voorgraadse fakulteitsbrosjure ingenieurswese, bou ... · en spraakherkenning), 'smart...

44
Universiteit van Pretoria Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie 2012/13 www.up.ac.za 2012/13

Upload: others

Post on 29-Aug-2019

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

Universiteit van PretoriaVoorgraadse Fakulteitsbrosjure

Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie

2012/13

www.up.ac.za2012/13

Page 2: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

i

Boodskap van die Dekaan

Boodskap van die DekaanDie Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie aan die Universiteit van Pretoria bied graadprogramme aan wat nie slegs aan die voorpunt van die onderskeie vakdissiplines staan nie, maar gegradueerdes ook toerus om leiers in hul gekose beroepe te wees. Die sleutel tot die Fakulteit se sukses is die groot waarde wat aan innovasie geheg word. Dit vind beslag in die benadering tot opleiding, opleidingsmetodes en navorsing, maar bowenal in die welvaartskeppende lewensuitkyk wat by studente gekweek word.

Die Fakulteit bestaan uit vier skole: die Skool vir Ingenieurswese, die Skool vir die Bou-omgewing, die Skool vir Inligtingtegnologie en die Nagraadse Skool vir Tegnologiebestuur. Die Skool vir Ingenieurswese is een van die grootste van sy soort in die land en lewer ook verreweg die meeste gegradueerdes. Dit geld ook die Skool vir die Bou-omgewing wat die hele spektrum dek van programme wat in die bou-omgewing aangebied word. Die Skool vir Inligtingtegnologie, waar studente die voordeel van onderrig met ‘n geïntegreerde benadering tot inligtingtegnologie (IT) ontvang, is uniek en die eerste van sy soort in Suid-Afrika.

Opleidings- en navorsingsprogramme word ondersteun deur die Fakulteit se Instituut vir Tegnologiese Innovasie

en die Nagraadse Skool vir Tegnologiebestuur wat albei eerstes en enigstes in die land is.

Dit is die doel van die Universiteit van Pretoria om internasionaal mededingend en terselfdertyd plaaslik relevant te wees. Die Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie doen hierdie strewe gestand deur te verseker dat die opleidings- en navorsings- programme deurentyd aan die hoogste standaarde voldoen. Nasionale en internasionale akkreditasie van graadprogramme onderstreep die Fakulteit se erns om te verseker dat die markwaarde van die grade wat deur UP toegeken word, altyd ‘n mededingende voordeel vir sy studente inhou. Die feit dat die Fakulteit waarde tot sy grade toevoeg, maak die studente wat aan hierdie Fakulteit afstudeer baie gesog in die mark.

Die Fakulteit se programme is toeganklik vir almal wat aan die akademiese standaarde voldoen. Die Universiteit het ook ‘n verskeidenheid finansiële skemas waardeur verdienstelike studente met beurse en lenings byge-staan word.

Prof Roelf SandenberghDekaan: Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie

Page 3: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

Inhoudsopgawe

Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie ii

InhoudsopgaweBoodskap van die Dekaan .............................................................................................................................................. i

Studieprogramme ..........................................................................................................................................................1

Skool vir Ingenieurswese ...............................................................................................................................................5

Skool vir die Bou-omgewing ......................................................................................................................................... 18

Skool vir Inligtingtegnologie ......................................................................................................................................... 26

Algemene inligting........................................................................................................................................................ 34

- Fakulteitspesifieke inligting ................................................................................................................................... 34

- Kliëntedienssentrum ............................................................................................................................................. 34

- GPS-koördinate na UP-kampusse ........................................................................................................................ 34

- Universiteit van Pretoria bankbesonderhede ........................................................................................................ 34

- Verwelkomingsdag en die Amptelike program vir registrasie en aanvang van die akademiese jaar (28 Januarie – 7 Februarie 2012) .......................................................................................................................... 34

- Institusionele Vaardigheidstoets (IVT) ................................................................................................................... 34

- Aansoeke .............................................................................................................................................................. 35

- Toelating ............................................................................................................................................................... 35

- Taalbeleid en onderrigmedium .............................................................................................................................. 35

- Akademiese Inligtingbestuur ................................................................................................................................. 35

- Verpligte Akademiese Geletterdheidstoets vir geregistreerde eerstejaarstudente ................................................ 35

- Beurse en lenings ................................................................................................................................................. 35

- Gelde betaalbaar .................................................................................................................................................. 36

- Akkommodasie ..................................................................................................................................................... 37

- Privaatakkommodasie ........................................................................................................................................... 37

- Opedag ................................................................................................................................................................. 37

- TuksSport ............................................................................................................................................................. 37

- Departement Studentesake .................................................................................................................................. 37

- Afdeling Studente-ondersteuning .......................................................................................................................... 37

- Afdeling Studente-ontwikkeling ............................................................................................................................. 37

- Biblioteekdienste ................................................................................................................................................... 37

- Internasionale studente......................................................................................................................................... 39

- Hoër Onderwys Suid-Afrika (Higher Education South Africa - HESA) ................................................................... 39

- Omskakelingstabel vir Toelatingspunttelling (TPT)................................................................................................ 40

- Vrywaring .............................................................................................................................................................. 40

Gedruk Desember 2011

Page 4: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

1 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie

Studieprogramme

StudieprogrammeLet wel: Dit is verpligtend dat alle aansoekers die Institusionele Vaardigheidstoets (NBT) moet aflê in hul Graad 12 jaar.

Skool vir Ingenieurswese

Die minimum vereistes vir die volgende programme (grade) is:Program (Graad) Duur Sluitingsdatum

Afrikaans of Engels Wiskunde Fisiese Wetenskap TPT5 (60-69%) 7 (80-100%) of

6 (70-79%) mits 7 (80-100%) vir Fisiese Wetenskap

behaal is

6 (70-79%) 36

Indien 'n aansoeker nie aan al die mimimumvereistes voldoen nie, sien asb die Belangrike inligting hierbo.BIng(Bedryfs-ingenieurswese) [4 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Bedryfsingenieursontwerp, toets, implementeer en bestuur mens/masjiensisteme vir produksie- en diensstelsels van uiteenlopende aard. Die wye verskeidenheid van vraagstukke wat geoptimeer kan word, sluit onder andere in vestiging en uitleg van fasiliteite, vervaardiging, voorraadhouding, materiaalhantering, logistieke steun, gehaltebestuur, kosteberekening, finansiële dienste, instandhouding, betroubaarheid, rekenaarsimulasie, inligtingstelsels, arbeidsverhoudinge en besigheidsreg.

BIng(Chemiese Ingenieurswese) [4 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Chemiese ingenieurs is betrokke by nywerheidsprosesse wat rou grondstowwe omskakel in produkte met ʼn hoër geldwaarde. Dit word bereik deur middel van fisiese, chemiese, termiese, biochemiese en meganiese veranderings en prosesse. Chemiese ingenieurs wend hul gespesialiseerde kennis aan in die petroleum-, voedsel-, mineraal-verwerking-, kragopwekking- sowel as die papier- en pulpnywerheid. Omgewingsinge-nieurswese sluit in water- en uitvloeiselbehandeling, asook lugbesoedelingbeheer. Soos ander ingenieurswese-dissiplines, is chemiese ingenieurs gemoeid met navorsing en ontwikkeling, tegno-ekonomiese evaluering, toerusting- en aanlegontwerp, prosesbeheer en -optimering, konstruksie, aanlegbedryf en -bestuur, asook die bemarking en versprei- ding van die finale produk.

BIng(Elektriese Ingenieurswese) [4 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Elektriese ingenieurs is aktief in die opwekking, berging, transmissie, benutting en distribusie van elektriese energie. Daar is ’n puik toekoms vir ingenieurs in hernubare energie. Elektriese ingenieurs ontwerp, hou toesig oor die oprigting van, bevestig die optimale bedryf en verseker perfekte en tydige instandhouding van alle elektriese installasies vir munisipaliteite, woongebiede, kommersiële geboue, fabrieke, myne en ander industrieë. Spoorvervoer, waterpompstelsels, kragstelnetwerke, telekommunikasie, energiebestuur en 'SMART' beligting is almal velde van toepassing vir elektriese ingenieurs.

BIng(Elektroniese Ingenieurswese) [4 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Elektroniese ingenieurs is aktief betrokke in alle velde soos telekommunikasie (vaste netwerk, sellulêr, satelliet, televisie, radar, radio-frekwensie, ensovoorts), ver-maaklikheid, medies (MRI, X-strale, KPR, IR tomografie, EEG, EKG, rehabilitasie-inge-nieurswese, biokinetika, ens.), geïntegreerde stelselontwerp, bio-ingenieurswese, militêr (vervoer-elektronika, slimbomme, nagvisie, laserstelsels, ens.), vervoer (e-tag, spoedmet-ing, spoorwegsinjalering, GPS, kartering, ens.), veiligheids- en sekuriteitstelsels (gesig- en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer.

BIng(Meganiese Ingenieurswese) [4 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Meganiese en lugvaartkundige ingenieurs se werk het gewoonlik te doen met kragopwekking-stelsels of met masjiene wat energie oordra of verbruik om bepaalde funksies te vervul. Die volgende stelsels sou nie bestaan het sonder die insette van meganiese en lugvaartkundige ingenieurs nie: voertuie, skepe, lugversorgingstelsels, korrelbedkernkrag-reaktore, vliegtuie, enjins en turbines, robotte en biomediese stel-sels. Spesialisrigtings sluit die volgende in: produkontwerp en -vervaardiging (byvoor-beeld, ontwerp, toetsing en verbetering van meganiese, elektriese, pneumatiese en hidroliese stelsels), mariene-ingenieurswese en skeepsargitektuur, lugvaartstelsels en vliegtuig-/missielingenieurswese, voertuigingenieurswese, biomediese ingenieurswese, lugreëlings- en verkoelingsingenieurswese, instandhoudingsingenieurswese en energie-bestuur (byvoorbeeld, gas- en stoomturbines, kernkragreaktore, petrolenjins, koeltorings en herwinbare energiestelsels).

Belangrike inligting:• Graad 11-uitslae word gebruik vir die voorlopige toelating van

voornemende studente.• ’n Geldige Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) met toelating vir

graaddoeleindes word vereis.• Minimum vak- en prestasievereistes, soos hieronder uiteengesit, word

vereis. Op eerstejaarsvlak het studente ʼn keuse tussen Afrikaans en Engels as taalmedium. In verskeie gevalle word lesings slegs in Engels aangebied, byvoorbeeld vir keusemodules, spesialismodules, waar ʼn lektor nie Afrikaans magtig is nie, of indien dit nie ekonomies of prakties regverdigbaar is nie.

• Voorlopige toelating tot die Vierjaarprogram in die Skool vir Ingenieurswese is alleenlik gewaarborg indien voornemende studente aan AL die vereistes in die ry hieronder voldoen. Indien nie, sal die uitslae van die Institusionele Vaardigheidstoets, tesame met die uitslae van die Nasionale Senior Sertifikaat bepaal of die voornemende

student kwalifiseer vir toelating tot die Vier- of Vyfjaarprogram (Uitgebreide Ingenieurswese-graadprogram, ENGAGE).

• Voorlopige toelating tot die Vierjaar of ENGAGE-program in die Skool vir Ingenieurswese word bepaal deur die uitslae van die verpligte Institusionele Vaardigheidstoets, voldoening aan al die minimum NSS- vereistes van Afrikaans of Engels op vlak 5 (60–69%), Wiskunde op vlak 6 (70–79%) en Fisiese Wetenskap op vlak 5 (60–69%), asook ‘n TPT van 30.

• Toelating tot die Uitgebreide Ingenieurswese-graadprogram (ENGAGE) in die Skool vir Ingenieurswese sal bepaal word deur die uitslae van die Institusionele Vaardigheidstoets, die NSS en ‘n prestasievlak van 5 in Wiskunde en 4 in Fisiese Wetenskap, asook ʼn prestasievlak van 4 in Afrikaans of Engels, tesame met ʼn TPT van 25.

• Studente mag direk aansoek om toelating tot die Uitgebreide Ingenieurswese-graadprogram (ENGAGE) doen.

Webwerf: www.up.ac.za

Page 5: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie 2

Studieprogramme

Let wel: Dit is verpligtend dat alle aansoekers die Institusionele Vaardigheidstoets (NBT) moet aflê in hul Graad 12 jaar.

Skool vir die Bou-omgewing

Die minimum vereistes vir die volgende programme (grade) is:Program (Graad) Duur Sluitingsdatum

Afrikaans of Engels Wiskunde Fisiese Wetenskap TPT

5 (60-69%) 4 (50-59%) 4 (50-59%) 27

BSc(Argitektuur) [3 jaar] Sal slegs oorweeg word as eerste studiekeuseKeuringsprogram - keuring sluit ʼn onderhoud inSluitingsdatum: 30 Junie

Beroepe: Kandidaat-argitekstegnoloog is die eerste stap tot registrasie as argitek. Tegnoloë kan gespesifiseerde geboutipes ontwerp en bied ondersteuning in die praktyk aan argitekte, binne-argitekte en stadsontwerpers. Pligte sluit die dokumentasie van projekte, projek- en terreinadministrasie in. ʼn Verdere twee jaar studie word vereis om as ʼn Kandidaat-argitek te registreer.

BSc(Binne-argitektuur)[3 jaar] Sal slegs oorweeg word as eerste studiekeuseKeuringsprogram - keuring sluit ʼn onderhoud inSluitingsdatum: 30 Junie

Beroepe: Kandidaat-binne-ontwerper is die eerste stap tot registrasie as Kandidaat-senior-binne-ontwerper of Kandidaat-binne-argitek. In die praktyk verrig gegradueerde persone wat as ontwerpassistente werk, ondersteunende werk in die dissiplines van binne-argitektuur, binne-ontwerp en argitektuur. Hulle pligte sluit die dokumentering van projekte, projekadministrasie en terreinbestuur in. Die program gee gegradueerdes ook toegang tot die verwante gebiede van produk-, uitstal-, verhoog-, en beligtingsontwerp.

Belangrike inligting: Al die programme in die Skool vir die Bou-omgewing is onderhewig aan keuringsprosedures wat op akademiese meriete gebaseer is. Keuring vir BSc(Argitektuur), BSc(Landskapargitektuur) en BSc(Binne-argitektuur) is gebaseer op akademiese meriete, departementele keuringstoetse en ’n onderhoud.

Al die Bou-omgewinggraadprogramme het ʼn beperkte kapasiteit. Slegs eerste keuses vir BSc(Argitektuur) en BSc(Binne-argitektuur) word oorweeg.

Webwerf: www.up.ac.za

Die minimum vereistes vir die volgende programme (grade) is:Program (Graad) Duur Sluitingsdatum

Afrikaans of Engels Wiskunde Fisiese Wetenskap TPT5 (60-69%) 7 (80-100%) of

6 (70-79%) mits 7 (80-100%) vir Fisiese Wetenskap

behaal is

6 (70-79%) 36

BIng(Metallurgiese Ingenieurswese)[4 jaar]Sluitingsdatum: 30 SeptemberWord slegs in Engels aangebied

Beroepe: Metallurgiese ingenieurswese ontsluit die rykdom van afsettings van metaalertse, steenkool en diamante en optimeer vervaardiging van metaalonderdele. Hulle werk in aanlegte waar waardevolle minerale uit erts herwin word, waar metaal uit die minerale vervaardig word en waar die metale in nuttige materiale, soos staal of aluminium, omvorm word. Die tipe beroepe sluit produksie-ingenieurs, aanlegbestuurders, konsultante en navorsers in.

BIng(Mynbou-ingenieurswese)[4 jaar]Sluitingsdatum: 30 September Word slegs in Engels aangebied

Beroepe: ʼn Groot verskeidenheid geleenthede vir mynbou-ingenieurs bestaan, byvoorbeeld mynbou (mynbestuur, tegniese bestuur van ventilasie, rotsmeganika, mineraalbronne), finansiële berekening en -bestuur (mynontwerp, myn finansiële berekeninge, mynbou-uitvoerbaarheid, mynomgewing impak-evaluering), mynbou en boorkontrakwerk (mynbou, tonnelbou, skagsink, mynontwikkeling, ertswaardeberekeninge), mynbounavorsing, mynbou-toerustingontwerp en -vervaardiging, mynboubemarking en mynbouadministrasie op ʼn nasionale of provinsiale of internasionale vlak.

BIng(Rekenaar-ingenieurswese) [4 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Rekenaar-ingenieurs is aktief in die velde van die Inligtingsnelweg (“Information Super Highway”) en die wêreld van inligting- en kommunikasietegnologie (IKT), wat die velde van rekenaarstelsels, sagteware ingenieurswesetelekommunikasies, rekenaar- en kommunikasienetwerke, draadlose sensornetwerke, ingeboude programmatuur, elektronika, 'SMART' beheerstelsels en outomatisering, datasekerheid, e-handel, patroonherkenning (gesig en spraakherkenning), biometrika en kunsmatige intelligensie insluit. Hulle spesialiseer in die kombinering van hardeware, sagteware en kommunikasietegnologieë om stelselwerkverrigting te optimeer.

BIng(Siviele Ingenieurswese) [4 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Siviele ingenieurs ontwerp, bou en onderhou konstruksies soos geboue, damme, kanale en pypleidings, paaie, brûe, tonnels, spoorlyne en lughawens, kragstasies en televisietorings, waterwerke en uitvalwerke. Siviele ingenieurs is toenemend betrokke by finansiële modellering, uitvoerbaarheidstudies van projekte en die bestuur en rehabilitasie van groot bateportefeuljes.

Page 6: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

3 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie

Studieprogramme

Let wel: Dit is verpligtend dat alle aansoekers die Institusionele Vaardigheidstoets (NBT) moet aflê in hul Graad 12 jaar.

Skool vir Inligtingtegnologie

Die minimum vereistes vir die volgende programme (grade) is:Program (Graad) Duur Sluitingsdatum

Afrikaans of Engels Wiskunde TPT

5 (60-69%) 5 (60-69%) 30

BInligtingtegnologie[4 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Inligtingtegnoloog, programmeerder, stelselanalis, rekenaarkonsultant, aankoper van harde- en sagteware. Die program lewer kennis en begrip van die teorie en praktyk van programmering en sagteware-ingenieurswese, teorie en praktyk van aanvaarding en gebruik van inligtingstelsels in sake-ondernemings, aspekte van die inwinning, herwinning, organisasie, bestuur en gebruik van inligting, filosofie, taal en wiskunde.

Indien ’n kandidaat ’n TPT van 25 tot 29 behaal, sal toelating oorweeg word op grond van die uitslae van die Institusionele Vaardigheidstoets en mits die kwotas vir studentegetalle nog nie bereik is nie.

Belangrike inligting: Alle modules in die Skool vir Inligtingtegnologie word in Afrikaans en Engels aangebied waar moontlik. In die Skool vir Inligtingtegnologie verkry studente toelating tot die Vierjaarprogram in Multimedia en die Vierjaarprogram in Inligting- en Kennisstelsels gebaseer op fakulteitskeuring, die uitslae van die verpligte Institusionele Vaardigheidstoets (www.nbt.ac.za), uitslae

van die finale Graad 12-eksamen, asook die bereiking van die volgende prestasievlakke in die volgende vakke: 3 in Wiskunde, 4 in Afrikaans of Engels en ‘n TPT van 22.

Webwerf: www.up.ac.za

Die minimum vereistes vir die volgende program (graad) is:Program (Graad) Duur Sluitingsdatum

Afrikaans of Engels Wiskunde Fisiese Wetenskap of Lewens-

wetenskappe of Geografie

TPT

5 (60-69%) 4 (50-59% 4 (50-59%) 27BSc(Landskapargitektuur)[3 jaar]Keuringsprogram - keuring sluit 'n onderhoud in Sluitingsdatum: 30 Junie

Beroepe: Kandidaat-landskapargitekstegnoloog is die eerste stap tot registrasie as landskapargitek. Tegnoloë bied ondersteuning in die praktyk aan landskapargitekte, argitekte, stadsontwerpers en omgewingspraktisyns. Pligte sluit die dokumentasie van projekte, projek- en terreinadministrasie in. ʼn Verdere twee jaar studie word vereis om as ʼn Kandidaat-landskapargitek te registreer.

Die minimum vereistes vir die volgende programme (grade) is:Program (Graad) Duur Sluitingsdatum

Afrikaans of Engels Wiskunde Fisiese Wetenskap of

Rekeningkunde

TPT

5 (60-69%) 4 (50-59%) 4 (50-59%) 27BSc(Bourekenkunde)[3 jaar]KeuringsprogramSluitingsdatum: 30 Junie

Beroepe: Bourekenkunde is die wetenskap wat gespesialiseerde finansiële en kontraktuele dienste en advies aan kliënte in die bou- of konstruksiebedryf en ander verwante bedrywe beskikbaar stel. Die drie jaar voorgraadse program is die eerste stap tot registrasie as bourekenaar. Die daaropvolgende twee jaar honneursprogram lei tot registrasie as kandidaat professionele bourekenaar. Loopbaangeleenthede, benewens die privaat-, staat- of semi-staatsektore, bestaan ook by konstruksiefirmas en in die eiendom, mynbou, bankwese en vervaardigingsbedrywe.

BSc(Eiendomswese)[3 jaar]Keuringsprogram Sluitingsdatum: 30 Junie

Beroepe: Benewens ’n toekoms in rigtings soos eiendomsbelegging, eiendomsfinan-siering of fasiliteits- en eiendomsbestuur, kan verdere studie tot die verkryging van ’n honneursgraad in Eiendomswese ook lei tot registrasie as professionele eiendomswaar-deerder. Loopbaangeleenthede strek oor die totale spektrum van die eiendomsbedryf, hetsy as entrepreneurs in die privaatsektor of as werknemers in die privaat-, staat-, of semi-staatsektore.

BSc(Konstruksiebestuur)[3 jaar]Keuringsprogram Sluitingsdatum: 30 Junie

Beroepe: Na voltooiing van die drie jaar voorgraadse program sou die student kon toetree tot konstruksieterreinbestuur en sub-aannemerswerk om enkele moontlikhede te noem. Na voltooiing van die daaropvolgende tweejaar honneursprogram, word gegradueerdes in staat gestel om as ʼn professionele konstruksiebestuurder te registreer met heelwat wyer geleenthede in projekbestuur, eiendomsontwikkeling, portefeuljebestuur, kommersiële bemarking en bestuursposte in die korporatiewe omgewing.

Die minimum vereistes vir die volgende program (graad) is:Program (Graad)DuurSluitingsdatum

Afrikaans of Engels Wiskunde TPT

4 (50-59%) 4 (50-59%) 25BStads- en Streekbeplanning [4 jaar]KeuringsprogramSluitingsdatum: 30 Junie

Beroepe: Stads- en streekbeplanner, ontwikkelingspraktisyn, stedelike bestuurder, eiendomsanalis, navorser. Terwyl die meeste stads- en streekbeplanners as privaatkonsultante vir die openbare en privaat sektor optree, word hulle ook deur al drie vlakke van die regering, navorsingsinstansies soos die WNNR en die RGN, nie-regeringsorganisasies, gemeenskapgebaseerde organisasies, finansiële instellings en eiendomsontwikkelinggroepe in diens geneem. Die kwalifikasie sal die gegradueerde in staat stel om as ’n professionele stads- en streekbeplanner by die Suid Afrikaanse Raad vir Beplanners te registreer.

Page 7: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie 4

Studieprogramme

Die minimum vereistes vir die volgende programme (grade) is:Program (Graad) Duur Sluitingsdatum

Afrikaans of Engels Wiskunde TPT

5 (60-69%) 5 (60-69%) 30BSc(Rekenaarwetenskap)[3 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Programmeerder, stelselanalis, stelselargitek, konsultant, databasisadmini-streerder, netwerkanalis, navorser.

Indien ’n kandidaat ’n TPT van 25 tot 29 behaal, sal toelating oorweeg word op grond van die uitslae van die Institusionele Vaardigheidstoets en mits die kwotas vir studentegetalle nog nie bereik is nie.

Die minimum vereistes vir die volgende programme (grade) is:Program (Graad) Duur Sluitingsdatum

Afrikaans of Engels Wiskunde TPT

4 (50-59%) 5 (60-69%) 30BIS(Multimedia)[3 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Programmeerder, webwerfontwerper, animasiespesialis, video-redigeerder, elektroniese kunstenaar. Die program berei jou voor om by enige van die volgende inhoudverskaffers te werk: gedrukte publikasies, televisie, radio, foontegnologieë en die web. Jy kan ’n kodeerder word en vir ’n programmeringsmaatskappy gaan werk. Jy kan vaardighede in jou besondere belangstellingsveld verwerf, soos byvoorbeeld digitale musiek of video, programmering, grafiese ontwikkeling, die ontwikkeling van speletjies, webontwikkelaar, ens.

Indien ’n kandidaat ’n TPT van 25 tot 29 behaal, sal toelating oorweeg word op grond van die uitslae van die Institusionele Vaardigheidstoets en mits die kwotas vir studentegetalle nog nie bereik is nie.

BIS(Multimedia)(Vierjaarprogram) 4 (50-59%) 3 (40-49%) 22

Die minimum vereistes vir die volgende programme (grade) is:Program (Graad) Duur Sluitingsdatum

Afrikaans of Engels Wiskunde TPT

4 (50-59%) 5 (60-69%) 30BSc(IT)(Inligting- en Kennisstelsels)[3 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: ’n Gegradueerde sal homself/haarself differensieer in ’n enkele toepassingsomgewing deur een van die volgende opsies te kies: Toegepaste Wiskunde, Bioinformatika, Geografiese Inligtingstelsels, IT en Organisasies, IT en Regsgeleerdheid, IT en Musiek, Operasionele Navorsing, Filosofie, Sielkunde of Programmatuurontwikkeling.

Indien ’n kandidaat ’n TPT-telling van 25 tot 29 behaal, sal toelating oorweeg word op grond van die uitslae van die Institusionele Vaardigheidstoets en mits die kwotas vir studentegetalle nog nie bereik is nie.

BSc(IT)(Inligting- en Kennisstelsels) (Vierjaarprogram)

4 (50-59%)4 (50-59%) of 3 (40-49%)

mits ’n 4 (50-59%) vir Fisiese Wetenskap behaal is

22

Die minimum vereistes vir die volgende program (graad) is:Program (Graad) Duur Sluitingsdatum

Afrikaans of Engels Wiskunde of Wiskunde Geletterdheid TPT

4 (50-59%) 3 (40-49%) 28BIS(Inligtingkunde) [3 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Inligting- en kennisbestuurder (bestuur inligting- en kennisbronne), inligting- of e-handelspesialis (organiseer inligting, spoor dit op en voeg waarde toe), inligtingkonsultant (konsulteer oor inligtingprodukte, -dienste en -stelsels), inligtingmakelaar (tree as infopreneur op en koop en verkoop inligtingprodukte en -dienste), stelselspesialis, -ontleder of -tegnoloog (ontwikkel inligtingstelsels).

Indien ’n kandidaat ’n TPT van 25 tot 27 behaal, sal toelating oorweeg word op grond van die uitslae van die Institusionele Vaardigheidstoets en mits die kwotas vir studentegetalle nog nie bereik is nie. ʼn Prestasievlak van 5 (60–69%) word vereis vir Wiskunde as Informatika gekies word as ʼn keusemodule op eerstejaarsvlak.

Die minimum vereistes vir die volgende program (graad) is:Program (Graad) Duur Sluitingsdatum

Afrikaans of Engels Wiskunde of Wiskunde Geletterdheid TPT

5 (60-69%) 3 (40-49%) 28BIS(Uitgewerswese)[3 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Intreevlak beroepsgeleenthede sluit in ondersteunende diens aan ’n spesifieke rolspeler in die publiseringswaardeketting (byvoorbeeld, hoof van die uitgewery, werwingsredakteur, redaksie-, produksie- of bemarkingsbestuurder), mark- of illustrasie-navorsing, kopieregonderhandelaar, redigering en proeflees, bemarking en promosie, verspreiding en aflewering.

Indien ’n kandidaat ’n TPT van 25 tot 27 behaal, sal toelating oorweeg word op grond van die uitslae van die Institusionele Vaardigheidstoets en mits die kwotas vir studentegetalle nog nie bereik is nie.

Let wel: Dit is verpligtend dat alle aansoekers die Institusionele Vaardigheidstoets (NBT) moet aflê in hul Graad 12 jaar.Die minimum vereistes vir die volgende program (graad) is:

BCom(Informatika)[3 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Verwys na die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.

Page 8: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

5 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie

Skool vir Ingenieurswese

Skool vir Ingenieurswese

Departement Bedryfs- en Sisteemingenieurswese

BIng(Bedryfsingenieurswese)

Wat behels die rigting?

Bedryfsingenieurs is verantwoordelik vir die ontleding, ontwerp, beplanning, implementering, bedryf, bestuur en instandhouding van geïntegreerde stelsels. Hierdie stelsels bestaan uit mense, kapitaal, materiaal, toerusting, inligting en energie, en het welvaartskepping en ‘n verhoging van die onderneming se produktiwiteit ten doel.

Beroepsmoontlikhede

Aangesien bykans enige onderneming by die dienste van bedryfsingenieurs kan baat, is hulle werksaam in ‘n wye verskeidenheid ondernemings in die industriële, sake- en dienstesektore. Tipiese aktiwiteite is onder meer die volgende: • ontwerp, implementering en bestuur van vervaar-

digingsprosesse en -toerusting• ontwerp en verbetering van fasiliteitsuitleg• ontwerp en verbetering van besigheidsprosesse• funksionele ontwerp en implementering van

inligtingstelsels• ontwikkeling en implementering van prestasie-

maatstawwe en prestasiestandaarde• ondersteuning van besluite• skedulering van aktiwiteite• ontleding van stelsels met behulp van wiskundige en

simulasiemodelle• ekonomiese evaluering van moontlikhede• integrasie van nuwe stelsels binne ‘n bestaande

omgewing

Agter die skerms

Is ingenieurswese ‘n beroep wat hoofsaaklik vir mans bedoel is? Wat bedryfsingenieurswese betref is die antwoord op hierdie vraag ‘n besliste ‘nee’. Vroue wat hulle graad in bedryfsingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria voltooi het, staan reeds ‘n geruime tyd hul regmatige plek vol in die bedryf en tel onder die toppresteerders in sowel die akademiese wêreld as die praktyk. Die Departement is die grootste van sy soort in Suid-Afrika en het tans meer as 500 studente. Sy personeellede is spesialiste op hul onderskeie gebiede. Van die Departement se alumni speel ‘n toonaangewende rol in verskeie ondernemings in Suid-Afrika, terwyl ‘n groot aantal oudstudente in die buiteland werk. Die vraag na bedryfsingenieurs oorskry tans die aanbod, met die gevolg dat jong, gekwalifiseerde bedryfsingenieurs feitlik verseker is van werk nadat hulle afgestudeer het.

KontakbesonderhedeProf VSS Yadavalli (Departementshoof)Tel: +27 (0)12 420 2979Faks: +27 (0)12 362 5103E-pos: [email protected]: www.up.ac.za

Eerste jaar

Eerste semester Tweede semester

• Grafiese Kommunikasie • Fisika • Calculus • Geesteswetenskappe en

Sosiale Wetenskappe 1 • Elektrisiteit en Elektronika

• Calculus • Lineêre Algebra • Algemene Chemie • Meganika • Materiaalkunde • Geesteswetenskappe en

Sosiale Wetenskappe 2 • Werkwinkelpraktyk

Tweede jaar

Eerste semester Tweede semester

• Calculus • Differensiaalvergelykings • Dinamika • Programmering en

Inligtingtegnologie • Vervaardiging en Ontwerp • Professionele en Tegniese

Kommunikasie • Gemeenskapgebaseerde

Projek

• Wiskunde • Numeriese Metodes • Ingenieurstatistiek • Produktiwiteit • Termodinamika • Gemeenskapgebaseerde

Projek

Derde jaar

Eerste semester Tweede semester

• Besigheidsreg • Vervaardigingstelsels • Operasionele Bestuur • Operasionele Navorsing • Finansiële Bestuur • Bedryfsanalise • Ingenieursbestuur• Praktykopleiding

• Invloed van Ingenieurswese-aktiwiteite

• Bedryfslogistiek • Inligtingstelselontwerp • Simulasiemodellering • Fasiliteitsbeplanning

Vierde jaar

Eerste semester Tweede semester

• Operasionele Navorsing • Gehalteversekering • Bestuursrekeningkunde • Professionalisme in

Ingenieurswese • Praktykopleiding • Projek

• Projek • Arbeidsverhoudinge • Besigheidsingenieurswese • Stelselingenieurswese

Departement Chemiese Ingenieurswese

BIng(Chemiese Ingenieurswese)

Wat behels die rigting?

Chemiese ingenieurswese is gemoeid met al die fasette van nywerheidsprosesse waar grondstowwe omgeskakel word in produkte met ‘n hoër geldwaarde deur middel van fisiese, chemiese, termiese, biochemiese en meganiese veranderings. Sodanige prosesse word toegepas in olie-, steenkool-, brandstof-, papier-, voedsel- en tekstielnywerhede, asook in mineraalverwerking, water- en uitvloeiselbehandeling en elektrisiteitsopwekking. Hierdie nywerhede staan gesamentlik bekend as die prosesnywerheid. Die meeste nywerhede neem persone met chemiese ingenieursopleiding in diens.

Beroepsmoontlikhede

‘n Chemiese ingenieur kan by enige van die volgende stadia van ‘n prosesseringsprojek betrokke wees, van die ontstaan van die idee tot die verkoop van die finale produk:

Page 9: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie 6

Skool vir Ingenieurswese

• navorsing en ontwikkeling• tegno-ekonomiese evaluering• aanlegontwerp en -optimering• aanlegkonstruksie en -inbedryfstelling• projekbestuur• aanlegbedryf en -bestuur• probleemoplossings in produksie of in produk-

toepassings• vervaardiging van prosestoerusting• bemarking van produkte

‘n Aspek van chemiese ingenieurswese wat al hoe belangriker word, is die beskerming van die omgewing teen besoedeling. Namate al hoe meer maatskappye en lande bewus word van hierdie verantwoordelikheid, speel chemiese ingenieurs ‘n toenemend belangrike rol in die bewaring en beskerming van die omgewing. Chemiese ingenieurs raak toenemend betrokke by die aanwending van biotegnologie op ‘n nywerheidskaal, asook by die mediese toepassings van ingenieurswese.

Een van die kenmerkende eienskappe van chemiese ingenieurs is hul vermoë om ‘n ingenieursprobleem op verskillende vlakke te ondersoek. Dit strek van die gedetailleerde kennis wat nodig is om die gedrag van molekules onder spesifieke omstandighede te manipuleer tot die kennis wat vereis word om die uitwerking van groot chemiese aanlegte op ‘n land se ekonomie en die omgewing te ondersoek en te verklaar.Benewens die geleentheid om deel te wees van ‘n span wat groot prosesseringsaanlegte suksesvol beplan, ontwerp en bedryf, kan gegradueerdes ook besluit om te spesialiseer in die toepassing van moderne hulpmiddels, soos rekenaars en rekenaarpakkette, om prosesseringstoerusting te ontwerp, verskillende ontwerpe te vergelyk, of om aanlegte te beheer – selfs deur middel van afstandbeheertegnieke. Chemiese ingenieurs is veral in aanvraag by maatskappye wat sulke rekenaarprogrammatuur ontwikkel.

Agter die skerms

Aangesien chemiese ingenieurs by so ‘n verskeidenheid aspekte van die prosesnywerheid betrek kan word, kan persone met wyd uiteenlopende belangstellings en temperamente uitdagende loopbane daarin volg. Moderne ingenieurswese behels hoofsaaklik spanwerk. Die vermoë om as spanlid en as spanleier te kan optree, is belangrik. Hierdie beroep is ook by uitnemendheid geskik vir vroue. Gedurende die afgelope drie jaar was 40% van die Departement se gegradueerdes vroue.

Aangesien die omgewing so belangrik is, spesialiseer die Departement sedert 1970 op hierdie gebied. Belangrike werk word op die gebied van watersuiwering, algemene waterbenutting, lugbesoedelingsbeheer en afvalbestuur gedoen. Ander departementele belangstellings is prosesbeheer by chemiese vervaardigingsaanlegte, prosesoptimering, materiale (met die klem op polimere), tribologie (smering) en reaktor-ingenieurswese.

KontakbesonderhedeProf Philip de Vaal (Departementshoof)Tel: +27 (0)12 420 2475Faks: +27 (0)12 420 5048E-pos: [email protected]: www.up.ac.za/chemeng

Eerste jaar

Eerste semester Tweede semester

• Grafiese Kommunikasie • Calculus • Fisika • Algemene Chemie • Chemiese Ingenieurswese • Geesteswetenskappe en

Sosiale Wetenskappe 1

• Calculus • Lineêre Algebra • Elektrisiteit en Elektronika • Meganika • Algemene Chemie • Chemiese Ingenieurswese • Geesteswetenskappe en

Sosiale Wetenskappe 2 • Werkwinkelpraktyk

Tweede jaar

Eerste semester Tweede semester

• Calculus • Differensiaalvergelykings • Chemie • Programmering en

Inligtingtegnologie • Sterkteleer • Chemiese Ingenieurswese • Professionele en Tegniese

Kommunikasie • Gemeenskapgebaseerde

Projek

• Wiskunde • Numeriese Metodes • Chemie • Elektriese Ingenieurswese • Ingenieurstatistiek • Termodinamika • Gemeenskapgebaseerde

Projek

Derde jaar

Eerste semester Tweede semester

• Ingenieursbestuur • Oordragprosesse • Partikeltegnologie • Massa-oordrag • Chemiese Ingenieurswese • Praktykopleiding

• Invloed van Ingenieurswese-aktiwiteite

• Prosesdinamika • Kinetika • Laboratorium • Chemiese

Ingenieursontwerp

Vierde jaar

Eerste semester Tweede semester

• Biotegnologie • Prosessintese • Prosesbeheer • Reaktorontwerp • Navorsingsprojek • Praktykopleiding

• Ontwerpprojek • Prosesanalise • Navorsingsprojek • Spesialisasie • Chemiese

Ingenieurspraktyk

Departement Elektriese, Elektroniese en Rekenaar-Ingenieurswese

BIng(Elektriese Ingenieurswese)

Wat behels die rigting?

Elektriese ingenieurswese is een van die drie internasionaal erkende en nou verwante subdissiplines in die tradisionele veld van elektriese ingenieurswese (elektriese ingenieurswese, elektroniese ingenieurswese en rekenaar-ingenieurswese). Elektriese ingenieurswese behels die omvangryke en steeds groeiende gebied van die “elektriese energiewêreld”. Daar is feitlik geen tegnologiese stelsel in die wêreld wat nie op elektrisiteit as energiebron staatmaak nie. ‘n Elektriese ingenieur is iemand met die vermoë om nuwe alternatiewe en hernubare bronne van elektriese energie vir die alledaagse lewe te ontwikkel.

Groot uitdagings bestaan om elektriese energie te verkry en op te gaar uit bronne soos die son (sonkrag), wind, biomassa, water (hidrokrag) en selfs kernkrag.

Page 10: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

7 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie

Skool vir Ingenieurswese

In Suid-Afrika word daar baie gebruik gemaak van pomp-opgaarstelsels en heelparty nuwe stelsels word tans ontwikkel. Die volgende stappe in die ketting van die opwekking tot die benutting van elektriese energie is die transmissie- en verspreidingstelsels. Die mees koste-effektiewe manier om elektriese energie te bespaar, is om baie navorsings- en ontwikkelingsgeld en -tyd te bestee aan die ontwikkeling van volhoubare energiedoeltreffende toerusting soos elektriese masjiene en warmwatersilinders en beligting. ‘n Elektriese ingenieur moet oor ‘n goeie begrip van basiese wetenskappe beskik en goeie onderrig in die teorie en praktiese aspekte (insluitende ontwerp-, installasie- en instandhoudingsmetodologie) van elektriese ingenieurswese hê. Midde die wêreldwye krisis betreffende die omgewingsvriendelike opwekking van krag en energie, bestaan daar regoor die wêreld ‘n groeiende tekort aan gekwalifiseerde elektriese ingenieurs.

Die graad in elektriese ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria is oor ‘n aantal jare ontwikkel om ingenieurs aan die bedryf te voorsien wat presies voldoen aan die bedryfsbehoeftes. Daar is wêreldwyd uiters opwindende geleenthede vir elektriese (swaarstroom-) ingenieurs wat die leiding kan neem in die ontwikkeling van volhoubare en omgewingsvriendelike elektriese energie-opwekking, -transmissie en -benutting. Die meeste motorvervaardigers het reeds elektriese motors (insluitende serie- en parallel-hibriede motors) bekendgestel en daar is baie nuwe toetreders tot die mark. Elektriese ingenieurswese maak deel uit van feitlik alle toepassingsrigtings en tegnologieë waar elektriese energie verbruik word. Alle bestaande toerusting moet ‘n energiebron hê – kragtoevoer, batterye of fotovoltaïese krag – en benodig dus die kundigheid van ‘n elektriese ingenieur. Die vervoer- en vervaardigingsindustrieë is uitstekende voorbeelde van bedryfsektore waar elektriese ingenieurs hul uitstaande vaardighede in die ontwerp, ontwikkeling en instandhouding van elektriese masjiene (motors en kragopwekkers) met beheerstelsels gebruik om optimale funksionering te verseker. Die meeste skepe en treine is elektries aangedrewe.

Ander toepassings van elektriese ingenieurswese is elektrisiteitsverspreiding in stede, stadsgemeenskappe, winkelsentrums en fabrieke. Die beligting van binnenshuise en buitenshuise areas vorm die basis van daaglikse aktiwiteite. Dit behels sportstadions, straat-, veiligheids- en sekuriteitsbeligting, taak- en omgewingsbeligting, kantoorbeligting en nog baie ander spesialistoepassings van beligting. Elektriese ingenieurs is betrokke by die verskaffing van energie en beheer van die stelselgebruik in geneeskunde-, militêre, vermaak-, sport-, opvoedkunde- en alle ander tegnologiese rigtings.

Mynboubedrywighede (24 uur per dag) kan nie plaasvind sonder die groot rol wat elektriese ingenieurswese speel nie. As ‘n mens in ag neem dat die son een gigawatt energie per vierkante kilometer verskaf, begryp jy gou dat die son in al die mens se energiebehoeftes kan voorsien. ‘n Elektriese ingenieur moet innoverend wees en sorg dat hy/sy op hoogte bly van nuwe tegnologieë. Baie elektriese ingenieurs beweeg gou na bestuursposte, waar hulle analise-, sintese-, bestuurs- en leierskapvaardighede gebruik word om die hoogste vlakke van korporatiewe bestuur te bereik. Daar is wêreldwyd ‘n tekort aan elektriese ingenieurs.

Die doel van elektriese ingenieurswese is om die wêreld te verander ten opsigte van die opwekking, transmissie, verspreiding en benutting van energie op ‘n omgewingsvriendelike en volhoubare manier. Tipiese substelsels wat deel uitmaak van groter elektriese stelsels is elektriese masjiene van enige grootte en vorm, drywingselektronika, beheer- stelsels, kragstelselkomponente, kragkwaliteit en netwerkstabiliteit, lampe en beligting, kragbronne, fotovoltaïese panele, sonwarmwatersilinders, ruimte- stelsels, robotika en energie-bestuurstelsels.

Beroepsmoontlikhede

Gegradueerdes in elektriese ingenieurswese het toegang tot ‘n wye verskeidenheid werksgeleenthede. Moontlike plaaslike en internasionale werkgewers is elektrisiteitsverskaffers, mynmaatskappye, muni-

Een van vele redes waarom ek dit geniet om in hierdie Fakulteit te studeer, is die feit dat UP oor uitstekende toerusting en fasiliteite beskik wat studente die geleentheid gee om eksperimente uit te voer wat min mense in die land en elders in die wêreld beskore is. Ek is ook al verskeie kere die geleentheid gebied om met my eweknieë op ‘n globale vlak te network. Ek geniet veral die geleentheid om oorsee te reis ten einde my navorsing te doen. ‘n Universiteit van Pretoria (Departement Internasionale Verhoudinge) toekenning het aan my die geleentheid gebied om in 2009 by die Ohio State Universiteit (VSA) te werk en te studeer. Ek het in April 2009 in Stellenbosch ’n referaat gelewer by die SA Konferensie oor Semi- en Supergeleiertegnologie (SACSST). In 2010 was ek ’n lid van ’n bilaterale navorsingsuitruilskema wat deur die Suid-Afrikaanse en Roemeense regerings gestig is (gefinansier deur die National Research Foundation – NRF) en ek het twee maande by die IMT-Boekarest in Roemenië deurgebring, waar ek nie net waardevolle ervaring opgedoen en nuwe vaardighede aangeleer het nie, maar ook die toekenning by die konferensie verwerf het vir die beste referaat.

Ek het as studieleier opgetree vir die finale voorgraadse projek in Mikroëlektronika onder toesig van prof. Sinha. Terwyl ek in Roemenië was, was ek ook mede-outeur van ’n referaat wat in Oktober 2011 by die IEEE CAS-konferensie aangebied was. Ek het in 2010 ’n Fuchs Foundation Fellowship kontanttoekenning ontvang.

Die werk van my drome behels ontwerp sowel as ingenieurswese. Ek hoop om eendag ’n ervare spanleier in die analoog-ontwerp omgewing te wees, hetsy by ’n internasionale instansie (Intel), of plaaslik (SA Verdedigings-sektor).

Wynand Lambrechts

Page 11: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie 8

Skool vir Ingenieurswese

sipaliteite, raadgewende ingenieursfirmas, vervoer- maatskappye (per trein en per skip) en navors-ingsinstansies. Die oopstelling van kragopwekking en -verspreiding het uitstekende geleenthede geskep vir entrepreneurs in Suid-Afrika en in die buiteland. Navorsings- en ontwikkelingsgeleenthede is beskikbaar by firmas soos Denel, Eskom, die WNNR en Transnet. Dit bied geleentheid vir innovasie en deelname aan die opwindende wêreld van elektriese kragopwekking, -transmissie, -verspreiding en -benutting. ‘n Innoverende benadering tot bestuurs- en leierskapvaardighede sal ‘n lang en voorspoedige beroep verseker. Die akademiese program aan die Universiteit van Pretoria berei studente voor vir alle aspekte van elektriese ingenieurswese en stel hulle in staat om die arbeidsmark te betree met ‘n voorsprong bo algemeen opgeleide ingenieurs.

Agter die skerms

Die Departement beskik oor goedtoegeruste labora- toriums vir opleiding en navorsing in al die belangrike en dinamiese subgebiede van elektriese ingenieurswese. Studente doen reeds vanaf die eerste studiejaar eksperimente in sommige van hierdie laboratoriums. Die laboratoriums is toegerus met die nuutste tegnologie van die beste maatskappye in die wêreld. Buiten die algemene laboratoriums, het die Departement ook ‘n aantal Sentrums van uitnemendheid in bepaalde studierigtings, soos die Centre for New Energy Systems/Sentrum vir Nuwe Energiestelsels, die Nasionale Energiedoeltreffendheid- en Vraagkantbestuursentrum, Kragstelselanalise, Fotometrie en Radiometrie, en Elektriesemasjienerendement. Die Departement deel ook laboratoriums met elektroniese en rekenaar-ingenieurswese, soos die laboratoriums vir mikroëlektronika (die Carl en Emily Fuchs-instituut vir Mikroëlektronika), vir elektromagnetisme/radar (die kompakte antenne- en radarmeetbaan), vir breëband draadlose multimedia-kommunikasie (die Sentech-leerstoel), vir fotonika, vir telekommunikasie (die Sentrum vir Radio- en Syferkommunikasie), die Advanced Computing Centre en die Cisco-akademie vir Streeksrekenaarnetwerke.

Om te bepaal of hierdie die regte ingenieursdissipline vir jou is, doen die volgende: • Vergelyk die akademiese programme van die

Universiteit van Pretoria met soortgelyke programme in Suid-Afrika en elders in die wêreld. Fokus hulle daarop om studente voor te berei vir die professie? Sal gegradueerdes werk kry?

• Kontroleer die prestasies van die dosente van die Universiteit van Pretoria met betrekking tot kwalifikasies, professionele registrasie by die Suid-Afrikaanse Raad vir Ingenieurs (ECSA), die publikasie van internasionale navorsingsartikels, die aantal en frekwensie van patentregistrasies, lidmaatskap van internasionale professionele verenigings soos die Instituut vir Elektriese en Elektroniese Ingenieurs (IEEE), en bedryfsbetrokkenheid deur middel van konsultasie.

• Kontroleer die kwaliteit van die Universiteit van Pretoria se studente deur te kyk na die pryse en toekennings wat hulle ontvang het. Is hulle die topstudente in die land wat mededinging en kritiese leer sal verseker?

• Is daar voldoende werksgeleenthede in hierdie dissipline (nou en vir die volgende 50 jaar)?

Kontroleer ons aansprake deur die webwerf en/of die Departement te besoek.

KontakbesonderhedeProf Sunil Maharaj (Waarnemende Departementshoof)Tel: +27 (0)12 420 2164Faks: +27 (0)12 362 5000E-pos: [email protected]: www.ee.up.ac.za

Prof Saurabh Sinha (Funksiehoof: Bemarking)Tel: +27 (0)12 420 2950E-pos: [email protected]

Eerste jaar

Eerste semester Tweede semester

• Grafiese Kommunikasie • Calculus • Algemene Chemie • Materiaalkunde • Geesteswetenskappe en

Sosiale Wetenskappe 1

Resesopleiding:• Meettegnieke en

Rekenaarmodellering

• Calculus • Lineêre Algebra • Fisika • Meganika • Elektrisiteit en Elektronika • Geesteswetenskappe en

Sosiale Wetenskappe 2

Tweede jaar

Eerste semester Tweede semester

• Calculus • Differensiaalvergelykings • Dinamika • Elektriese Ingenieurswese • Inleiding tot

Programmering • Professionele en Tegniese

Kommunikasie • Gemeenskapgebaseerde

Projek

Resesopleiding: • Praktiese Bedrading

• Wiskunde • Numeriese Metodes • Ingenieurstatistiek • Lineêre Stelsels • Syferstelsels • Gemeenskapgebaseerde

Projek

Derde jaar

Eerste semester Tweede semester

• Ingenieursbestuur • Elektromagnetisme • Mikroverwerkers • Analoogelektronika • Elektriese Masjiene

Resesopleiding: • DSV Programmering

• Kragstelselkomponente • Invloed van

Ingenieurswese-aktiwiteite • Beheerstelsels • Drywingselektronika • Energie

Vierde jaar

Eerste semester Tweede semester

• Projek • Professionalisme in

Ingenieurswese • Elektriese Aandrywing • Kragstelselanalise • Outomatisasie

Resesopleiding: • Praktykopleiding en

Verslag

• Projek • Elektriese

Ingenieursontwerp

Page 12: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

9 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie

Skool vir Ingenieurswese

BIng(Elektroniese Ingenieurswese)

Wat behels die rigting?

Elektroniese ingenieurswese is een van die drie internasionaal erkende en nou verwante subdissiplines van die tradisionele veld van elektriese ingenieurswese (elektriese ingenieurswese, elektroniese ingenieurswese en rekenaar-ingenieurswese). Elektroniese ingenieurs-wese behels die omvangryke en voortdurend groeiende gebied van die “elektroniese wêreld en era”. Daar is feitlik geen tegnologiese stelsel in die wêreld wat nie op elektronika en elektroniese ingenieurswese staatmaak nie. ’n Elektroniese ingenieur is iemand met die vermoë om nuwe tegnologieë te ontwikkel en ou tegnologieë op te gradeer.

‘n Elektroniese ingenieur moet oor ‘n goeie begrip van die basiese wetenskappe beskik en ‘n deeglike onderrig in die teorie en praktiese aspekte (insluitende ontwerpmetodologie) van elektronika en elektroniese ingenieurswese hê. Met die drastiese toename in die ontwikkeling van nuwe elektroniese stelsels regoor die wêreld is dit noodsaaklik om goed voorbereid te wees vir die stimulerende loopbaan van ‘n elektroniese ingenieur.Die graad in elektroniese ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria is oor ‘n aantal jare ontwikkel om ingenieurs aan die bedryf te voorsien wat in alle opsigte aan die bedryfsbehoeftes voldoen. Dit is ‘n opwindende wêreld waar die “halfleeftyd” van mikroëlektronika en fotonika ongeveer twee-en-’n-halfjaar is. Daar is voortdurende verbetering en ontwikkeling.

Elektroniese ingenieurswese word in feitlik alle toepassingsgebiede van Informasie, Kommunikasie en Tegnologie (IKT) gebruik, en veral die op die volgende gebiede: telekommunikasie (selfone, uitsaaidienste, Telcos, ISPs en GPS), vervoer (vliegtuie, skepe, treine, motors), verbruikerstoerusting (iPods, induksiestowe, yskaste, mikrogolfoonde, televisiestelle), die militêre wêreld (avionika, nagsig, elektroniese oorlogvoering, slimbomme, onbemande vliegtuie, laserteikendesigneerders), ge-neeskunde (bioingenieurswese, diagnostiese stelsels, rehabilitasie-ingenieurswese, hoësorgeenhede, laser-chirurgie), robotika (megatronika, mynrobotte, ruimtetuie), vermaak (videospeletjies, vertonings, casino’s), mynbou, vervaardiging, navigasie, satelliet en -kommunikasie, sekuriteit (dag en nag, toegangsbeheer, gesigsherkenning) en fotonika (lasers, optiese vesels, netwerke).

Die elektroniese ingenieur moet innoverend wees en sorg dat hy/sy op hoogte bly van nuwe tegnologieë. Baie elektroniese ingenieurs beweeg gou na bestuursposte, waar hul analitiese, sintese-, bestuurs- en leierskapvaardighede gebruik word om die hoogste vlakke van korporatiewe bestuur te bereik. Hierdie Departement het al ‘n aantal gegradueerdes opgelewer wat hulle idees (patente) vir honderde miljoene rande verkoop het.

Elektroniese ingenieurswese streef daarna om alles vinniger en goedkoper te doen, in ‘n kleiner formaat en met baie meer gesofistikeerde beheer en kunsmatige intelligensie. Tipiese substelsels wat deel uitmaak van groter elektroniese stelsels is versterkers, senders, ontvangers, beheerstelsels, sensorstelsels, kragbronne, radiofrekwensiesubstelsels, mikro- en nano-elektronika en mikroverwerkers/DSPs/FPGAs. Die meeste elektro- niese stelsels gebruik ’n standaardmeetstelsel (sensor) en bereken, vergelyk en stoor van inligting, en beheeruitsette (akueerders) met uitgebreide rekenaar- en kommunikasiekapasiteit.

Beroepsmoontlikhede

Gegradueerdes in elektroniese ingenieurswese het toegang tot ‘n wye verskeidenheid werksgeleenthede. Hulle kan as werknemers van groot of klein maatskappye op enige plek in die wêreld werk, of vir hulleself, as entrepreneurs. Navorsings- en ontwikkelingsmoontlikhede is beskikbaar by maat-skappye in elektronika- en mikroëlektronika in Suid-Afrika, navorsingsinstellings (bv WNNR), en universiteite regoor die wêreld. Dit skep geleenthede vir innovasie: om praktiese probleme te identifiseer, ‘n oplossing te vind en die idee selfs te patenteer. Die akademiese program aan die Universiteit van Pretoria berei studente voor om leiers te wees op die gebied van elektroniese ingenieurswese – met uitstekende finansiële vergoeding en professionele bevrediging.

Agter die skerms

Die Departement beskik oor goed toegeruste laboratoriums vir opleiding en navorsing in al die belangrike en dinamiese onderafdelings van elektroniese ingenieurswese. Studente doen reeds vanaf die eerste studiejaar eksperimente in hierdie laboratoriums. Die laboratoriums is toegerus met die nuutste tegnologie van die beste maatskappye in die wêreld. Afgesien van

Die Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie het ’n lewendige, gefokusde en stimulerende leeromgewing daargestel vir individue wat hul kennis en vaardighede wil uitbrei. Met die hulp van toegewyde, kundige en ervare dosente en die beskikbaarheid van goed toegeruste laboratoriums, maak die Fakulteit dit moontlik vir studente om hul tersiêre onderrig maksimaal te benut en grade te behaal wat beide plaaslik en internasionaal geakkrediteer is. Ek was vir vier jaar ’n student in Elektroniese Ingenieurswese in die Fakulteit. In my tweede jaar het ek dit gelukkig getref deur ’n studiebeurs van SAAB Electronic Defence te ontvang. Ek kon tydens vakansiewerk by SAAB my praktiese vaardighede verder inskerp en ek is tans permanent in diens van dié maatskappy. In my finale studiejaar het ek ’n beurs ontvang van die Nasionale Navorsingsfonds en my finalejaarprojek het die IEEE UP Student Paper Contest gewen. Die graad is met lof aan my toegeken en ek het akademiese erekleure ontvang. Voorts het ek die Intel SA-prys vir die beste mikroëlektroniese projek ontvang asook die Louis van Biljon Silwermedalje vir die tweede beste gemiddelde punt in Elektroniese Ingenieurswese.

My droomberoep is een wat my fisies en geestelik sal uitdaag om die beste te wees wat ek kan en waaruit ek genot en tevredenheid kan put. Gerald Wundram

Page 13: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie 10

Skool vir Ingenieurswese

die algemene laboratoriums, het die Departement ook ’n aantal Sentrums van Uitnemendheid op bepaalde gebiede, soos mikroëlektronika (die Carl en Emily Fuchs-instituut vir Mikroëlektronika), elektromagnetisme/radar (die kompakte antenne- en radarmeetbaan), breëband draadlose multimediakommunikasie (die Sentech-leerstoel) telekommunikasie (die Sentrums vir Telekommunikasie-ingenieurswese (CeTEIS), en Radio- en Syferkommunikasie)). Die Departement deel ook laboratoriums met elektriese en rekenaar-ingenieurswese (soos die Gevorderde Rekenaar Sentrum, die Sentrum vir Nuwe Elektrisiteitstudies, die Nasionale Energiedoeltreffendheid- en Vraagkantbestuursentrum, en die Cisco-akademie vir Streeksrekenaarnetwerke).

Om te bepaal of hierdie die regte ingenieursdissipline vir jou is, doen die volgende: • Vergelyk die akademiese programme van die

Universiteit van Pretoria met soortgelyke programme in Suid-Afrika en elders in die wêreld. Fokus hulle daarop om studente voor te berei vir die professie? Sal gegradueerdes werk kry?

• Kontroleer die prestasies van die dosente van die Universiteit van Pretoria wat die volgende betref: kwalifikasies, professionele registrasie by die Suid-Afrikaanse Raad vir Ingenieurs (ECSA), die publikasie van internasionale navorsingsartikels, die aantal en frekwensie van patentregistrasies, lidmaatskap van internasionale professionele verenigings soos die Instituut vir Elektriese en Elektroniese Ingenieurs (IEEE), en bedryfsbetrokkenheid deur middel van konsultasie.

• Kontroleer die kwaliteit van die Universiteit van Pretoria se studente deur te kyk na die pryse en toekennings wat hulle ontvang het. Is hulle die topstudente in die land wat mededinging en kritiese leer sal verseker?

• Is daar voldoende werksgeleenthede in hierdie dissipline (nou en vir die volgende 50 jaar)?

Kontroleer ons aansprake deur die webwerf en/of die departement te besoek.

KontakbesonderhedeProf Sunil Maharaj (Waarnemende Departementshoof)Tel: +27 (0)12 420 2164Faks: +27 (0)12 362 5000E-pos: [email protected]: www.ee.up.ac.za

Prof Saurabh Sinha (Funksiehoof: Bemarking)Tel: +27 (0)12 420 2950E-pos: [email protected]

Eerste jaar

Eerste semester Tweede semester

• Grafiese Kommunikasie • Calculus • Algemene Chemie • Materiaalkunde • Geesteswetenskappe en

Sosiale Wetenskappe 1

Resesopleiding: • Meettegnieke en

Rekenaarmodellering

• Calculus • Lineêre Algebra • Fisika • Meganika • Elektrisiteit en Elektronika • Geesteswetenskappe en

Sosiale Wetenskappe 2

Tweede jaar

Eerste semester Tweede semester

• Calculus • Differensiaalvergelykings • Dinamika • Elektriese Ingenieurswese • Inleiding tot

Programmering • Professionele en Tegniese

Kommunikasie • Gemeenskapgebaseerde

Projek

• Wiskunde • Numeriese Metodes • Ingenieurstatistiek • Lineêre Stelsels • Syferstelsels • Gemeenskapgebaseerde

Projek

Derde jaar

Eerste semester Tweede semester

• Ingenieursbestuur • Elektromagnetisme • Analoogelektronika • Mikroverwerkers • Modulasiestelsels

• Invloed van Ingenieurswese-aktiwiteite

• Mikrogolwe en Antennas • Stogastiese

Kommunikasiestelsels • Beheerstelsels • Elektroniese

Ingenieursontwerp

Vierde jaar

Eerste semester Tweede semester

• Projek • Professionalisme in

Ingenieurswese • DSV Programmering en

Toepassing • Gevorderde Elektronika • Outomatisasie

Resesopleiding:• Praktykopleiding en

Verslag

• Projek • Spesialisasie

BIng(Rekenaar-ingenieurswese)

Wat behels die dissipline?

Rekenaar-ingenieurswese is een van die drie internasionaal erkende en nou verwante subdissiplines van die tradisionele studierigting van elektriese ingenieurswese (elektriese ingenieurswese, elektroniese ingenieurswese en rekenaar-ingenieurswese). Rekenaar-ingenieurswese is die mees dinamiese en snelgroeiende ingenieurswesedissipline in die omvangryke en voortdurend groeiende gebied van inligting- en kommunikasietegnologie (IKT). Daar is feitlik geen tegnologiese stelsel in die wêreld wat nie op rekenaar-ingenieurswese staatmaak nie. Dit is ‘n kombinasie van elektronika, rekenaarstelsels (harde- en sagteware) en kommunikasiestelsels. ‘n Rekenaar-ingenieur is iemand met ‘n aanleg vir die optimering van elektroniese stelsels met toegewyde rekenaarstelsels en beheerprogrammatuur. Hierdie stelsels sluit alle soorte rekenaar- en kommunikasienetwerke in – van ‘n paar mikrobeheerders tot die wêreldwye web.

‘n Rekenaar-ingenieur moet oor ‘n goeie begrip van die basiese wetenskappe beskik en ‘n deeglike onderbou in die teorie en praktiese aspekte (insluitende ontwerp-metodologie) van elektronika, digitale stelsels, rekenaarstelsels en beheerprogrammatuur hê. Met die dramatiese groei in verwerkings- en stoorkapasiteit, klein volume en lae koste, sluit die meeste tegnologiestelsels hierdie komponente van rekenaar-ingenieurswese in. Dit is dus noodsaaklik om reg voorbereid te wees vir die stimulerende loopbaan van ‘n rekenaar-ingenieur.

Page 14: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

11 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie

Skool vir Ingenieurswese

Die graad in rekenaar-ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria is in 1998 ontwikkel om gegradueerdes te voorsien wat die uitdagings van die IKT-wêreld in alle vorms die hoof kan bied. Uitstekende voorbeelde van rekenaar-ingenieurswese is onder meer selfoontegnologie (wat eintlik ‘n sagteware-radio is), motorbeheerrekenaars vir enjinbeheer, vermaakstelsels, sekuriteitstelsels, lugversorging, aktiewe vering en sluitweerremstelsels (ABS). Hierdie stelsels gebruik almal die beginsels van waarneming (sensors), en berekening en aktivering (aktueerders) onder geoptimeerde programmatuurbeheer. Dié nuwe dissipline in ingenieurswese groei die vinnigste van al die dissiplines en bied moontlikhede vir werksgeleenthede regoor die wêreld.

Rekenaar-ingenieurswese word veral op die volgende gebiede gebruik: telekommunikasie, rekenaarnetwerke, selfoonwerking, rekenaarstelselmaatskappye, militêre tegnologieë (avionika, nagsig, elektroniese oorlogvoering, slimbomme, onbemande vliegtuie, laserteiken-designeerders), vervoertegnologieë (tolpaaie), internet-bankdienste, sekuriteitstelsels, verbruikerstoerusting, modems, handskandeerders, verkiesingstoerusting, mediese stelsels (draagbare en afstandbeheerde diagnos- tiese opnemers), robotika, vermaaklikheidstoerusting, navigasie met die globale posisioneringstelsel (GPS), meet- en beheerprogrammatuur en optiese-vesel- netwerke (selfherstellende netwerke). ‘n Rekenaar-ingenieur moet innoverend wees en sorg dat hy of sy op hoogte bly van nuwe tegnologieë en ontwikkelings in harde- en sagteware. Baie rekenaar-ingenieurs beweeg gou na bestuursposte, waar hul analitiese vaardighede, asook sintese-, bestuurs- en leierskapvaardighede gebruik word om die hoogste vlakke van korporatiewe bestuur te bereik.

Die doel van rekenaar-ingenieurswese is om elektroniese, rekenaar- en beheerstelsels op die beste moontlike manier te integreer om sodoende klein en kragtige stelsels te verseker. Tipiese substelsels kan gesofistikeerde programmatuur vir kunsmatige intelligensie, biometrie, radiofrekwensie-substelsels, intydse toepassings, sagteware-ingenieurswese, spraaktegnologie, e-handel, m-handel, rekeningkundige programmatuur, data-sekuriteit en verskeie netwerktoepassings, soos stoor-area-netwerke, insluit.

Beroepsmoontlikhede

Gegradueerdes in rekenaar-ingenieurswese het toegang tot ’n wye verskeidenheid werksgeleenthede. Hulle kan as werknemers vir groot of klein maatskappye op enige plek in die wêreld werk, of vir hulleself, as entrepreneurs. Navorsings- en ontwikkelingsmoontlikhede is beskikbaar by maatskappye wat spesialiseer in kommunikasie- en rekenaarstelsels en -netwerke, asook militêre, mediese, vervoer-, programmatuur- en elektronikamaatskappye in Suid-Afrika en regoor die wêreld. Dit bied geleenthede vir innovasie: om te dink aan ’n probleem en ’n oplossing te vind, en selfs om die idee te patenteer.

Die akademiese program aan die Universiteit van Pretoria berei studente voor om leiers te wees op die gebied van rekenaar-ingenieurswese – met uitstekende finansiële vergoeding en professionele bevrediging.

Agter die skerms

Die Departement beskik oor goed toegeruste laboratoriums vir opleiding en navorsing in al die belangrike en dinamiese subgebiede van rekenaar-ingenieurswese. Studente doen reeds vanaf die eerste studiejaar eksperimente in hierdie laboratoriums. Die laboratoriums is toegerus met die nuutste tegnologie en vergelyk uitstekend met die beste ter wêreld. Afgesien van die algemene laboratoriums het die Departement ook ‘n aantal sentrums van uitnemendheid op bepaalde gebiede, soos rekenaarnetwerke (Cisco), gevorderde verwerking (Intel) en verspreide sensor-netwerke. Die Departement deel ook laboratoriums met elektriese en elektroniese ingenieurswese, soos mikroëlektronika (die Carl en Emily Fuchs-instituut vir Mikroëlektronika), elektromagnetisme/radar (die kompakte antenne- en radarmeetbaan), breëband- draadlose multimedia- kommunikasie (die Sentech-leerstoel), fotonika, telekommunikasie (die Sentrum vir Radio- en Syfer- kommunikasie), die Centre for New Energy Studies en die Nasionale Energiedoeltreffendheid- en Vraag-kantbestuursentrum.

Om te bepaal of hierdie die regte ingenieursdissipline vir jou is, doen die volgende: • Vergelyk die akademiese programme van die

Universiteit van Pretoria met soortgelyke programme in Suid-Afrika en elders in die wêreld. Fokus hulle daarop om studente voor te berei vir die professie? Sal gegradueerdes werk kry?

• Kontroleer die prestasies van die dosente van die Universiteit van Pretoria wat die volgende betref: kwalifikasies, professionele registrasie by die Suid-Afrikaanse Raad vir Ingenieurs (ECSA), die publikasie

Ek waardeer die feit dat die Fakulteit laterale denke en innovering aanmoedig terwyl dit ‘n wye keuse van modules met topdosente en wêreldklasfasiliteite bied – wat beslis ‘n konstruktiewe omgewing uitmaak! Ek het my voorgraadse studie in die Departement Elektriese, Elektroniese en Rekenaar-Ingenieurswese afgelê en ek waardeer die feit dat ek gewys is hoe om te redeneer, te leer en probleme op te los. Die denkvaardighede wat ek opgedoen het, sal my aan die voorpunt bring in die werkplek en sal die pas van my loopbaan versnel. In 2010 is die RapidM Project Genius Prize aan my toegeken vir die finalejaarstudent in Rekenaar-/Elektroniese Ingenieurswese met die beste Seinverwerking-en-Telekommunikasieprojek. Ek was lid van die Golden Key Society in 2009, en in 2007 is die Silwer Merietetoekenning deur die Departement Elektriese, Elektroniese en Rekenaar-Ingenieurswese aan my toegeken. My droomloopbaan sal aanhoudende leer, satisfaksie, trots, hoë etiese waardes, leierskap, groei en natuurlik ‘n ordentlike salaristjek insluit!

Adriaan Struwig

Page 15: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie 12

Skool vir Ingenieurswese

van internasionale navorsingsartikels, die aantal en frekwensie van patentregistrasies, lidmaatskap van internasionale professionele verenigings soos die Instituut vir Elektriese en Elektroniese Ingenieurs (IEEE), en bedryfsbetrokkenheid deur middel van konsultasie.

• Kontroleer die kwaliteit van die Universiteit van Pretoria se studente deur te kyk na die pryse en toekennings wat hulle ontvang het. Is hulle die topstudente in die land wat mededinging en kritiese leer sal verseker?

• Is daar voldoende werksgeleenthede in hierdie dissipline (nou en vir die volgende 50 jaar)?

Kontroleer ons aansprake deur die webwerf (www.ee.up.ac.za) en/of die Departement te besoek.

KontakbesonderhedeProf Sunil Maharaj (Waarnemende Departementshoof)Tel: +27 (0)12 420 2164Faks: +27 (0)12 362 5000E-pos: [email protected]: www.ee.up.ac.za

Prof Saurabh Sinha (Funksiehoof: Bemarking)Tel: +27 (0)12 420 2950 E-pos: [email protected]

Eerste jaar

Eerste semester Tweede semester

• Wiskundige Statistiek • Calculus • Elektrisiteit en Elektronika • Inleiding tot

Programmering • Geesteswetenskappe en

Sosiale Wetenskappe 1

Resesopleiding: • Meettegnieke en

Rekenaarmodellering • Inligtingtegnologiepraktyk

• Calculus • Lineêre Algebra • Rekenaarargitektuur • Fisika • Programontwerp: Inleiding • Geesteswetenskappe en

Sosiale Wetenskappe 2

Tweede jaar

Eerste semester Tweede semester

• Calculus • Differensiaalvergelykings • Datastrukture en

Algoritmes • Elektriese Ingenieurswese • Netsentriese

Rekenaarstelsels • Professionele en Tegniese

Kommunikasie • Gemeenskapgebaseerde

Projek

Resesopleiding: • Inligtingtegnologiepraktyk

• Wiskunde • Numeriese Metodes • Lineêre Stelsels • Syferstelsels • Bedryfstelsels • Gemeenskapgebaseerde

Projek

Derde jaar

Eerste semester Tweede semester

• Ingenieursbestuur • Mikroverwerkers • Analoogelektronika • Intelligente Stelsels • Elektromagnetiese

Versoenbaarheid

Resesopleiding: • Inligtingtegnologiepraktyk

• Invloed van Ingenieurswese-aktiwiteite

• Rekenaar-Ingenieursontwerp

• Programmatuur-ingenieurswese

• Beheerstelsels • Syferkommunikasie

Vierde jaar

Eerste semester Tweede semester

• Projek • Professionalisme in

Ingenieurswese • DSV Programmering en

Toepassing • Rekenaar-ingenieurswese:

Argitektuur en Stelsels • e-Handel en

Netwerksekuriteit

Resesopleiding: • Praktykopleiding en

Verslag

• Projek • Spesialisasie

Departement Materiaalkunde en Metallurgiese Ingenieurswese

BIng(Metallurgiese Ingenieurswese)

Wat behels die rigting?

Suid-Afrika is met die wêreld se grootste mineraalneerslae van goud, chroom, platinum, vanadium en mangaan geseën. Die land het ook groot yster-, lood-, sink-, koper-, nikkel-, steenkool- en diamantreserwes. Die mineraalbedryf dra sowat 50% tot Suid-Afrika se uitvoere by en is een van die grootste werkverskaffers in die land. Die metallurgiese ingenieur speel ’n sleutelrol in die produksie van minerale en metale. Metallurgiese ingenieurs help om metale in finale produkte met toegevoegde waarde te omskep en sodoende die maksimum inkomste op die internasionale markte te genereer.

Beroepsmoontlikhede

Die metallurgiese ingenieur speel ‘n sleutelrol in die proses om rykdom uit Suid-Afrika se hulpbronne te put, en kan by drie belangrike spesialisrigtings in metallurgie betrokke wees, naamlik: • Mineraalverwerking. Die verwerking van erts om die

waardevolle minerale uit die afsetting te onttrek en te konsentreer.

• Ekstraksiemetallurgie. Die verwerking van erts- konsentraat deur pirometallurgie, bv. smelting; hidrometallurgie, bv. loging; of elektrometallurgie, bv. elektroplatering as herwinningstap.

• Fisiese metallurgie. Die ontwikkeling van nuwe legerings, die maak van bruikbare materiale uit ru-metale; vorming deur bv gietprosesse en hegting deur bv sweising. Die ondersoek van falings is ook van groot belang.

Agter die skerms

Die Departement Materiaalkunde en Metallurgiese Ingenieurswese is tans die enigste onafhanklike metallurgiese ingenieurswesedepartement aan ʼn Suid-Afrikaanse universiteit. Die Departement speel ‘n toonaangewende rol in die opleiding van metallurgiese ingenieurs vir die Suid-Afrikaanse metallurgiese- en mynbou-industrieë, en die afgestudeerde studente is tipies in groot aanvraag. Onvoorwaardelike akkreditasie deur die Suid-Afrikaanse Raad vir Ingenieurswese

Page 16: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

13 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie

Skool vir Ingenieurswese

(ECSA) getuig van die gehalte van die Departement se voorgraadse onderrig. Die graad geniet ook internasionale erkenning. Die personeel konsulteer en doen navorsing vir die bedryf, en hierdie samewerking met plaaslike metallurgiese industrieë verseker dat die opleiding en navorsing voldoen aan die behoeftes van die bedryf. Gevorderde navorsingstoerusting is beskikbaar, onder andere in die Industrial Metals and Minerals Institute (IMMRI) wat in hierdie Departement gevestig is. Dit word gebruik vir navorsingsprojekte vir die privaatsektor en ook om die Departement se navorsingsuitsette te verbeter.

Studente word op verskeie wyses ondersteun deur die Departement. Vir elke jaargroep word ‘n dosent as ‘n mentor aangewys om probleme te help oorkom. Veral vir eerstejaarstudente is daar ‘n intensiewe mentorprogram. Hoewel die normale studieprogram oor vier jaar strek, is daar ‘n vyfjaarprogram (ENGAGE) vir studente wat meer ondersteuning nodig het. Verder word daar sosiale- en sportfunksies gereël, waarby die Vereniging van Metallurgiese Studente betrokke is.

Addisionele inligting

Besoek die Departement se webwerf: www.up.ac.za/metal

Besoek ook die webwerwe van organisasies soos die Suid-Afrikaanse Yster- en Staalinstituut (SAISI) by saisi.co.za, die Suider-Afrikaanse Instituut vir Mynbou en Metallurgie (SAIMM) by saimm.co.za, of maatskappye soos ArcelorMittal, Columbus Stainless, Highveld Steel and Vanadium, Scaw, Davsteel, Anglo American, De Beers, Samancor, BHP Billiton, Amcoal, X-strata, Mintek, die WNNR, Hatch Africa en Pyromet.

KontakbesonderhedeProf Madeleine du Toit (Departementshoof)Tel: +27 (0)12 420 3182Faks: +27 (0)12 362 5304E-pos: [email protected]: www.up.ac.za/metal

Eerste jaar

Eerste semester Tweede semester

• Grafiese Kommunikasie • Materiaalkunde • Algemene Chemie • Calculus • Geesteswetenskappe en

Sosiale Wetenskappe 1

• Calculus • Lineêre Algebra • Eletrisiteit en Elektronika • Meganika • Fisika • Geesteswetenskappe en

Sosiale Wetenskappe 2 • Werkwinkelpraktyk

Tweede jaar

Eerste semester Tweede semester

• Calculus • Differensiaalvergelykings • Dinamika • Programmering en

Inligtingtegnologie • Mineralogie • Professionele en Tegniese

Kommunikasie • Gemeenskapgebaseerde

Projek

• Wiskunde • Numeriese Metodes • Elektriese Ingenieurswese • Materiaalkunde • Prosestermodinamika • Ingenieurstatistiek • Gemeenskapgebaseerde

Projek

Derde jaar

Eerste semester Tweede semester

• Materiaalkunde • Mineraalprosessering • Ingenieursbestuur • Termovloei • Elektrochemie • Praktykopleiding

• Hidrometallurgie • Pirometallurgie • Vuurvaste Materiale • Meganiese Metallurgie • Invloed van

Ingenieurswese-aktiwiteite • Ekskursies

Vierde jaar

Eerste semester Tweede semester

• Prosesmetallurgie en -beheer

• Literatuuroorsig • Hidrometallurgie • Mineraalprosessering • Metaalverwerking • Professionalisme in

Ingenieurswese • Praktykopleiding

• Projek • Prosesontwerp

Departement Meganiese en Lugvaartkundige Ingenieurswese

BIng(Meganiese Ingenieurswese)

Wat behels die rigting?

Meganiese en Lugvaartkundige ingenieurswese behels die toepassing van wetenskap om meganiese en lugvaartkundige toerusting en prosesse te ontwerp, te vervaardig, te bedryf en in stand te hou. Die voorgraadse kursus fokus op die vestiging van ‘n breë agtergrond in ingenieurswese en sluit vakke soos dinamika, sterkteleer, termodinamika, stromingsleer en ontwerp in. Die uitsette van meganiese en lugvaartkundige ingenieurs sluit produkte en dienste in wat waarde tot die land se ekonomie toevoeg. Meganiese en lugvaartkundige ingenieurskundigheid is deurslaggewend in die ontwerp en vervaardiging van produkte en stelsels, byvoorbeeld die voorsiening van elektrisiteit en water, vervoer (pad, spoor en lug), mynbou-aktiwiteite, megatronika en lugversorging. As gevolg van hulle breë tegniese agtergrond, ontwikkel meganiese en lugvaartkundige ingenieurs dikwels later in hul loopbane tot suksesvolle senior bestuurders.

Beroepsmoontlikhede

‘n Graad in meganiese en lugvaartkundige ingenieurswese kan as die sleutel tot ‘n suksesvolle en opwindende loopbaan beskou word. Weens die breë agtergrond wat die graadkursus verskaf, is die beroepsmoontlikhede legio. Gegradueerde meganiese en lugvaartkundige ingenieurs sal loopbane op die volgende terreine volg: navorsing, ontwerp, ontwikkeling, vervaardiging, inbedryfstelling, instandhouding en die bemarking van meganiese en lugvaartkundige toerusting en produkte. Later in hul loopbane sal hulle moet kies tussen loopbane as tegniese spesialisingenieurs of senior bestuurders. Vanweë die sterk klem op innovasie in die studieprogram is meganiese en lugvaartkundige ingenieurs ook baie suksesvol met die ontwikkeling van hul eie ondernemings.

Page 17: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie 14

Skool vir Ingenieurswese

Agter die skerms

Die mate van uitnemendheid van ‘n ingenieursfakulteit word bepaal deur die kwaliteit van die dosente, asook die fisiese fasiliteite waaroor dit beskik. Voornemende studente kan daarvan seker wees dat hulle die beste kwaliteitonderrig – vergelykbaar met die beste in die wêreld – by die Departement Meganiese en Lugvaartkundige Ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria kry. Die internasionale akkreditering van die graadprogram deur die Suid-Afrikaanse Raad vir Ingenieurs (ECSA) getuig hiervan. Die dosente by die Departement is almal aktief betrokke by die bedryf, hetsy as konsultante of as navorsers. Dit verseker dat die kennis wat aan die student oorgedra word, die jongste en tegnologies mees gevorderd is. Die Departement het reeds agt ontwerptoekennings van die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde ontvang. Wat fisiese fasiliteite betref beskik die Departement oor moderne en volledig toegeruste laboratoriums en rekenaarfasiliteite. Die Departement is die grootste van sy soort in Suid-Afrika. Tans is sowat 20% van die Departement se studente vroue en die doelwit is om hierdie getal tot 50% te verhoog. Die Departement se oudstudente het reeds groot bydraes tot verskeie sfere in die samelewing gelewer en beklee belangrike posisies in organisasies regoor Suid-Afrika, terwyl sommiges in die buiteland werk. Tans oorskry die aanvraag na meganiese en lugvaartkundige ingenieurs die aanbod, met die gevolg dat jong gekwalifiseerde ingenieurs feitlik verseker is van werk.

Algemene navrae en aansoeke: KliëntedienssentrumTel: +27 (0)12 420 3111E-pos: [email protected]

Akademiese navrae: Voornemende studenteProf Josua Meyer (Departementshoof)Tel: +27 (0)12 420 3104Faks: +27 (0)12 420 6632E-pos: [email protected]: www.me.up.ac.za

Eerste jaar

Eerste semester Tweede semester

• Grafiese Kommunikasie • Calculus • Fisika • Elektrisiteit en Elektronika • Geesteswetenskappe en

Sosiale Wetenskappe 1

• Calculus • Lineêre Algebra • Meganika • Materiaalkunde • Geesteswetenskappe en

Sosiale Wetenskappe 2 • Algemene Chemie • Werkwinkelpraktyk

Tweede jaar

Eerste semester Tweede semester

• Vervaardiging en Ontwerp • Programmering en

Inligtingtegnologie • Dinamika • Calculus • Differensiaalvergelykings • Professionele en Tegniese

Kommunikasie • Gemeenskapgebaseerde

Projek

• Masjienontwerp • Termodinamika • Wiskunde • Numeriese Metodes • Ingenieurstatistiek • Gemeenskapgebaseerde

Projek

Derde jaar

Eerste semester Tweede semester

• Struktuurmeganika • Termodinamika • Ingenieursbestuur • Masjienontwerp • Termovloei • Praktykopleiding

• Vibrasie en Geraas • Kontinuummeganika • Invloed van

Ingenieurswese-aktiwiteite • Masjienontwerp • Elektriese Ingenieurswese

Vierde jaar

Eerste semester Tweede semester

• Berekeningsmeganika • Termovloei • Professionalisme in

Ingenieurswese • Praktykopleiding

Of Opsie:• Meganiese

Ingenieurswese: Ontwerp • Meganiese

Ingenieurswese: Projek

Of Opsie:• Lugvaartkundige

Ingenieurswese: Ontwerp • Lugvaartkundige

Ingenieurswese: Projek

Opsie: Meganiese Ingenieurswese• Projek • Termo- en Vloeiermasjiene • Beheerstelsels

Een keuse uit een van die volgende:• Lugvaartkunde • Instandhoudings-

ingenieurswese • Kerningenieurswese • Voertuigingenieurswese • Megatronika • Warmte- en Massaoordrag • Fossielbrandstof Krag-

stasies • Numeriese Metodes • Ontwerp-optimering • Poreuse vloei

Opsie: Lugvaartkundige Ingenieurswese• Projek • Termo- en Vloeiermasjiene • Beheerstelsels

Een keusemodule:• Lugvaartkunde

Departement Mynbou-ingenieurswese

BIng(Mynbou-ingenieurswese)

Wat behels die rigting?

Die beroep van ‘n mynbou-ingenieur dek ’n wye spektrum ingenieurswerk – van mynevaluering tot bedryfsbeheer. Hy of sy kan byvoorbeeld die evaluering van ‘n nuwe mynbouprojek onderneem sodra die ontdekking en geologiese bevestiging van ‘n mineraalafsetting voltooi is. Indien so ‘n mineraalafsetting lewensvatbaar bevind word, sal mynbou-ingenieurs die myn ontwerp om die mineraalafsetting te ontgin. Waar die afsetting naby die oppervlak is, sal ‘n oopgroefmyn verkies word, maar vir dieper afsettings sal ‘n ondergrondse myn beplan word. Mynbou-ingenieurs sal die konstruksie van so ‘n nuwe myn koördineer en die myn bring tot op die stadium waar dit produksie lewer.

‘n Tipiese myn het ‘n leeftyd van 20 tot 100 jaar. Die ontwerp van die uitgrawings met hul toerusting en dienste, die beplanning van al die aktiwiteite, en die bestuur van die bedryfsproses op alle vlakke is die verantwoordelikheid van mynbou-ingenieurs. Hulle sal ook deskundige advies verskaf of beheer uitoefen oor aspekte soos rotsbreek, skietwerk, materiaalvervoerstelsels, mynbeplanning en skedulering, meganiese tonnelbou, mynklimaatbeheer, rotsmeganikastudies, die bestutting van uitgrawings en die

Page 18: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

15 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie

Skool vir Ingenieurswese

ontwerp van mynboumetodes, asook toerustingontwerp en -ontwikkeling.

Beroepsmoontlikhede

Benewens bedryfsbestuur, is mynbou-ingenieurs dikwels betrokke by die beplanning en uitvoering van navorsing en ontwikkeling. Ten einde die Suid-Afrikaanse mynboubedryf se trotse posisie as ‘n wêreldleier te behou, is dit nodig om die uitdagings van tegnologiese ontwikkeling die hoof te bied deur middel van uitgebreide navorsings- en ontwikkelingsprogramme. Mynbou-ingenieurs vervul die rol van deskundige raadgewende ingenieurs in verskeie myngroepe, en ook in die privaat praktyk. Mynbou-ingenieurs werk ook by universiteite, staatsdepartemente en finansiële instellings.

Die mynboubedryf is een van die grootste nywerhede in die land en gewis een van die belangrikstes. Dit verskaf enersyds grondstowwe en energieminerale aan ‘n groot verskeidenheid binnelandse nywerhede en andersyds word edelmetale, onedelminerale, energieminerale en diamante uitgevoer om buitelandse valuta te verdien. Tans word meer as 70 verskillende minerale geproduseer, wat ‘n direkte bydrae tot die bruto nasionale produk lewer. Die mynboubedryf verskaf werksgeleenthede aan meer as 400 000 werknemers. Dit sluit vanselfsprekend ook talle werksgeleenthede vir professionele persone in, en op die oomblik is daar ‘n tekort aan mynbou-ingenieurs.

Agter die skerms

Studentetalle in die Departement Mynbou-Ingenieurswese is oor die algemeen betreklik klein. Dit is dus moontlik vir die personeel om intensiewe aandag aan individuele studente te gee. ‘n Groot aantal tegniese besoeke gee studente die geleentheid om met elke faset van die bedryf kennis te maak. ‘n Kenmerk van die mynboukursus is die hegte groepsverband wat tussen die studente ontwikkel en wat selfs lank ná afstudering nog voortbestaan.

Let wel: Mynbou-ingenieurswese studente word aangeraai om seker te maak dat hulle volgens regeringsvereistes medies geskik is om in ‘n myn te werk. Raadpleeg: www.mohealth.co.za en www.dme.gov.za/ pdfs/mhs/occupational_health/fitness_minimum_ standards.pdf.

KontakbesonderhedeProf Ronny Webber-Youngman (Departementshoof)Tel: +27 (0)12 420 3763Faks: +27 (0)12 420 4242E-pos: [email protected]: www.up.ac.za/ebit/mynbou

Eerste jaar

Eerste semester Tweede semester

• Grafiese Kommunikasie • Algemene Chemie • Materiaalkunde • Calculus • Geesteswetenskappe en

Sosiale Wetenskappe 1

• Calculus • Lineêre Algebra • Elektrisiteit en Elektronika • Meganika • Fisika • Geesteswetenskappe en

Sosiale Wetenskappe 2 • Werkwinkelpraktyk

Tweede jaar

Eerste semester Tweede semester

• Dinamika • Programmering en

Inligtingtegnologie • Calculus • Differensiaalvergelykings • Sterkteleer • Professionele en Tegniese

Kommunikasie • Gemeenskapgebaseerde

Projek

• Opmeetkunde • Numeriese Metodes • Ingenieurstatistiek • Termodinamika • Wiskunde • Gemeenskapgebaseerde

Projek• Ervaringsopleiding

Derde jaar

Eerste semester Tweede semester

• Oopgroef Mynbou en Geotegniek

• Termovloei • Inleiding tot Geologie 155 • Mineraalprosessering • Ingenieursbestuur• Ervaringsopleiding

• Nywerheidsbesoeke • Springstof Ingenieurswese • Minerale-ekonomie • Invloed van

Ingenieurswese-aktiwiteite • Mynbou • Inleiding tot Projek • Historiese Geologie

Vierde jaar

Eerste semester Tweede semester

• Mynomgewingsbeheer-ingenieurswese

• Professionalisme in Ingenieurswese

• Stratabeheer • Projek • Struktuurgeologie • Mynbou • Nywerheidsbesoeke • Praktykopleiding

• Mynrisikobestuur - Gesondheid en Veiligheid

• Mynontwerp • Ertsafsettings • Nywerheidsbesoeke

Ek het my graad in Mynbou-ingenieurswese in 2011 voltooi. Ek glo dat TUKS my met die bes moontlike kennis en vaardighede toegerus het, en ek voel dat ek gereed is om die mynbedryf te betree. Ek het hierdie loopbaan gekies omdat dit verskeidenheid bied, asook die geleentheid om ‘n uitdaging aan myself te stel. Met die ondersteuning wat die departement aangebied het, het ek ‘n toekenning as top akademiese student van Anglo Platinum ontvang en ‘n toekenning as top akademiese student in Mynbou-ingenieurswese van TUKS ontvang. Ek is ook deel van ‘n persoonlike ontwikkelingsprogram (POP) wat my vir my droomloopbaan met Anglo American voorberei. Ek is gekies om deel te wees van die BLAST (Building Leadership and Shaping Talent) Program wat deur Anglo American aangebied word en wat drie verskillende werkgeleenthede op twee verskillende kontinente kan meebring, met ontsaglike ontwikkelingsgeleenthede oor vyf jaar.

Stephanie Ferreira

Page 19: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie 16

Skool vir Ingenieurswese

Departement Siviele Ingenieurswese

BIng(Siviele Ingenieurswese)

Wat behels die rigting?

Siviele ingenieurs skep fasiliteite wat die lewenskwaliteit van die mens en sy omgewing verbeter. Hierdie proses behels navorsing oor die voorgestelde fasiliteit, die beplanning, ontwerp en bou van die fasiliteit en die volgehoue onderhoud daarvan. Siviele ingenieurs moet toenemend omgewingsbestuur en inligtingtegnologie integreer met hul wêreld van welvaartskepping.

Beroepsmoontlikhede

Siviele ingenieurs ontwerp, bou en onderhou konstruksies soos toringblokke en wolkekrabbers, damme, kanale en pypleidings, paaie, brûe, tonnels, spoorlyne, lughawens, kragstasies, televisietorings, waterwerke en uitvalwerke. Siviele ingenieurs is toenemend betrokke by finansiële modellering, die uitvoerbaarheidstudies van projekte en die bestuur van groot bateportefeuljes.

Agter die skerms

Die gemiddelde mens is waarskynlik daarvan bewus dat siviele ingenieurs betrokke is by die beplanning, ontwerp, konstruksie, instandhouding en aftakeling of rehabilitasie van basiese infrastruktuur. Dit behels aspekte soos watervoorsiening, riolering, paaie, geboue, massadienste, strukture en damme. Hierdie fasiliteite het ‘n lang lewensduur met ‘n direkte impak op die mens en die omgewing. Siviele ingenieurs word dus geleer om nie net die analitiese aspekte van ontwerp te kan hanteer nie, maar ook direk met gemeenskappe en individue te skakel en hulle te raadpleeg. Die doel hiervan is om geriewe koste-effektief te ontwerp, te bou en in stand te hou tot voordeel van die mens. Die meeste van die fasiliteite wat die siviele ingenieur help skep is die onderbou van welvaartskepping en werkskepping in ander bedryfsektore, soos fabrieke en behuising. Die aard van siviele ingenieurswese het in die afgelope dekade of twee ingrypend verander met die benutting van inligtingtegnologie en rekenaarprogrammatuur.Wiskundige modellering en ontwerpe word nou meer doeltreffend uitgevoer. Dit stel die siviele ingenieur in staat om op die meer fundamentele aspekte van ontwikkelingswerk en ontwerp te konsentreer. Die wêreldwye neiging tot omgewingsbewustheid het ook ‘n toenemende impak op die siviele ingenieur se werkswyse. Inligtingtegnologie, omgewingsingenieurswese en omgewingsbestuur maak toenemend deel uit van die opleiding om steeds aan ‘n siviele ingenieur ‘n kwalifikasie met ’n breë onderbou te kan voorsien wat uitdagende, stimulerende en hoogs aanpasbare beroepsmoontlikhede oor ‘n hele beroepslewe van 40 tot 50 jaar kan bied.

KontakbesonderhedeProf Elsabé Kearsley (Departementshoof)Tel: +27 (0)12 420 2429Faks: +27 (0)12 362 5218E-pos: [email protected] Webwerf: www.up.ac.za/ebit

Eerste jaar

Eerste semester Tweede semester

• Grafiese Kommunikasie • Calculus • Algemene Chemie • Materiaalkunde • Geesteswetenskappe en

Sosiale Wetenskappe 1

• Calculus • Lineêre Algebra • Fisika • Meganika • Elektrisiteit en Elektronika • Geesteswetenskappe en

Sosiale Wetenskappe 2 • Werkwinkelpraktyk

Tweede jaar

Eerste semester Tweede semester

• Calculus • Differensiaalvergelykings • Sterkteleer • Professionele en Tegniese

Kommunikasie • Geomateriale en Prosesse • Opmeetkunde • Gemeenskapgebaseerde

Projek

• Wiskunde • Numeriese Metodes • Struktuuranalise • Padboumateriale en

Ontwerp • Ingenieurstatistiek • Siviele-

Ingenieursmeettegnieke • Gemeenskapgebaseerde

Projek

Derde jaar

Eerste semester Tweede semester

• Hidroulika • Struktuuranalise • Siviele

Ingenieursekonomie • Programmering en

Inligtingtegnologie • Grondmeganika • Houtontwerp

• Hidroulika • Geotegniese

Ingenieurswese • Siviele Boumateriale • Staalontwerp • Gewapendebetonontwerp • Vervoeringenieurswese

Vierde jaar

Eerste semester Tweede semester

• Hidroulika • Navorsingsprojek • Staalontwerp • Gewapendebetonontwerp • Infrastruktuurbeplanning • Professionalisme in

Ingenieurswese • Praktykopleiding

• Omgewingsgeotegnologie • Siviele Ingenieurswese

Konstruksiebestuur • Ontwerpkonsep • Gedetailleerde Ontwerp • Publieke Voordrag

Die Aanvullende Graadprogram in Ingenieurswese (ENGAGE)

’n Graad in Ingenieurswese is besonder veeleisend. Die werkslading is groot, die pas is vinnig en die modules is akademies uitdagend. Baie studente se basiese kennis van Wiskunde en Fisiese Wetenskap, hulle ondervinding van inligtingtegnologie en hulle akademiese geletterdheid en studievaardighede is ontoereikend om die hoofstroom vierjaarprogram suksesvol te bemeester. Verder is die universiteitsomgewing, die groot eerstejaarklasse, meer vryheid en minder dissipline en die verskeidenheid sosiale aktiwiteite ’n groot aanpassing – selfs al was hulle in skole waar topprestasies gelewer word.

Om studente in hierdie aanpassing te ondersteun, bied die Skool vir Ingenieurswese ’n vyfjaarprogram, naamlik die Aanvullende Graadprogram in Ingenieurswese (Engineering Augmented Degree Programme, oftewel ENGAGE) aan. ENGAGE kan in enige van die ingenieursdissiplines gevolg word en is só gestruktureer dat dit studente help om die akademiese eise van hulle ingenieurstudies te kan hanteer, terwyl toeligting/

Page 20: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

17 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie

Skool vir Ingenieurswese

toerusting vir aanpassing by die universiteitsomgewing terselfdertyd verskaf word.

Gedurende die eerste drie jaar vermeerder die werkslading geleidelik, terwyl die ondersteuning geleidelik verminder. Onthou egter dat die werkslading van die begin af groot is en dit vereis baie studietyd. ENGAGE is nie vir studente wat wil droogmaak nie!

Programstruktuur

In ENGAGE neem studente dieselfde modules as studente in die vierjaarprogram en hulle is saam met daardie studente in dieselfde klasse. Die modules in ENGAGEis egter versprei oor ’n langer tydperk. Bykomend neem ENGAGE-studente vir elke 16-krediet 100-vlak-module (eerstejaarmodule), ook ’n 8-krediet aanvullende module. Byvoorbeeld: In die eerste semester neem ENGAGE-studente Wiskunde (’n 16-kredietmodule) saam met die studente in die vierjaarprogram, asook Addisionele Wiskunde (8 krediete). In Addisionele Wiskunde, word die studente in groepe van 50 studente verdeel en die fokus val daarop om probleemoplossings- en ander kognitiewe vaardighede te verbeter. Die studente ontwikkel ook konsepsuele begrip en verwerf die agtergrondkennis wat nodig is vir die Wiskunde-module.

In die eerste studiejaar neem ENGAGE-studente die natuurwetenskapmodules wat die grondslag van ingenieurswese vorm, naamlik Chemie, Fisika en Wiskunde. Rekenaar-ingenieurswese studente neem Statistiek, en nie Chemie nie. ENGAGE-studente neem ook Professionele Oriëntering, wat ’n inleidende kursus tot tegnologie en inligtingtegnologie is. Hierdie module help die studente om lewens-, studie- en kommunikasievaardighede te ontwikkel.

In die tweede studiejaar neem ENGAGE-studente die inleidende (100-vlak) ingenieursmodules. Vir elke ingeniuersmodule is daar ook ‘n verpligte addisionele module. Tweedejaar ENGAGE-studente neem ook een Wiskundemodule per semester (‘n 200-vlakmodule). In die derde jaar neem ENGAGE-studente die ooblywende voorgeskrewe 200-vlakmodules. Aangesien hulle reeds twee Wiskundemodules geneem het, is hulle werkslading effens ligter as dié van die studente in die vierjaarprogram.

In die laaste twee jaar van hulle studies, volg ENGAGE-studente presies dieselfde modules as die studente in die vierjaarprogram.

Al die voorgeskrewe komponente in ENGAGE is verpligtend. Bywoning van die modules is ook verpligtend. ‘n Opsomming van die programstruktuur word in die tabel gegee.

Vierjaarprogrammodules Begrondingsmodules

Eerste jaar

• 100-vlak natuurwetenskap- modules

• Addisionele module vir elke natuurwetenskapmodule

• Professionele Oriëntering

Tweede jaar

• 100-vlak ingenieurswese- modules

• 200-vlak wiskundemodules

• Addisionele modules vir elke ingenieurswesemodule

Derde jaar

• 200-vlak ingenieurswese- modules

• Geen

Vierde jaar

• 300-vlak ingenieurswese- modules

• Geen

Vyfde jaar

• 400-vlak ingenieurswese- modules

• Geen

Wie mag vir ENGAGE registreer?

Studente mag aansoek doen om ENGAGE te volg indien: • hulle punte in die Nasionale Senior Sertifikaat

voldoen aan die vereistes vir die vierjaarprogram, maar hulle graag meer ondersteuning wil hê of

• hulle punte in die Nasionale Senior Sertifikaat nie aan die vereistes vir die vierjaarprogram voldoen nie, maar wel aan die vereistes vir die vyfjaarprogram. Hierdie studente moet ook die Institusionele Vaardigheidstoets skryf.

KontakbesonderhedeProf Diane Grayson (Bestuurder: Akademiese Ontwikkeling)Tel: +27 (0)12 420 4110Faks: +27 (0)12 420 4111E-pos: [email protected]

By die Departement Konstruksie-ekonomie word almal as familie beskou en as jy jou kant bring, sal jy erkenning daarvoor ontvang. Die standaard van die Departement is op so ’n hoë vlak dat dit wêreldwyd erken word. Persoonlik sal ek almal aanmoedig om by hierdie Departement te kom studeer, want die dosente sien jou nie as bloot ’n nommer nie, maar as ’n individu. Die modules in BSc(Bourekenkunde) word so aangebied dat ons nie net teorie inneem nie, maar ook praktiese ondervinding opdoen. Ek het die SKE 110-prys in Konstruksie-ekonomie gewen en ’n prestasiebeurs van UP ontvang vir my matriekuitslae.

My droomberoep is om eendag ’n gekwalifiseerde bourekenaar te word.

Jacques van Niekerk

Page 21: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie 18

Skool vir die Bou-omgewing

Skool vir die Bou-omgewing

Departement Argitektuur

Die Departement Argitektuur aan die Universiteit van Pretoria bied programme in argitektuur, binne-argitektuur en landskapargitektuur aan. Hierdie rigtings fokus op die ontwerp en realisering van ruimte, en as ontwerpprofessies in die bou-omgewing komplementeer hulle mekaar. Al drie die studierigtings vereis vindingrykheid en bied die geleentheid om die rasionele en die kreatiewe in een beroep te verenig om waardige omgewings te skep wat in alle opsigte aan gebruikers se behoeftes voldoen.

Aanbieding in die Departement steun swaar op ateljeewerk, waar projekte vaardighede in ontwerp, teorie, kommunikasie en bestuur verskerp. Projekte wat in die ateljees uitgevoer word, steun op inligting uit die vakmodules wat studente onderlê in uiteenlopende aspekte soos aardleer, konstruksie, praktykbestuur, omgewingsleer en -geskiedenis. Modules met programspesifieke inhoud word vanaf die tweede studiejaar aangebied. Die Departement onderskryf ‘n formele onderrig wat akademies en teoreties gefundeer en tegnologies onderlê is.

Gegradueerdes van die Departement geniet plaaslik én in die buiteland hoë aansien. Deur internasionaal geakkrediteerde programme in argitektuur, binne-argitektuur en landskapargitektuur, en ‘n toewyding aan innovasie, dra die Departement tot ‘n welvarende en volhoubare Suid-Afrikaanse samelewing by.

BSc(Argitektuur)

Inligting oor ‘n loopbaan in argitektuur is aanlyn beskikbaar by www.saia.org.za/education_careers.php

Voorgraads (gedoseer) Minimum duur Uitkoms

BSc(Arch)Minstens een jaar se werk of reis word aanbeveel

Drie jaar (voltydse ateljeekursus) Kandidaat-argitekstegnoloog

Nagraads (gedoseer) Minimum duur Uitkoms

BArch(Hons) Een jaar (voltydse ateljeekursus) Kandidaat-senior-argitekstegnoloog

MArch(Prof) Een jaar (voltydse ateljeekursus) Kandidaat-argitek

’n BSc(Arch)-kwalifikasie stel die gegradueerde in staat om as Kandidaat-argitekstegnoloog by die Suid-Afrikaanse Raad vir die Argitektuurprofessie (SARAP) te registreer. In die praktyk verrig gegradueerde persone wat as tegnoloë en/of ontwerpassistente werk, ondersteunende werk op die gebied van argitektuur, binne-argitektuur en stadsontwerp. Hulle pligte sluit die dokumentering van projekte, projekadministrasie en terreinbestuur in.

Akkreditasie

Die program in argitektuur word deur die Suid-Afrikaanse Raad vir die Argitektuurprofessie (SARAP), die Royal Institute BSc(Binne-argitektuur).

BSc(Binne-argitektuur)

Inligting oor ‘n loopbaan in binne-argitektuur is aanlyn beskikbaar by www.ifiworld.org

Voorgraads (gedoseer) Minimum duur Uitkoms

BSc(Int)Minstens een jaar se werk of reis word aanbeveel

Drie jaar (voltydse ateljeekursus) Kandidaat-binne-ontwerper*

Nagraads (gedoseer) Minimum duur Uitkoms

BInt(Hons) Een jaar (voltydse ateljeekursus) Kandidaat-senior-binne-ontwerper*

MInt(Prof) Een jaar (voltydse ateljeekursus) Kandidaat-binne-argitek*

* Hoewel hierdie kategorieë vir professionele registrasie nog nie amptelik in Suid-Afrika erken word nie, voldoen die programme reeds aan die vereistes gestel deur die internasionale akkrediteringsliggaam. Vir meer inligting, sien www.iidprofessions.com

In die praktyk verrig gegradueerde persone wat as ontwerpassistente werk, ondersteunende werk in die dissiplines van binne-argitektuur, binne-ontwerp en argitektuur. Hulle pligte sluit die dokumentering van projekte, projekadministrasie en terreinbestuur in. Die program gee gegradueerdes ook toegang tot die verwante gebiede van produk-, uitstal-, verhoog- en beligtingsontwerp.

Akkreditasie

Die program in binne-argitektuur is een van slegs vier soortgelyke programme in Suid-Afrika wat deur die Internasionale Federasie van Interieurargitekte en -ontwerpers (IFI) geakkrediteer is. Daar word voorsien dat erkenning deur wetgewing en/of professionele rade binnekort moontlik sal wees.

Page 22: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

19 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie

Skool vir die Bou-omgewing

BSc(Landskapargitektuur)

Inligting oor ‘n beroep in landskapargitektuur is aanlyn beskikbaar by www.ilasa.co.za

Voorgraads (gedoseer) Minimum duur Uitkoms

BSc(LArch)Minstens een jaar se werk of reis word aanbeveel

Drie jaar (voltydse ateljeekursus) Kandidaat-landskapargitekstegnoloog

Nagraads (gedoseer) Minimum duur Uitkoms

BL(Hons) Een jaar (voltydse ateljeekursus)

ML(Prof) Een jaar (voltydse ateljeekursus) Kandidaat-landskapargitek

Kandidate moet verkieslik hierdie keuringstoets bywoon. Indien ‘n kandidaat egter werklik nie op die toegekende datums teenwoordig kan wees nie, kan hy/sy vra dat ‘n pakket met verdere keuringsmateriaal aan hom/haar gepos word. ‘n Telefoononderhoud kan toegestaan word.

Indien kandidate wat voorlopige keuring gekry het se Graad 12-eindeksamenuitslae nie aan die minimum vereistes vir toelating voldoen nie, kan finale toelating tot die Departement geweier word.

Minimum toelatingsvereistes

Die volgende matriekvakke word vereis: Wiskunde, Fisiese Wetenskappe (Fisika en Chemie) en óf Engels óf Afrikaans (die amptelike onderrigtale aan hierdie Universiteit). ‘n Minimum prestasievlak moet in al hierdie vakke behaal word (kyk hieronder). Aansoekers wat nog met Graad 12 besig is, moet hulle finale Graad 11-uitslae in hulle aansoek vermeld. Hulle sal in die eerste keuringsrondte op grond van hierdie uitslae beoordeel word.

Kandidate wat voor of in 2007 gematriku-leer het

Die volgende minimumvereistes is van toepassing: ‘n Graad 12-sertifikaat met universiteitstoelating en ten minste 40% (E-simbool) vir Wiskunde en Natuur- en Skeikunde op Hoërgraad, of ten minste 50% (D-simbool) vir dieselfde vakke op Standaardgraad. Die vereiste minimum M-telling vir Graad 12 is 18 punte.

Kandidate wat in 2008 gematrikuleer het of daarná

Die volgende minimumvereistes is van toepassing: ‘n Nasionale Senior Sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes en ‘n minimum Toelatingspunttelling (TPT) van 27; ‘n prestasievlak van minstens 4 (ten minste 50%) vir Wiskunde en Fisiese Wetenskappe; ‘n minimum prestasiegemiddeld van 5 (ten minste 60%) vir óf Afrikaans óf Engels (as huistaal of eerste addisionele taal) en ‘n prestasiegradering van minstens 4 (ten minste 50%) vir Lewensoriëntering, al word hierdie vak nie gebruik in die berekening van die TPT nie. Die TPT word bereken met twee taalvakke, Wiskunde, Fisiese Wetenskappe en enige twee ander vakke buiten Lewensoriëntering.

Nota: Vir die BSc(Landskapargitektuur)-program word FIsiese Wetenskappe of Lewenswetenskappe of Geo-grafie aanvaar; die minimumvereistes bly 50%.

Oorskakeling

Ingeskrewe studente van ander departemente kan aansoek doen om na die Departement Argitektuur oor te skakel. Vir hierdie kandidate is die eerste keuringsrondte gebaseer

’n BSc(LArch)-kwalifikasie stel die gegradueerde in staat om as Kandidaat-landskapargitekstegnoloog by die Suid-Afrikaanse Raad vir die Landskapargitektuurprofessie (SARLAP) te registreer. In die praktyk verrig gegradueerde persone wat as tegnoloë en/of ontwerpassistente werk, ondersteunende werk in die dissiplines van landskapargitektuur, omgewingsbeplanning en -bestuur, argitektuur en stadsontwerp. Hulle pligte sluit opnames, die dokumentering van projekte, projekadministrasie en terreinbestuur in.

Akkreditasie

Die program in landskapargitektuur, die enigste voorgraadse kursus van hierdie aard wat by ‘n universiteit in Suid-Afrika aangebied word, word deur die Suid-Afrikaanse Raad vir die Landskapargitektuurprofessie (SARLAP) geakkrediteer. Hoewel gegradueerdes van die program ook werksaam is in Europa, Noord-Amerika en Australië, vind die meerderheid plaaslik werk, waar praktisyns in sowel die openbare as privaatsektor in groot aanvraag is.

Toelating deur keuring

‘n Beperkte getal studente word jaarliks ingeneem. Die Departement ontvang heelwat meer aansoeke as die getal plekke beskikbaar en daarom word voornemende studente wat programme van die Departement as hulle tweede keuse aandui nie vir keuring oorweeg nie. Alle aansoekers word aangeraai om ander moontlikhede te oorweeg ingeval hulle aansoeke onsuksesvol is.

Daar is geen waarborg dat ‘n kandidaat wat aan die toelatingsvereistes voldoen, tot die kursus toegelaat sal word nie. Toelating geskied op grond van keuring, wat twee rondtes behels: In Rondte 1 word kandidate op grond van akademiese meriete gekeur. Diegene wat aan die minimum vereistes voldoen, word na Rondte 2 genooi, waar hulle ‘n departementele keuringstoets moet aflê. Saam met die uitnodiging ontvang hulle ‘n assesseringspakket wat hulle tuis moet deurwerk en op die dag van die keuringstoets moet inhandig. In Rondte 2 word kandidate se algemene kennis en belangstellings, vermoëns, motivering en ervaring getoets by wyse van ‘n departementele keuringstoets wat op geskeduleerde Saterdae in Junie, Julie, Augustus en September afgeneem word. Kandidate moet die assesseringspakket wat hulle ná Rondte 1 ontvang het, ook dan indien.

‘n Kortlys word saamgestel op grond van kandidate se prestasie in die keuringstoetse en assesseringspakkette. Kandidate wie se name op die kortlys verskyn, word uitgenooi na die finale keuringsonderhoude tydens die September-reses uitgenooi. Die beslissing van die keurkomitee is finaal en geen bespreking of korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

Page 23: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie 20

Skool vir die Bou-omgewing

op hulle Graad 12-uitslae (sien toelatingsvereistes), hulle akademiese rekords en gedetailleerde geskrewe motiverings waarin die redes vir oorskakeling duidelik uiteengesit word.

Studente wat tans by UP geregistreer is, kan bogenoemde dokumente regstreeks by die Toelatingsbeampte, Skool vir die Bou-omgewing, indien. Studente wat by ander tersiêre instellings geregistreer is, moet via die Kliëntedienssentrum aansoek doen. Let op die sluitingsdatum.

Geen kandidaat sal toegelaat word om vir enige module te registreer voordat finale toelating op grond van keuring toegestaan is nie.

Portefeuljes

Tradisionele portefeuljes (met kuns of tegniese tekeninge) word nie vir keuring vereis nie. Aansoekers ontvang opdragte (klein navorsingstake en enkele vryhandtekeninge) om tuis voor te berei. Dit word opgevolg deur toetse, waar hulpbronne nie beskikbaar is nie en tydsbeperkings geld.

Onvolledige aansoeke

Sorg asseblief dat u al die vereiste ondersteunende dokumente, soos gewaarmerkte kopieë van identiteits- dokumente, Vrystellingsertifikaat (vir internasionale studente) en skooluitslae, vóór die sluitingsdatum van 30 Junie inhandig. Die verantwoordelikheid om die nodige reëlings hiervoor betyds te tref, berus by die kandidaat. Onvolledige aansoeke kan nie oorweeg word nie.

Opedag: Saterdag, 19 Mei 2012 (08:00 tot 14:00)

Die Universiteit van Pretoria bied jaarliks ‘n Opedag op die Hatfieldkampus aan. Voornemende studente

word sterk aangeraai om hierdie geleentheid by te woon. Werk van die huidige studente word uitgestal en dosente en adviseurs is beskikbaar om vrae te beantwoord. Inligtingsessies word om 09:00 en 11:00 in Ouditorium 3-3 in die Boukundegebou op UP se Hatfield-kampus aangebied.

Belangrike datums

Die Universiteit van Pretoria se akademiese jaar begin in Januarie en eindig vroeg in Desember. Die jaar word in twee semesters (of vier kwartaalmodules) verdeel, met kort resesse in April, Julie en September. Studente word aangeraai om gedurende die resesse in praktyke te werk, sodat hulle praktiese ervaring kan opdoen. Die universiteitskalender is beskikbaar by www.up.ac.za/calendars.

1 Maart: Aansoeke vir toelating tot die volgende akademiese jaar open. Aansoeke word na die Kliëntedienssentrum verwys, of kan aanlyn ingedien word.

30 Junie: Laaste dag om alle voorgraadse aansoeke om toelating tot die Departement Argitektuur vir die volgende akademiese jaar in te dien. Hierdie afsnydatum geld ook vir alle aansoeke om oorskakeling.

Junie/Julie/Augustus/September: Departementele keurings-toetse word afgeneem op geskeduleerde Saterdae. Datums word toegeken en kan nie verskuif word nie.

Oktober-reses: 29 September tot 7 Oktober 2012: Finale keuringsonderhoude vir kandidate op die kortlys.

31 Oktober: Keuringsuitslae is beskikbaar. Kandidate word skriftelik van die uitslae in kennis gestel.

30 November: Laaste dag waarop gekeurde studente hulle keuring kan bevestig en deposito’s kan betaal, of reëlings vir betaling kan tref.

Kontakbesonderhede:

Administratiewe studente-aangeleenthede, soos aansoeke, klasgeld, beurse, registrasie, studiepermitte vir buitelandse studente en akkommodasie, word nie deur die Departement Argitektuur behartig nie. Voornemende studente moet hulle aansoeke om toelating en navrae oor hierdie aangeleenthede aan die Kliëntedienssentrum rig.Algemene navrae en aansoeke: voornemende studente

KliëntedienssentrumTel: +27 (0)12 420 3111E-pos: [email protected]

Navrae betreffende aansoeke en keuring

Me Jenny van Rooyen (Toelatingsbeampte)Skool vir die Bou-omgewingIngenieursgebou 1, Vlak 6Universiteit van PretoriaTel: +27 (0)12 420 5166Faks: +27 (0)12 420 4669E-pos: [email protected]

Akademiese navrae: voornemende studente

Mnr Nico Botes (Departement Argitektuur)Boukundegebou, Universiteit van PretoriaTel: +27 (0)12 420 4600Faks: +27 (0)12 420 2552E-pos: [email protected]

Nuttige skakels

• Universiteit van Pretoria: www.up.ac.za. Regulasies,vakmodules en sillabusse is beskikbaar by www. up.ac.za/jaarboeke (kies ‘Bou-omgewing’)

• Die Suid-Afrikaanse Raad vir die Argitektuurprofessie (SARAP): www.sacapsa.com

• Die Suid-Afrikaanse Instituut van Argitekte: (SAIA) www.saia.org.za

• Internasionale Federasie van Interieurargitekte en-ontwerpers (IFI): www.ifiworld.org

• Instituut van Landskapargitekte van Suid-Afrika (ILASA): www.ilasa.co.za

• Suid-Afrikaanse Raad vir die Landskapargitektuur-professie (SARLAP): www.saclap.org.za

Page 24: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

21 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie

Skool vir die Bou-omgewing

Departement Konstruksie-ekonomie

BSc(Bourekenkunde)

Wat behels die rigting?

Bourekenaars voorsien gespesialiseerde finansiële en kontraktuele dienste en advies aan kliënte in die konstruksiebedryf en ander verwante bedrywe. Die bourekenaar is ‘n onafhanklike, professionele konsultant wat onder andere met argitekte, raadgewende ingenieurs en bou-aannemers saamwerk om kliënte se belange te bevorder.

Beroepsmoontlikhede

Daar bestaan verskeie werksgeleenthede in die konstruksiebedryf. Die meeste bourekenaars is in die privaat sektor werksaam. Gewoonlik word hulle werknemers by bourekenaarspraktyke, of hulle kan ná registrasie by die Suid-Afrikaanse Raad vir die Bourekenaarsprofessie vennote of direkteure word of ‘n eie professionele praktyk begin. Bourekenaars vervul ook die rol van projekbestuurders. Verskeie staatsdepartemente neem bourekenaars in diens, terwyl die eiendomswese, bankwese en vervaardigingsbedrywe verdere moontlikhede bied. Heelwat bourekenaars werk ook vir konstruksiefirmas, of stig hulle eie bou-ondernemings.

Hoe lank duur die graad?

Driejaar-BSc(Bourekenkunde): Ná drie jaar se suksesvolle studie ontvang studente ‘n BSc(Bourekenkunde)-graad. Hierna is hulle bekwaam om ter ondersteuning van professionele bourekenaars in die bourekenkundeveld betrokke te raak by alle tipes konstruksiewerk - veral geboue en infrastruktuur.

Tweejaar-BSc(Hons)(Bourekenkunde): Ná ‘n verdere twee jaar se suksesvolle studie ontvang studente ‘n BSc(Hons)(Bourekenkunde)-graad. Hulle is nou toegerus om professionele bourekenkundeloopbane in die kon-struksie- en verwante bedrywe aan te pak. Ingevolge bestaande wetgewing kan hulle ná bewyslewering van die voorgeskrewe praktiese ervaring en die suksesvolle aflegging van professionele eksamens by die Suid-Afrikaanse Raad vir die Bourekenaarsprofessie as professionele praktisyns registreer.

Gedurende die honneursprogram word daar van studente verwag om, wanneer hulle nie lesings bywoon nie, by goedgekeurde bourekenaarsfirmas te werk om sodoende hul teoretiese studies met gepaste praktiese ondervinding aan te vul.

Keuringsproses

Slegs ‘n beperkte aantal kandidate word tot die kursus toegelaat en toelating is onderworpe aan keuring.

Agter die skerms

Hierdie kwalifikasies word nasionaal en internasionaal erken en is deur die Suid-Afrikaanse Raad vir die Bourekenaarsprofessie en die Royal Institution of Chartered Surveyors (RICS) geakkrediteer. Die RICS-organisasie (Verenigde Koninkryk) doen internasionale akkreditering en het wêreldwyd lede en wedersydse erkenningsooreenkomste. Die driejaargraad en die tweejaar-honneursgraad geniet dus internasionale erkenning.

Die Departement is besonder goed toegerus vir studente wat in verdere studie belangstel. Gedoseerde meestersgraadkursusse, met spesialisering op verskillende gebiede, word aangebied. ‘n Meestersgraad kan ook by wyse van ‘n verhandeling en die aflegging van ‘n mondelinge eksamen verwerf word. Daarbenewens is MBA- en MBL-grade gewilde nagraadse rigtings wat aan talle plaaslike universiteite, en ook internasionaal, gevolg kan word. ‘n Doktorsgraad kan verwerf word deur ‘n proefskrif in te dien en ‘n mondelinge eksamen af te lê.

KontakbesonderhedeMnr Danie Hoffman (Programleier: Bourekenkunde)Tel: +27 (0)12 420 2551 Faks: +27 (0)12 420 3598E-pos: [email protected]

Lisa Ackroyd

My graad in Bourekenkunde het my toegerus met ’n breë kennisbasis en die nodige vaardighede om op gelyke voet deel te neem aan en mee te ding in die bou-omgewing. My studies het my denkvaardighede aansienlik ingeskerp deur my van ’n rasionele basis te voorsien en die vermoë om my praktiese en teoretiese agtergrondkennis saam te bring en toe te pas in verskillende besluitnemingscenarios. Dit is vir my ’n eer om lid te wees van die Golden Key International Honours Society. In 2009 het ASAQS die prys vir die tweede beste eerstejaarstudent, en in 2010 die prys vir die beste akademiese prestasie, aan my toegeken.

Ek wil graag ’n loopbaan volg wat dit vir my sal moontlik maak om te reis en my kennis te verryk.

Page 25: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie 22

Skool vir die Bou-omgewing

Eerste jaar

Eerste semester Tweede semester

• Boutekene • Bouwetenskap • Akademiese

Inligtingbestuur • Akademiese Geletterdheid • Geboudienste • Hoeveelhede • Inleiding tot Strukture • Statistiek • Precalculus

• Bouorganisasie • Bouwetenskap • Akademiese Geletterdheid • Geboudienste • Hoeveelhede • Omgewingsgeskiedenis • Strukture • Stastistiek • Boutekene • Bedryfs- en Organisasie

sielkunde

Tweede jaar

Eerste semester Tweede semester

• Bouwetenskap • Ekonomie • Finansiële Bestuur • Geboudienste • Hoeveelhede • Terreinopname • Gewapendebetonstrukture

• Bouwetenskap • Ekonomie • Finansiële Bestuur • Geboudienste • Hoeveelhede • Omgewingsgeskiedenis • Siviele Ingenieurswese-

dienste

Derde jaar

Eerste semester Tweede semester

• Besigheidsreg • Bourekenkundepraktyk • Bouwetenskap • Geboudienste • Hoeveelhede • Konstruksie-

inligtingtegnologie en kommunikasie

• Gemeenskapgebaseerde Projek

• Behuising • Bourekenkundepraktyk • Bouwetenskap • Inleiding tot Eiendomsreg • Geboudienste • Hoeveelhede • Gemeenskapgebaseerde

Projek • Eiendoms Finansiële

Wiskunde

BSc(Eiendomswese)

Wat behels die rigting?

Eiendomswese is die studie van vaste eiendom en verwante aspekte soos die ekonomie, ontwikkeling, bestuur, waardering, finansiering en bemarking daarvan en belegging daarin.

Beroepsmoontlikhede

Benewens ‘n toekoms in rigtings soos eiendoms- belegging, eiendomsfinansiering of fasiliteitsbestuur, kan verdere studie ter verkryging van ‘n honneursgraad in eiendomswese ook lei tot registrasie as professionele eiendomswaardeerder. Loopbaangeleenthede strek oor die totale spektrum van die eiendomsbedryf, hetsy as entrepeneurs in die privaat sektor of as werknemers in die privaat, staat- of semistaatsektor.

Hoe lank duur die graad?

Die BSc(Eiendomswese)-program duur drie jaar.

Keuringsproses

Slegs ‘n beperkte aantal kandidate word tot die kursus toegelaat en toelating is onderworpe aan keuring.

Agter die skerms

Eiendomswese het in ‘n gespesialiseerde veld ontwikkel wat spesiale kundigheid vereis. In die lig van die huidige sosio-politieke ontwikkelingsprioriteite in Suid-Afrika (privatisering van staatseiendom en -bestuursfunksies, hertoedeling van grond, ontwikkeling van laekostebehuising, ens), is die bydraes van professioneel-opgeleide eiendomspraktisyns nog belangriker. Aanbieding van die graad bied ook aansienlike potensiaal vir gemeenskapsdiens en navorsing.

Daar is tienduisende mense in Suid-Afrika wat in die verskillende komponente van die eiendomsbedryf werksaam is. Die eiendomsektor maak ‘n beduidende deel van die Suid-Afrikaanse ekonomie uit – sowat 40% tot 50% van die land (en die wêreld) se totale bates bestaan trouens uit vaste eiendom.

KontakbesonderhedeMnr Douw Boshoff (Programleier: Eiendomswese)Tel: +27 (0)12 420 3781Faks: +27 (0)12 420 3598E-pos: [email protected]

Eerste jaar

Eerste semester Tweede semester

• Boutekene • Bouwetenskap • Akademiese

Inligtingbestuur • Akademiese Geletterdheid • Geboudienste • Hoeveelhede • Terreinanalise en

Evaluering • Statistiek • Precalculus

• Bedryfs- en Organisasiesielkunde

• Bouorganisasie • Boutekene • Bouwetenskap • Akademiese Geletterdheid • Geboudienste • Hoeveelhede • Omgewingsgeskiedenis • Inleiding tot Navorsing • Statistiek

Tweede jaar

Eerste semester Tweede semester

• Bouwetenskap • Ekonomie • Finansiële Bestuur • Geboudienste • Kartografie • Hoeveelhede

• Bouwetenskap • Ekonomie • Finansiële Bestuur • Geboudienste • Hoeveelhede • Omgewingsgeskiedenis • Siviele Ingenieurswese-

dienste • Munisipale

Ontwikkelingsbeplanning

Derde jaar

Eerste semester Tweede semester

• Besigheidsreg • Bouwetenskap • Geboudienste • Institusionele en Wetlike

Raamwerke vir Beplanning • Konstruksie-inligtingteg-

nologie en kommunikasie • Gemeenskapgebaseerde

Projek • Teorie van Grondgebruik-

bestuur

• Behuising • Bouwetenskap • Inleiding tot Eiendomsreg • Geboudienste • Stedelike Grondontwikke-

lingsekonomie • Gemeenskapgebaseerde

Projek • Grondgebruikbestuurs-

praktyk • Eiendoms Finansiële

Wiskunde

Page 26: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

23 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie

Skool vir die Bou-omgewing

BSc(Konstruksiebestuur)

Wat behels die rigting?

Konstruksiebestuurders is sakemense wat as aannemers, projekbestuurders en/of eiendomsdeskundiges in die bou-omgewing werksaam is. Die dissipline is op tegniese, finansiële en bestuursaspekte toegespits en die konstruksiebestuurder voeg waarde toe tot byna enige bouverwante aktiwiteit. Gedurende die eerste drie jaar word enkele finansiële en bestuursaspekte gedek, maar die klem val primêr op tegniese aspekte.

Gedurende die tweejaar-honneursprogram wat op die BSc-graad volg, word die student verder in aspekte soos finansiële bestuur, projekbestuur en strategiese bestuur onderrig. Die kursusinhoud (soos hier beskryf) dui aan hoe uiteenlopend die vakgebied inderdaad is. Studente wat ingeskryf is vir suiwer BCom- of LLB-graad is dikwels verbaas oor die insig wat die konstruksiebestuurder in hul onderskeie vakgebiede toon.

Beroepsmoontlikhede

Konstruksiebestuurders sal bykans altyd, ongeag ekonomiese siklusse, plaaslik sowel as internasionaal werk kry. Die program word internasionaal deur die Royal Institution of Chartered Surveyors (RICS) en die Chartered Institute of Building (CIOB) geakkrediteer. Ingevolge wetgewing is dit nou ook moontlik om professionele status te verkry deur by die Suid-Afrikaanse Raad vir die Projek- en Konstruksiebestuursprofessies te registreer. Registrasie is moontlik in die kategorieë professionele konstruksiebestuurder en professionele konstruksie-projekbestuurder.

Na afloop van die driejaargraad kan die student byvoorbeeld as konstruksiebestuurder en subkontrakteur of hoofkontrakteur werk. Na voltooiing van die honneurs-program brei die geleenthede heelwat uit, met projekbestuur, eiendomsontwikkeling, portefeuljebestuur, kommersiële bemarking en bestuursposte in die korporatiewe omgewing as enkele moontlikhede. Konstruksiebestuurders is entrepreneurs en skep dikwels hul eie werk, selfs ook buite die bou-omgewing.

Hoe lank duur die graad?

Die BSc(Konstruksiebestuur)-program neem drie jaar om te voltooi en die honneursprogram ‘n verdere twee jaar. Gedurende die honneursprogram word daar van studente verwag om deeltyds by ‘n goedgekeurde konstruksieonderneming te werk sodat hulle hul teoretiese studies met gepaste praktiese ervaring kan aanvul.

Keuringsproses

Slegs ‘n beperkte aantal kandidate word toegelaat tot die kursus en toelating is onderworpe aan keuring.

Agter die skerms

Een van die faktore wat die graad uniek maak, is die feit dat alle dosente ook aktief in die praktyk betrokke bly. Dit verseker dat teorie deurentyd met praktiese ervaring gekombineer kan word. Verder dien personeel op verskeie professionele rade en hulle lewer ‘n wesenlike bydrae tot die ontwikkeling van die studierigting. Praktisyns en werkgewers slaan UP-studente hoog aan en daar is deurlopend noue skakeling tussen die Departement en die praktyk.

KontakbesonderhedeMnr Felix le Roux (Programleier: Konstruksiebestuur)Tel: +27 (0)12 420 3836Faks: +27 (0)12 420 3598E-pos: [email protected]

Eerste jaar

Eerste semester Tweede semester

• Boutekene • Bouwetenskap • Akademiese

Inligtingbestuur • Akademiese Geletterdheid • Geboudienste • Hoeveelhede • Inleiding tot Strukture • Statistiek • Precalulus

• Bedryfs- en Organisasie-sielkunde

• Bouorganisasie • Boutekene • Bouwetenskap • Akademiese

Geletterdheid • Geboudienste • Hoeveelhede • Omgewingsgeskiedenis • Strukture • Statistiek

Ek hou van die diversiteit van studierigtings wat deur die Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie aangebied word, en veral die groot verskeidenheid vakke wat vir die graadprogram in Bourekenkunde beskikbaar is. Ek is beïndruk deur die wyse waarop akademiese en administratiewe personeel met my kommunikeer en my op hoogte hou van interessante aktiwiteite en spesiale aanbiedings.

Ek is lid van die Golden Key International Honour Society en hierdie organisasie het uitstekende geleenthede aan my beskikbaar gestel om studiebeurse te verkry en my ook in my loopbaan ondersteun en van geleenthede voorsien om te netwerk. Boonop het ek toegang verkry tot hul databasis van publikasies en is geleenthede beskikbaar gestel om deel te neem aan gemeenskapsdiensprojekte en om my leierskapvaardighede te ontwikkel.

In 2011 is die volgende toekennings deur die Departement Konstruksie-ekonomie aan my gemaak: (a) die ASAQS-prys vir die beste eerstejaarstudent in BSc(Bourekenkunde), (b) die John Bell-prys vir die beste akademiese prestasie in enige studiejaar en (c) die RICS-prys vir ’n uitblinker in Bourekenkunde in enige jaar.

My droom is om vir ’n groot Bourekenkundefirma te werk, om aan ’n verskeidenheid projekte in alle wêrelddele deel te neem, om mense te ontmoet en om nuwe plekke te verken.

Bjorn Andersen

Page 27: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie 24

Skool vir die Bou-omgewing

Die kursusse in die Departement Stads- en Streekbeplanning het ’n sterk teoretiese grondslag maar volgens my is die praktiese komponent ook sterk. In die geheel beskou is die dissipline hoogs toepaslik en van ’n baie hoë gehalte. Studente het toegang tot die jongste inligting en internasionale tendense en word aangemoedig om krities te dink en hul eie mening te vorm.

Blootstelling aan mense in die bedryf was vir my waardevol en ’n uiters insigryke ondervinding. Ons verhandeling het die beste punt in 2010 ontvang en ek is tans besig om dit in ’n vaktydskrifartikel vir publikasie te omskep.

My droomwerk sal ’n kombinasie van die teoretiese en praktiese aspekte van stads- en streekbeplanning wees. Ek sal dit geniet om deel te wees van ’n span wat ’n projek uitvoer vanaf die navorsings- en beplanningsfase tot by die implementering daarvan. Die ideaal sou wees om fasette na te vors wat tot die ontwikkeling van suksesvolle dorpe en stede lei.

Tweede jaar

Eerste semester Tweede semester

• Arbeidsreg • Bouwetenskap • Ekonomie • Finansiële Bestuur • Geboudienste • Konstruksiehoeveelhede • Gewapendebetonstrukture • Terreinopname

• Bouwetenskap • Ekonomie • Finansiële Bestuur • Geboudienste • Konstruksiehoeveelhede • Omgewingsgeskiedenis • Siviele Ingenieurswese-

dienste

Derde jaar

Eerste semester Tweede semester

• Besigheidsreg • Bouwetenskap • Geboudienste • Konstruksiebestuur • Konstruksie-

inligtingtegnologie en Kommunikasie

• Konstruksiehoeveelhede • Gemeenskapgebaseerde

Projek

• Behuising • Bouwetenskap • Inleiding tot Eiendomsreg • Geboudienste • Konstruksiebestuur • Konstruksiehoeveelhede • Gemeenskapgebaseerde

Projek • Eiendoms Finansiële

Wiskunde

Departement Stads- en Streekbeplanning

BStads- en Streekbeplanning

Wat behels die rigting?

Stads- en streekbeplanning is ‘n instrument om verandering te bevorder en te bestuur deur die beplanning, ontwerp, implementering en bestuur van openbare intervensies in die ontwikkeling en gebruik van grond. Hierdie intervensies kan van die vlak van die terrein tot supranasionale vlak wissel en het ten doel om keuse te verbreed, gelykheid te bevorder en volhoubare menslike nedersettings te verseker en mense se lewenskwaliteit te verbeter. Die dryfveer agter die professie is die skep van lewensvatbare alternatiewe vir bestaande soorte nedersettings.

In die huidige tydsgewrig in Suid-Afrika se geskiedenis is stads- en streekbeplanning ‘n sleutelberoep in die regstelling van die ruimtelike en ander wanbalanse in beide stedelike en landelike gebiede, en ook wat die verbetering van ondoeltreffende en onderpresterende

leefomgewings betref. Die uitdaging vir beplanning is geleë in verskillende belange en toekomsverwagtinge wat dikwels teenstrydig en vol konflik is. ‘n Professionele benadering wat sensitiwiteit en analitiese en strategiese vaardighede kombineer, is dus nodig om die verskillende politieke, sosiale, omgewings- en ekonomiese vraagstukke wat op die spel is, te hanteer.

Die ideale stads- en streekbeplanner is ‘n kreatiewe persoon wat in staat is om met innoverende oplossings vir komplekse probleme vorendag te kom, ‘n bemiddelaar wat in staat is om uiteenlopende standpunte te versoen, ‘n strategiese denker en ‘n goeie bestuurder. In die lig van die enorme agterstand op die gebied van behuising en maatskaplike dienste, en die armoede waarin vele Suid-Afrikaners lewe, moet beplanners ook ‘n sterk ontwikkelde sin vir maatskaplike en omgewingsgeregtigheid hê en verbind wees tot die ontwikkeling van mense.

Beroepsmoontlikhede

Terwyl die meeste stads- en streekbeplanners as privaatkonsultante vir die openbare en privaat sektore optree, word hulle ook in diens geneem deur al drie domeine van die regering, navorsingsinstellings soos die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad en die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, nie-regeringsorganisasies, gemeenskapgebaseerde organisasies, groot finansiële instellings en eiendoms-ontwikkelingsgroepe. Die kwalifikasie sal die gegra- dueerde in staat stel om as ‘n professionele stads- en streekbeplanner by die Suid-Afrikaanse Raad vir Stads- en Streekbeplanners te registreer. Dit is ‘n amptelike liggaam wat ingevolge ‘n wet deur die Parlement ingestel is. Die graad word ook internasionaal erken.

Hoe lank duur die graad?

Die minimum studietydperk is vier jaar se voltydse studie.

Keuringsproses

Slegs ‘n beperkte aantal kandidate word tot die kursus toegelaat en toelating is onderworpe aan keuring. Verder word ‘n aantal modules uit verwante studievelde voorgeskryf ten einde die multidissiplinêre perspektief en kennisbasis te verseker wat nodig is om geskikte oplossings vir komplekse stedelike en landelike probleme te verskaf.

Danica Steyn

Page 28: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

25 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie

Skool vir die Bou-omgewing

Die Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie handhaaf ’n goeie balans tussen akademiese gebeure en sosiale aktiwiteite. Die Fakulteit skep ook veelvuldige geleenthede vir praktiese verrigtinge waartydens die teorie wat geleer is, toegepas kan word. Die Fakulteit streef voortdurend daarna om die jongste teorieë aan studente te leer. ’n Mens word voortdurend deur nuwe denke en teorieë uitgedaag. Ons is tans besig om ons verhandeling onder leiding van ons studieleier by UP in ’n vaktydskrifartikel te omskep.

Ons verhandeling het die beste punt in ons finale studiejaar ontvang. My droomwerk sal behels dat ek in enige Eerstewêreldland, wat goed in die stadsbeplanningsbedryf gevestig is, kan werk en sodoende waardevolle ondervinding opdoen wat in enige Derdewêreldland toegepas kan word.

Agter die skerms

Praktyk en teorie word in die onderskeie modules geïntegreer. Lesings, projekte en ateljeewerk is daarop toegespits om kritiese denke te stimuleer, studente by besprekings te betrek en teorie deur middel van probleemoplossingsoefeninge toe te pas. Onderrig is studentgerig en aandag word aan die vordering van individuele studente geskenk. Een van die kenmerke van hierdie Departement is ‘n begeerte om nuwe uitdagings die hoof te bied, en die Departement is verbind tot en betrokke by gemeenskapsontwikkeling in Suid-Afrika. Laasgenoemde vind hoofsaaklik deur navorsing en kontrakwerk vir ‘n reeks kliënte in al drie regeringsdomeine plaas.

Studieprogram

Die kursus in stads- en streekbeplanning rus die beplanner met die nodige kennis en vaardighede toe om ingrypings vir talryke probleme in nedersettings en streke aan te bied deur op die volgende temas te konsentreer: beplanningsteorie en -geskiedenis, grondgebruikbestuur en -ontwikkeling, beplanning en ontwerp van nedersettings, stedelike en landelike vernuwing, strategiese en geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning, en beplanningsmetodes en -tegnieke.

KontakbesonderhedeProf Mark Oranje (Departementshoof)Tel: +27 (0)12 420 3535Faks: +27 (0)12 420 3537E-pos: [email protected]: www.up.ac.za/townplanning

Eerste jaar

Eerste semester Tweede semester

• Akademiese Geletterdheid • Akademiese

Inligtingbestuur • Ekonomie • Statistiek • Sosiologie • Inleiding tot Beplanning • Terreinanalise en

Terreinevaluering • Beplanning en

Nedersettingsgeskiedenis voor die Industriële Revolusie

• Akademiese Geletterdheid • Ekonomie • Statistiek • Sosiologie • Beginsels van

Nedersettingsontwerp • Nedersettingsanalise en

-evaluering • Beplanning- en

Nedersettingsgeskiedenis sedert die Industriële Revolusie

Tweede jaar

Eerste semester Tweede semester

• Sosiologie of Ekonomie • Inleidending tot Ontwikkel-

ingsbeplanning • Nedersettingsontwerpkon-

septe • Plan en Beleidsanalise en

Evaluering • Teorie van Grondgebruik-

bestuur • Gemeenskapgebaseerde

Projek

• Dorpstigting en Behuis-ingsvoorsiening

• Grondgebruikbestuur-spraktyk

• Sosiologie of Ekonomie • Munisipale Ontwikkelings-

beplanning • Stedelike Grondontwikkel-

ingsekonomie • Gemeenskapgebaseerde

Projek

Derde jaar

Eerste semester Tweede semester

• Streekontwikkelings-beplanning

• Institusionele en Wetlike Raamwerke vir Beplanning

• Sosiologie • Ruimtelike Konsepte

• Beplanningsvooruitsigte • Etiek of Sosiologie• Landelike

Ontwikkelingsbeplanning • Vervoerbeplanning

en Munisipale Dienstevoorsiening

Vierde jaar

Eerste semester Tweede semester

• Beplanningsintervensies: Metropolitaanse Gebiede

• Beplanningsintervensies: Stedelike Gebiede

• Navorsingsmetodiek • Professionele Praktyk

• Praktiese Ontwikkelings-uitvoerbaarheid

• Navorsingsverslag • Beplanningsintervensies:

Buitestedelike en Lande-like Gebiede

• Beplanningsintervensies: Supranasionaal, Nasionaal en Streekskaal

Jacques Beukes

Page 29: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie 26

Skool vir Inligtingtegnologie

Skool vir Inligtingtegnologie

BInligtingtegnologie

Hierdie opwindende program is die eerste van sy soort in Suid-Afrika en integreer die verskillende IT-verwante dissiplines in ‘n vierjaarprogram. Baie mense het ‘n behoefte om professioneel vir ‘n beroep in die IT-bedryf voorberei te word, eerder as om ‘n kundige in ‘n spesifieke dissipline te wees. Die Skool het hierdie program dus ontwerp met die uitsluitlike doel om te verseker dat studente toegerus word met ‘n grondslag van alle aspekte wat deel behoort uit te maak van die agtergrond van ‘n professionele persoon in die IT-bedryf. Die vierdejaar sluit daarom ook ‘n sesmaande-leerlingskap in by deelnemende organisasies, waar studente as vakleerlinge in diens geneem word.

Weens die aard van die program word die kurrikulum streng voorgeskryf met relatief min opsies vir studente. Sodoende word verseker dat die BIT-studente ‘n samehorige spangees en ‘n gemeenskaplike ideaal en visie ontwikkel. Die kurrikulum vereis toegewyde studente wat hard kan werk. Na die suksesvolle voltooiing van die BIT, kan gegradueerdes met die deeltydse MIT-program of enige ander meestersgraad binne die Skool vir Inligtingtegnologie voortgaan om hul professionele opleiding af te rond.

Wat behels die rigting?

Die kursus berei die student voor om die gebruik van IT in organisasies te verstaan. Spesifieke vaardighede word ontwikkel om op sowel klein as groot skaal te programmeer, en om IT-oplossings vir organisasies op ‘n professionele manier te ontwerp en te implementeer. Studente leer omtrent die gebruik van inligting in organisasies en die optimale organisering en herwinning van inligting. Deeglike kommunikasievaardighede en algemene tegnieke vir probleemoplossing word deurgaans in die kursus ontwikkel. Hierdie vaardighede word verder deur taal- en kwantitatiewe wiskundige studies, asook die ontwikkeling van analitiese denkvermoëns deur ‘n kursus in die filosofie, ondersteun. Die leerlingskap in die finale jaar stel die student aan die werkomgewing bekend en verseker ‘n probleemvrye oorskakeling na ‘n professionele werkomgewing ná die verwerwing van die graad.

Beroepsmoontlikhede

Die doel met die graad is om ‘n goed afgeronde inligtingstegnoloog te lewer wat kennis en begrip van die volgende het: • teorie en praktyk van programmering en

sagtewareingenieurswese • teorie en praktyk van die aanvaarding en gebruik van

inligtingstelsels in sakeondernemings • aspekte van die inwinning, herwinning, organisering,

bestuur en gebruik van inligting • filosofie, taal en wiskunde

Hoe lank duur die graad?

Die BIT-graad neem minstens vier jaar om te voltooi.

KontakbesonderhedeDr M Matthee (Programkoördineerder)Tel: +27 (0)12 420 3365Faks: +27 (0)12 362 5287E-pos: [email protected] Webwerf: sit.up.ac.za

Rekenaarwetenskap Ander

• Programmering en Gevorderde Programmering

• Netwerke • Rekenaarargitektuur • Sagteware-

Ingenieurswese • Datastrukture en

Algoritmes • Bedryfstelsels

• Akademiese Geletterdheid • Akademiese

Inligtingbestuur • Lineêre Algebra • Calculus • Diskrete Strukture • Filosofie • Engels • Finansiële Rekeningkunde • Ondernemingsbestuur • Besigheidsreg • Gemeenskapgebaseerde

Projek

Informatika Inligtingkunde

• Programmering • Stelselontwikkeling • Databasisse

• Inligtingorganisasie en -herwinning

• Multimedia

Departement Informatika

BCom(Informatika)

Wat behels die rigting?

Informatika is ‘n vakgebied waarin die toepassing en gebruik van die rekenaar en inligtingstelsels binne ondernemings bestudeer word. Ons studente se krag lê daarin dat hulle ‘n breë agtergrond van die ekonomiese en bestuurswetenskappe het, sodat die besigheidswêreld nie vir hulle vreemd sal wees nie. Die gebruik van inligtingstegnologie deur ondernemings neem steeds toe, en nuwe, meer komplekse en uitdagende toepassings word daagliks ontgin. Dit het, naas die ooglopende feit dat die werksomgewing van die informatikaspesialis besonder interessant is, ook die voordeel dat daar heelwat werksgeleenthede vir ‘n goed-gekwalifiseerde informatikaspesialis is.

Die informatikaspesialis het die kennis om die inligtingbehoeftes van ondernemings (besighede, regeringsdepartemente, niewinsgewende organisasies en enige ander groep waarvoor inligting belangrik is) te ontleed. Hulle ontleed nie net die behoeftes nie, maar spreek ook die behoeftes aan deur inligtingstelsels te ontwerp en te implementeer. Inligtingstelsels verwys na rekenaargebaseerde stelsels (insluitend mobiele toepassings) wat data stoor en manipuleer sodat mense dit kan verstaan, gebruik, interpreteer en besluite kan neem, gebaseer op die inligting.

Die BCom(Informatika) wat deur die Universiteit van Pretoria aangebied word, is die enigste graad in Suid-Afrika wat internasionaal deur die Akkreditasieraad vir Ingenieurswese en Tegnologie in die VSA geakkrediteer is.

Page 30: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

27 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie

Skool vir Inligtingtegnologie

KontakbesonderhedeDepartement InformatikaTel: +27 (0)12 420 3798E-pos: [email protected]: informatics.up.ac.za

Eerste jaar

Eerste semester Tweede semester

Verpligte modules• Rekenaar- en

Inligtinggeletterdheid • Akademiese Geletterdheid • Informatika • Finansiële Rekeningkunde • Ekonomie • Statistiek • Kommunikasiebestuur • Engels • Ondernemingsbestuur • Diskrete Strukture

Keusemodules (Kies een*)• Bemarkingsbestuur

* Slegs as een van hierdie modules as keusemodule op tweede- en derdejaarsvlak gekies word

Tweede jaar

Eerste semester Tweede semester

Verpligte modules• Besigheidsetiek • Informatika • Besigheidsreg • Gemeenskapgebaseerde

Projek

Keusemodules (Kies een)• Ondernemingsbestuur • Finansiële Rekeningkunde • Belasting • Statistiek • Interne Ouditkunde • Kommunikasiebestuur • Bemarkingsbestuur • Publieke Administrasie

Derde jaar

Eerste semester Tweede semester

Verpligte module• Informatika

Keusemodules (Kies een)• Ondernemingsbestuur • Finansiële Rekeningkunde • Statistiek • Interne Ouditkunde • Kommunikasiebestuur • Bemarkingsbestuur • Publieke Administrasie • Belasting

Departement Rekenaar- wetenskap

BSc(Rekenaarwetenskap)

BSc(Rekenaarwetenskap) is die ideale kursus vir voornemende studente wat belangstel in die werking van rekenaars; wat dit geniet om dinge deeglik en stelselmatig te bou; wat logies kan dink en stap vir stap kan redeneer; wat daarvan hou om dinge te ontwerp wat ander persone kan gebruik; wat aan detail aandag te gee; wat goeie styl kan herken en wat kan volhard met ‘n taak totdat dit suksesvol afgehandel is.

‘n BSc(Rekenaarwetenskap)-graad van die Universiteit van Pretoria behels ‘n omvangryke studie van rekenaarwetenskap. Die kursus rus studente toe met probleemoplossingsvaardighede en vestig ‘n basis vir voortgesette studie in ‘n IT-loopbaan en die lewering van programmatuur van ‘n hoë gehalte.

Wat behels die rigting?

‘n BSc(Rekenaarwetenskap)-graad kan in ‘n minimum tydperk van drie jaar voltooi word. Die kurrikulum voldoen aan die hoogste internasionale standaarde en bied ‘n grondslag in al die belangrike velde in rekenaarwetenskap. Studente sal ‘n groot verskeidenheid rekenaarwetenskapkursusse bestudeer, waarin die klem val op die mees moderne maniere vir die ontwikkeling van programmatuur wat in die IT-bedryf gebruik word. Daarbenewens sluit hierdie graad ‘n hele aantal kursusse in wiskunde en fisiese wetenskappe in. Hierdie kursusse versterk die soort denke wat ingespan word wanneer ‘n mens rekenaarprogramme ontwikkel, en verbeter probleemoplossingsvaardighede. Dit bied ook ‘n basis vir navorsing in rekenaarwetenskap, wat dikwels op ‘n bepaalde vlak van wiskundige vaardigheid en rypheid staatmaak.

Waarvan ek die meeste hou in die Fakulteit is die vriendelike en hulpvaardige administrasie en die wye verskeidenheid kursusse wat aangebied word, wat dit moontlik maak om ’n goed afgeronde graad te behaal met ’n besigheidsagtergrond en die nodige spesialisering op ’n bepaalde terrein.

Die geleenthede wat my studies in dié Fakulteit my gebied het, sluit in die geleentheid om in die Departement Informatika te werk as assistentlektor. Dan het ek die geleentheid gehad om deel te neem aan die IT-loopbaandag waar verskillende firmas aan studente bekend gestel is en studente met hulle kon kontak maak met die oog op toekomstige loopbaangeleenthede.

Ek het die toekenning vir die beste student in Informatika in beide die eerste en tweede studiejaar ontvang, die Real IRM-prys vir die beste databasisprojek in my tweede jaar en die GijimaAst-prys vir die beste derdejaarstudent in Informatika.

My droom is om eendag aangestel te word as Hoofinligtingsbeampte by ’n bekende IT-maatskappy.

Judy Allen

Page 31: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie 28

Skool vir Inligtingtegnologie

Richard Balson

Beroepsmoontlikhede

‘n BSc(Rekenaarwetenskap)-graad sal studente in staat stel om programmatuur in verskeie kontekste te ontwikkel. Studente sal gevolglik in staat wees om in vele omgewings in ‘n verskeidenheid IT-organisasies werk te kry. Studente kan op ‘n tegniese vlak aktief bly, indien dit hul belangstelling is. Ander begin gou om hulself op te werk na bestuursrolle in die IT-bedryf. Indien studente oor entrepreneursvaardighede beskik, kan hulle hul eie konsultasiemaatskappye begin soos wat verskeie gegradueerdes van hierdie Departement reeds gedoen het. Alle loopbaanopsies in hierdie studierigting bied volop werksgeleenthede en hoogs mededingende salarisse.

KontakbesonderhedeProf Andries Engelbrecht (Departementshoof)Tel: +27 (0)12 420 2361Faks: +27 (0)12 362 5188E-pos: [email protected]: www.cs.up.ac.za

Me L Marshall (Voorgraadse Adviseur)E-pos: [email protected]

Eerste jaar

• Akademiese Inligting-bestuur

• Akademiese Geletterdheid

Rekenaarwetenskap• Programontwerp en

Programontwikkeling • Rekenaars en Algoritmes • Programmatuurmodel-

lering • Rekenaarargitektuur

Wiskunde• Calculus • Diskrete Strukture • Algebra • Wiskundige Modellering

Gespesifiseerde kursusse uit:• Inligtingkunde • Wiskundige Wetenskappe • Statistiek • Fisiese en Biologiese Wetenskappe • Geesteswetenskappe of Ekonomiese en

Bestuurswetenskappe

Tweede jaar

Rekenaarwetenskap• Datastrukture en Algorit-

mes • Netsentriese Rekenaarstel-

sels • Bedryfstelsels • Gelyktydige Stelsels • Gemeenskapgebaseerde

Projek

Wiskunde• Diskrete Strukture • Informatika en Inligting-

kunde • Gemeenskapgebaseerde

Projek

Gespesifiseerde kursusse uit:• Inligtingkunde • Wiskundige Wetenskappe • Chemie • Fisika • Wiskundige Statistiek

Derde jaar

Rekenaarwetenskap• Programmatuuringenieurswese • Rekenaarsekuriteit en Etiek • Rekenaarnetwerke • Programmeertale

Gespesifiseerde kursusse uit:• Rekenaarwetenskap • Inligtingkunde • Wiskunde • Wiskundige Statistiek • Fisika • Chemie

BSc(IT) Inligting- en Kennisstelsels

BSc(IT) Inligting- en Kennisstelsels is die ideale graad vir studente wat belangstel in rekenaarwetenskap, sowel as in een van die volgende studierigtings: Toegepaste Wiskunde, Bio-informatika, Geografiese Inligtingstelsels, Besigheidsbestuur, Regsgeleerdheid, IT en Musiek, Filosofie, Operasionele Navorsing, Sielkunde, en Programmatuurontwikkeling. Kandidate wat nie aan die toelatingsvereistes voldoen nie, word aangeraai om, mits hulle aan die toelatingsvereistes daarvoor voldoen, vir die BSc(IT) (Vierjaarprogram) te registreer.

Die deeglike teoretiese en praktiese opleiding wat ek by die Universiteit van Pretoria ontvang het, stel my in staat om sowel op die akademiese gebied as in ’n nywerheidsomgewing te werk. Die spanwerkondervinding wat ek daar opgedoen het, het my kommunikasie- en onderhandelingsvaardighede aansienlik verbeter.

Danksy ’n Australiese toekenning vir nagraadse studie is ek tans besig met ’n graad in Neurale Ingenieurswese aan die Universiteit van Melbourne. Die Australiese Instituut vir Bionika het ook ’n beurs aan my toegeken en ek is die houer van die John en Margo Irwin-beurs.

Deur die inskerping van vaardighede soos onafhanklike denke, doeltreffende tydsbestuur en etiese integriteit het die Universiteit van Pretoria my deeglik voorberei op die mededingendheid van die internasionale akademiese gemeenskap. UP was ’n wonderlike plek om by te studeer en vriende te maak en het aan my baie geleenthede gebied om waardevolle verbintenisse met lede van my portuurgroep te sluit.

My droom is om mense se lewens te verbeter, dus wil ek graag op die gebied van mediese bionika werk en my toespits op navorsing ter bevordering van die behandeling van neurologiese en bewegingsprobleme.

Page 32: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

29 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie

Skool vir Inligtingtegnologie

Wat behels die rigting?

Die BSc(IT) Inligting- en Kennisstelsels-graad kan binne ‘n minimum tydperk van drie jaar afgehandel word. Hierdie graad fokus daarop om ‘n student vir ‘n loopbaan in die IT-bedryf voor te berei. Deurdat dit vir studente moontlik is om ‘n tweede hoofvak buiten rekenaarwetenskap te neem, verkry hulle breër agtergrondkennis. Rekenaarwetenskap het ‘n multidissiplinêre toepassingsgebied en die doel van die graad word weerspieël in die samestelling van die kurrikulum deur rekenaarwetenskap met ander studierigtings te kombineer.

Beroepsmoontlikhede

‘n BSc(IT) Inligting- en Kennisstelselsgraad is in aanvraag in die bedryf. Die fokus van die graad is op bedryfsverwante tendense en die kombinasie van rekenaarwetenskap met ander studierigtings lewer studente wat beter voldoen aan die behoeftes van die bedryf. Die toepassingsomgewings waaruit studente kan kies, bring mee dat hulle toegang tot ‘n groter verskeidenheid werksgeleenthede het.

Moontlike loopbane sluit die volgende in: • Toegepaste Wiskunde: berekenings, finansiële

modellering, finansiële data-ontginning en -analise, finansiële programmering, en numeriese en risiko-analise

• Bio-informatika: bioprogrammering, biotegnologie, en administrasie van biologiese data

• Geografiese Inligtingstelsels (GIS): GIS konsul- tasie; omgewingsanalise vir nasionale, provinsiale en munisipale regerings en stads- en streekbeplan- ningtoepassings

• IT en Besigheidsbestuur: IT-besigheidsanalise en -konsultasie, en IT-entrepreneurskonsultasie

• IT en die Reg: kundige getuies in IT-verwante hofsake, konsultasie betreffende IT-verwante wette, rekenaar- en sekuriteitkonsultasie, en forensiese ondersoeke

• IT en Musiek: elektroniese musiekanalise, program- mering van musiektoerusting en -aandrywers, digitale storievertelling, en die advertensiewese

• Operasionele Navorsing: wiskundige modellering en optimering, en numeriese en empiriese analise

• Fillosofie: rekenaaretiek, professionele verant- woordelikheid, en die potensiaal vir navorsing in die rekenaarwetenskappe

• Sielkunde: forensiese sielkunde, profielontleding, kundige getuienis in hofsake, en gedragsontleding

• Programmatuurontwikkeling: databasisontwerp en -ontwikkeling, mens-rekenaar-koppelvlakontwerp, en programmering in verskeie omgewings

KontakbesonderhedeProf Andries Engelbrecht (Departementshoof)Tel: +27 (0)12 420 2361Faks: +27 (0)12 362 5188E-pos: [email protected]: www.cs.up.ac.za

Me L Marshall (Voorgraadse Adviseur)E-pos: [email protected]

Eerste jaar• Akademiese Inligting-

bestuur • Akademiese Geletterdheid

Rekenaarwetenskap• Programontwerp en Pro-

gramontwikkeling • Rekenaars en Algoritmes • Programmatuurmodellering • Rekenaarargitektuur

Wiskunde• Calculus • Diskrete Strukture

Tweede jaarRekenaarwetenskap• Datastrukture en

Algoritmes • Netsentriese

Rekenaarstelsels • Bedryfstelsels • Gelyktydige Stelsels • Gemeenskapgebaseerde

Projek

Wiskunde• Diskrete Strukture • Informatika en

Inligtingkunde • Gemeenskapgebaseerde

Projek

Derde jaarRekenaarwetenskap• Programmatuur-

ingenieurswese • Rekenaarsekuriteit en Etiek • Rekenaarnetwerke • Programmeertale

Inligtingkunde• Mens-rekenaarinteraksie

Addisionele modules soos benodig vir die opsies in verskillende toepassingsomgewings op eerste-, tweede- en derdejaarsvlak, uit die volgende velde:• Toegepaste Wiskunde • Bio-informatika • Geografiese Inligtingstelsels • IT en Besigheidsbestuur • IT en die Reg • IT en Musiek • Operasionele Navorsing • Filosofie • Sielkunde • Programmatuurontwikkeling

BSc(IT)Inligting- en Kennisstelsels (Vierjaarprogram)

Hierdie graad is ideaal vir studente wat belangstel in BSc(IT)Inligting- en Kennisstelsels of BSc(Rekenaar- wetenskap), maar nie aan die nodige voorvereistes voldoen nie.

Wat behels die rigting?

Die BSc(IT)Inligting- en Kennisstelsels (Vierjaarprogram) kan binne ‘n minimum tydperk van vier jaar afgehandel word. Die program bestaan uit heelwat van die fundamen-tele inhoud van die grade BSc(Rekenaarwetenskap) en BSc(IT)Inligting- en Kennisstelsels.

Die eerste jaar van die graad word van 2012 op die Mamelodi-kampus aangebied.

KontakbesonderhedeProf Andries Engelbrecht (Departementshoof)Tel: +27 (0)12 420 2361Faks: +27 (0)12 362 5188E-pos: [email protected]: www.cs.up.ac.za

Me S Naidoo (Vierjaarprogram Adviseur) E-pos: [email protected]

Page 33: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie 30

Skool vir Inligtingtegnologie

Eerste jaar

• Akademiese Inligtingbestuur

• Taal- en studievaardighede • Inligtingtegnologie-

oriëntering

• Wiskunde • Inleiding tot

Programmering • Fisiese en Biologiese

Wetenskappe of Wiskundige Statistiek

Tweede jaar

• Inleiding tot Rekenaarberekening

• Programontwerp • Rekenaarargitektuur • Programmatuurmodellering

• Wiskunde • Diskrete Strukture • Fisiese en Biologiese

Wetenskappe of Wiskundige Statistiek

• Modules wat in die eerstejaar van die BSc(Rekenaarwetenskap) of BSc(IT) benodig word

Derde en vierde jaar

Modules wat in die tweede en derde jaar van die BSc(Rekenaarwetenskap) of BSc(IT) benodig word.

Departement Inligtingkunde

BIS(Multimedia)

BIS(Multimedia) is die ideale graad vir studente wat daarvan hou om met rekenaars te werk, van programmering hou, belangstel daarin om rekenaarspeletjies te skep, webruimtes vir die korporatiewe omgewing wil ontwikkel en wil leer hoe om bewegende grafika en animasie te doen.

Wat behels die rigting?

Inligting kan deur verskeie media oorgedra word, soos gedrukte teks, teks met prente, foto’s, video, klank en animasie. Die inligting kan op verskillende maniere oorgedra word: van netwerk-gebaseerde tegnologie (soos die web en sy baie toepassings wat van persoonlike rekenaars tot selfone en persoonlike assistente strek), tot inligtingkiosks wat op CD-ROM of DVD-tegnologie berus. Inligting kan dus in baie verskillende media (oftewel “multimedia”) oorgedra word. Die oogmerk met die multimediagraad is om studente van die teoretiese en tegniese kundigheid te voorsien om inligtingprodukte saam te stel wat die veelvuldige media en leweringstelsels benut.

Beroepsmoontlikhede

Gegradueerdes kan as programmeerders vir program- meringsmaatskappye werk, of vaardighede verwerf in hulle spesifieke belangstellingsvelde soos digitale musiek of video, programmering, grafiese ontwikkeling, die ontwikkeling van speletjies, of webontwikkeling. Hulle kan in nywerhede werk soos telekommunikasie, die uitsaaiwese, die publikasiebedryf of internet- inhouddiensverskaffers. Hulle kan dus by enige instansie wat inligting by wyse van multimedia oordra, gaan werk.

‘n Kandidaat wat nie aan die toelatingsvereistes vir die BIS(Multimedia)-graad voldoen nie, word aangeraai om aansoek te doen om toelating tot die BIS Multimedia (Vierjaarprogram). Die BIS(Multimedia)-graad neem ’n minimum van drie jaar om te voltooi.

KontakbesonderhedeProf Theo Bothma (Departementshoof)Tel: +27 (0)12 420 2961Faks: +27 (0)12 362 5181E-pos: [email protected]: http://is.up.ac.za

Die Departement Inligtingkunde het my van wetenskaplik gegronde voorgraadse onderrig voorsien wat allerweë in die bedryf gerespekteer word, onderrig wat Rekenaarwetenskap, Multimedia en Visuele Ontwerp omsluit. Ek is nou in die Departement Inligtingkunde werksaam wat my die geleentheid bied om onderrig te gee, iets waarvoor ek baie lief is, en om navorsing te doen terwyl ek verder studeer (BIS Multimedia Honneurs). Ek geniet Multimedia aangesien dit my die geleentheid gee om beide skeppend en analities te dink en om dié vaardighede met die aanwending van tegnologie te integreer.

My interpersoonlike en onderrigvaardighede is verryk deur my ervaring as tutor en assistentlektor. Ek het in 2008, 2009 en 2010 die Topstudenttoekenning ontvang en is ook lid van die Golden Key Honours Society.

Ek wil graag ’n loopbaan volg as dosent aan die Universiteit van Pretoria. My navorsingsfokus sal gerig wees op interaktiewe media, digitale en nuwemediakunste, animasie, film en oorredingspeletjies (persuasive games).

Tina van Heerden

Page 34: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

31 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie

Skool vir Inligtingtegnologie

Eerste jaar

Eerste semester Tweede semester

Fundamentele modules• Akademiese

Inligtingbestuur • Akademiese Geletterdheid

KernmodulesInligtingkunde• Inleiding tot Inligtingkunde

Multimedia• Opmerktale

Rekenaarwetenskap• Imperatiewe

Programmering • Inleiding tot

Rekenaarwetenskap

Ander verpligte module• Visuele Ontwerp

Fundamentele module• Akademiese Geletterdheid

KernmodulesInligtingkunde• Organisasie en

voorstelling van inligting • Inligting- en

kommunikasietegnologie

Multimedia• Multimedia vir die Web

Rekenaarwetenskap• Inleiding tot Programont-

werp • Programmatuurmodel-

lering

Ander verpligte modules• Visuele Ontwerp • Rekenaarargitektuur

Tweede jaar

Eerste semester Tweede semester

Fundamentele module• Gemeenskapgebaseerde

Projek

KernmodulesMultimedia• Gevorderde Opmerktale I • Multimedia en

Hipermediateorie

Uitgewerswese• Redigering

Rekenaarwetenskap• Datastrukture en

Algoritmes • Netsentriese

Rekenaarstelsels

Ander verpligte module• Visuele Ontwerp

Fundamentele module• Gemeenskapgebaseerde

Projek

KernmodulesMultimedia• Gevorderde Opmerktale II

Rekenaarwetenskap• Bedryfstelsels • Gelyktydige Stelsels

Ander verpligte module• Visuele Ontwerp

Derde jaar

Eerste semester Tweede semester

KernmodulesMultimedia• Multimediaprojek • Mens-rekenaarinteraksie

Rekenaarwetenskap*Kies ten minste twee van die volgende semestermodules:• Programmatuuringenieurs-

wese • Kunsmatige Intelligensie • Rekenaarnetwerke • Programmeertale • Vertalerkonstruksie • Rekenaarsekuriteit en

Etiek • Rekenaargrafika • Databasisstelsels

KernmodulesMultimedia• Multimediaprojek • Tendense

* Die semester waarin die modules aangebied word, mag van jaar tot jaar verskil.

BIS(Multimedia) (Vierjaarprogram)

Studente wat nie aan die toelatingsvereistes van die BIS(Multimedia)-graad voldoen nie, kan tot die Vierjaarprogram toegelaat word.

Die eerste jaar van die graad word van 2012 op die Mamelodi-kampus aangebied.

KontakbesonderhedeProf Theo Bothma (Departementshoof)Tel: +27 (0)12 420 2961Faks: +27 (0)12 362 5181 E-pos: [email protected] Webwerf: http://is.up.ac.za

Me S Naidoo (Vierjaarprogram Adviseur) E-pos: [email protected]

Eerste jaar

Eerste semester Tweede semester

Fundamentele modules• Akademiese

Inligtingbestuur 1 • Taal-, lewens- en

studievaardigheid 1

KermodulesInligtingkunde• Inleiding tot

Inligtingkunde 1

Rekenaaarwetenskap• Inleiding tot

Programmering 1

Inligtingtegnologie• Inligtingtegnologie-

oriëntasie

Wiskunde• Precalculus

Fundamentele modules• Akademiese

Inligtingbestuur 2 • Taal-, lewens- en

studievaardigheid 2

KernmodulesInligtingkunde• Inleiding tot

Inligtingkunde 2

Rekenaarwetenskap• Inleiding tot

Programmering 2

Inligtingtegnologie • Inligtingtegnologie-

oriëntasie - voortsetting

Wiskunde • Calculus

Tweede jaar

Eerste semester Tweede semester

Kernmodules

Multimedia• Opmerktale

Rekenaarwetenskap• Inleiding tot

Programmering 3

Inligtingtegnologie• Inleiding tot Rekenaar-

wetenskap

Wiskunde• Calculus - voortsetting

Ander verpligte module• Visuele Ontwerp

KernmodulesInligtingkunde• Organisasie en voorstel-

ling van inligting • Inligting- en kommunikasie-

tegnologie

Multimedia• Multimedia vir die Web

Rekenaarwetenskap• Programontwerp: Inleiding • Programmatuurmodel-

lering

Ander verpligte modules• Visuele Ontwerp • Rekenaarargitektuur

Page 35: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie 32

Skool vir Inligtingtegnologie

Derde jaar

Eerste semester Tweede semester

Fundamentele module• Gemeenskapgebaseerde

Projek

KernmodulesMultimedia • Gevorderde Opmerktale I • Multimedia en

Hipermediateorie

Uitgewerswese • Redigering

Rekenaarwetenskap • Datastrukture en

Algoritmes • Netsentriese

Rekenaarstelsels

Ander verpligte module• Visuele Ontwerp

Fundamentele module• Gemeenskapgebaseerde

Projek

KernmodulesMultimedia • Gevorderde Opmerktale II

Rekenaarwetenskap • Bedryfstelsels • Gelyktydige Stelsels

Ander verpligte module• Visuele Ontwerp

Vierde jaar

Eerste semester Tweede semester

KernmodulesMultimedia• Multimediaprojek • Mens-rekenaarinteraksie

KeusemodulesRekenaarwetenskap* Kies ten minste twee van die volgende semestermodules:• Programmatuuringenieurs-

wese • Kunsmatige Intelligensie • Rekenaarnetwerke • Programmeertale • Rekenaarsekuriteit en

Etiek • Databasisstelsels• Rekenaargrafika• Vertalerkonstruksie

KernmodulesMultimedia • Multimediaprojek • Tendense

* Die semester waarin die modules aangebied word, mag van jaar tot jaar verskil.

BIS(Inligtingkunde)

BIS(Inligtingkunde) is die ideale graad vir studente wat deel wil uitmaak van die internasionale inligtingsamelewing, inligting wil koop en verkoop, inligtingstelsels wil ontwerp en inligtingprodukte en -dienste wil bestuur – ook in die kuberruimte.

Wat behels die rigting?

In ons huidige samelewing is daar ‘n voortdurende toename in die hoeveelheid beskikbare inligting met die gevolglike toename in inligtingbehoeftes.

Hierdie inligtinggroei is van so ’n aard dat dit vir opgeleide inligtingtussengangers noodsaaklik is om as fasiliteerders tussen gebruikers en hul inligtingbehoeftes, en die realiteit van inligtingoorvloed, op te tree. Hierdie studiepakket fokus op die gebruik van inligtingtegnologie en die verwerking van inligtingprodukte, en is ontwerp om studente in die bestuur, herwinning en organisering van inligting op te lei. Hulle leer ook vaardighede in waardetoevoeging tot inligting aan, asook in die verpakking en verspreiding van inligting.

Studente word ook die geleentheid gebied om kennis en vaardighede in die bestuur van een van die belangrikste hulpbronne van ondernemings, naamlik inligting en kennis te ontwikkel.

Beroepsmoontlikhede

• Inligtingbestuurder (bestuur inligting- en kennis- bronne)

• Inligtingspesialis (organiseer en herwin inligting, en voeg waarde daaraan toe)

• Inligtingkonsultant (konsulteer oor inligtingprodukte, -dienste en -stelsels)

• Inligtingmakelaar (tree as infopreneur op, en koop en verkoop inligtingprodukte en -dienste)

• Stelselspesialis (ontwikkel en ontleed inligtingstelsels)

Hoe lank duur die graad?

Die BIS(Inligtingkunde)-graad kan in ’n minimum tydperk van drie jaar behaal word.

KontakbesonderhedeProf Theo Bothma (Departementshoof)Tel: +27 (0)12 420 2961Faks: +27 (0)12 362 5181E-pos: [email protected]: http://is.up.ac.za

Dit was vir my ’n wonderlike ervaring om te kon baat by onderrig deur hoogs geskoolde en kundige dosente wat almal deskundiges op hul onderskeie terreine is en hulle steeds met innoverende navorsing besig hou. Ek het my akademiese studies as ’n groot uitdaging ervaar, maar ek vind dit nogtans uiters interessant en bevredigend. Ek is ook baie beïndruk met die wyse waarop die kursus aangebied word; nie alleen is dit onmiddellik relevant nie, dit ontwikkel ook by studente die kundigheid en kennis wat dit in die toekoms vir hulle moontlik sal maak om steeds te leer en groei as vakkundiges.

Dit was ’n aangename verrassing om in 2010 die Microsoft-prys as top eerstejaarstudent in Rekenaarwetenskap te ontvang en om ook ’n prestasiebeurs van die Universiteit van Pretoria te ontvang.

My einddoel is om vir Google te werk.

Ruben Bakker

Page 36: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

33 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie

Skool vir Inligtingtegnologie

Eerste jaarEerste semester Tweede semesterFundamentele modules• Akademiese

Inligtingbestuur • Akademiese Geletterdheid

KernmodulesInligtingkunde• Inleiding tot Inligtingkunde • Persoonlike Inligtingbestuur

Ondernemingsbestuur

Keusemodules• Groep A: *Informatika of • Groep B: Enige vak(ke) op

eerstejaarsvlak

Fundamentele modules • Akademiese Geletterdheid

KernmodulesInligtingkunde• Organisasie en Voorstelling

van Inligting • Inligting- en

Kommunikasietegnologie

Ondernemingsbestuur

Keusemodules• Groep A: *Informatika of • Groep B: Enige vak(ke) op

eerstejaarsvlak

Tweede jaarEerste semester Tweede semesterFundamentele module• Gemeenskapgebaseerde

Projek

KernmodulesInligtingkunde• Inligtingsoek en

-herwinning • Sosiale en Etiese Impak

Ondernemingsbestuur of Kommunikasiebestuur

Keusemodules• Groep A: *Informatika of • Groep B: Inligtingkunde

Fundamentele module• Gemeenskapgebaseerde

Projek

KernmodulesInligtingkunde• Voorstelling en Organisasie

Ondernemingsbestuur of Kommunikasiebestuur

Keusemodules• Groep A: *Informatika of • Groep B: Inligtingkunde

Derde jaarEerste semester Tweede semesterKernmodulesInligtingkunde• Inligtingorganisasie • Eksperimentele Leerprojek

Keusemodules• Groep A: *Informatika en

Ondernemingsbestuur of Kommunikasiebestuur of

• Groep B: Inligtingkunde of • Groep C: *Informatika en

Inligtingkunde

KernmodulesInligtingkunde• Inligting- en Kennisbestuur • Eksperimentele Leerprojek

Keusemodules• Groep A: *Informatika en

Ondernemingsbestuur of Kommunikasiebestuur of

• Groep B: Inligtingkunde of • Groep C: *Informatika en

Inligtingkunde

* Indien Informatika as eerstejaarsvak gekies word, moes kandidate Wiskunde op ten minste Vlak 5 (60-69%) geslaag het.

BIS(Uitgewerswese)

Hierdie kursus fokus op die teorie en praktyk van die publikasie van boeke en korporatiewe publikasies.

Wat behels die rigting?

Die kursus het ten doel om studente: • met kennis van die publiseringsproses, sleutel-

rolspelers, en tendense en inisiatiewe in die plaaslike en internasionale uitgewersbedryf toe te rus;

• met die vaardighede toe te rus wat nodig is om bepaalde take in die publikasieproses uit te voer;

• in staat te stel om verantwoordelike inligting- tussengangers te word en om waarde toe te voeg tot die produksie en verspreiding van boeke en korporatiewe publikasies; en

• van die sosiale, etiese en wetlike verantwoordelikhede wat by die publikasieproses betrokke is, bewus te maak.

Beroepsmoontlikhede

‘n Verskeidenheid beroepsgeleenthede is beskikbaar in die boekuitgewers- en boekverkoopsbedryf en in die korporatiewe publikasie-omgewing. Dit is ‘n gemotiveerde en hoogs mededingende werksomgewing waartoe gemotiveerde en doelgerigte kandidate op intreevlak kan toetree. Praktykervaring is nodig vir verdere loopbaanontwikkeling.

Beroepsgeleenthede op intreevlak sluit die volgende in: • ondersteunende diens aan ‘n spesifieke rolspeler

in die publikasiewaardeketting (byvoorbeeld die besturende hoof van ‘n uitgewery, werwingsredakteur, redaksie-, produksie- of bemarkingsbestuurder)

• mark- of illustrasienavorsing • kopieregonderhandeling • redigering en proeflees • bemarking en promosie • verspreiding en aflewering

Hierdie beroepsgeleenthede is by die volgende plekke beskikbaar: • groothandelboekverspreiders, boekwinkels en die

e-handel • plaaslike en internasionale uitgewers • nasionale en plaaslike staatsdepartemente • die korporatiewe en besigheidsomgewings • gemeenskapgebaseerde publikasie-inisiatiewe • vryskutredigering en proefleeswerk • selfpublisering en konsultasie

Hoe lank duur die graad?

Die BIS(Uitgewerswese)-graad kan in ‘n minimum van drie jaar behaal word.

KontakbesonderhedeProf Theo Bothma (Departementshoof)Tel: +27 (0)12 420 2961Faks: +27 (0)12 362 5181E-pos: [email protected]: is.up.ac.za

Page 37: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie 34

Skool vir Inligtingtegnologie/Algemene inligting

Eerste jaar

Eerste semester Tweede semester

Fundamentele modules• Akademiese

Inligtingbestuur • Akademiese Geletterdheid • Visuele Kultuurstudies

KernmodulesInligtingkunde• Inleiding tot Inligtingkunde • Persoonlike

Inligtingbestuur

Bemarking

Keusemodules• Kies ‘n moderne taal van

jou keuse in oorleg met die pakketorganiseerder

Fundamentele modules• Akademiese Geletterdheid • Englishforspecificpurposes

KernmodulesInligtingkunde• Inligting- en

Kommunikasietegnologie

Uitgewerswese• Die Boekuitgee-omgewing • Visuele Kultuurstudies

Bemarking

Keusemodules• Kies ‘n moderne taal van

jou keuse in oorleg met die pakketorganiseerder

Tweede jaar

Eerste semester Tweede semester

Fundamentele module• Gemeenskapgebaseerde

Projek

KernmodulesInligtingkunde• Sosiale en Etiese Impak

Uitgewerswese• Redigering

Letter, beeld en toepassings

Keusemodules• Gaan voort met dieselfde

taal van jou keuse en kies modules in oorleg met die pakketorganiseerder

Fundamentele module• Gemeenskapgebaseerde

Projek

Kernmodules

Uitgewerswese• Die Visuele en

Produksiedimensies van die Uitgeewese

Teksontwerp

Keusemodules• Gaan voort met dieselfde

taal van jou keuse en kies modules in oorleg met die pakketorganiseerder

Derde jaar

Eerste semester Tweede semester

KernmodulesUitgewerswese• Uitgee in die Digitale

Omgewing • Werwing

KernmodulesUitgewerswese• Bestuur in die Uitgee-

omgewing • Uitgee in die Tydskrif- en

Korporatiewe Omgewing

KeusemoduleGaan voort met dieselfde taal van jou keuse en kies een semester module in oorleg met die pakketorganiseerder. Dit kan ‘n eerste- of tweede-semestermodule wees.

Alle algemene navrae kan gerig word aan die Kliëntedienssentrum

Tel: +27 (0)12 420 3111E-pos: [email protected]: www.up.ac.zaOuerblad: www.up.ac.za/parentsPosadres: Universiteit van Pretoria,

Privaatsak X20, Hatfield 0028Straatadres: Universiteit van Pretoria, h/v

Lynnwood- en Universiteitsweg, Hatfield 0083

GPS-koördinate na UP-kampusse

Hatfieldkampus: S25º 45’ 21”E28º 13’ 51” (hoofkampus)

UP Sportkampus (LC De Villiers): S25º 45’ 10”E28º 14’ 46”

(1.2 km van Hatfieldkampus)

Groenkloofkampus: S25º 46’ 10”E28º 12’ 34” (3.5 km van Hatfieldkampus)

Onderstepoort-kampus: S28º 10’ 54”E25º 38’ 52”

(22 km van Hatfieldkampus)

Mamelodikampus: S25º 43’ 22”E28º 23’ 56” (12 km van Hatfieldkampus)

Prinshofkampus: S25º 43’ 57”E28º 12’ 10” (6 km van Hatfieldkampus)

GIBS-kampus: S26º 07’ 46”E28º 02’ 46” (56 km van Hatfieldkampus)

Universiteit van Pretoria bankbesonderhede

ABSATak: HatfieldTakkode: 632005Rekeningnommer: 214 000 0054Swift kode: ABSAZAJJ

Standard BankTak: HatfieldTakkode: 011545Rekeningnommer: 012 602 604Swift kode: SBZAZAJJ

Verwelkomingsdag en die Amptelike program vir registrasie en aanvang van die akademiese jaar (28 Januarie – 7 Februarie 2012)

Bywoning van die Amptelike program vir registrasie en aanvang van die akademiese jaar is verpligtend vir alle nuweling eerstejaarstudente. Die program is saamgestel om jou akademies gereed te maak sodat jy die oorgang van hoërskool na universiteit suksesvol kan doen.

Institusionele Vaardigheidstoets (IVT)

Die Universiteit van Pretoria verwag van voornemende student om ʼn Institusionele Vaardigheidstoets (oftewel die Nasionale Normtoets) af te lê. Besonderhede van hierdie toets sal skriftelik aan jou gekommunikeer word.

KontakinligtingTel: +27 (0)21 650 3523Webwerf: www.nbt.ac.za

Algemene inligtingFakulteitspesifieke inligting

Tel: +27 (0)12 420 2676 (Liz Jones) +27 (0)12 420 2482 (Emly Mathe)

E-pos: [email protected], [email protected]

Ligging: Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie: Ingenieurswese 1, 6de vloer, Hatfieldkampus

Page 38: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

35 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie

Algemene inligting

Taalbeleid en onderrigmedium

Wat onderrig betref, maak die Universiteit van twee amptelike tale gebruik, naamlik Afrikaans en Engels. By formele onderrig is die onderrigmedium óf Afrikaans óf Engels, óf albei tale, indien daar ‘n aanvraag is, en dit akademies en ekonomies regverdigbaar is. Dit bly egter steeds ‘n student se verantwoordelikheid om jaarliks vas te stel in watter taal ‘n module en alle verdere vlakke van die module aangebied word. Wat administratiewe en ander dienste betref, is ‘n student daarop geregtig om te kies of die Universiteit in Afrikaans of Engels met hom of haar moet kommunikeer.

Akademiese Inligtingbestuur

Akademiese Inligtingbestuursmodules (AIM101 of [AIM111 en AIM121] afhangende van jou program), is verpligtend vir alle nuweling eerstejaarstudente.• AIM101 word in die eerste of tweede semester

aangebied afhangende van jou program.• AIM111 sal in die eerste semester en AIM121 in die

tweede semester aangebied word.• Daar is geen vrystellingseksamens beskikbaar vir

AIM101 of (AIM111 en AIM121) nie.

Verpligte Akademiese Geletterdheidstoets vir geregistreerde eerstejaarstudente

LET WEL: Die Akademiese Geletterdheidstoets vervang nie die Nasionale Normtoets (NBT) nie.

• ‘n Student met ‘n hoë akademiese potensiaal kan ‘n onvoldoende vlak van akademiese geletterdheid hê wat akademiese sukses kan belemmer. Daarom word die akademiese geletterdheidsvlakke van alle nuweling eerstejaarstudente aan die Universiteit van Pretoria deur middel van ‘n gestandaardiseerde Akademiese Geletterdheidstoets gemeet. Indien nodig, moet studente op grond van hul risikovlak ʼn gepaste akademiese geletterdheidskursus volg.

• Die Akademiese Geletterdheidstoets word eenmalig geskryf en is verpligtend vir alle nuweling eerstejaarstudente, ongeag of die student reeds ʼn toelatingstoets afgelê of ʼn taalkursus deurloop het. As die student later van studierigting verander, hoef die student nie weer die Akademiese Geletterdheidstoets te skryf nie.

• Studente mag die Akademiese Geletterdheidstoets in Engels óf Afrikaans aflê. Studente in die fakulteite Gesondheidswetenskappe en Veeartsenykunde word egter verplig om die toets in Engels af te lê. Raadpleeg asseblief jou Amptelike program vir registrasie en aanvang van die akademiese jaar vir tye en lokale vir die skryf van die Akademiese Geletterdheidstoets.

Beurse en lenings

Nuwe voorgraadse studente wat inskryf vir studieprogramme moet die onderstaande minimum gemiddelde persentasies behaal om vir ʼn merietebeurs te kwalifiseer.

Aansoeke

Nuwe studente mag slegs registreer na suksesvolle toelating. Indien voorwaardelik toegelaat, moet jy steeds voldoen aan die fakulteitsvereistes van die Fakulteit waar jy wil registreer met jou Graad 12 NSS-uitslae aan die einde van die jaar. Nuwe studente sal dus eers kan registreer nadat hulle aansoek en toelatingsproses goedgekeur is. Voorwaardelike toelating is gebaseer op die uitslae behaal in die Graad 11-eindeksamen. Neem asseblief kennis dat die finale Graad 12 NSS-uitslae steeds die bepalende faktor vir toelating is. Neem ook kennis dat die voldoening aan die minimum vereistes nie noodwendig toelating tot enige studieprogram waarborg nie.

Laataansoeke.Voordat jy ʼn laat aansoek indien, kontak asseblief die Fakulteitsadministrasie-konsultant om te bepaal of daar nog plekke beskikbaar is. Indien die studieprogram nie om keuring onderworpe is nie, en indien die Fakulteit nog plek beskikbaar het, sal jou aansoek oorweeg word. Laat aansoeke word alleenlik aanvaar op voorwaarde dat daar aan al die toelatingsvereistes vir die toepaslike grade voldoen word. Sou ’n student nie voldoen aan die vereistes nie, sal die student se aansoek nie oorweeg word nie. Aansoekfooie is nie terugbetaalbaar nie. ʼn Graad 12-Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) met universiteitsvrystelling (endossement) word vereis indien Graad 12 behaal is voor 2008.

Toelating

Voornemende studente met ʼn NSS-kwalifikasie wat graag toelating tot enige van die nege fakulteite van die Universiteit van Pretoria wil bekom, moet aan die volgende toelatingsvereistes voldoen:• die minimum statutêre en institusionele vereistes vir

graadstudies• erkende en toepaslike kombinasies van vakke• die vereiste Toelatingspunttelling (TPT) soos

gestipuleer in die regulasies en leerplanne van elke fakulteit

• Engels en/of Afrikaans op Graad 12-vlak

Die berekening van die TPT is gebaseer op ʼn kandidaat se prestasie in enige ses 20-kredietvakke (nie slegs aangewese vakke nie) deur gebruik te maak van die onderstaande sewe-puntgraderingskaal.

Prestasie Prestasievlak Punt7 Uitstaande prestasie 80-100%

6 Verdienstelike prestasie 70-79%

5 Wesenlike prestasie 60-69%

4 Voldoende prestasie 50-59%

3 Middelmatige prestasie 40-49%

2 Elementêre prestasie 30-39%

1 Nie behaal nie 0-29%

Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die TPT.

Page 39: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie 36

Algemene inligting

Nuwe voorgraadse prestasiebeurse waardes: 2012

Fakulteit/Skool Fakulteit Natuur- en Landbou-

wetenskappe

Skool vir Ingenieur-swese en die Bou-

omgewing

Skool vir Inligting-tegnol-

ogie

Ander fakulteite en skole

Kwalifiserende gemiddelde % 75-100% 75-100% 80-100% 80-100%

Minimum beurswaarde R11 300 R11 300 R11 300 R7 700

Maksimum beurswaarde R26 500 R26 500 R22 700 R20 300

Beurse vir prestasie op ander akademiese terreine en buitemuurse aktiwiteite: 2012

Entrepreneurskap R2 400Expo Goue Medalje R2 400Vakolimpiades: Algehele wenner R6 400Vakolimpiades: 2de–10de plek R2 400Wetenskap/Wiskunde/Rekeningkunde: Algehele wenner R33 300Wetenskap/Wiskunde/Rekeningkundge:2de plek R26 600Wetenskap/Wiskunde/Rekeningkunde: 3de plek R20 000Wetenskap/Wiskunde/Rekeningkunde: 4de–10de plek R2 40020 Toppresteerder nuweling eerstejaarstudente R20 200JuniorTukkie Ontwikkelingsprogram (15 beurse) R11 600Graad 12 Dux-leerders* van 678 geselekteerde voederskole (1 beurs per skool)

*Top akademiese presteerder in Graad 12

Aanvangsbetaling vir onderriggelde tydens registrasieperiode (R3 500)

Vrywaring: Die Universiteit behou die reg voor om die regulasies en voorwaardes van toepassing op die toekenning van beurse en lenings sonder kennisgewing te wysig. Besoek www.up.ac.za/fao vir die nuutste inligting.

Gelde betaalbaar

Die beraamde onderriggelde in die Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie is soos volg vir 2012:

• Skool vir Ingenieurswese: R32 000 to R37 780• Skool vir die Bou-omgewing: R26 750 to R31 720• Skool vir Inligtingtegnologie: R27 080 to R43 000

Hierdie bedrag is onderhewig aan verandering en moet nie as die finale koste beskou word nie. Voornemende studente word aangeraai om bedrae aan te pas vir kostestygings.

Heffing Betaling vereis Betaaldatum Bedrag 2012

Ad hoc-heffings • Aansoekgeld (nie terugbetaalbaar nie)

• Internasionale administratiewe heffing

• Betaalbaar in jaar wat studie voorafgaan

• Betaalbaar voor of tydens registrasie

R220

R2 500

Aanvaardingsheffing van toepassing op ʼn toegekende plek vir studie- en/of losies

Betaling gelyk aan eerste paaiement word vereis ten einde aanvaarding van toegekende studieplek te bevestig:• Studieplek• Losiesplek

Betaling met kennisgewing van plasing

• Studieplek• Losiesplek

R3 500R4 000

Kansellasieheffings Indien ʼn studie- en/of losiesplek wat aanvaar is, nie opgeneem word nie, sal kansellasiegeld gehef word

Heffing word van die aanvaardingsbetaling verhaal

• Studieplek• Losiesplek

R1 750R2 000

Aanvangsbetalings (eerste paaiement)

Onderriggeld• Nagraadse studente wat registrasie hernu

• Alle ander studente (voor- en nagraads)• Losiesgeld

Betaalbaar voor of tydens registrasie indien nie reeds ter aanvaarding van ʼn studieplek betaal is nie

Betaalbaar indien nie reeds ter aanvaarding van losiesplek betaal is nie

R2 400

R3 500R4 000

Tweede paaiement 50% van gelderekening Voor of op 30 AprilDerde paaiement 100% van gelderekening Voor of op 31 Julie

Page 40: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

37 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie

Algemene inligting

Akkommodasie

Hatfieldkampus:• Dameskoshuise: Asterhof, Erika, Jasmyn,

Katjiepiering, Madelief, Klaradyn, Magrietjie en Nerina

• Manskoshuise: Boekenhout, Kollege, Maroela, Mopanie, Olienhout en TaaibosEnkelkamers: R21 600Dubbelkamers: R19 900Etes (indien 100% van die etes genuttig word): R26 200

• Tuks Village: Eenhede vir dames• Tuks Village: Eenhede vir mans

Enkelkamers: R24 300Etes (indien 100% van die etes genuttig word): R26 200

Groenkloofkampus: Fakulteit Opvoedkunde• Dameskoshuise: Zinnia, Lilium en Inca• Manskoshuis: Kiaat

Enkelkamers: R21 600Dubbelkamers: R19 900Etes (indien 100% van die etes genuttig word): R26 200

Privaatakkommodasie

Privaatakkommodasie is beskikbaar en die volgende nommers kan gekontak word in hierdie verband:

Arlon PropertiesTel: +27 (0)12 362 5499 E-pos: [email protected]

City PropertyTel: +27 (0)12 362 4473 E-pos: [email protected]

Off-campus RentalTel: +27 (0)12 362 6123 of 083 438 2548 E-pos: [email protected]

SonopTel: +27 (0)12 460 7830/5723 E-pos: [email protected]

South PointTel: +27 (0)12 341 1762 E-pos: [email protected]

Opedag

Datum: 19 Mei 2012Tyd: 08:00-14:00

Die volgende persone moet die Opedag bywoon:• Graad 12-leerders wat reeds bevestiging ontvang het

dat hulle voorlopig toegelaat is• Graad 12-leerders wat aan die toelatingsvereistes

voldoen en wat hulle aansoekvorms wil inhandig• Graad 11-leerders wat feitlik seker is dat hulle wel by

UP gaan aansoek doen• Die ouers van bogenoemde leerders

TuksSport

Tel: +27 (0)12 420 6069Faks: +27 (0)12 420 6095E-pos: [email protected]: www.up.ac.za

Departement Studentesake

Die Studentedekaan is die hoof van die Departement Studentesake. Sy kantore is in die Roosmaryngebou op die Hatfieldkampus. Die Departement Studentesake bestaan uit twee afdelings: Studente-ondersteuning en Studente-ontwikkeling.

Afdeling Studente-ondersteuning

Hierdie afdeling sluit in Studentegesondheid, Studenteberading en die Eenheid vir studente met spesiale behoeftes.

Dienste wat die Afdeling vir Studente-ondersteuning bied:• Akademiese ontwikkeling. Loopbaanvoorligting

en assessering, studiemetodes en leeskursusse, stresbestuur, psigometriese toetsing, tydsbestuur, loopbaanbeplanning.

• Potensiaalontwikkeling. Konflikbestuur, kommunikasie- vaardighede, doelwitstelling, probleemoplossing.

• Individueleenverhoudingsberading. Interpersoonlike probleme, stres, depressie, eetversteurings, lewenstrauma, emosionele probleme, ontwikkeling van lewensvaardighede.

KontakinligtingTel: +27 (0)12 420 2333E-pos: [email protected]: Studentesakegebou, K2-13,

Hatfieldkampus

Bykomend tot die dienste van die Afdeling Studente-ondersteuning, kan studente ook die krisislyn (0800 006 428 tolvry) skakel.

Afdeling Studente-ontwikkeling

Die volle spektrum van georganiseerde studentelewe is in hierdie afdeling te vinde, insluitende:Studenteparlement (SP)Verteenwoordigende Studenteraad (VSR)Grondwetlike Tribunaal (Studentehof)DaghuiseFakulteitshuiseMeer as 100 godsdienstige, kulturele, akademiese, politieke en ander verenigingsJool (Jou Onbaatsugtige Opoffering vir Liefdadigheid)Stuku (studentekultuur)Perdeby (studentekoerant)TuksFM (kampusradiostasie)Studentesport

KontakinligtingTel: +27 (0)12 420 6600/1411Ligging: Roosmaryngebou, Hatfieldkampus

Biblioteekdienste

Die Departement Biblioteekdienste huisves ʼn moderne akademiese navorsingsbiblioteeknetwerk van wêreldgehalte wat oor die kampusse van die Universiteit versprei is. Hierdie diens ondersteun die Universiteit van Pretoria se fakulteite deur middel van pasgemaakte dienste vir voor- en nagraadse studente, personeel, alumni en besoekende akademici. Alle dienste is sodanig ontwerp dat dit ʼn poort tot wêreldwye inligting skep, asook leer, onderrig en navorsing ondersteun deur interaksie met professionele personeel.

Diensverskaffers

Page 41: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie 38

Algemene inligting

Belangrike inisiatiewe behels onder meer ʼn e-diens (aanlyn); toegang tot ʼn wye verskeidenheid gedrukte en elektroniese versamelings; ʼn leersentrum by die Merenskybiblioteek en aanlynondersteuning met opdragte aan voorgraadse studente; ʼn aanlynverwysingsdiens (Vra-’n-Inligtingkundige); draadlose internettoegangsgebiede (“wireless hotspots”); soekenjins wat toegang tot elektroniese vaktydskrifte, boeke en databasisse verleen; elektroniese proefskrifte en verhandelings; ʼn institusionele digitale bewaarplek; ʼn verskeidenheid oudiovisuele materiaal; geriewe vir liggaamlik gestremdes; en fasiliteite vir interbiblioteeklenings by nasionale en internasionale versamelings. Al hierdie dienste dra aktief by tot ʼn leeromgewing van wêreldgehalte. Verdere inligting is beskikbaar by www.library.up.ac.za.

Merenskybiblioteek (Hatfieldkampus) Tel: +27 (0)12 420 5375/6Ligging: Departement Biblioteekdienste,

Lynnwoodweg, Hatfieldkampus

Basiese Mediese Wetenskappe en Tandheelkunde-biblioteek (Prinshofkampus) E-pos: [email protected]: +27 (0)12 319 2242 Ligging: Basiese

Mediesewetenskappegebou, Bopheloweg 9, Gezina

Opvoedkundebiblioteek (Groenkloofkampus) E-pos: [email protected]: +27 (0)12 420 5536 Ligging: Mediagebou, h/v George Storrar- en

Leydsstraat, Groenkloof

Gesondheidswetenskappebiblioteek (Prinshofkampus)E-pos: [email protected]: +27 (0)12 354 2298/1440 Ligging: Fakulteit Gesondheidswetenskappe,

HW Snymangebou, Bopheloweg 31, Gezina

Klinikalabiblioteek (by die Kalafong Akademiese Hospitaal) Tel: +27 (0)12 373 1031 Ligging: Klinikalagebou, Klipspringerweg,

Atteridgeville

Mamelodibiblioteek E-pos: [email protected] Tel: +27 (0)12 842 3566 Ligging: Mamelodikampus, h/v

Hinterlandlaan en Hans Strijdomrylaan, Mamelodi

Musiekbiblioteek E-pos: [email protected] Tel: +27 (0)12 420 2317 Ligging: Departement Biblioteekdienste,

Lynnwoodweg, Hatfieldkampus

Oliver R Tambo-biblioteek (Regsbiblioteek) E-pos: [email protected] Tel: +27 (0)12 420 2268 Ligging: Regsgeleerdheidgebou,

Lynnwoodweg, Hatfieldkampus

Jotello F Soga-biblioteek (Onderstepoortkampus) E-pos: [email protected] Tel: +27 (0)12 529 8007/8/9 Ligging: Arnold Theilergebou, Fakulteit

Veeartsenykunde, Onderstepoort

Witbankbiblioteek E-pos: [email protected] Tel: +27 (0)13 653 2342 Ligging: Witbankhospitaal, h/v President- en

Coert Steynberglaan, eMalahleni

Normale biblioteekure

Maandag, WoensdagDonderdag

Dinsdag Vrydag Saterdag

Hatfield-kampus 07:30-21:00 08:30-21:00 07:30-20:00 08:30-13:00

Regsgeleerd-heid 07:30-21:00 08:30-21:00 07:30-20:00 08:30-13:00

Groenkloof 07:30-21:00 08:30-21:00 07:30-20:00 08:30-13:00

Gesondheids-wetenskappe 07:30-20:00 08:30-20:00 07:30-20:00 08:30-14:00

BMW en Tandheelkunde 07:30-17:00 08:30-17:00 07:30-16:00 Gesluit

Musiek 07:30-19:00 08:30-19:00 07:30-16:00 09:00-13:00

Veeartseny-kunde 07:30-18:00 08:30-18:00 07:30-18:00 08:30-12:30

Mamelodi 07:30-16:00 08:30-16:00 07:30-16:00 08:00-13:00 Normale studiesentrum-ureWeeksdae: Oop 24-uur per dagSaterdae: 06:00-18:00Sondae en open-bare vakansiedae: Gesluit tensy anders vermeld

Page 42: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

39 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie

Algemene inligting

Internasionale studente

Belangrike inligtingAlle internasionale studente moet voor registrasie by die Internasionale Studenteafdeling aanmeld. Die Kliëntedienssentrum (KDS) sal vanaf 3 Januarie 2012 oop wees.

KontakinligtingTel: +27 (0)12 420 3111E-pos: [email protected]: www.up.ac.za/ISDLigging: Kliëntedienssentrum,

Hatfieldkampus

Algemene inligtingNie-Suid-Afrikaanse burgers moet bewys van hulle amptelike status in Suid-Afrika, asook ʼn bewys van voldoende mediese dekking by die Internasionale Studenteafdeling in die KDS indien voordat hulle sal kan registreer.

Stawende dokumentasieLet asseblief daarop dat studente afskrifte van dokumente soos hierin vermeld, gereed moet hê voordat hulle na die Internasionale Studenteafdeling in die KDS gaan. Afskrifte kan by Xerox (in die Studentesentrum) gemaak word.

Alle internasionale studente moet hul oorspronklike dokumente toon en twee afskrifte van elk van die volgende dokumente indien: • die Internasionale Studente-inligtingsvorm, voltooi

en geteken• ʼn geldige paspoort of identiteitsdokument (in die

geval van studente met permanente verblyf in Suid-Afrika)

• ʼn geldige studiepermit vir studie aan die Universiteit van Pretoria

OF asielversoekerspermit OF sertifikaat van vlugtelingstatus OF diplomatieke paspoort (nie ʼn diplomatieke kaart nie)• bewys van mediese dekking (mediese dekking moet

vir ʼn jaar – Januarie-Desember – vooruit betaal wees)

Bogenoemde dokumente moet by ʼn internasionale konsultant ingedien word en die inligting moet ingelees word alvorens jy kan registreer.

Studiepermit

• Studente moet in besit wees van ʼn geldige studiepermit voordat hulle na Suid-Afrika vertrek. Dit is nie meer moontlik om ʼn eerste studiepermit in Suid-Afrika te bekom nie.

• Aansoek om ʼn studiepermit kan by die naaste Suid-Afrikaanse Ambassade of kantoor van die Hoë Kommissaris in jou tuisland of ʼn Ambassade of Hoë Kommissaris in ʼn buurland ingedien word.

Mediese dekkingʼn Bewys van mediesefondslidmaatskap, vooruitbetaal vir die volle akademiese jaar, moet ingedien word.

Mediese dekking wat deur die Universiteit van Pretoria aanvaar word:

• Momentum Health (Ingwe-opsie)Tel: +27 (0)12 671 8511E-pos: [email protected]: www.ingwehealth.co.za

• BESTmed Mediese Skema (Blueprint-studente-opsie)Tel: +27 (0)12 339 9800 of 086000 2378 of 086000BESTE-pos: [email protected]: www.bestmed.co.za

Hoër Onderwys Suid-Afrika (Higher Education South Africa – HESA)

Voornemende studente wat nie Suid-Afrikaanse burgers is nie, moet die webblad www.up.ac.za/ISD vir meer inligting besoek. Voornemende studente kan aanlyn aansoek doen by www.up.ac.za/aansoeke. Die akademiese jaar van Suid-Afrikaanse universiteite strek vanaf Januarie tot Desember.

HESA benodig die volgende dokumente vir ‘n aansoek om ‘n vrystellingsertifikaat: • Afskrifte van jou kwalifikasie as korrek gesertifiseer

deur die Registrateur van ‘n Suid-Afrikaanse universiteit, of ‘n Suid-Afrikaanse ambassade of konsulaat in die buiteland of ‘n notaris. Let wel: Uitslagstate, faksafskrifte en afskrifte gesertifiseer deur ‘n kommissaris van ede word nie aanvaar nie

• ‘n Gesertifiseerde afskrif van die Suid-Afrikaanse identiteitsdokument, slegs in die geval van persone met permanente verblyf of ‘n geldige paspoort wat die volle name asook die geboortedatum aandui, paspoortnommer en foto, of ‘n gesertifiseerde afskrif van die geboortesertifikaat

• Voltooide M30E-vorm (www.hesa-enrol.ac.za/mb – gaan na “Applications”)

Hierdie voorvereiste geld vir alle studente wat by die Universiteit van Pretoria vir voorgraadse studies wil inskryf. Hierdie sertifikate kan slegs van HESA bekom word. Om hierdie sertifikaat te bekom, moet jy direk met HESA in verbinding tree. Die Universiteit van Pretoria kan nie namens jou hierdie sertifikate aanvra nie.

Kontakinligting (HESA)Tel: +27 (010) 591 4401/2Faks: +27 (0)12 481 2922 or 481 2718E-pos: [email protected]: www.hesaenrol.ac.za/mbLigging: Unisa Sunnyside-kampus, Gebou 3,

Vlak 1, hoek van Rissik- en Mearsstrate, Sunnyside, Pretoria

Posadres: Posbus 3854, Pretoria 0001

Page 43: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie 40

Algemene inligting

Toelatingspunttelling (TPT)-omskakelingstabel

TPT NSS SS HGM-telling

SS SGM-telling

'HIGCSE /NSSC HL'

'IGCSE/ GCSENSSC OL/O-level'

'AS-level' 'A-level' 'IB HL' 'IB SL' TPT

Gr 11 Gr 1210 A 7 109 98 B 6 87 7 (80–100%) A 1 A A C 5 7 76 6 (70–79%) B A 2 B B D 4 6 65 5 (60–69%) C B 3 C A C E 3 5 54 4 (50–59%) D C D B D 2 4 43 3 (40–49%) E D 4 E C E 1 3 32 2 (30–39%) F E F D/E 2 21 1 (0–29%) G F G F/G 1 1

NSS – Nasionale Senior Sertifikaat (Graad 12 voltooi gedurende of na 2008)SS HG – Senior Sertifikaat Hoërgraad (Graad 12 voltooi voor 2008)SS SG – Senior Sertifikaat Standaardgraad (Graad 12 voltooi voor 2008)HIGCSE – ‘Higher International General Certificate of Secondary Education’ IGCSE – ‘International General Certificate of Secondary Education’ NSSC – ‘Namibia Senior Secondary Certificate’A-level – ‘Advanced level’O-level – ‘Ordinary level’AS-level – ‘Advanced Subsidiary’IB – ‘International Baccalaureate Schools’ (higher levels and standard levels)

Vrywaring: Hierdie publikasie bevat inligting oor reëls, beleide, onderriggelde, kurrikula en programme van die Universiteit soos van toepassing ten tyde van die druk daarvan. Wysigings aan, of opdatering van die inligting in hierdie publikasie mag van tyd tot tyd sonder voorafkennisgewing geskied. Die akkuraatheid, betroubaarheid of geldigheid van die inligting vervat in hierdie publikasie word derhalwe nie deur die Universiteit op enige gegewe tydstip gewaarborg nie en is onderhewig aan verifiëring. Die gebruiker word versoek om deurgaans die korrektheid van die gepubliseerde inligting met die Universiteit te bevestig. Versuim om hieraan te voldoen, sal nie aanleiding gee tot enige eis of aksie van enige aard teen die Universiteit deur enige party hoegenaamd nie.

Page 44: Voorgraadse Fakulteitsbrosjure Ingenieurswese, Bou ... · en spraakherkenning), 'SMART dust', banke (OTM), handel, robotika, opvoeding, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer. BIng(Meganiese

41 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie

Heading

www.up.ac.zaUniversiteit van Pretoria • University of Pretoria • Yunibesithi ya PretoriaPretoria 0002 Suid-Afrika • South Africa • Africa BorwaTel: +27 (0)12 420 3111 • Faks/Fax: +27 (0)12 420 4555