.

Likiditeit en kontantvloei het gedurende die tydperk verbeter met ’n baie gesonde verbetering in kontant wat uit bedrywighede en laer hefboom� nansieringsvlakke genereer is. Die situasie van netto bedryfsbates is R 136 miljoen beter as met die jaareinde in Junie 2009.

VOORSITTERSVERSLAG

ALG

EMEN

E A

FDEL

ING

B

LA

DS

Y 1

50

Page 17: VISIE MISSIE STRATEGIE BOUSTENE VIR DIE TOEKOMS · maatskappyspesi eke ondersteuning ontvang om hul potensiaal te maksimeer. Die uitbreiding van infrastruktuur om te deel in die sterk

’n Meer breedvoerige � nansiële ontleding word in die Finansiële Verslag verskaf.

Melkproduksie Anders as in die vorige jaar was die nasionale melkvoorsiening gedurende die jaar nader aan die aanvraag vir suiwelprodukte. Dit het gelei tot meer realistiese verkoopspryse, hoër plaashek-melkpryse en ’n baie beter jaar vir Clover en die bedryf oor die algemeen. Verder was insetkoste op plase laer as in die vorige jaar.

Die implementering van die hersiene Leweringsooreenkoms-regulasies op 1 Julie 2009 tesame met proaktiewe melkpryse het verseker dat Clover se melkvoorraad grootliks gebalanseer was met sy mark se aanvraag. Na die einde van die jaar het aansienlike toename in aanvraag vir sy UHT en vars melk veroorsaak dat Clover ’n tekort in rou melk ervaar het. Terselfdertyd het dit uit persverslae duidelik geword dat ander melkverwerkers te veel melk gehad het en gevolglik aansienlike plaashek-prysverlagings aangekondig het. ‘n Aantal groot melkprodusente is in kennis gestel dat hulle melkvoorsiening in die Oos- en Suid-Kaapomgewings gestaak word. Clover se groter markaandeel kan onder hierdie omstandighede grootliks toegeskryf word aan die aansienlike kosteverlagings gedurende die tweede helfte wat belê is in laer verkoopspryse. Clover se Leweringsooreenkoms-stelsel het sonder twyfel ’n belangrike rol gespeel in die balansering van Clover se melkvoorraad met markaanvraag. Ons hoor by produsente dat ander groot melkaankopers in die land nie soortgelyke stelsels gebruik nie. Onbeheerde melkproduksie kan onder sekere omstandighede veroorsaak dat melkprodusente oortollige melk het. Dit is nie net onverantwoordelik nie, dit strek ook tot nadeel van die langtermyn-volhoubaarheid van die primêre en sekondêre bedrywe.

Die uitgerekte droogte in die Oos-Kaap het die volhoubaarheid van Clover se melkbron in daardie gebied bedreig. Die Maatskappy het ’n droogteverligtingspremie vir die winter ingestel en sodoende sy produsente gehelp om voorsiening te handhaaf ten spyte van die baie hoë pryse van voer. Melkvloei van die Oos-Kaap is dus nie negatief deur die droogte beïnvloed nie. Goeie reën gedurende herfs het verligting gebring en ons kan net hoop dat goeie reën in die lente ’n einde aan die droogte sal bring.

Korporatiewe bestuur Die Groep is verbind tot die beginsels van deursigtigheid, regverdigheid, integriteit en toerekenbaarheid in sy onderhandelinge met al sy be-langhebbers en ondersteun die Kode van Korporatiewe Praktyk en Gedrag soos aanbeveel deur die King IIl-verslag oor Korporatiewe Bestuur vir Suid-Afrika. Die Raad het die implikasies van King III op bestuur binne die Groep deeglik ondersoek en het besluit om die aanbevelings wat deur King III gemaak word toe te pas en die redes vir die nie-implementering of die nie-voldoening aan enige van die aanbevelings gedurende die volgende � nansiële jaar te verduidelik.

Medingingskommissie Soos voorheen meegedeel, het die Mededingingskommissie sekere klagtes teen sewe melkverwerkers, insluitend Clover, na die Mededingingstribunaal verwys vir vasstelling.

Die Mededingingsappèlhof het sedertdien bevestig dat die dagvaarding teen Woodlands ongeldig is. Ingevolge die uitspraak moet die Kommissaris al die dokumente wat as deel van die verwysing van Woodlands verkry is, insluitend die rekords van die ondervraging van Woodlands se getuies, terugbesorg.

Woodlands en die Kommissaris het sedertdien by die Mededingingsappèlhof aansoek gedoen om verlof om te appelleer op spesi� eke aspekte, maar hulle was onsuksesvol. Woodlands het by die Hoogste Hof van Appèl spesiale verlof gekry om te appelleer en hierdie saak is op 24 Augustus 2010 deur die Hoogste Hof van Appèl aangehoor. Woodlands het beweer dat die Mededingingsappèlhof versuim het om aandag te skenk aan sekere regsgevalle, wat moontlik die totale beëindiging van die geding

teen Woodlands tot gevolg sou kon hê. Woodlands het beweer dat daar ’n ongeldige klagte, ’n ongeldige ondervraging, ’n ongeldige ondersoek en ’n ongeldige verwysing was. Die uitspraak is voorbehou.

Clover het die Kommissaris in kennis gestel dat hy van voorneme is om soortgelyke besware teen Clover se dagvaarding en ondervraging van die Clover-getuies te maak.

BedankingsDie werksaamhede van die Raad en die Bestuur was hoofsaaklik gefokus op die herkapitalisering en herstruktureringsproses. Daar is geen twyfel dat hierdie gebeurtenisse die belangrikste en mees ingewikkelde transaksies in ons geskiedenis was nie en ek wil graag ons opregte waardering vir almal wat daarby betrokke was op rekord plaas. Die rol wat Johann Vorster en die uitvoerende span gespeel het tesame met die onafhanklike Nie-uitvoerende Direkteure Desmond Smith en Tom Wixley en Maatskappysekretaris Manie Roode kan beslis uitgesonder word.

Desmond Smith het aangedui dat hy weens sy vele verpligtinge na die Algemene Jaarvergadering in Oktober uit Clover se Raad gaan bedank. Hy het ’n uiters konstruktiewe rol in ’n aantal kapasiteite by Clover gespeel, insluitend as voorsitter van die Oudit-, Finansiële Oorsig- en Risiko- en die Vergoedingskomitees. Namens die Raad wil ek hom bedank vir die kennis en ervaring wat hy so geredelik met ons gedeel het en dat hy so ’n groot bydrae gelewer het tot Clover se welsyn. Vanuit ’n persoonlike oogpunt wil ek hom bedank vir die waardevolle advies en mentorskap wat hy oor sy 12 jaar op die Raad aan my gebied het.

Clover is uiters bevoorreg om so ’n vaardige en toegewyde bestuurspan te hê. Die leierskap en passie waarmee Johann Vorster en sy uitvoerende span optree brei uit na die res van die maatskappy en is op alle vlakke sigbaar. Ek wil nie net hulle bedank nie, maar ook elke werknemer vir hulle hardwerkendheid, toewyding en lojaliteit deur die moeilike tye wat ons onlangs ervaar het.

Aan al my kollegas op die Raad en veral my adjunk, Harry du Preez, hartlik dank van my kant, vir die ondersteuning en groot bydrae wat hulle almal hierdie jaar gemaak het.

JAH Bredin

VoorsitterJAHAHAH Bredin

VOORSITTERSVERSLAG

ALG

EMEN

E A

FDEL

ING

B

LA

DS

Y 1

51

Page 18: VISIE MISSIE STRATEGIE BOUSTENE VIR DIE TOEKOMS · maatskappyspesi eke ondersteuning ontvang om hul potensiaal te maksimeer. Die uitbreiding van infrastruktuur om te deel in die sterk

Oosig en marktoestandeClover het ’n sterk herstelproses ervaar sedert die ekonomiese krisis en die

ooraanbod van melk twee jaar gelede. Deur voorsieningskettingskoste drasties

te verminder kon Bemarking begin met die verlaging van verkoopspryse na

aanvaarbare vlakke, wat sal lei tot verbeterde markaandeel in die meeste

kategorieë. Gedurende die afgelope twee jaar het die suiwelmark ook uitgebrei

met die bekendstelling van nuwe innoverende suiwelprodukte deur baie van

die toonaangewende suiwel-‘spelers’. Daarbenewens het mededinging

tussen die spelers in die bedryf die positiewe uitwerking gehad op die

verlaging van pryse aan die verbruiker. Clover was nog altyd van mening

dat die inspanningsvlak om melk in Suid-Afrika aan te koop te hoog is. Dit

is hoofsaaklik weens ’n ondoeltreffende suiwelvoorsieningsketting wat van

die ou Suiwelbemarkingsraad geërf is. Clover het ’n aantal programme en

inisiatiewe daargestel om effektiwiteit in die voorsieningsketting te bevorder.

Soos voorheen aangedui, het Clover ’n besigheidsmodel geskep wat fokus

op winsgewende handelsmerke met lae veranderlikheid. Hierdie strategie was

baie suksesvol, veral aangesien die sterk Clover hoof-handelsmerk verskeie

sub-handelsmerke ondersteun.

Clover was gelukkig dat die Leweringsooreenkoms-stelsel gehelp het om die

aanbod van en aanvraag na melk vir die tydperk onder oorsig te balanseer.

Clover se voorraadvlakke is dus goed beheer, wat bygedra het tot die

algemene positiewe kontantvloei-situasie. Kapitaalbesteding is ook streng

beheer met die klem op doeltreffendheidsprogramme en kapasiteituitbreiding.

Interne bedrywighedeDie diversi� seringsprogram op takvlak is gedurende die jaar voortgesit met

die wegdoening van onwinsgewende en kommoditeitsprodukte. Hierdie baie

belangrike inisiatief werp reeds vrugte af. Clover het ook deur ’n proses van

‘ontvlakking’ gegaan en gevolglik is meer as 500 poste regdeur die maatskappy

oortollig verklaar. Hierdie besparings is aangewend as ’n katalisator om

die pryse aan die verbruiker te verlaag. Gevolglik het markaandeel in baie

kategorieë waarin Clover bedrywig is toegeneem.

Herkapitalisering en herstrukturering Die verkoop van Clover se 45%-aandeel in Danone Clover (Edms) Bpk het

die Groep in staat gestel om te herkapitaliseer en te herstruktureer. Hoewel

die gesamentlike onderneming nie meer in plek is nie, word die meeste van

die dienste steeds deur Clover namens Danone SA (voorheen Danone Clover)

gelewer, en Clover ontvang dus nog ’n aansienlike inkomste van Danone SA.

Die vennootskap met Groep Danone bestaan steeds en is inderdaad baie

gesond.

Die R1,08 miljard opbrengs uit hierdie verkoopstransaksie is gedeeltelik gebruik

om die kapitaal van die Groep te herstruktureer deur die regte en belange van

die voorkeuraandeelhouers te verander en deur al HCI se gewone aandele in

CIL uit te koop. Die gevolg was dat die produsent-aandeelhouers die enigste

aandeelhouers in CIL geword het. Ten einde al die belanghebbers in lyn te

bring, is daar in ’n gelyktydige transaksie aan sekere bestuurslede lenings

UITVOERENDE HOOF SE VERSLAG

ALG

EMEN

E A

FDEL

ING

B

LA

DS

Y 1

52

Page 19: VISIE MISSIE STRATEGIE BOUSTENE VIR DIE TOEKOMS · maatskappyspesi eke ondersteuning ontvang om hul potensiaal te maksimeer. Die uitbreiding van infrastruktuur om te deel in die sterk

UITVOERENDE HOOF SE VERSLAG

ALG

EMEN

E A

FDEL

ING

B

LA

DS

Y 1

53

Page 20: VISIE MISSIE STRATEGIE BOUSTENE VIR DIE TOEKOMS · maatskappyspesi eke ondersteuning ontvang om hul potensiaal te maksimeer. Die uitbreiding van infrastruktuur om te deel in die sterk

toegeken om 15,1% van die gewone aandele in CIL teen ’n aankoopprys van

R9,34 per aandeel, te koop

Die uiteindelike resultaat is dat CIL ontslae geraak het van die dubbele

ekwiteitsaandeel-struktuur van gewone aandele en deelnemende

voorkeuraandele, wat groot ongelykheid tussen die verskeie belanghebber-

groepe geskep het, en nou ’n enkele ekwiteitsaandeel-struktuur het. Die

dubbele ekwiteitsaandeel-struktuur het nie net kon� ik veroorsaak nie, maar

daar was ook geen kapitaal-skeppende geleenthede binne sodanige struktuur

nie. Clover is vol vertroue dat die herstrukturering van die aandeelhouding en

die uitskakeling van hierdie hindernis, die prestasie in die toekoms in ’n groot

mate sal verbeter.

Finansiële resultateDie Groep se resultate is weer eens aansienlik deur Danone Clover

beïnvloed. Gedurende die vorige jaar was die Groep se belange in hierdie

maatskappy effektief hoër gewaardeer na billike waarde, wat gelei het tot

’n baie noemenswaardige nabelastingwins van R599,5 miljoen. Gedurende

die huidige jaar is hierdie belegging verkoop met ’n gevolglike verdere wins

van R227,1 miljoen na belasting. Verder is die grootste deel van die Groep

se Boksburg-fasiliteite vroeg in die jaar aan Danone Clover verkoop in

ruil vir aandele in daardie maatskappy. Hierdie transaksie het ’n wins van

R56,2 miljoen vir die jaar genereer.

Die normale bedryfswins-prestasie vir die jaar was egter na suksesvolle

herstruktureringsoefeninge dwarsdeur die besigheid aansienlik beter as

die vorige jaar. Daar is ongelukkig kostes verbonde aan herstrukturering

en die Groep het R149,4 miljoen in herstruktureringskoste aangegaan. Die

uitkoms van hierdie herstruktureringsprojekte sal langtermyn voordele vir

belanghebbers inhou en dit was reeds gedurende hierdie jaar sigbaar. Kostes

dwarsdeur die voorsieningsketting is aansienlik verlaag en die bedryfswins,

voor herstruktureringskoste en die opbrengs uit die verkoop van Danone

Clover en die Boksburg-fasiliteite uitgesluit, het R320,8 miljoen beloop in

vergeleke met R48,6 miljoen bereken op ’n vergelykende gondslag vir die

vorige jaar.

Die swak bedryfsresultate in die vorige jaar is hoofsaaklik veroorsaak deur

die ooraanbod van melk in die land, wat Clover daarvan weerhou het om sy

verkoopspryse voldoende te verhoog ten einde die geweldige kosteverhogings

gedurende daardie jaar te dek. Die suksesvolle ommeswaai hierdie jaar

is moontlik gemaak deur die Groep se fokus op kosteverlaging en die feit

dat die aanbod van en aanvraag na melk in harmonie was, wat gunstige

marktoestande geskep het.

Die voordelige nasionale aanbod-en-aanvraag-situasie het Clover in staat

gestel om voorraadvlakke gedurende die jaar verder te verlaag, wat tot

’n verbetering in kontantvloei gelei het. Bedryfskontantvloei vir die jaar was

baie bemoedigend en die Groep het die jaar in ’n opmerklik gesonder

hefboomposisie netto van kontant geëindig.

’n Meer omvattende ontleding van die � nansiële resultate word in die � nansiële

verslag uiteengesit.

Voortuisigte Die voltooiing van die kapitaalherstrukturering, die suksesvolle instelling van

die belyningstrategie en die � nalisering van die proses van ‘ontvlakking’ het

alles bygedra tot die gunstige posisie waarin Clover homself bevind. Die

meeste van die belanghebbers, indien nie almal nie, is nou in lyn en werk

met ’n enkele doelwit: om Clover se produkte teen mededingende pryse aan

soveel verbruikers as moontlik beskikbaar te stel. Ten einde die volgende fase

te formaliseer en om die maksimum waarde uit sy beste handelsmerke te put,

het Clover ’n proses van kapasiteitsuitbreiding, asook die herontwerp van sy

hele voorsieningsketting van stapel gestuur. Die fokus is op volumegroei en die

kapitaal wat aan die besigheid beskikbaar gestel word, sal noukeurig bestee

word om Clover se doeltreffendheid te verbeter. Kapasiteite sal uitgebrei word

om voorsiening te maak vir groei oor die volgende vyf tot sewe jaar.

Die sukses van Clover se strategie sal grootliks afhang van hoe suksesvol die

strategiese pilare geïmplementeer word.

Hulle is:

1. Pas die bevoegdhede van Menslike Hulpbronne aan om by die nuwe

besigheidmodel te pas

2. Optimaliseer die Handelsmerk-portefeulje

3. Vereenvoudig en verminder voorsieningsketting-koste

4. Verhoog volume en markaandeel

5. Voltooi die beplande kapitaalprojekte suksesvol

Clover is vol vertroue dat hy uiteindelik vinnig op pad is na groei en vooruitgang.

DividendeMelkprodusente het weer eens na a� oop van die kapitaalherstrukturering

ekonomiese beheer van die Groep oorgeneem en sal vir die eerste keer

na die omskakeling van NCD na ’n maatskappy ten volle in die winste

van die Maatskappy deel. Dit is dus werklik opwindend dat die gewone

aandeelhouers ’n dividend van 65,9 sent per aandeel sal ontvang,

onderworpe aan goedkeuring by die Algemene Jaarvergadering en

gegrond op die Groep se dividendbeleid dat 25% van die Groep se winste

toerekenbaar is aan aandeelhouers van CIL. Die Raad het egter besluit om

vir dividend-doeleindes die kapitaalwins uit die verkoop van Danone Clover

en die Boksburg-fasiliteit by kwali� serende winste uit te sluit. Die wins op

die verkoop van Danone Clover het die kapitaalherstrukturering befonds,

terwyl die wins op die Boksburg-fasiliteit gebruik sal word om die Boksburg-

distribusiekapasiteit te vervang.

Filiale en gesamentlike ondernemings Clover Fonterra Ingredients (Edms) Bpk Soos verlede jaar voorspel, het CFI baie goed herstel na die ekonomiese

resessie in 2008. Hy het goed presteer en daar is planne op pad om CFI se

teenwoordigheid in Afrika te laat groei.

Afrika-uitbreiding Uitbreiding in Afrika was moeiliker as wat aanvanklik verwag is. ‘n Onakkurate

roete-na-mark ondersoek en die gevolglike aanstelling van ‘n ondoeltreffende

verspreidingsvernoot het verkope feitlik tot stilstand gebring. Gevolglik het

UITVOERENDE HOOF SE VERSLAG

ALG

EMEN

E A

FDEL

ING

B

LA

DS

Y 1

54

Page 21: VISIE MISSIE STRATEGIE BOUSTENE VIR DIE TOEKOMS · maatskappyspesi eke ondersteuning ontvang om hul potensiaal te maksimeer. Die uitbreiding van infrastruktuur om te deel in die sterk

Clover Zambia uit die mark onttrek totdat die besigheidsmodel herontwerp is.

Verandering in die Uitvoerende Bestuurspan Albie Schoeman: Uitvoerende Hoof Menslike Hulpbronne het gedurende die

jaar na 20 jaar by Clover afgetree. Ons kan hom nie genoeg bedank vir sy

enorme bydrae tot Clover oor die jare nie en ons wens hom alles van die beste

toe met sy nuwe bedrywighede. Manie Roode sal die verantwoordelikhede by

Menslike Hulpbronne oorneem.

Waardering Ek wil graag my waardering uitspreek aan ’n aantal belanghebbergroepe wat

so toegewy was oor die afgelope paar jaar, veral met die omskakeling van

Clover van ’n koöperasie na ’n maatskappy wat met die beste in Suidelike

Afrika kan meeding.

• Die ongeloo� ike ondersteuning van die melkprodusente, nie net vir hul

hoëgehalte melk nie, maar ook vir hul ondersteuning as belanghebbers

• Die Raad wat ’n moeilike taak gehad het om te verseker dat die

transformasieproses glad verloop

• Die Voorsitter, John Bredin, vir sy jarelange onwrikbare ondersteuning en

passie vir Clover

• Die Onafhanklike Direkteure wat voortdurend as tussengangers tussen die

verskeie belangegroepe moes optree

• My Uitvoerende Span wat bewys het dat hulle van die beste is wanneer dit

gaan oor moeilike tye en harde werk

• Die Clover-personeel wat 365 dae per jaar elke oggend opstaan om seker

te maak Clover se gehalteprodukte bereik die mark betyds.

Hierdie jaar se resultate getuig weer eens daarvan dat Clover gaan oor mense

wat in harmonie saamwerk.

JH Vorster

Uitvoerende Hoof

UITVOERENDE HOOF SE VERSLAG

ALG

EMEN

E A

FDEL

ING

B

LA

DS

Y 1

55

Page 22: VISIE MISSIE STRATEGIE BOUSTENE VIR DIE TOEKOMS · maatskappyspesi eke ondersteuning ontvang om hul potensiaal te maksimeer. Die uitbreiding van infrastruktuur om te deel in die sterk

VOLHOUBAARHEIDSOORSIGClover is een van die min onafhanklike Suid-Afrikaanse besighede wat vir reeds meer as 100 jaar bestaan. Clover is daarvan bewus dat kritieke selfondersoek en aanhoudende verandering nodig is om te oorleef en vooruitgang te maak.

Gedurende die 2009 � nansiële jaar het die Groep sy benadering tot volhoubaarheidsontwikkeling geformaliseer deur ’n Volhoubaarheidskomitee te vestig wat slegs bestaan uit Nie-uitvoerende Direkteure, onder voorsitterskap van ’n ervare onafhanklike Direkteur, Tom Wixley. Die ander lede sluit DK Smith, WI Büchner, en dr JC Hendriks in.

Die Groep se volhoubaarheidstrategie spruit uit sy behoefte om winsgewend te wees ten einde oor die langtermyn te kan oorleef, met die wete dat dit nie haalbaar is ten koste van die gemeenskap of die omgewing nie. Om sy strategie te kan uitvoer, moet daar interaksie wees met al sy geïdenti� seerde belanghebbers, aangesien hulle met verloop van tyd verander.

Die King lll-verslag stel voor dat “A key challenge for leadership is to make sustainability issues mainstream: the leadership must integrate strategy, sustainability and governance.”

Terwyl King ook vereis dat volhoubaarheidsverslagdoening onafhanklik verseker moet word, is die Komitee van mening dat dit voortydig sal wees om eksterne versekering te kry voordat die Groep se opnamestelsels in plek is. Die Groep is van plan om die omvang van meting en verslagdoening oor volhoubaarheidaangeleenthede elke jaar uit te brei.

Die volhoubaarheidsaangeleenthede wat as materieel vir die Groep beskou word en wat in hierdie verslag uiteengesit word, is soos volg:- • Ekonomiese vatbaarheid• Gehalte van sy produkte• Belanghebbers• Veiligheid, Gesondheid en Omgewing• Korporatiewe, Maatskaplike en Gemeenskapsbelegging• Swart Ekonomiese Bemagtiging.

Hierdie verslag handel oor die Groep se aktiwiteite binne die Republiek van Suid-Afrika.

1. Ekonomiese vatbaarheidDie Groep erken dat sy voortgesette bestaan en vooruitgang eerstens van sy ekonomiese vatbaarheid afhang. Daarom het hy ’n groot herkon� gurasie van sy produksie- en verspreidingsfasiliteite goedgekeur wat oor die volgende vier jaar uitgevoer sal word. Hierdie veranderings sal aansienlike belegging verg en sal die Groep in ’n goeie posisie plaas om sy dienste aan Suid-Afrikaanse kliënte jarelank in die toekoms te verbeter.

Ekonomiese aanwyser van volhoubare ontwikkeling

Oorsig, aanwyser van volhoubare ontwikkeling 2010 2009 2008 2007

Inkomste (Rm) 5 995,7 5 475,8 5 718,3 4 712,5

Bedryfswins (Rm) 559,0 664,3 297,2 357,0

Verdienste per gewone aandeel 428,0 22,3 5,2 8,3

Ekwiteitdividende betaal per gewone aandeel (Sent)

- 1,1 0,7 0,4

Ekwiteitdividende betaal per voorkeuraandeel (Sent)

413,7 33,5 20,5 10,7

Dividend betaal per voorkeuraandeel (Sent)

24,9 37,3 35,2 25,5

Die totale werklike besteding op maatskaplike en omgewingsaangeleenthede (Rm)

2,4 2,2 2,2 1,6

ALG

EMEN

E A

FDEL

ING

B

LA

DS

Y 1

56

Page 23: VISIE MISSIE STRATEGIE BOUSTENE VIR DIE TOEKOMS · maatskappyspesi eke ondersteuning ontvang om hul potensiaal te maksimeer. Die uitbreiding van infrastruktuur om te deel in die sterk

VOLHOUBAARHEIDSOORSIG2. Gehalte van Clover se produkte Die waarde van die Clover-handelsmerk is gegrond op die reputasie van gehalte wat hy oor die 112 jaar van sy bestaan opgebou het. Die aansien wat die handelsmerk geniet spreek duidelik uit die feit dat Clover die volgende toekennings en/of erkennings ontvang het:- • Clover het die Suid-Afrikaanse Intree-produk van die Jaar- toekenning in die suiwelvoedsel-kategorie ontvang• Clover het erkenning ontvang in die Top Handelsmerk-opname met een van die beste maatskaplike bevorderingsinisiatiewe in die land• die Professionele Bestuur-oorsig vir Korporatiewe Sorg het die algehele Diamond Arrow-toekenning in 2009 aan Clover oorhandig• in die vrugtebasis-drankiekategorie het Tropika die tweede plek en Clover se vrugtesappe die derde plek behaal• in ’n nasionale opname deur Target Group Index South Africa was Clover vars melk tweede in die nie-alkoholiese drankiekategorie.

Clover se verbintenis tot gehalte begin op die plase van sy produsente. Die Groep het sy eie Beste Boerderypraktyke vir sy melkprodusente ontwikkel, gegrond op riglyne van die Internasionale Suiwelfederasie. Aan die einde van Junie 2009 het 100% van Clover se produsente reeds aan die BBP program deelgeneem. Ongeveer 96% van die rou melk wat Clover inkoop, voldoen gevolglik reeds aan hierdie standaarde en prosedures. Nakoming word met ’n oudit bepaal.

Ons is besig om die toepassing van BBP uit te brei met inagneming van:-• produksiefaktore wat kan lei tot of ’n impak het op klimaatsverandering• alternatiewe energiebronne en energiegebruik• die verbetering van biodiversiteit en die vermindering van ontbossing• die beskikbaarheid van water en die verbruik daarvan• die besoedeling van natuurlike hulpbronne (veral water).

3.Clover se belanghebbersGedurende die 2010 � nansiële jaar het die Groep aktiewe skakeling met al

sy sleutel-belanghebbers nagestreef. In al hierdie verhoudings is daar groei

ervaar. Bestuur onderneem jaarliks om alle belanghebbers en hul regmatige

belange in en verwagting van die Groep te identi� seer. Dit word jaarliks

gedoen, aangesien belanghebbers se belange in die Groep dinamies en

onderhewig aan verandering is. Nadat die belanghebbers geïdenti� seer is,

besluit Bestuur hoe daar verder met hulle geskakel sal word. Dit is deel van

die proses om risiko vir die Groep te verminder.

Samevatting van belanghebbers

AandeelhouersNa ’n aanbod deur Hoskens Consolidated Investments Beperk (“HCI”),

die Groep se swartbemagtigingsvennoot, is die gewone aandele wat in

HCI se besit was, teruggekoop en die regte van die voorkeuraandele in

die Maatskappy is gewysig.

Die Maatskappy se gewone aandele word deur sy melkprodusente en

lede van die Uitvoerende Komitee besit. Hierdie gewone aandele is vryelik

verhandelbaar in die oor-die-toonbankmark wat deur die Maatskappy

geskep is (“ODT”). Daar is nie meer ’n vereiste dat gewone aandele slegs

deur melkprodusente, wat ook melk aan die Groep verskaf, gehou mag word

nie.

Die regte van die voorkeuraandele is gewysig om hulle in lyn te bring met

marknorme vir sodanige sekuriteite. Die voorkeuraandele word steeds oor die

toonbank verhandel soos voorheen. Hulle word deur HCI, melkprodusente,

lede van die publiek, korporatiewe beleggers en werknemers van die Groep

besit, met inbegrip van lede van die Uitvoerende Komitee.

In hierdie proses is ’n omvattende Omsendbrief aan alle Clover-

aandeelhouers gestuur en Clover se Uitvoerende Komitee het met ’n

groot aantal van sy melkprodusent-aandeelhouers by ’n rondgaande

skou vergader om die besonderhede van hierdie transaksies verder

aan hulle oor te dra.

Die 2009 Algemene Jaarvergadering en die Spesiale Algemene Vergadering

wat vereis word om hierdie transaksies goed te keur, is goed bygewoon.

Ons Mense AfdankingsDit was ongelukkig nodig om gedurende die jaar die diens van ’n aansienlike

aantal werknemers te beëindig ten einde die Groep se personeelstruktuur en

getalle in lyn te bring met die Groep se bedryfsbehoeftes. Die proses is op

’n regverdige en deursigtige wyse hanteer en die feit dat baie min dispute

weens hierdie proses ontstaan het, is bewys van die oop, direkte en eerlike

kommunikaise tussen Bestuur en al die werknemers en vakbonde.

Die vlak van vertroue en openlikheid wat tussen Bestuur en die toepaslike

vakbonde daargestel is, is tydens die jaarlikse salarisonderhandelings met

die vakbonde beklemtoon, wat gelei het tot ’n aanvaarbare salarisskikking

sonder dat daar ’n formele dispuut verklaar is.

VOLHOUBAARHEIDSOORSIG

VoorkeuraandeelhouersWerknemers

Danone SA

Regering

Klante

SekuriteringsvennoteVerskaffers

MelkprodusenteGewone Aandeelhouers

Prinsipale Kommersiële Banke

Clover

ALG

EMEN

E A

FDEL

ING

B

LA

DS

Y 1

57

Page 24: VISIE MISSIE STRATEGIE BOUSTENE VIR DIE TOEKOMS · maatskappyspesi eke ondersteuning ontvang om hul potensiaal te maksimeer. Die uitbreiding van infrastruktuur om te deel in die sterk

VOLHOUBAARHEIDSOORSIGWerkverskaffingsekwiteit Clover dien jaarlikse verslae oor werkverskaf� ngsekwiteit in, soos daar deur wetgewing vereis word. Bestendige vordering is gemaak om die getal

mense van die Aangewese Groepe op bestuursvlak te verhoog:2007 (24%)2008 (27.2%)2009 (35.8%)2010 (26,4%)

Die vlak van verteenwoordiging is ongelukkig negatief beïnvloed deur die onlangse herstrukturering en het tot 26.4% teruggesak. Nuwe doelwitte is gestel om die vlak van verteenwoordiging te verbeter.

Bestuur glo dat die aanstelling van werknemers op verskillende vlakke belangrik is vir die bereiking van ons doelwitte. Verskeie platforms word gebruik om werknemers ingelig te hou en om alle bydraes in lyn te bring. Voorbeelde daarvan sluit in: die In Clover-publikasie, wegbreektye vir Senior Bestuur; Handelsinligting; en departementele vergaderings.

Opleiding en ontwikkeling Doelgerigte werknemer-opleiding en -ontwikkeling, aangedryf deur sterk leierskap, is ’n sleutel-strategie om Clover se prestasie en groeidoelwitte te onderskraag om die Maatskappy as ’n voorkeur-werkgewer in die bedryf te vestig.

Die opleidings- en ontwikkelingsmissie fokus eerstens daarop om bevoegdheid te bou wat die doeltreffende uitvoering van bedryfstake sal verseker, en tweedens om kapasiteit in mensebronne te ontwikkel wat volhoubare prestasie en groei sal verseker.

Opleidings- en ontwikkelingsinisiatiewe word deur ’n goed gestruktureerde benadering tot prestasiebestuur ondersteun.

Die vestiging van ’n sterk en volhoubare ‘leierskap-pyplyn’ wat gevul is met talentvolle werknemers met die nodige bekwaamheid en bereidwilligheid om nou en in die toekoms teen volle potensiaal te presteer, is van die allergrootste belang vir Clover se sukses.

Clover is verbind tot:-• die ontwikkeling van opvolgplanne vir sleutel-/kritieke posisies • die identi� sering, oordrag en ontwikkeling van skaars/kritieke vaardighede om bevoegdheid in sleutel-areas van die besigheid te verseker • die aanstelling van jong gegradueerde professionele persone• die ontwikkeling van ’n doelgerigte opleidings- en ontwikkelingsplan.

Gedurende die afgelope jaar, is daar 2011 leergeleenthede aan 1550 Clover-werknemers gebied. 77% van die werknemers wat opgelei is, was van die Swart-, Indiër- en Kleurling-groep en 14% was vroue. Die fokus is op hierdie werknemer-kategorieë, aangesien Clover die indiensneming van swartmense en vroue op alle vlakke aansienlik moet verhoog.

VerskaffersDie Groep het ’n baie sterk verhouding met sy melkprodusente gehandhaaf en het die lewering van melk aan die Groep op die vereiste vlakke gehou.

Die Groep skenk noukeurig aandag aan die voortgesette pogings om die vereistes van grondherverdeling te balanseer met die vereistes van voedselsekuriteit, en sal voortgaan om ’n aktiewe rol in hierdie opsig te speel, ten einde ’n volhoubare voorraad rou melk te verseker. Hierdie aangeleenthede skep aansienlike risiko vir die Groep en ons verskaffers. Duidelike regeringsbeleid en ’n gemeenskaplike verbintenis tot die bereiking van volhoubare uitkomste is kritiek.

Die Groep is daarop gefokus om stabiele landelike gemeenskappe en ’n sterk basis melkprodusente te verseker. Dit sal ’n aansienlike bydrae lewer tot die volhoubaarheid van landbou en die land oor die algemeen, maar spesi� ek ook die volhoubaarheid van die lewering van rou melk aan die Groep.

Die afwaartse tendens in die aantal melkprodusente van die Groep is die gevolg van die deurlopende konsolidasie in die primêre industrie en moet nie geïnterpreteer word as ‘n bedreiging vir die volhoubaarheid van die melkverskaf� ng aan die Groep nie.

Die Groep se verhoudings met die verskaffers van verpakking en ander goedere en dienste is ook goed en op gesonde voet, gegrond op billike en redelike kommersiële terme. Deur voorkeurverkryging konsentreer die Groep op maatskaplike en omgewingsaangeleenthede in die voorsieningsketting. Ongeveer 72 persent van die geld wat deur die Groep in sy nie-melkverkrygingsproses bestee word, word bestee by verskaffers wat in meerdere of mindere mate Swartbemagtigingstatus geniet.

Sakevennote Alle verskaffers, geassosieerdes van gesamentlike ondernemings, banke, prokureurs en ander kontrakteurs word oorweeg en die verhoudings met hulle word hanteer asof hulle “vennote” van die Groep is.

Gedurende die oorsigjaar het die Groep sy aandeel in Danone Clover (Edms) Beperk aan Group Danone verkoop, maar die groep het sy sterk kommersiële verhouding met Danone SA op kommersieel billike en redelike terme behou.

KliënteDie Groep se sterk en eerlike verhoudings met sy prinsipale, kliënte, kleinhandel- en groothandelbesighede, agente en verspreiders het gedurende die oorsigjaar voortgeduur. Die Groep se produkte bereik verbruikers dwarsoor Suid-Afrika in ’n goeie toestand en teen billike pryse in ’n baie mededingende mark.

Op versoek van die Raad op Mededinging het die Groep sy samewerking gegee met die Kommissie se ondersoek met betrekking tot die supermarkbedryf en die vernaamste groothandelaars/kleinhandelaars. In hierdie opsig het die Groep die verlangde inligting verskaf wat deur die Kommissie aangevra is.

Verbruikers Aangesien die Groep sy verhouding met die verbruiker as sentraal beskou, het hy gedurende die oorsigjaar daarop gekonsentreer om handelsmerk-premies te verlaag om sy produkte meer bekostigbaar vir die verbruiker te maak. Dit is gedoen deur ons besigheidsmodel te hersien en ons besigheid meer vaartbelyn te maak. Ons het daardeur verseker dat die eindproduk ’n gehalteproduk is wat op die mees doeltreffende manier aan die verbruiker

Werknemer-aanduiders 2010 2009 2008 2007

Gemiddelde aantal werknemers 6 362 6 579 6 662 6 776

Werknemer-omset per jaar (%) 9,3% 10,3% 10,6% 9,6%

Aantal werksdae verlore weens stakings 334 415 0 210

Totale opleiding-besteding per jaar (R’000)

3 942 7 017 7 861 6 644

Opleiding-besteding per werknemer per jaar (R)

665 1 066 1 180 980

Beskrywing 2010 2009 2008

1.Getal melkprodusente wat gedurende die jaar melk aan die Groep verskaf het

303 321 372

2.Beraamde getal werknemers wat werksaam is by die produsente in 1

4 242 4 494 5 208

3.Beraamde getal afhanklikes wat staatmaak op die inkomste wat van die produsente in 1 ontvang word

29 694 31 458 36 456

ALG

EMEN

E A

FDEL

ING

B

LA

DS

Y 1

58

Page 25: VISIE MISSIE STRATEGIE BOUSTENE VIR DIE TOEKOMS · maatskappyspesi eke ondersteuning ontvang om hul potensiaal te maksimeer. Die uitbreiding van infrastruktuur om te deel in die sterk

• Veiligheidsindeks om die Groep se veiligheidsbestuursprestasie te meet • Voorvalle en beseringsverslae in al die Groep se bedrywighede.

5.Korporatiewe maatskaplike en gemeenskapsbelegging Die volgehoue sukses van Clover Mama Afrika is gedurende die jaar gehandhaaf en dit het gelei tot nog ’n wonderlike verhouding met Trots Suid-Afrikaans en die Departement van Handel en Nywerheid (Koöperasie Afdeling) in terme waarvan Clover Mama Afrika genooi is om uitgesoekte Clover Mamas as amptelike koöperasies aan te stel en te registreer. Hierdie vennootskap sal Clover Mama Afrika help om die Mamas te bemagtig sodat hulle hul besighede verder kan ontwikkel en bydra tot werkskepping in hul onderskeie gebiede.

Hosken Consolidated Investment Foundation het bevestig dat hy vrygewig skenkings ter ondersteuning van Clover Mama Afrika sal maak, ten spyte van die feit dat HCI nie meer die Groep se SEB-vennoot is nie.

6.Swart Ekonomiese Bemagtiging As gevolg van die aandeletransaksies waarna daar hierbo verwys word, het HCI ’n gesonde wins van R505 miljoen op sy aanvanklike belegging ontvang. Die Groep is van mening dat hierdie wins ekonomiese aktiwiteit sal verhoog en volhoubare inkomste vir die begunstigdes van HCI se beleggings sal skep en dat dit ook tot ’n groeiende en volhoubare verbruikersmark sal bydra.

Clover beskou Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) as ’n geleentheid om ekonomiese aktiwiteit te vehoog en sodoende die volgende te skep:• Volhoubare inkomste vir soveel van die land se inwoners as moontlik• ’n Groeiende en volhoubare verbruikersmark.

Clover bly steeds verbind tot die SEB-proses soos uiteengesit deur die Departement van Handel en Nywerhede. Gedurende die onlangse eksterne oudit (uitgevoer deur SANAS-goedgekeurde Empowerlogic), het Clover ’n Vlak 7-gradering ontvang.

7. Die toekomsVerslagdoening oor volhoubaarheidsake is ’n lang en moeilike proses wat in Clover se geval eers in 2009 begin het. Die Komitee is dankbaar om te kan verslag doen dat die Groep reeds voordele van die proses begin sien.

Die Groep bly steeds verbind tot die voortgesette verbetering van alle sake wat die volhoubaarheid van die Groep en sy aktiwiteite beïnvloed.

TA Wixley

Voorsitter

VOLHOUBAARHEIDSOORSIGgelewer is. Om te verseker dat ons produkte bekostigbaar vir die mense van Suid-Afrika is, bly steeds een van ons hoofdoelwitte.

Die Groep het proaktiewe stappe geneem om te verseker dat hy heeltemal voorberei is op die toepassing van die Wet op Verbruikerbeskerming later hierdie jaar. Ons het die dienste van ’n hoog-geagte prokureur ingewin wat ’n hoëvlak induksieprogram aan sleutel-individue in die Groep aangebied het oor die potensiële impak van die toepassing van die nuwe Wet op Verbruikerbeskerming.

MediaClover beskou die media as ’n doeltreffende kanaal om met eksterne belanghebbers te kommunikeer en streef na oop, eerlike en doeltreffende kommunikasie met die media. Ons lewer gereeld kommentaar op faktore en ontwikkelings wat die Groep se sakebedrywighede raak, omdat ons glo dat die publiek ’n gebalanseerde oordeel oor ons bedryf moet hê. Wanneer die media dit versoek, lewer ons kommentaar oor die vordering van die klagte teen Clover voor die Raad op Mededinging. Die Clover-webwerf word ook gebruik om buite die Groep te kommunikeer.

Staat en beheerliggame Aan die einde van 2008 het die Groep die Departemente van Handel en Nywerheid en Landbou genader met ’n formele aansoek vir die verklaring van die suiwelbedryf in terme van die Wet op Mededinging. Ondanks die Groep se beste pogings is daar ongelukkig tot op hede nog geen reaksie van enige van die twee departemente ontvang nie. Aangesien hierdie saak ’n aansienlike risiko vir die hele bedryf en die toekomstige verskaf� ng en beskikbaarheid van melk in die land en dus ook vir voortgesette voedselsekuriteit inhou, hoop die Groep dat die betrokke departemente binnekort aan hierdie aansoek sal aandag skenk.

Om voldoening aan alle statutêre vereistes te verseker, het die Groep gedurende die jaar proaktief opgetree om voldoende opleiding vir alle betrokke werknemers te verseker en om toepaslike besigheidspraktyke te oudit sodat dit aan spesi� eke wetgewing voldoen. Die Finansiële Oorsig- en Risikokomitee het ’n oudit van die Groep se voldoening aan die Wet op Mededinging van stapel gestuur.

4.Veiligheid, gesondheid en die omgewing Die Groep besef dat hy ’n verantwoordelikheid het ten opsigte van die bedryfgesondheid en -veiligheid van sy werknemers en ander persone wat deur sy aktiwiteite geraak word en dat hy ’n verantwoordelikheid het om sy besigheid op so ’n manier te bedryf dat dit negatiewe impak op die omgewing beperk en, sover dit redelik prakties is, uitskakel.

Onder ’n menigte ander aanwysers monitor Clover aktief die volgende aspekte met behulp van sy toegewyde Entropy-risikobestuurstelsel en verskeie wigte en teenwigte.

Die strewe na afvalvrye bedrywighede • Totale afval genereer deur bedrywighede wat na opvulterreine landwyd gestuur is • Totale afval genereer deur bedrywighede wat herbenut is • Totaal van alle afval genereer deur bedrywighede wat weer gebruik (herverwerk of herverpak) of deur ’n derde party benut kan word• Totale afvalproduk genereer deur alle bedrywighede wat tot dierevoer verwerk is • Uitvloei wat deur alle bedrywighede gestort word, wat volume en gehalte aandui.

Verlaging van die Groep se energieverbruik • Elektrisiteit verbruik • Brandstof vir stoomopwekking (steenkool, gas HFO) verbruik • Brandstof deur motorvoertuie verbruik.

Vermindering van volume water wat vir produkvoorbereiding gebruik word • Water per kg/liter voltooide produk verbruik.

Voortdurende verbetering van die Groep se bedryfsgesondheids- en veiligheidsprestasie

Beskrywing 2010 2009 2008

Clover Groep se � nansiële belegging in Mama Afrika

R2,200,000 R2,200,000 R1,600,000

Skenkings (� nansieel) ontvang van derde partye

R1,100,000 R2,100,000 R920,000

Aantal Mamas betrokke by projekte

33 25 18

Aantal aktiewe Clover Mama Afrika-sentrums

33 25 18

Aantal persone direk geraak deur

11 800 kinders, 3000 bejaardes

10 500 kinders en 2500 bejaardes

8000 kinders

Aantal mense betrokke by die Clover Mama Afrika-projekte

2 2 2

ALG

EMEN

E A

FDEL

ING

B

LA

DS

Y 1

59

Page 26: VISIE MISSIE STRATEGIE BOUSTENE VIR DIE TOEKOMS · maatskappyspesi eke ondersteuning ontvang om hul potensiaal te maksimeer. Die uitbreiding van infrastruktuur om te deel in die sterk

InleidingDie Clover Industries Groep is verbind tot die beginsels van deursigtigheid, regverdigheid, integriteit, en toerekenbaarheid in sy sakebedrywighede met al sy belanghebbers en ondersteun die Kode van Korporatiewe Praktyk en Gedrag soos aanbeveel deur die King III-verslag insake Korporatiewe Bestuur vir Suid-Afrika. Die Direksie het ’n deeglike ondersoek oor die implikasies van King III op bestuur binne die Groep uitgevoer en sal gedurende die � nansiële jaar 2010/11 die beginsels in die King III-verslag toepas en/of redes gee vir die nie-implementering of nie-nakoming van enigeen van die beginsels van King.

DireksieDie Direksie sluit twee Onafhanklike Nie-uitvoerende Direkteure in wat op grond van hulle sakevernuf en kundigheid aangewys word. Die Direksie staan onder voorsitterskap van ’n Nie-uitvoerende Direkteur en bestaan uit tien Nie-uitvoerende Direkteure (een vakature) wat Melkprodusente is, die twee Onafhanklike Nie-uitvoerende Direkteure en vier Uitvoerende Direkteure. (Die drie Nie-uitvoerende Direkteure van die Groep se voormalige bemagtigingsvennoot het met ingang 31 Mei 2010 bedank.) Besonderhede van die Direkteure word op bladsy 142 en 143 uiteengesit.

Nuwe aanstellings tot die Direksie word op gepaste wyse deur middel van ’n induksieprogram aan die Groep se sakebedrywighede bekendgestel.

Die Direksie vergader gereeld en monitor die prestasie van die Uitvoerende Bestuur. Besonderhede van Direksie- en Komiteebywoning kan aan die einde van hierdie verslag gevind word. Die Direksie en sy komitees bespreek ’n verskeidenheid sleutelaangeleenthede en verseker dat daar op beleids-, strategie- en prestasie-aangeleenthede gefokus word.

Alle Direkteure van die Groep het toegang tot die advies en dienste van die Sekretaris, wat aan die Direksie verantwoordelik is om te verseker dat prosedures en regulasies nagekom word en dat die Direkteure vertroud is met hul pligte en verantwoordelikhede. Die besonderhede van die Sekretaris verskyn op bladsy 142. Direkteure is egter geregtig om in toepaslike omstandighede onafhanklike professionele advies oor die sake van die Maatskappy in te win indien hulle van mening is dat sodanige optrede in die beste belang van die Maatskappy sal wees.

Uitvoerende KomiteeDie Groep se Uitvoerende Komitee bestaan uit die Uitvoerende Direkteure en twee Uitvoerende Beamptes. Die Komitee vergader gereeld om huidige werksaamhede te hersien, risiko’s en die bestuur daarvan te identi� seer, strategieë en beleidsvoorstelle vir oorweging deur die Direksie te ontwikkel en om die opdragte en besluite van die Direksie te implementeer. Besonderhede van die lede van die Uitvoerende Komitee word op bladsy 144 uiteengesit.

EtiekDie Direksie het ’n Etiese Kode aanvaar. Die Direkteure is volkome verbind tot hierdie beginsels, wat verseker dat die besigheid bestuur word met die inagneming van die omstandighede in die handelsmerk-verbruikersproduktebedryf in Suid-Afrika, asook die maatskaplike, politieke en � siese omgewing waarin die Groep sake doen.

VERSLAG OOR KORPORATIEWE BEHEER

ALG

EMEN

E A

FDEL

ING

B

LA

DS

Y 1

60

Page 27: VISIE MISSIE STRATEGIE BOUSTENE VIR DIE TOEKOMS · maatskappyspesi eke ondersteuning ontvang om hul potensiaal te maksimeer. Die uitbreiding van infrastruktuur om te deel in die sterk

Finansiële stateDie Direkteure van die Groep is verantwoordelik vir die voorbereiding van � nansiële state en ander inligting soos uiteengesit in die jaarverslag, en die billike aanbieding van die stand en die resultate van die Groep se werksaamhede. Die eksterne ouditeure van die Groep is daarvoor verantwoordelik om in ooreenstemming met Standpunte oor Internasionale Ouditstandaarde ’n onafhanklike ondersoek van die � nansiële state uit te voer en hulle bevindinge uit te spreek. Die ouditeure se verslag word op bladsy 43 uiteengesit.

Die jaarlikse � nansiële state soos op bladsy 36 tot 40 en 44 tot 133 uiteengesit, is voorberei in ooreenstemming met Internasionale Finansiële Rapporteringstandaarde en is gegrond op toepaslike rekeningkundige beleid en ondersteun deur redelike en omsigtige oordeel en ramings.

Die Direkteure glo dat die Groep se werksaamhede as lopende saak in die komende jaar sal voortgaan.

Interne beheerDie Groep beskik oor interne beheermaatreëls en stelsels wat ontwerp is om redelike versekering te verskaf oor die betroubaarheid van die � nansiële state en om sy bates op ’n gepaste wyse te beskerm, te veri� eer en toerekenbaarheid daarvoor te handhaaf. Sodanige beheermaatreëls is geskoei op gevestigde beleid en toegepas deur opgeleide personeel met skeiding van pligte en verantwoordelikhede.

Die Groep se interne ouditspan word, waar nodig en toepaslik, bygestaan deur KPMG Services (Edms) Bpk, ’n professioneledienste-� rma. Die interne ouditfunksie staan onder beheer van die Finansiële Oorsig- en Risikokomitee, wat die omvang bepaal van die werk wat gedoen moet word. Wesenlike bevindinge word aan die Uitvoerende Bestuur en die Finansiële Oorsig- en Risikokomitee gerapporteer. Korrektiewe optrede word onderneem om interne beheertekortkominge wat in die uitvoering van die werk geïdenti� seer word, aan te spreek.

Niks het onder die aandag van die Direkteure gekom wat op enige wesenlike verbreking van die doeltreffendheid van die interne beheermaatreëls en stelsels gedurende die oorsigjaar dui nie.

RisikobeheerDie Groep beskik oor omvattende risiko- en verliesbeheerprosedures, gestruktureer met taktiese vlakke van bybetalings wat die Groep in staat stel om mededingende tariewe te bekom, terwyl geskikte herversekering die Groep teen groot verliese beskerm. Afgesien van die Finansiële Oorsig- en Risikokomitee wat op Bestuursvlak gevestig is, staan ’n Bestuursrisikokomitee die Uitvoerende Komitee deurgaans by met risikobestuur in die Groep.

Direksiekomitees’n Aantal komitees is tot stand gebring om die Direksie in die uitvoering van sy pligte by te staan. Die aard en gesagsomvang van elke komitee word in sy oktrooi en opdrag uiteengesit soos deur die Direksie goedgekeur.

Die Direksie het ook ’n ad hoc-subkomitee aangestel om toesig te hou oor die Groep se optrede en verweer met betrekking tot die klagtes wat

VERSLAG OOR KORPORATIEWE BEHEER

die Raad op Mededinging na die Mededingingstribunaal verwys het. Die Groep se regsgeleerdes het regstreekse toegang tot hierdie subkomitee, wat vergader soos en wanneer die omstandighede dit vereis.

OuditkomiteeOoreenkomstig Artikel 269A van die Maatskappyewet, 1973, soos gewysig, bestaan die Clover Groep se Ouditkomitee slegs uit die Groep se twee Nie-uitvoerende Direkteure onder voorsitterskap van TA Wixley.

Die Ouditkomitee voer die funksies uit soos voorsien in Artikel 270A van die Maatskappyewet, 1973, soos gewysig, namens die Maatskappy, Clover Beverages Beperk, Clover S.A. (Edms) Bpk, Clover Fonterra Ingredients (Edms) Bpk en Lactolab (Edms) Bpk.

Die eksterne en interne ouditeure het onbeperkte toegang tot die Ouditkomitee en woon die Komitee se vergaderings by.

Belanghebbers word na verwys in die Ouditkomiteeverslag op bladsy 157.

Finansiële Oorsig- en RisikokomiteeNa die afkondiging van die wysigings aan die Maatskappyewet, 1973, het die Direksie ’n Finansiële Oorsig- en Risikokomitee aangestel om sekere funksies te verrig wat voor die wysiging van genoemde Wet deur die Oudit- en Risikokomitee verrig is. TA Wixley, ’n Onafhanklike Nie-uitvoerende Direkteur, is die voorsitter van die komitee en die ander lede is almal Nie-uitvoerende Direkteure. Die funksies van hierdie komitee is om die Direksie by te staan in die uitvoering van sy verantwoordelikhede deur:- • die doeltreffendheid van interne beheer in die Maatskappy na te gaan met betrekking tot die bevindinge van sowel die interne as eksterne ouditeure• die � nansiële state en tussentydse verslae van die Maatskappy en enige ander openbare kommunikasie van ’n � nansiële aard na te gaan en hul goedkeuring by die Direksie aan te beveel • te verseker dat die Maatskappy die risiko in alle geïdenti� seerde risikogebiede verminder• belangrike rekeningkundige aangeleenthede en die hoof- ouditaanbevelings na te gaan • te verseker dat die Maatskappy aan alle tersaaklike wetgewing voldoen• te verseker dat die Maatskappy hou by gesonde beginsels van korpratiewe bestuur • beduidende gevalle van bedrog, wangedrag of belangekon� ik na te gaan.

Die eksterne en interne ouditeure het onbeperkte toegang tot die Finansiële Oorsig- en Risikokomitee. Besonderhede van die Komiteelede word op bladsy 142 uiteengesit.

VergoedingskomiteeDK Smith, ’n Onafhanklike Nie-uitvoerende Direkteur, is die voorsitter van die Komitee. Die Komitee bestaan slegs uit Nie-uitvoerende Direkteure. Die Uitvoerende Hoof en ander uitvoerende lede woon vergaderings op uitnodiging by, maar neem nie deel wanneer hul eie vergoeding en voordele bespreek word nie.

ALG

EMEN

E A

FDEL

ING

B

LA

DS

Y 1

61

Page 28: VISIE MISSIE STRATEGIE BOUSTENE VIR DIE TOEKOMS · maatskappyspesi eke ondersteuning ontvang om hul potensiaal te maksimeer. Die uitbreiding van infrastruktuur om te deel in die sterk

Direkteur Direksie Groep OuditkomiteeFinansiële Oorsig- en

RisikokomiteeVergoedingskomitee Nominasiekomitee

Volhoubaarheids-komitee

A B A B A B A B A B A B

JAH Bredin 6 6 5 5 4 4 4 4

HPF du Preez 6 6 5 5 4 4

LJ Botha 6 6

WI Büchner 6 6 2 2

*J Copelyn 6 2 4 1

MG Elliott 6 6

*M Golding 6 1

JC Hendriks (Dr) 6 6 4 3 2 1

C Lerm (Dr) 6 6

JW Lotz 6 6

M MacKenzie 6 6

FG Meyer 6 6

*VE Mphande 6 1 2 1

HB Roode 6 6

DK Smith 6 5 4 4 5 5 4 4 4 3 2 2

VP Turner 6 6

JH Vorster 6 6

TA Wixley 6 5 4 4 5 5 4 4 4 4 2 2

Die Komitee het die verantwoordelikheid en gesag om onder meer die volgende aangeleenthede te bespreek en aanbevelings aan die Direksie te doen:-• Vergoedingsbeleid en prestasiebonusse• Uitvoerende vergoeding• Kort-, medium- en langtermyn-aansporingsbonusse• Werkenemerbehoudskemas.

Die Komitee gebruik eksterne markopnames en waardebepalings om dieUitvoerende Direkteure se vergoeding en voordele te bepaal. Die Nie-uitvoerende Direkteure se fooie bestaan uit ’n basisfooi asook ’n bywoningsfooi per vergadering. Die Groep se vergoedings� loso� e struktureer die vergoedingspakkette op so ’n wyse dat lang- en korttermynaansporings bepaal word op grond van die bereiking van die besigheidsdoelwitte en die lewering van aandeelhouerswaarde.

Die Komitee monitor die ontwikkeling en implementering van die Groep se vergoedings� loso� e. Die totale vergoedingspakkette van uitvoerende lede word op so ’n wyse bepaal dat ’n aansienlike deel prestasieverwant is. As sodanig word uitvoerende lede se geskiktheid vir ’n jaarlikse bonus gekoppel aan toepaslike Groepdoelwitte. Totale vergoeding word op mededingende vlakke bepaal met inagneming van die toepaslike verantwoordelikheidsterreine en die kompleksiteit van die bedryf waarin die Groep optree.

Die Vergoedingskomitee is tevrede dat hy sy verantwoordelikhede ingevolge sy opdrag vir die oorsigtydperk nagekom het. In dié tyd het dit vier keer vergader.

NominasiekomiteeDie Nominasiekomitee staan onder voorsitterskap van ’n Nie-uitvoerende Direkteur. Dit bestaan uit vier Nie-uitvoerende Direkteure. Die Nominasiekomitee gaan gereeld die Direksiestrukture en die grootte en samestelling van die Direksies na en doen aanbevelings oor hierdie sake aan die CIL-Direksie, in besonder oor die verdeling tussen Uitvoerende Direkteure, Nie-uitvoerende Direkteure en Onafhanklike Direkteure. Die Komitee help met die identi� kasie en nominasie van nuwe Direkteure en Onafhanklike Direkteure vir goedkeuring en hou toesig oor die induksie en opleiding van Direkteure. Tans is die klem daarop om te sorg dat al die nodige vaardighede in die CIL-Direksie teenwoordig is.

Met betrekking tot die jaarlikse prestasieoorsigte van die CIL Direksie en sy komitees, staan die Komitee die Voorsitter van die Direksie by. Dit help die Voorsitter ook om te sorg dat die Direksies behoorlik en doeltreffend funksioneer en sorg dat opvolgplanne deur die Groep gevestig en gehandhaaf word.

VolhoubaarsheidskomiteeDie Direksie het gedurende die jaar ’n Volhoubaarheidskomitee gevestig, wat uit vyf Nie-uitvoerende Direkteure bestaan. TA Wixley, ’n Nie-uitvoerende onafhanklike Direkteur, is die voorsitter van hierdie Komitee. Die Uitvoerende Bestuur woon Komiteevergaderings op uitnodiging by.

Hierdie Komitee is daarvoor verantwoordelik om alle relevante aspekte wat ’n beduidende uitwerking op die langtermynvolhoubaarheid van die Groep mag hê, asook alle faktore wat die Groep se driedubbele rapporteringstelsel beïnvloed, te monitor en die Direksie te adviseer.

CLOVER INDUSTRIES BEPERK: DIREKSIEBYWONING 1 JULIE 2009 TOT 30 JUNIE 2010

A = Getal vergaderings gehou B = Getal vergaderings bygewoonNota: * J Copelyn, M Golding en VE Mphande het met ingang 31 Mei 2010 bedank.

HB Roode

Sekretaris

VERSLAG OOR KORPORATIEWE BEHEER

ALG

EMEN

E A

FDEL

ING

B

LA

DS

Y 1

62

Page 29: VISIE MISSIE STRATEGIE BOUSTENE VIR DIE TOEKOMS · maatskappyspesi eke ondersteuning ontvang om hul potensiaal te maksimeer. Die uitbreiding van infrastruktuur om te deel in die sterk

FFINANSIËLE VERSLAG

Finansiële prestasieDie Groep lê hierdie jaar vir die eerste keer ’n Staat van Omvattende Inkomste voor ter voldoening aan IFRS. Die openbaarmaking en uitleg in hierdie staat verskil van die Inkomstestate van vorige jare en die vergelykende syfers vir 2009 is ooreenkomstig hersaamgestel. Verder is die Groep se aandeel in Danone Clover se inkomste en uitgawes vir beide die huidige en vorige jare as Wins van Gestaakte Bedrywighede geopenbaar weens die verkoop van die Groep se 45%-aandeel in hierdie maatskappy op 1 Januarie 2010. Tot op 31 Mei 2009 is hierdie belegging proporsioneel gekonsolideer en daarna as ’n geassosieerde maatskappy te boek gestel.

Ingesluit in beide die huidige en vorige jare is ’n aantal nie-herhalende transaksies en gebeurtenisse wat plaasgevind het en wat die � nansiële resultate wesentlik beïnvloed het. Hierdie transaskies moet in rekening gebring word om ’n betekenisvolle evaluering van die Groep se prestasie te kan maak. Met die eerste oogopslag het die Groep se Bedryfswins van R664,3 miljoen in die vorige jaar na R559,0 miljoen in die huidige jaar verlaag en wins vir die Jaar van Voortgesette Bedrywighede van R499,4 miljoen na R303,8 miljoen verlaag.

Die verkoop van die Groep se 45%-aandeel in Danone Clover vir R1,08 miljard het aansienlik bygedra tot die jaar se resultate met ’n wins van R337,7 miljoen (R227,1 miljoen na belasting) wat op hierdie transaksie gemaak is. Gedurende die vorige jaar is die belegging in Danone Clover gedekonsolideer en gevolglik is daar gedurende daardie jaar erkenning verleen aan ’n ongerealiseerde wins van R637,5 miljoen (R599,5 miljoen na belasting). Die totale gerealiseerde wins op die verkoop van hierdie belegging gedurende die twee jaar was dus R975,2 miljoen (R826,6 miljoen na belasting). Vir jaar-tot-jaar vergelykingsdoeleindes moet hierdie bedrae in rekening gebring word.

Verder het die Groep ’n wins van R50,8 miljoen (R56,2 miljoen na belasting) op die verkoop van sy Boksburg-fabriek en pakhuis aan Danone Clover gedurende die huidige jaar erken. Uit ’n belastingperspektief is die bates teen belastingwaarde aan Danone Clover oorgedra met die gevolg dat daar geen verhaling van slytasietoelaes plaasgevind het nie. Die uitgestelde belasting-aanspreeklikheid ten opsigte van hierdie bates wat in die verlede te boek gestel is, is dienooreenkomstig omgeswaai na wins met ’n gevolglike inkomstebelasting-krediet van R5,4 miljoen.

Herstruktureringskoste van R149,4 miljoen is aangegaan en bestaan hoofsaaklik uit die volgende:• Afbetalingskostes wat verband hou met die afbetaling van meer as 400 senior personeellede halfpad deur die jaar wat R84,9 miljoen (R61,2 miljoen na belasting) beloop het• Opsiefooi betaal aan HCI met die kapitaalherstrukturering van R11,4 miljoen (R11,4 miljoen na belasting)• Regs- en professionele dienstefooie wat verband hou met die kapitaalherstrukturering van R5,3 miljoen (R5,3 miljoen na belasting)• Ander herstruktureringskoste verbonde aan kostebesparing- inisiatiewe van R10,7 miljoen (R9,7 miljoen na belasting)• R37,1 miljoen (R26,7 miljoen na belasting) bonusse betaal aan Uitvoerende Bestuurslede in terme van ’n langtermyn-aansporingskema wat gekoppel was aan die waardestyging van die maatskappy se voorkeuraandele.

Weens die kapitaalherstrukturering wat op 31 Mei 2010 deur aandeelhouers goedgekeur is, het die aard van die voorkeuraandele verander na suiwer skuldinstrumente en in terme van die skema is die Uitvoerende Bestuurslede betaal vir die waardeverhoging van voorkeuraandele bo die uitreikingsprys van die Aandeel Groei Regte.

Indien die bogenoemde eenmalige bedrae buite rekening gelaat word, het die bedryfswins vir die jaar R320,8 miljoen beloop, wat 560,1% hoër is as die R48,6 miljoen van die vorige jaar. Dit is behaal met ’n inkomste van R5 995,7 miljoen (2009: R5 475,8 miljoen), of 9,5% meer as die vorige jaar. Verwys na bladsy 145 vir ‘n rekonsiliasie van die aangepaste wins.

ALG

EMEN

E A

FDEL

ING

B

LA

DS

Y 1

63

Page 30: VISIE MISSIE STRATEGIE BOUSTENE VIR DIE TOEKOMS · maatskappyspesi eke ondersteuning ontvang om hul potensiaal te maksimeer. Die uitbreiding van infrastruktuur om te deel in die sterk

Hierdie grootliks verbeterde bedryfsprestasie kan hoofsaaklik toegeskryf word aan:• die bruto marge-verhoging van 26,5% na 27,8% ten spyte van die hoër koste van rou melk. Die marge-verhoging is moontlik gemaak deur hoër markverkoopspryse, produksie- en primêre kosteverlagings en ’n verbeterde produkmengsel. Verkope-volumes was effens laer as in die vorige jaar• doeltreffende kostebesparings-/stuitingsprojekte, insluitend die vermindering van senior personeellede• ’n laer olieprys wat, benewens brandstofkoste, ook ’n direkte uitwerking het op die koste van plastiek vir verpakkingsmateriaal• verlaagde internasionale bestanddeelpryse• die verlaging van verkoopprys-premies en gevolglike markaandeel- verhogings wat moontlik gemaak is deur die kostebesparing-inisiatiewe wat hierbo genoem is• nasionale melkproduksie wat baie meer in lyn was met die markaanvraag vir suiwelprodukte met die inagneming van bedryfsvoorraadvlakke.

Die kontant-invloei van R1.08 miljard uit die verkoop van die belegging in Danone Clover gedurende Desember 2009 het ’n drastiese effek gehad op skuldvlakke en het netto � nanisieringskoste vir die jaar van R135,7 miljoen na R63,5 miljoen verlaag. Die laer rentekoerse in vergelyking met die vorige jaar, doelgerigte voorraad bestuur, en die gebalanseerde situasie van aanbod van en aanvraag na melk het verder bygedra tot verlaagde skuldvlakke en laer � nansieringsfooie.

Aan die een kant is die Groep se effektiewe belastingkoers verlaag deur die wins op die verkoop van Danone Clover, wat slegs onderhewig was aan Kapitaalwinsbelasting teen ’n effektiewe koers van 14% (in vergelyking met die normale belastingkoers van 28%) en aan die ander kant is dit verhoog deur R52,2 miljoen van Sekondêre Belasting op Maatskappye (SBM). Die SBM was die gevolg van die terugkoop van gewone aandele van HCI en die spesiale dividend wat aan voorkeuraandeelhouers uitbetaal is as deel van die kapitaalherstrukturering wat vroeg in Junie 2010 afgehandel is.

Nadat die bogenoemde nie-herhalende items uitgeskakel is, soos uiteengesit op bladsy 145 en 146, het Wins Vir Die Jaar Van Voortgesette Bedrywighede verhoog van ’n verlies van R83,2 miljoen na ’n wins van R187,6 miljoen, gelykstaande aan ’n 325,5%-verhoging.

Finansiële posisie en kontantvloei Die grootste bewegings op die staat van � nansiële posisie is veroorsaak deur die verkoop van die Groep se belegging in Danone Clover en die kapitaalherstrukturering. Die Groep se skuld het aansienlik verminder na die terugbetaling van skuld wat gevolg het op die kontant-invloei uit die verkoop van Danone Clover. Terselfdertyd het die Belegging in Geassosieerde Maatskappy tot Rnul verminder. Rentedraende Skuld het egter ook toegeneem weens die herklassi� kasie van R107,7 miljoen ekwiteit na skuld wat verband hou met die veranderde aard van die maatskappy se voorkeuraandele.

Na die kapitaalherstrukturering, wat gelei het tot die uitbetaling van ’n totale bedrag van R753,6 miljoen aan aandeelhouers, uitvoerende bestuurslede en adviseurs, het die netto batewaarde wat toerekenbaar is aan die aandeelhouers van die maatskappy verminder met R390 miljoen na R1,05 miljard van die vorige jaar se R1,44 miljard. Netto batewaarde per aandeel het egter verhoog na R16,93 van R16,28. Netto batewaarde per aandeel sou R19,93 gewees het indien die herstrukturering nie plaasgevind het nie. Hoewel die kapitaalherstrukturering met die eerste oogopslag die netto batewaarde per aandeel met sowat R3 per aandeel erodeer het, moet daar in gedagte gehou word dat die voorkeuraandeelhouers voor die kapitaalherstrukturering geregtig was op die meeste van die verklaarde dividende. ‘n Eenvoudige berekening, gebaseer op gepubliseerde netto batewaarde wat aan gewone aandeelhouers toeskryfbaar is, sal dus die werklike netto batewaarde te hoog aangee. Na die kapitaalherstrukturering is gewone aandeelhouers 100% geregtig op die netto batewaardes en winste van die Groep, nadat minderheidsbelang in Groep-maatskappy afgetrek is.

Groep-likiditeit het aansienlik verbeter met netto batewaarde wat tot R510,8 miljoen van R375,1 miljoen verhoog het, voorraad uitgesluit, het netto batewaarde na R44,8 miljoen verhoog van ’n netto bedryfslasposisie van R154,1 miljoen op 30 Junie 2009.

CIL-maatskappy se likiditeit en solvensie het egter op gesigwaarde verswak as gevolg van die kapitaalherstrukturering tot so ’n mate dat CIL se laste sy bates (gedra teen historiese koste) oorskry met R 344,5 miljoen. Die kapitaal -herstrukturering is grotendeels befonds deur middel van ’n lening van R461 miljoen van Clover S.A., ’n vol � liaal van CIL. Op 6 September 2010 het Clover S.A. ‘n dividend van R461 miljoen aan CIL verklaar om die lening effektief af te los en CIL se � nansiële posisie na ‘n netto bate of positiewe ekwititeitsposisie te herstel.

Die Groep se netto kontant van bedryfsaktiwiteite het van R79,7 miljoen tot R347,1 miljoen verhoog. Verbeterde besdryfskapitaalbestuur tesame met die verbeterde winsgewendheid het bygedra tot hierdie positiewe tendens wat gedurende die vorige jaar begin het.

Wanneer die opbrengs uit die verkoop van Danone Clover vir R1,08 miljard buite rekening gelaat word, was kontantvloei wat in beleggingsaktiwiteite gelyk aan kapitaal uitgawes wat R103,6 miljoen en R209,5 miljoen onderskeidelik vir 2010 en 2009. Ook ingesluit in die kontantvloei van beleggingsaktiwiteite is R148,9 miljoen opbrengs uit die verkoop van die Boksburg-fabriek en pakhuis aan Danone Clover en die gelyktydige herbelegging van dieselfde bedrag in daardie maatskappy.

Kontantvloei uit � nansieringsaktiwiteite re� ekteer ’n gesonde netto verlaging van skuld van R412,0 miljoen en ’n verdere R50 miljoen vermindering in die � nansiering van voorkeuraandele in Clover S.A. Hierdie skuldvermindering, tesame met die R370,0 miljoen spesiale dividende en R341,0 miljoen se terugkoop van gewone aandele in terme van die kapitaalherstrukturering is meestal befonds deur die opbrengste uit die verkoop van Danone Clover vir R1,08 miljard.

Die Groep het geëindig met ’n netto toename in kontant vir die jaar van R155,3 miljoen, grootliks verlaagde skuldvlakke en ’n herstruktureerde kapitaalstruktuur wat toekomstige kapitaal-invloei sal bevorder.

SegmentverslagdoeningDie suiwelbesigheid het daarin geslaag om aansienlik op die vorige jaar te verbeter en dit het meestal bygedra tot die Groep se verbeterde bedryfsprestasie. Al die bogenoemde eenmalige transaksies het in die suiwelbesigheid plaasgevind en is dus by hierdie vergelyking uitgesluit. Gedurende die vorige jaar is die suiwelsegment teruggehou deur die nasionale melksurplus, wat verkoopspryse afgedruk het, asook geweldige verhogings in inset- en ander vaste koste. Soos hierbo genoem, is hierdie negatiewe tendense gedurende die huidige jaar omgeswaai.

Nie-alkoholiese drankies, wat baie meer beïnvloed word deur ver-bruikerbesteding-patrone het weer uitsonderlik presteer in ’n tydperk toe die resessie besteding oor die algemeen onderdruk het. Bedryfswins het met 15,5% van R 94,1 miljoen in die vorige jaar tot R108,7 miljoen in 2009/10 gegroei. Wins Vir Die Jaar het met 9,4% tot R 84,8 miljoen van R77,5 miljoen in die vorige jaar toegeneem.

Die Groep tree hoofsaaklik in die geogra� ese gebied van Suid-Afrika op. Die inkomste en bates van die bedrywighede buite Suid-Afrika is onbeduidend. Gevolglik word dit nie toepaslik geag om volgens geogra� ese segment verslag te doen nie.

LJ Botha

Hoof Finansiële Beampte

FINANSIËLE VERSLAG

ALG

EMEN

E A

FDEL

ING

B

LA

DS

Y 1

64

Page 31: VISIE MISSIE STRATEGIE BOUSTENE VIR DIE TOEKOMS · maatskappyspesi eke ondersteuning ontvang om hul potensiaal te maksimeer. Die uitbreiding van infrastruktuur om te deel in die sterk

Die Sekretaris van Clover Industries Beperk, Hermanus Bernardus Roode, serti� seer dat Clover Industries Beperk voldoen het aan al die vereistes van die Maatskappywet en meer spesi� ek dat alle opgawes vereis om deur ’n openbare maatskappy ingedien te word in terme van die Maatskappywet, 1973, soos gewysig, by die Registrateur ingedien is en dat die opgawes waar, korrek en op datum is, en dat, ingevolge Artikel 302, ’n kopie van hierdie jaarlikse � nansiële state aan elke persoon gestuur is wat daarop geregtig is in terme van die Wet.

HB Roode

Sekretaris

SERTIFIKAAT DEUR SEKRETARIS (INGEVOLGE ARTIKEL 268G(D) VAN DIE MAATSKAPPYWET)

ONTLEDING VAN AANDEELHOUDINGGetal aandeel-

houers% aandeel-

houersGetal aandele

% uitgereikte aandele

GEWONE AANDELE

Kategorieë

Banke/genomineerdes 1 0,4% 68 256 0,1%

Individue 210 74,2% 26 688 201 43,0%

Korporatiewe liggame 2 0,7% 179 357 0,3%

Direkteure en Sleutel-bestuurslede 14 4,9% 12 936 057 20,9%

Clover Milk Producers Trust 1 0,4% 10 188 618 16,5%

Maatskappye 55 19,4% 11 864 492 19,2%

Totaal 283 100,0% 61 924 981 100,0%

GEWONE AANDELE

Grootte van aandeelhouding

1 - 1 000 3 1,1% 1 725 0,0%

1 001 - 5 000 8 2,8% 24 405 0,0%

5 001 - 10 000 9 3,2% 67 197 0,1%

10 001 - 50 000 64 22,6% 1 797 675 2,9%

50 001 - 100 000 60 21,2% 4 379 898 7,1%

Meer as 100 000 139 49,1% 55 654 081 89,9%

Totaal 283 100% 61 924 981 100%

VOORKEURAANDELE

Kategorieë

Banke/genomineerdes 19 4,3% 25 336 340 28,3%

Individue 39,7 89,8% 9 382 407 10,5%

Korporatiewe liggame 1 0,2% 39 878 0,0%

Direkteure en Steutel-bestuurslede 10 2,3% 15 432 171 17,3%

Maatskappye 13 2,9% 14 250 046 15,9%

Beleggingstrusts 2 0,5% 25 001 180 28,0%

Totaal 442 100,0% 89 442 022 100%

VOORKEURAANDELE

Grootte van aandeelhouding

1 - 1 000 73 16,5% 40 362 0,0%

1 001 - 5 000 66 14,9% 183 203 0,2%

5 001 - 10 000 61 13,8% 457 089 0,5%

10 001 - 50 000 140 31,7% 3 368 891 3,8%

50 001 - 100 000 45 10,2% 3 377 739 3,8%

Meer as 100 000 57 12,9% 82 014 738 91,7%

Totaal 442 100% 89 442 022 100%

ALG

EMEN

E A

FDEL

ING

B

LA

DS

Y 1

65

Page 32: VISIE MISSIE STRATEGIE BOUSTENE VIR DIE TOEKOMS · maatskappyspesi eke ondersteuning ontvang om hul potensiaal te maksimeer. Die uitbreiding van infrastruktuur om te deel in die sterk

ADMINISTRASIEGeregistreerde kantoor

Constantiarylaan 200, Constantia Kloof, 1709 Posadres Posbus 6161, Weltevredenpark, 1715 Telefoon (011) 471 1400 Telefaks (011) 471 1504 Internetadres

www.clover.co.za Eksterne ouditeure

Ernst & Young Incorporated Bankiers Die Absa Groep Eerste Nasionale BankInvestec Bank Maatskappyregistrasienommer

2003/030429/06

Regsadviseurs

Werksmans Roestoff, Venter and Kruse Schwartz North Kocks and Dreyer Adams & Adams

Handel in ongenoteerde aandele

Besonderhede rakende die aandelemakelaars kan verkry word by: www.clover.co.za

ALG

EMEN

E A

FDEL

ING

B

LA

DS

Y 1

66

Page 33: VISIE MISSIE STRATEGIE BOUSTENE VIR DIE TOEKOMS · maatskappyspesi eke ondersteuning ontvang om hul potensiaal te maksimeer. Die uitbreiding van infrastruktuur om te deel in die sterk

ALG

EMEN

E A

FDEL

ING

B

LA

DS

Y 1

67

Page 34: VISIE MISSIE STRATEGIE BOUSTENE VIR DIE TOEKOMS · maatskappyspesi eke ondersteuning ontvang om hul potensiaal te maksimeer. Die uitbreiding van infrastruktuur om te deel in die sterk