vroueflitse somer... · 2018-08-15 · vra, in n strategiese poging om eintlik dié van haar man te...

7
Vroueflitse – Somer uitgawe 2018 1 Vroueflitse Somer 2018 uitgawe “Skoonheid lê in eenvoud - dit het ons al gehoor: maar met gewone woorde – het jy my siel bekoor” – Elizabeth Kendall Medewerkers Vroueflitse Somer 2018 uitgawe: Redakteur en bladuitleg: Mari-lizé Beukes Subredakteurs: Ronel Bezuidenhout - Wat is ‘n tuin, klein of groot, sonder laventel? Ds Johan Bezuidenhout - Realiteit in die pastorie: deur die oë en uit die hart van die predikant se vrou. Teksversorging: Karin Steenekamp Mari-lizé Beukes Webblad: www.nhsv.org.za – sien Vroueflitse skakel. Teken in op Vroueflitse en stuur ‘n epos aan Rozelda Nel - [email protected] Tel 012 325 0117 kantoor

Upload: others

Post on 29-Jan-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Vroueflitse Somer... · 2018-08-15 · vra, in n strategiese poging om eintlik dié van haar man te probeer peil. n Stuk taktiek wat vir baie wederhelftes van predikante geen onbekende

Vro

uef

litse

– S

om

er u

itga

we

2018

1

Vroueflitse Somer 2018 uitgawe

“Skoonheid lê in eenvoud - dit het ons al gehoor:

maar met gewone woorde – het jy my siel bekoor”

– Elizabeth Kendall

Medewerkers Vroueflitse

Somer 2018 uitgawe:

Redakteur en bladuitleg:

Mari-lizé Beukes

Subredakteurs:

Ronel Bezuidenhout

- Wat is ‘n tuin, klein of

groot, sonder laventel?

Ds Johan Bezuidenhout

- Realiteit in die pastorie:

deur die oë en uit die hart

van die predikant se vrou.

Teksversorging:

Karin Steenekamp

Mari-lizé Beukes

Webblad:

www.nhsv.org.za – sien

Vroueflitse skakel.

Teken in op Vroueflitse en

stuur ‘n epos aan Rozelda

Nel - [email protected]

Tel 012 325 0117 kantoor

Page 2: Vroueflitse Somer... · 2018-08-15 · vra, in n strategiese poging om eintlik dié van haar man te probeer peil. n Stuk taktiek wat vir baie wederhelftes van predikante geen onbekende

Vro

uef

litse

– S

om

er u

itga

we

2018

2

Wat is ‘n tuin, klein of groot, sonder laventel? Ronel Bezuidenhout

Elke kombuistuin moet minstens een bossie laventel hê. As jy eers ‘n laventelblaar tussen jou vingers gevryf en die onvergeetlike geur ingeasem het, sal jy nooit weer daarsonder wil wees nie, het tuinkenner Nancy Gardiner eenkeer gesê. Laventel is nie net een van die gewildste kruiesoorte danksy sy lieflike geur nie, maar is ook bekend vir sy medisinale en kookeienskappe. Die bekendste laventels in Suid-Afrika is die Franse (Lavandula dentate) en Spaanse (Lavandula stoechas) soorte, asook Lavandula Intermedia ‘Margaret Roberts’. Die laventels blom regdeur die jaar en aard goed in ons klimaat – en hulle is maklik om te kweek.

Plant laventel in volson. Laventel hou van goeie dreinering. Kleigrond moet dus met riviersand en kompos gemeng word. Alle ander grondsoorte moet deeglik met kompos voorberei word – water mag nooit rondom laventelplante opdam nie. Kweekwenke: Bemes maandeliks in die groeiseisoen (Augustus tot April) – enige gebalanseerde organiese

bemesting sal werk. Bemes elke twee maande gedurende die res van die jaar. Laventel is taamlik droogtebestand, maar sal beter groei en blom as jy die plante so elke tweede

dag in die somer natmaak. Sny gereeld die dooie blomme af, anders sal die plante minder begin blom en die blomstele korter

raak. Snoei die bossies elke jaar tot ‘n derde terug om dit langer mooi te hou. Vervang jou plante na drie of vier jaar wanneer dele begin vrek of as dit dik, houterige stamme

maak. Oeswenke: Knip die takkies met ‘n skerp snoeiskêr op ‘n droë dag af, bind die stingels aan mekaar vas en hang

hulle op ‘n warm, droë plek onderstebo op. Wanneer hulle heeltemal droog is, kan jy die takkies in lugdigte flesse bêre. Laventel blomme is ryk aan essensiële olies en het onder meer kalmerende, antiseptiese en antibakteriese eienskappe. Dit het ‘n strelende uitwerking op ‘n seer keel en tam spiere, en word dikwels in aromaterapie gebruik om stres te verlig. Laventel olie doen wonders vir eerstegraadse brandwonde. Nog ‘n paar idees met laventel: Tuisgemaakte laventel badsout, Laventel brosbrood is heerlik, Laventel madeleines, Laventel-skon, dekadente melkskommel met laventel ekstrak – ja jy het reg gelees…… en Laventelkoekies gaan ‘n vriendin baie spesiaal laat voel!

Page 3: Vroueflitse Somer... · 2018-08-15 · vra, in n strategiese poging om eintlik dié van haar man te probeer peil. n Stuk taktiek wat vir baie wederhelftes van predikante geen onbekende

Vro

uef

litse

– S

om

er u

itga

we

2018

3

Realiteit in die pastorie - deur die oë en uit die hart van die predikant se vrou.

Ds Johan Bezuidenhout – Welstandskomitee M.Th. Pastorale Terapie

Die predikant en sy/haar gesin is hartlik en netjies ontvang. Maar, kom ons loer na die hart en ervaring van die predikant se vrou agter die toe deure van die pastorie of hul woning en in die diepste kamers van haar hart en menswees.

Rondom die lewe as gade van die predikant in die pastorie

of in die predikantspaar se eie woning, leef heelwat grappe,

romantiek maar ook mites, wanopvattings en

wanpersepsies. Soms kan dit moeilik wees om te onderskei

tussen feite en fiksie. Daar bestaan in baie gevalle ‘n

“beeld” wat saamgestel is uit tradisie, oorlewering,

oorvertelling, milieu of die verwagtinge van lidmate.

Daarom hierdie poging tot ‘n realistiese prentjie uit die

monde, harte en ervaringe van predikante en hul gades

self. A.g.v die min mans van vrouepredikante het ek hul nie

tydens hierdie reis betrek en uitgevra nie as poging om

blootstelling te vermy. Tussen hulle en die dames sal daar

beslis baie raakpunte wees in hul huweliks- en

gesinsomstandighede.

a. Die verwagtinge van gemeentelede van die vrou van die predikant: Verwagtinge is só divers soos die veelkleurige kaleidoskoop van gemeentes in ons kerk. Elke gemeente is uniek. Finansiële omstandighede, samestelling, ligging, ouderdom, voorgangers en gemeenskap dra by tot die identiteit van ‘n gemeente. Dit kry gestalte in ‘n verskeidenheid van gemeentelike aktiwiteite. Die hartklop en aktiwiteite van ‘n gemeente dra dan grootliks by tot bepaalde verwagtinge van die predikant en gade. Dus kan die verwagtinge van een bepaalde gemeente nie nétso op die predikantspaar van ‘n ander gemeente oorgedra word nie. Juis omdat ‘n gemeente uit ‘n verskeidenheid individue bestaan wat van mekaar verskil t.o.v. ouderdom, beroepe, professies, lewensuitkyk, inkomste, belangstellings, ontwikkelingspeil, wêrelduitkyk, visie, intellek, geskiedenis, spiritualiteitstipes asook verwagtinge van gemeentewees. Tog, werk hierdie mense saam om God te aanbid, dien en Sy koninkryk op aarde uit te brei. Saam vorm hul ‘n span dissipels met ‘n bepaalde visie en missie. Hul besluit saam op ‘n bepaalde predikant as hul leier. Soms onderliggend en onuitgesproke word bepaalde verwagtinge van ‘n predikant se vrou gekoester vir hierdie bepaalde gemeente se lidmate en gemeentewerk. Dus die waarskuwing: waak teen veralgemening! As Gemeente A dit van haar predikantspaar verwag is dit nie noodwendig dat Gemeente B dieselfde gaan verwag nie. Lidmate en kerkrade poog om begrip te toon vir vernuwing en verandering in “pastorie-omstandighede” asook die samestelling en lewensstyl van ‘n pastoriepaar. Waar ‘n beroepsmetode van profielsamestelling, onderhoude, aansoeke en persoonlike ontmoeting gevolg word, is daar die geleentheid vir beide partye om seker te maak wat die verwagtinge enersyds en die ingesteldheid, lewensstyl en omstandighede van die predikantspaar andersyds is. Dus is dit die gulde geleentheid om na mekaar se hartklop te luister. Dit bied die gulde geleentheid vir openhartige onderhandeling en kan beslis ‘n groot bydrae lewer tot ‘n beter verstaan, realistiese verwagtinge en rolvervulling van die predikant en sy vrou.

Page 4: Vroueflitse Somer... · 2018-08-15 · vra, in n strategiese poging om eintlik dié van haar man te probeer peil. n Stuk taktiek wat vir baie wederhelftes van predikante geen onbekende

Vro

uef

litse

– S

om

er u

itga

we

2018

4

b. Ervarings van die werklikheid uit die hart van die predikant se vrou:

( Jonk, oud, nuut, onseker, ingeburger, gemaklik, tevrede, soms ontevrede, kort, langer en lank in hierdie rol en leefstyl)

i. ‘n Vreemde wêreld:

Ek begeef my in ‘n vreemde wêreld waarin ek nie opgegroei het, noodwendig vroeër aan blootgestel is, opleiding voor gehad het of toegerus is nie. Ek is ‘n onbekende en onervare enkeling wat my bevind in die midde en te make kry met die massa. ‘n Enkele vreemdeling (in elke nuwe gemeente) wat in kontak kom met baie mense wat mekaar ken, verstaan, ondersteun en soms baie wat saam opgegroei het en die milieu en verwagtinge van die predikant se vrou in hul midde deel en verstaan. Die omgewing is vir lidmate bekend, maar vir my vreemd.

ii. Ondersteuningstruktuur:

Die mense met wie ek moet saamleef en -werk het gevestigde ondersteuningstrukture maar ek nie. Hul speel reeds lank in hierdie span en verstaan waar elke individu inpas en hoe om mekaar te akkommodeer en hanteer. Elkeen weet presies wie die staatmakers is en wat jy van wie kan verwag.

iii. Onsekerheid:

Dit skep aanvanklik ‘n hoë mate van onsekerheid en spanning in die hart van die nuweling. In hierdie opsig word ‘n groot mate van aanpasbaarheid benodig t.o.v omgewing, milieu, verskillende persoonlikheidstipes, spiritualiteitstipes, lewensstandaarde, lewensuitkyke, persepsies, voorkeure, styl, modeneigings, onthale, binnenshuiseversiering, tuinuitleg, lewenservaring, ouderdomme, inkomstegroepe, belangegroepe, belangstellings van lidmate. Hierdie is mense wat hul voete gevind het en reeds op vaste grond staan, maar ek nie. ‘n Algemene gevoel van watertrap by die predikant se vrou.

iv. Etikettering: Die tradisionele titel “predikantsvrou” maak sommige wederhelftes ongemaklik. Sy sien haarself nét as ‘n gewone lidmaat en mens in eie reg. Die vraag word gevra: “Waarom word nie gepraat van onderwysersvrou, argiteksvrou of aptekersvrou nie?” Het dit nie tyd geword dat van hierdie tradisie afgewyk moet word nie? Dit is mos nie nodig dat die amp van haar man haar moet tipeer nie. Hierdie beskouing word as welmenend gesien en as teken van respek, maar stroop haar in ‘n mate van ‘n eie identiteit en persoonlikheid. Dus ‘n positiewe bedoeling wat negatief ervaar kan word.

v. Werksprogram: Predikante se vrouens ervaar dat hul “program” baie anders is as dié van hul mans. Sy beny hom en beskou hom soms bevoorreg dat syne duidelik uitgestippel is deur die kerkorde en kerkraad. Daar is duidelike riglyne t.o.v elke fasset van sy bediening. Talle vrouens ervaar dat die predikant op ‘n voetstuk geplaas word, alle oë op sy sukses en werktempo gerig word en van haar verwag word om saam te draf, sonder inagneming van haar persoonlikheid, fisieke vermoëns, opleiding, belangstellings en huishoudelike verpligtinge. Van haar word in baie gevalle verwag om te funksioneer sonder ‘n definitiewe uitgestippelde program of rolomskrywing. Die redes hiervoor is dikwels: andersoortigheid van gemeentes, ‘n ongetroude voorganger, ‘n vorige predikant se vrou wat haar

Page 5: Vroueflitse Somer... · 2018-08-15 · vra, in n strategiese poging om eintlik dié van haar man te probeer peil. n Stuk taktiek wat vir baie wederhelftes van predikante geen onbekende

Vro

uef

litse

– S

om

er u

itga

we

2018

5

heeltemal gedistansiëer het van die sogenaamde “rol van predikantsvrou” a.g.v. verskeie redes, die voorganger se gade se eie loopbaan of totale onbetrokkenheid of die gesindheid en benadering van ringskollegas se gades t.o.v. hul rolle as predikant se vrou. Soms kan hier ervaar word dat verwagtinge gekoester word en dat lidmate self nie presies weet wát dit is nie.

vi. Belewing van blootstelling: ‘n Ervaring van blootstelling en onvergenoegdheid is ‘n bekende. Dit is nie ‘n vanselfsprekendheid dat elke vrou wat met ‘n predikant trou oor leierseienskappe beskik, ‘n ekstrovert is, gemaklik voor mense praat, goeie mensekennis het, sosiaal is, onder druk kan funksioneer, altyd as groepleier of terugvoerder wil optree of ‘n voorliefde en passie het vir mense of die “tradisionele NHSV-aktiwiteite” nie. Dit kan lei tot spanning, ‘n gevoel van ontoereikendheid en mislukking by hierdie vrou. Hier is dit moontlik dat ‘n selfbeeld negatief geraak kan word. Talle predikante se vroue meen dat daar onmiddellik van hul verwag word om leiding te neem en die pas aan te gee op ‘n verskeidenheid van terreine. Deel van hierdie pakket is selfs om raad te gee aangaande geloofsake.

vii. Wandelende gemeentekalender: Dikwels word dit as vanselfsprekend aanvaar dat sy 100% op datum sal wees met die gemeenteprogram as lidmate navrae het. Soms moet sy verslag lewer oor die wel, weë, besoeke, kom en gaan van die predikant. Dit sluit in alle lief en leed van die gemeentelede. Hierdie info moet selfs beskikbaar wees wanneer sy gaan inkopies doen, hul kinders se skoolaktiwiteite bywoon of buitenshuis beweeg.

viii. Toets die water: Lidmate wat poog om onverwags haar mening aangaande ‘n belangrike knelpunt, brandpunt of krisis te vra, in ‘n strategiese poging om eintlik dié van haar man te probeer peil. ‘n Stuk taktiek wat vir baie wederhelftes van predikante geen onbekende is nie en word as frustrasie en stressor geopper.

ix. ‘n Kas vol hoede:

Predikante se vroue meen hul is dames met “’n reuse kas vol hoede”. Sy beleef dat omstandighede van haar vereis dat sy elke keer ‘n “ander hoed” op haar kop sal sit en dan aanpas en inpas. Agter die basaartafel, koeksisterbakkery, bybelstudie, groepleier, eregas, onthaal, gasvrou, intellektueel, ma, vrou en minnares vir haar man. Soms is dit lastig en ongemaklik om van een hoed na die ander te verwissel binne enkele minute.

x. ‘n Reuse klerekas:

Wat haar “klerekas” betref, strek die verwagtinge veel verder en is die eise baie groter. Die verwagtinge van sommige lidmate is oral en altyd aanvaarbare kleredrag, wat uit hul oogpunt by die status en waardigheid van die predikant se vrou hoort. Uiteraard moet hierdie drag onder geen omstandighede die waardigheid en glans van die betrokke geleentheid oneer aandoen nie. Verder moet sy in verskillende situasies, geselskappe en omstandighede van verskillende mense altyd die regte dinge doen en sê. Dit verg die akkommodering van ‘n verskeidenheid persoonlikhede, intellektuele vlakke en sosiale- of emosionele situasies. Dit vra dat sy nie anders kan as om voortdurend ingelig te bly en te ontwikkel t.o.v vaardighede, op datum wees met nuuswaardighede en verbreding van algemene kennis nie. Sy word gesien as die gemeente se ambassadeur in die breër kerk en gemeenskap.

Page 6: Vroueflitse Somer... · 2018-08-15 · vra, in n strategiese poging om eintlik dié van haar man te probeer peil. n Stuk taktiek wat vir baie wederhelftes van predikante geen onbekende

Vro

uef

litse

– S

om

er u

itga

we

2018

6

xi. Begroting:

Daar heers ‘n wanbegrip by lidmate en die samelewing in die algemeen oor die besoldiging van predikante. Die wanpersepsie bestaan dat predikante van die hoë inkomstegroepe in die samelewing is. Die realiteit en frustrasie is egter dat traktementskale van predikante nie vergelykbaar is met besoldiging deur die sekulêre wêreld nie en dat ander persone met opleiding van dieselfde standaard, geen opleiding of minder, oor die algemeen baie beter besoldig word. Hiermee gaan gepaard die belewing van onsekerheid oor die toekoms wanneer demografiese of finansiële probleme in ‘n gemeente opduik, die predikant gesondheidsprobleme beleef of onvoorsiene uitgawes in die pastoriegesin opduik. Hierby kan gevoeg word ‘n onderliggende bekommernis en onsekerheid t.o.v. afsterwe, aftrede of standplaasopheffing. Baie gades noem die realiteit van onvoldoende voorsiening vir aftrede, fondse vir kinders se studies en ‘n gebrek aan sekuriteit t.o.v behuising, aangesien hul in ‘n pastorie woon en die traktement alleen dit nie moontlik maak om ‘n eie eiendom te koop en af te betaal nie. Dit skep probleme aangesien hul geen sekuriteit het om aan banke te kan bied vir lenings nie. Soms is die plan-keuse van die mediesefonds onvoldoende maar al wat die gemeente kan bekostig.

xii. Pynlike eerlikheid van lidmate: Lidmate word soms “pynlik eerlik” in hul opinie oor dinge soos die pastorie, tuin en die meubels van die pastoriegesin. Nadat die pastorie bv. nuut uitgeverf is, lyk die inwoners se yskas sleg. Dit word goedgedink om sonder die insette van die predikantspaar ‘n nuwe yskas te koop en by die pastorie af te laai. Later sal die verleë pastoriemense moet hoor dat hul maar kan afbetaal soos dit vir hul moontlik is. Dus vind hier ‘n betreding en oortreding in hul eie tuiste, persoonlike ruimte en finansiële prioriteitslys plaas. Persoonlike opmerkings en oordeel t.o.v huis, meubels, klere, haarstyle, voorkoms vanaf lidmate, in alle opregtheid, word hier bygevoeg.

xiii. Eie ideale en drome: Die opgee van ‘n eie droom en ideaal word genoem as ‘n negatiewe ervaring en belewenis van vroue wat jare lank self ‘n droom gekoester het, daaraan gebou het en gekwalifiseer het. Om hierdie droom te bereik het jare se studie en opoffering gevra. Daar is persoonlike mylpale en doelwitte bereik. Bevordering en aanstellings in poste was deel van hierdie eie beroep.

Dan gebeur dit, dat a.g.v. haar liefde vir haar lewensmaat, sy lewensroeping, die eise van die gemeente, die gemeente se finansiële omstandighede, die ligging van die gemeente en die milieu van die omgewing dit vir haar onmoontlik maak om met ‘n eie beroep voort te gaan. Dit met die stap van ‘n huwelik of aanname van ‘n beroep. In sommige beroepe beteken ‘n paar jaar uit voeling met die beroep, die outomatiese diskwalifikasie desondanks vorige ondervinding, opleiding en kwalifikasies. Dit gaan gepaard met die prysgee van ‘n eie inkomste en bepaalde werksverwante voordele. Die onderbreking

van diensjare wat in alle opsigte tot nadeel van die betrokkene strek. Aangesien enige verhuising met sekere uitgawes gepaard gaan soos nuwe skoolklere, gordyne, betaling aan huiswerker vir beëindiging van diens, verpakking, nuwe motor om aan te pas by plaaspaaie, ‘n tweede voertuig en vele meer, word van of al die uitbetaalde pensioengeld gebruik om hierdie uitgawes te dek. In sekere gemeentes word ‘n verhuisingstoelaag gebruik, maar in ander is daar geen sprake daarvan nie.

Page 7: Vroueflitse Somer... · 2018-08-15 · vra, in n strategiese poging om eintlik dié van haar man te probeer peil. n Stuk taktiek wat vir baie wederhelftes van predikante geen onbekende

Vro

uef

litse

– S

om

er u

itga

we

2018

7

Dit, terwyl die uitgawes verbonde aan die verhuising dieselfde is. Dus is dit moontlik dat ‘n professionele en gekwalifiseerde persoon haar juis kan bevind in ‘n gans ander milieu met die belewenis van ontoereikendheid, onsekerheid en met gans ander eise as dit waarin sy belangstel, bekwaam is en haar lewe om gebou en ontwikkel het. Met die keuse van ‘n predikant as huweliksmaat ontvang sy hierdie pakkie. Dat sy van haar man afhanklik is van ‘n maandelikse toelaag of sakgeld vir haar persoonlike behoeftes.

ix. Eie spiritualiteit: Gelukkig beleef ons ‘n tyd waar lidmate geleer word en bewus is dat daar verskillende spiritualiteitstipes bestaan. Dit word in bedieningsplanne van gemeentes geakkommodeer. ‘n Dimensie wat verwelkom word onder die vroue van predikante. Dikwels is daar ‘n verskil tussen die spiritualiteitstyl van haar en haar man of haar en die gemeente. Hierdie nuwe perspektief dra by tot akkommodering, wedersydse respek en aanvaardig. Sy kan nou gemaklik wees met haar eie styl waarmee sy die huwelik ingekom het, sonder om onseker te wees of sy sal aanstoot gee, moontlik verwerp word of haar man se profiel en loopbaan skade berokken. Verby is die tyd om skuldig te voel, in hierdie opsig! _______________________________

Lewensfilosofie – Ds Johan Bezuidenhout

“Terwyl ek leef, wil ek voluit en met oorgawe leef, want ek leef net eenkeer en dit gaan gou verby.....”

Ds Johan Bezuidenhout is ‘n benoemde lid deur die Algemene Kerkvergadering van die Welstandsgroep

vir Predikante: Professionele span van die NHK se eie kundiges wat predikante en predikantsgesinne in

nood bystaan. Wanneer ‘n predikant- of gesinslid aanklop vir hulp word hul verwys na prof. Theuns

Dreyer. Hy verskaf dan die name van hierdie persone aan die aanklopper wat self na eie keuse iemand

kontak en om hulp nader. Gewoonlik kom woon die persoon ‘n dag of twee by die lid van die

Welstandsgroep. Hierdie berading geskied sonder enige vergoeding. Dus ‘n diens van predikante aan

predikante. Ds Johan Bezuidenhout kan gekontak word by [email protected] of 084 514 1092.

_______________________________

Opvolg artikels deur ds Johan Bezuidenhout in die volgende uitgawes van Vroueflitse: - Die predikantsvrou en haar huwelik, gesin, familie en vriende. - Persoonlikheidseienskappe wat predikante en hul vrouens meen moontlik kan bydra tot ‘n gemakliker aanvaarding, inskakeling en uitlewing van die rol. - Wat meen sy self het sy nodig om haar plek langs haar man vol te staan? - Hoe om vreugde te vind en ‘n sukses te maak?