van induktiewe studie. sluit aan by ons precept africa ... · ’n ryk tyd op jou, waartydens jy...

26
Groete van Precept Ministries Ons is so bly dat jy gekies het om God se Woord te bestudeer. Daar wag ’n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van God, sy karakter, sy weë en die verhouding wat ons met Hom het. Ons is seker dat God se Woord jou die kennis en movering sal bied om jou te help om waardig jou roeping in Jesus Christus te wandel en dat jy persoonlik uitgedaag, bemoedig en verander sal word deur die krag van sy bonatuurlike Woord. Ons wil graag met jou in verbinding bly sodat jy ons kan vertel van die wonderlike dinge wat God deur Precept Ministries doen. Sal jy met ons skakel? Ons wil die verhaal hoor van hoe God jou aangeraak het as gevolg van indukewe studie. Sluit aan by ons Precept Africa-tuisblad op “Online Community” by www.precept.org, of op Facebook by Precept Ministries Africa. Ter afsluing wil ons jou bedank vir jou toewyding ten opsigte van jou getroue studie van God se Woord, om jou “beproef voor God te stel as ’n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny” (2 Timótheüs 2:15, 1953 Afrikaanse Vertaling). Tussen jou en ons is daar ’n spesiale band op grond van ons liefde vir God se Woord. Ons sien daarna uit om van jou te hoor. Die Precept-span

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: van induktiewe studie. Sluit aan by ons Precept Africa ... · ’n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van God, sy karakter, sy weë en die verhouding wat ons met Hom het. Ons

Groete van Precept Ministries

Ons is so bly dat jy gekies het om God se Woord te bestudeer. Daar wag ’n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van God, sy karakter, sy weë en die verhouding wat ons met Hom het. Ons is seker dat God se Woord jou die kennis en motivering sal bied om jou te help om waardig jou roeping in Jesus Christus te wandel en dat jy persoonlik uitgedaag, bemoedig en verander sal word deur die krag van sy bonatuurlike Woord.

Ons wil graag met jou in verbinding bly sodat jy ons kan vertel van die wonderlike dinge wat God deur Precept Ministries doen. Sal jy met ons skakel? Ons wil die verhaal hoor van hoe God jou aangeraak het as gevolg van induktiewe studie. Sluit aan by ons Precept Africa-tuisblad op “Online Community” by www.precept.org, of op Facebook by Precept Ministries Africa.

Ter afsluiting wil ons jou bedank vir jou toewyding ten opsigte van jou getroue studie van God se Woord, om jou “beproef voor God te stel as ’n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny” (2 Timótheüs 2:15, 1953 Afrikaanse Vertaling). Tussen jou en ons is daar ’n spesiale band op grond van ons liefde vir God se Woord.

Ons sien daarna uit om van jou te hoor.

Die Precept-span

Page 2: van induktiewe studie. Sluit aan by ons Precept Africa ... · ’n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van God, sy karakter, sy weë en die verhouding wat ons met Hom het. Ons
Page 3: van induktiewe studie. Sluit aan by ons Precept Africa ... · ’n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van God, sy karakter, sy weë en die verhouding wat ons met Hom het. Ons

OORSKRIF

Nehemía

Heropbou, herlewingen Herstel van

god se volk

VV

opOORSKRIF

Page 4: van induktiewe studie. Sluit aan by ons Precept Africa ... · ’n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van God, sy karakter, sy weë en die verhouding wat ons met Hom het. Ons

voorskrif op voorskrif

NehemíaHeropbou, Herlewing en Herstel van God se Volk

© 2009,2013 Precept Ministries International, Chattanooga, Tennessee U.S.A. ALL RIGHTS RESERVED.

This work is a translation from the original English language edition of Nehemiah: RebuildiNg, Revival aNd RestoRa-tioN of the PeoPle of god, authored by Kay Arthur. © 1993, 2006, 2013, Precept Ministries International, Chattanooga,

Tennessee U.S.A.

ALL RIGHTS RESERVED. Used by permission.

© 2017 Precept Ministries International, Chattanooga, Tennessee U.S.A. ALLE REGTE VOORBEHOU. Geen deel van hierdie publikasie mag gereproduseer, vertaal of elektronies, meganies of in enige vorm geberg of versend word sonder

die skriftelike toestemming van die uitgewer nie. Hierdie beperking sluit in fotokopiëring, skandering of die berging van enige stof op enige inligtingbergingstelsel. ALLE REGTE VOORBEHOU. Gebruik met toestemming.

Bybel in Afrikaans 1933/1953-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika. 1933, 1953

1ste Uitgawe (130)

Gedruk in Suid-Afrika

Februarie 2018

PRECEPT MINISTRIES (SA)

Posbus 539

Howard Place

7450

SUID-AFRIKA

www.precept.org.za

Tel./Faks +27 (021) 531-1836

Gedruk deur Bevan Groep, Strand

ii

Page 5: van induktiewe studie. Sluit aan by ons Precept Africa ... · ’n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van God, sy karakter, sy weë en die verhouding wat ons met Hom het. Ons

iii

INHOUD

V opOORSKRIFVOORSKRIF

BLADSY LES

1 EEN Nehemía 1-2

19 TWEE Nehemía 3-5

33 DRIE Nehemía 6-7

41 VIER Nehemía 8-10

51 VYF Nehemía 11-13

BYLAE

67 Waarnemingsblaaie van Nehemía

115 Nehemía, die Man

117 Nehemía Oorsigwerkblad

119 Die Tyd van Esra, Nehemía en Ester

120 Die Feeste van Israel

123 Jerusalem Se Stadspoorte

125 Die Joodse Kalender

127 Omtrent Precept Ministries International

Page 6: van induktiewe studie. Sluit aan by ons Precept Africa ... · ’n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van God, sy karakter, sy weë en die verhouding wat ons met Hom het. Ons
Page 7: van induktiewe studie. Sluit aan by ons Precept Africa ... · ’n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van God, sy karakter, sy weë en die verhouding wat ons met Hom het. Ons

NUTTIGE STUDIEHULPMIDDELS

Vop

VOORSKRIF

OORSKRIF

NUTTIGE STUDIEHULPMIDDELS

aRthuR, Kay; aRthuR, david; de lacy, Pete

The New How to Study Your Bible Eugene, Oregon, Harvest House Publishers, 2010.

The New Inductive Study Bible Eugene, Oregon, Harvest House Publishers, 2000.

Hebreeuse Woordstudiehulpmiddels (Die volgende is ’n lys van nuttige Woordstudie-hulpmiddels:)

haRRis, R. laiRd; aRcheR, gleasoN, l JNR.; WaltKe, bRuce K.Theological Wordbook of the Old Testament Theological Wordbook of the Old Testament, 1980.

RichaRd laWReNce o.Expository Dictionary of Bible WordsGrand Rapids, Michigan: Zondervan Publishing House, 1985.

NUTTIGE KOMMENTARE gaebeleiN, fRaNK e. The Expositor's Bible Commentary, Volumes 4, 1,2 Kings, 1, 2 Chronicles, Ezra, Nehemiah, Esther, Job Grand Rapids, Michigan, Zondervan Publishing House, 1992

WalvooRt, JohN f., ZucK, Roy b. Red. The Bible Knowledge Commentary: An Exposition of the Scriptures Wheaton, Illinois: Victor Books, 1993-c1995

caRsoN, d.a. The New Bible Commentary Downers Grove, Illinois: Inter-Varsity Press, 1994

Keil, d.f.; delitZch

Commentary on the Old Testament Peabody, Massachusetts: Hendricksen Publishers Inc., 2002

AANBEVOLE SAGTEWARE

Logos Bybelsagteware

Kragtige soekenjins met tot 4,000 elektroniese studiehulpmiddels (kommentare, leksikons, By-belse ensiklopedieë, ens.) maak vinnige, eenvoudige en gevorderde naslaan van veelvoudige bronne moontlik in ’n sistematiese en ordelike aanbieding — ideaal vir woord- en onder- werpstudies, gebaseer op die oorspronklike Hebreeuse en Griekse tekste. Beskikbaar by www.logos.com.

v

Page 8: van induktiewe studie. Sluit aan by ons Precept Africa ... · ’n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van God, sy karakter, sy weë en die verhouding wat ons met Hom het. Ons
Page 9: van induktiewe studie. Sluit aan by ons Precept Africa ... · ’n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van God, sy karakter, sy weë en die verhouding wat ons met Hom het. Ons

© 2018 Precept Ministries International

1

Vop

VOORSKRIF

OORSKRIF

Nehemía Les 1: Nehemía 1-2

LES EEN

Hoofstuk Een en Twee

Waarnemingsblaaie van Nehemía 1-2 Nehemía-Oorsigwerkblad Nehemía: die Man Die Tye van Esra, Nehemía en Ester Die Joodse KalenderKruisverwysings

Die Krag van Een Mens

Is dit moontlik vir een mens om ’n verskil te maak?

Al wil jou hart met oortuiging “ja” sê, sê jou verstand waarskynlik: “Nee, nie regtig nie. Die probleme is te groot en te ingewikkeld om deur een mens aangepak en verander te word.”

As dít is hoe jy dink, vriend, sal jy gaande wees oor hierdie studie van die boek Nehemía. Binne die volgende paar weke sal jy sien hoe God ’n individu kan gebruik om ’n verskil te maak.

Die krag van een.

Een mens wat vasberade die een ware God volg.

Een enkele mens wat ’n verskil maak.

1. Wanneer jy met hierdie studie begin, is dit belangrik dat jy moet onthou om elke dag met gebed te begin. Waarom? Omdat die woorde wat jy op die punt staan om te bestudeer, God se Woorde is (2 Timótheüs 3:16).

Kweek dus die gewoonte aan om God — deur sy Gees — te vra om jou te leer

Hierdie Les

Sluit In

Precept Ministries SAPosbus 539Howard Place, 7450, Suid-Afrika

DagEen

Page 10: van induktiewe studie. Sluit aan by ons Precept Africa ... · ’n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van God, sy karakter, sy weë en die verhouding wat ons met Hom het. Ons

© 2018 Precept Ministries International 2

Vop

VOORSKRIF

OORSKRIF

Nehemía Les 1: Nehemía 1-2

wat Hy geskryf, en oor duisende jare bewaar het. Nehemía, soos al die ander boeke, is met ’n spesifieke doel voor oë geskryf. Die woorde daarvan moet geleer, verstaan en op ons lewens toegepas word.

Nie alleen is dit woorde wat deur die Vader gespreek is nie, die Vader se woorde is ook deur Jesus bevestig toe Hy gesê het: “Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan” (Deu-teronómium 8:3; Matthéüs 4:4).

2. Wanneer jy ’n boek van die Bybel bestudeer, is dit belangrik om die tipe let-terkunde waarmee jy besig is, te identifiseer, om jou te help om korrek te interpreteer. Lees die eerste hoofstuk van Nehemía om jouself te vergewis van die manier waarop die boek begin.

Jy sal Waarnemingsblaaie in die Bylae vind. Ter wille van julle wat nie ervaring van Voorskrif op Voorskrif induktiewe studies het nie: ’n Waarnemingsblad is ’n uitdruk van die boek as geheel, hoofstuk vir hoofstuk. Dit is dubbel gespasieer en voorsien van breë kantlyne vir maklike leeswerk en aantekeninge. Dit is ’n werkblad waarop jy skryf en teken soos jy wil.

Wanneer jy klaar is, dink na oor die tipe literatuur wat jy gelees het. Watter indruk skep die boek Nehemía? Klink dit soos geskiedenis, poësie, wysheidsliteratuur of profesie?

3. Soos jy kan sien, is Nehemía deel van die Ou Testament.

Die Ou Testament is gevul met geskiedenis en profesie. Wanneer jy ’n historiese boek van die Bybel bestudeer, is dit belangrik om op te let na mense, gebeurte-nisse, tyd en uitkomste. Dit is waaroor geskiedenis handel!

Wanneer jy geskiedenis lees, moet jy die 5 W’s en H-vrae stel: wie, wat, wan-neer, waar, waarom en hoe. As jy na antwoorde op hierdie vrae soek wanneer jy Nehemía 1 lees, sal jy die agtergrond en die doel van die boek ontdek. Elke teks sal nie noodwendig al die 5 W’s en H-vrae beantwoord nie, maar jy moet vasstel watter van hulle wel beantwoord word.

Ons begin by wie. Soos jy waarskynlik waargeneem het, is Nehemía geheel en al op die voorgrond in hierdie hoofstuk — die nommer een wie. Wat wil God hê dat ons van hom moet weet? Gee Hy deur middel van die 5 W’s en H-vrae aan ons insig ten opsigte van hierdie persoon?

Page 11: van induktiewe studie. Sluit aan by ons Precept Africa ... · ’n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van God, sy karakter, sy weë en die verhouding wat ons met Hom het. Ons

© 2018 Precept Ministries International

3

Vop

VOORSKRIF

OORSKRIF

Nehemía Les 1: Nehemía 1-2

a. Lees deur Nehemía 1 en merk elke verwysing na Nehemía. Sluit die betrokke voornaamwoorde (ek, my) en sinonieme (soos byvoorbeeld “u kneg” in vers 6) in. Kies ’n kleur vir Nehemía. Kleure is makliker onderskeibaar.

Sommige van ons doen die waarnemings in ons Bybels omdat ons wil hê dat ons Bybels op dié manier gemerk moet wees. Die NISB (New Inductive Study Bible) is spesiaal hiervoor ontwerp en is die enigste ware Induktiewe Studie -bybel, omdat dit nie kommentare oor die teks bevat nie, maar eerder die student leer hoe om boek vir boek die waarheid self te ontdek.

b. Nadat jy Nehemía gemerk het, moet jy jouself deeglik vergewis van wat jy oor hierdie man geleer het. Lys jou waarnemings op die bladsy in die Bylae onder die opskrif Nehemía, die Man. Hierdie is nie werk om jou eenvoudig mee besig te hou nie, maar deel van die leerproses. Dikwels lees ons die By-bel, net om te vergeet wat ons gelees het. As jy merk en lys wat die teks jou leer, sal dit verhoed dat jy vergeet wat jy gelees het.

4. Wanneer jy klaar is, vra God om jou te wys of daar enigiets is wat jy by die man Nehemía kan leer en op jou eie lewe kan toepas.

a. Nehemía was byvoorbeeld bedroef oor die ellende van sy mense, die smaad wat hulle moes verduur, die stukkende mure van Jerusalem en die poorte wat met vuur verbrand is. Is daar ellende in jou familie, jou gemeenskap, kerk of nasie? Smaad? Enigiets “stukkend” in jou lewe, familie of gemeenskap? Skryf dit neer. Dit is goed om dit in woorde te stel.

b. Het jy al ooit gewonder hoe om hierdie probleme te hanteer? Wat het jy waargeneem toe jy die lys oor Nehemía gemaak het? Is daar enigiets wat jy van hom, en hoe hy hierdie hartverskeurende nuus gehanteer het, kan leer?

Page 12: van induktiewe studie. Sluit aan by ons Precept Africa ... · ’n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van God, sy karakter, sy weë en die verhouding wat ons met Hom het. Ons

© 2018 Precept Ministries International 4

c. Die laaste vraag is: Is jy gewillig om só te doen? Toepassing bestaan nie slegs uit kennis nie, maar handeling in die lig van daardie kennis. Wat dink jy ver-wag God van jou?

d. Wanneer gaan jy begin?

Voltooi jou studie vandag deur met die Soewereine Heerser van die heelal te praat oor wat jy geleer het.

1. Ons gaan vandag dieper delf in die details van die 5 W’s en H-vrae van die eerste hoofstuk van Nehemía. Jy het ongetwyfeld sommige van hulle raakgesien toe jy die lys oor Nehemía gemaak het.

2. Ons begin met wanneer en waar.

a. Wanneer vind die gebeure in Nehemía 1 plaas? Terwyl jy die teks waarneem — ontdek wat dit sê — moet jy bedag wees op die wanneer van dinge. Ons beveel aan dat jy ’n groen sirkel trek oor elke verwysing na tyd, of woorde wat op ’n tydsorde dui, soos toe, nadat en so meer. Terloops, daar is ’n geperforeerde sleutelwoord bladwyser op die agterkant van jou Precept boek. Op die een kant verskyn voorgestelde merke vir die Bybel in die alge-meen, terwyl die ander kant gebruik moet word vir die merk van spesifieke woorde wat slegs in Nehemía verskyn en wat ons later sal verduidelik.

b. Beantwoord die teks enigsins die vraag waar? Waar Nehemía is?

Waar Nehemía se broer en die manne vandaan gekom het?

Merk enigiets wat aandui waar deur dit met ’n dubbele groen lyn te onder-streep. Indien jy dan nog nie weet waar die plek is nie, kyk of jy dit op die kaart kan vind.

Vop

VOORSKRIF

OORSKRIF

DagTwee

Nehemía Les 1: Nehemía 1-2

Page 13: van induktiewe studie. Sluit aan by ons Precept Africa ... · ’n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van God, sy karakter, sy weë en die verhouding wat ons met Hom het. Ons

© 2018 Precept Ministries International

5

Vop

VOORSKRIF

OORSKRIF

Nehemía Les 1: Nehemía 1-2

3. Ons gaan voort deur te soek na wat. Wat is die situasie in Jerusalem, volgens hoofstuk 1?

4. Hoe reageer Nehemía op die nuus uit Jerusalem? Dít het jy reeds vasgestel deur Nehemía te merk, nie waar nie? En na wie wend Nehemía hom wanneer hy die nuus uit Jerusalem ontvang?

5. Ons gaan nou voort om verwysings na ’n ander Wie — die Here God — te merk. Terloops, wanneer jy die Bybel in die algemeen bestudeer, moet jy nie verplig voel om elke enkele verwysing na God te merk nie, aangesien te veel merke verwarrend kan wees. Merk dié wat essensieel is — die waarhede wat openbaar wie God is, of wat jou iets leer wat jy vantevore nie omtrent God geweet het nie.

In Nehemía 1 stel ons egter voor dat jy elke verwysing na die Here God merk, asook alle voornaamwoorde en sinonieme. Gebruik ’n kleur soos geel, of as jy

Page 14: van induktiewe studie. Sluit aan by ons Precept Africa ... · ’n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van God, sy karakter, sy weë en die verhouding wat ons met Hom het. Ons

© 2018 Precept Ministries International 6

Vop

VOORSKRIF

OORSKRIF

Nehemía Les 1: Nehemía 1-2

’n voorstel soek vir ’n geskikte simbool, raadpleeg die sleutelwoord bladwyser.

6. Bestudeer die verwysings na die heRe God wat jy gemerk het. Maak, op ’n afsonderlike vel papier, of in die kantlyn van die Waarnemingswerkblad, ’n lys van wat jy leer. Dit is hoe jy God leer ken, sy heiligheid en sy weë verstaan. Dít is hoe jy ’n Bybelse teologie oor die Persoon van God ontwikkel. Spring aan die werk!

7. Om die les mee af te sluit: Het jy by die lees van hoofstuk 1 belangrike herhaal-de woorde soos gebed en sonde raakgesien? Hulle word herhaal en is onontbeerlik vir die betekenis van die teks, nie waar nie?

a. Ons noem sulke woorde sleutelwoorde. Sleutelwoorde is belangrike woorde wat herhaal word en die betekenis van die teks help ontsluit. Dit is goed om sleutelwoorde sowel as die sinonieme en voornaamwoorde daarvan, met onderskeidende kleure en/of simbole te merk.

b. Merk die verwysings na gebed en sonde duidelik. Merk ook sinonieme soos “gesê” vir gebed in vers 5 en “baie verkeerd gehandel” vir sonde in vers 7. Raadpleeg die voorkant van die bladwyser vir merk-voorstelle. Skryf hierdie twee sleutelwoorde saam met Nehemía agter op die sleutelwoord-bladwyser en merk hulle soos jy beoog om hulle dwarsdeur hierdie studie te merk.

c. Skryf die woord “gebed” in die kantlyn van die Waarnemingswerkblad en maak ’n lys wat die teks jou omtrent gebed leer. Doen dieselfde met “sonde”. Moet niks byvoeg nie — skryf net die feite neer!

d. Het jy, toe jy die lyste oor gebed en sonde neergeskryf het, agtergekom vir wie daar gebid word en waarom? Merk die verwysings na hierdie mense, in-sluitende die voornaamwoorde. Lys dan wat jy omtrent die mense leer deur die verwysings te merk. Jy kan die lys op die Waarnemingswerkblad, of in die ruimte hieronder, maak.

Page 15: van induktiewe studie. Sluit aan by ons Precept Africa ... · ’n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van God, sy karakter, sy weë en die verhouding wat ons met Hom het. Ons

© 2018 Precept Ministries International

7

Vop

VOORSKRIF

OORSKRIF

Nehemía Les 1: Nehemía 1-2

e. Het Nehemía enigiets vir homself as persoon gebid? Indien wel, wat? En wat het hy daarmee bedoel?

8. Interessant, nie waar nie? Ons sal dit môre verder ondersoek. Sluit vandag af deur na te dink oor wat jy geleer het deur die verwysings na gebed te merk. Jy sal nog baie meer teëkom, namate jy deur die studie vorder. Maar wat van-dag aanbetref, het jy enigiets geleer oor die rol wat gebed in Nehemía se lewe gespeel het en hoe hy gebid het?

Terloops geliefde, (soos jy deur God in Judas, vers 3, genoem word) ons wil hê jy moet weet dat ons harte vervul is met blydskap by die gedagte aan wat God jou gaan leer, maar ook watter verskil dit in jou lewe en die lewens van hulle na wie jy uitreik en by wie jy aandring om Jesus Christus te volg — om sy dissipels te word.

Ons keer nou terug na Nehemía 1 omdat daar nog meer te leer en te verstaan is. Hier-die eerste hoofstuk is die agtergrond vir alles wat daarop volg, daarom moet jy dit goed ken. Deur dit te ken, sal jy groei en meer en meer word soos die Seun van die mens, die Seun van God, wat waarlik volgens elke woord van God geleef het.

1. Nadat jy gebid het om God se hulp in die bestudering van sy Woord, lees weer deur Nehemía 1, maar doen dit hierdie keer hardop. Om hardop te lees, help dat die Skrif dieper sny en soos Hebreërs 4:12 sê, deurdring tot die gewrigte en murg van jou wese, om die gedagtes en intensies van jou hart te toets.

DagDrie

Page 16: van induktiewe studie. Sluit aan by ons Precept Africa ... · ’n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van God, sy karakter, sy weë en die verhouding wat ons met Hom het. Ons

© 2018 Precept Ministries International 8

Wanneer jy klaar deur die hoofstuk gelees het, kyk weer na gister se lyste. Wat het jy oor die mense geskryf? Wat het Nehemía gebid?

Het jy opgelet dat Nehemía die God van die hemel gevra het dat sy oor op-merksaam sal wees en sal luister na sy gebed en sal dink aan die “woord” wat Hy hulle beveel het?

2. Jy moet verstaan wat daardie “woord” was. Laat die Skrif die Skrif interpreteer. In sy gebed het Nehemía teruggegryp na die Tora, die eerste vyf boeke van die Wet, die insettinge, gebooie en verordeninge waarvolgens die volk Israel moes leef — en die verbond wat God met hulle gesluit het. Nehemía vra God om sy Woord gestand te doen.

a. Deuteronómium is die laaste boek van die wet. In die laaste hoofstukke daar-van openbaar God aan Israel die seëninge wat op gehoorsaamheid sou volg en die vervloeking wat die gevolg van ongehoorsaamheid sou wees. Het jy opgelet dat God in 1:5 van die verbond praat? Alles wat God doen, is op een of ander verbond gebaseer. ’n Verbond is ’n plegtige, bindende ooreenkoms — soms gesluit deur tussen die stukke vleis van ’n offerdier deur te loop. Op grond van die belangrikheid daarvan, stel ons voor dat jy altyd verbond merk. Raadpleeg die bladwyser vir ’n voorstel vir die betrokke merkwerk.

b. Nadat Hy die seëninge en vervloekinge in Deuteronómium 28 en 29 geopen-baar het, spreek God in Deuteronómium 30:1-5 ’n aantal beloftes uit. Lees Deuteronómium 30:1-5 en lys die vernaamste dinge wat God belowe.

3. Laat ons onsself binne die konteks (historiese agtergrond) van Nehemía plaas. Indien jy saam met ons deur die Ou Testament gestudeer het — een Voorskrif- kursus na die ander — is jy bewus van wat met God se verbondsvolk gebeur het. God het die een profeet na die ander gestuur om sy volk te waarsku om hulle te bekeer van dieselfde sonde wat Nehemía in hierdie hoofstuk bely. Maar hulle

Vop

VOORSKRIF

OORSKRIF

Nehemía Les 1: Nehemía 1-2

Page 17: van induktiewe studie. Sluit aan by ons Precept Africa ... · ’n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van God, sy karakter, sy weë en die verhouding wat ons met Hom het. Ons

© 2018 Precept Ministries International

9

Vop

VOORSKRIF

OORSKRIF

Nehemía Les 1: Nehemía 1-2

het nie geluister nie. En daarom het God, wat oor sy Woord waak om dit uit te voer, sy Woord gestand gedoen soos Hy beloof het. Die vervloekings is ten volle bewaarheid en die gevolge was verskriklik.

a. Lees 2 Kronieke 36:15-21

1) Lys die vernaamste dinge wat met die volk en die stad gebeur het.

2) Net sodat jy dit nie miskyk nie: Wie het Jerusalem verower en wat het gebeur met die deel/dele van die stad waaroor Nehemía in hoofstuk 1:3 so bedroef was?

b. Vergelyk Nehemía 1:1 met Nehemía 2:1 om vas te stel na wie se twintigste jaar 1:1 verwys. As Jerusalem in 586 v.C. oorwin en vernietig is en hierdie koning se twintigste jaar in 445 v.C. val, hoe lank het die mure verwoes gelê? Die vrae wat jy moet stel terwyl jy Nehemía lees, is waarom die mure stuk-kend was en wat dit geverg het om hulle herbou te kry?

Page 18: van induktiewe studie. Sluit aan by ons Precept Africa ... · ’n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van God, sy karakter, sy weë en die verhouding wat ons met Hom het. Ons

© 2018 Precept Ministries International 10

Vop

VOORSKRIF

OORSKRIF

Nehemía Les 1: Nehemía 1-2

c. Die volk Israel was altesaam vir sewentig jaar in gevangenskap. Babilon is uiteindelik deur die Meders en die Perse (’n saamgestelde koninkryk, waarin die Perse mettertyd die dominante mag geword het), verower. Die val van Babilon word in Daniël 5 beskryf.

d. Lees 5 Kronieke 36:22-23. Wat leer jy uit hierdie verse? Lys die feite.

4. Die boek Esra volg chronologies op Kronieke en Nehemía volg op Esra. Op een tydstip was Nehemía deel van Esra. Lees Esra 1 en lys die hoofgebeure van die hoofstuk. Let op wat Kores hulle beveel om te gaan herbou.

5. Jy sal ’n tabel onder die opskrif, Die Tye van Esra, Nehemía en Ester in die By-lae vind. Gebruik tyd om dit noukeurig te bestudeer.

a. Kyk na die boonste lyn langs “Babiloniese en Mede-Persiese Konings” en dan “Drie Geleenthede van Terugkeer Uit Ballingskap”. Wat kan jy uit die tabel oor die tempel, of soos dit dikwels genoem word, die huis van God, leer?

1) Wanneer het hulle begin om dit te herbou?

2) Wanneer het hulle opgehou met die bouwerk, selfs al was die werk nog nie klaar nie?

Page 19: van induktiewe studie. Sluit aan by ons Precept Africa ... · ’n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van God, sy karakter, sy weë en die verhouding wat ons met Hom het. Ons

© 2018 Precept Ministries International

11

Vop

VOORSKRIF

OORSKRIF

Nehemía Les 1: Nehemía 1-2

3) Wanneer het hulle die werk aan die tempel hervat?

4) Wanneer het hulle die werk voltooi?

b. In watter Bybelboek en watter hoofstuk van genoemde boek, is hierdie geskiedenis, volgens die tabel, opgeteken? Indien jy die Precept-kursus oor Esra/Haggai saam met ons bestudeer het, is hierdie bloot hersiening. Is jy nie opgewonde oor wat jy geleer het nie? Om induktief te studeer, maak regtig ’n verskil, nie waar nie?

c. Bestudeer nou weer die tabel. Let op wanneer die boek Esra eindig en wan-neer Nehemía begin. As Esra oor die heroprigting van die tempel handel, waaroor is Nehemía besorg, aangesien die tempel reeds herbou is? Of, anders gestel, wat het daartoe gelei dat Nehemía getreur, geween, gevas en gebid het?

6. Wat leer jy uit die volgende verse oor stadsmure?

a. Josua 6:5, 20

b. 2 Samuel 11:18-24

c. 2 Samuel 18:24-26; Eségiël 33:1-6

Page 20: van induktiewe studie. Sluit aan by ons Precept Africa ... · ’n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van God, sy karakter, sy weë en die verhouding wat ons met Hom het. Ons

© 2018 Precept Ministries International 12

Vop

VOORSKRIF

OORSKRIF

Nehemía Les 1: Nehemía 1-2

d. 1 Konings 3:1

7. Aangesien jy in ’n ander tyd en binne ’n ander samelewing woon, help hierdie Skrifgedeeltes jou om Nehemía se droefheid oor die toestand van Jerusalem en sy ontsteltenis oor die ellende en smaad van die volk te verstaan? Die mure was bedoel as beskerming teen die vyand. Wat gebeur as ’n nasie se verdediging ver-nietig is? Probeer Nehemía se tyd volgens jou tyd en nasie interpreteer. Sien jy enige parallelle? Indien wel, lys hulle in die ruimte hieronder.

8. Waarom was Jerusalem in so ’n toestand? Dink na oor wat jy geleer het deur sonde te merk. Het jy al daaraan gedink om op dieselfde manier na jou eie volk te kyk?

a. Is daar enige parallelle wat jou mag laat wonder wat God besig is om aan jou volk te doen? Oordeel Hy, of staan Hy op die punt om te oordeel? Skryf jou insigte neer.

Page 21: van induktiewe studie. Sluit aan by ons Precept Africa ... · ’n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van God, sy karakter, sy weë en die verhouding wat ons met Hom het. Ons

© 2018 Precept Ministries International

13

Vop

VOORSKRIF

OORSKRIF

Nehemía Les 1: Nehemía 1-2

b. Wat kan jy, ’n enkeling, daaromtrent doen?

1. Ons begin vandag deur nog een keer deur Nehemía 1 te lees, hierdie keer para-graaf vir paragraaf.

a. Lees Nehemía 1:1-3 hardop. Som daarna die inhoud van hierdie verse — met ander woorde, wat aan die gebeur is — op. Skryf die opsomming in potlood in die kantlyn van vers 1-3 op die Waarnemingswerkblad.

b. Lees Nehemía 1:4-11 en skryf ’n opsomming in die kantlyn van die Waar-nemingswerkblad naby vers 4.

c. Jy is nou gereed om in so min woorde as moontlik ’n tema vir Nehemía te formuleer. Gebruik woorde uit die teks.

Skryf ’n hoofstuk-tema as opskrif vir die Waarnemingswerkblad en op die aangewese plek op die Nehemía Oorsigwerkblad in die Bylae. ’n Oor-sigwerkblad is ’n ongeloof lik waardevolle hulpmiddel wat jou help om sistematies sleutelelemente wat jy uit elke boek van die Bybel wil onthou, aan te teken. ( Jy sal so ’n blad aan die einde van elke boek in die NISB vind.)

2. Lees nou Nehemía 2 om jouself van die inhoud te vergewis. Dit is geskiedenis en geskiedenis handel oor mense.

a. Ons kyk na die verskil wat “een persoon” kan maak. Kleur Nehemía met ’n spesifieke kleur, soos jy in hoofstuk 1 gedoen het.

b. Vul die lys oor Nehemia aan wat jy in hoofstuk een begin het.

c. Sodra jy klaar is met hierdie opdrag, skryf jou eerste indrukke waaroor hier-die hoofstuk handel, neer

DagVier

Page 22: van induktiewe studie. Sluit aan by ons Precept Africa ... · ’n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van God, sy karakter, sy weë en die verhouding wat ons met Hom het. Ons

© 2018 Precept Ministries International 14

3. Kom ons delf nou heelwat dieper en ontdek persoonlik wat dit vir ons sê.

a. Neem Nehemía 2 waar. Skryf die volgende woorde op die agterkant van jou sleutelwoord-bladwyser. Kies ’n kleur en/of simbool vir jou merkwerk. Woorde waarvan daar voorgestelde merke voor op die bladwyser verskyn, is met ’n sterretjie gemerk*.

1) Jerusalem en stad (wanneer dit na Jerusalem verwys)

2) muur (merk dit ook in Nehemía 1:3)

3) tempel* (huis van God)

4) Sanballat, Tobia en Gesem — Merk elkeen in ’n onderskeidende kleur; jy sal in ander hoofstukke van Nehemía ook met hierdie drie manne te doen kry.

5) bou en herbou

Goeie werk, getroue student! Ons sal hoofstuk 2 afhandel. Intussen kan jy nadink oor alles wat jy geleer het deur slegs verwysings in Nehemía te merk. Watter soort man is hierdie skinker?

1. Noudat jy die teks gemerk het, wil ons deur Nehemía 2 werk. Lees Nehemía 2:1-8 en stel jou voor wat gebeur het. Plaas jouself in Nehemía se posisie. Hy was die koning se skinker — ’n dienaar. En hulle deur wie die koning bedien is, was nie toegelaat om treurig, terneergedruk of depressief te wees in die teenwoor-digheid van die koning nie; niks moes die koning ontstel nie! As jy klaar is, som 2:1-8 in die kantlyn van die Waarnemingswerkblad op.

a. Eerstens wil God jou die tydsbepaling van 2:1 laat insien; daarom is dit in die teks ingesluit — vir ons om aandag aan te gee. Hoe vergelyk 2:1 met Nehemía 1:1? Dit sal help as jy die Joodse Kalender verstaan. Daar is een in die Bylae. Bestudeer dit en skryf die tydsverloop tussen die twee hoofstukke neer. Skryf dit in die ruimte hieronder of op jou Waarnemingswerkblad.

b. Verkry jy uit die gebeure in Nehemía 2:1-8 enige insigte aangaande die vol-gende en indien wel, wat?

1) Nehemía se gebed in hoofstuk 1?

Vop

VOORSKRIF

OORSKRIF

Nehemía Les 1: Nehemía 1-2

DagVyf

Page 23: van induktiewe studie. Sluit aan by ons Precept Africa ... · ’n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van God, sy karakter, sy weë en die verhouding wat ons met Hom het. Ons

© 2018 Precept Ministries International

15

Vop

VOORSKRIF

OORSKRIF

Nehemía Les 1: Nehemía 1-2

2) God

3) Nehemía, die man?

2. Het jy opgelet dat Nehemía sê hy het “baie bevrees geword” toe die koning hom vra waarom hy so treurig was? Artasásta, soos jy uit die tabel Die Tye van Esra, Nehemía en Ester leer, het tussen 464 en 423 v.C. geregeer. Die twintig-ste jaar van Artasásta was 445 v. C. Esra 4:7-23 meld ’n bevel van Artasásta wat voor Nehemía se versoek aan die koning uitgereik is.

a. Lees Esra 4:7-23 en skryf neer wat gebeur het en waarom.

b. As Nehemía van Artasásta se bevel bewus was, kon dít moontlik sy angs-tigheid veroorsaak het?

c. Hoe betekenisvol is die gebeurtenis in die troonkamer van die koning en koningin? Stop eers en dink na oor hoe dit gebeur het. Is daar enigiets wat jy kan leer en op jou lewe kan toepas?

Nehemía Les 1: Esra 1-3

Page 24: van induktiewe studie. Sluit aan by ons Precept Africa ... · ’n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van God, sy karakter, sy weë en die verhouding wat ons met Hom het. Ons

© 2018 Precept Ministries International 16

Vop

VOORSKRIF

OORSKRIF

Nehemía Les 1: Nehemía 1-2

d. Lees Spreuke 21:1. Hoe hou dit verband met Nehemía? En met jou?

e. Ons lees vervolgens vlugtig wat in die sewende regeringsjaar van Artasásta met Esra gebeur het. As Nehemía daarvan geweet het, sou dit hom aan-moedig, net soos dikwels met ons die geval is wanneer ons hoor van die goeie hand van die Here oor ander wat bereid was om ter wille van God se koninkryk moeilike situasies die hoof te bied. Lees Esra 7:7:6-28. Wanneer jy klaar is, lys die ooreenkomste met Nehemía 1-2 wat jy raakgesien het.

3. Lees vervolgens wat in Nehemía 2:9-10 gebeur. Dit is die punt waar jy kennis maak met drie manne wat herhaaldelik in Nehemía se lewe sal opduik. Hulle gaan nie verdwyn nie! Skryf die opsomming van hierdie verse op jou Waarne-mingswerkblad.

4. Som vers 11-16 op in die kantlyn van jou Waarnemingswerkblad. Wat het Ne-hemía gedoen en waarom?

5. Lees Nehemía 2:17-20. Waaroor handel hierdie verse? Wat is aan die gebeur en hoe hanteer Nehemía dit? Som hierdie verse op in die kantlyn van jou Waarnemingswerkblad.

Page 25: van induktiewe studie. Sluit aan by ons Precept Africa ... · ’n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van God, sy karakter, sy weë en die verhouding wat ons met Hom het. Ons

© 2018 Precept Ministries International

17

Vop

VOORSKRIF

OORSKRIF

Nehemía Les 1: Nehemía 1-2

6. Skryf ’n tema vir Nehemía 2 op die Oorsigwerkblad.

7. Om die les mee af te sluit: Wat leer jy oor “hierdie een man”? Sy strategie? Sy krag? Die bron van sy krag? Kan jy dít wat jy vandeesweek geleer het, op jou lewe toepas? Om ’n Skrifgedeelte toe te pas, is om te reageer op die rede waar-om God dit in sy Woord laat opteken het.

Wat wil God jou leer? Is daar waarhede wat jy in jou kennis van God kan in-korporeer? Wat leer jy vir jou lewe uit die voorbeelde van die karakters oor wie ons lees — goed sowel as sleg?

Het jy enige waarhede teëgekom waardeur foutiewe denke en minder as god-vrugtige gedrag en karakter geopenbaar word? Enigiets wat jou inspireer? Het God jou enigiets op die hart gelê (Nehemía 2:12)?

Toepassing van die Skrif beteken om dít wat God sê, aan te neem en jou lewe daardeur te laat beïnvloed sodat jy in ooreenstemming met sy maatstaf van die waarheid verander word. Lys jou insigte.

8. Raadpleeg gerus kommentare, maar moet asseblief nie verder as Nehemía 2 lees nie. Ons wil nie hê dat jy die vreugde van ontdekking moet misloop of die Skrif voortydig moet interpreteer nie. Onthou, akkurate waarneming is essensieel vir korrekte interpretasie.

Page 26: van induktiewe studie. Sluit aan by ons Precept Africa ... · ’n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van God, sy karakter, sy weë en die verhouding wat ons met Hom het. Ons

© 2018 Precept Ministries International 18

Vop

VOORSKRIF

OORSKRIF

Nehemía Les 1: Nehemía 1-2