volhoubare sybokhaar produksie riglyne: tot voor …...te stel wat sybokhaarprodusente sal bemagtig...

40
deur E.F. (Smiley) de Beer Geredigeer deur Heidi-Jayne Hawkins en Gretha Snyman Green Choice Serving Nature's Bounty 2013/2014 Uitgawe 3 Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: T ot voor die Plaashek

Upload: others

Post on 03-Mar-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

deur E.F. (Smiley) de Beer Geredigeer deur Heidi-Jayne Hawkins en Gretha Snyman

Green ChoiceServing Nature's Bounty

2013/2014 Uitgawe 3

Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne:

Tot voor die Plaashek

Page 2: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank
Page 3: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

VoorwoordDie wêreld word in die gesig gestaar deur ernstige uitdagings om die gevolge van klimaatsverandering en die oorbenutting van ons natuurlike hulpbronne te oorkom. Daar moet dus opnuut gekyk word na maatreëls wat die volhoubaarheid van produksiestelsels bevorder. Terselfdertyd moet versekering aan die verbruikersmarkte gegee word dat Sybokhaar geproduseer is in ʼn omgewing waar die natuurlike hulpbronne nie agteruitgaan of verwaarloos word nie.

Dié riglyne vervat die beste praktyke van ekonomiese, omgewings, dierewelstand en sosiale verantwoordelikhede. Dit word ondersteun deur ʼn vrywillige selftakseringstelsel wat Sybokhaarprodusente in staat stel om die toepassing van produksiepraktyke te evalueer.

Die strewe is om Sybokhaarprodusente te verbind tot ʼn aaneenlopende plan om die toepassing van praktyke te verbeter. Dit sal die Sybokhaarbedryf in ʼn posisie stel om bewys te kan lewer dat daar aktief in die regte rigting beweeg word. Dit word gekoppel aan ʼn inisiatief om die nuutste tegnologie beskikbaar te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar.

Ek wil my dank oordra aan Sybokhaarprodusente en die verskeie instansies wat entoesiasties tot die ontwikkeling van dié riglyne en self-evaluerinstelsel bygedra het.

Die riglyne sal bydra tot ʼn meer Winsgewende en Volhoubare Sybokhaarbedryf.

Deon SaaymanHoofbestuurder van Sybokhaar SA

1

Page 4: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

2

AgtergrondSuid-Afrika produseer nagenoeg 50.4% van die wêreld se sybokhaar. Sybokhaar Suid-Afrika neem ʼn leidende rol in die ontwikkeling van die Internasionale bedryf wat in die proses is om uit te brei. Dit word in ag geneem dat die beweiding deur bokke tot die agteruitgang van sommige bostipes in die subtropiese ruigte plantegroei kan lei, wat onomkeerbaar is sonder ingryping24. Indien die Sybokhaarbedryf volhoubaar wil wees, moet hierdie en ander landbou- en biodiversiteit hulpbronne bewaar word en waar nodig en moontlik, herstel word. Klimaatsverandering dra by tot die noodsaaklikheid van volhoubare grondgebruik. Die doel van hierdie dokument is om volhoubare en beste praktyk standaarde te beskryf, wat kan dien as ʼn grondslag vir ʼn oudit en sertifiseringsstelsels vir Sybokhaarprodusente en uiteidelik makelaars, verwerkers en vervaardigers. Voorstelle word gemaak rakende die betrokkenheid van produsente in aksienavorsing en om te help om ons landbouhulpbronne te bewaar. Die riglyne sal gereeld opgedateer word om deurlopende navorsing te weerspieël.

Die nakoming van geïntegreerde bedryfstandaarde sal bydra tot die geloofwaardigheid van die Suid-Afrikaanse Sybokhaarbedryf as ʼn wêreldleier in etiese en volhoubare Sybokhaarproduksie.

In leid ingSybokhaarproduksie in Suid-Afrika is hoofsaaklik ekstensief en baie van die produksiegebiede is baie ryk aan plante- en dierelewe. Die Sybokhaarbedryf beskik oor aansienlike potensiaal as bewaarder of rentmeester van die produksiegebiede, beide in terme van die hulpbronne (plantegroei, grond en water) en biodiversiteitsbates. Die Sybokhaarprodusente het die behoefte uitgespreek vir ʼn produksie en mark geïntegreerde benadering wat die bedryf sal onderskei as ʼn volhoubare, biodiversiteits-vriendelike, skoon en etiese bedryf. Dit is in lyn met die veranderende nasionale en internasionale markte waar volhoubaarheid al hoe meer ʼn vereiste is vir toegang.

Gevolglik voldoen hierdie riglyne aan sosiale en omgewings-wetgewing en dit erken die moontlikheid van die verandering van Subtropiese ruigteveld, die plantegroei waarvan die Sybokhaarbedryf grootliks afhanklik is. Daarby word klimaatsverandering en die onderskeie energiebronne in ag geneem.

Sybokhaar word hoofsaaklik in die Suid-Oostelike en Westelike streke van Suid-Afrika geproduseer. Dit is in ʼn gebied van ongeveer 9.8 miljoen hektaar wat nie minder nie as 6 biome (AGIS, 2008) verteenwoordig. Die Albanie ruigteveld, Sukkulente karoo, Grasveld en die Nama Karoo kan beskou word as die belangrikste van hierdie biome. Die belangrikste Sybokhaarproduserende streek van Suid-Afrika (Figuur 1) kan beskryf word as besonders, met ʼn groot verskeidenheid plante- en dierelewe. Grootwild, bv koedoe, kom algemeen in die streek voor en bewaarde roofdiere soos luiperds word in die suidelike en bergagtige streke aangetref. Produsente word ook deurlopend gekonfronteer met roofdiere soos jakkalse en rooikatte, wat verkieslik op ʼn nie-dodelike wyse bestuur behoort te word.

Die volgende beginsels word in die dokument aangespreek:1. Ekonomiese2. Omgewings3. Diere-welsyn4. Sosiale

Elkeen van die beginsels bestaan uit verskeie maatstawwe en aanwysers. Daar word met die riglyne beoog om die pad vir produsente, op hul reis om die beste landboupraktyke toe te pas, te vergemaklik - terwyl dit hulle in staat stel om voor te berei vir oudits en sou hulle dit verkies, om sybokhaar te sertifiseer. Onafhanklike bedryfs-assesserings of sertifisering het die norm geword by die toepassing van die “speur en naspeur” modelle soos “Historic Futures”, wat produkte van produksie tot kleinhandel vlak naspeur. Dié riglyne sal waarskynlik ook die kommunikasie tussen die verskillende sektore in die bedryf verbeter.

Die inhoud van die riglyne gee agtergrond inligting van die beginsels, maatstawwe en aanwysers, terwyl ʼn assesseringsdokument beginsels van die hoofboodskap in ag neem deur die voorgestelde aanwysers te identifiseer, wat ʼn vinnige self-oudit van nakoming moontlik maak. Daar word ook in die riglyne verwys na toepaslike wetgewing waaraan Sybokhaarprodusente behoort te voldoen.

Hierdie dokument is in ooreenstemming met standaarde soos die van Sybokhaar SA. ʼn Aantal Sertifiseringsstelsels, (EU, Global GAP) sowel as die Generiese Bestepraktyk Plaasbestuursriglyne23 (ʼn Green Choice projek wat in vennootskap tussen die Wêreld Natuurfonds en Bewaring Internasionaal, geproduseer is) was ontwikkel met die steun van die volgende instansies:

• Die Sybokhaarkwekersvereniging van Suid-Afrika• Sybokhaar SA• Die Nasionale Wolkwekersvereniging van Suid-Afrika• Die Nasionale Departement van Landbou – Grootfontein• Die Nasionale Departement van Landbou – Pretoria• Elsenburg – Provinsiale Departement van Landbou• Ecocert• Die Dieregesondheid en Produksiegroep van die Suid-Afrikaanse

Veeartseny Vereniging• Kaapse Natuurbewaring• Bewaring Suid Afrika (as ʼn Green Choice Vennootskap projek)• Wêreld Wye Natuurfonds (as ʼn Green Choice

Vennootskap projek)• Die Biodiversiteit en Wyn-inisiatief• Bedreigde Natuurlewe Fonds• Die NSPCA• Woolworths

Ons bedank die volgende persone vir hulle hulp met die opstel van die dokument:

Dr. Gretha Snyman - Department of van Landbou, Bosbou en Visserye – GrootfonteinDr. Heidi-Jayne Hawkins - Green Choice VennootskapDr. Anneli Cloete - Elsenburg – Provinsiale Departement van LandbouDr. Louis du Pissani - Die Nasionale Wolkwekersvereniging van SA Dr.Danie Odendaal - SAVA (Die Veegesondheid en Produksie Groep) Mnr. Gerhard Grobler - Sybokhaar ProdusentMnr. Hugo Lemon - WoolworthsMnr. Bennie Wessels - EcocertMnr Tim Snow - Bedreigde Natuurlewe FondsMnr Jaco van Deventer - Kaapse NatuurbewaringMnr. Arthur Short - Sybokhaar Produsent

Saamgestel deur: Ernest F (Smiley) de BeerHersien en geredigeer deur: Dr. Heidi-Jayne Hawkins, Green Choice Vennootskap, Bewaring Suid-Afrika en Dr Gretha Snyman van die Grootfontein Landbou Ontwikkelings Instituut.

WD
Sticky Note
This paragraph is supposed to be in bold, right?
Page 5: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

Inhoud

3

Voorwoord . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 1Agtergrond. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 2Inleiding . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 2

1. Ekonomiese Beginsel . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 5

1.1 ʼn Rekordhouding strategie is in werking . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 51.2 ʼn Geskrewe plaasgebruiksplan bestaan . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 51.3 Die winsgewendheid van die boerery-eenheid ......................

moet jaarliks beplan word . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 51.4 Die produksiepotensiaal van die grond word ..........................

onderhou en die ekosisteem word beskerm . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 51.5 ʼn Klimaatsverandering strategie bestaan . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 51.6 ʼn Strategie oor energie doeltreffendheid bestaan . . . . . . . . . . . . 5

2. Die Omgewingsbeginsel . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 6

2.1 Landbou en biodiversiteit hulpbronne word ........................... beskerm en volhoubaar gebruik . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 6

2.1.1 Die opstel van ʼn geskrewe grondgebruik plan .....................62.1.2 Grondgesondheid word onderhou of, indien nodig, verbeter . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 62.1.3 Waterbronne op plase word bestuur om water te bespaar en te verseker dat watergebruik wettig is . . . . . . . . . . . 62.1.4 Veld -en Bosbrande word Voorkom . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 92.1.5 Veld en weiding word bestuur om ʼn volhoubare produksie van plantegroei, vee en wild te verseker . . . . . . . . . . 92.1.6 Plantsiektes word voorkom en beheer . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 132.1.7 Verkryging en gebruik van Landbou middels en kunsmis word beheer . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 132.1.8 Die Gebruik van Geneties Gemodifiseerde Organismes word streng beheer . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 14

2.2 Kritieke ekosisteem goedere, dienste en ekologiese prosesse word in stand gehou . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 142.2.1 Kritiese ekosisteem dienste en prosesse word ge-identifiseer en planne vir instandhouding en beskerming word ingesluit in die grondgebruiks-

of bestuursplan . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 142.2.2 Indringerplante wat bedreigings vir biodiversiteit en ekosisteem dienste inhou, word beheer . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 15

2.3 Biodiversiteitsbates en bedreigde ekosisteme word bewaar . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 172.3.1 Bedreigde en beskermde spesies soos omskryf in wetgewing word beskerm . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 172.3.2 Etiese en nie-dodelike beheer van diere wat skade veroorsaak word beoefen. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 172.3.3 Bedreigde ekosisteme word beskerm. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 19

3. Dieregesondheid en Welstand Beginsel . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 19

3.1 Bestuurspraktyke . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 193.1.1 Fasiliteite . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 19

3.2 Diereversorgingspraktyke . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 203.2.1 Kastrasie . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 203.2.2 Kloutjie versorging . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 213.2.3 Knip van Horings . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 213.2.4 Lamtyd . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 213.2.5 Hanslammers . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 213.2.6 Skeertyd . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 213.2.7 Siektevoorkoming . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 213.2.8 Die Identifikasie van Bokke . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 223.2.9 Die Genadedood . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 22

3.2.10 Vervoer . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 223.2.11 Voeding . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 22

3.3 Gesondheid en Siektebeheer Strategie . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 233.3.1 Medisynekamer . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 233.3.2 Die Hantering en gebruik van Entstof . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 233.3.3 Die inspuit van bokke . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 243.3.4 Belangrike bakteriële en virale siektes . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 253.3.5 Interne Parasietbeheer . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 273.3.6 Uitwendige parasiete . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 293.3.7 Dip . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 293.3.8 Dipmiddels . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 303.3.9 Biosekuriteit27 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 30

4. Sosiale Beginsel . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 33

4.1 Menseregte . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 334.2 Basiese voorwaardes van Indiensneming Wet 75 van 1999 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 334.3 Werkverhoudings . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 344.4 Vaardigheidsontwikkeling . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 344.5 Beroepsveiligheid en gesondheid . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 344.6 Sosiale sekuriteit en voordele . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 344.7 Sekuriteit van Verblyfsreg . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 344.8 Produktiwiteit . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 344.9 HIV/VIGS . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 344.10 Kontrakwerkers . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 34

5. Verwysings . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 35

Feitelys 1: Lys van De-registreerde Veeartsenyprodukte . . . . . . . . . . . 36Toevoeging 1: Voorbeeld : Medisynestoor Naspeur- aantekeninge . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 36Toevoeging 2: Voorbeeld : Tropinligting . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 36

Page 6: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

4

Fig. 1 Biome in die Sybokhaar produksiegebied van Suid Afrika. Vir ʼn meer volledige plantegroeikaart soos bepaal deur “STEP” (“Subtropical Thicket Ecosystem Project”) besoek http://bgis.sanbi.org/step/vegetation.asp.

Bio

me

in d

ie s

ybok

haar

P

rod

uksi

e ge

bied

Page 7: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

5

Finansiële geleenthede in goeie plaasbestuur !!Vermindering van belastingDie deelname aan ʼn bewaararea program en die totstandkoming van ʼn Natuur Reservaat sal ʼn nul basis vir belasting tot gevolg hê.

Vermindering in Risiko’sOm te behoort aan ʼn brandbestuur organisasie kry u ondersteuning en kwytskelding van die gevolge van brandskade.

Ekosisteem diensteEkosisteem Dienste kan as voordele wat mense uit die omgewing put, beskryf word. Die oorgrote hoeveelheid van dié dienste word as vanselfsprekend aanvaar, maar dit is tog noodsaaklik vir ons welstand.

Die volgende vier onderafdelings is deur die millenium ekosisteem assessering ge-identifiseer en dien as basis vir verdere ontwikkeling op die gebied;i) Lewer dienste (bv. water, voedsel, medisyne en genetiese hulpmiddels)ii) Reguleer dienste (bv. vloedbeheer, plaag-beheer, bestuiwing en plantebenutting)iii) Ondersteun dienste (bv. primêre produksie en voedselverspreiding)

iv) Kulturele dienste (bv. ontspanning, geestelike en kulturele voordele)

1. Ekonomiese Beginsel

Die ekonomiese beginsel onderskryf die noodsaaklikheid dat ʼn boerderyeenheid ekonomies moet wees en dat produksie gehandhaaf en moet kan uitgebrei word. Dit beteken dat die natuurlike en aangeplante weiding, vee en die praktyke op ʼn plaas met die klimaat, grond, water en die topografie integreer word om ʼn lewensvatbare inkomste vir die produsent te handhaaf en te verbeter. Onderafdelings van die beginsels is van verskeie bronne ontleen en kan uitgebrei word na:

1.1 ʼn Rekordhouding strategie is in werkingRekords behoort van elke faset van die boerdery gehou te word met die fokus op ge-integreerde lewendehawe bestuur. Dit beteken dat die produsent aktief rekords moet hou van dierewelstand, veld toestand, plae en siektes. Rekordhouding fasiliteer ook goeie naspeurbaarheidspraktyke wat toenemend as ʼn bemarkingsvereiste dien.

1.2 ʼn Geskrewe plaasgebruiksplan bestaanDie plaas-area behoort gekarteer te wees en risiko faktore soos buffersones moet ge-identifiseer word. Klimaatsverandering behoort in gedagte gehou te word en daar behoort strategieë te wees om die invloed daarvan te versag, aanpassings te maak en dit te implimenteer.

1.3 Die winsgewendheid van die boerery-eenheid moet jaarliks beplan wordOm ekonomies volhoubaar te wees, is dit belangrik dat ʼn toekomsvisie, plaasgebruiksplan en ʼn bemarkingstrategie saam met ʼn finansiële plan ontwikkel word en jaarliks hersien word. Produksie inligting en rekords van produksie, verliese, bates en laste sowel as inkomste en uitgawes moet gehou en jaarliks hersien word. Finansiële jaar resultate moet gehou word om die waarde van kort en langtermyn produksiebesluite, wat ook op ander boerderyaktiwiteite van toepassing is, te bereken. Dit sal ʼn aktiewe bestuur van die plaas tot gevolg hê en deurlopende verbetering moontlik maak. Dit kan so eenvoudig wees as om self rekords te hou!

1.4 Die produksiepotensiaal van die grond word onderhou en die ekosisteem word beskermʼn Volhoubare besigheid is afhanklik van ʼn volhoubare plaasgebruiksplan. Belastingkortings word aangebied aan produsente wat by ʼn bewaringsplan inskakel.

1.5 ʼn Klimaatsverandering strategie bestaanDie effek van klimaatsverandering word besef en ʼn strategie om die invloed (soos afwisselende reënval) daarvan te beperk, word waar moontlik ontwikkel. Waar ʼn Suid Afrikaanse produsent ʼn bewys kan lewer dat sy grond se koolstofvlakke oor tyd toegeneem het, bestaan daar die potensiaal dat daar ekonomiese voordele in toekomstige koolstof verhandeling/transaksies kan wees.

1.6 ʼn Strategie oor energie doeltreffendheid bestaanOm praktyke toe te pas wat energie-doeltreffend is en ʼn vermindering van koolsuurgasvrystellings in die atmosfeer teweegbring, soos om van sonkrag en wind gebruik te maak.

Page 8: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

6

2. Die Omgewingsbeginsel

Die samelewing ontleen heelwat noodsaaklike goedere en krities belangrike lewensondersteunende dienste uit ekosisteme.

In ʼn ekstensiewe lewendehawe bedryf soos Sybokhaarproduksie sal die deeglike bestuur van natuurlike hulpbronne (grond, water en veld) tot die instandhouding van biologiese diversiteit, die funksionering van ekosisteme en dus ekosisteem goedere en dienste bydra. Wanneer dit reg toegepas word, is lewendehawe produksie dikwels die mees geskikte vorm van weiveld benutting.

Daar is kommer oor die beweiding van die subtropiese ruigteveld met bokke omdat bokke in die verlede, op sekere plekke, ʼn dramatiese verandering van veldtipe tot gevolg gehad het. Terwyl daar produsente is wat hulle op die instandhouding en die herstel van ruigteveld toespits, is daar ander wat onbewus is daarvan dat digte, smaaklike ruigteveld in ʼn sogenaamde vals savanna kan verander, waar daar net enkele oorspronklike bome oorbly. Produsente dink soms dat die vals savanna beter vir produksie is sonder om in ag te neem dat dié plantegroei onstabiel is en slegs ʼn tussenfase verteenwoordig van ʼn glybaan na ʼn woestynomgewing waar net opslaggrasse en indringers groei24

Produsente word aangemoedig om smaaklike ruigteveld waar moontlik te herstel en om betrokke te raak by populêre navorsing in die verband.

Dié riglyne moedig die totstandkoming van bewaarareas aan waardeur produsente verantwoordelikheid aanvaar vir die bewaring van fauna en flora vir die nageslag. Behalwe die bewaring van kritiese ekosisteme, sal doeltreffende brandbestuur, bodem, water en indringerplant bestryding sowel as ʼn vermindering in afval en kunsmis tot beide die biologiese instandhouding en hulpbronne aanleiding gee.

Die omgewingsbeginsel onderskryf dus dat (i) landbou en biodiversiteit hulpbronne bewaar en dit volhoubaar gebruik word, (ii) kritiese ekosisteem dienste en ekologiese prosesse word instandgehou en (iii) natuurlike bates word beskerm. Die standaarde vir dié beginsel is van verskeie bronne ontleen1, 2-3, 8,14 en kan soos volg op uitgebrei word:

2.1 Landbou en biodiversiteit hulpbronne word beskerm en volhoubaar gebruikArtikel 29 van die Bewaring van die Landbou Hulpbronne Wet (Wet 43 van 1983) (CARA) stel die minister in staat om regulasies te publiseer om die doelwitte van die Wet te bereik. Dit moet voorsiening maak vir die bewaring van die natuurlike hulpbron om die produksievermoë van plaasgrond in stand te hou deur die voorkoming en regstelling van erosie, die agteruitgang van die waterhulpbron te keer, en deur die beskerming van plantegroei sowel as die bestryding van onkruid en indringerplantegroei. Regulasies is gepubliseer (GN R1048 GG 10029 van 25 Mei 1984 soos aangepas – GN R280 GG 22166 van 30 Maart 2001).

Deelname aan NavorsingU hulp is nodig om beter bestuursriglyne vir

subtropiese ruigteveld daar te stel.

Kontak: HJ Hawkins ([email protected])

2.1.1 Die opstel van ʼn geskrewe grondgebruik plan ʼn Grondgebruik plan behoort alle erodeerbare gronde, waterweë, plantegroei, indringerplantegroei, topografie, boerdery en natuurlike gebiede te identifiseer. Verskillende grondtipes het verskillende erodeerbaarheidsvlakke en kan daarvolgens gekategoriseer word (gronde met ʼn goeie struktuur en hoë klei inhoud is geneig om meer bestand te wees teen erosie in vergelyking met sanderige, ongestruktureerde gronde). ʼn Grondgebruik plan bevat normaalweg ʼn kaart en afhangende van die grootte van die onderneming sal die kaart met teks aangevul word.

2.1.2 Grondgesondheid word onderhou of, indien nodig, verbeterDie CARA wetgewing poog om te verseker dat die grondtoestand onderhou word deur die toepassing van goeie landboupraktyke. Die toestand van grond is ʼn begrip wat die chemiese, fisiese en biologiese werking van gronde ondervang (Lanz, 2009), en waarvan grondkoolstof ʼn volmag gee. Boerderypraktyke wat kan lei tot ʼn verhoging in koolstof (volgens Leu, 2007), sluit in: minimum en deklaag bewerking, probeer om ten alle tye te verseker dat die grond bedek is, die gebruik van stikstof bronne tesame met ʼn koolstofbron soos kompos, mis deklaag, groenbewerking en peulplante; die verminderde gebruik van biologiese middels wat voordelige mikro-organismes wat humus vervaardig, siektes onderdruk en nutriente aan plant beskikbaar maak, benadeel.

“ ʼn Verhoging van die grond se koolstofinhoud gee aanleiding tot verhoogde lewendehawe produksie”

Richardson D 2009 voordrag by die “Green Choice” Forum vir Volhoubare Lewendehawe op Grasveld.

Die eerste stap om die gesondheid van die grond te onderhou is om gronderosie te minimaliseer. Dit is die enigste vir grond wat geredelik met wetgewing beheer kan word, en meestal van toepassing op bewerkte grond. Sybokhaar produksie is ekstensief en die stappe word elders verduidelik14. Gronderosie kan beinvloed word deur die infrastruktuur op plase: die gebruik van swaar masjinerie behoort vermy te word wanneer toestande nat is. Dit kan kompaksie veroorsaak wat die grondstruktuur afbreek; paaie behoort op die regte plekke gebou en onderhou te word om ʼn verlies aan grond te beperk. Roetes behoort geselekteer te word en so uitgelê word dat sensitiewe areas soos inheemse woude, spesiale plant gemeenskappe, broei-areas, vleilande, argeologiese en historiese plekke en ander natuurlike bates, vermy word. Die bou van rivier oorgange behoort nie te lei tot die opdamming van die rivier nie, en paaie moet nie die hidroliese vloei van ʼn vleiland onderbreek nie. Paaie moet riviere teen regte hoeke oorsteek en die ingaan en uitgaan areas moet met gras bedek wees. Alle paaie moet voorsien wees van behoorlike dreinering en die dreine moet met gras of plaveisel bedek wees. Die korrekte aantal dreine moet voorsien word om in die helling behoeftes van die pad te voorsien. Pad afloopslote en plaasbrûe moet die 1:10 jaar vloedlyn of die 1:20 jaar vloedlyn in die geval van primêre paaie, in ag neem. Indien ʼn brug, afloopslote of pad die waterweë benadeel in terme van artikels 21(c) en 21(i) van die Nasionale Water Wet, mag dit nodig wees om aansoek te doen vir ʼn watergebruik lisensie. Daar is egter voorsiening gemaak onder Algemene Goedkeurings wat die noodsaaklikheid van ʼn watergebruik lisensie onder sekere omstandighede onnodig maak. (GN 26187 GG 398 en 399 van 26 Maart 2004, www.dwa.gov.za).

2.1.3 Waterbronne op plase word bestuur om water te bespaar en te verseker dat watergebruik wettig is Die Nasionale Water Wet 36 van 1998 (NWW) is die primêre wet wat watergebruik in Suid-Afrika reguleer. Die Wet bepaal dat waterbronne doeltreffend en effektief gebruik word. Produsente

Page 9: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

7

moet die kategorie van watergebruik (soos gelys in artikel 21 van die Wet), wat van toepassing op hul boerdery bedrywighede is, bepaal (www.dwa.gov.za). Werkstukke om water volhoubaar te gebruik sluit in die identifisering van waterweë en hul oorsprong in ʼn grondgebruikplan, die verwydering van indringerplantegroei, die monitering van grondwatervlakke, effektiewe besproeiing, dam ontwerp en toevoerpype wat water van areas met oorvloed na areas waar daar tekort is vervoer, sowel as die handel in water en die aanbied van water met verpligte lisensies. Besproeiing gebruik ongeveer 56% van al ons water, maar die gebruik is minimaal in die lewendehawe bedryf. Water vir vee is ʼn konstitusionele reg in Suid-Afrika. Ekstensiewe lewendehawe produksie, net soos droëland landbou, benodig nie magtiging as ʼn watergebruiker nie en word nie deur die NWW beheer nie. Die volgende word aanbeveel:• Voldoende veldbedekking moet verseker word om vog te

behou en om erosie te voorkom.• Waterbronne moet volhoubaar en voldoende vir boerdery

vereistes wees. Waar nodig behoort water vir kwaliteit getoets te word en die lewering daarvan behoort gemoniteer te word, bv boorgate moet getoets word en tot volle kapasiteit gebruik word.

• Die kwaliteit van water moet voldoende wees vir die inname deur diere

• Windpompe moet voorsien word van outomatiese remstelsels om water te bespaar wanneer damme vol is.

• Die besoedeling van waterbronne behoort voorkom te word en spesiale sorg moet getref word om skadelike afloop te voorkom.

Die volgende kategorie van watergebruik (soos gelys in Artikel 21 van die Wet) is van toepassing op ʼn boerdery.

Skedule 1 WatergebruikWater gebruik word gemagtig in terme van die feit dat die gebruik

daarvan ʼn Skedule 1 aktiwiteit, soos omskryf in die Nasionale Water Wet 36 van 1998, is.• Water word van ʼn waterbron gekry waarvan ʼn persoon wetlike

toegang vir huishoudelike gebruik het, kleinskaalse tuinmaak wat nie kommersiële doeleindes het nie, en die voorsiening van water vir diere (uitgesluit voerkrale)

• Waterafloop van ʼn dak word gestoor en gebruik.Dit is in die gevalle nie nodig dat die verbruiker moet aansoek doen vir ʼn lisensie nie. Bestaande wettige gebruik van waterDie bestaande wettige gebruik van water is in lyn met die gebruik gedurende die 2 jaar voor die publisering van die Nasionale Water Wet op 1 Oktober 1998. Watergebruik moet by die DWW geregistreer word. Die Departement sal die watergebruik verifieer en bekragtig. Bekragtiging sal bevestig hoeveel water die verbruiker gebruik het in die vasgestelde periode, vir hoeveel daar geregistreer is en ook hoeveel water tans gebruik word. Verifikasie bepaal die omvang van die huidige wettige watergebruik. Dit bepaal in effek of enige vorige wetgewing die gebruik gedurende ʼn bepaalde periode beperk het. Indien nie, is die gebruik in die bepaalde periode wettig. Indien watergebruik nie geregistreer is nie, is die gebruik onwettig.

Algemene Goedkeuring vir WatergebruikWater verbruik word gemagtig in terme van ʼn Algemene Magtiging wat gepubliseer is in die Nasionale Water Wet 36 van 1998.• Die neem en stoor van water is binne sekere perke en voldoen

aan die vereistes wat uiteengesit word in die Staatskoerant No.26187 No.399 wat op 26 Maart 2004 gepubliseer is.

• Die verwydering van afval op so ʼn manier dat waterbronne benadeel mag word is slegs toelaatbaar indien die verwydering binne die perke en vereistes val soos uiteengesit in die Staatskoerant No.26187 No.399 wat 26 Maart gepubliseer is.

• Die belemmering of verandering in die vloei van ʼn rivier in ʼn waterloop word toegelaat indien die vereistes en kondisies soos uiteengesig in die Staatskoerant No.26187 No.398, gepubliseer op 26 Maart 2004, nagekom word.

• Die verandering van die waterbed, oewers, rigting en eienskappe van ʼn waterloop word toegelaat indien die vereistes en kondisies soos uiteengesit in die Staatskoertant No. 26187 No.398, gepubliseer op 26 Maart 2004, dit toelaat.

Baie belangrik: ʼn Algemene Magtiging laat nie die gebruik van water van ʼn vleiland toe nie, daarvoor word ʼn lisensie benodig.

Gelisensieerde WaterverbruikWaterverbruik word gemagtig in terme van ʼn lisensie uitgereik kragtens die Nasionale Waterwet 36 van 1998 :• Die neem en berging van water moet gelisensieer word, tensy

dit ʼn skedule 1 gebruik is of dit in terme van ʼn Algemene Magtiging toegelaat word.

• Die belemmering of die aflei van die vloei van water uit ʼn waterloop is geregistreer en gelisensieer mits sodanige gebruik nie binne ʼn algemene magtiging (wat registrasie mag vereis ) of ʼn bestaande wettige watergebruik val nie.

• Die verandering van die waterbed, oewers, rigting of eienskappe van ʼn waterloop is geregistreer en gelisensieer met dien verstande dat sodanige gebruik nie binne ʼn algemene magtiging (wat registrasie mag vereis ) of ʼn bestaande wettige watergebruik, val nie.

• Die verwydering van afval op ʼn wyse wat watergebruik nadelig kan beïnvloed, is geregistreer en gelisensieer, mits sodanige gebruik nie binne ʼn algemene magtiging (wat registrasie mag vereis ) of ʼn bestaande wettige watergebruik, val nie.

Ekosisteem goedere en d iensteGoedere: • Voer• Hout• Water• Natuur

Dienste:• Water suiwering• Voorkom erosie• Grond nutrient wisseling

• Berging van grond koolstof

• Bestuiwing van gewasse deur voëls,

insekte en soogdiere.

• Plaagbeheer

Page 10: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

2.1.3.1 Vleilande en waterloop-beskerming

Vleilande word gedefinieer in die Nasionale Waterwet as “grond wat ʼn oorgang vorm tussen land-en water stelsels waar die watertafel gewoonlik by of naby die oppervlak geleë is, of die grond van tyd tot tyd met vlak water bedek is, en wat huidiglik, of wat onder normale omstandighede, plantegroei ondersteun wat aangepas is by lewe in deurweekte grond. Vleilande, moerasse, sponsgebiede en waterlope word beskerm in terme van Regulasie 7 van CARA en die NWW:• Die benutting van plantegroei in ʼn vleiland (vlei, moeras of

sponsgebiede), behoort nie skade aan die landbouhulpbronne (gedefinieer as grond, waterbronne en plantegroei, maar met uitsluiting van onkruid en indringerplante) aan te rig nie.

• Die benutting van plantegroei binne ʼn vloedgebied van ʼn waterloop of binne 32 meter (NEMA) horisontaal buite die vloedarea, mag nie skade aan die landbou-hulpbronne aanrig nie.

• Geen verbouing of dreinering van vleilande, insluitend grond binne die vloedgebied of binne 32 meter (NEMA) horisontaal buite die vloedgebied van ʼn waterweg word toegelaat nie, tensy magtiging verkry is van die uitvoerende beampte van die toepaslike landbou departement en tensy die aktiwiteite plaasgevind het voor 1 Junie 1984. Landbougrond moet egter steeds beskerm word teen ekstensiewe verlies van grond as gevolg van erosie wat deur water veroorsaak word.

2.1.3.2 Die Bestuur van vleilande

Die DWW het ʼn gids oor die identifisering van vleilande deur middel van grond, plantegroei en plasing in die landskap, gepubliseer. Dit is verkrygbaar by www.dwa.gov.za. Grond van vleiland kan gedefinieer word as ʼn area wat vir ʼn lang genoeg periode onder water lê om te verseker dat dit deurweek is. Dit is die dominante faktor wat die diagnostiese eienskappe van die grond bepaal, in die teenwoordigheid van veelkleurige of blougryserige en kleierige horisonne as gevolg van die anaërobiese toestande.

Boere moet vleilande en waterweë identifiseer, karteer en dit beskerm of rehabiliteer, soos toepaslik. Vleilande moet nie beplant word met gewasse nie, uitheemse indringerplante moet verwyder word en brand en weidings moet beheer word.

2.1.3.3 Die Bestuur van Oewergebiede

Houtagtige plante, riete, biesies, watergras en hygrophilous grasse in owergebiede is duidelike aanduidings van ʼn waterloop wat nie beplant moet word met gewasse binne 10m van die oewer nie (CARA, Regulasie 7). Inheemse plantegroei langs die waterweë behoort nie verwyder te word nie en waar dit verwyder is behoort die hervestiging van geskikte inheemse plante oorweeg word.

2.1.3.4 Regulasies oor die Vloeipatroon van Water

Die vloeipatroon van afloopwater word gereguleer deur Regulasie 8 van CARA :• Geen afloop water uit ʼn waterweg mag herlei word na ʼn ander

waterweg nie, tensy dit gemagtig is deur die Departement van Landbou of die Nasionale Wet op Omgewingsbestuur (NEMA), met die goedkeuring van die Departement van Waterwese (DWW).

• Die natuurlike vloeipatrone van water op ʼn plaas mag nie versteur word deur versperrings nie, tensy die versperring nie sal lei tot die uitermatige verlies van grond nie.

• Bestaande obstruksies van die natuurlike vloeipatroon van afloopwater mag nie verwyder of verander word indien dit sal lei tot die uitermatige verlies van grond nie.

2.1.3.5 Berging van water

Berging van meer as 10000 m³ water per dam vereis registrasie by DWW. Die veiligheid vereistes vir damme, soos uiteengesit deur die DWW, insluitend roetine inspeksies, moet nagekom word. Enige dam met ʼn wal van minder as 5m hoog, vereis nie registrasie in terme van dam veiligheid nie. Registrasie word in sekere gebiede vereis vir die onttrekking van water.

2.1.3.6 Besproeiing Bestuur

Besproeiing word beheer deur beide CARA en die Nasionale Waterwet. Eersgenoemde vereis dat die land wat besproei word beskerm word teen versuiping en versouting. Van die volgende maatreëls mag vir elke spesifieke situasie nodig wees :• opgaardamme, vore en toevoerkanale wat gebruik word vir

besproeiingswater moet ondeurdringbaar wees.• ʼn land word nie besproei met water waarvan die soutvlakke te

hoog is nie.• grondbewaringswerke word gebou sodat oortollige oppervlak

en ondergrondse water weggevoer en versuiping en die versouting van laagliggende lande voorkom word.

• kunsmis wat kan bydra tot versouting moet vermy word. Grond verbeterings moet toegedien word tot grond wat tekens toon van verbrakking.

Bestaande besproeiingsboere (of waterverbruikers) moet hul waterverbruik registreer by die Departement van Waterwese.

Beste praktyke moet in werking gestel word om doeltreffende toediening van water te verseker:• tydsberekening en hoeveelheid besproeiing moet rekening hou

met die tipe grond, tipe gewas, ouderdom en weerstoestande. Skeduleringstegnieke wat óf die direkte meting van grondwater status (Grondboor, spannings -meter of neutronboor) of beraamde grondwater inhoud met behulp van rekenaarmodel berekening en wat weerdata insluit, moet gebruik word.

• Rekords behoort gehou te word: m3/ha/ jaar tipe gewas besproeiingsmetode• Waterverbruik behoort gemeet te word om akkurate kwantifi-

sering van water wat toegedien is te verseker. Rekords moet gehou word om vergelykings tussen gelisensieerde toekennings (of geregistreerde gebruik) en werklike gebruik te maak.

• Nuwe besproeiingskemas moet ontwerp word in ooreenstemming met die standaarde wat gespesifiseer word in die Besproeiing Ontwerp Handleiding 1997, ISBN 1-919685-11-1 wat gepubliseer is deur die Instituut van Landbou-ingenieurswese, Landbounavorsingsraad (www.arc.agric.za). Spesiale aandag moet gegee word aan die grondvog houvermoë, infiltrasietempo en chemiese beperkings van die grond of waterbron. Magtiging van nuwe besproeiingsprojekte is ʼn vereiste van die Departement van Waterwese.

• Besproeiing stelsels moet in stand gehou word en jaarliks nagegaan word om te verseker dat die stelsel in ooreenstemming is met die ontwerp spesifikasies.

• Die kwaliteit van besproeiingswater moet gereeld gemonitor word om enige verswakking van grond tot die minimum te beperk en om gewasse te onderhou.

• Verbrakking (opeenhoping van soute in die grond wat ʼn negatiewe invloed op die volhoubaarheid van grond en dus die produksie van gewasse het) word oor die algemeen veroorsaak deur die swak bestuur van water soos onvoldoende dreinering of oorbesproeiing. Grondeienaars behoort te verseker dat hierdie oorsake vermy word.

8

Page 11: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

9

2.1.4 Veld -en Bosbrande word VoorkomVuur kan beide ʼn vriend en vyand wees met betrekking tot die bestuur van biodiversiteit. Net een of twee brande op die verkeerde tyd van die jaar, brande wat te dikwels voorkom, of geen brande nie, kan die plaaslike uitwissing van baie spesies veroorsaak. As ʼn grondeienaar is jy verantwoordelik vir die voorkoming en bestuur van alle brande wat op jou land voorkom. Nasionale Wet op Veld -en Bosbrande van 1998. Waar van toepassing sal jy bygestaan word in die nakoming van hierdie regulasies as jy en jou bure ʼn Brandbestydingsvereniging (BBV) stig.

BBV’s is vrywilligersverenigings wat deur grondeienaars gestig word om gesamentlik veldbrande te bekamp, te voorspel, te bestuur en te blus. Die grootste voordeel van ʼn BBV is dat geen vermoede van nalatigheid gebruik kan word in siviele verrigtinge, as gevolg van skade deur die brand, as jy aan ʼn BBV behoort nie, selfs al het die brand op jou eiendom ontstaan. Verder kan hulpbronne meer effektief met die van ander grondeienaars aangewend word om vure meer effektief te bestuur. Brandbane kan gebou word waar dit die beste vir die gebied as ʼn geheel is, nie net vir een eiendom nie.

Waar van toepassing behoort elke eiendom ʼn netwerk van brandpaaie in plek te hê. Die bane moet op die grens van die eiendom geleë wees, tensy ʼn vrystelling van die Minister verkry is of indien ʼn ooreenkoms met die aangrensende grondeienaar aangegaan is om die brandbaan iewers anders binne die BBV te plaas. Brandbane moet strategies geplaas word om die verspreiding van velbrande te beheer maar dit moet hoofsaaklik as ʼn toegangsroete dien, vanwaar ʼn brand bestry kan word. ʼn Sinvolle brandpadbreedte is nie meer as 10m nie moet nie gebrand word gedurende tye wanneer daar ʼn hoë risiko vir brand is nie. Dit is dikwels verkieslik om eenvoudig ʼn “tracer belt“ van twee tot drie meter te hê om vinnige toegang te verseker en die geleentheid te skep om van ʼn teenbrand gebruik te maak. Eienaars moet seker maak dat brandbane geposisioneer en voorberei word op so ʼn manier dat dit die minste versteuring van die grond en biodiversiteit veroorsaak. Die eienaar moet beskermde plante wat in ʼn brandbaan voorkom verplant, of indien moontlik die brandbaan so oprig dat beskermde plante vermy word.

Spesifieke Punte Relevant tot Brandbestuur:• Frekwensie: Die tydsperiodel tussen brande behoort bepaal

te word deur die groeitempo van die bestaande natuurlike plantegroei en sal afhang van die gebied se reënval.

• Seisoen: Oor die algemeen word ʼn winter of vroeë lente brand aanbeveel vir suurgras areas en laat somer of vroeë herfs vir Fynbosareas.

• Intensiteit: Intensiteit word beïnvloed deur die brandstoflading, waterinhoud van die brandstof, relatiewe humiditeit en wind spoed. Die intensiteit kan gemanipuleer word deur die omstandighede te kies, die plek waar die vuur gestig word relatief tot die helling en die wind. Dit sal lei tot die soort vuur wat verlang word.

• Waar ʼn gedeelte van ʼn gebied gebrand het, is dit noodsaaklik om ʼn verskeidenheid van verskillende ouderdomme plante- groei binne ʼn eiendom in stand te hou (ʼn verskeidenheid goedgekeurde brandpraktyke en veld ouderdomme is die beste manier om diversiteit van spesies te handhaaf )

• Stel die bure en die plaaslike munisipale brandweerbeamptes ten minste twee weke voor jou voorneme om te brand in kennis.

• Maak seker dat brandbestrydingstoerusting onderhou word en in ʼn goeie werkende toestand is voor die aanvang van ʼn brandseisoen.

• Hou akkurate rekords van brande, gebruik ʼn kaart van die veld se ouderdom as ʼn basis. Dui die datum en tyd van brande, weerstoestande, ens aan.

• Moenie ʼn gebluste brand vir ten minste twee dae na ʼn brand onbeman laat nie.

• Eenjarige plante is kwesbaar vir die weidingsdruk van vee in die eerste 2 jaar na ʼn brand.

Vir meer inligting, verwys na:Departement van Waterwese se 'Resource materials on National Veld and Forest Fire” Wet Nr 101 of 1998’ www.dwa.gov.za/forestry/fireawareness

2.1.5 Veld en weiding word bestuur om ʼn volhoubare produksie van plantegroei, vee en wild te versekerDie wetgewing wat die gebruik van veld en weiding reguleer is vervat in Artikel 6 van CARA (GN R1048 SK 10029 van 25 Mei 1984 soos gewysig deur GK R2687 van 6 Desember 1985) en dit vereis dat elke grondverbruiker die veld van ʼn boerderyeenheid beskerm teen vernietiging en agteruitgang deur middel van enige manier wat nodig geag word:• alternatiewe wei en rus periodes behoort gebruik te word• verskillende tipes diere behoort aangehou te word• beperking behoort op die aantal kleinvee en grootvee eenhede

op die veld geplaas te word• gebruik grondbewaringswerke om wei en rusperiodes toe te

laat, beskerm die veld teen ʼn uitermatige verlies van grond as gevolg van reën en wind, en die versameling van sedimente van afloopwater.

• verminder die aantal diere as die veld tekens van agteruitgang toon of onttrek weikampe totdat daar voldoende herstel van die veld is.

Regulasie 10 vereis dat elke voorligtingskantoor van die Departement van Landbou oor ʼn kaart beskik wat die dravermoë van die veld aandui, uitgedruk as ʼn gespesifiseerde aantal hektaar per grootvee-eenheid. Aangesien die dravermoë van die tipe grond en die klimaat afhang, mag die voorligtingsbeampte besluit dat die dravermoë van die veld in ʼn boerderyeenheid aansienlik van dié wat op die kaart aangedui word verskil. In hierdie geval, kan ʼn ander drakrag toegepas word en die grondeienaar ingelig word ooreenkomstig die bepalings van Regulasie 17.

2.1.5.1 Weigewoontes en Veldbestuur 15

Voldoende voer is die belangrikste enkele faktor om diereproduksie te verhoog en te stabiliseer. Natuurlike weiding is die goedkoopste bron van dierevoeding. Die korrekte en sinvolle gebruik van weiding is noodsaaklik waar produsente ekstensief met Angoras wil boer. In Suid- Afrika is daar op sekere plekke aansienlike agteruitgang in die natuurlike weiding. Dit word bereken dat die plantdekking in die Karoo-streek gedaal het met 15-20 persent gedurende die tydperk van 1961-1973. Deur onlangse satellietfoto’s te vergelyk met bestaande plantegroei kaarte, is vasgestel dat die Karoo plantegroei aansienlik uitgebrei het tot in die grasveld streek.

Daar is drie faktore wat die samestelling en toestand van die veld bepaal, naamlik klimaat, grond, die weidende dier, of beter weidingsbestuur. Volgens navorsingsresultate wil dit voorkom dat die tipe plantegroei, dws of dit meerendeels uit grasveld, bosveld of struike bestaan, hoofsaaklik bepaal word deur die klimaat wat dit beheer. Die tipe grond en die topografiese eenheid (bv. rant, platgrond of waterweg) is bepalend oor die klimaks spesies, of potensiële klimaks spesies, wat onder spesifieke klimaatstoestande sal groei. Die klimaks plantegroei van enige area is die hoogste vorm in opeenvolging en dit is die mees komplekse plantegroei wat die grond en die klimaat van die gebied kan onderhou. Langtermyn weidingbestuur bepaal en beïnvloed die kwaliteit, spesie samestelling, toestand en produktiwiteit van die plantegroei binne die beperkings wat deur die klimaat en die grond gestel word. Plantegroei is nie staties nie, maar is voortdurend

Page 12: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

10

onderhewig aan verandering, want dit word verander deur, en is in balans met die genoemde omgewingsfaktore soos grond, klimaat en behandelings, wat als faktore is wat kan verander van tyd tot tyd. Die verskynsel van voortdurende verandering in die plantegroei is bekend as opvolging wanneer dit ʼn verbetering van die plantegroei verteenwoordig.

Wanneer weiding deur wanpraktyke soos oorbeweiding en onvoldoende rus vernietig word, word die plantegroei meer yl en ongewens, en minder geskikte plantegroei neem toe. ʼn Geweldige ketting-reaksie word van stapel gestuur gedurende hierdie agteruitgang. Soos die plantegroei meer yl raak, word die mikro - klimaat al hoe meer ongunstig. Die mikro - klimaat is die klimaat wat vanaf grondvlak tot ʼn hoogte van 1,2 meter gevind word. Die grond sal dan al hoe meer onderwerp word aan die nadelige gevolge van die son en wind wat verhoogde verdamping veroorsaak. Die struktuur van die grond sal verswak wat lei tot ʼn afname in grondvrugbaarheid en daar is ʼn verhoogde tempo van erosie. Die veld -en diereproduksie versleg, raak onstabiel en ʼn styging in die koste van landbou is die resultaat.

Die gewenste vorm van verandering is wanneer die weiding verbeter kan word vanaf die pionier fase, deur die verskillende intermediêre fases tot by die klimaks fase en dan die instandhouding van hierdie fase. Die klimaks fase is die hoogtepunt van veldverbetering. In hierdie fase word die grond en plantegroei beter beskerm teen die skadelike effekte van die son en wind, grondvrugbaarheid is hoër, en reënval word meer doeltreffend gebruik. Die mikro - klimaat is gunstig, veld -en diereproduksie verhoog, dit is meer stabiel en boerderykostes is laer.

Met betrekking tot die toestand van die veld, moet die doel wees om die maksimum plantbedekking te kry met die grootste persentasie van klimaksplante in verhouding tot die potensiaal wat toegelaat word met die bestuur en klimatologiese faktore. Met ander woorde, die hoeveelheid, kwaliteit en smaaklikheid van die veld moet verhoog word tot die hoogste moontlike vlak. Ten einde dit te bereik, is die volgende algemene oorwegings van toepassing

2.1.5.1.1 Weigewoontes van vee

Die verskillende soorte vee het verskillende weiding en eetgewoontes ten opsigte van die verskillende plantspesies, seisoene en plantegroei strata. Elke soort dier het potensieel ʼn spesifieke effek op die plantbedekking.

As gevolg van die bok se besondere patroon van veldgebruik is die kanse om suksesvol te wees in die bewaring, benutting en ontwikkeling van die veld groter met die Angorabok as met enige ander tipe kleinvee. Daarbenewens skakel bokke baie goed in by ʼn gemengde veeboerderystelsel. Bokke benut steil hellings, rante en heuwelagtige land baie goed en benut hoofsaaklik struike.

Waar daar voldoende smaaklike bome en struike beskikbaar is sal bokke hoofsaaklik daarop konsentreer. Navorsingsresultate in die Valleibosveld van die Oos-Kaap het getoon dat ongeveer 70 persent van die dieet van die Angora uit struike bestaan. Op proefpersele waar die bekende spekboom (Portulacaria afra) 25 persent van die plantegroei uitmaak, het dit in 34 persent van die Angora se dieet voorsien.

Die bok is geneig om plante van bo af ondertoe te vreet, terwyl skape ʼn omgekeerde patroon volg. Die benuttingsvlak word vertikaal versprei oor ʼn veel hoër stratum as dié van skape of beeste. Die stratum is hoofsaaklik tussen 10 en 160 cm bokant die grondoppervlak.

Bome en struike is gewoonlik ʼn belangrike komponent van die plantegroei in die tradisionele Angora boerdery gebiede. Karoobosveld en grasveldstreke word ook tot ʼn mindere of meerdere mate benut.

Alhoewel Angoras die grootste deel van hul voer van struike en bome in die bosveld verkry, kan hulle net so goed vaar op Karooveld, grasveld, lusernlande, aangeplante weivelde en op droogtebestande voergewasse. Soortgelyk aan ander kleinvee sal die Angora die plantegroei benut wat op ʼn spesifieke oomblik die mees aantreklike is en die beste in sy behoeftes voorsien. Angorabokke maak egter gebruik van ʼn breër spektrum van plantegroei as skape.

Alhoewel Angorabokke hul weidingspatroon kan verander en meer kleiner bossies en gras benut wanneer die voer van bome en struike skaars raak, vaar hulle beter wanneer laasgenoemde bron volop is. Bome en struike bevat gewoonlik voldoende hoeveelhede proteïen om aan produksie en voortplanting vereistes te voldoen. In vergelyking met skape veroorsaak die wei van Angorabokke minder skade aan sensitiewe grondoppervlak plantegroei. Dit sluit ontkiemende plante, jong plante en krone in. Dit is hoofsaaklik te danke aan die feit dat bokke daartoe in staat is om ʼn hoër stratum van die plantegroei te benut. Volgens voerinname studies blyk dit dat die Angorabokke die laagste totale voerinname van al die mees algemene kleinveerasse het.

Bome en struike is sensitief vir oorbeweiding en die meerderheid van die plantegroeispesies is moeilik om te vermeerder omdat hulle stadig groei. Die Mimosa (Acacia Karoo) en die Kriebos spesies (Lycium spp) is van die min uitsonderings insover dit ʼn relatiewe vinnige groei betref.

Voorbeelde van a) ongeskonde en b) degradeerde Sondagsrivier Spekboom ruigte. Die ongeskonde ruigteveld vertoon ʼn bedekking van

bome (bo) wat omring is deur houtagtige struike soos Portulacaria afra. Degradeerde ruigteveld is yl en tuinagtig of ʼn vals savanna domineer

deur Papea capensis.(Opgeneem met die toestemming van Lechmere - Oertel et al, 2005 ).

Page 13: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

Die beskikbaarheid van bome en struike bepaal tot ʼn groot mate die getal Angorabokke wat op ʼn plaas aangehou kan word. Oorbeweiding deur Angorabokke veroorsaak agteruitgang van bos en struikveld, sonder om noodwendig grondoppervlak plantegroei tot dieselfde mate te benadeel. Dit skep ʼn vals indruk van die veld se toestand. Agteruitgang van die bos en struikeveld sal nadelig wees vir die Sybokhaarbedryf.

Navorsing het bewys dat Karooveld wat vir tien jaar aaneenloopend deur Angorabokke bewei is geen agteruitgang getoon het nie maar dat die hoeveelheid meerjarige plante verdubbel het. Met skape het die smaaklike karoobossies onder soortgelyke omstandighede met sowat die helfte afgeneem, met ʼn aansienlike toename in die pioniergrasse. Dit wys dat Angorabokke se invloed op grondoppervlak plantegroei minder skadelik is. As gevolg van sy vermoë om sy voerseleksie tot ʼn groter mate uit te brei kan veld meer intensief en kompleet en vir langer periodes deur Angorabokke as deur skape benut word. Boere moet waak teen die misbruik van hierdie eienskap tot nadeel van die veld. Met ander woorde, oorbeweiding wat uiters skadelike gevolge het, behoort vermy te word.

Angorabokke word soms gebruik om digte boom- en struikeveld (bosveld) deurdringbaar te maak deur drukbeweiding vir lang tydperke. Terwyl daar onmiddellike voordeel getrek kan word uit die praktyk is dit dikwels die beginpunt vir die geleidelike agteruitgang van die bosveld. Digte bos kan doeltreffend oopgemaak word sonder om die bosveld te verswak, sou die korrekte veldbestuur praktyke toegepas word.

Die potensiële grondversteuring of vertrapping faktor van Angorabokke is tussen 20 en 30 persent hoër as dié van Merino skape. Dit dui daarop dat Angorabokke veld meer sal vertrap as skape wat die belangrikheid van korrekte veebeladings beklemtoon. Dit is veral die geval waar daar ʼn gevaar van gronderosie is soos langs rivierbanke, op hellings of waar daar tussen veldtipes gewei kan word (digte bos, of noorsveld). Bykomend tot die bogenoemde sal die veegetalle deur die volgende faktore beinvloed word:

2.1.5.2 Dravermoë

ʼn Spesifieke gebied, afhangende van die plantegroei en die klimaat, kan net voorsiening maak vir die voedingsbehoeftes van ʼn sekere aantal diere. As daar te veel diere aangehou word op ʼn spesifieke gebied sal dit lei tot die agteruitgang van die veld en laer produksie per dier. As ʼn te klein aantal diere aangehou word kan die plantegroei te ruig en houtagtige raak wat ook nadelig vir beide die veld en diereproduksie is. Dit is nodig dat die aantal diere op die veld en die dravermoë van die veld so gelyk as moontlik moet wees. Die term dravermoë weerspieël die produktiwiteit van die plantegroei in ʼn gebied in terme van die oppervlakte wat nodig is om ʼn spesifieke aantal diere oor ʼn lang tydperk en sonder die agteruitgang van die plantegroei of die grond onder ʼn gegewe

bestuurstelsel te onderhou. Dit word uitgedruk as oppervlakte per dier per jaar, bv 20 ha / KVE / jr. ʼn Kleinvee-eenheid is ± 1.36 droë Angorabok ooi.

Daar is faktore wat die getal diere wat in ʼn spesifieke gebied onderhou kan word, bepaal. Hierdie faktore sluit in die ras, verspreiding in ouderdomme, die fisiologiese toestand van die diere (droog, dragtige, lakterende) en die samestelling van die kudde.

Aangesien die drakrag vir ʼn gebied gewoonlik uitgedruk word in terme van kleinvee-eenheid (dws ʼn droë Angorabok ooi) is dit nodig om die ekwivalente aantal van die ander rasse te bereken. Vir hierdie doel is ʼn omvattende lys van diere -eenhede ekwivalente saamgestel.

In hierdie lys word ʼn grootvee-eenheid gedefinieer as die ekwivalent van ʼn bees met ʼn massa van 450 kg wat 500 g/ dag in massa optel, op gras weiding met ʼn gemiddelde droë materiaal % van 55. Deur die omskakeling faktor van ses kleinvee eenhede per grootvee-eenheid te gebruik, kan hierdie lys gebruik word om die aantal diere van verskillende tipes wat gelyk is aan die vasgestelde weidingkapasiteit te bereken.

Met die oog op optimale benutting behoort produsente hul veld deurgaans te bestudeer en te onderhou en die veelading binne die aanvaarbare riglyne aanpas. In hierdie opsig moet kundiges ook gereeld geraadpleeg word.

2.1.5.3 Veld produksie

Heelwat veranderlikes tussen plase en gebiede verhoed dat een spesifieke ideale veldbestuurpraktyk toegepas kan word. Algemene riglyne word egter gegee wat met sekere noodsaaklike aanpassings vir elke gebied, of plaas, die basis van gesonde veldbestuur vorm.

ʼn Produsent behoort goed vertroud te wees met aspekte soos die groeiritme van die verskillende veldsamestellings, dit beteken wanneer hulle bot, groei, blom en saad vorm. Aan die begin van die groeiseisoen begin die groeisiklus van ʼn plant deur te bot en uit te loop. Hierdie nuwe groei, veral in grasse, begin as gevolg van die reserwes wat gestoor word in die blare en stamme, kroon en wortels. Alhoewel Karoobossies nie noodwendig afhanklik is van hierdie reserwes om hul jaarlikse groeisiklusse te begin nie, mag dit wel nodig wees na ʼn lang droogte, of ernstige oorbeweiding.

Na die aanvang van die groeisiklus vind vegetatiewe groei in plante plaas totdat die reproduktiewe fase begin, dit wil sê wanneer blom-en saadvorming voorkom. Die reproduktiewe fase val gewoonlik saam met die tydperk wanneer groei-aktiwiteit op ʼn maksimum is, maar dit kan al veel vroeër begin.

Daar is ʼn rusfase voor die plant weer begin groei aan die begin van die volgende seisoen.

11

Page 14: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

Relatiewe groei-aktiwiteit van plante in die Angorabokboerdery gebiede illustreer dat die Karoobossies, in teenstelling met grasse, twee definitiewe groeifases toon, naamlik in die lente, van ongeveer September tot November, en in die herfs van Februarie tot Mei

Gedurende die middel van die somer groei Karoobossies relatief stadig, waarskynlik as gevolg van die hoë temperature. Alhoewel die groei-aktiwiteit van Karoobossies aansienlik afneem gedurende die winter, is dit beter as somergrasse. Karoobossies het die vermoë om dwarsdeur die jaar te groei wanneer dit reën, maar hulle reageer die beste op laat somer- en herfsreën en minder gunstig op lentereën.

Struike en bome het ʼn lang groeisiklus met ʼn geleidelike toename in groeiaktiwiteit van Augustus tot die einde van Maart. Groei toon ʼn afname wanneer die winter nader kom maar dit neem nie baie af in die winter nie. Spekboom (Portulacaria afra) is ʼn prominente struik in sekere Angorabok boerdery gebiede. Die laagste punt in die groeisiklus is gedurende Augustus waarna groeiaktiwiteit verhoog en redelik konstant bly tot in Mei, waarna dit afplat.

Die somergrasse groei aktief gedurende die somer, maar is dormant in die winter as gevolg van lae temperature. Subklimaks grasse soos die Bewertjiegras (Eragrostis obtusa) en Knietjiesgras (Eragrostis lehmanniana) toon ʼn effens verskillende groeisiklus in vergelyking met klimaksgrasse soos Rooigras (Themeda triandra), Vingergras (Digitaria spp) en Buffelsgras (Panicum spp).

Die beste groeitydperk van subklimaksgrasse is ook gedurende Februarie en Maart, maar daar is ʼn effense daling gedurende Januarie, waarskynlik as gevolg van hoë temperature. Die groei-aktiwiteit van dié grasse bereik ʼn veel laer tempo gedurende die wintermaande as dié van die klimaksgrasse.

Opslag en eenjarige plante, insluitende eenjarige pioniergrasse soos ʼn paar van die Aristida spp., voltooi hul lewenssiklus binne ʼn baie kort tydperk. Hierdie plante is opportunisties van aard en groei aktief gedurende enige tyd van die jaar wanneer daar vog beskikbaar is. Daar is ʼn groot verskeidenheid eenjarige plante met wisselende klimaatstoestand vereistes.

Daar is altyd eenjarige plante wat enige tyd gedurende die jaar op reën sal reageer. Dit is as gevolg van kort lewenssiklusse en omdat hulle voordeel kan trek uit enige rustydperk van ʼn maand of langer.

Die verwydering van die vars groei, wanneer gevestigde plante aan die begin van ʼn groeisiklus uitloop of na ʼn droogte, deur beweiding, lei hoofsaaklik tot fisiologiese skade aan plante. Die skade sluit hoofsaaklik die ontwrigting en verswakking van noodsaaklike prosesse en veral die uitputting en verswakking van die wortelstelsel in. Fisiologiese skade aan plante kan ook plaasvind wanneer daar gedurende die einde van groeisiklusse bewei word, wanneer aanvulling tot wortelreserwes plaasvind. Laasgenoemde is noodsaaklik vir ʼn vinnige en geil hergroei aan die begin van ʼn nuwe siklus. Hierdie groeifases en die maande waartydens fisiologiese skade kan voorkom, is gewoonlik binne die tydperk wanneer groeikurwes begin en / of afneem.

Deur te bewei gedurende die aktiewe groeifase van ʼn plant kan vegetatiewe skade veroorsaak word, wat sal lei tot die vernietiging van plantmateriaal. Opsigself is ʼn matige vegetatiewe skade nie baie nadelig vir ʼn plant nie, maar dit kan lei tot swakker voortplanting (blom-en saadvorming). In ernstige gevalle kan dit die reproduksiefase heeltemal kniehalter wat ernstige fisiologiese skade veroorsaak.

Deur te bewei gedurende die reproduktiewe fase, kan ʼn ernstige uitwerking op die plantegroei hê tensy dit oordeelkundig

gedoen word. Gedurende die stadium sal die diere konsentreer op reproduktiewe materiaal soos knoppe, blomme en sade. Die oorbenutting van reproduksiemateriaal sal lei tot ʼn tekort aan saad vir herlewing en dit sal uiteindelik lei tot ʼn afname (in individue) van spesies in die omgewing.

Gedurende die dormante tydperke (bv. seisoenale droogte en winter) raak die oorgrote meerderheid van plante vegetatief onaktief of dormant. Uitsonderings is ʼn paar tipes Karoobossies, struike en wintergrasse, wat gewoonlik redelik aktief is gedurende die eerste helfte van die winter. Beweiding gedurende die rusperiodes kan die reeds gevormde herlewingsknoppe en groeipunte beskadig of vernietig en dié plante sal met die koms van die nuwe groeifase swak hergroei of swak uitloop toon.

Die feit dat ʼn plant dormant of dood lyk is nie ʼn positiewe bewys dat fisiologiese aktiwiteit in die plant opgehou het nie. Oorbeweiding, of vertrapping van sodanige plante kan ʼn baie skadelike uitwerking op hulle hê. Opslag en eenjarige plante, soos Steekgras (Aristida spp.) is hoofsaaklik onderhewig aan vegetatiewe skade of vernietiging. In hierdie tipe plante speel fisiologiese skade ʼn minder belangrike rol. In gemengde veld vind veral die karoobossieveld baat by laat winter, lente en herfs reën terwyl die somerreën hoofsaaklik grasse bevorder. Reën vanaf laat winter, gedurende die somer tot in die herfs is voordelig vir struike. Groei van karoobossieveld, struike en grasse kan bv. tot dieselfde of verskillende mates vertraag of bevorder word, afhangende van die seisoenale reënval en algemene klimaatstoestande. Dit gebeur soms dat die seisoenale reënval gunstig is vir karoobossies en struike vir ʼn paar jaar en dan weer verander om gunstig te wees vir grasse.

Uit die voorafgaande is dit duidelik dat:(i) Meerjarige grasse word deur bestuurstelsels beskadig wanneer

hulle blootgestel word aan te lang beweiding met te min vee, te kort rusperiodes en swak veldwaarneming.

(ii) Wanneer deurlopende beweiding toegepas word, sal alle groeifases van alle eetbare plante nadelig beïnvloed word.

(iii) Wanneer beweiding gekombineer word met genoeg tyd, son en reën, is dit goed vir die herstel van plante wat vir miloene jare saam met beweidende diere ontwikkel het.

Angorabokke is hoofsaaklik struikvreters en word veral in struikeveld of in veld wat baie struike bevat aangehou. Bome en struike is stadige groeiers en beweidingstelsels behoort vir lang rusperiodes voorsiening te maak, veral in beskadigde struikeveld.

Spekboom is ʼn dominante struik wat in sekere natuurlike gebiede waar Angorabokke voorkom, aangetref word. Dit is ʼn uiters nuttige struikplant wat baie kwesbaar is en maklik oorbewei kan word. Spekboom veld wat verrinneweer is, herstel moeilik.

Navorsing het getoon dat ʼn vryekeuse dieet van Angorabokke uit ongeveer 34 persent spekboom, 33 persent uit ander struike en 33 persent gras bestaan. (Karoobossies was nie teenwoordig op die spesifieke eksperimentele terrein nie).

Spekbome herstel stadig na blaarverlies. Wanneer ʼn spekboom 50 persent ontblaar is neem dit ongeveer 275 dae voordat dit dieselfde droëmateriaal (DM) massa produseer, as voor ontblaring. As ontblaring verminder tot sowat 30 persent neem dit steeds 211 dae om te herstel. Hoe droër dit is, hoe stadiger sal die herstel wees. Ernstige ontblaring moet vermy word, en produsente behoort eerder te konsentreer op meer en ligter ontblaringstydperke per jaar vir hierdie tipe veld.

Die blaarproduksie van die Spekboom word gestimuleer deur

12

Page 15: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

13

ontblaring. ʼn Ontblaring van 50% lei tot tot die produksie van merkbaar meer blare per stam. Dit is nie die geval met geen ontblaring en ʼn 100 persent ontblaring nie. As gevolg van die diep en uitgebreide wortelstelsels van struike is dit tot op ʼn stadium redelik bestand teen beweiding. ʼn Kritieke stadium kan moontlik eers na ʼn aantal jare bereik word maar sodra die breekpunt bereik is, verswak dit en daal die produksie geweldig. Dit is bewys dat struike slegs matig ontblaar moet word om produksie te verhoog.

So ver as wat rusperiodes vir Spekboomveld betref blyk dit dat ʼn herfs-tot-herfs rustyd die blaar en stam ontwikkeliing meer beduidend stimuleer as óf ʼn somer tot somer, lente tot lente of winter tot winter rustydperk. Resultate dui ook daarop dat die winter beweiding merkbaar meer nadelig is vir blaar- en lootproduksie as gedurende die ander seisoene. Beweiding van Spekboom dwarsdeur die winter is dus uiters skadelik.

Om die onderskeie veld samestellings onder normale en praktiese boerdery-toestande te beskerm, te bevorder en te benut is dit noodsaaklik dat elke spesie voldoende rus kry sodat elke kritieke fase van sy groeisiklus die geleentheid kry om volledig te ontwikkel.

Die bevordering en beskerming, wat voordelig is vir beide die dier en die plantegroei, kan die beste gedoen word deur die toepassing van wisselweiding.

Dit is duidelik dat die fundamentele aspekte van veldbestuur, weigewoontes en die smaakvoorkeure van die verskillende tipe vee sowel as plant siklusse in verhouding tot reënval en temperatuur, versigtig oorweeg moet word wanneer ʼn geskikte weidingstelsel vir ʼn spesifieke plaas opgestel word. Wanneer die verhouding tussen die faktore bepaal is, sal dit duidelik word in watter natuurlike seisoene ʼn weidingsjaar verdeel behoort te word en watter stelsel toegepas moet word.

As die baie uiteenlopende faktore wat ʼn invloed op veldbestuur het in ag geneem word, behoort veldbestuur en plaas beplanning, om die geskikte veldbestuurstelsels vir ʼn spesifieke gebied te kry, in samewerking met kundiges op die gebied van veldbestuur opgestel te word. Dit is noodsaaklik dat alle pogings daarop gemik moet wees om optimale benutting te kry en om doeltreffende bewaring van die natuurlike hulpbronne na te streef sodat die toekoms van die Angorabokbedryf verseker kan word.

Die afdeling oor Weidingsgewoontes en Veldbestuur is ʼn direkte kopie van Angora Goats and Mohair in South Africa (Van der Westhuysen JM, Wentel D, Grobler MC (2004c hersiene uitgawe)

2.1.5.4 Veldverbetering / Alternatiewe weidingsgewasseVeldverbetering verwys na die toediening van kunsmis op bestaande weiveld of deur die veld te versterk met die aanplant van sooie/sade, gewoonlik met kunsmis. In gevalle waar die bron van sekere plante beperk is, kan alternatiewe weidingsgewasse, as die reënval dit toelaat, gevestig word 2, 23. Weiveld en aangeplante weiding kan ʼn aanvullende rol tot mekaar speel maar moet versigtig bestuur word aangesien afsterwing, bv. as gevolg van onvoldoende reënval by aangeplante weiding, die vestiging van onkruid kan bevorder. Droogtebestande gewasse behoort gevestig te word in gebiede wat geneig is tot seisoenale, jaarlikse en langtermyn droogtes. Vir beplande veldverbetering, word daar elders14 na meer besonderhede oor die bestuur daarvan verwys.

Die meeste aangeplante weiding6 wat vir skaapproduksie geskik is, kan ook vir Angorabokke aangewend word. Dit is meer belangrik om die tipes weiding te selekteer wat geskik is vir ʼn spesifieke gebied om sodoende die beste voervloeiprogram te lewer. ʼn Paar

voorbeelde van weiding wat suksesvol blyk te wees is lusern, graan, raaigras en raaigras/klawer mengsels, ens. Om ʼn doeltreffende voervloeiprogram te verseker, is dit nodig om ʼn kundige te raadpleeg.

Die volgende moet met die bestuur van weiding in die somerreënvalgebied in gedagte gehou word.• Na afloop van ʼn beweiding behoort daar genoeg blaar- en stam

groei agtergelaat word om maksimum fotosintese te verkry.• Die rustyd behoort voldoende te wees om voedselreserwes, wat

uit plante verwyder is, te hervestig.• Weigebiede behoort in minstens ses kampe verdeel te word om

die beste gebruik daarvan te maak.• 2.1.5.5 Veldmonitering

Plantegroei opnames vir die monitering van verandering in die veld se toestand behoort gedoen te word op strategiese plekke van ʼn eiendom2, 14. Gedetailleerde rekords moet gehou word van enige bestuursaktiwiteite of omgewingsversteurings sodat wanneer dit weer gemeet word, enige verandering aan die toestand of tipe plantegroei teruggevoer kan word na die bestuurstelsels wat toegepas is en / of die omgewingstoestande wat geheers het. Gestruktureerde visuele opnames word aanbeveel in die beoordeling van die toestand van plantegroei. Dit behels die identifisering van plant gemeenskappe wat waarskynlik verskillende produksiepotensiaal, smaaklikheid en sensitiwiteit vir moonlike agteruitgang kan hê. Rekords behoort ook gehou te word van die dae wanneer beweiding per kamp plaasgevind het en die gewig van diere in ʼn trop.

2.1.6 Plantsiektes word voorkom en beheerDie Wet op Landbouplae 36 van 1993 maak voorsiening vir die beheer en voorkoming van plantsiektes. Dit kan beteken dat daar van produsente verwag word om gewasse te vernietig en sodoende die verspreiding van siektes te voorkom. Dit word van produsente verwag om die plaaslike Departement van Landbou bv. in kennis te stel wanneer vlieënde sprinkane opgemerk word en/of eiers lê, of wanneer swerms rooibekvinke wat besig is om voort te plant opgemerk word (artikel 5). Wanneer dit noodsaaklik is om chemikalieë vir plaag-en siektebeheer te gebruik behoort die wat die minste impak op menslike gesondheid en die omgewing sal hê, geselekteer te word. Chemikalieë wat grond-en oppervlakwater kan besoedel moet vermy word. Die spesifikasies van vervaardigers moet streng nagekom word. Slegs chemikalieë wat vir die beheer van ʼn spesifieke onkruid, plaag of siekte geregistreer is, kan gebruik word.

ʼn Nuttige webwerf vir Suid Afrikaanse boere is (www.pestsandcrops.com). Dit bevat nuttige inligting oor plaagidentifikasie, lewens-siklusse, skade en beheer. Georganiseerde landbou behoort ʼn lys van goedgekeurde chemikalieë te hê wat die lede van ʼn bedryf mag gebruik.

2.1.7 Verkryging en gebruik van Landbou middels en kunsmis word beheerLandbouchemikalieë sluit in alle onkruiddoders, swamdoders, insekdoders, veeartsenyprodukte, biologiese middels, en plant groei reguleerders wat in landbou gebruik word. Baie van hierdie middels het die potensiaal om ʼn nadelige effek te hê, nie net vir die mens nie, maar ook vir die omgewing as dit nie verantwoordelik gebruik word nie. Sien ook 2.2.5.

Wetgewing beheer die vervaardiging, registrasie, invoer, verpakking, etikettering, berging, vervoer, verkoop, hantering en toediening van landbouchemikalieë. Die fokus-areas van die toepaslike wetgewing is kunsmis, veevoer, landboumiddels en veemiddels van Wet 36 van 1947 en die Wet op Gevaarlikestowwe, Wet 15 van 1973. Dit is die verantwoordelikheid van elke boer wat enige vorm

Page 16: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

14

van landbouchemikalieë gebruik, om vertroud te wees met die voorsorgmaatreëls wat nodig is om te verseker dat ʼn produk veilig gestoor en toegedien word en dat daar op die regte manier van chemiese reste en houers ontslae geraak word.

2.1.7.1 Verbode chemikalieë

Boere word in sekere areas beperk of verbied, in terme van die Wet op Misstowwe, Veevoere, Landbou en Veemiddels Wet 36 van 1947 om sekere landboumiddels te bekom en te gebruik. ʼn Lys van verbode en beperkte middels kan geraadpleeg word in Feiteblad 3 (Bron : DAFF webwerf )

2.1.7.2 Chemiese berging

Die geboue of stoorkamers waar middels geberg word, moet stewig wees, goed geventileerd en veilig met voldoende waarskuwingstekens. Hoogs gevaarlike Groep 1 gifstowwe, moet in terme van die Wet op Gevaarlike stowwe, in ʼn aparte stoorplek toegesluit word. Geen landbouchemikalieë mag gestoor word naby voedsel of voer nie en die gebou of stoorkamer mag nie vir ongemagtigde persone toeganklik wees nie. Normale veiligheidsvereistes moet beskikbaar wees, bv water en wasgeriewe, brandbestrydingstoerusting en enige ander spesiale vereistes soos aangedui op die etiket. Die stoorarea moet maklik kan dreineer en ʼn verseëlde oliebak moet opgerig word waar oortollige stowwe in opgevang kan word.

2.1.7.3 Aanwending van kunsmis en landbouchemikalieë

Grondmonsters behoort met gereelde tussenposes geneem te word om die korrekte tipe en hoeveelhede van kunsmis wat toegedien behoort te word, te verseker. Die Kalibrasie toerusting en die plasing van kunsmis beïnvloed die gewasproduksie en boere behoort spesiale aandag te skenk aan die bestuursproses. Die aanwending van te veel kunsmis kan ʼn negatiewe impak op die grond hê wat kan aanleiding gee tot versuring en ʼn wanbalans van voedingstowwe.

Landbouchemikalieë behoort volgens die toestande soos deur die etiket aangedui, toegedien te word. ʼn Tipiese etiket sal die konsentrasie of dosis, die teikengewasse, regte tyd van aanwending (stadium van die gewas) en die regte weersomstandighede en grondtoestande aandui. Na toediening moet toerusting gewas word op so ʼn wyse dat die besoedeling van grond en water vermy word.Rekords behoort gehou te word van aankope, verbruik en vervaldatums en waar van toepassing, hoeveelhede.

2.1.7.4 Die Vernietiging van Houers en Ongebruikte Chemikalieë

Die vernietiging van houers moet op ʼn verantwoordelike wyse gedoen word. Die houers van hoogs giftige Groep 1 gifstowwe behoort aan die verskaffers teruggestuur te word sodat die verskaffer dit op ʼn veilige manier kan vernietig. Ander houers kan begrawe word nadat dit drie keer uitgespoel, dreineer en vol gate gemaak is. Vullisgate behoort weg van menslike blyplekke in verkieslik swaar kleigrond te wees en daar behoort toegesien te word dar enige syfering nie waterbronne sal besoedel nie.

2.1.8 Die Gebruik van Geneties Gemodifiseerde Organismes word streng beheerGeneties gemodifiseerde organismes (GMO’s) het veiligheids en etiese bekommernis oor die risiko wat dit vir menslike gesondheid en die biodiversiteit inhou, ontok. Die Konvensie oor Biologiese Diversiteit (KBD) (1992) maak voorsiening in Artikel 19 (3) vir elke party by die Konvensie (Suid-Afrika is ʼn kontrakterende party), om so ver as moontlik en so gepas as moontlik die volgende toe te pas:

“Vestig of handhaaf die risiko’s wat met die gebruik en die

vrylating van lewende gemodifiseerde organismes as gevolg van biotegnologie verband hou, wat waarskynlik nadelige uitwerkings op die omgewing kan hê wat die bewaring en volhoubare gebruik van biologiese diversiteit kan beinvloed, met inagneming van die risiko’s vir menslike gesondheid, deur te reguleer, bestuur en beheer”.

In Suid-Afrika is die vereiste van die KBD, aangespreek in die Geneties Gemodifiseerde Organismes Wet 15 van 1997, wat in werking getree het op 1 Desember 1999.

2.2 Kritieke ekosisteem goedere, dienste en ekologiese prosesse word in stand gehou Ekosisteem goedere sluit in onmiddellik bruikbare produkte van die omgewing, soos hout vir brandstof, blomme vir verkoop en eko-toerisme. Ekosisteem dienste is krities en lewensondersteunend maar dit is dikwels minder bekend omdat die bewaring van ʼn ekosisteem eers na ʼn paar jaar voordele kan verskaf of dit mag selfs eiendom bevoordeel wat weg van ʼn produsent se eie eiendom geleë is in welke geval dit “openbare goed” raak. Met die verloop van tyd kan produsente selfs vergoed word vir die totstandkoming van openbare goedere.

2.2.1 Kritiese ekosisteem dienste en prosesse word ge-identifiseer en planne vir instandhouding en beskerming word ingesluit in die grondgebruiks- of bestuursplan

2.2.1.1 Hidrologies

Funksionele vleilande en rivieroewers dien, op voorwaarde dat hulle funksioneel is, as water sponse en kan vloedskade verminder, as filtreerstelesel dien vir sediment in suspensie en kan voedingstowwe vasang. Boere behoort:• Alle vleilande en rivieroewers te identifiseer en af te baken (met

behulp van die DWW Riglyndokument: ʼn Praktiese veldgids vir die identifisering en afbakening van vleilande en rivieroewers, www.dwa.gov.za)

• Die besonderhede by die grondgebruikplan insluit. Vleilande en oewergebiede wat ʼn agteruitgang toon behoort voorkeur vir rehabilitasie te geniet maar dit sal ʼn EIA in terme van NEMA vereis.

• Geen water uit vleilande te gebruik nie (DWA)• Gewasse oor ʼn bestek van tyd uit vleilande te verwyder. Sodanige

verwydering kan ʼn positiewe impak op die voorsiening van water hê.

Plantegroei Korridors is 'n bewaringsprioriteitAaneenlopende natuurlike habitat of pantegroei korridors op plase of landskapvlak maak dit moontlik vir die bestaan van die verskillende ekosisteem goedere bv. brand, water en veebeweging en dienste soos watersuiwering, veldonderhoud en bestuiwing.

Praat met jou bure oor die totstandkoming van korridors oor plaasgrense bv. langs riviere.Kry hulp van bewaringsagentskappe en ekoloëFokus op gebiede wat belangrik is bv. vleilande en areas wat hoog en laaglande insluit

Page 17: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

15

2.2.1.2 Fisiese - brande

Baie aspekte van brandbestuur is tot voordeel van beide landbouproduksie en bewaarareas. Daar is verskeie doelwitte vir die gebruik van vuur vir biodiversiteit en veldbestuur2,20:• die bevordering van biodiversiteit in vuurafhanklike stelsels

(fynbos, grasvlaktes, savanna) • die voortbestaan van die blomplukbedryf deur toepaslike

herlewing te handhaaf (fynbos)• die verwydering van onsmaaklike grasse en die beheer van bos

in suur gemengde bosveld (savanna)• brandstoflading te verminder• om onsmaaklike groei wat oorgebly het van die vorige seisoen af

te brand wat, as die groei ongebrand bly, tot ʼn sieklike grasveld aanleiding sal gee, veral in suurveld waarvan die bogroei nie geheel en al deur beweiding verwyder is nie

• om ru-proteïen in grasveld te verhoog• om groei aan die einde van die droë seisoen te stimuleer • beheer die indringing van ongewensde plante (beide houtagtige en

kruidagtig) – dit is gewoonlik net onder sommige omstandighede moontlik, gewoonlik wanneer daar lig bewei word

• voorkom skade aan die sensitiewe bosgebiede deur brandpaaie wat aan bosse grens, te brand.

In grasvlaktes:• brand beweide grasveld gebiede elke twee tot drie jaar • brand onbeweide grasveld jaarliks. Jaarlikse vure kan ook

gebruik word (bv. om brandgevaar te verminder, blokbrande in die Winter wat dien as ʼn ʼn brand beskerming meganisme, ens). Wanneer brand ʼn vereiste is om bos onder beheer te bring behoort ʼn minder gereelde brandbeginsel, wat voorsiening daarvoor maak vir die opbou van voldoende brandstof om ʼn impak op ʼn bosbrand te hê, toegepas word. Brande saam met die wind is meer effektief teen bosindringing as brande teen die wind maar kan groter risiko’s vir ʼn boer en sy bure inhou. Daar is praktiese maniere om dit op te los, soos om te begin deur teen die wind te brand en dan die brand saam met die wind te beplan wat in die rigting van eersgenome brand sal brand.

In Fynbos:• Brand elke 8 tot 20 jaar, afhangende van die doelwitte van die

grondeienaar• Hoe groter die weidingsdruk, hoe laer is die brandstofvlak en

hoe minder doeltreffend is die vuur.

2.2.1.3 Biologies

Beide plante en diere verskaf belangrike dienste binne ʼn ekosisteem:• Plantwortels en die kruidagtige bedekking stabiliseer grond en

verminder erosie20. Daarbenewens help bome en houtagtige struike met diep wortelsstelsels om die watertafel in toom te hou wat verhoed dat soute in die boonste grondlae konsentreer21.

• Baie plante (aangeplant en inheems) is afhanklik van insekte, voëls en soogdiere vir bestuiwing en saadvorming. Hierdie bestuiwingsagente maak weer op hul beurt staat op die natuurlike habitat wat verspreid oor die landskap voorkom. Die natuurlike habitatte maak dit ook moontlik dat die saad van natuurlike plantegroei versprei. Voorbeelde van wat nodig is om te bewaar en bestuiwers volhoubaar in ekosisteme te bestuur is31:

• bewaring en herstel van die habitat• gebruik van gemengde boerderystelsels• vestiging van nektar korridors vir migrerende bestuiwers• aanmoediging van geïntegreerde plaagbeheer• ontmoediging van misbruik van landbouchemikalieë

2.2.2 Indringerplante wat bedreigings vir biodiversiteit en ekosisteem dienste inhou, word beheer

Uitheemse indringerspesies het ʼn beduidende negatiewe impak op die omgewing deurdat dit die habitat direk vernietig, die risiko en die intensiteit van brande verhoog en oppervlak- en suboppervlak water verminder. Grondeienaars word wetlik verplig om indringerplante wat op hul eiendom voorkom te beheer.

2.2.2.1 Identifisering van indringerspesies

Tabel 3 van CARA (die Bewaring van Landbouhulpbronne Wet) lys al die spesies wat verklaar is as onkruide en indringerplante. Uitheemse plante word in 3 kategorieë verdeel op grond van hul risiko as indringerplante:• Kategorie 1. Hierdie plante moet verwyder en beheer word

deur alle grondgebruikers. Hulle mag nie meer aangeplant of vermeerder word nie en alle handel in hierdie spesies is verbode.

• Kategorie 2. Hierdie plante hou ʼn bedreiging vir die omgewing in maar dit het ʼn kommersiële waarde. Hierdie spesies word slegs in afgebakende gebiede toegelaat en grondgebruikers behoort ʼn watergebruikslisensie daarvoor te bekom omdat die plante groot hoeveelhede water verbruik. Grondgebruikers mag nie toelaat dat kategorie 2 plante binne 30 m van die 1:50 jaar vloedlyn van ʼn waterbron voorkom nie (rivier, stroom, waterbron, poel, dam of vleiland, tensy gemagtig in terme van die Nasionale Waterwet, Wet 36 van 1998).

• Kategorie 3. Bestaande plante hoef nie verwyder te word nie maar geen nuwe aanplantings word toegelaat nie en die plante mag nie verkoop word nie. As die plante binne 30 m van die 1:50 jaar vloedlyn van ʼn rivier, stroom, poel, waterbron, dam of vleiland, voorkom, moet dit verwyder word.

2.2.2.2 Algemene skoonmaak beginsels

Die volgende beginsels is van toepassing4

• Die plan moet ten minste ʼn kaart insluit wat die digtheid van indringerplante en die dominante indringerspesies in elke area aandui.

• Indringer plantbeheer programme is langtermyn bestuurs-projekte en ʼn uitroeiplan, wat opvolg-aksies vir rehabilitasie van die skoongemaakte areas insluit, is noodsaaklik. Dit sal geld, tyd en aansienlike moeite spaar.

• Verskillende spesies vereis verskillende skoonmaak metodes soos hand-, chemiese- of biologiese metodes, of ʼn kombinasie van almal. Vuur is byvoorbeeld ʼn nuttige bestuursmetode vir denne, maar dit kan nie gebruik word op die Acacia spesies nie aangesien vuur die saad stimuleer om te ontkiem.

• Begin eerste met die skoonmaak van die ligter besmette areas (jong / onvolwasse, minder digte bome) om te verhoed dat saadbanke opbou. Deur met die minder digte areas te begin, bring mee dat minder hulpbronne gebruik word en dit sal ʼn groter impak oor die langtermyn hê. In die geval van indringerspesies wat tot riviere beperk is, is dit ideaal om in die bolope te begin en dan stroomaf te werk en sodoende ʼn bron van herbesmetting te vernietig. Digbegroeide en volwasse stande behoort tot laaste gelos te word aangesien hulle heel waarskynlik nie in digtheid sal toeneem of ʼn groter bedreiging sal raak as wat hulle reeds is nie.

• Gesamentlike bestuur en beplanning tussen bure bring ʼn meer koste-effektiewe skoonmaak en instandhouding proses mee as in ag geneem word dat indringersade maklik oor grense heen deur wind of waterweë versprei.

• Biologiese beheer is koste -effektief en baie veilig in vergelyking met die koste en risiko wat verband hou met die gebruik van onkruiddoders. Dit kan ook suksesvol met ander bestuurspraktyke ge-integreer word.

Page 18: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

16

• Oorweeg die gebruik van brand om indringerplante uit te wis. Brand wat doeltreffend bestuur word is ʼn koste-effektiewe metode van skoonmaak maar ontydige en onbeheerde brande kan maklik die doel van meganiese en biologiese beheer in die wiele ry. Dit is noodsaaklik om na afloop van ʼn brand dit op te volg met die verwydering van saailinge per hand en in uitsonderlike gevalle, waar daar min plantegroei is, bespuiting met ʼn onkruiddoder te oorweeg.

• Alle skoonmaak aksies behoort gemonitor en gedokumenteer te word om tred te hou van watter gebiede vir opvolg in aanmerking behoort te kom.

• Opvolg-skoonmaak word dikwels onderskat en boere behoort te beplan vir jare van opvolg.

2.2.2.3 Indringergrasse

Indringergrasse is van die ergste indringers in laagliggende ekosisteme aangrensend tot plase maar dit is dikwels die moeilikste om op te spoor en te beheer. Indringergrasse verander ook die brandstoflading van die veld wat meer gereelde en warmer vure veroorsaak, wat nadelig kan wees vir biodiversiteit.

Om indringer grasse te voorkom :• Vermy die verspreiding van saad deur diere (Sybokhaar).• Hou diere wat in gebiede wei waar indringergrasse tussen

Augustus en November saadskiet, weg van gebiede wat nie deur indringergrasse oorgeneem is nie.

• Gereelde brande bevoordeel indringergrasse. Pas goeie brandvoorkomingspraktyke in natuurlike gebiede toe (sien 2.1.4)

Om indringergrasse te beheer :• Moenie brand nie aangesien navorsing getoon het dat brand

die ontkieming en die groei van indringergrasse stimuleer.• Indringergrasse behoort nie met die hand verwyder te word nie,

omdat grondversteuring die groei van indringergras bevorder • Daar is gevind dat die toediening van ʼn voor-opkoms

sistemiese onkruiddoder die mees doeltreffende metode is om indringergrasse te beheer. Snapshot, Gallant Super en Fusilade werk goed terwyl Mamba en Roundup ook gebruik kan word om kikoejoe te beheer.

• Klein oppervlaktes kan met swart plastiek bedek word wat die gras en saad d.m.v van hitte sal vernietig.

• • •

2.2.2.4 Die negatiewe impak van toelaatbare, gelyste of geskeduleerde aktiwiteite word beperk

Verskeie aktiwiteite bv. die verbouing, grondverskuiwings, grondhersonering en diere-inperking het ʼn negatiewe uitwerking op die omgewing en dit word gereguleer met die Wet op Omgewingsbewaring (WOB) 73 van 1989 (artikels 2, 22 en 26) en die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur (NEMA) 107 van 1998 (artikel 24). Die eersgenoemde Wet is vervang deur NEMA op 1 Julie 2006, maar boere wat reeds magtiging kragtens WOB verky het, moet nog steeds voldoen aan die voorwaardes wat uiteengesit is in die Rekord van Besluite. Boere behoort seker te maak dat alle boerdery-aktiwiteite wat tussen Maart 1998 en Julie 2006 of na Julie 2006 gemagtig of vrygestel is binne die WOB aktiwiteite geval het. (artikel 28A van NEMA).

Aktiwiteite wat boere onder die WOB raak sluit in:• Die verbouing of enige ander gebruik van onbewerkte grond

(op of na 10 Mei 2002). Onbewerkte grond is grond wat in geen stadium gedurende die voorafgaande 10 jaar bewerk is nie

• Die bou of opgradering van damme, oewerwalle en keerwalle op of na 2 Maart 1998

• Die verandering van grondgebruik vanaf landbou of onbepaalde ander gebruike na enige ander grondgebruik op of na 1 April 1998 of

• Die verandering van grondgebruik vanaf landbou of gesoneerde grond wat nie vir gebruik ge- identifiseer is nie, of ʼn soortgelyke sonering na enige ander grondgebruik op of na 10 Mei 2002

• Die verandering van grondgebruik van weiding na enige ander vorm van landbougebruik ( op of na 1 April 1998).

Aktiwiteite wat ʼn boer onder NEMA (soos vanaf 1 Julie 2006) beïnvloed, is onder andere;• die konstruksie van fasiliteite of infrastruktuur, insluitend

gepaardgaande strukture / infrastruktuur vir die sametropping van diere vir kommersiële doel, in digthede wat die volgende oorskry:– agt vierkante meter per bok en meer as 1000 Angora bokke

per fasiliteit per jaar– industriële landboudoeleindes, buite gebiede met ʼn

bestaande grondgebruik sonering vir industriële doeleindes, wat ʼn gebied van 1000 m² of meer dek

– enige aanwending wat in die een in tien jaar vloedlyn van ʼn rivier of stroom, of binne 32 meter van die oewer van ʼn rivier of stroom waarvan die vloedlyn onbekend is (insluitend kanale, vore, brûe, damme en stuwalle), voorkom.

– die berging van water insluitende die in damme en reservoirs met ʼn kapasiteit van 50000 m³ of meer

• baggerwerk, uitgrawing, invulling, verwydering of verskuiwing van grond, sand of rots wat meer as 5 m³ is uit ʼn rivier, getymeer, getyrivier, meer, ʼn dam binne ʼn stroom, vloedvlakte of vleiland

• die heraanwending of die verwydering van inheemse plantegroei van 3 hektaar of meer, of van enige grootte waar dit binne ʼn krities bedreigde ekosisteem sal plaasvind wat gelys is in terme van Artikel 52 van die NEM: Biodiversiteit Wet 10 van 2004

• onderverdelings van gedeeltes grond wat 9 hektaar of groter is in oppervlaktes van 5 hektaar of minder

Indringerplante

Kategorie 1

Bv. Die Mauritius doring, die pom pom

onkruid, inkbessie, driespletige onkruid, sjinese

kamferboom, lantana, oleander, verskeie turksvy

spesies, hakia spesies, amerikaanse braambosse,

sesbania en bugweed

Kategorie 2

Bv. swartwattel,s warthoud,s ilwerwattel,

bloekom, denne, populier, kasterolie plant en

treurwilger

Kategorie 3

Bv lukwart, jakaranda, verskeie ligusters,

seringstruike, vuurdoring, wildekaneel, tipoboom

Page 19: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

17

2.2.2.5 Beduidende besoedeling en die agteruitgang van die omgewing word voorkom, beperk, verminder of reggestel

Die Wet (NEMA artikel 28) verwag van boere om besoedeling of agteruitgang van die omgewing te voorkom of te verminder (hoofsaaklik grond en water).

Grond-en waterbesoedeling kan voorkom word deur die toepassing van die beste praktyke by die volgende gebiede op ʼn plaas:

• Organiese Kunsmisvoorrade– Behoort nie naby natuurlike waterbronne of naby

grondwater wat besmet kan word, opgegaar te word nie– Dit behoort beskerm te wees teen wind vir die verspreiding

daarvan en teen die uitbroei van insekte en peste (daar behoort geen staande water by die voorraad te wees nie).

• Plaas werkswinkels– Geriewe behoort geskep te wees vir die skoonmaak van

trekkers en toerusting en die afloop moet in ʼn digte bak gestort word om die besoedeling van grondwater of waterweë te beperk

– Ou enjinolie behoort in houers leeggemaak en herwin te word– Alle toerusting en kragtoevoerpunte behoort te voldoen

aan die betrokke gesondheid- en veiligheidsvereistes.• Plaasgrond

– Die diens van voertuie in die veld moet nie naby ʼn waterweg of waterloop, geskied nie; olie en diesel behoort in houers te dreineer en saam met onderdele wat vervang is verwyder te word.

2.2.2.6 Afval word verminder, hergebruik, herwin en veilig mee weggedoen

Sybokhaarprodusente kan van afval wat genereer word as gevolg van normale huishoudelike aktiwiteite, in ʼn stortingsterrein (put) op hul grond ontslae raak. Die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Afval Wet 59 van 2008 vereis dat enige persoon wat afval stoor (bv. In ʼn put op ʼn plaas), behoort te verseker dat daar voldoende maatreëls getref is om lekkasie te voorkom; dat afval nie kan wegwaai nie en dat ergernisse soos ʼn slegte reuk, swak voorkoms en die uitbroei van siekte-oordraers nie voorkom nie. Die volgende geld:• Stel ʼn afvalbestuursplan saam wat daarop gerig is om afval waar

moontlik te verminder en dit gesien word as ʼn hulpbron wat herbruik of herwin kan word

• Afvalbestuur behoort te voldoen aan wetlike voorskrifte en mag nie die omgewing besoedel (veral vleilande en waterbronne) of ʼn gevaar vir gesondheid inhou nie

• Lei plaaswerkers en hulle gesinne op om afval te herwin• Voorkom die afloop van bemestingstowwe in aangrensende

natuurlike areas, veral in vleilande en riviere. Hierdie afloop is gunstig vir die verspreiding van indringerplante en dit kan baie inheemse plantspesies en diere wat in water voorkom, vernietig. Die Departement van Waterwese het waterkwaliteit riglyne uitgereik wat die invloede op die gehalte van water aanspreek en wat die besoedeling in water meet. (besoek die webtuiste vir hierdie riglyne - www.dwa.gov.za).

2.3 Biodiversiteitsbates en bedreigde ekosisteme word bewaar2.3.1 Bedreigde en beskermde spesies soos omskryf in wetgewing word beskerm Die Nasionale Wet op Bosbou (NWB) 84 van 1998 en die Nasionale Omgewingsbestuur: Wet op Biodiversiteit (NEM:BA) 10 van 2004, en die meer informele Rentmeesterskap Program van die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteit Instituut (SANBI) reguleer die beskerming van plante en diere.

Grondeienaars word aangemoedig om by ʼn Rentmeesterskap Program aan te sluit en / of te bepaal of daar enige bedreigde of beskermde spesies op hul plase voorkom deur met ander boere en plaaslike bewaringsdienste te konsulteer. ʼn Bestuursplan om spesies te bewaar kan opgestel word. Die formaat soos vervat in die Konsep riglyne vir Volhoubare Hulpbron en Plaasbestuursplan wat deur Cape Nature en die “Flower Valley Conservation Trust” wat onder die Agulhas Biodiversiteit Inisiatief val, (www.flowervalley.org.za) kan nagevolg word.

Ten opsigte van wetgewing word enige persoon verhoed om ʼn beskermde boom af te saag, versteur, beskadig of te vernietig (dit sluit sekere inheemse bome en al die bome in woude in). In gevalle waar daar ʼn lisensie bekom is of as ʼn vrystelling toegestaan is (NFA) mag dit wel gebeur. Die uitvoer van ʼn beperkte aktiwiteit (bv. jag) wat gelyste bedreigde of beskermde spesie betref, vereis ʼn permit (NEM:BA).

2.3.2 Etiese en nie-dodelike beheer van diere wat skade veroorsaak word beoefenAngora bokke word deur roofdiere aangeval wat die mens/wildlewe konflik omstrede maak.

Die voorneme van dié riglyn is om gereelde veranderinge aan te bring soos wat nuwe inligting beskikbaar raak. Die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Wet op Biodiversiteit (NEM:BA) definieer vergiftiging, die vang en jag van diere as beperkte aktiwiteite, en verbied die jag van diere wat skade veroorsaak (SVD) deur van jaghonde gebruik te maak. Die doodmaak of jag van gelyste (dws

Biod iversiteitBiodiversiteit of biologiese diversiteit is die variasie van lewende organismes van alle oorsprong, insluitend onder andere seediere en ander water ekosisteme en die ekologiese kompleksiteit waarvan hulle deel vorm: dit sluit die diversiteit binne en tussen spesies en of ekosisteme in.

ʼn Definisie van die Verenigde Nasies se konvensie oor Biologiese Diversiteit 1992

NEMADie Verwydering van inheemse plantegroei uit

gebiede van ≥3 ha vereis ʼn basiese evaluering

Dié oppervlakte is nou verhoog na 20 ha met ʼn

boonste limiet van 100  ha, waarna ʼn volledige

EIA benodig word.

Page 20: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

18

bedreigde) spesies deur gebruik te maak van gif, lokvalle, strikke, honde en verskillende tipes vuurwapens is verbode tensy daardie dier spesifiek deur die owerhede beskou word as ʼn SVD, waarna ʼn permit vir hierdie aktiwiteite gegee kan word. Volhoubare boerdery moedig egter die gebruik van afskrikmiddels aan as ʼn eerste linie van verdediging teen skade veroorsakende diere.

Dit bevorder dierewelstand en ʼn meer omgewingsvriendelike benadering tot roofdierbestuur. Vergiftiging en lokvalle veroorsaak die dood van baie ongeteikende, skadelose spesies soos bv voëls, ystervarke, erdvarke, meerkatte, bokkies en troeteldiere en die gebruike behoort nie toegepas te word nie. A fskrikmiddels behoort in kombinasie aangewend te word met diere (bv. Anatoliese herdershonde, donkies en alpakkas) wat as wagters optree terwyl beskermde halsbande, geluide, ligte, reuk en ander oppas tegnieke afwisselend toegepas kan word.

Die voor die voet doodmaak van roofdiere om vee te beskerm is nie ʼn langtermyn-oplossing nie omdat dit ʼn ekologiese wanbalans veroorsaak. Deur een spesie te verwyder word gapings gekep wat ʼn invloed op die bevolking van ongewenste spesies kan hê. ʼn Gebalanseerde benadering deur die natuurlike prooibasis in stand te hou en te verbeter, ʼn goeie kennis van die roofdier bevolking op plase te hê (spesifiek van dominante en territoriale diere), deur vee in vennootskap met die naburige plase te beskerm en om deel te neem aan gekoördineerde roofdierkonflik en bestuursinisiatiewe sal mettertyd lei tot ʼn vermindering van veeverliese. (Van Deventer J. pers komm. 2008 )

2.3.2.1 ʼn Roofdier Bestuurplan is in plek

Dit is belangrik om te verstaan dat produsente verantwoordelik is om hul vee teen roofdiere te beskerm.In die afwesigheid van volledige plaaslike data, is die volgende plan gebaseer op deskundige advies (Viljoen, pers komm. 2009). Die suksesvolle bestuur van roofdiere wat skade veroorsaak vereis die opstel van ʼn natuurlike habitatplan, waar die produsent die voorkoms van verskillende roofdier en prooi spesies herken en kennis neem van hul getalle en gedrag.ʼn Tipiese geïntegreerde roofdierbestuursplan sal die volgende insluit:• ʼn kaart van waterpunte, broeiplekke en gebiede• besonderhede van teelseisoene• rekords van produksie-inligting, verliese en koste van afskrikmiddel

metodes en reaktiewe beheermaatreëls, rekords van spesies, geslag, ouderdom en die maaginhoud van roofdiere gejag

• Kontakbesonderhede van Natuurbewarings amptenare wat verband hou met die bestuur van groot roofdiere.

• Maak by voorkeur (en afwisselend) gebruik van nie-dodelike beheermaatreëls5,14,23

– Klokkie en reuk halsbande. Halsbande is goedkoop, dit vereis lae onderhoud, is baie maklik om aan te sit, is geredelik beskikbaar en is ontwikkel deur boere vir plaaslike toestande. Wanner dit egter te gereeld gebruik word kan dit verander in ʼn lokmiddel (aandeteklokkie) wat sal aankondig waar die trop hom bevind, eerder as om as ʼn afskrikmiddel te dien wat werk op die beginsel van xenofobie, die vrees van nuwe dinge.

– Selfoon “Veldwagter“ kraag. Hierdie tegnologie maak gebruik van ʼn sender wat met ʼn bewegingssensor toegerus is. Dit stel ʼn boer in staat om te reageer op bedreigings van ʼn roofdier of veediefstal. Die gebruik is ongelukkig beperk tot gebiede met selfoon opvangs.

– Omheining. Dit is ʼn langtermyn-oplossing vir ʼn kleiner oppervlakte en is duur. Roofdiere grawe dikwels onderdeur gaasdrade wat dit belangrik maak om die basis van die gaasdrade goed vas te anker of selfs om ʼn basis van gaasdraad teen ʼn 90 grade hoek aan die heining aan te bring, dws plat op

die grond om te verhoed dat roofdiere onderdeur grawe. Die elektrifisering van drade is doeltreffend en kan oorweeg word.

– Skrikmaaktoestelle. Dit sluit onder meer ligte en geluide, soos FM radio’s en VHF radio alarmstelsels in wat gebruik word om roofdiere in die nag af te skrik en te verwar. Soos die geval is met die klokkie en reuk halsbande sal roofdiere daaraan gewoond raak as dit te gereeld gebruik word en dit ignoreer. Skrikmaaktoestelle kan vir kort periodes van tyd gebruik word.

– Oppasserdiere0 Daar is hernude belangstelling in meer effektiewe,

tradisionele maniere om vee op te pas soos om van Anatoliese herdershonde, alpakkas of donkies gebruik te maak.

0 Die gebruik van Anatoliese herdershonde is effektief wanneer hul korrek geselekteer en volgens riglyne opgelei en gebruik word. Genetika speel ʼn belangrike rol in ʼn spesifieke hond se doeltreffendheid. Kondisionering bestaan hoofsaaklik uit die plasing van klein hondjies in die omgewing waar hulle die res van hul lewens gaan spandeer. Hulle vorm bande en spandeer hulle tyd as een van die kudde. Onder sekere omstandighede, in groot kampe, blyk hulle minder doeltreffend te wees.

0 Sommige eienaars van lewende hawe het gevind dat donkies uitstekende oppassers uitmaak. ʼn Enkele donkie, verkieslik vroulik, word by die trop ingebring waar sy ʼn natuurlike bindingsfase ondergaan. Manlike donkies werk selde omdat hul aggressief kan raak. ʼn Donkie sal nadat sy ʼn band met ʼn trop ontwikkel het, bokke teen honde of roofdiere beskerm asof hulle haar eie is. Donkies dek egter nie so ʼn groot gebied soos honde nie.

0 Alpakkas kan ook gebruik word as oppassers. Navorsing dui daarop dat die doeltreffendheid van Alpakkas uit hul ondersoekende en vreeslose geaardheid kom.

– “King Collars” en “Dead Stop Collars”. Die “King Collar” is ʼn wye, verstelbare PVC kraag wat aan die nek van elke dier in die kudde aangebring word en een of twee keer in ʼn seisoen aangepas word. Hulle maak dit moeilik, indien nie onmoontlik nie vir ʼn jakkals om die dier dood te maak deur dit aan die keel byt. Die “Dead Stop Collar” is ʼn meer robuuste draadkraag en beskerm die trop teen aanvalle deur rooikatte wat ʼn sterk kakebeen en skedel struktuur het en deur die “King Collar” kan byt. Een van die gevolge is dat bokke later van agter af gevang word wat ander beheermetodes vereis.

• Roofdiere kan afgeskrik word deur ʼn gebied met urine te bespuit,

Gewone Honde as afskrikmiddelsGoed opgeleide honde wat deur hul hanteerders vergesel word kan as goeie afskrikmiddels vir roofdiere aangewend word. Deur areas te merk kan dit selfs deur roofdiere gesien word dat ʼn dominante dier sy area afgebaken het en die gebied bewaak. Waar die praktyk toegepas word behoort daar toegesien te word dat daar genoeg kontrole is en dat die hanteerder bevoeg is.

Daar behoort toegesien te word dat honde nie self vir veeverliese verantwoordelik is nie. Honde behoort bv. soggens vroeg en saans laat toegesluit te word wanneer hulle vee kan jag.

Page 21: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

19

wat voor die lamseisoen versamel kan word. Die doelwit is om ʼn tradisionele territoriale gebied te skep, deur bv die urine op die pale en hekke te aan te wend.

Wanneer dodelike metodes oorweeg word, behoort daar sorg gedra te word dat dit volgens die verskillende provinsiale regulasies wettig is. Dodelike metodes behoort altyd deur ʼn bekwame professionele persoon5 toegepas te word. Dit moet vinnig en menslik wees om lyding te beperk en dit moet koste-effektief wees in verhouding tot die veeverliese wat gely word.

2.3.3 Bedreigde ekosisteme word beskerm.Die Nasionale Biodiversiteits Raamwerk (NBR) vereis in terme van die Biodiversiteits Wet, is in Oktober 2009 in die Staatskoerant gepubliseer deur die Departement van Omgewingssake (DOS). Die NBR is gebaseer op die Nasionale Biodiversiteits Strategie en Aksie Plan (NBSAP). Die raamwerk het 33 prioriteitsaksies geïdentifiseer wat as riglyne dien vir die werk van die biodiversiteitsafdeling vir die volgende vyf jaar. Dit verskaf doelwitte vir die prioriteitsaksies.

Noudat daar ʼn amptelike nasionale sisteem in plek is vir die beskerming van ekosisteme is daar ʼn uitstekende geleentheid om biodiversiteit te bewaar deur middel van venootskappe tussen grondeienaars van beide privaat en gemeenskapsgrond, bewaringsinstellings en die regering. Boere word aangemoedig om die bewaringsstatus van hul area te sien deur van die gratis aanlyn Biodiversiteit “GIS” fasiliteit van SANBI (http://bgis.sanbi.org) gebruik te maak. Registreer voor die tyd op die webblad hiervoor asook vir die raamwerk wat deur DOA verskaf word. Raadpleeg die Oos-Kaapse Biodiversiteitsbewaringsplan (ECBCP 2007, http://bgis.sanbi.org/ See Map Register on the website beforehand).

Voorbeelde van bestaande rentmeesterskap programme is die Biodiversiteit Rentmeesterskap Program (C.A.P.E en Cape Nature, skakel 021 866 8000, http://www.capenature.org.za/projects.htm) en Biodiversity Rentmeesterskap Suid Afrika (kontak “Endangered Wildlife Trust”, https://www.ewt.org.za) wat ʼn hiërargie van toenemende ondersteuning (uitheemse plante, grondbestuur advies) op die volgende manier voorsien:1. Bewaringsgebiede – Bewaringsgebiede is buigsame eenhede

met geen vaste tydperk van verbintenis nie (sluit bewaarareas in). 2. Biodiversiteit Ooreenkomste – Biodiversiteit ooreenkomste

is onderhandelde en wetlike ooreenkomste tussen die bewaringsowerhede en ʼn grondeienaar om die biodiversiteit van ʼn gebied oor die medium termyn te bewaar.

3. Kontrak natuurreservate – Kontrak natuurreservate is wettiglik erkende kontrakte of serwitute op privaat grond om biodiversiteit oor die lang termyn te beskerm.

Alleenlik natuurbewaringsgebiede kan volgens die plaaslike Regering: Munisipale Eiendomsbelasting Wet, daarvan onthef word.

Rentmeesterskap praktyke, sommige waarvan alreeds melding gemaak is as deel van die bewaring van die landbouhulpbronne, is die volgende;• die insluiting en kartering van alle veranderde en onveranderde

(natuurlike) grondgebied in ʼn grondgebruiksplan.• indringerplantbeheer, beheerde brande, vullisbestuur,

padwerke en instandhouding,omheinings, stropery beheer, jag, wildtellings, spesies kontrolelyste, ens, afhangende van die grootte van die bedryf.

• die verwydering van gewasse in of naby vleilande• rehabilitasie van oorbeweide gebiede met blaarspesies soos

Spekboom (Portulacaria afra).

3. Dieregesondheid en Welstand Beginsel

Die volgende afdeling is ontleen uit verskeie verwysings6, 7, 9, 11, 13, 14. Oor die algemeen is die Wet op Dieregesondheid (Wet 35 van 1984) geprolmugeer om dieregesondheid te bevorder, om siektes te beheer en om die in- en uitvoer van diere te reguleer.

3.1 Bestuurspraktyke ʼn Angorabokboerdery het ʼn groot aantal voorkomende boerdery/bestuurspraktyke nodig om produksie en verliese a.g.v. siektes te beperk. Sybokhaar produsente moet hul verantwoordelikheid t.o.v. die volgende beginsels nakom (Odendaal D. Pers kommunikasie, 2008). • Die voorsiening van voldoende voedingstowwe vir onderhoud,

produksie en reproduksie.• Die voorkoming van pyn, beserings en siektes deur die

toepassing van goeie dieregesondheidspraktyke.• Deur ʼn omgewing te voorsien waarbinne Angorabokke hul

natuurlike gedrag kan beoefen.• Deur bokke te beskerm teen ongemak en spanning.• Deur bokke te beskerm teen roofdiere.• Om die bokke teen blootstelling aan lewensbedreigende

weerstoestande te beskerm.• Deur die gebruik van dieregesondheidsprodukte te beheer

en deur bokke te beskerm teen onnodige blootstelling of onwettige middels.

3.1.1 Fasiliteite

3.1.1.1. Beskutting

Angorabokke oorleef goed in koue toestande solank hulle droog is en uit die wind is. Hulle het beskutting teen uitermatige weersomstandighede nodig! Dit kan in die vorm van ʼn eenvoudige boomlaning of ʼn windbreek wees. Waar die skuiling ʼn gebou is, behoort dit ontwerp en onderhou te word om goed te ventileer, aan sanitasie vereistes te voldoen en skoongehou te kan word. Voldoende ventilasie is noodsaaklik wanneer bokke binneshuis gehou word om die risiko van longontsteking en die verkluiming van jongbokkies te verminder. Bokke moet toegang tot ʼn goed gedreineerde area hê om te rus en te herkou. Herkouers het ook voldoende voedingstowwe nodig om koue te weerstaan. Hulle hou daarvan om in of naby ʼn skuur (beskutting) te wees in die nag. Geskeerde bokke, kleinbokkies, dragtige bokke en bokke in ʼn swakker toestand is veral sensitief vir koue en blootstelling. ʼn Vroegtydige aanvulling van hoë energie voere kan die probleem grootliks verlig.

Die Verantwoordelikheid van Angorabokboere: Om hul bokke op ʼn verantwoordelike manier te beskerm teen enige vorm van bedreiging en om te sorg vir hul algemene welstand.

ʼn Jongbokkie wat deur ʼn roofdier doodgemaak is

Page 22: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

3.1.1.2. Hantering fasiliteite

Angorabokke word gemotiveer deur instink en hulle is toegerus met ʼn baie skerp geheue. Hulle is diere van gewoonte en sodra hulle bekend is met krale en hanteringprosedures verwag hulle om elke keer dieselfde behandel te word. Angorabokke behoort sonder ʼn geraas gekraal word. ʼn Oormatige geraas en rowwe behandeling is baie ontstellend vir hulle. Hulle toon ook ʼn natuurlike kuddegedrag van wanneer een of twee bv. begin beweeg gaan almal saam. Goed ontwerpte kraalfasiliteite en die gemak waarmee bokke daardeur beweeg is ʼn bepalende faktor in die welstand van bokke. Drukgange en houkrale moet vry wees van skerp punte, hoeke en stukkende traliewerk wat kan veroorsaak dat bokke hulself beseer.

3.1.1.3 Skeer fasiliteite

Skeergeriewe behoort uit die volgende te bestaan.• Voldoende oornaggeriewe met hortjiesvloere• Individuele vangkrale met hortjiesvloere• Individuele inspeksiekrale• ʼn Skeervloer van hout• Genoegsame beligting en vars lug• Daar moet nie ʼn trek teenwoordig wees nie

3.2 Diereversorgingspraktyke

3.2.1 KastrasieKastrasie behoort voor die ouderdom van drie weke gedoen te word. Daar is verskeie tegnieke wat aangewend kan word om kleinbokkies te kastreer.

3.2.1.1 Chirurgiese kastrasie

ʼn Skerp mes of skalpel word gebruik om die onderste derde van die skrotum af te sny. Die testikels kan dan een op ʼn slag en deur van die volgende metodes gebruik te maak, verwyder word.• Die saadstring kan afgesny word deur dit bv. verskeie kere met

ʼn skerp steriele mes te skraap. Deur dit te skraap veroorsaak dit dat die bloedvate skeur, wat bloedstolling bevorder.

• Kastreertang • Die gebruik van ʼn kastreertang (emasculator) word as die veiligste

metode beskou wanneer dit deur ʼn bekwame persoon gebruik word. Dit is ʼn werktuig met drie werkinge: dit klamp die testikels, druk dit vas en sny dit af. Wanneer die bek oor die saadstring vasgedruk word, word dit deur die klampgedeelte vasgegryp. Verlies aan bloed is minimaal omdat die bloedvate onmiddelik nadat dit gesny word, toegedruk word. Dit op sigself verminder trauma.

Om bloeding te beperk behoort dié operasie vroeg soggens of laat saans gedoen te word wanneer dit relatief koel is. Kleinbokkies behoort voordat hulle gekastreer word in ʼn kraal of kampie gehou te word sodat hulle goed uitgerus is. Die bloeding van oop wonde kan aanmerklik verminder word deur die toediening van ʼn 5% kopersulfaat oplossing. Die operasie moet higiënies uitgevoer word en die operateur se hande en die instrumente wat gebruik word moet gereeld ontsmet word. Na ʼn operasie behoort die wonde ontsmet te word en die bokkies rustig toegelaat word om saam met hul moeders te wees. Die bokkies kan toegelaat word om rustig saam met hul moeders weg te stap om die risiko wat ʼn besmette kraalomgewing inhou, te beperk.

Chirurgiese kastrering is die mees pynvolle, volgens navorsing wat in Brittanje gedoen is. Kleinbokkies wat chirurgies gekastreer is, het hoër vlakke van kortisol in hul bloedstroom teenoor bokkies wat met ander metodes gekastreer is. Chirurgiese kastrasie hou ook die grootste moontlikheid van infeksie en brommerbesmetting in. Kleinbokkes behoort dus voor of na die brommerseisoen chirurgies gekastreer te word.

3.2.1.2 Rekkies

ʼn Rekkie kan om die nek van ʼn kleinbokkie se skrotum geplaas word. Die tegniek behels dat ʼn klein stewige rubberringetjie oor die skrotum, bokant die testis aangebring word met ʼn toestel wat daarvoor ontwerp is. Soos die bloedtoevoer afgesny word, verdroog die testis geleidelik waarna dit later afval. Dit is belangrik om die grootooie voordat hulle lam teen tetanus in te ent sodat immuniteit deur middel van biesmelk aan die kleinbokkies oorgedra kan word om hulle teen tetanus te beskerm. Kastrasie deur middel van rekkies veroorsaak pyn aan die kleinbokkies, maar die pyn is kortstondig. Kleinbokkies moet vroeg, verkieslik tussen 1 en 7 dae na geboorte kastreer word. Kastrasie met ʼn rubber ring sonder om ʼn pynverligter te gebruik, is slegs aanvaarbaar as dit binne die eerste paar weke na geboorte gedoen word.

3.2.1.3 Burdizzo® (Bloedlose kastrasieklamp)

ʼn Burdizzo is ʼn kastreertang wat die saadstring en die bloedvate afknip wat veroorsaak dat die bloedtoevoer na die testikels afgesny word. Dit veroorsaak dat die testikels verdroog en afsterf. Die vel word nie deur die burdizzo gebreek nie. Elke string moet afsonderlik geknip word. ʼn Burdizzo wat vir beeste gebruik word kan nie gebruik word om klienbokkies mee te kastreer nie. ʼn Geskikte grootte vir klienvee sal toesien dat die vel nie beskadig word nie en verwante komplikasies beperk.

Volwasse Angorabokke behoort kastreer te word met ʼn burdizzo® om die saadstring te knip en te breek. Dit is belangrik om te onthou dat saadstringe een op ʼn slag geknip word.Wanneer ʼn bok vasgehou word moet die skrotum

Chirurgiese Mes Burdizzo®

20

Rekkie Aanwender

Page 23: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

geneem en een testikel afwaarts, weg van die lyf af, in die skrotum sak gedruk word en die saadstring gevind word. Plaas die burdizzo oor die saadstring, een derde laer af in die skrotum. Knip die burdizzo en hou dit toe vir ongeveer 20 tot 25 sekondes. Ontspan die burdizzo en verplaas dit na die ander saadstring, ʼn halwe duim laer, en herhaal die prosedure. Kyk altyd of die saadstring in posisie is voor en nadat daar geknip is om foute te voorkom. Neem kennis daarvan dat die afknip lyn van die twee stringe nooit dieselfde moet wees nie. Deur van die metode gebruik te maak word die skrotum sak nie verwyder nie. Die testikels sal eenvoudig opdroog en verdwyn.

Dit is die beste om die metode tydens die brommerseisoen te gebruik omdat daar nie ʼn oop wond gelaat word nie. Bokke behoort tussen vier weke en ʼn vier maande ouderdom met die metode gekastreer te word, met agt tot twaalf weke as die ideaal. Omdat dit moeilik is om seker te maak of ʼn saadstring wel geknip is, kan die metode as minder betroubaar as die ander metodes bestempel word.

Algemeen

Dit is die beste om bokke voor of op die ouderdom van ses weke te kastreer (Larson & Bath pers. kom., 2009). Omdat kleinbokkies baie vatbaar is, word ʼn voorafgaande enting teen tetanus aanbeveel wanneer bokkies met enige metode kastreer word. Sou bokkies nie beskerm wees teen tetanus via passiewe immuniteit nie behoort die tetanus anti toksien saam met kastrering toegedien word. Wonde behoort gereeld inspekteer te word, en indien nodig teen brommer aanvalle behandel te word.

3.2.2 Kloutjie versorgingWanneer Angorabokke op sagte, sanderige gronde aangehou word, neig hul kloutjies om te lank uit te groei. Kloutjies kan sodoende permanent misvorm raak en bokke kan kruppel word. Omdat dit moeilik is om kloutjies wat alreeds misvorm is reg te kry word dit aanbeveel om dit te voorkom deur die kloutjies gereeld met ʼn skerp mes of met ʼn vrotpooitjie skêr te knip.

Kloutjies van bokke wat op stal met hortjiesvloere gehou word, is ook geneig om te lank uit te groei en behoort gereeld geknip te word. Die knip van kloutjies werk makliker as bokke vir ʼn dag of twee voor die tyd op klam grond aangehou word. Wanneer kloutjies geknip word, behoort spanningsvolle tye wanneer dit baie warm is of tydens laat dragtigheid, vermy te word.

3.2.3 Knip van HoringsDie verwydering van die horings van volwasse diere is ontoelaatbaar as ʼn boerdery praktyk en mag slegs deur ʼn geregistreerde veearts, en onder narkose, gedoen word. Dit mag nodig wees om horings by sommige ramme of kapaters terug te knip om beserings deur horings wat ingroei te beperk. Beserings aan ander bokke en om die vloei deur hanteringsgeriewe te vergemaklik is nog oorwegings. Die verwydering van die punt van volwasse bokke se horings is aanvaarbaar solank dit bokant die “lewe” waar daar baie bloedvate en senuwees voorkom, gedoen word.

3.2.4 LamtydOoie behoort toegelaat word om sonder te veel inmenging te lam. Daar behoort toesig gehou te word oor ooie wat op lande lam om spoedig aandag te gee aan moontlike probleemgevalle. Wanneer dit noodsaaklik is om ʼn ooi tydens geboorte by te staan, moet sorg gedra word dat dit deur ʼn bekwame persoon wat goeie higiëniese praktyke en aanvaarbare veeartseny praktyke toepas, gedoen word. Ooie behoort ook dopgehou te word om toe te sien dat ander probleme soos bloedvergiftiging en roofdieraanvalle nie voorkom nie. Wanneer die risiko van swak weersomstandighede groot is, word toegang tot ʼn skuiling of ʼn beskutte kampie aanbeveel.

3.2.5 HanslammersWanneer verdwaalde lammers geïdentifiseer kan word behoort daar genoegsaam aandag gegee word om hulle met hul moeders te versoen, hul hans groot te maak of om die genadedood toe te dien.

3.2.6 SkeertydDie skeer van bokke behoort deur geakkrediteerde skeerders gedoen te word en dit is noodsaaklik dat bedryfstandaarde soos dit voorgeskryf word in die skeerhandleiding van die NWKV gevolg word. Die handleiding word uitgegee aan alle vakleerlinge tydens skeeropleidingskursusse.

Skeer bring spanning mee by bokke:• Die onnodige hantering van bokke moet vermy word• Daar behoort toegesien te word dat pasgeskeerde bokke nie

aan uiterste weersomstandighede blootgestel word nie• Bokke behoort so gou as moontlik na skeer teruggeneem te

word om water en weiding (voer) te kry• Skeerwonde behoort met ʼn ontsmetmiddel behandel te word

om infeksies en brommeraanvalle te voorkom.

3.2.7 SiektevoorkomingDie voorkoming van siekte oordraging is uiters belangrik tydens skeertyd. Die korrekte ontsmetting en higiëniese prosedures behoort gevolg te word om die verspreiding van siektes as gevolg van toerusting en van skeerders binne en tussen kuddes te verhoed.• Dooie diere behoort nie in ʼn skeerhok afgeslag te word nie.• Siek diere behoort nie in ʼn skeerhok aangehou te word nie.• Huide en velle behoort nie in ʼn skeerhok drooggemaak,

behandel of gestoor te word nie• Voor die aanvangs van skeer behoort die skeerhuis skoongemaak

en ontsmet word.• Skeertoerusting behoort gereeld gedurende die skeertyd

ontsmet word om die oordra van siektes te beperk.• Indien skeerders ʼn abses sou raakskeer behoort hulle skoon

klere aan te trek en die skeerarea behoort ontsmet te word.• Sorg behoort gedra te word dat jongbokkies eerste geskeer word

om die oordraging van siektes deur ouer bokke te voorkom.• Na die afhandeling van skeer behoort alle sybokhaar

geklas, verpak en uit die skeerhok verwyder te word en die skeertoerusting behoort ontsmet te word.

Die NWKV Skeerhandleid ingDie NWKV Skeerhandleiding is ʼn volledige riglyn vir

die toepassing van Beste Praktyke en produsente word aangemoedig om dit te bekom by;

NWKV SkeerafdelingPosbus 4520, Bloemfontein, 9300

Tel. 051 447 3023

21

Page 24: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

3.2.8 Die Identifikasie van BokkeOormerk instrumente moet skerp wees en die snykante moet ongeskonde wees om te voorkom dat die oor skeur. Die oor kan getatoeëer word, oorplaatjies kry, geknip of ʼn gat ingedruk word. Elektroniese identifikasie metodes kan ook gebruik word. Volgens die wet op Diere Identifikasie (Wet 6 van 2009) behoort bokke op ʼn ouderdom van 30 dae getatoeëer te word.

3.2.9 Die GenadedoodDoeltreffende en aanvaarbare metodes wat ʼn vinnige en pynlose dood tot gevolg het moet nagekom word indien daar nie ʼn alternatiewe metode is om die lewe te verleng of die pyn te verlig nie.Die genadedood kan met die volgende metodes voltrek word.• ʼn Elektriese immobiliseerder kan gebruik word om die dier

tydelik te verdoof waarna die lugpyp en albei die hoofslagare en die rugmurg met ʼn skerp mes, wat lank genoeg is, afgesny word.

• ʼn Skoot in die kop met ʼn geskikte vuurwapen.• In ʼn noodgeval - ʼn Skerp mes wat lank genoeg is kan gebruik

word om die lugpyp, slagare en rugmurg mee af te sny.

3.2.10 VervoerDie volgende belangrike kern aspekte behoort altyd oorweeg die word wanneer bokke hanteer word.

3.2.10.1 Die kraal van bokke

• Bokke moet altyd afsonderlik van ander diere gekraal word.• Bokke behoort altyd in afsonderlike ouderdomsgroepe

aangehou te word.• ʼn Vloerarea van 0.56m2 moet per bok voorsien word.• Daar moet ʼn voldoende voorraad water en voer beskikbaar wees.

3.2.10.2 Hantering

• Bokke moet met geduld en verdraagsaamheid hanteer word met genoeg ruimte om hul natuurlike gedrag te beoefen.

• Bokke kan bokant die hakskeen of aan hul horing gevang word, afhangende van die ouderdom.

• Bokke behoort nie aan hul bene gesleep te word nie.• Die Suid Afrikaanse Sybokhaar bedryf beveel nie die gebruik

van elektriese skoktoestelle aan nie.

3.2.10.3 Trek met bokke

• Bokke moet op ʼn kalm manier aangejaag word teen ʼn tempo wat ontspanne is, natuurlik vir die spesifieke diere, en teen ʼn spoed wat nie vinniger as die stadigste dier is nie.

• Bokke mag nie vir ʼn afstand van meer as 20 km op die eerste dag en 15 km op daaropvolgende dae aangejaag word nie.

• Bokke moet dadelik wanneer die oornagkamp of finale bestemming bereik word met ʼn voldoende hoeveelheid en kwaliteit voer wat geskik is vir die tipe dier gevoer word.

• Daar behoort ʼn gebeurlikheidsplan te wees om bokke wat uitgeput en lam raak, of andersins nie die vermoë het om by te hou nie, met ʼn voertuig op te pik.

3.2.10.4 Voertuie

Voertuie moet gelisensieerd en padwaardig wees en ʼn verwyderingsertifikaat moet altyd die bokke vergesel.• Alle voertuie en sleepwaens moet aan die volgende voldoen:

– ʼn Geskikte vloer waarop ʼn bok nie maklik sal gly nie.– Voldoende ventilasie en lig tydens die rit en ook wanneer

die vragmotor stilstaan. Toe voertuie is onaanvaarbaar.– Die sykante van die voertuig moet hoog genoeg wees sodat

diere nie van die voertuig kan afspring of afval nie. • Die hoeveelheid bokke wat in ʼn beperkte ruimte toegelaat word

moet voldoende wees om hul veiligheid en gemak te verseker. Die gemiddelde aanbevole ruimte is 0.4 m2 per bok.

• Verskillende ouderdomsgroepe behoort apart aangehou te word en hulle mag meer of minder vloerruimte opneem.

3.2.10.5 Suiping en voeding voor die laai van bokke

Bokke moet tot op die punt van vervoer van voldoende voer en vars water voorsien word.

3.2.10.6 Laai en aflaai prosedures

• Die laai of aflaai van bokke moet so gou en kalm as moontlik plaasvind. Geduld en verdraagsaamheid moet aan die dag gelê word sonder teistering, bangmaak, seermaak of enige onnodige spanning te veroorsaak.

• Diere moet dadelik afgelaai word wanneer ʼn bestemming bereik word.

3.2.10.7 Bedwinging van bokke tydens vervoer

• Bokke mag nie in vir langer as 4 uur in ʼn periode van 24 uur in bedwang gehou word nie.

• Draad ef baaltou mag nie gebruik word om ʼn bok se bene of voete vas te bind nie.

• ʼn Glipknoop mag nie gebruik word om ʼn bok aan sy nek of horing aan ʼn voertuig vas te maak nie, om te verhoed dat die bok verwurg of sy nek breek. ʼn Tou kan aan die voertuig vasgemaak word op die hoogte van ʼn bok se kniëe, omdat wanneer ʼn bok sou val die moontlikheid van ʼn besering of dood verminder word. Die tou moet lank genoeg wees om ʼn bok toe te laat om in ʼn gemaklike en natuurlike posisie met die kop in ʼn regop posisie te lê.

Die Kode vir die Hantering en Vervoer van diere kan besoek word by: www.samic.co.za

3.2.11 VoedingVoldoende kwaliteit voeding moet vir onderhoud, groei en reproduksie, wat kern faktore vir die welstand van Angorabokke is, voorsien word6,11.

In gevalle waar ʼn volvoer rantsoen of aanvullende voeding benodig word moet daar seker gemaak word dat die formulering daarvan

22

Page 25: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

23

deur ʼn professionele voedingkundige gedoen is. Metaboliese disfunksies wat onnodige ongemak en pyn of dood tot gevolg kan hê moet te alle tye voorkom word. Bokke moet waar moontlik nie aan toksiese plante en ander voedingstowwe wat negatief op gesondheid kan inwerk blootgestel word nie. As ʼn goeie praktyk moet veevoer van ʼn goeie gehalte wees en vry wees van muf, giftige plante of sade. Die voer van produkte van ʼn dierlike oorsprong (bv. Beenmeel, bloedmeel of hoendermis) behoort nie toegelaat te word nie.

3.2.11.1 Water

Bokke moet toegang tot skoon water van ʼn goeie kwaliteit hê en daar moet ʼn voldoende hoeveelheid beskikbaar wees. Die waterbron behoort gereeld vir die hoeveelheid en kwaliteit daarvan nagegaan te word en daar moet kennis geneem word van die spesiale behoeftes van lakterende ooie en bokke gedurende warm toestande. Die suipings of waterpunte behoort ʼn voldoende hoeveelheid te lewer en daar behoort ʼn veilige toegang daartoe te wees. Meganiese toerusting (ingesluit windpompe en boorgate) wat die lewering van die water reguleer behoort gereeld en dikwels, in veral warm toestande ge-inspekteer te word om seker te maak dat dit in ʼn werkende toestand is. Die kwaliteit van die drinkwater moet goed genoeg wees om bokke se gesondheid te onderhou. ʼn Bok se ongedwonge waterverbruik is nagenoeg 2 tot 3 keer sy droëmateriaal behoefte en waterinnames neem toe wanneer hoë proteïen diëte met ʼn hoë soutinhoud gevoer word. Drinkwater wat moontlik hoë toksiese soutvlakke of ander skadelike stowwe bevat, behoort gemonitor en bestuur te word om die skadelike effek daarvan laag te hou. Wanneer daar ʼn tekort aan goeie kwaliteit drinkwater is en daar nie voorsien kan word om die gesondheidsvlakke van bokke te onderhou nie, moet die bokke na ʼn area verskuif te word waar voldoende goeie water wel voorsien kan word. As ʼn duimreël behoort bokke nie vir ʼn periode van langer as 24 uur van water weerhou te word nie. Hierdie periode moet verkort word gedurende laktasie, lamtyd en gedurende warm weerstoestande.

3.2.11.2 Droogte

Droogte word beskryf as ʼn toestand van ernstige voer en/of waterskaarste, gedurende lang periodes van abnormale lae reënval. ʼn Droogte is nie die voorkoms van normale seisoenale afnames in die gehalte en die hoeveelheid voer beskikbaar nie.

ʼn Deeglike droogtebeheer strategie behoort lank voor die tyd beraam te wees en progressief ge-implimenteer word wanneer dit nodig raak. Droogtevoer behoort reeds gevoer te word voordat die normale weiding nie meer genoeg is nie. Vir goeie resultate behoort bokke in verskillende ouderdoms- en kondisie groepe gevoer te word. Bokke wat vir oorlewing gevoer word behoort tydens voertye dopgehou te word. Dit kan dalk nodig wees om swak diere vir spesiale sorg af te sonder.

Bokke mag nie toegelaat word om honger te ly nie. Wanneer daar nie minimale water en weiding voorsien kan word nie kan daar aanvullend gevoer word mits dit ekonomies regverdigbaar is. Weidings kan moontlik gehuur word of die diere behoort laat slag te word om verdere lyding te voorkom. Droogte geteisterde diere is baie vatbaar vir spanning en vereis versigtige hantering en behandeling. Gedurende droogtes is bokke baie vatbaar vir spanning en hulle behoort ekstra sorgvuldig behandel en hanteer te word.

3.3. Gesondheid en Siektebeheer StrategieAlgemeen• ʼn Gesondheidsbestuursplan behoort gemonitor te word deur

ʼn veearts wat opgelei is in die veld van diereproduksie en siektebeheer.

• Siek, beseerde of besmette bokke behoort dadelik die nodige behandeling te ontvang of geslag te word.

• Voorkomende maatreëls behoort toegepas te word wanneer daar besmetlike siektes endemies tot die area is.

• Middels behoort streng volgens die etiket instruksies van die vervaardiger toegedien word en middels wat deur ʼn veearts voorgeskryf is moet volgens sy instruksies toegedien word.

• Die etiket instruksies moet noukeurig gevolg word om te verseker dat ʼn middel korrek toegedien word en die risiko aan ander bokke, werknemers, verbruikers en die omgewing te verhoed.

• Die individu wat medisyne hanteer en dit toedien behoort opgelei en bekwaam te wees en ʼn kennis van die siektetoestand hê.

• Die gebruik van hormonale groeireguleerders behoort beperk te word. Dit word nie binne organiese boerderystelsels toegelaat nie.

• Medisyne waarvan die vervaldatum bereik is en gebruikte medisynehouers behoort in oorleg met die plaaslike veearts wegge- doen te word om die moontlike wangebruik daarvan te voorkom.

3.3.1 Medisynekamer• Medisyne moet in ʼn stewige, geslote en goed beligte plek

gestoor word volgens die instruksies van die etikette en verwyderd van ander produkte soos veevoer. Dieselfde geld vir medisyne wat verkoel moet word. Medisyne behoort gestoor te word in ʼn koel donker plek en moet nie op ʼn vensterbank in direkte sonlig gehou word nie.

• Inligting oor noodgevalle en fasiliteite moet vir werkers beskikbaar wees soos bv. genoegsaam skoon water vir oogwas.

• Medisyne moet in hul oorspronklike houers gestoor word.• Rekords: ʼn Inventaris moet gehou word van medisyne en

geneesmiddels en hulle gebruike. Dit behoort deur ʼn opgeleide veearts in Diereproduksie en Siektebeheer gemonitor te word. Sien Bbylaag 1 vir ʼn voorbeeld van ʼn inventaris.

3.3.2 Die Hantering en gebruik van Entstof

3.3.2.1 Wat is ʼn Entstof

ʼn Entstof is ʼn preparaat wat ʼn besmetlike agent bevat wat, wanneer dit aan ʼn bok toegedien word, die bok weerstandig teen daardie spesifieke agent sal raak. Die geënte bok sal dan weerstand teen die volgende blootstelling van dieselfde organisme bied. Daar is verskillende soorte entstowwe:

Lewendige entstowwe

ʼn Lewendige entstof bevat gewoonlik ʼn lewendige mikro-organisme wat wat op een of ander manier verswak (verdun) is of dit kan ʼn avirulente stam wees wat natuurlik voorkom. Die meeste lewendige entstowwe is in ʼn vriesgedroogde vorm. ʼn Vriesgedroogde entstof word in ʼn droë saamgeperste korrreltjie aangebied wat eers met steriele water gemeng moet word voordat dit ingespuit kan word. Die mikro-organisme in ʼn entstof kan in dié vorm gestoor word mits dit in ʼn koelkas gehou word en nie aan direkte sonlig blootgestel word nie.

Onaktiewe of dooie entstowwe

Daar is drie tipes dooie entstowwe1. Entstowwe wat doodgemaak is: Dit is entstowwe waarvan die

mikro-organismes deur chemikalieë of deur hitte doodgemaak is. Doodgemaakte bakteriële entstowwe word soms na verwys as ʼn bakterien.

2. Toksoïede: Hierdie is entstof wat uit bakteriese toksiene gemaak word, en nie-toksies gemaak is deur chemiese behandeling.

Page 26: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

24

3. Sub-eenheid entstowwe: Sub-eenheid entstowwe word net uit sekere gedeeltes of strukture van mikro-organismes saamgestel.

Dooie entstowwe is gewoonlik minder effektiewe induseerders van die immuun reaksie as lewendige entstowwe en daarom word chemikalieë bygevoeg om die immuniteit te verbeter. Die chemikalieë word bymiddels genoem. Dié bymiddels kan minerale olies, kaliumof aluminium soute wees. Entstowwe wat bymiddels bevat en ʼn tyd gestaan het kan ʼn sediment hê wat op die bodem uitsak. Entstowwe wat bymiddels bevat moet dus ligweg voor gebruik geskud word om al sy bestanddele te meng.

3.3.2.2 Hoe om ʼn entstof te gebruik

Die instruksies op die etiket wat saam met ʼn entstof verpak word moet altyd sorgvuldig nagekom word. Omdat die instruksies vir ʼn spesifieke entstof se gebruik soms verander moet dit nooit gekoop word sonder die instruksies wat sê hoe dit gebruik moet word nie. Dit is noodsaaklik om die instruksies ten opsigte van die volgende belangrike inligting te lees:

1. Die stoor daarvan: ʼn Entstof moet teen die voorgestelde temperatuur gestoor word. Met die uitsondering van hartwater en rooiwater entstowwe, wat gevries gehou moet word op droë ys of in vloeibare stikstof behoort al die ander entstowwe nie gevries te word nie. Deur entstowwe te vries of te ontdooi word sekere bestanddele vernietig. Entstowwe wat toevallig gevries is moet van ontslae geraak word. Yskaste wat vir die stoor van entstowwe gebruik word behoort gereeld nagegaan te word vir doeltreffende funksionering. Minimum en maksimum termostate of kleur aanwysers kan hiervoor gebruik word.

2. Dosis: Die dosis wat deur die vervaardiger aanbeveel word is vasgestel deur toegepaste en duur navorsing. Deur te min entstof toe te dien sal veroorsaak dat daar min of geen immuniteit ontwikkel word nie, terwyl ʼn te hoë (te veel) toediening ʼn vermorsing is en toksiese of ʼn allergiese reaksie kan veroorsaak.

3. Roete: Die roete van hoe ʼn entstof toegedien word is baie belangrik en deur die verkeerde een te volg kan baie probleme veroorsaak word. Dit is belangrik om die aanbevelings van die vervaardiger in die verband te volg en ʼn entsof deur die korrekte roete en op die regte plek, soos dit beskryf word, toe te dien.

4. Ouderdom: Die voorgestelde ouderdom wanneer ʼn entstof toegedien moet word, word gewoonlik bepaal wanneer ʼn dier blootgestel of vatbaar raak vir die spesifieke siekte.

5. Seisoen: Sommige siektes is seisoenaal en ʼn entstof moet voor die blootstelling of die hoë risiko tydperk toegedien word om effektief te wees. Daar moet dus tyd ingeruim word vir die immuniteit om te ontwikkel. Onthou dat by sommige entstowwe (soos bloutong) ʼn aantal toedienings gegee moet word en dat daar genoeg tyd moet wees vir die immuunstelsel om te ontwikkel.

3.3.2.3 Voorsorgmaatreëls wanneer entstowwe gebruik word

1. Naald en spuit higiëne: Naalde en spuite wat vir entstowwe gebruik word moet steriel wees. Dit kan steriel gemaak word deur dit vir 30 minute in ʼn potjie te kook of van ʼn instrument steriliseerder gebruik te maak. Naalde behoort gereeld, (wanneer dit prakties is) gedurende immunisering vervang te word. Wanneer daar reeds ʼn siekte uitgebreek het moet daar ʼn afsonderlike naald vir elke dier gebruik word. Wanneer onsteriele naalde en spuite gebruik word kan dit veroorssak dat daar absesse en algemene infeksies vorm. Spuite moet opsygesit word vir wanneer die Brucella melitensis (Rev 1) entstof toegedien word en slegs vir die doel gebruik word.

2. Die blootstelling van entstowwe aan sonlig: Die ultra violet strale wat deur die son veroorsaak word beskadig alle infektiewe agente en dit is noodsaaklik dat lewendige entstowwe buite die bereik van

sonlig gehou moet word. Alle entstowwe verloor effektiwiteit deur hitte en sorg moet gedra word om entstowwe koel te hou wanneer dit vervoer of in die veld gebruik word. ʼn Koelsak wat koelpakke bevat behoort vir die doel gebruik te word.

3. Vermenging van entstowwe: Verskillende entsowwe behoort nie in een spuit gemeng te word nie tensy dit deur ʼn vervaardiger aanbeveel word. Entstowwe behoort ook nie saam met ander inspuitbare preparate (vitamine, antibiotika, ontwurmers ens) in ʼn spuit vermeng te word nie omdat die chemikalieë wat die middels bevat die bestanddele van entstowwe kan beskadig.

4. Entings gedurende uitbrake: Entings gedurende uitbrake is vol probleme en behoort voorkom te word met die implimentering van ʼn goed beplande voorkomende inentingsprogram. Behalwe vir die feit dat ʼn spesifieke siekte reeds in diere aanwesig kan wees wanneer hulle geënt word, vat ʼn entstof tyd om immuniteit te ontwikkel en kan hulle siek raak voordat immuniteit ontwikkel is. ʼn Ander moontlikheid is dat ʼn siekte deur ʼn besmette dier aan ander deur ʼn naald met enting oorgedra kan word. Die oordraging van die volgende siektes kan met ʼn naald gedoen word: Knopvelsiekte, slenkdalkoors, miltsiekte en sponssiekte. Dit is noodsaaklik om ʼn afsonderlike naald vir elke dier tydens die uitbreek van een van die siektes te gebruik. ʼn Ander probleem tydens uitbrake is dat ander boere ook probleme kry en dat daar dan ʼn tekort aan entstof ontstaan.

5. Entstowwe: potensieel skadelik vir die mens: Lewendige entstowwe van soönotiese siektes kan ernstige gevolge vir mense inhou wanneer hulle toevallig ingespuit word of die entstof in hul oë spat. Dit sluit in Brucella melitensis (Rev1) wat Maltakoors by mense kan veroorsaak. Sorg moet gedra word wanneer die entstowwe gebruik word en daar behoort voorkomende maatreëls getref word. Wanneer ʼn mens aan die entstowwe blootgestel word, behoort daar onmiddellik opgetree te word, wat die uitspoel van oë met skoon water en mediese sorg insluit.

3.3.3 Die inspuit van bokke

3.3.3.1 Algemeen – Higiëne

• Kry veeartseny advies voordat inspuitings toegedien word om seker te maak dat die regte middel toegedien word en dat die korrekte prosedure gevolg word.

• Daar moet toegesien word dat die vervaaardiger se instruksies vir die stoor van die middel en die toediening daarvan presies gevolg word.

• Maak seker dat jy met sorg en in ʼn veilige plek ontslae raak van ou naalde, spuite en verpakkingsmateriaal. Naalde is veral gevaarlik en behoort in ʼn spesiale houer vir die doel weggegooi te word.

• Daar is verskeie bakterieë op die oppervlakte van ʼn vel teenwoordig en dit kan ʼn infeksie veroorsaak wanneer daar medikasie toegedien word. Daarom behoort die vel, wanneer daar met baie waardevolle diere gewerk word of wanneer die omgewing baie vuil is, met sorg skoongemaak en ontsmet te word voordat daar ingespuit word.

• Jodiumtinktuur is verkieslik en beter as brandspiritus wat, alhoewel dit oor die algemeen gebruik word, nie effektief as ʼn ontsmetmiddel is nie.

• ʼn Nuwe stukkie gaas behoort gebruik te word om elke dier te ontsmet.

• Op groot plase kan bogenoemde hopeloos onprakties wees. Sou jy byvoorbeeld 500 bokke moet inspuit sal jy nie genoeg tyd hê om elke bok te ontsmet nie.

• Jy kan eenvoudig teen ʼn drukgang afbeweeg en elke bok op ʼn skoon gedeelte van die nek inspuit. Sorg dat jou hande skoon is (en was dit as dit vuil raak) en vervang die naald na elke gang.

• Die spuit en elke gedeelte daarvan wat met die medikasie of middel wat ingespuit word in aanraking gekom het behoort in

Page 27: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

25

ʼn groot houer of drukkoker met sy deksel op gekook word.• Normale bakterieë sal doodgemaak word deur dit tot kookvlak

te verhit en om seker te maak dat dit vir 30 minute kook sal verseker dat die meeste van bakteriese spore vernietig word.

• Nadat dit gekook het behoort die houer met die deksel op na een kant toe gekantel en dreineer word.

• Met al die water uit kan die spuit en die suier aan ʼn eksterne deel opgetel word en sorgvuldig aanmekaar gesit word sonder om aan enige gedeelte te vat wat aan die entstof of die dier blootgestel gaan word. Was jou hande en maak dit droog voordat jy enige spuittoerusting optel om aanmekaar te sit.

• Gebruik oor die algemeen altyd die kleinste naald wat geskik is, soos ʼn 19 maat naald met die nouste wydte. ʼn Stewige, korter naald soos ʼn 16 maat mag nodig wees vir diere met ʼn taai vel.

3.3.3.2 Onderhuidse Inspuiting

Dit is die maklikste en vinnigste manier van inspuit en word gebruik vir baie entstowwe en medisyne • wat nie irriterend is nie en maklik absorbeer word.• Met diere in ʼn drukgang kan die vel opgelig word om ʼn “tent” te

vorm, die naald in die basis van die “tent” onder die vel in te druk en dan die suier te druk.

• Maak seker dat wanneer jy die naald indruk dit nie te vêr gedoen word en dat daar nie regdeur die “tent” gedruk word nie.

• Die los vel aan die kant van die nek of agter die elmboog is goeie plekke vir ʼn onderhuidse inspuiting.

• ʼn 1 duim naald of ʼn 18 tot 20 maat deursnee kan gebruik word.• Met irriterende stowwe, wat sommige van die entstowwe kan

wees, mag daar ʼn reaksie in die vorming van ʼn knop wees. Dit mag die karkas benadeel wanneer die dier geslag word. In sulke gevalle behoort daar bo en teen een kant van die nek ingespuit te word. Enige knop wat daar vorm kan afgesny word wanneer die dier afgeslag word.

3.3.3.3 Binnespierse Inspuiting

• Heelwat medisyne moet diep in ʼn spier gespuit word om beter te absorbeer en wat kan meebring dat dit minder irriterend is.

• Angora bokke het oor die algemeen nie dik spiere nie en sorg behoort gedra te word wanneer binnespierse toedienings gemaak word.

• Moontlike plekke waar binnespierse inspuitings gemaak kan word is die spiere in die nek of in die groot spiermassa van die agterkwart. Senuwee en bloedvate loop langs die spiere en daar behoort sorg gedra te word om dit te vermy.

• Dit is belangrik om daarop te let dat die inspuiting nie in onderhuidse vet toegedien word nie maar wel in die spier.

• ʼn Korter naald as die geval by skape moet verkieslik, en veral met kleinbokkies gebruik word. ʼn 1 duim en korter en met ʼn 18 tot 20 maat deursnee word aanbeveel by binnespierse inspuitings.

• Net voordat die spuit se suier gedruk word kan dit effens teruggetrek word. Wanneer daar dan bloed in die spuit opgetrek word, het die naald per ongeluk in ʼn bloedvaat beland. Wanneer dit gebeur moet die naald plek verskuif word om seker te maak dat die inspuiting binnespiers en nie binneaars gedoen word nie.

3.3.3.4 Binne-aarse Inspuiting

Vermy die toediening van binneaarse inspuitings en los dit liewer vir ʼn veearts. Dit kan moeilik wees om ʼn aar te vind veral by ʼn bok met lang hare.

3.3.3.5 Binne-uierse Inspuiting

• By bokke word antibiotika teen mastites gewoonlik binnespiers gedoen maar dit kan nodig raak om dit direk deur die speenkanaal toe te dien.

• Hierdie is werklik infusies wat liewer van ʼn langnek buis, instede van ʼn naald, gebruik maak om toedienings te doen.

• Onthou dat die sluitspier wat binne die speenkanaal oopmaak baie delikate strukture is en baie sensitiewe dele van ʼn bok is. Daar moet sag en met sorg aan die deel van ʼn bok gewerk word.

• Dit word nie meer langer aanbeveel dat nadat ʼn vol buis binne in die speen leeggemaak is, die produk in die uier op-gemasseer word nie.

• Dit is belangrik om die punt van die speen met brandspiritus skoon te maak voordat die buis daarin gedruk word. Gebruik watte om die speen skoon te maak tot daar geen vuiligheid sigbaar is nie. Dit mag ʼn paar keer se afvee meebring. As die speen nie skoongemaak word nie beteken dit net dat vullis en kieme in die speen opgedruk word wat meer probleme veroorsaak.

3.3.3.6 Om ʼn spuit vol te maak

• Wanneer vloeistof uit ʼn nuwe bottel van ʼn produk, met ʼn spuit onttrek moet word is dit soms moeilik omdat daar geen lug in ʼn nuwe bottel of houer is nie.

• Al wat gedoen moet word is om die hoeveelheid lug, wat die hoeveelheid vloeistof wat onttrek moet word sal vervang, in die spuit op te trek en dit dan deur die rubber deksel in die bottel te spuit.

• Dit sal genoeg lug in die bottel plaas om ʼn spuit mee vol te maak.• Jy kan dit elke nou en dan doen wanneer dit moeilik raak om jou

spuit vol te maak.• Of jy kan ʼn ander naald in die deksel van die houer druk wat sal

dien as ʼn lugpoort terwyl ʼn produk onttrek word.• Probeer om alles so skoon as moontlik en vry van besoedeling

te hou.

3.3.4 Belangrike bakteriële en virale siektes

Die volgende siektes sluit nie die hele spektrum in nie en ʼn veearts moet konsulteer word wanneer daar twyfelagtige gevalle is. Produsente behoort te weet watter siektes gereeld in die betrokke area voorkom en Angorabok kuddes daarvolgens bestuur.

3.3.4.1 Ensoötiese Aborsie

Die organisme wat ensoötiese aborsie by ooie veroorsaak word Chlamydophila abortus genoem. Chlamydophila is die mees algemene oorsaak van aborsie by ooie. Dit word deur aborterende ooie oorgedra aan vatbare ooie. Kleinbokkie ooitjies is gewoonlik die mees vatbaarste waar die organisme op plase teenwoordig is. Chlamydophila veroorsaak aborsie gedurende die laaste week van

ʼn Onderhuidse Inspuiting agter die elmboog

ʼn Onderhuidse Inspuiting in die nekgedeelte

ʼn Binnespierse Inspuiting in die agterkwart Binnespierse Inspuiting in die agterbeen

Page 28: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

26

dragtigheid en dit mag ook die oorsaak wees dat kleinbokkies kort na geboorte vrek.

Die organisme kan ook longontsteking by kleinbokkies veroorsaak maar die Chlamydophila spesie wat aborsie veroorsaak word nie verbind met oogontsteking en gewrigsontsteking nie. Aborsies wat deur Chlamydophila veroorsaak word kan gewoonlik gestop of verminder word deur die hele kudde met tetrasikliene te behandel. Verskeie entstowwe is beskikbaar en daar moet toegesien word dat die vervaardiger se aanbevelings noukeurig gevolg word met die toediening van die entstof. Ooie behoort minstens 4 tot 6 weke voor die teelseisoen geënt te word.

3.3.4.2 Slenkdalkoors

Slenkdalkoors is ʼn virale siekte van sub-Sahara Afrika. Die virus val die lewer aan en veroorsaak simptome van koors en lusteloosheid tot bloeding en aborsievlakke van tot 100% by dragtige ooie. Dit word deur muskiete oorgedra en daar is nie ʼn spesifieke behandeling vir besmette diere nie.

Die enting van diere teen slekdalkoors word gebruik om die siekte in endemiese gebiede te voorkom.

Inenting

Verskillende entstowwe is beskikbaarLewendige entstof (vir bokke, skape en beeste)Dit is ʼn entstof wat jaarliks toegedien moet word. Die entstof kan nie aan dragtige bokke toegedien word nie en kleinbokkies van ge-immuniseerde ooie behoort op ʼn 6 maande ouderdom geënt te word.

Dooie entstof (vir beeste)Dit is ʼn dooie entstof wat vir beeste ontwikkel is. Die entstof kan met veiligheid aan dragtige bokke tydens ʼn uitbraak toegedien word maar die immuniteit hou hoogstens vir 1 jaar.

Punte van kennisname

1. Die immunisering teen Slenkdalkoors as ʼn roetine word sterk aanbeveel omdat immunisering tydens uitbrake problematies is.

2. Ernstige verliese word met uitbrake gely3. Slenkdalkoors is ʼn soönotiese siekte

3.3.4.3 Bloutong

Bloutong word deur muggies versprei en is ʼn virale siekte wat bokke kan affekteer. Die bloutong virus veroorsaak inflammasie, swelling en bloeding van die slymvlies in die mond, neus en tong. Inflammasie en seer kloutjies word ook aan bloutong verbind. In bokke swel die tong en slymvlies in die mond, daar is bloeding en dit kan rooi of ʼn vuil blou kleur hê, vandaar die naam bloutong. Die bloutong virus kan van bok tot bok versprei word deur bytende muggies. ʼn Bok kan nie die virus direk van ʼn ander bok optel nie. Met inentings moet seker gemaak word dat die vervaardiger se aanbevelings presies gevolg word. Die drie toedienings van die endstof moet 3 weke uitmekaar toegedien word en ramme behoort 60 dae voor paartyd geënt te word omdat dit met ʼn koors reaksie gepaardgaan wat vrugbaarheid belemmer.

3.3.4.4 Pasteurella (Mannheimia haemolytica)

Bokke van alle ouderdomme kan deur die siekte affekteer word wat gewoonlik verskillende vorme van longontsteking veroorsaak (bontlong en harslagsiekte) en die pasteurella bakterieë is ook die oorsaak van mastitis (blou uier)27. Pasteurella word dikwels deur infeksies van die parainfluenza virus, mycoplasma organismes en siektes soos chlamydophila en jaagsiekte vergesel. Toestande wat spanning veroorsaak soos droogtes en koue kom ook voor. Om

die beste resultate uit die entstof te kry behoort die bogenoemde toestande of kondisies beveg te word. Daar is ʼn groot verskeidenheid van die pasteurella bakterieële stamme en slegs die mees belangrike word deur die entstof gedek. Dit is dus moontlik dat die entstof onvoldoende in sekere gevalle mag wees. Wanneer daar probleme voorkom behoort ʼn veearts gekonsulteer te word. Spesiale entstowwe vir spesifieke stamme, wat nie ingesluit is by die standaard entstof nie, kan van Onderstepoort Biologiese Produkte verkry word.

3.3.4.5 Orf (Vuilbek)

Vuilbek word deur die pokke virus wat Paravaccinia genoem word veroorsaak. Kleinbokkies is meer vatbaar vir die siekte en wys meer ernstige kliniese tekens as ouer bokke. Die virus word van besmette bokke na vatbare bokke deur direkte kontak of deur indirekte kontak deur wonde oorgedra. Die geaffekteerde liggaamsdele is tipies die lippe, ore, kloutjies, reproduksie organe, flanke en bobene. Die vrat-agtige letsels kan sekondere bakteriese infeksies opdoen en aanleiding gee tot blou uier en bloedvergiftiging. Diere toon geen koors nie omdat die virus gelokaliseerd in die letsel bly. Die entstof word Onderstepoort Orf Suspensie genoem.

3.3.4.6 Absesse (Corynebacterium)

Daar is verskeie redes waarom absesse by Angora bokke vorm maar die bakteriëe Corynebacterium pseudotuberculosis (vroeer genoem Corynebacterium ovis) is die mees algemene27. Besmetting veroorsaak dat daar absesse in die limfknope vorm wat, wanneer dit gesny word of bars, etter wat die bakterieë bevat in die onmiddelike omgewing vrystel. Wanneer absesse in ʼn dier versprei, verloor dit stadig gewig en teer later uit. Die siekte word beheer deur sigbaar besmette diere te prul en goeie higiëniese maartreëls by skeertyd te tref. Daar bestaan ʼn entstof wat vir die gebruik op bokke registreer is.

3.3.4.7 Blou uier

Blou uier is ʼn akute mastites infeksie wat kort nadat geboorte geskenk is by bokke kan voorkom27. Dit word meestal deur serotipes van Mannheimia haemolytica, Corynebacterium of deur Staphylococcus aureus veroorsaak. Dit kom meer algemeen by jong ooie voor. Die veroorsakende bakteriëe word deur normale gesonde bokke gedra.

Die naam verwys na die geaffekteerde uier wat verhard en waarvan die funksie tot so ʼn mate benadeel is dat die ooi nie langer ekonomies lewensvatbaar is nie.

3.3.4.8 Hartwater (Ehrlichia rumminantium)

Hartwater is ʼn besmetlike siekte wat oorgedra word deur besmette bontbosluise27. Die bosluis hou van klam toestande en kom wydverspreid voor (tradisioneel slegs in die oostelike helfte van Suid Afrika). Besmette diere het ʼn koors, is lusteloos en sak uit. Soos die siekte vorder raak asemhaling moeiliker en daar word gevind dat diere geneig is om hul koppe teen ʼn ferm struktuur op te druk. Besmette diere gaan lê later op hul sye met die koppe wat agteroor buig met gestrekte bene. Hulle is sensitief vir lig. Meer inligting kan verkry word van www.obpvaccines.co.za.

3.3.4.9 Klostridiale siektes

Die onderskeie Klostridiale bakterieë kom in die grond voor waar dit vir baie lank kan oorleef24,27. Die meeste Klostridiale organismes kan ook heeltemal normaal in die maag van ʼn gesonde bok voorkom. Bokke kan deur verskeie Klostridiale siektes besmet word waaronder sponssiekte, lamsiekte, kwaadaardige edeem, rooiderm, verskeie vorme van bloednier en klem in die kaak. Die mees algemene siektes is bloednier en klem in die kaak.Bloedpens (dermontsteking, boederige buikloop) word veroorsaak deur Clostridium perfringens Tipe C en affekteer kleinbokkies

Page 29: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

27

gedurende hulle eerste paar weke van lewe. Dit veroorsaak ʼn bloederige infeksie van die dunderm. Dit word dikwels deur slegte spysvertering gekenmerk wat veroorsaak word deur ʼn vinnige verandering in dieet soos aan die begin van kruipvoedinggee of ʼn vinnige verhoging in melktoevoer. Behandeling (deur ʼn teengif onder die vel in te spuit) is dikwels teleurstellend. Die inenting van ooie 30 dae voor lamtyd om die siekte te voorkom, word aanbeveel.

Entertoxemia Tipe D (bloednier, Costridium perfringens tipe D) Die siekte word veroosaak deur te veel vreet en dit is een van die mees algemene boksiektes in die wêreld. Dit word veroorsaak deur Clostridium perfringes tipe D en val gewoonlik die grootste en vinnig groeiende kleinbokkies aan. Dit kom voor na ʼn vinnige verandering in dieet wat die organisme, wat reeds in die bok se maag voorkom, laat vermeerder en ʼn giftige reaksie meebring. Dit word die meeste by kleinbokkies aangetref wat ʼn hoë konsentraat rantsoen kry. Dit kan ook voorkom wanneer ooie swaer in melk is. Kleinbokkies wat ouer as 1 maand is word gewoonlik geaffekteer. Behandeling (deur ʼn teengif onder die vel in te spuit) is dikwels teleurstellend. Die inenting van ooie 30 dae voor lamtyd om die siekte te voorkom, word aanbeveel.

Tetanus (Klem in die Kaak, Clostridium tetani)Tetanus word deur Clostridium tetani veroorsaak wat in die grond voorkom en waarvan die spore kragtig vermenigvuldig. Die siekte kom gewoonlik voor na kastrasie en veral wanneer rubber ringe gebruik is. Enige oop wond kan ook die Tetanus organisme huisves. Tekens van tetanus verskyn vanaf 4 dae tot 3 weke en langer na ʼn besmetting. Die dier kan ʼn stywe gang of Klem in die Kaak ontwikkel en die derde ooglid kan oor die oog vorm. Die dier sal gewoonlik met stywe bene wat reguit uitgehou word gaan lê met die kop teruggebuig.

Behandeling bestaan uit die toediening van tetanus anti-serum en antibiotika. Dit is gewoonlik teleurstellend. Tetanus kan voorkom word deur dragtige ooie 1 maand voor lamtyd te ent. Indien dragtige ooie nie geënt is nie kan die tetanus teenmiddel by kastrasie aan die kleinbokkies toegedien word. Die tetanus entstof lewer onmiddellike kort termyn immuniteit en kan ten tye van kastrasie toegedien word om uitbrake van die siekte te voorkom.

Bloedpens (Colostridium perfringens tipe B)Clostridium perfringens B veroorsaak bloedpens by kleinbokkies. Dit affekteer gewoonlik sterk kleinbokkies van minder as 2 weke oud. Simptome sluit skielike sterftes, lusteloosheid, ʼn leun-houding, maagpyn en ʼn stinkende maagwerksel wat ʼn bloederige skynsel kan hê, in. Nadoodse ondersoeke toon dat daar baie inflammasie van die ingewande is met sere en geleidelike afsterwing.

Kwaadaardige EdeemKwaadaardige Edeem word deur die bakterieë Clostridium septicum, Clostridium chauvoeii en Clostridium novoeii veroorsaak. Dit is ʼn vorm van sponssiekte wat die uterus van ʼn ooi kort na lamtyd affekteer. Daar is 10 in 1 entstowwe beskikbaar.

3.3.5 Interne ParasietbeheerAlhoewel daar verskeie interne parasiete in weidende diere is, is nematodes (rondewurms) die belangrikste interne parasiet wat herkouers pla. Ander algemene interne parasiete by herkouers is protozoa (koksidia) trematodes (slakke) en cestodes (lintwurms)

Koksidia Epidemiologie en Beheer

Koksidia oorleef in die slymvlies van die kleinpens en as die toestande gunstig is kan dit vinnig vermeerder. ʼn Vinnige nie-slagtige ontwikkeling kan voor die vrystelling van ʼn groot aantal eiers in die mis plaasvind. Die vinnige ontwikkeling wat met hoë vlakke van infeksie saamval maak dat die hoeveelheid eiers in

die mis nie ʼn aanduiding van die erns van die siekte is nie. Dit is hoofsaaklik ʼn probleem by jong groeiende diere omdat die immuun sisteme nog nie die vermoë ontwikkel het om swaar infeksies te beveg nie. Dit gebeur gereeld op ouderdomme so vroeg soos 3 tot 4 weke. Die infeksies kom gewoonlik voor onder toestande waar kleinbokkies saamgehok word en daar swak sanitasie en ventilasie is. Dit kom min voor by weidende diere maar dit kan voorkom as die toestande warm en klam is.

ʼn Koksidia besmetting vind plaas wanneer eiers deur die mond ingeneem word. Koksidia floreer onder warm klam toestande wat ook gunstig vir longontsteking is. Die twee siektetoestande loop dus parallel aan mekaar. Uitbrake op weidings word soms aan seisoenale reënval gekoppel. Faktore wat spanning meebring, soos speentyd, kan met uitbrake verbind word. Uit ʼn bestuursoogpunt is ʼn vermindering van spanning en korrekte sanitasie goeie beheer maatreëls. Ordentlike sanitasie wat mis besoedeling en ʼn opbou van vogtige toestande verminder kan die vlak van infeksie en ʼn gepaardgaande siekte uitbraak keer. Die toediening van ʼn koksidiostaat kan die voorkoms van die siekte drasties inkort.

Nematode, weidings, epidemiologie en beheer

Nematodes wat in die spysverteringstelsel van herkouers voorkom het almal ʼn eenvoudige en direkte lewenssiklus. In ʼn direkte stelsel tel die gasheer die larwe wat hom gaan besmet van die weiding af op. Die larwe ontwikkel dan in volwasse nematodes (rondewurms) wat eiers lê. Met sommige skaars uitsonderings word die eiers in die mis uitgeskei, embrioneer, broei op die weidings uit waarvan sommige weer deur bokke ingeneem word om die lewenssiklus te hervat. ʼn Kernpunt by die direkte lewenssiklus is dat die nematodes nie in die gasheer vermeerder nie. Die vermeerdering van nematodes word gebaseer op die hoeveelheid eiers wat ʼn dier in sy mis uitskei. Uiteindelik kan die eier lading in ʼn dier direk in verband gebring word met die hoeveelheid larwes op die weidings. Dit word weer direk met die dra digtheid van diere, die effektiwiteit van die doseerprogram en die omgewing in verband gebring.

Beheer Strategieë

Die grootste uitdaging vir Angorabokprodusente vandag is om ʼn parasietveilige omgewing vir hul bokke te hê en om weerstand teen middels te beperk. Om dit te kan doen verg kennis van parasiete, die seleksie van die regte bokke en om die regte bestuurspraktyke toe te pas. Strategieë om weerstand teen middels te beperk val in drie groepe: Bestuurstrategieë, weidingstrategieë en doseringstrategieë.

Bestuurstrategieë

Nematodes oorwinter of op die weidings of in die gasheer. Die wat in die gasheer oorleef se ontwikkeling word gestop wanneer die diere dit in die herfs van die weidings af optel. Die skadelikste nematode van kleinvee, Haemonchus contortus oorwinter hoofsaaklik in die gasheer. Oor die winter is dus een van die belangrikste tye om bokke te doseer. (Onthou dat onvolwasse larwes nie eiers afskei nie wat meebring dat mismonster ontledings mees waarskynlik ʼn lae telling gee).

Immuniteit teen parasiet besmetting

Genetika beinvloed ʼn dier se vermoë om weerstand teen parasiete te bied sowel as sy vermoë om met ʼn besmetting saam te leef. Weerstandbiedend word gedefinieer as die dier se vermoë om besmetting te weerstaan. Dit word gemeet aan mis eiertellings. Dit is 20 tot 30 persent oorerflik. Die dier se vermoë om saam met ʼn besmetting te lewe word gedefinieer as verdraagsaamheid. Aangesien dit net ʼn klein aantal diere is wat gewoonlik die meeste larwe eiers afskei, is die ideaal om die diere te identifiseer en uit die kudde te verwyder. Hulle toon dikwels kliniese tekens soos bloedarmoede en of vermaering.

Page 30: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

Voedingstatus

Bokke wat op ʼn hoër voedingsvlak is of ʼn beter kondisietelling het se vermoë om weerstand teen parasiete te bied is beter. Goeie voeding gedurende vroeë dragtigheid verhoog die vetreserwes en dit het gewys dat dit bokke se immuniteit teen parasiete verbeter. Ooie wat hoër vlakke van proteienvoeding gedurende laat dragtigheid kry is beter daartoe in staat om immuniteit teen parasiete op te bou. Wurms (parasiete) het gras nodig om te ontwikkel en bokke wat bv. ingehok aangehou word, het minder parasiete en die wat so aangehou word het minder kans om herbesmet te raak.

Weiding strategieë en stelsels

Skoon of veilige weidingstelselsDie gebruik van skoon of veilige weidingstelsels sal help om parasietprobleme te beheer. Sorg moet gedra word dat parasiete (wurms) in “refugia” wat nie blootgestel is aan doseermiddels nie, op weidings en in onbehandelde bokke teenwoordig is. Om “refugia” te verhoog word voorgestel dat ʼn gedeelte van ʼn kudde nie ontwurm word nie. Die siening is dat dié beginsel weerstandbiedendheid teen doseermiddels sal laat afneem. Veld of weiding wat eers deur beeste of perde bewei is, word ook as veilig beskou omdat hulle nie dieselfde parasiete met bokke deel nie.

Weiding rotasiestelsels

Rotasiestelsels help nie oor die algemeen om inwendige parasiete te beheer nie tensy die rusperiodes van weidings lank genoeg is (<70 dae)

Nog ʼn opmerking oor veilige weidings is die aanwending van blaarvreters (browsers). Dit word dikwels waargeneem dat bokke wat blare vreet nie probleme met parasiete het nie. Omdat larwebesmettings gewoonlik met klam toestande in laer weidingstrata in verband gebring word sal diere wat blare of stokkerige materiaal vreet nie baie parasiete optel nie. In sekere stelsels kan dit as veilige weidings beskou word.

Daar is baie plant tipes wat ʼn weerstandige effek op parasiete het. Sigorei en Birdsfoot Trefoil en ander plant tipes wat ʼn gekonsentreerde mate van tannien bevat tel onder hulle.

Alternatiewe diere spesies

Die nematodes van bokke en skape is dieselfde maar dit verskil aanmerklik van die wat in ander diere voorkom. Weiding wat nie gedurende die vorige jaar deur bokke of skape bewei is nie is veilig of skoon om bewei te word. ʼn Klein aantal produsente het genoeg vee

van verskilende tipes om alternatiewe beweiding binne verskillende jare te doen. Sou beeste of perde ʼn kamp in een jaar bewei, sou dit die volgende jaar veilig vir kleinvee wees. Baie dieselfde nematodes kom in bokke en skape voor en om jare tussen die twee te roteer is nie effektief nie.

Dosering Bestuurstrategieë

Verminder die gebruik van doseermiddels.Doserings behoort beperk te word tot 2 of 3 keer per jaar. Gereelde doserings soos dit op sommige plase toegepas word kan nie aanbeveel word nie.

In elke kudde is daar ʼn groot verskeidenheid diere wat die vermoë het om saam met ʼn parasietlading te leef. Die klem op dosering het na uitsondering verskuif en dat slegs die diere wat behandeling nodig het, doseer moet word (selektiewe teiken behandeling) Daar is baie maniere van hoe ʼn produsent kan besluit watter diere behandeling nodig het. Dit kan individuele miseiertellings, ʼn kliniese evaluering van bloedarmoede (die FAMACHA ooglid stelsel) of die kondisie van diere (in groot boerderye) wees. Enige van die stelsels sal ʼn gedeelte van die kudde identifiseer wat meer vatbaar vir parasiete is, spesifiek tot haarwurm, Haemonchus contortus.

Daar bestaan verskillende konsepte hieroor. Een is om minder diere minder op minder geleenthede te behandel. Die metode is nie om te besluit wanneer ʼn hele kudde behandel behoort te word nie maar dat slegs individue behandeling moet kry. ʼn Ander een is dat weerstandbiedendheid ʼn genetiese reaksie is wat ʼn geleentheid bied om diere wat nie weerstand bied nie te prul. Dit sal meebring dat die algemene weerstandbiedendheid teen parasiete in ʼn kudde verbeter. Uiteindelik lê die bogenoemde stelsels klem daarop dat daar geselekteer behoort te word om die toleransievlakke van kuddes teen Heamonchus contortus, die mees patologiese of skadeveroorsakende nematode by bokke en skape te verbeter. Dit is waarom parasitoloë produsente aanmoedig en oplei om miseiertelling en FAMACHA stelsels te gebruik. Daar bestaan altyd die risiko dat miseiertellings en ooglid bloedarmoede nie deeglik genoeg gedoen word nie en dit word aanbeveel dat produsente gereeld met hul kleinvee veearts skakel. Terwyl Haemonchus contortus as die belangrikste parasiet probleem geag word kan die ander nematodes ook vernietigend wees. Van die ander nematodes sal nie noodwendig ernstige bloedarmoede meebring of hoë miseiertellings hê nie.

Gebruik die volle dosis van ʼn doseermiddel

Deur onderdosering te doen kan veroorsaak dat parasiete oorleef en ander kan gedeeltelike weerstand teen die middel ontwikkel.

28

Page 31: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

29

Wanneer die parasiete wat gedeeltelik weerstand bied inteel kan hulle nageslag voortbring wat meer weerstandbiedend vir die doseermiddel is. Die toedien van te min doseermiddel word meestal veroorsaak wanneer die gewig van die diere onderskat word. Alle diere behoort voor behandeling geweeg te word en die voorgeskrewe dosis behoort toegedien te word. Dit is dikwels nie moontlik om al die diere te weeg nie en dit word in sulke gevalle aanbeveel om ʼn paar van die swaarste diere te weeg en die doseringsmaat daarvolgens aan te pas.

Roteer die tipe doseermiddel

Verskillende groepe behoort op ʼn jaarbasis en langer roteer te word. ʼn Ander groep met elke dosering word nie aanbeveel nie. Die meer dikwelse wisseling tussen groepe verhoog die kanse dat weerstand teen albei groepe kan ontwikkel. Weerstand kan gemeet word met ʼn eiertelling reduksietoets 14 dae na dosering.

Die doeltreffendheid in bokke

Bokke se metabolisme is fisiologies verskillend van skape en beeste sʼn. Dit verg gewoonlik ʼn groter hoeveelheid doseermiddel om dieselfde farmakologiese dosering in bokke te kry. Dit is belangrik omdat die meeste doseermiddels nie etiketteer vir die gebruik op bokke nie of verkeerdelik etiketteer op ʼn laer as vereiste dosis. Daar moet kennis van geneem word dat die hoër dosering aanbeveling nie altyd gebaseer is op werklike kontroletoetse op bokke nie maar dat die kontrole toetse wat wel beskikbaar is, ʼn algemene verhoging in doseermiddel voorstaan. ʼn Ander probleem om ondervinding uit veldproewe te gebruik om doseringvlakke te bepaal, is dat die doeltreffendheid van baie produkte van bokke verlaag wanneer daar weerstand teen produkte opgebou word wat die noodsaaklikheid van hoër doserings beklemtoon. ʼn Algemene duimreel is dat bokke dubbel die dosis doseermiddel (gekonsentreerd op liggaamsgewig basis) as skape of beeste behoort te kry. Een uitsondering is levamisole waar ʼn werklike kontroletoets aangedui het dat 1.5 keer die hoeveelheid wat aan skape toegedien word doeltreffend by bokke is (of ongeveer 12 mg per kg liggaamsgewig).

Misontledings

Om ʼn mismonstertelling te neem is ʼn groot deel van ʼn algemene bestuursprogram maar dit is ʼn gebrekkige aanduiding van wanneer om te doseer. Baie produsente is onder die indruk dat mismonster ontledings ʼn goeie aanduiding is van wanneer om te doseer. Dit is nie heeltemal korrek nie. Soos ons dit sien is daar 3 werklike waarhede by mismonster ontledings: eerstens vertel dit jou hoe besmet jou weidings is. Neem kennis dat daar na weidings en nie diere verwys word nie. Dit is belangrik in ʼn bestuursprogram dat die eiertellings op weidings bekend is. Dit vertel ʼn produsent van hoe besmet sy weidings met parasietlarwes is (om meer spesifiek te wees van hoe besmet die weiding 3 weke vantevore was). Wanneer gereelde mismonsterontledings gedoen word kan die inligting gebruik word om bestuurstrategieë te ontwikkel wat die wurmlading op weidings bestuurbaar maak. Dit is die hoofdoelwit van parasietbeheer.

Tweedens kan mismonsteronledings (eiertellings) gebruik word wanneer diere geprul word. Wanneer eiertellings op die teelkudde gedoen word kan daar geselekteer word vir diere wat meer weerstand teen parasiete toon. Die idee is om diere met hoë vlakke van eiertellings te prul. Hoe groter die persentasie wat geprul word hoe vinniger sal daar vordering wees.

Derdens, miseiertellings kan gebruik word in ʼn middel toetsprogram (om te sien hoe doeltreffend die middel is). Wanneer ʼn middel werk, behoort die eiertelling na nul te val en nie voor ten minste ʼn paar weke terug te keer nie. Die toets wat uitgevoer word word die Mis eiertelling reduksietoets genoem.

3.3.6 Uitwendige parasiete

3.3.6.1 Bosluise

ʼn Groot verskeidenheid bosluise word gevind in gebiede waar bokke aangehou word. Dit sluit die bloubosluis, pantropiese bloubosluis, bontbosluis, bontpootbosluis (groot, klein en grys spesies), bruinbosluis en karooverlammingsbosluis in. Behalwe dat hulle bloedsuiers is, is hulle ook verantwoordelik vir besmettings soos hartwater en nie-spesifieke besmettings soos absesse, bosluisbytwonde, velbeskadiging en vergiftiging soos bosluisverlamming.

3.3.6.2 Vlieë

Hier is net die neuswurmvlieg en die stalvlieg van belang. Die larwe van die eersgenoemde veroorsaak geweldige irritasie in die slymvlies van die neusholtes en sinusse en uitermatige uitskeidings. Volwasse stalvlieë is gulsige bloedsuiers, veral op die ore en laer ledemate.

3.3.6.3 Muggies en muskiete

Die vroulike geslag van beide muggies en muskiete is aktiewe bloedsuiers. Die bloutong virus word met die proses deur muggies versprei terwyl muskiete draers van Slenkdalkoors en Wesselsbron siektes is.

3.3.6.4 Luise

Die blouluis en twee spesies suigende luise is belangrik by Angorabokke. Hierdie luise veroorsaak irritasie van die vel en lei daartoe dat die bokke hulle self krap, teen voorwerpe skuur of aan die haar byt. Dit bring mee dat die bokke verswak en dat die haar vermat en verkleur. Swaar besmettings kan groei benadeel en selfs tot die dood by kleinbokkies lei.

Monitor al die bokke vir ʼn luisbesmetting – dit kom oorwegend in die winter voor. Wanneer besmetting voorkom moet alle bokke, insluitend die kleinbokkies met ʼn geregistreerde produk gedip word. Wanneer dit nie moontlik is om bokke te dip nie moet hulle, insluitend die kleinbokkies, twee keer met ʼn geregistreerde opgietmiddel behandel word. Dit is ʼn goeie praktyk om die bure hiervan te verwittig.

3.3.6.5 Myte

Verskeie tipes myte kan gevind word of in die ore, die gesig of die onderste ledemate. Myte veroorsaak enstige irritasie en beskadiging van die vel. Dit veroorsaak dat die diere krap, skuur en dat die besmette dier homself byt. Die vel raak dik en ontsteek, die hare val af en ʼn kors word op die oppervlakte gevorm. ʼn Verlies aan eetlus, vermaering en die dood kan die gevolg wees.

3.3.6.6 Behandeling en beheer van eksterne parasiete

Die behandeling en beheer van bosluise, luise en myte word deur ʼn gereelde vollyfdip of ʼn pensdip in die geval van verlammingsbosluis gedoen. Daar is ʼn wye reeks dipstowwe wat streng volgens die instruksies wat daarmee saamgaan aangewend moet word, spesifiek wat die oorspronklike meng en die daaropvolgende aanvulling betref. Om vlieë, muggies en muskiete weg van diere af te bestry is bykans onmoontlik. Enige beheermaatreël is in sommige gevalle nie prakties moontlik nie terwyl die broeiplekke in ander gevalle uitgewis of behandel kan word om onvolwasse stadiums te vernietig.

3.3.7 DipDiere behoort minstens een keer, kort na skeer, gedip te word. Pas geskeerde bokke benodig minder dipstof en dit is meer doeltreffend op dié stadium. Bokke behoort twee tot ses weke na skeer gedip te word wanneer die bokhaar lank genoeg is om dipstof op te neem.

Page 32: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

30

BiosekuriteitAngorabok boere word aanbeveel dat

wanneer hulle vee koop of verkoop dit vry

van uitwendige parasiete is en om die bokke

wanneer nodig onder kwarantyn te plaas.

Skeerspanne behoort gemonitor te word om

moontlike besmetting te voorkom. Dit sal die

onnodige gebruik van dipmiddels uitskakel.

Angora bokke behoort met sorg behandel te word omdat hulle meer senuweeagtig as skape is en geneig is om paniekerig te raak. Bokke behoort in verskillende ouderdomsgroepe verdeel te word om te verhoed dat groter bokke die kleiner bokke seermaak. Elke bok behoort met sy agterkwart eerste in ʼn dip gesit te word en nie op sy rug gedraai word nie. Die kop behoort vir ʼn rukkie bo water gehou te word om aan ʼn bok die geleentheid te gee om normaal asem te haal en dan twee keer met ʼn dipstok onder water gedruk word, en weer tyd vir asemhaling tussen onderdrukkings toe te laat. Hierna beweeg die bokke na die dreineringskraal. Bokke behoort nie kort na dip vir lang afstande aangejaag te word nie. Gedurende warm toestande is dit beter om die bokke in ʼn kraal te hou tot dit koeler raak. Bokke behoort, so ver dit moontlik is, vroeg soggens op ʼn gematigde en sonnige dag gedip te word. Dit sal meebring dat die bokke ordentlik droog word.

In gebiede waar die bontpootbosluis aktief voorkom word pensdippe gedurende Oktober en Desember aanbeveel. Pensdippe teen die karooverlammingsbosluis word weer normaalweg gedurende Maart tot Augustus aanbeveel. In hartwatergebiede kan dippe elke tien tot veertien dae nodig wees.

3.3.8 DipmiddelsChemikalieë in die vorm van residue/neerslag op rou bokhaar is ʼn bedreiging vir die omgewing en die aansien van die Suid Afrikaanse Sybokhaar bedryf.

3.3.8.1 Chemiese groepe (Russel IM, Nunn CR 2006)

Die volgende vier hoofgroepe middels is op die Suid Afrikaanse mark vir die beheer van bosluise, myte, luise en brommers beskikbaar.• Organofosfate (OP)• Insek Groeireguleerders (IGR)• Makrosikliese laktone (Ivermektiene)• Sintetiese piretroïde (SP)

Sien feiteblad 1 vir ʼn lys van dipmiddels wat vir die afgelope 20 jaar deregistreer is en onwettig is om op Angorabokke in Suid Afrika te gebruik.

3.3.8.2 Ken die risiko

Die verskillende chemiese groepe het verskeie grade van relatiewe risiko’s wat met die die gesondheid van die hanteerder, weerstand teen middels en die residu/neerslag in sybokhaar verband hou. Deur die risiko’s te verstaan kan daar besluit word wat om te gebruik, indien enige. Organofosfate (bv. diazinon) hou die grootste gevaar in vir menslike gesondheid. As gevolg van die hoë weerstandsvlakke van luise behoort daar advies van verskaffers en veeartse verkry te word.

3.3.8.3 Wat kan u doen

Die sleutel om onafhanklik te raak van chemiese beheer om uitwendige parasiete te verminder is om ʼn geïntegreerde parasiet beheer (GPB) benadering te volg. Indien daar wel van ʼn chemikalie gebruik gemaak moet word, moet die produk wat die minste risiko’s inhou gekies word.

Die twee belangrikste GPB beginsels is:• Bestuursopsies (bv. verminder vatbaarheid risiko van ʼn luis- en

myt besmetting)

• Selektiewe gebruik van chemikalieë (bv. behandel slegs wanneer nodig)

3.3.8.4 Onthoudingperiodes vir uitwendige parasietbeheer middels

Chemiese residu/neerslag behoort in sybokhaar beperk te word deur die volgende beginsels te aanvaar: vermy vollyf behandelings sover dit moontlik is gedurende die laaste 2 maande voor skeertyd. Spesifieke onthoudingperiodes moet ten volle nagekom word15. (Bath G. Pers kom. 2009)

3.3.8.5 Toets vir Chemiese Residu/neerslagDie toets vir chemiese residu/neerslag moet in ooreenstemming met die korrekte IWTO metode gedoen word. (Huidiglik IWTO-DTM-59-04)

3.3.8.6 Onkruidmiddel onthoudingperiodes

ʼn Minimum aantal dae tussen die laaste dag van onkruidbehandeling en wei of hooimaak moet nagekom word volgens die registrasie van die produk.

3.3.8.7 Hantering van Chemikalieë

Alle chemikalieë moet op ʼn verantwoordelike manier soos dit deur wet op beroepsgesondheid en veiligheid beskryf en deur die nuutste regulasies wat deur die wetgewing ondersteun word, hanteer, gebruik en gestoor word18.

Die volgende riglyne oor landbouchemikalieë is van belang in Angorabok boerderystelsels.Chemiese stoor en bestuur• Die stoor behoort bo die 50 jaar vloedlyn gebou te wees• Slegs mense wat toestemming het en opgelei is behoort

toegang tot die sleutels en die stoor te hê• Persone wat verantwoordelik is vir die hantering van chemikalieë

(Opleibare werkgewer/werknemer) moet opgelei wees daarin en die gevolge van ongeoorloofde praktyke verstaan

• Slegs onkruidbeheer en dieregesondheid produkte kan in ʼn chemiese stoor toegelaat word (geen voer)

• Rakke behoort nie van ʼn absorberende materiaal te wees nie en ondeurdringbaar vir chemiese stowwe te wees. Houtrakke met ʼn dik plastiese bedekking of plastiese palette word aanbeveel

• Produkte wat solied is, in poeier of in korrelformaat is behoort bokant vloeibare middels gestoor te word. (minder skade met toevallige lekkasies)

• Alle produkte moet in hul oorspronklike houers gestoor word en die etikette moet onbeskadig wees

• Die verantwoordelike persoon behoort toe te sien dat die oudste produkte eerste gebruik word. (etiket van produk met vervaardigingsdatum of die afleweringsdatum wat met permanente ink op die produk aangebring is)

• Hou rekords weg van die stoor af aan. ʼn Afskirif daarvan kan in die stoor aangehou word

3.3.9 Biosekuriteit27

Biosekuriteit is die bestuur van alle moontlike biologiese bedreigings vir produksie wat van ʼn uitwendige of inwendige bron in die kudde ingebring kan word. Die doelwit van biosekuriteit is die beheer, voorkoming en die uitwissing van ʼn moontlike bedreiging.

SANS 10205:2005Angorabokboere word aangemoedig om die

volgende webblad te besoek vir ʼn volledige

Oorsiglys betreffende die stoor, hantering en

die wegdoen van dipstowwe op plase.

www.rpmasa.org.za/stansa2_10.html

Page 33: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

31

3.3.9.1 Eksterne gevare

ʼn Eksterne gevaar kan deur ongewerwelde diere, besmetlike middels, ongewensde gene en plante meegebring word. Die gevare word deur plaasdiere, roofdiere, insektedraers en deur menslike aktiwiteit oorgedra. Die topografie, wind en waterweë kan ʼn bydrae lewer tot ʼn toegangsroete vir gevare waaraan ʼn kudde blootgestel word.

3.3.9.1.1 Inwendige parasiete

Nuwe spesies en stamme kan ingebring word as daar nie goeie biosekuriteit maatstawwe is nie.

3.3.9.1.2 Uitwendige parasiete

Sekere parasiete is inheems tot die meeste kleinveeplase maar daar is parasiete wat ernstige skade kan bring en uitgewis behoort te word sodat kuddes sonder die parasiete bestuur kan word. Die onderhoud van drade en buffer areas is noodsaaklik indien uitwendige parasiete beheer wil word. Deur toe te sien dat parasiete vernietig word op vee wat ʼn plaas binnekom, is ʼn belangrike kwarantyn maatreël.

3.3.9.1.3 Besmetlike siektes

Besmetlike siektes is die belangrikste fokus area van biosekuriteit praktyke. Besmetlike siektes kan inheems wees maar dit word dikwels deur vreemde vee by plase ingebring.

Siektes met ʼn kort ontwikkelingsperiode

Die siektes kan gewoonlik kort na aankoms waargeneem word en kan gewoonlik beheer word deur nuwe aankomelinge vir twee tot drie weke onder kwarantyn aan te hou.

Tabel 1. Besmetlike siektes met ʼn kort ontwikkeling (inkubasie) periode (Coetsee & Tustin, 2004)

Siekte OntwikkelingsperiodeMiltsiekte 1 tot 14 daeBloutong 7 dae (2 tot 15 dae eksperimenteel)Pasteurella Longontsteking en bloedvergiftiging

Onder 7 dae

Vrotpootjie 3 tot 4 daeOogontsteking (Moraxella) 3 dae tot 3 wekeOogontsteking (Chlamydophila) 3 dae tot 3 wekePeestersiekte 5 tot 6 daeHondsdolheid 2 tot 4 weke (tot 17 weke)Hartwater 7 tot 35 dae (gemiddeld 14 dae)Vuilbek 2 tot 6 daeKlem in die kaak (Tetanus) 3 dae tot 3 weke

Siektes met ʼn lang ontwikkelingsperiode

Hierdie siektes kan misgekyk word ten tye van aankope of wanneer vreemde diere in ʼn kudde toegelaat word. ʼn Verklaring dat bokke vry is van siektes behoort met aankope van verkopers versoek te word. Van die siektes word in Tabel 2 genoem.

Tabel 2. Besmetlike siektes met lang ontwikkelingperiodes (Coetzee & Tustin, 2004)

Siekte OntwikkelingsperiodeKaasagtige Edeem (Corynebacterium pseudotuberculosis)

25 tot 140 dae

Progressiewe Longontsteking (Maedi-Visna) Simptome in 2 tot 4 jaar oue diere

Jaagsiekte 5 tot 6 maandeScrapie 2.5 tot 3.5 jaar

Vrotpootjie Dit kan dormant wees en in latere seisoene voorkom

Brandsiekte (Angora bokke sal nie brandsiekte kry nie maar hulle kan as passiewe draers van die myt dien)

Dit kan dormant wees en in latere seisoene voorkom

Johnes se siekte Diere ouer as 2 jaarHondsdolheid 2 tot 4 weke (tot 17 weke)

Bybal ontsteking by jong ramme

Oordraging van nageboortebe-smetting van ooie wat draers is na nageslag. Dit raak aktief van 12 weke na puberteit

Siektes wat aborsies veroorsaak

Siektes wat aborsie veroorsaak kan eers klinies tydens dragtigheid waargeneem word. Dit is daarom belangrik om wanneer moontlik, vir die siektes te toets met aankope of by aankoms op die plaas. Ooie en ramme wat die siektes onder lede het, behoort tot die einde van die lamseisoen eenkant gehou te word om dit moontlik te maak om dit waar te neem en effektief te beheer. Siektes wat meestal aborsies veroorsaak word in Tabel 3 getoon.

Tabel 3. Ontwikkelingsperiodes van besmetlike siektes wat aborsie veroorsaak

Siekte OntwikkelingsperiodeTaxoplasma gondii aborsie 7 tot 14 dae

Q Fever Maande. Dit raak aktief tydens laat dragtigheid..

Brucella ovis Maande. Dit raak aktief tydens laat dragtigheid. Word beswaarlik gesien

Slenkdalkoors 1 tot 3 daeEnsootiese aborsie (Chlamydophila)

Maande. Dit raak aktief tydens laat dragtigheid..

Wesselsbron siekte 1 tot 3 dae met geboorte. 5 dae voor aborsie voorkom

Insek-oordaagbare siektes

Maatreels om insek-oordraagbare siektes te voorkom is meestal onsuksesvol omdat die meeste insekte oor lang afstande reis, veral windaf. Daar kan geënt word teen die meeste insek-oordraagbare siektes soos bloutong, slenkdalkoors en wesselsbron siekte.

Bosluis-oordraagbare siektes

Alhoewel bosluise na ʼn plaas kan loop word hulle gewoonlik deur ʼn gasheer ingebring. Diere kan gedip word voordat hulle ingebring word maar wild kan ʼn problem skep. ʼn Siekte wat tans deur wild versprei word is hartwater Die draerbosluis, Amblyomma hebraum (bontbosluis) word op bosvarke, vlakvarke en koedoes gevind wat noordwaards in die Oos Kaap migreer. Heinings om wild buite te hou is tans die enigste beheermetode.

Oordraging deur kontak

As gevolg van die kuddegedrag by bokke het baie siektes aangepas om met kontak te versprei. Uit ʼn Biosekuriteitsoogpunt is dit belangrik om kontak met diere wat inkom te vermy, of onbeplande kontak met ander vreemde diere met jou kudde te verhoed. Sou daar kontak wees behoort die hele kudde behandel te word asof daar besmetting plaasgevind het.

3.3.9.1.4 Ongewenste plante

Boetebos (Xanthium spinosum) is ʼn bekende plant wat saad voortbring wat aan sybokhaar vaskleef. Litjieskaktus (Henderson & Anderson, 1966) is ook ʼn bron van besoedeling wat ernstige vermatting, veral tussen die agterbene van kleinbokkies kan veroorsaak. Dit kan beweging inperk (bemoeilik) en wanneer die gematte sybokhaar te koop aangebied word tot finansiele verliese lei. Baie verskillende spesies van dissels, grasse en ander onkruid kan ingebring word deur aan sybokhaar vas te kleef.

Page 34: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

Diere wat ingebring word behoort in kwarantyn gehou te word om sade en plantmateriaal wat besoedeling kan meebring sorgvuldig af te trek en te vernietig. Prosopis sade kan tot 11 dae nadat dit ingeneem is, in die mis voorkom (Hoon et al. 1995). Mis behoort bestuur te word om sade skadeloos te stel of om saailinge te vernietig.

3.3.9.2 Voorkoming van uitwendige en inwendige biosekuriteit gevare

3.3.9.2.1 Kwarantyn

Die inbring van kwarantynmaatreëls is een van die enkel mees doeltreffendste metodes om blootstelling aan biologiese gevare te voorkom. Die bou van ʼn geskikte kwarantyn fasiliteit behoort een van die eerste aktiwiteite van ʼn kuddebestuurder te wees om seker te maak dat enige dier wat inkom op so ʼn manier bestuur word dat dit die laagste moontlike gevaar vir kuddegesondheid sal inhou

Kwarantyn stasie

Fisiese terrein: ʼn Kwarantyn stasie moet so geplaas wees dat bokke direk daarin afgelaai kan word sonder enige moontlikheid dat dit met die plaaslike kudde in kontak kan kom. ʼn Kwarantyn stasie behoort ʼn geskikte heining te hë en ver genoeg van die ander kampe, krale of menslike aktiwiteit af wees om die verspreiding van gevare te voorkom.

Afvloei water mag nie stroom-af boerderyaktiwiteite te besoedel nie. Sou daar nie ʼn geskikte terrein beskikbaar wees nie behoort die afvloei na ʼn dam op die kwarantynstasie gekanaliseer te word. Die ideal is dat ʼn kwarantyn stasie stroom-af van die res van die plaas moet wees.

Insekte kan ʼn groot probleem wees wat besmette materiaal uit kwarantyn stasies vervoer. Die ideal sou ook wees dat ʼn kwarantyn stasie wind-af van die res van die plaas gebou moet wees. ʼn Kwarantyn gebied behoort sy eie hanteringsgeriewe soos krale, drukgang, pensdip en dip te hê. ʼn Gebied van minstens 100 meter behoort rondom ʼn kwarantyn gebied te wees om siekte-oordragings deur insekte te voorkom. (Hofmeyer, 2010).

Kwarantyn maatreëls

Voordat enige bokke gekoop word behoort daar ʼn verkoper verklaring versoek en geteken te word met die waarborg dat sou die bokke ʼn siekte met ʼn stadige ontwikkelingsperiode het, dit teruggegee kan word. Voordat bokke van die plek van oorsprong geneem word (indien moontlik)

1. Dip alle diere2. Voltooi ʼn FAMACHA ondersoek3. Neem mismonsters vir eiertellings van minstens 10 diere4. Indien daar meer as sewe dae oorbly voordat die bokke na jou

vervoer word, behoort hulle, soos dit vereis word, teen minstens die volgende siektes geënt te word:

– Bloednier – Pasteurella

Na aankoms

1. Doen ʼn fisiese ondersoek.2. Sit oorplaatjies met duidelike kleurkodes in elke groep en teken

aan waarvandaan hulle kom.3. Knip die kloutjies wat aandag nodig het.4. Stuur die bokke deur ʼn voetdip met sinksulfaat en ʼn bietjie seep.5. Dip en spuit die bokke teen uitwendige parasiete.6. Neem mismonsters vir ontleding.7. Doen ʼn FAMACHA ondersoek.8. Tree op volgens die resultate van die miseiertelling.9. Doseer indien nodig.10. Toets die doeltreffendheid van die dosering na 10 dae en

tree daarvolgens op. (Alternatiewe prosedure: Koop vatbare Haemonchus larwe en doseer die inkomelinge met lae dosisse om die dier se weerstand te stimuleer.

11. Neem bloedmonsters vir serum (bespreek met jou veearts bv. Jaagsiekte, brucellose)

12. Tree volgens die serum resultate op: sou daar positiewe tekens van jaagsiekte of brucellose wees.

13. Hou die diere in kwarantyn vir ten minste die ontwikkelings-tydperk van kort ontwikkeling (inkubasie) van besmetlike siektes (21 dae) of genoeg tyd vir entstowwe om te begin werk.

14. Kyk daagliks na die bokke. Neem hul temperatuur indien moontlik.15. Nadat die bokke uit die kwarantyn area ontslaan is, behoort

die ramme eenkant gehou te word totdat geslagsorgane vir gesondheid ondersoek kan word en die eerste dekking moontlik is.

16. Hou dragtige bokke eenkant tot na lam. Hou bokke eenkant tot nadat hulle vir die eerste keer gedek is. Peestersiekte kom eers te voorskyn wanneer die ooie gedek word.

Beplande kontak met ander diere

Groepteling, veldram-projekte, skoue, verkope en die uitruil van ramme hou ʼn ernstige risiko vir die biosekuriteit van kuddes in. (Van Wyk et al,1991) Alle diere wat in kuddes hertoegelaat word behoort behandel te word asof hulle van ʼn onbekende oorsprong af aangekoop is. Kuddebestuurders wat aan die aktiwiteite blootgestel word behoort op streng biosekuriteitsreëls met die aktiwiteite aan te dring en miskien verpligte behandeling en toetsing by toelating, en weer by die terugkeer te doen.

Plaas omheinings

Kuddebestuurders kan ʼn tweede heining of net ʼn ekstra draad span om bokke buite die buitegrense van ʼn kamp te hou (kontak met ander diere te bemoeilik) en sodoende die moontlike oordraging van skaap brandsiekte, rooiluis en ander parasiete te voorkom. ʼn Enkele geëlektrifiseerde draad laag en aan die binnekant van die buitegrens heining aangebring verhoed jakkalse om deur te kruip

32

Page 35: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

33

en verhoed diere om teen die buitegrens te skuur met ooglopende biosekuriteit voordele.

Heinings behoort die belangrikste prioriteit te wees in biosekuriteit maatreëls. Ongewenste rondloperdiere wat ʼn plaas binnekom kan baie siektes inbring met ernstige finansiële gevolge. Hekke word ook dikwels deur besoekers wat te voet inkom oopgelos, en kuddebestuurders kan dit oorweeg om oorbruggingslere by deurgange aan te bring wat besoekers sal toelaat om oor heinings te klim instede van om ʼn hek oop te maak. Onbeplande besoeke word nie aangemoedig nie as gevolg van sekuriteit en biosekuriteitsoorwegings. Vrotpootjie is een van die siektes wat deur mense versprei kan word.

Skeerspanne, ander kontrakteurs, besoekers en voertuie

Gehuurde arbeid, diensspanne soos skeerders en voertuie kan die meganismes wees om ernstige siekte uitbrake in kuddes te veroorsaak. Kuddebestuurders behoort hul eie beskermde oorpakke sowel as stort en wasgoed geriewe aan die mense beskikbaar te stel sodat hulle hulle klere kan ontsmet voordat daar met kuddes gewerk word. Skêre en ander toerusting behoort ontsmet te word, behalwe dat dit beter is dat kuddebestuurders hul eie toerusting verskaf. Die maatreëls behoort selfs toegepas te word sou daar met verskillende troppe op dieselfde plaas gewerk word. As voorbeeld van ʼn naskeerse uitbreek van sponssiekte het 200 dragtige ooie uit ʼn kudde van 2000 na skeer gevrek, nadat skeerders op die vorige plaas ʼn bees geslag en geëet het wat sponssiekte onder lede gehad het. Kuddebestuurders rapporteer gereeld dat kaasagtige klierontsteking (Caseous Lymphadenitis) deur skeerspanne ingebring is.

Waterweë

Donderstorms kan besmette materiaal na naburige plase laat spoel. Mis wat op rivierbanke gespoel is en in vleigebiede beland kan parasiet-eiers inbring wat tot uitbrake kan lei. Voorbeeld: Lusernbale wat bosluise bevat het, wat draers van hartwater was, is tydens die vloede van 1976 stroomaf gespoel. Dit het aanleiding daartoe gegee dat beeste langs die oewers van die Oranje Rivier, in die karoo waar daar nie hartwater voorkom nie, daarvan gevrek het. Waterweë wat besmetlike materiaal kan inbring behoort omhein te word om diere waar dit moontlik is buite te hou. Kampe wat risiko’s inhou kan ook vermy word gedurende die seisoen wanneer die grootste risiko voorkom.

Lewendehawe as bron

Kuddebestuurders behoort slegs vee aan te koop van plase met goeie biosekuriteit en wat oor die algemeen goeie gesondheidsbestuur toepas. Kuddebestuurders behoort voordat hulle vee koop dit te ondersoek of vir ʼn veearts vra om hulle te help. Kopers behoort daarop aan te dring dat bokke van ʼn veeartseny gesondheidsertifikaat vergesel word.

3.3.9.2.2 Onderneem ʼn strategiese omgewingsondersoek om die risiko te beoordeel

Produsente en hul adviseurs behoort ʼn strategie van omgewingskandering by hul bestuursproses in te sluit. Die strategie behoort politiese, ekonomiese, sosiale, tegnologiese, wetlike en ekologiese aspekte wat ʼn invloed op biosekuriteit kan hê te ondervang (PESTWE Skandering). Die onlangse uitbraak van slenkdalkoors bied ʼn goeie voorbeeld. Nuusberigte van slenkdalkoors uitbrake in lande noord van Suid Afrika het reeds twee jaar voor die 2010 uitbraak die rondte begin doen. Die uitbraak is vooruitgegaan deur ten minste 3 tot 4 weke swaar reënval in die gebiede wat as ʼn skakel kon dien in die gebiede waar slenkdalkoors voorgekom het. Gevalle van slenkdalkoors is in die vorige jaar in die Noordelike provinsie van Suid Afrika aangeteken.

4. Sosiale Beginsel

Angorabok Boerdery en sybokhaar produksie is ʼn ekonomiese aktiwiteit wat nie in ʼn sosiale/etiese vakuum plaasvind nie en aanvaarbare sosiale en etiese norme en standaarde moet in die beoefening daarvan gevolg word.14,16

Die sosiale beginsel is: Die regte en welstand van werknemers te verseker en om toe te sien dat die plaaslike gemeenskap opgehef en bevorder word en dat die higiëniese praktyke wat met produksie gepaardgaan, toegepas word.

Die boerdery moet sosiaal volhoubaar wees en daar moet die onderneming wees om ʼn veilige en genotvolle werksplek vir vennote, werknemers en familielede te skep. Die doelwit van die Wet op Arbeidsverhouding Wet 66 van 1995 is om regverdige arbeidspraktyke soos vervat in die Verklaring van Regte van die konstitusie van die Republiek.

Algemene Administratiewe Regulasies bv. Die geskrewe besonderhede van werknemers, die hou van rekords, die betaling van besoldiging ens. moet nagekom word.

4.1 MenseregteDie volgende fundamentele menseregte moet respekteer word soos dit deur die handves van menseregte van die Internasionale Arbeidsorganisasie omskryf word. • Geen dwangarbeid• Geen kinderarbeid• Vryheid van assosiasie en ʼn erkenning van kollektiewe

groepering en bedingingsregte. • Geen diskriminasie

4.2 Basiese voorwaardes van Indiensneming Wet 75 van 1999Alle werknemers, Suid-Afrikaners of buitelanders, is geregtig op basiese regte van indiensneming:• Afgespreekte werksure en tye• Verlof, insluitende jaarlikse verlof, siekverlof en kraamverlof• Die reg om indiensneming te beëindig insluitend kennisgewing

daartoe en ʼn uittreeloon• Die voorsiening van indiensneming besonderhede bv. ʼn

betaalstrokie en dienssertifikaat• Minimum ouderdom van indiensneming• ʼn Menswaardige loon moet aan alle plaaswerkers betaal word.• Geen kinders onder die ouderdom van 15 jaar mag op plase

aangestel word nie. Kinders tussen die ouderdom van 15 en 18 jaar mag slegs in diens geneem word wanneer hul welsyn,

Page 36: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

34

opvoeding, fisiese en psigiese gesondheid, en geestelike, morele of sosiale ontwikkeling nie daardeur benadeel word nie.

• Die bepalings en voorwaardes van seisoenale werkers, werkers op vaste termynkontrak teen ander vorme van tipiese indiensneming moet voldoende gereguleer word met voordele proporsioneel tot dié van permanente werkers.

4.3 WerkverhoudingsKonflik binne die werksomgewing moet deur die goeie bestuur van almal wat betrokke is, tot ʼn minimum beperk word. Beide die werkgewers en werknemers moet toesien dat hul aksies wetlik en volgens voorskrifte is. Alle plase moet ʼn toeganklike en toepaslike griewe- en dissiplinêre stelsel in plek hê.

4.4 VaardigheidsontwikkelingDie vaardigheid van alle plaaswerkers moet versterk word om die produktiwiteit en indiensneembaarheid in die Sybokhaarbedryf te verbeter. Dit word aanbeveel dat SAQA geregistreerde kwalifikasies en mentorskap programme ondersteun word.

4.5 Beroepsveiligheid en gesondheidDie volgende is van toepassing;• Die werksomgewing op plase moet veilig en gesond wees.

Dit sluit in beskerming teen ongelukke en siektes waarvan blootstelling tydens werksure verkry kan word.

• Plaaswerknemers moet bewus wees van toevallige gebeurlikhede relatief tot die werksomgewing en prosedures wat gevolg moet word wanneer daar ʼn noodgeval sou ontstaan wat ʼn menslike lewe, voedselveiligheid of dieregesondheid en welsyn bedreig. Hierdie toevallige prosedures moet ook noodgevalle dek in gevalle waar toegang tot voedsel en water afgesny word.

• Sybokhaarboere moet ʼn raming doen van die risiko’s op hul plase en planne maak om dit te verminder deur voorkomende maatreëls te tref.

• Werknemers behoort toegang te hê tot basiese noodhulp en mediese behandeling deur ʼn opgeleide persoon.

• Werknemers is geregtig op vergoeding in gevalle van beroepsongelukke en siektes. Om dit te verseker moet werkgewers by die beroepsveiligheidsfonds geregistreer wees en hul premies betaal.

4.6 Sosiale sekuriteit en voordeleDie volgende is van toepassing;• Werknemers is op werkloosheidsversekering geregtig sou hulle

werkloos raak. Om hiervoor te kwalifiseer moet werknemers by die Werkloosheidsversekeringsfonds registreer en hul maandelikse premies moet saam met die van hul werkgewers betaal word.

• Werkgewers moet seker maak dat hul werknemers toegang het tot pensioen of ʼn voorsorgfonds, ʼn mediese fonds, begrafnis en doodsvoordele.

• Werkgewers wat werknemers het wat op plase bly moet sorg dat behuising en sanitasiegeriewe op standaard is.

4.7 Sekuriteit van VerblyfsregNo.62, 1997 Uitbreiding van Wet op Verblyfsreg.Werknemers en hul familielede word;• Toegelaat word om op grond te bly en en dit te gebruik indien

dit die geval was op of voor 2 Junie 1995.• Werknemers moet toesien dat sou daar ʼn behoefte bestaan om

die bogenoemde Wet te be-eïndig, dit binne die voorskrifte van die Wet gedoen word.

• Werknemers kan onder die Wet met ʼn uitsettingsbevel deur ʼn hof uitgesit word.

• Die regte van werknemers wat deur die toelating van die Wet grond wil bekom moet respekteer word

4.8 ProduktiwiteitDie verhoging van produktiwiteit hang af van baie faktore insluitend beter vaardighede, meer werksatisfaksie en die doeltreffende toepassing van tegnologie - en dit is die verantwoordelikheid van beide die werkgewer en werknemer. Beide moet aspekte identifiseer wat kan lei tot ʼn verhoging in produktiwiteit.

4.9 HIV/VIGSDit is nie toelaatbaar om volgens die Wet op Gelyke Indiensneming werknemers te laat toets vir hul HIV status nie. Werkgewers moet toesien dat almal wat op ʼn plaas woonagtig is toegang het tot voorkomingsprogramme insluitend bewusmaking, kondome en berading.

4.10 KontrakwerkersVoldoende behuising wat die volgende insluit moet vir kontrakwerkers soos skeerders beskikbaar wees. Dit sluit in;• Slaapfasiliteite• Ablusiegeriewe• Waar kos nie voorsien word nie, moet daar voldoende beskutte

fasiliteite vir die voorbereiding van kos wees.

Werksure

Dit word aanbeveel dat kontrakwerkers, soos skeerders, ʼn 8 uur werksdag en ʼn vyf dae werksweek moet hê. ʼn Dag word in vier twee-uur werkskofte verdeel. Minder werksure en dae sal tot ʼn verlies aan produktiwiteit en inkomste aanleiding gee.

'n Uitstekende Webtuiste!Produsente word aangemoedig on die webblad van die

Departement van Landbou te besoek (www.labour.gov.za) vir wetgewing en spesifieke inligting soos jaarlikse verlof, basiese riglyne

vir belangrike praktyke in die arbeidswet, vorms en voorbeelde.

Die Regte van KontrakwerkersWanneer boere kontrakarbeid gebruik geld dieselfde reëls as vir permanente werkers met die uitsondering van beperkings wat

deur die Arbeidswet geplaas word.

Page 37: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

35

5. Verwysings

1 Mills AJ, Turpie JK, Cowling RM, Marais C, Kerley GIH, Lechmere-Oertel RG, Sigwela AM, Powell M 2007 Assessing Costs, Benefits, and Feasibility of Restoring Natural Capital in Subtropical Thicket in South Africa. In: Aronson J, Milton SJ and Blignaut J (eds), Restoring natural capital. Science, business and practice. Island Press, Washington DC.

2 Tainton NM 1999 Veld Management in South Africa. University of Natal Press, Pietermaritzburg, South Africa

3 Cowling RM 2008 Spekboom soaks up CO2. www.urbansprout.co.za

4 Biodiversity and Wine Initiative 2006, as an extension of the abbreviated biodiversity guidelines that are part of the IPW farm guideline (available on the IPW website, www.ipw.co.za).

5 Hodgkinson C, Davies-Mostert H, Komen H, Snow T 2007. Predators and Farmers. Endangered Wildlife Trust, Johannesburg. 30pp.

6 Van der Westhuysen JM, Wentel D, Grobler MC (2004c revised edition) Angorabokke en Sybokhaar in Suid Afrika

7 Klopper I 2007 Sheep Shearer Instruction Manual: NWKV , 2007

8 Lubke R, Everard 1987. Vegetation of South Africa, Lesotho and Swaziland, Thicket Biome.

9 2009, Code of Practice for Handling and Transport of livestock (www.samic.co.za)

10 SANS 10206:2005. Checklist for storage, handling and disposal of Pesticides on farms

11 Schutte AP, Van Tonder EM, Van der Westhuizen JM, Herbst IA, Steyn JJ. 1986. Kunsmatige Inseminasie en Reproduksie by Kleinvee.

12 Du Plessis A, Naidoo V 2008 IVS Volume 2008

13 Sell R. 1993. Angora Goat, Alternative Agriculture Series, Number 7, Department of Agricultural Economics, NDSU

14 Scotcher JS 2009 Development of Generic Principles, Criteria and Indicators for Sustainable Farm Management in South Africa. Unpublished report prepared for WWF. Available from GreenChoice Alliance ([email protected] or [email protected])

15 England D, Jones RA, Noonon J, Warren J 2006. Farming for the Future SAT Edition 1, www.agric.wa.gov.au

16 Agri SA Vision for Labour Relations in Agriculture

19 Todd S, Milton S, Dean R, Carrick PJ, Meyer A 2009. Ecological Best-Practice Livestock Production Guidelines for the Namakwa District. Draft

20 Scholes RJ, Walker BH 1993. An African Savanna: Synthesis of the Nylsvley Study. Cambridge University Press, Great Britain.

21 Brinkman R 1980. Saline and sodic soils. In: Land reclamation and water management, pp 62-68. International Institute for Land Reclamation and Improvement (LRI), Wageningen, Netherlands.

22 Eardley, C.; Roth, D.; Clarke, J.; Buchmann, S.; and Gemmill, B. 2006. Pollinators and pollination: A resource book for policy and practice. African Pollinator Initiative. Agricultural Research Council, Plant Protection. Research Institute, Pretoria. 77pp. ([email protected]).

23 Smuts B 2008. Predators on Livestock Farms: A Practical Farmer’s Manual for Non-lethal, Holistic, Ecologically Acceptable and Ethical Management. Landmark Foundation. 120pp. www.landmarkfoundation.org.za).

24 Lechmere-Oertela RG, Kerley GIH, RM Cowling 2005 Patterns and implications of transformation in semi-arid succulent thicket, South Africa. Journal of Arid Environments 62 (2005) 459–474.

25 Sigwela AM, Kerley GIH, Mills AJ, Cowling RM 2009 The impact of browsing-induced degradation on the reproduction of subtropical thicket canopy shrubs and trees. South African Journal of Botany 75, 262-267

26 Vaccination for the control of animal diseases in Southern Africa, by Dr Pamela Hunter

27 J.A.van Rooyen, 2011. Biosecurity for Small Ruminant

Page 38: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

36

Feitelys 1: Lys van De-registreerde Veeartsenyprodukte

Vir die afgelope 25 jaar onwettig om te gebruik

Produknaam Reg nr Verbanne Gif

x-BHC Dipx-BHC NF DipLindip 15% BHC (Lindane)Bont-Tox Dipand SproeiBromotox DipDisnis AanspuitmiddelDisnis Lewendehawe DipLindane “Flo” Brandsiek DipLindane “Flo” SGDNexa-Ban Bosluis OlieNexa-Ban Bosluis SmeringNexagan Bosluis DipSupalin 40Bosluis en Larwe OlieBosluis OlieTixban Bosluis SmeringTixban Bosluis Olie

G236G622G147G57G1118G147G58G315G591G63G62G52G424G795G912G1155G1154

LindaneLindane LindaneKamphechlorCamphechlorCamphechlorCamphechlorLindaneLindaneCamphechlorCamphechlorCamphechlorLindaneCamphechlorCamphechlorCamphechlorCamphechlor

Toev

oegi

ng 1

: Voo

rbee

ld :

Med

isyn

esto

or N

aspe

ur-a

ante

keni

nge

Jaar

____

____

____

____

____

____

____

____

_

DAT

UM

PRO

DU

KIN

LIG

TIN

GVE

RBRU

IK

DAT

UM

Han

dtek

enin

gva

n di

e Ve

rant

- w

oord

elik

e pe

rsoo

nPr

oduk

naam

Aank

ope

Verv

alVe

rbru

ikLo

t nr

Maa

tska

ppy

Hoe

veel

heid

geko

opH

oeve

elhe

id

gebr

uik

Wat

bly

oor

(b

alan

s)Bo

k nr

Trop

naam

(nom

mer

) B

ehan

del

Eind

e va

n O

ntho

udin

gpe

riode

Toev

oegi

ng 2

: Voo

rbee

ld : T

ropi

nlig

ting

Trop

:Be

skry

win

g:O

oie

Lam

mer

sRa

mm

e H

amel

s

Dat

umKa

mp

na

am/n

oG

etal

Beha

ndel

ing,

ak

tiwite

ite e

nsKo

ste

Opm

erki

ng/S

tatu

s/

Oud

erdo

mO

pvol

g da

tum

Dat

umOorgedra

Dood

Gevang

Kort

Gevind

Oorge- plaas

Oorgedra

Dood

Gevang

Kort

Gevind

Oorge-plaas

 

  

  

  

  

  

  

  

  

  

  

  

  

  

  

  

  

  

  

  

  

  

  

  

  

  

  

  

  

  

  

  

  

  

  

  

  

  

  

  

  

Page 39: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank
Page 40: Volhoubare Sybokhaar Produksie Riglyne: Tot voor …...te stel wat Sybokhaarprodusente sal bemagtig om vordering te maak in die volhoubare verskaffing van Sybokhaar. Ek wil my dank

SAMGA

Tel: +27 49 836 0140Epos: [email protected]

Mohair South Africa

Tel: +27 41 487 1386Epos: [email protected]

GreenChoice

Tel: +27 21 799 8832Epos: [email protected]

This document has been aligned with industry relevant standards, several certification systems (organic; EU; Global GAP) as well as the generic Living Farms Reference (a Green Choice project produced for WWF and Conservation South Africa) and

has been developed in a multi-stakeholder process.

Green ChoiceServing Nature's Bounty