preekriglyne.co.za · web viewpaulus maak god deel van sy gesprek met kolosse dit is interessant...

29
Kolossense 1:11-20 – Sondag van Christus die Koning – 24 November 2013 1 Oorsig..........................................................2 1.1 Ander tekste................................................ 2 1.2 Fokusteks: Kolossense 1:11-20...............................4 1.3 Vorige riglyne.............................................. 6 1.4 Eksegetiese opmerkings......................................6 1.5 Ekstra stof................................................. 6 1.5.1 Kolossense 1:1-14........................................8 1.5.2 Kolossense 1:15-23.......................................9 2 Erediens........................................................9 2.1 Tema........................................................ 9 2.2 PowerPoint agtergrond.......................................9 2.3 Liturgie................................................... 10 3 God nooi ons uit en ons kom tot rus............................10 3.1 Rus........................................................ 10 3.2 Liedere.................................................... 12 4 God praat met ons en ons luister...............................14 4.1 Familie-oomblik............................................ 14 4.2 Preekriglyn................................................ 15 5 God stuur ons om te leef.......................................19 6 Volgende erediens..............................................21 1

Upload: others

Post on 05-Sep-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: preekriglyne.co.za · Web viewPaulus maak God deel van sy gesprek met Kolosse Dit is interessant hoe Paulus sy gebed in gesprek laat oorgaan. Hy begin deur God te dank vir die gemeente

Kolossense 1:11-20 – Sondag van Christus die Koning – 24 November 20131 Oorsig.............................................................................................................................................2

1.1 Ander tekste...........................................................................................................................2

1.2 Fokusteks: Kolossense 1:11-20...............................................................................................4

1.3 Vorige riglyne..........................................................................................................................6

1.4 Eksegetiese opmerkings.........................................................................................................6

1.5 Ekstra stof...............................................................................................................................6

1.5.1 Kolossense 1:1-14...........................................................................................................8

1.5.2 Kolossense 1:15-23.........................................................................................................9

2 Erediens..........................................................................................................................................9

2.1 Tema.......................................................................................................................................9

2.2 PowerPoint agtergrond..........................................................................................................9

2.3 Liturgie..................................................................................................................................10

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus............................................................................................10

3.1 Rus........................................................................................................................................10

3.2 Liedere..................................................................................................................................12

4 God praat met ons en ons luister.................................................................................................14

4.1 Familie-oomblik....................................................................................................................14

4.2 Preekriglyn............................................................................................................................15

5 God stuur ons om te leef..............................................................................................................19

6 Volgende erediens........................................................................................................................21

1

Page 2: preekriglyne.co.za · Web viewPaulus maak God deel van sy gesprek met Kolosse Dit is interessant hoe Paulus sy gebed in gesprek laat oorgaan. Hy begin deur God te dank vir die gemeente

1 OorsigHierdie Sondag is die einde van die kerklike jaar van die kerk van Jesus Christus. Dit word feestelik gevier met die belydenis dat Jesus die Koning oor die hele lewe is. Hy word erken as die Here wat deur die jaar met ons was en wat, so bely ons, die toekoms met ons tegemoet stap tot op die dag van die voleinding.

Die Here Jesus is die koning wat ons so liefgehad het dat Hy die kruis as troon bestyg het en so vir ons die lewe as geskenk uit die hand van God verdien het. Die fees roep ons dus op om onder alle omstandighede geduldig te volhard sodat ons gereed is om die erfenis wat God vir sy kinders gereed gemaak het te ontvang. Ons vertrou daarom ons hele lewe aan die Koning toe. Hy is Koning vir ewig.

1.1 Ander teksteJeremia 23:1-6

Die regverdige koning

23 Ellende wag vir julle, herders deur wie die skape uit my kudde doodgemaak en verstrooi word, sê die Here. 2Daarom, so sê die Here die God van Israel oor die herders wat my volk moet versorg: Julle het my skape uitmekaargejaag en verstrooi, julle het hulle nie opgepas nie, en daarom gaan Ek julle straf vir al die verkeerde dade wat julle gedoen het, sê die Here. 3Maar Ek sal self dié van my kudde wat oorgebly het, gaan bymekaarmaak in al die lande waarheen Ek hulle verstrooi het. Ek sal hulle terugbring na hulle weiveld toe waar hulle vrugbaar sal wees en baie sal word. 4Dan sal Ek herders oor hulle aanstel, en dié sal hulle versorg, en hulle sal nie meer bang of verskrik wees nie en hulle sal nie meer wegraak nie, sê die Here.5Daar kom ’n tyd, sê die Here,dat Ek vir Dawid ’n regverdige spruit

sal laat opskiet,’n koning wat verstandig sal regeer.Hy sal die reg eerbiedigen regverdig regeer in sy land.6In sy tyd sal Juda gered worden sal Israel veilig woon.Sy naam sal wees:Die Here regeer regverdig oor ons.

7Daar kom ’n tyd, sê die Here, dat die mense nie meer sal sê: “So seker as die Here leef wat vir Israel uit Egipte laat trek het nie”, 8maar hulle sal sê: “So seker as die Here leef wat die nageslag van Israel met sorg teruggebring het uit die land in die noorde en uit al die lande waarheen Hy hulle verstrooi het.”

Dan sal hulle weer in hulle eie land woon.

Lukas 1:68-79

Die loflied van Sagaria

67Sagaria, die kindjie se pa, is met die Heilige Gees vervul en het as profeet gesê:

68“Lofwaardig is die Here,die God van Israel,

2

Page 3: preekriglyne.co.za · Web viewPaulus maak God deel van sy gesprek met Kolosse Dit is interessant hoe Paulus sy gebed in gesprek laat oorgaan. Hy begin deur God te dank vir die gemeente

want Hy het sy volk in genadeopgesoek

en vir hulle verlossing bewerk.69’n Sterk Verlosser het Hy

vir ons laat opstaanuit die huis van sy dienaar Dawid.

70So het die Here dit reedsvan oudsher belowedeur die mond van sy

heilige profete:71om ons te verlos van ons vyande

en uit die hand van al ons haters;72om Hom te ontferm

oor ons voorvadersen sy heilige verbond te onthou.

73Met ’n eed het Hy dit bevestigaan ons voorvader Abrahamdat Hy sou gee dat ons,

74gered uit die hand van vyande,Hom onbevrees kan dien

75in vroomheid en opregtheidal die dae van ons lewe.

76“En jy, kindjie,’n profeet van die Allerhoogstesal jy genoem word,want jy sal voor die Here uit gaanom sy pad gereed te maak,

77om kennis van verlossingaan sy volk mee te deel:verlossing deur vergifnis

van hulle sondes,78danksy die genadige ontferming

van ons God.Soos die môreson sal Hy opgaanen uit die hoogte op ons afstraal,

79om lig te bring aan diéwat in duisternis

en in die skaduweevan die dood lewe,

om ons voetstappe te rigop die pad van vrede.”

80Die kindjie het opgegroei en sterk geword deur die Gees en het in die woestyn gebly tot op die dag van sy openbare verskyning in Israel.

Lukas 23:33-43

33Toe hulle by die plek kom wat Kopbeen genoem word, het hulle Hom daar saam met die misdadigers gekruisig, die een aan sy regter- en die ander een aan sy linkerkant. 34Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!”

Hulle het sy klere verdeel deur te loot.

3

Page 4: preekriglyne.co.za · Web viewPaulus maak God deel van sy gesprek met Kolosse Dit is interessant hoe Paulus sy gebed in gesprek laat oorgaan. Hy begin deur God te dank vir die gemeente

35Die volk het daar gestaan en kyk. Hulle raadslede het Hom ook uitgelag en gesê: “Ander het hy gered. Laat hy homself red as hy die Christus is wat deur God uitverkies is.”

36Ook die soldate het vorentoe gekom en Hom bespot. Hulle het vir Hom suur wyn aangebied 37en gesê: “As jy die koning van die Jode is, red jouself.”

38Daar was ook ’n opskrif bokant Hom: “Dit is die koning van die Jode.”39Een van die misdadigers wat daar gehang het, het Hom gelaster deur te sê: “Is jy dan nie die

Christus nie? Red jouself en ons ook!”40Maar die ander een het hom tereggewys en gesê: “Is jy nie bang vir God nie? Jy ondergaan tog

dieselfde straf as hierdie man! 41In ons geval is dit regverdig, want ons ontvang die verdiende straf vir ons dade. Maar hierdie man het niks verkeerds gedoen nie.” 42Verder sê hy: “Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom.”

43Jesus antwoord hom: “Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”

1.2 Fokusteks: Kolossense 1:11-201 Van Paulus, ’n apostel van Christus Jesus deur die wil van God, en van die broer Timoteus.

2Aan almal in Kolosse wat aan God behoort, getroue broers in Christus.

Genade en vrede vir julle van God ons Vader!

Ons dank God vir julle

3Wanneer ons tot God, die Vader van ons Here Jesus Christus, bid, dank ons Hom altyd vir julle 4omdat ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus en van julle liefde vir al die gelowiges. 5Hierdie geloof en liefde is gegrond op die hoop wat vir julle in die hemel bewaar word en waarvan julle reeds gehoor het toe die waarheid, die evangelie, aan julle verkondig is. 6Die evangelie het julle bereik, en net soos dit in die hele wêreld vrug voortbring en verder versprei, gebeur dit ook by julle van die dag af dat julle van God se genade gehoor het en dit leer ken het soos dit werklik is. 7Julle is daarin onderrig deur Epafras, ons geliefde medewerker en ’n getroue dienaar van Christus in julle belang. 8Dit is ook hy wat ons vertel het van die liefde wat deur die Gees in julle gewek is.

Ons bid vir julle

9Daarom, van die dag af dat ons dit van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, 10sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God.

11Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard. 12Met blydskap moet julle die Vader dank wat julle geskik gemaak het om deel te hê aan die erfenis wat vir die gelowiges wag in die ryk van die lig. 13Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet. 14Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes.

Die voorrang van die Seun

15Die Seun is die beeld van God,van God wat self nie gesienkan word nie.

4

Page 5: preekriglyne.co.za · Web viewPaulus maak God deel van sy gesprek met Kolosse Dit is interessant hoe Paulus sy gebed in gesprek laat oorgaan. Hy begin deur God te dank vir die gemeente

Die Seun is die Eerste,verhewe bo die hele skepping.16God het deur Hom alles geskepwat in die hemel en op die aarde is:alles wat gesien kan worden alles wat nie gesien kan word nie,konings, heersers,maghebbers, gesagvoerders.Alles is deur Hom en vir Hom geskep.17Voor alles was Hy al daar,en deur Hom bly alles in stand.18Hy is die hoof van die liggaam,van die kerk.Hy is die oorsprong daarvan,Hy is die Eerste,die Een wat uit die doodopgestaan het,sodat Hy die eerste plekin die heelal inneem.19God het besluitom met sy volle wese in Hom te woon20en om deur Hom allesmet Homself te versoen.Deur die bloed van sy Seunaan die kruishet Hy die vrede herstel,deur Hom het Hy alles op die aardeen in die hemelmet Homself versoen.

God het ook julle met Homself versoen

21Ook julle was voorheen ver van God af en vyandiggesind teenoor Hom, soos blyk uit julle sondige lewenswyse. 22Maar nou het Hy ook julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterwe het om julle heilig, sonder smet en onberispelik voor Hom te stel. 23Maar dan moet julle vas en sterk bly staan in die geloof en julle nie laat losruk van die hoop wat in julle gewek is deur die evangelie wat julle gehoor het nie. Dit is die evangelie wat aan al die mense op die aarde verkondig is en waarvan ek, Paulus, ’n dienaar geword het.

Paulus se diens in belang van die kerk

24Ek is nou bly oor al die lyding wat ek ter wille van julle moet verduur, want die vervolging van Christus het nog nie geëindig nie. Ek verduur my deel daarvan ter wille van sy liggaam, die kerk, 25waarvan ek ’n dienaar geword het volgens die opdrag wat God my gegee het om sy woord ten volle aan julle bekend te maak. 26Dit is die geheimenis wat eeue en geslagte lank verborge was, maar wat nou geopenbaar is aan die mense wat aan Hom behoort. 27God het besluit om aan hulle bekend te

5

Page 6: preekriglyne.co.za · Web viewPaulus maak God deel van sy gesprek met Kolosse Dit is interessant hoe Paulus sy gebed in gesprek laat oorgaan. Hy begin deur God te dank vir die gemeente

maak hoe seënryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is. Die inhoud daarvan is: Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid. 28Hóm verkondig ons deurdat ons alle mense met alle moontlike wysheid onderrig en leer, sodat ons elke mens tot geestelike volwassenheid in Christus kan bring. 29Daarvoor span ek my ook in en beywer ek my met die krag wat Hy gee en wat kragtig in my werk.

1.3 Vorige riglyneDaar is geen vorige riglyne by www.leesrooster.co.za nie.

Daar is een vorige riglyn by www.seisoenvanluister.co.za:

Kolossense 1:1-14 Powerpoint (1.11 MB) - Word (110 KB) 6de Sondag in Koninkrykstyd 11 Julie 2010

Die opsomming daarvan lui soos volg:

Terwyl dit waar is dat baie van die hoop waarin ons nou leef steeds toekomsmusiek is, breek die eerste note alreeds deur in ons lewens. Die Skepper van die nuwe harmonieë, begin om nou al die orkes sommige van die musiek te leer. Hy dirigeer ons reeds sodat die klanke ook die res van die samelewing kan bereik.

1.4 Eksegetiese opmerkingsBybel-Media se Woord en fees - Preekstudies en liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar 2012-2013 bied uitstekende agtergrond oor teks en konteks. Bestel by www.bmedia.co.za.

1.5 Ekstra stofDie gemeente van Kolosse is waarskynlik nie deur Paulus gestig nie (Kol 2:1), hoewel hy op 'n keer deur die landstreek van Frigië, waar hulle geleë was, gereis het (Hand 16:6). Hulle was egter duidelik sterk onder sy invloed. Epafras wat van Kolosse af was – en ook Paulus se medewerker – was moontlik die skakel tussen hulle, en 'n moontlike stigter van die gemeente (Kol 1:7; 4:12). Die stad was geleë naby Efese in Klein-Asië (160 km na die ooste), in die suid-weste van wat vandag as Turkye bekend staan. Hulle was ook nou verbind aan die naburige gemeentes in Laodisea en Hiërapolis (4:13,15).

Die brief is uit die gevangenis geskryf – soos ook Filippense, Efesiërs en Filemon – en soos met die ander drie briewe word die brief met Paulus se Romeinse gevangeniskap verbind (Kol 4:3,10,18). Die brief was dus waarskynlik in die vroeë sestigerjare nC geskrywe, net voor 'n aardbewing die stad getref het in 61 nC en volgens historici waarskynlik die plek verwoes het. Vandag is daar net ruïnes oor.

Dit is duidelik dat Paulus hierdie brief skryf om sekere idees en praktyke wat begin posvat het in die gemeente se invloed teë te werk. Dit is dus nie soseer die mense self – bv dwaalleraars – wat aangevat word nie. Hy vat eerder hulle idees en praktyke aan. Daar was in elk geval nog nooit sekerheid onder geleerdes om hierdie idees met 'n spesifieke bekende groep uit daardie tyd te verbind nie – hetsy die gnostici of die Joodse mistiek of 'n mengsel daarvan nie.

Wat 'n mens uit die brief aflei, is dat hierdie idees en gebruike van ’n interessante vermenging van Joodse en ander godsdienstige en filosofiese idees en praktyke gekom het.

6

Page 7: preekriglyne.co.za · Web viewPaulus maak God deel van sy gesprek met Kolosse Dit is interessant hoe Paulus sy gebed in gesprek laat oorgaan. Hy begin deur God te dank vir die gemeente

Dit sluit teorieë (letterlik filosofieë) en argumente (leë leringe), waarmee Paulus nie die filosowe as sodanig aanvat nie, maar dié in Kolosse wat inhoudsloos was en slegs op menslike tradisies en basiese okkultiese of astrologiese beginsels berus het (NAV se “wettiese godsdienstige reëls” vertaal die Griekse frase: ta stoicheia tou kosmos, wat eerder beteken: “die magte van die heelal” – O’Brien), en nie op Christus nie (2:8,20).

Dit sluit ook sekere Joodse voorskrifte in – dinge soos die reëls van wat jy mag eet of drink of waaraan jy mag vat of dan nou juis nie (vgl ook 2:20-21), feeste wat gevier moet word (jaarlikse feeste en die nuwemaansfees) en die hou van die sabbatdag (2:16).

Daarby was daar ook sprake van 'n aanbidding van engele (2:18), en asketiese gebruike (streng beheersing van die liggaam – 2:23).

'n Swetterjoel vreemde invloede dus wat gedreig het om die boodskap van Christus te verdring en hulle in bygeloof te laat verval.

In Christus is hulle immers dood vir die invloed van die magte van hierdie wêreld (2:20). En hierdie selfgemaakte leerstellings maak geen bydrae tot 'n mens se verlossing nie (2:23). Selfs nie die besnydenis is meer 'n onderskeidingsteken van die Christen se geloof nie, net die werklikheid van Christus in elkeen se lewe (3:10). Daarom maak Paulus beswaar teen enige vermenging van die geloof in Christus met selfgemaakte leerstellings, veral wanneer dit nog met jou saligheid verbind word.

Paulus help dus die gemeente en sy leiers om vir dié idees en praktyke te kan nee sê, voor dit te veel aanhangers in die gemeente sou hê. Die brief is dus eintlik een van die vroegste Christelike Apologieë, wat die Christelike godsdiens teenoor leë filosofiese teorieë en vreemde gebruike verdedig.

Paulus wil daarteenoor sterk beklemtoon dat dit in die Christelike geloof net om Christus gaan, iets wat hy ook sterk beklemtoon het in sy brief aan Filippi (Fil 3:1 vv). Dit is waarom hy in die eerste hoofstuk soveel klem lê op die voorrang van die Seun, nie net in betrekking tot die aarde nie, maar ook met betrekking tot die hemel (Kol 1:15-20). Die enigste manier om te leef, is om vanuit 'n verhouding met Christus te leef en Hom toe te laat om alle verhoudinge waarbinne jy leef, te beïnvloed (Kol 3 vv). Dit het 'n invloed op jou eie menswees (3:5-17), op jou verhoudings in die huweliks- en gesinslewe, op jou verhoudings in die werksplek (3:18-4:1), sowel as op jou verhouding met mense wat nog buite die geloof staan (4:5).

Dit is ook interessant dat die brief van Kolossense sterk inhoudelike ooreenkomste het met die brief van Efesiërs. Beide gemeentes se geloof en liefde word vermeld (Kol 1:4,8 – Ef 1:15), Paulus bid vir hulle vir nog dieper geestelike insig (Kol 1:9-10 – Ef 1:17 – vgl Fil 1:9-10), Jesus word as Hoof van die kerk beskryf (Kol 1:18,24 – Ef 1:22-23) sowel as oor die magte (Kol 1:16-17 – Ef 1:21), en hulle word tot 'n heilige lewe opgeroep (Kol 3:1-17 – Ef 4:17-5:13). Dit wil voorkom asof Efesiërs verder uitbrei op temas wat in Kolossense aangeraak is, wat geleerdes Kolossense voor Efesiërs plaas (Lincoln), maar daar is nie genoeg bewyse na watter kant toe ook al nie.

7

Page 8: preekriglyne.co.za · Web viewPaulus maak God deel van sy gesprek met Kolosse Dit is interessant hoe Paulus sy gebed in gesprek laat oorgaan. Hy begin deur God te dank vir die gemeente

1.5.1 Kolossense 1:1-14Om God te ken en vir Hom te lewe

Paulus word weer saam met Timoteus as die skrywers van die brief aangekondig, soos vroeër ook die geval was met die brief aan 1 Tessalonisense en 2 Korintiërs, en twee van die ander gevangeniskapbriewe: Filippense, en Filemon.

Paulus maak God deel van sy gesprek met Kolosse

Dit is interessant hoe Paulus sy gebed in gesprek laat oorgaan. Hy begin deur God te dank vir die gemeente se geloof, liefde en hoop (1:3-8), doen voorbidding vir hulle (1:9-14 – dit is in Grieks een sin!), en laat die gebed dan sonder onderbreking oorgaan in 'n gesprek om hulle aan te spoor om self ook nie op te hou om die Here te dank nie (1:12-14). Dit mond uit in 'n poëtiese loflied op die voorrang van die Seun, wat die meeste geleerdes as 'n loflied uit daardie tyd identifiseer (1:15-20).

In die praktyk tref ons gewoonlik 'n onderskeid tussen gebed – waar ons met God besig is – en gesprek – waar ons met mekaar besig is. Dink egter net aan die effek wat dit kan hê as ons gebede deel van ons gesprekke sou maak. En ek bedoel nou nie om dit geforseerd te doen nie, maar heel gemaklik in ons gemeenskap met mekaar die Here te erken en Hom deel van ons gesprekke te maak. Dit kan 'n dimensie vir ons oopmaak van God se teenwoordigheid in ons almal se lewens wat lewensveranderend kan wees.

Geloof, liefde en hoop

Let ook op na wyse waarop Paulus oor die drie groot sake van die Christelike lewe skryf: geloof, hoop en liefde (1 Kor 13:13; 1 Tes 1:3; vgl ook 1 Pet 1:3-9). Hy beskryf hier geloof en liefde as dinge wat op die hoop gebou is. En dié hoop is verbind aan (weggelê het die OAV vertaal – weggebêre) die hemel, God se werklikheid – 'n bietjie anders verwoord as in Paulus se brief aan Korinte en Tessalonika. Hoop is hier iets waarvoor God instaan. Dit is nie iets wat deur omstandighede weggeneem kan word nie.

Geloof word uitgespel as iets wat in Christus Jesus gewortel is; liefde word uitgespel as iets wat ons verhouding met al die gelowiges definieer. Wat my laat dink dat Paulus hier na geloof verwys as iets wat gewortel is in die historiese werklikheid van Christus Jesus se eerste koms – die verlede; dat die liefde weer met die teenswoordige wêreld te make het waar ons mekaar moet vashou in liefde – die hede; en dat die hoop met die toekomstige wêreld te make het, wat ons die moed gee om hier aan God en mekaar vas te hou – die toekoms.

Om God te ken en vir Hom te lewe

Let ook op wat Paulus vir hulle bid. Hy wil hê dat vyf goed van hulle waar sal wees, vyf goed wat ons gerus ook vir mekaar kan bid:

Dat hulle God se wil duidelik sal ken (epignosis) deur die wysheid (sophia) en insig (sunesis) wat die Gees gee;

Dat hulle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang;

Dat hulle vrugte sal dra deur goeie werke;

8

Page 9: preekriglyne.co.za · Web viewPaulus maak God deel van sy gesprek met Kolosse Dit is interessant hoe Paulus sy gebed in gesprek laat oorgaan. Hy begin deur God te dank vir die gemeente

Dat hulle sal toeneem in hulle kennis van God;

Dat hulle in alle omstandighede geduldig sal kan volhard deur God se wonderbare krag.

1.5.2 Kolossense 1:15-23Jesus die Here van die Skepping en die Herskepping

Let op die digterlike taal van vers 15-20 wat dit waarskynlik maak dat dit 'n lied is wat die geloof van die vroeë kerk verwoord het, moontlik met byvoegings van Paulus. Dit is in twee parallelle strofes opgedeel: vers 15-17 (skepping) en vers 18-20 (herskepping), waarin dieselfde sake besing word, telkens uit 'n ander hoek (skepping/herskepping): die wese/oorsprong van die Seun, Sy status (Eerste) en werk in die hele kosmos, sowel as in die kerk, en Sy versoenende rol in hemel en op aarde. Hiermee poog Paulus om die verkeerde idees wat onder hulle begin posvat in die kiem te smoor.

Vers 15-17 – Jesus in die Skepping

Let op hoe God as verhewe bo die Skepping geteken word. God is dus nie deel van die Skepping nie, maar skep dit as iets wat onder sy beheer en versorging staan. Let ook op dat daar van sigbare en onsigbare wesens gepraat word, en dat dit alles deur God geskep is. Paulus beklemtoon dit onder andere omdat daar van die gelowiges in Kolosse was wat bv engele aanbid het. Hiermee wys Paulus dat hierdie wesens onder God is, deur Hom gemaak is, en daarom nie voorwerpe van aanbidding kan wees nie. Jesus het 'n besondere rol gespeel in die Skepping, in sy voor-menslike bestaan. Alles is deur Hom en vir Hom geskep.

Vers 18-20 – Jesus in die Herskepping

En na sy dood en opstanding is Hy ook die Een vir Wie die lof van die Herskepping bedoel is. Let op dat dit juis deur die kruis-evangelie is wat Jesus nou nie net Here van die Skepping is nie, maar Here van die Herskepping, dws van gelowiges wat hulle op God se versoening verlaat. Deur Hom is alles op die aarde en in die hemel met God versoen.

Vers 21-23 – Staan vas in die geloof

Hierdie verlossing- en versoeningswerk sluit die Kolossense in, soos Paulus hier skryf. En let op hoe Paulus nie net die wonderlike verandering wat by hulle deur geloof in Christus gekom het, besing nie, maar hulle ook oproep om vas te bly staan in die geloof en hulle nie te laat losruk van die hoop op verlossing, soos wat nou kon gebeur deur die mense wat hulle met verkeerde idees mislei.

2 Erediens

2.1 TemaJesus is die Here!

2.2 PowerPoint agtergrondDie foto van ’n kind wat bid is deur Nancy Big Crow by flickr.com, Creative Commons lisensie.

9

Page 10: preekriglyne.co.za · Web viewPaulus maak God deel van sy gesprek met Kolosse Dit is interessant hoe Paulus sy gebed in gesprek laat oorgaan. Hy begin deur God te dank vir die gemeente

Jy kan ook die foto van ’n kruis op ’n heuwel gebruik. Foto deur r351574nc3 by flickr.com, Creative Commons, aangepas in Picasa.

Die bekende biddende hande deur Albrecht Durer is in die publieke domein, beskikbaar by Wikimedia.commons. Hierdie weergawe is gesny en die kleure verander in Picasa.

2.3 LiturgieAanvangslied 163 Soos ‘n wildsbok vs 1

Aanvangswoord (Lukas 1)

Seëngroet (Kol 1)

Lied 198 God is my lied 1,2,3

VerootmoedigingWet (Uit Kol 3)Skuldbelydenis Lied 232 Diep o God diep neergeboë vs 1

Vryspraak en bemoediging (Kol 1)Aanvaarding van vryspraak Lied 232 Diep o God diep neergeboë vs 2

Gebed om geestelike groei as responsgebed: (Kolossense 1:3-8)

LofliedereLied 213 Kom volk van God verhef jul stem 1,2 en/ofLied 214 Here ons sal U loof vs 1,2,3

Epiklese (Ahv Psalm 138)Skriflesing Kolossense 1:1-20 (11-20)Prediking

GebedGeloofsbelydenis (ahv Kolossense 1)

OffergawesWegsending 219 Laat ons sing van ons Verlosser 1,2,3Seën (Ahv Kol 1:9-11)

Musikale Amen Lied 312/313/314/315/ ofF361. Laat Dit So Wees (Amen)

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus

3.1 RusAanvangslied 163 Soos ‘n wildsbok vs 1

Aanvangswoord 68“Lofwaardig is die Here,

die God van Israel,

10

Page 11: preekriglyne.co.za · Web viewPaulus maak God deel van sy gesprek met Kolosse Dit is interessant hoe Paulus sy gebed in gesprek laat oorgaan. Hy begin deur God te dank vir die gemeente

want Hy het sy volk in genadeopgesoek

en vir hulle verlossing bewerk.69’n Sterk Verlosser het Hy

vir ons laat opstaanuit die huis van sy dienaar Dawid.

(Lukas 1)

Seëngroet 2Aan almal in ……………………………….. wat aan God behoort, getroue broers in Christus.Genade en vrede vir julle van God ons Vader! (Kol 1)

Lied 198 God is my lied 1,2,3

VerootmoedigingWet (Uit Kol 3)Die ou en die nuwe lewe5Daarom moet julle die aardse dinge doodmaak wat nog deel van julle lewe is: onsedelikheid, onreinheid, wellus, slegte begeertes, en gierigheid, wat afgodery is. 6Deur sulke dinge kom die straf van God oor die mense wat aan Hom ongehoorsaam is. 7Vroeër het julle ook aan dié dinge meegedoen toe julle nog daarin gelewe het. 8Maar nou moet julle al hierdie dinge laat staan: woede, haat, nyd en gevloek. Vuil taal moet daar nie uit julle mond kom nie. 9En moenie vir mekaar lieg nie. Julle het met die ou, sondige mens en sy gewoontes gebreek 10en leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God. 11Hier is dit nie van belang of iemand Griek of Jood is nie, besny of nie besny nie, andertalig, onbeskaaf, slaaf of vry nie. Hier is Christus alles en in almal.12Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie lief het. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. 13Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. 14Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind. 15En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar. 16Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing. 17En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.

Skuldbelydenis Lied 232 Diep o God diep neergeboë vs 1

Vryspraak en bemoediging21Ook julle was voorheen ver van God af en vyandiggesind teenoor Hom, soos blyk uit julle sondige lewenswyse. 22Maar nou het Hy ook julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterwe het om julle heilig, sonder smet en onberispelik voor Hom te stel. 23Maar dan moet julle vas en sterk bly staan in die geloof en julle nie laat losruk van die hoop wat in julle gewek is deur die evangelie wat julle gehoor het nie. Dit is die evangelie wat aan al die mense op die aarde verkondig is en waarvan ek, Paulus, ’n dienaar geword het. (Kol 1)

Aanvaarding van vryspraak Lied 232 Diep o God diep neergeboë vs 2

11

Page 12: preekriglyne.co.za · Web viewPaulus maak God deel van sy gesprek met Kolosse Dit is interessant hoe Paulus sy gebed in gesprek laat oorgaan. Hy begin deur God te dank vir die gemeente

Gebed om geestelike groei as responsgebed: (Kolossense 1:3-8)Voorganger: Ons bid dat ons deur die wysheid en insig wat die Gees ons gee, vol salword van die kennis van U wilGemeente: sodat ons tot eer van U sal lewe deur te doen wat U verlangVoorganger: Dan sal ons vrugte dra deur goeie werkeGemeente: en toeneem in kennis oor GodVoorganger: Gee ons U wonderbare krag om met geduld te volhard in alleomstandighedeGemeente: Dan kan ons met blydskap volhardVoorganger: Ons dank U Here Jesus dat U ons geskik gemaak het om deel te hê aan die hemelse erfenis wat vir ons wag.Gemeente: U het ons uit die mag van die duisternis bevryVoorganger: Deur die Seun het ons nou verlossing gekry.Gemeente: Deur die Seun is ons sondes vergewe. Amen (Woordwyser 2006:40)

LofliedereLied 213 Kom volk van God verhef jul stem 1,2 en/of

Lied 214 Here ons sal U loof vs 1,2,3

3.2 LiedereF180. U Is Heer

(RUBRIEK: Kruisfuur – Lof / Geloofsbelydenis)

Teks en Musiek: Rick Moser© 2006 MAR Gospel Music Publishers

Refrein:Met hande omhoogverklaar ons: U is Heer!Dat almal kan hoor,verklaar ons: U is Heer!Laat die volke weet en juigdie Koning is hier tuisin ons stad en in ons harte.U regeer.

1. Die hele aarde smag daarnaom geregtigheid te kenom elke dag in vrede te kan leef.U't gekies om deur die kruisgeregtigheid te bringEn deur verloste menseas Vredevors te heers.

12

Page 13: preekriglyne.co.za · Web viewPaulus maak God deel van sy gesprek met Kolosse Dit is interessant hoe Paulus sy gebed in gesprek laat oorgaan. Hy begin deur God te dank vir die gemeente

F200. Môrester

(RUBRIEK: Kruisfuur – Lof)

Teks en Musiek: Stass van Veuren© 2008 MAR Gospel Music Publishers

1. U is die Alfa en OmegaEn U is steeds die MôresterU ken my hart, U ken my leweKom, Vader, lei my, leer my, Wys my hoe om vir U te lewe

Refrein:Jesus, ek het U liefMy mond wil sing omdat my hart deel in u ewige leweJesus, ek het U liefU is my rots; U is die Een vir wie ek lewe

F327. Jesus, Rots

(RUBRIEK: Kruisfuur – Hoop & Vertroue)

Teks: Attie van der Colf Musiek: Carli Lessing© NG Kerk Uitgewers (Liedboek 503); Nuwe verwerking 2009 deur WINS Music

Jesus, Rots, my hoop vir ewig,Veilig kan ek op U bouU is Heer, my anker stewigVas kan ek op U vertrou

U, my hoop, my koers op aardeU gee aan die lewe sin.Heer, U gee my lewe waardeNuut kan ek met U begin

Refrein:Deur u mag, deur u kragDra U my van dag tot dagAan U Heer, altyd weer Lof, aanbidding, dank en eerLof, aanbidding dank en eer

U, my hoop, my hede, toekomsLeer my werk en bid en wagU gee op my vrae uitkoms Inspireer my elke dag

Refrein:

13

Page 14: preekriglyne.co.za · Web viewPaulus maak God deel van sy gesprek met Kolosse Dit is interessant hoe Paulus sy gebed in gesprek laat oorgaan. Hy begin deur God te dank vir die gemeente

Brug:U vergeef, U laat leefIn U krag kan ek oorwinU vergeef, U laat leefIn U krag kan ek oorwin, kan ek oorwin

4 God praat met ons en ons luisterEpiklese (Ahv Psalm 138)Here, ek wil U met my hele hart loof-dit is tot u eer dat ek sing. Ek wil na u heilige tempel toe buig en u Naam roem om u liefde en trou, want U het u Naam en u woord

bo alles gestel. Ek wil sing

oor wat die Here gedoen het, want die mag van die Here is groot. Aan u liefde, Here,

is daar geen einde nie. Moet tog nie die werk van u hande

laat vaar nie.Amen

Skriflesing Kolossense 1:1-20 (11-20)Prediking

4.1 Familie-oomblik‘n Deel van Kolossense 1 is Paulus se gebed vir die gemeente. Begin ’n gesprek met die kinders oor gebed.

Bid julle gereeld?

Waarvoor bid julle?

Is dit soms moeilik om te dink aan dinge om voor te bid?

Hier is ’n vyf-vinger gebed wat jou kan help.

Vou jou hande eers saam voor jou soos op die prentjie op die PowerPoint asof jy besig is om te bid. Hou jou oë oop sodat jy jou hande kan sien. Jy sal sien dat die naaste vinger aan jou is jou duim. Omdat dit die naaste aan jou is, herinner jou duim jou om te bid vir dié wat die naaste aan jou is. Bid vir jou ouers en jou boeties en sussies.

Die volgende vinger is jou wysvinger. Ons gebruik dit om te wys na iets. Laat dié vinger jou herinner om te bid vir dié mense wat vir jou die regte rigting wys. Bid vir jou onderwysers by die skool, jou kategese onderwysers en jou predikant(e).

14

Page 15: preekriglyne.co.za · Web viewPaulus maak God deel van sy gesprek met Kolosse Dit is interessant hoe Paulus sy gebed in gesprek laat oorgaan. Hy begin deur God te dank vir die gemeente

Die volgende vinger is die langste vinger, jou middelvinger. Dit herinner ons daaraan om vir ons leiers te bid. Bid vir die president en die ander leiers in die regering en in jou dorp of stad.

Die vierde vinger is die ringvinger. Dit is die vinger wat moeilik op sy eie kan beweeg en eintlik die swakste vinger is. Bid dus vir dié mense wat siek is.

Die volgende vinger is die kleinste vinger, jou pinkie. Dit herinner jou dat jy ook kan bid vir jouself.

Volgend keer as jy bid, en jy weet nie wat om vir God te vra nie, gebruik dan hierdie Vyf-vinger-gebed om jou te help.

Aangepas uit http://www.sermons4kids.com/fivefingerprayer.html by www.seisoenvanluister.co.za, 11 Julie 2010

4.2 PreekriglynDick Dye, sendeling van die Presbiteriaanse Kerk in die VSA, het in 1973 'n kerk probeer plant in Acapulco, Meksiko. Hy het dikwels mismoedig geword. In hierdie oomblikke het hy opgekyk na 'n groot kruis op 'n nabygeleë berg. Dit het hom versterk om met sy werk voort te gaan.

Op 'n dag ry hy teen die berg uit om die kruis van naderby te bekyk. Tot sy verbasing is daar 'n groot hotel neffens die kruis. Hy stap die hotel binne en vra om met die eienaar te gesels.

Dick vertel die hoteleienaar hy is 'n sendeling in Acapulco. "Ek beleef terugslae en raak mismoedig. Dan sien ek hierdie kruis en dit bemoedig my. Ek bedank jou uit my hart uit vir hierdie kruis."

Vir die tweede keer daardie dag word Dick verras. Die eienaar laat sak sy kop, lê dit op sy lessenaar neer, en begin huil. Hy huil en huil. Later tel hy sy kop op en sê: "Daardie kruis is alreeds jare daar. Deur al hierdie jare het mense my geweldig hiervoor gekritiseer. Jy is die eerste mens wat in al die jare dankie kom sê vir die kruis. Wat kan ek vir jou doen?"

"Ek is maar net 'n sendeling," sê Dick.

"Waar ontmoet julle?" vra die eienaar.

"Ons ontmoet nêrens nie, ek het nie 'n plek waar ek mense bymekaar kan laat kom nie."

Die eienaar neem Dick na 'n pragtige kapel op die hotel se terrein. Hy gee hom toestemming om mense te nooi en eredienste te begin hou.

Só is die eerste Presbiteriaanse gemeente in Meksiko geplant. Binne 'n paar jaar was dit een van vier nuwe gemeentes wat deel van die Presbiteriaanse kerk in Meksiko geword het.

Hoe het dit alles begin? Deur een man wat dankie gesê het.

'n Gemeenskap van lof en dank

Paulus begin sy brief aan die gemeente in Kolosse deur te vertel hoe hy God oor dié gemeente dank:

15

Page 16: preekriglyne.co.za · Web viewPaulus maak God deel van sy gesprek met Kolosse Dit is interessant hoe Paulus sy gebed in gesprek laat oorgaan. Hy begin deur God te dank vir die gemeente

Wanneer ons tot God, die Vader van ons Here Jesus Christus, bid, dank ons Hom altyd vir julle omdat ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus en van julle liefde vir al die gelowiges. (1:3-4)

Paulus dank God omdat God die gemeente in Kolosse uit genade geskep het. God het vir hulle geloof en liefde gegee, wat gewortel is in die hoop wat vir hulle in die hemele bewaar word (5). Die gemeente bestaan, en deel in geloof, hoop en liefde, omdat God in die wêreld aan die werk is en mense na God toe trek. Dit is God wat deur sy wonderbare krag mense in staat stel om aan God te bly vashou (11). Die volharding in geloof is ook 'n geskenk van God.

Dank en lof hoort daarom in die hart van 'n gemeente se lewe. Dank en lof is die spontane en gepaste reaksie op die groot dinge wat God doen. Gevolglik roep Paulus die gemeente ook op om God te loof en te dank:

Met blydskap moet julle die Vader dank wat julle geskik gemaak het om deel te hê aan die erfenis wat vir die gelowiges wag in die ryk van die lig. (12)

Die motief vir ons danksegging lê in God se groot dade:

God het die gemeente geskik gemaak om deel te hê aan die wonderlike erfenis wat Hy vir ons weggelê het (12)

God het die gemeente uit die mag van die duisternis weggeruk (13). Die gelowiges word daaraan herinner dat hulle onder die absolute mag, oorheersing, heerskappy van die duisternis was. God het hulle uit hierdie magsgebied weggeruk. Die duisternis dui op die boosheid, onheil, sondige aard van hierdie mag. Paulus sê ons is uit hierdie mag weggeruk, verlos, bevry.

God het die gemeente onder die heerskappy van sy Seun gestel wat Hy liefhet (13). God se gemeente is nou onder nuwe bestuur. Ons het 'n nuwe Koning en is deel van 'n nuwe koninkryk. Ons is onder God se heerskappy.

Deur die Seun van God het ons die verlossing verkry (14), die vergewing van ons sondes. Deur hierdie vrykoping (letterlik losprys) het ons in Christus kwytskelding van ons sondes ontvang. God reken ons ons sondes nie langer toe nie. Daardeur is ons vanuit die mag van die duisternis weggeruk en onder die heerskappy van sy Seun gestel.

Grondslag

Met hierdie oproep tot dank oor God se groot dade, lê Paulus die grondslag vir die hele Kolossensebrief: Christus het hulle van alle bedreigende mag verlos. Hy is daarop ingestel om dwaalleer onder die Kolossense te bestry. Daarom lê hy 'n stewige fondament deur op God se koningskap en werk van verlossing te wys. God neem mense uit die ryk van duisternis, en maak hulle deel van God se heerskappy. God stel mense, en ook die duisternis, onder Christus se heerskappy.

In vers 15-20 spel Paulus die betekenis van verse 13 en 14 verder uit. Hy lig die verlossing toe wat Christus bewerk het deur ons uit die mag van die duisternis te bevry. Hy doen dit met ’n verwysing na Christus se plek in die hele skepping. Christus heers oor alles. Dit was in teenstelling met die destydse siening oor die geesteswêreld. Dit was belangrik met die oog op die dwaalleer in Kolosse. Ons kom later hierop terug.

16

Page 17: preekriglyne.co.za · Web viewPaulus maak God deel van sy gesprek met Kolosse Dit is interessant hoe Paulus sy gebed in gesprek laat oorgaan. Hy begin deur God te dank vir die gemeente

Jesus, die Here in skepping en herskepping

Die motivering vir gelowiges se dankbaarheid bereik in verse 15 tot 20 'n crescendo. Hierdie word die heerlikheid van Jesus, deur wie God se koninkryk gevestig is in skepping en herskepping, met dankbaarheid besing.

Die digterlike taal van vers 15-20 is opvallend. Dit is waarskynlik 'n lied wat die geloof van die vroeë kerk verwoord het. Die lied is in twee parallelle strofes opgedeel: vers 15-17 (skepping) en vers 18-20 (herskepping). Die lied het 'n baie ryk inhoud.

Jesus, Here in die skepping (15-17)

Let op hoe God as verhewe bo die Skepping geteken word. God is dus nie deel van die Skepping nie, maar skep dit as iets wat onder sy beheer en versorging staan. Let ook op dat daar van sigbare en onsigbare wesens gepraat word, en dat dit alles deur God geskep is. Paulus beklemtoon dit onder andere omdat daar van die gelowiges in Kolosse was wat bv. engele aanbid het. Hiermee wys Paulus dat hierdie wesens onder God is, deur Hom gemaak is, en daarom nie voorwerpe van aanbidding kan wees nie. Jesus het 'n besondere rol gespeel in die Skepping, in sy voor-menslike bestaan. Alles is deur Hom en vir Hom geskep.

Jesus, Here in die herskepping (18-20)

En na sy dood en opstanding is Hy ook die Een vir Wie die lof van die Herskepping bedoel is. Let op dat dit juis deur die kruis-evangelie is wat Jesus nou nie net Here van die skepping is nie, maar Here van die herskepping, d.w.s. van gelowiges wat hulle op God se versoening verlaat. Deur Hom is alles op die aarde en in die hemel met God versoen.

Afwysing van dwalinge

Dit is duidelik dat Paulus hierdie brief skryf om sekere idees en praktyke wat begin posvat het in die gemeente se invloed teë te werk. Dit is dus nie soseer die mense self – bv. dwaalleraars – wat aangevat word nie. Hy vat eerder hulle idees en praktyke aan.

Wat mens uit die brief aflei, is dat hierdie idees en gebruike van ’n interessante vermenging van Joodse en ander godsdienstige en filosofiese idees en praktyke gekom het:

Daar was teorieë en argumente dat mens se lewe beheers is deur magte en kragte in die skepping self, en nie deur Christus nie.

Daar was allerhande voorskrifte dat jy jou by wettiese, godsdienstige reëls moet hou om in die regte verhouding met God te leef. Dit was dinge soos wat jy mag eet of drink, waaraan jy mag raak, die feeste wat onderhou moes word (soos die nuwemaansfees) en die Sabbatdag.

Daar was ook sprake van die aanbidding van engele en gebruike om liggaamlike behoeftes te ontken (askese).

'n Swetterjoel vreemde invloede het gedreig het om die boodskap van Christus te verdring en die gemeente in bygeloof te laat verval. Paulus maak beswaar teen enige vermenging van die geloof in Christus met selfgemaakte leerstellings, veral wanneer dit nog met jou saligheid verbind word.

17

Page 18: preekriglyne.co.za · Web viewPaulus maak God deel van sy gesprek met Kolosse Dit is interessant hoe Paulus sy gebed in gesprek laat oorgaan. Hy begin deur God te dank vir die gemeente

Paulus help dus die gemeente en sy leiers om vir dié idees en praktyke te kan nee sê, voor dit te veel aanhangers in die gemeente sou hê. Dit gaan in die Christelike geloof net om Christus. Dit is waarom hy in die eerste hoofstuk soveel klem lê op die voorrang van die Seun, nie net in betrekking tot die aarde nie, maar ook met betrekking tot die hemel (Kol 1:15-20). Die enigste manier om te leef, is om vanuit 'n verhouding met Christus te leef en Hom toe te laat om alle verhoudinge waarbinne jy leef, te beïnvloed.

Die evangelie is: Jesus is Here oor alles

Iemand skryf die somtotaal van 1:15-20 is duidelik:

Dit gaan om die belydenis van die gemeente dat Christus, hulle Heer en Hoof, nie alleen kragtens sy aandeel in die skepping nie, maar veral op grond van die versoening deur die kruis, ook Heer en Hoof is oor alle dinge en alle magte. Dit is nie as wysgerige spekulasie nie, maar as belydenis in hoop. Dit is bedoel om die gemeente te troos en te vermaan. Die gemeente hoef geen mag te vrees nie, maar moet haar ook nie deur enige mag laat verslaaf nie. Christus het oor alle magte getriomfeer en die heerskappy van die ganse skepping oorgeneem. Hy is die Heer!

Opgeroep om God te dank

Ook God se gemeente in die 21ste eeu word opgeroep om God te dank vir sy koningskap en heerskappy. Ons is nie uitgelewer aan allerlei magte en kragte, reëls en gedragspatrone, wat ons verhouding met God kan bedreig nie.

Dit beteken niks kan ons toekoms uit God se hande ruk nie. Die wêreld is in God se hande, en God stuur die wêreld in die rigting van die heerlike vernuwing wat God daarvoor weggelê het. Die wêreldgeskiedenis sal voor God se regterstoel eindig. Ons sal deel hê aan die erfenis wat vir die gelowiges wag in die ryk van die lig.

Hierdie wete moet feestelik gevier word in elke erediens, waar dankgesange en lofliedere opstyg tot God se eer.

'n Gemeenskap van lof en dank

Die Westerse wêreld is bekend vir sinisme. Ons is skepties, en glo en vertrou min dinge buite onsself. Ons is daarop ingestel om te bevraagteken. Ons werk net met wat ons kan sien, tas en ondersoek.

Die sosioloog Max Weber het hierdie lewensbenadering as dié van 'n ontluisterde wêreld beskryf. Die wêreld het sy luister verloor. "Disenchanted" – dis wie ons is.

Die effek hiervan is dat ons ons vermoë verloor om verwonderd te wees oor God se groot genade. Lof en dank bly by ons in die slag.

As gemeente moet ons daarom ons hard werk om ons verwondering terug te kry. Om verstom te staan oor die grootheid van God. Ons moet ons vermoë om God te loof en te dank terugkry.

Die manier om dit te doen, is om ons lof- en dankgesange van harte en met oortuiging te begin sing. Om Paulus se woorde in hierdie, en ander, briewe te bedink, te bid en te sing.

18

Page 19: preekriglyne.co.za · Web viewPaulus maak God deel van sy gesprek met Kolosse Dit is interessant hoe Paulus sy gebed in gesprek laat oorgaan. Hy begin deur God te dank vir die gemeente

Kom ons begin deur die volgende, saam hardop te sê en te bid:

Die Seun is die beeld van God van die onsigbare God, die openbaring van God;Die Seun is die Eerste, verhewe bo die hele skepping, beklee met al die mag;God het deur die Seun alles geskep wat in die hemel en op die aarde is;Alles is vir die Seun geskep;Alles is deur die Seun geskep;Die Seun was voor alles al daar;Deur die Seun bly alles in stand;Die Seun is die hoof van sy liggaam, die kerk;Die Seun is die oorsprong van die kerk;Die Seun is die Eerste, die begin, die Wegbereider van alles;Die Seun is die eerste wat uit die dood opgestaan het;Die Seun het die eerste plek in die heelal ingeneem;God het besluit om met sy volle wese in die Seun te woon;God het besluit om deur die Seun alles met Homself te versoen;God het besluit om deur die bloed van sy Seun aan die kruis vrede te herstel;God het deur die Seun alles wat op die aarde en in die hemel is met Homself versoen.

Christus het die heerskappy en gesag oor alle magte. Christus is die hoof van die kerk en van die ganse skepping. Christus is die Koning oor alles! Dit is sy magsgebied en ons is onder sy heerskappy.

5 God stuur ons om te leefGebed“Here Jesus, tydens u aardse lewe het U nooit één keer mooi woorde as plaasvervanger vir dade gebruik nie. Van al die mense wat ooit gelewe het, was U die enigste wie se dade die uitvoering was van alles wat U belowe en geleer het. U het nie weggeskram van betrokkenheid by die nood van ander en in woorde geskuil – soos ons so maklik doen nie. U, die Woord, het mens geword en onder ons kom woon. Here, help ons om na u voorbeeld te lewe. Soos die Vader U gestuur het om mens te word, mens vir ander, so stuur U ons ook.”(Rowland Croucher in Die Groot Gebedeboek van Piet Naudé: Lux Verbi. 2002; uit Bybelmedia se Woord en Fees: Preekriglyne en Liturgiese Voorstelle vir 2012-13)

GeloofsbelydenisGeloofsbelydenis ahv Kolossense 1Ek glo in God die Vader-God wat self nie gesienkan word nie,God wat deur die Seun alles geskep hetwat in die hemel en op die aarde is:alles wat gesien kan worden alles wat nie gesien kan word nie,konings, heersers,maghebbers, gesagvoerders.God het besluitom met sy volle wese in die Seun te woonen om deur Hom alles

19

Page 20: preekriglyne.co.za · Web viewPaulus maak God deel van sy gesprek met Kolosse Dit is interessant hoe Paulus sy gebed in gesprek laat oorgaan. Hy begin deur God te dank vir die gemeente

met Homself te versoen.Deur die bloed van sy Seunaan die kruishet Hy die vrede herstel,deur Hom het Hy alles op die aardeen in die hemelmet Homself versoen.

Ek glo in die Seun, Jesus Christus-Die Seun is die beeld van God,Die Seun is die Eerste,verhewe bo die hele skepping.Voor alles was Hy al daar,en deur Hom bly alles in stand.Hy is die hoof van die liggaam,van die kerk.Hy is die oorsprong daarvan,Hy is die Eerste,die Een wat uit die doodopgestaan het,sodat Hy die eerste plekin die heelal inneem.

Ek glo in die Heilige Gees.Ek glo aan ’n heilige, algemene, Christelike kerk,die gemeenskap van die heiliges;die vergewing van sondes;die opstanding van die vleesen ’n ewige lewe.

Offergawes

Wegsending 219 Laat ons sing van ons Verlosser 1,2,3

SeënMag God deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, sy wil duidelik laat ken, sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God.Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard.(Ahv Kol 1:9-11)(Uit Woordwyser 2006:40)

Musikale Amen Lied 312/313/314/315/ of

F361. Laat Dit So Wees (Amen)

(RUBRIEK: Kersflam – Gebed)

Teks en musiek: Neil Büchner

20

Page 21: preekriglyne.co.za · Web viewPaulus maak God deel van sy gesprek met Kolosse Dit is interessant hoe Paulus sy gebed in gesprek laat oorgaan. Hy begin deur God te dank vir die gemeente

Kopiereg: Flam Musiek-Uitgewers

Laat dit so wees, Here, Amen.Laat dit so wees, Here, Amen.Heer, laat ons leef soos U leerHere, Amen.Laat dit so wees, Here, Amen.

6 Volgende erediensJesaja 2:1-5

Familie-oomblik en liturgie: Wicus WaitPowerpoint: Rethie van NiekerkPreekriglyn: Danie MoutonProsesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk

21